De Wildt News
2
REDAKSIELEDE Manie Lemmer - 082 879 6969 (Voorsitter) Sannie Lemmer - 071 693 5993 (Sekretaresse) De Wildt Helpmekaar Maatskappy en De Wildt Rampbestuur Gertjie Davel - 082 376 1645 De Wildt Boerevereniging Hanna Scribante - 083 417 4699 De Wildt VLU Georgie Louw - 082 374 6879 Addisionele lede Trevor Louw 082 374 1645 Jan Lemmer 083 256 8266 Eugene van Staden 073 367 4787 Gertie van Staden 073 091 6035 Bladuitleg en tikwerk Daleen van Manen - 072 953 0071 Drukkers: Maxxi Press Tel: 084 208 1278
De Wildt Nuus Bankbesonderhede: Rekeningnaam: De Wildt Nuus/News Standardbank, Wonderpark Takkode: 016145 Spaarrekeningnr: 038247518 Verwysing: Adverteerder se naam + DWN April 2012 (noem telkens die naam van die betrokke maand). Epos betalingsbewys manie.lemmer@dewildtnuus.co.za Advertensiegeld moet asb vooruitbetaal word, maw sodra die advertensie versoek of gewerf word. Dankie vir julle moeite. Kontakpersone vir advertensies en grafiese ontwerp: Daleen van Manen Advertensie-ontwerp: R100
Veranderings op bestaande advertensies: R50 ADVERTENSIES IS VOORUITBETAALBAAR Die artikels in die De Wildt Nuus is nie noodwendig die produk van die redaksie nie, maar van individue. Daarom vereenselwig die redaksie hom ook nie noodwendig met alle uitsprake/menings in die artikels nie.
February 2014
De Wildt Nuus Foto’s deur Jan Lemmer
REDAKSIEBRIEF Geagte lesers, Die nuwe jaar is al weer een maand oud en nou kan ons hierdie jaar se werksaamhede met ons blad afskop. Ons vertrou dat almal lekker vakansie kon hou en met nuwe krag die nuwe jaar aangepak het. Gelukkig dat werk sterk maak, soos die leuse van een van die skole waar ek onderwys gegee het, gelui het en daarom is dit goed as ons werk. As ons werk behoort ons ook in ons werk geluk te vind, en as ander mense poog om jou werksgeluk van jou weg te neem, moet jy van jou kant iets daaromtrent doen. Kom ons pak die res van jaar met moed en durf aan! Wat bied ons blad in Februarie vir jou aan? Onder andere 'n nuwe rubriek “Geldsake” waarvan die eerste deel reeds hierdie maand verskyn. Ons kan ook weer in herinnering roep hoe die Geloftefees van 2013 verloop het, hoe 'n tagtigjarige se dankfees gehou is, 'n reeks “God met ons” wat hierdie jaar se tema vir die geestelike artikels is, bekendstelling van ons gereelde adverteerders wat een een 'n beurt gaan kry, Vissershoek se Laerskoolnuus, 'n “nonagenarian” (inwoner wat reeds 90 jaar oud is) en nog meer. Julle sal ook nuwe adverteerders raaksien, nl g e l d s a k e v a n J o h a n Ve n t e r e n baksteensake van SABRIX en ons vra steeds dat julle advertensies sal werf; dis al manier waarop ons die blad dikker kan kry en meer nuus aan julle kan bied. Ons briewekolom is altyd maar yl, maar ek kan dit nie begryp nie: Praat jy met mense oor die blad, raak mense nie uitgepraat nie, soms is hulle kwaad, soms is hulle beïndruk en ander kere kritiseer hulle (eienaardig nie in die teenwoordigheid van die redaksielede nie, maar net onder mekaar) en tog ontvang ons geen briewe om te plaas nie. Hoe het ons dit dan met ons lesers: Neem julle penne (of rekenaars) op en skryf julle gevoelens neer sodat ons ander ook daarvan kennis kan neem. Ons het langs omweë verneem dat lesers t e l e u rg e s t e l i s o m d a t d i e m o o i voëlvoorblaaie plek moes maak vir kleuradvertensies: Laat my toe om te verduidelik, hierdie adverteerders betaal heelwat meer vir die advertensies as normaalweg en dit bring die fondse om ons blad in dik genoeg formaat gratis vir ons lesers voor te berei. Kry ons meer donasies en meer ander gewone advertensies, sou ons die voorblad weer slegs as versiering kan opdis. Lesers kan maar kennis neem dat adverteerders begin toustaan om hierdie gesogte advertensieplek te bekom. Kan julle dus ons probleem begryp; ons wil
Februarie 2014
Manie Lemmer graag ons blad so mooi as moontlik maak, maar ons het fondse daarvoor nodig. Ek merk dat die omgewing weer verder begin agteruitgaan agv die verwaarlosing in die eerste plek deur ons plaaslike en provinsiale owerhede: Kyk maar weer onder andere na die pad tussen Schietfontein en Garankua met die skool tussenin: Die mooiste slaggate wat elke motorhersteller se droom is; hierdie slaggate is onlangs in ons blad getoon en meer onlangs is dit “herstel”, ongelukkig op die manier waarop die owerhede die meeste van hulle werk afhandel. Die herstelwerk hou slegs 'n maand of twee, die padstrepe of lyne wat nie heeltemal ontbreek nie, is so dof dat diegene wat hulle nie daaraan wil steur nie, die maklike verskoning het dat hulle nie die sperstrepe kan raaksien nie. Die telefone is die afgelope paar jaar landlynegewyse totaal weggesteel, sonder dat 'n haan daarna gekraai het, allermins Telkom wat ook maar net hul skouers optrek en niks daaromtrent doen nie. Hoe lekker: Ons hoef nou niks te doen nie, want as ons die lyne herstel, word dit gesteel en dit pas ons om niks te doen nie. KAN ONS LESERS DAN NIE AL DIE SAKE ONDER DIE AANDAG VAN ONS INWONERSMAATSKAPPY (DWHM) EN ONDER DIE VERBRUIKERSUNIE SE AANDAG BRING NIE? Nou praat ek nie van een keer nie, maar op aanhoudende trant. Iemand sal moet luister as ons aanhou kla en ek is nie negatief nie, ek soek net hulp om ons land en ons mense almal weer positief te kry. Onthou daar is 'n spreekwoord onder van ons swart medemense wat vertaald lui: As die kind in die draagsak agter sy ma se rug nie huil nie, sal hy doodgaan van die honger. Kyk hoe lyk dit tussen die pad en ons woonplekke, of pas dit ons dalk dat mense liewer nie die binnekant van ons persele kan raaksien nie? Kom ons keer die ongewenste omstandighede om en kry ons plek in orde, al moet ons dit dan self doen! Ek dink daar is werk om te doen, nie slegs deur enkele mense nie, maar deur ons almal. Groete tot Aprilmaand.
31