
1 minute read
Eenheid 1: Kaartvaardighede
Eenheid 1
Kaartvaardighede
Leerdoelwitte
Ná jy hierdie eenheid voltooi het, moet jy die volgende kan doen:
● ’n Verskeidenheid bronne verstaan en daarmee werk – insluitend kaarte, data en foto’s. ● Gebruik en teken kaarte. ● Identifiseer en onttrek inligting uit tekste, atlasse en ander bronne, insluitend visuele bronne soos foto’s. ● Werk met data en statistieke in die vorm van grafieke, tabelle en diagramme. ● Gaan inligting na deur verskillende bronne te gebruik.
Inleiding
Geografie leer ons van die wêreld waarin ons leef. Hierdie kwartaal gaan ons na verskillende kaarte kyk en van lande regoor die wêreld leer. Jy gaan ook meer leer oor hoe om plekke te vind. Hou ’n atlas byderhand indien moontlik.
Belangrike terminologie
Ewenaar Greenwich-meridiaan Breedtegraad Lengtegraad Ligging