De Wildt News
2
REDAKSIELEDE Manie Lemmer - 082 879 6969 (Voorsitter) Sannie Lemmer - 071 693 5993 (Sekretaresse) De Wildt Helpmekaar Maatskappy en De Wildt Rampbestuur Gertjie Davel - 082 376 1645 De Wildt Boerevereniging Hanna Scribante - 083 417 4699 De Wildt VLU Georgie Louw - 082 374 6879 Addisionele lede Trevor Louw 082 374 1645 Jan Lemmer 083 256 8266 Eugene van Staden 073 367 4787 Gertie van Staden 073 091 6035 Bladuitleg en tikwerk Daleen van Manen - 072 953 0071 Drukkers: Maxxi Press Tel: 084 208 1278
De Wildt Nuus Bankbesonderhede: Rekeningnaam: De Wildt Nuus/News Standardbank, Wonderpark Takkode: 016145 Spaarrekeningnr: 038247518 Verwysing: Adverteerder se naam + DWN April 2012 (noem telkens die naam van die betrokke maand). Epos betalingsbewys manie.lemmer@dewildtnuus.co.za Advertensiegeld moet asb vooruitbetaal word, maw sodra die advertensie versoek of gewerf word. Dankie vir julle moeite. Kontakpersone vir advertensies en grafiese ontwerp: Daleen van Manen Advertensie-ontwerp: R100
Veranderings op bestaande advertensies: R50 ADVERTENSIES IS VOORUITBETAALBAAR Die artikels in die De Wildt Nuus is nie noodwendig die produk van die redaksie nie, maar van individue. Daarom vereenselwig die redaksie hom ook nie noodwendig met alle uitsprake/menings in die artikels nie.
February 2014
De Wildt Nuus Foto’s deur Jan Lemmer
REDAKSIEBRIEF Geagte lesers, Die nuwe jaar is al weer een maand oud en nou kan ons hierdie jaar se werksaamhede met ons blad afskop. Ons vertrou dat almal lekker vakansie kon hou en met nuwe krag die nuwe jaar aangepak het. Gelukkig dat werk sterk maak, soos die leuse van een van die skole waar ek onderwys gegee het, gelui het en daarom is dit goed as ons werk. As ons werk behoort ons ook in ons werk geluk te vind, en as ander mense poog om jou werksgeluk van jou weg te neem, moet jy van jou kant iets daaromtrent doen. Kom ons pak die res van jaar met moed en durf aan! Wat bied ons blad in Februarie vir jou aan? Onder andere 'n nuwe rubriek “Geldsake” waarvan die eerste deel reeds hierdie maand verskyn. Ons kan ook weer in herinnering roep hoe die Geloftefees van 2013 verloop het, hoe 'n tagtigjarige se dankfees gehou is, 'n reeks “God met ons” wat hierdie jaar se tema vir die geestelike artikels is, bekendstelling van ons gereelde adverteerders wat een een 'n beurt gaan kry, Vissershoek se Laerskoolnuus, 'n “nonagenarian” (inwoner wat reeds 90 jaar oud is) en nog meer. Julle sal ook nuwe adverteerders raaksien, nl g e l d s a k e v a n J o h a n Ve n t e r e n baksteensake van SABRIX en ons vra steeds dat julle advertensies sal werf; dis al manier waarop ons die blad dikker kan kry en meer nuus aan julle kan bied. Ons briewekolom is altyd maar yl, maar ek kan dit nie begryp nie: Praat jy met mense oor die blad, raak mense nie uitgepraat nie, soms is hulle kwaad, soms is hulle beïndruk en ander kere kritiseer hulle (eienaardig nie in die teenwoordigheid van die redaksielede nie, maar net onder mekaar) en tog ontvang ons geen briewe om te plaas nie. Hoe het ons dit dan met ons lesers: Neem julle penne (of rekenaars) op en skryf julle gevoelens neer sodat ons ander ook daarvan kennis kan neem. Ons het langs omweë verneem dat lesers t e l e u rg e s t e l i s o m d a t d i e m o o i voëlvoorblaaie plek moes maak vir kleuradvertensies: Laat my toe om te verduidelik, hierdie adverteerders betaal heelwat meer vir die advertensies as normaalweg en dit bring die fondse om ons blad in dik genoeg formaat gratis vir ons lesers voor te berei. Kry ons meer donasies en meer ander gewone advertensies, sou ons die voorblad weer slegs as versiering kan opdis. Lesers kan maar kennis neem dat adverteerders begin toustaan om hierdie gesogte advertensieplek te bekom. Kan julle dus ons probleem begryp; ons wil
Februarie 2014
Manie Lemmer graag ons blad so mooi as moontlik maak, maar ons het fondse daarvoor nodig. Ek merk dat die omgewing weer verder begin agteruitgaan agv die verwaarlosing in die eerste plek deur ons plaaslike en provinsiale owerhede: Kyk maar weer onder andere na die pad tussen Schietfontein en Garankua met die skool tussenin: Die mooiste slaggate wat elke motorhersteller se droom is; hierdie slaggate is onlangs in ons blad getoon en meer onlangs is dit “herstel”, ongelukkig op die manier waarop die owerhede die meeste van hulle werk afhandel. Die herstelwerk hou slegs 'n maand of twee, die padstrepe of lyne wat nie heeltemal ontbreek nie, is so dof dat diegene wat hulle nie daaraan wil steur nie, die maklike verskoning het dat hulle nie die sperstrepe kan raaksien nie. Die telefone is die afgelope paar jaar landlynegewyse totaal weggesteel, sonder dat 'n haan daarna gekraai het, allermins Telkom wat ook maar net hul skouers optrek en niks daaromtrent doen nie. Hoe lekker: Ons hoef nou niks te doen nie, want as ons die lyne herstel, word dit gesteel en dit pas ons om niks te doen nie. KAN ONS LESERS DAN NIE AL DIE SAKE ONDER DIE AANDAG VAN ONS INWONERSMAATSKAPPY (DWHM) EN ONDER DIE VERBRUIKERSUNIE SE AANDAG BRING NIE? Nou praat ek nie van een keer nie, maar op aanhoudende trant. Iemand sal moet luister as ons aanhou kla en ek is nie negatief nie, ek soek net hulp om ons land en ons mense almal weer positief te kry. Onthou daar is 'n spreekwoord onder van ons swart medemense wat vertaald lui: As die kind in die draagsak agter sy ma se rug nie huil nie, sal hy doodgaan van die honger. Kyk hoe lyk dit tussen die pad en ons woonplekke, of pas dit ons dalk dat mense liewer nie die binnekant van ons persele kan raaksien nie? Kom ons keer die ongewenste omstandighede om en kry ons plek in orde, al moet ons dit dan self doen! Ek dink daar is werk om te doen, nie slegs deur enkele mense nie, maar deur ons almal. Groete tot Aprilmaand.
31
30
De Wildt News
February 2014
GELOFTEFEES - 16 DESEMBER 2013 Manie Lemmer Op gemelde datum het ongeveer 200 mense uit ons eie gebied en ook ander nabygeleë plekke by die Jopie Fourie-terrein byeengekom om Geloftefees te hou, hierdie keer die vyftigste fees sedert by hierdie terrein in 1963 die eerste fees gehou is. Ek skets vir lesers kortliks hoe die fees verloop het, sodat diegene wat dit misgeloop het, dalk kan oorweeg om aan die einde van die jaar hul vakansieprogram so in te klee dat daar ook plek is vir 16 Desember se geloftefees. Ds Andre Buys wat die geloftediens sou hou, het skielik 'n beroerteprobleem ondervind en hoewel hy gelukkig besig is om geleidelik daarvan te herstel, moes ons inderhaas 'n plaasvervanger kry. Ds Pieter Viljoen, emeritusleraar van die NG Kerk, het die gelofteboodskap na aanleiding van Josua 4 vers 1 – 9 gebring en sy tema was “Monumente ter herinnering aan God se ingrype”. Ds Viljoen het aangedui hoe daar telkens in die Ou Testament klippe opmekaar gestapel is en dit was altyd gedoen om mense aan die spesifieke plek en die gebeurtenis te herinner, soos ook hier waar die Israeliete deur die Jordaanrivier getrek het. As die Here vir ons hierdie “monumente” te herinnering aan Sy ingrype in die lewens van ons mense in Sy woord op skrif laat stel het, wie is ons om deesdae nie te onthou nie, maar verkies om weg te bly en te vergeet? Die voorlesing van die twee geloftes, respektiewelik deur oom Willem Riekert en Bianca Nel, het ons weer gepas laat onthou, en die sing van die Stem se vier strofes het ook tot “Onthou” bygedra. Ons gasspreker was dr Faan de Beer, 'n opvoedkundinge wat jarelank saam met my by die Departement van Onderwys en Opleiding gewerk het, en sy tema was “Die verlede, die hede en 'n blik op die toekoms”. Hy wys daarop dat die gebeure by Bloedrivier nooit uit die geskiedenis van die Afrikanervolk uitgeskryf kan word nie en dat hierdie geskiedenis sal bly voortbestaan . Hy herhaal kortliks hierdie gebeure en hy wys op die finale botsing as die realisering van die twee pole, nl van die Christendom teen die heidendom. Hy wys ook op die plek van die Gelofte wat aldaar deur die boere teenoor God afgelê is. Hy wys ook op talle mylpale en teenspoede wat in hierdie land daarna beleef is. Daarna beklemtoon hy die hede, die rede waarom ons by die Geloftefees is, nl die feit ons tans in die middel staan van die verlede en die toekoms. Ons het begin om vreemdelinge en bywoners te word in ons eie vaderland. Ons word ook soos die Voortrekkers destyds, ingeperk tussen tralies en elektriese omheinings. Die Voortrekkers was destyds ook 'n klein minderheid teen 'n groot oormag. Wat die toekoms betref moet ons nie so ge-anker raak in die verlede dat ons nie die geleenthede van die toekoms
raaksien en benut nie. Ekonomies moet ons as ons swaarkry eers sorg vir ons eie mense en daarna vir ander. Geloftefeeste bring ons weer nader aan mekaar en ons besef dat ons op mekaar aangewese is. Vir die toekoms moet ons sorg dra dat ons ons kinders leer om die Gelofte gestand te doen, om die toekoms met vertroue op God tegemoet te gaan, hande te vat sodat ons ekonomies bemagtig kan word en bly, te strewe na vryheid met geregtigheid, selfwerksaam te wees, volgens die moed van oortuigings op te tree en ook omdat ons dit wat ons eie is, wil beskerm. Kinders moet daarop konsentreer om entrepeneurs te wees, want werk by ander mense sal al hoe skaarser word. Ons kinders moet leer om trots te wees op ons eie en bereid wees om dit te beskerm. Die vraag is hoe lyk die geskiedenis wat ons nou besig is om te skryf. Kyk gerus ook na die foto's van die verskillende gebeure by die fees en neem gerus kennis van die volgende ontstellende feit: Dit het onder die aandag van die Geloftefeesbestuur gekom dat die Transvaalse Voortrekkers die Jopie Fourie-terrein wat destyds deur 'n lid van die Fouriefamilie aan die Laerskool Akasia se Voortrekkerkommando geskenk was om vir die nageslag te bewaar, wil verkoop en gepaardgaande met die voorgenome verkoop van die terrein ook die Jopie Fouriemonumentjie op die terrein elders heen wil verskuif, weg van die oorspronkilke woonplek van Jopie Fourie. Die Geloftefeesbestuur het reeds met die Voortrekkers se bestuur 'n samespreking probeer reël, maar sodanige samespreking het tot datum nog nie gerealiseer nie. Tydens die Geloftefees het bykans 150 feesgangers die beswaarskrif soos deur die Geloftefeesbestuur opgestel teen die voorgenome verkoop van die terrein, onderteken en dit sal ook benut word tydens 'n samespreking met die Voortrekkers wat hopelik binnekort sal plaasvind. Ons ervaar weer die probleem van sommige van ons medemense: Wanneer dit hulle pas, word plekke en monumente wat vir 'n volk dierbaar is en deur die geskiedenis volksbesit geword het, summier uit hulle gestel verwyder. Die Geloftefeesbestuur vir 2014 is soos volg verkies en die eerste vergadering is op 14 Januarie gehou: Voorsitter G Rossouw (herkies) Ondervoorsitter/sekretaris H Lemmer (herkies) Penningmeester T Louw (herkies) Addisionele lede C Botha (nuut verkies) Mej M Coetzer (herkies) J Lemmer (herkies) Mev G Louw (herkies) A Nel (nuut verkies) D van der Merwe (nuut)
Febriarie 2014
3
De Wildt Nuus
INHOUDSOPGAWE Redaksiebrief Lief en Leed Ons adverteerders DWHM Nuus Burning practices Ons mees senior burgers (1) Kyk wat is in die kas! Immanuel - God met ons (1) Manie - 80 jaar oud LSV Borrelbekkie LSV Borrelbekkie LSV Borrelbekkie
2 3 4 5 7 9 11 13 14 16 17 18
Waardevolle gedenkwaardighede gevind Afrit 137 braai en kuier VLU Nuus Jaareindfunksie en Kersboom Geldsake (1) Die seën van vergifnis Gemaksug of winsbejag Tweegesprek DWBV Nuus Belangrike datums Geloftefees Geloftefees
Lief en Leed Ons meegevoel met diegene wat leed ervaar het. Beterskapwense aan diegene wat siek was of nog is. Dan is ons ook bly saam met diegene wat lief ondervind of beleef het. Ons wil dit net weer onder u aandag bring dat ons nie onder Lief en Leed nuus kan plaas as iemand dit nie onder ons aandag gebring het nie.
Lief • Manie Lemmer word 80 jaar oud • Trevor en Georgie Louw is 56 jaar getroud. • Kallie en Elize Knoetze het ’n kleinseun ryker geword. • Rita en WK Rossouw is ook ’n kleindogter ryker. • Wally en Mina Ferreira is ‘n kleindogter ryker. In die hospitaal • Christa Henrico • Trudie de Wet • Trevor Louw • Kobus en Mina Pieterse se kleinkind. • Lynette Venter na ’n bysteek • Sarie Vermaak • WK Rossouw • WK en Rita Rossouw se kleinkind • Rassie Erasmus • Aggie Esterhuizen • Jim Vickers • Miems Riekert is siek Leed • Francois Rudolf se vader is oorlede • Blackie Swart is oorlede • Corrie en Sanet Wessels is in ’n motorongeluk oorlede • Daleen van Eck se vader is oorlede • Gert Prins se moeder is oorlede • Sannie Lemmer se broer is oorlede
19 20 21 23 24 25 25 26 27 29 30 31
Foto’s en bydraes vir DWN Indien u ’n bydrae vir die De Wildt Nuus wil lewer, let asseblief op die volgende vereistes: • Stuur asseblief foto’s in groot formaat en moet dit nie verklein nie, anders is die gehalte te swak vir gebruik. • Stuur teks in Word-formaat of in die epos-program. Dankie byvoorbaat- Redaksie
DE WILDT NUUS Advertensietariewe Voorblad kleur.... R900 (borgskap) Agterblad kleur.... R850.00 Promosieblad ..... R700.00 Volblad ................ R480.00 Halfblad .............. R280.00 Kwartblad .......... R210.00 Agsteblad ........... R140.00 Klein ................... R 80.00
4
De Wildt News
February 2014
Ons adverteerders (1)
MMMEDICAL OP BL 32 Omdat ons ons adverteerders so waardeer, het die redaksie besluit dat ons langs hierdie weg telkens in 'n uitgawe een van ons adverteerders sal uitlig. Ek vertel julle graag iets meer oor hierdie medikasie-vervaardigers en -verspreiders. Aan die hoof staan Marius en Sonja Muller, albei mediese tegnoloë van beroep. Een van hulle spesialiteite is Magnesium in die vorm van kristalle wat in water oplos. Hierdie grondstof kom vanaf die Dooie See en is 'n allernoodsaaklike grondstof om die lewenskrag van ons liggaamselle te stimuleer en te behou. In ons land is daar slegs sover ek tevore gehoor het, een plek waar wel voldoende magnesium in die grond en water gevind word, nl Douglas, maar in die res van Suid-Afrika kan ons liggame nie voldoende magnesium uit die grond, water of plante in die vorm van groente en vrugte verkry om algehele moegheid te bekamp nie. As ek reg onthou was daar een keer in 'n uitsending oor die radio gemeld dat by die geleentheid waar Moses die rots in die woestyn geslaan het en so water vir die Israeliete verkry het, dit juis naby die Dooie See water met 'n hoë inhoud magnesium was. So kon die moeë volk weer krag bekom deurdat God wel hul behoefte geken en daarvoor voorsien het. Ons het almal magnesiumaanvullings nodig en ek weet dat daar selfs geneeshere is wat baie keer magnesium as basis
Belangrike datums Manie Lemmer
van hulle medikasie voorskryf en dat hulle ook teenstand in hierdie opsig in eie geledere ervaar. Ek onthou goed hoe ander dokters destyds daar in die jare sewentig van die vorige eeu soms spottend verwys het na dr W Davis, 'n uiters bekwame internis en kenner van die menslike liggaam, as sou hy alle siektes slegs met magnesium dokter. Sedert daardie jare ken ons reeds die waarde van magnesium en deur die jare het ons kennis gemaak met die verskillende vorms waarin hierdie grondstof aan ons gebied word, nl in pil- en tabletvorm, in vloeistofvorm en in enige vorm waarin alle betrokke vervaardigers poog om hulle produk aan te bied en te verkoop. Ek het tevore al oor die behandeling van pyn bespiegel, maar my ervaring het steeds bewys dat magnesium in aanspuitvorm en in die vorm van inname noodsaaklik is. Hierdie adverteerder het ander produkte ook, soos julle in die advertensie op die agterblad kan sien, maar uniek is die magnesium wat in kristalvorm die goedkoopste uitwerk as 'n mens soos ek dit gereeld moet gebruik. Waar ander vorms my tevore tot byna R200.00 per maand gekos het, kan ek nou met R85 vir 'n houer magnesiumkristalle vir 'n maand genoeg magnesium inkry. Hier is reeds 'n hele paar inwoners in ons gebied wat deur my bemiddeling hierdie produk bekom het en ek onderneem om dit ook vir diegene wat belang stel, te gaan haal by Marius en Sonja; ek doen dit graag omdat ek oortuig is dat die produk effektief is.
KLUB LEKKERRUS/LIBERTAS
AFKORTINGS: DWVBF - De Wildt Vori-bergfees; DWN - De Wildt Nuusredaksie; DSO - De Wildt Sosiale Organisasie; JFFK - J Fourie-terrein Feeskomitee; DWBV - De Wildt Boerevereniging; LSV - Laerskool Vissershoek; DWHM - De Wildt Helpmekaar Maatskappy. Febr
Mrt
Apr
Mei
Jun
Jul
Aug
NABOOMSPRUIT (Mookgopong) ± 200 km vanaf Pretoria Sept
Kom geniet die Bosveld en die heerlike warm water van hierdie twee private oorde wat behoort aan gekeurde permanente lede van Klub Lekkerrus/Libertas. Al is u nie 'n permanente lid nie, kan u van jaar tot jaar jaarlidmaatskap bekom, maar u aansoek is aan keuring onderhewig. U is welkom om by hierdie twee warmwaterbronne Lekkerrus en Libertas te kom vakansie hou teen bekostigbare tariewe, met kortings van tot 50% in buiteseisoenstye. Spesiale korting vir groepsbespreking.
Fasiliteite beskikbaar: Woonwaterreine met kragpunte en gerieflike ablusieblokke Rondawels en kothuise (“chalets”) Warmwater swembaddens • Rumatiekbaddens Borrelbaddens • Waterglybaan Set-setbaan • Damme vir hengel
Navrae: E-pos:
29
De Wildt Nuus
Februarie 2014
Lekkerrus@lantic.net Tel: 014 7439300
Okt
Nov
Des
1 15 18 20 1 11 15 18 28 7 12 15 24 26 22 6 9 10 10 13-16 14-15 20 24 28 5-6 7 17 19 21 27
08:00 vir 10:00 08:00 vir 10:00 19:00 19:00 08:00 vir 10:00 19:00 08:00 ir 10:00 19:00
5 19 21 22 25
08:00 vir 10:00 08:00 vir 10:00
2 16 19 21 26 30 4 6 10-11 16 20 26-27 3 13 13 15 21 25 29 1 4 8 15 18 29 6 10 16 25 31
08:00 vir 10:00 19:00 08:00 vir 10:00 19:00 19:00 09:00 08:00 vir 10:00
19:00 08:00 vir 10:00 11:00 08:00 vir 10:00 19:00 19:00 08:00 vir 10:00
19:00 09:00 08:00 vir 10:00 08:00 vir 10:00 19:00 19:00 19:00 08:00 vir 10:00 08:00 vir 10:00 19:00 08:00 vir 10:00 08:00 vir 10:00 19:00 19:00 08:00 vir 10:00 10:00 08:00 vir 10:00 19:00 14:00 08:00 vir 10:00 19:00 16:00 08:00 vir 10:00 08:00
J & A verkope J & A verkope DWHM-direksie DWN-redaksie (Apr-uitgawe) J & A verkope DWBV J &A verkope DWHM-direksie SKOLE SLUIT SKOLE HEROPEN J & A verkope Goeie Vrydag DWN-redaksie (Jun-uitgawe) J &A verkope DWHM-direksie DWBV DSO-verkoping J &A verkope LSV Funduro NAMPO LSV Welsprekendheid DWHM-direksie J & A verkope Senior Burgerete LSV Noorde Revue-skouspel J & A verkope DWHM-direksie DWN-redaksie (Aug-uitgawe) J &A verkope LSV Mnr en mej Vissershoek SKOLE SLUIT J &A verkope J &A verkope SKOLE HEROPEN DWHM-direksie LSV Landloop DSO-verkoping J &A verkope J &A verkope DWHM-direksie DWN-redaksie (Okt-uitgawe) DWBV J &A verkope LSV Gholfdag J &A verkope TLU-kongres DWHM-direksie J &Averkope De Wildt-fees 2014 SKOLE SLUIT J &A verkope SKOLE HEROPEN DWN-redaksie (Des-uitgawe) DWHM-direksie J &A verkope Senior Burgertee J & A verkope DWBV DWHM AJV J &A verkope DWHM-direksie Kersboom/Jaarafsluiting J &A verkope SKOLE SLUIT Geloftefees 51 Kersfees Oujaarsdag
Afrit 129 Afrit 129 Kantoor Afrit 129 Afrit 129 DW 4x4 Afrit 129 Kantoor Afrit 129 Afrit 129 Afrit 129 Afrit 129 DW 4x4 Afrit 129 LSV LSV Kantoor Afrit 129 Afrit 129 Kantoor Afrit 129 Afrit 129 LSV Afrit 129 Afrit 129 Kantoor LSV Afrit 129 Afrit 129 Kantoor Afrit 129 DW 4X4 Afrit 129 Afrit 129 Kantoor Afrit 129 LSV Afrit 129 Afrit 129 Kantoor Afrit 129 Afrit 129 DW 4x4 LSV Afrit 129 Kantoor Afrit 129 JF-terrein
28
De Wildt News
February 2014
Februarie 2014
De Wildt Nuus
5
DWHM-nuus
Whiskeys vir 2014 Suzette Pëtersen
TEL: 012 372 9502 FAKS: 086 657 3165
Die Whiskeys van 2013 het baie hard gewerk en hulle deel bygedra tot die voordeel van die De Wildt Helpmekaar Maatskappy. Ons dank aan elkeen wat getrou sy en haar deel gedoen het. Weens verskeie redes is almal wat verlede jaar Whiskeys was nie, beskikbaar vir 2014 nie en is 'n nuwe span lede bymekaar gemaak. Die funksie van die Whiskeys het ook so effens verander. Whiskeys sal voortaan verantwoordelik wees vir die Rampbestuur en ook die DSO funksies. Wat die Rampbestuursake betref, word gerapporteer aan Gertjie Davel (L1) as die direkteur verantwoordelik vir Rampbestuur en wat DSO sake aanbetref, word gerapporteer aan Kobie Opperman (L2) as die direkteur verantwoordelik vir die Sosiale aangeleenthede van die maatskappy. Hiermee dan die nuwe Whiskeys vir 2014. Wyk: 1 - W1SU David Scribante - Silkaatsnek: Afrit 1 11 Wyk: 2 - W2SU Johan en Frankie Janse van Rensburg Silkaatsnek: Afrit 12 - 16 Wyk: 3 - W3SU Wannie en Hanna Scribante Sandspruit: Afrit 17 – 24 Wyk: 4 - W4SU Chris en Mariaan van der Merwe Sandspruit / Schietfontein: Afrit 25 - 40 Wyk: 5 - W5SU Johan en Karien Koen - Schietfontein: Afrit 41 – 50 Wyk: 6 - W6SU Manie en Ellen Texeria - Schietfontein: Afrit 74 - 81 Wyk: 7 - W7SU Willie en Kotie Hermann - Vissershoek Skoolpad: Afrit 53 - 54 Wyk: 8 - W8SU Connie en Sanet Van Huyssteen Schietfontein / Vissershoek: Afrit 54 – 58 Wyk: 9 - W9SU Willie en Christa Smit - Krelingspost: Afrit 59 - 73
Wyk: 10 - W10SU Eric en Christa Fourie - Vissershoek / Middelwater: Afrit 82 - 95 Wyk: 11 - W11SU Don en Carol Barrie - Middelwater: Afrit 94 - 114 Wyk: 12 - W12SU Francois en Frenette Grabie Wildebeesthoek: Afrit 115 - 120 Wyk: 13 - W13SU Rick en Agatha Esterhuizen Wildebeesthoek: Afrit 121 - 136 Wyk: 14 - W14SU Hendrik en Cisca Henrico Wildebeesthoek: Afrit 137 - 139 Wyk: 15 - W15SU Pamela van der Merwe Wildebeesthoek / Patryshoek: Afrit 140 - 154 Wyk: 16 - W16SU David en Patricia van Niekerk Patryshoek / Strydfontein: Afrit 155 - 164 Wyk: 17 - W17SU Roelie en Estelle Koekemoer Strydfontein: Afrit 165 – 168, 171 - 172 Wyk: 18 - W18SU Alta Prinsloo - Fundus en omliggende area: Afrit 170 en 180 – 223 Wyk: 19 - W19SU Magda Theron - Strydfontein / Vrede / Ozoroa Park: Afrit 173-179 en 224-227
Valentynsete Die DSO bied 'n Valentynsete op Vrydag 14 Februarie 2014 aan. Dieselfde tyd bied Laerskool Vissershoek 'n Valentynsokkie aan vir die kinders. Hierdie is dus die ideale geleentheid vir ouers om 'n heerlike romantiese aand sonder die kinders deur te bring terwyl hulle weet dat die kinders ook hulle aand geniet. Die geleentheid vind plaas vanaf 19:00 by Swiss Alps en sal bestaan uit 'n driegang-maaltyd. Vir slegs R300 per paar sluit dit ook 'n bottel wyn in. Besprekings vir die aand kan by Kobie Opperman (076 482 8513) of by die Whiskeys gedoen word.
6
De Wildt News
February 2014
27
De Wildt Nuus
Februarie 2014
Hanna Scribante
DWBV Nuus
GOLIAT-VAN-GAT-PAMPOEN FEES Onthou hierdie fees op 22 Maart by die Voortrekkermonument. Kom kyk hoe lyk die GROOTSTE pampoen, die mooiste pampoen of lelikste pampoen en kom hou lekker saam fees!
MAJUBA FEES Dit is TLU SA se beurt om die Majubafees in 2014 aan te bied. Dit vind plaas die naweek van 28 Februarie tot 2 Maart 2014 by die Majubaterrein naby Volksrust. Kontak vir Wannie of Hanna as u belangstel om te gaan. Die slag van Majuba het op 27 Februarie 1881 naby Volksrust plaasgevind. Die gebeure van die slag self is indrukwekkend. Op Majubaberg was 405 Britse soldate onder leiding van generaal-majoor Sir George Pomeroy Colley saamgetrek, ’n stelling wat hulle as ’n onbereikbare vesting beskou het. Benewens hierdie mag het duisende Britse troepe Suid van Laingsnek gereed gestaan. Vroeg op Sondag 27 Februarie 1881 het die
vasberade kommando van vrywilligers onder generaal Nicolas Smit die berg bestyg en die Britse stellings omsingel. Deur volgehoue vuur en briljante optrede is die Britse soldate uitgedun, teruggedryf en tot oorgawe gedwing. Aan die Britse kant was die verliese soos volg: 92 gesneuwel, 134 gewond en 59 gevange geneem. Aan die kant van die Boere het slegs 2 burgers gesneuwel. Hierdie uitslag word toegeskryf aan die natuurlike vernuf van die Boere, so ook hul kennis van die veld en hul besonderse akkurate vuur. Dit het die Eerste Vryheidsoorlog in die guns van die Boeremagte beklink en reeds op 17 Maart 1881 is daar ’n Vredesooreenkoms onderteken. Die slag van Majuba sou ook broodnodige inspirasie verskaf vir die veel omvangryker stryd wat op ons volk gewag het in1899.
DWBV vergadering De Wildt Boerevereniging vergadering Dinsdag 11 Maart 2014 te De Wildt 4x4 om 19:00 vir 19:30.
Bonanza Plesieroord en Karavaanpark Karavaan en tentstaanplek - R80pp pn Bungalows (2 persone) - R350 pn Kinders halfprys en voorskool gratis Pensioenarisse - R70 pn
Tel: 082 783 6857 - www.engelayoung.co.za Epos: engelayoung@absamail.co.za
Funksiesaal
SATRA, Mindworx Academy, Pre-natal/ Post-natal Brilliant Babies, Wellness, Occupational Therapy and Life Skills.
Troues, verjaarsdae, jaareindfunksies Kostes volgens vereistes
Swembad Privaat funksies en pieknieks
Dr Engela Young Praktyk
Bonanza Brouery/ Distilleries R40 pp
Pub & Restaurant Open 7 dae per week.
Skoonheidsalon Alcare skoonheids- en gesondheidsprodukte Afsprake: Ansi 072 485 9770 Facials, Manicure, Pedicure, Waxing, Sonbed, Massering, Suurstofbad
bonanza@absamail.com (bestellings) Mampoer, Rum, Korporatiewe geskenke Tel: 072 485 9770 Verkope aan publiek en groothandel Van der Hoffweg (R514), Hartbeespoortdam GPS: S25 42.775 E027 56.705 Tel: 072 485 9770 012 376 4141
26
De Wildt News
Tweegesprek 2014 het pas begin toe ek en Manie gou na Brits moes gaan vir medikasie. Hy hou voor die apteek stil en stap na binne. Net daarna hou 'n bakkie met kappie,langs ons stil waar ek in die motor wag. 'n Jong swart man spring uit en draf ook apteek toe. Dit is verskriklik warm. Ons motor se vensters is so effens oop. In die bakkie sit 'n ouer man. Hy klim uit en groet my. Goeie môre Ouma, groet hy. Ek groet terug soos ons maar in die sendingveld gewoond was. Goeie more. Hy vra, hoe gaan dit? Ek antwoord, dit gaan goed dankie en met jou? Dit gaan ook goed met my. En daar begin die tweegesprek. Ek besef dat hierdie man seker 'n kleurling moet wees. Sy Afrikaans is perfek. Ouma, u lyk vir my na 'n wyse vrou. Kan u dalk vir my sê waarom die Here ons so straf. Ons kry nie genoeg reën om mielies te kan plant nie. Ons sal net soos die ander swart mense van Afrika van honger doodgaan. Waarom straf God ons op hierdie manier? Sonder om te huiwer antwoord ek: God straf mense as hulle afdwaal van God se pad. Ons behoort God te dien en te eer en te aanbid en sy Woord te verkondig waar ons gaan. Ongelukkig doen ons dit nie. Ons steur ons nie aan God nie. Ons leef net vir onsself. Dink maar net hoe baie sonde doen ons maar ons verwag dat God ons moet seën.
February 2014
Februarie 2014
De Wildt Nuus
7
Burning practices to preserve birdlife Sannie Lemmer
Ouma, u is reg. Ons is sondaars. Ons moor, kaap motors, steel , verduister geld, ontvoer kinders en so kan ek aangaan. Weet u, dat ons nie meer mense is nie. Ons is nie eers meer sondaars nie. Ons is nie beeste of skape nie. Nee, ons is honde en katte. Ons verdien nie om vergewe te word nie. Ek antwoord terug: Weet jy dat God genadig is en ons sondes wil vergewe. As jy glo dat Jesus vir jou gebore is, dat hy vir jou sonde aan die kruis gesterwe het, dat hy uit die dood opgestaan het en opgevaar het na die hemel en nou by God, sy Vader in die hemel is, DAN IS JY 'N KIND VAN GOD. As jy dit glo is jy van jou sonde verlos. Jesus sal vir jou intree by God en vir God sê: Hierdie man glo dat ek die Verlosser is en dat ek U Seun is. As jy dit glo, God aanbid, dien en eer, sal God die reën stuur. Dan sal julle weer mielies kan plant en goeie oeste kry. Dan sal God julle seën. Ouma, u het my vraag beantwoord. Baie dankie. Lyk my dit is Oupa wat daar kom. Julle moet veilig terugry na julle huis. En dankie vir die duidelike antwoord. En sal dit nou aan my kinders kan verduidelik sodat ons almal die Here kan dien. Ek glo nou dat die reën gaan kom. En so het ons tweegesprek tot 'n einde gekom.
J & A VERKOPE/SALES Afrit 129, Wildebeesthoek, De Wildt (R513) GPS: S25º40'08.”E28º00'25.86"
UIT-DIE-HAND VERKOPE - VEILINGS - RUILHANDEL Wil u iets verkoop? Soek u na iets? Wil u iets verkoop? Soek u na iets? Wil u iets ruil vir iets anders? ? – ons hanteer ruilhandel (barter). Ons het tweeweeklikse veilings en daaglikse uit-die-hand verkope. Enigiets wat u nie wil hê nie kan u na ons verkoop/veiling vloer toe bring op 'n daaglikse basis. Indien u na werk in die week goedere wil inskryf, kan u ons skakel en ons wag vir u maar nie later as 19h00 nie. Ons haal en lewer af teen 'n fooi. Ons hanteer ook die 'Jy Bring Ons Verkoop' beginsel as dit by motorvoertuie, bote, karavane, treilers, motorfietse ens. kom. Bring net alle toepaslike dokumente saam. Ons soek ook huismeubels; ys- & vrieskaste; huishoudelike wares,gereedskap, werkwinkel toerusting, voertuie, karavane, bote, trekkers, implementeen mooi skoonma's. Inskrywings word daagliks ingeneem. Waar reserwe pryse nodig is, word van die eienaar van die goedere verwag om teenwoordig te wees wanneer sy/haar goedere opgeveil word. Kommissie word op 'n glyskaal basis bereken. Hoe hoër die verkope, hoe laer die %.Is u eiendom verkoop? Ons reël 'n veiling op u perseel om van u los goed ontslae te raak indien dit te veel is om te skuif na ons perseel. Ons bedank graag diegene wat ons ondersteun. Ondersteun u gemeenskap. Bring goed! Sien u daar! Ons volgende veiling is op Sat 1 Feb. 2014 om 10h00 stiptelik. Verdere veilings op 15 Feb.; 1 Mrt; 15 Mrt; 29 Mrt. '14. Toekomstige datums sal gepubliseer word. Kyk ook bladsy 29 van De Wildt Nuus.
Navrae: 081 7799 614 (kantoor) - 072 3510 776 (navrae)
John Wesson Runaway fires generally occur under hot, dry conditions and can be devastating to the birdlife. Bird Life South Africa is giving these tips for burning practices to preserve the birdlife in the area. Avoid annual burning other than in fire breaks, as this may lead to altered species composition and may result in insufficient food availability and inadequate cover for nesting by increasing exposure and detection by predators. Fire breaks must be prepared (burnt) annually before the end of June, in order to meet legal and protection requirements. Burning rather than ploughing or mowing fire breaks is less ecologically harmful and therefore more compatible with conservation goals. Annually burnt fire breaks within a matrix of unburnt blocks can provide sufficient habitat heterogeneity (i.e. variability) to accommodate terrestrial avian insectivores (e.g. lapwings and thick-knees) and grazers (anatids) that prefer open, short-grass habitat , as well as threatened species such as Botha's and Rudd's Larks. As such, the grassland matrix blocks need not be burnt on an annual frequency. Avoid burning at an inappropriate time of year. Repeated burning long after the growing season has started in spring (i.e. beyond the recommended fire season) can also damage vegetation and alter plant species composition; and may negatively impact nesting birds (eggs), nestlings or juvenile birds in spring-summer. Conversely, repeated burning more than just fire breaks too early in the season, i.e. in autumn, may result in equally unwanted damage to soil and
Zodiac Dierekliniek Tel: 012 252 1266 Fax: 012 252 6357 31 Carel de Wet weg, Posbus 460, BRITS 0250
Drs. GS Scheepers (BVSc) 082 785 1593
E-mail: zdk@vodamail.co.za
vegetation, with a knock-on effect on bird species as they may have insufficient cover and food to survive the winter. Regardless of the grassland type, burning should be implemented in both unclean block and patch mosaic burns in order to leave natural hideaway for birds and their prey. Patchy burns also establish and maintain habitat heterogeneity, which is needed to sustain the biodiversity integrity of climax specialist bird species as well as short grass and pioneer bird specialists. Preferably less than half of any management area should be burnt in one year, to maintain the necessary patchwork of burnt and unburnt areas. Avoid repeatedly burning extremely large camps or blocks. Some fire-intolerant animal species recolonize burnt areas from neighbouring unburnt source populations. If the burnt area is always too large and not burnt patchily, localised extinction of fire-intolerant species may occur. Mowing of natural grasslands as an alternative to burning is not recommended. While the resultant defoliation of the veld mimics burning to a certain degree (both bulk removal), mowing has a number of detrimental impacts. These include excessive soil compaction, crushing subterranean forb root structure, removal of nutrients from the system (in the case of bailing), direct disturbance caused by the vehicle, and often impacts related to mowing at the wrong time of year (which should follow burning recommendations), as mowing does not have the same associated risks of burning in dry, windy conditions.
8
De Wildt News
February 2014
De Wildt Nuus
Februarie 2014
Die seën van Vergifnis
25
Gemaksug of winsbejag? Ans Schoeman
Hanna Scribante
Wat sou gebeur as daar nie iets soos vergifnis was nie? Wat sou gebeur as jy iemand seermaak, ’n verkeerde keuse maak of oortree, en jy het geen kans om dit reg te maak nie? Wat as ’n verhouding vernietig word deur iets wat jy gedoen het, en niks kan dit regmaak nie? Die lewe sou dan maar baie hartseer en hopeloos gewees het, nie waar nie? Dink nou verder as die menslike sfeer. Wat sou gebeur as ons geen vergifnis van God ontvang het nie? Dan sou ons nie kon hoop op ’n verhouding met Hom nie. Danksy die seën van vergifnis hoef ons nie hieroor bekommerd te wees nie. God se vergifnis is ons voorbeeld, want dit is volmaak. Ons bely ons sondes, vra vergifnis en God vergewe ons. Hy sal ons nie gedurig aan die sondes herinner nie. Hy vergewe en vergeet. Dit is hoe ons verhoudings moet wees. Vergewe en vergeet. Dit is ’n seën om vergewe te word en n verhouding te herstel, of om die een te wees wat iemand anders vergewe. Wees net so gewillig om te vergewe as wat jy is om vergewe te word. Efesiërs 4:32 “Wees eerder vriendelik met mekaar. Gee vir mekaar om. Vergewe mekaar soos God julle vergewe het op grond van wat Christus gedoen het.”
Verlede jaar gee ons motorprobleme. Dit lek water, word warm en kook. Ons neem die motor na die agent toe, laat hom diens en vra 'n kwotasie vir die herstelwerk. Die fout: die verkoeler lek en alles moet vervang word. Geen agent het voorraad nie en dit moet van die buiteland bestel word. Koste net vir onderdele (arbeid uitgesluit) R5411.42. Ons dogter (ons het by haar gekuier) sê toe ons moet die kar na haar garage toe neem. Die eienaar vra wat die kwotasie van die agent is, ons sê vir hom en hy belowe môre sal hy sy kwotasie gee. Volgende dag word ons gebel: die kar is herstel, ons kan dit kom haal. Skrik lekker, weet nie wat die kostes is nie. Wel dit was toe R1252.43, alles ingesluit. Ook ingesluit die herstel van die verkoeler by 'n baie bekende plek teen R607.62. Die res was arbeid vir uithaal en terugsit van verkoeler en anti-vriesmiddel R116.00. Ek het die kwotasie en kwitansie hier in my lêer. En die verkoeler werk nog steeds! Ek sê nie al die agente maak so nie, maar dis ons ondervinding van die spesifieke agent van ons kar. Onnodig om te sê, die kar gaan nie weer soontoe nie.
Swiss Alps Pub & Grill • Pool Table • Juke Box • ‘Sasol’ vir nuwe klante
Special!! Double Wellington & Coke - R20
• T-Bone + chips • Boerehamburger + chips • Roosterbroodjies + chips • Pizza’s
Woensdae Special Boerekos op bestelling Gratis nagereg
Kom geniet saam met ons Angilique 082 310 3577 Kobie 076 482 8513 Onthale soos Verjaarsdae, Troues ens kan gereël word vir spyseniering by Grill met kontantkroeg. Deposito vereiste
24
De Wildt News
February 2014
GELDSAKE (1)
Beleggingsbeginsels Johan Venter
Die meeste van ons kry gewoonlik slegs 'n paar keer in 'n leeftyd die geleentheid om geld te belê, hetsy vir inkomste of slegs vir blote kapitale groei, daarom is dit belangrik om goeie, ingeligte besluite te neem. In die betrokke artikel verwys ek spesifiek na enkelbedrag "lump sum" beleggings en nie na maandpremie-beleggings, waar daar byvoorbeeld vir studies of 'n vakansie gespaar word nie. Daar bestaan wel baie goeie en betroubare beleggingsgeleenthede en die verandering in beleggingstegnieke, streng wetgewing en die verskillende veilige benaderings, bied baie goeie en betroubare geleenthede vir voornemende beleggers, mits die regte advies en hulp verkry word. Die tegnologie en kwaliteit van beleggingsmoontlikhede het basies net so snel en effektief verbeter soos dié van selfone. Goeie, veilige beleggingsgeleenthede waar doeltreffende groei en inkomste verkry kan word is dus baie moontlik. Neem vooraf 'n besluit of geld wel belê gaan word al dan nie. Wanneer 'n bedrag geld reeds beskikbaar is of klaar in 'n rekening inbetaal is, is dit gewoonlik te laat en word dit dikwels onoordeelkundig aangewend of verkwis. Inflasie Pryse van goedere styg jaarliks met ongeveer 6%. Indien 'n brood dus R10 kos kan ek met R100 'n totaal van10 brode koop. Volgende jaar gaan ek dus R106 nodig hê om dieselfde 10 brode te kan koop. Indien my belegging nie jaar op jaar met ten minste 6% gegroei het nie, het my belegging dus verminder in waarde. Dit klink eenvoudig maar dit is die heel belangrikste beginsel t.o.v enige belegging. Let gerus fyn op na die persentasie groei of "rente" wat gereeld geadverteer word deur banke en ander instansies.
• Algemene Herstelwerk • Dienste • Ratkaste • • •
en Ewenaars Masjienherbouing Koppelaars en Remme Insleepdiens
G& G
MOTORDIENSTE
Kontak Gawie Rossouw of Gert Venter 012 525 1197 / 072 134 1105 (alle ure)
INSTANDHOUDING VAN ALLE FABRIKAAT MOTORS EN BAKKIES
Februarie 2014
De Wildt Nuus
9
ONS MEES SENIOR BURGERS (1)
Tant Anna Hoepner word 94 Babs Hoepner
Belegging vir bewaring en groei Behalwe dat 'n gewone belegging vir groei veilig en betroubaar moet wees, verwag ons 'n verdere twee dinge van so 'n belegging nl. 1. Om ten minste 6% groei te behaal. 2. Om na die 6% nog groei te behaal. Indien die belegging dus 9% groei behaal het oor 'n jaar tydperk, is dit 3% bokant inflasie, wat beteken die totale waarde of koopkrag het met 3% toegeneem. Alhoewel 'n persoon se risikoprofiel in ag geneem moet word by 'n beleggingsbesluit, is dit baie belangrik om na die tydperk te kyk waarvoor die geld belê gaan word. Daar moet ook vooraf besluit word watter uitkoms, of groei, (maw die persentasie van groei per jaar), nagestreef gaan word. Belegging vir maandelikste inkomste Die heel meeste enkelbedragbeleggings wat plaasvind vir inkomste is afkomstig van sogenaamde "aftreegeld" of "sterftegeld", en hier is dit belangrik om te onderskei tussen geld wat volgens wet belê moet word en geld wat nie belê hoef te word nie. Ons kan ook daarna verwys as verpligte geld of vrywillige geld. Onthou altyd dat so 'n inkomstebelegging daarna moet streef om 'n goeie, betroubare salaris, wat jaarliks verhoog, na te boots. Ek wil baie sterk beklemtoon dat daar met 'n belegging vir inkomste nie gepoog moet word om "geld te maak" of om so 'n belegging "drasties te laat groei" nie. Alles in die lewe het beperkings en so het enige bedrag geld 'n beperking t.o.v. inkomste, indien ons 'n konstante betroubare inkomste daaruit wil hê. So 'n belegging moet weereens veilig en betroubaar wees, maar ons verwag egter vier verdere dinge van so 'n belegging: 1.Om ten minste 6% groei te behaal om tred te hou met inflasie. 2. Om na/bokant die 6% nog groei te behaal wat die totale waarde/koopkrag sal verhoog. 3. Om 'n konstante maandelikse inkomste te verskaf. 4. Om ten spyte van die bg. drie doelwitte ook 'n jaarlikse verhoging in inkomste te verskaf. Dit is baie gevra en dit is hoekom ons baie omsigtig te werk moet gaan en kundige advies moet inwin. Die heel belangrikste is egter die persentasie van inkomste wat verlang word van so 'n belegging, wat realisties en nie te hoog moet wees nie, en dit is net hier waar dinge gewoonlik skeefloop. Ons het maar 'n natuurlike geneigdheid tot gierigheid en as 'n onkundige of oneerlike persoon vir ons 'n onrealistiese hoë maandelikse inkomste aanbied, sal 60% van ons dit heel moontlik aanvaar, en ons kapitaal sal oor tyd minder en minder raak. (Johan Venter is 'n Senior Uitvoerende Finansiële Beplanner met 15 jaar ervaring in finansiële beplanning en advies)
My ma, Anna (Ann) Hoepner is as 'n nooi Viljoen gebore op 27 Januarie 1920 te Pretoria. Sy is die oudste van vier kinders, van wie net sy en haar suster nog lewe. Hulle het in 'n ouerhuis vol liefde en met Christelike opvoeding opgegroei. Sy was voor haar troue met Herman Hoepner op 5 April 1947, by die Dept Landbou werksaam in die Uniegebou. Na hul huwelik het hulle in Gezina en later WonderboomSuid gebly. Hulle het in November 1958 verhuis na die Strydfontein-omgewing, waar sy nog steeds woonagtig is. Uit die huwelik is vier kinders gebore, drie seuns en 'n dogter. Die oudste Carl is in 1960 is op twaalfjarige ouderdom aan kanker oorlede, Johan is getroud en het drie seuns, van wie twee getroud is en hy het 'n kleinseun. Herman, die jongste seun, is ook getroud en het drie kinders - twee dogters , 'n seun en twee kleinseuns. Babs die jongste, is ongetroud. My ma is baie lief vir naaldwerk, brei, hekel en lees en het op 'n stadium selfs rottangwerk gedoen. As gevolg van swak sig kan sy ongelukkig geen van die stokperdjies meer beoefen nie. Sy het selfs ook as iets reggemaak moes word by die huis, dikwels self ingespring en dit gedoen. Sy het weer begin werk toe Babs höerskool toe is en het tot haar 80ste jaar nog voldag gewerk as sekretaresse van 'n prokureur. As dit van haar
afgehang het sou sy nog langer aangehou het, maar haar werkgewer het sy kantoor na die ooste van Pretoria geskuif en dit sou vir haar te uitputtend wees om so ver te ry. Haar gesondheid is tans redelik, maar sy beweeg maar moeilik en die geheue lol soms. Sy was en is vir ons nog altyd 'n wonderlike voorbeeld as moeder en Christen. Sy het ons met baie liefde en geduld opgevoed en sou haarself eerder tekort doen, as ons iets nodig gehad het. (Baie geluk, tannie Ann - Redaksie)
Minimum wage for Farm Worker Sector with effect from 1 March 2014 Table 3: Minimum wages for employees in the Farm Worker Sector Minimum rate for the Period Minimum rate for the Period Minimum rate for the Period 1 March 2013 to 28 February 2014 1 March 2014 to 28 February 2015 1 March 2015 to 29 February 2016 Monthly Weekly Daily Hourly Monthly Weekly Daily Hourly Monthly Weekly Hourly R2 274.82 R525.00 R105.00* R11.66 R2 420.41 R558.60 R111.72* R12.41 Previous year’s minimum wage + CPI** + 1.5%
* For an employee who works 9 hours per day. **The Consumer Price Index (CPI) for quintile 1 utilized to determine minimum wage increases is 4,9% as published by Statistic South Africa on 11 December 2013. The Sectoral Determination stipulates that the wage increase will be determined by utilizing the CPI for quintile 1 + 1.5%. Therefore in terms of percentage increase, the new minimum wages as from 1 March 2014 will be 6.4%.
10
February 2014
De Wildt Nuus
Die DWHM het op 7 Desember 2013 saam met die jaareindfunksie ’n Kersboom vir die gemeenskap by die Laerskool Vissershoek gehou. Dit was ’n dag vol glimlagte en vreugde.
Mariëtte Kloppers
012 504 2023 082 788 1670 • Was en stryk van linne en klerasie • Slegs was van linne en klerasie • Slegs stryk van linne en klerasie • Was en stryk van gordyne
R12-00 p/kg
Links: Kersvader se De Wildt Slee
Posbus 1, De Wildt, 0251
R10-00 p/kg R10-00 p/kg
De Wildt Nuus
Regs: Ouma Toy is nog steeds kind.
BALLET - 2010 LAERSKOOL GENL HENDRIK SCHOEMAN
R15-00 p/kg
Mariëtte Kloppers Posbus 1, De Wildt, 0251
23
Jaareindfunksie en Kersboom 2013
QS-WASSERY 012 504 2023 082 788 1670
Februarie 2014
Maandag en Donderdag vanaf 13:00
EASY BUILD DE WILDT SHOPPING CENTRE TEL: 087 805 8851/2 FAKS: 086 550 0320 SEL: 082 376 0608 E-pos: easybuild@lantic.net
Vir alle boumateriaal en hardeware Vir vriendelike diens en persoonlike aandag besoek ons by
De Wildt Winkelsentrum
Ons beskerm ons mense Voorsiening en installasie van elektroniese sekuriteitstelsels. Elektriese heinings, alarms, hek- en motorhuisdeurmotors, binnekringtelevisie, interkoms asook toegangsbeheerstelsels.
Ons is van De Wildt vir die beskerming van De Wildt. Meer as 13 jaar in die bedryf. Kontak ons gerus vir gratis advies en kwotasies. Rassie Van der Merwe: 082 413 0482 Faks: 086 236 0053 E-pos: sales@miosaone.co.za
Spesiale aanbod DDS sisteem R4500
22
De Wildt News
February 2014
APTEEKGROEP Nel Apteek Apteker: Deรกn Krause
% 012 252-4645 Faks: 012 252-6735
Nel III Apteek
Schoemansville
Apteker: Tania Schmidt
Apteker: Izolde Bester
% 012 252-3010
% 012 253-0304
012 252-3014
012 253-0302
Apteker: Christo van Staden
% 012 259-1616 012 259-1743
De Wildt Nuus
11
Kyk wat is in die kas
ARRIE NEL
Ifafi
Februarie 2014
Brits Mall Pieter van Dyk
% 012 250-2837 Fax: 012 250-0932
Ons lewer persoonlike diens
Wat 'n werk! Ek het self hierdie afgelope vakansietyd skoonmaak en regpakkery aangedurf. Die verrassings bly nie uit nie. So het ek talle foto's en ander nuttige artikels weer gevind wat ek self reeds as vermis verklaar het. So het Toy Coetzer ook nou eendag begin kaste uitpak, skoonmaak en regpak. Gewoonlik gooi 'n mens vinnig die onnodige goed weg, maar dis hier waar ons versigtig moet wees. Dalk gooi jy geskiedenis weg. Kyk hiernaas na die pragtige handskrif van Toy se ouma met die van Cornelius, wat die geskrif aan haar dogter, Toy se ma gerig het. Hierdie geskrif dateer waarskynlik uit die periode voor 1900; kyk hoe goed het dit bewaar gebly. Die ink van daardie tyd was beslis nog ink en nie gedokterde water soos vandag nie. Toy het tevore 'n dokument as aansoek om lidmaatskap tot 'n mediese fonds moes voltooi waarin sy gevra was of sy tevore wel 'n lid van 'n mediese fonds was. Haar antwoord was nee, maar nou het sy in dieselfde kas wat sy reggepak het, op 'n klein mediese fondslidmaatskapkaart van haar vader afgekom waar sy self nog as een van die kinders op sy fondskaart aangedui was toe sy destyds ook nog haar pa se van gedra het, nl Pelser. Hoekom skryf ek nou hierdie kort storie? Om te keer dat jy dalk geskiedenis weggooi! Onthou asseblief: Dokumente vertel geskiedenis waarna die nageslag op soek is. Moenie hulle teleurstel nie.
DE WILDT NUUS Advertensietariewe Voorblad kleur.... R900 (borgskap) Agterblad kleur.... R850.00 Promosieblad ..... R700.00 Volblad ................ R480.00 Halfblad .............. R280.00 Kwartblad .......... R210.00 Agsteblad ........... R140.00 Klein ................... R 80.00
Manie Lemmer
Pottebakkers klasse
Margaret Hugo 0829256762
12
February 2014
De Wildt News
Die Bek se Padstal Drankwinkel
Tel: 012-5041 694 • Faks: 012-504 1478 • EMAIL: diebeksepadstal@webmail.co.za R513 PAD - DE WILDT
DIENS MET 'N GLIMLAG KOM LOER GERUS IN !!!
Vars Groente Bewerkte groente en Vrugte Dro‰ë Vrugte Heerlike Biltong Droë Wors Chilli Bites
Ola Roomys / Coke / Beeld en tydskrifte Wyn / Bier / Ciders Houtskool/Braaihout Heerlike Wors / Gepasteuriseerde Tapmelk Rapport elke Sondag "Qiwi - Easy Way to Pay" masjien MTN, Cell-C, Vodacom ens Databondels Air time, Elektrisiteit, Internet betalings, Verkeersboetes, Landlyn telefoonbetalings, VOIP en vele meer!
De Wildt Nuus
Februarie 2014
Vroue Landbou-Unie Nuus Margaret Troskie - Skakelbeampte
VLU AFSLUITING 2013 Die jaar 2013 het 'n hele klompie heerlike hoogtepunte gelewer, maar ongelukkig was daar ook lede wat hierdie jaar van tyd tot tyd getref was met swak gesondheid. Dit was 'n aangename verrassing om Sannie Lemmer by die afsluiting te sien en sy het toe ook dadelik die taak gekry om die verjaardagkaartjies en geskenke uit te deel aan die verjaardagdames. Leana van Graan het hierdie jaar kosnette gemaak wat elke maand as geskenke gegee is. Hier is ook 'n Iief-storie van Sannie se kleindogter. Met haar voorstelling in die kerk dra Maderi self 'n gedig voor wat Sannie geskryf het : "Biesiemandjiekind". Die jongste en soetste klein taklid, Cayla Petra (gebore 25 September 2012), het saam met haar mamma, Corlien Randles, ook die afsluiting geniet. Kollie Esterhuizen en Dina Dunn het die geleentheid georganiseer, wat gehou is op Georgie Louw se plaas. Patricia van Niekerk en Mary-Ann du Preez het hand bygesit met die versierings. Die tafels het gekreun onder die smaaklike kos wat elke lid bygedra het.
Corlien Randles en Cayla
Mmmm ! Dit was spanwerk op sy beste. 'My nuwejaarswens vir almal kom uit Daveswordsofwisdom: May your troubles be less And your blessings be more, And nothing but happiness Come through your door.
Freeway Supermarket Liquor Store Butchery Bakery 082 714 1945 • 082 869 1940 • 076 315 7688
2l milk - R18.90 5l milk - R45 Blossom margarine 1kg - R25 Fatti's and Monis macaroni - 500g - R7.90
Skietfontein Butchery Bring jou wild!!! Thomas verwerk die vleis en maak vir jou heerlike biltong, droë wors en chilli bites.
21
072 865 6613 For quality meat and friendly service
Nations pride maize meal12.5kg R43.90 Miggy 2min noodles 3 for R10 Kingsley 2lt 6pack - R50 Kingsley 2lt single - R10 Sta soft aroma 2lt - R25 Omo auto 2kg - R53 Specials available until 9 Feb 2014
20
De Wildt News
February 2014
Afrit 137 braai en kuier Georgie Louw Saterdag 11 Januarie nooi ons al die inwoners van Afrit 137 vir ’n braai. Ons kuier lekker saam by Jakkie Louw se huis. Dit was Jakkie se idee wat 12 jaar geneem het om ’n werklikheid te word. Al die inwoners, behalwe een gesin, kuier en vertel stories tot amper middernag.
Clive Hardy, Werner Schroeder, Darius Oosthuizen, Armand en Johan Marais
Regs: Tannie Corrie Swart, en oom en tannie Gouws
Links: Lynette, Jacques en Johan Gouws en Georgie Louw
Onder: Corne en Kobus Oosthuyzen en Trevor Louw
Wat ’n lekker manier om die nuwe jaar te begin. Ons moet nie net in die verbyry mekaar groet nie, maar meer van almal se probleme en vreugdes weet.
February 2014
De Wildt Nuus
13
IMMANUEL – GOD MET ONS (1) Sannie Lemmer
Die Voorspelling word vervul Ons staan aan die begin van 2014. Vanjaar gaan ons kyk waar God elke keer belowe het dat hy met ons sal wees. Die tema vir die jaar is IMMANUEL – GOD MET ONS. Nou is dit so dat daar talle mense is wat nie in God glo nie. Hulle is uitgesproke ateïste. Hulle noem dit sommer ook oor die radio of TV. Dan is ons, die luisteraars of kykers soos ek, baie geskok, want ek kon dit nie glo nie. In die Bybel lees ons van baie konings wat nie in God geglo het nie. Die uiteinde was dat God hulle gestraf het. Ook die volk Israel het talle kere afgedwaal van God. Dan het God hulle gestraf. Hulle is deur hulle vyande in ballingskap geneem. Hulle het slawe geword totdat hulle tot God teruggekeer het. Kom ons kyk wat die profeet Jesaja gesê het in Jes 7:14 Daarom sal die HERE aan julle 'n teken gee: Kyk, die maagd sal swanger word en 'n seun baar en hom Immánuel noem. Ons lees in Jes 8:8 die volgende: en hy ( dit is die Eufraatrivier) sal in Juda indring, instroom en oorloop; tot die nek toe sal hy kom; en die uitbreidinge van sy vlerke sal u land in sy breedte vul, o Immanuel. Jesaja sê die vyand van die volk van God kan maar besluite neem, dit sal nie uitgevoer kan word nie. Alles sal in mekaar stort. Waarom? Want God is met ons! ( Dit is die volk van God). In Mat 1: 23 lees ons: Kyk, die maagd sal swanger word en 'n seun baar, en hulle sal Hom Immánuel noem, dit is, as dit vertaal word: God met ons. Wat
Pinocchio Kleuterskool Afrit 78 R513 Schietfontein De Wildt
Vir Baba/Kleuter Gr R/Naskool Rekenaarklasse Elsie - 072 150 3850 Faks: 012 546 4233 elsie.pinskool@yahoo.co.za
die profeet Jesaja dus in Jes 7:14 voorspel het is vervul soos ons dit in die nuwe testament lees. Die engel wat Maria besoek het, het gesê dat hulle die kindjie Jesus moes noem. In 'n droom het daar ook 'n engel aan Josef verskyn en aan hom gesê dat Maria se kindjie Jesus genoem moes word. So kan ons verder in die Bybel lees van al die name wat aan Jesus gegee is. Ons staan vanjaar by die naam Immánuel – God met ons. In Gen 21: 22 lees ons van Abiméleg en Pigol sy leërowerste. Luister wat sê hulle vir Abraham: God is met jou in alles wat jy doen. Abiméleg en Abraham het toe 'n verbond met mekaar gesluit om nie vals met mekaar te handel nie, ook nie met hulle kinders en nageslag nie. En hierdie verbond is gehou. As ons dus 'n ooreenkoms met iemand sluit, behoort ons as kinders van God daardie verbond te hou. Ons moet toon dat ons vertrou kan word en dus integriteit hê. As kind van God is God met ons. Ons lewe moet kan toon dat ons nie eers 'n kontrak nodig het nie. Jou ja moet JA wees en jou nee moet NEE wees. Kom ons begin 2014 met so 'n lewe, Wees 'n mens met integriteit. Bly by jou JA en jou NEE. Aanbid God en dien hom jou hele lewe lank. As God met jou is, hoef jy niks te vrees nie. Jesus het mos belowe dat hy die Heilige Gees sal stuur om met sy volgelinge te wees. Die Heilige Gees is met ons en sal ons op die regte pad lei. Daarom kan ons uitroep: Immánuel – God met ons!
Adverteer in DE WILDT NUUS Kontak 082 879 6969
14
De Wildt News
February 2014
Manie - 80 jaar oud
Februarie 2014
De Wildt News
Waardevolle Jopie Fourie-gedenkwaardighede gevind Trevor Louw
Sannie Lemmer
Vir diegene wat nie teenwoordig kon wees nie, gee ek 'n kort opsomming van Manie Lemmer -redakteur van De Wildt Nuus - se 80ste verjaarsdag. Wie kan nou beter beskryf as ekself oor Manie se 80ste verjaarsdagbyeenkoms. Die voorbereidings het sowat twee weke geduur. Manie was self aan die stuur van sake. En alles het perfek verloop. Ons moet Manie se twee niggies, Magriet en Corry en haar eggenoot Freddy uitsonder en daarby voeg ons skoondogter Sumia en Jannie en hulle dogter Maderí wat ook gehelp het. Jan en Susan Nel wat in beheer is van die saal, tafeldoeke en breekgoed tesame met die koster wat die saal van ons kerk skoongemaak en die tafels help regsit het, rond ons werkskema af. Die inloopvrieskas was 'n treffer om die kos en koeldrank koud te hou. Die sout en soet “platters” het ons by 'n puik koekwinkel in Hartbeespoort bestel. Sumia en Corry het vir die blomme gesorg. En Jannie het die klank en musiek hanteer. As ek nou iets vergeet het moet u my verskoon. “Don't expect perfection, it's a thing you'll never find”. Manie sê altyd hy strewe daarna om perfek op te tree, dan bereik hy sy doel. VERWELKOMING: Nadat Jannie die gaste verwelkom het word prof Gerrit Smit aan die woord gestel. Hy vertel o.a. hoe Manie by die gemeente betrokke is. Ook dat hy en Sannie die Wonderblad van die gemeente weer laat herleef het. Daarna lees hy uit Heb 11. PROF SMIT sê die volgende: * Ons het 'n geskiedenis. * Die leiers van Israel het die beloftes geken maar hulle het nie die vervulling ivm die beloofde land beleef nie, maar hulle het dit wel in die hiernamaals beleef * God gee en gebruik mense. Die geloofsvoorbeelde leef so voort. * Ek is hier 'n pelgrim op pad. * Die Here gebruik ook vandag mense om God se beloftes oor te dra. * Hier moet Manie ook beloftes oordra na sy medemens. * Konserwatief = Staan by wat reg is. Daarna bid Prof Smit en sê ook dankie vir die voedsel. JANNIE LEMMER vertoon 'n program van Manie se kinderdae tot vandag. Ek wil graag vir u vertel dat Manie vyftien jaar oud was in Matriek. Toe hy negentien jaar oud was het hy sy BA-graad ontvang met Latyn (met lof) en Noord Sotho as hoofvakke. Hy het agt jaar in blanke skole skool gehou, o.a. ook by die Afrikaanse Hoër Seunskool. Op 27-jarige ouderdom word hy daarna hoof by die Boseleskool vir swart Blinde kinders. Daar het die gemeenskap en Kaptein aan hom 'n karos en
hooftooisel gegee vir sy werk by die skool. Dit is 'n groot eer en so word jy as 'n hoofman van hierdie mense erken. Na ses jaar is hy na Letaba, naby Tzaneen. Daar het hy 'n skool en inrigting vir swart kreupeles en serebraal gestremdes begin. Kort daarna word hy inspekteur vir gestremdes en later hoofinspekteur. Hy sluit sy onderwysloopbaan af as Hoofdirekteur van Onderwys. Na sy aftrede word hy Uitvoerende Bestuurder by PV3 (Pretoria se Vereniging vir verstandelik erggestremdes) Die Oord is naby Brits en Manie en ek moes daarheen trek – twintig kilometer van ons huis af – omdat die hoof op die terrein moes woon. Dit is hoe Manie se lang onderwysloopbaan verloop het. 'n Besondere eer het hom toegeval toe hy in 1994 na sy aftrede en as voorsitter van die Beheerraad van die Filadelfiaskool vir Gestremdes deur die raad as ontvanger van die Excelsiorprys vir Gemeenskapsdiens benoem is. In die betrokke jaar is hierdie prys deur die nuwe regering afgeskaf. HERMAN LEMMER het dankie gesê vir alles wat sy pa vir hulle gedoen en gegee het. JANNIE het ook sy dank uitgespreek en veral dat sy pa hom met sy Engelse briewe help as hy twyfel oor sekere woorde. Verder ook vir al die gereedskap wat hy kortkort kan leen. SHANDRI LEMMER praat namens al die kleinkinders. Sy spreek die hoop uit dat as sy eendag so oud soos Oupa word, sy net so perfek soos hy kan wees. HIERNA KON ALMAL SMUL AAN DIE VINGERETE EN KOUE VRUGTESAP. CHRIS DE JAGER kry nou sy beurt. Hy praat namens die oudleerlinge van 1956 van Hoërskool Stoffberg in Brakpan. Chris was een van Manie se Latynleerlinge. Hulle het Manie die bynaam “Jaffie” gegee, Manie was ook verantwoordelik vir die Biblioteek. Hy het op 'n stadium vir die leerlinge uit die boekie JAFFIE van Eitemal voorgelees. Daar het hy die bynaam “Jaffie” gekry. Chris vertel dat die tennisbane van die skool baie verwaarloos was. Manie het toe die kinders wat in tennis belanggestel het en hulle ouers bymekaar laat kom. Geld is ingesamel en kinders en ouers het naweke saam aan die bane gewerk en herstel. Manie het begin tennis afrig en gou het die skool meegeding met buurskole. Chris vertel ook van die volkspeletoer van UP wat gedurende Julie 1960 na Suiden Noord-Rhodesië plaasgevind het. Hulle het o.a. ook die blyspel DIE BEDRIEëRS, veertien aande op verskillende plekke opgevoer. Die bus waarmee hulle gery het, was 'n regte rammelkas. Lang bankies, en die vensters is met seile toegemaak. Die bande was glad en een band het gebars en moes toe vervang word. Manie en Sannie was hulle toerouers.
19
Die Jopie Fourie-geloftefeesbestuur ontvang ’n boodskap van mev Olga Potgieter (weduwee van mnr Blignaut, oudskoolhoof van Laerskool Akasia) dat mev Sannie van der Merwe van Ellisras haar genader het in verband met gedenkwaardighede van Jopie Fourie wat sy in haar besit het en graag aan ons wil skenk. Omdat my suster en haar man in Ellisras woon, reël ons om hulle te besoek met die doel om tant Sannie te ontmoet. Met ons besoek, en na ’n groot soektog, vind ons uit dat tant Sannie by haar seun op ’n plaas 30km in die rigting van Marken woon. Ons reël toe ’n afspraak met haar seun, wat ons sommer by die motor verwelkom. Sy woon in ’n woonstel en ons is verbaas om te sien hoe flink die 92-jarige tant Sannie nog is. Sy nooi ons in en op die eetkamertafel lê die kosbare papiere netjies in rye uitgepak. Sy sê sy sal al die inligting vir ons gee, maar ons moet afdrukke daarvan maak. Wat ’n wonderlike vonds. Na ’n baie gesellige middag, vind ons die volgende geskiedenis uit: Tant Sannie se ma, Susanna Elizabeth Carolina Engelmöhr, was 12 jaar lank met Jopie Fourie getroud en tot hul groot verdriet was hulle kinderloos as gevolg van ’n skietwond wat hy gedurende die Engelse oorlog opgedoen het. Na Jopie Fourie se teregstelling is sy vrou later weer getroud met mnr Pistorius en uit hierdie huwelik is tant Sannie gebore. Tant Sannie was saam met mnr Blignaut in matriek op Hoërskool Brits, en ook by die Pretoria Normaalkollege en sy en mnr Blignaut en Olga het later jare op hulle plaas saam gekuier. Dit is hoe Olga die inligting bekom het. Ons drink tee tot laatmiddag uit deftige koppies en geniet lekker eetgoed. Dit was ’n wonderlike ondervinding om by tant Sannie te kuier.
Phillip van Rensburg Ortopedies Professionele Ortotis / Protetis Gwarrieboslaan 32 Wonderboom Pr 8700818
Professionele voetanalise & evaluasie Binnesole vir alle tipe seer voete Spesifieke Diabetiese binnesole Kunsbene, Drukkouse en Rolstoele Ortopediese skoeisel & 25 jaar ondervinding Medies ingekontrakteerde tariewe Voormalige Lektor (TUT) Universiteit van Tshwane.
012 543 3020/082 927 1267
Trevor en Georgie Louw op Elisras by Tannie Sannie van der Merwe.
De Wildt News
18
RAAR MAAR WAAR ... Johan Brown
Op die foto is v. l. n.r. Anje Rudolph, Michael Keet, Francois Theron, Wian Snyman, Kiran Labotsky, Pieter de Beer en Ronaldo Freitos Concalves. Pieter het kort na die foto geneem is 'n tweede tand gewissel terwyl 'n klasmaat, Eric Ohldag, later dieselfde dag ook een gewissel het.
Februry 2014
Die tandemuis sal sy hand diep in sy sak moet steek – so kort voor die einde van die maand. 'n Rare gebeurtenis het homself op Vrydag, 24 Januarie 2014, by die skool afgespeel. Binne 'n halfuur (10:15 tot 10:45) het sewe graad 5-leerlinge elk 'n tand gewissel. “Dit was die periode net na pouse en ek wou my vervies toe drie leerlinge bykans gelyktydig kom vra om kamer te verlaat,“ vertel die onderwyser. “Maar toe een sy bakhand voor sy mond wegvat om te wil verduidelik hy wil net sy mond gaan uispoel en die bloed loop by sy mondhoeke af, het ek beduie hulle moet hardloop.“ Nog voordat die drie terug was in die klaskamer het 'n vierde kind kom vra om ook te gaan. “'Is dit internasionale tandewissel-dag?' het ek gespot, en met die les probeer aangaan. Tien minute later het ek my vraag verander na 'Wat het julle gedurende pouse gedoen? Klippe gekou?' want toe is dit nog drie kinders later. Ek wonder nogal of dit al ooit met 'n kollega gebeur het.”
PROFESSIONELE FINANSIËLE BEPLANNING ENKELBEDRAG EN AFTREEBELEGGINGS VIR: • Maandelikse Inkomste • Kapitale Groei • Pensioen en Voorsorgfonds bewarings, voor aftrede AFTREEBEPLANNING, RISIKOBEPLANNING & DEKKING Johan Venter Senior Uitvoerende Finansiële Beplanner Tel: 076 402 4764 Sel: 083 229 3335 johan.venter@momentum.co.za
VEILIG EN BETROUBAAR
Februrie 2014
15
De Wildt News
GERTJIE DAVEL kom toe aan die beurt. Hy praat namens die DWHM en die De Wildt Nuus. Hy vertel dat Manie die Maatskappy gestig het en vir vyf jaar voorsitter was. Daarna het verskeie voorsitters hom opgevolg. Die doel van die Maatskapppy was om onder andere ons inwoners te beskerm teen buitestaanders wat ons plek wou inneem soos grondeisers, myne, plakkers, ens. Gertjie vertel hoe baie hy van Afrikaans by oom Manie geleer het. Hy vertel ook dat hy en Saramarie eenkeer saam met oom Manie en tannie Sannie by die see gaan vakansie hou het. Die jong klomp hier op De Wildt het gewonder wat hulle besiel om saam met ou mense vakansie te gaan hou. Dit was een van die lekkerste vakansies wat hulle beleef het. TREVOR LOUW gesels oor die Geloftefeesbestuur en die Jopie Fourie-terrein. Hy noem dat dit in 2013 die 50ste geloftefees was wat ons hier by die Jopie Fourie-terrein gehou het. En nou is daar gerugte dat die Voortrekkers hierdie terrein wil verkoop. Trevor vertel hoe hulle as ouers van die Voortrekkertjies die “saal” gebou het, toilette en storte is opgerig en 'n “donkie” het die water warm gemaak. Daar is ook 'n boorgat geboor maar die water het later opgedroog. Nou kry ons krag en water van ons buurman. Trevor spreek die hoop uit dat Manie nog lank gespaar mag word om hulle te kan help om die feesterrein terug te kry vir gebruik vir ons gemeenskap. Manie is 'n vegter en hy sal dit regkry. CHRIS LEMMER praat namens die Lemmer-familiebond. Manie is die voorsitter van hierdie bond in Suid Afrika. Chris vertel hoe die Lemmer-familieboek ontstaan het en hoe hy en Manie saamgewerk het om van die nuwe uitgawe 'n spogboek te kon maak. DS GERT COETZER dra die goeie wense namens Klub Lekkerrus/Libertas oor. Hy vertel hoe hy en Manie wat albei perfeksioniste is, saamgewerk het, hofsake bygewoon het tot in die hoogste hof en dat die klub nou aan die lede behoort. Dit het 7 jaar lank geduur en hy en Manie is steeds lede van die Raad van Trustees (Manie is ondervoorsitter en sekretaris). JANNIE speel twee liedere: Hoe groot is U (Jaco Pieterse) en Genade onbeskryfliik groot (Romanz) MANIE LEMMER DOEN DIE BEDANKINGS (Perfek soos net hy kan doen!) Manie beklemtoon egter dat hy slegs poog om dinge perfek te doen, maar dat dit menslik nie 100% moontlik is nie. Hy dank ons hemelse Vader dat hy uit genade ons so lank gespaar het en onderneem om steeds soos die teks tydens ons troudag in 1960 in die woorde van Josua gelui het “as huisgesin die Here te dien”. Hy wys op die talle kere waar die Here hom en ons gelei het na die plekke waar Hy hom en ons wou gebruik. Tee, koffie en koeldrank word saam met heerlike koek bedien. FRITZ VAN GRAAN vertel dat hy en sy broer met Manie kennis gemaak het by DIE OORD vir verstandelik gestremdes waar Manie die Uitvoerende Bestuurder was. Toe hulle daar wegstap het hulle vir mekaar gesê: Op hierdie man kan ons staatmaak. Hy doen wat hy belowe.
PERFEKSIONIS Hy doen alles self. Bêre sy klere In gelid gepak, gehang. Sny self die gras, Dan bly die grassnyer heel. Sorteer sy wasgoed self, Hang vuil hemde eenkant op, Boordjies mag nie vou nie. Dasse pas by pakke klere. Skoene blink gepoets. Ontbytkos haarfyn afgemeet. Eens op ’n tyd selfs sout Vir koshuiskos gemeet. Voor die tv slaap hy saans, Vasgevang in spinneweb Moeg van doen-dit-self, Moeg Van selfdink, Selfdoen, Selfsê. Perfeksionis! Ons verskil volmaak, Maar dis ’n vreemde verskil. Al is ek nie volmaak nie Het hy my wel gekies En ek vir hom, Want só wou ek hom hê. Foutloos vir my, En ek, Perfek vir hom. (gedig uit digbundel “ABDIKASIE” deur SANNIE LEMMER)
Hierdie gedig was saam met ’n foto van oom Manie op ’n plekmatjie wat elke gas ontvang het.
En so het hy Manie ook al die jare in ons kerk se gemeente leer ken. FRITZ sluit hierna met gebed af. Ons wens Manie sukses, krag en goeie gesondheid met die seën van die Here toe vir al die werk wat hy nog steeds op die volgende rade en besture doen: • Kerkraad as ouderling en lid van die Kommissie vir Finansies, Administrasie en Eiendomme en voorsitter van die redaksie van die Wonderblad • Gemeenskaplike Kerkkantoorkommissie (GKK) van die APK (nasionaal) as lid Waaksaamheidskomitee van die APK (nasionaal) vir Pensioene as lid • Eiendommekomitee van die APK (nasionaal) as voorsitter • Raad van die Akademie van die APK as lid • De Wildt Nuus as voorsitter van die redaksie • Akasia/De Wildt Geloftefeesbestuur as ondervoorsitter en sekretaris • Bestuur van die Groeptak Pensioentrekkers van die Vereniging van staatsamptenare as lid ook van die Dagbestuur en as voorsitter van die Komitee vir Mediese en Maatskaplike Sake • LEMSA (Lemmer-familiebond in SA) as voorsitter van die bestuur en mede-opdateerder van die Lemmer-boek • Raad van Trustees en Dagbestuur van Klub Lekkerrus/Libertas as ondervoorsitter en sekretaris en direkteur van die betrokke maatskappye.
16
February 2014
De Wildt News
Dit is vir my, Borrelbekkie, 'n groot voorreg om by die DE WILDT NUUS aan te sluit en voortaan al die oulike en nuutste brokkies nuus van ons skool met julle, die lesers, te deel.
LEIERS GEREED VIR 2014 Saterdag, 11 Januarie 20140 om 7 uur, vertrek ons 10 leiers van Laerskool Vissershoek vir 2014 met 'n minibus na 'n opleidingsfasiliteit met die naam KONKA naby Rustenburg. Juffroue Riekie en LeeAnn asook die hoof, mnr Hennop, het ons groep opgewonde kinders vergesel. Pas nadat ons by KONKA aangekom het word ons voorgestel aan 'n opleidingsbeampte wat dié dag met ons gaan werk. Daar was ook leiers van verskeie ander skole en ons is in groepe ingedeel om spanwerkaktiwiteite te doen. Glo my – ons het dit terdeë geniet. Ek dink die roeiery met die bootjies op die dam was vir almal 'n hoogtepunt en het ons beslis geleer om meer geloof in jouself asook jou maats te kry. Na al die aktiwiteite kon ons 'n koele lafenis in die swembad gaan neem. Middagete is ons getrakteer met heerlike hamburgers, skyfies en kouekoeldrank. Almal het lekker saam gesels en gekuier met 'n roomys in die hand. Daarna het ons 'n praatjie bygewoon wat gehandel het oor hoe 'n leier moet optree en
-Mikyla Nel-
De Wildt Nuus
Februarie 2014
17
GIDEONSBENDE WORD VERSTERK Die personeelsterkte van ons skool het begin Januarie 2014 aangegroei toe menere Peet van der Westhuizen en Johan Brown by ons kom aansluit het. Meneer Peet is afkomstig van Hoërskool John Vorster en meneer Johan was verbonde aan Haakdoorn Primary School voordat hy hier kom aflos het. Baie welkom en ons hoop die menere sal nog lank en gelukkig werksaam wees by Laerskool Vissershoek. Die personeel wat onderrig gee is nou soos volg: Skoolhoof: Mnr Freek Hennop Graad R: Mev Lee-Ann Rossouw Graad 1: Mev Marline du Plessis Graad 2: Me Marijke Geertshuis Graad 3: Mev Riekie de Beer Graad 4: Mnr Peet van der Westhuizen Graad 5: Mev Sumia Lemmer Graad 6: Mev Anri Malan Graad 7: Mnr Johan Brown Assistentonderwysers: Me Melissa Crafford, mnr Ruan Janse van Vuuren en mnr James Labuschagne
wat hy of sy veronderstel is om te doen. Dit was baie leersaam en ek glo ons het almal daarby baat gevind. Voor ons vertrek het ons weer in die swembad baljaar. Met nat hare, klam klere en uitgeput vertrek ons toe terug skool toe waar ons ouers ons ingewag het. Ons Laerskool Vissershoek se leiers het die opleiding baie geniet. Ons het geleer om met mekaar saam te werk, mekaar te vertrou,
V.l.n.r Hansie Janse van Rensburg (Hoofseun), Arrie Dekker, Jaco van Staden, Japie Venter, Adriaan van Deventer, Mikyla Nel (Hoofdogter), Kaitlyn Mon, Bianca Meyer, Mari Grobbelaar en Aneska Esterhuizen. planne te beraam en verantwoordelikheid te neem. Ons gaan strewe om in 2014 ons beste vir die skool en sy leerders te lewer.
EER DIE VERLEDE Hierdie geskiedkundige foto, geneem in 1900, is op 22 November 2013 tydens die Graad 7 leerders se erediens- en afsluitingsfunkie aan mnr Hennop oorhandig. Dit pryk nou in die ontvangslokaal van die Administratiewe blok bo die kaggel wat ook opgeknap is. Gaan kyk gerus daarna wanneer u weer ons skool besoek. Meer oor die foto: Dit is in 1900 geneem toe ene dr Visser, toe 'n skoolinspekteur, die skool kom besoek het. (Hy staan op die trap langs die deur.) Die foto is na 'n internasionale uitstalling in Parys, Frankryk, gestuur waar dit die Grand-Prix vir plaasskole verower het – na oorvertelling het dit 9 goue medaljes gewen. Na afloop van die oorlog in 1902 was inspekteur Visser so vriendelik om die oorspronklike foto aan mnr DG Cillié (wat die skool laat bou het) te oorhandig. Die skool, wat 'n pronkstuk in die omgewing was, is in 1898 gebou en is op 5 Oktober 1901 deur die Engelse afgebrand. Die Cillié-familie het later weer hierdie historiese foto aan die Vissershoekskool oorhandig. (Inligting ontneem uit: Laerskool Vissershoek DIE EERSTE EEU 1891 -1991 deur Reneé Schulenburg).
HITTEGOLF KAN NIE DIE HUISSPORT STUIT NIE Cadene Joubert Op Saterdag, 18 Januarie 2014, het ons ons jaarlikse huissport gehou en die eerste skoot het om agt uur geklap. Vol energie, spierwit gesmeer met sonroom en gewapen met bottels water het ons die dag aangepak. 'n Wonderlike gees het geheers en elkeen van die leerders het uitstekend gedoen en puik presteer. Baie potensiaal is ook duidelik opgemerk onder ons jonger maats in die graad R en 1 klasse. Ons sê baie dankie aan al die onderwyspersoneel asook ouers wat as beamptes die dag se hittegolf op die veld en langs die baan deurstaan het. Ook aan ons ouers wat ons kom ondersteun het vir die goeie opkoms. Soos ons Hoofmeisie,
HOU DIE DATUM OOP! Mari Grobbelaar Vrydag , 14 Februarie 2014, is Valentynsdag en alle graad 4 tot 7 leerlinge word uitgenooi om in die skoolsaal te kom sokkie. Terwyl die kinders hulself in die saal geniet kan die ouers saam met die Beheerliggaam 'n vleisie kom braai en buite kuier. Skryf dit nou reeds in julle dagboeke. Sien julle daar!
Mikyla Nel, in haar verwelkoming genoem het: dit gaan nie oor wen of verloor nie, dit gaan oor dat jy 'n wedloop klaar maak. Die Steenbok-span was die wenners vir die dag met 'n totaal van 1812 en die Duikers het 1534 punte gehad. Baie geluk aan almal wat medaljes ontvang het asook die ander wat vir ons 2014-Atletiekspan gekies is. Ons glo julle sal Laerskool Vissershoek se naam hoog hou by die volgende byeenkomste. Die datums wanneer ons weer gaan deelneem is: 30 Januarie (tuis), 1 Februarie (Hekpoort) en 4 Februarie (Overkruin). Ondersteun ons asseblief ook hier, sou u enigsins kan.
BORRELBEKKIE VRA HULP Soos ons almal weet, groei geld ongelukkig nie aan bome nie en dit reën ook nie geld nie. Niks kom verniet nie. Daarom benodig ons asseblief borgskappe en/of adverteerders sodat BORRELBEKKIE in elke uitgawe van die De Wildt Nuus kan verskyn.