Skip to main content

Desember 2015

Page 1

36

De Wildt News

December 2015

sê alles

DE WILDT N S UU EW

E-pos: manie.lemmer@dewildtnuus.co.za Webtuiste: www.dewildtnuus.co.za

Desember 2015 Jaargang 24 No 6

Geseënde feesseisoen

TEL: 012 372 9502 FAKS: 086 657 3165

DESIGN & MANUFACTURING OF JEWELLERY Cell: 083 235 3138

JEWELLERY AND WATCH REPAIRS DIAMONDS AND GEMSTONES GOLDSMITH ON PREMISES VALUATIONS De Oude Muragie Centre

Shoprite Shop 3 (opposite Wimpy) Ben Viljoen St, Pta North Tel: 012 546 2226 Fax: 012 546 8196

elfriko@vodamail.co.za Want ’n Kind is vir ons gebore, ’n Seun is aan ons gegee... (Jesaja 9:5: )

Shop 7 Cnr of Braam Pretorius & Veronica Street Magalieskruin Tel: 012 548 9585


De Wildt News

2

December 2015

REDAKSIELEDE

De Wildt Helpmekaar Maatskappy en De Wildt Rampbestuur Gertjie Davel - 082 376 1645 Kobie Opperman - 076 482 8513 De Wildt Boerevereniging Hanna Scribante - 083 417 4699 De Wildt VLU Georgie Louw - 082 374 6879 Addisionele lede Trevor Louw 082 374 1645 Jan Lemmer 083 256 8266 Marguerite Nel 082 774 2517 Magriet van Heerden 072 0926460 Eugene van Staden 073 367 4787 Gertie van Staden 073 091 6035 Drukkers: Acuprint elizas@acuprint.co.za

De Wildt Nuus Bankbesonderhede: Rekeningnaam: De Wildt Nuus/News Standardbank, Wonderpark Takkode: 016145 Spaarrekeningnr: 038247518 Verwysing: Adverteerder se naam + DWN April 2012 (noem telkens die naam van die betrokke maand). Epos betalingsbewys manie.lemmer@dewildtnuus.co.za Advertensiegeld moet asb vooruitbetaal word, maw sodra die advertensie versoek of gewerf word. Dankie vir julle moeite. Kontakpersone vir advertensies en grafiese ontwerp: Manie Lemmer Advertensie-ontwerp: R100

Veranderings op bestaande advertensies: R50 ADVERTENSIES IS VOORUITBETAALBAAR Die artikels in die De Wildt Nuus is nie noodwendig die produk van die redaksie nie, maar van individue. Daarom vereenselwig die redaksie hom ook nie noodwendig met alle uitsprake/menings in die artikels nie.

Belangrike datums

REDAKSIEBRIEF Liewe lesers So kom nog 'n jaar ten einde! Dit voel of dit nog nie behoorlik begin het nie en hier breek die einde al aan. Kyk ons terug, sien ons nogtans dat baie dinge in 2015 gebeur het. Een daarvan is sekerlik die reuse veldbrande wat ons pas in Novembermaand beleef het. Ons dink hier veral aan die veeboere wat weiding verloor het en aan die vriende wat hul huis en ander hul store met voertuie en ander eiendom aan die vuur moes prysgee. Daar was egter ook goeie gebeure: Ons oë moet net altyd oop wees vir wonderwerke wat nog daagliks om ons plaasvind: Siekes wat gesond geword het, haweloses wat 'n heenkome gevind het. Vir al hierdie seëninge is ons dankbaar. Die situasie in ons land is egter tans nie so rooskleurig nie en ons bid dat ons hemelse Vader ons genadig sal wees. Ons leef in 'n knellende droogte en in regeringskringe wil sake maar net nie vlot nie. Ons, die inwoners van hierdie land, is die slagoffers wat in “onwettige” tolpaaie en ander paaie vol slaggate moet ry en moet verneem dat die belastings al hoe hoër sal moet styg. Ons vra onsself die vraag af: Hoe lank kan hierdie dinge nog voortduur? Gelukkig het ons nog geloof en die versekering van God dat hy ons nie sal begeef en ons nie sal verlaat nie. Ons het egter steeds die taak om te bly glo en Hom onverskrokke en volhardend te volg. Wat kan u in hierdie uitgawe van ons blad lees? Twee ope briewe, een aan ons as verbruikers gerig en die ander aan 'n minister en 'n burgemeester. Eersgenoemde oor die afhanklikheid van ons land teenoor ons boere en die ander oor die skielike ertjie wat mense het om alles van die verlede te wil afbreek en die geskiedenis uit die geheue van 'n volk te probeer uitvee. In hierdie blad moes ons weer afskeid neem van twee oudinwoners van ons

Ons versoek dat alle instansies so gou moontlik die datumbeplanning vir 2016 vir ons deurstuur sodat ons dit in die Februarie-uitgawe kan plaas. AFKORTINGS: DWVBF - De Wildt Vori-bergfees; DWN - De Wildt Nuusredaksie; DSO - De Wildt Sosiale Organisasie; JFFK - J Fourie-terrein Feeskomitee; DWBV - De Wildt Boerevereniging; LSV - Laerskool Vissershoek; DWHM - De Wildt Helpmekaar Maatskappy.

Des

3 16

19|00 08:00

DWN redaksievergadering Geloftefees

Afrit 129 Jopie Fourie-terrein

Manie Lemmer gebied, Naomi Fourie, wat lank saam met haar eggenoot en kinders as deel van die Fourie-familie alhier gewoon het en in Oktober oorlede is, en Jimmy Cillié. Onvoorsiene huldeblyke en ander gebeure het ’n paar bydraes laat oorstaan tot Februarie 2016. Lesers sien ook die Kers- en Nuwejaarswense van inwoners van ons gebied wat ons blad wil ondersteun. Vir diegene wat gewonder het waar “korbeelhuise” vandaan kom en wat dit eintlik is, het een van ons redaksielede vir ons hieroor duidelikheid gebring. Die inwonersmaatskappy, die De Wildt Helpmekaar Maatskappy, het pas sy Algemene Jaarvergadering en die jaarafsluitingsfunksie beleef, terwyl die senior burgers weer eens deur die DDO met 'n hoë tee (dis nou my vertaling vir die Engelse se “High tea”) onthaal is. Die De Wildt Boerevereniging en die VLU De Wildt het ook pas hul werksaamhede vir die jaar afgesluit. Ons gaan binnekort Geloftefees vier en die program word ook in die blad geplaas. Ondersteun asb ons land se Geloftefeeste en kom so die gelofte van ons voorouers na deur nie slegs daarna te verwys nie, maar ook die boodskap aan ons kinders oor te dra. Waar ons binnekort ook Kersfees gaan vier, kan die artikel oor “Hoop” sekerlik vir ons die regte boodskap bring. Van die redaksie se kant seënwense vir Kersfees en vir 'n aangename vakansie en 'n voorspoedige 2016 aan al ons lesers en getroue adverteerders.

ADVERTEER IN DE WILDT NUUS

Manie Lemmer - 082 879 6969 (Voorsitter) Sannie Lemmer - 071 693 5993 (Sekretaresse)

35

De Wildt Nuus

Desember 2015

Pinocchio Kleuterskool Afrit 78 R513 Schietfontein De Wildt

Vir Baba/Kleuter Gr R/Naskool Rekenaarklasse Elsie - 072 150 3850 Faks: 012 546 4233 elsie.pinskool@yahoo.co.za

• Algemene Herstelwerk • Dienste • Ratkaste • • •

en Ewenaars Masjienherbouing Koppelaars en Remme Insleepdiens

G& G

MOTORDIENSTE

Kontak Gawie Rossouw of Gert Venter 012 525 1197 / 072 134 1105 (alle ure)

INSTANDHOUDING VAN ALLE FABRIKAAT MOTORS EN BAKKIES

072 865 6613


34

De Wildt News

December 2015

Desember 2015

INHOUDSOPGAWE

OPE BRIEF RAKENDE DIE KRUGERSTANDBEELDGROEP, KERKPLEIN PRETORIA Die minister van Kuns en Kultuur, mnr N Mthethwa en Die Burgemeester van Pretoria, mnr K Ramokgopa, Dit is met besorgdheid dat ons kennis neem van u onderskeie standpunte rakende die toekoms van die Krugerstandbeeldgroep op Kerkplein Pretoria. Die Krugergenootskap het van meet af (1913) verantwoordelikheid geneem vir die plasing van die Krugerstandbeeld, eers as komitee van die Pretoria Stadsraad en later as onafhanklike genootskap. Ons maak ernstig beswaar teen die onverskillige en onversoenlike standpunte wat u inneem oor ons erfenis. Ons wil u op enkele dwalinge in u sienwyse wys en ook aandui dat u veel meer waardering vir President Kruger behoort te hê. Eerstens moet u besef is dat Pres Paul Kruger beslis in die wêreld geskiedenisannale reeds opgeteken is as merkwaardig. Op sy Europese besoek (Augustus 1900 tot sy oorlye 15 Julie 1904) was hy orals deur derduisende inwoners van verskeie Europese lande ingewag en toegejuig. Tot vandag is hy geen onbekende oorsee nie en toeriste besoek sy standbeeld en huis. Ons het selfs in 2002 besoek gehad van 'n professor in geskiedenis aan die Moskou Universiteit, wat Paul Kruger ook in van sy lesings ophaal. Die ANC sal baie beslis geklassifiseer word as 'n afgunstige vernietigende “heerser” –in stryd met wat die ANC opgee as 'n verdraagsame demokratiese bewind. Die verwydering van die beeldegroep sal Suid-Afrika beslis internasionale skade aandoen. Waarom nie 'n eie erfenis opbou nie, soos in vorige bedelings dit reeds in Suid-Afrika gedoen is nie. So is daar monumente en aanwysings van gebeure van haas elke volksgroep met respek opgerig en instand gehou – die Voortrekkermonument, monumente vir die 1820 Britse settelaars, standbeeld van Dick King (wat die Britte teen die Voortrekkers opgeroep het), Tjaka se graf, Cetshwayo se kraal, aanduidings van gevegsterreine soos Magersfontein maar ook Ulundi en Isandhlwana. Milner en Rhodes was geen vriende van die Afrikaner nie, maar hulle is deur die Engelsprekende Suid-Afrikaners vereer en dit is so aanvaar. Tweedens , Paul Kruger en sy voorgangers het die ZAR van die grond af opgebou, letterlik en figuurlik deur die stigting van dorpe en stede met kerke, skole, biblioteke en veral ook infrastruktuur en 'n regstelsel – al die dienste waarvan die ANC tans ook die vrugte pluk. Sammy Marks se skenkingsvoorwaarde vir die beeldhouwerk en oprigting van die beeldegroep was dat dit op Kerkplein moet kom. Anton van Wouw het dit met sy kunswerk ook so beplan. Dit sal absoluut oneerbaar wees om die beeldegroep nou te verskuif. Dit is ook geskiedkundig so dat Kerkplein deur die Voortrekkers in 1854 as 'n oop stuk vlei met water aangetref is. Hulle het die terrein begin ontwikkel , eers as markplein, toe as kerkgrond en uiteindelik kerkplein soos vandag bekend. Die aanspraak om kerkplein as tuiste vir die Krugerstandbeeldgroep te eis is dus beslis geskiedkundig verantwoordbaar. Derdens is dit belangrik om te weet dat Pres Paul Kruger ook goeie en eerbare verhoudings met ander volke nagestreef het. So het hy meermale stamhoofde soos dié van die Makgatostam by sy huis ontvang.

Betekenisvol is die volgende: Na verskeie oorloë tussen Boere en die Bapedi van Sekukunie, seun van Sequati, is daar vrede gesluit. Toe vermoor Mampoer, oftewel Khosi Makhuru en sy groep vir Sekukunie en van sy volgelinge en familie. Mampoer vlug en sluit hom aan by Njabel (Mapoch se seun, ook Mapoch deur die Boere genoem.) President Kruger se reaksie was: ons het vrede met Sekukunie gemaak as leier van die Pedi met wie ons in oorlog was, nou verdien hy en sy volgelinge ons steun. Gevolglik het die ZAR gehelp om Mampoer aan te keer en heelwat krygers self verloor. Njabel en Mampoer is albei gevang en verhoor. Albei is deur die regter die doodstraf opgelê, Njabel was egter nie by direkte moord betrokke soos Mampoer nie en is deur Kruger begenadig. Terwyl hy tronkstraf uitgedien het , het pres Kruger sy volgelinge toegelaat om net noord van Pretoria te vestig. Die Mapocherstat was tot die 1950's steeds daar waar Annlin vandag is. Iemand soos Paul Kruger, eerlik en lojaal, ook teenoor 'n vroeëre vyand, verdien om respekteer te word. Die Afrikanervolk vereer nie vir Paul Kruger as mens nie, maar herdenk dankbaar sy lewe in gehoorsaamheid aan die God waarin ons ook glo. Ons eer sy nagedagtenis, insonderheid omdat sy nalentenskap: - Vir almal, wêreldwyd tot voorbeeld dien omdat hy iemand was wat God en sy mense gedien het en eerlik en regverdig gehandel het. - Vir almal in Suid-Afrika tot vandag toe nog tot voordeel strek. Dink maar net aan die infrastruktuur wat geskep is, reg wat gevestig is, natuur wat bewaar is soos die Krugerwildtuin wat tot vandag toe nog een van die vernaamste toeristeaantreklikhede van Suid-Afrika is. Geagte here, In die lig van bogenoemde doen die Krugergenootskap 'n beroep op u goeie oordeel om: - Vanuit die perspektief soos gemeld, ook vir u eie beswil, om die Krugerbeeldegroep nie net op kerkplein te laat, beskerm en in stand te hou nie, - maar dit veilig toeganklik te maak vir sowel sy volksgenote as vir besoekers van ander lande en volke, insluitende u eie. Die teendeel sal vertolk word dat: - U bedreig voel deur die nagedagtenis van eerbare, eerlike en gelowige leiers. - Dat al u en die ANC (waarvan u lede en leiers is) se praatjies rakende versoening en erkenning niks anders as leuentaal is nie. - 'n Skending aan die beeld of wegskuiwing daarvan ook verstaan kan word as 'n skending of poging tot vernietiging van die Afrikaner, sy kultuurerfenis en dat dit deel vorm van die volksmoord wat tans in Suid-Afrika afspeel. - U verkies om af te breek eerder as om te bou en dat dit op sigself ook net onheil vir alle mense in Suid-Afrika inhou. Ons vertrou dat u goeie oordeel aan die dag sal lê. Bestuur van die Krugergenootskap. (Indien u die ope brief in enige ander amptelike landstaal verlang sal ons dit so reël)

DIE KRUGERGENOOTSKAP, POSBUS 26314, GEZINA 0031/ krugergenootskap@gmail.com. Tel: 082 464 2328, 082 566 7883

3

De Wildt Nuus

Redaksiebrief Lief en Leed De Wildt se November-brande Hondeklipbaai - nog blommenuus DWHM algemene jaarvergadering Ope brief aan verbruikers Drie spruite se Pinocchio-reis Die Sederberge Senior burger ‘high tea’ DWBV Nuus Stutte in ons lewe LSV Borrelbekkie LSV Borrelbekkie

Siek Abel Pienaar Christa Nolte Barry du Plessis Roelie Koekemoer Judy van Staden Ben van der Merwe Len Haasbroek (jnr) Gawie Rossouw Len Haasbroek (snr) Billy van Niekerk Erica von Eckardstein Jadon White Jezani White Carien de Klerk

2 3 5 6 7 9 11 12 13 14 15 17 18

LSV Borrelbekkie LSV Borrelbekkie VLU Nuus VLU Nuus Hulle word 80! Ons God is ’n God van hoop (6) Huldeblyke Die korbeelhuise van die Karoo Geloftefees Ode aan my boom Ope brief van die Krugergenootskap Belangrike datums

19 20 22 23 24 25 26 27 30 32 34 35

Lief en Leed

Oorlede Naomi Fourie Hansie van der Merwe Herman Treptow Andre Lubbe Danny vd Heever Kleintjie Sauerman Willie Smit Jimmy Celliers

Ons meegevoel met diegene wat leed ervaar het. Beterskapwense aan diegene wat siek was of nog is. Dan is ons ook bly saam met diegene wat lief ondervind of beleef het. Ons wil dit net weer onder u aandag bring dat ons nie onder Lief en Leed nuus kan plaas as iemand dit nie onder ons aandag gebring het nie.

Lief Gert en Malie Prins het 'n kleinseun ryker geword wat oupa se naamgenoot is. Kallie en Elize Knoetze het oupa en ouma van 'n dogtertjie geword. Frans en Nanna du Preez se kleindogter Anaïs het SA toekenning gekry vir “SA Public speaking” Frans en Ria Stols getroud Manie Lemmer het die volgende bygewoon: 10 Oktober: Toekomsberaad van Solidariteit in Pretoria 30 Oktober: FAK se 2015 Prestige-aand by Voortrekkermonument

Mits of tensy... wat sê jy? Mits en Tensy word dikwels verkeerd gebruik. Hier is 'n mooi verduideliking: “Twyfelwoorde (mits vs tensy) Een van die mooi aspekte van taal is dat 'n mens verskillende nuanses van betekenis met verskilende woorde kan uitdruk. As jy taal goed wil beheers, moet jy goed kan onderskei tussen woorde wat dikwels verkeerd gebruik word. 'n Mens moet gewoon sulke woorde leer. Voegwoorde lyk gewoonlik kort en onbeduidend, maar het 'n groot invloed op die betekenis van die sin. Die betekenis van die twee voegwoorde mits en tensy is amper dieselfde, maar daar is tog 'n verskil. Hulle word daarom dikwels nie korrek gebruik nie. Mits beteken indien, as, ingeval, op voorwaarde dat Byvoorbeeld: Hy het gesê ek kan gaan, mits ek my suster saamneem. Anders gestel sou dit gewees het: Hy het gesê ek kan gaan, op voorwaarde dat ek my suster saamneem. Tensy beteken as nie, dan; indien nie, dan; behalwe as Byvoorbeeld: Tensy ek my suster saamneem, kan ek nie gaan nie. Anders gestel sou dit gewees het: As ek my suster nie saamneem nie, dan kan ek nie gaan nie.” - Johan van Rensburg (Die redaksie is verheug dat daar nog mense is wat gesteld is op die korrekte gebruik van Afrikaans. Dankie Johan)

Geluk en dankie Baie geluk aan die redakteur en sy komitee weer eens met 'n puik Oktober-uitgawe van ons kontreiblad. Baie dankie ook vir die volblad artikel oor "die Buurvrou". dit is altyd vir my so lekker om die nuutste uitgawe oop te maak en te sien dat terwyl als in ons samelewing agteruit gaan, die hoë standaard van die De Wildt Nuus gehandhaaf word. Dankie vir jul ondersteuning aan ons klein plaaslike ondernemings. Ek moet net vir julle vertel dat ek 'n uitgawe van elke blad Kleinmond toe pos vir my ouers. Hou so aan met die goeie werk wat julle doen. - Rina Bester


4

De Wildt News

December 2015

Desember 2015

33

De Wildt Nuus

Die Bek se Padstal Drankwinkel

Tel: 012-5041 694 • Faks: 012-504 1478 • EMAIL: diebeksepadstal@webmail.co.za R513 PAD - DE WILDT

DIENS MET 'N GLIMLAG KOM LOER GERUS IN !!!

Vars Groente Bewerkte groente en Vrugte Dro‰ë Vrugte Heerlike Biltong Droë Wors Chilli Bites

R900 R1 550 R2 550

Ola Roomys / Coke / Beeld en tydskrifte Wyn / Bier / Ciders Houtskool/Braaihout Heerlike Wors / Gepasteuriseerde Tapmelk

Rapport elke Sondag "Qiwi - Easy Way to Pay" masjien MTN, Cell-C, Vodacom ens Databondels Air time, Elektrisiteit, Internet betalings, Verkeersboetes, Landlyn-telefoonbetalings, VOIP en vele meer! Bring jou wild! Nickol en Thomas verwerk die vleis en maak vir jou heerlike biltong, droë wors en chilli bites.


32

De Wildt News

December 2015

Ode aan my boom Hilda Steyn Ode. So ’n mooi woord. Ek het my liefde vir taal by my ma gekry. Sy is vandag nog baie erg oor haar blokkieraaisels. Elke dag word die koerant by haar afgelewer en elke dag doen sy heel eerste die blokkie. En as sy dit kan regkry om die hele blokkie te voltooi sonder om een woordeboek te raadpleeg, doen sy so systap-dansie van oorwinning as sy die koerant vermakerig op die bank neersmyt. Maar dis nou nie waaroor ek eintlik vandag wil skryf nie. My ode is nie vandag aan my ma nie. My ode is aan my boom. My man. My man is vir my soos 'n groot boom in my lewe. Soms raak als om my so warm dat dit vir my voel daar is te min lug om in te asem. Die geraas raak oorweldigend en die mense irriterend. Die probleme raak te veel en die oplossings te min. Die werk raak te veel en die geld om almal te betaal raak te min. Dan gaan sit ek by my boom. Net BY hom. Verder niks. Net om in sy teenwoordigheid te wees is genoeg. Dis soos om onder 'n groot boom te sit iewers diep in die bosveld. Dis 'n koele lafenis wat oor my spoel terwyl my ore aan die stilte gewoond raak. Eers hoor ek niks want die vreeslike geraas is weg. Dis net stilte. Maar dan raak ek stadig bewus van ander geluide soos die sagte geritsel van die wind wat met die blare dans. Ek begin luister na die opvoering wat die voëls vir my gereël het en staan verstom oor die ongelooflike harmonieë sonder een vals noot. Dis 'n rustigheid wat deur my fisieke spoel, tot diep in my hartskamers en skielik weet ek, alles sal uitwerk. My boom is hier. My boom het 'n stoor groot genoeg om ses groot motors in te parkeer. Daar is egter nie plek vir eers een motor daar binne nie. Die plek is vol. En vreesaanjaend. Ek hou regtig nie van sy stoor nie. Daar is grasbale vir die vee, ou goed, vuil goed, stukkende goed, vreemde goed, bokvelle, voëlhokke, gereedskap, perdesaals, teuels, gasbottels en ek kan die lysie nog vir baie lank laat aangaan. Persoonlik is ek oortuig dat daar slange, spinnekoppe en rotte ook daar binne is; dis hoekom ek nie daarvan hou om daar in te gaan nie. Die plek laat my gril. Maar vir hom is dit 'n oase. Hy pak sy niks-boksie daar uit. Blykbaar het hy 'n niksboksie. Wat is daarin? Niks. Wat pak hy daarin? Niks. Terwyl hy daar agter rondvroetel, timmer, saag en skuur,

bekyk hy die inhoud van sy niks-boksie en hy hou sy siel gelukkig. Ek verstaan dit nie. Ek probeer ook nie. Ek is net bly hy geniet sy niks-boksie. En sy kraggereedskap. Hy het 'n ding oor kraggereedskap. Hy loop moeilik by Builders Warehouse of Midas verby. Eintlik is dit enige winkel se DIY afdeling wat hom soos 'n magneet trek. Ek gee nie om nie. Hy mag maar daar bly so lank as wat vir hom nodig is. Dis tog gereedskap vir sy niks-boksie wat hy daar koop. So dis belangrik. Die feit dat hy die gereedskap nou net een maal in 'n paar maande gaan benodig maak ook nie saak nie. 'n Ordentlike, afgeronde stuk werk vra vir ordentlike kwaliteit gereedskap. Mens koop nie goedkoop nie. Goedkoop goed hou nie. Dit breek vinnig. Mens koop groot name as jy kraggereedskap koop. Dis net hoe dit is. Ek ken al die name van die goeie goed; ek was baie trots op myself toe ek een jaar vir hom 'n DeWalt-boor gekoop het. Die mans wat daarvan gehoor het, het oë gerek en ge-oe en ge-aa by die gedagte aan 'n vrou wat 'n DeWalt-boor vir haar man koop. Ek maak spasie vir hom, sy liefde vir kraggereedskap en sy niks-boksie; en hy maak spasie vir my. My boom verstaan as ek wolle koop en in my kas bêre. Hy het nog nooit gekla oor geld wat ek aan wol spandeer nie. Ek het ook nog nooit wol skelm gekoop en vir hom weg gesteek nie. Inteendeel. Hy help koop. En hy verstaan die prinsiep van goeie gereedskap. Vir 'n week al bekyk ek die duurste breinaalde denkbaar. Dis kunswerke. Elke een van hulle. En elke keer as hy sien die spoeg loop al weer hier teen my ken af, dan sê hy “koop die goed vir jou, jy gaan dit goed gebruik”. Elke keer as ek vir die duur hekelpen kyk, sê hy: “koop daai pen, dit gaan help vir jou seer hand”. En elke keer weifel ek so bietjie. Dis so baie geld. Maar dis so mooi. Ek sal maar nog so bietjie kyk. Nog so bietjie kwyl. Nog so bietjie dink. Ek verwonder my aan die vrouens wat so skelm wol koop en wegsteek. Ek verstaan dit glad nie. Maak hulle dan nie spasie vir mekaar nie? Het haar man nie ook 'n niks-boksie nie? Is daar fout met hom? Of is daar dalk fout met haar? Miskien maak sy nie spasie vir sy niks-boksie nie; dis dalk die dat hy nie spasie maak vir haar wolle-geite nie. Ek is dankbaar vir my boom.

Desember 2015

De Wildt Nuus

De Wildt se November brande Suzette Petersen Verterende vure het oor ons landskap en geliefde Magaliesberg soos 'n vuurspuwende monster (draak) vanaf Vissershoek tot by Hornsnek getrek en 'n spoor van verwoesting agtergelaat. Niks en niemand is ontsien nie. Iets wat sy inwoners hande laat vat het, teen die vyand. Uiteindelik het ondersteuning en hulp van oral oor ons gebied ook ingestroom om hierdie verwoesting hok te slaan. Die eerste rookwolke is voor 10 uur op Sondagoggend 1 November 2015 naby Vissershoek Laerskool opgemerk. Sterk winde, hoë temperature en uiters droë omstandighede wat ons gebied reeds geteister het, was die kruitvat wat die vuur vinnig laat versprei het. Die vlamme het op die grond en in die boomtoppe gehardloop. Die intensiteit van die hitte was by tye so erg dat brandslaners met hul plakke moes terugstaan. Volgens oudinwoners was hierdie hul ergste enkele brandbelewenis in meer as 35 jaar. Skielik, in 2 dae en nagte, is die verbetering van 45% minder brandskade teenoor die vorige jaar, herskryf. Vir De Wildt Helpmekaar Maatskappy (DWHM), die Brandbeskermingsvereniging (BBV) en sy Working on Fire (WoF) Brandspan was hierdie voorval 'n teleurstelling en 'n tragedie. In opvolg hiervan het verdere brande in die week daarna steeds geen genade getoon nie. In totaal is daar reeds tydens die brandseisoen meer as 2000 ha veld en weiding vernietig. 'n Kwekery het duisende plante en saad verloor, verskeie wildsbokke is dood, voertuie is beskadig, 3 store met die inhoud en vyf wonings is totaal verwoes. Dan word die skade aan waterpype, watertenks, boorgatpompe en kabels, heinings en ander infrastruktuur nog nie eers genoem nie. Ongelukkig dui die aanvanklike ondersoeke daarop dat die redes vir hierdie vernietiging, nalatigheid en brandstigting is. Die huidige brandverbod is nie om dowe neute steeds geldig nie. Die huidige droë, warm toestande met sterk winde verhoog die gevaarvlakke en 'n klein vuurtjie kan baie vinnig in 'n onbeheerbare monster verander. Elke vuur wat op 'n eiendom ontstaan is die grondeienaar se verantwoordelikheid en die grondeienaar word verantwoordelik gehou vir wat op sy grond gebeur, hetsy deur nalatigheid of opsetlik.

Elke grondeienaar word versoek om hom- / haarself te vergewis van die wetlike aspekte rondom brande. Wat dit betref is wet 101 van 1998 'n baie goeie riglyn. Onderskeid word wel gemaak tussen opsetlikheid en nalatigheid. Nalatigheid sluit egter ook in dat daar geen of onvoldoende voorbrande gemaak is nie. Hou wel ook in gedagte dat geen voorbrand 'n 100% waarborg teen brande is nie, maar wel 'n goeie teenvoeter. Die maak van voorbrande / brandpaaie buite die brandseisoen is die grondeienaar se verantwoordelikheid. Sodanige voorbrande moet sover moontlik reeds voor die aanvang van die brandseisoen afgehandel wees. Die BBV moet egter in kennis gestel word wanneer iemand beplan om 'n voorbrand of brandpad te maak sodat die Brandspan op gereedheid kan wees om bystand te kan verleen indien daar probleme ontstaan. Alternatiewelik kan die grondeienaar van die BBV gebruik maak om die taak teen betaling te verrig. Niemand word egter gedwing om die BBV te gebruik vir hierdie doel nie. Inwoners word daarom versoek om die BBV voortydig in kennis te stel wanneer tuinvullis, afvalmateriaal en asgate gebrand gaan word. Sodoende weet die BBV wanneer daar ekstra gereedheid moet wees. Die BBV en die Brandspan tree op ter beskerming van elke lid van die gemeenskap. Verder kan baie skade voorkom word indien toegangsroetes vir brandweer voertuie voldoen aan die vereistes. Die BBV-voertuig asook die groot brandweervoertuie kan slegs areas bereik waar die toegangsroete se hoogte minstens 4 meter is en die breedte van die pad ook 4 meter breed is. Daar moet ook 'n 8 meter draaisirkel wees. Indien daar bome en ander obstruksies is, kan die voertuie nie u eiendom bereik om bystand te verleen nie. Vir versekeringsdoeleindes is dit voordelig om aan die BBV te behoort en ook indien die brandweer geaktiveer word. Lede van die BBV sal nie 'n rekening vanaf die brandweer ontvang nie omdat daar ag geslaan word op die wet wat bepaal dat grondeienaars aan 'n BBV moet behoort. Slegs een BBV per streek of area word deur die minister toegelaat om konflik en oorvleueling te vermy.

5


6

De Wildt News

December 2015

Hondeklipbaai - nog blommenuus Manie Lemmer

Toe ons baie jare gelede by hierdie klein plekkie aangedoen het, was daar slegs een klein kafee en 'n paar wonings. Tydens ons afgelope blommetoer kon ons weer by hierdie interessante plek tuisgaan. Dit het nou 'n baie groter plek geword en daar is talle huise. ยนn Vriend van my uit ons werkersdae by die Departement van Onderwys en Opleiding, Tinus Bruwer, en sy eggenote Katryn kon vir ons goeie blyplek in 'n gastehuis aldaar bekom. Ons kon ook weer ou vriendebande hernu en baie interessante plekkies besoek, soos ook die Nasionale Seekusreservaat daar naby. Ons kon een aand by Tinus-hulle vleis braai en hulle het ook oral in die omgewing saam met ons gery om al die mooi plekke aan ons uit te wys. Toe ons daar vertrek, het ek en Sannie en Pim en Ina Bronkhorst vir ons huise in Pretoria 'n spesiale herinnering van Tinus en Katryn met ons saamgebring: 'n Versierde klip met 'n hondjie en die woord Hondeklipbaai daarop, deur Katryn self aanmekaargesit; sy is 'n kunstenaar in eie reg terwyl Tinus in die afgelope jare aldaar homself van die geskiedenis van die plek vergewis het en reeds besig is met 'n boek oor die gebied. Die foto's hierby vertel meer verhale.

WILLIE EN KOTIE HERMANN HET OP 1 OKTOBER 2015 ONDERSTAANDE BESIGHEIDGEOPEN

K W V MOTORS (PTY LTD) REG NR 2015/195814/07 TELEFOONNOMMERS: LAVENDERWEG 130 WONDERBOOM 0182

KOTIE 076 391 0587 โ ข WILLIE 082 705 7636 E-POSADRES kotiegras@gmail.com ONS KOOP EN VERKOOP

MOTORS, TREKKERS EN IMPLEMENTE (KAN BY U AFGEHAAL WORD, INDIEN SO VERKIES)

EN VERKOOP

ZOZO-STAALHUISIES VIR WERKERHUISVESTING/GEREEDSKAP (3.2 M X 2 M MET DIEFWERING, DEUR EN VENSTER) R1 400.00

Desember 2015

De Wildt Nuus

31


30

De Wildt News

December 2014

AKASIA/DE WILDT GELOFTEFEES: 16 DESEMBER 2015 (52STE JAAR)

Desember 2015

De Wildt Nuus

7

DWHM Algemene Jaarvergadering Suzette Petersen

Manie Lemmer 1.

WAAR?

2.

PROGRAM 08:00 - 08:30

JOPIE FOURIE-TERREIN 3 km wes vanaf die Hornsnekpad aan die R513-pad vanaf Pretoria-Noord na Brits

Kanonsaluut Vlagparade deur perderuiters en Voortrekkers 08:30 - 08:35 Verwelkoming: Voorsitter 08:35 - 08:45 Samesang en insameling van kontantbydraes tov onkoste 08:45 - 09:00 Geleentheidspreker: Mnr Herman Victor, Geskiedenisonderwyser: Die Gelofte en gebeure te Bloedrivier 09:00 - 09:15 Mnr HL (Dup) du Plessis, voorsitter van HS van Blerk-stigting: JM de Wet se geskrifte oor Jopie Fourie 09:20 – 10:00 Geloftefeesdiens: Ds Cassie Aucamp, Geref Kerk Bergsig/Andeon Teksvers Ps 126 “Die Here as beskikker van ons lot” Sang (Totiusberyming): Ps 100: 1, 2, 3, 4 Ps 130: 3 en 4 } Liederwys ou FAK Ps 126: 1, 2, 3 } Liederwys ou FAK 10:05 - 10:15 Voorhou van Bloedrivier-gelofte: Oom Roelie Koekemoer Voorhou van Van Riebeeck-gelofte/gebed: Shandri Lemmer 10:15 - 10:25 Sing van DIE STEM (al vier verse) 10:25 - 10:30 Vorige feesgangers gedurende die afgelope jaar oorlede 10:30 - 10:45 Verkiesing van Bestuur vir 2016 (53ste jaar-fees) 10.45 - 10:55 Bedankings 11:00 - 11:30 Boekie Jopie Fourie – Die saad is in die grond en boekmerke en sleutelhouer/botteloopmakers as aandenkings beskikbaar vir aankope/bestelling 11:30 - 12:00 Nuwe bestuur ontmoet mekaar

Die DWHM Algemene Jaarvergadering het plaasgevind op Saterdag 14 November 2014 by die Jopie Fourie-terrein. Die vergadering is bygewoon deur ongeveer 'n derde van die lede asook 'n aantal nie-lede wat as belangstellendes dit bygewoon het. Gedurende 2015 is 'n positiewe ledegroei van 8% tot op datum aangeteken. Die Maatskappy het egter 'n groot hoeveelheid finansiële verpligtinge wat nagekom moet word. Die voertuig wat deur Working on Fire verskaf word, word bedryf teen ongeveer R17 per kilometer. Verder is daar ook uitgawes om die Jopie Fourie-terrein te onderhou, om kantoorhuur te betaal en om salarisse van werknemers te betaal. Om al die uitgawes te dek is dit nodig om 'n verhoging in die lidmaatskapgelde te implementeer. Vanuit die gehoor is voorgestel dat dit verhoog word na R160 per maand. Dit word na 'n stemming so

De Wildt Nuus en inwoners wens al ons lesers ‘n geseënde en vreugdevolle Kersfees en voorspoedige Nuwe Jaar toe

Feesgangers word hartlik uitgenooi om vanaf 11:00 heerlik saam te kuier en die dag saam met familie en vriende te geniet 3.

WAT BRING ONS SAAM? Eie piekniekmandjie, tee/koffie/koeldrank, eetgerei (vure sal op versoek voorsien word), opvou/kampstoele/-tafels (die terrein beskik nie oor stoele nie).

4.

KLEREDRAG Tradisionele drag sal meer luister aan die fees verleen! Dra dit asseblief, as u het!

5.

'N GELOFTEFEES OM WEER EENS NIE MIS TE LOOP NIE! Kom by hierdie geskiedkundige terrein saam om die gelofte van ons voorouers gestand te doen en die Here te loof vir al die seëninge. Bring u kinders saam sodat hulle nie slegs die gelofte sal voortdra nie, maar ook saam met u kan luister hoe die gelofte ons, die latere geslagte, as Christene raak.

Kontakpersone: Gawie Rossouw (voorsitter) Huistelefoon 012 525 1197 Sakfoon 072 134 1105 Georgie Louw (addisionele lid) Huistelefoon 079 201 0243 Sakfoon 082 374 6879

Manie Lemmer (sekretaris) Huistelefoon 071 693 5993 Sakfoon 082 879 6969 E-pos lemmer.manie@gmail.com Trevor Louw (Penningmeester) Huistelefoon 079 201 0243 Sakfoon 083 548 7587

aanvaar. 'n Voorstel vir korting aan lede wat die ledegelde jaarliks vooruit betaal, word deur die vergadering afgekeur. Drie direkteursposte is deur onbestrede nominasies gevul en word so aanvaar deur die vergadering. Hierdie portefeuljes is Veiligheid Kobus Pieterse Kommunikasie Gertjie Davel Fin, Admin en IT Johan Oosthuysen Vir die portefeuljes van Dienste en Tshwane is geen nominasies ontvang nie en daarom word dit tans oopgelaat. Lede wat bereid is om die taak op hulle te neem, word versoek om self na vore te tree en hul diens aan te bied. Na afloop van die vergadering is die Jaareind funksie aangebied. Nuwe vriende is gemaak en gaste wat hulp verleen het tydens die brande van die afgelope tyd, het gesellig om die braaivleisvure saam gekuier.

Gertjie Davel Trevor en Georgie Louw VLU De Wildt-tak

Kallie en Elize Knoetze Die Bek se Padstal/Drankwinkel Nickol en Sari Knoetze

Kobie Opperman

Wannie en Hanna Scribante

Ina en JG Viljoen

De Wildt Boerevereniging

Clarence en Susan Botha Dries en Marguerite Nel en kinders

Hannie Kroon Manie en Sannie Lemmer


8

De Wildt News

December 2015

Desember 2015

29

De Wildt Nuus

ADVERTEER IN DE WILDT NUUS

ARRIE NEL

APTEEKGROEP Nel Apteek Apteker: Deรกn Krause

% 012 252-4645 Faks: 012 252-6735

Nel III Apteek

Schoemansville

Apteker: Tania Schmidt

Apteker: Izolde Bester

% 012 252-3010

% 012 253-0304

012 252-3014

012 253-0302

Ifafi Apteker: Christo van Staden

% 012 259-1616 012 259-1743

Brits Mall Pieter van Dyk

% 012 250-2837 Fax: 012 250-0932

Ons lewer persoonlike diens

APK WONDERBOOM SAAL TE HUUR TROUES, VERJAARDAE, VERGADERINGS, ENS DIE SAAL BESKIK OOR VOLDOENDE RUIMTE VIR 400 PERSONE MET TAFELS EN STOELE VIR ELK EN DIE HUURGELD VAN R2 000 SLUIT GEMELDE AMEUBLEMENT IN ALLE WEEKSDAE BEHALWE SONDAE. 'N KOMBUIS MET PUIK APPARAAT EN TOERUSTING IS BY DIE HUURGELD INGESLUIT EN TAFELDOEKE, EETGEREI EN BREEKGOED KAN OOK BYKOMEND GEHUUR WORD. 'N TERUGBETAALBARE DEPOSITO VAN R2000.00 WORD MET BESPREKING VERLANG, EN GEMELDE DEPOSITO WORD TEN VOLLE OF GEDEELTELIK TERUGBETAAL AAN DIE EINDE VAN U FUNKSIE AFHANGEND VAN DIE TOESTAND EN HANTERING VAN DIE SAAL EN KOMBUIS MET AMEUBLEMENT EN ANDER ITEMS.

KONTAK EVERT RODERIGUES 082 700 2450 of OUDERLING JAN NEL 084 585 8247


De Wildt News

28

December 2014

9

Die President van TLU SA, mnr. Louis Meintjes, het onderstaande ope brief gerig aan die verbruikers van Suid-Afrika.

Reg. 2009/06/25 Oranjekas is 'n koöperatiewe bank en verwelkom aandeelhouers wat deel wil wees van hulle eie selfstandige bankdienste. Oranjekas word gereguleer deur die CBDA (Cooperative Banks Development Agency). Aandeelhouding vereis die opneem van minstens 5 aandele van R100 elk en lidmaatskap van die gemeenskaplike band (“Volksekonomieklub”).

Dienste aan gekeurde lede sluit in:

Beleggings · Spaarrekenings · Vaste deposito's

· 48 uur opvraagbare beleggings

· Debietkaart (nasionale en internasionale gebruik)

Finansieringsbehoeftes · Verbandlenings · Motorfinansiering

· Persoonlike lenings · Studielenings · Ander tipe lenings

Korttermynversekering makelaarsdienste · Alle tipe versekering

· Mededingende premies

· Bystand met versekeringseise

k e e Br

De Wildt Nuus

Ope brief aan die Verbruikers van Suid-Afrika

Spaar en Krediet Koöperatief Beperk

! g e w

Desember 2015

Oranjekas bied top Bankdiens aan elke aandeelhouer. Sluit nou aan of gouer! Breek weg! Kontak: 086 010 4297, 079 205 1155 kontak@oranjekas.co.za

www.oranjekas.co.za

Die Suid-Afrikaanse Verbruiker Het jy al geëet vandag? Bedank dan die boer en sy plaaswerker, want sonder die boer is daar geen kos, en sonder kos is daar geen toekoms. Natuurlik mag ons Hemelse Vader se voorsiening nie uit die oog verloor word nie. Kan u nog onthou waar die melk oor die pap en in die koffie vandaan kom? Of die vleisie wat so sissend braai op die kole as Wêreldbeker rugby gekyk word? Inderdaad kom dit uit die yskas van 'n winkel. Maar dis nie waar alles begin nie. Dit begin op 'n plaas, waar 'n boer en sy werkers lang ure in wind en weer en versengende sonskyn moet werk om daardie produk so te kry dat u as verbruiker daarmee tevrede kan wees en dit kan geniet. Ons boere is positiewe mense. Hulle boer omdat hulle wil boer, en omdat dit vir hulle bevrediging gee as u as verbruiker hulle produkte geniet. Die boere hou daarvan as hulle positiewe wenke van die verbruiker kry oor hoe om hulle produk nog beter en nog smaakliker te maak. Trouens, daar word jaarliks miljoene rande in landbou-navorsing belê juis om seker te maak dat die produsent, die boer, altyd 'n stappie voor is sodat u as verbruiker juis tevrede moet bly. Waarvan die boer egter nie hou nie, is wanneer hy bedreig word. Sy grond en sy plaas is sy trots, al is die verband daarop nog byna onhanteerbaar hoog. Baie van die grond het lang familiegeskiedenisse. Geslagte boere en plaaswerkers het daar gekom en gegaan, saam swaar gekry, en saam gejuig oor elke suksesvolle oes. Nou is daar mense buite die landbou wat vir die boer wil vertel wat met sy grond moet gebeur. Daar is 'n regering wat 'n beleidsomgewing skep wat dit vir boere al moeiliker maak om voort te gaan met hulle besigheid. U as verbruiker het seker al gehoor van terme soos “grondhervorming”en “transformasie” as daar oor landou en voedselvoorsiening gepraat word? Hierdie is wesenlike bedreigings wat die boere tans in die gesig staar. Helaas gaan hierdie bedreigings nie net beperk bly tot die landbougemeenskap nie. Onlangs was daar groot gewag in die media gemaak van 'n grondeis aan die oostekant van Pretoria wat ook groot dele van die stedelike gebied ingesluit het. Dit was nie die eerste keer dat stedelinge deur sodanige eise geteister is nie, en die verwagting is dat dit ook nie die laaste een was nie. Grondeise kan weer ingedien word tot 2019 en waarskynlik gaan nie-landbougrond ook erg daardeur geraak word. Dit is nie net die eiendomsreg van elke grondbesitter wat op risiko geplaas word nie. Die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika definieer eiendom ook as roerende eiendom. Dit sluit die boer se trekker in, maar ook u as verbruiker se voertuig. TLU SA probeer altyd verantwoordelik wees, en daarom wil ons nie nou die bobbejaan agter die bult gaan uithaal en beweer dat elke voertuig van elke verbruiker nou bedreig word nie. Maar die beginsel van private besitreg is in gedrang, en daardie beginsel moet aangespreek word. Voedselprodusente en voedselverbruikers behoort hierin saam te staan en saam te werk ten einde hierdie gevaar en onsekerheid af te weer. Wanneer daar gepraat word van grondhervorming en transformasie in die landbou-omgewing, het dit 'n uiteindelike uitspeel-effek na die hele gemeenskap. Ons boere produseer voedsel vir alle nagenoeg 60 miljoen mense in die land, en in goeie

tye voer ons selfs uit ook. Grondhervorming sedert 1994 het al getoon dat waar die ideologiese grondhervormingsbeleid nie toegepas word op ekonomies-aanvaarde beginsels nie, daardie grond wat ter sprake is, uit produksie gaan. Tussen 75 en 90% van die grondhervormingsprojekte het reeds misluk. Dit beteken daardie plase produseer nie meer voedsel vir die land se inwoners nie. Intussen word die inwoners in die land steeds meer, as gevolg van natuurlike aanwas aan die een kant, maar ook byna onbeheerste instroming vanuit die noorde aan die ander kant. Almal het kos nodig. Die monde wat gevoed moet word en wat kos op die tafel benodig word meer, maar die boere en ook beskikbare landbougrond word minder. Selfs iemand wat nie noodwendig wiskunde op laerskool geslaag het nie sal kan weet wat dit beteken: voedselskaarste op die lang termyn. So waarom dan hierdie brief van TLU SA aan die verbruikers? Ons het mekaar nodig. Die verbruiker kan nie leef as die boer nie help dat daar elke dag kos op die tafel is nie. Die boer kan nie oorleef as die verbruiker nie sy produkte aankoop nie. Maar beide die boer en die verbruiker gaan nie kan oorleef as ideologiese agendas en inmenging daartoe gaan lei dat minder voedsel geproduseer gaan word, wat kan beteken dat voedsel skaars en/of onbetaalbaar duur word. Die Arabiese Lente het juis in Egipte oor hoë voedselpryse gegaan – daar was nog nie eens 'n tekort aan voedsel nie. Die Regering poog nou om deur sy ideologiese maatreëls 'n “kleur” aan kos dit gee. Die boere het nog altyd kos vir almal geproduseer, ongeag wie die verbruikers daarvan was. Behalwe kos se eie natuurlike kleur (groen boontjies, oranje wortels en rooi vleis) is kos kleurloos, en produsent en verbruiker moet gesamentlik verhoed dat die regering dit rasgebaseer wil kleur. Ons het al gesien wat gebeur met Eskom, Poskantoor, SAL, SAPD en andere wat op daardie basis voorskriftelik gekleur is. Ons kan nie toelaat dat dit met ons kos gebeur nie! Beide die boer en die verbruiker gaan dit nie oorleef nie as daar gepeuter word met die getoetste en bewese beginsels van die vrye mark ekonomiese bestel. Een van die fondamente van die vryemarkstelsel is juis private besitreg, en onbelemmerde ondernemerskap, waardeur elkeen ongebonde seggenskap het in sy eie besigheid. Ons het almal hard gewerk vir wat ons het. Die wat grond, huise, motors of geld gesteel het, is veilig toegesluit in die tronke. Ons hoef dus oor niks skaam te wees nie. Daarom mag ons ook dit wat ons het oppas en selfs die besitreg daarvan verdedig. Daarom dat 'n landbou-organisasie soos TLU SA die verbruiker nooi om saam met die land se voedselprodusente hande te vat, op te staan vir sekere beginsels, en daardeur sekermaak dat ons ook in die jare wat kom, elke dag kos op die tafel gaan hê. TLU SA gaan verder, en wil die verbruiker nooi om as gelyke vennoot hande te vat met die produsente en lid te word van TLU SA. Op die webblad by www.tlu.co.za is volle besonderhede daaroor. As TLU SA dan sê: “Geen boer, geen kos, geen toekoms”, is dit die wens dat die verbruiker homself daarby wil insluit, tot wedersydse voordeel van almal van ons. Dankie dat u as verbruiker steeds u lojaliteit betoon deur ons landbou-produsente se produkte te koop. Ons hoop dat elke dag op u bord 'n feesmaal mag wees, met die komplimente van die kommersiële boer van Suid-Afrika!


10

December 2015

De Wildt Nuus

R12-00 p/kg

Mariëtte Kloppers

Posbus 1, De Wildt, 0251

R10-00 p/kg R10-00 p/kg

BALLET - 2010 LAERSKOOL GENL HENDRIK SCHOEMAN

R15-00 p/kg

Mariëtte Kloppers Posbus 1, De Wildt, 0251

27

Marguerite Nel

012 504 2023 082 788 1670 • Was en stryk van linne en klerasie • Slegs was van linne en klerasie • Slegs stryk van linne en klerasie • Was en stryk van gordyne

De Wildt Nuus

Die korbeelhuise van die Karoo

QS-WASSERY 012 504 2023 082 788 1670

Desember 2015

Maandag en Donderdag vanaf 13:00

EASY BUILD DE WILDT SHOPPING CENTRE TEL: 087 805 8851/2 FAKS: 086 550 0320 SEL: 082 376 0608 E-pos: easybuild@lantic.net

Vir alle boumateriaal en hardeware Vir vriendelike diens en persoonlike aandag besoek ons by

De Wildt Winkelsentrum

Die Karoo is 'n anderste wêreld. Vir die gewone man op straat is dit net 'n lang, vervelige uitgerekte roete wat Gauteng met Kaapstad verbind. Maar, dalk is die behoud van die bekoring van die Karoo juis daarin dat sy skatte diep weggesteek is – daar waar geen flambojante materialis dit kan raaksien nie! Die onmiddelike bekoring van die Karoo lê in die groot, uitgestrekte ongerepte ruimtes, wye-hoek horisonne, steil kranse, golwende heuwels, die marsagtige, oer-oue binnelandse seebodem en 'n hemelruim so groot en wyd dat dit voel of jy saans die sterre kan aanraak … Die Karoo is stil – amper grafstil. Net hier en daar hoor jy die geteem van 'n windpomp of die geblêr van 'n afgedwaalde Dorper. En dan begin die geskiedenis met jou praat… Dit begin in die oerverlede met 'n ryke skatkamer vol fossiele wat glo tot 300 miljoen jaar gelede reeds daar bestaan het. Dit hardloop deur na die eerste geslag – sover terug as wat die beskawing hier aan die punt van Suider Afrika oud is. Dit getuig van 'n vasberade volk wat met geesdrif die onbekende, onheilspellende binneland aangedurf het vir 'n meer belowende toekoms. Dit is hier waar ek wil stilstaan. By die vindingryke pionierboere wat 'n belangrike kultuurskat aan hierdie wêreld gegee het: die korbeelhuise. Hierdie byekorfvormige, wit kliprondawels, wat 'n mens elke dan en wan op die wye vlaktes van die Karoo bespeur, is deur die pionierboere tussen 1825 en 1875 gebou. Dit is belangrike oorblyfsels uit die kultuurgeskiedenis en die geskiedenis van die volksboukunde in Suid-Afrika. Korbeelhuise was meesal 5m in deursnee, 7m hoog en die mure 75 cm dik. Tot ongeveer 2m is die mure vertikaal gebou. Daarna is die opeenvolgende lae plat klippe ry vir ry effens na binne gepak totdat hulle boontoe amper bymekaar uitgekom het en 'n koepeldak gevorm het. Die oorblywende gat is dan met 'n groot plat klip gesluit. 'n Mengsel van kaf en grond wat met water aangemaak is, is gebruik as sement. Dikwels is die klippe bloot netjies opmekaar gepak. Die dik mure en die hoë dak het goeie beskerming teen die somerhitte verleen. In die winter het die klippe 'n bietjie van die son se warmte behou wat die huise effens verwarm het. Die voordeur was gewoonlik 'n bo- en onderdeur en die drempel opvallend hoog bo die grond. Regoor die deur was meesal 'n klein luggat ('n venster) met 'n luik. Die luggat was dikwels skuins sodat die Boesmans nie pyle daardeur in die huise kon inskiet nie. Vloere is gemaak van klei en mis gemeng met osbloed en vet. Dit is glad gepoleer en het 'n rooibruin glans vertoon. In die bouproses met die onreëlmatige stene het rakke en nissies ontstaan wat handig te pas gekom het. Daar waar die mure begin skeef loop het, is dikwels hanebalke aangebring. Dit, sowel as horings aan die mure, is gebruik vir die ophang van apparaat, klere

en biltong. Boere het aanvanklik net een korbeelhuis gebou en dikwels later 'n tweede of derde of selfs 'n langwerpige kamer by die oorspronklike rondawels gevoeg. So het elkeen van die huisies sy eie unieke uitleg gekry. Vandag is daar ongeveer 50 korbeelhuise in die Karoo oor. Om 'n gedeelte van hierdie plattelandse argitektuur vir die nageslag te bewaar, is vyf korbeelhuise onlangs tot monumente verklaar. Hulle is almal in die omgewing van Williston op die plase Grootfontein, Arbeidersfontein, Schuinshoogte, Goraas, Stuurmansfontein, Droogeputs, Klipkolk, Tkokobos en Konka. By Carnarvon kan van die boustyl op die plaaswerwe van Osfontein, Van Aswegenfontein (Silvery Home) en Vischgat gesien word asook by Rietvlei, Driefontein en Louw se plaas in die Fraserburg distrik. Net suid van Sutherland op die plaas Gunsfontein staan ook 'n korbeelhuis. Baie van hierdie huise is beskikbaar vir vakansie akkomodasie . (kyk https://www.lekkeslaap.co.za/akkommodasie-in/karoo) Noudat jy te wete gekom het van een van die vele geheime van die Karoo, glo ek, sal jy baie stadiger deur hierdie mistieke stukkie aarde beweeg op jou roete na die Kaap. Mag jou belangstelling egter so geprikkel wees, dat jy selfs vir jou gesin 'n dag of twee se verblyf in 'n korbeelhuis bespreek. Want kyk, ek glo, in die Karoo sal jy inderdaad kan rus… Bronne: Korbeelhuise, Wikipedia. Geraadpleeg op 30 Oktober 2015 by https://af.wikipedia.org/wiki/Korbeelhuise Schoeman, C. 2013. The historical Karoo – traces of the past in South Africa's arid interior, Kaapstad: Zebra Press. In die vorige uitgawe is in 'n artikel van "korbeelhuise" gepraat. In geval ons lesers nie die soort gebou ken nie, het Marguerite vir ons hierdie inligting op skrif gestel.


26

De Wildt News

December 2015

HULDEBLYKE Manie Lemmer

WILLIE SMIT * 26.09.1957 † 23.10.2015 Willie het ons in 'n motorongeluk ontval. Skielik was hy nie meer by ons nie. Willie het veral by die skool en by die Boerevereniging sy kant gebring en daarom sal hy baie gemis word. As verteenwoordiger het hy ook op die Veiligheidskomitee van die TLU SA gedien en hy was jarelank ook by die DWHM betrokke, veral wanneer dit om veiligheid van sy medemens gegaan het. Ons sal Willie onthou as gesinsman, as vriendelike en behulpsame medemens. Ek onthou ook goed hoe baie hy dit waardeer het toe ek 'n hele paar jaar gelede by hom besoek afgelê het tydens sy hartomleidingsoperasie. Verlede maand nog was hy ook in ons blad vermeld toe hy 'n prysvakansie kon gaan geniet saam met Christa. Aan al sy naasbestaandes bring ons redaksie ook langs hierdie weg ons bede van vertroosting. Ons dink aan julle en sal hom saam met julle onthou.

JAMES ANSELL CILLIÉ * 25.05.1926 † 10.11.2015 Weer eens moet ons afskeid neem van 'n oudinwoner van ons gebied, Jimmie en sy gesin het jarelank alhier gewoon en eers na Carolina se wêreld uitgewyk, maar hy het reeds weer geruime tyd saam met sy eggenote Kitty in die Montana Aftreeoord gewoon, waar hy kort voor sy negentig jaarbestaan oorlede is. Jimmie en Kittie was tydens hul verblyf alhier meelewende inwoners en hy was baie betrokke by die Boerevereniging en ook by die vereniging wat destyds ons inwoners se belange behartig het. Ons treur saam met sy eggenote en ander nasate Jimmy se heengaan, maar weet ook dat sy nagedagtenis vir hulle kosbaar is soos vir ons, die vriende met wie hy lank hier saam gewoon en gewerk het. Saam met hulle sal ons hom onthou as 'n ware vriend.

Desember 2015

De Wildt News

11

Drie spruite se Pinocchio-reis Cisca Henrico

Die reis begin toe my oudste, Henri, Pinocchio kleuterskool toe is in Januarie 2009 op 3 jarige ouderdom. Daarna het boetie Tiaan my gek gehad by die huis en wou net elke dag saam met sy Boeta skool toe. So presies 'n maand later is Tiaan ook saam skooltjie toe op 1 jarige ouderdom. Henri was 'n baie skaam kind en teen die einde van sy eerste jaar by Pinocchio het hy tot almal se verbasing alleen gesing en gediggies opgesê by die skoolkonsert. Tiaan was ook van dag een af mal oor skool en al die maatjies. Daar was nie een oggend 'n tranedal of gekerm om skool toe te gaan nie. Albei boeties het floreer by Pinocchio. So nodeloos om te sê toe dit sussie, Annemie, se beurt vir skooltjie toe gaan is, het ek haar ook op eenjarige ouderdom ingeskryf. Nes die boeties was sy ook dolgelukkig by Pinocchio. By Pinocchio kry die kinders geleentheid om baie te SPEEL! Goeie waardes word geleer en die oulikste goedjies kom altyd huis toe wat die kleingoed gemaak het. Ons reis saam met Pinocchio loop nou ten einde na 6 jaar.

Zodiac Dierekliniek Tel: 012 252 1266 Fax: 012 252 6357

Ek het 3 spruite wat ontpop het in selfstandige kinders en ek wil graag vir Elsie Wallace, Suzan en medepersoneel dankie sê vir al hul hulp in die vorming en opvoeding van my kinders. Dit word opreg waardeer.

PHILLIP VAN RENSBURG ORTOPEDIES Gwarrieboslaan 32, Wonderboom E-mail: philort@bitcc.co.za louisejvr@bitcc.ca.za

012 543 3020 083 251 5223 082 927 1267

31 Carel de Wet weg, Posbus 460, BRITS 0250

• Prosthetics - Artificial limbs & Breast prosthesis • Orthotics - Spinal bracing, Compression stockings

NAOMI FOURIE * 24.01.1939 † 02.10.2015 Johan en Naomi het jarelank, feitlik hul hele leeftyd, in hierdie gebied te Wildebeesthoek met hul kinders gewoon, voordat hulle 'n paar jaar gelede nader aan Pretoria-Noord na Eden-aftreeoord verhuis het, waar sy haar eggenoot Johan aan die dood moes afstaan. Naomi het die afgelope tyd swak gesondheid ervaar en op 2 Oktober is sy oorlede. Naomi was 'n getroue lidmaat en kerkganger by die APK Wonderboom en ons weet ook dat sy geweet het “waar haar hulp vandaan gekom het”, soos die Psalmdigter in Ps 121 geantwoord het, die teksvers wat ds Viljoen tydens haar begrafnisdiens op 7 Oktober weer duidelik toegelig het. Langs hierdie weg wil die redaksie ook graag ons innige meegevoel met haar kinders en kleinkinders en ander familie oordra. Ons bede is dat haar nagedagtenis vir julle almal goed en mooi is en dat hierdie herinnering vir julle tot troos sal wees.

• Feet evaluation / Custom made inner soles • Ankle - Knee - Wrists & Shoulder braces • AFO - Callipers, Drop foot - & Night splints • Medical - Surgical & Safety shoes + alterations • Frail care - Hospital equipment & Wheelchairs • Contracted in with mos medical schemes WCA/RAF • Former Lecturer for Orthotics & Prosthetics TUT Pta

Dr GS Scheepers (BVSc) 082 785 1593

E-mail: zdk@vodamail.co.za

• Orthotics & Prosthetic related - Claim and Legal reports • Assessor TETA - ASSR14-76


12

December 2014

De Wildt News

Die Sederberge Manie Lemmer

In die negentigerjare van die vorige eeu het ons reeds die voorreg gehad om in die Sederberge naby Clanwilliam rond te reis. Die natuurtonele in hierdie gebied is asemrowend en oral is daar bergstroompies (ook riviere) wat met die borrelende en sagte geluid van die water 'n mens lus maak om vir altyd net daar te kan woon, tussen blomme, berge en die mooiste rotsformasies. Ons kon ons vriende nou weer na hierdie pragtige plek, hoofsaaklik natuurreservaat in die berge, neem en ons kon weer die mooi Stadsaalgrotte, Lot se Vrou en Boesmantekeninge waarneem. 'n Mens se kamera kan byna nie genoeg foto's neem nie, om elke draai wag 'n foto om geneem te word. Terwyl ek sit en tik aan hierdie artikel hoor ek oor Pretoria FM hoe Heinrich Marnitz, omroeper, aan sy medeuitsaaiers vertel dat hy nog nooit gaan blomme kyk het nie. Watter leemte in hierdie gevierde omroeper se lewe wat spreek van al sy reise oor die wêreld heen, maar nog nooit die blommeprag van ons eie land kon ervaar nie. As julle nog nie gaan blomme kyk het nie, merk die datums ongeveer 15 Augustus tot 15 September in julle kalender vir volgende jaar. Moenie uitstel nie! Gaan! Julle sal nie teleurgestel wees nie. Ek beskik oor baie gegewens tov sodanige reise en sal dit met graagte met julle deel as julle in 2016 daarheen wil reis. Ek laat weer die foto's tot ons lesers spreek.

Pim en Ina Bronkhorst by die Stadsaalgrotte

Desember 2015

De Wildt Nuus

ONS GOD IS ’N GOD VAN HOOP (6) JESUS CHRISTUS IS ONS HOOP

Lot se vrou - Sederberge

Boesmantekeninge by die Stadsaalgrotte

25

Ons sluit vanjaar hierdie reeks af met "Jesus Christus is ons hoop". Telkens het ek u gewys op die sondeval in die paradys. U het ook gelees dat God die sonde straf, maar dat God ook genadig is en sonde vergewe. Ek verwys weer na Gen 3:15 waar God aan Eva 'n belofte maak nadat hy die slang gestraf het. Luister wat God aan die slang sê: Ek sal vyandskap stel tussen jou en die vrou. Hy sal jou die kop vermorsel, en jy sal hom in die hakskeen byt. Dit is die belofte van God dat 'n Seun gebore sal word wat die kop van die slang sal vermorsel. Die slang ( dit is satan) sal hom in die hakskeen byt. So het die vroue van die volk van God vir eeue gewag en gehoop dat een van hulle seuns die die kop van die slang sal vemorsel. Elke keer wanneer die volk gesondig het, het God hulle gestraf. Na 'n tyd was God weer genadig en het hulle verlos van hulle vyande as hulle berou oor hulle sonde getoon het. Maar God se tyd is God se tyd. En so het God se tyd aangebreek om Sy Verlosser na die aarde te stuur. In Jes 7:14 en Mida 5:1 lees ons hoe hierdie profete ook die koms van die Verlosser voorspel het. DIE BOODSKAP AAN MARIA EN JOSEF Maria, wat aan Josef verloof was, was besig in haar huis. Skielik verskyn 'n engel van die Here aan haar met 'n boodskap. Lees dit in Luk 1:26 - 32. Die engel sê: Geseënd is jy onder die vroue. Moenie vrees nie Maria, want jy het genade by God gevind. Jy sal 'n seuntjie verwag en jy moet hom Jesus noem. Hy sal die Seun van die Allerhoogste genoem word. Hy sal Koning wees oor die huis van Jakob. Hy sal Seun van God genoem word. Maria sê toe vir die engel: Laat dit met my gaan volgens u woord. Sy is die diensmaagd van die Here. En toe verdwyn die engel. Josef, wat aan Maria verloof was, hoor toe dat Maria verwag. Hy wou toe nie met haar trou nie, maar kyk wat gebeur. Daar verskyn 'n engel van die Here aan hom en sê: Josef, seun van Dawid, moenie bang wees om met Maria te trou nie. Die kindjie wat sy verwag kom van die Heilige Gees. Sy gaan 'n seuntjie hê en jy moet hom Jesus noem, want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos. Lees dit in Luk 1: 18 - 24. JESUS SE GEBOORTE Josef en Maria het in die dorpie Nasaret gewoon. Keiser Augustus het 'n bevel uitgestuur dat al die mense van die hele wêreld ingeskryf moet word. Hulle moes na die dorp waar die man gebore is, gaan en daar moes hulle name opgeskryf word. So is Josef en Maria na Betlehem. Daar was geen plek vir hulle om te bly nie. Uiteindelik het een eienaar sy stal vir hulle gegee om daar te slaap. Jesus is daar gebore. Maria het hom in doeke toegedraai en in 'n krip neergelê. DIE SKAAPWAGTERS VIND JESUS In die veld van Betlehem het skaapwagters hulle skape opgepas. Skielik staan daar 'n engel van die Here by hulle. Hulle het baie bang geword. Moenie bang wees nie, sê die engel. Ek bring vir julle goeie tyding van groot blydskap. Vandag is die Saligmaker wat Christus die Here is, in die stad van Dawid gebore (dit is Betlehem).

Sannie Lemmer

Dit is vir julle die teken: Julle sal 'n Kindjie vind wat in doeke toegedraai is en wat in die krip lê. Skielik was daar baie engele wat God prys en sê: Eer aan God in die hoogste hemele en vrede op aarde, in die mense 'n welbehae. Toe die engele weggegaan het besluit die skaapwagters om dadelik na Betlehem te gaan en die Kindjie te gaan soek. Net soos die engel gesê het, het hulle die Kindjie in die krip gekry en Maria en Josef by die Kindjie. Die skaapwagters het teruggegaan en oral vertel wat met hulle gebeur het. Toe is hulle terug na hulle skape en het God verheerlik en geprys. DIE WYSE MANNE UIT DIE OOSTE In die Ooste was daar sterrekykers wat 'n vreemde ster gesien het. Dit was 'n teken dat daar iewers 'n koning gebore is. Hulle het goud, wierook en mirre saam met hulle geneem en met hulle kamele die reis aangepak. Die ster het hulle tot by Jerusalem gelei. Daar doen hulle navraag oor die geboorte van 'n koning. Koning Herodes laat al die geleerdes soek en uiteindelik kry hulle dit. In Betlehem sal die Verlosser gebore word. Die wyse manne is daarheen en vind Jesus by sy moeder. Hulle val neer voor Jesus en bewys aan hom hulde. Hulle gee hulle geskenke en vertrek. In 'n droom word hulle gewaarsku om nie weer na Koning Herodes te gaan nie. Hulle is toe met 'n ompad terug na hulle land. JESUS SE STERWE, OPSTANDING EN HEMELVAART Tydens Jesus se kruisiging moes dit nie net vir Hom nie, maar vir al die toeskouers iets verskrikliks gewees het. Drie manne word gekruisig. Jesus vergeef sy vyande hulle sonde. Daar het duisternis oor die hele aarde gekom vir drie uur lank. Die voorhangsel van die tempel het middeldeur geskeur. Daar het 'n aardbewing gekom en die rotse geskud. Die grafte het oopgegaan en baie liggame van die ontslape heiliges het opgestaan. Die hoofman oor die soldate het God verheerlik en gesê: Waarlik, hierdie man was regverdig. Mattheus het geskryf dat die hoofman gesê het: Waarlik, hy was die Seun van God. Jesus is in 'n nuwe graf begrawe. Daar is 'n groot steen voor die graf gerol. Na drie dae het Jesus lewendig geword en die graf verlaat. Lees gerus Matt. 28:1-7. Die graf was leeg en Jesus het daarna aan talle mense verskyn. Jesus was nog 'n tyd op aarde en toe het hy sy dissipels wat nou apostels was, uitgelei na Betanië. En terwyl Hy hulle seën het Hy van hulle geskei en is in die hemel opgeneem.. Wat 'n groot gebeurtenis, bo ons verstand! IS ONS GEREED OM ONS VERLOSSER TE ONTMOET MET SY WEDERKOMS? Dit sal die oordeelsdag wees. God en Jesus sal daar wees. Jesus sal as Middelaar optree tussen elkeen van ons en God. As jy glo dat Jesus jou Verlosser is en jou sonde vergewe het, dan is jy kind van God. Jesus het aan die kruis met sy bloed vir jou en my sonde betaal. Dan sal jy na jy gesterwe het, die ewige lewe kan ingaan na God. As jy nie glo dat Jesus jou Verlosser is nie en vir jou sonde aan die kruis betaal het nie, sal jy nadat jy gesterwe het, die ewige dood ingaan, sonder God. Daar is HOOP! Kies nog vandag jou Verlosser, Jesus Christus! Môre mag te laat wees...


De Wildt News

24

TREVOR LOUW - 80 JAAR Georgie Louw

December 2015

Piet Redelinghuys - 80 jaar Ina Redelinhuys

Desember 2015

De Wildt News

13

SENIOR BURGER “HIGH TEA” Manie Lemmer

2015 was voorwaar vir die Redelinghuyse van Afrit 128, Wildebeesthoek 'n groot jaar. Hulle kinders wat in Perth, Australie woon, het kom kuier, want hulle wou nie hulle Pa se 80ste verjaarsdag misloop nie. Op 12 Februarie 2015 het Piet sy 80ste verjaarsdag gevier saam met sy eggenote Ina, kinders en kleinkinders. Hul een kleindogter, Dominique het ook haar 16de verjaarsdag gevier. Elmien, Karien en Nicolaas het vir Piet 'n onthaal gereel by Rory en Karien se huis in Ashley Gardens, Menlyn. Daar was 96 gaste. Almal het heerlik geëet en gekuier. Ons dank die Here vir die groot mylpaal en dat Piet so lank vir sy gesin gespaar is. Hul ander hoogtepunt was toe hulle vir hulle kinders in Perth, Australië gaan kuier het. Hulle was vir 3 maande op besoek daar. Voorwaar 'n wonderlike voorreg en ondervinding. Meer word in vlg uitgawe vertel van ons besoek aan Australië.

076 491 1833

ADVERTEER IN DE WILDT NUUS

Trevor is op 26 September 1935 in spoorweghuis nr 1, Ngodwana, gebore. Omdat sy pa vir die spoorweg gewerk het, het hulle dikwels rondgetrek. Hy begin skoolgaan op Steelpoort waar daar net 17 kinders in die skool was. Later jare toe hulle op Rayton bly, ry hy met die trein Afrikaans Hoër Seunskool toe. Toe sy pa in 1953 na Harold, naby Oudtshoorn, verhuis, word hy 'n koshuiskind by Affies. Ek was toe ook by Affies in die koshuis. Een aand het die meisies die voorreg gehad om volkspele te gaan doen by die seuns. Op die stadium speel ek in die orkes die trekklavier. Ek sien toe die nuwe seun staan in die deur en kyk maar net hoe die ander kinders volkspele doen. Ek sit my trekklavier neer en nooi hom om saam te speel. Hy sê hy weet niks van volkspele nie. Ek sê ek sal hom leer. Die res is geskiedenis. Na matriek gaan studeer hy by Tukkies en in 1958 kwalifiseer hy as Bourekenaar. In 1956 raak ons verloof en trou op 11 Januarie 1958. Ons kon eers trou nadat ek as verpleegster gekwalilfiseer het. In 1960 keer ons terug na die plaas. In 1960 begin hy sy eie besigheid as Louw en Lues en later jare word die firma Louw, Huyskamp en Vennote. Drie kinders, Llewellyn, Thea en Jakkie is gebore. Die kinders is wonderlik en sorg goed vir ons. Trevor was een van die eerste Direkteure van die De Wildt Helpmekaar Maatskappy. Hy dien ook jare op die redaksie van die De Wildt-Nuus en so ook op die Jopie Fourie-Geloftefeesbestuur Op 11 Januarie 2016 sal ons 58 jaar getroud wees. 'n Wonderlike eggenoot vir my en pa vir sy kinders.

Op 28 Oktober het die DDO (Dames Diensorganisasie) onder leiding (of is dit aanvoering of bevel) van Kobie Opperman weer eens hulle slag gewys. Met seremoniemeester Gertjie Davel en gasspreker Phil Louw, met ’n pragtige toespraak (in Februarieuitgawe), het sake in die pragtige lokaal van La Rosa Leda van Rosalie en Manie die sowat vyftig senior burgers so tuis laat voel dat hulle die funksie met traagheid verlaat het. Die verrigtinge is met skriflesing en gebed deur Manie Lemmer geopen; hy het ingestaan vir die Oupa van die Jaar, oom Roelie Koekemoer wat toe pas onder groot operasie was. Elkeen kon die verrigtinge met die allerheerlikste verversings en die aanmekaargeselsery so geniet dat die tyd vanaf 10:00 tot 13:00 omgevlieg het. Behalwe die toespraak van Phil en hierdie waardering van die aanwesige senior burgers vir hul jonger vriendinne vir die puik onthaal en goeie versorging spreek die paar foto's boekdele. Dames, Doe so voort! Ons geniet dit elke keer en waardeer julle.

Baie geluk! Richard Lemmer, kleinseun van Manie en Sannie, het gedurende die eerste semester al die vakke van sy spesiale kursus by die Law Society of South Africa se Legal, Education and Development met vlieënde vaandels geslaag. Hy was een van die toppresteerders en het meer as 70% gemiddeld in al die vakke behaal. Hierdie kwalifikasie het vir hom een hele jaar se klerkskap (gewoonlik twee jaar lank) beteken, sodat sy klerkskap slegs een jaar geduur het. Richard het ook pas die eksamens vir toelating as volwaardige prokureur geslaag. Hy het ook in September verloof geraak aan mej Wilmi Marshall, ook 'n kandidaatprokureur met 'n LLM-graad.


14

De Wildt News

Hanna Scribante

December 2015

DWBV Nuus

Boereverenigingvergadering 3 November 2015: Indringerplante: Gerald Lekhuleti, 'n projekbestuurder van Werk vir Water het sedert Februarie 2014 vir die derde keer 'n vergadering van De Wildt Boerevereniging besoek. Die bestuur van DWBV het ook verlede jaar met hom by sy kantoor vergader. Hy het aan Lood Schoeman, wat die omgewingsbestuur van DWBV hanteer, duisende rande se gifstowwe wat indringers dood, verskaf wat in samewerking met Wannie en Hanna aan die lede versprei is. Tans is daar 'n paar kontrakteurs van Werk vir Water wat indringers soos veral lantana, sering en bloekom in ons omgewing dood.

Landbousektor voorsorgfonds (LSVF): Maxi Voorsorgfonds: Johan van Rooyen en Marli Craemer van Maxi voorsorgfonds het ons by die vergadering besoek en waardevolle inligting deurgegee. Maxi voorsorgfonds wat al 21 jaar oud is, het die LSVF fonds, wat deur ABSA op tender uitgesit is, gewen en hulle bestuur al 4 jaar die Landbousektorvoorsorgfonds. Hierdie fonds sluit alle aspekte in wat met landbou te doen het en nie net landbouwerknemers nie. Na 'n intensiewe ondersoek het hulle seker gemaak dat hulle die beste plan op die mark in Suid-Afrika kan lewer. Die unieke voorsorgfonds bied aftree-, uitdienstreding-, sterfte-, ongeskiktheid- en begrafnisvoordele in 'n enkele pakket aan die werknemers in die landbousektor aan. Aftreevoordeel: By aftrede word die lid se sterfte-, ongeskiktheids-, en begrafnisvoordeel beëindig. Die lid is geregtig op die totale waarde van sy of haar spaarkomponent soos op die dag van aftrede. Sterftevoordeel: By afsterwe van die lid voor aftrede, word die lid se sterfte- en begrafnisvoordele volgens die gekose plan aan die lid se afhanklikes betaal. Ongeskiktheidsvoordeel: By die totale ongeskiktheid van die lid voor aftrede, word die lid se gekose voordeel volgens die plan plus die lid se spaargedeelte aan die lid betaal. Voordeelstrukture: Om voorsiening te maak vir verskillende behoeftes, word verskillende voordeelplanne aangebied.

Dit kan later na gelang van die behoefte en uitwerking van inflasie, uitgebrei word. Debietkaart: Nuut op die mark is Maxi se bankonafhanklike kaart wat 'n tenvolle geïntegreerde debietkaart is en wêreldwyd by enige plek kan koop of by 'n kasregister kan geld trek. Die werkgewer word gefika, nie die werknemer nie. Die werkgewer soos die boer kry 'n aantal kaarte wat onaktief is totdat die werknemer se eerste salaris inbetaal word en dit aktief gemaak word. Die werknemer kry 'n nommer volgens internasionale algoritme uitgewerk . As hy of sy die kaart verloor, bel hy deur en binne 20 minute word sy kaart gekanselleer en kan hy 'n nuwe kaart en pinnommer kry. Daar is 'n 24 uur hulplyn. Dit is 'n veilige, maklik werkende en goedkoop kaart. Dit werk 40% goedkoper uit as enige ander kaart. Die kaart kan nooit in debiet gaan nie. Vir verdere inligting oor die LSVF en die unieke, bekostigbare planne wat dit bied, besoek die webwerf www.aspf.co.za. Of skakel 011 225 8340 of 086 1112 750

Desember 2015

De Wildt News

23

Vroue Landbou-Unie Nuus Margaret Troskie - Skakelbeampte

HARTIES METSI A ME (Harties, My Water) Hartbeespoort, of Harties waarna almal informeel verwys, was vroeër Schoemansville (vernoem na die Boeregeneraal Hendrik Schoeman). Afgesien daarvan dat die dam bekend is vir sy swak waterkwaliteit, word daar steeds 'n verskeidenheid watersport geniet. Jaarliks is daar 'n 50 km ultra marathon Om die Dam. 'n Projek, Harties Metsi a me, geloods deur Dept van Waterwese en Bosbou om oplossings te soek vir die waterkwaliteit-probleme vanaf 2004 tot 2015 beloop al R900 miljoen. VLU De Wildt-taklede het almal eet- en drinkgoedjies gebring en 'n heerlike oggend op 'n boot verwyl. Dis 'n lieflike gesig om vanaf die dam na die mooi huise, kleurvolle tuine en water tot doer ver te kyk terwyl daar 'n koel briesie waai.

Dankie De Wildt 4x4 Graag wil die bestuur en lede van De Wildt Boerevereniging vir Louis en Alexander van der Merwe bedank dat ons weereens ons vergaderings hierdie jaar by julle pragtige lapa kon hou. Dit word opreg waardeer. Dankie dat julle hand oop is vir die De Wildt-gemeenskap.

Boereverenigingbestuur 2015/2016: Tydens die re-organisasie op 3 November is die bestuur net so herkies naamlik: Voorsitter: Wannie Scribante Ondervoorsitter: Gertjie Davel Sekretaresse/tesourier: Hanna Scribante Addisionele lede: Gert Prins en Lood Schoeman. Dis met leedwese dat ons moes afskeid neem van bestuurslid en veiligheidsverteenwoordiger Willie Smit by sy begrafnis . Willie was 'n hoë boom wat geval het. 'n Staatmaker en iemand wat altyd bereid was om te help. Ons gaan hom baie mis. Ons dink aan sy vrou Christa, kinders en kleinkinders en bid vir hulle krag en sterkte toe met hulle groot verlies en die moeilike tyd wat vir hulle voorlê.

INLIGTING OOR BOME VAN DIE JAAR 2015 Field Guide to Trees of SA en Veldgids tot die Bome van die Kruger Wildtuin - Piet van Wyk BOSVADERLANDSWILG COMBRETUM KRAUSSII Kom voor vanaf die KZN seekus tot in die oostelike bergreekse, meestal in areas met hoë reenval en veral in ruie klowe. Die vrugte is vier-vlerkig, tot 2cm lank rooi tot roesrooi en verdroog na bruin. Hierdie woudbome word in die laat lente baie opvallend wanneer hul vars blare tydelik verkleur na bleekwit. Jong stamme is buigbaar en word gebruik in die maak van mandjies.

WILDEPIETERSIELIEBOS HETEROMORPHA TRIFOLIATA Die struik, bos of klein boompie word ook erken vir sy medisinale kenmerke vanaf die vroegste tye. Word veral gebruik vir behandeling van geestestoestande. Dit maak, volgens Afrika-gebruike, die bloed skoon, help met ontwurming, slapeloosheid, koors en die rook van die hout word ingeasem om hoofpyn te verlig. Blare ruik soos pietersielie wanneer dit fyngedruk word.


22

De Wildt News

December 2015

Vroue Landbou-Unie Nuus Margaret Troskie - Skakelbeampte

ONS HOU BOEREJOL Op 22 September het ons opedag gehou in 'n pragtig versierde saal met oranje en groen. Die pampoene, voelverskrikkers, sonneblomme en windpompe was die breinkind van Madelein van der Watt en sy het ure bestee om dit alles gemaak te kry. Ander lede het heerlike boerekos gemaak en almal was bereid om hul deel te doen sodat die oggend 'n groot sukses was. Dit was 'n voorreg om 'n hele handvol baie belangrike persone om 'n tafel te kon hê. Mev Barbara Nel het vertel van 'n boemelaar wat sy slegte ouers vir sy toestand blameer het . Sy ryk en voorspoedige broer, het ook dieselfde antwoord gegee. Maak dus die keuse vir lewensvreugde. Charmaine Blomerus, ons spreekster, is beslis iemand wat vol lewensvreugde is en dit oral saai. Sy moedig ons aan om opregte vriendskappe te sluit en jou mede VLU lede aan te vul. So ook moet ons vriendelik wees teenoor vreemdelinge. Aanvaar verantwoordelikheid vir jou dade. Ons is kosbaar in God se oë en Hy het vir ons 5 sintuie gegee om die lewe te geniet. Begin gee en onthou om dankie te sê.

Margaret Troskie, Carlien Retief en Lydia Snyman by die voëlverskrikker. Jakkie Louw het saam met Kallie en Jaco vrolikheid verleen aan die oggend deur ons te vermaak met boeremusiek. Jakkie het vertel hoe lekker dit is om net in te val en saam musiek te speel.

Wees voorbereid op krisis Hester Kilian het Rina en Malcolm van Crisis on Call genooi om te hoor wat ons kan doen om meer gemoedsrus te hê oor alles wat mens van dag tot dag kan tref. Wanneer mens deel is van die groep, hanteer hulle alle krisisse byvoorbeeld om gemonitor te word wanneer jy op reis is, hartaanvalle, ongelukke, allergie vir bysteek, ens. Na deeglike navorsing is 4 ambulanse goedgekeur. Ambulans- en vliegkoste word betaal. Wanneer persone wegraak, sit hul die regte stelsels aan die gang. Die basiese produk, teen R87 per maand, sluit 'n armbandjie met jou unieke nommer in wat al jou inligting bevat . Kinders mag die bandjies skool toe dra. Hul werk tans net tot by die landsgrense en reik uit na persone in voorstede, kleinhoewes en plase.

Sprekers Malcolm en Rina saam met Hester Kilian

Desember 2015

De Wildt News

15

Stutte in ons lewe Sannie Lemmer

Ons het talle vriende in ons lewe vir baie jare. Georgie en Trevor Louw is reeds 43 jaar ons vriende. Dan is daar Alwyn en Dollie Burger van Pietermaritzburg. Ons het hulle leer ken toe ons ons strandhuis gebou het. Dit is langer as 30 jaar. ’n Ander vriendskap is Marie Barkhuizen van Jagersfontein. Ons ken mekaar langer as 60 jaar. Dit is eintlik ons hele lewe lank. Vandag wil ek oor Marie gesels. Marie bly op hulle plaas net buite Jagersfontein. Haar eggenoot is so 'n paar jaar gelede oorlede en toe bly sy alleen oor. Sy en die huisbediende, die tuinjong en die honde. Dan is daar baie skape op die plaas. Hulle word soggens uit hulle kamp of skuur uitgejaag om te gaan wei en saans weer terug na hulle slaapplek. Die skape word op sekere tye van die jaar geskeer en dan is dit 'n groot woeligheid. Marie en haar huishulp kook vir die span kos en voorsien koue water as dit so warm is. Ons was al 'n paar keer daar tydens skeertyd. So tussen die kosmakery kry die hanslammers ook hulle bottels. Ook hiervoor sorg Marie. Haar plaashuis is groot en ons word altyd met liefde en gulhartigheid ontvang. Ons is die mense na aan haar hart. Sy praat oor alles en ons luister. Soms doen ons ook wat nodig is. Vanjaar het ons familielid Pim wat lekker lank is, vir Marie gloeilampe vervang. Hy het ook skilderye reg geskuif wat sy nie kan bykom nie. Toe vertel sy ons dat sy nou sukkel om uit die bad te klim. Net daar gooi ons wal. Marie, van vandag af gaan jy stort. “Maar ek is bang om te stort.” Ek is dadelik na haar badkamer. Daar is 'n groot stort, maar dit is eintlik 'n bêreplek. Die manne word aangesê om die stort leeg te maak. Nou was Marie in 'n hoek gedryf. Wat in die stort was, is nou in die bad en die stort is leeg. Alles werk by die stort. Marie, jy hoef nie bang te wees om te stort nie. Ina sal naby jou wees. En daardie aand was dit haar eerste stort. En was dit vir haar 'n fees. Ons het almal in hierdie fees gedeel.

As Marie of ons mekaar nou skakel, dan vertel sy eerste dat sy nog steeds stort. Dankie daarvoor. Ons het haar gehelp om haar vrees te oorwin. Marie het, net soos Manie, Latyn as hoofvak geneem. Albei was Latyn-onderwysers. Hierdie keer het hulle lank geredeneer oor iets in Latyn. Sy wou seker maak of sy al die jare aan haar leerlinge die korrekte ding geleer het. Sy het toe en was baie verlig. Sy het nou afgetree en gaan voort met haar boerdery. Elke keer as ons na Namakwaland gegaan het om blomme te gaan kyk was ons eers by Marie aan of anders het ons met die terugkoms by haar oorgebly vir so 'n paar dae. Dan moes ons vertel en foto's wys. Sy kon nooit saamgaan nie, want wie sal na die hanslammers en die skape kyk. Die dag as ons vertrek weet ons dat dit weer 'n tyd sal duur voordat ons mekaar weer sal sien, of dalk is dit die laaste maal? En dan kom Marie se trane. Ag, ek wens julle kon langer bly, sommer lank! Dit is so alleen hier op die plaas. Ons het vir haar lewe van buite gebring. Maar sy het nooit geweet dat sy ook aan ons innerlike lewe gegee het nie. Ons admireer haar, soms kry ons haar jammer, ander kere beny ons haar hierdie stilte. Ons vlug weg van die stede, die taxis wat jou dood wil ry, die geraas en getoeter, die harde gepraat in die winkels, ja, noem maar op waarvan ons wegvlug en hier kom stilte soek. As Marie moedeloos word en met ons oor die foon gesels, hou ons haar hande omhoog in gebed. Ons is soos Aäron en Hur wat Moses se arms omhoog gehou het sodat die Israeliete die oorlog teen die Amalekiete kon wen. Elke keer as Moses moeg geword het en sy arms laat sak het, het die vyand begin wen. Dan het Aäron en Hur sy arms hoog gehou en die Israeliete het weer begin wen. So het hulle die oorlog gewen. Dit is die dinge wat vriende en familie aan mens doen sodat jy die oorlog in jou lewe kan oorwin. Wees jy vandag die Aäron en die Hur in die lewe van jou naaste. Word die stutte wat nodig is vir oorlewing.


16

De Wildt News

December 2015

Desember 2015

De Wildt News

KLUB LEKKERRUS/LIBERTAS

NABOOMSPRUIT (Mookgopong) ± 200 km vanaf Pretoria Kom geniet die Bosveld en die heerlike warm water van hierdie twee private oorde wat behoort aan gekeurde permanente lede van Klub Lekkerrus/Libertas. Al is u nie 'n permanente lid nie, kan u van jaar tot jaar jaarlidmaatskap bekom, maar u aansoek is aan keuring onderhewig. U is welkom om by hierdie twee warmwaterbronne Lekkerrus en Libertas te kom vakansie hou teen bekostigbare tariewe, met kortings van tot 50% in buiteseisoenstye. Spesiale korting vir groepsbespreking. Nota: Gekanselleerde lidbelange vir herverkoop beskikbaar

Fasiliteite beskikbaar: Woonwaterreine met kragpunte en gerieflike ablusieblokke Rondawels en kothuise (“chalets”) Warmwater swembaddens • Rumatiekbaddens Borrelbaddens • Waterglybaan Set-setbaan • Damme vir hengel Saal en konferensiesaal vir troues en funksies

Navrae: E-pos:

We specialise in Building Finishing

Lekkerrus@lantic.net Tel: 014 7439300

21


20

Desember 2015

De Wildt News

Raai, Raai, Riepa ...

De Wildt News

Dankie aan ons borge: Lizzy's Jumping Castles, Nonyane Bush Camp en Castle Walk Restaurant.

Saamgestel deur John J Brown

SKITTERENDE KRIEKETSEISOEN - James Labuschagne -

mannetjie valskerm. 9. Wat is Mnr se lewensfilosofie? Doen aan ander wat jy graag aan jouself gedoen wil hê! Ek wil vreeslik graag elke kind wat oor my pad kom inspireer tot GROOT dinge! 10. 2015 is verby en eersdaag is dit 2016. Wat is Mnr se eindjaar- en Nuwejaarsboodskap aan die Vissies? Wat 'n warrelwindjaar. Ons het hoogtepunte en ja, ook laagtepunte gehad. Ons hou die goeie en leer uit die slegte! Mag daar in 2016 vir ons hier by Laerskool Vissershoek net goeie, lekker en voorspoedige dinge voorlê. Probeer net jou bes, niemand kan meer van jou verwag nie!

Twee opkomende Blou Bulle!

Die O/13 krieketspan, afgerig deur mnr Peet v d Westhuizen, het vanjaar besonder goed gevaar en was die distrik se liga wenners. Hulle het o a teen groot skole met sterk spanne gespeel, Curro en Hammanskraal is voorbeelde, maar hulle moes die knieё voor Vissershoek buig. Ons is werklik trots op elkeen van hierdie seuns. Ons bedank ook graag juf Anri Malan wat vir die spanne as tellinghouer opgetree het, asook die ouers wat vanjaar ywerig afgerig het aan die minikrieket wat ook van krag tot krag gaan. Die O/11 krieketspan was vanjaar ook ware uitblinkers deur as naaswenners uit die liga te tree. Hierdie span het uit net 9 seuns (ipv 12!) bestaan maar hul het nogtans elke wedstryd met die grootste moed en ywer aangepak. Baie dankie aan mnr James Labuschagne wat die seus gemotiveer en afgerig het, hulle gaan sommer baie goed vaar wanneer hul komende jaar in die hoër span speel. Die O/11 krieketspan : Jaun-Dee Smit, Anré Rossouw (K), Kevin J v Vuuren, Janré Malan, Lance Borman, Gean Potgieter, Jandré Groenewaldt, Italo Seagreen en Micheal v Heerden.

GIMNASTE IN ONS MIDDE.

Twee van ons leerlinge, Fracios Roodt en Wesley Begemann het ook buite skoolverband baie goed presteer op rugbygebied. Hulle het vir Noordelikes 7's gespeel wat die 2015 wenners was. Geluk aan die twee seuns.

NONYANE BUSH CAMP Tel: +27(0)834 755 554 Email: gertnienaber@vodamail.co.za VIR ’N WEGBREEK NET 25 KM BUITE PRETORIA Hoewe 80, Wildebeeshoek De Wildt Werksfunksies, Verjaarsdae & kinderpartytjies, Visvang & wildritte Maak gebruik van ons chalets en/of tente of bring u eie tent en/of karavaan vir ontspanning in die rustige Bosveld-omgewing.

17

- Josua Brown -

Hiermee die laaste Raai, Raai, Riepa vir 2015. Dit was vir my sommer baie lekker om die artikel met elke uitgawe te hanteer – hoop julle ken darem jul onderwysers nou so ’n klein bietjie beter! Die gelukkige wenner van hierdie keer se kompetisie is Wesley Begemann wat korrek was met sy antwoord dat die oulike seuntjie op die foto mnr Hennop was! Ek groet en vertrou dit sal met elkeen van julle baie goed gaan. 1. Hoe oud was Mnr op die foto wat vir die kompetisie gebruik is? Ek dink ek was in Standerd 4 (nou Graad 6) en moes so 12 jaar oud gewees het. 2. Waar het Mnr groot geword en gematrikuleer? Ek het groot geword in die Vrystaat (Bloemfontein) tot einde Standerd 9 en toe hier in Pretoria by Hoërskool OosMoot gematrikuleer. 3. As Mnr nie 'n onderwyser geword het nie, wat sou Mnr dan wou wees?. 'n Loods, vlieg was nog altyd my ander passie 4. Mnr se gunsteling kos? Winddroog Karoo Skaapribbetjie oor die kole gebraai! 5. Wat maak Mnr hartseer in die lewe? As mense vir my jok... en dan onderskat hulle mens se inteligensie. 6. Mnr se gunstelingboek? Ek is te besig om te lees... maar put baie krag en wysheid uit die Bybel. 7. Mnr se gunstelingakteur en -aktrise? Akteur: James Earl Jones Aktrise: Sandra Bullock 8. Het Mnr ander belangstellings of stokperdjies? Ek vlieg graag radiobeheerde vliegtuie en spring met 'n klein

Desember 2015

Henri en Tiaan Henrico het onderskeidelik van 4 en 6 jarige ouderdom aan gimnastiek begin deelgeneem. In die afgelope jaar het hulle aan verskeie kompetisies deelgeneem en het goed presteer by die eerste byeenkomste waarna hulle aan die Gauteng Noord, Gauteng Sentraal en SA's deelgeneem het. Tydens die SA's (Gym games) op 9 Oktober 2015 het Tiaan 'n gemiddeld van 8.56 behaal terwyl Henri se gemiddeld 8.43 was. (op 'n 10 puntskaal) Die 6 apparate waaraan hulle moes deelneem is: Brug, Vloer, Rekstok, Pommel, Ringe en Vault. Die seuns oefen by JBGA gimnastiek akademie in Pretoria Noord.

Die span het bestaan uit Donovan Smit, Graham Fraser, Stephan Potgieter, Jan-Harm Snyman (K), Joh-Dan Schalkwyk, Wian Snyman, Michael Keet, Paul Prinsloo, Nolan Bronkhorst, Nicolau Jankowitz, Renaldo Freitas Consalvis, Kiran Labotsky, Eric Ohldag en Francois Theron.


18

De Wildt News

SAGTEBAL -Marijke Geertshuis-

Die O/13 span: Agter: Shanika Pretorius, Fionè Grabie, Roné Rudolph, Bianca Swanepoel, Alanna Esterhuizen, Zoe Wolmarans, René van Kraaienburg, Voor: Me Marijke Geertshuis (afrigter), Anje Rudolph, Liandri Grobbelaar, Mikyla Dalay, Julia Ferreira, Ziné Jacobs. Die sagtebal raak elke jaar gewilder en daarmee saam ook elke jaar beter. Wat 'n seiesoen was 2015 nie! Die spelers was behoorlik op die bol en aan die hol. Al moes ons paar punte weggee en het ons een of twee swak wedstryde gespeel, was daar natuurlik ook die goeies waar die meisies hul harte uitgespeel het. Die skole waarteen ons gespeel het was ook lekker sterk skole wat as goeie kompetisie gedien het. Hulle was: Laerskool Westerlig, Booysens, Generaal Nick Smit, Rietfontein Noord, Saamspan, Hennopsrivier en Doringkloof. Die O/11 span het bestaan uit die volgende lede: Karmen Nel, Jeniffer van der Walt, Mignon De Klerk, Carla Ferreira, Melissa Bekker, Thuto Modise, Michnette Du Plessis, Sunéle Naude, Annemieke Vrijens, Mia Hennop en Chanel Oosthuizen wat ons gehelp het met een wedstryd. Ons sê ook net graag vir Juffroue Lisa Pyper en Janel Stoebel dankie vir al die tellinghou asook aan al die sagtebal-ouers wat ook die son en hitte en woeste winde saam met ons verduur het. Volgende jaar gaan ons skoonskip maak.

BOOMPLANTDAG 2015 Op 30 September 2015 is 40 nuwe bome op die skoolterrein aangeplant as deel van Nasionale boomplantdag. Die plaasdam wat herstel – of sal ons eerder sê, herbou is, is ook die dag amptelik ingewy met die eerste waters wat vanaf Tutuwedzo daarin gepomp is. Verskeie eregaste het die geleentheid bygewoon. Me Lindi Strydom, motiveringspreker en radioomroeper by Groot FM, het uit Genesis aangehaal dat die mens die aarde moet bewoon en bewerk en haar eie nuwe woord bygevoeg om die leerlinge aan te spoor om die aarde te BE-BOOM. Ons dank aan mnr Anton du Plessis vir die reёlings asook aan WILDLANDS™ en Afriforum vir die skenk van die bome.

Desember 2015

Dogters met harte van goud

Desember 2015

De Wildt News

Prestasies word beloon Die jaarlikse merietetoekennings is op 4 en 5 November 2015 onderskeidelik aan die presteerders in die Junior, Intersen en Senior afdelings gemaak. Die saal was albei aande oorlopens toe volgepak met trotse ouers en die verhoog was 'n skouspel van sterre waartussen die sertifikate, boekpryse en trofeë uitgestal was. Dank is gebring aan die Hemelse Vader, elke leerder van Laerskool Vissershoek, elke ouer of voog en elke borg en ondersteuner. Al kan alles en almal se prestasies ongelukkig nie hier vermeld word nie, is elke leerling 'n ware ster. Hartlik geluk!

Die Victor Ludorum: Franco Dippenaar, Sportman van die Jaar: Jaun-Dee Smit, Sportvrou van die Jaar: Thuto Modise en die Victrix Ludorum: Lisa Barnard.

Hierdie vyf dogters, Zantoné Bloem, Monique Ohldag, Nicolla Odendaal, Natasha Venter en Alanna Esterhuizen, het letterlik weke lank, elke pouse gedurende Oktobermaand, strikkies verkoop ten bate van die borskanker-veldtog. Die leerlinge wat hierdie projek ondersteun het, kon op 28 Oktober 2015, gewone klere skool toe aantrek en dit was meer as 90% van die kinders! Dankie aan almal wat die goeie saak ondersteun het asook vir die vyf dogters vir jul inset en moeite.

CASTLE WALK RESTAURANT

19

Die akademiese uitblinkers was: (Snr) Dux leerder van die jaar: Nicolla Odendaal en (Jnr) Dux leerder van die jaar is toegeken aan Cloé Lessing en Henzo van Zyl.

17 jaar in die Noorde

Kultuurleerder van die Jaar: (Snr) Josua Brown . Hy ontvang ook die Senior Welsprekendheid toekenning. Junior Welsprekendheid is toegeken aan Robbie Burger. Leoné Malan ontvang die toekenning vir Junior Kultuurleerder van die Jaar.

SONDAG BUFFET-ETE @ R95 PER PERSOON

U gashere Frik en Kiepie

SIEN JOU DAAR! DORANDIA, PRETORIA-NOORD MADELIEFSENTRUM, WINKEL 25

012 546 9146 Veelsydigste leerder van die Jaar: (Snr) Jaun-Dee Smit en (Jnr) Robbie Burger.

Die uittredende hoofleiers, Donovan Smit (heel links) en Roné Rudolph (heel regs) oorhandig die Leerlingraad Skild aan die nuutverkose hoofleiers vir 2016, Leandri Grobbelaar en Kiran Labotsky.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Desember 2015 by De Wildt Nuus - Issuu