Skip to main content

De Wild Nuus - Okt 2019

Page 1

Oktober/October 2019

Jaargang 28 No 5 Webtuiste: www.dewildtnuus.co.za

Foto: lifeisagarden.co.za


2

De Wildt Nuus

Oktober 2019


Oktober 2019

REDAKSIELEDE Manie Lemmer - 082 879 6969 (Voorsitter) Rachelle Rossouw 072 768 0854 (Sekretaresse) De Wildt Helpmekaar Maatskappy Adele du Toit - 071 843 8185 Douw van Wyk 073 833 2105 De Wildt Boerevereniging Hanna Scribante 083 417 4699 De Wildt VLU Georgie Louw - 082 374 6879 Addisionele lede Sannie Lemmer - 082 879 6969 Jan Lemmer 083 256 8266 Marguerite Nel 082 774 2517 Magriet van Heerden 072 092 6460 Kobie Opperman - 076 482 8513 David Proctor Linda Proctor 082 922 7904 Eugene van Staden 073 367 4787 Gertie van Staden 073 091 6035 Drukker: APK Wonderboom 012 527 0513 Wonderboom@apk.co.za

De Wildt Nuus Bankbesonderhede: Rekeningnaam: De Wildt Nuus ABSA Brits Rekeningnommer: 9337490973 Verwysing: Adverteerder se naam + Oktober 2019 (noem telkens die naam van die betrokke maand). Epos betalingsbewys manie.lemmer@dewildtnuus.co.za Advertensiegeld moet asb vooruitbetaal word, maw sodra die advertensie versoek of gewerf word. Dankie vir julle moeite. Kontakpersone vir advertensies en grafiese ontwerp: Manie Lemmer Advertensie-ontwerp: R100 Veranderings op bestaande advertensies: R50 ADVERTENSIES IS VOORUITBETAALBAAR

Die artikels in die De Wildt Nuus is nie noodwendig die produk van die redaksie nie, maar van individue. Daarom vereenselwig die redaksie hom ook nie noodwendig met alle uitsprake/menings in die artikels nie.

3

De Wildt Nuus

REDAKSIEBRIEF Liewe lesers Ons het ons lesers pas tevore in ons vorige blad daarop gewys hoe vinnig die tyd verbyvlieg. Hier is ons al weer by die digter Louis Leipoldt se mooiste, mooiste maand, Oktober en die somer begin ons aarde en sy bewoners skroei met nog geen tekens van reën by ons gebied nie. Laat ons bid dat die Here ons gebied binnekort ook seën met milde reëns. Ons mense is hoofsaaklik ook van boorgate afhanklik vir drink- en besproeiingswater en die natuur benodig ook dringend water van Bo. By ons is wilde bome en plante reeds besig om dood te gaan en ons sien uit na uitkoms. Om hierdie uitgawe die lig te laat sien, was weer eens moeilik, omdat sommige adverteerders verkies het om hul advertensies vir eers oor te slaan en dan moet ons werklik oral rondhardloop om genoeg advertensies bymekaar te skraap ten einde genoeg fondse vir die betrokke uitgawe te vind. Ons dank gaan weer eens uit na ons adverteerders wat vir ons lesers die blad gratis in hul wonings te besorg. Ons waardeer hul hulp en ondersteuning. Lesers moet asb onthou om telkens by adverteerders te meld dat van hulle in ons blad gelees is; so toon ons aan hulle dat ons die advertensies in ons blad raaksien en ook raak onthou.Die hulp van ons plaaslike inwonersmaatskappy, nl die De Wildt Helpmekaar Maatskappy, kon nog nie na behore realiseer nie, omdat daar talle ander verpligtinge was wat samesprekings verhoed het. Een van ons gereelde berigskrywers, Leon Weber, is tans in die hospitaal nadat hy ernstige probleme in sy dermkanaal ondervind het en sy artikel oor grond- en landbousake sal nie in hierdie uitgawe gereed wees vir publikasie nie, Ons wens hom sterkte en spoedige herstel toe. Leon, ons het jou nodig. Ons vorige sekretaresse, Sannie Lemmer, se gesondheid is ook nie na wense nie en sy was pas amper ’n week in die hospitaal te Brits en haar daaglikse versorging deur my dra daartoe by dat ek soms maar die tikwerk vir ons blad in die nag moet behartig en ons vra lesers om ook vir haar en haar versorging gereelde voorbidding te doen. U belangstelling en gebede word op prys gestel. Ons nuwe rubriek vir die jongspan het blykbaar nog nie onder ons kinders en jongmense se aandag gekom nie, en ons sal dit waardeer as ook ons kinders versoek word om hierdie blad te lees en artikels op skrif aan ons te voorsien. Ons hoor graag van ons jonger garde en plaas graag julle bydraes. Wanneer ons soms moedeloos raak oor die omstandighede in ons land, kom ’n Kongres van die TLU SA op ons pad en kry ons die geleentheid om dit by te woon. So kry ons nuwe vooruitsigte en kan ons beplan om ons land en veral sy plase weer hul regmatige plek in ons samelewing te laat inneem. Ons is ook trots op ons eie inwoner, Wannie Scribante, wat weer herkies is as die voorsitter van die sentrale gebied van die TLU SA en dus ook as lid van die Uitvoerende Komitee van hierdie vereniging. Ons herhaal graag hul

Manie Lemmer

oproep aan al ons lesers, As jy eet, bedank ook ons boere wat die kos op ons tafels laat kom. Ons moet hulle steun en voortdurend vir hul voortbestaan en sukses bid. Daar kom soms gebeure oor ons pad wat ons weer aan ons geskiedenis herinner en in hierdie uitgawe plaas ek weer inligting oor die inwyding van die monumentjie uit ons geskiedenis by Swartruggens om ons te herinner aan die Anglo-Boereoorlog waartydens in Augustus 1900 groot slagting ook onder die vee, veral perde en muile plaasgevind het. Die Lemmer-familiebond het ook pas op 7 September hulle driejaarlikse fees by die Oord PV3 gehou en die berig daaroor word spesifiek geplaas om al ons lesers aan te moedig om te weet vanwaar hulle kom om sodoende te weet waarheen hulle gaan. Moet asb nie julle familieband verwaarloos nie en hou boek van julle familiegeskiedenis. Twee van ons gebied se inwoners is van ons deur die dood weggeneem en die huldeblyke verskyn elders in die blad. Lesers kry ook weer die nuus van ons plaaslike inwonersmaatskappy wat werklik die belange van ons gebied se inwoners op die hart dra. Lees gerus ook meer oor die vordering met die Brandbeskermingsvereniging van ons gebied. Ek herhaal weer twee sake uit ons vorige blad wat blykbaar ook nie na behore deur ons lesers raakgesien is nie. Kyk asb weer daarna: Jarelank publiseer ons belangrike datums van gebeure in hierdie gebied, maar daarvoor het ons jaarliks vooruit beplande datums vanaf die verskeidenheid instansies en organisasies betyds nodig, Dan kan oorvleueling van datums en funksies verhoed word, Voorsitters van alle organisasies in ons gebied word weer vriendelik versoek om nou reeds aandie nuwe jaar 2020 se beplanning te werk, sodat datums betyds aan die betrokke direkteur van kommunikasie, nl Douw van Wyk, besorg kan word ten einde vooruit reeds oorvleueling uit te skakel; dis die rede waarom die woord kommunikasie beklemtoon moet word. Die woordjie “Helpmekaar” in die naam van ons inwonersvereniging spel dit duidelik uit dat ons mekaar moet help en dus ook moet saamwerk. Ek dink weer hier aan die prentjie van die twee donkies wat aan ’n tou vas is en elkeen in ’n ander rigting na ’n baal voer, elk aan sy eie kant, probeer reik. Omdat hulle twee in verskillende rigtings trek, hou hulle mekaar weg van die voer af, waar, indien hulle saam na eenkant toe sou trek, hulle eers die een baal en daarna die ander baal sou kon bereik. Laat ons as een span mense saamwerk, want dan kan ons telkens ons doel en ook ons einddoel bereik. In een van ons vorige bedelings se embleme lees ons “Eendrag maak Mag”. Toets dit maar: Dit werk en is die moeite werd. Geniet ons blad en sien uit na al die gebeure van die volgende twee maande. Welkom aan nuwe redaksielede, David en Linda Proctor. Groete


4

Oktober 2019

De Wildt Nuus

INHOUDSOPGAWE Redaksiebrief 3 Lief en leed 4 Briewebus 5 DWHM Veiligheidstatistiek 6 DWHM Veiligheidstatistiek 7 DWBV nuus 8 DWBV nuus 9 Lemmer-Familiebond vier fees 10 Alternatiewe behandeling (11) 11 Christus leer die mense dmv gelykenisse(5) 12

Huldeblyke 13 Jongspan 14 De Wildt BBV 15 TLU SA gee lede moed 16 TLU SA gives hope 17 VLU nuus 18 VLU nuus 19 Elandsrivier Dieremonument 21 Seniors word bederf 23 Belangrike datums 25

LIEF EN LEED Siek/ Hospitaal

Oorlede

• Elsie Wallace • Gerhard Jacobs • Margaret Hugo • Jansie Swanepoel • Andrea Wallace • Els-Mari Wallace • Nanna Steyn • Rosa Stoltz • Josef Breedt • Christa Smit • Sannie Lemmer • Alida Barnard • Estelle Koekemoer • Chrissie Vermaak

• Martie Gouws •Estelle Koekemoer

Lief • Manie Lemmer is herkies as ondervoorsitter van LEMSA (Lemmer-familiebond van SA) • Jan Lemmer is herkies as tesourier van LEMSA

Len Haasbroek word 80! Len Haasbroek gebore 25 Sept 1939 op Leeuwfontein-gedeelte van Letaba Landgoed, woonagtig in de Wildt vanaf Desember 1985. Getroud met Joey, drie getroude seuns, 5 kleinkinders en 4 agterkleinkinders. Begin ’n besigheid in 1987 saam met sy seuns, hul het verskeie ondernemings beoefen onder andere in die motor- en trokbedryf, staalingenieursbedryf, vervaardiging van mynventilasietoerusting en bou van vragmotorlaaibakke en watertenks. Sy volgehoue passie vir digkuns en uitvindsels beoefen hy nog steeds op die rype ouderdom van 80 jaar. (Kyk bl 2) Ons as familie is trots is op hom! - Franci Haasbroek


Oktober 2019

5

De Wildt Nuus

Briewebus Ope brief namens die DWHM werknemers Hierdie brief is geskryf namens die werknemers van DWHM, al drie van ons. Eerstens aan die lede van DWHM – dankie. Dankie dat julle met julle lidmaaskapsgelde die hele gemeenskap se belange bevorder en die gebied se voortbestaan verseker. Daar gebeur baie meer agter die skerms as wat aan die groot klok gehang word tot voordeel van die hele gemeenskap - die sogenaamde “nice to haves”. Sonder dit was hierdie hele gebied waarskynlik vandag ‘n myn met ‘n berg wat hol gekalwe is soos wat so bietjie meer oos van ons die geval is. Dankie ook dat julle ons in diens neem deur julle lidmaatskap te betaal. Dit onderhou drie gesinne. Dankie vir julle vriendelikheid en ondersteuning. Dit is vir julle wat ons elke dag getrou op ons pos is en daagliks die ekstra myl loop. Kontak ons enige tyd van die dag of nag en ons help. Tweedens aan die nie-lede van DWHM wat al selfs gesê het dit wat ons doen is “nice to haves” maar steeds dit as jou reg sien om ons te misbruik vir inligting of hulp – besef u dat dit ‘n vorm van korrupsie is? Jy wat sukkel met jou krag en nie ‘n verwysing kon kry nie en nou bel en vra dat ons asseblief moet help daarmee, maar nie bereid is om ‘n lid te wees nie – besef jy dat iemand anders vir daardie telefoonkontrak en die persoon wat dit doen se tyd moet betaal? Jy wat bel en net gou inligting soek – besef jy dat die persoon vir wie jy vra vir die inligting dit slegs het omdat hy / sy vir DWHM werk teen ‘n salaris wat deur die lede betaal word? Jy wat so bekommerd is oor brande wat van die berg se kant af kan kom en telkens vra wanneer daar enige rook is – besef jy dat die persoon wat ry om te gaan seker maak dat daar nie enige probleme is nie, ‘n salaris ontvang en sy kilometers word ook betaal, alles deur DWHM se lede. En wanneer die WoF span uitkom om die brand in die berg te blus daar waar die brandweer en waterkarre dit nie kan bereik nie, slegs te voet, word die kilometers van die trok sowel as die brandstof vir die pompe deur die DWHM lede betaal. En as daardie selfde lede tot 23:00 in die nag by ‘n brand bly om dit te blus, betaal die DWHM lede vir

hulle vir aandete. Jy wat die biblioteek gereeld kosteloos mag gebruik omdat dit ‘n gratis gemeenskapsbiblioteek is – besef jy dat ‘n werknemer van DWHM se tyd deur die lede betaal moet word om dit moontlik te maak en in stand te hou? En besef jy dat die kantoorspasie wat daarvoor gebruik word, nie gratis is nie? Jy wat lid is van die Snuffelhoekie advertensiegroep – besef jy dat dit ‘n inisiatief van DWHM is en dat een van die betaalde werknemers die groep konstant moet monitor, ook na-ure? Hoekom verstaan almal jy kan nie diens van Vodacom eis as jy nie ‘n kontrak met hulle het en daarvoor betaal nie, maar wil hulp en diens van DWHM se werknemers eis sonder om daarvoor te betaal? Hoekom is alles ‘n ‘nice to have’ maar almal wil dit hê? Of is dit dalk eerder “nice to have without paying”? Almal wat kla oor hoe hoog die ledegeld is en daarom bedank, besef julle dat meer lede beteken ledegeld kan minder wees want die uitgawes word nie meer nie? En almal wat so hard daaraan werk en daarop uit is om DWHM se deure toe te maak, besef jy die volle implikasies daarvan eerstens op die hele gemeenskap, maar ook op drie gesinne? Ons as werknemers van DWHM is ook inwoners in hierdie gebied saam met elkeen van julle. Ons lewer ‘n diens aan julle, die gemeenskap. Min mense weet van alles wat agter die skerms aangaan om ‘n 24 uur diens te kan lewer. Nog minder weet van al die ekstra tyd en geld wat ons self insit sonder ekstra vergoeding om die wiele aan die rol te hou tot voordeel van die hele gemeenskap. Ja, ook tot voordeel van elke nie-lid want baie meer word gedoen as die paar voorbeelde hierbo genoem wat tot voordeel van die hele gemeenskap is. Ons vra nie aanprysings of om ‘n opheffing van gemaak te word nie. Al wat ons vra is respek as mense en om toegelaat te word om ons werk, ja WERK, te doen. En werk beteken dat jy jou taak verrig soos ooreengekom met jou werknemer en ‘n salaris mag verdien om vir jou gesin te sorg. Is dit so baie gevra of is hierdie gemeenskap so gefokus op selfvernietiging?

ADVERTEER IN DE WILDT NUUS Voorblad in kleur Agterblad in kleur Volblad binne in kleur Volblad binne in swart en wit Halfblad binne in swart en wit Kwartblad binne in swart en wit Agste blad binne in swart en wit Klein in swart en wit

R1150.00 R1020.00 R 865.00 R 605.00 R 350.00 R 265.00 R 180.00 R 105.00

082 879 6969

RAAM DIT Vir die raam van foto’s, sertifikate en kunswerke Faan 072 538 5678


6

Oktober 2019

De Wildt Nuus

DWHM STATISTIEK Aantal brande 2014

2015

2016

2017

2018

2019

Jan

0

1

0

0

0

0

Feb

0

4

0

0

0

0

Mar

0

4

0

0

0

3

Apr

0

2

0

1

0

0

Mei

0

11

0

5

0

7

Jun

19

13

0

11

10

10

Jul

20

39

5

16

29

25

Aug

16

14

27

20

32

25

Sep

21

7

18

20

12

0

Okt

10

5

8

2

6

0

Nov

0

10

0

1

0

0

Des

0

3

0

0

0

0

Totaal

86

113

58

76

89

70

Aantal hektaar 2014

2015

Jan

0

Feb

2016

2017

2018

2019

2

0

0

0

0

45

0

0

0

Mar

0

90.5

0

0

7.35

Apr

0

25.6

2.5

0

0

Mei

0

338.65

22.52

0

42.4

Jun

74.48

119.14

478.5

125.7

179.14

Jul

587

196.63

52.41

614.3

910.15

913.26

Aug

103

405.87

389.31

651.67

1549.27

Sep

377

102.33

208.41

673.81

1269.94

Okt

66.5

49.83

152.28

50.9

79.66

Nov

0

1552.94

0

13.5

0

Des

0

119.21

0

0

0

Totaal

1207.98

3047.7

802.41

2507.7

3934.72

1142.15


Oktober 2019

7

De Wildt Nuus

DWHM Aantal

Koste 2014

2015

2016

2017

2018

2019

Jan

2,750

0

Feb

48,000

0

Mar

94,500

0

R 7,650.00

Apr

27,100

2,600

0

R 0.00

Mei

424,800

23,970

0

R 43,200.00

538,540

149,628

R 179,140.00 R 1,031,810.00

Jun

102,355

134,590

Jul

30,500

248,680

2,576,418

678,570

957,100

419,470

416,510

689,770

1,594,100

107,580

248,010

701,990

1,550,740

Okt

52,230

211,080

56,200

88,300

Nov

4,217,360

0

Des

142,810

0

Aug Sep

Totaal

425,025

557,880

5,919,870

3,452,018

2,691,640

4,339,868

1,261,800

Veiligheid / Safety 2013

2014

2015

2016

2017

2018

2019

Jan

38

18

18

17

19

24

40

Feb

35

21

37

21

23

19

49

Mrt

48

15

35

28

21

23

54

Apr

57

11

29

21

18

25

75

Mei

47

34

23

24

22

49

111

Jun

60

34

16

23

25

41

101

Jul

45

31

26

28

17

52

97

Aug

54

18

29

21

15

90

Sep

14

20

31

33

17

50

Okt

26

18

23

21

27

58

Nov

26

15

39

43

32

61

Des

8

17

34

48

20

26

Totaal

458

252

340

328

256

518

Bosveld-KersFees

527

Die hele De Wildt-gemeenskap word genooi om op 27 November 2019 ’n spesiale Bosveld-KersFees in De Wildt te kom saam vier. Die fees word deur De Wildt Helpmekaar Maatskappy vir die HELE gemeenskap aangebied. Meer besonderhede volg binnekort.


8

De Wildt Nuus

Oktober 2019

TLU SA Jaarkongres 18 en 19 September 2019 TLU SA Kongres het op 19 September 2019 by die WNNR plaasgevind. Ses van De Wildt Boerevereniginglede het dit bygewoon by name menere Manie Lemmer, Gertjie Davel, Gert Prins, Phil Louw, Lood Schoeman en Wannie Scribante. Adele du Toit, voorsitster van DWHM is deur De Wildt Boerevereniging as ‘n gas uitgenooi . Daar sal in die volgende uitgawe van DWN hieroor berig word. TLU SA Damesdagprogram: Die tema was hierdie jaar melktert, maskara en magrietjies. Terwyl die kongres op 18 September aan die gang was het van die lede wat dit bygewoon het se gades die damesprogram by die TLU SA gebou, Silverton bygewoon. Judy Schoeman, Lee-Ann Rossouw, Hester Louw en Hanna Scribante van De Wildt het dit bygewoon. Hierdie geleentheid is altyd ‘n groot bederf en ‘n opbouende dag vir ons dames. Opening en verwelkoming: Erika Meintjes, presidentsvrou van TLU SA het almal verwelkom en as seremoniemeester opgetree. Met haar opening het sy Handelinge 1:8 gelees. “ Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal My getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld.” Hierdie openingsrede het baie mooi aangesluit by Lindie Strydom se praatjie. Melktert & Maskara – Lindie Strydom Lindie Strydom noem dat sy waarneem dat daar in ons land ‘n lewensmoegheid is. Ons moet by die Here op soek wees na ‘n lewenskragtigheid en lus vir die lewe, na energie vir die liggaam, siel, en gees en ook in die emosionele. Daar moet doeltreffendheid wees in hoe ons bid, gee, impak maak in die gesin, gemeenskap, geestelike lewe, ensovoorts. Baie van ons energie gaan verlore omdat ons agter niks aan hardloop. Ons moet aandag gee aan die bestuur van ons tyd en energie. Ons diens ons motors, maar ons diens nie onsself nie. Ons plaas te veel en te lank druk op onsself en ons liggaam sê dan ek kan nie meer nie en uitbranding en depressie vind plaas. Ons moet in voeling wees met ons liggaam, siel en gees. Spreuke 4:23 sê “ wees veral versigtig met wat in jou hart omgaan, want dit bepaal jou hele lewe.” Ons moet weet waarheen ons oppad is. Vir vitaliteit, dus lewenslus en krag, doen een ding op ‘n slag en pak dit weg, so ook in jou kop. Pak reg en gooi uit. Ons moet herwinning van ons bewustheid hê, dus stilte hê, tot stilstand kom deur die dag sodat Hy deur Sy Gees in ons kan werk. Ons raak opgebruik met al die keuses wat ons het en sny uit as ons ‘n belangrike besluit moet neem. Ons raak impulsief omdat ons koppe moeg is van al die nonsens. Rig alles op God. Soek Sy koninkryk eerste. Romeine 12:2 “ Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir hom goed en aanneemlik en volmaak is.” Jou eie mini-boerdery – doen dit self! David du Plessis David het ‘n teologiese agtergrond en het vir 2 jaar in Mosambiek sendingwerk gedoen. Hy het oplossings gesoek vir armoede, iets wat die gemeenskap

kan verander. Hy het gevind hulle moes eers fisies betrokke raak in landbou dan is hulle ook reg vir die geestelike. Hulle is geleer om komposhope onder die grond te bou met blikkies, ysters ens, om wanbalanse in die arm sandgrond reg te stel. Ook eenvoudige drupbesproeiing en tonnels van ongeveer 2x6 of 2x12 m is gemaak waar veral spinasie, marog en ander blaargroentes gekweek is vir eie gebruik asook die verkoop van die oortolliges. Die ander mini-boerdery is kwartelboerdery. Kwartels lê die meeste eiers van alle voëls. Kwartels het rooivleis en is gesonder om te eet as hoender. Hulle eiers is ook gesonder omdat die dooier in verhouding groter is. Die vitamine-inhoud van ‘n kwarteleier is hoër as dié van ‘n hoendereier. Dis ook anti-allergiese medisyne. Dit is ook ‘n delikatesse om in slaai te sit. Kwarteleiers is goed vir die sig en kinderontwikkeling. Vanaf 1 tot 6 jaar kan met behulp van die eet van kwarteleiers 40 punte op I K ontwikkeling opgeskuif word. In die Ooste word meer kwartels as hoenders geëet. In ‘n hok van 2 mx 1.5 m kan 30 kwartels aangehou word. 4 kwartels is gelykstaande aan 1 hoender. Kwartels lê baie meer eiers as hoenders. Die siklus vir ‘n kwarteleier om uit te broei is 16 dae, dié van ‘n hoender 21 dae. ‘n Kwartel kan na 6 weke eiers lê, so hulle reproduksie is baie vinnig. Hulle eet dieselfde kos as hoenders. Dit kos plus minus R 7.00 om ‘n kwartel en R 60.00 om ‘n hoender tot produksie te kry. Teen die tyd dat ‘n hoender een eier gelê het, het ‘n kwartel al 80 eiers gelê. Kwartels is baie gehard. Hulle is slegte ma’s en broei nie eiers uit nie. Broeikaste moet dus gebruik word. Binne 7 weke het mens ‘n produkaie-eenheid. So kan ‘n boerdery vinnig ge-aktiveer word. Kwartels is taamlik mak en nie bang vir’n mens nie. ‘n Kwartelhaantjie kraai baie sagter as ‘n hoenderhaan, so die bure word nie so baie gepla nie. ‘n Kwartelwyfie is amper dubbel die grootte van ‘n mannetjie. Vir slagdoeleindes is die mikpunt ‘n gewig van 250 -300 g vir die wyfie en 180 g vir die mannetjie. Kwartelvleis word verkoop teen R 120.00 per kilogram. 1 kwartel lê ongeveer 4 kilogram eiers ‘n jaar. 1 kwartelmannetjie word vir elke 5 wyfies gebruik vir teel.


Oktober 2019

De Wildt Nuus

Styl-sessie – Glam Guru-span. Twee van die dames wat deel is van Hannon Bothma se Glam Guru-span op televisie het ons besoek, ‘n stylkonsultant en ‘n skoonheidskonsultant. Ons is bederf met baie leersame, interessante en bruikbare inligting. Elkeen is ook bederf met ‘n geskenkpak met ‘n lipglans, maskara en naellak. Magrietjies vir jou – J J van Rensburg, Garden World J J van Rensburg van Garden World wat ook baie bekend is vir sy televisieprogram het, ons besoek. JJ sê dat elke seisoen ‘n fantastiese seisoen is. Hy is jaloers, want hy wil weet wie die tuinier van elke tuin is. Geen tuin behoort alles dieselfde te wees nie. Sekere dinge kan herhaal word. 2018 tendense vir tuinmaak : Tropiese, gestruktureerde tuine. Meer potte en potfonteine is ingebring en standbeelde is weer in. Vetplante kan mooi wees. Dit gebruik ook minder water. Petunias gebruik ook minder water. Kuierplekke buite. Mense wil tuine al meer gebruik om te kuier. Kies 2 of 3 plekke en probeer dit uniek in die tuin maak. Herhaling: met kleur, of byvoorbeeld 3 verskillende potte bymekaar. Dit lei die oog soontoe. 2019 tendense vir tuinmaak: Interessante vloere. Stensels op vloere. Helder potte, blou, oranje en groen en geplant.

9

Helder strukture, banke, geverf, kussings, dakstruktuur ingebou. Spieëls en interessanthede. Sensoriese tuine, klippies, boombas op grond. ‘n Eie spasie vir kind in tuin. 2x2 m met ‘n heininkie om. Vat kinders kwekery toe. Elkeen kies 5 plantjies om in sy tuin te gaan plant. Tuinmaak is lekker. Wees kreatief: Glas. Stompe. Lok die natuur: voëlvoerder, voëlbad. Lok skoenlappers: stukke vrugte in ‘n bak met ‘n bietjie wyn oor. “Bug” hotel: Ladybirds is ‘n natuurlike plantluisvreter. Beligting: minder lig en meer daarvan. Sagte beligting. Verder het J J vir ons ‘n klomp nuwe plantvariëteite gewys en bespreek soos: Tuscon roosmaryn, gemmer roosmaryn, stevia, basiliekruid mint, roosmalva, koffieboom, dwerginkalelies, pynappelsalie, gestreepte agapantus, kankerbossie, ens. J J se nuwe boek, Kweek dit self het hierdie week verskyn. Skaf dit gerus aan of gee dit vir iemand as ‘n geskenk. Old Mutual Insure Agri was weereens hierdie jaar die hoofborg van die damesoggend . Dankie aan hulle, asook aan Liza de Beer wat elke jaar daar is en met ons dames praat en hulle inspireer. Dankie ook aan al die ander borge. Dankie aan Alta van TLU SA en haar dogter vir die harde werk en die maak van al die mooi versierings. De Wildt Boerevereniging volgende vergadering: 5 November 2019 te De Wildt 4x4 om 19:00 vir 19: 30.


10

De Wildt Nuus

Oktober 2019

LEMMER-FAMILIEBOND VIER FEES Manie Lemmer Op 7 September het ongeveer 60 lede van die Lemmer-familiebond in SA (afgekort as LEMSA) by die Oord PV3 in hul pragtige saal byeengekom vir hul driejaarlikse familiefees. By hierdie geleentheid is ook die tiende familievergadering sedert die eerste in 1968 gehou en die bestuur sedert 2016 is herkies vir die volgende drie jaar. Nico Lemmer van Potchefstroom is herkies as voorsitter en Manie Lemmer uit ons gebied is herkies as ondervoositter. Daar is ook besluit dat as Nico in 2020 na Mosselbaai verhuis, Manie weer as voorsitter sal waarneem tot die volgende fees in 2022. ’n Lys name van familielede wat sedert die vorige fees in 2016 oorlede is, is ook voorgelees en daar is staande die nodige meegevoel aan die naasbestandes oorgedra. Van hierdie lys het die naam van die jong dogter van Richard Lemmer in die ouderdom van 14 jaar ons opgeval en ons is weer eens daaraan herinner dat die Here in beheer is en dat Hy ons na Hom oproep soos dit Hom behaag. Behalwe dat daar baie lekker gekuier en gesels is, is daar ook kennis geneem van die oorskakeling van die Lemmer-boek (of stamregister soos dit in genealogiese taal bekend staan) na ’n digitale formaat, sodat dit makliker op datum gehou kan word, maar daar sal wel elke paar jaar gedrukte weergawes beskikbaar gemaak word. In hierdie boek kan ons die hele verhaal van die Lemmers in ons land, vanaf die eerste aankomeling alhier in 1786, nl Johann Caspar Lemmer tot die huidige Lemmers lees en diegene wat die eerste Lemmer-boekie in 1987 bekom het en daarna weer die hersiene uitgawe in 2010, is trotse besitters van hierdie geskiedenis van die Lemmers tot sover in die verlede as die 10de en 11de eeue na Christus. Daar is ook besluit om ’n spesifieke reeks kort vertellinge min-

stens op maandelikse, maar selfs later op daaglikse basis, op sosiale media (WhatsApp) vir die Lemmer-familie te begin, terwyl daar reeds ’n Lemmer-webwerf beskikbaar is. Lemmers wat nog nie van die bond se bestaan kennis gedra het nie, is welkom om met die uwe by sakfoonnommer 082 879 6969 of by e-posadrs lemmer.manie@gmail..com te skakel om meer inligting te bekom. Hierdie berig word in ons blad geplaas ten einde lesers aan te moedig om hul geskiedenis op skrif te bekom of dit self op skrif te stel, want as jy weet waarvandaan jy kom, sal dit ook makliker wees om te besluit waarheen jy op pad is. Ons eer ons voorsate en dit wat hulle vir ons gedoen en beteken het.

Andre en Ian Lemmer


Oktober 2019

De Wildt Nuus

11

Alternatiewe behandeling (11) ‘N SINVOLLE LEWENSDOEL Dr Marius Potgieter (Kruiedokter en pastorale berader)

Sy is ‘n nuwe kliënt wat die dag by my instap. Na die normale toetse is dit duidelik dat daar twee basiese probleme is wat aandag nodig het; die eerste en belangrikste is tekens van geweldige stres. My eerste vraag was: “Wat dink jy is die doel van jou lewe?” Sy antwoord dadelik dat sy op 70 jarige ouderdom, te midde van soveel krisisse en bekommernisse oor haar kinders, voel dat haar lewe geen doel of betekenis meer het nie. Dit het my geensins verbaas nie. Dit was duidelik dat al die medikasie waarmee sy haarself vergiftig het, geen verandering sal bring nie. Selfs die kruiemiddele waarvan daar ‘n groot genoeg verskeidenheid in my kas was, sal geen verskil maak nie! Die eerste probleem was in haar psige: wanneer ‘n mens voel dat die lewe niks meer beteken nie, het daar in die onderbewuste ‘n neerslag gevorm – sy het haarself so dikwels vertel en oortuig dat sy geen betekenis het of ‘n sinvolle doel op aarde het nie en die onderbewuste het dit “geliasseer”. Die onderbewussyn is nie logies nie maar het ‘n beherende invloed op die liggaam se funksionering: dit werk amper soos die Windows-program wat die ander programme op die rekenaar laat werk maar wat self nie gesien word nie. Die liggaam se endokrinestelsel, energiekanale en algemene funksionering kry die boodskap uit die onderbewuste dat daar geen doel is nie maar dat die liggaam nou maar kan

afsluit. Al die stelsels begin nou probleme optel en agteruitgaan. Dit is die pad na die dood. Hierdie verskynsel word dikwels gesien by mense wat aftree. Die werk waarmee hulle hul vereenselwig het en waarvoor hulle energie gebruik het, val skielik weg en nou kry die liggaam die boodskap dat die betekenis van die lewe nou afgehandel is! Hoeveel mense word nie ernstig siek of sterf kort na aftrede nie! Die antwoord: ‘n mens wat sy of haar lewe in die Hande van die opgestane Jesus Christus geplaas het, het altyd ‘n belangrike en wesenlike doel: om Jesus se liefde uit te dra en ander mense te help en te ondersteun waar enigsins moontlik. Die lewe moet na buite, na ander gerig word en nie na jouself nie. Dit maak elke dag ‘n voorreg om te lewe en dit bring innerlike vervulling. Kry aangename stokperdjies vir ontspanning; oefen deur elke dag te stap; eet natuurlike kos wat ‘n mens in die kombuis kan maak terwyl die verwerkte kosse met al die gifstowwe vermy word; slaap met ‘n skoon gewete – en die lewe bly ‘n lied! Geluk aan dr Potgieter wat op 4 Oktober die 80 jaar-merk bereik. - Redaksie


12

De Wildt Nuus

Oktober 2019

Christus leer die mense dmv gelykenisse (5) Manie en Sannie Lemmer Lees Lukas 16: 1 - 13 en Exodus 20 Die gelykenis van die onregverdige bestuurder Hier het ons te doen met rentmeesterskap en Christus wil aan sy dissipels verduidelik hoe die hemelse koninkryk funksioneer en die betrokke gelykenis het betrekking op aardse goedere. Ons lees hier van ’n ryk man en sy rentmeester of in ons tyd sal dit seker ook die bestuurder wees. Hierdie rentmeester was oneerlik en sy heer het daarvan te hore gekom; hy praat met hom daaroor en die rentmeester beraam nou verder slinkse planne, nl deur voorsorg te maak dat hy wel na sy feitlik sekere afdanking vriende sou hê wat hom moontlik te hulp sou kom. Hierdie bestuurder roep naamlik die skuldenaars van sy heer nader en laat hul skuld elkeen drasties verminder. Destyds was die ooreenkomste op was geskryf en dit kon maklik verander word en hierdie bestuurder maak deeglik van hierdie metode gebruik. As bestuurder sou hy sekerlik die reg hê om wel sekere toegewings vir skuldenaars te maak, maar dan wel waar dit sou gaan om werklike nood. Hy maak egter hier deurgaans by al die skuldenaars op oneerlike wyse van sy magte as bestuurder gebruik om die heer te bedrieg deur al die skuldenaars se skuld drasties te verminder ten einde hulle guns te wen. Normaalweg sou skuldenaars nie die bestuurder se vriende wees nie en hulle sou hom maar sien as die “vyand” wat hulle skuld moes invorder. Skielik verander hy op oneerlike wyse sy metodiek en so word die skuldenaars nou sy vriende, Aan ons word ook deur ons hemelse Vader aardse goedere toevertrou en die vraag is hoe ons daarmee omgaan. Geld of

Mammon is hier ter sprake en geld is menigmaal die ondergang van mense. As geld ons afgod word, kan ons nie meer God dien nie, want dit is strydig met Sy gebooie, dat ons geen ander gode voor Hom moet hê en aanbid nie. God het ons vertrou om as regverdige bestuurders van ons aardse besittings en goedere te wees, hetsy as eienaars of merendeels as bestuurders. Hy vertrou ons, soos ons voortdurend op God en Sy beloftes kan vertrou. Om in die hemelse koninkryk in te gaan, moet ons verantwoording doen oor die goedere wat aan ons toevertrou is. Sal Hy ook vir jou as goeie bestuurder prys? Ons moet onthou dat God al ons dade ken en weet van elke moontlike afdwaling van Sy gebooie.. Die sogenaamde nuwe “vriende” van hierdie bestuurder is maar net mooiweersvriende omdat hulle skielik van hul skuld op oneerlike wys ontslae geraak het, en hulle sou hom nie voor die heer kon verdedig wanneer hy van die oneerlikhede verneem het nie. Ons moet elke dag gereed wees om deur die Here ontmoet te word en dan rekenskap te gee van ons rentmeesterskap oor dit wat Hy aan ons toevertrou het. Ons het gelukkig as gelowiges die ervaring van Sy genade deurdat Hy sy Seun gegee het sodat diegene wat in hom glo nie verlore sal gaan nie en wel vergifnis vir ons sondes kan ontvang. Ons kan egter nie om herdie rede steeds met sonde volhard en verwag dat ons vergewe moet word nie. As ons Sy offer vir ons aanvaar het, kan ons daagliks bid dat ons al hoe meer geheilig sal word en krag sal ontvang om teen sonde en die aanslae van die Satan in God se krag weerstand te bied.


Oktober 2019

De Wildt Nuus

13

HULDEBLYKE Manie Lemmer

JOHANNA MARTINA PHILLIPINA GOUWS *29 November 1951 † 17 Augustus 2019 Nog ’n lid van ons gemeenskap wat ongeveer 46 jaar reeds hier by Vissershoek woonagtig was, is van ons weg geneem. Ons het ook kennis gedra van die eerste inwoners op hul huidige woonplek, nl wyle oom Chrisjan en tannie Annie Gouws. Die tweede Gouws-geslag, nl Hannes en Martie Gouws, het ook op dieselfde plek gewoon en hul seun Pieter woon tans ook daar. Ons het Martie in 2010 leer ken, toe sy vir die Lemmers by die Oord PV3 ’n ete voorgesit het. tydens die bekendstelling van die Lemmer-boek (stamregister). Ons het Martie se kosmaakvernuf waardeer en baie lekker geëet. Sedertdien het ons maande gelede verneem van hospitalisasie en ook haar siekte en nou het ons via Pieter, haar seun, verneem dat sy op 17 Augustus oorlede is. Ons sal haar saam met haar naasbestaandes onthou as ’n goeie lid van ons gemeenskap. Martie is na ’n diens in die Ned Herv Kerkgemeente Hartebeeshoek op 24 Augustus op die plaas ter ruste gelê. Die redaksie van ons blad wens al die naasbesaandes van Martie die vertroosting van ons hemelse Vader toe en verseker hulle van die gemeenskap se innige meegevoel. Ons sal haar saam met julle mis, en ook nie vergeet nie.

ESTELLE FAY KOEKEMOER *18 Maart 1938 † 13 September 2019 Estelle, eggenote van Roelie, was reeds die afgelope tyd nie baie gesond nie, maar dit bly vir ons almal wat haar geken het en vir die familie ’n groot verlies as so ’n vriendelike inwoner en vriendin van baie jare ons deur die dood ontval. Estelle het saam met Roelie baie jare alhier gewoon voordat hulle ’n paar jaar gelede uit ons gebied verhuis het. Sy was altyd aan Roelie se sy en het gereeld saam met hom ook ons byeenkomste bygewoon en Roeilie was ook jare gelede lid van ons plaaslike kontreiblad se redaksie. Hulle belangstelling in ons gebied se gemeenskap was steeds so groot dat hulle nog vanaf hul nuwe blyplek soms van ons funksies bygewoon het. Ek onthou nog hoe ek langs hulle twee by Kobie se ete vir ons senior burgers, ek dink amper dit was Julie of Augustus vanjaar, gesit en lekker gesels het. ’n Gedenkdiens is vir haar op 19 September deur Jack Trevena van die Ptetoria-Noord Baptistekerk gelei en sy teksvers het hy gekies uit Psalm 25: 1 - 21. Langs hierdie weg wil ons ook graag ons innige meegevoel met Roelie en sy kinders, kleinkinders en agterkleinkinders betuig. Ons glo saam met hulle dat vir ons as gelowiges die aardse dood eintlik maar slegs die deurgang na die ewige lewe is en dit dien vir ons almal as vertroosting.


14

Oktober 2019

De Wildt Nuus

Jongspan

Rachelle Rossouw

Ons wil graag die skoolgaande leerders uit die omgewing uitnooi om vir die Jongspan-rubriek te skryf. Die redaksiespan poog om die jongklomp ook te betrek by die nuusbrief en wil graag ‘n platvorm bied waarhulle ook kan bydra. Enige opstelle, toesprake, gedigte of oulike kopkrappers is welkom. Stuur asb vir my ‘n epos na rgrossouw16@gmail.com om jou stukkie skryfvernuf in die volgende uitgawe die lig te laat sien. Hierdie week is ons sommer bietjie lus vir ‘n woordspeletjie in die vorm van ‘n blokkiesraaisel uit die Bybel (1953). Kan jy dit voltooi? Die antwoorde sal in die volgende uitgawe verskyn.

MOSES SEËN DIE TWAALF STAMME Deuteronomium 33:6-25 AF 1. Laat hy die liefling van sy broers wees. 2. Hy het die geregtigheid van die Here uitgevoer. 4. Sy naam word nie in hierdie gedeelte genoem nie. (Genesis 29:33) 5. Laat ..... lewe en nie sterwe nie. 6. Hy is ’n jong leeu. 10. Hy is die vors onder sy broers.

1

DWARS 3. Hy moet hom verheug oor sy tente. 7. Met sy hande het hy geveg vir sy volk. 8. Die Here het met hom getwis by die waters van Mériba. 9. Hy is die beminde van die Here. 11. Hy moet hom verheug oor sy togte. 12. Hy is versadig van geluk.

2 4

3

5 7 8

9

10

11

12

6


Oktober 2019

De Wildt Nuus

15

De Wildt BBV – Vrae en antwoorde DWHM Daar is tans heelwat verwarring rakende die De Wildt BBV. ’n Aantal vergaderings is die afgelope tyd gehou met verskeie rolspelers en plaaslike inwoners om die misverstande op te klaar. Hieronder gaan ons poog om van die belangrikste vrae te beantwoord: Wat is ’n BBV? ’n Brandberskermingsvereniging is ’n vereniging van inwoners wat saamwerk om veldbrande in die gebied waar hulle woon, te voorkom, die risiko vir brande te verminder en indien ’n brand wel ontstaan, saam te werk om dit te bestry. Lidmaatskap is vrywillig maar word ernstig aangemoedig omdat dit tot elkeen se voordeel is. LW—brandbestryding is nie die hoofdoel van ’n BBV nie. Die hoofdoel is om brande te voorkom. Verder mag die BBV slegs bystand verleen om veldbrande te bestry maar geen strukturele brande nie. Strukturele brande is die verantwoordelikheid van die plaaslike Brandweer. Is lidmaatskap gratis? Lidmaatskap is nie gratis nie. Elke BBV besluit self wat die fooistruktuur is waarvolgens lede betaal. Hierdie fooistruktuur kan bepaal word deur die spesifieke BBV se aantal lede, die risiko’s verbonde aan die onderskeie eiendomme, grondgebruik, plantegroei, oppervlak en topografie. Verder, die BBV se uitgawes bepaal die bedrag wat nodig is om die BBV te bedryf. Wat is die verwarring oor De Wildt BBV? De Wildt se inwoners het reeds voor die huidige wetgewing saamgewerk om brande te bestry. Toe die wetgewing verander is, het die departement van landbou, bosbou en visserye bepaal dat BBV’s moet registreer. De Wildt BBV was een van die eerstes wat in 2005 korrek geregistreer is onder leiding van die direksie van DWHM. Brandbevegtingtoerusting is in die verlede deur beide Tshwane en Madibeng brandweer geskenk vir plaaslike gebruik, hoewel daar tans slegs beperkte toerusting van Tshwane in die omgewing beskikbaar is. DWHM het reeds op daardie stadium bestaan en het funksies soos radiokommunikasie vir die gemeenskap gebied. Ter wille daarvan dat funksies nie gedupliseer word nie en om administrasie en hulpmiddels te deel en dus ook koste te bespaar, is besluit dat DWHM die BBV as ‘n portefeulje sal bestuur. In retrospek was hierdie besluit nie 100% wetlik korrek nie omdat die BBV as ’n aparte, outonome entiteit moet bestaan. Alhoewel die twee entiteite nou geskei is, moet daar nog heelwat veranderings geskied mbt die administrasie van die BBV. GUFPA, wat die sambreelorganisasie vir alle BBVs in Gauteng is, staan ons by hierin en het ook voorsitterskap oorgeneem. Wat is die invloed op DWHM lede se lidmaatskap van die BBV na hierdie skeiding? DWHM het tydens aansluiting van lede ook lidmaatskap van die BBV as deel van die lidmaatskap ingesluit en sal hierdie onderneming steeds eer. Dienslewering deur DWHM aan ons lede gaan voort sonder enige verandering. Moont-

like besluite of veranderings wat nog kan voortvloei uit die skeiding sal tydens die komende AJV aan u voorgelê word vir stemming waar nodig. Waar pas die WoF-span in? Die regering het ’n werkskeppingsprogram begin deur werklose jongmense op te lei om veld– en bosbrande te bestry. Die administrasie (salarisse, verlof, dissipline ens.) van hierdie program word bestuur deur Kishugu. Nadat besef is dat slegs twee mense, Johan van Zyl en Christa Nolte, met baie min hulp van enigiemand anders brande vir lang ure moet bestry tot voordeel van almal in die omgewing, is beding om ’n ook WoF-span in De Wildt te ontplooi. Daar is ‘n vennootskap aangegaan met WoF wat tot 2021 strek. Hoewel die WoF-span se operasionele kostes deur belastinggeld betaal word, is daar sekere finansiële verpligtinge wat nagekom moet word deur die vennoot. Verder word alle direkte kostes soos vervoerkostes verhaal van die vennoot. Vir De Wildt is die WoF-span onontbeerlik veral gedurende die dag wanneer baie inwoners buite die gebied werksaam is, en ook met brandbestryding op die bergveld waar geen brandweer kan kom nie. Wie dien op die bestuur van die BBV? Die 4 bestuurslede word deur die lede verkies. Navorsing het egter bevind dat die model wat die beste werk, een is waar die BBV in kleiner sektore opgedeel word. Elke sektor kies dan ’n sektorleier en die leiers wys ’n voorsitter en ondervoorsitter aan uit hulle geledere. Die BBV-voorsitter is dus self ook een van die sektorleiers. Geen CVs of keuring word gedoen nie en elke inwoner (grondeienaar of huurder) het die reg om uit vrye wil aan die BBV te behoort en kan dus as leier gekies word. Die voorstel is wel dat die sekretaresse en tesourier afsonderlike aanstellings is wat nie deel is van die leierskorps nie omdat die twee posisies baie gefokusde funksies verrig en statutêre verpligtinge het. Tydens die vergadering op 21 September is ‘n tussentydse komitee gekies deur die lede teenwoordig om die oorgang van die BBV te bestuur. Die lede onder voorsitterskap van Andre van Heerden van GUFPA is Christelle Nel, Okkie Oosthuizen, Rita Rossouw en Johan Jacobs. Wat as ek nie deel van die BBV wil wees nie? Soos reeds genoem is lidmaatskap aan die BBV vrywillig en niemand kan gedwing word om ’n lid te word nie. Lidmaatskap is ook slegs geldig van jaar tot jaar. Die BBV se finansiële jaar begin op 1 April van elke jaar en lede wat die lidmaatskapgelde binne die bepaalde tyd betaal is vir daardie jaar ’n lid. Indien lidmaatskap nie betaal word nie, verval dit en geen aanspraak kan dan gemaak word op enige bystand of diens deur die BBV nie. Tydens die komende DWHM se AJV in November sal daar bespreek word wat die stappe vorentoe is itv ledegeldoorbetalings, asook wat gebeur indien u verkies om nie verder lid van die BBV te wees nie.


16

De Wildt Nuus

Augustus 2019

TLU SA gee lede moed met innoverende denke vir volhoubare landbou by jaarlikse kongres Die Suid-Afrikaanse landbousektor het verskeie uitdagings wat die bedryf teister, maar deur innoverend te dink en geleenthede raak te sien, kan boere wel volhoubaar voortbestaan. Dit was die boodskap wat TLU SA vandag tydens die jaarlikse kongres aan lede, landbou-affiliasies en ondersteuners gegee het om hoop te skep. “Volhoubare landbou kan op verskillende maniere omskryf word, maar uiteindelik beoog dit om boere en hulpbronne, sowel as omliggende gemeenskappe te onderhou deur die bevordering van boerdery-aktiwiteite wat winsgewend, omgewingsvriendelik en in belang van die gemeenskap is,” sê mnr. Louis Meintjes, die President van TLU SA. “Enige besigheid moet winsgewend wees om uiteindelik ekonomies lewensvatbaar te wees.” Die landbou-ekonoom Dr Philip Theunissen het kongresgangers uitgedaag om die moontlikhede van boer vir optimale wins te ondersoek. “Die toenemende styging in produktiwiteit, wat uit innovasie en nuwe tegnologie voortspruit, is uiteindelik die bron wat ekonomiese groei in landbou meebring,” sê hy. “Die rede hoekom boere al goedkoper vir al meer mense kan kos gee is omdat hulle aanhoudend beter boer. Die realiteit hiervan is dat optimale wins nie ‘n vaste bereikbare punt is nie; nie noodwendig as bewegende teiken nie maar eerder as ‘n teiken wat telkens sy afstand tussen hom en die skut sal bly handhaaf.” TLU SA se uitgangspunt was nog altyd dat die plaaslike gemeenskap slegs gesonde sosiale en ekonomiese toestande kan handhaaf as die kommersiële landbousektor floreer. In sy oorsig van die Suid-Afrikaanse ekonomie het die bekende en gerekende landbou-ekonoom Ulrich Joubert spesifiek gefokus op die landbousektor. “Die rand is baie gevoelig vir internasionale veranderinge en plaaslike onsekerhede. Op die langtermyn kan mens verwag dat die rand teen ander groot geldeenhede sal verswak en daarom is dit baie belangrik om na verskansing te kyk in die landbousektor,” sê hy. Ten spyte van die toenemende konsensus oor die

belangrikheid van die kommersiële landbousektor in ‘n gesonde ekonomie, neem die ernstige uitdagings in die sektor met rasse skrede toe. “Faktore soos onsuksesvolle grondherverdelingsprojekte, die dreigemente van onteiening sonder vergoeding, landbou-onvriendelike wetgewing, die agteruitgang van die infrastruktuur, klimaatsuitdagings en die steeds toenemende ekonomiese druk dra net by tot die kwesbaarheid van die sektor,” sê mnr. Meintjes. Tydens die kongres het Terence Corrigan, ‘n projekbestuurder by die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge, gekyk na die belangrikheid van die behoud van eiendomsreg as die basis vir ekonomiese groei. “Moet nie julle vertroue in die buiteland sit om ons te red nie. Ons is net nie vir hulle so belangrik nie,” sê mnr. Corrigan. “Wat saak maak is hoe ons in Suid-Afrika organiseer, hoe ons veg om privaat eiendomsreg te behou. Ons gaan nie hierdie argument wen deur die president en politici te bearbei nie. Ons moet die persepsie van die wyer bevolking verander deur oortuigende argumente oor onderwys en ‘n middelklas-leefstyl te maak en hulle wys dat ‘n ander perspektief bestaan. As daar ‘n oplossing is, is dit hoe dit sal gebeur.” Die ontwikkeling van landbou tot die voordeel van die hele land is van kardinale belang vir TLU SA en daarom word die geleenthede wat tegnologie bied deeglik ondersoek. Die veranderingskundige Juanita Vorster het die gehoor gemaan om uitdagings in geleenthede te omskep deur veranderinge te omhels en ontwrigting en innovering te verwelkom deur tegnologie te benut. “Wat altyd gewerk het gaan bes moontlik nie in die toekoms meer werk nie,” sê sy. “Dit wat nou vir ons vreemd is, gaan oor ‘n paar jaar die normaliteit wees. Dit is belangrik om te verander en dit vat baie moed, maar jy moet besluit terwyl die besluit nog joune is.” Teen die agtergrond van hierdie uitdagings en oplossings sien TLU SA uit na die tweede dag van die kongres waar TLU SA-lede gesprekke gaan voer oor die pad vorentoe en toepaslike uitvoerbare aanbevelings sal formuleer.


Oktober 2019

De Wildt Nuus

17

TLU SA annual congress brings hope with innovative ideas for sustainable agriculture South African agriculture will remain sustainable through ongoing innovation, renewed creativity and exploitation of opportunities presented, despite the numerous challenges it is facing. This was the message of hope TLU SA today conveyed to their members, affiliations and supporters during the annual congress. “Sustainable agriculture can be defined in many ways, yet the most accurate description is that it sustains farmers, resources and surrounding communities through the promotion of profitable, environmentally-responsible farming activities in the interest of all citizens of South Africa,” says Mr Louis Meintjes, the President of TLU SA. “Any business must be profitable for it to be economically feasible.” Dr Philip Theunissen, an agricultural economist, challenged attendees to explore all opportunities to maintain and expand farm profits. “Productivity improvement, sprouting from innovation and the application of technology, is the prime source of economic growth in agriculture,” he says. “The reason why farmers can produce food for a burgeoning population at an ever lower cost, is due to ongoing farming improvements. The reality is that optimal profit is not an end destination, but rather an elusive objective to be continually pursued through the application of experience and technology.” TLU SA’s view has always been that socially and economically healthy local communities can only be maintained by a flourishing commercial agricultural sector. In his overview of the South African economy, well-known agricultural economist Ulrich Joubert focussed on various vital aspects of the agricultural sector. “The rand is very sensitive to international changes and local uncertainties,” he says. “In the long term, one can expect the rand to decline against more prominent currencies, and this should focus our attention on problems in the agricultural sector.” Despite general consensus on the importance of

the commercial agricultural sector for a healthy economy, increasing challenges continue to plague the sector. “Factors like failed land redistribution projects, the threat of expropriation without compensation, agriculturally-hostile legislation, the collapse of infrastructure on practically all levels, climate challenges and ongoing economic decline contribute to the vulnerability of the sector,” says Mr Meintjes. During the congress, Terence Corrigan, project manager at the South African Institute for Race Relations, emphasised the vital importance of private ownership as the basis for economic growth. “Don’t put your trust in foreign countries to save us. We are just not that important to them,” Mr Corrigan says. “What matters is how we organise in South Africa, how we fight for the retention of private ownership rights. We are not going to win this argument by canvassing the president and politicians. We need to change the perception of the broader population by building persuasive arguments for education and a middleclass lifestyle and to expose more people to a new and sustainable perspective.” The sustainability of a successful agricultural sector that benefits the whole country is of cardinal importance for TLU SA, and that is why we continuously explore the opportunities offered by technology. Change specialist Juanita Vorster encouraged attendees to convert challenges into opportunities by embracing change and welcoming disruption and innovation through technology. “Whatever worked in the past, in all likelihood won’t work in the future,” she says. “That which is foreign to us now will be the norm in a few years. It is important to change, and it takes much courage, but you have to choose while choice is still an option.” Against the backdrop of these challenges and solutions, TLU SA is looking forward to the second day of the congress, where members will discuss the way forward and formulate relevant strategies.


18

De Wildt Nuus

Oktober 2019

VLU De Wildt Winterfees 24 Julie 2019 ’n Vrolike saal begroet ons gaste en lede op hierdie dag. Ons studierigting is Omgewingsbewustheid en word hierdie jaar uitgelig. Daar is verskeie uitstallers wat uitstal op die stoep. Ons is bevoorreg om ons Presidente van Overvaal, mev Ina Booyse, mev Barbara Nell, Visepresident van Overvaal en Lida van Niekerk, streeksvoorsitster van Jakarandastreek, te ontvang asook prof Johan Dreyer ons spreker en lede en gaste van die streek. Die gaste word verras deur van ons eie lede wat saam met tant Grietjie van Garies optree en lekker dans op die maat van “Dis ’n lekker ou Jan”. Een van ons lede se eggenoot mnr Coetzee, wat 91 jaar oud is, open vir ons met skriflesing en gebed. Mev Booyse vertel van die VLU wat hierdie jaar 90 jaar oud is. Die organisasie is gestig in die depressiejare toe dit net soos nou, baie droog was. Mev Lida van Niekerk dra ook ’n groete boodskap oor van die streek. Ons spreker prof Johan Dreyer praat oor omgewingsopvoeding. Hy is reeds 28 jaar by Unisa en het reeds 200 000 onderwysers opgelei. Wêreldwyd moet bome beskerm word. Mense moet geleer word om nie net goed weg te gooi nie. Hy meld dat daar nog te min mense betrokke is by omgewingsake. Daar moet ook meer van die son gebruik gemaak word.

Herwinning is belangrik en ons habitat moet bewaar word. Herwinning bestaan uit bewaring, grondstowwe, hergebruik en heraangewend. Op die einde word grondstowwe na China uitgevoer en hulle maak bv. hemde en sakke daarvan. Baie mense is selfsugtig. Deur weg te gooi is nie reg nie want baie goed vergaan nooit nie. Voorbeelde van goeie vordering is die Weskus-fossielpark wat 5 jaar gelede begin is. Daar is fossiele van 3 soorte Olifante nl Die 4 tand-olifant wat baie groter was as deesdae se olifante. Daar is ook ’n voorbeeld van ’n kortnek kameelperd. Hier word ook fynbos, duine en plantegroei beskerm. Hy meld ook dat die VSA en Europa amper nie meer diere het nie. Daar is ook by Barberton klippe wat 3-5 biljoen jaar oud is. Kom ons plant bome, versamel afval en sorteer dit en lewer dit af by herwinningsentrums. Ons oorhandig +- 200 Eco bricks wat deur ons lede gemaak is aan VLU Wierdapark. Hulle het die projek begin en en ons het ingeval om die bottels vol plastiek te maak. Twee sangers naamlik Rika van Aswegen en Donald Kretzman tree ook op. Talle gelukkige nommers word getrek en gaste ontvang mooi pryse. Ons sluit die dag af met 3 soorte sop en heerlike brode en bykosse soos kaas, konfyt en patee. Weereens ’n goeie Opedag wat elke gas geniet het. Dankie aan al die lede wat so hard gewerk het.

Ons leer meer oor kaasmaak Ons is nege dames wat mekaar by Green Olive-kwekery ontmoet waar ons ’n heerlike ontbyt saam geniet voordat ons Latana Kaas gaan besoek. Ons word begroet deur die kaasmaker Dean Lategan en sy helper Johannes. Dit vind plaas by Latana Kaasfabriek op die Kameeldrifpad. Vandag gaan ons leer hoe word Mozzarellakaas gemaak. 40 liter vars melk van Jerseykoeie word in 2 groot kastrolle op gasplate gesit. ’n Lang proses volg deur die melk tot op ’n sekere temperatuur te bring. As die regte temperatuur bereik word, word renette bygevoeg. As die proses reg is word dit in blokkies gesny en die wei word afgegooi. Warm water word bygevoeg en weereens doen die stowe hulle werk. Deur renette by te voeg breek dit alles af. Die kaas kan tot 2 jaar staan om ryp te word. Die eindproduk wat ons sien is verstommend. Hier word talle soorte kaas gemaak nl. Fetta, Cheddar, Gouda, Mozzarella ook ge-

geurde kase soos koffiekaas, Bierkaas, knoffelkaas, ens. Hy het al talle medaljes tydens die Kaas en wynfees ontvang. Hy meld ook dat karringmelk wat ons in die winkels koop nie korrek is nie. Ons moet altyd die etikette lees. Dean sê dat hy en sy vrou ’n driegangete by jou huis kan hou vir tussen 6 en 40 gaste. Dit sluit in vrugte en 2 glasies wyn. ’n Voorgereg met jogurt en Haloumi kaas. Hoofgereg 7 soorte kase met vrugte en wyn. Nagereg met roomkaas en roomys. Die koste is R250.00 per persoon. Hy bring die tafeldoeke en dek die tafel. Ons beoog om so lekker ete te hou op ’n Saterdagmiddag. Dean het eers na sy aftrede begin kaas maak. Toe ons so na hom luister besef ons watter wonderlike kennis hy het van sy stokperdjie wat nou ’n werk geword het. Latana Kaas: Kontaknommer: +27(0)82 777 7213 of e-pos dean@latana.co.za ’n Heerlike uitstappie wat werklik aanbeveel kan word.


Oktober 2019

De Wildt Nuus

19

Ons kuier by ons erelid, Sannie Lemmer Eers ’n bietjie geskiedenis. Sannie lemmer sluit op 22 Mei 1972 by VLU De Wildt-tak aan. Sy het vir baie jare verskeie posisies beklee. As voorsitster dien sy 4 jaar, as tesouriere 5 jaar, 1ste vise 2 jaar, sekretaresse 5 jaar, addisionele lid 1 jaar en as skakelbeampte vir 6 jaar. Sy was ook vir 9 jaar streeksekretaresse van voormalige Pretoria-Noordstreek. Sy skryf ’n handleiding vir tesouriere in 1979 en weer in 1986. Uit haar pen kom ook ’n handleiding vir vergaderingprosedures. In 2001 verower sy tydens die kongres die trofee as skakelbeampte van die jaar. Verskeie digbundels verskyn en tydens ons takvergaderings word daar gereeld een van haar gedigte voorgelees. Sy ontvang haar 40 jaar-knopie in 2012. Toe haar gesondheid in 2016 verswak het, skryf sy ’n bedankingsbrief. Dit word egter nie aanvaar nie en die tak besluit dat sy ’n erelid word. Op 22 Maart 2016 word sy toe aanvaar as erelid. ’n Groot eer wat enige lid kan beleef. ’n Wonderlike VLU-geskiedenis van ’n ware VLU-vrou. Vier van ons bestuurslede naamlik Leana, Carlien, Mary Ann en Georgie het op 27 Augustus 2019 by Sannie en Manie gaan tee drink en heerlik gekuier. Dit was so lekker om daar te kuier en die oggend saam te wees. Dankie Sannie vir alles wat jy vir die VLU beteken het. Ons is lief vir jou.

Jakarandastreek-spanboudag ’n Heerlike kuier- en speletjiesoggend vind saam met lede van VLU Jakarandastreek plaas. Vier van De Wildt-tak se lede neem deel nl Georgie, Carlien,

Clarissa en Mary Ann. Daar was speletjies gespeel, gekuier en geëet. As streek het ons saam gekom en lede het mekaar beter leer ken. Dit was ’n oggend van pret en plesier. Lede kon aan 10 speletjies deelneem en as jy geslaag het kry jy ’n goue kol op jou kaartjie. Probeer maar om 3 gholfballe op mekaar te sit of om 7 papierborde met ’n polistireenglasie tussen in te stapel. Ook kon jy probeer om 8 lekkers met 2 stokkies op te tel en binne 1 minuut op ’n ander bord te sit. Groot pret voorwaar! Lede het gedink as jy baie kolle het is jy die wenner. Maar toe al die speletjies klaar was het Dolla gesê elke lid wat daar was is ’n wenner. Elkeen is beloon met ’n oulike medalje van sjokolade. Dankie Dolla Wolmarans vir die inisiatief. Wat ’n prettige oggend en so is daar speel-speel geld ingesamel vir die Streek.


20

De Wildt Nuus

Augustus 2019


Oktober 2019

21

De Wildt Nuus

ELANDSRIVIER-DIEREMONUMENT Peet Coetzee - Kurator Op Saterdag 17 Augustus 2019 is ’n monument op Swartruggens langs die Elandsriviermuseum onthul om die diere te gedenk wat deur artillerie- en geweervuur gedood is tydens die Beleg van Elandsrivier / Brakfontein 4 tot 16 Augustus 1900. Daar het ’n nuwe bewustheid wêreldwyd ontstaan om ook hulde te bring aan die ontsettende lyding van diere in alle oorloë. Die rooi papawer word gebruik om mense te gedenk wat in oorloë omgekom het en vir die diere word die pers papawer gebruik. Tydens die seremonie is daar ook agter die monument ’n gedenkmuur onthul om die soldate te gedenk wat tydens die beleg gedood is, aan wonde oorlede en gewond is. Daar is geen ongevalle aan Boerekant bekend nie. Daar is ook ’n volkleurboek bekend gestel deur Peet Coetzee die kurator en navorser van die museum getiteld “The Siege of Elands River”. Die museum en monument sowel as die slagveld kan besoek word en dié kan gereël word deur met die kurator te skakel by 0637340936 of deur ’n whatsapp-boodskap aan die nommer te stuur. Die inskripsie op die monument vertel die hele verhaal en is soos volg: “DIE BELEG VAN ELANDSRIVIER / BRAKFONTEIN 4 TOT 16 AUGUSTUS 1900 GEDURENDE AUGUSTUS 1900 IS ’N BRITSE VOORRADEPOS BEMAN DEUR 505 MAN VAN RHODESIË, AUSTRALIË, KANADA EN BRITTANJE ONDER BELEG GEPLAAS DEUR ’N BOEREMAG ONDER BEVEL VAN GENERAAL J.H. DE LA REY DIE BRITSE KAMP WAS GELEË OMTRENT 1.2 KILOMETERS NA DIE NOORDWESTE WEERSKANTE VAN DIE RUSTENBURG – ZEERUST PAD. DAAR WAS OOK IN DIE KAMP 120 SWART MANS IN DIENS VAN DIE BRITTE ASOOK 30 BOERE ONDER BRITSE BESKERMING. AAN DIE BEGIN VAN DIE BELEG WAS DAAR 1540 DIERE – PERDE, OSSE EN MUILE – IN DIE KAMP. HIERDIE MONUMENT IS OPGERIG OM DIE DIERE TE GEDENK WAT DOOD IS TYDENS DIE BELEG AS GEVOLG VAN ARTILLERIE- EN GEWEERVUUR. REV. JAMES GREEN WIE VERBONDE WAS AAN DIE 3RD VICTORIAN BUSHMEN HET DIE LOT VAN DIE DIERE WAT GEEN KEUSE GEHAD HET AS OM DIE STEM VAN HUL MEESTERS TE GEHOORSAAM OPGESOM IN DIE VOLGENDE WOORDE: “…..UIT 1540 DIERE

– PERDE, OSSE EN MUILE – HET ONS NET 211 OORGEHAD, WAT ONS GELAAT HET MET 1329 OF GEDOOD OF VERMIS…..” HIERDIE MONUMENT GEDENK OOK AL DIE ANDER DIERE WAT AAN BEIDE KANTE GEDURENDE DIE OORLOG DOOD IS AS GEVOLG VAN DIE OORLOG” - Hierdie monument is die een waar Manie Lemmer in Augustus 2019 ook namens die Lemmer-nasate ter ere van genl Manie Lemmer en veldkornet Manie Lemmer op uitnodiging aan die kranslegging en inwyding deelgeneem het.

Dienste en herstelwerk van motors en bakkies

Gawie Rossouw 079 196 5445 Hoewe 1, Patryshoek, Akasia ggmotors89@gmail.com Besigheidsure: Ma-Vry 07:00-17:00


22

De Wildt Nuus

Augustus 2019

AKASIA/DE WILDT GELOFTEFEES: 16 DESEMBER 2019 (56 STE JAAR) 1. WAAR? JOPIE FOURIE-TERREIN 3 km wes vanaf die Hornsnekpad aan die R513-pad vanaf Pretoria-Noord na Brits 2. PROGRAM 08:00 - 08:30 Vlagparade olv Peet Dorfling (Hartland-perdekommando) Kanonsaluut olv Gawie Rossouw Voorlaaierdemonstrasie: Werner Theron 08:30 - 08:35 Verwelkoming en bedankings: Voorsitter 08:35 - 08:45 Samesang olv orrelis Eddie Davey en insameling van kontantbydraes tov onkoste 08:45 - 09:15 Geleentheidspreker: Prof Daan Goosen, Akademia Tema: Sal binnekort beskikbaar wees 09:20 – 10:00 Geloftefeesdiens: Ds Johan Schütte, Direkteur APK Tema: Sal binnekort beskikbaar wees Skriflesing: Binnekort beskikbaar Liedere: Binnekort beskikbaar 10:05 - 10:15 Voorhou van Bloedrivier-gelofte: Manie Lemmer Voorhou van Van Riebeeck-gelofte/gebed: Gawie Rossouw Jr 10:15 - 10:25 Sing van DIE STEM (al vier verse) 10:25 - 10:30 Vorige feesgangers gedurende die afgelope jaar oorlede 10:30 - 10:45 Verkiesing van Bestuur vir 2020 (57ste jaar-fees) 10.45 - 11:30 Boekie Jopie Fourie – Die saad is in die grond en boekmerke en sleutelhouer/botteloopmakers as aandenkings beskikbaar vir aankope/bestelling 11:30 - 12:00 Nuwe bestuur ontmoet mekaar Feesgangers word hartlik uitgenooi om vanaf 11:00 heerlik saam te kuier en die dag saam met familie en vriende te geniet 3. WAT BRING ONS SAAM? Eie piekniekmandjie, eetgerei (vure sal op versoek voorsien word), opvou/kampstoele/-tafels (die terre in beskik nie oor stoele nie). Tee, koffie, koue koeldrank en beskuit sal teen ’n klein donasie en bekers teen ’n billike prys beskikbaar wees. 4. KLEREDRAG Tradisionele drag sal meer luister aan die fees verleen! Dra dit asseblief, as u het! 5. ’N GELOFTEFEES OM WEER EENS NIE MIS TE LOOP NIE! Kom by hierdie geskiedkundige terrein saam om die gelofte van ons voorouers gestand te doen en die Here te loof vir al die seëninge. Bring u kinders saam sodat hulle nie slegs die gelofte sal voortdra nie, maar ook saam met u kan luister hoe die gelofte ons, die latere geslagte, as Christene raak. Kontakpersone: Gawie Rossouw (voorsitter) Manie Lemmer Sakfoon 072 134 1105 Sakfoon 082 879 6969 E-pos ggmotors89@gmail.com E-pos lemmer.manie@gmail.com Rachelle Rossouw (sekretaresse) Sakfoon 072 768 0854 E-pos rgrossouw16@gmail.com


Augustus 2019

De Wildt Nuus

23

Seniors word bederf Manie Lemmer

Kobie Opperman het weer eens haar maandelikse omgee vir ons seniors gestand gedoen en op 29 Augustus 2019 82 senior burgers op ’n baie lekker middagete getrakteer. Ons mense sien hierdie herhaalde omgee-aksie raak en kan met ’n enkele groot woord DANKIE, DANKIE reageer. Sy het pas weer op 26 September die seniors onthaal.


24

De Wildt Nuus

Augustus 2019


Augustus 2019

25

De Wildt Nuus

BELANGRIKE DATUMS Ons versoek is vir 2019 weer dieselfde. Vir beter kommunikasie en om oorvleueling te verhoed, stuur asb alle belangrike datums van elke organisasie/instansie deur na Douw van Wyk met die oog op kontrole dat daar nie botsings is nie. Dit word dan in hierdie blad geplaas, sodat alle lesers vooruit kan weet wanneer belangrike dinge plaasvind. AFKORTINGS: DSO – De Wildt Sosiale Organisasie, DWBV –De Wildt Boerevereniging, DWHM –De Wildt Helpmekaar Maatskappy, DWN –De Wildt Nuus, JF –Jopie Fourie-terrein, LSV –Laerskool Vissershoek, KK - Kommando Kombuis, MRC - Margaret Roberts Herbal Centre. Oktober

5

12:00

MRC Fairy Treasure Hunt

Afrit 16

26 09:00 DWN-redaksie vir Desember-uitgawe Afrit 129 November

2

08:30

MRC Annual Christmas shopping day

Afrit 16

5 19:00 DWBV Algemene vergadering De Wildt 4x4 Desember

7

12:00

MRC Christmas gifts from herb garden Afrit 16

16 08:00 Geloftefees JF -terrein

18

08:30

25

MRC Last minute Christmas shopping Afrit 16 MRC Christmas lunch and gin tasting

Afrit 16

Kersdag 31 Oujaarsdag

BRITS MEDIESE NA-URE GROEP PRAKTYK ALGEMENE PRAKTISYNS DR K MICHAEL DR D PIENAAR DR FP SCHOLTZ DR H GROENEWALD

TEL: 012 252 2650/071 846 4424 LIGGING: Brits Apteek (Nel Groep)

SPREEKURE

MAANDAG - VRYDAG 17:00 - 19:00 SATERDAG 17:00 - 19:00 SONDAG 10:00 - 12:00 en 17:00 - 19:00


26

De Wildt Nuus

Augustus 2019

Besoek ons gerus vir alle goeie gebruikte korporatiewe kantoormeubels. Len 082 660 8299 · Frans 082 470 0290 · Armand 082 955 3117 Website: www.officecomplete.net

Beste DWN-leser Baie dankie vir u jarelange ondersteuning Neem asb kennis: Ons nuwe Praktyk: BRITS REHAB. is nou geïnkorporeer met BRITS APTEEK Alle Ortopediese voorraad is nou deurentyd beskikbaar Ek sal voortaan beskikbaar wees by die Sessiekamers. U het ’n keuse om u items deur die APTEEK aan te koop of deur ons praktyk


Oktober 2019

27

De Wildt Nuus

FRIK VOS SURVEY EQUIPMENT

Agents for new and used land surveying instruments and equipment. Specialises in the repair, service and calibration of land surveying instruments as well as survey work. Merle Street Plot 72B Winternest Akasia Pretoria

082 466 8174 082 451 2217

E-mail: frik@surveyinstruments.net


28

De Wildt Nuus

Oktober 2019


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
De Wild Nuus - Okt 2019 by De Wildt Nuus - Issuu