
1 minute read
Aktiwiteit 5: Geïntegreerde taal
Letterlike en figuurlike betekenis van woorde
• Letterlike betekenis: Woorde funksioneer presies soos dit beskryf word.
As jy met vuurhoutjies speel kan jy jou vingers verbrand. Die vuur sal jou vingers brand en jy sal mediese hulp nodig hê.
• Figuurlike betekenis: Jy moet tussen die lyne lees om uit te vind wat dit regtig beteken, daar is ’n dieper betekenis.
As jy te veel reëls breek, gaan jy jou vingers verbrand. As jy te veel reëls breek, gaan jy in die moeilikheid beland.
Aktiwiteit 5: Geïntegreerde taal
Werk die taalreëls deur en beantwoord die volgende taalvrae:
1. Dui aan watter soort bywoorde die onderstreepte woorde is. a) Die winter kan ’n baie spesiale tyd wees om die buitelug in te vaar. b) Jy wil warm aangetrek wees wanneer jy onaktief is. c) Jy gaan dalk nie so dors soos in die somer wees nie.
2. Lees die volgende sinne versigtig. Onderstreep die onderwerp en omkring die voorwerp: a) Die winter kan ’n baie spesiale tyd wees om die buitelug in te vaar. b) Laastens het jy ’n lekker dik water- en windbestande baadjie nodig vir ekstra koue weer. c) Maak seker jou stapskoene is waterdig. d) Jykan’nflessiewarmsjokoladeinjourugsaksit.
3. Dui aan of die onderstreepte gedeelte ’n byvoeglike of ’n bywoordelike bysin is: a) Die man, wat die vuur aansteek, dra vuurbestande klere. b) Terwyl jy die tent opslaan, moet jy kyk waar die eerste strale met sonsopkoms sal val. c) Die vuur knetter asof dit in die hel gestook is.
4. Gee ’n sinoniem vir die volgende woorde (hierdie woorde sal jy in ’n woordeboek kan naslaan): a) afkraak i) fiemies b) balans j) jaloesie c) aanmoedig k) item d) akteur l) resultaat e) dagblad m) noukeurig f) afkoms n) guitig g) blaps o) tydsaam h) delikaat