
1 minute read
Aktiwiteit 230: Tydsvorme
Woordeskat – vertalings
afneem – (in context) take a picture of ervarings – experiences omgeval – fell over gelukkig – (in context) luckily wonderlikste – most wonderful
Gesels saam oor die brief. Jy kan die antwoorde daarna in jou werkboek skryf.
1. Waaroor gaan die brief? (Wat is die hoofgedagte?)
2. Watter datum kom onder jou adres?
3. Die aanhef van die brief is “Liewe Oupa”. Wat sê die woord “liewe” oor die soort brief wat dit is?
Wat kan “gelukkig” nog beteken?
4. Identifiseer die inleiding, slotsin en afsluiting van die brief. Vul dit op die brief in.
5. Hoe beskryf Jeff die ontmoeting met die berggorilla?
Aktiwiteit 230: Tydsvorme
Wat is die drie tydsvorme nou weer? Watter hulpwerkwoorde wys dit vir ons?
Beantwoord die vrae in jou werkboek.
1. In watter tydsvorm is die sinne? Hoe weet jy dit?
1.1 ’n Gorilla sit voor hom. 1.2 Hy het stadig afgesak tot op die grond. 1.3 Jeff sal ’n brief vir sy oupa skryf as hulle terug is in Suid-Afrika. 1.4 Jeff kan hoor hoe sy hart klop. 1.5 Jeff se pa sou hom dalk nie gekry het nie.
2. Skryf die sinne oor en begin soos tussen hakies aangedui.
Waar staan die werkwoord in die verskillende tydsvorme nou weer?
2.1 Jeff sien die ma-gorilla en haar kleintjie. (Gister ...) 2.2 Jeff gaan weer saam met sy pa op ’n reis. (Volgende jaar ...) 2.3 Jeff kon nie glo wat hy sien nie. (Môre ...) 2.4 Jeff dink nie hy sal ooit so iets sien nie. (Verlede week ...)
3. Skryf die sinne oor in die tydsvorm tussen hakies aangedui.
3.1 ’n Gorilla sit voor hom. (Verlede tyd) 3.2 Sy grom en slaan haar vuiste teen die grond. (Toekomende tyd) 3.3 Jeff kyk weg en maak nie oogkontak nie. (Verlede tyd) 3.4 Jeff se pa het hom gelukkig gekry. (Teenwoordige tyd)