1 minute read

Aktiwiteit 3: Vertel die storie oor

Fasiliteerdersgids

G05 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal

Eenheid1 Leerders kleur die lande in die storie op die kaart in en skryf die name binne/langsaan. Hulle dui ook aan waar Suid-Afrika is. (Die kaart is in die handleiding en fasiliteerdersgids se bylae. Leerders kan daardie kaart gebruik of jy kan vir hulle fotostate [copies] maak wat hulle in hul werkboek plak.)

Help hulle om af te lei dat Londen in Engeland is, en dat hulle nie San Francisco en New York moet invul nie, net Amerika (Noord-Amerika). Help hulle as hulle nie weet of kan onthou waar die plekke is nie.

Aktiwiteit 3: Vertel die storie oor

20 minute

Leerders werk op hul eie, in pare of groepe en vertel die storie in aktiwiteit 1 in hul eie woorde oor in agt sinne – hulle moet dus meer detail gee om by agt sinne uit te kom. Hulle moet die teenwoordige tyd gebruik.

Hulle moet soveel feite as moontlik probeer weergee en minstens die karakters se name onthou. Hulle mag die notas in die vorige aktiwiteit gebruik.

Dit is nie verkeerd as leerders huistaal-woorde tussendeur gebruik nie. Dit hang af van die leerder se vlak van Afrikaanse begrip- en praatvaardighede, asook woordeskat. Vra hulle ná hul vertelling wat die Afrikaanse woorde daarvoor is, en help hulle reg.

Voorbeeld (let op die teenwoordige tyd)

Phileas Fogg maak ’n weddenskap dat hy binne 80 dae om die wêreld kan reis. Hy plaas £20 000 op die spel. Phileas en Jean reis met skepe en treine. Hulle gaan Egipte, Indië, China en Amerika toe. Hulle kry moeilikheid op die pad, soos die polisie wat dink Phileas is ’n skelm en hulle is laat vir van die skepe. Hulle maak dit terug tot by die huis (Londen) en dink hulle het dit nie binne 80 dae gemaak nie. Maar hulle het van die tydsones vergeet.

This article is from: