Gr 8-Tegnologie-Handleiding

Page 1


Graad 8 • Handleiding Tegnologie

Besit en gepubliseer deur Optimi, deel van Optimi Central Services (Edms) Bpk. Impalalaan 7, Doringkloof, Centurion, 0157 info@optimi.co.za www.optimi.co.za

© Optimi

Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat onder die Wet op Outeursreg, mag geen gedeelte van hierdie boek in enige vorm of op enige manier elektronies of meganies, insluitend fotokopiëring, bandopname, of enige inligtingstoring-en-herwinningstelsel, gereproduseer of versend word sonder die uitgewer se skriftelike toestemming nie.

Die uitgewer dra geen verantwoordelikheid vir die voortbestaan of akkuraatheid van URL’e van eksterne webwerwe of webwerwe van derde partye waarna daar in hierdie publikasie verwys word nie, en waarborg nie dat enige inhoud op sulke webwerwe akkuraat of toepaslik is, of sal bly nie.

Daar is gevalle waar ons nie die kopiereghouer kon kontak of opspoor nie. Die uitgewer is bereid om enige foute of weglatings so gou as moontlik reg te stel indien die saak onder ons aandag gebring word.

Reg.nr.: 2011/011959/07

Tegnologie

Handleiding

Graad 8

9781990947001

Aangepas vir KABV
FI le Roux JC le Roux J Lubbinge HA Saaiman J Saaiman A Schwartz

BYLAE A: Belangrike terminologie ..............................................................................

BYLAE B: Geruite papier

BYLAE C: Isometriese papier .......................................................................................

BYLAE D: Tekenblad .....................................................................................................

VOORWOORD

Tegnologie kan gedefinieer word as die gebruik van kennis, vaardighede, waardes en hulpbronne om aan mense se behoeftes en begeertes te voldoen deur die ontwikkeling van praktiese oplossings vir probleme, deur sosiale en omgewingsfaktore in ag te neem.

INLEIDING

Hierdie boek is ontwikkel om die Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV) te ondersteun. Die inhoud is georganiseer in onderwerpe wat in die KABV uiteengesit is. Die outeurs het gepoog om die inhoud van die boek so omvattend as moontlik binne die raamwerk van die kurrikulum saam te stel.

Die hoofdoel van die boek is om leerders toe te rus met ’n goeie, basiese kennis van verskeie aspekte in tegnologie en om hulle te help om die teorie in die praktyk toe te pas.

Ons het spesiale voorsorg getref om:

• Die inhoud leerdervriendelik te maak.

• Die inhoud aantreklik te illustreer.

• Die inhoud bedryfsverwant te maak.

• Toepaslike en stimulerende aktiwiteite te verskaf.

• Ekstra aktiwiteite vir verdere oefening aan die einde van elke eenheid te verskaf.

• Leerders te motiveer om meer uit te vind oor die verskillende vakgebiede in tegnologie.

Die Tegnologie-handleiding word deur die Tegnologie-fasiliteerdersgids ondersteun.

STUDIEWENKE

• Moenie leerwerk tot die aand voor die toets of eksamen uitstel nie. Stel ’n studierooster op om jou tyd doeltreffend te benut.

SAMPLE

• Kies ’n geskikte studiemetode wat by jou behoeftes pas en oefen dit in. Studievaardighede moet ingeoefen word as jy goed wil presteer.

• Jy kan enige studiemetode gebruik om Tegnologie te bemeester, maar om goeie uitslae te behaal, word die volgende beginsels voorgestel:

1.Oorsig Kry ’n oorsig oor die werk wat geleer moet word. Lees alles vinnig deur om te sien waaroor die werk gaan.

2.Vrae Stel vrae op oor die werk wat jy kan gebruik om te leer: Waarom? Hoe? Wat? Waar? Wie? Wanneer? Watter? Byvoorbeeld: Wat is tekenkonvensies? Hoe word dit gebruik?

3.Lees en leer Lees en leer hierdie vrae deeglik.

4.Opsê Sê die vrae en antwoorde hardop sonder om in jou boek te kyk.

5.Kontroleer Indien jy die werk ken, verstaan en opsê, vergelyk jou antwoorde met die inhoud in die handleiding. Hou aan leer totdat jy alles onthou.

6.Herhaal Herhaal die werk elke dag.

VAKINHOUD EN BEPLANNING

KWARTAAL 1 EENHEID 1:

Ontwerpvaardighede

Leerdoelwitte

Nadat jy hierdie eenheid voltooi het, moet jy jou kennis en begrip omtrent die volgende kan demonstreer

Ontwerpproses

• Ondersoek

• Ontwerp

• Maak of vervaardig

• Evalueer

• Kommunikasie

Veiligheid

Die hoofoorsake van ongelukke

• Algemene veiligheidsmaatreëls vir praktiese tegnologiewerk

• Veiligheidsmaatreëls ten opsigte van elektrisiteit

• Gas

• Veiligheidsmaatreëls ten opsigte van snyapparaat

• Veiligheidsmaatreëls ten opsigte van skoonmaakmiddels en medisyne

Inleiding

SAMPLE

Tegnologie is die gebruik van kennis, vaardighede en hulpbronne om praktiese oplossings (voorwerpe) te voorsien wat mense se probleme kan oplos of hul behoeftes bevredig. Tegnologie dra by tot menslike ondersteuning of gemak terwyl dit sosiale en omgewingsfaktore in ag neem.

BELANGRIKE TERMINOLOGIE

Analiseer

Begeerte

Behoefte

Benoem

Beperkings

Beskryf

Om ’n probleem, behoefte of item deeglik te bestudeer.

Gerieflike dinge waarsonder ’n mens wel ’n bevredigende lewe kan lei.

Noodsaaklike dinge waarsonder ’n mens nie ’n bevredigende lewe kan lei nie (’n vereiste).

SAMPLE

Evalueer

Isometriese projeksie

Om aantekeninge te maak of beskrywende kommentaar by werk/sketse te skryf.

Aspekte wat die omstandighede bemoeilik waarin die werk gedoen moet word, bv. tyd, materiale en koste.

Om te sê of skryf hoe iets of iemand is.

Om die gehalte of doeltreffendheid van ’n produk of voorstel te beoordeel.

Metode om ’n driedimensionele tekening (3D tekening) gebaseer op hoeke van 30° en 90° te teken.

Kommunikeer

Kreatief

Om inligting met ander te deel deur te gesels, skryf, teken of modelle of produkte te gebruik.

Om iets uit oorspronklike en buitengewone idees te skep.

Kunstenaarsvoorstelling Wanneer gevorderde tegnieke soos kleur, tekstuur, skaduwee, en perspektief gebruik word om ’n tekening te maak wat ’n voorwerp realisties voorstel.

Maak

Ondersoek

Om iets te vervaardig (bou).

Om ’n probleem, behoefte of begeerte noukeurig te bekyk.

Ontwerp Om ’n voorlopige plan of skets te maak (’n moontlike oplossing).

Ontwerpproses Die aktiwiteit om probleme deur idees op te los.

Ontwerpspesifikasies Die kriteria van die finale oplossing, bv. vorm of grootte.

SAMPLE

Ontwerpvoorstel ’n Kort stelling van ’n probleem of behoefte.

Opname Om navorsing te doen deur vrae te stel.

Ortografiese projeksie ’n Tweedimensionele tekening (2D tekening) wat gebruik word om ’n werktekening te maak. Dit gee gewoonlik drie verskillende aansigte van dieselfde voorwerp.

Portefeulje ’n Sistematiese en georganiseerde versameling van iemand se werk.

Probleem ’n Situasie of persoon of ding wat aandag kort en opgelos moet word.

Prototipe

SAMPLE

Die eerste weergawe van ’n produk waarvan die finale produk ontwikkel word.

Vloeidiagram ’n Diagram wat elke stap van die vervaardigingsproses aandui.

Vooroordeel

Vraelys

Om ’n persoon of ding op ’n onbillike wyse te ondersteun of teen te staan deur toe te laat dat persoonlike menings jou oordeel beïnvloed.

’n Stel vrae om mense se mening oor iets vas te stel.

LES 1: Ontwerpproses

Hieronder is ’n voorbeeld van die ontwerpproses met die verskillende stappe wat jy moet volg.

STAP 1: Ondersoek

1.1 Identifiseer die probleem (behoefte/begeerte)

1.2 Analiseer bestaande produkte ten opsigte van: Veiligheid Geskiktheid van materiale Doeltreffendheid Koste Vervaardigingsmetode

1.3 Ondersoekstrategie

Doen ondersoek deur die volgende metodes:

• Verkry inligting (biblioteeknaslaanstelsel, internet, indekse, tydskrifte, winkelbesoek)

• Versamel inligting (vraelyste, dataversamelingsvorms, literatuurondersoeke).

• Toets inligting om die verskillende eienskappe te bepaal of te vergelyk.

• Sorteer/bevestig inligting Omkring of onderstreep die metode wat jy gebruik het.

STAP 2: Ontwerp

2.1 Ontwerpopdrag (Kort geskrewe idees, insluitend die omskrywing van die probleem, wie beïnvloed word, hoe die produk gebruik gaan word, betroubaarheid en impak op die omgewing.)

2.2 Ontwerpidees (Gebruik die ontwerpopdrag en vryhandsketse om ’n paar oplossings te vind. Kies die beste oplossing.)

2.3 Ontwerpspesifikasies (meer omvattend as die ontwerpopdrag) Lys van produkeienskappe/ beskrywing (Besonderhede van grootte, vorm, kleur, ens.)

Materiale (Waarvan word die produk gemaak?)

Veiligheid

Koste Standaard waaraan voldoen moet word

STAP 3: Maak/vervaardig

3.1 Beplanning 3.2 Vervaardigingsproses (hoe dit gemaak word)

• Formele tekeninge wat afmetings en hoeveelhede aandui (op aparte papier).

• Hulpbronlyste (Apparaat/ gereedskap)

• Formele tekeninge wat afmetings en hoeveelhede aandui (op aparte papier).

• Hulpbronlys (Apparaat/gereedskap)

• Produksievaardighede (Vaardighede wat nodig is om produk te vervaardig, bv. opmeting.)

STAP 4: Evalueer

4.1 Wie doen die evaluering?

• Veiligheidsmaatreëls (Demonstreer kennis en begrip van veilige werkpraktyke.)

4.2 Hoe word die evaluering gedoen?

4.2.1 Evalueer die produk deur dit te mm m vergelyk met die:

• ontwerpopdrag

• spesifikasies

STAP 5: Kommunikasie

5.1 Berei aanbieding voor

• Bestaande tekeninge

4.2.2 Evalueer die vervaardigingsproses met mmm mm betrekking tot die doeltreffendheid van:

• werkswyse

• vaardighede

• tydsbestuur

• Alle geskrewe dokumentasie (ontwerpopdrag, plakkate, PowerPoint en beredenering van ontwerp)

5.2 Kommentaar op ontwerpproses

• Was die ontwerp/projek suksesvol?

• Was die ontwerp/projek suksesvol?

• Noem moontlike verbeteringe.

• Omvattende verduidelikings van konsepte in eenvoudige taal.

• Interaktiewe, pret en praktiese aktiwiteite met alledaagse voorwerpe wat leerders help om die konsepte te bemeester.

• Sluit tekenblaaie en stap-vir-stap-instruksies vir tekeninge in.

• Alfabetiese lys van belangrike terminologie vir maklike naslaan.

• Leerders word gewys hoe om die praktiese assesseringstake te voltooi.

• Gebruik in die klaskamer of tuis.

home classroom college workplace

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Gr 8-Tegnologie-Handleiding by Impaq - Issuu