1 minute read

Bewyse dat die oorblywende vak se SGA (SBA) gedoen en die eksamen afgelê is

1.1 ‘n Volledige dokument met die stappe wat gevolg moet word om alle afdelings en vrae volledig aanlyn te voltooi is op die webwerf (www.klofies.co.za) beskikbaar. Die elektroniese vorm moet ook deur die ouers goedgekeur word.

1.2 Die rol van die skool

• Alle inligting rakende vakkeuses word volledig in die periodes vir Lewensoriëntering hanteer. • Aflegging van aanleg- en belangstellingstoetse, asook die bespreking van die resultate daarvan word gereël. • Die skool doen moeite om die leerders en ouers ten opsigte van die Nasionale Kurrikulumverklaring se beleid vir Verdere Onderwys en Opleiding te oriënteer. Die leerder word gehelp om haar/homself beter te leer ken en sy/hy word voorberei vir die keuse wat gemaak moet word. Sy/hy word ingelig oor toekomstige beroepsmoontlikhede en toelatingsvereistes van naskoolse opleidingsinstansies. • ‘n Graad 9-aanlyn vakkeuse-inligtingsessie via Teams vind op DINSDAG 3 AUGUSTUS 2021 vanaf 18:00 tot 19:00 aanlyn plaas waar daar ook ‘n geleentheid vir vrae sal wees. Die Teams-skakel sal op ons webwerf (www.klofies.co.za) beskikbaar wees. • Die graad 10-vakkeusevorm word elektronies op die leerder se Scadsys-profiel ingevul en goedgekeur.

Hierdie proses moet teen VRYDAG 27 AUGUSTUS 2021 afgehandel wees. • Enige aanbevelings vir wysigings van die keuse sal telefonies of per e-pos hanteer word. Die finale keuse berus egter by u as ouer in oorleg met u kind. Alle wysigings moet asseblief per brief bevestig word.

1.3 Ten slotte

• Die graad 10-vakkeuse is vir elkeen ‘n baie belangrike saak. Die keuse bepaal die moontlike tersiêre opleiding. • Ter wille van die kind en haar/sy toekoms is dit van groot belang dat die ouers en die skool in noue vennootskap sal saamwerk om die beste moontlike vakkeuse vir die kind te verseker. Die ouer moet belangstelling in die kind se besluit toon, behulpsaam wees met die keuse en die kind help om sekerheid oor haar/homself en die toekoms te kry. • Die skool is te enige tyd beskikbaar om individuele hulp aan leerders en/of ouers te verleen. • Ons versoek vriendelik dat u by die VOORGESKREWE DATUMS sal hou, aangesien die beplanning en personeeltoewysings van die daaropvolgende jaar van die finale getalle afhanklik is.