kaanse uit i r f gaw A e
UITGAWE 2 Somer 2023/4
JOU GRATIS KOPIE
Jan Braai vir die jongspan! Jan Braai het geen bekendstelling nodig nie, om die waarheid te sê, hy is só bekend, daar is selfs ’n vakansiedag na hom vernoem! 18 jaar nadat Erfenisdag in die volksmond tot Braaidag herdoop is, kry die kinders van ons land hulle eerste Jan Braai-boeke. My eerste Jan Braai Boek My Eerste Jan Braai Boek is ’n wonderlike bekendstelling tot braai vir die kleinspan. Dit bevat vertalings van basiese braaiterme in Engels, Afrikaans, Xhosa en Zoeloe, asook stappe met prente oor hoe om Suid-Afrikaanse gunstelingbraaidisse soos chakalaka en geroosterde malvalekkers te maak. My Eerste Jan Braai Boek is maklik verstaanbaar, prettig en perfek vir al die braaiers van die toekoms. Die hardebandboekie is geskik vir lesers tussen die ouderdomme van 3 en 6 jaar.
Jan Braai Junior Vir almal tussen 6 en 12 jaar oud en wat ’n bietjie meer avontuurlustig is, het Jan Braai ’n resepteboek met 22 heerlike, dog eenvoudige resepte uitgebring wat al die beginsels van braai stap-vir-stap verduidelik. Jan sê self, indien jy dié resepte onder die knie het, kan jy vir die res van jou lewe baie goed en sonder moeite braai! Dis presies wat ons vir die toekomstige braaiers van die land wil bied. Daar is braaibroodjies, ’n hoenderpotjie en selfs een of twee smullekker soetgoed op die spyskaart. Hierdie is ’n puik geskenk vir elke SuidAfrikaanse kind – en dis ook in Engels beskikbaar.
Also available in English
Inhoudsopgawe
Brief van
Voorleesboeke 02 Iets vir die heel kleintjies
die redakteur Liewe leser Ons het wonderlike, positiewe terugvoer gekry oor ons eerste Afrikaanse uitgawe van Die Huddle. Dit is baie goeie nuus! Ons sal dan graag voortgaan om ’n paar maal ’n jaar vir ons lesers dié tydskrif in Afrikaans aan te bied. Dis heerlik om te werk vir die grootste uitgewery in die wêreld – dis reg, nie net plaaslik nie. Ons word gedurig bederf met fantastiese leesstof van oraloor, met skrywers wat internasionaal gereken word en wat van die belangrikste boektoekennings wen. Maar vir my is ons plaaslike aanbod natuurlik die héél lekkerste. Hoekom? Want ons skrywers en uitgewers weet presies wat ons Suid-Afrikaners maak tick! Dit beteken dat hulle óók op hoogte van sake is met wat in die res van die wêreld se leesmark aan die gang is – of dit nou die nuutse YA trope, TikToksensasie of ander leesgiere van die dag is. Ons boeke reflekteer al hierdie en nog baie meer, maar met ’n heerlike Suid-Afrikaanse geurtjie. Dis tog immers waar ons almal woon en dagdroom. Met die Desembervakansie
!
Somer, son en 03 stra ndspeletjies! (Maar ons lees ook ...)
wat wink en Kerskouse wat volgestop moet word, is dit dan jou goeie geluk dat jy Die Huddle in die hand het. Ons kan jou help om vir elke kind in jou familie, selfs die wat lui is vir lees, die perfekte geskenk te gee. Ek is veral opgewonde oor die Tippie-kartonboekies wat onlangs verskyn het. Dis pragtig, kleurvol, snaaks en perfek vir klein handjies om vas te hou. Begin sommer vroegvroeg jou kind lief maak vir lees met hierdie boekies! Loer gerus in die tydskrif vir meer inligting hieroor. Mag julle laaste paar dae van 2023 vol pret, plesier en sakke vol boeke wees. Ons hoop om julle in 2024 met nog baie van ons beste skrywers in die land se werk te vermaak!
Geseënde feestyd en lekker lees!
04
’n paar interessante brokkies uit die boek
Onderhoud 06 Ons gesels met Engela
Duvenage
08 Een dag in Julie Uittreksel
Nerine Ahlers se Een dag in Julie
9
Iets vir die klaskamer
11 Berlut Books
Wie is Louis Pretorius? Skrywer van Kompleks
Wat lees ons span? Helene, Ena en Hannes
10
12 14
Lesersindrukke 15 Sloo ths en Vrae & Antw
oorde:
Graad 10-12
16 AlKlavirsgids
57 jaar ’n bondgenoot!
Nadine Petrick
Praat met ons!
Ons webwerf: www.lapa.co.za of www.klaskameraad.co.za
LAPAKinders
Uitvinders, planmakers en ander slimkoppe van Suid-Afrika
Tippie! 17 10 vrae vir … 18 Giul ia le Roux Inkleurprentjie
lapa_kinder_en_jeugboeke
Johannesburg • Growthpoint Business Park, Unit 12A (ii), 162 Tonetti Street, Halfway House Ext 7, Midrand, 1685 • 011 327-3550 Kaapstad • Estuaries No 4, Oxbow Crescent, Century Avenue, Century City, 7441 • 021 460 5400 © Copyright Penguin Random House South Africa (Pty) Ltd. The Huddle is published by Penguin Random House South Africa. All rights reserved. Reproduction without the written permission of the editor is strictly forbidden.
20
Kyk uit vir hierdie boeke!
Agterblad
Kompetisie
Wen 10 boeke van jou keuse
21
Een van die belangrikste goed wat jy vir jou baba of kleuter kan doen is om vir hulle te lees. Nie net help dit om ’n sterk band te vorm nie, maar dit help ook met spraakontwikkeling, woorde en taal! Verder stimuleer jy jou kleintjie se verbeelding, help jy hulle om sosiale vaardighede te ontwikkel en natuurlik, om meer van die wêreld te leer. Probeer om daagliks te lees en jou kind genoeg tyd te gee om te kyk, te beskryf en te praat oor wat in boeke gebeur. Jy sal nie spyt wees nie!
Ook in Engels beskikbaar
Ook in Engels beskikbaar
Somer, son en strandspeletjies! (Maar ons lees ook ...)
speel, swem, lag en braai saam Somers in Suid-Afrika is vir buite toe, en strand toe en baljaar met die familie! Ons almal wil see eg bed toe jaag. Maar, voor jy totdat die dag in die son ons mo rdie lekker boeke nader om die hie van n ee rs ee rk ha , ap sla an ga ggend kan jy weer gaan jol! dag perfek mee af te sluit– môreo
Somer 2023/4
3
Die eerste uitgawe van Uitvinders, planmakers en ander slimkoppe van Suid-Afrika deur Engela Duvenage het ’n paar jaar gelede verskyn en het sover soos Colombië opslae gemaak! Die boek vertel die verhaal van etlike Suid-Afrikaners wat in die sogenaamde STEM-veld bekend geraak het en beroemdes soos dr Christiaan Barnard, dr Imtiaz Sooliman en Mark Shuttleworth is in die boek te sien. Die skrywer en die boek was onlangs op die kykNET-geselsprogram Prontuit nadat die nuwe, opgedateerde uitgawe verskyn het. Hier is ’n paar interessante brokkies uit die boek!
MEER OOR PROFESSOR MICHAEL LEVITT: Gebore: 9 Mei 1947, Pretoria Matrikuleer: Hoër Seunskool Pretoria, 1962
Michael Levitt, Martin Karplus en Arieh Warshel het saam die Nobelprys vir Chemie in 2013 gewen vir hul werk uit die 1970’s. Hulle het uitgewerk hoe om die struktuur van groot biologiese of chemise molekules in prentjies op ’n rekenaar voor te stel,
4
Somer 2023/4
en ook die reaksies wat binne breukdele van ’n sekonde binnein hulle gebeur. Daarmee kon wetenskaplikes sedertdien uiters moeilike navorsingskonsepte verstaan en virtueel toets. Hulle gebruik dit om te voorspel wat met molekules onder sekere toestande gebeur, om formules te ontwikkel vir nuwe medisynes, en om DNS en proteïene te verstaan. Wie is Golem? Dis die naam van die rekenaar waarop Michael in die 1960’s van sy eerste belangrike werk gedoen het. Dit was 100 miljoen keer stadiger as vandag s’n, het net 1 megagreep geheue gehad – en het miljoene gekos!
MEER OOR DOKTOR ANSIE DIPPENAAR-SCHOEMAN: Gebore: 13 Oktober 1948, Roodepoort Matrikuleer: Hoërskool Erasmus, Bronkhorstspruit, 1965
Swellendam gevind het, het sy na haar dogter, Nicole, vernoem. Ander spinnekopnavorsers van oor die wêreld het al Ansie se naam of van aan ’n indrukwekkende 28 nuwe spesies gegee en aan drie groter generagroeperinge waarin spesies opgedeel word. Ansie is ’n stigterslid van die Afrika-Aragnologiese Vereniging, en vertel graag vir mense oor spinnekoppe. Sy’t al 10 handboeke of veldgidse oor
hulle geskryf. Een gaan net oor die 281 groot bobbejaan- en valdeurspinnekoppe wat mens hier kry! Sy werk voortdurend aan nuwe identifikasiegidse met foto’s en kaarte wat wys waar mens die 72 spinnekopfamilies en oor die 2 250 Suid-Afrikaanse spesies waarvan mense reeds weet, kan vind.
Reënspinnekop. Groot, maar onskadelik. Beslis nie ’n bobbejaanspinnekop nie. Ek stuur môre ’n feiteblad oor hulle met meer inligting. Ansie is al gewoond aan sulke beangste oproepe van vriende, familie en dikwels selfs vreemdelinge. Dit gebeur al sedert die koerante in die laat 1970’s haar die eerste keer SuidAfrika se eie “Spider-Woman” genoem het. Sy’s die Google van agtpotiges soos skerpioene en spinnekoppe. Dis egter veral spinnekoppe – of Araneae volgens die kenners – wat haar fassineer. Haar gunstelinge is krapspinnekoppe wat veral op blomme bly. Voor haar aftrede in 2013 het sy vir 45 jaar by Suid-Afrika se Landbounavorsingsraad spinnekopstudies gedoen. Sy het al by die 70 nuwe spesies ontdek en beskryf. Een van hulle, ’n pragtige groene wat sy in Grootvadersbosch naby
Somer 2023/4
5
Ons gesels met
Engela Duvenage Hoekom het jy besluit om die boek te skryf? Ek is bevoorreg om vir ’n werk met van Suid-Afrika se interessantste, mees vindingryke en slimste mense te kan gesels – mense met ’n passie vir wat hulle doen, al werk hulle dalk op onderwerpe wat negatief is, soos siektes of omgewingskwessies. Ek wou hul stories met ander mense deel, maar veral ook met my eie kinders en hul vriende. Ek wou hê dat hulle maklik mondelinge moes doen of skooltake kon voltooi oor ons Suid-Afrikaanse helde. Die lekkerste is as ek deesdae video’s of boodskappe ontvang van kinders wat presies dit gedoen het!
Hoe het jy te werk gegaan om dit te skryf? Mens begin maar deur ’n lys te maak van name wat uitstaan! Ek het geweet ek wil mense in verskillende kategorieë van die wetenskappe en ingenieurswese insluit, en het daarom ook gaan soek vir spesifieke voorbeelde vir sekere afdelings. Ek het reeds voor ek die boek geskryf het heelwat van die mense daarin ontmoet, uit die aard van my werk. Met ander het ek spesifieke onderhoude spesiaal vir die boek gaan voer, of het met hulle of familielede telefonies of per e-pos gesels terwyl ek dit geskryf het. Ek het byvoorbeeld my kinders saamgeneem in die middel van
BO Ingenieur prof Thinus Booysen van die Universiteit Stellenbosch, wat die Geasy-watervloeimeter ontwikkel het en in skole projekte dryf om water en elektrisiteit te spaar, wys trots sy storie. REGS My jongste dogter, Marike, het ’n koek gebak ter viering van die publikasie van die Engelse weergawe, Inventors, bright minds and other science heroes of South Africa, in 2021. Dit bly steeds vir my baie spesiaal.
6
Somer 2023/4
’n gesinsvakansie om in Makhanda vir visfossielkenner Rob Gess te gaan ontmoet, en na Langebaan waar Pippa Haarhoff die Weskus Fossielpark op die been help bring het – die eerste van sy soort in Suid-Afrika. Vriende wat geweet het waarmee ek besig was (vir by die vier jaar!) het ook idees aangedra. Vriendin Lillibe het gesê ek moet oor Jan Bonsma, wat die Bonsmarabeesras ontwikkel het, skryf. Elsibe het die voorstel van Winston Wicomb gemaak, wat die eerste “harttassie” ontwikkel het waarmee geoeste skenkerharte veilig vervoer kon word. My swaer Bokkie het gesê ek moet skryf oor Chris Leatt, wat die Leatt-nekharnasse vir motorfietsryers ontwikkel het. Ek het ook ruim gebruik gemaak van biografieë en artikels wat ander joernaliste geskryf het.
interessanthede wat mense uitvind. Die oplossings wat wetenskaplikes vir probleme vind. Die pogings wat mense aanwend om die wêreld vir ander beter te maak. En op ’n persoonlike vlak: die uitdaging om iemand anders se navorsing verstaanbaar in storievorm oor te dra, sodat die persoon se ma dit ook duidelik kan verstaan.
Die bekendstelling van Uitvinders, planmakers en ander slimkoppe van Suid-Afrika het in 2020 by die een van my hartsplekke, die Breytenbachsentrum in my tuisdorp, Wellington, plaasgevind. Hier is ek van links saam met vlieënier Fatiema Jakoet, Eugene Marinus, die eerste kurator van die Hantam Nasionale Botaniese Tuin, paleontoloog prof. Anasuya Chinsamy-Turan, my lieflike redakteur Shawna-Leze Meiring, en Rose Kransdorff van die voedingsryke e’Pap.
Daar is baie indrukwekkende mense in SA. Hoe het jy jou kandidate gekies? Almal het een of ander eerste behaal, of iets nuuts begin. Hulle het nuwe uitvindings, produkte of mediese prosedures uitgedink, ’n nuwe soort plant- of dierspesie of fossiel ontdek, of ’n nuwe wetenskapsprosedure. Hendrik van der Bijl het Eskom en Yskor begin, prof Mashuda Tshifularo het die eerste 3D gedrukte middeloor ingeplant en Chris Barnard het die wêreld se eerste hartoorplanting gedoen. Prof Colleen Downs het die jaarlikse woudpapegaai-sensus begin, en prof Daya Reddy was die eerste president van die Internasionale Wetenskapsraad. Ensovoorts. Ek het ook een afdeling ingesluit oor die vyf mans wat in Suid-Afrika grootgeword het wat elkeen ’n Nobelprys in die wetenskappe ontvang het. Onder hulle is Max Theiler, wat die geelkoorsinenting ontwikkel het wat grootliks nog net so vandag gebruik word.
Watter een van jou onderwerpe sou jy baie graag in lewende lywe wou ontmoet en hoekom? Ek sou graag saam met prof Peter Best wou vlieg gedurende een van die jaarlikse sensusse van suidelike noorkapperwalvisse langs ons kuslyn. Dit vind steeds sedert 1969 plaas. Of Jotello Soga, gebore in 1865, en die eerste Suid-Afrikaans gebore veearts ooit. Hy het in die tyd van die runderpes gewerk, en het die eerste navorsing op medisinale plante in die land gedoen. Of dalk paleontoloog James Kitching. Iemand het op ’n dag uitgewerk dat hy altesaam 18 jaar van sy lewe net iewers in die Karoo of sub-Antarktika aan die soek was na fossiele, eerder as om in ’n kantoor te wees. Ek kan net dink watter stories hulle sou kon vertel het, het hulle vandag nog gelewe! Wat aan Wetenskapjoernalistiek maak jou opgewonde? Die moontlikhede. Die
Watter storie in die boek staan vir jou uit as ’n gunsteling? Ek gaan liewer ’n afdeling kies – die een oor mense wie se werk met diere te doen het. Ek het onder meer geskryf oor ’n olifanttandarts en ’n muskietnavorser, en ander wat nuwe soorte erdwurms, spinnekoppe en fluweelwurms ontdek het. Laasgenoemde, oor prof. Savel Daniels se navorsing, was een van die eerste drie stories wat ek geskryf het. Die ander was oor John Burland, die Suid-Afrikaansgebore siviele ingenieur wat gekeer het dat die Toring van Pisa omval, en oor die ontdekking van die selekantvis deur Marjorie Courtney-Latimer, en die verdere soektog daarna deur prof. JLB Smith. Hulle stories was die begin van alles – 102 in totaal. Wat in die boek het jou geskok? Die besef dat ek nog sewe sulke boeke sou kon skryf – daar is werklik besonderse mense in ons land en vanuit ons land wat in die wetenskappe doen – en ons weet heeltemal te min oor hulle. Ons vier hulle te min. Kan ons uitsien na nog ’n boek in die reeks of dalk iets anders? Ek is tans besig om nuwe stories en idees in te samel so deur die loop van my dagtaak heen.
Somer 2023/4
7
Matt háát haar. Kiana, die koningin. Sy pa se nuwe vrou wat stil-stil hulle lewens kom oorneem het tydens die Covid-inperkings, net nadat sy ma oorlede is. Hy mis sy regte ma. Hy mis Saterdagoggende se plaatkoekies bak saam met sy pa. Hy mis sy eksmeisie. Hy mis hoe alles was voor Kiana. En toe, een dag in die Julievakansie, word als erger. Eers kom waai Kiana sy slegte rapporte rond. Toe vat sy Matt se TV weg. Toe sy rekenaar, en uiteindelik ook sy selfoon. Genoeg is genoeg. Kiana bied hom ’n ultimatum: óf hy aanvaar haar gesag, óf hy loop uit die huis uit. Matt kies opsie twee … en dit word een lang dag in Julie wat alles kan verander.
Nerine Ahlers is al ’n gewilde skrywer vanaf die eerste SSSboek saam met Alet Steenkamp. Sy het haarself ook as ’n sterk individuele skrywer gevestig, met eerstens die Parys-reeks en toe ook Die verdwyning van Seamus Smit deur Seamus Smit wat as naaswenner in LAPA se Jeugromankompetisie 2021 aangewys is.
8
Somer 2023/4
ISBN: 9780637002615 Prys: R180.00 Kategorie: Tienerfiksie 13+
Uittreksel
MATT WONDER NOG wat om te doen, toe is dit reeds te laat. Die mense is om hom, agter hom, langs hom, voor hom. En skielik ontaard dit net heeltemal, raak dit net daar langs die vuur ’n gemaal en geskree – ’n woedende geveg. Hy steier agteruit toe iemand teen hom val. Die persoon agter hom brul verontwaardig en stamp hom grond toe. Hy val tussen ’n klomp lywe deur, plat op sy rug. Voel iemand oor hom rol. Nog lywe. Nog woedende stemme. Hy hoor woorde. Voel ’n skop in sy maag. ’n Hou teen sy kop. Voete. Voete. Probeer wegrol. Opstaan. Maar hy kan nie weer regop kom nie. Daar is te veel 7 mense om hom en oor hom en op hom. Hy probeer omrol, trek hom self teen die grond vorentoe, uit die kring van die geveg. Maar hy kan nie wegkom nie. Kreun toe daar nóg ’n volle gewig op hom land. Laat val net sy kop teen die stowwerige grond. Hy kan nie meer nie. ’n Hand pluk aan sy jaskraag, sleep hom uit die gemaal. Oor die hobbelrige ongelyk grond. Weg van die vuur. Die Lapa_Een_dag_in_Julie_Inner.indd 6 2023/08/07 15:44 koue donker in. Hier gaan hy vanaand vermoor word. En dis alles oor Kiana. Oor haar. Oor die koningin.
Somer 2023/4
9
Hoe kan ons jou help?
Wanneer ons span strategies dink oor ’n nuwe jaar, dan is skole, onderwysers, leerders en ouers baie hoog op ons lysie van doendinge. Hoe kan ons julle beter help? Wat gaan die onderwyser se lewe makliker maak? Is daar ’n plek waar ouers hulpmiddels kan vind vir hulle kinders? Hoe maak jy jou kind lief vir leer en lees? Maklik. Jy kom kuier by ons. Ons het alles wat jy nodig het!
Klaskameraad Blog
Ons het spesiaal ’n blog geskep, propvol inligting wat jou kan help om die jaar met groter gemak aan te pak. Daar is gratis materiaal, soos luistertoetse, voorbladontledings, kwartaal 3-hulpmiddels en vele meer! Op die blog sal jy ook onderhoude met skrywers, resensies, inligting oor Tippie die olifant en skakels na al ons vorige webinare vind. Maar dis nie al nie, jy kan daar lees hoe jy te werk kan gaan om ’n skoolbesoek te reël, jy kan uittreksels uit van ons aanbevole klasleesboeke lees en natuurlik kan jy blitsvinnig sommer ’n boek koop op ons aanlyn winkel. As jy steeds vrae het, is daar ook kontakdetails van ons span – ons sit altyd reg om te help! Gaan besoek gerus hierdie vrolike spasie. Dis nie net lekker om daar rond te snuffel nie, dis beslis ’n webwerf waaroor jy nog baie dankbaar gaan wees!
https://klaskameraad.co.za
Breinspeletjies vir slimkoppe Breinspeletjies vir slimkoppe bevat 20 bord- en breinspeletjies wat kinders stimuleer deur middel van beweging! Die speletjies kom saam met ’n handleiding met kort stories en instruksies vir beweging. Kinders kan uitsien na beter konsentrasie, geheue en logiese vaardighede! Hierdie stel bied ’n reeks voordele, insluitend: Verbetering van aandag, analitiese denke, liggaamsbalans, handskrif, breinaktiwiteit, leer- en leesspoed; Ontwikkeling van taktiese (aanraak) en vestibulêre (luister) sintuie, logiese denke, geheue, skryf, wiskundige, organisatoriese en fonologiese vaardighede; Versterking van nek-, bo-bors- en skouerspiere; Oefening van hand-oog en hand-voet koördinasie, middellynkruising en koördinering van laterale beweging; Verhoogde kreatiwiteit; Help met ADD, ADHD en disleksie. *Die stel is ook beskikbaar in Engels: My First Brain BoostBoard Games.
Meeste onderwysers is waarskynlik reeds bekend met die fantastiese Berlut-reeks. Ons is baie opgewonde om aan te kondig dat hierdie gidse nou onder die vaandel van Penguin Random House uitgegee gaan word. Die produk en die naam bly presies dieselfde – jy kry dus steeds van die beste akademiese hulpmiddels, maar nou kan jy dit ook deur ons agente aankoop.
Wie en wat is Berlut?
Berlut Books is in 1999 deur Beryl Lutrin gestig om die Afrikaans Handbook and Study Guide te publiseer. Daarna volg die English Handbook and Study Guide, die Wiskunde- en die Rekeningkundeboeke. Berlut Books is ook baie trots op die IsiZulu Handboek en Studiegids vir Senior Primêre en Hoërskole wat tot sy reeks gevoeg is. Die Engelse en Afrikaanse boeke is topverkopers en word deur meeste van die topskole in Suid-Afrika en die buurstate gebruik. Die Wiskundeboeke word hoog aangeskryf en word deur baie topskole as handboeke sowel as ekstra hulpmiddel ingespan.
Suid-Afrika se gunstelingstudiegidse Eenvoudig, logies en visueel – hierdie boeke is ideaal vir die klaskamer en afstandonderrig.
Beskikbaar by goeie boekwinkels en www.berlutbooks.com
Berlut Books is nou deel van Penguin Random House South Africa
Wie is
Louis Pretorius?
12
Somer 2023/4
Die heerlike nuwe jeugroman Kompleks, uit die pen van Louis Pretorius, was eers ’n reeks op Showmax, waarna hy op versoek van die uitgewer die storie tot ’n roman verwerk het, ’n taak wat op die einde van die dag makliker was as wat hy verwag het. Altans dit het makliker geword soos die proses gevorder het. Die grootste skuif wat hy moes maak was om die inherente verskil van die twee stukke skryfwerk altyd in sy kop te hou. ’n TV-draaiboek is slegs die begin van ’n proses. As dit klaar is moet dit verfilm word en kom daar nog ’n swetterjoel goed by. ’n Roman is die eindproduk. Alles wat jy wil hê die leser moet ervaar, moet deur die woorde op die bladsy aan hulle verskaf word. “As jy daarmee werk, word die romanskryfproses makliker.” In sy prille jeug het Louis slegte poësie geskryf (sê hy spottenderwys), met drome van ’n digter wees, maar dit was gelukkig kortstondig. Die TV-ding het oorgeneem en hy het nooit eintlik gedink daaraan om ’n boek uit te gee nie. Maar toe die geleentheid hom voordoen en hy begin met die skryfproses, was dit geweldig bevredigend. En bevrydend. Skielik kon hy enige iets sonder die beperkinge van begrotings doen. En gelukkig vir ons wil hy dit weer doen. Kompleks se storie is ’n hedendaagse love story met ’n lekker twist. Die oer-idee kom uit sy eie tienerjare. ’n Somervakansie en ’n verlore
liefde in graad 11. Soos met alle liefdes wat verwelk het, bly die vraag “Wat as ...?” ’n mens altyd by. Dit was die basis van die verhaal en toe hy met die reeks begin speel, het die idee van meeralle en die invloed van ons tienerjare op ons as volwassenes die storie verder geplooi. Alhoewel dit ’n hedendaagse liefdesverhaal is, is dit so bietjie van ’n liefdesbrief aan die 90’s en almal van daardie era wat toe mens geword het. Louis is gelukkig daarmee dat hy ’n dromer en ’n doener is. Hy kan party dae vir ’n hele dag met sy kop op die lessenaar lê en dink, maar waneer hy klaar gedink is, moet hy die drome uithamer. Al beteken dit vier uur opstaan en twaalf ure aanmekaar skryf. Twee van die heel lekkerste projekte waaraan hy gewerk het was die eerste reeks van Die Boekklub, omdat dit altyd sy heel eerste kind sal bly. En dan natuurlik Kompleks, beide die reeks en die boek. Die reeks omdat dit hierdie magiese oomblik in tyd net ná die eerste lockdown was en hulle naarstigtelik geskep het. En die skryf van die boek omdat dit hom weer moed gegee het as skrywer. Dit beteken daar sal in alle waarskynlikheid nog ’n YA uit sy pen verskyn, want benewens ’n spul idees, wil hy baie graag nog skryf. Om ’n hoogaangeskrewe YA te skryf is oorweldigend en maak hom ’n klein bietjie senuagtig. Maar hy beskou dit as ’n geweldige eer en hy hoop die boek bring dieselfde vreugde vir lesers as wat dit vir hom was om dit te skryf. Louis self is mal oor YA. Eleanor & Park, The Sun is Also a Star en Aristotle and Dante Discovers the Secrets of the Universe is van sy gunstelinge,
want daar is iets van die drome en versugting van menswees wat vir hom vasgevang word in hierdie genre. Drome wat hy self hoop hy nooit hoef op te gee nie.
LOUIS IN KORT
Louis Pretorius matrikuleer in 1997. Na vyf jaar in Engeland, Meksiko en Pretoria as kelner, onderwyser en kantoorbestuurder skryf hy in vir ’n graad in drama by Universiteit Stellenbosch in 2003. Hy ontvang sy MDram (Cum Laude) in 2008. Sedert 2010 het hy 194 episodes vir TV geskryf wat reekse soos Die Boekklub, Kompleks en Fraksie insluit. In 2018 debuteer sy eerste professionele toneelstuk, 3 Susters, op die Innibos Nasionale Kunstefees. Hy ontvang ’n SAFTA, ses ATKV Mediaveertjies en drie SuidAfrikaanse Skrywersgilde-pryse vir sy skryfwerk. In 2019 word die Deleen Bekker-prys vir TVdraaiboeke deur die Akademie vir Wetenskap en Kuns aan hom toegeken en ontvang hy ook ’n erepenning vir TV-regie. Hy is ’n groot Harry Potter-aanhanger en hoop steeds dat sy Hogwartsbrief eersdaags sal kom.
Somer 2023/4
13
Wat is op my Ons het by ’n paar lede van ons kinder- en jeugspan uitgevind wat hulle onlangs geniet het om te lees! Helene de Kock: A STROKE OF THE PEN Verkoopskoördineerder: LAPA Ek is al vir jare ’n groot aanhanger van Terry Pratchett se boeke. Sy satiriese skryfstyl, vermaaklike karakters en voetnotas het my nog altyd laat glimlag (of hardop lag), en bietjie verder laat dink oor vandag se probleme. Met hierdie nuwe titel (van ou stories) word dit net weer bewys. Die stories is geskryf toe hy nog ’n jong man was, en voor sy verbeelding nog die Discworld volledig voltooi het. Hier gaan jy, soos gewoonlik, stories vind wat jou bietjie anders na die lewe (en die verlede) gaan laat kyk. Daar is twintig stories om van te kies, en dit gaan vir my moeilik wees om te sê watter een my gunsteling was, maar vir die wat van ongelooflike stories hou – hulle sal beslis iets vind om die aandag af te lei van die elkedaagse.
Ena Stegmann: HALLEY’S COMET Digitale bemarking: Plaaslike kinderen jeugboeke Ek het onlangs Halley’s Comet deur Hannes Barnard, nie gelees nie, maar geluister! En het ek genoem dat dit voorgelees word deur tieners wat dieselfde ouderdom is as die karakters in die boek? Wat ’n rollercoaster!
Hannes Barnard: EEN DAG IN JULIE Opvoedkunde verkoopsbestuurder: Plaaslike handel My laaste paar boeke het misdaadfiksie en Tippie se eerste boek-reeks ingesluit. Die vraag daarna is altyd, wat volgende? Toe land Een dag in Julie op my rak en die keuse word maklik. Ek hou van Nerine Ahlers as mens en as skrywer, en die voorblad het my nadergewink. Ek het pas begin, maar geniet reeds Nerine se styl. Ná Een dag in Julie lê beide Kompleks en die nuwe Diary of a Wimpy Kid vir my en loer. Soveel boeke, so min tyd.
14
Somer 2023/4
Lesersindrukke Slooths
Lori-Ann Preston Slooths is a fantastic book for young investigators and adventure lovers! The acronym ‘Slooths’ is a creative way to define their mission. The plot, featuring the disappearance of Mrs Juniper’s cat, Poppet, adds an intriguing mystery for the young ‘slooths’ to solve. I really enjoyed the adventures and mysteries in the book. The inclusion of animals in the story is also a nice touch. I highly recommend this book for 9-yearolds, as it is an engaging and entertaining read. There’s nothing I don’t like about the book, that’s a testament to its quality. Happy reading, and may you continue to enjoy your adventures with the ‘slooths’.
REVIEWED BY Liam Labuschagne a Gr 3 pupil at King Edward VII Preparatory School
Vrae & Antwoorde: Graad 10-12
Hierdie baie nuttige boek het net betyds vir die matriek in ons huis aangeland – ’n dag voor haar Afrikaanstaalvraestel vir die rekordeksamen en sy het tyd gehad om die middag ten minste die graad 12-huistaal voorbeelde van elke toets deur te werk. Alhoewel hierdie boek hoofsaaklik gerig is op onderwysers en tuisskole is hierdie boek van onskatbare waarde vir ouers en kinders tussen graad 10 en 12 – maak nie saak of hulle Huistaal of Eerste Addisionele Taal vat nie. Meer as 50 tekste met vrae en memorandums word gedeel in die boek wat dit ideaal maak vir die toets- en eksamenvoorbereiding. Leesbegrip, opsommings, advertensieis, strokiesprente, artikels en prente word gedeel in die volgorde van moeilikheidsgraad. Die vlakke begin by graad graad 10-eersteaddiosioneletaal en beweeg aan in moeilikheidsgraad tot graad 12-huistaalvlak. Kritiese taalbegrip word ook ook oor drie bladsye behandel, in nuttige kolomme met praktiese toepassings. Luisterbegripoefeninge word oulik geplaas met ’n QRkode wat gebruik kan word om na opnames te luister wat dit maklik maak om ook hierdie deel tuis te oefen. ’n Bonus is die deel van drie voorbeelde vir die ongesiende gedigte vir huistaalleerders vir die Letterkundevraestel. Die laaste gedeelte voor die antwoorde vir al die vraestelle, is die “Barrett en Bloom se taksonomieë” wat deur onderwysers gebruik moet word om vraestelle op te stel. Vir my as ouer was dit nogal insiggewend en ek dink dit kan ook nuttig gebruik word om kinders te help met voorbereiding. Dit gee insig oor die moeilikheidsgraad van vrae en hoe die tipes vrae geformuleer word. Hierdie boek is een van die beste beleggings wat ’n ouer kan maak vir hulle kinders se eksamenvoorbereiding. Vir onderwysers glo ek is dit beslis van onskatbare waarde. Daar is ook soortgelyke boeke beskikbaar vir graad 4-7 en graad 7-9. DEUR Rina Coetzee Gous
Somer 2023/4
15
KLASGIDS VIR 2024
is hier!
Ook beskikbaar in hardekopie vir die laerskool en hoërskool! Begripstoets met memo vir graad 11 dringed nodig!
and ’n Enigiem ig? ne ged ongesie
Vir meer inligting stuur ’n e-pos aan
info@klaskameraad.co.za
Het ieman d vir my ’n opsomm ing vir graad 6-hu istaal?
Tippie se eerste boek oor… Ons Tippie-lesers raak al hoe jonger! Babas en kleuters is net so mal oor ons geliefde olifantjie, daarom het ons besluit om kartonboekies spesiaal vir klein vingertjies te skep. Hierdie reeks is vol kleurryke illustrasies, snaakse karakters en stories wat beide kleuters en ouers sal laat giggel van plesier. Die reeks is in Afrikaans en Engels geskryf en spreek al die dinge aan wat vir babas en kleuters belangrik is – troeteldiere, kleure, teenoorgesteldes, syfers en klanke. Dis ’n ideale manier om jou kleuter op ’n prettige én snaakse manier te leer.
1
Hoekom is kartonboeke belangrik vir vroeëkindontwikkeling?
Die meeste kartonboeke fokus op ’n spesifieke konsep soos kleure of vorms.
2
Dit verduidelik sleutelkonsepte vir jong kinders, wat verder help om hul begrip van die wêreld te ontwikkel.
3
Ook beskikbaar in Engels
Kartonboeke laat babas en kleuters toe om letters, syfers, kleure, vorms en meer te herken, wat help om hierdie spesifieke vaardighede te ontwikkel.
10 vrae vir…
Giulia le Roux Ons het vir Giulia se pa, Erik le Roux, ’n paar vrae gestuur om te antwoord. Hoor wat sê pa en dogter! Waar kom die idee vir die boek vandaan? Uit my oogpunt is dit sekerlik Giulia se omgewing, habitat en manier van grootword. Diere is ’n groot deel van haar doen en late. Gedurende die winter sit ons botter in die tuin vir voëls, net buite Giulia se kamervenster. Sy kan vir ure lank kyk hoe hulle kom pik. Dalk het dit iets ontketen. Hoe het julle te werk gegaan om die storie te skryf? Giulia het die storie binne ’n halfuur geskryf, wat beteken
18
Somer 2023/4
die saadjies was reeds geplant voor sy pen op papier gesit het. Ek het steeds die oorspronklike weergawe in potlood in haar handskrif. Natuurlik was daar redigering betrokke voor ek dit voorgelê het aan uitgewers. Aan die begin het die voëls byvoorbeeld nie name gehad nie en ek het Giulia gevra om dit uit te dink. Wat was jou broer Nataniël se betrokkenheid by die boek? Nataniël het eers van die boek gehoor toe ek vir hom ’n video stuur van hoe ek die boks met
die eerste kopieë oopmaak. Daarna was dit ’n natuurlike proses om hom betrokke te maak vir die Suid-Afrikaanse weergawe. Hy kom al 15 jaar gereeld Nantes toe en kon die Franse teks verstaan. Hy het wel besluit om die teks “oor te vertel”, nie direk te vertaal nie. Hy is ’n storieverteller, nie ’n vertaler nie, en dit gee ’n eg Nataniëlstempel. Is daar ’n moontlikheid van ’n ander boek? Giulia skryf gedurig en hou ook ’n “intieme dagboek” soos sy dit
Het sy nog altyd ’n ryk verbeelding en is dit maar geneties, dink jy? Ek dink nie dit is geneties nie. Kinders is baie slimmer as wat hul ouers vermoed. As jy hul uitlos en ophou mikro-beheer uitoefen, is daar ’n vryheid om hulself te wees binne ’n raamwerk wat die ouers, skool en gemeenskap skep. Sy hou van lees soos wat ander kinders van tennis, TV of tolgooi hou. Sy het ’n ryk verbeelding, ja, en neem ook teaterklasse.
noem. Desnieteenstaande is sy in ’n groeiproses en ontdek sy daagliks nuwe dinge en idees. Ons gaan haar nie forseer om iets te doen waarvoor sy nie gereed of lus is nie. Soos hierdie boek, is dit ’n spontane proses op haar ouderdom en al vat dit ’n ruk, is ek seker daar sal weer iets uit haar gedagtes verskyn. Wat is Giulia se gunstelingding op aarde om te doen? Perdry. Sy is obsessief oor elke Saterdagoggend se perdryklas. Ons kan dit glad nie bekostig nie, maar sy begin al in die middel van die week opgewonde raak. Haar kamer is vol perdfoto’s en sy kyk video’s op Youtube van beroemde perde uit die 1950’s en later.
Praat sy enigsins Afrikaans of net Frans of hoe werk dit in julle huis? Giulia, soos enige iemand wat ’n nuwe taal leer of gereeld hoor, ken ’n paar woorde in Afrikaans, ja. Dit is nie altyd goeie woorde nie en dit is beslis my skuld. Ons praat oorwegend Frans en Engels in die huis. Frans is ’n ongelooflike streng akademiese taal. Dit is haar prioriteit om eers dit onder die knie te kry. Nietemin, kinders absorbeer ’n taal baie maklik en as ek kyk na haar suster wat vier jaar ouer is, is ek nie bekommerd dat Afrikaans ’n rol sal speel vorentoe nie. Ek meen, sy het dan ’n boek in Afrikaans!
speel tot haar ma vroegaand by die huis kom. Skool begin agtuur en eindig halfvyf so dis ’n lang dag, maar sy geniet haar maats en kla nie oor skool toe gaan nie. Naweke is dit perdry, fliek, biblioteek toe en ’n kuier by haar Franse ouma en oupa. Wat is haar gunstelingdier? Beslis perde, maar sy is ook baie mal oor wolwe en natuurlik ons troeteldiere, twee honde en ’n kat. Het sy dalk ’n boodskap vir die kinders in Suid-Afrika? Sy sê sy het nie ’n boodskap nie, maar as die mense die boek koop kan sy geld spaar om vir haar Suid-Afrikaanse ouma te gaan kuier!
Het sy ’n gunstelingboek of -storie en hoekom? Haar gunstelingboeke is Mary O`Hara se stories oor Flicka die perd. Ek dink daar is drie in die reeks. Dit is vol konfyt- en sjokoladevingerafrukke, maar sy lees dit oor en oor. Hoe lyk ’n dag in haar lewe? Soggens neem sy die bus skool toe saam met haar suster. Ek gaan haal haar in die agtermiddag en dan loop ons deur die begraafplaas en sy vertel my van die kos in die kantien. Dan doen sy huiswerk en
Somer 2023/4
19
Saartjie sê:
Kleur ons in!
Maak jou Kerskouse vol! Soek jy idees vir Kersfees? Hier is ’n paar prettige titels wat al die jongelinge sal geniet.
7+
9+
17+
15+
11+
13+
17+
9+
13+
3+
Staan ’n kans om 10 van die boeke van jou keuse wat in die uitgawe van Die Huddle verskyn, te wen!
Hoe om deel te neem
Skandeer die QR-kode met jou slimfoon
OF
gaan na www.lapa.co.za/ die-huddle-desember-kompetisie *Kompetisie sluit op 1 Februarie 2024. Terme en voorwaardes geld.