2 minute read

DAG VAN VEROOTMOEDIGING

Klassis Potchefstroom het op sy vergadering van 30 Mei 2023, op grond van ’n versoek van Gereformeerde Kerk Hartbeespoort, besluit om ’n dag van verootmoediging en voorbidding op Sondag 18 Junie 2023 kragtens Artikel 66 van die Kerkorde vir die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika uit te roep.

Motivering:

Advertisement

• Die energiekrisis en die uitkringende sosiale en ekonomiese gevolge vir lidmate en al die inwoners van ons land.

• Die verval van infrastruktuur wat tot groot ellende lei.

• Die hoë vlakke van misdaad en werkloosheid in die land.

Kerke word opgeroep om:

• die Here te erken en te eer as die Heerser van hemel en aarde,

• ons voor die Here te verootmoedig en te soek na die Here se hand in die omstandighede,

• om voorbidding te doen vir die owerheid om in verantwoordelikheid en wysheid op te tree,

• om die Here te smeek om stabiliteit, vrede en regverdigheid in ons land, en

• om te bid vir volharding van gelowiges in die kerk.

GK Jeug en Slingervel – ’n nuwe, dog gedugte span!

Tydens die Sinode 2023 is besluit om die tydskrif Slingervel na die Deputate Jeugsorg te skuif. Die tydskrif bestaan al vanaf 1958!

Die Deputate Jeugsorg het besluit om as ’t ware oor te begin, en die kindertydskrif aanlyn te vat. Stap 1 is om ’n lekker naam te kry.

Ons nooi daarom alle kinders en ouers uit om hul idees te gee. En natuurlik, almal met sterk menings oor jeugsorg kan dit nóú lug! Dis nou nie te sê dat ons aan almal se behoeftes kan voldoen nie, maar dat ons graag wil hoor wat almal wil hê.

Ons het ’n Whatsapp-lyn beskikbaar by 076 575 3255 en julle kane-posnahallo@gkjeug.co.za.DiejeugvandieGKSAmaak staat op elkeen van ons se bydraes.

Op www.gkjeug.co.za deel ons hulpbronne en toerusting wat vir jeugbediening gebruik kan word – by die kerk, en by die huis! Gaan kyk veral na ons Bybelstudieboekies, beskikbaar in kleur en in swart en wit. Lees die pdf op ’n slimfoon, rekenaar of tablet, of druk dit uit. Daar is ook baie werksbladsye oor Kersfees en Paasfees, inkleurbladsye, blokkiesraaisels en vele meer.

Onder die erediens: Barmhartigheid

By die deure: Expando

Ons ondersteun op verskillende maniere gemiddeld 9 gesinne per maand. Baie dankie vir die opoffering van soveel lidmate wat bydraes maak aan die diakonie. Dit stel ons in staat om mekaar op ‘n tasbare wyse met die Here se liefde te ondersteun.

Geref Kerk Diakonie - Absa Tjek rek:1220 280 825

Kerklike Bydrae

Die Here roep ons in die Ou en Nuwe

Testament om uit gawes wat Hy vir ons gee, ‘n eerste deel vir Hom en sy werk te gee. Dra asb by tot ons gemeente se uitgawes met vreugde en soos wat die Here dit vir jou moontlik maak

Geref Kerk Rustenburg - Absa Tjek rek: 1220 340 100100

DIENSBEURTE SONDAG:

Ouderling Aan Diens

Frikkie Coetzee

Musiekbegeleiding

Nelia Joubert

KOSTER

Maryna Kotze

REKENAAR EN KLANK

Zandre Klopper/Nicki Pieterse VERVOER

Geen KONTAK ONS

Kerkkantoor: Heilie du Plessis

Tel 076 331 3738 gkrtb@mweb.co.za

Ma- Vry 07:00 - 15:00

Predikant: Griffel van Wyk.

Sel: 082 354 3726 griffel.gkr@gmail.com

Kantoorbestuurder: Riana Heystek

Sel: 076 194 3445 gkrtbfinansies@gmail.com

Koster: Maryna Kotze

Sel: 079 184 3479 gkrtb2@mweb.co.za

Ma, Woens, Vry 07:00 - 15:00