Skip to main content

Die Bontebok April 2019

Page 1

Die bontebok Amptelike tydskif - Kaapse Jagters- en wildbewaringsvereniging Official magazine - Cape Hunters and Game Conservation Ass ociation

Skelmer as ‘n Koedoe CONSERVATION PRINCIPLES TAXIDERMY ADVICE Impala hunting the hard way Ontstaan van die eerste nasionale park JAGSTORIES | TAKNUUS | WILDBEWARING | VUURWAPENS| VELDKUNS


2

Die Bontebok

Die Bontebok 2019 April uitgawe InHoud

4 Redakteur 6 Kaapjag voorsitter 7 Taxidermy advice 8 Kaapjag hoofkantoor 12 skelmer as ‘n koedoe 16 a conservationist’s hunting principles 20 Different species of hyaena 24 Impala hunting the hard way? 28 10 goed wat moet saam jagveld toe 30 ontstaan van die eerste nasionale park 34 Kaapjag fotogallery

Taknuus

38 Wes Bolandjag 40 Namakwa 41 koup 42 Sentraal 44 weskus 45 Boesmanland 46 Sportskiet en steel challenge


Voorblad: Gevlekte oorUil Inhoudsblad: waterbok fotos: Dr landi Lombard

Die Bontebok

34

30

49

24

3


4

Die Bontebok

Die redakteur

W

elkom by die April 2019 uitgawe van Die Bontebok. 2019 is al goed aan die gang en die takke het verskeie skietkompetisies gehou en sommer AJV’s ook. Gepraat van AJV’s, Kaapjag hou sy jaarlikes AJV in Calvina aangebied deur die Boesmanland tak op 13 April. Daar is ook ‘n Gong kompetisie, sommer ‘n hele naweek se wegbreek. Op bladsy 9 is daar meer besonderhede hieroor. Die jagseisoen is ook om die draai en daar is ‘n oulike artikel op bladsy 28 deur Awie Pelser oor wat hy saamvat jagveld toe. Dit klink dalk ‘n bietjie vroeg in die jaar om planne vir die jagseisoen te maak, maar ek het al hoeveel maal gesien dat jagters tot op die laaste wag en dan wil begin teleskope koop, knaldempers laat opsit, ens. Dan besef hulle dat al die geweersmede reeds vol geboek. Kry dus jou geweer, toerusting en

verblyf vroegtydig agtermekaar. Goeie advies wat ek jare gelede gekry van ‘n ou jagter was om my skietwerk te oefen in die omstandighede waarin ek gaan jag. Daar is nie skietbankies en lekker afdakke in die veld nie. Dit is 100% om jou geweer te gaan inskiet op die skietbaan, maar gaan oefen in die veld. Daar is gereeld veldskiet kompetisies wat Kaapjag aanbied. Kom woon dit gerus by. Dis pret en baie goeie voorbereiding vir die jagseisoen. Wanneer jy ‘n jag bespreek, veral as jy nie reeds al daar gejag het nie, is dit voordelig dat jy al die jagaspekte van die jag deeglik met die persoon wat die jag aanbied bespreek. Daar is baie verskuilde onkostes. Vra of daar afslag geriewe en koelkamers is en of dit ekstra onkoste sal wees, hoeveel die onkoste per bok is, word die koste per kg bereken, asook wat die dagtariewe is en of daar kospakkies voorsien,word? Is ontbyt en aandete ingesluit?

Francois Rossouw Sorg dat jy die nodige jagpermitte kry asook die dokumente om die vleis te kan vervoer. Die voorbereidingslys is langer as wat jy dink. Begin dus vroegtydig beplan, want daar is min dinge slegter as ‘n deurmekaar, ongeorganiseerde jag. Op bladsy 12 is Schalk vd Merwe se takbok jagartikel en op bladsy 24 vertel Helmuth Fischer ons van sy Impala jag. ‘n Spesiale dankie aan Neels Geldenhuys, redakteur van African Outfitter, vir die lekker artikels wat hy aan ons voorsien het vir hierdie uitgawe. Baie geluk aan Riaan en Louhan Janse Van Rensburg wat die Fotogallery kompetisie gewen het. Dankie vir almal wat sulke mooi fotos ingestuur het. Groete en lekker lees.

Die B o nt e bo k : Edi t ori a l Team Editor: Francois Rossouw rossouw@ifadvisors.co.za Copy: K Carels • A Cilliers • N Bertram DESIGNERS: • Tonny • Jane advertising & Sales: • Yolande: admin@kaapjag.co.za Correspondents / Editorial: • Matt Relihan • Christopher Cloete • Petrus Jonker • Hein Aylward • Henk Mulder • Awie Pelser

DISCLAIMER Die Bontebok makes no representation, endorsements, warranties or guarantees about any of the products and/or services offered or advertised within this magazine. Die Bontebok expressly disclaims any and all liability relating to or arising from the sale, distribution, manufacture, use or misuse of all products and all services offered and advertised within this publication.

Photography: • Landi Lombard • Ernst Lombard

PHOTOGRAPHS & ARTICLES Submissions of photographs and articles are welcome, however it will be deemed that submission shall be a warranty that they are original and do not infringe on the copyright of others.

Copyright Both nationally and internationally all material herein is held by Die Bontebok. No reproduction of any nature is permitted without prior written consent of the owner. INDEMNITY Die Bontebok, its owners, members and staff hereby advise that partaking in any activities, and handling any equipment advertised in, or written about in this publication, involve risk, potential injury or death to oneself or others. Great care and professional advice must be taken when carrying out these activities. Die Bontebok, its owners, members and staff cannot accept any responsibility or liability for any damage to personal property, including, but not limited to loss, financial loss, injury or death.


Op ons voorblad foto is ‘n Gevlekte Ooruil

I

n engels staan hy bekend as ‘n Spotted Owl. Die Gevlekte Ooruil hou sy lewe lank dieselfde maat en gebruik dikwels jaar na jaar dieselfde nes op die grond, op rotse, in die walle van erosie-dongas, in bome waar hulle ou neste van ander roofvoëls sal inneem. Hulle hou daarvan om in ou bloekom-, wilger-, of palmbome nes te maak en gee nie juis om of die bome in die stad of op die platteland is nie. Dié voëls het baie goed by menslike bedrywighede aangepas en sal dikwels in dorpe en stede en rondom plaasopstalle woon. Hulle is lief vir rotsagtige gebiede wat grens aan grasvlaktes en struikagtige gebiede. Hulle kan in savanne, bosveld, semi-woestyn en selfs op die rand van woudgebiede

5

voorkom. Die mannetjie maak ‘n dubbele hoe-hooe-geluid en die wyfie antwoord met ‘n trippel hoe-hoe-hooe. Gevlekte Ooruile jag deur ‘n sitplek bo in ‘n boom, heining of telefoondraad te kry en vlieg dikwels van sitplek tot sitplek terwyl hulle die grond dophou vir beweging. Wanneer die prooi gewaar word, sweef die uil bykans geruisloos nader. Hulle kan ook op die grond rondloop om prooi te vang en ongelukkig gaan sit hulle gereeld in paaie waar hulle doodgery word.Hulle vreet meestal knaagdiere, skeerbekmuise en klein voëltjies maar sal ook spinnekoppe, slakke, insekte, vrugtevlermuise, duisendpote en krappe vang en eet.

Fotos: Dr Landi Lombard

On the content page we have a Waterbuck (Kobus ellipsiprymnus)

T

he Waterbuck is a large antelope found widely in sub-Saharan Africa. The waterbuck is of a robust build. The shaggy coat is reddish brown to grey, and becomes progressively darker with age. Males are darker than females. Though apparently thick, the hair is sparse on the coat. The hair on the neck is long and shaggy. When sexually excited, the skin of the waterbuck secretes a greasy substance with the odour of musk. The odour of this is so unpleasant that it repels predators. This secretion also assists in water-proofing the body when the animal dives into water. The facial features include a white muzzle and light eyebrows and lighter insides of the ears. There is a cream-coloured patch on the throat. Waterbuck are characterised by a long neck and short, strong legs. The average height is between 120 and 136 cm. Males typically weigh between 198–262 kg and females between 161–214 kg. The long, spiral horns, present only on males, curve backward, then forward and are between 55–99 cm long. Waterbuck are sedentary in nature. A gregarious animal, the waterbuck may form herds consisting of six to 30 individuals. The waterbuck cannot tolerate dehydration in hot weather, and thus inhabits areas

close to sources of water. Predominantly a grazer, the waterbuck is mostly found on grassland. In equatorial regions, breeding takes place throughout the year, but births are at their peak in the rainy season. Waterbuck inhabit scrub and savanna areas along rivers, lakes and valleys. Due to their requirement for

grasslands as well as water, the waterbuck have a sparse ecotone distribution. The waterbuck is native to southern and eastern Africa, including countries such as Angola, Botswana, The Democratic Republic of Congo, Ethiopia, Kenya, Namibia, South Africa, Tanzania and Uganda.


6

Die Bontebok

Uit die pen van die voorsitter Servaas Rabie - Kaapjag

D

ie jaar het afgeskop met nuwe uitdagings en so is elke lid van ons vereniging ook met sy eie beplanning besig oor waar daar vanjaar gejag en sportskiet gedoen gaan word, want ons jagters soek daagliks geleenthede om by mekaar te kom en te gesels oor gewere, lading, jagte en

vele meer. Dit is ook aangenaam as ons by skiet-byeenkomste bymekaar kom en soos een groot familie saam kuier. Ek dink sommer dadelik aan ons AJV, wat vanjaar in Calvinia by ons Boesmanland-tak gaan plaasvind as landelike samekoms vir ons jagtersvereniging familie. Al die verskeie skietdae wat deur die verskillende takke aangebied word en die goeie gees wat daar heers, al die nuwe voorstelle wat van lede af kom om skietdae by takke meer interessant te maak, sê vir my dis ‘n vereniging wat baie lewendig en sterk funksioneer onder sy lede. Ek wil nuwe lede aanmoedig om by sulke skietdae of lede-aande betrokke te raak, of dit net te gaan bywoon, want daar sal iéts wees wat jou tot voordeel sal strek. Die kantoorspan is onder leiding van ons Hoof-uitvoerende

Beampte, Matt Relihan, asook Mimi Reyneke en die nuwe toevoeging tot die span, Natalie Fourie. Kontak hulle gerus vir enige navrae. Die takbesture wat by die onderskeie takke baie hard werk om elke skietgeleentheid interresant en lekker te maak se deure staan oop en sal hulle aandag skenk aan enige navrae of versoeke en hulp met uitdagings. Ek sien uit na die res van die jaar se bedrywighede, soos elke jagter in ons vereniging, en wens hulle alle voorspoed toe vir die komende jagseisoen wat ook sy uitdagings het met die droogte. Lede wat voorberei vir die sport uitdaging, ons wens julle alle sterkte toe. Ons vereniging is trots op jul prestasies. Jagtersgroete Servaas Rabie


Taxidermist advice for the trophy hunter

The biggest and most common problems faced by taxidermists is poor field care and preparation of trophies before they reach the taxidermist. To ensure your hard earned trophy does not suffer any damage, the following points are essential to achieve the best results in trophy preparation.

1.

2.

3.

4.

5.

6.

F

rom the time the animal has been shot, the hunter or PH should oversee the process of preparing the trophy. Having the basic knowledge of what to do and what not to do might be the difference between a quality mount versus one not worth the money you spent on it. Once the animal has been shot, never delay skinning. Deterioration and bacterial growth resulting in hair slip sets in quickly. This is especially relevant in warmer weather conditions. If a long delay in skinning is unavoidable, it is best to skin while still in the field. Certain species are particularly susceptible to hair slip in warmer weather. For example: spiral shaped antelope, Klipspringer, Impala and Gemsbok. Never drag an animal over rough ground, or any ground for that matter. Bring the vehicle as close as possible, or roll the animal onto canvas before dragging it. Dragging the animal can cause hair loss and skin damage (chafing). Prevent exposing trophies to excessive heat. This includes heat from the sun and heat transferred from the exhaust system of the vehicle. Place grass or leaves under the trophy. Gutting in the field also helps release body heat. If the trophy needs to be left in the field while gaining vehicle access, cover the trophy with branches and leaves if possible. This will also prevent vultures from spotting the trophy and ripping it to shreds. Wash all blood off the skin of the trophy. Always remove blood, dirt and grime as soon as possible. Bacterial growth will speed up the deterioration process. Even after skinning, the skin must be washed. Never leave pieces of fat or meat attached. Salting of skins must be done immediately after washing. Never skimp on salt. Salt is cheap, compared to the cost of the hunt. The finer the salt, the better. The more the better. Make sure the salt is rubbed into the sensitive areas such as ears, mouth, lips, nose and eyes. It might be necessary to re-salt the skin due to excessive moisture. A good test to determine if you have put enough salt on

7.

8. 9.

10.

11.

12.

the skins is to ask the question “Can I still see the skin?” If the answer is “yes”, apply more salt. Never allow skins to come in contact with metal. The salt and the blood and juices will react with the metal and later, due to the resultant formed compounds, will prevent the tanning process and could stain the skins. Make sure the skins have adequate ventilation while drying. Fold skins only when they are almost dry. Remove all excess salt. A word on transporting skins; Never put skins in plastic bags (Unless frozen and can be kept frozen), use hessian sacks or leave the skins exposed. Skins must be able to “breathe”; plastic does not allow this. Skins must never be left to lie in their own blood or juices, as this will promote bacterial barrage and ultimately, hair slip or staining from the blood. Freezing of trophies in which head skinning is not possible (due to lack of knowledge or other reasons), the severed head and remaining attached cape must be frozen immediately and transferred to the taxidermist whilst frozen. This also applies to small mammals where full mounts are required. Small mammals should be left whole. Do not remove the insides and remember to freeze immediately. Advice on caping: Always make sure your first cut for shoulder mount capes are well behind the front legs. Cut in a straight line over the shoulder and around the belly. This will ensure the taxidermist has enough skin to work with. Furthermore, the cut down the back neckline should be done straight along, next to the mane. Ask a friend to hold the head while you cut from under the skin, up towards the head. Try to hunt at farms where the farmer or outfitter know how to cape trophies, and has the staff and facilities to do this properly otherwise, learn to cape yourself.

For more information, contact Nicole of Buck ‘n Bass Taxidermy. Visit : www.bucknbass.co.za


8

Die Bontebok

Kaapjag Hoofkantoor Matt Relihan - Kaapjag CEO

verskaf. Vooraf inskrywing is noodsaaklik en laat inskrywing gaan u ‘n onnodige boete op die hals haal. Voltooi dus vroegtydig die inskrywingsvorm wat reeds uitgestuur is onverwyld en stuur dit terug na die betrokke kontakpersoon. Na die Ghong Uitdaging beweeg almal terug na die klubhuis op die Ramskop skietbaan. Hier gaan ‘n kontantkroeg beskikbaar wees en ‘n kerrieen-rys ete sal vir middagete beskikbaar wees. Hierdie ete is ingesluit in die inskrywingsfooi KAAPJAG LEDE-NAWEEK OP CALVINIA vir die Ghong Uitdaging. 12 TOT 14 APRIL 2019 Bespreek tog ekstra etes vir jou anjaar is ons die gaste van gesin indien jy vergesel word ons vriende op Calvinia en van gesinslede wat nie gaan u kan verwag om oorweldig skiet nie. Die prysuitdeling vind te word deur die vriendelikheid en die aand tydens die dinee plaas. gasvryheid van die bestuur en lede Die KAAPJAG Algemene van die Boesmanland Tak. Dit sê ek Jaarvergadering vind vanjaar met oortuiging, want hierdie plek se direk na die Ghong Uitdaging gasvryheid het ek al telkemale ervaar. in die Ramskop Skietbaan Ons lede-naweek sluit soos gebruiklik Klubhuis plaas en begin ‘n aantal lekker-saam-kuier-aktiwiteite stiptelik om 14h00. Hierdie in wat reeds die Vrydag-middag begin. geleentheid bied aan ons lede Hier volg ons program vir die naweek: inspraak in die werksaamhede Vrydag 12 April 2019 – Lede van van ons vereniging deurdat elders arriveer en kuier as gesinne en u ampsdraers kan nomineer vriende saam. Hierdie is skaapwêreld, en verkies om u belange te so koop gerus u skaaptjops op Calvinia beskerm. U sal ook inspraak hê en ondersteun sodoende ook die in die vasstelling van ledegelde plaaslike besighede. vir die komende jaar benewens Saterdag 13 April 2019 - Hierdie dag terugvoer oor ‘n verskeidenheid gaan ‘n woelige maar genotvolle dag van aangeleenthede, oa. die wees. finansies van die vereniging. ‘n Die gebruiklike Guns & Bows Ghong Kontantkroeg sal voor en na die Uitdaging gaan gehou word op vergadering beskikbaar wees. die Ramskop Skietbaan wat slegs Na afloop van die algemene ‘n klipgooi buite Calvinia geleë jaarvergadering kan almal is. Inskrywings begin reeds om verdaag en sosiaal verkeer 06h30. Die skiet begin om 08h00 by u onderskeie blyplekke. U stiptelik en beloof om groot genot te kan ‘n blaaskans geniet saam

V

met u gesin totdat die aand se verrigtinge om 18h30 in die Calvinia Kerksaal begin. Hierdie saal is in die hoofstraat geleë net langs die Calvinia NG Kerk. Die aand se verrigting beloof om die hoogtepunt van die naweek te wees. Die bestuur van Boesmanland-tak gaan ons behoorlik trakteer met smullekker streekskos terwyl ons toegespreek gaan word deur die Voorsitter van CHASA, Johan Kapp. Daarna volg die toekennings aan ons presteerders van die afgelope jaar, asook die prysuitdeling van die Guns & Bows Ghong Uitdaging en die Guns & Bows Ledewerwing Trekking. ‘n Kontantkroeg is deurlopende beskikbaar. Los dus gerus die lagkas tuis. Die ete is gratis vir alle lede en vooraf bespreking is noodsaaklik. Geen bespreking - geen ete, ongelukkig. Die koste van die ete vir nie-lede is as volg: Volwassenes en kinders bo 12 jaar = R190 elk, kinders 11 tot 5 jaar oud betaal R95 elk en kinders onder 5 jaar oud is gratis. Ete besprekings word gedoen by Mimi na admin@ kaapjag.co.za. Besprekings en betaling vir etes moet voor 10 April 2019 gedoen word. Sondag 14 April 2019 – almal vertrek op hul eie tyd. Ons vertrou almal gaan die lede-naweek en al die aktiwiteite baie geniet. Ons sien u in Calvinia! Groete Matt Relihan


www.gunafrica.com

9

KAAPJAG LEDE-NAWEEK wat insluit: ❑ ❑ ❑ ❑

Ghong Uitdaging Algemene Jaarvergadering Dinee Prysuitdeling

DATUM WAAR

BOESMANLAND Tak

13 April 2019 Boesmanland Tak, Calvinia Met trots geborg deur


10

Die Bontebok

SMITH POWER OPENS BRANCH IN WESTERN CAPE KUBOTA HAS MOVED - Orange is the new green From Construction, Landscape and Agriculture, the newly launched Kubota B26 TLB – available locally from exclusive distributor, Smith Power Equipment (SPE) – is built to work across diverse applications. It also boasts more digging force, increased backhoe lift, bucket, breakout and digging capacity, but retaining a very compact build.

I

n today’s operating conditions, versatility is right up every machine owner’s buying checklist. Equipment owners often base their new machine selection on a number of common factors such as fuel economy, total cost of ownership and performance. However, versatility has equally become a key driver of many buying decisions as a go-anywhere piece of equipment is regarded as a boon in any fleet owner’s stable. The latest on SPE’s arrival lounge is the new Kubota B26 TLB, a machine that takes versatility to a whole new level. B26 TLB SIDE WIDE Whether the job calls for a tractor with three-point implements, excavating utility trenches, or loading spoil into an end-dump, the B26 can take all the applications with ease. According to Greg Bergmann, Operations Manager at SPE, the new TLB fits between the existing BX25D and the L45 TLB models in Smith Power’s range. The B26 TLB comes with a third function valve bank on the backhoe as standard. This allows for use of a third function attachment such as a grapple or 4-in-1 bucket, thus maximising the machine’s versatility. Apart from its versatility, the machine boasts a number of feature upgrades that allow it to offer better overall performance, ease of operation, safety and, ultimately, increased productivity. B26 Key upgrades At the centre of it all is the 26 hp Kubota diesel engine that boasts an enviable combination of high power, high torque rise, low noise and low vibration. Increased power has resulted in improved backhoe, bucket and threepoint lift capacity. The lifting power of the B26’s three-point hitch has been increased by 60%, offering greater versatility with implements. Meanwhile, thanks to larger hydraulic pumps, the machine comes with improved power for tough excavating jobs, while improving the backhoe lift capacity by 18%.

B26 TLB BACKHOE VIEW B26 TLB SIDE WIDE To help customers get more power and dig deeper, bucket breakout force has been increased by 35%, which translates into more than 203 mm of more digging depth. The backhoe comes with increased digging capacity, offering more power and the ability to dig deeper. The B26 TLB offers more than 4 000 lbs of breakout force and a digging depth of 8’ 4. Despite increased power, the machine retains a very compact build, allowing it to offer more power even in constrained work spaces. Kubota has also increased the stabiliser lift capacity to give operators greater control on any terrain. The improved capacity results in better balance, which reduces unwanted settling. It also means more strength, with rear tyre lift possible while the machine is idling. B26 TLB Loading stone into front bucket. The design of the machine also has efficiency and productivity in mind. The B26 features a new and improved bucket-level indicator. Located on the loader lift arm, the rod indicator of the machine gives the operator the ability to check the level when using other implements like a pallet fork, and allows them to easily check level when using the bucket. With ease of maintenance and safety in mind, the B26’s brace-less loader frame design improves visibility and offers easier access under the hood. Meanwhile, lubrication points on the loader are conveniently located, eliminating the need to reposition the loader during lubrication. Headlights have been installed on the canopy to provide illumination for safe operation during night work. Optional front work lights provide an even greater field of view. Signal and work lights have been installed on the ROPS and canopy respectively. The height of the lights

provides greater ground coverage during night work for backhoe or threepoint hitch work. Optional work lights provide an even greater field of view. B26 Ease of operation A machine’s ease of operation has been proven to allow for greater productivity. With that in mind, the B26 comes with a range of features aimed at easy operation. Kubota has moved the engine throttle and starter switch to the right side of the operator seat to make it easier to reach when operating the loader or the backhoe. The loader joystick is mounted onto the side console to give the operator better control of the machine’s loader. This allows the operator to utilise multiple functions with ease. Along with the cup holder, these features help reduce operator fatigue. B26 TLB on a trailer. Meanwhile, greater manoeuvrability is ensured by the ease-to-use threerange hydrostatic (HST) transmission. Low effort is needed for the single HST pedal to control both speed and direction changes quickly without shifting or clutching. Forward and reverse are simple when using the loader, enhancing control when working in tight spaces. The independent PTO keeps stopping to a minimum. With this handy feature, the operator can stay productive by engaging and disengaging the rear PTO without ever having to stop the tractor. The B26 TLB also places major focus on operator comfort. The machine comes with more comfortable and ergonomic seats. The new deluxe seats are more cushioned to reduce fatigue, even when working long hours. Simply lift a lever and rotate the B26’s deluxe seat from forward facing to rear facing and back again. It makes switching to backhoe operation a snap. Kubota has moved to 21 Gerber BLVD, Strand. PHone: 021 854 5239


www.gunafrica.com

11


12

Die Bontebok

Skelmer as ‘n koedoe Deur: Schalk vd Merwe

E

k het so tien kilo’s kort van Beaufort-Wes, Kaap se kant, links gedraai op die grondpad Fraserburg toe, na my pa se stukkie grond wat lê onder die trappe-berg noord van die N1. Ek maak my bakkie se ruit op ‘n skrefie oop, net genoeg om my vingerpunte uit te steek en te kyk of dit regtig so koud is soos die lesing binne-in die bakkie sê dit is. Ja, hy’s sommer lekker “vars” en ek maak die ruit vinnig toe. Van Voorskop, Losberg soos ons hom noem, ‘n alleenstaande silinder-agtige berg, kruin uit bo die suid-westelike deel van die plaas. Op ‘n mooi skoon dag sien

jy al vir Losberg amper van LeeuGamka af. Dis eintlik effe van ‘n irritasie om die plaas al van so ver af te kan sien met die wete dat dit nog ‘n uur is soontoe. Deur die Sandrivier en Leeurivier is Losberg egter nie meer ‘n vaal kop in die verte nie en ry ek die werf vroegmôre binne. Jackie en Chip, ons twee skaaphonde, kom oop ketels pad-af gehardloop hek toe. Hulle het ons hoor kom en is altyd tog so gretig om te kom welkom heet. Al die pad hek toe gehardloop, en nou draf hulle al swaai-stert saam met die bakkie terug die inrit op. Die Karee- en Apiesdoring boompies wat Pa so ‘n jaar

gelede in die inrit op huis toe geplant het groei mooi. Hulle stamme is sommer al lekker dik. Die ander groengoed rondom die huis bloei ook al te pragtig. Godfrey, Pa se regterhand op die plaas, het ‘n oneindige stryd om die verdomde melkbokke uit die werf uit te hou en te keer dat hulle al wat verteerbaar is wegvreet. Hulle het mos nie ‘n oop hek nodig om aan die anderkant van ‘n draad uit te kom nie. ‘n Vriend van my het al verduidelik, jy moet ‘n emmer water vat en die na die kamp waarin die bokke loop se draad gooi. As van die water, beduie hy, aan die anderkant van die draad val dan is die draad nog


Die Bontebok

nie dig genoeg om bok se kind binne te hou nie. Pa is dou voor dag uit om by Skilpadpos se water ‘n “float valve” te gaan vervang, so dis net ma wat ons op die stoep inwag. Sy sit die snoeiskêr neer en trek haar handskoene uit soos sy die trappe afgestap kom. Haar broek se knieë is vol grond en haar voorkop is klam gesweet. Sy is ook nie een wat wag vir die son voor sy haar dag begin nie. Die hitte van die ou houtstoof in die kombuis wat dag en nag brand is soos ‘n ouma wat jou met haar louwarm arms ‘n druk gee as jy die vertrek instap. Die kombuis se vloere kraak soos jy oor dit loop en die Piet-fluit keteltjie

tussen die potte op die stoof fluit saggies soos hy stoom afblaas. Dis hoe dit hoort. Die siel het hierdie klanke nodig as bevestiging. Jy’s op die plaas. Ek was skaars afgepak toe Pa en Godfrey die werf ingery kom. Gegroet is dit duidelik Pa is vanmôre lus vir in die veld wees. “Toe, gaan trek gou vir jou aan, ek bring die .308 en .270 daar uit die kluis uit. Pak jy solank water en ‘n rooster in vir ons ook in”, ontvang ek my opdragte duidelik. So het ek nog nie eers behoorlik die stad uit my lyf uitgeskud nie en is ons om na die buurplaas, Rietkuil. Die stuk grond kry sy naam by die Rietkuil Rivier waarvan ‘n breë sytak die plaas so te sê in twee

13

deel. Die beboste rivierloop bied meer as genoeg skuiling vir die wild en skep ook die lekkerste geleenthede om te voet te jag. Ons het sommer vroeg al ‘n verskeidenheid bokke in die rivier gekry, maar niks onder skoot nie. In die oopte het ons ‘n paar mooi springbok ramme teëgekom waarvan ons twee gelaai het. Laat oggend gewaar ons n troppie takbokke op die vlaktes aan die weste-kant van die plaas, tien altesaam met een mooi ram by. Ons het nou-al gesien tot watse wonderlike goed ‘n takbok ram in staat is. Om die waarheid te sê, ek glo vas hy vat die kroon by die koedoe wat die skelmste bok betref, en dit sê baie, veral hier


14

Die Bontebok

Ek en Godfrey by my takbok ram in die Karoo waar als ‘n verdere vlak van van skelm bereik het en al geleer het om in die kleinste kloof, rivierloop of duik in ‘n vlak te verdwyn. Ek het al takbok ramme verloor in plekke wat die jagter in my heeltemal te trots is om hieroor uit te brei. Dan het ek hulle nie verloor as gevolg van ‘n gebrek aan deeglikheid of geduld nie, hulle het eenvoudig net verdamp. Die vlakte waardeur die bokke gehardloop het was oop en plat, gebreek deur twee kaal sanderige rivierlope in die vlak op. Aan die einde van een van hierdie lope het ‘n groot donkergroen granaatbos gestaan, alleen op die vlak. So het ons die bokke deur die verkykers staan en dophou soos hulle deur die vlak hardloop, deur die eerste rivierloop in die rigting van die tweede een verby die granaatbos. Skielik was die ram nie meer by nie. Waar’s die ram dan nou, het ek hardop by

myself gedink terwyl ek hulle steeds deur die verkyker staan en volg het. Niemand op die bakkie het my geantwoord nie en al wat ‘n verkyker is se lens is skoongeblaas, met ‘n hemp se mou skoongevee en weer mooi gekyk. Deeglik het ons die ooie dopgehou wat steeds op ‘n drafstap op pad was na die skuiling van die bos in die groot rivierloop. Ons het op ‘n kol selfs in onsself begin twyfel. Daar was mos ‘n ram by? Daar was verseker ‘n ram by, het ek en Pa mekaar verseker terwyl Godfrey net sy kop gekrap het. Daardie granaatbos meneer, het Godfrey gekom met die oplossing vir die raaisel. Dit kan nie wees nie, sal hy…nee. Sal hy wragtag uit hardloop uit daar gaan vassteek het? Ons was nie van plan om ons so te laat verneuk nie. Ons sou in elk geval ruskansie vat vir die middag, so terwyl Pa by die bakkie bly en solank ‘n vuurtjie aan die gang begin kry het het ek en Godfrey besluit om die

granaatbos te bekruip, so asof dit ‘n bok is. Ons kon die rivierloop wat loop tot kort by die bos goed gebruik. Die sagte riviersand het dit maklik gemaak om laag te bly, op ons hande, kniee en later maag, sonder te veel skade aan die knie-koppe en elmboë. Na ‘n naweek op die plaas krap ek gewoonlik nog vir weke dorings uit my lyf uit. Ek was so honderd en vyftig meter weg toe ek effe regop kom in ‘n hurk posisie net om die storie beter te bekyk. Die terrein wat volg was moeiliker en ek wou darem voor ek verder gaan net probeer bepaal of ek nie deur al die moeite verniet gaan nie. Ek het als by die bakkie gelos en net my geweer by my gehad. Deur my .270 se teleskoop het ek die bos mooi deurgekam. Godfrey was hier reg agter my by my voete. Ek het omgekyk na hom en verstom my kop geskut. Godfrey het gesien wat ek gesien het en lê en lag


Die Bontebok

15

My Pa se donkerbruin ram sonder om ‘n geluid te maak. Ek kon my oë nie glo toe die ram se horings skuins agter die bos by die gras uit steek nie. Ons vraag van vroëer is beantwoord. Die ram het net daar agter die bos gaan vassteek en gaan lê. Ek het so ver as moontlik in die rivierloop probeer bly. So nou en dan het ek regop gekom om te sien of die ram nog rustig is. Die het so te sê nooit van posisie verander nie. Elke nou en dan kon ek net sien hoe draai sy horings effe. Ek was binne tagtig meter van hom af toe ek besluit om dit nog nader te waag te van ‘n risiko is. Die rivierloop was van hier af net effe laer as die vlak buite en die skuiling buite laat veel na wense. Ons kan bekruip, maar ek is nou ook nie ‘n luiperd nie. Van hier af sou dit blote geluk wees om nader te kom. Ek moes nou in ‘n posisie kom om te skiet. Dit is natuurlik makliker gesê as gedaan. Al die bossies rondom my was van dieselfde

jaar en maak en nie een het vir my meer hoogte as die andereen gebied nie. Skielik het ek gewens ek het nie my rugsak agter op die bakkie gelos nie. Ek sou nou lekker oor dit kon aanlê. Ek het uit die rivierloop uitgeskuif op die rand buite wat vir my so ’n bietjie hoogte gegee het. Van hier kon ek die ram se ore sien uitsteek. Oor die afstand het ek heel gemaklik gevoel sonder om my geweer op iets te laat rus. Ek het darem so ‘n bietjie samewerking van die takbok ram ook geniet. Met my rondskywery moes hy kriewelrig begin raak het en het vir ‘n oomblik sy kop effe gelig. Hierdie was my kans. Die geweer het teruggeskop teen my skouer en die horings onder die granaatbos het omgedop.

ons dit pas meegemaak het nie. Terug by die vuur het ons Pa, wat die hele affêre van agter op die bakkie sit en dophou het, se weergawe gehoor. Net na die middag het hy ook ‘n mooi takbok ram geskiet, ‘n donker bruin een. Wat die takbokke betref is dit ook vir my ‘n eienaardige verskynsel, hoe die ramme van dieselfde area so radikaal kan verskil.

Ek en Godfrey het opgestaan, onsself afgestof en vorentoe gedraf. Ons het die bok bewonder en vir mekaar die jag in die fynste besonderheid oorvertel, so asof nie een van

Oppad huistoe sit en dink ek aan die storie met die takbok wat gaan vassteek het agter die granaatbos, dankbaar ek kon dit met my eie oë sien gebeur.

Die Sondag laat-middag is ek en my vrou weer huis toe, moeg maar tevrede. My dogtertjie sit agter in haar babastoeltjie. Haar beentjies en voete is vol skraap- en valmerke van sonder brieke agter ouma se hoenders aanhardloop. Ons was skaars uit die hek uit toe slaap sy.


16

Die Bontebok

Article Sponsored By Africa Outfitter


Die Bontebok


18

Die Bontebok


Die Bontebok

19

SYNCERUS HAPPINESS A COMPILATION OF SHORT HUNTING STORIES FROM SOUTH AFRICA

Download now!

WIKUS JORDAAN & DANIE GROBLER Download free Kindle app on any electronic device (mobile phone, laptop, tablet or iPad)


20

Die Bontebok


Die Bontebok

Article Sponsored By Africa Outfitter

21


22

Die Bontebok


24

Die Bontebok

By: Helmuth Fischer

Impala hunting the hard way?

A

friend of mine has a good relationship with the german owner of a game farm in the Waterberg south of Thabazimbi. I arranged with the owner that he would be allowed to hunt a few Impalas for meat. He requested that I hunt the Impalas for him, to which I agreed to with a smile . For my .270 Winchester I had only “Kalahari loads”, meaning light bullets for high velocities and long distances. However I still had some old .220 grain ProAms for my .300 WinMag. This calibre would normally “pulverise” an Impala, but I thought that the slow velocity of the 220 grain would be a fine “bush veld” load. So off we went. Upon arrival, the manager of the farm, explained to us that on “his” farm the method of hunting was “walk & stalk”. This suited me well. I had owned a game farm in the Kalahari and this was the way we exclusively hunted there with great success.

However it was a different matter here in Thabazimbi than in the Kalahari. The terrain was not only a lot of bush but also relatively dense, it was hilly with lots of climbs over big cobble stones. We saw plenty of tracks of game such as blue wildebeest, kudu, zebra, eland etc. but we failed to see even a piece of skin of these animals. Occasionally we were told that there were impala ahead (in full flight), but only the person in front enjoyed the privilege of that split second glimpse. In the evening we were quite exhausted and somewhat disappointed. The exhaustion was mainly caused by the climbs over large areas covered with big stones, which made walking difficult and at times even dangerous (for our ankles). On the second day I managed to shoot an impala ram. Distance was – unlike my bush-expectations – approx. 200m but again, no sighting

of other game. Not that we were allowed to hunt anything other than impala, but it would have been nice to spot some other buck. In the evening I did some soul searching. Why were we not successful? The manager had been working for Nature Conservation and once had been a professional hunter. I owned a game farm and also had done my PH exam to be able to guide overseas hunters on our farm. How could I now approach the subject without creating animosity or “professional jealousy”. I decided to take the task head on but chose my words carefully so as not to create bade vibes. I am originally from Germany and am familiar with the hunting environment there. I explained that the terrain and the environment was similar to that in Germany, but the hunting methods differed greatly. Those methods there had evolved over thousands of years. 1. Due to the dense vegetation it is


Die Bontebok

very difficult to spot animals before they spot you 2. Contrary to the more open Kalahari, the wind is not particularly strong in the Waterberg and due to the high trees etc. it swirls around, making it difficult to ensure a safe stalk against the wind without the animal getting a snuff of you. 3. It is almost impossible when focussing forward to not occasionally step onto a dry branch or twig and breaking it with considerable noise. 4. Not only were the twigs a problem, but so is the layer of dry leaves. How can one avoid making a noise when walking on dry leaves? In conclusion, I explained, the method of “walk & stalk” in the bushveld is the wrong method of hunting. In the Kalahari we were moving towards the game and had enough advantages on our side, such as a constant wind direction and sufficient cover. Also the sand with widely interspersed branches made it easy to stalk quietly. I added cautiously that I was not trying to “teach him how to suck eggs”, but that I had agonised about our limited success, given the abundance of game on the farm. Not to mention that we were dead in the evening after a strenuous walk. I recommended – like in Germany – to rather let the game come to you. Placing the hunter close to a well-used game path. We saw large areas full of mittens used by both kudus and impalas and others used by blue wildebeest bulls. They were used to walk towards these places and due to the dense bush, mostly in single file. This would make it easy for the hunter to select the correct animal (whereas we had to take whatever became visible in a clearing) thereby assisting the farmer with his breeding objectives. E.g. not to hunt trophy animals

nor to hunt female animals, or only young males etc. I recommended a simple construction of a “Hochsitz” (high chair) accessible by ladder. High enough so that the hunter would be covered by branches of a tree and also high enough so as to carry his scent high and far away. In this way the hunter would become more successful in this bushveld environment. But in the end, luck and the clever selection of a “Hochsitz” position, considering the prevailing wind direction, would be the decisive factor. But isn’t luck also part of hunting? I was relieved that the manager

25

accepted my analysis of the situation and promised to install a few of these “Hochsitzes” on a trial basis, which he envisage to be constructed with wood material freely available on the farm. I am looking forward to his feedback after another hunting season. We were lucky to get a second impala on the last day with the “traditional” method. It was a young ram, but it could also have been a large female already covered by the ram. How would I have known given the limited visibility? Needless to say, we failed during the few days we spent on the farm to see any other animals. Well, better luck next time.


26

Die Bontebok

POLARIS side by side atv RANGER SOLUTIONS FROM MAVERICK MOTORSPORT Go to the dictionary and look up the word ‘maverick’. You’ll see that it means, among other things, free-spirited, trendsetter, original. Well these words couldn’t be more appropriate when describing Leon Laing and the entire Maverick Motorsport team from Strand in the Western Cape.

T

o make the successful modifications that they have made to various Polaris Ranger Utility Vehicle (UTV) units in line with their customers’ requirements, one needs a ‘maverick’ spirit. “That’s always been our approach,” says Laing. “Whatever the customer needs, we’ll make a plan that is completely and professionally executed.” Maverick up for challenge Jacques Bester, a farmer from the Moorreesburg district, confirmed this wholeheartedly. “When I approached Leon from Maverick Motorsport with a relatively complex, multi-faceted conversion request their immediate answer was “no problem”. I had some lingering doubts but they were totally unfounded. The end result was more than I could ever have hoped for and the “new” machine has made a real difference to how I can manage the farm,” he says. Fully Kitted Polaris Ranger 570 by Maverick Motorsport The following modifications were made: • Lockable gun box that doubles as a roof and shooting cushion. • Centre-mounted gun holders for quick reaction • Height and width adjustable spray boom to spray fences and wheat crops. This is foldable and has break-away action in case of contact in tight spaces • Working and LED light for night work • Height-adjustable shooting bar • Extra seat to carry extra passengers and to carry workers around the farm Polaris takes utility to the max “The Polaris Ranger takes the meaning of ‘utility’ vehicle to the max. It’s now a pick up, spray rig and hunting unit,” Bester says and adds that, apart from the added convenience, the cost savings have been huge. “This machine now does what it would have taken three separate units to do and, being able to get into the wet crops, saves me on the expense of getting an aircraft to do it” Another modification, this time on a Polaris Ranger EV (Electric Vehicle) was for a customer whose business it is to prevent Rhino poaching.

These modifications include: • Shooting cushion as a roof • Padded side rests • Blacked-out main lights to prevent reflection • Extra LED Spot lights – also covered • Working lights at the back – also covered • Shooting bar at the front, that is • Extra points for spot lights • E-Hunting with Polaris Ranger Again, the customer was over the moon. He said to Leon: “The ‘E- hunter’ is marvellous – this is really a professional job you have done and we appreciate it. This will help us enormously in the serious work of saving rhinos” Maverick Motorsport equipped a Polaris Ranger used on a cheetah rehabilitation farm with a roof that doubles as a work platform, LED lights and a work light. Another was equipped with special bags for binoculars and books to be used during sightseeing trips. Yet another Ranger 570, working on a flower farm, was kitted with a game conversion and as a special favour to the customer, MM especially converted the customer’s own trailer to enable them to take more guests to view their proteas. “It’s all about customer service,” says Polaris S.A. distributor, Smith Power Equipment’s Mark Chittenden. “It’s obvious that Maverick Mortorsports are giving their customers an extraordinary, proactive service that they can be proud of. It is so important to be a ’maverick’ and provide extra, creative services for one’s customers in these challenging economic times,” he concluded. Maverick Motorsport: Leon Laing T: 021 854 6966 E: leon@mavericksport. co.za For more information please contact SPE on 011 284 2000 or our website: www.polarissa. co.za


28

Die Bontebok

10 Goed wat moet Sa am jagveld toe

D

aar is ‘n paar basiesse dinge waarsonder jy nie suksesvol kan jag nie, soos die regte kaliber vir die omstandighede, geskikte kleredrag, ‘n hoed, goeie kwaliteit en ingeloopte stewels asook middels om te beskerm teen bosluise en insekte. As ons dit as die basiese benodighede kan beskou dan ontstaan die vraag wat ek sou ekstra wou saam neem om my taak te vergemaklik en om deur die dag te kom ? My keuses is as volg: Rugsak Aangesien jy ‘n paar artikels sal wil saamdra is dit net prakties om vir jou ‘n rugsak aan te skaf wat verkieslik by jou kleredrag en die veld sal inpas en ook gemaklik sal dra. Dit kan ook handig wees om as ‘n skietrus te gebruik. Ek het gevind dat ‘n rugsak nie regtig in die pad is nie en dat jy dit met gemak kan dra, maar onthou jy gaan hom moet dra. Mes Menigde jagters se trots. Baie heg ook baie sentimentele waarde aan

Deur: Awie Pelser

sy mes want dit was miskien ‘n geskenk gewees. Party verkies ‘n jagmes, ander ‘n knipmes en party manne dra sy Leatherman multitool saam. Wat jy ook al besluit, iets moet jy byderhand hê vir keelafsny van die bok sodat dit kan uitbloei. In bosveld omstandighede kan ‘n multi tool handig wees om ‘n doring uit jou stewel te verwyder of vir die vasdraai van ‘n skroeffie. My keuse is ‘n knipmes wat lig is om saam te dra soos die met ‘n houtsteel wat vervaardig word deur Opinel. Jou groot slagmes kan jy by die kamp of in die bakkie los tot wanneer jy hom benodig. Dis baie belangrik dat jou mes skerp moet wees. Digitale kamera of selfoon kamera Met vandag se tegnologie kan ‘n man mos nie anders as om al jou herhinneringe vas te lê nie. Jy moet mos by die huis gaan spog oor wat jy geskiet het, waar jy gebly het en hoe dit daar gelyk het. Dit is vir my lekker om so te sit en te kyk na al my jagtogte en sommer weer terug te verlang na daardie baie spesiale oomblikke.

Houer met babapoeier Ek het ‘n houertjie by die apteek gaan koop wat ek vol babapoeier maak en saamneem om te bepaal in watter rigting die wind waai. Afgesien van jou jagvaardighede en skietvernuf kan die klein botteltjie jou sukses van die jag bepaal. Hou in gedgate dat jy deurentyd wind op moet loop anders ruik die diere jou en sal jy net gelukkig wees as jy per ongeluk iets raakloop indien jy wind af sou loop. Ek gebruik dit deurentyd in die veld aangesien die wind somtyds geneig is om te verander. Baie jagters skop sommer in die stof maar dit raas en die keer wat jy nog so skop en dan daar trek daai reuse trofeebul hier langs jou weg, dan sou jy wens dat jy maar die raad gevolg het deur vir jou ook so ‘n botteljie met babapoeier aan te skaf. Eetgoed As jy heeldag in die veld gaan wees moet jy maar ‘n stewige ontbyt neem en baie vloeistof inneem. Ek vat altyd energiestafies saam wat lig is om te dra en maklik is om aan


Die Bontebok te peusel asook vrugte wat nie net help om daai hol kol op jou maag te vul nie maar ook ryk is aan vog en gesond is vir jou. Vat maar ‘n vrug saam wat maklik skil of so met skil en al geëet kan word. Vat eerder ekstra eetgoed saam as te min. Dis glad nie lekker om in die veld te sit met ‘n leë maag wat grom nie. Water Ek vat so 1 liter water saam veld toe, as dit baie warm is vat meer. Soos reeds gemeld, kan jy die oggend voor die jag genoeg vloeistowwe inneem asook die vrugte wat ryk is aan vloeistowwe. Ek vat water saam en nie dinge soos koeldrank of koffie nie. As jy dors is wil jy water hê. Ek maak gebruik van ‘n aluminium houer wat nie kan breek nie en help om die water lekker koud te hou. Pasop vir te koud, anders voel jy dit weer dalk teen jou rug in die rugsak die heeltyd. Maak maar seker vooraf of die water in die area drinkbaar is. Daar is vir my niks so sleg soos brakwater nie, dan koop ek maar water by die huis en neem dit saam na die jag toe. Toiletpapier Vir die wat in die weermag was sal die term witgoud bekend wees. Weereens as jy heeldag in die veld gaan wees is die kanse goed dat jy dalk ‘n behoefte sal ontwikkel en wat dan gemaak ? Ek gebruik dit ook indien jy sou kwes om die bloedspoor aan te dui so elke 10 m. Dit maak dit vir ander maklik wat kom help soek of as jy die spoor verloor om weer terug te gaan na waar jy laaste bloed gesien het. Dit is ook omgewinsvriendelik en na die eerste reën is al die blokkies wat jy aan die boom se tak gehang het weg. Ek verkies die pakkies sneesdoekkies wat tekoop is en pak so 3 of 4 in die rugsak. Ammunusie Meeste gewere vat tussen 3 – 5 rondtes in die magasyn afhangend

van die maak en kalliber. Ek dra altyd 5 rontes eksta aan my aangesien jy nooit weet wat kan gebeur nie. Alhoewel ‘n man nooit daarvoor beplan nie kan jy of jou vriend ‘n bok kwes en dan moet jy gereed wees om te kan help. Ek het altyd ‘n boks van 50 rondtes saamgery jagveld toe maar deesdae vat ek slegs 20 rondtes saam want dis gewoonlik oorgenoeg vir ‘n paar skote inskiet werk en die jag. Kommunikasie Deesdae is selfoonopvangs goed maar daar is nog plek, plek gebiede waar die opvangs maar sleg is. Bepaal vooraf of die area gedek word en indien nie maak dan maar gebruik van ‘n tweerigting radio. Vandag is die tweerigtingradio’s op die mark klein en werk dit baie effektief. Sodra jy geskiet het wil jy tog laat weet waar jy is sodat jy en jou bok opgetel kan word. Ook in terme van ‘n noodgeval wil jy dalk hulp ontbied en daarvoor moet jy met iemand kan kommunikeer. Maak seker dat indien julle van tweerigting radio’s gebruik maak iemand die heeltyd op bystand sal wees aan die anderkant en dat die radio’s se batterye vol gelaai is. Maak ook seker dat jou radio’s se opvangs oor die hele area voldoende sal wees en draai maar op sag sodat niemand jou roep wanneer jy aanlê op ‘n bok nie. Handwapen Iets wat ek die laaste 17 jaar al saamdra en nog nooit gebruik het nie maar ook nooit by die huis sal los nie. My keuse is my .357 magnum rewolver. Alhoewel ek nie wil nie en slegs as laaste uitweg sal gebruik kan jy jou dalk vasloop in ‘n swartmamba en ek meld weer as daar geen ander uitweg is nie kan jy jou handwapen gelaai met snakeshot gebruik. Jou jaggeweer met teleskoop kan dalk nie vir daardie doel aangewend word nie veral as die slang te naby aan jou is.

29

Onthou dat jy die indringer is en dat jy alle gediertes en hul omgewing moet respekteer. By gevalle het ek al gelees van manne wat deur ‘n luiperd oorval is en dan gaan jou jaggeweer weereens vir jou geen doel dien nie. Dit is ongelukkig realiteit dat ons jag en leef in Afrika en dat jy maar gereed moet wees vir enige gebeure. As jy in ‘n groot jaggroep jag is, is dit seker redelik veilig in die aand maar soos ek en my vrou wat alleen jag en baie keer op afgeleë plekke is, dan is dit maar net raadsaam om iets by jou te dra ingeval van nood. In die aand om die vuur is jou jaggeweer gewoonlik in die jaghut weggesluit in die kluis en dan is jy maar redelik kwesbaar vir die wild daar buite. Daar is ook dinge wat ek nie in die veld saamdra nie, soos ‘n skietstok. Ek vind dis ‘n beslommernis veral as jy van tyd tot tyd jou geweer van skouer tot skouer wil ruil. Ook hak dit vas tussen en onder deur die bosse. As jou gids of PH dit kan dra dan is dit reg. Ek maak sommer gebruik van die naaste boom of tak of skiet uit die skouer. As jy in die vlaktes gaan skiet maak dit meer sin. ‘n GPS toestel dra ek ook nie sommer saam nie. Ek het geleer jag deur te let op bakens soos die son, ‘n berg, kragdrade ens. Indien jy nie area ken nie vat hom maar saam as jy een het. Indien jy nie ‘n gids by jou het wat die area ken nie raak maar eers vertroud met die omgewing. ‘n Afstandmeter in die bosveld is onnodig. Jy gaan tussen 10 – 30 m skiet en hoef jy nie daardie bepaling te doen nie. Weereens as jy in die Vrystaat , Karoo of Oos Kaap vlaktes gaan skiet vat hom saam. Werk maar aan jou fiksheid voor die jagseisoen want onthou wat jy inpak moet jy dra. Lekker jag.


Die Bontebok

Ontstaan van die Eerste Deur: Kas Hamman Nasionale Park in Suid-Afrika

N

atuurbewaring noodsaaklik vir oorlewing Die primêre doel met natuurbewaring sluit in volgehoue pogings om niks wat in die natuur voorkom, verlore te laat gaan nie - veral nie vanweë die aktiwiteite van die mens nie. Dit behoort pogings in te sluit wat alle natuurlike hulpbronne in die litosfeer, hidrosfeer, atmosfeer en alle geassosieerde lewende organismes in stand te hou wat meehelp om ʼn gesonde balans te handhaaf. Verstandige, korrekte en oordeelkundige bewarings- en benuttingsmetodes, gebaseer op gesonde wetenskaplike beginsels, is dus van die allergrootste belang vir volhoubare natuurbewaring. Die natuur en al sy fasette van verskeidenheid kan alleenlik effektief en volhoubaar bewaar word indien dit moontlik is vir evolusionêre prosesse om vry van oormatige versteuring voort te gaan. Geen plant of diersoort kan op die langduur in isolasie buite sy natuurlike habitat effektief bewaar word nie. Wêreldwyd is die uitdaging egter om groot genoeg terrestriële bewaringsgebiede opsy te sit vir hierdie doel. Deur bewaringsgebiede d.m.v. korridors, of oorgrensparke aanmekaar te koppel, word die onnatuurlike effekte van eilandevolusie (weens isolasie) in ʼn mate teengewerk. Die hoofdoel van natuurbewaring is dan ook om voorsiening te maak

vir die sorgvuldige bewaring en die oordeelkundige benutting van plante, diere en natuurlike hulpbronne tot voordeel van huidige en toekomstige geslagte. Komplimenterend tot nasionale en oorgrensparke, is daar vandag in Suid-Afrika heelwat provinsiale, streeks, munisipale, asook privaat bewaringsgebiede wat ʼn baie belangrike bydrae tot die bewaring van ons natuurerfenis maak. Wêreldwyd is daar vandag egter min ongerepte omgewings wat oorbly en is daar ongelukkig min plekke op aarde waar die vernietigende stempel van die mens nog nie duidelik en onomkeerbaar afgedruk is nie. Menslike oorbevolking en alles wat daarmee gepaard gaan, is waarskynlik die grootste bedreiging vir volhoubare natuurbewaring. Die wêreldbevolking van tans meer as 7 miljard mense hou ernstige bedreigings vir natuurlike omgewings in. Teen die tempo waarteen die wêreld-bevolking tans groei, sal daar teen die jaar 2400 net ongeveer een vierkante meter grond per persoon beskikbaar wees. Daar bestaan geen twyfel dat natuurbewaringsgebiede in die toekoms toenemend geteiken gaan word vir nywerhede, landbou en behuising om aan die korttermyn behoeftes van die groeiende bevolkings te voldoen nie. Dit is noodsaaklik om in gedagte te hou dat hierdie unieke planeet van ons se natuurlike hulpbronne

nie onuitputbaar is nie. Vandag se grootste omgewingsbedreigings is: bevolkingsgroei, habitat vernietiging, besoedeling, vermorsing, armoede en klimaatsverandering weens ʼn kumulatiewe effek van hierdie impakte. Vir volhoubare oorlewing deur die mens behoort ons primêre doelwit te wees om alle hulpbronne só te bewaar en te benut dat die noodsaaklike lewenskringlope in die natuur instand gehou word. Interessant is dat die natuur self die antwoord hier bied. Die effektiewe sirkulering van voedingstowwe kan in ‘n groot mate die totale uitputting van hulpbronne in die natuur voorkom. Die belangrikheid van die waterkringloop, suurstofkringloop, stikstofkringloop, koolstofkringloop, en talle ander kringlope in die natuur kan nooit oorbeklemtoon word nie. Ook die herbenutting van talle stowwe is belangrik vir die mens se voortbestaan. Water, yster, papier, plastiek, glas, aluminium, olie, koper, tin, lood, om maar ‘n paar te noem, kan almal herbenut word. Met doeltreffende herbenutting, sorgvuldige bewaring en beperkte gebruik sal die beskikbare bronne hopelik langer aan die groeiende behoeftes van die mens kan voorsien. Die eerste Suid-Afrikaanse Nasionale Park Die Kruger Nasionale Park is vandag een van die grootste wildreservate


Die Bontebok of natuurparke in Afrika . Dit dek ‘n oppervlakte van ongeveer 20 000 vierkante kilometer in die provinsies Limpopo en Mpumalanga in noordoostelike Suid-Afrika en strek 360 km van suid na noord en gemiddeld 65 km van oos na wes. Gedeeltes van die huidige park is alreeds in 1898 deur die regering van die destydse Suid-Afrikaanse Republiek beskerm en later in 1926 as Suid-Afrika se eerste nasionale park geproklameer. In die noorde is Zimbabwe, en in die ooste is Mosambiek . Die park is nou deel van die Groot Limpopo Oorgrenspark , ‘n vredespark wat die Nasionale Krugerwildtuin verbind met die Gonarezhou Nasionale Park in Zimbabwe en die Limpopo Nasionale Park in Mosambiek. Dit tel nou onder van die grootste bewaringsgebiede in die wêreld. Vroeë tekens van mense Insiggewend en interessant is dat daar betroubare bewyse gevind is van oermense (voor Homo sapiens) wat so lank terug as 1,5 miljoen jaar

gelede in die gebied gewoon het. Boesmans of Sanmense het ook ongeveer 100 000 jaar gelede in die gebied gewoon. Die eerste Ngunisprekende mense het eers ongeveer 200 n.C. vanaf die noorde na die gebied migreer en die Boesman- of Sanmense begin verdryf. Teen 800 n.C. het Arabiere die gebied begin teiken vir slawe handel deur van die hawe by Mosambiek gebruik te maak. Van hierdie “immigrante” het hulle in die teenswoordige park gevestig waar hulle yster in die noordelike dele van die park ontgin het. In die Thulamela gebied kan vandag ongeveer 200 ou myne geïdentifiseer word wat dateer uit die tydperk tussen 1250 en 1700 n.C. Eerste Europeërs Die eerste Europeër wat die gebied verken het was die Nederlander Francois de Cuiper, wat ‘n ekspedisie van die Kaapkolonie in 1725 namens die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie gelei het. Die ekspedisie is egter deur plaaslike etniese groepe by Gomondwane aangeval en verdryf.

31

Teen ongeveer 1838 het Voortrekkerekspedisies gelei deur Louis Trichardt en Hans van Rensburg die Laeveld verken, maar mens en dier is erg deur onderskeidelik malaria en tsetsevlieë geteister. In 1845 het João Albasini, ‘n 18-jarige Italianer, die eerste Europeër geword om in die gebied te kom woon. Hy was gestrand in Mosambiek en het besluit om weswaarts binneland in te trek. Hy het ‘n opstal gebou en ‘n winkel geopen naby die hedendaagse Pretoriuskop. Teen ongeveer dieselfde tyd is wa-roetes regoor die Laeveld aangelê wat die destydse Zuid-Afrikaanse Republiek (later Transvaal) met Delagoabaai in Maputo (vroeër bekend as Lourenço Marques) verbind het. Goud is in September 1873 in Pelgrimsrus ontdek, en 8 jaar later (1881) in die Barberton omgewing ook. Fortuinsoekers het na die Laeveld gestroom ondanks die vrees vir leeus, krokodille, malaria en impak van die tsetsevlieg. Dié instroming van fortuinsoekers het aanleiding gegee tot ‘n dramatiese vermindering


32

Fotos: Kas Hamman - Bergkwagga van wild in die omgewing as gevolg van jag en handeldryf met dierehorings en velle. Teen die einde van die 19de eeu, het Abel Chapman, een van die jagters in die gebied, opgemerk dat die wild in die gebied erg bedeel word deur onetiese jag, en die feit onder die aandag van die owerhede gebring. Die doel van die park was dan ook oorspronklik om hierdie “oorbenutting” te beheer om sodoende die wild en later die ekostelsel van die park te beskerm. Ontstaan van die Kruger Nasionale Park In 1895 het Jakob Louis van Wyk ‘n mosie in die Volksraad van die destydse Zuid-Afrikaanse Republiek bekendgestel om die wildreservaat te skep. Die voorgestelde gebied het gestrek vanaf die Krokodilrivier in die suide tot by die Sabierivier in die noorde. Die mosie is saam met ‘n ander Volksraadslid by name RK Loveday voorgestel en in September 1895 is dit met ‘n meerderheid van slegs een stem vir bespreking aanvaar. Dit het gelei tot proklamasie van ‘n “Government Wildlife Park” deur Paul Kruger, president van die destydse Transvaalse Republiek (ZuidAfrikaanse Republiek), op 26 Maart 1898. Hierdie park het later bekend gestaan as die Sabie-Wildreservaat. James Stevenson-Hamilton word in 1902 aangestel as die eerste bestuurder van die SabieWildreservaat. Op daardie stadium het die park die suidelike derde van die hedendaagse park beslaan. Die Shingwedzi-reservaat , vernoem na die Shingwedzi-rivier en nou in die noordelike gedeelte van die Krugerwildtuin, is ʼn jaar later in 1903

Gevlekte Hyena geproklameer. Gedurende daarop volgende dekades is alle plaaslike stamme uit die reservaat verwyder en in die 1960s is die laaste groepe plaaslike inwoners by Makuleke uit die Pafuri driehoek verwyder. Gedurende 1923 het die eerste groot groepe toeriste die Sabiewildreservaat begin besoek, maar slegs as deel van die Suid-Afrikaanse Spoorweg se destydse gewilde treintoere. Vir dié toeriste-toere is die spoorlyn van Selati tussen Komatipoort op die Mosambiekse grens en Tzaneen in die huidige Limpopo-provinsie gebruik. Die toer het ‘n oornagplek by Sabiebrug (nou Skukuza) ingesluit, asook ‘n kort veldwandel-roete deur die “bos”, begelei deur gewapende veldwagters. Dit het gou ‘n hoogtepunt van die toer geword en het waardevolle steun verleen vir ʼn veldtog om die Sabie-Wildreservaat as nasionale park te proklameer. In 1926 is die SabieWildreservaat, die aangrensende Shingwedzi-Wildreservaat en verskeie plase saamgevoeg om die Kruger Nasionale Park te vorm. Sabiebrug word Skukuza In Augustus 1932, stel ʼn lid van die Parkeraad, Gustav Preller, voor dat die naam Sabiebrug-Reservaat, verander na Skukuza, wat die Tsonga-naam vir James StevensonHamilton was, die eerste parkhoof van die Sabie-Wildreservaat sedert 1902. ʼn Maand later word Preller se voorstel aanvaar en tydens ʼn spesiale herbenamings-geleentheid verander Sabiebrug-Reservaat na Skukuza, wat dan ook die administratiewe hoofkantoor van die Park word. Direk vertaal beteken die Tsonga-

Troupant naam vir James Stevenson-Hamilton “hy wat skoonmaak”. Dit het op daardie stadium verwys na StevesonHamilton se pogings om wildstroping te bekamp asook die verwydering van die plaaslike mense uit die gedeeltes wat ge-oormerk was vir die Park. Later is die Suid-Afrikaanse Spoorweë versoek om die naam van die sylynstasie noord van die Sabiebrug te verander na die HuhlaStasie. Ongelukkig word die sylyn vandag nie meer bedryf nie. Oorgrenspark In 2002 is die Nasionale Krugerwildtuin, die Gonarezhou Nasionale Park in Zimbabwe en die Limpopo Nasionale Park in Mosambiek ingesluit in ‘n vredespark, die Groot Limpopo-oorgrenspark of die vergrootte park is deur die Verenigde Nasies se Opvoedkundige, Wetenskaplike en Kulturele Organisasie (UNESCO) aangewys is as ‘n Internasionale Mens- en Biosfeerresevaat. Slotopmerking Die Kruger Nasionale Park word vandag deur Suid-Afrikaanse Nasionale Parke (SANParks) as een van 22 parke bestuur en is nog steeds die organisasie en die land se vlagskip bewaringsgebied wat jaarliks deur duisende Suid-Afrikaners asook buitelanders besoek en ervaar word. In ʼn volgende artikel hanteer ek die geskiedenis en belangrike rol van provinsiale bewaringsinstansies asook bewaringsbosbou. Bronne 1. Suid-Afrikaanse Nasionale Parke (amptelike webblad). 2. Webwerf: Wikipedia.com


34

Die Bontebok

KaapJAG Fotogallery

Kompetisie Wenner Riaan en Louhan (7) Janse van Rensburg Pa en seun se eerste “walk and stalk� jag saam - Eland gejag met .300 Win Mag

Send your hunting photos to rossouw@ifadvisors.co.za and stand a chance to win leather goods from Els & Co to the value of R2500. Sponsored by Els & Co Ts & Cs


Die Bontebok

Michael Calitz - Gemsbok Kimberley, Noord Kaap, Howa .300 Win Mag 180gr

35

AndrĂŠ Mouto n Springbokram geskiet op Baviaanskloof, Eendekuil met sy Oupa Victor se .222 Brno

Andries de Klerk Buffel gejag in Sabie Game Reserve Mozambiek met 500NE Verney Carron570gr @ 2150ft/sec


36

Die Bontebok

John Barna rdt en Naud ĂŠ Barna rdt Eland gejag by Chanbe Game Lodge tussen Kimberley en Boshof

Hopewell Gideon De Villiers - Blouwildebees is gejag op die plaas uitgeslag in die Beaufort Wes distrik met ‘n .308, die bees het 128kg


Die Bontebok

KaapJAG Fotogallery

HEN RI DU TOIT Upington Kalahari Springbok gejag by Bo Plaas in

Elmo Scheffer - In Kalah ari gejag Springbok ram, met 6.5 Cre edmoor

An dro du Pre ez a met 155gr Berger punt Blouwildebees bul gejag met .308 How

37


38

Die Bontebok

Wes Bolandjag -tak

Kobus Van Niekerk - Voorsitter

D

ie nuwe jaar het met ‘n spoed weggespring en Wes Bolandjag het reeds drie skiet aktiwiteite aangebied asook ons algemene aaarvergadering en Chasa Toegewyde Jagters opleiding. “Falling Plate” tipe handwapen skiet is saam met die kleiduifskiet aangebied en is goed verteenwwordig. Uitslae van die skiete, asook ons jaarprogram kan by www.wesbolandjag. co.za nagaslaan word. Ons sien uit na die res van die jaar se aktiwiteite en die bestuur staan reg om vir die skuts wat kom deelneem dit so aangenaam moontlik te maak.

Wes Bolandjag se A span “Die Slingervelle” kon tydens 9 Februarie se intertak skiet tussen Wes Bolandjag en Weskus Tak na ‘n afwesigheid van 2 jaar weer die wisseltrofee Moorreesburg toe bring. Wel gedaan

Wenners van die dag saam met die Voorsitter by die Standaard Chasa baanskiet wat op 2 Maart gehou is op Moorreesburg skietbaan Matt Relihan van Kaapjag en die Bestuur van Wes Bolandjag luister aandagtig na kommentaar vanaf lede tydens die AJV van Wes Bolandjag wat op 14 Maart gehou is op Moorreesburg en deur 33 lede bygewoon is. Die huidige bestuur is herkies behalwe vir die tesourier wat bedank het na 5 jaar van getroue diens.... baie dankie Andre Scott vir die puik werk wat jy gelewer het. Elne van Niekerk is verkies as nuwe tesourier en ons vertrou sy sal ‘n lang pad saam met ons stap.


Die Bontebok

Drie lede van “Die Slingervelle� met die wissel trofee saam met die voorsitter op die plaas Remhoogte Moorreesburg

2 lede van Wes Bolandjag se span wat by die intertak skiet die tweede plek losgeskiet saam met Albert Carstens wat sy plaas beskikbaar gestel het vir die dag se aktiwiteite.

39

Skuts wag geduldig onder die toesig van die baan offisier om te begin skiet. Standaard Chasa Baanskiet van 2 Maart

Wenners van die handwapen en kleiduif skiet op 16 Februarie

Skuts op pad na hul teikens om punte te tel tydens die Standaard Chasa Baanskiet van 2 Maart wat gehou is op ‘n lekker bewolkte dag op Moorreesburg skietbaan.


40

Die Bontebok

Namakwa-tak

Braham de Swardt - Voorsitter

N

amakwa tak se jaar het afgeskop met ons AJV op 16 Februarie waartydens die nuwe Bestuur vir 2019 gekies is. Ons jaar se aktiwiteite lyk as volg: INTERTAK CHASA van 9 Maart, Handwapen Social 27 April, Groepering 11 Mei, .22 Social 15 Junie, 31 Augustus VELDSKIET Strandfontein, 5 Oktober Kleiduif. Ons eerste skiet op 9 Maart was Kaapjag se jaarlikse INTERTAK CHASA wat hierdie jaar by ons op Vredendal gehou is. Safari & Outdoor was die hoofborg en Waterval Safaris van Kimberley het vir ons goedgunstiglik ’n jag vir 2 persone gegee om as “Lucky Draw” uit te veil. Die opkoms vir die INTERTAK was baie goed gewees en basies al Kaapjag se takke het spanne gestuur om hul tak te kom verteenwoordig en teen mekaar mee te ding. Daar was in totaal ‘n 101 skuts vir die dag gewees, wat mans, dames en juniors ingelsluit het. Kompetisie was normale CHASA formaat met ‘n ope en standaard klas. Die weer het baie mooi saamgespeel en daar was relatief min wind en dit was ook ‘n koel dag wat dit vir deelnemers lekker gemaak het om te kompeteer. Uitslae as volg: Juniors OPE: Izak Hanekom(530.9),

“Lucky Draw” wenner wat ‘n Jag by Waterval Safaris gewen het. Anthon POSTHUMUS met BOETIE COOPER van Waterval Safaris

Servaas Rabie, Kaapjag voorsitter met Carel Maritz, Evan Lategan, Jean Laubscher en Stiaan van Wyk - Team Namakwa Rohan Meyer, Terence Fouche DAMES Ope, Marlize Volschenk (450.7) Janine Nigrini, Lorainne Theart Standaard: Reinette Schkeurkogel (375.3), Izelle Nel, Juanita Steenkamp MANS OPE: Andre Volschenk (601.1), Piet Louw, (600.4), Carel Maritz (570.7) Standaard : Ricardo Vrey (525.3), Johann Strauss (455.4), Andro Du Preez (410.2)

SPANNE: TEAM SAVAGE Jacques Obermeyer, Andre Volschenk, Valie Enslin, Jaco Brink TEAM NAMAKWA, Carel Maritz, Evan Lategan, Jean Laubscher, Stiaan van Wyk TEAM KOUP A, Elmo Scheffer, Jacobus Nel, De Waal Nigrini, Henk van Zyl Die Bestuur wil net alle betrokke partye bedank wat die INTERTAK help ‘n sukses maak het, veral ook ons hoofborg SAFARI & OUTDOOR asook Boetie Cooper van Waterval Safaris


Die Bontebok

41

Koup-tak

O

Jacobus Nel - Voorsitter

ns ou takkie is maar klein maar van tyd tot tyd krap ons ‘n geldjie bymekaar vir liefdadigheid. Ons het beplan om vir Huis Malan Jacobs, die tehuis vir bejaardes ‘n waterstelsel vir hul tuin te installeer maar die tyd

het aangestap en Laingsburg se water het al hoe minder geraak. Wat maak ‘n mens nou met ‘n waterstelsel as daar nie water is nie? Eskom wat nie altyd krag kan voorsien nie was vir ons die antwoord. Na ‘n gesprek met die hoof van die tehuis het ons op die volgende briljante plan besluit. Ons het die hele tehuis van noodligte voorsien. Die liggies is so oulik dat daar tans nie eens gebruik gemaak word van die bestaande dakligte in die gange nie maar wel net staatgemaak op die noodligte wat op beweging reageer en sodoende word daar ook krag gespaar omdat dit aan en af skakel. Die liggies herlaai solank die krag

Huis Malan Jacobs ontvang hul ligte

aangeskakel is maar die oomblik dat Eskom die krag afsluit skakel die liggies outomaties aan. Saterdag 2 Maart het ons ‘n skietdag gehou op Sandpoort en die manne se gemoedere was baie goed al het ons nog nie reën gekry nie. Dit was baie warm soos gewoonlik en die “mirage” het die manne gelooi. dus was die tellings nie baie goed nie. Daar was heelwat skuts van ander takke en met die lekker gebraai , lag en gesels het ons toe op die ou einde twee spanne ingeskryf vir die Intertak wat Saterdag 9 Maart 2019 plaasvind. Die manne kan nie wag nie. Groete Jacobus Nel

Die manne bespreek hoekom daai skote mis was


42

www.gunafrica.com

Sentaal-tak

Yaseen Hanware - Voorsitter

S

entraal Tak het die jaar afgeskop met `n besige program en het heelwat dienste aan die lede gelewer gedurende die eertste twee maande van die jaar. Die Guns & Bows CHASA .22 baanskiet van 26 Januarie, was `n reuse sukses. Tot ons verbasing was daar 120 deelnemers, die meeste ooit by `n .22 skiet. Die skuts was goed uitgehonger vir so `n lekker skietdag en goeie tellings was aangeteken. Die volgende was die VGK Firearms Gong Challenge op 6 Februarie. Die baan was uitdagend en die strek suidooster het gemaak dat die tellings laer as gewoonlik was. Nogtans het almal `n lekker tyd gehad. Die Guns & Bows CHASA Senterslag Baanskiet op die WCSU baan was in perfekte toestande geskiet en almal het dit terdeĂŤ geniet. Ons waardeer die ondersteuning van ons borge en vra dat ons lede hulle goed sal ondersteun. Vir die volledige tellings van hierdie en ander skiete, besoek ons webtuiste www. kaapjagsentraal.co.za . Jack Nel het `n insiggewende teoretiese skietopleiding praatjie aangebied, wat gevolg was deur die praktiese skietopleiding die Saterdag daarna.

SAFARI OUTDOOR .22 BAANSKIET 16 MAART 2019

Op 14 Maart was daar weer `n baie suksesvolle lede aand aangebied deur die sentraal tak, met gas speker Professor Pieter Gouws van Sentrum van Voedselveiligheid, Universitiet Stellenbosch. Hy het `n interressante en insiggewende voorlegging aangebied, met klem op die veilige hantering van wildsvleis. Ons CHASA lesings, eksamen en praktiese skiettoets was goed ondersteun. Horst Kettner het soos gewoonlk, sy Junior Jagters beginner kursus aangebied; vir die jongspan was dit `n verrykende ondervinding en hulle het waardevolle kennis opgedoen. Die

skoliere skiete op Vrydagmiddae gaan steeds voort en dit is verblydend om die vordering waar te neem. Daar lĂŞ nog heelwat lekker aktiwitiete vir Sentraal lede voor, hou maar die kalender dop.


HUNTING

•

HIKING

OUTDOOR

STEINER OBSERVER

STEINER SKYHAWK 3.0

Ergonomic Design with rubber

• Distance-Control-System Water Pressure Proofness to 3m • Polycarbonate Makrolon housing • Fast-Close-Focus central focusing

•

STEINER RIFLESCOPE •

•

Polycarbonate Makrolon housing Fast-Close-Focus central focusing • Lightweight roof-prism design

• •

BIRDING

•

Available in 8x42 & 10x42

• • •

Available in 8x42 & 10x42

Extreme Rugged resistant materials

•

XL field of view and a safe eye distance

Available in 2-8x42, 3-12x56 & 4-16x56

IMPORTED FROM GERMANY Distributed by

Te l n o : 01 2 808 9911 • info @inyathi. net . E&OE. While stocks last.


44

Die Bontebok

Weskusjag Tak

Johan Ellis - Voorsitter

Weskusjag Nuusbrief

O

24 November 2018 - Jaarafsluiting ns jaareind funksie het plaasgevind op 24 November 2018 en was goed bygewoon. Alle skuts het dit geniet om hul slag te wys en gou was almal klaar geskiet en gereed vir die prysuitdeling en ete wat na afloop van die skietdag aangebied was.

Mnr M Van Zyl ontvang sy prys vir beste Junior Skut

Almal het in groepies gesels en korswel oor die dag se skietuitslae. Daar was goeie pryse waaruit die wenners van die verskeie afdelings eerste keuse kon maak en die junior skut van die dag, M van Zyl, was baie beĂŻndruk met sy prys. Weskusgroete Johan Ellis

Die skut van die dag was Thys Basson


Die Bontebok

45

Boesmanland tak

Anthony Swift - Voorsitter

E

inde van ‘n era – Johann Strauss tree uit as voorsitter na meer as ‘n dekade in die tuig. Vanaf visie, beplanning tot uitvoering, staan Boesmanland Jagklub nie terug vir enige ander tak nie. Van maandelikse skietkompetisies wat vlot volgens die jaarprogram verloop, tot die welbekende “Drie-Geweer-Skiet”, wat skuts van heinde en verre na Calvinia se ongenaakbare baan lok, is daar min wat hierdie klein maar gedugte klub nie kan vermag nie. Onder die leierskap van Johann Strauss, het hy en sy bestuur Boesmanland Jagklub oor die verloop van meer as 10 jaar opgebou vanaf ‘n nederige basis, tot ‘n spogklub wat alreeds by twee geleenthede KaapJag se ‘Tak van die Jaar’-toekenning verower het. Met die aanvang van 2019, het Johann Strauss die besluit geneem om uit te tree as voorsitter, om sy klublidmaatskap ook as “gewone” lid te kan geniet. Tydens Februarie se algemene jaarvergadering, is Anthony Swift aangewys as nuwe Voorsitter, met Andries Thiart as Onder-Voorsitter. By die Openingskiet het die Klub ‘n klein huldeblyk aan die uittredende voorsitter

oorhandig, in erkennng van sy onverbeterlike leierskap. Die nuwe voorsitter en bestuur besef terdeë die groot skoene wat hul sal moet vul, maar glo dat met ywer en nuwe idees, hul die Klub tot selfs groter hoogtes kan neem. Daar word veral gekyk na uitbreiding van die dissiplines wat aangebied word, asook meer praktiese bane, veral met betrekking tot pistoolskiet. Die hoop is om daardeur nuwe lede te werf, wat dalk nie in die meer tradisionele kompetisies geïnteresseerd was nie. Hou hierdie spasie dop – Boesmanland Jagklub gaan van krag tot krag. By alle CHASA-skiete hierdie jaar, sal daar ook ‘n praktiese pistoolskiet baan wees na afloop van die geweer-skiet. Andries

Theart het self die teikenrame gemaak om te verseker dat alle skuts op eenderse teikens skiet. Andries en Anthony Swift, voel albei ewe passievol oor pistoolskiet (veral die praktiese gebruik van vuurwapens) en hoop om juis diegene met pistole en rewolwers wat lê en stofgaar in ‘n kluis, aan te spoor om vertroud te raak met hul wapens.

Jaar beplanning DATUM AKTIWITEIT 06 April 2019 .22 Chasa 04 Mei 2019 Velskiet 01 Junie 2019 .22 Chasa 06 Julie 2019 Chasa Senterslag en Pistool 10 Augustus 2019 . 22 Veldskiet 07 September 2019 Veldblom Skiet 12 Oktober 2019 Chasa Senterslag en Pistool 09 November 2019 Drie (3) Geweer Skiet 07 Desember 2019 Afsluit Skiet

V.l.n.r.: Johann Strauss - uitredende voorsitter, Anthony Swift nuwe voorsitter en Andries Theart die nuwe onder voorsitter


46

www.gunafrica.com Die Bontebok

Handgun & Multidiscipline Shooting

Hein Aylward Handgun Steel Challenge

T

he Steel Challenge is a speed shooting championship and governed by the Steel Challenge Shooting Association (SCSA). The competition was founded by Mike Dalton and Mike Fichman. The targets, made of steel, range in size from 10” round plates to 18”x24” square plates. General Principles Steel Challenge scoring is simple: your

time is your score! Each stage consists of five targets, commonly referred to as plates. Four are standard plates, and the fifth is designated as the stop plate. Each of the standard targets must be hit at least once before hitting the stop plate to avoid incurring penalties. Competitors may fire as many rounds as they deem necessary for each string of fire. The worst string on each stage will be thrown out, and the total of the remaining times will be competitor’s score for that stage. The total of a competitor’s stage scores will be his score for the match. Total score for all stages will determine the order of finish for final standings. Maximum Time: The maximum time allowed for an individual string is 30 seconds. Any hits made after the maximum time allowance will not be counted. The competitor will be stopped and asked to reload if they reach the 30 second limit.

The maximum score for any string is 30 seconds, no matter how many misses or penalties may have been accrued during the string. Misses (Standard Plates): Any standard plate which has not been hit before the stop plate will count as a Miss. Each Miss on a standard plate will result in a 3 (three) second penalty, added to the shooter’s time for that string. When a Range Official scores a miss, it is the shooter’s responsibility to appeal the decision at the end of that string. The Range Official will go downrange to inspect the target. If the bullet has left a clear mark on the edge or face of the plate, it will be scored as a hit. If there is no discernible mark, it will be scored as a miss. If the competitor still feels the call is in error, he may appeal to the Range Master. The Range Masters call will be final and no further appeals will be allowed with respect to the scoring decision.

Shooting the pendulum stage, Shooter must draw his firearm on the start signal, then engage all 5 in any order, except the stop plate must be shot last


47

Tel: 021 9492891 Whats app: 079 722 5131 email: sales@gunsbows.co.za

The Ultimate affordable varminter


48

Handgun & Multidiscipline Shooting

Once the next string of fire has begun, there will be no further opportunity to appeal the Range Official’s call. However, an assistant RO / scorer is appointed at Kaapjag shoots to assist with “spotting”. Misses (Stop Plate): If the stop plate is not hit, the score for that string is 30 seconds. It is the competitor’s responsibility to stop the time by hitting the stop plate with a clear hit on the edge or face of the plate. Scoring Methods: Steel Challenge events will be scored by “Sound” Stage Procedures and Range Commands. The Steel Challenge comprises eight courses of fire but for Kaapjag matches we only select 5 matches at CPPC and 4 at KSSC; • • • •

Pendulum Roundabout Showdown Five To Go Speed Option Smoke & Hope Outer Limits Accelerator

Start Position: The start position is standing within the box. When the competitor is ready they will assume the required start position to indicate their readiness to the Range Official. The competitor must remain in the appropriate position until the start signal. In centre fire competition, hands are to be held in the “surrender position” with wrists and hands above the shoulders and fully visible from behind. Make ready” Under the direct supervision of the Range Official, the competitor must face down range and prepare their handgun. The competitor must then

assume the required start position. At this point, the Range Official will proceed. The “make ready” command signifies the start of the competitor’s attempt at the stage. Once the “make ready” command has been given, the competitor must not move away from the start location. “Are you ready?”?” The lack of any negative response from the competitor indicates that he/she fully understands the requirements of the course of fire and is ready to proceed. If the competitor is not ready at the “Are you ready?” command, he must state “Not ready”. “Stand by” This command should be followed by the start signal within 1 to 4 seconds. Start signal: At the audible start signal the competitor is to begin his/her attempt at the course of fire. If a competitor fails to react to the audible start signal, for any reason, the Range Official will confirm that the competitor is ready to attempt the course of fire, and will resume the range commands from “Are You Ready?” “Prepare for your next string” After the completion of a string, if the shooter has not completed the required number of strings he/she will be instructed to prepare for the next string. The shooter should reload if necessary and assume the appropriate start position. “Stop” Any Range Official assigned to a stage may issue this command at any time. The competitor must immediately cease firing, stop moving and wait for further instructions from the Range Official. “If you are finished, unload and show clear”. After the completion of the final string, the Range Official will issue this command. “If clear, hammer down and holster”. After issuance of

Shooting the Smoke and Hope stage with his semi auto .22lr rifle. Shooter must shoulder the rifle with the muzzle pointing 45 degrees downward and commence shooting on the start signal


Steel Challenge Handgun and Shotgun

Shooters at the Kaap Hunt Steel Challenge held at the CPPC range in Cape Town in January 2019

Andrew Young taking aim at the steel plates with Hein Aylward as Range Officer

49


50

Die Bontebok

Steel Challenge Handgun and Shotgun

this command, the competitor is prohibited from firing. While continuing to point the handgun safely downrange, the competitor must perform a final safety check of the handgun as follows: Centre fire self-loaders – release the slide and pull the trigger, without touching the hammer or de- cocker. If the gun proves to be clear, the competitor must holster or bag their firearm. Steel challenges are an excellent way of honing your firearm skills and is a sport the whole family can enjoy. Very little extra equipment is needed to compete. A safe holster and firearm is the most important aspect. Please refer to www.steelchallenge.co.za for further information. There are also various videos that you can watch on You Tube by searching “Steel Challenge”. At this stage we have combined Production and Standard gun. Hope to see you all at our upcoming events: MATCH DATE VENUE STAGES 1 9 Feb CPPC 5 2 18 May KSSC 4 3 8 June CPPC 5 4 13 July KSSC 4 5 7 Sept KSSC 4 6 23 Nov KSSC 4 MULTIGUN POSTAL MATCH The first ever Kaapjag multi gun postal match was held on the 2nd of Match 2019 at both Calvinia and Op Die Berg. Multi gun was discussed in the previous edition so I will explain what a postal match is. Easy, it’s a match that that is conducted by various clubs, participating in the same discipline, on the same day. Range set ups: The NRA handgun and Chasa Range shoot is set up at the same specifications in terms of targets, heights and distances. The only factor that could be challenging is, weather of course. Both club range officers reported good weather conditions with no significant factors that would play a major role. Even if it did, it would be the flip of the coin on the day as not everyone can be at the same venue on a given day. That is why it is called a, postal match. Those who remember the American Handgunner magazine’s 1992 International Postal Match where over 5,000 shooters worldwide competed making it the largest International Practical Shooting Confederation (IPSC) sanctioned match ever. The 1992 Match was

won by Greg Kerce of the Northern Illinois Shooters Association. This was where my IPSC shooting started. The match shoot layout was published in the magazine to readers all over the world. The set up was not complicated and was easy to set up. All clubs had to snail mail all the scores and photos as evidence of the set up. I still have the magazine where my name was among the 5000 shooters results. It was an epic and one of a kind. At Op Die Berg, the Chasa rifle event was the opening event, followed by a Shotgun Steel Challenge and then the NRA Handgun Practical event. The Shotgun Steel challenge was a separate side match and did not form part of the main match. The maximum points total for NRA Handgun practical are 480 and for the Chasa Rifle event, 600. So, the % totals of the two matches are then added up to calculate the match total %, determining the final positions. Only the names of the members that participated in both the two events are published. The combined match results of the Kaapjag Boesmanland & Witzenberg Multigun Postal are as follows: POS NAME RIFLE RIFLE% HANDGUN % 1 Theart, A 535 89.17 374 77.92 2 Knipe, J 480 80.00 341 71.04 3 Aylward, H 305 50.83 367 76.46 4 Young, A 290 48.33 353 73.54 5 Swift, A 320 53.33 248 51.67 6 Louw, R 425 70.83 162 33.76 7 Strauss, J 380 63.33 181 37.71 8 Du Preez, A 185 30.83 263 54.79 9 Boshoff, N 215 35.83 190 39.58 The next Multi gun (NRA Handgun and Rifle) is scheduled for Saturday the 6th of July 2019 at Calvinia, hosted by Boesmanland. We are also looking at setting up a Shotgun Steel Challenge as a side match. If you love shooting Handgun and Rifle please bring your toys and give it a go. Multigun is also an endurance tester. Shooting two or more events on one day is also test for fitness and focus. The transition from the rifle to the handgun is challenging. Till next time, be safe and shoot straight! Yours in shooting Hein Aylward


One Dependable Choice.

The DGX® Bonded (Dangerous Game™ eXpanding) bullet features a copper-clad steel jacket bonded to a lead core.

Product Features THICKER JACKET The thicker 2,5mm copper-clad steel jacket sets it apart from other dangerous game bullets, allowing it to tear through tough material. CONTROLLED EXPANSION A flat nose with serrated sections delivers a uniform expansion and straight penetration, reducing possible deflections. BONDED JACKET & CORE The bonding process locks the jacket and lead core together, improving the retained weight of the expanded bullet.

Available at all participating dealers. Contact Inyathi to locate your nearest dealer. Distributed by

Tel: 012 808 9911 ● info@inyathi.net Terms & conditions apply. E&OE. While stocks last.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Die Bontebok April 2019 by Die Bontebok - Issuu