Skip to main content

Afrikaans - God-given Breath

Page 1

Godgegewe Asem Laat alles wat asem het die HERE loof. Loof die HERE. Psalm 150:6

Pentateug En die HERE God het die mens geformeer uit die stof van die aarde en in sy neus die asem van die lewe geblaas, sodat die mens 'n lewende siel geword het. Genesis 2:7 En kyk, Ek bring 'n watervloed oor die aarde om alle vlees waarin die asem van die lewe is, onder die hemel te vernietig; en alles wat op die aarde is, sal sterwe. Genesis 6:17 En hulle het na Noag in die ark gegaan, twee-twee, van alle vlees waarin die asem van die lewe is. Genesis 7:15 Alles in wie se neusgate die asem van die lewe was, alles wat op die droë land was, het gesterwe. Genesis 7:22 Maar van die stede van hierdie volke wat die HERE jou God jou as erfenis gee, mag jy niks wat asemhaal, in die lewe laat bly nie. Deuteronomium 20:16

Geskiedenis So het Josua dan die hele land van die Bergland en die Suidland en die Laeveld en die fonteine en al hulle konings verslaan; hy het niemand laat oorbly wat vrygeraak het nie, maar alles wat asemhaal, met die banvloek getref, soos die HERE, die God van Israel, beveel het. Josua 10:40 En hulle het al die siele wat daarin was, met die skerpte van die swaard doodgemaak en hulle met die banvloek getref; daar het niemand oorgebly om asem te haal nie; en Hasor het hy met vuur verbrand. En al die buit van hierdie stede en die vee het die kinders van Israel vir hulleself as buit geneem; maar hulle het elke mens met die skerpte van die swaard doodgemaak totdat hulle die mense vernietig het; hulle het niemand oorgebly om asem te haal nie. Josua 11:11,14 En die beddings van die see het sigbaar geword, die fondamente van die wêreld is ontdek, deur die dreiging van die HERE, deur die geblaas van die asem van sy neus. 2 Samuel 22:16 En toe hy koning geword het, het hy die hele huis van Jeróbeam verslaan; hy het van Jeróbeam niemand wat asemhaal, laat oorbly totdat hy hom verdelg het nie, volgens die woord van die HERE wat Hy gespreek het deur sy dienaar Ahía, die Siloniet. 1 Konings 15:29 En ná hierdie dinge het die seun van die vrou, die eienares van die huis, siek geword, en sy siekte was so erg dat daar geen asem in hom oorgebly het nie. 1 Konings 17:17


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook