DIE BONTEBOK AMPTELIKE TYDSKIF - KAAPSE JAGTERS- EN WILDBEWARINGSVERENIGING OFFICIAL MAGAZINE - CAPE HUNTERS AND GAME CONSERVATION ASSOCIATION
DESEMBER 2019 - 5
BERGPATRYS JAG BY RHODES ETIEK VIR JAGTERS BUFFALO HUNT UITSOEK KOEDOE IN NAMIBIA
JAGSTORIES | TAKNUUS | WILDBEWARING | VUURWAPENS | VELDKUNS
2
DIE BONTEBOK
DIE BONTEBOK DESEMBER 2019 INHOUD 4 REDAKTEUR 6
KAAPJAG VOORSITTER
8
KAAPJAG HOOFKANTOOR
10 BERGPATRYS JAG BY RHODES 14 ETIEK VIR JAGTERS 16 UITKIES KOEDOE IN NAMIBIA 22 KAAPJAG FOTOGALLERY 30 VELDSKIET 34 BUFFALO HUNT 38
DROOGTE - DR KAS HAMMAN
TAKNUUS
42 SENTRAAL 44 WES BOLANDJAG 46 WESKUSJAG 48 BOESMANLAND 49 NAMAKWA 50 SPORTSKIET
FOTOS: VOORBLAD EN INHOUDBLAD DR LANDI LOMBARD
DIE BONTEBOK
10
16
22
50
3
4
DIE BONTEBOK
DIE REDAKTEUR
W
elkom by die Desember 2019 uitgawe van Die
Bontebok. Hierdie uitgawe is stampvol jagstories en artikels. Daar word patryse gejag op bladsy 10, Koedoes op bladsy 16 en groot buffels word gejag op bladsy 34. Jokl Le Roux se reeks oor etiek en ektiket vir jagters skop af op bladsy 14. Dr Kas Hamman bring die droogte en die probleme wat daarmee gepaard gaan onder die soeklig op bladsy 38. Dit was voorwaar ‘n vol jaar vir Kaapjag met by jaggeweerskiet kompetisie met pistole en haelgewere wat ook afgestof is. Daar is baie nuwe skietkompetisies gehou en nuwe skietdissiplines is ook vir die lede beskikbaar gestel. Kaapjag begin nou voorwaar
die plek word waar aan al ons lede se skietbehoeftes voldoen kan word. Hein Aylward het hier reuse werk gedoen en met die nuut gestigte sportskietkommitee dink ek die sport sal net nog verder groei. Kaapjag het saam met Guns & Bows en Buck & Bass ‘n stalletjie by die Nampo skou te Bredasdorp in September gehad wat ‘n groot suksesvol was. Dankie aan al die lede wat ons daar kom besoek het en vir Matt Relihan vir al sy moeite en tyd met die reëlings. Ons het vir hierdie uitgawe van Die Bontebok verreweg die meeste inskrywings nog gekry vir die fotogallery en daar moes mooi gekoukus word oor die wenner. Baie geluk dan ook aan Sylvia Visser wat die fotogallery kompetisie gewen het. Sy kry ‘n
Francois Rossouw R2 500 geskenkbewys by Ivan Volskenck van Ells & Co. ‘n Spesiale dankie aan my vriend en mentor, Neels Geldenhuys redakteur van African Outfitter, vir die lekker artikels wat hy so goedgunstiglik aan ons voorsien. Geluk ook met sy tydskrif se 100ste uitgawe. Ek wil ook ons lesers ‘n Geseënde Kerfees en voorspoedige Nuwejaar toewens. Vir die wat op die pad gaan wees in die feestyd, ry versigtig en trek maar af as jy moeg raak. Groete en lekker lees.
FOXPRO Your ultimate predator calling gear
taking
the call to
nature
HAMMERJACK-
DIGITAL GAME CALL
FEATURE HIGHLIGHTS
INFERNO -
DIGITAL GAME CALL
FEATURE HIGHLIGHTS • Inferno remote control
• • • • • •
Integrated USB Port Stores up to 200 sounds in total (comes with 75) Order custom sound list External Speaker Tripod Mount located Auxiliary jack
• Comes witwh 100 sounds, &111 FREE sounds (300 sound capacity) • FoxJack 4 decoy (included) • FoxBang • FoxCast • Category sound files • Dual-amplified speaker system • 2 external speaker jacks • Auxiliary jack • USB port to reprogram sounds
Available at all Premium Dealers countrywide.
www.formalito.co.za I tel: +27 (12) 664 - 7793/4
FOXPRO 2.indd 1
2019/09/26 07:5
6
DIE BONTEBOK
KAAPJAG VOORSITTER
O
ns is in die finale pylvak van 2019 en alhoewel die jaar vir ons baie uitdagings gebied het, het ons as vereniging saamgestaan en uitgestyg bo die omstandighede. Ek is baie trots op ons lede en met wat hulle bereik het. Daar was weereens baie moeilike ekonomiese omstandigehede en die verening het alle begrip vir diesulke omstandighede, daarom wil ek graag ‘n beroep op lede doen om mekaar te ondersteun sodat ons as verening kan saamstaan en werk om op die suksespad te bly waarop ons tans is. Dan is daar ook nog die wetgewings besluite insake die besit van vuurwapens en die goedkeuring van die amnestieproses, asook die feit dat ons nog nie weet wat die voorwaardes en bepalings van die amnestieproses gaan wees nie. Ek wil dus ‘n beroep doen op lede wat deur die proses geraak gaan word om seker te maak dat hulle bevoegtheidsertifikate op datum is,
sodat wanneer die amnestieperiode aanbreek hul reeds in besit van die nodige bevoegtheidsertifikate sal wees. Op sportskiet gebied het lede ook op verskeie vlakke uitgeblink, soos die nuwe skiet dissiplines wat die afgelope jaar gefinaliseer is en deur ons onderskeie takke aangebied word. Die verskeidenheid van skiet dissiplines maak voorsiening vir ‘n baie wyer spektum van sportskiet geleenthede. Ons het ook in die afgelope jaar die Sportkomitee op die been gebring wat reeds ‘n reuse taak verrig om die spanne saam te stel vir die verskillende kompetisies op nasionale vlak en al die reëlings voor en na die kompetisies. Ek wil lede bedank vir hul lojalitiet teenoor ons verening wat tot gevolg gehad het dat die vereniging van krag tot krag kon gaan. Voorts wil ek ons Takbesture bedank vir hul bydrae om
Servaas Rabie aktiwiteite op tak-vlak aan te bied en vir hul harde werk die afgelope jaar. Aan ons Uitvoerende Bestuur en Dagbestuurslede wil ek ook my dank uitspreek vir die afgelope jaar se betrokkenheid en insette om Kaapjag so goed te laat werk vir ons lede. Groot dank aan ons kantoorspan vir hulle harde werk en bydrae die afgelope jaar. Ek wil vir elkeen ‘n Geseënde Kersfees en ‘n voorspoedige Nuwe -jaar toewens. Die van u wat die geleentheid het om te gaan uitspan in die komende vankansieseisoen, ry veilig en rus lekker. Jagtersgroete - Servaas Rabie
DIE B O NT E B OK : EDI T ORI A L TEAM EDITOR: Francois Rossouw francois@salocums.com COPY: N Bertrams • A Cilliers DESIGNERS: • Sebastiaan • Jade ADVERTISING & SALES: • Yolande van der Merwe frontpagemedia@gmail.com CORRESPONDENTS / EDITORIAL: • Matt Relihan • Hein Aylward • Jokl Le Roux • Schalk van der Merwe • Dr Kas Hamman PHOTOGRAPHY: • Landi Lombard • Ernst Lombard
DISCLAIMER Die Bontebok makes no representation, endorsements, warranties or guarantees about any of the products and/or services offered or advertised within this magazine. Die Bontebok expressly disclaims any and all liability relating to or arising from the sale, distribution, manufacture, use or misuse of all products and all services offered and advertised within this publication. COPYRIGHT Both nationally and internationally all material herein is held by Die Bontebok. No reproduction of any nature is permitted without prior written consent of the owner. INDEMNITY Die Bontebok, its owners, members and staff hereby advise that partaking in any activities, and handling any equipment advertised in, or written about in this publication, involve risk, potential injury or death to oneself or others. Great care and professional advice must be taken when carrying out these activities. Die Bontebok, its owners, members and staff cannot accept any responsibility or liability for any damage to personal property, including, but not limited to loss, financial loss, injury or death. PHOTOGRAPHS & ARTICLES Submissions of photographs and articles are welcome, however it will be deemed that submission shall be a warranty that they are original and do not infringe on the copyright of others.
THE SAFARI
THE SUEDE VELLIE
THE VELLIE
AVAILABLE AT
Safari Outdoor
THE SELOUS
JOHANNESBURG
PRETORIA
STELLENBOSCH
EAST RAND
KRUGERSDORP
Rivonia Crossing II, 3 Achter Rd, Sunninghill
Lynnwood Bridge Centre, c/o Daventry & Lynnwood Rd
Devon Place Centre, c/o R304 & Bottelary Rd, Koelenhof
East Rand Retail Park, North Rand Rd, Boksburg
Cradlestone Mall, Hendrik Potgieter Rd, Ruimsig
Tel: 0861 14 35 45
Tel: 0861 22 22 69
Tel: 0861 11 43 30
Tel: 0861 000 071
Tel: 011 662 2100
follow us on social media:
or visit our website: www.so.co.za
8
T
DIE BONTEBOK
KAAPJAG HOOFKANTOOR
MATT RELIHAN - KAAPJAG CEO
he year is speeding towards its end and most of us are trying to get all the loose ends attended to amongst all our other responsibilities. Some of us are already looking ahead and planning our work and “play” activities for 2020. By the time you read this, you will be able to view the Kaapjag calendar on our website. As is usually the case, it will be filled with a variety of shoots and events, hopefully appealing to everyone’s taste. There are however two events during 2020 which I would like to highlight as I believe they are important enough to include in every member’s planning for the New Year. 14 March 2020 KAAPJAG INTER BRANCH SHOOT This event is one of the association’s prime events during the year. It is mainly a team event (4 shooters) competing for the KAAPJAG Inter Branch trophy. You may also participate as an individual shooter if you do not feel comfortable entering as part of your branch’s teams. This event offers the opportunity to shoot and mingle with fellow members from all over the province and it is considered
of such importance that our association provides funding to the branches to enter their members. This shoot is limited to members only and branch teams must be made up out of members from that particular branch. This year the host for the event is our West Coast Branch and will be shot in the vicinity of Velddrif on the West Coast. 2 Mei 2020 KAAPJAG LEDE-NAWEEK WAT INSLUIT DIE ALGEMENE JAARVERGADERING, GHONG UITDAGING EN DINEE/ PRYSUITDELING. Hierdie jaar vind hierdie spog geleentheid plaas naby Bredasdorp, onder die sorg van ons vriende in Kaapjag se Overberg Tak. Die 1ste Mei 2019 is soos gebruiklik ‘n vakansiedag en dus is dit ‘n langnaweek. Bredasdorp is klipgooi van lekker plekke soos Waenhuiskrans, L-Agulhas en Struisbaai. ‘n Ideale geleentheid vir ‘n wegbreek saam met die gesin! Die Saterdagoggend vind die Ghong Uitdaging plaas gevolg deur die vereniging se Algemene Jaarvergadering en word afgesluit met ‘n dinee en prysuitdeling (die ete natuurlik gratis vir lede). Behalwe dat
Matt Relihan dit gebruiklik ‘n baie lekker naweek is, is dit ook belangrik dat u as lid u reg tot inspraak in die bestuur van die vereniging uitoefen. Belangrike besluite soos die vasstelling van ledegelde en die verkiesing van die bestuur word geneem tydens hierdie byeenkoms. Kom wees betrokke en geniet die skiet en lekker kuier na die verrigtinge. Graag wil ek namens myself en my twee kollegas, Mimi en Natalie, u ‘n baie Geseënde Kersfees en ‘n Voorspoedige Nuwejaar toewens. Mag u ‘n aangename rustydjie geniet en ry veilig.
DR STUDZINSKY 91 JAAR - KAAPJAG SE TWEEDE OUDSTE LID SKIET NOG! Ek het vanoggend die voorreg gehad om Kaapjag se tweede oudste lid in jare [28-0069] (91jaar oud) skietbaan toe te neem vir sy jaarlikse toegewyde jagters “compliance”. Dr Studzinsky is gebore in Warskou, Pole en was 10 jaar oud toe die stad platgevee is, eers deur Hitler en toe deur Stalin. 85 - 90% van die stad is vernietig teen Jan 1945 met 140 000 mense gedood net gedurende Aug en Sept 1944. Dr Studzinsky is al vir 68 jaar getroud met sy vrou wat 2 maande jonger is as hy. Sy was ‘n tandards en hy ‘n mediese dokter. Beide het gestudeer in die oorblyfsels van die Warskouse Universiteit na die oorlog. Kyk net hoe skiet hy nog - 70 skote met sy .22 pistool op 10 meter. Ons oudste lid is Dr Wahl (94 jaar), wat jare op Malmesbury gepraktiseer het, en nou woon in die Strand. Sê iets vir die dokters nê! - Matt Relihan
Manufacturer & Distributor of Quality Hunting & Shooting Products Cape Town: 021 945 2160 | Pretoria: 012 348 0317 www.bushill.co.za
Bushill supplies only to the Gun Trade but gladly assists individuals with additional information or any technical queries. Please contact Michelle on 021 945 2160 or email cape@bushill.co.za
DESIGN: leftalign@telkomsa.net
Contact your nearest Fire Arms Dealer for any of our products.
advertensie2019.indd 2
2019/11/12 09:58:06
10
DIE BONTEBOK
Bergpatrys Jag by Rhodes
Deur: Dawid Rossouw
S
oms dink mens dit sal nooit gebeur nie, maar so elke dan en wan glimlag Saint Hubert, die beskermheilige van jagters, breed en reguit in jou rigting .......... Bergpatryse jag is nie iets wat sommer enige hierjy net kan gaan doen nie, want dit is altyd moeilik! Dis omdat daar soveel erg uiteenlopende dinge is wat alles soos ʼn legkaart in plek moet val, of jy het net eenvoudig nie ʼn kat se kans nie. Om net goed te kan skiet sal jou nie veel help nie. Om mee te begin, is daar maar min plekke waar jy Bergpatryse kan jag, want alhoewel hulle redelik volop is oor Suid Afrika, is hulle yl gesaai en nie so maklik om te vind nie. Die grasbedekte hooglande rondom die dorpie Rhodes in die Oos Kaap, is een so ʼn plek. Daar kom genoeg bergpatryse voor en die swermpies bly naby genoeg aan mekaar om die jag prakties uitvoerbaar te maak. Dan het jy ʼn paar opgeleide pointer honde nodig, met hulle baas wat hulle die heel jaar laat oefen het en wat die berge ken en weet waar die swermpies woon. Daar’s vandag nie veel sulke toegewyde mense of honde nie, want dis baie harde jare-lange opleiding en werk vir ʼn kort jagseisoen. Fred Steynberg is so iemand. Hy ken die wêreld om Rhodes soos die palm van sy hand, want hy het daar groot geword en van kleins af daar saam met sy pa geleer voëls jag. Fred se 10 jaar oue Engelse pointer, Wilbur (Smith), is so ʼn hond. Al is hy bykans dood na ʼn rinkhals hom verlede jaar gepik het, en al
haal die ouderdom hom nou vinnig in, werk hy soos die vlymskerp spesialis wat hy is. Zingela (“soek” of “jag” in Xhosa en ook bekend as Zingi,) is Fred se jong Engelse pointer en hy werk reeds wonderlik, hardloop soos die wind, vind die patryse, point en hou hulle. Hy lyk of hy dit vir ewig kan aanhou doen sonder dat sy entoesiasme ooit sal taan. Wilbur vat dit deesdae effe stadiger ... wyser ... sou sommiges sê, en werk rustiger en nader aan die jagters, maar wanneer hy skielik iewers viervoet vassteek, dan weet jy sonder twyfel dat daar ʼn voël reg onder sy neus sit. Die bergpatryse hou veral op die hoë grasplato’s, maar kom soms laer af om by ʼn stroompie water te drink. Die Suidelike Drakensberge is reusagtig en steil en daar is net een manier om by die patryse uit te kom – te voet! Met dapper en stapper! Eintlik met dapper en klimmer! Dan is jy ook op ʼn redelike hoë hoogte bo seespieël, so 2500 tot 3000 meter, iets waarvoor min van ons fiks genoeg is, en dit beteken jy raak sommer
DIE BONTEBOK
gou-gou kort aan suurstof in die dun lug waar jou Kaapse longe nie so lekker wil werk nie. Elke graspol en elke klip maak dit moeilik om vas te trap en mens se sawwe stadsknieë begin kort voor lank te kla soos min. Die eerste paar doringdraad heinings waaroor jy moet klouter gaan maklik, maar na die twintigste een begin jy verstaan hoekom Ian vir hom ʼn leertjie gemaak en laat saamdra het deur ʼn helper. Hy het eerder die erge gespot verdra as om die broek tussen sy bene nog ʼn slag winkelhaak te skeur met oorklim, of alewig tussen twee drade vas te haak met die deurkruipery. Die honde en Fred gaan draad oor en deur, steil gebergtes op, asof dit die maklikste ding onder die son is, terwyl jou hart in jou ore klop, jou asem brand in jou keel en jou bene sommer gou soos jelly begin voel. As jy dink jy stop om bietjie te rus, dan kom ʼn reuse baard aasvoël met sy twee meter vlerkspan geruisloos nader gesweef vanuit die blou hoogtes, ek dink om te kom kyk of jy nie dalk binnekort gaan dood neerslaan en dalk vir hom middagete bied nie. Dan, skielik, as jy al begin dink aan opgee, steek een van die honde vas, stokstyf gespan in ʼn point, gevries en gefokus op iets onsigbaar ʼn tree of twee voor hom. Die moeë spiere kry eensklaps weer krag en jy stap sommer ligvoets nader. Is daar regtig patryse? Is die hond reg? Jy sien dan niks nie! Is dit ʼn haas se reuk wat die hond gekry het? Jy beweeg versigtig nader, nou self
11
gespan soos ʼn snaar en jy bekyk daardie polletjie gras onder die hond se neus, maar jy sien net mooi niks nie. Bergpatryse is mos meesters van kamoeflering! Jy maak die haelgeweer toe, maar hou jou duim op die veiligheidsknip, want jy is steeds nie seker of daai pointer weet waarvan hy praat nie. Jy verwag iets gaan gebeur, en dan skielik bars pandemonium los, maar jy is steeds totaal onvoorbereid daarop, want ʼn halfdosyn blitsige geveerde vuurpyle ontplof met luide geskree en vlerkgeklap in alle rigtings. Jy het nie veel tyd nie, want binne sekondes sal hulle buite bereik van jou en jou haelgeweer wees. Jy gooi jou haelgeweer aan die skouer, druk die veiligheidsknip af, vind ʼn enkele voël in die swermpie, onthou waar jou jagmaats is, waar die honde is, swaai, hopelik ver genoeg voor en teen die regte hoek om die hael en die vinnig bewegende teiken bymekaar te bring en druk die sneller ........ wat natuurlik glad nie noodwendig beteken dat daar ʼn bol vere teen die blou lug sal verskyn en dat ʼn bergpatrys daaruit sal tuimel nie, maar as dit wel gebeur, dan voel jy of jy daardie berg sommer weer kan aandurf. Die honde storm af op waar die patrys geval het en as jy gelukkig is vind hulle hom vinnig, want as jy hom self moet kry, gaan jy hom heel moontlik miskyk. Daardie pragtige bont veredos maak hom bykans onsigbaar in die droë wintergras van die Malutis. Jy druk die geveerde bondeltjie in jou sak en vryf ou Wilbur wat so
Fred, Zingi, Wilbur, Daniel, David & Dawid Rossouw
12
DIE BONTEBOK
Ons knyp ‘n tydjie af om die pragtige natuurskoon te bewonder pragtig gewerk het se kop en vertel hom in ʼn soet stem watse briljante hond hy nou eintlik is. Dan merk jy op dat Fred al reeds weer aanstap, verder berg op, want Zingi is klaar op pad agter die res van die swermpie aan wat ʼn halwe kilometer verder geland het. Jy weet daar is nog drama wat wag en jy volg met nuwe energie... oor en oor tot jy laatmiddag begin wonder of jou bene jou lyf kan regop hou vir die volgende tree, wat nog te sê van terug tot by die kar waar dit sedert vroeg oggend agter drie berge iewers onder in ʼn diep kloof weggesteek staan! Dis nou as jou sin vir rigting in die kronkelende berge jou nie totaal in die steek gelaat het nie. Gelukkig weet Fred watter koers om in te slaan! Dit alles het ek geweet uit vorige ondervinding toe ons daardie oggend ons Soet Karoo Muskadel uit die silwer Prins Albert nagmaal glasies gedrink het en Saint Hubert se hulp gevra het vir ʼn voorspoedige jag. Natuurlik moes Daniel en David dit nog vir hulself uitvind, want dit was hulle eerste bergpatrysjag en hul eerste kennismaking met pointers. Geen verduideliking kon hulle heeltemal vir bergpatrysjag voorberei nie! Geen voorspelbare kleiduiwe wat vlieg as jy sê om te pull, geen stadige lomp tarentale in die koringlande, geen kransduiwe wat jy lank vooruit sien aankom en inwag, of eende wat by jou lokkers kom land, kon gehelp het nie! Daniel het gevra hoe mens weet wanneer die hond point, maar hoe verduidelik jy dit? Die beste waarmee ek vorendag kon kom was om te sê ”hy versteen, jy sal weet as jy dit
Zingi en Wilbur, Engelse Pointer honde
DIE BONTEBOK
sien”! Ten minste het ek geweet ek skiet saam met twee veilige jagters, want hulle is die laaste 5 jaar my beste jagpelle en ons ken mekaar se maniere. Dit was lekker om nie te wonder oor vreemdes in die geselskap nie en ek was bly ek het besluit om niemand anders saam te nooi nie. Die seuns het vinniger as ek die steiltes uit geklouter, maar hoe verder ons gevorder het, hoe beter het ek bygehou, stadige ou diesel wat ek is. Al drie van ons het saam by elke liewe point uitgekom. Vir my stadiger aanstap het ek opgemaak deur beter as die twee jonges te skiet. Natuurlik kan ek die jag tree vir tree en skoot vir skoot beskryf, maar dit sou iets magies net bederf, so ek hou streng by die hoogtepunte. Soos dikwels met bergpatryse jag, was die honde-werk iets om my aan te verwonder. Ou Wilbur was stadiger as Zingi en hy het meestal nader aan ons gewerk, so rofweg binne ʼn honderd meter. Fred het hom meer ruskans gegee, want hy is al bejaard, maar hy was dodelik skerp. ʼn Point van Wilbur was iets waarop jy geld kon verwed. Dit was waarskynlik Wilbur se laaste jag want hy is reeds tien en dis onwaarskynlik dat hy volgende jaar nog sal kan werk en ek kon sien Fred is al klaar half hartseer daaroor. Zingi het heelwat meer en verder gehardloop. Hy is voorheen het ʼn gps-nekband toegerus en het maklik 70 km in een dag afgelê. Dit lyk of hy nooit
13
sal moeg word nie en of sy energie en entoesiasme onuitputlik is. Zingi het egter ook nie foute gemaak nie, al moes Fred soms hard en van ver af met hom praat om “steady” te wees en nie die patryse op te jaag nie. Vir ʼn jong hond wat eintlik nog in opleiding is, het hy reeds pragtig gewerk. Tussen die twee het hulle mekaar mooi aangevul en omtrent ewe veel voëls vir ons gevind. David se eerste bergpatrys het sommer op die eerste dag hoog in die Naudes Nek Pas met die eerste point uit die eerste swermpie geval. Altevol het hy sy rekord van beginners luck volgehou. Daniel het, ook tipies van hom, langer gesukkel. Op dag twee het Daniel se eerste patrys egter van die mooiste point op die mooiste plek, hoog-hoog in die berge bokant die Rifle Spruit, gekom. Wilbur het ʼn enkele patrys gepoint teen die skuinstes en ons drie het nader gestap. Die point, die vlug van die voël, reg onder die hond se neus uit, die hoë skoot, die retrieve, alles was net mooi perfek reg. Fred het dit boonop ook nog op film vasgelê. Dit was sonder twyfel vir my die hoogtepunt van die jag! Saint Hubert maak natuurlik nie altyd die jag maklik as jy in sy guns is nie, hy maak dit soms moeilik ......... en ek dink hy doen dit aspris met mense wat bergpatryse jag ...... juis om dit vir hulle spesiaal te maak!
Dis vinnig mik en raak skiet want daar is nie tyd vir rondstaan nie, want dan is dit te laat
14
DIE BONTEBOK
ETIKET - ETIEK - VIR JAGTERS Deur : JOKL LE ROUX Deel 1
W
aar verantwoordelike jagters bymekaar kom gesels hulle dikwels onder mekaar dat sekere optredes nie “eties aanvaarbaar“ is nie, of dat iemand “oneties” in die jagveld opgetree het. Die algemene persepsie van die woord “etiek” onder jagters is dat dit nie wetlik afdwingbaar is nie, en dat dit die “ongeskrewe gedragsreëls” vir een of ander aktiwiteit is. Ons is ook grootgemaak met sekere voorgeskrewe gedragsvorme, byvoorbeeld hoe om aan tafel op te tree (tafel etiket), of etiket m.b.t. beleefdheidsuitdrukking teenoor dames/ouer persone ensovoorts. So, wat is die verskil tussen “etiek” en “etiket”? Die Verklarende Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (HAT) gee die volgende tersaaklike verklarings vir die figuurlike betekenis van die woord “etiket”: “Oorgelewerde beleefdheidsvorme; voorgeskrewe gedragsvorme; welwillendheidsreëls.” “Etiek” aan die ander hand, is volgens die HAT “Die wetenskap van die sedelike norme of wette”, terwyl “eties” o.a. sê “betreffende die sedewette”, asook “In ooreenstemming met die standaarde, reëls van ‘n beroep”. Oor “sede” sê die HAT “gewoonte, gebruik, gedrag wat onder ‘n bepaalde groep as goed en normaal beskou word”. Dit kom dus daarop neer dat “etiek” gekoppel is aan sedewette (wat myns insiens afdwingbaar is), en dat dit normaalweg binne ‘n beroepsverband toepaslik is, terwyl “etiket” saamgaan met beleefdheidsvorme of voorgeskrewe gedragsvorme. Ontspanningsjagters wie dus nie hul kultuuraktiwiteit van jag as beroep beoefen nie, behoort dus liewer van jag-etiket te praat, terwyl beroepsjagters jag-etiek as afdwingbare reëls van hulle beroep behoort te beskou. Ter illustrasie: ‘n Mediese dokter wie inligting oor ‘n pasiënt se gesondheidstoestand uitlek, of ‘n ouditeur wie sy kliënt se finansiële vermoëns- of probleme rugbaar maak, het dalk niks onwettig gedoen nie, maar kan voor hul onderskeie Professionele Rade gedaag en gevonnis word vir oortreding van daardie onderskeidelike beroepe se etiese gedragskodes. ‘n Man wat nie respek aan ‘n dame betoon nie, kan dalk onder die skoner geslag ‘n reputasie as “buffel” opbou, maar daar sal geen teregstaning kan wees nie. Sover ek weet, bestaan daar nog nie vir die beroepsjagter so ‘n amptelike lys van afdwingbare reëls nie, en word daar dikwels onder hulle gepraat van “Wat vir jou oneties is, is nie noodwendig vir my oneties nie.”, veral as daar dalk ‘n vinger in iemand se rigting gewys word. In hierdie artikel gaan ek konsentreer op etiket vir jagters, spesifiek vir die ontspanningsjagter (Ek hou nie van die woord “amateur jagter” nie, aangesien dit ‘n konnotasie het van ‘n jagter wat nie rêrig weet wat hy/sy doen nie. Daar is na my mening baie ontspanningsjagters wat, in die geheel gesien, baie beter jagters is as baie sogenaamde
professionele jagters. Ek gaan geensins poog om ‘n lys van reëls op te stel nie, maar om slegs riglyne en wenke vir algemene optrede in die jagveld te gee. Uit die aard van die saak gaan baie van hierdie riglyne net so toepaslik vir die beroepsjagters wees, maar ek laat dit aan hulle oor om te besluit watter hiervan hulle eendag amptelik in hul afdwingbare lys van reëls wil opneem. Ek besef dat hierdie riglyne nie noodwendig volledig is nie, maar dit slegs daardie uit my eie ondervindingsraamwerk is wat ek as belangrik beskou. Optrede t.o.v. owerheidswette, -ordonansies, proklamasies of -beleid Dis jou plig as jagter om te verseker dat jy altyd binne die Wet optree. Op “Toe plase”, m.a.w. plase wat ‘n Voldoende Omheiningsertifikaat het, of soos dit in die ou Transvaalprovinsies genoem word “Vrygestelde plase”, is daar baie minder wetlike moets en moenies. Die grondeienaar is hier die baas, en mag jou toelaat om enige hoeveelheid van enige spesie gelys op sy Vrystellingsertifikaat (L.W. geen voëls sal bv. gelys word nie, aangesien hul beweging nie deur heinings beheer kan word nie) te jag, selfs by ‘n watergat of selfs ‘n koedoekoei wat nog ‘n jong, afhanklike kalf by haar het. Behalwe vir die gebruik van vuur of gif as “jagmetodes”, mag jy wetlik omtrent enigiets doen, en dis veral hier waar die jagter se eie gewete ‘n groter rol moet speel as op die sogenaamde “Oop plase” wat deur Ordonnansies en Proklamasies gereguleer word. Selfs al dui die grondeienaar van ‘n wildwerend omheinde eiendom aan dat hy ‘n Vrystellingsertifikaat het, is dit jou plig om na te gaan of dit nog geldig is. Dit behoort elke drie jaar hernu te word, en nie alle grondeienaars doen dit noodwendig nie. Moenie op die grondeienaar staatmaak om jou hieroor in te lig nie. Jy is die een wat uiteindelik die besluit gaan neem om die sneller te druk, en as jy daardie koedoe buite die jagseisoen gaan skiet, of twee bosbokramme op dieselfde dag skiet terwyl die geproklameerde daaglikse jagbuit net een per dag stipuleer, is jy die een wat aan die pen kan ry. Die grondeienaar is dikwels nie op hoogte van sake t.o.v. jagwetsaspekte nie, veral as wild vir hom maar net ‘n bysaak is in sy boerdery aktiwiteit. Vir hom kan twee koedoebulle wat jy op een dag skiet ook meer kontant in die sak beteken vir dieselfde hoeveelheid moeite van sy en sy werksmense se kant af, en is hy dikwels bereid om wetsoortredings maar “mis te kyk”. As die eienaar van ‘n oop plaas dalk ná die dag se jag, waarin daar na sy mening nie genoeg bokke geval het nie, die voorstel maak dat julle ”gou met die spotlight ‘n draaitjie gaan ry om die koedoes wat alweer die lusernlande verniel, uit te sorteer ”, mag jy dit beleefd maar ferm van die hand wys. Dis nie net onwettig om snags wild te skiet nie, maar dit het ook niks met jag uit te waai nie aangesien die dier gewoonlik nie ‘n billike wegkomkans het nie. Jy kan ook
DIE BONTEBOK
maar aanvaar dat daardie lusernland eintlik maar net vir een doel daar gevestig is! Vergewis jouself dus vooraf deeglik van die jagwette wat op jou jag in ‘n bepaalde gebied betrekking mag hê. Bestudering van die jaarlikse Jag Proklamasie wat deur die betrokke Provinsiale Natuurbewaringsowerheid in die provinsie waar jy gaan jag uitgereik word, is gewoonlik al wat benodig word om jou op hoogte te bring. Geldige vuurwapenlisensies, jaglisensies, jagtoestemmingsbriewe, spesiale permitte vir spesies wat nie op die jaarlikse Jag Proklamasie verskyn nie, permitte om vleis te vervoer ensovoorts vorm deel van jou wetlike verpligtinge, en moet aan jou persoon gedra word terwyl jy die aktiwiteit beoefen. Optrede teenoor die grondeienaar Al het jy en jou groep ‘n jagplaas vir ‘n periode bespreek en daarvoor betaal, maak dit nie van jou die eienaar van die plaas nie. Jy het slegs betaal vir die voorreg om daar te mag jag, en die ondersteunende dienste wat daarmee saamgaan. Die eienaar se woord bly nog steeds wet, behalwe natuurlik as dit strydig met die Wet is. Kom vooraf ooreen oor pryse vir wild, akkommodasie, personeel, ensovoorts, en probeer om dit op skrif te kry. Moenie tydens of ná die jag begin kibbel oor pryse nie! As die eienaar jou uit eie wil ‘n afslag wil gee omdat jy hom ‘n guns gedoen het deur bv. ‘n gekweste dier van ‘n vorige jaggroep van kant te maak, hom laat weet het dat sy stoetbul in ‘n put geval het, of omdat hy ‘n “liking“ in jou gevang het, aanvaar dit met dank, maar moenie skimp vir afslag nie! Probeer ook maar uitvind hoe die eienaar betaling sal verkies. Partymaal kan hulle kontant baie goed gebruik om bv. hul werkers te betaal en hulle nie dorp toe hoef te gaan om kontant te trek nie. Jy is natuurlik altyd daarop geregtig om ‘n kwitansie te versoek, veral as BTW op jou uitgawes gehef word. Hou net in gedagte dat nie alle grondeienaars vir BTW geregistreer is nie. Stiptelikheid vorm ‘n integrale deel van etiket, so ook van jag-etiket. As jy met jou gasheer vir die jag-naweek ooreengekom het om teen 10:00 die Vrydagoggend daar op te daag, moenie eers 12 uur daar aankom omdat julle op pad eers by ‘n watergat “vasgehaak” het nie! Hy het waarskynlik sy daaglikse aktiwiteite só gereël dat hy jou groep om 10 uur kan ontvang en julle aan die jag kan kry, en dan kom mors jy sy kosbare tyd! As iets onvoorsiens gebeur wat jou aankoms gaan vertraag, doen alles in jou vermoë om hom te laat weet. Dieselfde geld natuurlik ook vir jou gasheer. Hy behoort nie tydens jou jagtyd, waarvoor jy betaal het, tyd te mors deur eers ‘n trekker reg te maak of ‘n windpomp se pype uit te trek voor hy julle veld toe vat nie. Jagters moenie “gekuier” op ‘n jagplaas aankom nie! Alhoewel dit maar al te dikwels gebeur, veral onder die brandewynjagbrigade, skep dit nie net ‘n uiters swak indruk by die gasheer en sy gade of personeel nie, maar ook in die publiek waar almal wat hulle by die vulstasie of die Wimpy te siene kry, dadelik aan hul camo-klere en jagbakkies sal opmerk dat hulle jagters is, en van hulle optrede sal aflei dat hulle al van voor sonop af kuier om in die “gees”
15
te kom. Dis sulke jagters wat aan jag ‘n skewe persepsie daarvan by die publiek gee. As mens passievol is oor jou tydverdryf/ontspanningsaktiwiteit gaan mens mos nie onder die invloed aanmeld om deel te neem aan ‘n rugbyof tenniswedstryd nie, wat nog te sê van deelname aan ‘n aktiwiteit waar mens ‘n dodelike wapen in die hande het waar ander mense ook teenwoordig mag wees, gesonde oordeel moet hê, vernuf (veld, bekruip en skiet) aan die dag moet kan lê en ‘n rasionele besluit moet kan neem oor lewe of dood. Die grondeienaar is heeltemal geregtig daarop om daarop aan te dring dat jy moet bewys dat jou geweer op skoot is, of dat jy goed genoeg kan skiet om tussen sy diere op sy grond losgelaat te word. Dis ook sy goeie reg om te weier dat jy jag, as hy bv. van mening is dat jou skietstandaard nie na wense is nie. Arriveer by die jagplek met jou teleskoop reeds ingestel vir die afstand waarby jy gemaklik is. Moenie die grondeienaar en jou mede-jagters se tyd mors deur jou teleskoop vir die eerste keer in die jagseisoen van nuuts af in te stel omdat jy dalk twee seisoene gelede laas met jou geweer geskiet het nie, onlangs ‘n nuwe teleskoop laat monteer het of met ‘n totaal nuwe lading as waarmee jou geweer/teleskoop laas ingestel was, te kom jag nie. Gekweste bokke moet so spoedig moontlik aangemeld word. Die algemene beleid oor kwes-bokke wat weggekom het, is dat die jagter wat verantwoordelik daarvoor was, die normale prys vir die bok betaal. Dis heeltemal reg aangesien die grondeienaar die verlies lei, dikwels a.g.v. die jagter se oorhaastige of onverantwoordelike optrede. Die bewys van ‘n kwes-bok is gewoonlik bewese bloed of liggaamsvloeistof op die grond, maar daar is ook grondeienaars wat die gids se woord van ‘n kwes-bok as wet aanvaar. Dis soms ietwat onregverdig, want ‘n skoot wat partymaal “vas” klink, kan deur ‘n grondwal of iets anders wat deur die koeël getref word, veroorsaak word. Verseker voor jy veld toe gaan wat die beleid is, en as julle daaroor ooreengekom het, moenie kibbel as jy skuldig is nie. Haal maar uit en wys! In die volgende bydrae tot die reeks word die gedeelte oor optrede teenoor die grondeienaar voltooi, en gaan ons voort met optrede teenoor die personeel en mede-jagters. Probeer om enige vorm van kompetisie in die jagveld te vermy. Ons mans het maar almal ‘n kompeterende streep, en kan dalk net onverantwoordelike skote neem om met daardie groothoring/groot-lyf bok, of daai 380 meter skoot in die kamp te kom spog. Vermy enige oordadige gespot met mede- jagters wat dalk ‘n minder goeie dag in die veld gehad het, of ‘n slegte ondervinding soos die kwes van ‘n bok gehad het. Onthou, môre is dit dalk jou beurt! As dit kom by minder ervare jagters in jou groep, probeer altyd om hulle van goeie raad te bedien en jou kennis van jag aan hulle oor te dra, AS HULLE DAARVOOR VRA! Ongevraagde raad is dikwels irriterend. In die volgende bydrae word die deel oor optrede teenoor mede-jagters voltooi, en gaan ons voort met optrede teenoor lede van die publiek en optrede t.o.v. die omgewing.
16
DIE BONTEBOK
OU UITKIES KOEDOEBUL
E
k en my pa het ooreengekom om weer vanjaar selektief te wees wanneer dit by die koedoes kom. Hulle getalle hier in die noorde van Namibië was nog glad nie wat dit was voor die uitbreek van erge hondsdolheid so twee jaar gelede wat hulle op ‘n streep laat vrek het nie. ‘n Vriend van ons het vertel hoe ‘n besmette koedoebul vroëer die jaar helder oor dag oor die plaaswerf kom loop het, heel deurmekaar, ‘n treurige gesig. Die manne het hom net daar van kant gemaak en die karkas verbrand. Die ander ou koedoebulle se horings tel jy maar so plek-plek op in die veld. Nie te min, ons het in elk geval met die Sondagmiddag-rekkie genoeg rooihartbeeste en gemsbokke gesien hier op Agagia om ons die hele week besig te hou. Aan die einde van die eerste dag se jag, laat die middag, kom ons deur die hek van ‘n kamp, so vier poste weg van die huis af aan die suidelike deel van die plaas by ‘n pos verby gery. Hierdie laaste uur of wat van die dag is tog in baie opsigte die lekkerste jagtyd, net jammer dis so kort. Soms voel dit vir my die laat-middag-son is soos ‘n perd wat omgedraai het huis se kant toe. As hy eers weet sy werk is klaar vir die dag moet jy net vashou of hy hol
Deur: Schalk vd Merwe
onder jou uit. Soos dinge begin afkoel en die diere begin rondloop sien jy gewoonlik in die laaste uur of twee van die dag meer wild as wat jy die hele middag teëgekom het. Ek en Pa sien op dieselfde oomblik die reuse ou koedoebul. Hy was besig om van ons af weg te loop, so honderd en vyftig meter skuins links anderkant die sement dam. As ons twintig minute vroeër hier aangekom het het ons hom vang drink. Dit was ‘n os van ‘n koedoebul. Hy het met moeite gestap, sy kop, net hoër as sy skouers, het swaar gedra onder die gewig van sy enorme stel horings. Hy was blou-vaal. Sy nek een vleis-massa en het so ‘n bult gevorm met knoppe onder die ore, een van daardie blou-nek bulle. Ons het vir Tottie beduie en hy het gou gemaak met die hek. Petrus het om die dam gery en ons kon die bul mooi deur die teleskope sit en bewonder soos hy weggestap en tussen die kameeldorings en swarthake verdwyn het. Niemand het ‘n woord gesê nie. Ek, Pa, Petrus en Tottie het vir ‘n hele paar oomblikke nadat hy verdwyn het agter die ou bul aangestaar, na die plek in die ruigtes wat gelyk het asof dit die ou bul ingesluk het. Daardie was nou die tipe bul wat ons maar kan skiet, het Pa die stilte gebreek. Nog ‘n droë jaar soos laasjaar sal hom knou. Ons het egter besluit om hom te laat gaan. Ons is
DIE BONTEBOK maar sentimentele jagters en om een of ander rede het dit vir ons gevoel of dit op hierdie oomblik nie sy tyd was nie. Ons dag was om en ons lig was besig om ons in die steek te laat. Ek het al my les geleer met kanse waag in daardie laaste vyftien minute of so na sononder. Maak dan ‘n fout is daar nie kans vir opvolg nie. Die versoeking was groot, maar soms moet jy maar eenvoudig die besluit neem en jou oordeel vertrou. So ons het vir Petrus gesê om nou te ry voor ons van plan verander en dinge hier aanvang wat ons later oor spyt gaan wees. Hierdie was een van daardie bokke, een wat jy eenvoudig moet hê. Uit ervaring weet ek al dat ek makliker desperaat raak en kanse vat op daardie bokke wat ek moet hê en gevolglik simpel foute maak, veral as jy uit tyd uit is en dit begin donker raak. Nee wat, môre is nog ‘n dag en al is die kanse goed ons sien hom nooit weer nie, dan is dit ook maar so. Ons was ver van die huis af en dit was diep donker toe ons by die huis aankom. Op pad huis toe het niemand te veel gesê gehad nie. Ons almal het aan dieselfde ding sit en dink. So ‘n beeld, soos die een van die ou bul, bly mos by ‘n man. Dit het goed gegaan met ons vroëer die dag in die oggendskof en die manne was net klaar geslag toe ons vanmiddag se drie gemsbokke, ‘n rooihartbees en drie varke aflaai. ‘n Paar roepe het oor die plaaswerf weergalm en dit was nie lank nie en die slagpale was weer ‘n byenes. Oom Hendrik met sy mak meerkat het om die skuur se hoek na ons toe geloop gekom. Hy gebruik die geleentheide wat die manne so bymekaar is om te hoor hoe lyk dit by die poste en om
17
instruksies vir die volgende dag uit te deel. Die meerkat gebruik weer die geleentheid om sy dominansie oor al wat ‘n plaashond is af te druk. Wanneer dit by slag kom is die reël, as ‘n man slag kan hy deel in die afval. So het ons gewoonlik ‘n span manne wat slag tot laat elke aand. Ek probeer gewoonlik help, maar wanneer ek moet vergelyk met die manne se slag vaardighede is dit vinnig duidelik dat ek in die pad is. Dis soos om te probeer vergelyk met die vroue wat die snoekbote staan en inwag op die kaaie aan die Weskus. Dit neem my amper tien minute om ‘n snoek te vlek. Jy sukkel om die vroue se hande dop te hou en vyftien sekondes later lê die snoek gevlek. Nee wat, ek spuit maar die bakkie af, kyk saam met Pa hoe lyk die toestand van die wild en geniet die stories van die manne, al praat hulle soms in ander tale. Ons het goed gevaar die volgende paar dae en het nie te veel probleme gehad om die rooihartebeeste en gemsbokke op te spoor nie. Vanjaar het ons gereeld jagluiperds raakgeloop. Ons het in drie dae maklik vyftien van die katte gesien. Behalwe vir die jagluiperds sal ek 2011 onthou as die jaar van die groot koue hier in die noorde. Nadat ons vroeg die week ongewoon twee maal swart mambas oop en bloot met sononder teen miershope sien lê het, het ons vermoed daar is iets anders in die lug vanjaar. In die dae wat gevolg het was alles soggens toegeryp. Ons het een middag na twaalf yslae ten minste vyf millimeter dik op die water in die krippe by die poste gekraak. Die ou diesel bakkie was natuurlik soggens baie huiwerig. Ons het hom met
18
DIE BONTEBOK
groot moeite, kookwater oor die nodige pype en parte, gestoot om hom gerook aan die gang te kry. Pa se koffie en broodjies wat hy elke oggend getrou ingepak het, het na die eerste uur of twee in die veld vir ons kans gegee om te ontdooi. Ek het elke oggend duim vasgehou daar val vroeg ‘n ding sodat ons kan stop en die koffie uithaal. Donderdag middag, so na drie, was ons weer teen die suidgrens van Agagia. Ons het ‘n stil oggend gehad, maar het nogtans lekker gejag. In die tye wat ek en Pa saam op die bakkie was het ons gekuier en gesels. Oor die middag het ek weer ingeklim onder die varke by ‘n pos terwyl Pa hulle by die huis gaan draai het. Ons het weggedraai van die grens af na die tweede dam suid van Swartdam af, na die pos genaamd Sagaria. Ons het stadig na die pos toe aangery gekom, almal in ‘n baie onstpanne luim. Die brein vat gewoonlik ‘n oomblik of twee om te registreer wat die oë sien. Anderkant die draad het ‘n yslike stel koedoe-horings in ‘n gaping in die ruig swarthaak bos geblink. In die namiddag lig was sy lyf grys-dof teen die agtergrond, maar toe ek sy liggaam uitmaak kon ek sien hy loop rustig weg van ons af. “Dis hy!”, het Pa in ‘n fluister-stem geskree. Ons is gou deur die hek en het sommer vir Tottie weggery by die hek oor hy te lank vat. Ons het stadig langs die draad af gery, maar niks gesien nie. Ek het op die bakkie se dak geklop en vir Petrus beduie ek gaan afklim. Die bul was rustig en ek glo ek het ‘n kans gestaan te voet. Wild is in elk geval die tyd van die dag lekker lui na die ergste hitte van die middag gebreek het. Die feit dat hy alleen was, was ook in my guns. Daar is net een stel oë en ore om te vermy en ou alleen koedoe-bulle juis veel meer huiwerig om aan die hardloop te raak as die wat saam met koeie loop. Ek is deur die draad in die rigting wat ek hom laas gesien het, 30-06 in my linkerhand, my ou leer hoed hoog agteroor oor my kop geskuif. Die ding is gewoonlik so in my pad as ek loop en bekruip, maar moenie eers probeer om dit in die kar los nie. Kort voor lank loop jy die hele middag agter ‘n ding aan sonder ‘n hoed op jou kop, ‘n fout wat jy nie onder die Afrika-son wil maak nie. Ek het baie versigtig geloop, so van een opening na die volgende. Elke keer tot waar ek gereken het ek darem meer as tien meter voor my deur die swarthaak sal kan sien. Jy voel later soos ‘n meerkat, regop, gebukkend, nek uit, nek in, dit terwyl jy die koedoe soek en terselfdertyd die doringtakke probeer vermy. Waar is hy…? Ek het gewerk na ‘n miershoop wat tussen die swarthaak uitgetoorn het en stadig teen sy basis
opgeloop. My hart het in my keel gaan sit toe ‘n trop verdomde tarentale voor my die stilte breek sonder skaamte. Dit het vir ‘n oomblik soos ‘n sub-A klas gedurende pouse geklink. Dit was ‘n geklap van vlerke en ‘n gekekkel soos hulle opgefladder het net om twintig meter verder met ‘n galloppie te gaan sit en dan eers te begin skree. Wel, het ek by myself gedink, as die bul nie van my geweet het nie, weet hy nou van my. Ek sou egter net tevrede kon terugdraai bakkie toe as ek die bul sien weghardloop het en het besluit om voort te gaan asof ‘n tarentaal nooit deel was van hierdie storie nie. Ek het so paar oomblikke by die miershoop bly staan, net sodat alles weer kon stil word en die stof wat die tarrentale opgeskop het kon gaan lê en het meedoënloos begin aanbeweeg. Weer het ek elke gaping tussen die dorings deur gefynkam, elke verdagte takkie “gedouble check”. Seker vyftig meter verder was ek seker ek het ‘n stel koedoehorings deur die swarthaak sien beweeg. Enkele tree verder was ek baie gelukkig om ‘n gaping deur die ruigte te hê. Dit was so asof die swarthake soos die Rooi See voor my oopgegaan het en die bul het saam met my in die opening ingeloop. Ek het net daar gaan sit en met my elmboë gestut op my knieë aangelê. Hy was nie verder as veertig meter van my af nie. Dit was sowaar die groot ou bul, het ek by myself gedink. Hy het kop omlaag weg van my af geloop, van links na regs skuins deur die opening. Ek was nie van plan om hom in die stap te skiet nie. Hier in die swarthaak ruigte wou ek seker maak van my skoot. Ek het hom deur die teleskoop sit en dophou en toe ek reg is hom geroep. Die bul het gaan staan, sy kop op en om geruk en reguit na my staan en kyk, duidelik verras. Soos die geluk dit wou hê gaan staan hy toe natuurlik met sy kop agter ‘n dikkerige takkie, so ‘n wegspring stukkie bas halfpad tussen my en die bul. Dan is dit agter die blad en ek het die kruisie geskuif. Met die skoot agter die blad was ek ook nie honderd persent gemaklik nie, veral nie toe ek sien hoe bondel die dik velle om sy middellyf nie. Hy het nie plankdwars van my af gestaan nie. Die sy wat na my toe gewys het was erg inmekaar gedruk. Oor hy so skuins van my af geloop en toe omgekyk het kon ek myself verbeel hoe ‘n skoot reg agter sy blad gemik reguit deur die been aan die anderkant sou trek. Ek besluit toe om my skoot so klein bietjie agtertoe op sy blad te vat en het die sneller afgedruk, versigtig om eerder laer as te hoog teen sy, sy te skiet. Die bul het weggeswaai, met verstommende gemak deur ‘n opening in die swarthaakruigte voor hom gespring en verdwyn. My eie wegtrek het goed vergelyk met die van syne. Ek het sommer daar waar hy
HUNT • FISH • FARM • FORAGE • SPEARFISH
ETHICAL, SUSTAINABLE & ORGANIC
ADVENTURE LIFESTYLE
COOKING CHANNEL
‘‘meeste mense
dink kos kom van die supermark AF
‘‘
ek is nie een van hulle nie!
Teken in op op ons ons YOUT YOUT
& & SOSIALE SOSIALE MEDIA-KANALE MEDIA-KANALE & & STAAN WE STAAN ’N ’N KANS KANS OM OM ELKE ELKE MAAND MAAND ’N ’N SPLINTERNU SPLINTERNUWE MOSSBERG-GEWEER MOSSBERG-GEWEER TE TE WEN! (B’s & V’s geld)
Cal 30 - 06
BEGIN nou JOU EIE CATCH COOK-VIDEO’S maak
CATCHCOOK.COM
20
DIE BONTEBOK
Tottie, ek en Petrus by een van die ou rooihartebeesbulle van die week. weggespring het bloed gekry, daardie lig-rooi tipe met die borrels, die wat getuig van ‘n longskoot. Ek het so entjie gedraf in die rigting wat die koedoebul in verdwyn het en gou my fout besef. Ek het teruggegaan en die plek waar hy gestaan het gemerk deur ‘n stuk bas hoog skuins deur die naaste swarthaak te steek. As ek dit nie nou doen nie lyk alles netnou weer dieselfde en as ek weer die bloedspoor moet kom kry weet ek nie waar hy gestaan het nie. Pa hulle het intussen die skoot gehoor en oor die radio navrae gedoen. Op my aanbeveling het hulle gou om die kamp gery na die volgende lyndraad toe. Hulle het na ‘n rukkie teruggekom, oortuig dat as die bul lewendig was en gehardloop het in daardie rigting hy binne ‘n minuut of twee in elk geval daar oor was en al ver deur die volgende kamp. Hy moes eenvoudig hier naby wees waar ek hom geskiet het. Ek het vir Pa-hulle beduie waar om die spoor te vat en hy en Petrus was vinnig aan die werk. Met hulle op die spoor het ek die kans gevat om bietjie vooruit te draf. Soos die minute verby getik het en ek hom nie kon kry nie het die twyfel begin spook. Was my skootplasing reg? Het hy te skuins gestaan? Moes ek nie maar gemik het êrens hoog teen sy nek nie? Die bloed het
bevestig dat hy raakgeskiet is en die tipe bloed wat ek gekry het is bewys van ‘n doodskoot. Verloor wou ek hom nie. Twee maal het ek teruggekom na die plek waar hy gestaan het. ‘n Mengsel van moedeloosheid en desperaatheid het in my binneste begin maal. Om ‘n bok te verloor is maar ‘n ding wat die mees sorgvuldigste jagter een of ander tyd oorkom, maar ek was eerder bereid om die nag op die koedoe se bloedspoor te slaap as om vanaand by die slagpale vir Oom Hendrik te sê daar loop ‘n kwes-ding in sy veld. Stemme het oor die radio gekraak en Pa het my geroep. Die bul het gelê nie honderd meter vanwaar ek hom geskiet het nie. Ek kon nie vinnig genoeg by die plek uitkom nie. Met die impak van die skoot het die koedoebul weggespring, reg weg van my af. So sestig meter verder het hy skerp links weggeswink en nie ver daarvandaan nie neergploeg. Van ‘n afstand af kon ek by Pa se voete ‘n horing uit die gras sien draai. Petrus was al weg om die bakkie te gaan haal. Hierdie koedoe jag het harde werk gekos maar dit was in die einde beslis die moeite werd. Om in Namibia te jag is altyd vir my ‘n avontuur.
22
DIE BONTEBOK
KAAPJAG FOTOGALLER Y
Kompetisie Wenner SYLVIA VISSER WATERBOK BY OTTERSKLOOF, PHILIPPOLIS - MUSGRAVE .308WIN
WWW.ELSFINELEATHER.CO.ZA ORDERS@ELSFINELEATHER.CO.ZA CONTACT US: +27 21 887 8063
HANDMADE HUNTING ACCESSORIES - MADE TO LAST A LIFETIME Send your hunting photos to francois@salocums.com and stand a chance to win leather goods from Els & Co to the value of R2500. Sponsored by Els & Co - T’s & C’s apply
DIE BONTEBOK
MATT RELIHA N - ROOIB OK GEJAG OP PLAAS SCHEID ING, MOOK ETSI-D ISTRIK, LIMPO PO - FN -
8 X 60S
HANS LIZEM ORE - SWART WILD EBEES - 140G R NOSS LER ACCU BOND PUNT E WATE RVAL JAGP LAAS, KIMB ERLE Y, TIKKA .270 WIN MAG
23
24
DIE BONTEBOK
DEWA LD VISSER - ROOIB OK LEPELA LE DISTR IK GEJAG MET MUSG RAVE .308W IN
BEN BEST ER - BLOU WILD EBEES R NABY BEDF ORD IN DIE OOS KAAP GEJAG MET .270 RUGE
DIE BONTEBOK
KAAPJAG F OTOGALLERY
LIM POP O DAW IE COE TZE R- MAT LABAS LOD GE, 375H&H MET 230GR PER EGR INE PUN TE
VIN ITA KROO N - BA ST ER GE MS BO K 6.5 CR EE DM OO R - HO RN ADY PU NT
Okahandja, Nambia schalk van der merwe - Koedoe gr Nosler Partition punt 30-06 Winchester Model 70 met 165
25
26
DIE BONTEBOK
MANF RED VAN HEERD EN - BUFFE L SAKO .375, 300GR H&H PMP PATRO NE GEJAG IN DIE OOS KAAP
JOHN WILL IAM RELIH AN - SPRIN GBOK GEJAG OP WATE RKLO OF, ABER DEEN MET .243 TIKKA
27
HENK KRUGE R - KOEDO E GEJAG ZONDAGSRIV IER - PEARSTON - TIKKA 300 WSM
HEI N HA NEKOM - SPR ING BO K Te OO - 6XC WIT H SIE RRA 85G R HPB KLA ARSTRO OM DISTRI K, KLE IN KAR
28
DIE BONTEBOK
PAUL VON STEIN - ELAND - SWAR BERGR ESERVAAT - OUDTS HOOR N GEWE ER: PAC NOIR .375 H&H MET PEREG RINE 230GR PUNTE
SCHA LK WILL EM VAN DER MERW E - ZEBR A 180G R NOSL ER ACCU BOND KAOKOLAN D - NAM IBIA - 300 H&H MAG NUM PUNT -
One Dependable Choice.
The DGX® Bonded (Dangerous Game™ eXpanding) bullet features a copper-clad steel jacket bonded to a lead core.
Product Features THICKER JACKET The thicker 2,5mm copper-clad steel jacket sets it apart from other dangerous game bullets, allowing it to tear through tough material. CONTROLLED EXPANSION A flat nose with serrated sections delivers a uniform expansion and straight penetration, reducing possible deflections. BONDED JACKET & CORE The bonding process locks the jacket and lead core together, improving the retained weight of the expanded bullet.
Available at all participating dealers. Contact Inyathi to locate your nearest dealer. Distributed by
Tel: 012 808 9911 ● info@inyathi.net Terms & conditions apply. E&OE. While stocks last.
30
DIE BONTEBOK
VELDSKIET
DEUR ANDRE VOLSCHENK
D
ie Suid Afrikaanse Jaggeweer Skietvereniging of meer bekend as “Veldskiet”is bekend as die maatstaf waarteen jaggesimuleerde sportskuts in Suid-Afrika gemeet word. In die woorde van een van ons skuts, “Die meeste pret wat jy kan hê met jou klere aan” Die sport het sy ontstaan in die Vrystaat onder leiding van Willem Botha in die 1990`s gehad en het sedertdien gegroei met skuts regdeur die land wat meeding om die gesogte Protea wapen te kan dra. Vir die leek kan die sport amper intimiderend wees, maar `n steil leerkurwe volg na jou eerste paar skiete en as die gogga eers gebyt het is daar niks lekkerder as om jou vorige telling te verbeter nie. Tydens my paar jaar se ondervinding sien ek daagliks hoe mense van die skietbanke afklim waar hulle tot vervelens toe en met groot koste groeperings najaag wat jou eintlik niks van akkurate skiet leer nie. Veldskiet pas uitstekend in as opleidingsgeleentheid vir die jagter en leer jou om met selfvertroue en
onder druk akkurate skote in die jagveld te kan skiet. Die basiese beginsels van die sport is om sonder elektroniese hulpmiddels te leer om die kondisies wat op die oomblik beskikbaar is te gebruik om `n akkurate skoot af te vuur in `n beperkte tydgleuf. Tipies soos ons in die jagveld sal ervaar waar die bok jou dalk nie tyd gee om jou afstandmeter te gebruik en dooierus vanaf `n skietbank in te neem om die skoot af te vuur nie. Die skut leer die trajek en windskuif van sy geweer en ammunisiekombinasie ken en moet in ‘n oomblik `n besluit neem wat om te doen in die heersende kondisies. Hoewel relatiewe akkurate gewere wat nie te veel terugskop het nie meer kompeterend sal wees, ding elke skut teen homself mee en neem dan die besluit om sy toerusting op te gradeer wanneer die tyd reg is. In die interim leer die skut hoe om sy bestaande toerusting optimaal te gebruik. Ons vereniging is geregistreer by die Suid Afrikaanse sportskiet raad en
provinsiale en nasionale kleure word offisieel toegeken aan ons skuts. In Kaapjag se gebied, is daar in 2019 reeds 3 ope kompetisies gehou in Kaapstad, Wynland en Weskus met `n moontlike 4de skiet in die toekoms. Daar word ook `n kompetisie in Eden distrik, deel van die Weskaap distrik gehou. Die sportskut kan dus sonder groot vervoerkostes die ranglys haal om aan die SA ope deel te neem vir die groot prys. Op streeksvlak word kleure toegeken aan mans, dames en juniors en daar vind ook in ons streek jaarliks `n intervereniging kompetisie plaas tussen Kaapstad, Wynland en Eden. Hierdie kompetisie se wenners word met die laaste skiet van die jaar bekend gemaak en die kompetisie is heerlik straf tussen die spanne. Die skut se beste 3 tellings by ope kompetisies word gebruik om sy gemiddelde telling te bepaal. Die top 50 skuts kan dan meeding by die SA ope wat oor 2 dae strek. Dag 1 word daar 2 bane geskiet by die top 50 kompetisie en die 2 de dag vind die
32
DIE BONTEBOK
SA ope plaas. Die gekombineerde tellings van die jaargemiddeld, top 50 en SA ope bepaal die finale ranglys waaruit die eerste 6 skuts die gesogte Protea kleure behaal om internasionaal mee te ding. Dames en Juniors ding ook onder dieselfde kondisies mee en dieselfde reëls geld. Elke 2de jaar vind daar `n internasionale kompetise plaas onder die vaandel van die Internasionale jaggeweer skietvereniging en lidlande ding dan teen mekaar mee. Ons lidlande huidiglik is Suid-Afrika, Namibië, Tjeggiese republiek, Denemarke, Swede en Australië. Kaapjag bied ook op takvlak van
hierdie gewilde kompetisies aan met Ceres, Wynland, Namakwa en Sentraal-tak wat baie goeie oefening bied vir ons plaaslike skuts. Hierdie kompetisies, wat plaasvind onder SAJSV reëls bied ook aan die skut punte vir bydrae tot sy toegewyde sportskutstatus onder SAJSV. Daar is nou ook `n 223 klas gestig waar kleiner, nader teikens gebruik word. Hier moet met standaard .223 gewere deelgeneem word met beperkings op die gewig van die geweer en teleskoopvergroting. Die eerste skiet in die Weskaap het reeds plaasgevind en sal verder uitbrei in 2020. Hier-
die formaat van skiet is ligter op die sak, sonder om enigsins maklik te wees. Daar is vanjaar vir die 2de keer Protea kleure toeken aan ons .223 span na deelname in Namibië. Hoewel Veldskiet nie kompeteer met die standaard skiete aangebied deur Kaapjag nie, word Kaapjag se lede as die hoof voederbron gesien vir die streek. Dit is nie noodsaaklik om `n lid van SAJSV te wees om die ope kompetisies by te woon nie, maar slegs lede sal in aanmerking wees vir streek en nasionale kleure. Kaapjag lede wat onlangs presteer het: J Obermeyer Protea W Steenkamp SASSCo C Enslin - SASSCo N van Zyl – Protea dames en top 3 finalis vir sportvrou van die jaar M Volschenk – Protea Dames D Obermeyer – Protea Junior A Muller – Protea Junior Izak Hanekom – Protea Junior Ons nooi dan ook alle Kaapjaglede om hierdie uitsonderlike sport te ondersteun en jouself te kom toets teen van die wêreld se bestes. Daar word by elke skiet vrylik inligting gedeel en hulp aangebied deur ons lede en jy sal verbaas wees hoe `n paar klein veranderings aan jou tegniek die wêreld se verskil maak aan jou skietvernuf. Ons nooi veral die dames en juniors om te kom deelneem. Vir die mans en Pa`s daarbuite, dit is heerlik as jou hele familie kom deel in jou pret. Dit kos wel `n bietjie ekstra maar skielik hoef jy nie meer daardie nuwe platskiet, raakskiet punte, nog nat van die pers by die braaikamer in te smokkel nie. Toe my vrou vir my sê sy sien iets blink in haar toekoms, koop ek toe vir haar 500 koeëls en 200 doppies! Kom neem gerus deel aan hierdie uitdagende en heerlike skietsport. Bring die familie saam en kom geniet die sport saam met ons. Groete SAJSV bestuur Weskaap
15 YEARS - 100 ISSUES. Coffee table edition that will inspire hunters to return to the African bush, to feel the sun on their back, rifle slung over their shoulder while stalking their quarry on their next hunt.
Article Sponsored By African Outfitter
DIE BONTEBOK
35
36
DIE BONTEBOK
DIE BONTEBOK
37
38
DIE BONTEBOK
MET DROOGTES AS ONS VOORLAND SAL ONS DIE OMGEWING BETER MOET BESTUUR Mens-geïnduseerde klimaatsverandering en droogtes raak alle vorme van lewe op aarde en in ons relatief droë, lae reënval deel van die wêreld het dit al deel van ons bestaan geword. Dit is nie net die mens wat by die snel-veranderende omgewing moet aanpas nie, maar ook alle ander vorme van lewe.
W
etenskaplikes is dit eens dat ons alreeds in ʼn klimaatkrisis is. Van Mei tot Oktober is van 2019 is wêreldwyd van die hoogste temperature op rekord aangeteken. Dit is werklik kommerwekkend dat groot besoedelaars soos Amerika juis nou onttrek het uit die internasionale klimaatsooreenkoms. Dié dwase, kortsigtige optrede deur politici skep ʼn verdere probleem aangesien verskeie ander lande alreeds hierdie voorbeeld van selfsug en hebsug volg. Mag nugtere denke en meer verantwoordelike optrede in die nabye toekoms seëvier voor ons oor so min as 10 jaar die fatale kantelpunt onherroeplik verby steek. Groot besoedelaars soos Amerika, Sjina en Indië is verantwoordelik vir meer as 50% van die kweekhuisgasse in ons atmosfeer. Dit is ʼn bekende feit dat suider-Afrika die tuiste is van ʼn oorvloed ikoniese diere soos die groot vyf en ander ewe indrukwekkende natuurlewe soos jagluiperds, seekoeie, wildehonde, gevlekte hiënas en natuurlik ons ryke verskeidenheid van wildsbokke en dan noem ons nie eers
Deur: Dr Kas Hamman die voëls nie. As lesers van hierdie tydskrif weet ons ook dat Suid-Afrika sonder twyfel een van die gewildste jag en ekotoerisme bestemmings ter wêreld is. Aan die negatiewe kant is dit ongelukkig ook so dat ʼn hoër frekwensie en intensiteit van droogtes ons voorland is. Die vraag is dus of ons land dit gaan regkry om hierdie realiteit op die langduur te bestuur om ons unieke natuurskatte volhoubaar te bewaar? Ongelukkig het die beskikbaarheid van varswater in SuidAfrika oor die afgelope aantal jare weens verskeie redes drasties verander. Oor die afgelope minstens vyf jaar is verskeie gebiede as droogte rampgebiede verklaar weens die ergste, deels mensgedrewe droogte in 100 jaar in die noordelike, sentrale en westelike streke. Dit is nie net die mens wat by hierdie ekstreme omgewingstoestande moet aanpas nie, maar alle vorme van lewe wat noodwendig moet oorleef in dié droogte geteisterde streke. Wat is droogte nou eintlik? Die mees algemene definisie van ʼn droogte is dat dit ʼn
DIE BONTEBOK toestand is wat ontstaan weens lang periodes van laer as gemiddelde reënval vir ʼn sekere gebied, wat dan lei tot onvoldoende hoeveelhede beskikbare water vir die voortbestaan van die meerderheid vorme van lewe daar. Verskillende vorme van droogtes word onderskei, maar eenvoudig gestel kan droogtes in kategorieë gegroepeer word wat verskillende soorte droogtes beskryf. Meteorologiese droogtes Hierdie tipe droogtes word gewoonlik gekenmerk deur die omvang of intensiteit van droogte in ʼn spesifieke omgewing en die tydsduur van so ʼn droogte. Sulke droogtes is dus streekspesifiek en wat ʼn meteorologiese droogte in sekere dele van suider-Afrika is, sal nie noodwendig toepaslik wees in ander klimaatstreke soos byvoorbeeld dele van die noordelike halfrond, die trope of die poolgebiede nie. Landbou droogtes Dit verwys na die waterbehoeftes van verskillende landbougewasse in verskillende groeistadiums en weerspieël die verskillende eienskappe en gevolge van meteorologiese of hidrologiese droogtes op landbou of voedselproduksie. Verskillende vorme van veeproduksie word natuurlik ook dikwels nadelig geraak deur langdurige droogtes, veral in die meer kwesbare ariede gedeeltes van ons land. Tans gebruik landbou in Suid-Afrika ongeveer 70% van ons beskikbare varswater vir besproeiing, wat op die langduur eenvoudig nie volhoubaar is nie. Heelwat meer sal gedoen moet word om water meer effektief te gebruik en om vermorsing tot ʼn minimum te beperk. Hidrologiese droogtes Hierdie soort droogtes verwys deurgaans na lae watervolumes in strome, rivier, grondwater en reservoirs, en word dikwels gedefinieer op grond van ʼn tekort of ondergemiddelde hoeveelhede water in ʼn bepaalde opvanggebied. Afvloei tekorte in rivierstelsels kan ontstaan weens droogte
39
toestande of oormatige ontrekking van water uit sulke stelsels, of ʼn kombinasie van hierdie faktore. Dit is egter kommerwekkend dat daar toenemend van grondwater gebruik gemaak word vir industriële gebruik, drinkwater, of vir die produksie van voedsel hetsy van plant of dierlike oorsprong. Die ooronttrekking van grondwater of weens ʼn gebrek aan aanvulling daarvan, verlaag die watertafel wat onder andere tot gevolg het dat die paar oorblywende funksionerende vleilande in ons rivierstelsels in wesenlike gevaar is om permanent vernietig te word. Alhoewel inligting nie geredelik beskikbaar is nie, het die meerderheid van die groot droogtes in die verlede waarskynlik verband gehou met die El Niño verskynsel. Weens die gebiedsgebondenheid van die huidige droogte, is dit op nasionale vlak egter nog nie so erg soos die droogtes van die vroeë 1930’s, 1960’s, 1980’s en 1990’s nie. ʼn Belangrik maar kommerwekkende kenmerk wat die 2014-2019 droogte van eertydse droogtes onderskei, is die bo-gemiddelde temperature wat toenemend in verskeie gebiede gemeet word. Hierdie ongekende hoë temperature vererger die impak van normale droogtes en kan sonder twyfel toegeskryf word aan mens-geïnduseerde klimaatsverwarming. Ter illustrasie moet in gedagte gehou word dat gedurende die maande Mei tot Oktober 2019, wêreldwyd van die hoogste gemiddelde temperature ooit aangeteken is. Sosio-ekonomiese droogtes Hierdie tipe van droogte ontstaan wanneer die vraag na water die beskikbaarheid of aanbod daarvan oorskry. In veral stedelike gebiede is die besproeiing en onderhoud van tuine, asook groot verliese van water as gevolg van die swakonderhoud van pypleidings weens oneffektiewe bestuur, van die algemeenste oorsake van water tekorte. Ongeag die gereelde blootstelling aan droogtes en die gevolge daarvan, is
40
DIE BONTEBOK
daar vandag nog steeds nie ʼn kultuur van waterbesparing in Suid-Afrika nie. Ekologiese droogtes ʼn Ekologiese droogte word gedefinieer as ʼn langdurige en wydverspreide tekort aan water in opvanggebiede wat veelvuldige spanning in alle fasette van verskeie ekostelsels veroorsaak. Normaal funksionerende riviere en vleilande het byvoorbeeld ʼn inherente vermoë om redelike hoeveelhede besoedeling te assimileer of te verwerk. Langdurige droogtes en veral die oormatige onttrekking van oppervlak- en grondwater, asook die drooglegging van vleilande, verminder of vernietig hierdie akwatiese stelsels se vermoë om besoedeling en erosie te bekamp. Volhoubare bestuur van opvanggebiede met hul riviere en vleilande kan merkwaardige ekonomiese voordele hê, maar ongelukkig is die teenoorgestelde ook waar. Swak bestuurde opvanggebiede is natuurlik ook uitermate kwesbaar vir droogte toestande en herstel van sulke opvanggebiede na die terugkeer van normale reënval neem gewoonlik langer of is onomkeerbaar – veral in ariede gebiede. Ook belangrik om in gedagte te hou is hoe meer ongerep of effektief ʼn ekostelsel funksioneer, hoe beter is die vermoë van so ʼn ekostelsel om droogtes volhoubaar te oorleef. Die logiese gevolg is dus, hoe beter ʼn omgewing bestuur word hoe beter is so stelsel se vermoë om droogtes sonder onomkeerbare skade te oorleef. Die effek van droogte op die natuurlewe Alhoewel klimaatsverandering ʼn beduidende oorsaak is van Suid-Afrika se ergste droogtes sedert 1910, is dit goed om in gedagte te hou dat droogtes ook ʼn essensiële natuurlike proses is wat al vir miljoene jare ʼn integrale deel van die natuur uitmaak. Droogtes is die natuur se manier om die ekosisteem ewewig weer te herstel en om sodoende die voortbestaan van die bes-aangepaste organismes te verseker. Erge droogtes het ook verskillende effekte op verskillende soorte organismes. Sommige oorleef nie, terwyl ander oorleef en selfs daardeur bevoordeel word. Water-afhanklike diere soos die seekoeie, buffels, waterbokkie, krokodille, sekere vissoorte, amfibiërs, reptiele en voëls, word soms erg benadeel deur langdurige droogtes aangesien hulle baie afhanklik is van standhoudende water, beide vir hul beskerming en vir oorlewing. Dit is ons almal se gesamentlike verantwoordelikheid om sulke ekostelsels volhoubaar te bestuur. Periodes van droogte is dan ook ideale tye van oorvloed vir roof- en aasdiere omdat prooidiere verplig is om in die omgewing van beskikbare waterbronne te konsentreer wat natuurlik die jag van sulke diere baie vergemaklik. Namate die aantal prooidiere begin afneem, sal roofdiere soos leeus, luiperds, jagluiperds, wildehonde, hiënas en jakkalse toenemend kompetisie ondervind om die dalende aantal prooidiere as voedselbron te benut. Aan die einde van ʼn langdurige droogte is dit slegs die roof- en prooidiere met die bes-ontwikkeldste oorlewingsvermoë wat oorleef. Die genetiese eienskappe van hierdie diere word dan oorgedra aan die nageslag wat die spesie as ʼn geheel veerkragtiger maak vir meer suksesvolle oorlewing in toekomstige droogtes. Droogtebestande plante is uit die aard van die saak goed
aangepas om ongeag tekorte aan water te oorleef. Sulke plante is deur evolusionêre prosesse aangepas om in droogte toestande die verlies van water tot die minimum te beperk en wateropname te maksimeer. Plante is oor die algemeen meer vatbaar vir droogte stres gedurende die reproduktiewe stadiums van groei, blom en saadontwikkeling. Droogte bestande plante beskik gewoonlik oor verskillende strategieë om selfs onder uiterste toestande ʼn paar lewensvatbare sade te produseer. Die afgelope jare van ondergemiddelde reënval plaas geweldige druk op verskeie fasette van die natuurlewe, maar die impak daarvan wissel van streek tot streek. Danksy ʼn oop stelsel met Botswana, het die Mapungubwe Nasionale Park byvoorbeeld ʼn mate van verligting van die droogte gehad met ʼn minimale invloed op dierepopulasies. Maar in ander parke, soos die Krugerwildtuin, Hluhluwe-Imfolozi, Karoo en Addo is die situasie meer krities met ernstige water tekorte wat die beskikbare weiding vir wild en geassosieerde lewe daar erg geïmpakteer het. In natuurlike of semi-natuurlike ekostelsels behoort die natuur so ver moontlik toegelaat te word om sy gang te gaan. Waar prakties uitvoerbaar kan ons as mens wél oordeelkundig en op grond van die bes-beskikbare wetenskaplike advies konstruktief inmeng om ʼn ekostelsel volhoubaar te bestuur. Menslike inmenging of swak bestuurspraktyke kan egter erge nadelige en soms onvoorsiene gevolge vir ekostelsels onder stres hê. ʼn Voorbeeld van waarskynlik onbedoelde swak bestuurspraktyke was byvoorbeeld waar in die 1960s tot middel 1990s heelwat kunsmatige waterpunte en mensgemaakte opgaardamme in die Krugerwildtuin aangebring is. Dit het die olifante en ander waterafhanklike diere byvoorbeeld in staat gestel om veel groter gedeeltes van die park te benut wat weer bygedra het tot abnormale toename in olifantgetalle. In ʼn poging om dié toename in getalle te bekamp, is ʼn omstrede beleid van uitdunning ingestel wat daartoe gelei het dat 14 629 olifante doodgemaak is tussen 1967 en 1997. Vanaf die laat 1990s is ʼn nuwe beleid egter in die Krugerwildtuin geïmplementeer wat natuurlike prosesse beter kon naboots. Heelwat van die kunsmatige waterpunte is gesluit en mensgemaakte opgaardamme is waar toepaslik verwyder. ʼn Sinvolle kompromie was om die kunsmatige waterpunte te beperk tot areas naby aan natuurlike waterbronne en waar moontlik langs die paaie wat deur toeriste gebruik word. Dié beperking van toegang tot kunsmatige waterpunte en gevolglik die omliggende plantegroei, het beduidend daartoe bygedra om die toename in die olifantbevolking te beperk. Teen 2014 kon die Wildtuin se wetenskaplike dienste aankondig dat geen verdere uitdunning van olifante nodig sou wees nie. Indien hierdie benadering op die langduur volhoubaar blyk te wees, sal dit as goeie voorbeeld kan dien van ʼn gesonde volhoubare bestuursbenadering. Tyd sal egter moet leer of hierdie bestuursbenadering inderdaad die gewenste uitwerking het en of dit wél volhoubaar is, veral onder ekstreme droogte toestande. Ons ryke verskeidenheid van plant- en dierelewe word ongelukkig toenemend bedreig deur die ekstreme
DIE BONTEBOK weerstoestande wat met mensgemaakte klimaatverandering gepaard gaan. Soos wat die impak van klimaatverandering toenemend realiseer, moet plante en diere in suider-Afrika daarby aanpas om te oorleef. Die tempo waarteen die klimaat tans verander, oorskry egter in baie gevalle die natuur se vermoë om dit te kan doen en gevolglik loop talle ekostelsels met hul organismes gevaar om tot niet te gaan of drasties geïmpakteer te word. Hoe kan ons die impak van ekstreme droogtes beter bestuur? Die realiteit is dat met stygende omgewingstemperature, droogtes toenemend deel van ons bestaan in suider-Afrika gaan word. Die uitdaging vir alle fasette van ons samelewing gaan wees om droogtes en die effekte daarvan op mens en dier, beter te bestuur in die toekoms. Die Israelies is wêreldleiers met onskatbare kennis en ondervinding wat oor jare opgebou is om volhoubare oorlewing onder semiwoestyn toestande moontlik te maak. Hier word grondwater baie effektief en oordeelkundig bestuur en benut. Om verdamping te beperk, maak hulle feitlik nie gebruik van oppervlak opgaardamme nie. Ongeag baie effektiewe benutting van hul skaars waterbronne, het hulle ook gesofistikeerde grondwater aanvulling stelsels wat dien om water veilig en met minimum verlies op te gaar. Die impak van droogtes op natuurlike ekostelsels en die onbeboude landskap kan gemitigeer word deur: • waar moontlik ekostelsels so te bestuur dat hulle natuurlik funksioneer; • natuurlike migrasieroetes vir plante en diere tussen bewaringsgebiede instand te hou; • ooronttrekking van grondwater te verhoed deur volhoubare benuttingsriglyne; • opvanggebiede beter te bestuur t.o.v. oorbenutting, besoedeling en indringerplante;
• • • • • • • •
41
die ekologies en ekonomiese waarde van vleilande te besef en dit volhoubaar instand te hou; bewaringsboerdery metodes landwyd toe te pas en te verfyn; oorbeweiding en erosie ten alle koste te probeer vermy, veral in die droë dele; inisiatiewe te ontwikkel en inligting aan grondeienaars te verskaf om landbougrond meer volhoubaar te bestuur; beskikbare waterbronne meer effektief te benut en volhoubaar te bestuur; alternatiewe metodes van sanitasie te ontwikkel en te implementeer; verdamping te beperk deur die bou van damme met groot oppervlak blootstelling te vermy; en waar enigsins moontlik, oor te skakel na hernubare energiebronne.
Opsommend kan dus gesê word dat daar aanvaar moet word dat droogtes toenemend deel van ons lewens in hierdie deel van die wêreld gaan word. Hou in gedagte dat varswater net 3% van alle water op aarde uitmaak en hiervan is slegs 1% beskikbaar vir gebruik. Meer belangrik is dat daar besef moet word dat ons gesamentlik verantwoordelikheid vir die klimaatskrisis moet aanvaar en dat daar dringend besef moet word dat ons hierdie werklike bedreiging meer volhoubaar moet bestuur om ons koolstof voetspoor tot ʼn minimum te beperk. Versuim ons om hierdie kritiese verantwoordelikhede ernstig op te neem, is die kumulatiewe gevolge byna ondenkbaar katastrofaal vir mens en dier, maar veral dié wat na ons kom. Bron geraadpleeg Anthony M Swemmer; William J Bond; Jason Donaldson; Gareth P Hempson; Johan Malherbe; Izak PJ Smit, 2018 in: Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Wetenskap Volume 114, Pretoria.
42
DIE BONTEBOK
Sentraal-tak
Yaseen Hanware - Voorsitter
I
t is that time once again when the end of the year is fast upon us. Looking back I’m proud to say that we’ve had a memorable year. All of the shoots and members’ Evenings have been very successful. I would like to acknowledge the diligence and hard work of the Committee Members and staff behind the scenes, without them our events would not be the success that they are.
Skuts groepfoto by die City Guns .22 Baanskiet van 17 Augustus 2019
Kaapjag Sentraal-Tak breek die 2019 lint op volspoed
K
aapjag Sentraal-Tak breek die 2019 lint op volspoed Kaapjag Sentraal-Tak het die suksesse van die eerste helfte van die jaar opgevolg met verskeie aktiwiteite en skiet geleenthede vir lede. Om mee te begin het Sentraal-Tak drie lede-aande by die Alpha Hengel Klub in Parow Noord aangebied. Die geleenthede het heelwat van ons lede gelok
en ʼn reeks aktuele praatjies isdeur deskundiges aangebied. Dit het ʼn gesprek in Augustus ingesluit deur Mohsin Tajbha en Arnold van Zyl wat na die tegniese aspekte van langafstand skiet gekyk het. Hierdie aand is opgevolg met ʼn praatjie in September deur Kobus Smit, ook ʼn bestuurslid van Sentraal-Tak, oor die mees algemene en medies relevante slange in die Weskaap. Kobus
Last, but by no means the least, thank you to all of our members. I wish you all a Happy Holiday Season, a Merry Christmas and a Blessed New Year. Until next year Skiet Groete Yaseen Hanware
Henri du Toit van Sentraal Tak en Willem Welsh van VGK Firearms by die 2019 Obali skiet
DIE BONTEBOK
43
Sentraal-tak het ook van die slange saamgebring om die praatjie ekstra lewendig te hou. Derdens was ons baie bevoorreg om na Andre Stander en Hubert Heydenrych te luister by die ledeaand in Oktober. Andre en Hubert het ʼn oorsig van die wêreld van swartkruit skiet verskaf en ook staaltjies van hulle onlangse deelname aan die swartkruit wêreldkampioenskap in Bisley vertel. Sentraal-Tak het ook verskeie geleenthede vir jagters en sportskuts gebied om hulle snellervingers en visiere in oefening te hou. Daar was twee afsonderlike CHASA .22 Baanskiet kompetisies, ʼn handwapen “Steel Challenge”, die gewilde Sporting Haelgeweer kompetisie by Durbanville skietklub en die legendariese VGK Firearms Obali skiet. Die jaar is egter nog nie verby nie en Sentraal-Tak is tans hard aan die werk om die finale reëlings vir die “Chairman’s shoot 2019” af te handel. Die “Chairman’s shoot” is ʼn multidissipline skiet kompetisie wat op 23 November op die Western Cape Shooting Union skietbane op Atlantis gaan plaasvind. Die besonderhede van hierdie skiet sal binnekort aan lede gekommunikeer word. Hierdie skietgeleentheid beloof om die jaar op ʼn baie hoë noot af te sluit. Laastens, vind Sentraal-Tak se jaareindfunksie op 21 November by die Alpha Hengel Klub plaas. Die spyskaart vir hierdie funksie is verseker iets om oor huis toe te skryf en ons sien uit om die jaar so saam met ons lede te kan vier.
ʼn Gefokusde skietlyn by die SAFARI OUTDOOR CHASA .22 Baanskiet van 5 Oktober 2019
Andre Stander en Hubert Heydenrych tydens hulle swartkruit praatjie by die lede aand van 17 Oktober
44
DIE BONTEBOK
Wes Bolandjag-tak Remhoogte die 7de Desember. Moet dit nie misloop nie. Vanaf die skietbaan, wil ons net graag aan elke lid en deelnemer dankie sê vir julle ondersteuning en deelname deur die jaar. Ons sien uit na 2020 en hoop dat dit ‘n jaar vol vooruitgang sal wees. Veilig reis en Geseënde Kersfees!
Kobus Van Niekerk - Voorsitter
O
ns is baie opgewonde oor die feit dat Wes-Boland vanaf 16 November aktief sal wees op die nuwe interaktiewe punte stelsel, RankingU, wat vanaf 1 Januarie deur Kaapjag geimplementeer word. Hierdie stelsel sal verseker dat lede van Kaapjag makliker en vinniger kan toegang kry tot punte, bewys van lidmaatskap en skietaktiwiteite. Die skiet-aktiwiteite wat oorbly vir die jaar is die eerste CHASA Big Bore en .303 skiet op 16 November. Fotos sal volg in die volgende uitgawe. Ons nooi u hartlik uit na die heel eerste van sy soort – 3 CHASA dissiplines op een dag – Vlakte, Tyro handwapen en Feather & Furr haelgeweer skiet te
Baie geluk aan Jonathan Vermaak met sy uitstekende skietwerk soos hierbo gesien kan word met 3 skote deur dieselfde gat. So moet ‘n man kan skiet....
DIE BONTEBOK
45
Wes Bolandjag-tak
Saterdag, 14 September het ons ‘n groot opkoms gehad by die Standaard CHASA skiet. Regs is die wenners van die dag Daar was ook lekker “Lucky draw” pryse en niemand het leë hande huistoe gegaan nie
Saterdag, 19 Oktober het ons ‘n 3 skoot groepering skiet aangebied. Links is die wenners van die dag Een van Wes-Boland se lede, Jonathan Vermaak het die dag gewen met ‘n groepering van 1.79mm met sy 7x64 geweer. Hy het al voorheen goeie groeperings met hierdie geweer geskiet, maar hierdie een is definitief een vir die rekord boek.
46
DIE BONTEBOK
Weskusjag-Tak
Die manne in aksie op die skietbaan
Johan Ellis - Voorsitter
T
ydens die skietdag van 14 September 2019 was almal, oud en jonk, baie ernstig om die beste skote te skiet maak nie saak of hulle moes lê, sit of staan nie. Elkeen het sy kant gebring en gehoop vir die beste. Na die chasa baan voltooi was, het die wat wou, aangetree vir die kleiduif kompetisie. Hierdie punte is natuurlik apart bereken en het nie die uitslag van die chasabaan beïnvloed nie. Die handwapen baan vorder ook mooi en alle skuts word genooi om ook gebruik te maak van die kans om met hul handwapens op hul eie teikens te skiet tydens die skietdag byeenkomste.
Daar word mooi gemik by die geweerskiet
Die bestuur van die Weskus Jag-Tak wil graag ‘n spesiale dankie sê vir die tak lede. Julle ondersteuning en deelname deur die jaar het van ons tak weereens ‘n reuse sukses gemaak. Graag wil ek namens myself en die bestuur u ‘n baie Geseënde Kersfees en ‘n Voorspoedige Nuwejaar toewens.
Ons nuwe pistoolbaan
LONG RANGE RIFLES If you are looking for excellent quality and great value for money in a long range rifle for target shooting, hunting or varminting. Look no further than these magnificent rifles made by Sturm Ruger in the USA.
PRECISION RIFLES 6MM CREEDMOOR 6.5MM CREEDMOOR 6.5 PRC 308 WIN
300 WIN.MAG 300 PRC 338 WIN.MAG
LONG-RANGE TARGET 6.5 CREEDMOOR 6.5 PRC 300 WIN.MAG
VARMINT TARGET 204 RUGER 223 REM. 22-250 REM. 6.5 CREEDMOOR 308 WIN.
AMERICAN PREDATOR 204 RUGER 223 REM. 22-250 REM. 243 WIN. 6MM CREEDMOOR 6.5MM CREEDMOOR 308 WIN. TEL: 021 949 2891 | sales@gunsbows.co.za | 4 Keast Street, Loumar, Bellville
48
DIE BONTEBOK
Boesmanland-tak Ope klas wenner was Andries de Klerk.
Anthony Swift - Voorsitter Boesmanlandjag se jaarlikse Drie Geweer Skiet.
O
p Saterdag 9 November 2019 het Boesmanland Jag weereens sy jaarlikse 3 geweer skietkompetsie aangebied. Die kompetisie het ‘n eenvoudige konsep - drie skote vir drie (30x30cm) valplate, en na elke rondte skuif jy na die volgende afstand. Klink maklik genoeg... Om vir almal gelyke kans te gee in die kompetisie, is die deelnemers se wapens vooraf in een van 3 kategorieë geklassifiseer. Die Bakkie-klas is vir skuts met ‘n standaard geweer sonder modifikasies en ‘n teleskoop
Bakkie klas wenner J Schloms
Die hoogtepunt vir baie deelnemers was natuurlik die gelukkige prystrekking. Wildman Brackenfell het weereens die drie gewere verskaf asook verskeie ander gesogte pryse geborg. Die gelukkige wenners was Elton Burger (Howa .308), Martin Lombard (Remington .243) en Phillip Benade met die Ruger .22 Ramskop skietbaan lugfoto geweer. Na afloop van die verrigtinge met vergroting minder as 12; meer was daar heerlik gesmul aan toegeruste skuts het meegeding in die groenboontjiebredie, bakbrood Standaard klas, en die Ope klas was en nagereg, terwyl deelnemers vir diegene wat met “kanonne” skiet. mekaar vermaak het met staaltjies en stories oor die dag se gebeure. Ramskop Skietbaan was getrou aan sy Andries Theart in samewerking reputasie, en het die skuts behoorlik met Hein Aylward, wat spesiaal uitgedaag met beide wind en mirage vanaf Kaapstad deurgery het, het – wat albei deur die loop van die die haelgeweer staal-uitdaging dag verskeie rigtingveranderinge aangebied. ondergaan het. Die Standaard en Ope klas se uitkloprondte het op die 900m merk plaasgevind, met 7 skuts wat tot op hierdie afstand deurgedring het. Johann Schloms het die Bakkie-klas gewen, terwyl die Standaard klas gewen is deur Louis van Zyl, en die
Ope klas wenner A de Klerk
Die bestuur en lede van Boesmanland Jag wil graag ‘n spesiale woord van dank rig aan Wildman Brackenfell vir hul borgskap en hulp om hierdie dag moontlik te maak, Dit was weereens ‘n reuse sukses te maak.
Standaard klas wenner L van Zyl
DIE BONTEBOK
49
Namakwa-tak
Braham de Swardt - Voorsitter Ons klub het ons jaarlikse Veldskiet asook Kleiduif dag aangebied. Die Strandfontein Veldskiet was op ‘n plaas so 8km buite Strandfontein. Alles het mooi saamgewerk, baie lekker skietweer, met ‘n paar druppels wat die oggend geval het, maar verder was dit ‘n baie lekker dag.
Mans wenners vlnr Gileam Viviers, Evan Lategan, Mark van Guns & Bows, PD Jacobs
Deelnemers uit die Noord Kaap van sover as Williston en in die Wes– en Suid Kaap so ver soos Bredasdorp het kom deelneem. In totaal was daar net onder die 70 skuts. Die dag het bestaan uit 6 bane, waarvan 2 Ghong bane was en die ander ‘papier’, soos ons sou sê, Jakkals, Vlakvark, Bobbejaan, asook Rooibok. Afstande was onbekend aan die deelnemers en omdat dit in die veld gehou word is daar maar redelik klei getrap om die regte afstande te skat. Daar is egter steeds baie goeie tellings behaal. Die dag is afgesluit by Strandfontein se saal met ‘n dans en prysuitdeling die aand. Die Seespens het gesorg vir ‘n heerlike ete en Gert Engelbrecht vir die musiek. Lesers kan gerus die skiet op hulle dagboek inwerk vir volgende jaar, want dit gaan beslis‘n jaarlikse instelling word. Uitslae as volg: Mans: Top 5 Evan Lategan (831) PD Jacobs (826.5) Gileam Viviers (776.5) Johan Kuhn (755.8) Carel Maritz (751.9) Dames: Lize Mari Steenkamp, Lanna van Wyk Penkoppe: Izak Hanekom, Hannes De Villiers, Frederick van Wyk, Gerdian Coetzee
Voorspoed aan al ons lede vir 2020 en mag die feesseisoen net lekker wees.
Social Kleiduif dag - Matt Relihan het weer besonders baie moeite gedoen en gehelp om ‘n baie lekker dag aan te bied
Die manne reg om teiken te skiet in die veld
50
DIE BONTEBOK
HANDGUN & MULTIDISCIPLINE SHOOTING degrees, lovely romantic mirage setting, few clouds, variable cross winds of about 10 – 15 miles per hour, 13% humidity, 1016 QNH pressure setting, with field elevation at a set 1354m MSL. WC Open Team reached the 3rd place with Eastern Cape in 2nd place and the hosts Free State winning the Championship.
Hein Aylward CHASA INTER PROVINCIAL CENTREFIRE RIFLE CHAMPIONSHIPS 2019
B
loemfontein, Free State. – The 2019 Chasa Interprovincial Centrefire Rifle Championships were hosted again by Free State Hunters on Saturday the 26th of October 2019. The one-day match consisted of the Standard Chasa Range Shoot which included the four events, 35m Warthog (standing), 100m Impala (sitting), 200m Springbok (prone) and the 150m – 200m gong stage (prone). Western Cape (WC), sponsored by Kaapjag, dispatched 2 four-member teams to make up the Open and Standard teams which were selected from a 4-trial selection process of the “Intertak”, Wes Boland, Boesmanland, Overberg Range and South Cape Hunters shoots. South Cape Hunters form part of the Western Cape Shooting selection process however none of their members were available to the championship. The teams were: (OPEN) ABC Human, Barend Verster, Juanita Steenkamp and Reynette Scheurkogel. (Standard) Johan Strauss, Sanet Verster, Barend Verster and Hein Aylward (Team manager). The Free State once again prepared challenging conditions with a hot 30
HANDGUN SHOOTING STEEL CHALLENGE The scheduled handgun and shotgun steel challenge match on the 7th of September 2019 was cancelled by Kraaifontein Sport Shooting Club (KSSC) due to urgent preparations to ranges for the SA National Shotgun Championships. Cape Practical Pistol Club (CPPC) was able to accommodate Kaapjag on the 2nd of November 2019 for re-scheduling of match 05-2019, however then The Springboks decided to play the final against England on that day. Negotiations with Rassie Erasmus and Siya Kolisi failed and they were unable to postpone the match to a later date. CPPC and Kaapjag then accepted and cancelled match 05-2019. The final match for 2019 will take place on the 23rd of November 2019 at KSSC. The Steel Challenge Champs will entail 4 handgun stages and 3 shotgun stages. The Champion for 2019 will be announced as soon as all the scores for handgun and shotgun has been tallied for the five matches (best four to count in both categories). We will also announce the Steel Master (Handgun & Shotgun) asap. Please look out for the invite.
NRA ACTION PISTOL The NRA handgun league ended off on a bitter sweet note on the 26th of October 2019 at Bellville Pistol Club (BPC). Bitter, being poorly attended, and sweet, that it was well hosted and it was confirmed that BPC will become the home of Kaapjag Chasa NRA Handgun events. We will possibly consider placing a bid to host the 2021 Chasa National Handgun Championships. A further sweet moment was when Jacques Buckle won the Kaapjag NRA Action Pistol Championship on the day and for the year 2019. The statistics indicated that Jacques is also the 2019 Kaapjag NRA Handgun Champion. Match results: 1. Jacques Buckle (9 x 21 Caspian, Metallic Class) 2. Hein Aylward (38 Special, Production Class) 3. Andrew Young (38 Special, Production Class) The matches that formed part of the Championship were; • Practical event • Los Alamitos Pistol Match • Combat Event • NRA Standard match Discussions, range inspections and tests were very successful, and we will be hosting our league matches and championships at BPC during 2020. The range is a regular host of various provincial, national and international shooting events and is well equipped with permanent erected equipment such as turning targets, shooting bays and other equipment that are required to host an NRA event. We will also be looking at
51
integrating with their club events, selecting Magnum Handgun and Service disciplines. Magnum handgun is aimed at the large calibers such as 357MAG, 357SIG, 44MAG, 44Colt, 40S&W and 45ACP where a minimum power factor of 170 will be required. It is aimed at the member that wish to utilize a handgun that would be suitable to accompany on a hunt as a primary or secondary firearm. More details will follow, so keep an eye on the calendar. ACREDITATION The SSC of Kaapjag decided and approved the application for accreditation by the South African Police Service CFR, meaning that we would be able to issue our own DSS status and not be dependent on Chasa. This is great news as all shooting activities within
Kaapjag will be accepted as sport shooting activities, for example, Trap, Skeet, Steel Challenge and various other selected handgun events. This would also mean that when a branch hosts a handgun or any “non-chasa match” it will be deemed acceptable, for example, such as Boesmanland “Valplaat”, grouping events will become DSS events. We are excited to bring you this good news and will keep you posted on this project. We thank you for attending the 2019 events. Please continue to support your branch events. Lastly, the SSC would like to wish you a Merry Christmas and all the best for 2020. Yours in Sport Shooting, Hein Aylward
Western Cape Standard Class rifle team - Hein Aylward, Barend Verster, Johan Strauss, Sanet Verster
Ernst Koeglenberg, Jacques Buckle en, Gerrit Van Zyl
ABC Human, Barend Verster, Juanita Steenkamp en Reynette Scheukogel
AMMUNITION
BULLETS
cases
reloading tools
TEL: 021 949 2891 | sales@gunsbows.co.za | 4 Keast Street, Loumar, Bellville