
1 minute read
MUSIEK AKADEMIE
Dit is vir ons n groot voorreg om aan te kondig dat ons vanaf Maart die Garsie Musiekakademie amptelik bekendstel. Hiermee, sal ons eie leerders die geleentheid gebied word om hul musikale vernuf verder te ontwikkel en ook n nuwe talent aan te leer onder leiding van topgehalte musikante. Die musiekakademie sal veral opleiding verskaf in die volgende areas nl. klawerbord (beginners), kitaar, sang, klavier, viool en musiekteorie en -geskiedenis. Die bogenoemde sal in beide groepsverband en individueel kan geskied afhangende van gradering en behoefte. Beginnerstudente met geen gradering en of opleiding sal eers in groepsverband les ontvang, waarna studente individueel les kan ontvang. Metdienverstande, is die doel van die Garsie Musiekakademie primêr, om die weg te baan om in die nabye toekoms musiek as vak in die hoofstroom kurrikulum in te faseer. Dus sal die musiekdepartement oor drie fases geïmplementeer word.
Verder, sal daar deur dié musiekakademie gepoog word om die musikale diepte te ontwikkel wat verreikende bydraes kan lewer in die verdere uitbreiding van die kultuurplatform wat Hoërskool Garsfontein het om te bied.
Advertisement
Afgesien van die reedsgenoemde, is die musiekakademie sentraal geleë om sodoende moontlike deelname te verseker.
n Splinternuwe aktiwiteit wat massadeelname moontlik maak! Garsie Pixels behels die vorming van beelde deur gebruik te maak van skooldrag terwyl leerders op n pawiljoen sit.
Die algehele uitvoering gebruik krete en musiek om beelde te vorm soortgelyk aan die op n LCD-skerm.
Die beelde word gevorm deur die oop- en toemaak van skoolbaadjies op n bepaalde tydstip soos ingeoefen.