Junie 2019
Jaargang 28 No 3 Webtuiste: www.dewildtnuus.co.za
Foto: www.fosterforum.co.za
2
De Wildt Nuus
Junie 2019
Junie 2019
De Wildt Nuus
3
INHOUDSOPGAWE Lief en leed 3 Redaksiebrief 4 DWHM Veiligheidstatistiek 6 Landbousake (1) 8 DWBV nuus 9 DWBV nuus 10 Alternatiewe behandeling (9) 11 Christus leer die mens dmv gelykenisse(3) 12
Huldeblyk 13 Toekoms van DWN 16 Rate en wenke 17 VLU nuus 18 VLU nuus 19 Jaarlikse Passiespel in Lady Grey 21 Briewebus 23 Belangrike datums 25
LIEF EN LEED Hospitaal • Henry van der Walt • Karen van der Walt • Karen van der Walt se moeder • Malie Prins • Ina Cloete • Christa Nolte • Louis Steyn • Estelle Koekemoer Oorlede • Lynette du Plessis • Clarence Botha • Rui Concalves • Broerskind van Alida Barnard • Fazel van Elite Hardware • Dale Janse van Rensburg Lief • Alida Barnard se broerskind het ’n babadogtertjie • Eric en Christa Fourie weer grootouers van ’n baba-
dogtertjie • Dawid en Patricia van Niekerk groot-grootouers van ‘n babaseun • Indien lesers ’n rolstoel benodig, skakel gerus vir Johan by Ackermans Apteek by 011 828 9000 vir puik diens en pryse.
Huweliksklokkies Martie de Jongh, jarelange inwoner van De Wildt is om 11:00 op 13 April 2019 met Tiny Steenberg in die huwelik bevestig te N G kerk Krokodilrivier. Dominee Ryno Hurn het die huwelik bevestig en daarna is almal na die kerksaal vir ‘n laat sjampanjeontbyt. Alles was feestelik in pienk getooi, hulle kinders en kleinkinders het die blomme gedoen en Martie se De Wildtvriendinne het gesorg vir die heerlike eet en drinkgoed. Martie was ‘n pragtige bruid en Tiny was net so spoggerig uitgevat. Die redaksie en lesers van De Wildt Nuus wens hulle ‘n lang en gelukkige huwelikslewe toe.
Manie Lemmer het na 38 jaar as lid van die VSA waarvan 18 jaar as Nasionale Bestuurslid van die Vereniging van Staatsdienspensioentrekkers op grond van nog ander verpligtinge, onder andere meer aandag aan sy eggenote wat goeie mobiliteit en haar sig die afgelope twee jaar verloor het, as bestuurslid bedank. Op 25 April 2019 het hy tydens ’n bestuursvergadering van die assistenthoofbestuurder van die VSA (Vereniging van Staatsamptenare en tans meer bekend as die PSA: Public Servants Association), mnr Pieter Koen, ’n geraamde sertifikaat van dienserkenning ontvang. Die bewoording daarop lui soos volg: CERTIFICATE OF RECOGNITION awarded to HR (Oom Manie) Lemmer for exceptional services rendered to the PSA in the following capacities: Since 1990 member of Branch for Associate Members: Public Service Pensioners 2008 – 2018: Member of National Management Committee: Branch for Associate Members: Public Service Pensioners 2015: Chairperson of Medical Committee: Branch for Associate Members: Public Service Pensioners 2015 – 2018: Deputy Chairperson - National Management Committee: Branch for Associate Members: Public Service Pensioners SPECIAL MENTION This award is made to you on behalf of the Board of Directors and PSA Administration with pride and in sincere appreciation for the exceptional and loyal services rendered by you to the PSA and being a driving force behind issues affecting the qualitity of pensioners over a period of 28 years
4
Junie 2019
De Wildt Nuus REDAKSIELEDE Manie Lemmer - 082 879 6969 (Voorsitter) Rachel Rossouw (Sekretaresse) De Wildt Helpmekaar Maatskappy Adele du Toit - 071 843 8185 Douw van Wyk 073 833 2105 De Wildt Boerevereniging Aangewys te word De Wildt VLU Georgie Louw - 082 374 6879 Addisionele lede Sannie Lemmer - 082 879 6969 Jan Lemmer 083 256 8266 Marguerite Nel 082 774 2517 Magriet van Heerden 072 092 6460 Kobie Opperman - 076 482 8513 Eugene van Staden 073 367 4787 Gertie van Staden 073 091 6035 Drukker: APK Wonderboom 012 527 0513 Wonderboom@apk.co.za
De Wildt Nuus Bankbesonderhede: Rekeningnaam: De Wildt Nuus ABSA Brits Rekeningnommer: 9337490973 Verwysing: Adverteerder se naam + Junie 2019 (noem telkens die naam van die betrokke maand). Epos betalingsbewys manie.lemmer@dewildtnuus.co.za Advertensiegeld moet asb vooruitbetaal word, maw sodra die advertensie versoek of gewerf word. Dankie vir julle moeite. Kontakpersone vir advertensies en grafiese ontwerp: Manie Lemmer Advertensie-ontwerp: R100 Veranderings op bestaande advertensies: R50 ADVERTENSIES IS VOORUITBETAALBAAR Die artikels in die De Wildt Nuus is nie noodwendig die produk van die redaksie nie, maar van individue. Daarom vereenselwig die redaksie hom ook nie noodwendig met alle uitsprake/menings in die artikels nie.
REDAKSIEBRIEF Manie Lemmer Liewe lesers Wanneer hierdie blad ons lesers bereik, sal die winter sekerlik begin knaag aan ons en die natuur, maar dit maak ons lesery soveel interessanter as ons snoesig onder komberse saans kan sit en lees. Die verkiesing is agter die rug en almal wag in spanning om te sien of verkiesingsbeloftes wel uitgevoer sal word en sal realiseer tot voordeel van ons land en sy mense wat reeds aftakeling van ’n eens florerende land op groot skaal ervaar het. Sal die kabinet kleiner wees en sal gekonsentreer word op diens en skoon regering? Ons bede is dat dit alles waar sal word, maar dit kan slegs gebeur as ons getrou bid dat ons Vader wat alles beheer, as Leidsman aanvaar word en elke individu sy/haar kant bring. Dit was ontstellend om sommige mense se onsinnige argumente aan te hoor wanneer hulle probeer verduidelik waarom hulle òf nie gestem het òf vir dié of daardie party uit die ellelange lys gestem het, ook hoe mense nie weet wat hulle regte is nie; my eggenote is deur ’n waarnemer gevra vir wie sy stem, terwyl sy my seun in haar plek aangewys het om namens haar te stem omdat sy nie meer kan sien nie en my blinde skoondogter het dieselfde ervaring gehad. Sulke waarnemers moet duidelik vertel word dat dit niks met hulle te doen het nie. Hierdie soort intimidasie sal seker maar deel van ons onkundige samelewing bly, maar soos ek dit in ons vorige uitgawe beklemtoon het, moet ons nooit ophou om beswaar te maak as dinge verkeerd loop of aangepak word nie. Na jare het twee van ons redaksielede bedank en ons bring ook langs hierdie weg ons dank, ook namens die lesers, aan Gertjie Davel en Hanna Scribante wat agv te veel ander verpligtinge nie verder as redaksielede voortgaan nie, hoewel hulle nog sal help sorg vir bydraes en advertensies. As nuwelinge, hoewel nie as onbekendes nie, het Douw van Wyk en Rachelle Rossouw by ons redaksie aangesluit en hulle word verwelkom; Rachelle het ingewillig om Sannie se jarelange taak as redaksiesekretaresse oor te neem. Elders in die blad sit ek ook vir lesers uiteen hoe ons blad se redaksie ’n nuwe werksprosedure met meer bystand van ons plaaslike inwonersmaatskappy, DWHM, bespreek en aanvaar het ten einde ons blad te laat voortbestaan, om-
dat ek self weens talle ander verpligtinge, waaronder meer bystand vir my eggenote, beslis nie meer alleen al die verantwoordelikhede verbonde aan die blad kan hanteer nie. Ons doen steeds ’n beroep op ons lesers om vir ons adverteerders te werf en/of andersins borge/donasies te werf; ter inligting meld ek graag dat, afgesien van die vrywillige en gratis diens van die redaksie, vir die vorige blad van April 2019 vir die drukkoste en grafiese werk bykans R13 000.00 benodig was wat alles uit ons advertensiegeld gedelg word, sonder dat lesers, wat die blad gratis kon bekom en lees, enigsins tot advertensiewerwing bygedra het. Tov die advertensiegeld word nou reeds hier gemeld dat die bankrekeningbesonderhede voor die volgende uitgawe van ons blad in Augustus sal wysig, omdat die geldsake onder DWHM se rekening ingeskakel sal word. Die adverteerders sal ook betyds daaromtrent ingelig word. Lesers sal merk dat Pretoria-Noord Toyota weer terug is in ons adverteerdergroep om ook aan lesers motors te koop aan te bied. In hierdie blad kan lesers benewens die gereelde artikels en bydraes ook kennis neem van ’n nuwe rubriek, Landbousake, wat deur ’n jarelange vriend en landboukenner, Leon Weber, behartig word. ’n Ander interessante stukkie inligting sal u vind in Marié de Jager se verslaggie oor die 17de Passiespele wat vanjaar in Lady Grey gehou was. Ek wonder hoeveel van ons lesers het van hierdie luisterryke gebeurtenis wat reeds jarelank plaasvind, geweet. Dit maak ’n mens lus om weer te reis en die talle aangename en interessante bedrywighede in ons land te kan waarneem. Wat die Lief en Leed betref wil ons graag lesers versoek om aan ons die inligting te voorsien, aangesien ons nie oor joernaliste beskik wat die nuus kan uitsnuffel nie; lig ons asb in deur DWHM se kantoor te skakel met Lief en Leed-inligting, aangesien ons dit graag wil plaas. Die kantoornommer van Suzette Pëtersen tydens werksure is soos volg: 081 780 0426. Ons vertrou dat hierdie blad weer vir u goeie leesstof bring sodat u ook daarmee die koue van die winter kan trotseer. Groete tot Augustus
Junie 2019
De Wildt Nuus
5
6
De Wildt Nuus
DWHM STATISTIEK
Junie 2019
Ongelukke/Accidents
2013 2014 2015 2016 2017 2018 2019 Jan 6 3 1 3 4 8 5 Feb 8 12 11 12 6 16 13 Mrt 9 11 7 12 13 12 6 Apr 10 9 8 6 6 7 2 Mei 7 6 4 7 7 11 Jun 9 5 2 9 4 8 Jul 8 7 13 7 5 14 Aug 16 10 9 3 8 11 Sep 9 5 6 6 8 2 Okt 7 13 6 21 23 8 Nov 10 4 6 9 7 5 Des 4 6 4 8 5 8 Totaal 103 91 77 103 96 110 26
Veiligheid/Safety Jan Feb Mrt Apr Mei Jun Jul Aug Sep Okt Nov Des Totaal
2013 38 35 48 57 47 60 45 54 14 26 26 8 458
2014 18 21 15 11 34 34 31 18 20 18 15 17 252
2015 18 37 35 29 23 16 26 29 31 23 39 34 340
2016 17 21 28 21 24 23 28 21 33 21 43 48 328
2017 19 23 21 18 22 25 17 15 17 27 32 20 256
2018 24 19 23 25 49 41 52 90 50 58 61 26 518
2019 35 36 49 66
186
Junie 2019
De Wildt Nuus
7
8
De Wildt Nuus
Junie 2019
LANDBOUSAKE (1) Grond
Leon Weber - landboukonsultant
Die reeks artikels begin deur grond te bespreek wat fisiese en chemiese aspekte asook die potensiaal en gebruiksaanwending betref. Die sukses van die meeste boerdery en gewasverbouingspraktyke hang van die kwaliteit van die grond in jou tuin, kleinhoewe, plaas, lande en weiding af. Hoe beter die grond, hoe suksesvoller is jou boerderyaktiwiteit. Die definisie van goeie landbougrond is ’n diep, goed gedreineerde grond sonder beperkende lae, (chemies of fisies) en kan nie te sanderig wees (minder as 10 % klei) of kleierig (meer as 35 – 40 %) wees nie. Dit moet dus ’n sandleemgrond wees. Kleigronde met meer as 40 % klei of sandgrond met minder as 10 % klei is ook bruikbaar vir sekere gewasse met sekere beperkings. Sommige gewasse vaar ook beter op gronde met spesifieke klei-inhoude bv grondbone: 10 – 20 % klei, mielies 15 – 25 % klei, sonneblom en graansorghum op 25 – 45 % klei. Chemiese beperkings kan pH (te suur of alkalies) of te veel elemente soos byvoorbeeld natrium of selfs ander elemente wees. Die beperkende lae verhinder die indringing van wortels en water. ’n Stuk grond kan dus nie net beoordeel word van hoe dit op die oppervlak lyk nie. Slegs met behulp van ’n profielgat (’n gat of sloot in die grond so diep as wat die grond is) moet dan noukeurig geïnspekteer word om die kwaliteit van die grond te bepaal. Met so ’n inspeksie van die profielgat, word gekyk na diepte, beperkende lae (wat ook deur die indringing van wortels waargeneem kan word), klei-inhoud, en kleurverandering. KLEI-INHOUD ’n Verhoging van klei-inhoud sal aanduidend wees van swakker dreinering en ’n vermindering van klei-inhoud, met ander woorde, meer sanderig, sal aanduidend wees van ’n droër grond omdat die water wegdreineer. Hoër klei-inhoud gronde kan meer water stoor, maar dit hou ook die water vas sodat dit nie alles deur die plant onttrek kan word nie. DIEPTE Hoe dieper, hoe beter. Vlak grond byvoorbeeld, minder as ’n me-
ter diep, sal minder water kan stoor vir droogte tydperke en ook gouer versuip met baie reën. Diep gronde kan meer water stoor en wortels kan dieper indring om water en voedingstowwe te absorbeer. Diep gronde versuip nie maklik nie. KLEURVERANDERING Indien ’n rooigrond rooi bly en vaal grond selfs effens rooier word, is dit ’n aanduiding van goeie dreinering. Met goeie dreinering dring die lug (suurstof) diep in die grond in en die rooi kleur word verkry deur die oksidasie van yster en die teenwoordigheid van suurstof. Indien enige grond se kleur geel word met diepte, is dit ’n aanduiding van swakker dreinering omdat daar nie lug met suurstof kom nie en die yster oksideer dan geel in die afwesigheid van suurstof. Heeltemal geel verkleuring met diepte is ’n aanduiding dat die grond versuiptoestande kan skep. Enige vergeling vanaf ’n meter diepte, is nadelig maar as die vergeling eers op twee meter begin voorkom is dit weer ’n goeie grond vir die 500 – 600 mm reënvalgebiede. Dit is die beste gronde in Wes Transvaal, veral as die bogrond sanderig is, want dan dring die reën vinnig in die grond in tot op twee meter wat die water dan stoor vir die plantwortels. Dieselfde grond is in hoë reënvalgebiede soos Delmas en KwaZuluNatal weer ongewens omdat die “dam” tot op 2 meter vol word met die hoë reënval (700 – 1 000 mm) wat dan versuiptoestande skep. Geen plant hou van “nat voete” nie en sal dan versuiptekens toon as dit in te nat ondergrond staan. Vir enige gewasverbouing, asook bome is dit dus belangrik om eers ’n gat te grawe en die profiel tot so diep as wat die grond is, te inspekteer vir moontlike versuiptoestande en beperkende lae. Fisiese eienskappe is permanent en kan nie maklik reggestel word nie. ’n Matige hoë klei-inhoud in die bogrond kan wel met voldoende kompos verbeter word om grond effens losser te maak wat waterindringing sal verbeter. Dit is wat die fisiese eienskappe betref om grond te evalueer. Wat die chemiese eienskappe aanbetref, sal in die volgende artikel beskryf word hoe ’n stuk grond chemies geëvalueer word en hoe dit reggestel kan word.
Meer oor die outeur van die nuwe rubriek Landbousake Ek is gebore en het skool gegaan in Rustenburg en ek het gestudeer aan die Universiteit van Pretoria waar ek die grade B Sc (Agric) en B Inst (Agrar) Hons verwerf het in die landbouwetenskappe en landbouvoorligting. Ek het na universiteit die Manyelete Wildtuin ontwikkel (langs die Kruger Wildtuin). Daarna het ek elf jaar se boerderyondervinding opgedoen met droëland en besproeiingsboerdery asook ‘n melkery en varkstoetery. Vir die afgelope bykans 40 jaar was ek betrokke by landbouvoorligting en navorsing by die Marico Koöperasie en vir 23 jaar het ek die landbouontwikkelingsafdeling van die Magaliesbergse Graankoöperasie begin en uitgebou tot in 2005 met my aftrede. Omdat landbou my passie is en omdat die behoefte aan objektiewe landboukundige advies groot is met die uitdagings wat die boer moet trotseer, het ek as onafhanklike landboukonsultant sedert 2006 bly werk om boere te help met die ondervinding en kennis wat ek oor die jare opgedoen het. Dit bly vir my nog steeds ‘n uitdaging om in die perd “landbou” se saal te sit en hom nog te ry om kennis terug te ploeg tot my boere se voordeel. - Leon Weber
Junie 2019
De Wildt Nuus
9
TLU SA petisie teen onteiening sonder vergoeding TLU SA het verlede week ‘n petisie van stapel gestuur teen onteiening sonder vergoeding. Met die veldtog genaamd # SOS gaan buitelandse regerings gevra word om druk toe te pas op die Suid Afrikaanse regering om af te sien van die dreigende kwessie, onteiening sonder vergoeding. Suid-Afrikaners kan dié petisie teken wat deel sal vorm van’n formele versoekskrif wat aan “leiers, ambassadeurs en invloedryke rolspelers van ander lande oorhandig sal word sodra die organisasie voldoende steun het. Dié lande sluit onder andere in Engeland, Amerika, Duitsland en Australië. Die versoekskrif sal ook aan die Suid-Afrikaanse regering oorhandig word. TLU SA het reeds in verbinding met die betrokke lande getree. Hulle het ook die Europese Unie genader en ‘n voorlegging gedoen. Verder het hulle ook kontak met ander lande. Hulle het ook direkte toegang tot president Donald Trump. Die petisie vereis dat ‘n persoon sy of haar naam, van, e-pos-adres en selfoonnommer moet verskaf, maar TLU SA verseker dat dié inligting streng beskerm sal word. Vir veiligheidsdoeleindes gaan slegs die name op die amptelike petisie deurgegee word. Die petisie is op TLU SA se webblad www.tlu.co.za asook op Facebook beskikbaar. TLU SA stalletjie NAMPO 16 Mei 2019 Dankie aan die De Wildt Boerevereniging lede en ander inwoners
wat met die bussie saamgegaan het NAMPO toe. Dankie aan Gertjie Davel, Phil en Hester Louw en Eric en Christa Fourie, prof Koos de la Rey asook Floris Booysen vir julle hulp by TLU SA stalletjie. Julle het Sentraalstreek trots gemaak. De Wildt Boereverenigingvergadering 7 Mei 2019 Tydens die vergadering het Kobus Oberholster wat vanaf 1 April 2019 werksaam is by TLU SA se ekonomiese welstandslessenaar, ons besoek. Sy doel is om lede van TLU SA te help met persoonlike finansies. Die eerste hulpmiddel waarvan hy gebruikmaak is ‘n finansiële druktoets. Hierdie druktoets neem 3 minute en daar is 10 vrae waarop ja of nee geantwoord moet word. Die tweede hulpmiddel is ’n brief. ’n Laaste brief aan familielede waar praktiese riglyne deurgegee word aangaande noodsaaklike voorbereidings en hoe om dit te hanteer na iemand se heengaan. (LW hierdie brief vervang op geen wyse ’n finale testament nie.) Die derde hulpmiddel is ’n lewenslêer wat in die kluis toegesluit moet word. Kobus noem dat familievergaderings gehou kan word. Vir verdere inligting kontak Kobus by 082 330 8607, kobus@attooh. co.za , www.kobusoberholster.co.za De Wildt Boerevereniging volgende vergadering: 27 Augustus 2019.
10
De Wildt Nuus
Junie 2019
De Wildt Boerevereniging na 2019 NAMPO Oesdag Douw van Wyk
Dertien inwoners van ons gemeenskap het as groep onlangs die 53ste NAMPO Oesdag naby Bothaville bygewoon. Die afvaardiging is verteenwoordig deur oud en jonk, van skoolkind tot afgetredenes, manne en dames. Almal kry ’n sitplek in die bussie, en Phil doen vir ons ’n gebed en dank die Here vir hierdie voorreg wat ons kan geniet. Om 05:10 op Donderdag 16 Mei vertrek ons op die lang tog na die Vrystaat. Die kenmekaar op die bussie is aanvaklik moeilik in die donkerte, maar soos die herfssonnetjie sy kop uitsteek duskant die Vaalrivier, word die gesels al hoe makliker. Saam met ’n heerlike ontbyt van biltong, droëwors, chilli bites, vetkoekies, pasteitjies, koffie, koeldrank en ’n soetigheidjie, word lekker geskerts en gesels. Ons neem ’n “besigtigingstoer” (ompad!) oor Bothaville, maar kort voor lank is ons deel van die lang string voertuie wat indraai by NAMPOPark. Om ons is ’n see van voertuie, helikopters, ligte vliegtuie, en elke ander denkbare ryding. Ons het gearriveer! Nadat almal bene gerek het tree ons aan vir ’n foto, reëlings word getref vir die res van die dag, en ons vaar die terrein binne. Die aantal en omvang van die uitstallings, stalletjies en magdom diere op skou is werklik oorweldigend. So ver as die oog kan sien is daar trekkers, landbou-implemente, voertuie, diere, laggende gesigte, jolige studente en oorvriendelike verkoopsmense! Sommer vroeg al vul die reuk van braaivleis en oop vure die lug op die netjiese terrein met silwerskoon ablusiegeriewe. Die De Wildt Boereverening is op hul pos by die TLU SA se stalletjie, en Wannie en Hanna samel vandag alreeds 1008 handtekeninge in vir die petisie teen die onteiening van grond sonder vergoeding. Knap gedaan! Ons maak ’n draai by die outydse trekkers, bakkies en motors waarvan meeste nog in goeie lopende toestand is. Daarenteen is dit verstommend om te sien hoe tegnologie in die laaste eeu ’n massiewe invloed op veral landbou gehad het. Hommeltuie, satelietmonitering, GPS rekordhouding en vele meer is nou aan die orde van die dag en deel van die tegnologiese reis in landbou. So word dit tyd vir middagete en ’n koue lafenis vir die keel. Die
kosstalletjies bied ’n verskeidenheid disse en lekkernye vir ieder en elk se smaak. In die biertuin is die jong boere reeds besig om jolig te raak en die positiwiteit, entoesiasme en lewenslus onder hierdie jong manne en dames is tasbaar en aansteeklik. Oral rondom ons lag en gesels almal en dit word gou weer duidelik hoekom hierdie fees in 2018 meer as 83 000 besoekers ontvang het. Heelparty stalletjies en sale is gefokus daarop om ook aan die dames se nuuskierigheid en kooplus te voldoen. Daar is ook verskeie programme deur die dag, spesifiek gemik daarop om ook die tradisionele boervrou, en die moderne vroueboer te vermaak. Daar is egter ook ’n somber herinnering aan die vloek van geweld wat ons land al van so baie boere, hul gesinne, en werkers beroof het. Die Muur van Herinnering bestaan uit 9 klipmure, een vir elke provinsie, waarop die name ingegraveer word van die slagoffers wat sedert 1961 vermoor is tydens plaasaanvalle. Die hartseerste is dat daar oop spasies op die granietblaaie is wat volgende jare nuwe name gaan vertoon. Ons voel tegelyker tyd woedend en bitter hartseer. Die son begin flouer raak en oral om ons is mammas en pappas wat moeë kinders in waentjies rondsleep. Vir oulaas probeer ons om die laaste besienswaardighede te ervaar soos ons seervoet en lyfmoeg aanstaltes terug maak na die bussie. Ons besef die dag is beslis te kort om alles op die fees te beleef. Net na 16:20 vertek ons op die lang pad terug en besluit om hierdie keer reguit huiswaarts te keer. Die atmosfeer in die bussie is vrolik en ons smul verder aan ons padkos en sluk ’n paar koue verversings af. Ons begin dadelik ook beplan vir volgende jaar se uitstappie, en onderneem om in 2020 ’n groter bus te reël sodat meer mense van De Wildt hierdie voorreg kan ervaar. Skuins voor 20:00 is ons terug en daar word gegroet en beste wense uitgeruil. Baie dankie aan die De Wildt Boereverening vir hierdie inisiatief, en dankie vir almal wat hierdie uitstappie een van die beste ervarings gemaak het.
Junie 2019
De Wildt Nuus
11
Alternatiewe behandeling (9) Selfwaardering Dr Marius Potgieter (Kruiedokter en pastorale berader)
Navorsing wil te kenne gee dat van 87% tot 95% van fisiese probleme deur emosies en die denke veroorsaak kan wees. Dit is waarom stres en ‘n negatiewe lewenshouding so nadelig kan wees vir ‘n mens. Een van die mees algemene vorme van negatiwiteit is ‘n swak selfbeeld – iets waarmee die meeste mense in ‘n bepaalde lewensfase sukkel. Selfwaardering: Wat ‘n mens van jouself dink, het ‘n reuse invloed op jou lewe en jou gesondheid. As gevolg van al ‘n mens se ervarings is daar in jou onderbewussyn ‘n onuitgesproke beeld wat jy van jouself het. Wanneer hierdie selfbeeld negatief is en jy nie van jouself hou nie, kan dit tot outo-immuunsiektes lei: die liggaam val homself aan omdat die onderbewussyn die boodskap van negatiewe gevoelens na die liggaam toe deurstuur. Die geheim is selfwaardering of selfliefde.Ons moet ons naaste so liefhê soos onsself. Liefde volgens die Bybel beteken eerstens onvoorwaardelike aanvaarding: jy moet jouself dus onvoorwaardelik aanvaar soos jy is. Dit is soos God ons liefhet – onvoorwaardelik. Verder beteken liefde om onselfsugtig te dien: ons moet onsself oppas (dien) op so ‘n manier dat ons in staat is om ander mense te kan help
en bystaan. Dit is waarvoor ons op aarde is. Mense dink dikwels dat selfliefde verkeerd is. Selfgesentreerdheid is nie selfliefde nie; dit is die teenoorgestelde van liefde en is selfsugtig en liefdeloos van aard. Dit kom dikwels uit die kwaadwillige hart wat hom nie aan God steur nie en ander mense misbruik of vertrap. Dit kan ook tot allerlei siektetoestande lei. Selfaanvaarding: Om gelukkig en gesond te kan wees, moet ’n mens jouself vergewe vir alle foute en mislukkings van die verlede. Baie mense loop hulle hele lewe lank met selfverwyt oor dinge wat in die verlede verkeerd gegaan het of verkeerde keuses wat gemaak was. Daarmee saam hang skuldgevoelens wat selfs tot self-haat kan lei. Selfverwerping of selfhaat lei dikwels tot outo-immuunsiektes waar die liggaam homself aanval en seermaak. Dit is onnodig. Almal op aarde maak foute, doen verkeerde dinge en neem verkeerde besluite. Vra die Here vir vergifnis vir wat sleg of verkeerd was; aanvaar Sy onvoorwaardelike vergifnis en ... vergeef jouself. Jy kan tog nie weier om jouself te vergewe as die Here God jou reeds vergewe het nie! Dit bring innerlike vrede wat ‘n wonderlike ruimte vir gesondheid maak.
12
De Wildt Nuus
Junie 2019
Christus leer die mense dmv gelykenisse (3) Manie en Sannie Lemmer
Ons maak hier gebruik van twee boodskappe/preke wat ons leraar in 2017 in ons kerk gebring het.
is ’n spieël vir ons om weer opnuut vas te stel of ons nog by ons positiewe antwoord gebly het.
Lees Mattheus 21: 28 – 32 Het jy ja bely en ook bly doen? Die boodskap handel oor die gelykenis van die twee seuns en die kern van sy boodskap was aan die hand van bogemelde vraag: Jesus praat in hierdie gelykenis ook met die Fariseërs en Sadduseërs, nadat hulle Hom pas tevore oor Sy gesag ondervra het. Hy wys op die seun wat nie in sy vader se wingerd wou werk nie, maar tog later berou gehad het, tot inkeer gekom het en wel in die wingerd gaan werk het. Die ander seun het wel ja geantwoord, maar nie sy woord gehou nie. Die wingerd was sedert lank gelede, vanuit die Ou Testament reeds, aan die Israeliete bekend en hier word eintlik met wingerd verwys na die koninkryk van God. Ons het reeds tydens belydenisaflegging ook ja gesê en die vraag is of ons steeds die “werk” in Sy koninkryk verrig soos ons belowe het, of het ons ook dalk vergeet om ons woord te hou? Hierdie gedeelte uit die Woord
Lees Mattheus 25: 1 – 13 Waak dan en wees voorbereid! Ons almal het een of ander tyd ’n nagmerrie beleef en dan verligting ervaar wanneer ons wakker word. Hier het ons egter met die werklikheid van Christus se koms te doen en ons sal by Sy koms vind dat dit nie slegs ’n droom is nie. Die dwaas, soos hierdie dwase meisies, is nie voorbereid nie en dink daar is nog tyd. Die dag kan enige tyd aanbreek en dan moet jy lank reeds die wysheid hê om voorbereid te wees op sy koms. Lees ook 1 Thessalonicense 4: 13 -18. Moenie soos dwase poog om die datum van Sy koms te voorspel nie; ja, let wel op die tekens van die tye en weet dat Sy wederkoms ’n voldonge feit is, maar op ’n onverwagte en onbekende tyd sal gebeur. Wees daarom te alle tye voorbereid en glo, sodat hierdie wederkoms nie vir jou ’n ramp is nie, maar die begin van die ewige lewe sal wees.
p o o Te K
7 ha. , 0 3 ad, s b a m a l e p yl as, sw e r Leefst a f e s, 3 le ens. r , e e k m k a pk derho n e 6 slaa o h 000 store, 0 0 5 2348 1 R3 5 6 : 082 y b a i c k Ali Konta
Junie 2019
13
De Wildt Nuus
HULDEBLYK
Manie Lemmer
CLARENCE MAXWELL BOTHA * 29 September 1944 † 1 Mei 2019 Nog ’n jarelange inwoner van ons woongebied is van ons deur die dood weggeneem en ek bring graag ook namens die redaksie hierdie huldeblyk aan ’n vriend wat te alle tye sy kant in ons gemeenskap gebring het en nooit sy lyf weggesteek het as daar gewerk moes word nie. Ek onthou hoe hy destyds met die stigting van die Krokodilrivier Helpmekaarvereniging en ons daaropvolgende deelname aan die plaaslike raadsverkiesing een van my regterhande was; ons het saam plakkate gemaak en teen pale opgehang. Daarna ook toe ons aan die plaaslike raadsverkiesing van 2000 deelgeneem het en weer later ook aan ’n daaropvolgende nasionale verkiesing. Clarence was steeds daar as hulp nodig was. Daarna was hy ook ’n medestigterslid van ons plaaslike De Wildt Helpmekaar Maatskappy en een van die eerste direkteure. Hy was jarelange lid van die De Wildt Boerevereniging en hy was een van die klein groepie suksesvolle blomboere alhier. Toe dr Endres in die Wonderpark NG-kerk op 14 Mei die begrafnisdiens van Clarence waargeneem het, het hy uit Mattheus 5 onder andere aangetoon hoe die saligsprekinge sekerlik ook op Clarence toepaslik is, as stil sagmoedige, barmhartige en vredemaker, waarvan ons ook kan getuig. Dr Endres vergelyk ook die lewe van Clarence met die teksvers in 2 Korinthiërs 2: 15 wat lui: Ons is ’n aangename geur van Christus tot eer van God. Hy toon
’n bossie laventeltakkies en beklemtoon dat die blaartjie of takkie eers moet seerkry of gekneus word voordat dit die aangename geur kan versprei. So is Clarence ook in die laaste jare van sy lewe deur baie pyn en lyding aangeraak en het dit ook nog meer verdieping in sy godsdienstige lewe gebring, sodat hy ook vir baie ander mense tot seën kon getuig. Ek self het die laaste paar maande hoofsaaklik met hom dmv die sosiale medium, Whatsapp, geskakel en wanneer ek hom met ’n bemoedigende spreuk bedien het of met ’n mooi aanbieding van musiek of sang, het hy altyd blymoedig geantwoord en ook aan ons sy goeie wense oorgedra. Van sy familie en vriende het van ver gekom om die laaste eer aan hom te bewys en ons weet van sy seun, Willem, en sy gesin wat van Brittanje af gekom het om sy begrafnis by te woon, maar ook voor sy oorlye hierheen gekom het om sy vader en moeder by te staan. Hy moes na Clarence se oorlye weer terugkeer huis toe om sy mense te gaan haal hierheen. Ons sal saam met Susan, haar moeder, tannie Bettie, en hulle kinders en kleinkinders vir Clarence nie vergeet nie, want met sy stille geaardheid het hy ons en talle ander medemense altyd as vriende bygestaan. Ons bid ons hemelse Vader dat Hy julle self sal vertroos in hierdie tyd van beproewing, en ons weet dat ons vriend wat die aardse lewe verlaat het, nou reeds begin het met die ewige lewe saam met sy Verlosser en God.
BRITS MEDIESE NA-URE GROEP PRAKTYK ALGEMENE PRAKTISYNS DR K MICHAEL DR D PIENAAR DR FP SCHOLTZ DR H THERON DR H GROENEWALD
TEL: 012 252 2650/071 846 4424 LIGGING: Brits Apteek (Nel Groep)
SPREEKURE
MAANDAG - VRYDAG 17:00 - 19:00 SATERDAG 17:00 - 19:00 SONDAG 10:00 - 12:00 en 17:00 - 19:00
14
De Wildt Nuus
Junie 2019
Junie 2019
De Wildt Nuus
15
16
De Wildt Nuus
Junie 2019
TOEKOMSTIGE WERKSPROSEDURE VAN DIE REDAKSIE EN DWHM-DIREKSIE Manie Lemmer
Nota Hierdie inligting word aan ons lesers deurgegee sodat daar nie enige misverstand of foutiewe afleidings agv oningeligtheid veroorsaak word nie 1. Voortbestaan van DWN Aan die hand van ’n skrywe van die Voorsitter aan die redaksielede dat hy nie langer al die verantwoordelikhede verbonde aan die blad kan behartig nie het die redaksie eenparig besluit, soos ook die gevoel van die direksie van DWHM was, dat die blad beslis nie gestaak sal word nie, veral op grond van aangebode hulp vanaf die plaaslike inwonersmaatskappy, die DWHM. 2. Bystand vanaf DWHM Mej Du Toit, voorsitter van DWHM, het die redaksie verseker dat die direksie dit reeds eens was dat hulp tov verskeie aspekte voortaan aan die redaksie van die blad verleen kan word en daar is na voldoende samespreking ooreengekom dat die verskillende sake hieronder uiteengesit is met die oog op finalisering daarvan deur die direksie van DWHM. Die volgende bystandsdienste kan deur die DWHM se direksie verleen word: 2.1 Finansies 2.1.1 Inkorporering van bankrekening as subrekening van DWHM, tesame met die rekenarisering van die boekhouding van DWN 2.1.2 Hantering van advertensies: Werwing saam met redaksielede, fakturering en opvolging van fakture tov betaling 2.1.3 Verkryging van borge 2.1.4 Betaling van rekeninge vanaf voorsitter/redaksielede tov uitgawes aangegaan en vanaf die grafiese ontwerper (wat die blad uiteensit en aan die drukker besorg) en vanaf die drukker. 2.2 Bladsytal van elke tweemaandelikse uitgawe DWHM se kantoor sal verkieslik ten minste die dag voor die redaksievergadering tov ’n uitgawe van die blad die opsomming van die advertensies vir die betrokke uitgawe saam met die totale fondse beskikbaar vir die betrokke blad aan die voorsitter van die redaksie besorg. Die redaksie sal dan die bladsytal kan bepaal. 2.3 Verspreiding Nadat die voorsitter die 750 kopieë by die drukker afgehaal het, kan hy met die kantoor van DWHM reël vir die verspreiding soos deur voorsitter van DWN uiteengesit en besorg, by adverteerders waar die voorsitter dit nie
self kan doen nie, en die ander verspreidingspunte. 2.4 Lief en Leed DWHM sal reël vir die byhou van Lief en Leed-besonderhede en die versending na die voorsitter van DWN en die grafiese ontwerper teen die vyftiende dag van die maand waarin die blad aan die drukker besorg moet word. 2.5 Deelname in redaksie DWHM sal steeds soos tans in die geval van mej Du Toit en mnr Van Wyk, op die redaksie van die blad verteenwoordig word. 2.6 Insette tov vorm en inhoud van die blad Die direksie van DWHM se insette hieroor sal op prys gestel word. 2.7 Webtuiste Moontlike beëindiging van huidige webblad en inskakeling onder vaandel van DWHM-webblad. 3. Pligte van redaksielede 3.1 Bywoning van redaksievergaderings Hierdie vergaderings (ses per jaar) word voortaan op Saterdagoggende vanaf 09:00 gehou 3.2 Artikels Skryf en/of besorg artikels vir elke blad, verkieslik nie later nie as tydens die betrokke redaksievergadering. 3.3 Werwing van adverteerders en borge Soos in oorleg met verteenwoordigers van DWHM ooreengekom te word. 3.4 Hulp met verspreiding van kopieë In hierdie geval veral hulp met verspreiding aan spesifieke adverteerders, soos versoek. 3.5 Hulp met Lief en Leed Veral tov sterfgevalle waar redaksielede ’n begrafnis of roudiens bywoon, help die roudiensblaadjies die voorsitter baie wanneer ’n huldeblyk geskryf moet word. Ook tov ander insidente/gebeure waarvan die redaksie of DWHM-direksie nie kennis gedra of ontvang het nie. 3.6 Klankbord tov die blad Luister na kommentaar oor blad en moedig lesers veral aan om hul siening skriftelik vir die Briewebus te stuur. 3.7 Notulering tov redaksievergaderings Voortaan sal mev Rossouw die notule in oorleg met die voorsitter opstel en na finalisering aan redaksielede uitstuur. 3.8 Rekeninge tov uitsak-uitgawes Waar redaksielede uit eie sak uitgawes in belang van die blad aangegaan het, word dit tydens elke redaksievergadering skriftelik vir goedkeuring voorgelê met die oog op uitbetaling daarvan daarna deur die verantwoordelike beampte van DWHM.
Junie 2019
De Wildt Nuus
17
Rate vir verkoue en griep Jou neus is aan die hardloop en jou keel brand elke keer wat jy sluk. Is dit verkoue of griep? Dis soms moeilik om te weet watter een dit is wat jou nou so olik laat voel, maar hoe gouer jy ’n diagnose kan maak, hoe gouer kan jy die regte stappe doen om weer blitsvinnig op die been te wees. Hier is ‘n paar wenke oor wat om te maak wanneer jy siekerig begin voel. Die heel beste medisyne vir griep is ongetwyfeld rus. Dis ook baie belangrik om seker te maak dat jy genoeg vloeistof inneem om dehidrasie te voorkom. As jy vinnig spring en by ’n dokter uitkom kan hy moontlik antivirale medisyne voorskryf. Dié tipe medisyne sal help dat jy baie vinniger gesond word en kan ook help om longontsteking te voorkom. Maar – dis belangrik dat jy dit binne 48 uur vandat jy begin siek word drink, anders sal dit nie effektief wees nie. Gelukkig het die boere raat om te help met griep. Daar is baie verskillende maniere om dié warm medisynedrankie te maak – maar almal stem saam dat dit werk! Gewoonlik word dit gemaak met ’n basis van hardehout – iets donker soos whisky, brandewyn of rum. Meng kokende water en heuning, of in party gevalle suiker, daar in. Vir ‘n ekstra dosis Suid-Afrikaanse gesondheid kan jy dit met rooibostee ook maak. Party mense voeg dan ook suurlemoensap en speserye (enige iets
van naeltjies tot kaneel of gemmer) by. Drink die drankie so warm as moontlik en klim dadelik in ’n snoesige bed. As die warm medisynedrankie sy ding doen, behoort jy oornag heelwat van die lam-en-tamheid uit jou beendere uit te sweet. Drink dit elke aand voor bedtyd tot jy weer perdfris en gesond voel. Vitamiene C is ’n gedugte verkoue-vegter, en gelukkig is verkouetyd ook sitrustyd! Nartjies, lemoene, pomelo’s, minneolas – daar is ’n wye verskeidenheid heerlike sitrusvrugte om van te kies. Knoffel word ook voorgehou as ’n wonderkuur om jou immuunsisteem ’n hupstoot te gee. Voeg dit by jou kos – of as jy desperaat raak en braaf is kan jy selfs ’n knoffeltee brou. Daar is nie veel te sê vir die smaak nie, maar dit behoort jou beter te laat voel. Nog ’n ou boereraat wat behoort te help met verkouesimptome, en aansienlik lekkerder proe, is gemmertee. Soos met meeste eertydse doepas is daar ’n hele klomp verskillende maniere om dit te maak, so ontwikkel gerus jou eie resep! Die hoofbestanddele is gemmer en heuning, maar baie mense voeg ook suurlemoensap of selfs ’n stukkie suurlemoenskil by. Drink die tee terwyl dit nog baie warm is en probeer van die stoom deur jou neus inasem. Die suurlemoenwalms behoort veral te help met ’n toe neus en die gemmer en heuning sal jou keel streel. (www.virseker.co.za)
18
Junie 2019
De Wildt Nuus
Jakarandastreek-konferensie: Tema: 90 jaar van sukses nou 90 jaar van uitdagings ‘n Suksesvolle konferensie is op 14 Maart 2019 gehou. Nagenoeg 160 lede en gaste was teenwoordig. Die vaandelparade was indrukwekkend en almal sing die Jakaranda-lied saam. Mev Barbara Nell, streeksvoorsitster, verwelkom almal teenwoordig, in besonder word mev Henrietta Schoeman, voormalige Presidente, en mev Ina Booysen, Presidente, verwelkom. Mev Ina Booysen vertel ons meer oor die stigting en ontstaan van die VLU in 1925. Sy lig drie uitstaande kenmerke van die VLU vrou uit nl. ontvang kennis, word ‘n tuisteskepper en sorg vir opvoeding. Pryse en trofee is oorhandig aan lede wat deur die jaar hard gewerk het. Ons tak se eie Marianne Dirker word aangewys as die mees entoesiastiese lid in die streek. Ons is baie trots op haar. Aangesien mev Barbara Nell se 6 jaar as voorsitster verstryk het vind daar ’n belangrike verkiesing plaas. Mev Lida van Niekerk van Magalieskruin-tak word verkies as nuwe streeksvoorsitster. Lida was voorheen ’n lid van De Wildt-tak. Mev Belinda Buitendach word as eerste vise verkies. Daar was 13 lede van ons tak teenwoordig. Ons is almal huis toe met nuwe entoesiasme vir die nuwe jaar.
Marianne Dirker en Barbara Nell
Vandag se Vrou Met die onderwerp in ons gedagte spreek mev Beatrice Grobler ons toe. Beatrice het haar eie radiostasie, Elan Global Radio, wat per internet uitsaai en werk by ’n aftreeoord. Sy sê ons is moderne vrouens geskape na God se beeld wat in ’n baie deurmekaar wêreld woon – waarheen is ons op pad. Daar is elke dag baie keuses wat ons moet maak en die keuses het gevolge. Sy praat oor 10 vroue in die Bybel wat slegte dinge gedoen het. Eva, Lot se vrou, Miga, Saul se jongste dogter, Saffira, die vrou by die put, die prostituut wat Jesus se voete gewas het, Ragel, Potifar se vrou, Delila en Isebel. Sy praat ook oor Martha en Maria. Martha wat altyd besig is en bedien en Maria wat by Jesus se voete in stilte gesit en luister het. Haar boodskap aan ons was moet nooit moeg word en ophou nie. Die wedloop is nog aan die gang. Die Here is nog in beheer – bly positief. Moenie negatiwiteit troetel nie, dit veroorsaak siektes. Ons kan in God se lig wandel elke dag. Hou vas aan jou droom. Sy gee vir elke dame ’n klein boekie as geskenk.
Clarissa Stoltz, ds Johan Nel en Hester Kilian
Kuns en Geskiedenis
Ds Johan Nel kom vertel en leer ons meer oor die Bonsai-kuns. Verskeie bome kan gebruik word nl. Kremetart, Wildevy, Apiesdoring en Olienhout. ’n Bonsai-boompie is in ’n houer en is nie ’n potplant nie en is altyd buite in die son. Bonsai-kuns het ontstaan in China maar is nou kenmerkend van Japan. Die kuns het ontstaan in die berge waar daar gesien is dat die bome klein bly. Klippe is baie belangrik by die bome dit maak dit baie interessant. In 1909 is die eerste uitstalling in Londen gehou. Ds Johan beskryf hoe die boompies gesnoei moet word en basies elke 3 jaar verplant word. Die wortels word gesnoei voordat dit oorgeplant word. Gebruik 3 dele riviersand, 2 dele kompos en 1 deel grond om die boompie in te plant. Moet nooit by die kwekery sê jy soek ’n boom vir ’n bonsai nie - kyk na verwaarloosde bome en koop een vir R25.00 – anders is die boom baie duur. Miere is die vyand van die bonsai. Spuit met seepwater sodra miere sigbaar is.
Junie 2019
De Wildt Nuus
19
SA vrou gekies om wêreldvroueorganisasie te lei Die ACWW waarna in Afrikaans nie-amptelik as die Wêreldbond van Plattelandse Vroue (WBPV) verwys word, het meer as 10 miljoen lede oor die wêreld heen en werk in 87 lande vir die opheffing van vroue en kinders. ACWW is ook lid van die Verenigde Nasies. Magdie de Kock het Suid-Afrika se vaandel hoog gedra toe sy vroeg in April as wêreld-president van die Wêreldbond van Plattelandse Vroue aangewys is. Dit is die eerste keer in die WBPV se 90 jarige bestaan dat iemand uit Afrika hierdie posisie beklee. Deur die plaaslike Vrouelandbou-unie (VLU) en Die dameskring se affiliasie met hierdie wêreldwye vroueorganisasie kon Magdie die hoogste sport bereik. Magdie is by die driejaarlikse konferensie, wat vanjaar in Australië aangebied is, tot wêreld-president verkies. Sy gaan vir die volgende drie jaar die beelddraer en segsman van die organisasie wees. Magdie behoort reeds 40 jaar lank aan die VLU. Sy het op ’n jong ouderdom by die VLU aangesluit. Sy is vroeg reeds tot die visepresident van die Transvaalse VLU verkies en het daarna as president van VLU Mpumalanga gedien. Die Wêreldbond van Plattelandse Vroue bemagtig vroue en gemeenskappe wêreldwyd deur verdienstelike projekte te identifiseer en finansier. Magdie verduidelik dat vroue se basiese behoeftes oral dieselfde is. Sy beplan om die dinamika en waardestelsel wat uniek aan Suid-Afrikaanse vroue is op die wêreldverhoog ten toon te stel. Baie jare gelede toe Magdie nog jonk was het Sannie Lemmer en
Georgie Louw ’n vergaderingsprosedure-kursus aangebied. Dit het plaasgevind op ’n plaas anderkant Balfour in Mpumalanga. Magdie en haar taklede het wonderlik geleer by hierdie kursus. Daarom is Sannie Lemmer en ek so trots dat sy hierdie hoogste sport bereik het. Ons voel ons was deel van haar sukses. Baie geluk Magdie, ons is trots op jou!
Ruth Shanks, Presidente en Magdie de Kock.
20
De Wildt Nuus
Junie 2019
Junie 2019
De Wildt Nuus
21
Jaarlikse Passiespele in Lady Grey Marié de Jager
“Die Lady Grey Passiespel,’n jaarlikse produksie, wat Jesus Christus se geboorte, lewe, lyding, kruisdood, opstanding en Hemelvaart uitbeeld, word hierdie jaar vir die sewentiende agtereenvolgende jaar aangebied. Hierdie gesamentlike projek van die Lady Grey Kunste-Akademie, die NG-Gemeente en die groter gemeenskap van Lady Grey het ten doel om die Evangelie op unieke en spesiale wyse te verkondig. Wat die Passiespel so uniek maak is die kombinasie van verskeie kunsvorme om die verhaal van Jesus oor te dra. Drama en toneelspel maak uit die aard van die saak ’n groot deel uit van die verrigtinge, maar dit is nie al nie. Die Altech Konsertkoor maak ’n prominente deel uit van die naweek se program en sing verskeie bekende geestelike en ander gepaste koorwerke, waaronder Handel se Hallelujakoor, klassieke en moderne koorwerke. Klassieke ballet en moderne danse maak verder deel uit van die vertelling, terwyl beeldende kunste deurlopend aangewend word om die tema en emosies rondom Paasfees te versterk. Die drie-dae-lange produksie, met ongeveer 160 akteurs en verskeie dansers, vind jaarliks gedurende die Paasnaweek plaas en word op verskillende plekke in die skilderagtige dorpie opgevoer. Al die akteurs, onder wie leerders van die Lady Grey Kunste-Akademie, onderwysers, boere, pensioenarisse, sakemanne en vele ander gewone mense, is almal lede van die gemeenskap van Lady Grey. Die Passiespel begin om 14:00 op Goeie Vrydag en duur tot en met die Opstanding en Hemelvaart op Paassondag. Besoekers word aangemoedig om volgens ’n Bybelse tema aan te trek en deel te vorm van die gebeure gedurende die naweek. Indien u verkies om net gewone klere te dra is dit ook reg. Die Passiespel in Lady Grey is ’n wonderlike geestelike ervaring wat ’n mens nie onaangeraak laat nie.
Die opvoering se teks is in Engels - baie verstaanbaar en aangrypend.” Hierdie is ‘n uittreksel van ‘n jaarlikse advertensie van ELZETTE MINNAAR- TOERE. Hulle toer al baie jare elke jaar na Lady Grey, en Elzette is van mening dat dit een van haar topbestemmings is elke jaar. Ek was bevoorreg om vanjaar dié toer mee te maak. Dit was voorwaardelik ‘n ongelooflike paar dae in die pragtige dorpie geleë in ‘n kom berge wat deel vorm van die Maluti-bergreeks. Die natuurskoon, die interessante dorpie en pragtige sonsondergange so agter die ruwe berge is ‘n belewenis. Die kwaliteit van die akteurs, wat meestal ook solosangers en soms in sommige gevalle ook dansers is, was verstommend. Hul toneelspel en sang was deurgaans van hoogstaande aard. Die onderwysers en leerders van die Lady Grey Kunste-Akademie verdien die hoogste lof vir verskeie dansvorme, sang en toneelspel. Die verrigtinge vind deels plaas in die pragtige NG kerk van Lady Grey asook buite die kerk op die kerkterrein. Verskeie tonele vind plaas by die perdedam langs die dorp en ook deur die strate van Lady Grey.
Dis ‘n aangrypende, intense en gewyde belewenis wat ‘n mens soms emosioneel totaal uitput en dan weer laat jubel en juig. Ek was die hele tyd so dankbaar om daar te wees en hierdie wonderlike belewenis te ervaar. Dikwels het ’n mens so gewens dat al jou geliefdes en vriende ook daar was... dat die hele Suid-Afrika daar kon wees. Dis werklik ’‘n ervaring van ’n leeftyd.
22
De Wildt Nuus
Junie 2019
Junie 2019
De Wildt Nuus
23
Briewebus
Waardering vir De Wildt Nuus Beste oom Manie Ek wil langs hierdie weg my dank en waardering vir die De Wildt Nuus uitspreek wat ons vir 28 jaar (as ek dit reg het) al, so gereeld ontvang. So ’n streekspublikasie vul ’n belangrike rol om die wel en wee, die lief en leed asook nuus, en inligting ten opsigte van die gebied en sy mense, te versprei. Dit kan net help om gemeensaamheid en paraatheid in die gebied te bevorder. Onwillekeurig dink ek terug aan ons kennismaking al amper 60 jaar gelede toe oom Manie en tant Sannie ons “toerouers” was op ’n volkspelegroep van Tukkies met ‘n verskeidenheidskonserttoer na die ou Rhodesiës. Dit is ’n voorreg om weer saam met Oom iets by te dra met betrekking tot die landbou in die De Wildt Nuus. Ek sal graag iets skryf oor die landbou in elke uitgawe. Lesers kan ook laat weet wat die behoefte is. Baie dankie vir Oom se onbaatsugtige diens oor die jare. Met vriendelike groete LEON WEBER (Outeur van die nuwe Landbousake-rubriek)
Kontak Nols 083 653 0874
24
De Wildt Nuus
Junie 2019
Junie 2019
25
De Wildt Nuus
BELANGRIKE DATUMS Ons versoek is vir 2019 weer dieselfde. Vir beter kommunikasie en om oorvleueling te verhoed, stuur asb alle belangrike datums van elke organisasie/instansie deur na Douw van Wyk met die oog op kontrole dat daar nie botsings is nie. Dit word dan in hierdie blad geplaas, sodat alle lesers vooruit kan weet wanneer belangrike dinge plaasvind. AFKORTINGS: DSO – De Wildt Sosiale Organisasie, DWBV –De Wildt Boerevereniging, DWHM –De Wildt Helpmekaar Maatskappy, DWN –De Wildt Nuus, JF –Jopie Fourie-terrein, LSV –Laerskool Vissershoek, KK - Kommando Kombuis, MRC - Margaret Roberts Herbal Centre. Junie
1 7 8
12:00 12:00 09:00
MRC Cookery Class 1 Stocking MRC Cookery Class 2 Health/Vitality DWN-redaksie vir Augustus-blad
Afrit 16 Afrit 16 Afrit 129
Julie
6
12:00
MRC Healthy teas for healthy living
Afrit 16
Augustus 3 12:00 MRC Anti-aging Cosmetics Afrit 16 24 09:00 DWN-redaksievergadering Afrit 129 27 19:00 DWBV Algemene vergadering De Wildt 4x4 September 7 12:00 MRC 32nd Annual Lavender Festival TLU Kongres
Afrit 16
Oktober 5 12:00 MRC Fairy Treasure Hunt Afrit 16 26 09:00 DWN-redaksie vir Desember-uitgawe Afrit 129 November 2 08:30 MRC Annual Christmas shopping day Afrit 16 5 19:00 DWBV Algemene vergadering De Wildt 4x4 Desember 7 12:00 MRC Christmas gifts from herb garden Afrit 16 16 08:00 Geloftefees JF -terrein 18 08:30 MRC Last minute Christmas shopping Afrit 16 25 MRC Christmas lunch and gin tasting Afrit 16 Kersdag 31 Oujaarsdag
ADVERTEER IN DE WILDT NUUS Voorblad in kleur
R1150.00
Halfblad binne in swart en wit
Agterblad in kleur
R1020.00
Kwartblad binne in swart en wit R 265.00
Volblad binne in kleur
R 865.00
Agste blad binne in swart en wit
R180.00
Klein in swart en wit
R105.00
Volblad binne in swart en wit R 605.00
082 879 6969
R 350.00
26
NOORD NAMIBIE, CAPRIVI, BOTSWANA 15 – 28 JUNIE 2019
▪ ▪ ▪ ▪ ▪
Junie 2019
De Wildt Nuus
Prys sluit in: Vervoer in toegeboude 4x4 Goeie Akkommodasie Ontbyt en aandete elke dag Toegangsgelde Parkfooie
Prys R20500pp wat deel Vir meer inligting en besprekings: Kontak Lucinda of Elzette by Tel 012 546 0770 of stuur sms na 082 761 7115 info@minnaartoere.co.za
OKAVANGO DELTA, NATA, MAUN, PHALAPYE, CHOBE, VICTORIA WATERVALLE 3 – 12 JULIE 2019
▪ ▪ ▪ ▪
Prys sluit in: Luukse busvervoer Goeie Akkommodasie Ontbyt en aandete elke dag Fooie vir aktiwiteite
Prys R17190pp wat deel Vir meer inligting en besprekings: Kontak Lucinda of Elzette by Tel 012 546 0770 of stuur sms na 082 761 7115 info@minnaartoere.co.za
Beste DWN-leser Baie dankie vir u jarelange ondersteuning Neem asb kennis: Ons nuwe Praktyk: BRITS REHAB. is nou geïnkorporeer met BRITS APTEEK Alle Ortopediese voorraad is nou deurentyd beskikbaar Ek sal voortaan beskikbaar wees by die Sessiekamers. U het ’n keuse om u items deur die APTEEK aan te koop of deur ons praktyk
Junie 2019
27
De Wildt Nuus
FRIK VOS SURVEY EQUIPMENT
Agents for new and used land surveying instruments and equipment. Specialises in the repair, service and calibration of land surveying instruments as well as survey work. Merle Street Plot 72B Winternest Akasia Pretoria
082 466 8174 082 451 2217
E-mail: frik@surveyinstruments.net
28
De Wildt Nuus
Junie 2019