Die Huddle Herfs Uitgawe

Page 1

’n Tydskrif oor boeke vir kinders en jong lesers!

Afrikaanse uitgawe

UITGAWE 3 Herfs 2024
JOU GRATIS KOPIE

Tippie doen Wiskunde Vlak 2

Also available in English!

Tippie doen Wiskunde Vlak 2 fokus op funksionele uitkomstes, bied geleentheid vir selfassesering en sluit ’n hele klomp tydgebaseerde aktiwiteite in. Duidelike vordering sowel as kurrikulumuitbreiding is in hierdie reeks ingesluit.

Die breë uitkomstes in hierdie reeks is getalle, bewerkings en verwantskappe.

Onthou, probeer eers vlak 1 voor jy met vlak 2 begin!

Boekpak beskikbaar!

Boeke 1 - 10

Die Tippie-reeks is ideaal om kurrikulumuitkomstes te bereik!

Brief van die redakteur

Liewe leser

Terwyl ek hierdie brief tik, sit ek in Antwerpen in België. Wat ’n voorreg! Ek weet ’n oorsese reis is nie vir almal beskore nie en ekself gaan vir twee jaar van water alleen moet oorleef om af te betaal aan hierdie avontuur.

Een van die heel lekkerste dinge van dié vakansie is my snuffeltog deur boekwinkels. En daar is baie. In Den Haag het ek ’n hele uur lank gedwaal in ’n enkele straatjie, met die een boekwinkel na die ander langs mekaar.

Toe ek huilend moes hardloop vir die bus, was daar nog baie onbesoekte, verwelkomende spasies, almal van hoek tot kant vol boeke. Die kanse dat ek binnekort weer die geleentheid gaan kry om te gaan kyk wat ek misgeloop het, is skraal. Dit stem my tot trane!

Wat my selfs hartseerder maak is die feit dat die Europese leeskultuur (die hoeveelheid boekwinkels om elke hoek en draai is aanduidend van ’n gesonde een) nie noodwendig in ons eie land teenwoordig is nie. Ja, boeke is duur en die

ekonomiese klimaat laat nie altyd toe dat mens ’n luukse soos ’n boek kan bekostig nie. Maar daar is tog maniere om jou kind (en jouself) aan die lees te kry en aan die lees te hou. Vat jou kind biblioteek toe. Lees vir hom ’n geleende boek. Ruil leesstof uit met jou vriende. Gaan krap rond in tweedehandseboekwinkels; jy sál juwele opspoor. Neem deel aan kompetisies op ons sosialemediabladsye (of die kompetisie op die agterkant van die tydskrif) – ons gee graag boeke weg! Dit maak nie saak hoe jy dit doen nie, doen dit net. Die voordele van lees is welbekend en eindeloos. En natuurlik is dit die mees bekostigbare manier om die wêreld te “sien”. (Indien jy wonder, dis hoe ek mééste van die tyd reis!)

Lekker lees!

Petrick

Praat met ons!

Ons webwerf: www.lapa.co.za of www.klaskameraad.co.za

lapa_kinder_en_jeugboeke

Johannesburg • Growthpoint Business Park, Unit 12A (ii), 162 Tonetti Street, Halfway House Ext 7, Midrand, 1685 • 011 327-3550 Kaapstad • Estuaries No 4, Oxbow Crescent, Century Avenue, Century City, 7441 • 021 460 5400

© Copyright Penguin Random House South Africa (Pty) Ltd. Die Huddle word uitgegee deur Penguin Random House South Africa. Alle regte voorbehou. Reproduksie sonder die skriftelike toestemming van die redakteur is streng verbode.

02 03 Boekrak

Iets vir almal op Die Huddle Boekrak

Jeugromankompetisie

Sankind lees die wind ’n paar interessante brokkies uit die boek 04

06 Onderhoud

Ons gesels met Hannes Barnard

Uittreksel

uit Sunel Combrinck se Sneller

9

10 Iets vir die klaskamer 08 Sneller

11 Vrae en Antwoorde

Some English authors under the spotlight 12

Wat lees ons skolespan?

14

Jaconette, Karen en Renette

15 Lesersindrukke

Emiliedjie en Chanél Kleinhans

16 Klasgids

17 Tippie!

18 12 vrae vir …

Cecilia Steyn

20 Aktiwiteit

21 Berlut

Agterblad

Kompetisie

Wen 10 boeke van jou keuse

Inhoudsopgawe
LAPAKinders

Van klein …

Also available in English

Also available in English

… na groter …

… tot heel groot!

Also available in English

3+ 3+ 5+ 7+ 9+ 9+ 9+ 9+ 9+ 9+ 11+ 13+ 13+ 15+ 15+ 15+ 17+

Wenners van die 2023 Jeugromankompetisie bekendgemaak

LAPA Uitgewers se Jeugromankompetisie is ’n uiters gewilde skryfkompetisie wat elke twee jaar uitstaande nuwe leesgenot vir ons lesers verseker. Dit is reeds die 7de keer wat die kompetisie aangebied is, en met ’n totale prysgeld van R60 000 lok dit van ons grootste en gewildste skrywers in die bedryf. Vorige deelnemers en wenners sluit name soos Marita van der Vyver, Nanette van Rooyen en Maretha Maartens in. Wat die kompetisie verder aanloklik maak, is die feit dat jou manuskrip steeds ’n kans staan om gepubliseer te word, selfs al

is jy nie een van die wenners nie. Die gerekende span beoordelaars, Chase Rhys, Verushka Louw en Theresa van Baalen moes die manuskripte anoniem beoordeel en sodoende is totale regverdigheid verseker. Daar was hierdie jaar nie genoeg inskrywings in die afdelings vir jonger tieners en jong volwassenes om wenners te regverdig nie, daarom is daar besluit om drie algehele naaswenners aan te kondig. Fanie Viljoen, ’n vorige wenner met Offers vir die vlieë, het weer hierdie jaar met die louere en die R30 000 prysgeld weggestap.

Ons laaste legendaries somer, wat in September verskyn, vertel die verhaal van Tobi, Rowan en Dean wat die einde van hulle skoolloopbaan met ’n legendariese somervakansie (en ’n paar belangrike reëls) vier. Vriendskap, liefde, onafhankliheid en avontuur is op die spyskaart, en boonop gaan jy kliphard lag. Die naaswenners is Zelda Bezuidenhout wie se boek, Quinn se jaar van kwik in Oktober verskyn; en Annerle Barnard (Sterstof) en Jacolet van den Berg (Bravo! Charlie) wie se boeke beide in November op die rakke sal wees.

WENNER: 2021 WENNER: 2019 WENNER: 2017 WENNER: 2015

Herfs 2024 3
Fanie Jacolet Zelda Annerle

Wendy Maartens is baie bekend vir haar hervertellings van bekende volksverhale en legendes, en die nuutste boek uit haar pen is die lieflike, Sankind lees die wind. Sy het Gideon von Wielligh (hy was die Landmeter-Generaal van die destydse ZuidAfrikaansche Republiek en het die grens tussen Suid-Afrika en Zimbabwe asook Suid-Afrika en Mosambiek uitgemeet) se wonderlike Sanstories, vir kinders van vandag herskryf. Die boek leer jou van die skerp wysheid wat skuil in die dans van die Kwagga en die fluister van die wind. Dit vertel jou meer oor die erfenis en kultuur van die Sanmense; van die tyd toe die diere nog kon praat en die mense ’n besondere verhouding met die natuur gehad het. Daar is rympies, gebede, danse en meer om na uit te sien in die lieflik geïllustreerde boek.

Toktokkie lyk baie soos ’n miskruier, maar sy agterlyf is groter en ronder. Hy klop teen die grond so ver as wat hy gaan. Dit maak ’n tok-tok geluid. Daarom word hy Toktokkie genoem. Het jy al ’n toktokkie hoor klop? Hier is die woorde van die toktokkiedans.

Hy soek na sy vrou, en soek na sy kind.

Hy soek na sy kos, en sy water is op.

Hy tok-tok, hy tok-tok, hy tok-tok, hy tok-tok, ensovoorts.

Hy soek na sy vrou, en soek na sy kind.

Hy tok-tok, hy tok-tok, ensovoorts.

Hy klop met sy lyf en hoor met sy oor.

Hy soek na sy vrou, en soek na sy kind.

Hy tok-tok, hy tok-tok.

Hy tok-tok, hy tok-tok, ensovoorts.

Hy soek na sy kos, en sy water is op.

Hy tok-tok, hy tok-tok.

Hy tok-tok, hy tok-tok, ensovoorts.

Herfs 2024 4

Wanneer die San hierdie dans uitvoer probeer elke danser sy bes om nes ’n regte springbok te pronk en trippel. Die stof staan en die sweet loop. Die vuur brand hoog en die aand is jonk. Om en om en om. Nog ’n dans, nog ’n storie.

Mens of dier, die maan en sterre of die geknetter van die vuur. Almal is een en een is almal – deel van ’n groter verhaal.

As dit volmaan is, bid die San dieselfde, maar voeg by:

“Die son skiet raak met sy pyle. Hy skiet stukkie vir stukkie van die volmaan af, maar hou moed! Jy sal nooit doodgaan nie, Son. Daarvoor is jy heeltemal te sterk!”

Die San hou gedurig die wolke dop. Hulle sê daar is wolke wat reën laat val en daar is wolke wat kurkdroog is. Daar is donderwolke wat water, vuur, hael en ’n groot geraas in hul boepense dra. En dan is daar wolke wat net hare, vere en wind rondsleep.

Het jy al gesien party wolke lyk nes iemand se hare wat in die wind rondwaai?

Die San glo as iemand sterf, word die persoon se hare wolke. As ’n voël sterf, word sy vere ook wolke. Hierdie wolke gee nie reën nie, want hulle is net hare en vere. Daarom sweef hulle verby sonder om ’n druppel te laat val.

Volgens die San moet ons die wolke respekteer anders bring hulle nie vir ons reën nie.

“Dis weer nuwemaan! Dis weer nuwemaan! Ek is so bly om jou weer te sien. Ons het gedink jy is dood. Ons het gedink jy is vir altyd weg. En hier is jy weer! Neem my ou hartseergesig weg, net soos wat jy weggegaan het. Bring vir my ’n vrolike gesig in sy plek. Jy het teruggekom om ons te troos en bly te maak. Ons wil ook soos jy wees. Ons wil ook weer lewendig word as ons sterf.”

Herfs 2024 5

Ons gesels met

Hannes Barnard

Hoe skryf mens boeke oor die einde van die wêreld? Vra vir Hannes Barnard. Hy is bekend vir sy spannende Wolk-trilogie waarvan die laaste boek in die reeks, Vuur, so pas verskyn het. Ons het gaan hoor wie hy graag in sy apokalipsspan sal wil hê.

Die laaste boek in die Wolktrilogie, genaamd Vuur, het onlangs verskyn. Was die uiteinde soos wat jy gedink het dit gaan wees of het die storie jou verras? Elke storie het verrassings. Ek beplan nie my boeke se storie vooruit nie. Ek het gewoonlik ’n idee van iets wat aan die einde gaan gebeur, maar dan laat ek die storie toe om te vloei. Die een aspek van die einde is wat ek gedink het, maar die res, kom ons sê die ander 90% van die einde, was ’n verrassing. ’n Lekker een!

Wat was die lekkerste aspek van dié reeks om te skryf?

Om tyd saam met karakters soos Rufus, Xandr en Flip te spandeer. Hulle word amper soos familie. Ek weet ook baie vinnig as ek iets skryf wat nie reg klink uit een van hulle monde nie. Hulle dialoog kom redelik maklik as

gevolg van al die tyd wat ek saam met hulle spandeer het. Dan is daar ook die lekkerte daarvan om my tyd te vat om ’n storie te ontwikkel oor die drie boeke. Dit was ’n uitdaging, maar ontsettend bevredigend.

Jy het jou eie “disaster” opgemaak wat die einde van die wêreld, of ten minste groot dele daarvan, veroorsaak het. Hoe het jy by “aardklodder” uitgekom?

Dalk was ek gelukkig. Ek het in een van daardie swart gate van navorsing en nuuskierigheid beland en het op ’n artikel oor “earth blobs” (wat ek toe vertaal het as aardklodder omdat dit so lekker sê) afgekom. Toe ek verder daaroor oplees en sien hoe deskundiges dramaties in akademiese artikels verskil oor wat dit is, het ek geweet dat hierdie idee wat ek gehad het

nie (bloot) wetenskapsfiksie is nie, dit kan werklik wees, en dit is presies waarna ek op soek was.

Die twee hoofkarakters, Rufus en Xandr, is beste maats van kleintyd af, maar daar is tog ’n sprankie van romantiese liefde. Glo jy dat mans en vrouens net kan vriende wees en hoekom sê jy so?

Ek glo absoluut in platoniese vriendskappe. Ek kan dit sonder enige twyfel of huiwering sê, want ek het self ’n leeftyd se bewyse daarvan in my eie lewe. Rufus en Xandr begin natuurlik ook so, maar hulle peuter met die lyne wat hulle vriendskap definieer en dan maak dit dinge los wat hulle nie van bewus was nie. Plaas hierdie dinge dan in die konteks van die apokaliptiese gebeure en dan word dit ’n aardbewing wat platoniese lyne in tektoniese plate verander.

6 Herfs 2024

Het jy ’n beste vriend of vriendin gehad toe jy jonger was en sou jy maklik nét met hulle kon uithang as die einde van die wêreld regtig sou aanbreek?

My eerste beste maat was ’n meisie genaamd Christelle. As voorskoolse kind sou ek maklik saam met haar die einde tegemoet gehardloop het. Ek is en was gelukkig dat ek deur die loop van my lewe verskeie vriende en vriendinne gehad het saam met wie ek kon uithang, sou die einde aanbreek. Tans sal ek dit eerder saam met my vrou en ons hond Mac wil aanpak.

Wat beteken “vriendskap” vir jou?

Verwikkelde vraag! Daar is baie aspekte daaraan. Ek dink om iemand te aanvaar soos hulle is. Dan ook dat tyd en afstand nie die vriendskap affekteer nie. En om net te kan wees saam met

daardie persoon, in stilte of chaos.

Wie is in jou apokalipsspan en hoekom kies jy hulle?

My vrou, want sy is ’n planmaker. Ek sal ook my hond saamneem, want ek dink hy sal kan aanvoel as iemand met duistere motiewe ons nader. Dalk vir eers net hulle, want dis makliker om in klein groepe te oorleef as jy moet rondbeweeg.

As jy een boek saam met jou kan vat in die rooi Mazda Midge (op vlug van “die wolk”), watter boek sal jy kies en hoekom? Dit is baie moeilik. Uit ’n praktiese perspektief dalk ’n baie dik hardebandboek wat jy as wapen of hamer kan gebruik. Ook moontlik een wat praktiese inligting het oor iets soos watersuiwering. Om een leesboek

te kies is bitter moeilik, moontlik

Old Man and the Sea, of ’n F.A. Venter om te onthou hoe mooi ons taal is.

As daar net een ding of voedselsoort oorbly in die supermarkte en op winkelrakke, wat sou jy graag wou hê dit moet wees?

Vrugteslaai. Of is dit ’n kroekantwoord? Andersins goeie steak.

As jy weet daar is nog net een dag voor die wêreld eindig, wat sal jy doen?

Ek sal graag óf in ons tuin, óf iewers anders wat mooi en rustig is, wil sit en ’n glas wyn drink saam met my vrou. Gaan stap met my hond. En dalk haastig notas maak oor die boeke wat ek nooit geskryf het nie.

7 Herfs 2024

In ’n oogwink kan alles verander.

Inneke ontmoet vir Logan op haar eerste dag by haar nuwe skool. Daar is onmiddellik ’n vonk tussen die twee. Dit neem nie lank voordat hulle dolverlief op mekaar is nie.

Maar Inneke het ’n geheim.

8 Herfs 2024
ISBN: 9780637004442 Prys: R220.00 Kategorie: Tienerfiksie 15+

Uittreksel

Hoofstuk 1 Inneke

“Ons vat hom by die horings!” basuin Jay en Lianie May dit by die snoepie uit.

“Vrekkit.” Inneke druk met geweld die sleutels op haar selfoonskerm wat per ongeluk by TikTok ingegaan het en nou daarop vashaak. Rondom haar word almal stil. Een vir een begin almal na haar staar.

Hoekom werk die vervlakste toepassing sonder dat jy daarop ingeteken is? Sy karring verder aan haar foon terwyl Jay deur die luidspreker sing: “Maak hom mooi, maak hom sag, maak hom mak, maak hom joune.”

“Flip!” Sy skrik, wip en bloos gelyk. Die stuk duur tegnologie val soos lood grond toe en tref die sementvloer met ’n hengse slag.

“Da vat hy. My bokkie …” speel die laaste woorde nog en word skielik stil toe die TikTok-video sy einde bereik.

“Da vat hy my bokkie?”

Sy word doodstil. Spot sit dik in die stem van die persoon in wie sy vasgeloop het. Met ’n vinnige beweging buk sy af, maar ’n groot, warm hand vou om hare terwyl hulle albei die foon probeer optel.

“Jammer dat ek teen jou vasgeloop het.” Sy kyk vas teen ’n

9 Herfs 2024 5
Sneller.indd 5 2024/02/27 11:50:45

Ons is jou kameraad in die klaskamer!

Ons het ’n toegewyde opvoedkunde span wat gedurig besig is om te kyk hoe hulle nuwe materiaal kan skep wat onderwysers, ouers en leerders kan help. Ons is ook gelukkig om die Berlut-studiegidse in ons stal te hê (loer gerus agter in die tydskrif na die Berlut-advertensie) – die boeke is al jare lank ’n staatmaker in die klaskamer. Ons is baie opgewonde oor die onderstaande titels wat beskibaar is vir julle gebruik:

Apocalypse

at the end of the street

Ons het reeds etlike versamelbundels uitgebring die laaste paar jaar en die nuutste toevoeging is Apocalypse at the end of the street. Hierdie versameling van Engelse gedigte, dramas, kortverhale en volksliteratuur is perfek vir onderwysers en leerders, vir beide huistaal- en eersteaddisioneletaal-sprekers. ’n Aparte studiegids is ook beskikbaar wat addisionele inligting oor die tekste bevat.

Die ABC van gedigte

Die ABC van gedigte is ’n alles-in-een-boek oor wat jy van gedigte wil en moet weet en wat jy nodig het om dit speel-speel in die klas aan te bied. Daar is gedigte vir graad 3-7, met onderwerpe soos tegnologie, familie, die natuur, bewaring, vriende, kos, diere, monsters en spoke. Daar is QR-kodes waar die gedigte deur die digter voorgedra word, en selfs toonsettings vir kore of vir saamsing in die klas!

Studiegidse

Listen up!

The assembly book every teacher needs

Listen up! is ’n wonderlike hulpbron vir elke onderwyser wat saal- en klasopeninge, sportbyeenkomste en enige ander belangrike geleentheid, moet behartig. Met meer as 75 bydrae deur geliefde kinder- en jeugboekskrywers soos Alet Steenkamp, Lori-Ann Preston, Sunel Combrinck en Nancy Gaylard, sowel as ervare skoolhoofde en onderwysers, is hierdie ’n versameling beproefde idees wat ’n waardevolle hulpbron vir enige skool en elke onderwysers sal wees.

Ons studiegidse is ’n nuttige aanvulling tot al ons klasleesboeke, wat jou as onderwyser (of as leerder) kan help om die tekste beter te verstaan en te kommunikeer. In die gidse word daar gefokus op die identifisering van temas, karakterontwikkeling, literêre tegnieke en historiese of kulturele kontekste wat die leeservaring kan verreik en die begrip van die teks kan verdiep. Ons studiegidse, wat geskryf word deur taalkenners en opvoeders, help onderwysers om leerders krities te laat dink, en sodoende ’n ryker en meer omvattende leeromgewing vir hul leerders te skep.

’n Eerste van sy soort!

Meer as 50 tekste in ’n verskeidenheid afdelings soos begripstoetse, visuele tekste, luistertoetse en opsommings.

Die reeks volg die KABVassesseringsriglyne.

Ideaal vir onderwysers, ouers en leerders!

Available in April Available in June Available in August

English authors under the spotlight Some

LAPA is responsible for loads of Afrikaans kids’ books every month, but we don’t only specialise in Afrikaans titles! We have a fantastic range of local English titles for our young readers. We asked some of our favourite authors, Kristien Potgieter, Lori-Ann Preston, Makhosazana De Wette Dludla, Roslynne Toerien and Sally Partridge, a few questions about their books and writing.

1What was your favourite book as a child?

Kristien: Far too many to name them all, but the first book that made me fall in love with reading was Roald Dahl’s Charlie and the Chocolate Factory. The children’s author whose books I’ve probably reread the most since childhood is Eva Ibbotson. Her books are true classics.

Lori-Ann: My favourite book was Green Eggs and Ham by Dr. Seuss. I also cherished my collection of Ladybird books, which I would read over and over again.

Makhosazana: The Snowy Day by Ezra Jack Keats.

Roslynne: Alice in Wonderland I loved the creativity and sense of wonder in the book.

Sally: The Faraway Tree by Enid Blyton. My mother used to read to me before bed and later when

I could read on my own it was my favourite escape.

2

Why do you write for kids or young people?

Kristien: The books that we love as kids have a unique magic that stays with us, all of our lives. In that way, they’re some of the most powerful stories ever written. I love creating stories that try to capture that first sense of wonder that I felt when I read as a child.

Lori-Ann: My primary objective as a writer is to inspire and encourage a love for reading in children. I am passionate about motivating young readers to explore and enjoy the magic of books.

Makhosazana: I am passionate about being a part of giving a voice to the stories of the

12 Herfs 2024
n
D
L o r iAnn
Kristien Potgieter azasohkaM
a
e Wette Dludla
Preston

RoslynneToerien

“African Girl child”. The truth can often be less intrusive when it comes through a little girl’s voice. I want to connect young South Africans with their heritage, by painting a rich portrait of Zulu culture and life in rural Kwazulu-Natal. The diversity story is not just for African children though, it is important for all children to understand and learn about other cultures.

Roslynne: Our young people are our next generation who will become our future leaders. As a teacher and founder of the South African Non-Profit Trust, The LEARN Project I am passionate about educating, equipping, and empowering children through the power of books and stories. To ignite imaginations and create books that are fun and engaging, yet at the same time share values and impart newfound knowledge.

Sally: Adulthood is boring. Kids are experiencing everything for the first time – first love, first betrayal, and it’s all larger than life because they’re not bogged down by taxes and horrible bosses.

3 Are there any other genres that you would love to explore?

Kristien: Definitely. I’m currently working on a historical novel that’s not for young people, and

it’s been incredibly fun. I’d also love to write a fantasy novel for kids or young adults at some point.

Lori-Ann: I would love to have a go at writing a contemporary novel aimed at adult readers. Makhosazana: Yes, I would like to explore poetry.

Roslynne: I am currently writing poetry and inspiration for women. I am passionate about uplifting women to know their worth and encouraging them find their ‘why’ and live their purpose.

Sally: I have recently started writing for the middle grade group, 9 and up, which is extremely fun.

4 What book character do you strongly identify with?

Kristien: I relate a lot to Hazel Wong in Robin Stevens’s Murder Most Unladylike series – a brilliant middle grade detective series. Hazel is quiet and observant (and a writer), and people tend to underestimate her, but she has hidden reserves of bravery and strength that can take people by surprise. I like to think I’m a little like that!

Lori-Ann: Alice in Wonderland

Makhosazana: Daisy Buchanan – The Great Gatsby (I fell in love with the illusion of her when I had no money at some stage in my life) and from a kid’s point of view Pippi Longstocking – she is just plain silly and doesn’t take herself seriously at all. She is unconventional and strong.

Roslynne: The ‘owl’ in Under the Baobab Tree. Their nocturnal nature has them most efficient at night. I’m a night owl and often most of my writing happens in the stillness and quiet of the night as I work towards my vision.

Sally: I identify with the main character from The Witches of Hogsback, Zelda Scott. She’s an outcast with a very clear sense of right and wrong who always stands up for the little guy. I only wish I shared her fearlessness.

5Are there any new titles we can look forward to?

Kristien: I can’t say too much at this stage, but I am working on some exciting kids’ projects that will hopefully be on bookshelves before too long.

Lori-Ann: Yes! I’m excited to share that Trixie 2 will be released later this year. Additionally, I’ve received approval for another chapter book tailored for tweens next year, along with a series of short stories designed for 7-year-olds.

Makhosazana: Yes, but that would be telling now – but look out for a book in the coming year that will certainly knock your socks off!

Roslynne: My latest two books, The Speedy Six Olympics and The Forgotten Four have just hit the shelves and yes, there are more books to look forward to in the near future.

Sally: I am on the final stages of the next Zelda Scott mystery, Slaying in Sedgefield, which should hopefully be available next year!

Herfs 2024 13
SallyPartridge

Wat is op my

Wat lees die lede van LAPA en PRH se skolespan wanneer hulle nie besig is om boeke te smous nie? Kom ons vind uit!

Karen Janse van Rensburg: Verkoopsverteenvoordiger

Opvoedkunde en nie-handel, lees wyd!

Die winter kom nader, die skoonseun se kombers moet klaar. Gelukkig vir 20 Hekeltegnieke wat stap vir stap help om ’n nuwe patroon te bemeester. Die boek gee ’n beginnerhekelaar soos ek sommer moed dat ek my projek sal kan voltooi. Die lekkerste is om in die bed te sit, met ’n lekker koppie koffie en die hekelwerk op jou skoot. Langs my bed vir lekkerlees lê Anoniem van Chanette Paul, om my slapelose nagte te gee She is safe, en Frikkadel die Spookhond vir werk.

Jaconette van Dyk: Senior verkoopsverteenwoordiger

Opvoedkunde en nie-handel, lees

Fab Farm

Fab Farm, deur Lori-Ann Preston, se kleurvolle voorblad het dadelik my aandag getrek. Ek het die humor en prettige illustrasies baie geniet. Hierdie boek sal enige diereliefhebber se hart laat smelt. Net soos met Thabo the space dude, Trixie en Slooths, tref hierdie boek van Lori-Ann die kol!

Renette Symington: Verkoopskoördineerder Opvoedkunde en nie-handel, lees Oopmond

Ek is nog nie baie diep in dié jeugromankompetisiewenner nie, maar boeiend is dit beslis!

Dit het nie die tipiese tienerstorielyn nie en vertel die verhaal van Madelaine Taaibosch. Sy moes op 17 ’n hartoorplanting ondergaan as gevolg van haar aangebore hartkwaal, wat ook haar jonger boetie se lewe geëis het. Nadat sy op die atletiekbaan ineenstort, verskyn ’n onbekende Franse meisie die eerste keer aan haar. Sy verskyn daarna herhaaldelik aan Madelaine - tot haar ouers se groot ontsteltenis. Laat die nuwe medisyne haar hallusineer? Is sy besig om haar varkies te verloor? Ek kan jou nie sê nie, ek weet ook nie! Die storielyn het my wel dadelik aan Binnelanders se oorgaanskenkingveldtog herinner (Naomi het ’n skenkerhart via die swartmark ontvang en karaktereienskappe van haar skenker begin toon).

Ek kan nie wag om uit te vind watter draaie hierdie verhaal nog met my gaan loop nie!

14 Herfs 2024

Lesersindrukke

Sankind lees die Wind

Wendy Maartens

Wendy Maartens se Sankind lees die wind, is ’n aangepaste teks van die oorspronklike Tradisionele Sanstories deur Gideon Retief Von Wielligh.

Die aanpassings maak die stories ouderdomstoepaslik en lekker vir kinders om te lees en te leer.

In die bundel kortverhale, wat die erfenis en kultuur van die Sanmense saamvat, stap jy saam in die San se voetspore en leer jy die veld, diere, plante en hul ryk kultuur beter ken.

Een van my gunstelingstories was die van dié Sonbesie “As jy mooi luister, sal jy hoor dat sonbesies vandag nog in die dag sing en soek, en kriekies in die nag.”

Op verskeie plekke in die boek is daar ’n woordeskatlys, “Hemelstraat is byvoorbeeld ’n woord vir Melkweg”, interessante feite en kopkrappers, “Aldag is jagdag, maar aldag is nie doodmaakdag nie.”

Wendy Maartens neem jou na ’n wêreld waar elke ding ’n betekenis het, en waar die verbinding van mens (San) en natuur die grootste skat is.

Weg

Nerine Ahlers en Alet Steenkamp

Na die 18-jarige paartjie ’n argument gehad het, het Niekie net spoorloos verdwyn. Iets soortgelyks het in die verlede al gebeur, maar na 48 uur raak Zack bekommerd. Hy besef dit is nie iets wat Niekie juis nou sou doen nie. Nie voor die matriekeksamen en stadsbekerhokkievoorbereiding nie. Dit sukkel net effens om die polisie hiervan te oortuig, aangesien dit nie die eerste keer is wat Niekie verdwyn nie. Het haar verdwyning dalk iets te doen met die ander berigte wat in koerante begin verskyn, of is dit slegs toeval? Zack en sy vriende is moeg gewag en besluit om self ondersoek in te stel en alle moontlike leidrade op te volg. Intussen word Niekie wakker in ’n vreemde huis en besef vinnig sy is in groot moeilikheid. Tyd tel beslis nie in haar guns nie.

LESERSINDRUK

DEUR

Chanél Kleinhans

Ek verstaan hoekom hierdie boek ’n finalis was in die 2017 LAPA Jeugromankompetisie. Dit is ’n boeiende spanningsverhaal wat jou vinnig intrek en vasgenael hou tot die einde. Die treffende voorblad is beslis ’n goeie aanduiding van wat om te verwag. Sterk, geloofwaardige karakters en die krag van liefde en vriendskap is duidelik sigbaar deur die verhaal. Op die randjie van jou bed, of stoel, sal jy definitief bly, met gereelde hart-klop-in-jou-keel oomblikke. Ek is uiters verlig dat hierdie net ’n storie is, maar besef al te goed dat sulke dinge werklik kan gebeur.

Hierdie fantasties skrywerspan het ’n meesterstuk geskryf.

LESERSINDRUK DEUR

Emiliedjie

Herfs 2024 15

AMPER 60 JAAR LANK

Vir bykans 60 jaar al is daar een hulpbron waarop alle Afrikaansonderwysers kan staatmaak – die Klasgids. Vir baie jare lank is die uitgawes aan onderwysers en ouers gepos en toe, as gevolg van Covid en ’n posstelsel wat sukkel, het ons begin om die Klasgids elektronies te versprei. Nou is dié hulpmiddel weer in hardekopie (en in boekwinkels) beskikbaar! Die

Klasgids se inhoud is gebaseer op die KABV- en die nasionale leerplan en bestaan uit take, toetse, eksamenvoorstelle, mondelinge en skryftake.

Hoe bekom ek die Klasgids?

Opsie 1: Plaaslike boekwinkels soos PNA en Bargain Books

Opsie 2: Paxi @R65 per aflewering per uitgawe

Opsie 3: Deur-tot-deur tussen R85-R120 per aflewering

Geen koste indien jy binne 20 km radius van Kaapstad-/Midrandkantoor woon / jou skool binne die radius geleë is.

Publikasiedatums: Februarie en Augustus

Pryse (Aflewering uitgesluit):

R360 vir x2 Laerskoolgidse

R360 vir x2 Hoërskoolgidse

Navrae: info@klaskameraad.co.za

DIE ONDERWYSER SE Vir meer inligting stuur ’n e-pos aan info@klaskameraad.co.za

Tippie maak dit maklik om skryf op ’n ouderdomsgepaste en kindgerigte wyse aan te leer!

Die Tippie skryf en uitvee-reeks sluit 'n verskeidenheid versteekte kurrikulum-uitkomstes in, met visuele struktuur vir 'n duidelike begin en einde. 'n Gestruktureerde werkswyse met die fokus op links na regs en bo na onder word ook van die begin af aangeleer.

Daar is vyf boeke in die reeks wat progressief op mekaar volg vir die aanleer van skryf- en visueel perseptuele vaardighede.

Ook in Engels beskikbaar

Beskikbaar in alle goeie boekwinkels en aanlyn by www.lapa.co.za

Tippie is trots Suid-Afrikaans en in lyn met CAPS-vereistes.

Die derde boek in die Naweektrilogie, genaamd Sondag steel jy my hart, het pas verskyn. Hoekom het jy besluit om ’n kort reeks te skryf?

Ek het aanvanklik Vrydag is ek verlief as ’n enkeltitel geskryf, dit was my uitgewer by LAPA wat die gaping in die mark vir hierdie tipe diverse reeks raakgesien het en voorgestel het dat ek vir elkeen van die heldinne hul eie verhaal gee. Ek het daaroor gedink en besef sy is reg, ons het nie so iets inklusief in Afrikaans nie. Ek het ingestem en is baie opgewonde oor die eindproduk.

Die boeke vertel onderskeidelik die liefdesverhale van drie uiteenlopende vriendinne, Ella, Delia en Karabo. Hoe het jy die karakters opgedroom?

Sterk heldinne is altyd vir my ’n moet in my verhale. Hulle verskillende persoonlikhede en ervarings maak elkeen uniek. Dit is altyd vir my toonomkrullekker om te dink oor hoe sulke karakters mekaar se lewens sal beïnvloed.

Wat beteken vriendskap vir jou?

12 vrae vir…

Vriendskap beteken vir my om ondersteunend te wees, om eerlikheid en vertroue te deel, en om ’n diep band met iemand te hê, dit is daardie veilige hawe wat ek vir my karakters ook probeer skep.

Vrydag is ek verlief spreek “fake dating” aan en natuurlik ook hoe sosiale media deesdae ’n mens se lewe kan maak of breek. Hoekom het jy die temas aangepak?

Liefdesverhale is my gunstelinggenre om te lees en te skryf. Die “fake dating trope” is een van my gunstelinge en is net so lekker om te skryf as om te lees. Mens kan soveel pret hê daarmee.

Herfs 2024 18

Sosiale media is relevant vir vandag se tieners. Hulle is bewus van die gevare. Ek maak die temas net identifiseerbaar in hul leesstof.

Saterdag val ek vir jou sal in sekere mense se oë as waaghalsig en braaf beskou word, want die twee hoofkarakters wat op mekaar verlief raak, is twee meisies. Hoe belangrik dink jy is dit om LGBTQ-verteenwoordiging in Afrikaanse tiener- en jeugboeke te hê?

Liefdesverhale is eerstens goedvoel-literatuur. LGBTQverteenwoordiging in Afrikaanse tiener- en jeugboeke is vir my belangrik, ja, want almal verdien liefde. As ons nie vir hierdie groep tieners ook liefdesverhale skryf nie, sê ons dan nie vir hulle dat hulle nie liefde verdien nie?

Hierdie tieners moet hulle dan draai na Engelse literatuur om gesien te voel. Ek gee dit net vir hulle in hul moedertaal.

Sondag steel jy my hart is die laaste van die trilogie, en hierdie slag is dit Karabo, ’n Basothomeisie, wat verlief raak op ’n Afrikaanse ou. Weereens is diversiteit ’n sterk tema. Is jy eintlik ’n kampvegter in jou hart en hoekom?

Ek is ’n kampvegter vir liefde. Dit is vir my belangrik om verskeidenheid te vier en om mense van alle kulturele agtergronde in te sluit. Maar soos in my vorige antwoord, almal verdien liefde. Daar is baie anderskleuriges wat suiwer Afrikaans praat en lees. Die lesers wat my liefdesverhale verslind, lees dit omdat liefde seëvier, nie oor die persoon se seksuele voorkeure of velkleur nie.

Jy doen uitstekend met liefdesverhale en jou baie gewilde

Die meisie op die dak het al meer as 7000 kopieë verkoop. Dis uitsonderlik. Wat geniet jy van liefdesverhale skryf?

Die uitdaging van die ontwikkeling van die karakters en die verkenning van die verskillende aspekte van liefde en menslike verhoudings is vir my heerlik. Daardie eerste ontmoeting, die dans tussen ‘hou hulle van mekaar of nie’ en natuurlik die eerste soen!

Jy het ook ’n grafiese roman, ’n Hart is net atome, geskryf. Hoe verskil die skryfproses van ’n gewone boek?

Die skryfproses van ’n grafiese roman vereis ’n samevloeiing van teks en visuele elemente, wat ’n unieke benadering verg. Ek het aanvanklik gesukkel om my kop om die konsep van minder woorde te kry. Maar ek is baie trots op die eindproduk.

Wat doen jy wanneer jy nie boeke skryf nie?

Wanneer ek nie boeke skryf nie, geniet ek om te lees, te reis en tyd deur te bring met my familie. Ek en my man hou ons ook graag

besig met huisopknappings en bouwerk.

Jou broer is die bekende en bekroonde Fanie Viljoen. Watse rol speel hy in jou skryfwerk indien enige?

Ek het eers op 40 die pen opgetel. Fanie het my aanvanklik baie touwys gemaak met sy advies en kritiese terugvoer. Sommige daarvan het my laat lag en ander het my laat huil. Totdat hy op ’n dag vir my gesê het ek kom nou mooi reg. Heimlik dink ek hy wou net nie meer my liefdesverhale lees nie. Fanie het my nog altyd geïnspireer my om my beste werk te doen.

Wat is volgende in die pyplyn wat skryfplanne aanbetref en vertel ons kortliks daaroor?

Ek het onlangs die besluit gemaak om my sleutelbord vir ’n harde hoe te verruil en vir eers huisverbeterings-projekte saam met my man aan te pak! So as julle wonder waarheen ek verdwyn het ... ek is net op ’n groot avontuur van selfdoen-rampe en huisopknappings. Maar wie weet?

Miskien sal ek te midde van die chaos en verfdampe die inspirasie vir die volgende liefdesverhaal kry.

Herfs 2024 19

Gratis aktiwiteit uit Soogdier-Safari!

Soogdier-safari deur Heléne Booyens is ‘n vrolike aktiwiteitsboek propvol prettige speletjies en ander aktiwiteite soos blokraaisels, doolhowe en kopkrappers. Die feite en aktiwiteite handel oor Afrika se soogdiere, en meer as 70 verskillende spesies pryk in die boek. Dié kleurvolle, aangrypende publikasie is ideaal vir kinders tussen ses en nege. Hier is ‘n gratis lusmaker!

Grondeekhoring

Seekoei

Dwergmuishond

Nagapie Witrenoster

Gemsbok

Bosnagaap

Kop en stert

Sterte kan kort, lank, wollerig of kaal wees. Party word gebruik om vlieë weg te piets, ander om takke vas te hou en boom te klim. Pas die koppe hierbo by die boude hieronder.

Waterbok

Suid-Afrika se gunstelingstudiegidse! Eenvoudige, visueel treffende en logiese verwysingsbronne, perfek vir vir die klaskamer en afstandsonderrig.

English Handbook and Study Guide 9780620325837

Afrikaans Handbook and Study Guide 9780620325844

isiZulu Handbook and Study Guide 9780620325875

Accounting Handbook and Study Guide 9780620325899

Physics Handbook and Study Guide

9781990992353

Chemistry Handbook and Study Guide 9781990992360

Maths Handbook and Study Guide 9780981437040

Maths Handbook and Study Guide 9780981437033

Maths Handbook and Study Guide 9780981437026

Maths Handbook and Study Guide 9780981437019

Maths Handbook and Study Guide Teacher’s Guide and Answer Book 9780981437071 Maths Handbook and Study Guide 9780981437002

Beskikbaar
goeie boekwinkels
www.berlutbooks.com
by
en
8-12
9 Graad 8 Graad 12 Graad 12 Graad 11 Graad 10 Grade 11 & 12 Grade 11 & 12 Grade 5-12+ Grade 5-12+
Grade
Graad

Staan ’n kans om 10 van die boeke van jou keuse wat in die uitgawe van Die Huddle verskyn, te wen!

Hoe om deel te neem

Skandeer die QR-kode met jou slimfoon OF

gaan na lapa.co.za/kinder-en-jeughuddle-kompetisie-mei2023 *Kompetisie sluit op 1 Julie 2024. Terme en voorwaardes geld.

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.