DE COMPAGNIE maak ‘n beperkte voorraad noukeurig veredelde stookketel-brandewyn. Dit word dubbel gedistilleer in ‘n antieke koper alembiese stookketel wat spesiaal vir die plaas gemaak en die eerste keer in 1849 deur Ben Lategan gebruik is.Op die wynlandgoed van 16 ha wingerd gee ons toegewyde, persoonlike aandag aan elke faset van wingerdbou en wynbou om brandewyn van uitnemende kwaliteit te maak. Vir ons is wynmaak ‘n natuurlike proses. Ons beleid is om weg te bly van mega-nisasie en chemiese behandeling. Ons maak staat op ons natuurlike en menslike hulpbronne, daarom word ons druiwe vroegoggend met die hand gepluk.
Ons pars in beperkte hoeveelhede van 50 kissies op ‘n keer, waardeur optimum toestande en kwaliteit verseker word.