De Wildt News
2
December 2016
Desember 2016
31
De Wildt News
REDAKSIELEDE Manie Lemmer - 082 879 6969 (Voorsitter) Sannie Lemmer - 071 693 5993 (Sekretaresse)
REDAKSIEBRIEF
Liewe lesers Die lente het vinnig verdwyn om plek te maak De Wildt Helpmekaar Maatskappy vir versengende hitte en min reën. Laat ons bid dat ons weer goeie reëns mag beleef, want en hier by ons gaan pragtige inheemse bome De Wildt Rampbestuur soos die Lekkerbreek dood en ons kan nie Gertjie Davel - 082 376 1645 almal water gee nie. Ons verneem van die Kobie Opperman - 076 482 8513 swak stand van ons land se damme en besef dat ons tans 'n ongekende watertekort De Wildt Boerevereniging beleef. Behalwe ons getroue gebede om Hanna Scribante - 083 417 4699 genade en goeie reën moet ons ook leer om water as kosbaar te beskou en dit te spaar en De Wildt VLU te bewaar. Dit is elke burger in ons land se plig Georgie Louw - 082 374 6879 om in hierdie opsig hul kant te bring. Ons sien al Kersfees om die draai en sien almal Addisionele lede uit na die Feesseisoen, maar ons moet steeds Trevor Louw 082 374 1645 werk en ons deel doen om rustig en Jan Lemmer 083 256 8266 vreedsaam hier in ons mooi gebied te kan woon. As ons kyk na die padserwitute (of Marguerite Nel 082 774 2517 Magriet van Heerden 072 0926460 die sykante van ons paaie), kry ons dikwels Eugene van Staden 073 367 4787 skaam, want dit word ontsier met rommel van mense wat geen ag op die natuurskoon Gertie van Staden 073 091 6035 slaan nie. Hoe kan mense werklik hul rommel voor ander mense se kleinhoewes en Drukkers: BusinessPrint eiendom neergooi en sonder gewete Silverton 012 843 7670 daarvandaan wegry? Ons doen weer 'n beroep op ons gebied se inwoners om hierdie morsjorse aan die man te bring. As julle hulle gewaar, neem die motors se registrasienommers of soek die rommelsakke deur vir adresse. Ons kan hierdie mense redelike Bankbesonderhede: Rekeningnaam: De Wildt Nuus/News boetes laat oplê wat hulle sekerlik van hul liederlike gewoontes sal laat afsien. Ons is Standardbank, Wonderpark trots op ons plekkies en wil dit graag netjies Takkode: 016145 hou. Spaarrekeningnr: 038247518 Verwysing: Adverteerder se naam + Genoeg van gekla! Kom ons kyk wat ons DWN April 2012 (noem telkens die lesers in hierdie uitgawe kan lees: Die naam van die betrokke maand). opvolgverslae tov die voorgenome Epos betalingsbewys stortingsterrein by Multisand en die manie.lemmer@dewildtnuus.co.za dreigende dorpstigting en moontlike Advertensiegeld moet asb vooruitbetaal naamsveranderinge, die Senior burgers wat word, maw sodra die advertensie op 'n “Hoë tee” onthaal was, nuus van die versoek of gewerf word. DWHM (De Wildt Helpmekaar Maatskappy), Dankie vir julle moeite. die Boerevereniging en die VLU se nuus, die Kontakpersone vir advertensies en laaste aflewering van ons geeslike reeksie, grafiese ontwerp: God se groot Genade, die derde aflewering Manie Lemmer van die veteraanmotortjie van my oudleerling Advertensie-ontwerp: R100 Chris de Jager en die eskapades van hom saam Veranderings op bestaande met sy vriende, en nog meer. advertensies: R50 Moenie ons adverteerders vergeet nie en ADVERTENSIES IS ondersteun hulle asseblief. Dis hul bydraes wat die blad gereeld gratis by ons lesers bring. VOORUITBETAALBAAR Ons waardeer ons gereelde adverteerders en verwelkom ook enkele nuwes. Die artikels in die De Wildt Nuus is nie noodwendig die produk van die redaksie Ek moet tog ons lesers laat deel in 'n nuwe nie, maar van individue. drukkersdrama van ons blad. Op 26 Daarom vereenselwig die redaksie hom September toe ons vorige uitgawe (vir ook nie noodwendig met alle Oktober) per “drop box” via internet en die uitsprake/menings in die artikels nie.
De Wildt Nuus
DE WILDT MEANDER Meander-lede
Manie Lemmer lugsatelliete ons drukker van die vorige twee uitgawes, “Quo Vadis”, bereik met die versoek om die uitgawe te druk, kom daar die middag 'n nuwe kwotasie vanaf gemelde drukker om my mee te deel dat die drukwerk ons meer as R3 000.00 meer as die vorige uitgawe met dieselfde getal bladsye sal kos. Nodeloos om te sê, ons het eenvoudig nie die soort geld wat rondlê en wag om te gebruik nie en dit is darem werklik nie die wyse waarop besigheid bedryf behoort te word nie. As ons twee maande tevore hierdie inligting gehad het, kon ons 'n ander plan beraam het en weer 'n ander drukker gesoek het. Ek moes egter vinnig rondskarrel en met die hulp van 'n goeie vriendin van ons blad kon ons die volgende week 'nuwe drukker kry, nl Business Printing in Silverton. Die betrokke uitgawe se drukkerskoste was nietemin ongeveer R800.00 meer as die soortgelyke tevore, maar ons kon darem kop bo water hou. Die verspreiding was 'n bietjie later as gewoonlik, maar ons lesers het aangedui dat hulle van die nuwe drukwerk gehou het. Hierdie soort rondskarrel laat 'n mens nog nederiger voel in die besef dat slegs ons hemelse Vader kan voorsien as dit Sy wil is dat ons blad voortbestaan. Ons gebede was nie tevergeefs nie en ons dank Hom daarvoor. Kyk maar ook na die goeie wense van ons ondersteuners op bladsy 30 van ons blad en daarmee saam ook die redaksie se goeie wense aan ons lesers vir 'n geseënde Kersfees en 'n voorspoedige 2017. Lekker lees en 'n aangename vakansie vir almal toegewens. Groete tot Februarie 2017.
Afrit 201 Mamma's Spyseniering, Kobie 0764828513 191 Plantsation Gert 0832785993 191E Knife Machines, Tools & Supplies www.kmts.co.za 191 Jeanne de Klerk Bye boerdery 0827794208 184 Vrede Landgoed, Rita Rossouw 0826197478 165 La RosaLeda www.larosaleda.co.za 167 Marna van Mirns Yummilicious 0723347120 148 Sonika Zietsman Cycad Kwekery 0825476997 147 Cisca Henrico van Feather Pen Designs 0832760776 137 Anke van der Merwe The Sew Shack 0725837587 125 Yarn in a Barn Hilda Steyn 0826416912 126 Joyville Animal Farm 0720792007 122 Annelie Coetzer Kuns en klasse +27 72 621 8181 122 Alet Coetzer Ysies en speelgoed 0823726464 122 Mornay Coetzer Gebak en koeke 0796959512 120 Super Shuttle Service Frenette Grabe 0824450100 120 Francois Grabe 0824583874 bemesting en vervoer 119 Up a Tree vyeplaas, grasplaas en lazer cutting 0832757659 119 Kroons Hoenderplaas 083 632 5770 119 Nonyane Bush Camp, Gert Nienaber 0834755554 116 Cussonia Crest 0833784212 110 Surprise Weight Loss www.surpriseweightloss.co.za 102 Die Bek se Padstal 0828827977 100 Marise du Randt 078 270 1381 99 Die Hoekie 0795152744 99 Elsanette Grobler Living Lockets +27 71 365 9667 95 Graceland, Audrey de Klerk 082 562 6898 92 So Ietsie Anders, Caroline Rall 0748664212 78 Pinocchio Kleuterskool 0721503850 Elsie Wallace 66 Office Complete www.offcomp.co.za 66 Gertjie Davel grasplaas +27823761645 59 Maria du Toit met koeke en gebak +27722456612 58 Wouwa se Spens met Joey 0827610634 54 Tutuwedzo www.tutuwedzo.co.za 54 Cheryl Botha hekelwerk en kuns 0823278600 54 Graeme loodgieter 0793412760 54 Oasis Gastehuis Vivienne 074 790 4980 50 Ntlokwe Cottage Marjolein +27 76 920 1870 50 Nobods Upholstery Rika Niemann 0813606827 43 Freeway Supermarket 43 Options Hair Studio 0724177704 41 HBK Motors 0125042062 36 Die Buurvrou 0711106907 36 Die Kuier Kombuis 0826342650/0764828513 36 Elanie van der Merwe, Klip 0843414816 35 Swiss Alps +27826116631 22 Cheetah Farm Krystle +27 76 830 7435 22 Elouise Stahr Cheetah Gallery Cafe 0793248778 20 Melisha van Staden, gras 0827767666 16 Margaret Roberts Herbal Farm, Sandy 082 457 1269 16 Outside Adventures, Melissa Geyer +27835625249 14 Bets Botha Tuismark 0609923841 14 Backpackers, Christel 0722623570 10 Camelot Wedding Venue Susan 082 789 2066 10 Margaret Hugo, Pottery +27829256762 10 Die Stal Kroeg en Venue 0823350301 Juna 3 Jeanette Meyer Fashion Design Clothing 0827993531 De Huize Mark 0723177407 Cynthia Geonet Consultung Pty Ltd Charlotte +27 61 907 1915
Die De Wildt Meander is deur ons inwoners vir ons inwoners gestig en enige persoon vanaf Malanseuns Kwekery tot by Silkaatsnek kan inskakel. Dit geld vir besighede, dienste, skool, verenigings, ‘arts & crafts’, entrepreneurs en toerismeaantreklikhede. Deel in almal wat reeds betrokke is se positiwiteit en word ook deel van De Wildt se Meander!
Kontak Rina Bester by 071 110 6901 vir meer inligting en hoe om by die De Wildt Meander in te skakel.
30
Desember 2016
De Wildt News
Desember 2016
3
De Wildt Nuus
INHOUDSOPGAWE
De Wildt Nuus en inwoners wens al ons lesers ‘n geseënde en vreugdevolle Kersfees en voorspoedige Nuwe Jaar toe Wannie en Hanna Scribante
Gertjie Davel
De Wildt Boerevereniging
Trevor en Georgie Louw
Hannie Kroon
VLU De Wildt-tak
Manie en Sannie Lemmer
Kobie Opperman
Freeway Supermark en Skietfontein Slaghuis
Darius en Theresa Oosthuizen Clarence en Susan Botha
Poen en Alicia Olivier
Burt en Mariëtte Kloppers
Frans en Ria Stols
Kallie en Elize Knoetze
Nickol en Sari Knoetze
Die Bek se Padstal
Toy en Marie Coetzer
ADVERTEER IN DE WILDT NUUS
Die Bek se Padstal/Drankwinkel
Pinocchio Kleuterskool Afrit 78 R513 Schietfontein De Wildt
Vir Baba/Kleuter Gr RR/Naskool Elsie - 072 150 3850 elsie.pinskool@gmail.com
Redaksiebrief Lief en Leed DWHM Nuus R513- Pad van die dood? DWBV Nuus De Wildt Meander gestig De Wildt Kersmark Vat-en-vrek Rate en wenke Huldeblyke
2 3 4 5 6 7 8 9 10 12
Lief en Leed
VLU Nuus VLU Nuus Biesiemandjiekind in SA Senior burger oggendtee Ons God is ’n God van genade (6) Uit die possak Akasia De Wildt Geloftefees Opvolgverslag tov beoogde stortingsterrein Opvolgverslag tov voorgenome dorpsontwikkeling Kersboodskappe
Ons meegevoel met diegene wat leed ervaar het. Beterskapwense aan diegene wat siek was of nog is. Dan is ons ook bly saam met diegene wat lief ondervind of beleef het. Ons wil dit net weer onder u aandag bring dat ons nie onder Lief en Leed nuus kan plaas as iemand dit nie onder ons aandag gebring het nie.
Lief • Charl en Zandri Oberholzer het 'n babaseuntjie • Manie Lemmer is herkies as ondervoorsitter van die Groeptakbestuur: Staatsdienspensioentrekkers vir die volgende driejaartermyn. • Manie Lemmer is weer tydens die AJV van Klub Lekkerrus/Libertas op 22 Oktober te Libertas as lid van die Raad van Trustees en van die Dagbestuur herkies. • Manie en Jan Lemmer het op 27 Oktober 2016 die Prestige-aand van die FAK by die Voortrekkermonument bygewoon. Spesiale FAK-prestasietoekennings is by hierdie geleentheid aan die volgende Afrikaners gemaak: Proff Oppel Greeff, Kobus Krüger en Christo Viljoen en mnr Bun Booyens. Jannie Moolman, Corlea Botha en die koor van die Hoërskool Centurion was die vermaakkunstenaars. • Manie en Sannie Lemmer woon op 19 November hul kleindogter Shandri se mondigwordingviering by. • Manie en Sannie Lemmer woon op 24 November die jaarafsluitingsfunksie van die APKerk se hoofkantoorpersoneel by, waartydens afskeid geneem word van die Direkteur van Kerkadministrasie, prof Isak Brink. • Manie en Sannie Lemmer woon DV hul kleinseun Richard se huweliksbevestiging met Wilmi Marshall op 15 Desember by.
Gert en Malie Prins
• Algemene Herstelwerk • Dienste • Ratkaste • • •
G& G
MOTOR-
en Ewenaars DIENSTE Masjienherbouing Kontak Gawie Rossouw Koppelaars of Gert Venter en Remme 012 525 1197 / 072 134 1105 Insleepdiens (alle ure)
INSTANDHOUDING VAN ALLE FABRIKAAT MOTORS EN BAKKIES
14 15 17 19 21 22 25 27 29 30
Siek/Hospitaal • Petro Minnaar • Alet Coetzer
Oorlede • Clive Hardy • Babs Kühn
Dankie LS Vissershoek! Hiermee wil ek graag my dank uitspreek teenoor Laerskool Vissershoek. Eerstens baie dankie aan juffrou Lemmer vir haar ondersteuning die afgelope paar jaar terwyl my dogter op skool was: U is 'n puik onderwyseres, streng maar regverdig. Ook aan juffrou Malan vir haar ondersteuning by die netbal toe Liandri so siek was. Aan mnr De Jager vir sy geduld elke keer as Liandri Mnr se siel uitgetrek het en aan elke onderwyser vir raad en onderrig. My dogter se laerskoolloopbaan en wel by Vissershoek kom nou ten einde en sy word bevorder na die hoërskool, alles te danke aan u toewyding. Baie dankie! Monica Viljoen 'n Trotse mamma van Vissies
4
De Wildt News
December 2016
DWHM Nuus DWHM Algemene Jaarvergadering Suzette Petersen Die vergadering is deur 'n goeie persentasie lede bygewoon en die kworum is reeds vroeg bereik. Tydens die vergadering het die uittredende Voorsitter terugvoer gegee oor dit wat gedurende die jaar bereik is. Hy is hartlik bedank deur die Waarnemende Voorsitter vir die jare se onbaatsugtige diens aan die gemeenskap. Die pad vorentoe is aangewys as 'n pad van versoening en brugbou eender as afbreek en konflik. As blyk van waardering is sertifikate uitgedeel aan lede wat diens op verskeie fronte aan die Maatskappy gelewer het gedurende die jaar. Weereens baie dankie vir julle onbaatsugtige diens. Die finansiële verslae van die vorige finjaar is voorgehou en goedgekeur. Daarmee saam is die afskryf van slegte skuld ook goedgekeur. Hoewel hierdie gelde in die
boeke afgeskryf word, word die lede steeds verantwoordelik gehou vir die gelde. Verder is daar besluit om nie die ledegeld vir 2017 te verhoog nie. Om die fondse aan te vul sal 'n aankoopprojek gebruik word. Die projek se sukses sal afhang van die getal mense wat betrokke raak. Produkte sluit in alledaagse huishoudelike produkte soos skoonmaakmiddels en toiletware, selfoonkontrakte en versekering. Drie direksieposte was bestrede en 'n verkiesing vir die poste het plaasgevind. Daar was ook een onbestrede nominasie. Nuwe direksielede en poste is soos volg: Voorsitter - Pierre Jacobs Bemarking - Adele du Toit Brand - Francois Rudolph Veiligheid - Johan Freysen
Desember 2016
2.3 2.3.1 2.3.2 2.3.3 2.3.4 2.3.5 2.4
2.5 2.5.1 2.5.2 2.5.3 2.6 2.7 3.
De Wildt News
29
HISTORIC PLACES AND BUILDINGS These places are i.a. the following: The Jopie Fourie Monument and premises on a Wildebeesthoek farm (established in 1963) The residence and property of Dr Theo Wassenaar, well known poet of the past century. The Vissershoek Primary School, established in 1890, now 126 years old ........ The whole Magalies Mountain area where many a battle and collision between the Boers and the British people took place during the Anglo Boer War as from 1899 to 1902. Family and historic grave yards, part of Wildebeesthoek and Vissershoek........ LAND REFORM CLAIMS There had been land claims in the area during the past years, but legal action against these claims was succesful. ..... INFRA STRUCTURE The roads in the area were originally constructed for a low density area .... The electricity supply is not even sufficient for the present rural situation. The water supply presently comes from boreholes ......... TOWNSHIP DEVELOPMENT EAST OF THE M17 ROAD ........ CURRENT LEGISLATION ....... CONCLUSION The unanimous objection to any proposed Township development in the said area and any change of names is thus hereby submitted on behalf of all local residents and those interested and affected persons who have signed the attatched lists in support of the objection to any township development and any change of names. All are in favour of the present names that should be kept as is, i.e Wildebeesthoek, Middelwater and Vissershoek, as well as Magaliesberg.”
Dieselfde aand op 20 Oktober het ek die volgende antwoord van die Beplanningsafdeling van Tshwane Munisipalitiet ontvang: “Dear Councillor Pietersen and Mr Lemmer We acknowledge receipt of your documentation with regard to the naming of the township name zones: Proposed Vissershoek and Proposed Wildebeesthoek. We have done further investigation on these projects and discovered that these areas do indeed fall outside the urban edge. The projects will therefore be placed on hold until these areas become part of the urban edge. Your passionate participation in this matter is much appreciated. Marike Brown FUNCTIONAL HEAD City Planning and Development Department: Land Use and Legislation and Applications” Lesers sal met my saamstem dat ons ons besware ook slegs “on hold” plaas. As die Metroraad weer met hul aksies begin, sal ons van voor af saamstaan en enige dorpsontwikkeling en sonevorming met naamsveranderinge alhier met al ons kragte teenstaan.
Op 30 September 2016 is die De Wildt-gemeenskap se Appèlskrif tesame met 1448 handtekeninge ter ondersteuning van beswaar teen die beoogde stortingsterrein by die Departement van Omgewingsake ingedien. Dié lywige lêer dokumente kan by Manie Lemmer besigtig word.
28
De Wildt News
Desember 2016
OPVOLGVERSLAG TOV VOORGENOME DORPSONTWIKKELING EN VOORSTELLE VIR SONENAAMSVERANDERING VIR DIE GEBIEDE WILDEBEESTHOEK, MIDDELWATER EN VISSERSHOEK
De Wildt Nuus
Desember 2016
R513 - Pad van die dood? Manie Lemmer
Manie Lemmer Na die inwonersvergadering wat op versoek van raadslid Pietersen van Wyk 4 van die Tshwane Metroraad op 8 Oktober 2016 te Laerskool Vissershoek gehou is, het ek ons verslag op 20 Oktober 2016 aan die betrokke raadslid oorhandig. Daar was 232 handtekeninge ter ondersteuning van ons besware aangeheg. Ek haal vir lesers enkele uittreksels uit die verslag soos deur my opgestel aan, maar die volle 5 bladsy verslag is by my vir insae beskikbaar: “1. INTRODUCTORY NOTES 1.1 Resolution (unanimous) by residents attending a meeting on this topic and endorsed by attached lists of signatures (in total 232): “Par 4.2.2 of minutes of the said meeting on 8 Oct 2016 (translated into English): The meeting is unanimous in opposing any township development and zone name proposals for the said areas (Wildebeesthoek JR 310, Middelwater and Vissershoek 435 JQ)”. 1.2 The said meeting of residents was called to discuss mainly the Wildebeesthoek and Middelwater areas, and a second meeting was scheduled for 15 October 2016 to discuss the Vissershoek issue. Since the meeting on 8 October dealt with the whole area from the Hornsnek Road in the East to the Northwest Border in the West with the Magalies Mountain as southern border, and since residents of Vissershoek attended the meeting, it was decided to consider the second meeting of 15 October unnecessary and cancelled (par 4.2.1 of ANNEXURE 1). ................. 1.4 For further attention: 1.4.1 The origin of the planning of townships seems to be coming from a document right back in the 1970's and it was continued in Spatial Development Planning that started at the end of that century and in the beginning of this century. In this respect it can be stated that Mr HR Lemmer who was at that time Chairman of the De Wildt Helpmekaar (Residents') Company and member of the Ward Committee for Ward 4, knew of proposed planning for the area that had its western end at the Hornsnek Road or the M17. ............... 1.4.3 During further investigation and research on the latest proposed planning it was discovered that inter alia the Regional Spatial Development Framework of 2013 for the Tshwane Metro had been approved on 27 March 2014. SINCE THE AREAS CONCERNED WERE NEVER CONSULTED on this or any possible future planning about which we ipso facto would not have known. As far as the residents of the said areas Wildebeesthoek, Middelwater and Vissershoek know, there was definitely NO CONSULTATION ON PROPOSED DEVELOPMENT PLANNING DURING THE PAST 10 YEARS, an unacceptable procedure in a democratic country. .................. 2. REASONS FOR OPPOSING ANY FUTURE TOWNSHIP DEVELOPMENT AND RESULTANT ZONE NAME PROPOSALS IN THE SAID AREA 2.1 AGRICULTURE 2.1.1 The whole area is still agricultural land and is thus protected by the Act on Subdivision of Agricultural Land Act of 1970 as amended from 1972 till 1996. ........... 2.2 CONSERVATION 2.2.1 Magaliesberg biosphere The entire proposed area for rezoning falls within the buffer zone of the Magaliesberg Biosphere. The area marked in the second darkest shade of green on our map (ANNEXURE 3) is the buffer zone for the core (the darkest green area) being the gazetted protected area (MPNE). ............ 2.2.2 Peglerae conservancy The Peglerae Conservancy is registered in both Gauteng and North West as a properly constituted conservancy with a large number of residents and an organization representing them (the De Wildt Helpmekaar Maatskappy) to conserve this important conservation and historical area (See map in ANNEXURE 4). At the consultative meeting referred to above those present (mostly the affected land owners) voted unanimously against the proposed development. ... vervolg bl 29
5
In hierdie uitgawe van ons blad kan lesers weer die huldeblyk lees van 'n relatief jong vriend wat op hierdie pad die lewe gelaat het. Sodanige ongelukke vind soms weekliks en soms maandeliks plaas. Ek probeer die oorsake uitspel in die hoop dat dit met die hulp en steun van ons lesers bekamp kan word. In die eerste plek is die pad deesdae te smal vir die reuse vragmotors wat hierdie pad gebruik (misbruik) om tolgeld op die snelweg te ontduik. Wanneer 'n mens in die teenoorgestelde rigting as die vragmotor reis, moet jy feitlik teen die skouer van die pad ry om nie deur die vragmotor van voor af raakgery te word nie. In so 'n geval loop jy gevaar om van die padskouer af te val of deur 'n gat op die skouer jou motor om te gooi. Die skouers is reeds deur reën van vroeër en deur die vragmotors òf uitgekalwe òf die teer is reeds deur die verkeer oral vol gate op die skouers gelaat. Ook die strepe wat deesdae blykbaar met baie swak verf geverf word, word vinnig dof en motoriste steur hulle nie aan sperstrepe nie of hulle kan dit moontlik nie sien nie. Die sperstrepe is bedoel om ons mense wat aan die betrokke pad kleinhoewes of plase met ingange het, te help om uit of in ons eiendomme te draai, maar nou word jy eenvoudig uit die pad gery as jy waag om uit die pad veral regs in jou eie ingang in te draai. Jou flikkerligte word geïgnoreer en soms moet jy weer
vinnig links van die pad afdraai om nie deur die verkeer van agter wat die sperstrepe ignoreer, verpletter te word nie. Ons wyle vriend Clive het gewag om regs in sy eie afrit in te draai en van agter het 'n voertuig hom van sy motorfiets gestamp met die uiteindelik tragiese gevolge. Daarbenewens is hierdie pad gedurende naweke en veral op Sondae die nie-amptelike resiesbaan vir ons vriende met motorfietse en van hulle byt baie in die stof en daar is reeds talle motorfietsryers agv hul hoë spoed en onverskillige bestuur op hierdie pad dood. Die eienaardige draai in hierdie pad by Schietfontein en die aansluiting met die De Wildt-pad met die slaggate in die middel van die pad is nog 'n oorsaak van menige ongeluk en so ook die twee belangrike T-aansluitings by die M17 (Hornsnek-pad) en dié by die Silkaatsnek-pad. Die verantwoordelike instansies is twee provinsiale paaiedepartemente en hulle oë en ore is blykbaar toe vir ons vertoë. Ek glo en vertrou dat ons eie inwonersmaatskappy nog meer druk op hierdie twee departemente sal plaas ten einde hierdie gevaarlike pad òf te verbreed òf swaar vragmotors te verbied; ten einde die padstrepe en padskouers aandag te laat kry en wetstoepassing op die pad in te stel. Dalk moet ons toestemming kry om jaagduiwels en onverskillige bestuurders se regsitrasienommers êrens by iemand wat kan optree, te rapporteer.
KLUB LEKKERRUS/LIBERTAS
NABOOMSPRUIT (Mookgopong) ± 200 km vanaf Pretoria Kom geniet die Bosveld en die heerlike warm water van hierdie twee private oorde wat behoort aan gekeurde permanente lede van Klub Lekkerrus/Libertas. Al is u nie 'n permanente lid nie, kan u van jaar tot jaar jaarlidmaatskap bekom, maar u aansoek is aan keuring onderhewig. U is welkom om by hierdie twee warmwaterbronne Lekkerrus en Libertas te kom vakansie hou teen bekostigbare tariewe, met kortings van tot 50% in buiteseisoenstye. Spesiale korting vir groepsbespreking. Nota: Gekanselleerde lidbelange vir herverkoop beskikbaar
Fasiliteite beskikbaar: Woonwaterreine met kragpunte en gerieflike ablusieblokke Rondawels en kothuise (“chalets”) Warmwater swembaddens • Rumatiekbaddens Borrelbaddens • Waterglybaan Set-setbaan • Damme vir hengel Saal en konferensiesaal vir troues en funksies
Navrae: E-pos:
Lekkerrus@lantic.net Tel: 014 7439300
6
De Wildt News
Hanna Scribante
December 2016
DWBV Nuus
Dankie De Wildt 4x4 Graag wil die bestuur en lede van De Wildt Boerevereniging vir Louis en Alexander van der Merwe bedank dat ons weereens ons vergaderings hierdie jaar by hulle pragtige lapa kon hou. Dankie aan Saartjie wat elke keer oop en toe gesluit het en gesorg het vir almal se droë kele. Dit word opreg waardeer.
Boereverenigingbestuur vir 2017: Tydens die Boerevereniging vergadering van 1 November 2016 is daar weer ge-reorganiseer en die bestuur sien soos volg daar uit: Voorsitter: Wannie Scribante
PHILLIP VAN RENSBURG ORTOPEDIES Gwarrieboslaan 32, Wonderboom E-mail: philort@bitcc.co.za louisejvr@bitcc.ca.za
012 543 3020 083 251 5223 082 927 1267
Ondervoorsitter: Gertjie Davel Sekretaresse/tesourier: Hanna Scribante Addisionele lede: Phil Louw, Gert Prins en Lood Schoeman. Die verteenwoordigers vir die verskillende kommoditeite is: Landelike ontwikkeling: Wannie Scribante Veiligheid: Pierre Jacobs Ekonomiese sake en plaaslike regering: Gertjie Davel Omgewingsbestuur: Lood Schoeman RPO (Rooivleis Produsente Organisasie): Gert Prins
Zodiac Dierekliniek Tel: 012 252 1266 Fax: 012 252 6357 31 Carel de Wet weg, Posbus 460, BRITS 0250
• Prosthetics - Artificial limbs & Breast prosthesis • Orthotics - Spinal bracing, Compression stockings • Feet evaluation / Custom made inner soles • Ankle - Knee - Wrists & Shoulder braces • AFO - Callipers, Drop foot - & Night splints • Medical - Surgical & Safety shoes + alterations • Frail care - Hospital equipment & Wheelchairs • Contracted in with mos medical schemes WCA/RAF • Former Lecturer for Orthotics & Prosthetics TUT Pta • Orthotics & Prosthetic related - Claim and Legal reports • Assessor TETA - ASSR14-76
Dr GS Scheepers (BVSc) 082 785 1593
E-mail: zdk@vodamail.co.za
Desember 2016
27
De Wildt News
OPVOLGVERSLAG TOV BEOOGDE STORTINGSTERREIN TE MULTISAND Manie Lemmer Op 30 September 2016 is ons gemeenskap se Appèlskrif tesame met 1448 handtekeninge ter ondersteuning van ons beswaar teen die beoogde stortingsterrein by die Departement van Omgewingsake ingedien. Die lywige lêer se afskrif kan by my besigtig word. Afskrifte van die Appèlskrif was ook aan raadslid Pietersen en raadslid Peach van die Tshwane Metroraad oorhandig en so ook aan die provinsiale verteenwoordiger van die DA in Gauteng. Ek haal twee van die vrae en antwoorde in ons Appèlskrif vir ons lesers aan: “3. Is your appeal based on factors associated with environmental impacts not taken into account by the department in refusing or authorising the application? Yes Reasons: Proposed mitigation measures to "mitigate" our comments and objections are in the words of the Impact Report in the copy that we have (page 65) "This, however, does not eliminate the concerns of most property owners that no definite guarantees could ever be given that these impacts would not occur. Uncontrolled risks that would have to be tolerated by property owners thus remain". This attitude is unacceptable. The Appellant cannot accept that the Applicant, in spite of all the objections and the Applicant's own words “could never give guarantees that these impacts would not occur”, still had the audacity to recommend in their conclusion on page 216 of our copy of the Final Impact Assessment Report “that the proposed Multisand Landfill should be authorised”. 4. Would you agree to the activity proceeding if your concerns can be addressed by rectifying the process or mitigating or eliminating the impacts of the activity? No Reasons: This is only a hypothetical question of which we all know the answer in advance, since we have been assured that there cannot be any guarantee. Even if they can improvise guarantees, we have been informed that Interwaste when confronted at one of their other landfill sites on account of dust polution, only stated that they are responsible for the dust only inside their own fence and that their responsibility stops at their gates. We also have been informed that at another site of Interwaste they are visited by 300 trucks per day, while in the Impact Study Report on the proposed bigger landfill site they spoke about expected 30 trucks per day. We know that there are three access roads to the proposed approved landfill site and still we have no guarantee that the R513 will not be "overcrowded" . Surely in the light of the abovementioned information, no guarantee that can be given by Interwaste, can be seen by us as trustworthy.” Ek het intussen 'n skrywe van die betrokke Departement
ontvang om ons vergaderingnotule wat in Afrikaans aangeheg was, ook in Engels te versoek. Ek haal vir lesers hieronder my antwoord op hul ongrondwetlike versoek aan: “Dear Mokete Rakgogo I have changed the Subject in the heading, since we are no longer dealing with the notice of intention to appeal, but with the appeal itself. In reply to your request I am attaching 1. The electronic version of our appeal (5 pages) 2. The English version of the minutes of the residents' meeting held on 24 September 2016 (2 pages) plus the information document referred to in par 3 (2 pages) and the attendance register (4 pages). The particulars of the residents in the attendance register as attached are proof of the mandate given to me in par 1 and in par 3.1 of the said minutes. Although I did what you asked me to do, I have to voice my strongest objection to the request you sent to me in this email: In the Constitution of the RSA I can see no mention of one sole language, i.e. English, into which the tax payers of this country are being or should be forced. Furthermore, if this is your Department's idea of democracy, I have to state emphatically that you do not know the basic principles of democracy and that you will have to change this attitude if you want to deliver proper services to the citizens of the country, whom you are supposed to serve, since their taxes pay the salaries of staff in every government department. Having been in a senior position in Public Service in a Government Department in the 1980's I who was responsible for recommendations on various subjects to the Minister in charge of the Department, would never have had the audacity to refer a letter of complaint or information back to the sender on account of the specific language used; if I could not understand the language in a letter, I had it translated so as to inform and make proper recommendations to the Minister. In this Waste Management matter we lodged an appeal mainly in the language that you prescribed in your procedures, but now you expected me to translate every other document also in English. The minutes were written in Afrikaans, since we are an Afrikaans community. Although I taught Latin as a subject in Secondary schools and know the English language, it still took quite some time to translate the said documents myself and I would like you to take cognisance thereof. Acknowledgement of receipt of this e-mail will be appreciated. Regards HR LEMMER Tot datum is nog niks verder van die betrokke Departement verneem nie. Foto bl 29
26
De Wildt News
Desember 2016
Spaar en Krediet Koöperatief Beperk Reg. 2009/003378/24 Oranjekas is 'n koöperatiewe bank en verwelkom aandeelhouers wat deel wil wees van hulle eie selfstandige bankdienste. Oranjekas word gereguleer deur die CBDA (Co-operative Banks Development Agency). Aandeelhouding vereis die opneem van minstens 5 aandele van R100 elk en lidmaatskap van die gemeenskaplike band (“Volksekonomieklub”).
Dienste aan gekeurde lede sluit in:
Beleggings · Spaarrekenings · Vaste deposito's · 48 uur opvraagbare beleggings · Debietkaart (nasionale en internasionale gebruik)
Finansieringsbehoeftes · Verbandlenings · Motorfinansiering · Persoonlike lenings · Studielenings · Ander tipe lenings
Desember 2016
De Wildt Nuus
7
De Wildt Meander gestig Rina Bester Die De Wildt Meander is deur ons inwoners vir ons inwoners gestig en enige persoon vanaf Malanseuns Kwekery tot bo op Silkaatsnek kan inskakel. Dit geld vir besighede, dienste, die skool, verenigings, ‘arts & crafts’, entrepreneurs en toerisme-aantreklikhede. Deel in almal wat reeds betrokke is, se positiwiteit en word ook deel van De Wildt se Meander! Die konsep van 'n toerismekronkelroete is nie 'n nuutjie nie. Ons dink maar aan die Fynbos-roete, die Highlands Meander met die Highlands-fees wat 8000 voete vanjaar na die gebied gelok het. Die Midlands Meander, Kimberley Meander, Cradle of Humankind, die Crocodile Ramble en Magalies Meander waaraan ons grens. Net so terloops, die laaste twee wat ek genoem het is nie meer so aktief nie. Die doel van ons meander gaan wees om besighede en toeristeaantreklikhede onder 'n verenigde sambreel saam te snoer en De Wildt as geheel te bemark. Ons moet rolspelers van ons besighede, verskillende verenigings, die skool en kerke en al ons verskillende ‘venues’ saam op een platform kry sodat ons mekaar kan bemagtig en hande vat. Ons moet 'n unieke handelsmerk (branding) skep vir ons gebied wat De Wildt in staat stel om effektief te kompeteer met ander toerismegebiede rondom ons soos Cullinan (met hulle Cullifest), Harties, Chameleon Village en die Magalies Meander. Ons het reeds baie bekende toeriste-aantreklikhede in ons gebied soos die Cheetah-sentrum, Margaret Roberts se kruieplaas en die 4 x 4-baan waarvoor ons bekend is, maar daar is soveel meer wat ons kan bied.
Ons het plekke van historiese belang soos die Jopie Fourieterrein, talle begraafplase, perdryroetes, fietsryroetes, staproetes, visvanggeriewe en avontuurroetes. Hier is talle trou-‘venues’, konferensiefasiliteite, back packers, die Hoekie, die mikrovliegtuie, hier is reeds 'n vyeplaas wat vyetoere aanbied. Ons het reeds twee persone in die omgewing wat toeriste kan vervoer, asook 'n “site” gids en 'n kultuurgids in ons omgewing. Ons moet saam werk aan roete- en produkontwikkeling en die Dept van Toerisme is bereid om ons by te staan daarmee. Ons het reeds iemand in ons omgewing wat betrokke is by Afriforum se munisipaliteitsgroep en nou saamwerk met raadslid Pietersen. Ons moet dink aan 'n opedag of 'n oop naweek een maal 'n maand. Elkeen van ons moet ons stukkie pad wat grens aan die R513, verfraai en skoon hou. Ons almal moet 'n houding van ‘zero tolerance’ inneem tov rommelstrooi en misdaad in ons omgewing. Die interaksie tussen ons “locals” en aan die anderkant besoekers is uiters belangrik. Ons Bewarea is van onskatbare waarde met ons bemarking en 'n groot plus punt vir ons Meander. Kom ons vergeet van die verlede en bou voort op dit wat gewerk het en wat goed is in ons gebied. Besoek gerus: https://m.facebook.com/groups/355414251467455 https://www.facebook.com/Dewildtmeander/?ref=bookmarks
Cheetah Gallery Café at the Ann Van Dyk Cheetah Centre
Oranjekas bied top Bankdiens aan elke aandeelhouer. Sluit nou aan of gouer!
Any functions up to 40 people Dietary requirements taken into consideration
Breek weg! Kontak: 012 754 5454 kontak@oranjekas.co.za www.oranjekas.co.za
Bookings essential
079 266 2716
Entrance 22 on the R 513, de Wildt Email: elouisestahr@gmail.com
8
De Wildt News
December 2016
De Wildt Kersmark
AKASIA/DE WILDT GELOFTEFEES: 16 DESEMBER 2016 (53STE JAAR)
Rina Bester
Die Buurvrou is meer as net nog 'n plekkie langs die R513 om te stop. Dit is 'n ware kontreiwinkel wat 'n bron van inkomste skep vir talle van ons omgewing se inwoners en daarin poog om gemeenskapsprojekte aan te pak tot voordeel van ons De Wildt-inwoners. Op Donderdag 15 Desember 2016 bied die Buurvrou die De Wildt Kersmark aan met Billy Forest, Dalene Genis en Jaco Scholtz as kunstenaars. Uitstallers gaan vanaf 09.00 uitpak en om 13.00 tot laat kuier ons lekker saam. Daar sal ook 'n muntlegging gedoen word vir die Anushca Lissen Trust en toegang beloop 'n niebederfbare kositem of toiletware-artikel. Ons Kuier Kombuis spog ook elke week met 'n heerlike en bekostigbare spyskaart! In die Buurvrou se spens is heerlike gebottelde produkte asook beskuit en koekies en ons het weekliks vars eiers, biltong en heuning. Die yskas is volgepak met varsgebak en gemmerbier. Daar is 'n groot verskeidenheid unieke handwerk en
De Wildt Nuus
Desember 2016
1. WAAR? JOPIE FOURIE-TERREIN 3 km wes vanaf die Hornsnekpad aan die R513-pad vanaf Pretoria-Noord na Brits 2. PROGRAM 08:00 - 08:30 Kanonsaluut Vlagparade deur perderuiters en Voortrekkers 08:30 - 08:35 Verwelkoming: Voorsitter 08:35 - 08:45 Samesang en insameling van kontantbydraes tov onkoste 08:45 - 09:15 Geleentheidspreker: Mnr Bennie van Zyl, Hoofbestuurder van TLU SA “Leef ons nog ons roeping uit?” 09:20 – 10:00 Geloftefeesdiens: Prof Gerrit Smit, AP Akademie en APK Wonderboom Rigters 16: 1 – 31 (teks: vers 28) “God se werk is die duidelikste wanneer ons op ons swakste is” Liedere: Ps 146: 1,2 en Ges 294: 1,2,4 10:05 - 10:15 Voorhou van Bloedrivier-gelofte: Gerrie Prins Voorhou van Van Riebeeck-gelofte/gebed: Elana de Lange 10:15 - 10:25 Sing van DIE STEM (al vier verse) 10:25 - 10:30 Vorige feesgangers gedurende die afgelope jaar oorlede 10:30 - 10:45 Verkiesing van Bestuur vir 2017 (54ste jaar-fees) 10.45 - 10:55 Bedankings 11:00 - 11:30 Boekie Jopie Fourie – Die saad is in die grond en boekmerke en sleutelhouer/botteloopmakers as aandenkings beskikbaar vir aankope/bestelling 11:30 - 12:00 Nuwe bestuur ontmoet mekaar
oudhede wat jou aan toeka se dae sal herinner. Sondae is hier heerlike boerekos beskikbaar. Maak gerus Dinsdag tot Sondag 09.00 - 16.00 'n draai en kom kyk wat gebeur alles by die Buurvrou by afrit 36 op die R513 De Wildt. Navrae 0711106907 per sms of whatsapp
Feesgangers word hartlik uitgenooi om vanaf 11:00 heerlik saam te kuier en die dag saam met familie en vriende te geniet 3. WAT BRING ONS SAAM? Eie piekniekmandjie, tee/koffie/koeldrank, eetgerei (vure sal op versoek voorsien word), opvou/kampstoele/-tafels (die terrein beskik nie oor stoele nie). 4. KLEREDRAG Tradisionele drag sal meer luister aan die fees verleen! Dra dit asseblief, as u het! 5. 'N GELOFTEFEES OM WEER EENS NIE MIS TE LOOP NIE! Kom by hierdie geskiedkundige terrein saam om die gelofte van ons voorouers gestand te doen en die Here te loof vir al die seëninge. Bring u kinders saam sodat hulle nie slegs die gelofte sal voortdra nie, maar ook saam met u kan luister hoe die gelofte ons, die latere geslagte, as Christene raak.
• Picturesque surroundings • Tranquil atmosphere • Owner Managed La RosaLeda, or the rose garden, situated just off the Hornsnek Pass road which cuts through the picturesque and much loved Magaliesberg mountain range, is an owner-managed venue that caters for idyllic weddings, functions, birthday parties, christenings and much more. The tranquil atmosphere, far removed from the hustle and bustle of city life, offers the perfect setting for a memorable occasion. Watching the sunset on the western side from the spacious patio, wedding guests are encouraged to enjoy a sherry or a cocktail while they wait for the happy couple to complete the capturing of their special day on film. While we are able to cater for 250 people comfortably, no event is too big or too small to feel special. Our chapel is the perfect setting for a stunning wedding ceremony or an enchanting christening. With the picture perfect Magaliesberg mountain range in the background it is just a short walk to the beautiful, architecturally designed banquet hall for an unforgettable function.
For bookings and Specials currently running Cell: 072 537 4931 / 082 450 3173 Web: www.larosaleda.co.za
Kontakpersone: Gawie Rossouw (voorsitter) Huistelefoon 012 525 1197 Sakfoon 072 134 1105 Georgie Louw (addisionele lid) Huistelefoon 079 201 0243 Sakfoon 082 374 6879
Manie Lemmer (sekretaris) Huistelefoon 071 693 5993 Sakfoon 082 879 6969 E-pos lemmer.manie@gmail.com Trevor Louw (Penningmeester) Huistelefoon 079 201 0243 Sakfoon 083 548 7587
25
De Wildt News
24
December 2016
Desember 2016
De Wildt Nuus
9
VAT-EN-VREK 1960 - 1963 (DEEL 3)
Nails & Beauty
082 811 2324
In die vorige uitgawes het lesers deel 1 en 2 gelees. Hier volg deel 3 nou. Marié de Jager
Wellness Corporate Park, Beethoven St, Hartbeespoort
Die slang!
Body Therapy
Bio Sculpture Gel Acrylic Nails Custom nail art Hot & Cold Waxing Specialised Pedicures Caribbean Tan
Skin Care Therapy
TheraVine Specialised Facials Full Body Massages Nano Skin Micro Needling Hot Stone Massages TheraVine retail range available Reflexology Body Wraps & Exfoliation
Cosmetics Bridal make-up & Special events make-up
For bookings or enquiries: Sindy Dos Santos 082 811 2324
santoss@mailbox.co.za / www.facebook.com/beautyatwellnessworldharties
APK WONDERBOOM SAAL TE HUUR TROUES, VERJAARDAE, VERGADERINGS, ENS DIE SAAL BESKIK OOR VOLDOENDE RUIMTE VIR 400 PERSONE MET TAFELS EN STOELE VIR ELK EN DIE HUURGELD VAN R1 000 SLUIT GEMELDE AMEUBLEMENT IN ALLE WEEKSDAE BEHALWE SONDAE. 'N KOMBUIS MET PUIK APPARAAT EN TOERUSTING IS BY DIE HUURGELD INGESLUIT EN TAFELDOEKE, EETGEREI EN BREEKGOED KAN OOK BYKOMEND GEHUUR WORD. 'N TERUGBETAALBARE DEPOSITO VAN R1000.00 WORD MET BESPREKING VERLANG, EN GEMELDE DEPOSITO WORD TEN VOLLE OF GEDEELTELIK TERUGBETAAL AAN DIE EINDE VAN U FUNKSIE AFHANGEND VAN DIE TOESTAND EN HANTERING VAN DIE SAAL EN KOMBUIS MET AMEUBLEMENT EN ANDER ITEMS.
KONTAK EVERT RODERIGUES 082 700 2450 of OUDERLING JAN NEL 084 585 8247
Om vir twee weke driemanskonserte in die Vrystaat en Natal te gaan hou en al die benodigdhede in Vat-enVrek ingepak te kry, is nie maklik nie. As een van die musiekinstrumente 'n groot teekas is met 'n tou wat as snaar dien, is die probleem nog groter. Johan Lemmer en die teekas het darem met groot gesukkel saam op die agterste sitplek ingepas want hy was daardie tyd gelukkig brandmaer. Die kos moes maar agterbly want een paar skoon klere vir elekeen van die drie tesame met twee kitare en Johan se mantel het kwalik in die bak gepas. Dit was nooit moontlik om te bepaal hoeveel brandstof Vat-en-Vrek in die tenk gehad het nie. As gevolg van die wispelturigheid was dit ook nie moontlik om vas te stel wat die brandstofverbruik was nie. Van vering was daar nie sprake nie, maar 'n splinternuwe houtblokkie het die agterste buffer van die grond af gehou. Johan is een van hierdie mense vir wie 'n mens jou byna doodlag nog voordat hy iets sê. As hy nog begin praat is jou maag en jou kiewe naderhand so seer dat jy nie meer weet of jy lag of huil nie. Hierdie eienskap het van hom die heel belangrikste lid van die driemanskonserte gemaak. ’n Ander eienskap was sy goeie verbeeldingskrag en sy vrees vir die onbekende. Hierdie eienskap was die oorsaak van die volgende gebeurtenis. Na 'n mislukte konsert en 'n nag in die lou water van die Natal Spa (dis weer 'n ander storie) moes Vat-en-Vrek die stil, halfverkluimde drietal verder neem op die grondpad na...... Die drietal was maar vaak, moeg en stil na die nag van ongemak, koue en benoudheid. Skielik is die groot stilte versteur deur 'n luide gil: “Slang! Slang!” Chris pomp en pomp die rempedaal met min sukses, maar die karretjie kom darem so dertig meter verder tot stilstand. Chris en Lammie, wit geskrik, kyk gelyk agtertoe om te sien of Johan darem nog lewe. Net die teekas staan vir hulle en kyk – Johan is skoonveld. Dit duur 'n paar oomblikke voordat een van hulle dit raaksien. : Johan wat doer agter in die stofpad aangesukkel kom ... bruin van die stof, rooi van die bloed en spierwit geskrik so onder die stoflae. Dat hy so aangestap gekom het, was nie eintlik moontlik nie – want sien, op daardie stadium was die
Vat-en-vrek
twee deure aanmekaar vasgemaak met 'n tou en die linkervenster was permanent net halfpad oop en hierdie halfpad was nie groot genoeg vir 'n man om daardeur te klim nie. Wel, tensy die man se naam Johan Lemmer was en hy bang genoeg was vir hierdie slang. En die slang? Die ander twee, nie Johan nie, het die karretjie van hoek tot kant deurgesoek maar geen slang gevind nie. Hulle het ook die enjin deursoek en ook vier wiele. Al wat hulle op die ou einde gevind het, dertig meter agter die karretjie, was 'n houtblokkie ....
Johan Lemmer (grapjas) en Lammie Jacobs.
10
De Wildt Nuus
December 2016
Rate en wenke! Van hoe om jou mikrogolfoond skoon te maak tot hoe om die ergste vlekke uit te kry, hier is raad: • Sit ’n oop boksie koeksoda of ’n stukkie steenkool in jou yskas om reuke uit te kry. • Kry roes van chroom af deur dit af te vee met ’n stukkie tinfoelie wat in kolakoeldrank gedoop is. Vryf dit dan blink met ’n opgefrommelde stukkie foelie. • Maak jou koffiemasjien skoon deur die waterhouer helfte-helfte met water en asyn te vul. Sit ’n skoon filterpapiertjie in die filtermandjie en laat die masjien deur ’n volle siklus loop. Doen dit nog twee keer, maar dan net met water. • Voeg ’n halwe koppie koeksoda by jou gewone wassiklus om vlekke en reuke uit jou wasgoed te kry. • Poets jou vlekvryestaal-messestel blink deur dit af te vee met ’n lap wat in asyn gedoop is. • Keer dat jou wasbakke verstop raak deur elke paar weke ’n paar eetlepels koeksoda in die afvoerpyp te gooi en dit met warm water weg te spoel. • Sit ’n suurlemoen vir 15 sekondes in die mikrogolf
voor jy die sap uitdruk. So sal jy meer sap uitkry. • Was hande wat vol ghries en olie is met ’n mengsel van opwasmiddel en suiker. • Laat jou kerse langer hou deur hulle in ’n plastieksakkie te sit en vir 24 uur in die vrieskas te bêre voor jy hulle aansteek. • Kry die ergste verfreuk weg deur twee teelepels vanieljegeursel by een en ’n half liter verf te voeg. • Kry oliekolle uit delikate materiale deur mielieblom op die kol te gooi. Laat dit vir ’n paar uur so staan. Skud die meel af en was die item dan met die hand of in jou masjien met die siklus vir fyn stowwe. Gebruik ’n wasmiddel vir fyn stowwe. • Raak ontslae van vingermerke op vlekvryestaaltoestelle deur ’n bietjie baba-olie op ’n lap te sit en die merke af te vee. • As ’n laai vassit, vryf ’n koekie seep al langs die lopers langs sodat dit weer glad is. (Bron: idees.co.za)
EASY BUILD DE WILDT SHOPPING CENTRE
TEL: 012 504 2009/10 SEL: 082 376 0608/072 639 7398 E-pos: easybuild.dewildt@gmail.com
Vir alle boumateriaal en hardeware Vir vriendelike diens en persoonlike aandag besoek ons by
De Wildt Winkelsentrum
Desember 2016
De Wildt Nuus
23
22
De Wildt News
December 2016
WIL MAAR NET GRAAG WEET... Die nag van 9 Oktober om 11:45 het my elektriese heining se alarm af gegaan. My kleinhoewe was aan die brand en die wind het baie sterk gewaai. Ek het onmiddellik vir Radio Beheer telefonies gekontak om die brandspan te aktiveer. Gelukkig het ek `n skoon brandbaan in plek reg rondom my kleinhoewe asook `n tweede een om my elektriese heining. Albei is begaanbaar vir `n motor, bakkie asook `n groot brandweerwa. Die voorste gedeelte van my kleinhoewe se gras is kort gesny . Die res van die kleinhoewe se veldgras is redelik lank. My bure het kom verneem of hule kan help en ek het gesê die Brandspan is geaktiveer. Ek het ook my 3 werkers ontbied om te kom help en O16 se werker het ook kom help. Bravo 1 het alleen opgedaag, met sy eie voertuig. Toe ek sien hy sukkel, het ek vir hom gesê ek sal sy bakkie bestuur sodat hy kan spuit. Ek moet byvoeg dat hy meer as gewillig was om alleen te werk. Dit is bykans onmoontlik om te spuit, die pyp terug te gooi op die bakkie, in te klim en vorentoe te ry, weer uit te klim en die pyp van die bakkie af te haal en te spuit. Daar MOET `n tweede persoon wees om hierdie taak effektief uit te voer. Ons het intussen my twee werkers met rugsakspuite en nog twee met brandplakke gestuur om die vuur te keer sodat dit nie versprei na my bure se wildkamp nie. Daar was GEEN teken van `n WOF-span of hulle geel trok nie. Daar was ook nie tyd om te vra of te wonder nie. Die situasie was van so `n aard dat ek uiters bekommerd was dat ek een of
albei my grasdakwonings kan verloor as die wind sou draai. Nou wil ek net graag weet…… Dis middel in die brandseisoen. Moet daar nie `n WOF-span 24/7 op bystand wees nie. Waar was hulle? Die DWHM sê dat hulle bystand sal verleen aan hulle lede met `n brand. Nou wonder ek maar net hoekom is die geel trok en WOF-span nie beskikbaar nie. Betaal ons maar die R160 per maand vir leë beloftes? Die gemeenskapsbetrokkenheid is mos nou nie meer soos dit in die verlede was nie….daar is nou `n hele WOF-span EN `n trok wat ingespan kan word. Ons kan rustig wees want hulle het alles onder beheer. Ek dink toe die BBV onafhanklik van die DWHM gewerk het, was dinge meer georganiseerd. Mens het R120 per jaar betaal om aan die BBV te behoort en daar was goeie toerusting wat deur Tshwane voorsien is en deur Bravo 1 in stand gehou was. Daar was geen hulp van `n WOF-span of hul voertuig nie, maar die werk is gedoen en die brande geblus. Slegs twee Bravo’s het die werk verrig en die gemeenskap was baie meer betrokke. As daar `n brand uitgebreek het, was man en muis daar om te help. But that was then……… Ek moet egter vir Bravo 1 `n veertjie in sy hoed sit. Hy het hom man-alleen uitstekend van sy taak gekwyt. Hy is vriendelik en hulpvaardig. Mens is egter bekommerd oor sy veiligheid met `n petrolbakkie so na aan die vuur en dit sonder `n tweede persoon om hom te help.
Desember 2016
De Wildt News
11
Buurvrou Die Buurvrou is 'n ware kontreiwinkel wat plaaslike
entrepreneurs 'n afsetgeleentheid bied vir hul produkte en word bedryf as 'n gemeenskapsprojek.
Die Buurvrou bied:
Geleë by afrit 36, R513 tussen Brits en Pretoria-Noord
• Lusern, dierevoere, gemaalde brood, semels, kiemkop, hout en stronke. Hero en Lassie hondekos is beskikbaar. Navrae Rubin 0607468499
• Potte, plaveiselblokke, plante en 'n verskeidenheid klip vir jou tuin. Navrae oor klip Elanie 084 341 4816
- Christa Nolte
• By die Buurvrou Kuier Kombuis is koffie/tee met tuisgebakte koek of melktert, ontbyt en ligte etes elke dag beskikbaar vanaf 09.00 tot 15.00. Vir afhaal na 15.00 moet vooraf gereël word. Sondae word heerlike boerekos bedien. Daar word ook elke dag banting geregte bedien. Navrae kan gedoen word by Karen 082 634 2650 of Kobie 076 482 8513
• Besoek die Buurvrou se spens vir blatjang, konfyt, heuning, eiers, chilli-souse, biltong, gemmerbier, koeksisters, melkterte, soutterte, quiches asook banting-produkte. Ons het ook 'n groot verskeidenheid geskenke, oudhede asook handwerk beskikbaar. Ons bied ook eenkeer 'n maand 'n gratis funksie aan vir al De Wildt se senior burgers.
Dinsdag tot Sondag 09:00 tot 16:00 asook openbare vakansiedae
Navrae: Rina 071 110 6907
Toon hierdie koepon en kry 'n gratis koppie koffie van Dinsdag tot Donderdag by die Kuier Kombuis.
12
December 2016
De Wildt News
Huldeblyke
Manie Lemmer
CLIVE DAVID HARDY *1967 † 2016 Clive is in September oorlede pas nadat ons vorige uitgawe na die drukkers gestuur is. Clive is drie maande nadat hy deur 'n motoris van agter teen hoë spoed vanaf sy motorfiets waar hy regs in die 137-pad op die R513-pad, staande en wagtend op verkeer van voor af, wou draai, gestamp was, op 49-jarige ouderdom in die hospitaal oorlede. Clive was 'n bekende inwoner van ons gebied waar hy tevore by LemLou Sekuriteit gewerk het en destyds ook fietswedlope saam met Jakkie Louw gereël het. Die hele gemeenskap het vir hom en sy gesin gebid, maar ons aanvaar dat dit die wil van ons hemelse Vader was om hom van sy gesin en van ons gemeenskap weg te neem. Hy is op 28 September 2016 na 'n diens in die Nederduitsch Hervormde Kerk Hartbeeshoek, gelei deur ds Cobus van Nieuwenhuizen, in die Zandfontein-begraafplaas ter aarde bestel. Teksvers Johannes 11: 25 en 44: “... Ek is die opstanding en die lewe. Wie in My glo, sal lewe, al sterwe hy ook en elkeen wat lewe en in My glo, sal in alle ewigheid nooit sterwe nie” Ons innige meegevoel word langs hierdie weg weer aan sy eggenote Biebie, sy twee dogters Chandré en Alish en ander naasbestaandes betuig. Ons sal hom saam met julle mis.
MAGRITHA ELIZABETH KüHN * 05.01.1933 † 08.08.2016 Die inligting ivm tannie Babs het ons ongelukkig ook te laat bereik vir die vorige uitgawe van ons blad. Ons bring nietemin nou, al is dit enkele maande na haar oorlye, hierdie kort huldeblyk ter nagedagtenis aan 'n dame wat saam met eggenoot, oom Fanie, lank hier in ons gebied gewoon en gewerk het. Ons onthou hulle as mense wat in ons gemeenskap hul kant gebring het en ek sien nou nog in my geestesoog hoe tannie Babs staan en pannekoek bak tydens ons verkopings ten bate van die kerk of van die hele gemeenskap. Ons het met leedwese van haar afsterwe verneem en stem graag met die begrafnisbrief van 16 Augustus saam waar onder andere gemeld word: “Na elke nag is daar 'n dagbreek. Na winter, lenteprag en oor die grense van die dood wag daar 'n blye dag, want sy gaan ons maar net 'n wyle vooruit........” Omdat ons haar goed geken het, weet ons ook dat haar dood vir haar slegs die deurgang na die ewige lewe was. Ons sal haar saam met haar naasbestaandes mis. Ons innige meegevoel aan haar kinders, kleinkinders, agterkleinkinders en ander naasbestaandes.
Desember 2016
De Wildt News
21
ONS GOD IS ’N GOD VAN GENADE (6) KERSFEES KOM, KERSFEES KOM! DIE HEER DAAL TOT ONS NEER Sannie Lemmer
Desembermaand is kersfeestyd. Mammas bak koekies en pak dit in blikke en houers tot kersfees. Die aand voor kersdag deel ons geskenke uit en dan eet ons koekies. Kersdag gaan ons gesin kerk toe. Baie ander gelowiges gaan ook kerk toe. Dan dink ons aan die geboorte van Jesus. Kom ek vertel julle van hierdie groot geskiedenis in die Bybel. Daar is eeue gelede aan die volk Israel belowe dat daar 'n Verlosser sal kom. Hierdie belofte het van God self gekom. Toe Adam en Eva in die Paradys gesondig het,het God hulle gestraf. Maar God is ook ons God van genade net soos God vir hulle ook was. Ons lees in Gen 3:15 en 16 dat God aan Eva belowe dat daar 'n Verlosser gebore sal wod. Die slang sal hom in die hakskeen byt, maar hy sal die slang se kop vermorsel. So het vroue seker gehoop dat een van hulle die moeder van die beloofde Verlosser sou wees Eindelik het die tyd aangebreek dat die Verlosser gebore moes word. 'n Engel van die Here het aan 'n vrou met die naam Maria verskyn. Die engel sê toe aan haar dat sy 'n seuntjie gaan hê. Sy moes hom Jesus noem. Hy sal die Verlosser wees. Almal het geglo dat hierdie Verlosser die volk van hulle vyande sou verlos. Hulle het nooit gedink dat Jesus hulle van hulle sonde sou verlos nie. Toe Josef, Maria se verloofde, agterkom dat Maria 'n baba verwag, wou hy van haar skei. Toe verskyn daar ook 'n engel in 'n droom aan Josef. Die engel het gesê dat Maria se baba van God kom en dat Josef maar met Maria mag trou. Lees van die geboorte in Lukas 2 aan u kinders voor wanneer u geskenke uitdeel en vertel vir hulle dat Jesus ons grootste geskenk is. Jesus het groot geword en begin om die evangelie te verkondig. Hy het mense gesoek om sy dissipels te wees. Hy het 12 dissipels gekies en hulle het oral saam met Jesus gegaan. Hy het hulle geleer waaroor die evangelie gaan. Hy het siekes gesond gemaak, gestrem-des gesond gemaak en selfs dooie mense weer lewendig gemaak. Dit was Jesus se wonderwerke. Maar Jesus het ook gelykenisse vertel. So kon die mense wat Jesus gevolg het, verstaan wat hy bedoel het. So het sy dissipels ook verstaan wat Jesus hulle geleer het. Die kerkmense - dit is nou die priesters en skrifgeleerdes het iets gesoek om Jesus te kon vervolg. Uiteindelik het hulle iets gekry. Jesus het saam met drie van sy dissipels op die
berg gaan bid. Daar het die soldate met swaarde en stokke na Jesus gekom en hom gevange geneem. Hulle het hom na Pilatus geneem maar hy kon geen skuld in Jesus vind nie. Hulle gaan toe na Herodes maar ook hy kon geen skuld vind nie. Hy stuur hulle weer na Pilatus. Hy het Jesus laat slaan en gehoop dat die volk Jesus jammer sou kry maar hulle het nie. Tydens die paasfees is daar elke jaar 'n gevangene vrygelaat. Pilatus het Barabbas laat kom. Hy sê aan die volk om te kies tussen Jesus en Barrabas. Die volk kies dat Barabbas vrygelaat moes word. En wat moet ek met Jesus doen? vra hy. Soos barbare skree hulle: Kruisig hom ! Kruisig hom! En so is Jesus toe gekruisig met langs hom aan elke kant een gevangene. Jesus se dissipels het ver van die kruis gestaan en gekyk na alles wat gebeur. Daar was skielik 'n aardbewing en die dooies het uit die grafte opgestaan. Daar was drie uur lank donkerte oor die land. In die tempel het die voorhangsel middeldeur geskeur. 'n Man met die naam van Josef het toestemming by Pontius Pilatus gevra om Jesus se liggaam van die kruis af te haal en in sy nuwe graf te gaan begrawe. Daar is die opening van die graf met 'n groot steen toegerol. Soldate het die graf opgepas. Die derde dag het vroue gegaan om Jesus se liggaam met kruie te behandel soos die gewoonte was. Daar het hulle die graf leeg gevind. Die klip was weggerol. Die grafdoeke het een kant opgevou gelê. Jesus het die dood oorwin. Hierna het Jesus aan baie mense verskyn. Hulle kon getuig dat Jesus die dood oorwin het. Na 'n tyd het Jesus sy dissipels uitgelei tot by Betanië. Daar het Jesus hulle geseën. Daar is Jesus in die hemel opgeneem. As Jesus weer kom sal dit saam met God wees op die groot oordeelsdag. Jesus sal as Middelaar optree tussen elke mens en God. Diegene wat in Jesus as hul Verlosser glo, sal deur God uit genade die ewige lewe ontvang. Dié wat nie geglo het nie, sal die ewige duisternis ingaan. Gaan lees Joh 3:16. Glo jy dat Jesus jou Verlosser is? God se genade is so groot dat hy sy eie Seun gegee het om mens te word en vir elkeen wat glo, die ewige lewe te gee. Jesus moes sterf en so vir ons sonde betaal. Ook in hierdie afgelope jaar kon ons leer van God se groot genade. Mag u tydens kersfees hierdie genade van God ervaar in u lewe. Mag u leef tot eer van God en hom alleen dien. Dis Kersfees, dis Kersfees! Die Heer daal tot ons neer.
20
December 2016
De Wildt News
Die Bek se Padstal Drankwinkel
Tel: 012-5041 694 • Faks: 012-504 1478 • EMAIL: diebeksepadstal@webmail.co.za R513 PAD - DE WILDT
DIENS MET 'N GLIMLAG KOM LOER GERUS IN !!!
Vars Groente Bewerkte groente en Vrugte Dro‰ë Vrugte Heerlike Biltong Droë Wors Chilli Bites
Ola Roomys / Coke / Beeld en tydskrifte Wyn / Bier / Ciders Houtskool/Braaihout Heerlike Wors / Gepasteuriseerde Tapmelk
Rapport elke Sondag "Qiwi - Easy Way to Pay" masjien MTN, Cell-C, Vodacom ens Databondels Air time, Elektrisiteit, Internet betalings, Verkeersboetes, Landlyn-telefoonbetalings, VOIP en vele meer! Bring jou wild! Nickol en Thomas verwerk die vleis en maak vir jou heerlike biltong, droë wors en chilli bites.
Desember 2016
De Wildt News
13
De Wildt News
December2016
Vroue Landbou-Unie Nuus Georgie Louw - Takvoorsitster
Wit plakkerskamp kry hulp In die Junie 2016 De Wildt Nuus berig die VLU oor die Witplakkerskamp in en om Pretoria. Leon Cronje en Stefan Cilliers het De Wildt se VLU-dames tydens die Maart-vergadering toegespreek. Lede was so aangegryp deur al die ellende en toestande waarin die mense woon, dat hulle besluit het om iets daadwerkliks te doen. Marie Coetzer het saam met 'n paar vriendinne 'n groot geskenkpak bymekaar gekry. \Daar was waardevolle items in en die waarde ongeveer R1 800. Vanaf April tot en met Oktober 2016 is lootjies verkoop. Geen persoon kon verby Marie kom deur nie 'n lootjie te koop nie. Talle VLU-lede by take en privaat persone het ywerig lootjies gekoop. Marie verjaar op 1 November en daarom is besluit om die trekking die dag te doen. Al die kaartjies se nommers is gedruk en Trevor het ywerig die kaartjies geknip. Die groot eer is aan Trevor gegee om die gelukkige trekking te doen. Wat is toe die gelukkige nommer ? Nr. 100 - Lys is nagegaan en mnr Raymond Hugo is die wenner. Hy word dadelik geskakel. Kan ook nie meer eens onthou dat hy 'n kaartjie gekoop het nie. Gelukkig is hy in Akasia Marie Coetzer en mnr Raymond Hugo, wenner van die geskenkpak. werksaam en kan die prys by Marie se kantoor aan hom oorhandig word. duursaam gevul het. Dankie ook aan Marie en almal wat lootjies gekoop het. Dankie aan Marie en almal wat die geskenkpak so Die geld sal nou aan Leon Cronje en Stefan Cilliers oorhandig word.
GEMEENSKAPSBEWUSTHEID: BETER IS OM DIE DRAAI 28 Oktober 2016 se vergadering met Hester Kilian as sameroepster was weereens suksesvol. Mev Marnette Sutherland, DA raadslid, is die spreekster. Sy lig lede in oor die stand van sake in die Tshwane Munisipaliteit.
Hester Kilian en Marnette Sutherland
Sy sê dat die afgelope verkiesing gelukkig sonder geweld plaasgevind het. Politiek raak ons elkeen. Dienslewering is baie belangrik. Daar is 214 wyke in die Tshwane munisipaliteit. Die DA 93 wyke, ANC 89 wyke, Vryheidsfront 4 wyke, ACDP 1 wyk, Cope 1 wyk en EFF 25. Sy vertel hoe dit gaan in 'n raadsvergadering en hoe daar te werk gegaan word. Die pastoor van die ACDP is in beheer van die Metropolisie. Sy meld dat die Metropolisie baie aggressief optree en die pastoor beheer hulle. Hy doen stil en sag die regte dinge. Koalisie is moeilik want al die ander partye kan teen jou stem. Daar is 'n baie goeie burgemeester nl. mnr Solly Msimanga aan die stuur. Hy is 'n christen en het 'n passie vir werk. Hy weet van administrasie en wil meer vakmanne betrek. Daar is vir jare geen onderhoud by basiese strukture gedoen nie en alle strukture is verouderd. Waterpype bars oral. Kabels word gesteel. Korrupsie is enorm. Haar boodskap aan ons was: Beter is om die draai. Dit was 'n goeie leersame en insiggewende vergadering.
Oktober 2016
19
De Wildt Nuus
SENIOR BURGER OGGENDTEE Georgie Louw
Vir 12 Oktober 2016 reël Kobie Opperman en haar span dames 'n heerlike oggendtee vir al die senior burgers in ons omgewing. Dit vind plaas by La Rosaleda. 'n Lieflike byeenkomsplek met mooi versierde tafels begroet ons. Elke tafel is gedek met 'n outydse tema en boeke. Party tafels het ou naaimasjiene en ander ou weegskale daarop. Pierre Jacobs tree as seremoniemeester op. Hy sê ons senior burgers moet aan die drie K's dink nl. Keuse, Kans en jou Kant bring. Hy bedank die senior burgers vir dit wat hulle in die lewe bydra. Dis 'n voorreg om die seniors in die gemeenskap te hê. Ons land beweeg in die tyd dat ons moet hande vat - Ons kan nie sonder ou goud wees nie - seniors stel die voorbeeld. Moenie dat die kennnis wat hulle het, verlore gaan nie - dra dit oor aan jonger mense. Dankie dat julle hier is - ons almal waardeer julle. Janet van Bosveld Stereo-faam sing pragtig 'n paar liedere soos You fill up my senses, Amanda en Love is a beautiful song. Kobie Opperman sê dankie vir almal teenwoordig. Dit is vir haar en haar dames 'n eer om die senior burgers te bederf. Dankie aan Kobie en haar span vir 'n heerlike kuieroggend. Elke senior burger wat daar was, waardeer dit en het dit geniet.
Malie Prins en Kobie Opperman
Oom Willem Riekert en tannie Hannie Kroon
076 491 1833
ADVERTEER IN DE WILDT NUUS
14
18
De Wildt Nuus
December 2016
APTEEKGROEP Nel Apteek Apteker: Deán Krause
%
012 252-4645 Faks: 012 252-6735
Nel III Apteek
Schoemansville
Apteker: Tania Schmidt
Apteker: Izolde Bester
012 252-3010 012 252-3014
Ifafi Apteker: Christo van Staden
%
012 259-1616 012 259-1743
De Wildt News
15
Vroue Landbou-Unie Nuus
ARRIE NEL
%
Desember2016
%
012 253-0304 012 253-0302
Brits Mall Pieter van Dyk
%
012 250-2837 Fax: 012 250-0932
Ons lewer persoonlike diens
Georgie Louw - Voorsitster
Samewerking vir 'n beter toekoms Op 'n heerlike lentedag 27 September 2016 vind die Opedag van die tak in die saal van die NG Kerk Onderstepoort plaas. Die saal is lieflik in wit en lemmetjiegroen en blomme getooi. Nagenoeg honderd lede en gaste was teenwoordig. Ons is vereer met twee voormalige Presidente van VLU Overvaal nl mevv Tutti Rudman en Elza de Bruyn se teenwoordigheid. Mev Barbara Nell, voorsitster van Jakaranda-streek, asook bestuurslede is teenwoordig. Ds Gerhard van Zyl, ons spreker, Jakkie Louw met klank, Trompie en Simonè Stander voltooi die gastelys. Barbara Nell vertel die gaste van die twee paddas wat in 'n melkemmer val. Hulle swem in die melk maar een padda word so moeg en gaan lateraan dood. Die ander padda hou aan met swem en uiteindelik vind hy uit dat die melk botter geword het . So oorleef hy. Mev Nell sê dat ons as lede ook so moet volhard in alles wat ons doen om anderkant uit te kom. Ds Gerhard van Zyl praat oor die tema nl. Samewerking vir 'n beter toekoms. Ons moet almal saamwerk sodat ons almal 'n beter toekoms vir ons organisasie en ons land kan bewerkstellig. Simonè Stander sing pragtig en sy word sommer bespreek vir volgende jaar se streekskonferensie. Die tak het 'n naaimasjien en omkapmasjien ontvang van Anna Lewis, 'n voormalige lid. Georgie Louw oorhandig die masjiene asook klere aan ds Gerhard van Zyl. Hy is 'n predikant, Koshuisvader by Hoërskool Wagpos asook 'n traumaberader. Die masjiene sal aangewend word by die trauma-eenheid by die skool. Pragtige pryse word gewen met die gelukkige trekking. Een van ons lede, Ansa Pretorius 'n haarkapper, het ook drie pryse geborg. Martie Marx, ons visevoorsitster, doen die bedankings. 'n Heerlike ete word voorgesit. 'n Voorgereg met 'n
broodjie met jogurt. Verskeie quiches en 'n heerlike uitpakslaai asook 'n heerlike lemoenpoeding rond die ete af. Ons het pragtige uitstallers gehad wat die volgende uitgestal het : juwele, skoene, lavender en heerlike lekkeruik items vir die huis. Twee van ons lede, Petrina van Niekerk en Noeline van Greunen, het ook uitgestal. John de Bruto het lieflike plante verskaf wat die saal asook ons tafels versier het en wat deur ons gaste gekoop kon word. Baie dankie aan Leana van Graan wat as sameroepster van die dag opgetree het en self baie hard gewerk het. Al die lede van die tak het wonderlik saamgewerk. 'n Suksesvolle opedag is weereens deur die tak aangebied.
AFSLUITING: PIEKNIEK ONDER 'N WILDEVYEBOOM Die jaar sluit ons af met 'n Franse piekniek onder die boom van die jaar nl. 'n Gewone Wildevyeboom. Die byeenkoms is by Mary Ann du Preez se kleinhoewe. Lede arriveer met stoele en egte Franse eetgoed in piekniekmandjies. Martie Marx wat die afgelope jaar drie weke in Frankryk getoer het, vertel ons meer van haar wedervaringe. Georgie en Trevor Louw deel ook hulle herinneringe. Ons hoor van die Eifeltoring, Paleis van Versailles, die pragtige Seine-rivier en die Franse platteland. Wynplase is oral te sien. Aan die einde van elke ry druiwe is daar rose geplant.
Ons hoor ook van 'n Nougat-winkel op 'n snelweg in die platteland. Die verskeidenheid van Nougat is verstommend - egter te duur om te koop. Die piekniekmandjies lewer 'n verskeidenheid liplekker eetgoed op wat uitgepak word en almal eet saam. Elke lid het 'n geskenkie saamgebring wat met “musical chairs” uitgeruil word. Dankie aan Mary Ann vir al die reëlings – selfs vir 'n buitetoilet. Dankie aan al die lede vir die jaar se harde werk. 'n Geseënde Kersfees en voorspoedige Nuwejaar word elkeen toegewens.
16
De Wildt News
December 2016
Desember 2016
17
De Wildt News
Biesiemandjiekind in Suid-Afrika deur Maderi Shanelle Lemmer In a sick, Schizophrenic South African existence: Van God, geld en ons voorvaders moet ons staan en toekyk ... Toekyk Hoe government en politics: water oor Gods akker laat spoel. Why is the question and why is the answer. In our land of milk and honey, rich water streams and gold:
iemand om by te brag. Universities are burnt to the ground. BEE around every corner: shackling our minds and bodies, corrupting our emotions, ... slave-like ... throwing our rights in the water. Hoe moet ek dan, as ’n biesiemandjiekind, geleen aan ‘n gesin: geleer van ossewaens; die Voortrekkermonument; Oranje, Blou en Wit
Lost souls emerge one by one.
R900
Dis ’n soeke na geloof, ’n soeke na rykdom en
R1 550 R2 550
072 865 6613
... ONS land ... uiteindelik my land maak?