6 minute read

EK HET VERLIEF GERAAK OM DIE

Melanie Steyn (néé Vorster)

Ek was in 1993 se tweede semester in die polisiekollege. Ek was in peloton 69 en ek het in Heidehof gewoon. Ek was net 18 toe ek kollege toe is. Een van die dinge wat ons as deel van ons opleiding in die polisiekollege geleer het, was om met ‘n vuurwapen te skiet. Ek onthou baie goed hoe geweldig bang ek was die eerste dag op die skietbaan. Tot almal se verbasing en meer toe my eie verbasing skok ek my toe self en ek skiet volpunte. Die eerste keer toe ek ooit ‘n vuurwapen in my hande gehad het!

Advertisement

Iets wat nie vir my vreemd en nuut was nie en wat ek goed geken het, was dril en dissipline. Toe ek op hoërskool was, was ek in die koshuis gewees. My jare in die koshuis het my reeds geleer om baie onafhanklik te wees.

Ek het absoluut verlief geraak op die polisielewe Dit was beslis nie my eerste keuse vir ‘n beroep nie, maar reeds gedurende ons opleiding in die polisiekollege het ek gewéét dit is wat ek wil doen. Die polisielewe was gedissiplineerd en opwindend. Ek het dit gelove.

Na ons opleiding is ek na Heuningspruit uitgeplaas. Ek vind toe self eers uit dat daar werklik ‘n dorp met dié naam, bestaan, dit is die Vrystaat en nie ver van Kroonstad af nie. Ek het aangeland op ‘n plekkie waar daar net ‘n polisiestasie, twee huise en darem twee polisiemanne was. Wat ‘n skok was dit vir my gewees nie. Ek kon myself nie keer nie, ek het sommer net in trane uitgebars. Wat moet ek op die plekkie maak. My trane het iemand se snaartjie geraak, want net daar is daar gereël dat ek maar liewer na Kroonstad oorgeplaas moet word. Wat ‘n verligting!

Ek was toe darem al 19 jaar oud maar nog steeds skaam en ja, bang. Bang waarvoor weet ek vandag nog nie. Ek is sommer dadelik op die dagskof geplaas, ek het ‘n woonstel gekry maar ek het nie eers meubels gehad nie, want ek het dan maar pas klaargemaak in die kollege. Dankie vir my pa, hy bring my bed en pawnshop groen yskas vir my en so het ek my polisieloopbaan begin. Ná die 1994 verkiesing, in die polisie stelselmatig begin verander. Ons is mos geleer om aan te pas by veranderinge en elke nuwe uitdaging met nuwe moed aan te pak. Hier was ek teen daardie tyd by die besigheidswag waar ek steeks skofte gewerk het. Ek het 21 geword! Kroonstad was net nie meer opwindend genoeg vir my nie. Dit was nie maklik om ‘n groep liewe mense agter te los maar ek aanvaar ‘n ruilverplasing na Sunnyside in Pretoria. Ek word ook bevorder na die rang van sersant.

Pretoria was ‘n totaal ander ervaring in my polisielewe gewees, maar ek het dit baie meer gelove in Pretoria. Ek het in Huis Duveen Botha in die stad in kamer 606 gebly. Alles was net een groot fees gewees. Ek het by die afdeling besigheidswag, misdaadvoorkoming en skofte gewerk en ek was ‘n groot happy “hartspolisievrou”. Hier het ek iets van alles gedoen, ek was ‘n sielkundige, ‘n medic, ‘n dominee, ‘n berader, ek het

dronkies toegesluit, en ek het agter verbode immigrante aangehardloop.

Ek wou met alle geweld by die kinderbeskermingseenheid gaan werk maar ek is afgekeur omdat die keurders geglo het ek is te emosioneel. Hulle was bang dat ek te betrokke sou raak tydens ondersoeke. Ek het ook saam met die narkotikaburo (SANAB) undercover gewerk. Ek het gelewe vir my werk. Dit is hier waar ek my eerste man ontmoet het. Hy was ook ‘n polisieman en ons het saamgewerk. Alles in my lewe was net maanskyn-enrose. Ons is getroud en ek het swanger geraak. Dit is toe dat ons besluit het ons wil liewers op ‘n rustige dorpie soos Thabazimbi gaan werk.

Ek word verplaas.na Thabazimbi en ek word die veldopleidingsoffisier.by vuurwapen- en dranklisensies. Met die verandering van die polisiemag se naam na die polisiediens in 1996 het die range ook verander. Ek was toe ‘n inspekteer. Hierdie was nou n lekker werk gewees, ek het kantoorure gewerk Ons het in n polisiehuis, op n klein dorpie gewoon. Ongelukkig het die maanskyn-en-rose lewe en die klein dorpie net te 'klein' vir my man geword en ons is geskei. Hy is my oudste seun se pa.

Ek het op Thabazimbi agtergebly maar toe kry die polisie ‘n ander stasiekommisaris wat gedink het om op dames te skreeu is reg en goed. Ek kon net nie toelaat dat hy so voort gaan en ek spreek hom toe aan oor sy gedrag. Ek sou dié dag nog later berou. Ek het hier my tweede man ontmoet en hy was nie weer ‘n polisieman nie. Ons is later getroud maar in November 2007 gebeur iets in my lewe wat my hele lewe omver gegooi het.

Wat werklik daai dag gebeur het is, steeds vir my ‘n raaisel, maar my man het my hy dienspistool in die hande gekry en homself reg voor my oë doodgeskiet. Hy het hom een skoot in die kop geskiet. Die einste stasiekommissaris teen wie ek voorheen in opstand gekom het oor sy gedrag teenoor vrouelede, besluit toe summier om my vir ‘moord’ op my man in hegtenis te neem. Na hierdie trauma is ek ook in die hospitaal se traumaafdeling opgeneem en behandel

My siekte en die feit dat ek in die hospitaal gelê het, het nie die stasiekommissaris gekeer om my in die hospitaal in Bela Bela te gaan haal en my by die BelaBela polisiestasie in die selle toe te sluit op ‘n aanklag van moord nie. Met my eerste verskyning in die hof word ek borgtog geweier. Ek word vir ‘n verdere 10 dae weer in die selle toegesluit. Ek het later uiteindelik borgtog gekry, maar is sonder salaris gesuspended. Ek moes dadelik uit die polisiehuis trek en ek het letterlik alles verloor wat ek oor die jare opgebou het.

Twee jaar lank het ek baklei om my onskuld te bewys. Ek het gelukkig hulp gekry van die polisievakbond SAPU om my werk by die polisie terug te kry. Ná twee jaar, in 2009, het die hof my onskuld onvoorwaardelik bewys toe hulle bevind het dit was inderdaad selfmoord gewees en is ek onskuldig bewys en ontslaan. Maar in die twee jaar was my gesig in elke koerant in die land. Ek was selfs op die TV-program Carte Balance, gewees. Vet, swart koerantopskrifte het gelees ‘polisievrou skiet man dood’

Ek was vry en kon teruggaan polisie toe, maar dit was obviously baie duidelik dat ek nie dit nie kon doen nie e nek het dit ook nie gedoen nie. Ek het ‘n ewige vrees vir vuurwapens gehad, ek het my

vertroue in die polisie verloor.. Ek voel vandag nog so oor vuurwapens en my geweldige passie, my liefde vir die polisie was, daar nie meer nie. Ek het vandag nog ‘n ewige vrees vir die polisie.

Ek is intussen weer getroud met my derde man, wat terloops ook nie ‘n polisieman is nie. Vandag is ek net ‘n huisvrou en ons het ook ‘n seuntjie van 10 jaar.

Uiteindelik het ek die geluk en vrede waarna ek so lank gesoek het gevind, maar tog. soms mis ek steeds die adrenalien van polisievrou wees. Die loopbaan waarop ek 40 jaar gelede so verlief geraak het. Ek is nou baie gelukkig en sal my lewe nou vir niks verruil nie.