28
De Wildt News
February 2016
sê alles
DE WILDT N S UU EW
E-pos: manie.lemmer@dewildtnuus.co.za Webtuiste: www.dewildtnuus.co.za
Februarie 2016 Jaargang 25 No 1
Voorspoedige nuwe jaar!
Freeway Supermarket
TEL: 012 372 9502 FAKS: 086 657 3165
Liquor Store • Butchery • Bakery
Under new management 071 416 5361 For quality and friendly service
De Wildt News
2
February 2016
February 2015
REDAKSIELEDE
Liewe lesers 'n Nuwe jaar het aangebreek en is al 'n hele maand oud. Ons het onlangs groot De Wildt Helpmekaar Maatskappy en droogtes en hittegolwe beleef, maar De Wildt Rampbestuur genadiglik het ons weer in 'n mate Gertjie Davel - 082 376 1645 verligting ontvang. Daar is egter nog vele Kobie Opperman - 076 482 8513 redes vir bekommernis, maar ons kyk De Wildt Boerevereniging vorentoe met die wete dat God in beheer Hanna Scribante - 083 417 4699 is en dat Hy met ons is tot aan die voleinding van die wêreld. De Wildt VLU Ons blad in in sy vyf-en-twintigste Georgie Louw - 082 374 6879 bestaansjaar en ons is dankbaar dat sommige van ons van die begin af by die Addisionele lede blad betrokke kon wees. Ons hoop om Trevor Louw 082 374 1645 nog lank op hierdie wyse ons gemeenskap Jan Lemmer 083 256 8266 te dien. Marguerite Nel 082 774 2517 Magriet van Heerden 072 0926460 In hierdie uitgawe hou ons nabetragting Eugene van Staden 073 367 4787 oor ons onlangse Geloftefees, kyk ons na Gertie van Staden 073 091 6035 nuwe gebeure, lees ons van 'n nuwe plaaslike kunstenaar en die oorsprong van Drukkers: Acuprint die “Jerrycan” en die aanslae op die elizas@acuprint.co.za landbou. Ons bring ook hulde aan twee gewaardeerde lesers wat ons ontval het. Die plaaslike inwonersmaatskappy, De De Wildt Nuus Wildt Helpmekaar Maatskappy, het ook Bankbesonderhede: nuus. Daarbenewens kan lesers ook Rekeningnaam: De Wildt Nuus/News weer die gewone rubrieke geniet.
Standardbank, Wonderpark Takkode: 016145 Spaarrekeningnr: 038247518 Verwysing: Adverteerder se naam + DWN April 2012 (noem telkens die naam van die betrokke maand). Epos betalingsbewys manie.lemmer@dewildtnuus.co.za Advertensiegeld moet asb vooruitbetaal word, maw sodra die advertensie versoek of gewerf word. Dankie vir julle moeite. Kontakpersone vir advertensies en grafiese ontwerp: Manie Lemmer Advertensie-ontwerp: R100
Belangrike datums
REDAKSIEBRIEF
Die tragiese hantering van staatsake soos die gewone diens aan landsburgers begin darem ook stadigaan gewone nugter mense irriteer. As ons dus oor sodanige dienste praat, praat ons nie politiek nie, maar oor doodgewone verwagtinge wat landsburgers van die owerheid het. As ons nie oor swak dienste praat nie, sal dit ad infinitum aanhou en nooit verbeter nie. Ons kan ons nie langer self bedrieg deur te glo dat alles maar voor die wind gaan nie. Kyk Veranderings op bestaande maar na die ervaring wat ek onlangs by advertensies: R50 ons plaaslike afdeling van die ADVERTENSIES IS Departement van Binnelandse Sake VOORUITBETAALBAAR beleef het. Ons wil egter nie negatief wees nie, maar Die artikels in die De Wildt Nuus is nie noodwendig die produk van die redaksie sake in die oë kyk en “knaag” tot die nie, maar van individue. Daarom vereenselwig die redaksie hom dienste verbeter of tot onbevoegde ook nie noodwendig met alle mense hul ry kry en plek maak vir mense uitsprake/menings in die artikels nie. wat kan organiseer en diens lewer.
Ons versoek is vir 2016 weer dieselfde. Vir beter kommunikasie en om oorvleueling te verhoed, stuur asb alle belangrike datums van elke organisasie/instansie deur na Gertjie Davel met die oog op kontrole dat daar nie botsings is nie. Dit word dan in hierdie blad geplaas, sodat alle lesers vooruit kan weet wanneer belangrike dinge plaasvind. Help ons asb om in die volgende uitgawe (Aprilmaand) alle verdere datums beskikbaar te hê. AFKORTINGS: DWVBF - De Wildt Vori-bergfees; DWN - De Wildt Nuusredaksie; DSO - De Wildt Sosiale Organisasie; JFFB - J Fourie-terrein Feesbestuur; DWBV - De Wildt Boerevereniging; LSV - Laerskool Vissershoek; DWHM - De Wildt Helpmekaar Maatskappy.
Manie Lemmer Ons geld wat nie meer waarde het nie, stem ons ook tot kommer en hier kan ons net ons lesers tot besparing maan. Ons ekonomie moet regkom as elkeen sy kant bring, ook ons owerhede; ons moet dophou en beswaar maak wanneer nodig en diegene wat reg wil laat geskied, ondersteun. As ons net maar swyg, dink almal ons is hoogs tevrede met alles. Lesers word genooi om ervarings tesame met moontlike oplossings vir ons blad op skrif te stel. Advertensiegewyse het ons 'n redelike drastiese verandering: Terwyl die voorbladadverteerder na binne skuif, neem Freeway die voorbladplek in en ons dank hulle vir die ondersteuning. Telkens wanneer ons benoud raak oor die vermindering van die advertensies, is die uitkoms weer daar en word ons verseker dat die Here sal voorsien, as ons ernstig daarom vra. Dankie ook aan ander nuwe adverteerders. Wat ons lesers kan doen, is tweeërlei: Enersyds kan julle ons adverteerders ondersteun en andersyds kan julle bydra tot die werwing an nuwe adverteerders. As laasgenoemde nie vir julle moontlik is nie, is donasies baie welkom. Ons kan eenvoudig nie ons blad die lig laat sien, as ons nie fondse het om ons uitlegkunstenaar en drukker te betaal nie. Mag ook hierdie uitgawe van ons blad vir lesers tot seën en insig strek! Lees en geniet (ook Kook en geniet as julle wil en kan)! Groete tot Aprilmaand.
Februarie 9 25
17:15 19:00
JFFB Geloftefeesvergadering DWN-redaksievergadering
Afrit 129 Afrit 129
19:00
DWBV Algemene vergadering TLU/SA Goliat v Gat
De Wildt 4x4 Pioniersmuseum
19:00
DWN-redaksievergadering
Afrit 129
19:00
DWBV Algemene vergadering NAMPO
De Wildt 4x4
Julie 21
19:00
DWN-redaksievergadering
Afrit 129
Augustus 25 30
19:00 19:00
DWN-redaksievergadering DWBV Algemene vergadering
Afrit 129 De Wildt 4x4
Maart 1 12 April 28 Mei 3 17 tot 20
September 7 en 8 7
TLU- Kongres Kongresete
Oktober 27
19:00
DWN-redaksievergadering
Afrit 129
November 1
19:00
DWBV Algemene vergadering
De Wildt 4x4
Desember 16
08:00
Geloftefees
JF-terrein Afrit 129
ADVERTEER IN DE WILDT NUUS
Manie Lemmer - 082 879 6969 (Voorsitter) Sannie Lemmer - 071 693 5993 (Sekretaresse)
27
De Wildt News
Pinocchio Kleuterskool Afrit 78 R513 Schietfontein De Wildt
Vir Baba/Kleuter Gr RR/Naskool Elsie - 072 150 3850 elsie.pinskool@gmail.com
• Algemene Herstelwerk • Dienste • Ratkaste • • •
en Ewenaars Masjienherbouing Koppelaars en Remme Insleepdiens
G& G
MOTORDIENSTE
Kontak Gawie Rossouw of Gert Venter 012 525 1197 / 072 134 1105 (alle ure)
INSTANDHOUDING VAN ALLE FABRIKAAT MOTORS EN BAKKIES
26
February 2016
De Wildt News
HULDEBLYKE Manie Lemmer
RICHARD YOUNG * 26 Okt 1946 (Uittreksel uit die huldeblyk wat Manie Lemmer tydens Richard se begrafnisdiens op 12 Januarie gelewer het) Richard is in Oudtshoorn gebore en het ook aldaar skool gegaan. Sy st 9 en 10 het hy egter in Port Elizabeth voltooi. Daarna het hy destyds by die landdroskantoor aldaar diens aanvaar, en hy het hom ook in die regswese bekwaam. Intussen het hy ook diensplig in die Suid-Afrikaanse Weermag gedoen en in hierdie periode was hy 'n kanonnier; interessant om te weet dat hy gedurende gemelde periode tydens die begrafnis van wyle dr HF Verwoerd die bevel gegee het vir die afvuur van die kanonsaluut. Terug na sy loopbaan in die regspraktyk as landdros. In hierdie hoedanigheid het hy op talle plekke in die land diens gedoen, onder andere in Fraserburg, Sasolburg en Durban. Ek kon tydens een van ons gesin se vele blomtoere lekker met Richard gesels oor Fraserburg wat een van ons besoekpunte was. Richard het ook intussen sy regsloopbaan verruil vir die boubedryf waar hy hom as bourekenaar besig gehou het. In 1992 het hy Elise ontmoet en hulle is in 2000 in die eg verbind. Dit is wonderlik hoe die Here Sy kinders by die kerk laat ontmoet en dit is juis hier by die APK Wonderboom waar ek hulle die eerste keer ontmoet het en waar ons vriende geword het. Hy het ook belang getoon in alle gemeenskapsake en was juis daarom 'n entoesiastiese leser van ons kontreiblad, die De Wildt Nuus. Wat ek persoonlik die beste sal onthou, is hoe hy op 27 Desember 2015 telefonies navraag gedoen het oor die datum van my verjaardag en hoe hy uit sy hospitaalbed op 28 Desember my telefonies met my verjaardag geluk gewens het. Ek kon hom ook voorspoed en goeie gesondheid toewens en vir hom uit Hebreërs 13: 5 die wete bevestig dat die Here ons nooit begewe en ons nooit sal verlaat nie.
† 5 Jan 2016
Februarie 2016
INHOUDSOPGAWE Redaksiebrief Lief en Leed DWHM Nuus Kunstenaar in ons midde Seniorburgertee Toekoms van die boer Toekoms van die boer Remarkable history of the jerrycan Patetiese diens
2 3 5 6 7 8 9 11 13
Lief en Leed Ons meegevoel met diegene wat leed ervaar het. Beterskapwense aan diegene wat siek was of nog is. Dan is ons ook bly saam met diegene wat lief ondervind of beleef het. Ons wil dit net weer onder u aandag bring dat ons nie onder Lief en Leed nuus kan plaas as iemand dit nie onder ons aandag gebring het nie.
Hierdie beloftes uit Sy woord is gelukkig vir Sy kinders waar en ons weet dus vandag dat vir Richard wat na aan Gods woord geleef het, ook die belofte van die ewige lewe en die nabysyn van die Here tot in ewigheid reeds waar geword het. Ons wil graag vir Elise en al die ander naasbestaandes verseker van ons innige meegevoel en meelewing met hul verlies wat ook ons verlies is. Ons groet hiermee met seer harte 'n gewaardeerde vriend en medegelowige met die wete dat slegs goeie herinneringe van hom ons altyd sal bybly.
Siek/Hospitaal Jerry en Alet Coetzer se kleindogter Josef Breedt Len Haasbroek (snr) Roelie Koekemoer Petro Minnaar Drienie le Roux Hans Minnaar Ulrike Oosthuysen Willie Herman Willem Riekert Adel van Niekerk
KOOS VAN HEERDEN * 26.12.1936 † 16.11.2015 Koos was aan my bekend sedert die sewentigerjare van die vorige eeu en hy was in daardie jare ook nog 'n inwoner van ons landelike gebied, daar naby Vissershoek. Hy was altyd 'n staatmaker in die gemeenskap en ek onthou hoe hy my met partysake en ook kerksake behulpsaam was. Ons het altyd gemoedelik gespot wanneer hy twee dae voor my verjaar het: “Nou is hy twee dae lank ouer as ek.” Daarna het ek hom altyd weer drie jaar voor gebly. In die APK Wonderboom was Koos ook jare lank ouderling en as daar iemand uitgesonder kan word vir gereelde en pligsgetroue huisbesoek, was dit sekerlik Koos van Heerden. Hy was saam met sy eggenote Magriet en kinders gereelde kerkgangers en wanneer daar funksies en basaars gehou is, was Koos sigbaar die baaspannekoekbakker. Koos en sy gesin was jarelank lesers en ondersteuners van ons kontreiblad. Dit was vir ons almal 'n skok toe Koos so skielik uit ons midde weggeneem is, vroeg in die maand Oktober het hy nog sy naam in die presensielys van die konsistorie geteken en skielik die volgende maand was hy nie meer daar nie. Ons sal Koos as kollega en medegelowige mis en verseker ook hiermee sy naasbestaandes van ons volgehoue voorbidding vir hulle, ook in die wete dat ons slegs met goeie herinneringe aan hierdie vriend sal terugdink.
3
De Wildt Nuus VLU Nuus VLU Nuus Geloftefees 2015 ’n sukses Geloftefeesboodskap Inwoner wen motor Ons God is ’n God van genade (1) Huldeblyke Belangrike datums
NOTA Die redaksie het toe die hele blad reeds persgereed moes wees, op telefoniese navraag van die Hoof van Laerskool Vissershoek op 25 Januarie verneem dat die skool op grond van 'n Beheerliggaambesluit die vorige week nie verder berigte (voorheen die binneste vier bladsye van De Wildt Nuus) in die kontreiblad kan plaas nie. Hierdie vier bladsye wat normaalweg vir die skool gereserveer is, moes inderhaas met ander artikels aangevul word. Indien daar persone (ouers en/of onderwysers) dus in die toekoms sou belangstel om artikels/inligting oor skoolgebeure in ons blad geplaas te kry, is hulle welkom om altyd voor elke uitgawe sodanige nuus (met of sonder foto’s) betyds by die redaksie te besorg. Ons blad se lesers sal sekerlik steeds in die skool bly belangstel. Voorsitter: Redaksiekomitee
Zodiac Dierekliniek Tel: 012 252 1266 Fax: 012 252 6357 31 Carel de Wet weg, Posbus 460, BRITS 0250
Oorlede Manny Grota se moeder Stef Joubert se suster
Lief • Elnette Schoonraad onderskeidings in al 7 haar vakke • Chris en Jakkie v Rensburg – Oupa en ouma geword. • Ruann Strauss en Lisa-Maré Pyper in die eg verbind. • Jan Boshoff motor gewen met Arrie Nel Apteek promosie.
14 15 16 17 19 21 26 27
Dr GS Scheepers (BVSc) 082 785 1593
E-mail: zdk@vodamail.co.za
4
De Wildt News
February 2016
Februarie 2016
25
De Wildt Nuus
Die Bek se Padstal Drankwinkel
Tel: 012-5041 694 • Faks: 012-504 1478 • EMAIL: diebeksepadstal@webmail.co.za R513 PAD - DE WILDT
DIENS MET 'N GLIMLAG KOM LOER GERUS IN !!!
Vars Groente Bewerkte groente en Vrugte Dro‰ë Vrugte Heerlike Biltong Droë Wors Chilli Bites
R900 R1 550 R2 550
Ola Roomys / Coke / Beeld en tydskrifte Wyn / Bier / Ciders Houtskool/Braaihout Heerlike Wors / Gepasteuriseerde Tapmelk
Rapport elke Sondag "Qiwi - Easy Way to Pay" masjien MTN, Cell-C, Vodacom ens Databondels Air time, Elektrisiteit, Internet betalings, Verkeersboetes, Landlyn-telefoonbetalings, VOIP en vele meer! Bring jou wild! Nickol en Thomas verwerk die vleis en maak vir jou heerlike biltong, droë wors en chilli bites.
De Wildt News
24
February 2016
ADVERTEER IN DE WILDT NUUS
Februarie 2016
5
De Wildt Nuus
DWHM Nuus New Year message from the chairman Phil Louw Dear DWHM Friends, If you were on vacation, I trust you enjoyed the change in scenery and had a well deserved rest. I hope you returned all enthusiastic and ready to take on the new year challenges. May 2016 be a year of blessings for you and your family. Our De Wildt residents are faced with a number of challenges. Reconciling our difference, making peace and fostering good relationships is undoubtedly the most important. The capacity to sustain the vitality of our company and serving our members on a
076 491 1833
sustainable basis, given that approximately only a third of the residents are members, is the other. Hence my plea, please help to recruit members so that they can also enjoy the associated benefits. May I again thank all our volunteers, and their support structures, for their unselfish deeds and service, as well as their personal sacrifice, for the benefit of the community. I know it is often a thankless job, but be assured it hasn't gone unnoticed. Blessings for 2016.
Kragonderbrekings Direkteur Kommunikasie: Gertjie Davel
KLUB LEKKERRUS/LIBERTAS
NABOOMSPRUIT (Mookgopong) ± 200 km vanaf Pretoria Kom geniet die Bosveld en die heerlike warm water van hierdie twee private oorde wat behoort aan gekeurde permanente lede van Klub Lekkerrus/Libertas. Al is u nie 'n permanente lid nie, kan u van jaar tot jaar jaarlidmaatskap bekom, maar u aansoek is aan keuring onderhewig. U is welkom om by hierdie twee warmwaterbronne Lekkerrus en Libertas te kom vakansie hou teen bekostigbare tariewe, met kortings van tot 50% in buiteseisoenstye. Spesiale korting vir groepsbespreking. Nota: Gekanselleerde lidbelange vir herverkoop beskikbaar
Fasiliteite beskikbaar: Woonwaterreine met kragpunte en gerieflike ablusieblokke Rondawels en kothuise (“chalets”) Warmwater swembaddens • Rumatiekbaddens Borrelbaddens • Waterglybaan Set-setbaan • Damme vir hengel Saal en konferensiesaal vir troues en funksies
Navrae: E-pos:
Lekkerrus@lantic.net Tel: 014 7439300
Die swaar weersomstandighede na die lang droogte het ons vir 'n hele paar dae met tye sonder elektrisiteit gelaat. Die gevolg was dat die Stadsraad se tegnici lang ure moes werk wat hul oortydlimiete oorskry het. Die Raad se beleid is nou dat hulle nie meer na-ure tegnici gaan uitstuur om individuele probleme te herstel nie. Verder moet ook in gedagte gehou word dat die na-ure diens ook slegs gebied word tot 22:00 snags. Tussen 22:00 en 07:00 word daar nie aan die krag gewerk nie ter wille van die veiligheid van die tegnici. In die lig hiervan wil ons die versoek rig dat radiostilte in die nag weer vanaf 22:00 gerespekteer word en dat
Brandverbod Neem asseblief kennis dat die brandverbod met onmiddellike effek gelig word. Gee asb steeds deur wanneer asgate of blokbrande gedoen gaan word.
daar net in noodgevalle op die radio gerapporteer word. Dit help nie om u verwysingsnommer na 22:00 na Radiobeheer deur te gee nie want dit gaan eers die volgende dag aandag geniet. Dit geld ook om die verwysingsnommer telefonies, per sms of Whatsapp deur te gee. Deur Radiobeheer op hierdie manier te respekteer gee ons vir haar ook kans om rus in te kry. U word versoek om die verwysingsnommers vir krag wat u deur die nag gekry het in die oggend vanaf 06:00 na afloop van die eerste roep, deur te gee. Daar sal dan gesorg word dat al die probleme opgevolg word. U samewerking word waardeer.
ADVERTEER IN DE WILDT NUUS Voorblad in kleur Agterblad in kleur Volblad swart en wit Halfblad swart en wit
R990 R880 R525 R305
Kwartblad swart en wit Agste blad swart en wit Klein swart en wit Heel klein (4 reëls)
R230 R155 R 90 R 30
6
De Wildt News
February 2016
Kunstenaar in ons midde Alta Marais, ‘n kunstenares, woon die afgelope 22 jaar in De Wildt en is baie gelukkig hier. Sy is getroud met Johann Marais en het drie seuns, Jean (25), Moné (23) en Armand (20). Sy het ’n Nasionale Diploma in Beeldende Kuns en 'n honneursgraad in kuns. Sy het in 2011 die B.Tech. Beeldende Kuns met lof verwerf en in 2015 haar meestersgraad verwerf. “Ek is 'n praktiserende kunstenaar en het al verskeie kunsuitstallings gehou. My leuse is om elke dag iets nuut te probeer leer en dat 'n mens nooit te oud is om nuwe kennis en ervarings op te doen nie. My inspirasie kom uit die natuur en die mense rondom my,” sê sy. Houtskool op papier
Koerantman
Akriel op seil
ADVERTEER IN DE WILDT NUUS
February 2016
De Wildt Nuus
23
22
De Wildt News
February 2016
Ramphose Electrical Pty Ltd • Maintenance Electrician • Electrical Installations •Generator installations •Fault Finding • Motor control gear •All electrical Installation Christo 082 886 5498 Obed 079 550 0704 Email ramphoselectrical.co@gmail.com provamprojects@gmail.com
All your electrical under one roof
Februarie 2016
De Wildt Nuus
7
DE WILDT SENIORBURGERTEE 2015 Phil Louw Phil Louw het dié praatjie tydens die De Wildt Seniorburgertee aan die einde van 2015 gelewer. Dis nie aldag dat ons die voorreg het om saam met ons gesoute De Wildt Seniorburgers te kuier nie, daarom was dit vir ons as DWHM en die DSO onder leiding van Kobie, 'n besondere voorreg om weereens hierdie jaarlikse kuiergeleentheid aan te bied. Vir Kobie en haar span helpers sê ons baie dankie vir die moeite, gasvryheid en liefdesdiens wat hulle verrig. Ons waardeer elkeen van hulle, ook vir hulle omgee. Belangriker nog! Baie dankie vir elke Seniorburger wat moeite gedoen het om hier te wees, om hierdie lekker kuiergeleentheid in 'n onthou-geleentheid te omskep. Elkeen se teenwoordigheid isvir ons spesiaal. Die humor van ons senior burgers laat my soms lekker lag. My ma wat haar 80ste verjaarsdag al 'n hele paar jaar gelede gevier, het my eendag dié storie vertel: Op 20 wil 'n vrou romanties wakker word Op 30 wil sy getroud wakker word Op 40 wil sy 'n ryk vrou wakker word Op 50 wil sy as 'n suksesvolle vrou wakker word Op 60 wil sy tevrede wakker word Op 70 wil sy gesond wakker word Op 80 wil sy net flippen wakker word Toe vra sy, my kind – wat beteken flippen ? Geagte Vriende, Dalk is dit ook vir julle 'n vreemde woord maar ek weet dit is “flippen” lekker om saam met julle hier te wees, om “flippen” lekker bederf te word, en dit “flippen” te geniet al is ons nie altyd so “flippen” oulik as ons oud word nie. Daarom nooi ek julle ook uit om die Mooi Dae te Onthou! As jy moeg is, as jy moeilikheid met jou omgewing het, As jy geen raad meer het en diep ongelukkig voel, Dink dan terug aan die mooi dae, toe jy gelag en gedans het, toe jy soos 'n sorglose kind vriendelik teenoor almal was! Onthou die mooi dae! As die horison donker, sover jy kyk daar geen teken van lig is, As jou hart vol verdriet is en miskien vol bitterheid, As alle hoop op nuwe vreugde en geluk skynbaar
verdwyn het, Deursoek dan tog geduldig jou herinnerings, Om my onthalwe, die mooi dae. Die mooi dae waarin alles goed was, geen wolk aan die hemel, Toe daar iemand was by wie jy tuis gevoel het, Toe jy entoesiasties kon raak oor diegene wat jou ontnugter en miskien bedrieg het. Vergeet tog die mooi dae nie! Want as jy hulle vergeet keer hulle nooit weer terug nie! Neem jouself opnuut onder hande. Vul jouself met blye gedagtes, jou hart met vergewingsgesindheid, teerheid en liefde, en jou mond met 'n lag, en alles word weer goed. Ons Seniorburgers is sekerlik van dié belangrikste inwoners in ons omgewing. Dis hulle van wie gesê word: “Met die grysheid kom die wysheid.” En al dink mense soms hulle is outyds, by hulle kan ons nog baie leer oor die lewe, die kerk en Godsdiens. Daarom kan ek ons geagte en gewaardeerde Seniorburgers verseker dat in De Wildt hulle vir ons spesiaal is, is dié kuiergeleentheid 'n bewys daarvan, en sê ons op 'n beskeie manier dankie dat hulle nog met ons is. Dankie vir elkeen wat op 'n tasbare manier die werksaamhede van ons maatskappy ondersteun, betrokke bly, en vir ons ambassadeurs is. Help ons om die goeie nuus te versprei, te getuig van die goeie werk wat vrywilligers doen, en 'n positiewe gesindheid in ons gemeenskap te kweek. LW: Onthou, die volhoubare voortbestaan van DWHM is in die hande van sy lede. Maak seker dat die bestuur van jullle keuse in die komende AJV verkies word. Weereens baie dankie dat julle ons vereer het met jul teenwoordigheid. Ons waardeer elkeen van julle opreg. Mag dié kuieroggend 'n onthoudag wees.
8
De Wildt News
February 2016
HOE OM DIE TOEKOMS VAN KOMMERSIËLE BOERDERY IN SA TE BEVEILIG Op Dinsdag 17 November 2015 het De Wildt Boerevereniging 'n baie belangrike Inligtingsvergadering te Cycad Kwekery afrit 148 gehou. Sewentig persone het die vergadering bygewoon. Dr. Frans Cronjé van die Instituut vir Rasseaangeleenthede, het 'n ontleding van die omstandighede tans in Suid-Afrika gegee met die oog op die toekoms. Mnr. Bennie van Zyl, hoofbestuurder TLU SA het TLU SA se standpunt oor die toekoms van die kommersiële boerdery in Suid- Afrika gestel.Vind hier die pamflet wat 'n uittreksel is van 'n langer beleidsdokument wat deur die Instituut vir Rasseverhoudinge opgestel is waaroor dr Frans Cronje gepraat het. - Hanna Scribante
Februarie 2016
21
De Wildt News
ONS GOD IS ’N GOD VAN GENADE (1) GOD IS DIE GEWER VAN ALLE GENADE 1 Petrus 5:10 Vanjaar begin ons met 'n nuwe tema: Ons God is ons God van genade. Daar is verskillende onderafdelings wat ons gaan beklemtoon, Slaan dit na in die Bybel. So word daar gebid en geseën. 1. God is die gewer van alle genade 1 Petrus 5:10 " EN mag die God van alle genade self, wat ons geroep het tot sy ewige heerlikheid in Christus Jesus, nadat ons 'n kort tyd gely het, julle volmaak bevestig, versterk, en grondves!" 2. Hy is die gewer van alle genade Ps. 84:12 " Want die HERE God is 'n son en skild; die HERE sal genade en eer gee; Hy sal die goeie nie onthou aan dié wat in opregtheid wandel nie" Rom 1:7 " aan al die geliefdes van God, geroepe heiliges wat in Rome is: Genade vir julle en vrede van God onse Vader en die Here Jesus Christus! " 1 Kor. 1:3 " Genade vir julle en vrede van God onse Vader en die Here Jesus Christus!" Hierdie is 'n seëngroet van Paulus. Hy bid ook vir genade en vrede. 2 Kor. 1:2 "Genade vir julle en vrede van God, onse Vader, en die Here Jesus Christus." Hierdie is 'n seëngroet van Paulus. Efes 1:2 Weereens " Genade vir julle en vrede van God, onse vader, en die Here Jesus Christus!" 3. Die troon van God is die troon van Genade Heb 4:16 " Laat ons dan met vrymoedigheid na die troon van die genade gaan, sodat ons barmhartigheid kan verkry en genade vind om op die regte tyd gehelp te word." Hier word ons geleer om na die troon van genade te gaan. (Ons moet gaan bid)
Sannie Lemmer
Waarom? Sodat ons barmhartigheid kan verkry en genade vind om OP DIE REGTE TYD GEHELP TE WORD. God se tyd is nie ons tyd nie. Ons moet bid. Dan sal ons barmhartigheid verkry en GENADE VIND om op die regte tyd gehelp te word. 4. Die Heilige Gees is die Gees van genade Sag 12:10 " Maar oor die huis van Dawid en oor die inwoners van Jerusalem sal Ek uitgiet die gees van genade en smekinge; en hulle sal opsien na My vir wie hulle deurboor het, en hulle sal oor Hom rouklaag soos 'n mens rouklaag oor 'n engiste seun en bitterlik oor Hom ween soos 'n mens bitterlik ween oor 'n eersgebore kind." Dit is wat die profeet Sagaria geskryf het. Dit is wat God self aan sy volk Israel gesê het. God sal sy Gees van genade oor sy volk uitgiet. Heb 10: 29 As iemand die wet van Moses verwerp het sterf hy sonder ontferming op die getuienis van twee of drie. In vers 29 lees ons " hoeveel swaarder straf, dink julle, sal hy verdien wat die Seun van God vertrap het en die bloed van die testament waardeur hy geheilig is, onrein geag en die Gees van genade gesmaad het." In vers 30 lees ons dat die wraak die Here toekom. Hy sal sy volk oordeel. En dan vers 31 " Vreeslik is dit om te val in die hande van die lewende God." Nog 'n klein tydjie dan sal Hy wat kom nie versuim nie. Die regverdige sal uit die geloof lewe. Ons word vermaan om in die geloof te volhard. By ons is daar geloof tot behoud van die lewe. Lees gerus hierdie hele hoofstuk 10. Ontvang die genade en ontferming van God en die geloof tot behoud van die lewe.
Buurvrou
Die Buurvrou is 'n ware kontreiwinkel wat plaaslike entrepreneurs 'n afsetgeleentheid bied vir hul produkte. - Besoek ons vir 'n verskeidenheid klippe (Elanie 0843414816) - Kwaliteit biltong, droë wors en chilli bites (Corrie 0844877704) - Unieke handwerk en oudhede - Konfyte, heuning en vars gebak
Geleë by afrit 36, R513 tussen Brits en Pretoria-Noord
- Elke eerste Woensdag van die maand hou ons veiling om 17:30 met kos-en ander stalletjies beskikbaar. (Die volgende datums is 2 Maart en 6 April) Ons bied uitstallers die geleentheid om elke Saterdag hul ware by ons uit te stal en na 14:00 is almal welkom om saam te kom hekel en brei.
Dinsdag tot Sondag 09:00 tot 17:00
Navrae: Ansie 084 444 4234 of Rina 071 110 6907
De Wildt News
20
Februarie 2016
Spaar en Krediet Koöperatief Beperk Reg. 2009/06/25 Oranjekas is 'n koöperatiewe bank en verwelkom aandeelhouers wat deel wil wees van hulle eie selfstandige bankdienste. Oranjekas word gereguleer deur die CBDA (Cooperative Banks Development Agency). Aandeelhouding vereis die opneem van minstens 5 aandele van R100 elk en lidmaatskap van die gemeenskaplike band (“Volksekonomieklub”).
Dienste aan gekeurde lede sluit in:
Beleggings · Spaarrekenings · Vaste deposito's
· 48 uur opvraagbare beleggings
· Debietkaart (nasionale en internasionale gebruik)
Finansieringsbehoeftes · Verbandlenings · Motorfinansiering
· Persoonlike lenings · Studielenings · Ander tipe lenings
Korttermynversekering makelaarsdienste · Alle tipe versekering
· Mededingende premies
· Bystand met versekeringseise
k e e Br
! g e w
Oranjekas bied top Bankdiens aan elke aandeelhouer. Sluit nou aan of gouer! Breek weg! Kontak: 086 010 4297, 079 205 1155 kontak@oranjekas.co.za
www.oranjekas.co.za
Februarie 2016
De Wildt Nuus
9
10
February 2016
De Wildt Nuus
Februarie 2016
De Wildt News
INWONER WEN ’N MOTOR!
QS-WASSERY Mariëtte Kloppers
082 788 1670
082 788 1670 • Was en stryk van linne en klerasie • Slegs was van linne en klerasie • Slegs stryk van linne en klerasie • Was en stryk van gordyne
R14-00 p/kg
Posbus 1, De Wildt, 0251
R12-00 p/kg R12-00 p/kg
BALLET LAERSKOOL GENL HENDRIK SCHOEMAN
R18-00 p/kg
Mariëtte Kloppers Posbus 1, De Wildt, 0251
Maandag en Donderdag vanaf 13:30
EASY BUILD DE WILDT SHOPPING CENTRE TEL: 087 805 8851/2 FAKS: 086 550 0320 SEL: 082 376 0608 E-pos: easybuild@lantic.net
Vir alle boumateriaal en hardeware Vir vriendelike diens en persoonlike aandag besoek ons by
De Wildt Winkelsentrum
De Wildt-inwoner, Jan Boshoff was die gelukkige wenner van ’n splinternuwe motor in die Arrie Nel apteekgroep se promosie.
19
Geloftefees 2015 by die Jopie Fourie-terrein
18
De Wildt Nuus
February 2016
Februarie 2016
ARRIE NEL
APTEEKGROEP Nel Apteek Apteker: Deรกn Krause
% 012 252-4645 Faks: 012 252-6735
Nel III Apteek
Schoemansville
Apteker: Tania Schmidt
Apteker: Izolde Bester
% 012 252-3010
% 012 253-0304
012 252-3014
012 253-0302
Ifafi Apteker: Christo van Staden
% 012 259-1616 012 259-1743
Brits Mall Pieter van Dyk
% 012 250-2837 Fax: 012 250-0932
Ons lewer persoonlike diens (Verskaf deur Jean K?hler)
De Wildt News
11
12
February 2016
De Wildt News
WILLIE EN KOTIE HERMANN HET OP 1 OKTOBER 2015 ONDERSTAANDE BESIGHEID GEOPEN
K W V MOTORS (PTY LTD) REG NR 2015/195814/07 TELEFOONNOMMERS: LAVENDERWEG 130 WONDERBOOM 0182
KOTIE 076 391 0587 • WILLIE 082 705 7636 E-POSADRES kotiegras@gmail.com ONS KOOP EN VERKOOP
MOTORS, TREKKERS EN IMPLEMENTE (KAN BY U AFGEHAAL WORD, INDIEN SO VERKIES)
EN VERKOOP
ZOZO-STAALHUISIES VIR WERKERHUISVESTING/GEREEDSKAP (3.2 M X 2 M MET DIEFWERING, DEUR EN VENSTER) R1 400.00
DESIGN & MANUFACTURING OF JEWELLERY
JEWELLERY AND WATCH REPAIRS DIAMONDS AND GEMSTONES GOLDSMITH ON PREMISES VALUATIONS
Shoprite Shop 3 (opposite Wimpy) Ben Viljoen St, Pta North Tel: 012 546 2226
Cell: 083 235 3138
elfriko@vodamail.co.za Genesis 22:14 Die Here sal voorsien
Februarie 2016
17
De Wildt News
GELOFTEFEESDIENS 2015 JOPIE FOURIE FEESTERREIN deur Ds Cassie Aucamp PSALM 126: DIE HERE AS BESKIKKER VAN ONS LOT
Psalm 126 is geskryf 'n ruk na Israel se terugkeer uit die ballingskap. Vir 70 jaar was hulle bannelinge in benarde omstandighede. Die Psalm val uiteen in drie dele, uitgedruk met die beeld van 'n droom, van waterstrome en van 'n saaier. • Die digter wat met verwondering sing oor hoe God hulle lot verander het. Dit was vir ons soos 'n droom. Te goed om waar te wees. God het hulle uit die ballingskap laat terugkeer na Jerusalem. Wie sou dit ooit verwag? Toe hulle op hul swakste was, en koning Kores van Persië hulle uit die mag van Babel bevry het. Ken jy ook sulke oomblikke in jou lewe? Toe dinge donker gelyk het, 'n doodloopstraat, en wonderbaarlik het die Here dinge weer heelgemaak. Onthou: dis die Here wat jou lot verander het. Dit moes ons vaders ook beleef die aand van 16 Desember 1838. Na die droewigste jaar van hul geskiedenis het die Here die wonderlike uitkoms by Bloedrivier gegee. En hulle het geweet: Dis die Here wat hul lot verander het, en aan Hom die eer gegee. • Dan pleit die digter voor die Here as beskikker van ons lot. Na die wonderlike terugkeer uit die ballingskap, was daar weer terugslae en ontnugtering. Alles wat goed was in Jerusalem is weg. Geen huis, geen tempel, niks. Ons lees in Haggai hoe sukkel dit gagaan het. Natuurlik, hierdie lewe is mos nie volmaak nie. Na die wonderlike redding van die Here kan daar weer ontnugtering kom. Jy het dit dalk ook al ervaar: dat die harde werklikheid van 'n gebroke wêreld jou tog maar weer inhaal. Die Voortrekkers het dit ervaar. Na die verwondering oor die oorwinning van 1838 is die republiek Natalia met blye verwagting gestig. En slegs vier jaar later is die droom en die vryheid verby, toe Engeland Natal annekseer. Wat dan? Die digter van Psalm 126 pleit voor die Here as Beskikker van ons lot: Verander tog nou ook ons lot Here, soos waterstrome in die Suidland. Lewe uit die dood, die dorre Suidland waar waterstrome na die reën weer lewe gee.. • Dit is 'n daad van hoop. Daaroor sing die digter met die beeld van die saaier: Wie met trane saai, sal die oes met gejuig inbring. Saaiwerk in die warm Oosterse son, was harde werk.
Ds Cassie Aucamp Maar dit was geloofswerk. 'n Daad van hoop. Die Here gee die oes. Ons het hierdie vaste hoop omdat ons Here Jesus self die Saaier was wat met trane gesaai het, maar ook die koringkorrel was wat in die grond moes val en sterf, en opgestaan het uit die dood. Om die vreugde-oes in te bring en finaal die lot van Sion te verander... en die Nuwe Jerusalem van God af neerdaal op die aarde.
PHILLIP VAN RENSBURG ORTOPEDIES Gwarrieboslaan 32, Wonderboom E-mail: philort@bitcc.co.za louisejvr@bitcc.ca.za
012 543 3020 083 251 5223 082 927 1267 • Prosthetics - Artificial limbs & Breast prosthesis • Orthotics - Spinal bracing, Compression stockings • Feet evaluation / Custom made inner soles • Ankle - Knee - Wrists & Shoulder braces • AFO - Callipers, Drop foot - & Night splints • Medical - Surgical & Safety shoes + alterations • Frail care - Hospital equipment & Wheelchairs • Contracted in with mos medical schemes WCA/RAF • Former Lecturer for Orthotics & Prosthetics TUT Pta • Orthotics & Prosthetic related - Claim and Legal reports • Assessor TETA - ASSR14-76
16
Februarie 2016
De Wildt News
Geloftefees 2015 weereens ’n sukses Manie Lemmer
Op 16 Desember 2015 het ongeveer 200 feesgangers by die Jopie Fourie-terrein saamgetrek om Geloftefees te vier. Dit het begin met 'n kanonsaluut en daarna 'n vlaghysing by die monumentjie begelei deur 'n paar lede van die Hartland-kommando olv Peet Dorffling. Die vlaghysing is deur twee Voortrekkers uit ons eie geledere, nl Simeon en Anika Scheepers, waargeneem, terwyl die voorsitter van die bestuur, Gawie Rossouw, die laaste vers van die Stem voorgedra het. Die feesgangers het hul plekke in die saalafdak ingeneem en die voorsitter het die verwelkoming gedoen, veral aan die eregaste onder wie mev Olga Potgieter, weduwee van wyle mnr Blignaut, in lewe Kommandant van die Akasia Voortrekkerkommando en die dryfkrag agter die verkryging van die terrein en verskuiwing van die monumentjie hierheen, en mev Willa Botha, weduwee van wyle mnr Willem Botha, een van die “bouers” en stigters van die terrein. Almal het die samesang onder leiding van Marguerite Nel geniet en daarna geluister na Dup du Plessis van die HS van Blerk-stigting oor die hersiene Jopie Fourieboek, oorspronklik vroeg in die vorige eeu geskrywe deur JM de Wet, en tans weer beskikbaar is. Hierna het Herman Victor, Afrikaans-onderwyser, vir die feesgangers 'n kort oorsig oor die gebeure by Bloedrivier geskets. Die Geloftediens, gelei deur ds Cassie Aucamp, het daarna gevolg en sy verkorte boodskap oor “Die Here as beskikker van ons lot” uit Ps 126 verskyn op die bl 17. Na die diens het ds Cassie die Gelofte aan die feesgangers voorgehou en daarna Shandri Lemmer die Gebed van Jan van Riebeeck. Ons dank aan ds Cassie wat vir oom Roelie Koekemoer ingestaan het, toe oom Roelie skielik ongesteld was. Die sang, veral ook al die verse van Die Stem, deur soveel feesgangers en met die sterk stem van ds Cassie daarby was werklik iets om te beleef. 'n Mens was weer trots op jou volk en jou voorsate. 'n Lys van 25 vorige feesgangers van die gebied wat intussen sedert die vorige fees oorlede is, is gelees ter nagedagtenis aan gemelde persone. Daarna is bedankings deur die ondervoorsitter, Manie Lemmer, gedoen en aandenkings deur bestuurslid Marie Coetzer aan sprekers en deelnemers oorhandig. Ds Cassie het die verkiesing van die nuwe bestuur vir 2016 waargeneem en die volgende persone is gekies/herkies: Voorsitter-Gawie Rossouw; Ondervoorsitter- Manie Lemmer; Sekretaris-M a n i e Lemmer; Tesourier-Trevor Louw; Addisionele ledeGeorgie Louw, Dries Nel, Marie Coetzer, Bertus du Preez. Jan Lemmer sal help as nie-bestuurslid.
Die volgende persone het hul self ook daarna beskikbaar gestel vir hulp en bywoning van vergaderings: Evert en Memory Scheepers. Ons doen weer eens 'n beroep op ons lesers om aan die einde van hierdie jaar in veel groter getalle hierdie fees of ander soortgelyke feeste oor die lengte en breedt van ons land by te woon. Laat u vakansies eers op 17 Desember begin; dan kan die fees bygewoon word.
Shandri Lemmer en oupa Manie Lemmer
Ds Cassie Aucamp en Marie Coetzer
Februarie 2016
De Wildt News
13
PATETIESE DIENS IN DEPARTEMENT VAN BINNELANDSE SAKE Manie Lemmer
Ek wil graag met lesers ons ervaring by die Akasiakantore van gemelde departement deel. Dit het gegaan om my en my eggenote se nuwe ID-kaarte, soos ingestel deur die betrokke departement. Ons het reeds in Novembermaand na drie keer se tevergeefse pogings op grond van ellelange wagrye weer by hierdie kantoor gaan aansoek doen. Ons moes buite die kantoor op die stoep in 'n ry staan en wag tot ons so paar-paar na binne gelaat word. Binne die kantoor het ons weer in 'n ry gestaan om te wag vir 'n nommer. Die stanery van ongeveer twee uur het plaasgevind terwyl talle stoele in rye binne die kantoor beskikbaar was en daar leeg gestaan het. Die volgende stap was om darem te kon sit om te wag tot ons per nommer na die fotograaf geroep was om ons nuwe foto's te laat neem, eers my eie en daarna dié van Sannie. Daarvandaan moes ons elders gaan plaasneem om weer per nommer na die toonbank ontbied te word vir ons vingerafdrukke. Ek het skaars daar gesit en terwyl Sannie nog by die fotograaf besig was, toe ek ontbied word vir die vingerafdrukafdeling en handtekeninge. Dit het geruime tyd geduur, omdat my vingerafdrukke agv ouderdom nie meer baie duidelik vertoon het nie; terwyl ek nog daar besig was, is Sannie se nommer uitgeroep vir die toonbank net langs dié een waar ek nog besig was. Ek het die betrokke klerk gesê dat ek my vrou moes help om daar te kom en sy het aangebied om te wag tot ek klaar was. Toe ek klaar was, het ek Sannie gaan haal en toe begin haar probleem met die vingerafdrukke; dit het nie doeltreffend geblyk te wees nie en daar is besluit dat sy weer voor moes begin met 'n nuwe nommer op die rekenaar. Gelukkig het die betrokke klerk gehelp dat sy redelik vinnig weer by die fotograaf 'n beurt kon kry en daarna weer terug na die toonbank vir die vingerafdrukke; na 'n lang gesukkel is verklaar dat ons nou voorlopig klaar was en dat hulle ons per kort telefoonboodskap (SMS) sal laat weet wanneer die kaarte gereed sal wees om afgehaal te word. Hierdie een oggend se proses het vanaf 09:00 tot ongeveer 11:30 geduur. Op 9 Desember is ek verwittig dat my kaart gereed is; ek het gewag om te sien of Sannie se kennisgewing nie ook kom nie, sodat ons weer saam die kaarte kon gaan haal. Die week van 4 Januarie was ek drie keer tevergeefs by die betrokke kantoor om die eerste keer te verneem dat hulle “off-line” is en nie weet wanneer die “line” weer sal aan kom nie, en daarna twee keer
om te sien hoe telkens 'n ry van meer as 100 mense op die stoep voor die kantoor staan. Die vierde keer het ek met my kampstoel om 06:15 reeds in die ry op die stoep gaan sit met ongeveer 50 mense voor my. Ek het verneem dat sommige daar was vir die proses wat ons reeds in November deurgemaak het en ander wat slegs daar was om kaarte te kom afhaal, twee verskillende prosesse maar almal in een ry. Gelukkig het iemand 'n skerp oomblik beleef en om ongeveer 08:15 elkeen in die ry individueel kom vra vir watter doel jy daar was. Diegene wat slegs kaarte kom afhaal het, is toe genooi om na 'n veel korter afsonderlike ry te beweeg. Om ongeveer 09:15 was ek deur die proses om weer eers jou vingerafdrukke te laat kontroleer met kommentaar dat dit nie baie duidelik is nie en daarna weer per nommer op 'n sitplek uitgeroep te word vir verdere kontrole en oorhandiging van die kaart. Daarna het ek weer gaan navraag doen oor my eggenote se kaart en ek is meegedeel dat haar vingerafdrukke se kontrole nog nie ontvang is nie, maar dat ons per SMS verwittig sal word wanneer haar kaart gereed is. Ons wag nou terwyl ek hier op 23 Januarie tik, steeds tevergeefs op gemelde kennisgewing, ek wonder tot wanneer. Dit het my vir die enkele kaart reeds vyf ritte van 30 km heen en weer gekos en ons sal weer daarheen moet ry om Sannie se kaart, indien ooit beskikbaar, te gaan afhaal. ID-kaarte is nie die enigste laste waarmee ons opgesaal word nie; dink maar aan die herhalende aansoeke om motorbestuurslisensies,wapenlisensies en te veel ander om op te noem; ook die banke se herhaalde jaarlikse eise om nakoming van FICA-reëls en die summiere bevriesing van jou geld as jy nie self daarvan onthou het nie; dis vir hulle te veel moeite om jou vooraf betyds te waarsku. As 'n regering regulasies tov sy landsburgers uitvaardig, moet hy sorg dra dat die betrokke burgers met die minste ongerief en onkoste die regulasies kan nakom. Die gebeure soos hierbo beskryf weerspreek luidkeels enige behoorlike organisasie en inagneming van landsburgers. Laat ons saamstaan en ordentlike staatsdiens eis! Ons is op grond van die belasting wat ons betaal geregtig om oor swak en onbevoegde diens beswaar te maak. Ons belasting vergoed hierdie staatsdienswerknemers!
14
De Wildt News
Februarie 2016
Vroue Landbou-Unie Nuus Margaret Troskie - Skakelbeampte
TOTSIENS 2015 Die taklede het heel gepas hul jaarafsluiting gevier by die Blue Crane Restaurant, aangesien die Blou Kraanvoël die voël van 2015 was. Die eetplek is by die Austin Roberts Voëlpark Die park is geleë binne die Walkerspruitstelsel. Twee strome, naamlik die Walker en die Argo, voer water daarheen en lok talle spesies watervoëls. Sanette Heymans, die tak se voëlkenner, het ’n boek oor die Blou Kraanvoël saamgebring met die lieflikste kleurfotos. Lede het die inhoud van die boek bekyk en het ook 'n verskeidenheid voëls vanuit die voëlskuiling waargeneem.
Februarie 2016
De Wildt News
Vroue Landbou-Unie Nuus Margaret Troskie - Skakelbeampte
BESTUUR 2015 – VLU DE WILDT TAK
Sanette Heymans, Mary Ann du Preez, Patricia van Niekerk, Felicity van Eeden
APK WONDERBOOM SAAL TE HUUR TROUES, VERJAARDAE, VERGADERINGS, ENS DIE SAAL BESKIK OOR VOLDOENDE RUIMTE VIR 400 PERSONE MET TAFELS EN STOELE VIR ELK EN DIE HUURGELD VAN R1 000 SLUIT GEMELDE AMEUBLEMENT IN ALLE WEEKSDAE BEHALWE SONDAE. 'N KOMBUIS MET PUIK APPARAAT EN TOERUSTING IS BY DIE HUURGELD INGESLUIT EN TAFELDOEKE, EETGEREI EN BREEKGOED KAN OOK BYKOMEND GEHUUR WORD. 'N TERUGBETAALBARE DEPOSITO VAN R1000.00 WORD MET BESPREKING VERLANG, EN GEMELDE DEPOSITO WORD TEN VOLLE OF GEDEELTELIK TERUGBETAAL AAN DIE EINDE VAN U FUNKSIE AFHANGEND VAN DIE TOESTAND EN HANTERING VAN DIE SAAL EN KOMBUIS MET AMEUBLEMENT EN ANDER ITEMS.
KONTAK EVERT RODERIGUES 082 700 2450 of OUDERLING JAN NEL 084 585 8247
15
Voor: Carlien Retief (Tesouriere), Leana van Graan (Sekretaresse), Georgie Louw (Voorsitster) Middel: Patricia van Niekerk (Sameroepster - Vandag se Vrou), Iris Groenewald (Sameroepster Kreatiewe Vaardighede), Madelein van der Watt (Hulpsekretaresse), Hester Killian (Sameroepster Gemeenskapsbewustheid), Lorrainne Weilbach (Sameroepster – Kuns en Geskiedenis), Margaret Troskie (Skakelbeampte) Agter: Mariette de Wet (Sameroepster – Produktiewe Vaardigheid), Mary Ann du Preez (Hulpsekretaresse), Martie Marx (Visevoorsitster)