Landbouwetenskappe

Besit en gepubliseer deur Optimi, deel van Optimi Central Services (Edms) Bpk. Impalalaan 7, Doringkloof, Centurion, 0157 info@optimi.co.za www.optimi.co.za
© Optimi
Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat onder die Wet op Outeursreg, mag geen gedeelte van hierdie boek in enige vorm of op enige manier elektronies of meganies, insluitend fotokopiëring, bandopname, of enige inligtingstoring-en-herwinningstelsel, gereproduseer of versend word sonder die uitgewer se skriftelike toestemming nie.
Die uitgewer dra geen verantwoordelikheid vir die voortbestaan of akkuraatheid van URL’e van eksterne webwerwe of webwerwe van derde partye waarna daar in hierdie publikasie verwys word nie, en waarborg nie dat enige inhoud op sulke webwerwe akkuraat of toepaslik is, of sal bly nie.
Daar is gevalle waar ons nie die kopiereghouer kon kontak of opspoor nie. Die uitgewer is bereid om enige foute of weglatings so gou as moontlik reg te stel indien die saak onder ons aandag gebring word.
Reg.nr.: 2011/011959/07

Landbouwetenskappe
Fasiliteerdersgids
Graad 10
JC Zandberg
G10 ~ Landbouwetenskappe
LESELEMENTE
Hierdie ikone fasiliteer die leerder se bemeestering van kennis ter voorbereiding vir die eksamen.

LEERDOELWITTE:
Wat die leerder moet weet aan die einde van die les. Geneem uit KABV





BELANGRIKE TERMINOLOGIE
Nuwe terminologie om die begrip van die vak as deel van hierdie les uit te brei.
DEFINIEER:
Definisies van konsepte om die inhoud te verstaan.
BELANGRIK:
Verduidelik misverstande; moontlike verwarring met betrekking tot bestaande kennis.
WENKE:
Enige inligting anders as die inhoud, om die leerder deur die leerproses te begelei.
VIR DIE NUUSKIERIGES:
Sample
Aansporing om die inhoud in diepte na te vors. Brei die aktiwiteit en oefening tot só ’n mate uit dat die leerder aangemoedig word om te verken. Vir die begaafde leerder: uitgebreide oefeninge. Vir Leerders met Spesiale Onderwysbehoeftes* (LSOB): verduidelik die noodsaaklikheid om die basiese vrae te voltooi om ’n slaagpunt te behaal.
*LSEN in algemene taalgebruik
G10 ~ Landbouwetenskappe




AKTIWITEIT:
Vrae deur die les wat voltooi moet word ten einde die kennis van die voltooide les te toets.
OEFENING:
Ter afsluiting van die spesifieke les. Formatiewe assessering.
KERNINHOUD:
Beklemtoon die kern van die inhoud, in-diepte verduideliking van ’n spesifieke afdeling van die les; moet verstaan word.
STUDEER/HERSIENING:
Tyd wat spandeer word om die inhoud te bestudeer in die afsluiting van die eenheid en ter voorbereiding vir die toets of eksamen.
Sample
G10 ~ Landbouwetenskappe
ROOSTER EN TYDSBESTUUR
Die tydstoekenning vir Landbouwetenskappe in graad 10 is 4 ure per week. Maak dus tyd om ten minste 1 uur per dag te werk – kies die vier dae wat jy gaan gebruik om tyd aan Landbouwetenskappe te spandeer.
Vereistes vir Landbouwetenskappe as vak:
• Die leerders moet die handleiding by hulle hê.
• Hou in gedagte dat die leerders ook take het waarvoor hulle vooruit moet beplan.
• Hersien elke dag die vorige dag se werk
• Maak gebruik van die werksopdragte in die handleiding. Voltooi die werksopdragte; dit sal die leerders help met hulle voorbereiding vir die eksamens.
• Werksopdragte in die handleiding vorm nie deel van die portefeuljewerk nie
• Leerders se portefeuljewerk word apart in die vorm van ’n portefeuljeboek ingehandig – slegs die take in die portefeuljeboek tel vir die jaarpunt.
• Geen portefeulje – geen punte Dit is baie belangrik om die portefeulje op datum te hou en die portefeuljewerk in te handig.
ASSESSERINGSVEREISTES
Verwys na die portefeuljeboek vir ’n volledige lys van die vereiste assesserings.
STUDIEWENKE
Landbouwetenskappe is ’n wetenskap – daarom moet leerders wat hierdie vak neem baie tyd aan intensiewe studie spandeer om al die fasette en feite van die vak te bemeester
WENKE:
• Moenie dat die werk te veel raak nie – studeer op ’n daaglikse basis;
• Wanneer ’n eenheid voltooi is, doen moeite om die feite onder die knie te kry
Sample
• Maak gebruik van diagramme, teken sketse self oor, en onderstreep belangrike feite
• Maak kolomme van die moeilike name – maak seker dat jy weet wat elkeen van daardie name beteken.
• Gebruik jou werksopdragte as toetse – wanneer jy ’n werksopdrag moet voltooi, leer eers die werk en beantwoord dan die opdrag asof dit ’n toets is – op dié manier sal jy gou vasstel watter van die werk het jy nog nie onder die knie nie
Die handleiding en fasiliteerdersgids loop hand aan hand – jy moet albei hê om die vak sinvol te kan bestudeer.
Die fasiliteerdersgids bevat die antwoorde op al die vrae van die verskillende opdragte. Dit is egter nie wys om die antwoorde net so te gaan oorskryf nie
G10 ~ Landbouwetenskappe
Die fasiliteerdersgids is daar sodat jy die antwoorde kan merk en kan sien watter vrae het jy nog nie onder die knie nie. Dit is maklik om net die antwoorde neer te skryf, maar dan ken jy nog nie jou werk nie. Jy gaan jouself baie skade doen deur net die antwoorde neer te skryf.
Gebruik die handleiding en die fasiliteerdersgids reg om Landbouwetenskappe onder die knie te kry.
JAARPLAN
3: GRONDKUNDE
Les 1: Ekologie en landbou-ekologie

AKTIWITEIT 1: MEMORANDUM
1. Ekologie is die studie van die kondisies benodig vir die oorlewing van lewende organismes, asook die verhouding tussen verskillende lewende organismes en hul fisiese omgewing. Die omgewing is die totale omgewing van die organisme en sluit grond, water of lug in aanraking met die organisme in. (6)
2. Droogtes Oorbeweiding Gronderosie (3)
3.1 Simbiose: die saamlewe van twee organismes van verskillende soorte. Hulle mag moontlik geen effek op mekaar hê nie, of mekaar nadelig of voordelig beïnvloed. (3)
3.2 Mutualisme: nie een van die twee spesies kan oorleef, groei of voortplant in die afwesigheid van die ander spesie nie. ’n Voorbeeld is die stikstofbindende bakterieë in die wortels van peulplante. (3)
3.3 Amensalisme: een spesie se groei en voortplanting word onderdruk. ’n Goeie voorbeeld is Penicillium wat penisillien afskei wat die groei van bakterieë strem. (3)
3.4 Parasitisme: ’n parasiet is uitsluitlik van sy gasheer afhanklik vir voedsel. Hier kyk ons na voorbeelde soos die Striga (rooiblom) en Cuscuta (dodder) wat ander plante benodig vir voedsel. (3)
EENHEID 1: LANDBOUEKOLOGIE Sample
4. Blaarverlies verminder plante se lewenskragtigheid, kompetisievermoë en voortplantingsvermoë. (Voortplantingsvermoë word verminder aangesien saadvorming vertraag word.) Hand aan hand hiermee is die trap-effek van beweiding. Wanneer selektiewe beweiding plaasvind, word smaaklike plante oorbewei en uiteindelik vernietig, wat dan ’n toename van minder smaaklike plante tot gevolg het. (8)
5. Lig-, temperatuur- en vogtoestande. Met ’n toename in hoogte bokant seespieël word dit nie alleen kouer nie, maar die noordelike hellings in die suidelike halfrond is warmer en droër, met die gevolg van meer lig en dus is dit meer geskik vir xerofitiese plante. (7)
6. Lig beïnvloed fotosintese.
Lig beïnvloed die daaglikse en seisoenale aktiwiteitspatrone van plante en diere. (4)
7.
Grondsoorte: klei-, sand- en leemgrond
Grondtekstuur: growwe grond wat beïnvloed word deur die grootte van gronddeeltjies.
Gronddiepte: die diepte tot waar grondwortels in die grond kan indring.
Grondwater: beskikbaarheid van water in die grond.
Grondvrugbaarheid: die beskikbaarheid van minerale voedingstowwe in die grond.
Les 2: Interaksies in ekosisteme en ekologiese boerdery

AKTIWITEIT 2: MEMORANDUM
1.1 Voedselketting: Plante en diere wat elk as voedsel vir die volgende dien. (2)
1.2 Voedselweb: Voedselkettings wat ineengestrengel is (2)
1.3 ’n Voedselpiramide illustreer die vlakke van afhanklikheid tussen produseerders en verbruikers Die laagste vlak van die piramide sal die grootste wees, elke volgende vlak is kleiner as die vorige Piramides kan as syfer-, energie- of biomassa-piramides aangedui word. (4)
2. Die son is ons primêre bron van energie.
Ekosisteme benodig hierdie energie om te oorleef
Produsente absorbeer hierdie energie uit die son en skakel dit om na chemiese energie
Die chemiese energie word as voedsel geberg in verskillende plantorgane, soos in die blare en vrugte.
Die plantorgane word deur die verbruikers geëet.
Sample
Die energie beweeg van die son na die produseerders en dan na die verbruikers, waarna dit weer terug in die omgewing deur ontbinders vrygestel word
Landbou en nywerhede gebruik baie van die energie in groen plante as biobrandstof
Hierdie energie word weer as hitte-energie terug in die omgewing vrygestel. (9)
3. ’n Watersiklus begin met water in damme, riviere en oseane.
Die energie van die son verhit die water, wat in die atmosfeer verdamp
Daar koel dit weer af en kondenseer om wolke en reën te vorm
Met verdere afkoeling word sneeu en yskristalle gevorm
Die neerslag val op die aarde en beland weer terug in die damme, riviere en oseane.
Tydens die siklus absorbeer plante water en stel oortollige water deur transpirasie in die atmosfeer vry.
Landboubedrywighede het ook water nodig en laat afloopwater weer terugloop in die riviere (7)
4.1 Die blare van groen plante absorbeer koolstofdioksied en gebruik dit om voedsel deur middel van fotosintese te produseer. (2)
4.2 Stikstof is belangrik vir die vervaardiging van proteïene. (2)
4.3 Weerlig fikseer stikstof as nitriete en nitraatsoute in die grond waar plante die sout kan absorbeer. (2)
5. Organiese boerdery fokus op:
• die gesondheid van die grond.
• ekosisteme.
• mense. (3)
6. Biologiese organismes word gebruik om voedsame gewasse van hoë gehalte te produseer
Mikrobiese organismes vorm die grondslag van hierdie landbouproduksiestelsel.
’n Volhoubare mikrobiese gemeenskap is nodig:
• om die grond pH te maksimeer.
• vir die beskikbaarheid van grondvoedingstowwe
• om water aan plante te verskaf. (6)
7. Volhoubare boerdery streef na optimale voedselproduksie. (1) [40]
Les 3: Weidingsekologie

AKTIWITEIT 3: MEMORANDUM
Sample
1.1 Aangeplante weiding: Gewasse wat geproduseer word deur dit te verbou. (2)
1.2 Natuurlike weiding: Grond wat hoofsaaklik met gras bedek is wat geskik is vir grasetende beeste. (2)
1.3 Weiveld is grond wat met plantegroei bedek is en wat vir dierweiding gebruik word. (2)
Pioniersfase:
Wanneer die eerste plante oorbeweide of kaal grond inneem; dit lewer meestal weiding van ’n lae gehalte.
3.
PLANTOPEENVOLGING
Subklimaksfase:
Plante wat meer geskik is vir weiding word gevestig.
Dit kom ook voor wanneer die klimaksfase agteruitgaan na eerste fase.
Klimaksfase:
Optimale fase van die veld; dit verteenwoordig die meer smaaklike spesie en moet so stabiel moontlik gehou word.
SELEKTIEWE BEWEIDING NIE-SELEKTIEWE BEWEIDING
Vee verkies sekere plante.
Diere word aangehou in kleiner kampe. sekere plantdele.
Vee verkies sekere gebiede.
Diere vreet plante in volgorde van hulle voorkeure.
Diere moet alle plante eet.
Weidinggewoontes van diere verskil.
Hou die tipe vee aan wat meeste geskik is.
4. Die foto wys duidelik die verskil tussen die aanhoudende somerbeweiding teenoor die volgende kamp wat bewaar word vir winterbeweiding. (3)
5. Kom hoofsaaklik in grasvelde voor.
Grasse groei stadiger.
Word stadiger volwasse
Behou gehalte langer
Veld groei sterker as soetveld
Sample
Kan as algemene wisselweiding bestuur word.
Bly 8 – 10 maande in goeie kondisie. (7)
6. Die omgewing
Groeistadium van die plant. (2) [35]
Les 4: Weidings- of veldbestuur

AKTIWITEIT 4: MEMORANDUM
1. Weidingstelsels word bepaal deur die:
• tipe veld
• kondisie van die veld.
• vee wat die veld gebruik.
• vlak van bestuur. (4)
2.1 Enige drie van die volgende voordele:
• Weidingkondisies verbeter omdat plante voedsel kan stoor in wortels.
• Gras kan vir die droë seisoen gehou word.
• Minder selektiewe weiding kom voor.
• Minder vertrapping en vorming van paadjies.
• Opbou van voedselreserwes. (3)
Enige drie van die volgende nadele:
• Arbeidsintensief wanneer diere geskuif moet word.
• Water word in elke kamp benodig.
• Kapitaalinsette is hoër as kampe omhein word. (3)
2.2 Elke kamp moet afwisselend vir drie jaar bewei word, en dan moet die kamp in die vierde jaar gerus word Kamp 1 word bewei totdat 50 – 60% van die plantegroei gebruik is. Dan beweeg die diere na Kamp 2. Hulle wei daar en beweeg dan na Kamp 3. Hulle beweeg dan terug na Kamp 1. Kamp 4 rus die hele jaar. Tydens droogtetye word die diere in een van die wisselkampe gevoer, maar die kamp wat in sy russiklus is, word steeds nie gedurende daardie jaar gebruik nie. (7)
3. Die beste tyd is in die vroeë lente, net na die eerste goeie reën. (2)
Sample
4. Veldbrande wat grond onbedek agterlaat veroorsaak erosie. Brand van veld in ’n swak kondisie veroorsaak verdere agteruitgang. Plantopeenvolging kan vertraag word. (3)
5. Oorbeweiding: veld wat agteruitgaan en gronderosie tot gevolg het. Selektiewe weiding: diere verkies sekere plantsoorte en -dele.
Deurlopende weiding: kondisie van die veld gaan agteruit weens selektiewe weiding, wat ly tot yl bedekking. (6)
6.1 Weiveldkondisie: Die gesondheidkondisie van die veld. (1)
6.2 Belading: Die hoeveelheid diere wat op ’n spesifieke area aangehou word (1) [30]
Les 5: Biome van Suid-Afrika

AKTIWITEIT 5: MEMORANDUM
1.1 Protea
1.2 Aalwynspesie (1)
1.3 Agulhas Benguella
1.4 droëlandboerdery
1.5 natuurlike
1.6 Themeda
2. Suid-Afrika is ’n droë gebied met ’n gemiddelde jaarlikse reënval van 464 mm. Die wêreldgemiddelde is 857 mm. ’n Groot gedeelte van die land, naamlik 65%, kry minder as 500 mm per jaar. Suidelike Afrika kan verdeel word in ’n winter- en ’n somerreënvalstreek. In beide gevalle kom meer as 60% van die jaarlikse neerslag in daardie betrokke halfjaar voor. (5)
3. Woestyn- en halfwoestynplantegroei,
Mediterreense plante en struike,
Bosveld of savanne,
Gematigde grasvelde,
Woude. (5)
4. Slegs in omgewings waar die wintertemperature gematig is.
Waar die gemiddelde jaarlikse neerslag 800 mm of meer is. (2)
Sample
5. apiesdoring, haak-en-steek, koorsboom, maroela, mopanie kremetart. (enige VIER) (4)
6. Die gras is korter en wel 0,4 tot 0,6 m hoog Die landskap is feitlik boomloos.
Die koue winters is verantwoordelik vir albei verskynsels. (enige TWEE) (2) [25]
Les 6: Landbou-ekonomie

AKTIWITEIT 6: MEMORANDUM
1. Primêre landbou: Produksie soos bv. groenteboerdery.
Sekondêre landbou: Waardetoevoeging bv. vleisprodukte soos biltong.
Tersiêre landbou: Sakeondernemings wat ’n diens lewer bv kunsmismaatskappye (9)
2.1 Bruto binnelandse produk (BBP): Totale waarde van goedere geproduseer in een jaar binne die grense van die land.
2.2 Stapelvoedsel: Voedsel wat elke dag geëet word.
2.3 Per kapita: vir elke persoon.
2.4 Gepreserveer: behandelde voedsel wat nie bederf nie bv biltong.
2.5 Geprosesseer: Verwerking van die produk vir latere gebruik.
2.6 Bruto boerdery-inkomste: Inkomste uit verkope van landbouprodukte. (6)
2.
Landbou verskaf voedsel.
Landbou verskaf werk.
Landbou verskaf grondstowwe.
Landbou verskaf ekonomiese stabiliteit en groei. (4)
3. Hoë werkloosheid
Armoede
Hoë geboortesyfer
Chroniese siektes
Mense het nie toegang tot beskikbare voedsel nie. (5)
4. Algemene klassifikasie van voedselprodukte
Vars voedsel
• Is nie gepreserveer nie.
Sample
• Bevat natuurlike voedingswaarde.
• Kan sonder voorbereiding geëet word.
• Goedkoper.
• Bederfbaar.
Stapelvoedsel
• Vorm die vernaamste deel van die dieet.
• Is gewoonlik goedkoop.
• Verskaf noodsaaklike voeding.
• Kan vir lang tye geberg word.
• Mielies, brood, aartappels.
6.
Gepreserveerde voedsel
• Is behandel om groei van bakterieë te verhoed.
• Droging, bevriesing, hittebehandeling, vakuumverpakking, byvoeging van sout, suiker, inblikking of inmaak.
• Hou baie langer.
Geprosesseerde voedsel
• Natuurlike vorm van produk word verander. Lekkergoed, ontbytgrane, geprosesseerde vleis.
Bevat baie natrium en suiker. (22)
Sosiale invloede
Omgewingstoestande
Geografie
Kulturele tradisies
Mense se voorkeure
Voedselpryse
Huishoudelike inkomste. (enige VIER) (4) [50]
Les 7: Bevolkingsgroei en ekonomiese waarde van plant- en dierprodukte

AKTIWITEIT 7: MEMORANDUM
Sample
Landboufase:
• Voor die Industriële revolusie was daar min mediese tegnologie. Dit het gelei tot:
• Hoë geboortesyfers
• Hoë sterftesyfers
• Bevolkingsgroei was laag.
Ontwikkelingsfase:
• Na die Industriële revolusie het tegnologie gelei tot:
• Hoër lewenspeil
• Sterftesyfers daal
• Hoë bevolkingsgroei
Geïndustrialiseerde fase:
• Hulpbronne is vir almal beskikbaar
• Mense verkies kleiner gesinne
• Geboortesyfer daal
• Afname in bevolkingsgroei.
(14) 2. Klimaat
Oesseisoen
Gehalte van die kommoditeit
Produksiekoste
Boere wat gesubsidieer word om die kommoditeit te produseer. (5)
3. Landboukundige insette
Finansiering
Ondersteuning aan boere (3)
4. Stabiliseer die ekonomie
Verskaf werk
Dra by tot groter produktiwiteit en
Dra by tot doeltreffendheid in die landbou-industrie. (ENIGE drie) (3) [25]
Les 8: Landbouwetgewing

AKTIWITEIT 8: MEMORANDUM
1.1 Grondeienaarskap: Verwys na die persoon wat ’n spesifieke stuk grond besit.
1.2 Eiendomsreg: Reg wat ’n persoon op eiendom het insluitend besit, gebruik en verbruik
1.3 Hervorming: Om verandering aan te bring ten einde iets te verbeter
1.4 Restitusie: Die teruggee van iets aan die oorspronklike eienaar
1.5 Transportakte: Regsdokument wat bewys lewer van ’n persoon se reg, veral ten opsigte van die besit van eiendom.
1.6 Die grondwet is ’n stel reëls en beginsels wat bepaal hoe die land bestuur moet word
1.7 Groenskrifte is regeringsverslae van voorstelle wat oorweeg moet word maar dis nog nie aanvaar nie.
1.8 Witskrifte is verslae wat deur die regering uitgereik word om inligting oor ’n onderwerp te gee.
1.9 Die Wetsontwerp is ’n konsep van ’n voorgestelde wet wat deur die parlement bespreek sal word.
1.10 Wette is stelle riglyne of reëls wat almal in die land of gemeenskap moet gehoorsaam.
1.11 Wetgewing bestaan uit reëls en regulasies wat deur die Parlement neergelê word.
1.12 Die Grondwet gee die parlement die magtiging om wetgewing te skep.
1.13 Wysigings is veranderinge wat aan ’n geskrewe wet gemaak word, of ’n verandering wat aan ’n voorheen aanvaarde wet of mosie gemaak word
1.14 Regulasies is onderdele van spesifieke wetgewing en is van toepassing op die hele land.
1.15 Ordonansies is wetgewing wat slegs van toepassing is op ’n spesifieke munisipale gebied of organisasie. (15) Sample
2. Moedig beleidsintegrasie op verskillende regeringsvlakke aan.
Bou sterker verhoudings en vennootskappe tussen plaaslike groepe wat landbou ondersteun.
Skep ’n bewustheid van landbou en die belangrikheid daarvan vir die algehele welsyn van gemeenskappe en provinsies.
Verskaf voortdurende monitering om ’n beter begrip te verseker van grondgebruikverhoudings.
Ontwikkel gebiedsplanne vir die landbou in belangrike boerderygebiede en spesifiek plaaslike vlak.
Les 9: Inheemse kennis

AKTIWITEIT 9: MEMORANDUM
1. Is praktiese kennis van die omgewing en hoe om daarin te oorleef
Dit is uniek aan plaaslike kultuur of die gemeenskap. (3)
2. Wetenskaplike kennis is gebaseer op: waarneming en feite en sluit mense se perspektiewe, spirualiteit en plaaslike tradisionele gebruike uit. die insameling van data deur waarneming en eksperimentering.
Inheemse kennis is: praktiese kennis van tradisionele kulture en die omgewing. gebaseer op praktiese ondervinding. mondelings oorgedra van geslag tot geslag. (7)
3. IK word mondelings en in die plaaslike taal oorgedra, dit is dus maklik om te verstaan.
IK produkte word dus voorberei wanneer dit benodig word; die raklewe en vervaldatum van die produk is nie ter sprake nie.
Sample
Boere dien die IK-produkte self toe en die veearts word nie benodig nie. IK moedig die bewustheid van omgewingsbewaring aan. (5)
4. Dit kan tydrowend wees om kruie in die veld te soek. Party inheemse kennisstelsels word beskou as ondoeltreffend. Kruie wat vir medisyne gebruik word, kan uitgedun raak. IKS is nie doeltreffend in grootskaalse produksies nie. Sommige gelowe ontmoedig IKS – dit word as ’n bygeloof beskou. Regeringswette verbied sommige tradisionele praktyke, soos die ongeoorloofde afkap van bome.
Die meeste inheemse rate is nog nie wetenskaplik getoets en bevestig nie. (enige VYF) (5) [20]