Gr 12-Lewensoriëntering-Fasiliteerdersgids 1

Page 1


Graad 12 • Fasiliteerdersgids

Lewensoriëntering

Besit en gepubliseer deur Optimi, deel van Optimi Central Services (Edms) Bpk. Impalalaan 7, Doringkloof, Centurion, 0157 info@optimi.co.za www.optimi.co.za

© Optimi

Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat onder die Wet op Outeursreg, mag geen gedeelte van hierdie boek in enige vorm of op enige manier elektronies of meganies, insluitend fotokopiëring, bandopname, of enige inligtingstoring-en-herwinningstelsel, gereproduseer of versend word sonder die uitgewer se skriftelike toestemming nie.

Die uitgewer dra geen verantwoordelikheid vir die voortbestaan of akkuraatheid van URL’e van eksterne webwerwe of webwerwe van derde partye waarna daar in hierdie publikasie verwys word nie, en waarborg nie dat enige inhoud op sulke webwerwe akkuraat of toepaslik is, of sal bly nie.

Daar is gevalle waar ons nie die kopiereghouer kon kontak of opspoor nie. Die uitgewer is bereid om enige foute of weglatings so gou as moontlik reg te stel indien die saak onder ons aandag gebring word.

Reg.nr.: 2011/011959/07

Lewensoriëntering

Fasiliteerdersgids

Graad 12

Sample

Dr M Koen Prof R Niemann

Aangepas vir KABV

LESELEMENTE

Elke eenheid (voorgestelde tyd: 2 weke) bestaan uit die volgende leeraktiwiteite:

• ’n Uitdaging

• Lewensoriëntering-inhoud

• Liggaamlike opvoeding maak deel uit van meeste eenhede, maar is nie noodwendig verwant aan die uitdaging nie.

• Aktiwiteite om die uitdaging op te los

• Toepassing en hersiening

Asook:

• Leeruitkomste

• Bykomende aktiwiteite

• Definisies

• Verrykende aktiwiteite (Vir die nuuskieriges)

• Opsommings

• Aktiwiteite vir selfassessering

BAIE BELANGRIK

Gegewe die bogenoemde leerorde word geïmpliseer dat leerders betrokke moet raak by die aktiwiteite en die oplossing van aksies, om die inhoud en insig te versamel, asook die vermoë om probleme op te los ten einde suksesvol te wees in hierdie vak.

G12 ~ Lewensoriëntering

INLEIDING

Lewensoriëntering is die studie van die self in verhouding tot ander en tot die samelewing. Dit spreek vaardighede, kennis en waardes rakende die self aan, asook die omgewing, verantwoordelike burgerskap, ’n gesonde en produktiewe lewe, sosiale betrokkenheid, ontspanning en fisiese aktiwiteit, loopbane en loopbaankeuses. Hierdie sluit die geleentheid in om ’n verskeidenheid lewensvaardighede te ontwikkel en toe te pas om sodoende probleme op te los, ingeligte besluite en keuses te maak, en gepaste aksies te neem om ’n betekenisvolle en suksesvolle lewe te lei in ’n samelewing wat vinnig verander. Lewensoriëntering fokus dus nie slegs op kennis nie, maar benadruk ook die belangrikheid van die praktiese toepassing van vaardighede en waardes in ons daaglikse lewens, asook in deelname aan fisiese aktiwiteite, gemeenskapsorganisasies en -inisiatiewe.

Lewensoriëntering in die VOO-fase is daarop gemik om:

1. leerders te lei en voor te berei om gepas te reageer op die verantwoordelikhede en geleenthede van die lewe;

2. leerders toe te rus om optimaal te kommunikeer op ’n persoonlike, sielkundige, kognitiewe, motoriese, fisiese, morele, geestelike, kulturele en sosio-ekonomiese vlak;

3. leerders te lei om ingeligte en verantwoordelike besluite te neem rakende hulle eie gesondheid en welstand, asook die gesondheid en welstand van ander;

4. leerders bloot te stel aan hulle grondwetlike regte en verantwoordelikhede, die regte van ander, en kwessies van diversiteit;

5. leerders toe te rus met kennis, vaardighede en waardes om ingeligte besluite te maak oor vakkeuses, loopbane, bykomende en naskoolse studiegeleenthede en die arbeidsmark;

6. leerders bloot te stel aan verskillende studiemetodes en -vaardighede met betrekking tot assesseringsprosesse; en

7. leerders bloot te stel aan die waardes van gereelde deelname aan fisiese aktiwiteite.

Lewensoriëntering in graad 10 – 12 fokus op die volgende ses onderwerpe:

• Ontwikkeling van die self in die samelewing

• Verantwoordelikheid teenoor die samelewing en die omgewing

• Demokrasie en menseregte

Sample

• Loopbane en loopbaankeuses

• Studievaardighede

• Liggaamlike opvoeding

Die vakmateriaal en verwante assesseringselemente is gebaseer op die temas soos in die Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV) uiteengesit.

ROOSTER EN TYDSBESTUUR

Daar is drie kwartale in graad 12 omdat die Rekordeksamen in September die finale evaluering vir graad 12 Lewensoriëntering is. Die onderwerpe wat in die eenhede behandel word, bestaan uit ’n uitdaging, inhoud oor die onderwerp, liggaamsoefeninge, aktiwiteite om die uitdaging op te los, asook toepassing en hersiening. Die volgende diagram verteenwoordig die raamwerk om die inhoud baas te raak.

G12 ~ Lewensoriëntering

VOORGESTELDE BYKOMENDE LEESWERK

Nel, M. 2014. Life Orientation for South African teachers. Pretoria: Van Schaik. Van Heerden-Pieterse. 2015. Life Skills: My journey, my destiny, 2nd ed. Pretoria: Van Schaik.

HULPBRONVEREISTES

Die volgende hulpbronne word vereis om die vak suksesvol te voltooi:

• Impaq-handleiding

• Impaq-portefeuljetake

• Halfjaareksamen

• Rekordeksamen

• Rekordeksamen (dit is die Eindeksamen vir Lewensoriëntering, aangesien die NSS nie ’n vraestel vir Lewensoriëntering insluit nie)

• Klere, skoene en toerusting wat nodig is vir fisieke aktiwiteite.

TYDSTOEDELING

Die voorgestelde tydstoedeling vir Lewensoriëntering graad 12 is soos volg:

Aantal eenhede per jaar 11 eenhede/jaar

Totale aantal weke beskikbaar om inhoud te bestudeer in graad 1222*

Tydsduur van elke eenheid 2 weke

Aantal eenhede (hersiening vir finale assessering uitgesluit) 11 Voorgestelde tydstoedeling per eenheid 3 ure/eenheid

Aantal lesse per eenheid 4

Tydsduur per les 45 minute

Totale voorgestelde tydstoedeling per jaar 33 ure/jaar

*Die aantal weke is verminder om tyd te maak vir die Rekordeksamen, wanneer die finale assessering in Lewensoriëntering vir die jaar sal plaasvind. Dit beteken dat dieselfde hoeveelheid werk in ’n korter tydperk bemeester moet word.

Weeklikse skedule

Die voorgestelde weeklikse skedule van temas vir die volle graad 12-program: Vak Aantal

*Tydsduur van les is 45 minute.

STUDIEWENKE EN -METODES

Onthou dat studiewerk nie tot die aand voor die eksamen of toets uitgestel kan word nie. Dit is nooit te vroeg om goeie studiegewoontes te kweek nie. Almal is verskillend, en vir sommige leerders kom studeer en motivering vanself. Maar, net soos ’n atleet of sokkerspeler moet oefen om sy/haar vaardighede te ontwikkel, moet doeltreffende studievaardighede ingeoefen word as die kandidaat goed wil presteer. Hoe gouer die kandidaat goeie studiegewoontes verstaan en begin toepas, hoe makliker gaan toetse en eksamens wees en hoe beter sal die kanse wees om goeie punte te behaal. Hier is ’n paar wenke om die leerder te help om die meeste van sy/haar studies te maak:

• Alhoewel jy op enige plek kan studeer, moet die plek waar jy studeer niks hê wat jou aandag sal aftrek nie.

• Tyd is die kosbaarste hulpbron wat jy het. As jy sukkel om tyd te vind om te studeer, moet jy begin prioritiseer en ’n rooster opstel. Dit is belangrik dat jy nie jouself in hierdie belangrike graad 12-jaar met werk oorlaai nie.

• Wanneer jy vir toetse en eksamens voorberei, moet jy tyd daaraan spandeer om die werk te hersien. Begin deur die werk te hersien terwyl dit nog vars in jou geheue is. As jy te lank wag, mag jy dalk vind dat die materiaal nie meer sin maak nie.

• Maak seker jy verstaan al die materiaal. Moenie feite probeer memoriseer as jy dit nie verstaan nie.

• Toets jouself deur die selfassesseringsvrae en -aktiwiteite aan die einde van die eenheid te hersien. Gebruik die leeruitkomste as riglyn.

• Dit is belangrik om gereelde ruspouses te neem – as jy te hard werk, kan dit jou prestasie verminder.

• Bly gemotiveerd. Versier jou studeerplek met inspirerende aanhalings of foto’s van die mense wat jy trots wil maak deur goeie punte te behaal.

• Beloon jouself.

• Sien eenheid 5 vir meer inligting.

Sample

G12 ~ Lewensoriëntering

AANBEVOLE JAARPLAN

Inhoud Teikendatum*

Kwartaal 1

Eenheid 1: Selfontwikkeling: Begrip en hantering van stres

1.1 Stres

1.2 Liggaamlike Opvoeding: ’n Gebalanseerde lewenstyl

Los die uitdaging op

Reflekteer en pas toe

Eenheid 2: Selfontwikkeling: Verhoudings

2.1 Verhoudings en kommunikasie

2.2 Liggaamlike Opvoeding: Veiligheidsmaatreëls in fisiese fiksheid

Los die uitdaging op

Reflekteer en pas toe

Eenheid 3: Selfontwikkeling: Kommunikasie

3.1 Kommunikasie

3.2 Liggaamlike Opvoeding: Deelname aan programme vir persoonlike fiksheid en gesondheid

Los die uitdaging op

Reflekteer en pas toe

Eenheid 4: Selfontwikkeling: Konflik en konflikhantering

4.1 Konflik en konflikhantering

4.2 Liggaamlike Opvoeding

Los die uitdaging op

Reflekteer en pas toe

Eenheid 5: Studievaardighede

5.1 Studievaardighede en voorbereiding vir die eksamen

5.2 Liggaamlike Opvoeding Sample

Inhoud Teikendatum*

Los die uitdaging op

Reflekteer en pas toe

Eenheid 6: Verandering en oorgang

Kwartaal 2

6.1 Oorgang vanaf skool na naskool, en hantering van verandering

6.2 Die arbeidsmark: Die waarde van werk

6.3 Liggaamlike Opvoeding

Los die uitdaging op

Reflekteer en pas toe

Eenheid 7: Projek

7.1 Projek

7.2 Liggaamlike Opvoeding: Inheemse speletjies van Suid-Afrika

Eenheid 8: Loopbane en loopbaankeuses

8.1 Loopbane en loopbaankeuses

8.2 Liggaamlike Opvoeding

Los die uitdaging op

Reflekteer en pas toe

Eenheid 9: Demokrasie en menseregte

9.1 Verantwoordelike burgerskap en menseregte

Sample

9.2 Die rol van die media in ’n demokratiese samelewing

9.3 Liggaamlike Opvoeding

Los die uitdaging op

Reflekteer en pas toe

Halfjaareksamen

G12 ~ Lewensoriëntering

Inhoud Teikendatum*

Kwartaal 3

Eenheid 10: Sosiale en omgewingsverantwoordelikheid

10.1 Sosiale en omgewingsverantwoordelikheid

10.2 Ontwikkeling ’n persoonlike visie- en missieverklaring vir die lewe

10.3 Liggaamlike Opvoeding

Oplossing, reflekteer en pas toe

Eenheid 11: Selfontwikkeling in die samelewing

11.1 Fisiese, persoonlike, sosiale en omgewingstoestande

11.2 Liggaamlike Opvoeding

Los die uitdaging op

Reflekteer en pas toe

Hersiening

Eindeksamen (tydens Rekordeksamen)

1 Selfontwikkeling: Begrip en hantering van stres

Les 1: Stres

Dié eenheid fokus op die begrip en hantering van stres as ’n belangrike element van selfontwikkeling, ’n onderwerp wat ons sedert graad 10 bespreek. Selfontwikkeling behels die strewe na en bemeestering van vaardighede wat individue kan help om die beste te doen met dit wat hulle het. Dit gaan oor die vervulling van ons volle potensiaal as mens.

Stres het ’n integrale deel van ons alledaagse lewens geword. Die moderne lewe is vol uitdagings, eise, rompslomp en sperdatums wat ons nie altyd kan vermy nie. Die manier waarop ons stres hanteer, het ’n invloed op ons liggame en siele. Gevolglik moet ons onsself beskerm deur die simptome van stres te herken en stappe te neem om die newe-effekte te verminder.

Fisiese aktiwiteite kan ook help om ’n positiewe lewenstyl te handhaaf, en fisiese beweging en geestesgesondheid te bevorder. Dit versterk ook die immuunstelsel, vertraag die verouderingsproses en help om stres te verlig.

Die vermoë om stres doeltreffend te bestuur, is uiters belangrik vir beide persoonlike en professionele sukses. Die doel van die eenheid is dus om jou toe te rus met kennis, waardes, vaardighede en aktiwiteite om stresvolle situasies en uitdagings in die lewe te herken en te hanteer, om te floreer in die lewe en die wêreld daarbuite.

LEERDERS MOET DIE UITDAGING KONFRONTEER:

Wat kan ek doen om my eie stresvlakke te verlig?

D it is noodsaaklik om te verstaan dat hierdie uitdaging teen die einde van die eenheid opgelos moet wees.

LEERUITKOMSTE

Nadat leerders hierdie eenheid voltooi het, moet hulle in staat wees om die volgende te kan doen:

• die konsep van stres verduidelik;

• verskillende reaksies tot stres identifiseer;

• die algemene oorsake van stres in jou lewe ontleed;

• kritiese ondersoek van maniere om stres in die daaglikse lewe te hanteer;

• die belangrikheid van fisiese aktiwiteite bespreek asook die waarde wat dit het vir ’n mens se lewe en die verligting van stres;

• oefeninge wat stres teenwerk, identifiseer;

• bespreek waarom sekere aktiwiteite veral waardevol is in die verligting van stres.

DEFINEER (Leerders moet die volgende begrippe verstaan)

Angs: Bekommernis, senuweeagtigheid of ongemak.

Eustres: Die term eustres verwys na twee konsepte. Die voorvoegsel eu- is afgelei van die Griekse woord wat beteken “goed” of “wel”. Wanneer dit aan die woord “stres” gekoppel word, beteken dit letterlik “goeie stres”.

Hanteringsmeganismes: Enige doelbewuste of onbewuste poging wat ’n individu in staat stel om by omstandighede aan te pas om balans te vind.

Nood: Die term verwys na uiterste angs, hartseer of pyn.

Stres: Stres is ’n reaksie tot ’n stimulus wat die fisiese of geestelike ewewig versteur.

Stresbestuursplan: Fisiese en/of emosionele reaksies wat die liggaam help om stres te verwerk.

Stressor: ’n Stressor is ’n prikkel of stimulus wat stres veroorsaak, byvoorbeeld geraas, ’n voortsnellende motor, die skryf van ’n toets, of om vir die eerste keer uit te gaan met iemand wat jy nog nie voorheen ontmoet het nie (toe-oë-afspraak).

Stresvlakke: Die erns van geestelike of fisiese stres as gevolg van faktore wat die ewewig van ’n persoon omverwerp.

Stresweerstand: Stresverdraagsaamheid is die vermoë om te ontspan en te kalmeer ondanks probleme.

Terapie: Deskundige ingrypings om ’n persoon te verander, of om die effek van ’n negatiewe toestand of ondervinding om te keer.

Veg-en-vlug-reaksie: Wanneer jy bedreig voel, vind ’n chemiese reaksie in die liggaam plaas wat jou in staat stel om op ’n manier te reageer wat besering voorkom.

Onderwerp 1.1 Stres

Leerders moet die probleemvrae oplos:

• Wat is die hoofoorsake van stres in my lewe?

Sample

• Watter uitwerking het stres op my?

• Hoe gespanne is ek?

• Wat kan ek doen om my stres te bestuur?

Inleiding

Die fokus hierdie les is om die verskillende oorsake van stres en die invloed wat dit op ons welsyn het, te herken; en om die verskillende maniere te ondersoek om stres te hanteer.

Spreek die volgende sake aan:

• Konseptualisering van stres

• Die invloed van stres op die liggaam

• Vlakke van stres

• Bestuur stres

(Die dele gemerk “Vir die nuuskieriges” is opsioneel, maar kan ’n waardevolle bydrae tot die bemeestering van die onderwerp lewer.)

VIR DIE NUUSKIERIGES

• Mense van alle vlakke van die samelewing gebruik stres om beter te presteer.

• Atlete ervaar tipies hoë vlakke van stres voor ’n wedren. Goeie atlete leer om die veg-en-vlug-reaksie te gebruik om beter as hulle teenstanders te presteer.

• Sakelui voel baie keer gespanne weens werksdruk, maar baie beweer dit laat hulle harder werk en dryf hulle om beter te presteer.

• Kunstenaars (musikante, dansers) ervaar ook hoë vlakke van stres, maar gebruik dit dikwels om beter te presteer.

• Kandidate voel ook baie keer gespanne oor hulle akademiese prestasie. Dit kan dramaties verhoog voor ’n toets, maar stres kan ’n belangrike rol speel in die voorbereiding van ’n toets.

• Kan jy aan nog voorbeelde dink waar mense stres op ’n positiewe manier gebruik het?

• Kan jy dink aan ’n voorval waar jy baie gespanne gevoel het voor die tyd, maar waar die energie as gevolg van die stres jou beter laat presteer het? Dink hoe stres jou laat voel, en hoe jy tog positief kan reageer met betrekking tot dié gevoelens.

Vlakke van stres

Voordat jy iets oor stres in jou lewe kan doen, moet jy eers die vlakke van stres in jou lewe bepaal en verstaan. Daar is verskeie metodologieë wat jy kan gebruik om dit te doen. Hierdie metodologieë strek van die hoogs-gespesialiseerde – dikwels onder leiding van ’n opgeleide professionele persoon soos ’n dokter of ’n sielkundige – tot die mees eenvoudigste, wat jy self kan doen.

Een so ’n metodologie is ontwikkel deur Didato (2003:182, 183). Dit behels ’n toets met twaalf vrae, elk met ’n verklaring wat as Waar of Onwaar beantwoord kan word. Om uit te vind of jy gespanne is, beantwoord die volgende vrae:

Vraag

Sample

Antwoord

1.Ek is ’n ligte slaper. WaarOnwaar

2.Ek is geneig tot ’n sterk persoonlikheid. WaarOnwaar

3.Ek glo ek is meer buierig as die gemiddelde persoon. WaarOnwaar

4.Ek is dikwels uitgeput.

5.Ek reageer dikwels met woede.

6. Ek is geneig om die aantal aktiwiteite te vermeerder wanneer ek onder druk is.

WaarOnwaar

WaarOnwaar

WaarOnwaar

7. Ek is meer perfeksionisties as die meeste van my vriende. WaarOnwaar

8.Ek steur my gewoonlik nie veel aan my gesondheid nie. WaarOnwaar

9.Ek eet meer as gewoonlik wanneer ek gespanne is. WaarOnwaar

10.Ek voel soms naar. WaarOnwaar

11.Ek ervaar dikwels ’n sterk drang om te eet, te drink, drank te gebruik of te rook. WaarOnwaar

12. In die algemeen voel ek matige tot sterk liggaamlike spanning. WaarOnwaar

Bereken die aantal Waar-antwoorde (Elke Waar-antwoord tel 1 en elke Onwaar-antwoord tel 0.)

Volgens die toets is jou stresvlakke soos volg:

Jou puntetelling: Die meeste van ons kan ’n wisselende mate van druk hanteer sonder om gespanne te voel, maar te veel of buitensporige druk – dikwels vanweë ons eie denkpatrone en lewenservarings – kan ons vermoë om stres te verwerk, oorweldig.

3 punte of minder: Jy is min geneig om aan stresverwante siektes te lei.

4 – 7 punte: Jy is meer geneig om stresverwante gesondheidsprobleme te ervaar, of dit geestelik, liggaamlik of albei is. Jy sal baat vind by die bestuur/ behandeling of berading van die geïdentifiseerde areas.

8 punte of meer: Jy is geweldig vatbaar vir stres en toon heelwat kenmerke en karaktertrekke wat ongesonde gedrag skep. Dit beteken dat jy meer vatbaar is vir stres en stresverwante siektes soos diabetes, prikkelbare derm, migraine, rug- en nekpyn, hoë bloeddruk, hartsiektes/beroertes en swak geestesgesondheid (depressie of angs).

’n Stres-dagboek is ’n rekord van die stresvlakke wat jy oor ’n tydperk ervaar, en die moontlike redes daarvoor. Dit is ’n nuttige instrument om die veranderinge in jou stresvlakke te bespeur, en om enige verwante patrone te identifiseer.

Opsomming

Maak seker dat die opsomming verstaan word omdat dit ’n oorsig van die onderwerp bied.

Stres beteken egter verskillende dinge vir verskillende mense. Figuur 1.2 toon dat dit wat stresfaktore in een persoon kan veroorsaak, van min kommer vir ’n ander is.

Sample

In figuur 1.3 word dit benadruk dat mense die lewe se uitdagings op verskillende maniere benader. Dit is duidelik dat verskillende soorte interne en eksterne druk stres kan veroorsaak. Elkeen het verskillende snellers wat stres kan ontketen, bv. fisiese of emosionele verandering, of ’n verandering van omgewing. Dit kan ’n geringe uitdaging of ’n groot uitdaging in lewenstyl wees. Die verskillende elemente van stres word hieronder vasgevang:

• Die term “stres” is so 70 jaar gelede deur Hans Seyle geskep. Ander terme wat ook verwys na stres is bekommernis, druk, angs en senuweeagtigheid.

• Stres is die gevolg van interaksies tussen mense en hulle omgewing wat as stremmend beskou word en wat meer verg as wat hul vermoë om aan te pas kan hanteer, en gevolglik hul welstand bedreig.

• ’n Stressor is iets wat stres in ’n persoon veroorsaak. Verskeie soorte stressors bestaan, bv. fisies, emosioneel, sosiaal en die omgewing. Stressors kan intern of ekstern wees.

Sample

• Stres veroorsaak verskeie reaksies in ons liggame wat lei tot fisiese, gedrags-, emosionele of kognitiewe simptome. Die liggaam se reaksie in die aangesig van bedreiging is bekend as die veg-of-vlug-reaksie.

• Stres kan ook ’n positiewe uitwerking hê op ons liggame soos verhoogde waaksaamheid en vinniger optrede. Positiewe stres word eustres genoem en help jou om onder druk te presteer en jou beste te lewer.

• Mense reageer op verskillende maniere onder stres. Jou reaksie en verwante stresvlakke hang af hoe jy ’n spesifieke gebeurtenis vertolk.

• Die eerste stap in die bestuur van stres behels dat ’n mens jou stresvlakke verstaan. Dit kan bepaal word deur middel van verskeie metodes of toetse.

• Dit is belangrik dat jy die hoofstressors wat stres of spanning in jou lewe veroorsaak, identifiseer.

• Die hantering van stres behels ’n kombinasie van aksies om te vermy, te verminder of om stres te bestuur.

• ’n Stresbestuursplan is ’n belangrike instrument om stres in jou lewe aan te spreek.

Figuur 1.3 Voorstelling van stres

Leerders kan hulle eie stresvlakke meet deur verskillende aanlyn toetse. Sommige van die toetse wat gebruik kan word, sluit in:

• http://www.stress.org.uk/stresstest.aspx

• http://www.cmha.ca/mental_health/whats-your-stress-index/

• https://www.bemindfulonline.com/test-your-stress/

Moedig hulle aan om meer voorbeelde te vind, en gebruik dit om hulle stresvlakke te toets.

Is hierdie toetse ’n akkurate weergawe van die stresvlakke? Is daar enige verskille tussen die verskillende toetse?

As die leerders gemaklik voel om die uitslag te bespreek, laat hulle dit met ander deel en nadink oor wat hulle geleer het.

Laat selfassessering toe

1. Kies die korrekte antwoord deur die opsie te omkring wat jou antwoord die beste verteenwoordig.

1.1Stres verwys na ’n _______. (a)(b)(c)(d)

(a)geestelike reaksie op ’n negatiewe prikkel

(b)fisiese reaksie op ’n negatiewe prikkel

(c) persoon se vermoë om moeilike omstandighede te verwerk. (d) persoon se reaksie tot ’n prikkel wat sy/haar balans versteur X

1.2 Watter soort stressor is dit om jou geliefde te verlaat?(a)(b)(c)(d)

(a) Fisiek

(b) Emosioneel X (c) Sosiaal

(d) Omgewing

1.3 ’n Afname in persoonlike higiëne is ’n tipiese simptoom van _______. (a)(b)(c)(d)

Sample

(a)fisiese stres

(b) gedragstres X (c) sosiale stres

(d) emosionele stres

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.