
4 minute read
Aktiwiteit 3: Klankpatrone: Alfabetiese volgorde, vokale, konsonante en tweeklanke
3. Watter vreemde (strange) ding gebeur met haar in die biblioteek?
’n Muis (wat uit ’n storieboek lewendig geword het) praat met haar.
4. Wat is die diertjie se naam?
Magnus
5. Wie het volgens hom die eerste boek in die wêreld geskryf?
Ons weet nie wie dit was nie, maar dit was heel waarskynlik op kleitablette geskryf.
6. Waarom praat hy met haar?
Daar word nie in die storie gesê waarom Magnus met Masego praat nie, maar leerders kan aflei (deduce/conclude) dat hy met haar begin praat het omdat hy honger was (hy vra uit oor koekies).
7. ’n Boekwurm is iemand wat daarvan hou om te lees. Sou jy sê Masego is ’n boekwurm? Wat in die storie laat jou so dink?
Ja, sy is ’n boekwurm. Sy sê in die storie dat sy gereeld biblioteek toe gaan.
8. Wat het op die einde van die storie gebeur? Hoe weet jy dit?
Masego se ouma het haar kom haal en Magnus klim in haar rugsak in, sonder dat Masego dit weet. Die storie eindig met “’n stertjie steek by haar rugsak uit,” wat dit vir ons sê.
9. Dink jy Masego se ouma het haar geglo toe sy haar vertel het wat in die biblioteek gebeur het?
Leerders se eie antwoord. Hulle kan bespiegel (speculate).
10. Het jy al iets vir iemand vertel en toe glo hulle nie wat jy vertel nie? Wat het daarna gebeur?
Leerders se eie antwoord. Hulle kan vertel waarom die persoon hulle nie wou glo nie; wat die storie was wat hulle vertel het; wat daarna gebeur het, ensovoorts. Leerders moet vrylik gesels.
Gesels oor die einde van die storie. Wat dink leerders het gebeur nadat Magnus in Masego se rugsak geklim het? Hulle kan kreatief wees.
Aktiwiteit 3: Klankpatrone: Alfabetiese volgorde, vokale, konsonante en tweeklanke
30 minute
Let wel: Volgens die KABV moet alfabetiese volgorde eers in week 3 – 4 behandel word, maar dit lê die grondslag vir vokale en konsonante.
Leerders behoort al alfabetiese volgorde te ken, wat in die Grondslagfase reeds vasgelê behoort te wees. Laat hulle die alfabet opsê en identifiseer die leerders wat die alfabet nie goed ken nie. Help hulle om die alfabet te onthou. Dit is belangrik dat alfabetiese volgorde goed vasgelê is, veral vir die gebruik van ’n woordeboek (wat later in les 1 behandel word).
Vokale en konsonante (vowels and consonants) is ook al in die Grondslagfase en in graad 4 en 5 behandel. Leerders behoort die verskil te ken (asook watter letters dit is). Dit is belangrik dat leerders die verskil tussen vokale en konsonante verstaan om die spelreëls beter te verstaan en toe te pas, en om by die
ontleding van gedigte te gebruik. Doen die volgende praktiese oefening en identifiseer leerders wat die begrip nie heeltemal onder die knie het nie (identify learners who haven’t yet mastered alphabetical order).
• Vra vir die leerders: “Almal wie se naam met a begin, staan voor in die klas/vertrek.” • Herhaal met al die vokale: e, i, o en u. • Sê: “Almal wat voor staan se name begin met vokale. Wat noem ons dit in Engels?” Die leerders antwoord “vowels”. Help hulle indien hulle nie weet nie. • Leer die rympie “Arme ek is Oupa Uil” vir die leerders om die vokale maklik te onthou indien hulle sukkel. (Die eerste letter van elke woord is ’n vokaal.) • Sê dan: “Almal wat nog sit se name begin met konsonante. Konsonante is al die ander letters van die alfabet. Wat is dit in Engels?” Leerders antwoord “consonants” en gaan sit weer. • Leerders maak groepies van byvoorbeeld vyf (of elke ry banke kan in ’n groep wees) en moet hulself sorteer volgens dié wie se name met vokale begin en dié wat met konsonante begin (en kan dit daarna in die twee groepe ook alfabeties rangskik – a, e, i, o, u en b, c, d, f, ensovoorts). • Die hele klas rangskik hulself dan alfabeties volgens naam. • Indien daar net een leerder is, kan die leerder hom-/haarself en die fasiliteerder alfabeties rangskik, of sy/haar gesinslede se name alfabeties rangskik.
Klankpatrone: Vokale en konsonante
Die alfabet bestaan uit vokale en konsonante. Onthou die vokale só: Arme ek is Oupa Uil.
• Vokale is die letters a, e, i, o en u. In Afrikaans is daar altyd minstens een vokaal in ’n woord. • Konsonante is die res van die alfabet: b, c, d, f, g, h, j, k, l, m, n, p, q, r, s, t, v, w, x, y, z.
Leerders het die volgende klankpatrone al in vorige grade teëgekom. Spreek die klanke reg gerond uit, met ander woorde, “deur” moet gerond uitgespreek word en nie as “deer” nie. Leerders leer later in die les van oorronding en ontronding.
Klankpatrone: Tweeklanke (diftonge) en dubbelklanke
Buiten vokale en konsonante, kry ons ook tweeklanke (of diftonge) en dubbelklanke by klankpatrone en die bou van woorde.
Let wel: Leerders moet nie die definisies ken nie; hulle hoef slegs te weet watter klanke tweeklanke en watter klanke dubbelklanke is.
• Tweeklanke (of diftonge) is ’n groepie letters waarin twee of drie verskillende vokale sonder onderbreking uitgespreek word. Dit word as een klank uitgespreek, maar jy kan eintlik hoor dit is twee klanke. As jy hierdie klanke uitspreek, verander die vorm van jou mond. Dit is die klanke ei en y (dit klink dieselfde), ui, ou, eeu, aai, ooi, oei, ai en oi. Voorbeelde: reis, muis, kraai, rooi, koei Let wel: Die klanke ie, oe en eu is nie tweeklanke nie – dit klink soos een klank. • Dubbelklanke is waar daar twee van dieselfde vokaal is (aa, ee, oo of uu), byvoorbeeld: muur, been, gaap, boor.