
1 minute read
TYDROOSTER EN TYDSBESTUUR
TYDROOSTER EN TYDSBESTUUR
Ingevolge KABV-beleid moet leerders drie uur per week aan Sosiale Wetenskappe bestee. ’n Kwartaal van 10 weke word dus in 30 uur verdeel. Die tydstoedeling vir Sosiale Wetenskappe: Geskiedenis is dus 15 uur per kwartaal, en 15 uur per kwartaal vir Sosiale Wetenskappe: Geografie.
Leerders moet dus 1½ uur per week aan Geografie wy. Jy sal vind dat sommige opdragte vinniger as ander verloop. Dit is altyd ’n goeie idee om ’n bietjie meer tyd toe te deel aan moeiliker begrippe, vir ekstra hersiening van wat geleer is en tyd om die vaardighede wat leerders verwerf, te oefen. Hierdie fasiliteerdergids bevat ook talle ekstra aktiwiteite en besonderhede om te dek met leerders wat gouer klaarmaak of wat graag hulle kennis verder wil uitbrei as wat van hulle vereis word.
Onthou dat tydstoedeling per onderwerp kan wissel, wat beteken dat die lengte van lesse dalk ook sal moet wissel. Volg die riglyne wat vir elke eenheid of les gegee word, maar laat jou bowenal lei deur die leerders en hoe moeilik hulle dit vind om elke onderwerp onder die knie te kry.
Volgens die handleiding:
Kwartaal 1 – 10 lesse: In ’n kwartaal van 10 weke moet leerders weekliks minstens een Geografieles voltooi.
Kwartaal 2 – 10 lesse: In ’n kwartaal van 10 weke moet leerders weekliks minstens een Geografieles voltooi.
Kwartaal 3 – 10 lesse: In ’n kwartaal van 10 weke moet leerders weekliks minstens een Geografieles voltooi.
Kwartaal 4 – 7 lesse: In ’n kwartaal van 10 weke moet leerders weekliks minstens een Geografieles voltooi en dan tyd afstaan aan hersiening van al die inhoud wat vir die eksamen gedek word. Daar word ook aanbeveel dat leerders die hersieningsoefeninge aan die einde van eenheid 1 en 5 voltooi om die verworwe vaardighede op te knap. Dit sal leerders in staat stel om behoorlik vir die eksamen voor te berei.