
2 minute read
Aktiwiteit 326: Bedrywende en lydende vorm
2.2 Verbind die sinne met die voegwoord tussen hakies.
a) Die groot seun lag. Hy kyk rond na die kinders om hom. (terwyl)
b) Robbie raak hartseer. Almal lag vir hom. (want)
Daar is nie ’n komma voor alle voegwoorde nie.
Aktiwiteit 326: Bedrywende en lydende vorm
Het jy al gehoor as iemand sê iets “word deur” iemand gedoen? Byvoorbeeld: Die bal word deur die seun gegooi. Ons noem dit die lydende vorm.
Pasop om nie verward te raak tussen bedrywende en lydende vorm en direkte en indirekte rede nie.
Bedrywende en lydende vorm (Active and passive voice)
Onthou jy wat die onderwerp, voorwerp en gesegde in ’n sin is? Die woordorde is altyd belangrik.
• Onderwerp (subject): Wie of wat die handeling doen. (Wie doen die werkwoord?) • Voorwerp (object): Die persoon of ding waarmee of waaraan die handeling gedoen word. (Waarmee word dit gedoen? / Waaraan word dit gedoen?) • Gesegde (verb): Die aksie wat gedoen word. (Wat word gedoen?)
Onthou, die lidwoord of voornaamwoord gaan altyd saam met die onderwerp of voorwerp, byvoorbeeld ’n bal, sy hond; nie net bal en hond nie.
Bedrywende vorm
• Ons praat gewoonlik in die bedrywende vorm (active voice):
Die seun gooi die bal.
• Onthou dit só: Om bedrywig te wees beteken om besig of aktief te wees – dit gebeur nou.
• In die bedrywende vorm word gesê wie doen wat waaraan.
• In die bedrywende vorm is die woordorde gewoonlik onderwerp, gesegde, voorwerp.
Die seun gooi die bal.
Onderwerp Gesegde
Wie doen die aksie? Wat is die aksie?
Die seun
gooi
Voorwerp
Waarmee/waaraan word die aksie gedoen? die bal
Lydende vorm
• Soms klink dit beter as ’n sin in die lydende vorm gesit word, veral langer sinne.
(Probeer om altyd die bedrywende vorm te gebruik.)
• In die lydende vorm word gesê waarmee/waaraan deur wie wat gedoen word.
Die hond vang die bal. Die bal word deur die hond gevang.
• In die lydende vorm is die hoofwerkwoord (wat alleen kan staan) altyd in die verlede tyd – gevang, gespeel, opgetel.
• Met die lydende vorm swaai die woordorde om: voorwerp, onderwerp, gesegde.
Hoe verander ek die sin?
Bedrywende vorm
Die seun gooi die bal.
Onderwerp (wie) Gesegde (wat) Voorwerp (waarmee)
Die seun gooi die bal
Verander na die lydende vorm
Die bal word deur die seun gegooi.
Voorwerp (waarmee) + Onderwerp (wie) Gesegde (wat)
Die bal word deur die seun gegooi
In die lydende vorm is: • “word deur” die teenwoordige tyd; • “is deur” die verlede tyd; en • “sal deur” die toekomende tyd.