Page 1

Í2’È-A-CRA-SG01vÎ

1

8

0

7

-

A

-

C

R

A

-

S

G

0

1

SKEPPENDE KUNSTE HANDLEIDING Graad 7

A member of the FUTURELEARN group


Skeppende Kunste Handleiding

1807-A-CRA-SG01

Í2’È-A-CRA-SG01vÎ

Graad 7

Aangepas vir KABV

LM van der Walt


Handleiding G07 ~ Skeppende Kunste

INHOUDSOPGAWE LESELEMENTE .........................................................................................................3 VOORWOORD ...........................................................................................................5 JAARPLAN ................................................................................................................8 EENHEID 1: Dramatiese vaardigheidsontwikkeling en skepping in 2D en 3D ....9 DRAMA ................................................................................................10 Onderwerp 1: Dramatiese vaardigheidsotwikkeling (2,5 ure) ..............10 AKTIWITEIT 1: .............................................................. 13 Onderwerp 2: Drama-elemente in toneelskepping (6,5 ure) ................14 AKTIWITEIT 2: .............................................................. 19 Onderwerp 5: Loopbane in drama (1 uur) ............................................20 AKTIWITEIT 3: .............................................................. 21 VISUELE KUNS...................................................................................21 Onderwerp 1: Skep in 2D (2 ure) .........................................................22 AKTIWITEIT 4: .............................................................. 31 Onderwerp 3: Visuele geletterdheid (2 ure) .........................................32 AKTIWITEIT 5: .............................................................. 38 Onderwerp 2: Skep in 3D (3 uur) .........................................................39 Onderwerp 3: Visuele geletterdheid (1 uur) .........................................40 Onderwerp 2: Skep in 3D (2 uur) .........................................................42 EENHEID 2: Dramatiese vaardigheidsontwikkeling en skepping in 2D .............46 DRAMA ................................................................................................48 Onderwerp 1: Dramatiese vaardigheidsontwikkeling ...........................48 AKTIWITEIT 9: .............................................................. 52 Onderwerp 3: Interpretasie en uitvoering van ‘n dramatiese vorm ......53 AKTIWITEIT 10: ........................................................... 62 Onderwerp 5: Loopbane ......................................................................64 AKTIWITEIT 11: ............................................................ 66 VISUELE KUNS...................................................................................66 Onderwerp 1: Skep in 2D ....................................................................66 AKTIWITEIT 12: ......................................................... 70 Onderwerp 3: Visuele geletterdheid (1 uur) .........................................71 AKTIWITEIT 13: ............................................................ 79 Onderwerp 3: Visuele geletterdheid (2 ure) .........................................80 AKTIWITEIT 14: ............................................................ 83 EENHEID 3: Dramatiese vaardigheidsontwikkeling en skep in 2D en 3D ..........85 DRAMA ................................................................................................86 Onderwerp 1: Dramatiese vaardigheidsontwikkeling ...........................86 Onderwerp 2: Drama-elemente in toneelskepping (6,5 ure) ................88 AKTIWITEIT 15: ............................................................ 92 Onderwerp 5: Loopbane (1 uur)...........................................................93 AKTIWITEIT 16: ............................................................ 93 1

© Impaq


1

Handleiding G07 ~ Skeppende Kunste

Eenheid

VISUELE KUNS...................................................................................94 Onderwerp 2: Skep in 3D (4 ure) .........................................................94 AKTIWITEIT 17: .......................................................... 103 Onderwerp 3: Visuele geletterdheid (1 uur) .......................................104 AKTIWITEIT 18: .......................................................... 109 Onderwerp 1: Skep in 2D (3 ure) .......................................................109 AKTIWITEIT 19: .......................................................... 110 Onderwerp 1: Skep in 2D (2 ure) .......................................................111 AKTIWITEIT 20: .......................................................... 111 EENHEID 4: Interpretasies en uitvoer van dramatiese vorms en skep in 2D en 3D ...........................................................................................................112 DRAMA ..............................................................................................113 Onderwerp 1: Dramatiese vaardigheidsontwikkeling (2,5 ure) ..........113 Onderwerp 3: Interpretasie en uitvoering van ‘n dramatiese vorm: volksverhale (6,5 ure) ........................................................................114 AKTIWITEIT 21: .......................................................... 119 Onderwerp 5: Loopbane ....................................................................120 VISUELE KUNS.................................................................................121 Onderwerp 1: Skep in 2D: Figuurtekening (6 ure) .............................121 AKTIWITEIT 22: .......................................................... 131 Onderwerp 2: Skep in 3D (4 ure) .......................................................134 AKTIWITEIT 23: .......................................................... 136 BIBLIOGRAFIE EN VERWYSINGS .......................................................................137

© Impaq

2


1

Handleiding G07 ~ Skeppende Kunste

Eenheid

JAARPLAN LES

DATUM BEGIN

EENHEID 1

1 Opwarmingsroetine 2 Stemontwikkeling 3 Fisiese ontwikkeling 4 Toneelskepping 5 Loopbane 6 Teken- en skilder media 7 Kunste as erfenis 8 Gebruik van herwinbare materiale 9 Kommunikasie deur simbole. 10 Modellering van erdeware

2

11 Opwarmingsroetine 12 Tradisionele volksverhale 13 Loopbane in drama 14 Etstegnieke 15 Stillewes 16 Plaaslike kunsvlyt

3

17 Opwarmingsoefeninge 18 Kulturele drama 19 Loopbane in drama 20 Patroonmaak 21 Argitektuur 22 Collage/Plakskildery 23 Waarnemingstegnieke

4

24 Opwarmingsoefeninge 25 Storievertelling 26 Loopbane in verwante velde 27 Figuurtekening 28 Herwinbare materiaal in kuns

Š Impaq

8

DATUM VOLTOOI


Handleiding G07 ~ Skeppende Kunste

Eenheid

1

EENHEID 1: Dramatiese vaardigheidsontwikkeling en skepping in 2D en 3D LEERDOELWITTE: Nadat jy hierdie eenheid voltooi het, moet jy in staat wees om die volgende te doen:  Drama opwarmingstegnieke kan bemeester.  ‘n Toneel kan skep en opvoer.  Loopbane kan identifiseer in die vermaaklikheidsbedryf.  Die inhoud, konsep en vaardighede van teken en skilder

verstaan.  Kunselemente en ontwerpelemente kan gebruik in kunswerke.  Kunste as erfenis kan bespreek.  Respek en waardes vir kunsvlyt ontwikkel.  Kunswerke in 2D en 3D kan skep.

INLEIDING Die onderwerpe in Drama en Visuele Kunste word in onderwerpe verdeel. Elke onderwerp word in ’n verskillende les ontwikkel. Die tyd wat per kwartaal per les (onderwerp) vereis word, word ook aangedui. Jy kan dus nou self bepaal hoe jy jou tyd wil verdeel. Die eerste onderwerp in drama is die opwarmingsroetine. Dit is belangrik dat jy elke week 15 minute daaraan spandeer, voordat jy met jou dramales voortgaan. Dit help jou om te fokus en te laat ontspan. Die werk word ook duidelik verdeel: Die eerste lesse is DRAMA en die tweede deel van die lesse is VISUELE KUNSTE. Dit is egter jou keuse watter afdeling jy eerste wil doen. Dit is wat die Skeppende Kunste so lekker maak – jy besluit self watter werk jy wanneer wil doen! 9

© Impaq


1

Handleiding G07 ~ Skeppende Kunste

Eenheid

BELANGRIKE TERMINOLOGIE Alle nuwe terminologie het ek vir jou duidelik aangedui en daar is ‘n opsomming daarvan in die DEFINIEER blokkie by elke les.

DRAMA Onderwerp 1: Dramatiese vaardigheidsotwikkeling (2,5 ure) Voorgestelde hulpbronne: Drom of tamboeryn en die Studiegids.

Spandeer 15 minute per week aan die onderwerp. 1.1 Les 1: Die opwarmingsroetine ‘n Opwarmingsroetine is belangrik om verskeie redes: o Dit voorkom beserings. In drama gebruik jy jou stem, asook jou liggaam. Dit is dus belangrik dat beide jou stem en jou liggaam goed opgewarm is voordat jy met jou roetine begin. o Deur op te warm verhoog jy die volume suurstof wat deur jou liggaam opgeneem word. Dit bevorder jou uithouvermoë en help ook om te voorkom dat jy uitasem klink. o Opwarming help jou fokus op die taak wat voorlê. o Dit is ‘n manier om jou tegniese vaardighede in te oefen en te ontwikkel. o Dit verlig die spanning en angs wat jy voel voor die uitvoering van die taak. Jy moet selfs vir drama jou hele liggaam opwarm, nie slegs jou stem en gesig nie. Die dele wat jy moet opwarm is: LIGGAAM  Voete  Knieë  Bene  Heupe  Bolyf  Arms  Nek  Kop GESIG o Lippe o Tong o Wange © Impaq

10


Handleiding G07 ~ Skeppende Kunste

1

Eenheid

STEM  Artikulasie  Diafragma

2.1 Les 2: Stemontwikkeling Die volgende ontspanningsoefeninge kan gedoen word vir die lippe, tong en wange. Lippe Tuit die lippe en blaas die lug met ‘n sterk aksie uit. Gee ‘n groot glimlag en direk daarna ‘n harde frons. Herhaal die aksie ‘n paar keer. Tong Staan regop en hou jou gesig vorentoe. Lek nou in die volgende rigtings: neus, linkeroor, regteroor en ken. Probeer nou die volgende aksies met jou tong: lek na die dak (boontoe), die linkerkantse muur, regterkantste muur en die grond. Doen die aksies terwyl jy doodstil staan en jou kop stil hou. Probeer nou jou tong vorentoe strek en die voorwerp voor jou lek, soos bv. die muur. Wange Verbeel jou jy het ‘n reuse suiglekker in jou mond. Suig dit nou denkbeeldig met sterk suigbewegings. Onthou die suiglekker pas skaars in jou mond! Nou moet jy dit begin kou! Dit pas nie in jou mond nie, so jy moet jou mond ooprek en dit met stadige bewegings begin kou. Hou aan met die bewegings vir ongeveer een minuut. Verbeel jou nou die lekker word kleiner en jy kan dit nou makliker begin kou. Kou nou vinniger en vinniger, totdat jou wange warm en los begin voel. Die volgende is ‘n aantal asemhalingsoefeninge wat jy kan doen: 1) Staan regop in die neutrale posisie. Plaas jou hande onder jou ribbekas. Hou jou nek en skouers ontspanne. Haal nou diep asem en asem uit vir 10 sekondes. Herhaal die oefening en verleng elke keer die telling, bv. asem uit in 15 sekondes en asem dan uit in 20 sekondes. Jy sal voel hoe jou hele liggaam ontspan! 2) Asem in oor drie sekondes. Hou jou asem vir drie sekondes. Asem nou uit, terwyl jy hardop tot 10 tel. Gebruik jou boonste maagspiere om jou asem te beheer. Dit help deur jou ribbekas uit te stoot. Jou boonste maagspiere beheer jou diafragma.

11

© Impaq


1

Handleiding G07 ~ Skeppende Kunste

Eenheid

3) Lê in ‘n gemaklike posisie op jou rug. Plaas ‘n objek, soos ‘n boek, op jou pelvis. Terwyl jy asemhaal, kyk hoe die boek op en af beweeg. Herhaal dit ‘n paar keer. Artikulasie-oefening: Plaas jou vuis in jou diafragma (tussen jou ribbes en maag). Sȇ die volgende so vinnig soos jy kan: (jy moet die woorde amper uitspoeg) Pah-pah-pah-pah-pah-pah-pah-pah-pah Sȇ die volgende so vinnig moontlik: Mani mani mani mani mani Artikuleer nou duidelik terwyl jy die volgende sȇ: Babble babble bobble bubble Herhaal die bogenoemde oefening, maar vervang die eerste letter van die woorde met ander letters bv. d, s, k,l, ens.

3.1 Les 3: Fisiese ontwikkeling Die volgende is voorbeelde van oefeninge wat bydrae tot jou fisiese ontwikkeling. Fisiese opwarmingsoefeninge help om die liggaam te ontspan en aan te wakker. 1) Oefening 1: Staan regop en ontspan jou skouers. Laat sak jou kop na jou bors. Buig nou jou rug ontspannend na vore, totdat jou liggaam ontspanne vooroor hang. Jou hande moet amper die grond raak. Buig jou bene effens. Doen die aksie nou weer terug na jou oorspronklike posisie. 2) Gaan kniel op die grond. Maak jou liggaam so klein as moontlik. Spring nou in ‘n “ontploffing” na boontoe, terwyl jy probeer om so hoog moontlik te spring. Herhaal dit 3 keer. 3) Kry vir jou ‘n maat om die volgende oefening te doen. Staan agter mekaar. Die voorste persoon voer ‘n aantal aksies uit en die persoon wat volg moet dit naboots. So kan jul beurte maak en jul eie bewegings skep! 4) Jy kan ook beelde gebruik om jou te help met opwarming. Daarmee bedoel ek dat jy kan bv. die beeld van ‘n nar gebruik. Maak asof jy ‘n nar is – ontwikkel ‘n “optrede” en gebruik dit as opwarming. Jy kan jou stem hierdeur opwarm deur jou stemtoon te verander en ook jou liggaam gebruik om snaakse aksies uit te voer.

© Impaq

12


Handleiding G07 ~ Skeppende Kunste

1

Eenheid

DEFINIEER: Artikulasie: Dit is die wyse waarop die spraakorgane saam gebruik word om die klank tydens spraak te vorm. Ritme: Dit is die wyse waarop die klank vloei en beweeg. Dit word bepaal deur tempo, spoed, pouse en klimaks. Projeksie: Dit is die volume waarvolgens die klanke oorgedra word na die gehoor. KERNINHOUD: Dit is belangrik om stem en liggaam op te warm, selfs in drama. Dit is ook belangrik om ‘n veilige omgewing te skep waarin jy opwarm en werk. In drama moet jy jou verbeelding fisiek, visueel en emosioneel oefen. Opwarming geskied stuk-stuk en dis ‘n goeie idee om vir jouself ‘n roetine te skep wat jy elke keer kan doen voordat jy met jou drama werk begin. Jou liggaam pas dan vinniger aan by die opwarmingsroetine en dit berei jou voor vir die werk wat volg!

VIR DIE NUUSKIERIGES: Alhoewel ons nie vanjaar dans behandel nie, is dit nogal interessant om te sien hoe die dans en drama se opwarmingsroetines oorvleuel. Dit kan jou miskien help as jy aktiwiteit 1 moet voltooi.

AKTIWITEIT 1: Die opdrag tel nie punte nie. Skep jou eie opwarmingspeletjie. Onthou om te fokus op al die aspekte wat ons behandel het: Stemontwikkeling en fisieke ontwikkeling. Bied jou speletjie aan vir jou fasiliteerder en jou maats.

13

© Impaq


1

Handleiding G07 ~ Skeppende Kunste

Eenheid

Onderwerp 2: Drama-elemente in toneelskepping (6,5 ure) Voorgestelde hulpbronne: Prente, koerantartikels van verskeie temas as stimulus in toneelskepping.

4.1 Les 4: Toneelskepping en kritiese besinning Voordat ons ons eie toneel of drama gaan ontwikkel, gaan ons eers kyk na ‘n aantal terme en strukture waarmee ons te doen kry in drama. Hierdie onderwerpe bly dieselfde tot in Graad 12. Wat is dramatiese struktuur? Dit is die WAAROM? WIE? WAAR? WAT? WANNEER? in die toneelstuk. Dit is die vrae wat jy jouself moet afvra as jy ‘n toneelstuk ontwikkel. Die skrywer van die stuk vertel die akteur WIE die karakter is. Die skrywer vertel die karakter WAT om te sȇ en ook HOEKOM hy dit sȇ. Die skrywer vertel WAT, WAAR en WANNEER die karakter doen wat hy doen. Die antwoorde van al die vrae lei tot die fisiese aksies wat uitgevoer word en aan die gehoor vertoon word. Jy moet eers al hierdie vrae antwoord, voordat jy ‘n toneel kan skep. ‘n Verdere belangrike aspek is dat elke toneel ‘n begin, middel en einde het. Die begin is die inleiding. Dit stel die probleem wat ondervind word bekend aan die gehoor. Die middelste deel is die ontwikkeling van die probleem. Die aksies wat ontstaan soos die probleem groei. Die einde is die oplossing van die probleem. Ons gaan nou die bogenoemde aspekte gebruik om ‘n toneel te skep. Ek het die volgende tema gekies om ‘n toneel te skep. Ons gaan die stappe saam volg en dan gaan jy in aktiwiteit 2 jou eie tema gebruik om ‘n toneel te skep.

© Impaq

14


Handleiding G07 ~ Skeppende Kunste

Eenheid

1

SOSIALE KWESSIE: KINDERMISHANDELING

(Bron: http://duic.nl/nieuws/5879/utrechtse-poli-voor-kindermishandeling-mogelijk-dicht/)

Kyk na die bogenoemde foto en beantwoord die volgende vrae. Dit sal jou help om ‘n rowwe idee te vorm van jou toneelstuk se tema en inhoud. 1) Skryf die dinge neer wat jy in die foto raaksien. Waar dink jy het hierdie gebeure plaasgevind? 2) Wat is volgens jou die sentrale probleem in die foto? Wie dink jy is verantwoordelik vir die probleem? 3) Wat dink jy het aanleiding gegee tot die posisie waarin die kind nou is? Watter gebeure dink jy het daartoe gelei? Waarom dink jy het hierdie gebeure plaasgevind en wanneer dink jy het dit gebeur? 4) Jy het nou die begin van jou storie. Jy moet dit nou net orden in ‘n begin, middel en einde. Kom ons beantwoord nou die vrae. Onthou jy kan enige tyd van my verskil! Ek gebruik die volgende net as ‘n voorbeeld om jou te lei, sodat jy jou eie toneel sal kan skep vir assessering. Jy kan gerus jou eie idees ook byvoeg by my antwoorde. Moontlike antwoorde: (eie opinie, verbeelding is belangrik) 1) Ek sien ‘n dogtertjie wat in ‘n gang sit. Sy lyk baie hartseer en ook baie bang. Dit lyk asof dit haar eie huis kan wees. 2) Die probleem, dink ek, is dat iemand, moontlik haar ma, haar getraumatiseerd het. Sy word emosioneel mishandel deur haar ma. Haar ma verkleineer haar en sȇ lelike goed vir haar, wat haar selfbeeld afkraak (dit is nou hier waar jy jou verbeelding moet gebruik, om vir jou ‘n storie op te maak oor die foto). 15

© Impaq


1

Handleiding G07 ~ Skeppende Kunste

Eenheid

3) Die dogtertjie het haar ma probeer help in die kombuis (gebruik jou verbeelding en skep ‘n storielyn) en sy het die eiers op die grond laat val. Haar ma was so woedend dat sy haar rondgeruk het. Sy het die dogtertjie geskel en vir haar gesȇ sy is ‘n dom nikswerd. Sy het haar verder verneder deur haar hare in die eier te smeer. Dit het sy alles gedoen terwyl haar boetie en sussie toegekyk het. Die situasie het plaasgevind in die vroeë aand. 4) Nou moet jy eers ‘n begin, middel en einde skep. Jou storie moet jy eers rofweg skryf en dan kan jy dit in ‘n toneelstuk omskep. Die begin Die ma en kinders is in die kombuis. Die oudste dogter het nie ‘n goeie verhouding met haar ma nie. Sy wil haar ma help. Die probleem is dat haar ma geen vertroue in haar het om haar te kan help nie. Die middel Die grootste probleem is die verhouding tussen ma en dogter. Die probleem vererger as die dogter die hele dosyn eiers op die vloer laat val. Die ma begin met fisiese en verbale mishandeling van die kind. Die einde Die kind vind ‘n tydelike oplossing deur haarself van die situasie te verwyder. Sy weet egter dat sy iemand moet vertel van haar situasie sodat sy en haar ma hulp kan kry. Toneelskepping: Karakters: Kind Ma Ruimte: Kombuis/gang Tema: Kindermishandeling Boodskap: Geen fisiese of emosionele mishandeling teenoor enige iemand is aanvaarbaar nie. Nou kan jy begin om die toneel uit te beeld. Jy moet in jou toneel fokus op sekere aspekte:  Die groepering van die karakters – hoe naby aan mekaar moet die karakters beweeg? In hierdie geval is die karakters in ‘n fisiese geveg betrokke. Hulle raak dus aan mekaar.  Die fokuspunt sal die plek wees waar die kind die eiers laat val het.  Hoe sien die gehoor die prentjie? Daar is baie beweging op die verhoog en die gehoor ervaar die aggressie en woede.  Soms is die gebruik van ‘n stilbeeld ‘n gepaste wyse om die aksie te fokus. In die toneel is die einde ‘n gevriesde beeld van die kind wat ineengekrimp sit. Dit lewer ‘n uitstekende klimaks vir die toneel. © Impaq

16


Handleiding G07 ~ Skeppende Kunste

1

Eenheid

Besinning en kritiek Hoe was jou ervaring van die toneelskeppingsproses? Beantwoord hierdie vrae vir jouself. Dink waar sou jy verbeterings aangebring het. As jy krities na ‘n film of opvoering gaan kyk, en dit dan evalueer, is jy ‘n resensent. Dit beteken dit is jou werk om ‘n resensie te skryf oor die film of opvoering. ’n Resensie moet sekere inligting bevat: o Die algemene besonderhede van die film/opvoering. Titel Skrywer Tyd, plek en duur van die vertoning. o Wie is die hoofkarakters? o Waaroor gaan die storie? Die storielyn word beskryf. o Hoe word die elemente van drama toegepas? o Word kostuums en grimering doeltreffend gebruik? o Word die beligting en die stel rekwisiete korrek en doeltreffend gebruik? o Word musiek en klank doeltreffend gebruik en dra dit by tot die atmosfeer van die opvoering? o Kon die gehoor identifiseer met die karakters in die film/produksie? o Is die film/produksie effektief bemark? o Skryf ‘n samevattende opinie van die film/opvoering. Gee jou eie opinie daaroor. Sal jy dit aanbeveel vir ander persone? Motiveer te alle tye jou redes. DEFINIEER: Ruimte: Dit is die afstand wat daar bv. tussen die karakters of voorwerpe in ‘n toneel is. Vlakke: Om jou ruimte goed te benut, moet jy drie vlakke in ag neem. Dit is hoog, middel en laag. Vlakke dra betekenis oor. As iemand hoog geplaas word, dui dit op ‘n belangrike persoon. As alles op een vlak aangebied word, sal dit vervelig voorkom. Vorms: Die liggaam word in drama in drie vorms verdeel: bal, muur en speld. Balvorm: Jou liggaam word so klein moontlik opgekrul. Muurvorm: Jy strek jou arms horisontaal sover moontlik uit. Lank of speldvorm: Jy staan op jou tone en strek jou arms sover moontlik na bo. Beweging: Dit omvat al jou sintuie en ook jou liggaamsbewustheid en liggaamsbeweging. Karakter: Dit is die rol wat ‘n persoon aanneem. 17

© Impaq


1

Handleiding G07 ~ Skeppende Kunste

Eenheid

KERNINHOUD: Dit is belangrik dat jy die proses van toneelskepping kan toepas as jy na relevante kwessies kyk. Dit is baie makliker vir iemand om ingewikkelde sake, soos bv. kindermishandeling of armoede, te verstaan as dit in dramatiese vorm aangebied word. Jy sal ook ‘n beter begrip ontwikkel vir films en opvoerings wat veral gemik is op relevante sosiale kwessies.

VIR DIE NUUSKIERIGES: Gaan soek ‘n resensie van ‘n film in ‘n tydskrif. Gebruik die gegewe riglyne in die handleiding en ontwikkel ‘n resensie-vraelys. Baseer jou vraelys en antwoorde op jou gekose tydskrif-resensie. Bespreek jou resensie met jou fasiliteerder.

© Impaq

18


Handleiding G07 ~ Skeppende Kunste

1

Eenheid

AKTIWITEIT 2: Die volgende aktiwiteit tel vir assessering. Gaan blaai deur die tydskrifte en koerante wat jy as hulpbronne by Les 4 versamel het. Gaan kies enige tema wat ‘n relevante sosiale kwessie is. Dit kan enigiets wees vanaf besoedeling tot die Vigs- kwessie in ons land. Gebruik die proses van toneelskepping soos in Les 4 behandel om ‘n toneelstuk te skryf. Jou toneelstuk moet die tema ondersteun en in dialoogvorm geskryf wees. Dit moet minstens 10 minute lank wees as dit opgevoer word. Jy sal slegs punte verdien vir jou geskrewe teks. Jy kan wel jou teks aan jou fasiliteerder voorlees. Dit is jou keuse. Assesseringstabel 1

2

3

4

SWAK

GOED

BAIE GOED

UITSTEKEND

1) Gekose tema is relevant. 2) Duidelike beskrywing van wat/waar/ wie/waarom/ wanneer. 3) Het ‘n duidelike begin, middel en einde. 4) Dialoog is relevant en is op leerling se ontwikkelings-vlak. 5) Die gehoor identifiseer met die karakters. [20] [20/2 = 10 punte]

19

© Impaq

Gr 7-Skeppende Kunste-Handleiding  
Gr 7-Skeppende Kunste-Handleiding