28
De Wildt News
DE WILDT N S
June 2015
UU EW
sê alles
E-pos: manie.lemmer@dewildtnuus.co.za Webtuiste: www.dewildtnuus.co.za
Junie/June 2015 Jaargang 24 No 3
Logika van ’n lam liggaam - bl 6
DESIGN & MANUFACTURING OF JEWELLERY Cell: 083 235 3138
JEWELLERY AND WATCH REPAIRS DIAMONDS AND GEMSTONES GOLDSMITH ON PREMISES VALUATIONS De Oude Muragie Centre
Shoprite Shop 3 (opposite Wimpy) Ben Viljoen St, Pta North Tel: 012 546 2226 Fax: 012 546 8196
elfriko@vodamail.co.za
Shop 7 Cnr of Braam Pretorius & Veronica Street Magalieskruin Tel: 012 548 9585
De Wildt News
2
June 2015
27
De Wildt Nuus
Junie 2015
REDAKSIELEDE Manie Lemmer - 082 879 6969 (Voorsitter) Sannie Lemmer - 071 693 5993 (Sekretaresse)
REDAKSIEBRIEF
Liewe lesers As ons die tyd kon laat stilstaan, sou ons sekerlik meer per dag kon verrig, maar De Wildt Helpmekaar Maatskappy ongelukkig is dit nie ons wat die tyd beheer nie en en ons weet dat Hy wat dit wel beheer, ons De Wildt Rampbestuur hele verlede in Sy hande gehad het en ook die Gertjie Davel - 082 376 1645 Kobie Opperman - 076 482 8513 toekoms. Ons berus ons dus daarby dat ons reeds weer die volle winter begin bereik, De Wildt Boerevereniging Hanna Scribante - 083 417 4699 hoewel ons met dank kennis geneem het dat die dagtemperature ons steeds genadig is. Die De Wildt VLU tekens van die winterseisoen is egter duidelik Georgie Louw - 082 374 6879 waarneembaar in die plante en bome. Ons wil vir u dus warm nuwe nuus bring om Addisionele lede die ergste koue van die winter te verdryf. Ons Trevor Louw 082 374 1645 probeer nuwe kreatiewe denke aanmoedig in Jan Lemmer 083 256 8266 artikels wat nie maar slegs die tragiese Marguerite Nel 082 774 2517 toestand van talle organisasies en instansies Magriet van Heerden 072 0926460 aanvaar nie maar ons aanmoedig om ons eie Eugene van Staden 073 367 4787 kreatiwiteit aan te wend om oplossings vir die Gertie van Staden 073 091 6035 talle probleme te bedink. Kyk maar na een van hierdie artikels: “Die logika van 'n lam Drukkers: Acuprint liggaam” en laat ons u kommentaar ontvang. elizas@acuprint.co.za Dit is nou die tyd om op te tree en iets daadwerkliks te doen. Ons adverteerders word minder en ons moet by minder inkomste probeer aanpas, maar die redaksie wonder steeds of ons lesers dan nie Bankbesonderhede: Rekeningnaam: De Wildt Nuus/News ook vir ons addisionele adverteerders kan of Standardbank, Wonderpark wil werf nie. Dit is tog die wyse waarop ons Takkode: 016145 meer bladsye vol nuus en inligting kan Spaarrekeningnr: 038247518 publiseer, want slegs ons advertensiegeld Verwysing: Adverteerder se naam + moet sorg dat ons blad ons talle lesers gratis DWN April 2012 (noem telkens die bereik. Help ons asseblief. In dieselfde naam van die betrokke maand). verband het sommige van ons lesers verlede Epos betalingsbewys manie.lemmer@dewildtnuus.co.za jaar langs die weg van 'n nuusbrief kennis Advertensiegeld moet asb vooruitbetaal geneem van die bedenking dat die word, maw sodra die advertensie redaksievoorsitter waarskynlik sonder die versoek of gewerf word. adverteerders se medewete 'n aantal blaadjies Dankie vir julle moeite. tweemaandeliks aan sy vriende en belangKontakpersone vir advertensies en stellendes elders as ons eie gebied uitstuur en grafiese ontwerp: Manie Lemmer wel waarskynlik op koste van die Advertensie-ontwerp: R100 adverteerders. Laat my toe om die betrokke Veranderings op bestaande bedenking wat ek onlangs ook in 'n advertensies: R50 vergadering met die betrokkenes toegelig ADVERTENSIES IS het, nou ook hier die nek in te slaan: Die VOORUITBETAALBAAR waarheid is dat ons deur die jare goeie vriende ook elders as ons eie woongebied gewerf het Die artikels in die De Wildt Nuus is nie noodwendig die produk van die redaksie op grond van die verskeidenheid leesstof wat nie, maar van individue. ons aanbied. Die redaksievoorsitter stuur Daarom vereenselwig die redaksie hom ongeveer 17 tot 20 kopieë tweemaandeliks ook nie noodwendig met alle aan hierdie belangstellende vriende en uitsprake/menings in die artikels nie.
De Wildt Nuus
Belangrike datums
Manie Lemmer familie, en wel uit eie sak, aangesien die koeverte en posgeld, ook vir drie posstukke oorsee en per lugpos, geensins uit die gewone advertensie-inkomste van die blad kom nie, maar uit die sak van Manie Lemmer self. Verder wil ek ook beklemtoon dat die meeste donasies, wat nie groot bedrae behels nie, juis uit hierdie belangstellende vriendekring kom, terwyl ons eie plaaslike lesers bitter min bydrae tot die blad in die vorm van donasies aan ons besorg. As u dus verder wonder hoe ek wel hierdie klompie blaadjies elders heen kan stuur: Die redaksie is daarvan bewus en ek neem vrymoedigheid om ons blad elders bekend te stel, terwyl ek self baie ure elke twee maande kosteloos bestee aan redigering van artikels, opstel van artikels en huldeblyke, werf van adverteerders en die aflewering van die blad by die verspreidingspunte. Dit word ook duidelik gestel dat die binneste vier bladsye per ooreenkoms vir die Laerskool Vissershoek beskikbaar gestel word en dat die skool ten volle vir die inhoud van die betrokke bladsye verantwoordelik is. Navrae en klagtes tov gemelde skoolnuus moet dus verkieslik tot die skoolhoof self gerig word. Ons verskoning ook hiermee tov die laat verskyning van die blad van Aprilmaand. Die drukker het reeds die blad vir die druk daarvan op 23 Maart ontvang, maar waar dit haar gewoonlik ongeveer drie tot vier dae neem om die blaadjies te lewer, het die tragiese diens van die kragvoorsieners haar sodanig vertraag dat ons die blad eers die aand van 3 April ontvang het en dit eers op 4 April deur my versprei kon word. Ons vertrou dat kragprobleme nie weer ons gereelde betyds wees in die wiele sal ry nie. Lekker lees tot Augustus wanneer ons volgende blad u DV sal bereik.
Die redaksievoorsitter het met ontsteltenis verneem van twee onlangse datums waarop verskillende instansies in ons gebied botsende aktiwiteite het, met ander woorde: Op dieselfde datum vind aktiwiteite plaas waar van inwoners verwag word om dit by te woon en geen mens kan homself in twee verdeel nie. Waar moet jou lojaliteit nou wees? Wat is die rede vir die dubbelaktiwiteite op dieselfde datum? Gebrek aan koördinasie in ons beplanning. Ons versoek was vir 2015: Stuur asb die datumbeplanning vir 2015 so gou moontlik vir plasing in die April-uitgawe, maar stuur dit eers nadat almal onder leiding van die inwonersmaatskappy (die direkteur verantwoordelik vir Kommunikasie is Gertjie Davel) die datums so gerangskik het dat daar nie botsings is nie; dit is tog nie so moeilik nie. Dan kan ons uitsien daarna om waar moontlik aktiwiteite van alle instansies te ondersteun. Die versoek het in sommige gevalle op dowe ore geval. AFKORTINGS: DWVBF - De Wildt Vori-bergfees; DWN - De Wildt Nuusredaksie; DSO - De Wildt Sosiale Organisasie; JFFK - J Fourie-terrein Feeskomitee; DWBV - De Wildt Boerevereniging; LSV - Laerskool Vissershoek; DWHM - De Wildt Helpmekaar Maatskappy.
10
12:00
DSO Senior Burger Ete
18
19:00
DWN redaksievergadering
23
19:00
DWHM Direksievergadering
Jul
21
19:00
DWHM Direksievergadering
Aug
18
19:00
DWHM Direksievergadering
25
19:00
DWBV Algemene vergadering
De Wildt 4x4
27
19:00
DWN redaksievergadering
Afrit 129
Jun
Sept
Okt
Afrit 129
TLU- Kongres
1-2 22
19:00
DWHM Direksievergadering
20
19:00
DWHM Direksievergadering
22
19:00
DWN redaksievergadering
28
10:00
DSO Senior Burger Tee
Afrit 129
Landboukorrels Boeredag
Nov
Des
3
19:00
DWBV Algemene vergadering
14
12:00
DWHM AJV
24
19:00
DWHM Direksievergadering
28
14:00
Jaareindfunksie en Kersboom
16
07:00
Geloftefees
De Wildt 4x4
Jopie Fourie-terrein
26
De Wildt News
June 2015
Junie 2015
3
De Wildt Nuus
INHOUDSOPGAWE Redaksiebrief Lief en Leed DWHM nuusflitse Logika van ’n lam liggaam Vreugde van vriende Valse verwagtings Fisioterapeut sluit praktyk tuis LSV Borrelbekkie LSV Borrelbekkie LSV Borrelbekkie
2 3 5 6 7 9 11 13 14 15
LSV Borrelbekkie DWBV Nuus Huldeblyke Korttermynversekering VLU Nuus VLU Nuus VLU Nuus Ons God is ’n God van hoop (3) Belangrike datums
16 18 20 21 22 23 24 25 27
WEN HIERDIE SKILDERY Prosedure: Hierdie skildery is aan die Redaksie geskenk as deel van insameling van fondse vir ons blad. Skryf in teen R50.00 per inskrywing en gee twee antwoorde per e-pos (lemmer.manie@gmail.com): 1. Wie is die skilder? 2. In watter jaar is die skildery aan die Redaksie geskenk? Die wenner is die persoon wat die twee vrae korrek beantwoord, en indien daar meer as een korrekte inskrywing ontvang word, sal deur loting die enkele wenner van die skildery bepaal word. Indien nie minstens 10 inskrywings ontvang word nie, sal die proses in die Junie-uitgawe herhaal word. Redaksielede mag nie deelneem nie.
Lief en Leed LEED Hospitalisasie Lulu Pelser se vader Nic de Beer Willem Riekert Clarence Botha Manie Lemmer Hans Minnaar
Oorlede Mercia Terblanche Schalk van Rensburg Hester Boshoff
Ons meegevoel met diegene wat leed ervaar het. Beterskapwense aan diegene wat siek was of nog is. Dan is ons ook bly saam met diegene wat lief ondervind of beleef het. Ons wil dit net weer onder u aandag bring dat ons nie onder Lief en Leed nuus kan plaas as iemand dit nie onder ons aandag gebring het nie.
Baie, baie dankie Hiermee wil ek graag my dank aan die Koskas en al die betrokkenes daarby uitspreek. Ek is 'n enkelmamma van drie spruite en agv die onbaatsugtige projek is ons verseker van genoeg kos op die tafel. Ons waardeer jul opreg!! Groete
LIEF Werner en Christa Schroeder word oupa en ouma van tweeling babadogtertjies
Susan White
4
De Wildt News
June 2015
Junie 2015
De Wildt Nuus
25
ONS GOD IS ’N GOD VAN HOOP (3) Die getrouheid en waarheid van God
Sannie Lemmer
Klaagliedere 5:20-21 Die profeet Jeremia beskryf in bogenoemde gedeelte die ellende van sy volk. Klaagliedere 5 is net so van toepassing op ons vandag soos in die tyd van die profeet. Jeremia sê vir die Here: " Sien en aanskou ons smaad. Ons erfdeel het na vreemdes oorgegaan. Ons huise na uitlanders. Ons het wese geword sonder 'n vader, ons moeders is soos weduwees. Ons water drink ons vir geld. Ons hout kom teen betaling in. Ons vervolgers is op ons nek. Na Egipte het ons die hand uitgestrek, na Assur om met brood versadig te word. Ons vaders het gesondig; hulle is daar nie meer nie, en ons dra hulle ongeregtighede. Knegte heers oor ons, niemand ruk ons uit hulle hand nie. Hulle het vroue in Sion onteer, jonkvroue in die stede van Juda. Vorste is deur hulle opgehang. Die vreugde van ons hart het opgehou. Ons
koordans het in treurigheid verander. Die kroon van ons hoof het geval; wee ons, dat ons gesondig het." En nou kom prys Jeremia die Here. Hy sê:" U, HERE, sit vir ewig, u troon is van geslag tot geslag. Waarom sou u ons vir altyd vergeet? Ons verlaat tot in lengte van dae.” En nou kom die belangrikste vers wat ons moet onthou: “Vers 21: Bekeer ons tot U, HERE, dan sal ons ons bekeer; vernuwe ons dae soos in die voortyd.” God het ons nie vergeet nie. God sal na ons kom net soos Hy Adam en Eva gesoek en gevind het. Hy sal ons bekeer en dan sal ons ons bekeer. In Hebreërs 10: 25 lees ons: " Laat ons die belydenis van die hoop onwankelbaar vashou, want Hy wat dit beloof het, is getrou." Wat ons in die Bybel lees dat God getrou is, is waar. God sal ons ook nooit verlaat nie. Hou sy hand, dan sal Hy jou lei op die pad waar Hy jou wil gebruik.
R800 R1 450 R2 450
072 865 6613
De Wildt News
24
June 2015
Vroue Landbou-Unie Nuus Margaret Troskie - Skakelbeampte
KUNSTENAAR VAN DIE JAAR : SUZAAN HEYNS Hierdie modeontwerpster se basis is in Johannesburg. Die etiket was bekend gestel in 2008 en is sederdien vinnig opgeneem onder die modebewustes. Die ontwerpe spruit uit avant garde sentimente en klassieke buitelyne met 'n vroulike neiging. Suzaan Heyns se hoogs-gestruktueerde ontwerpe is nie vir die halfhartiges nie, maar is die risiko werd! Die Mercedes-Benz-modeweek is een van die
belangrikste geleenthede in die Suid-Afrikaanse modebedryf. Suzaan het ook hier die kouer seisoene stylvol ingelui met die bekendstelling van herfs- en winterversamelings. Die geleentheid het plaasgevind by Melrose Arch vanaf 5 Maart tot 7 Maart 2015. Die voorste modeontwerpers het verlede jaar vanaf 2 tot 8 April by SA Modeweek in Johannesburg hulle mode-tendense vir Lente/Somer 2014 voorspel. Suzaan Heyns se skeppings was ook daar teenwoordig.
LEWENSVREUGDE Charmaine Blomerus was die spreker en sy gee hierdie resep: V Vriendskappe, Lag uitbundig, Wees daar vir mekaar. R Jy het 'n reisplan en kopskuif nodig as jy lyk soos jou ID foto! E Een lewe, leef nou. Gebruik al jou sintuie om die lewe te geniet. U Uniek – net een soos jy. G Grootouers en kinders se besondere band. D Diamante. Ons is waardevol in Sy oë, verwys na Jesaja 43. E Erkenning. God gee talente vir jou om te gebruik. V R O U W E E S
Vreugde om jou. Gee voluit liefde. Rolmodel. Watter voetspore laat jy? Onthaal. Haal jou beste uit en behandel alle mense so. Uitdeel. Dis lekker om te gee en so sal jy ook oes wat jy saai. Welstand. Jy is self verantwoordelik om jou liggaam fiks en gesond te hou. Entoesiasties. Klim uit die ashoop, Hê 'n warm hart en onthou sonder hoop is jy niks. Daar is gevind dat die enigste rede vir selfmoord is, dat iemand geen hoop het nie. Eerlikheid. God kan jou help om weer vreugde te kry. Selfbeeld. Die bril waardeur ek na myself kyk.
Charmaine gee kunsklasse by 'n rehabilitasiesentrum smiddae en party oggende by haar tuiste. Om haar lewensvreugde en omgee te ervaar, besef jy dat jy ernstig oor die resep behoort na te dink terwyl jy in die skuimbad ontspan. Uit die pen van Sannie Lemmer is die vreugde van die lewe een woord, naamlik Liefde. Vreugde is genade, goedheid, guns, Godsgawe, Godswil, vergifnis, barmhartigheid, welwillendheid. Dan is daar die vraag : Is hierdie vreugde in my en jou lewe?
Junie 2015
5
De Wildt Nuus
DWHM Nuusflitse FOUTIEWE KATEGORISERING VAN EIENDOMME VIR EIENDOMSBELASTING Die Direkteur: Madibeng van die DWHM het 'n beswaarskrif opgestel teen die foutiewe kategorisering van eiendomme as “Residensieel” en “Besigheid” in plaas van “Landbou”. Lede wat in Madibeng-gebied bly is uitgenooi om by die DWHM kantoor te registreer as beswaarmakers. 'n Lys van 24 eiendomme is aangeheg by die beswaarskrif wat op 23 Februarie 2015 ingelewer is by Madibeng. 'n
Afskrif is ook voorsien aan die Raadslid Erna Rossouw van Wyk 30 waarbinne ons val. By die vergadering wat op 14 Mei 2015 by die Kuierkerk in Xanadu gehou is, is besluit dat Madibeng Stadsraad deur Adv Myburgh, op terme geplaas sal word om binne 21 dae die beleid oor kategorisering te verduidelik. Stuur asseblief u eie kommentaar aan haar by advmyburgh@gmail.com
Radio tower on Magalies mountain It is brought to the attention of our members that the radio tower on top of the Magalies mountain has been classified as a National keypoint. This implies that nobody may enter the area without the consent of the relevant State Department. Failure to comply with this can result in prosecution, including imprisonment.
Fire season and fire beaters The fire season is now in full swing and we already have had a few fires. We are thus asking again to refrain from making any open fires without the assistance of the fire team. You are also reminded that it is necessary to have fire beaters available on your premises. For your convenience there are fire beaters available at the office at a price of R120 each.
Funduro 2015 ‘n Suksesvolle Funduro is weereens deur die skool aangebied op 9 Mei 2015. Aan elke lid van DWHM wat baie hard gewerk het om die dag 'n groot sukses te maak, baie baie dankie. Die lang ure agter die kostafels word raakgesien en opreg waardeer. Sonder u hulp sou dit nie moontlik gewees het nie. U is ons staatmakers.
6
De Wildt News
June 2015
Logika van 'n lam liggaam Manie Lemmer Ter wille van die alliterasie het ek die woord liggaam hier vir instansie of organisasie gebruik. Hoewel daar tans talle soortgelyke lam organisasies bestaan waardeur ons as gemeenskappe geteister en getreiter word, wil ek hoofsaaklik hier verwys na ESKOM/EVKOM. Dit het myns insiens nodig geword om hierdie liggaam aan die kaak te stel en hul oëverblindery stop te sit. Daarom die volgende inligting en afleiding: 1. Ons word aan die volgende swak logika van hierdie instansie onderwerp: 1.1 Hulle somme werk soos volg: Hulle kraglewering is pateties op grond van swak en onbevoegde hantering en nou vra hulle ons om minder krag te gebruik. As ons minder krag gebruik, het hulle minder inkomste. Nou werk hulle koppe so (as 'n mens dit werking kan noem): Stel beurtkrag in en dwing die verbruiker om minder krag te gebruik, gevolglik nog minder inkomste vir ESKOM. Hoe wil hulle nou weer meer inkomste genereer: Deur NERSA te vra om die tariewe uiteindelik vir hierdie jaar tot 26% te verhoog (vir ongeveer 12% het hulle reeds goedkeuring verkry). 1.2 Hulle eie swak logika laat hulle blykbaar dink dat die verbruikers net sulke swak waarnemers is: Op daaglikse basis maak hulle hul swak voorspellings wat ek glo hulle uit iemand se deurgesuigde duim suig, oor die radio vir ons as verbruikers om te verorber. Met groot geraas kondig hulle telkens sekere moontlikhede vir die dag of die betrokke naweek aan en die verbruikers moet self aflei of hulle die voorspellings kan glo of nie. Hier in ons gebied het ons darem nog die plaaslike radio en die DWHM wat ons probeer inlig oor die beoogde beurtkrag. In Natal by die Suidkus het ek pas drie weke gelede maar net ervaar dat die krag skielik afgeskakel word, sonder enige kommunilkasie of kennisgewing. Daar moet jy ook maar self geduldig wag en sien wanneer die krag weer aangeskakel word. 1.3 As hulle hoofde of raadslede as gevolg van hulle onbevoegde en swak diens so swak presteer soos hulle die afgelope aantal jare reeds doen, sê hul logika vir hulle: Laat ons vir onsself 'n groter bonus (hulle noem dit merietebonus wat beslis nie waar kan wees nie) uitbetaal en dan beloop dit miljoene Rand, terwyl hulle al hoe verder in die rooi van die banke beland. Enige regdenkende verbruiker kan mos nie sulke snert aanvaar nie: Hoe minder jy doen en hoe swakker jy werk, verdien jy volgens hulle 'n groter bonus, terwyl jy lank gelede reeds uit jou pos verwyder moes word op grond van jou swak werk. 1.4 Hierdie mense is veronderstel om 'n besigheid te bedryf. Hulle slaag egter daarin om hulle kliënte se skuld vir gelewerde dienste tot miljarde Rand te laat oploop. Nou wil hulle skielik optree: Hulle weet dat hulle nie meer die skuld kan verhaal nie en probeer dit nou van ons as verbruikers verhaal deur buitensporige tariefverhogings. In die gewone besigheidswêreld sou sulke swak bestuur lank gelede reeds tot hul ondergang gelei het, maar hulle probeer steeds om ons te laat glo dat hulle tot dienslewering in staat is. 1.5 Met hulle swak redenasies slaag hulle werklik daarin om sommige verbruikers te laat glo dat hulle alles in hul vermoë doen om kraglewering weer tot bevredigende peil terug te bring. Intussen maak hulle van die eeu-oue metode gebruik om geloofwaardigheid te probeer verkry: Hul swak argumente word op groot skaal, weer eens teen buitensporige tariewe deur middel van advertensies in die media, aan ons opgedis. Hulle laat my dink aan die leraar wat langs sy preke op skrif op sekere plekke aangedui het: Argument swak, verhef jou stem! Hoe meer hulle moet adverteer hoe swakker is hul argumente. Verder kom hulle steeds met die snertverduideliking dat die vorige bedeling wat reeds
21 jaar gelede tot 'n einde gekom het, die oorsaak van die huidige patetiese kraglewering is. 1.6 Ek glo hierdie mense se swak logiese redenasies maak nie eers plek vir begrip vir die tragiese gevolge van hul swak kraglewering nie: Hoeveel kleinhandelaars en besighede sneuwel nie as gevolg van hierdie patetiese beurtkragstorie nie en hoeveel groot besighede ly nie daagliks miljoene Rand skade nie. Dink maar aan die gevolge vir ons land se regeringsinkomste wat as gevolg daarvan ook jaarliks krimp. 2. Die mense aan die hoof van hierdie organisasie is duidelik nie bewus van die kernpilare van BESTUUR nie, nl Beplanning, Organisasie, Leidinggewing en Kontrole/Beheer. As hulle deeglik beplan (LW nie agteruit nie maar vooruit) sou hulle jare gelede reeds geweet het hoeveel krag oor toekomstige periodes nodig sou wees en nie summier bestaande kragstasies aan eie lot oorgelaat het en/of laat uitfaseer het nie. Organisasie en beplanning saam sou hulle laat weet het dat geen organisasie se toerusting/geboue/kragleweringstasies sonder deeglike en behoorlike instandhouding ad infinitum kan voortgaan nie. Ek gaan nie eers bespiegel oor die ander “pilare” nie. Toe ek vroeër in die ou sogenaamde onaanvaarbare bedeling in hierdie land as leidinggewende hoof, later ook as hoofdirekteur, diens gedoen het, is van jou verwag om 'n sekere minimum kwalifikasie te hê en ons moes as direkteure en hoofdirekteure in die staatsdiens 'n sertifikaat, eers tov basiese openbare bestuur en later ook tov senior openbare bestuur verwerf. Daarom kon ons bestuur! Ons was ook nie met merietebonusse beloon nie en het nooit enige oortydbetaling ontvang nie. Ons was egter trots op ons werk en het ongeag die vasgestelde werkure menigmaal na-ure gewerk en gesorg dat die werk op ons tafel 100% en korrek afgehandel is. 3. Wat staan ons nou te doen? Nou moet ons kreatiewe denke begin inskop, want hierdie mense sal myns insiens nie meer enigsins hond haaraf maak nie; hulle is reeds verby die merk waar nog reggemaak kan word. Laat ons na die ander metodes van kragvoorsiening begin kyk en so gou moontlik onafhanklik vir ons eie kragvoorsiening sorg. Kyk maar na die gebore Suid-Afrikaner Tesla wat binnekort sy nuwe batterye op die mark gaan hê en wat aanvanklik vir installering blykbaar R35 000.00 per huishouding gaan kos. Laat ons koppe bymekaar sit en ESKOM uit ons gestel kry. Teen hulle huidige en ook teen die nuwe beoogde tariewe kan ons eie huidige rekening van R8 000.00 per maand dit vir ons aanvaarbaar maak om ons eie stelsel in te rig. Moenie u langer deur allerhande sinnelose en onlogiese redenasies laat bluf nie. Steek die hande uit en moenie sommer alles wat opgedis word, vir soetkoek en met Stoïsynse gelatenheid aanvaar nie. As mense nie hulle werk kan doen nie, te lui of te onbevoeg is daarvoor, hoort hulle nie langer in hule poste nie. Dit lyk dus vir my na die enigste oplosssing om hul organisasie finaal te laat sneuwel en hulle sonder werk te laat. 4. Daar is talle ander instansies wat ons daagliks met hulle swak werk konfronteer. Dink maar aan die poskantoor se posdiens, die metrorade tov lisensiehernuwing en padinstandhouding, die provinsiale owerhede tov padinstandhouding, mediese sorg in staatshospitale en talle ander. Sorg dat u aanhou klagtes indien: Daar is verskeie weë: Ons het self ons eie inwonersmaatskappy wat as ons saamstaan, ons hande sterker maak; die Verbruikersunie. Op hierdie wyse sal ons slaag om weer ons land se dienste op dreef te kry.
Junie 2015
De Wildt News
23
Vroue Landbou-Unie Nuus Margaret Troskie - Skakelbeampte
KREATIEWE VAARDIGHEID
KOMPENSASIE VIR TOEWYDING Elke lid van die VLU is kosbaar vir die Tak; ons waardeer 'n koppie tee wat met 'n glimlag aangebied word en ons waardeer elke item wat gemaak word. Prestasies word in Februarie uitgelig tydens die Takvergadering en by Konferensie word meegeding met ander takke in die Jakarandastreek. Georgie Louw het tydens 'n roerende mosie van roubeklag by Jakarandastreek se twintigste Konferensie vyf kerse aangesteek vir die vyf lede van die Streek wat in 2014 oorlede is. 'n Besondere eer het Georgie Louw ook te beurt geval deurdat sy gevra is om die argiewe reg te ruk en die pos as argivaris is aan haar aangebied. Leana van Graan het 'n pragtige koperbak geskenk wat as trofee gebruik gaan word en bekend staan as VLU De Wildt Tak Trofee vir Breiwerk. 'n Welverdiende toekenning as die tak se Vonkelvrou van die Jaar gaan aan Carlien Retief. Sy ontvang die Georgie Louw wisseltrofee. Martie Marx het die taktrofee ontvang vir gebak uit die boonste rakke. Dis geen verrassing dat Leana van Graan wenner was by die Tak met haar deelnames aan kompetisies nie en dus die meeste punte in die tak verdien het. Op Konferensie kry sy ook derde meeste punte. Margaret Troskie kry die Tak se blommetoekenning. Op konferensie verdien sy die wisseltrofee as beste Skakelbeampte van die Streek. Martie Marx en ook Leana van Graan se pragtige versierde dra-sakke was van so ’n hoë standaard dat dit deurdring na deelname by Kongres. Inligtingsdag oor kompetisie-artikels vir 2015 is bygewoon en daar gaan ons alweer !!
Sowat van kreatiwiteit! Iris Groenewald het houertjies van alle groottes, botteltjies, sakkies en selfs eierhouers gebruik om te illustreer hoe pragtig artikels herwin kan word. In 'n japtrap kan daar met 'n bietjie gom en verf getoor word. Baie dankie Iris, dit was leersaam en prettig om so te leer en speel!
(voor na agter) Carlien Retief, Iris Groenewald, Sanette Heymans, Mary Ann du Preez, Patricia van Niekerk
STENSIL-DRUKWERK Leana van Graan het lappies voorsien waarop die lede hul kundigheid en kunstigheid kon beoefen met stensildrukwerk. Dit is nogal 'n behendigheid wat baasgeraak moet word om net die regte hoeveelheid verf eweredig te gebruik. Wanneer drukwerk op lap gedoen word, is dit goed om 'n boek onder die materiaal te sit. Dit is 'n veelsydige manier om versierings aan te bring op lap, meubels, mure, gordyne en net mooi enigiets waaraan jy kan dink.! Leana het 'n voorbeeld gewys van 'n skinkbordlappie met stensil geverf en daarby kant opgewerk en ook bietjie blink wat aangebring is – pragtig en kreatief.
22
De Wildt News
June 2015
Vroue Landbou-Unie Nuus Margaret Troskie - Skakelbeampte
AFRIKAANSE SKRYWER VAN DIE JAAR WILNA ADRIAANSE Aanvanklik het die skryfster vanaf 2000 vier boeke geskryf ander die skuilnaam Wilmine Burger. Gedurende 2001 word haar eerste boek onder haar eie naam gepubliseer. Ietsie oor die laaste twee boeke: In 'n Klein Lewe, word die anonieme hoofkarakter gevolg: 'n vrou wat in die 1950's in Suid-Afrika gebore is en nou probeer sin maak van die nuwe zeitgeist waarin sy haarself bevind. Sy probeer vanuit haar ervaringsraamwerk plek vind vir haar identiteit as “wit” in die samelewing. En waar pas haar menswees, haar storie in binne die groter konteks van alle ander stories in Afrika? Dit is die hoofkarakter se eie, stil storie, maar ook deel van 'n groter, globale ervaring. Dubbelspel was die 5de Beste Afrikaanse Boekverkoper in 2014. Van Happy en Brenda, twee karakters in die boek, sê sy dat hulle by die agterdeur ingestap het en nie weer wou uitgaan nie. Toe die hoofkarakter, Ellie McKenna, instem om die wêreld , waar geld die enigste god is, te infiltreer, het sy gedink sy weet waarvoor sy haarself inlaat. Maar soos haar pa altyd gesê het, die duiwel deel nie visitekaartjies uit nie.
Margaret Troskie, Wilna Adriaanse en Carlien Retief
ENGELSE SKRYWER 2015 : LAUREN BEUKES Gebore 5 Junie 1976 in Johannesburg. Woon tans in Kaapstad saam met haar man, die TV regisseur Matthew Brown en hul dogter. Sy het MA in Kreatiewe Skryfkuns verwerf aan Universiteit Kaapstad en daarna is sy 10 jaar 'freelance', insluitend 2 jr in New York. Skryfster van talle novelles, kortverhale, joernalistiek en TVskrywer wat die kortlys van vele toekennings gehaal het. Boeke geskryf: The Shining Girls, Zoo City (Wen Arthur C Clarke-toekenning), Moxyland Fairest, The Hidden Kingdom, Maverick:Extraordinary Women of South Africa's Past (Niefiksie) Film en TV: Animasie series URBO: The adventures of Pax Africa,12 Episodes, Van Disney Playhouse Show, Florries Dragons, Animasie series Mouk, Doen regie van Glitterboys & Ganglands. Joernalistiek: Sy wen “Best Columnist Western Cape” in die Vadacom Joernalis van die Jaar in 2007 en 2008. As joernalis is vele van haar artikels ook internasionaal gepubliseer. Bv The Hollywood Reporter, Nature Medicine, The Sunday Times Lifestyle, Marie Claire, Elle, Cosmopolitan en SL Magazine. Strokies (Comics): All the Pretty Ponies, Fairest (Uitg 8 – 13
Fables series) Bill Willingham's Eisner Award. Kortverhale: Further Conflicts, Home away, Touch: Stories of Contact, Open: Erotic Stories from SA Woman Writers, African Road, 180 Degrees, New Fiction By SA Woman writers, Urban 03. Die boek wat deur die skakelbeampte behandel is, is “Zoo City”. Dit is 'n wetenskapfiksie/ fantasiestyl waarin daar soms humor is en nader na die einde van die boek raak dit al hoe meer grillerig en geweldadig. Dit herinner aan rekenaarspeletjies waar elke vlak verslaan word en dan word daar gevorder na 'n moeiliker en erger vlak. Dit speel hoofsaaklik af in 'n gebroke Johannesburg vol misdaad en towerkuns. In die krotbuurt woon mense met donker geheime en wanneer iemand 'n baie slegte daad gepleeg het, kry hul 'n diere-metgesel wat altyd en pal by hul is. Dit is enige dier: hond, tier, krokodil, pelikaan, aap, ens. Die hoofkarakter, Zinzi, het 'n talent om verlore goedere te vind. Sy word egter gedwing om 'n verlore persoon op te spoor en beland in die skrikwekkendste situasies…
Junie 2015
De Wildt Nuus
7
VREUGDE VAN VRIENDE-HÊ EN VRIENDWEES Manie Lemmer
Ek het dit pas weer ervaar dat een van my oudleerlinge my telefonies skakel, nadat hy die De Wildt Nuus by Oranjekas gesien het en dadelik aan die personeel daar gemeld het dat ek sy Latynonderwyser was. Om net weer te beklemtoon dat ek redelik lank gelede reeds met pensioen uit die diens getree het, hierdie oudleerling is reeds 71 jaar oud en was in my Latynklasse gedurende die jare 1955 tot 1959 in die Hoër Seunskool Stoffberg in Brakpan. Omdat ek, hoewel streng maar nooit onbillik nie, jare nadat my oudleerlinge reeds uit die skool was, steeds van hulle besoek en oproepe en uitnodigings na reünies ontvang het, kon ek sekerlik aflei dat ek ook die vriend van my leerlinge was. Daarom het ek steeds die voorreg om nou, baie jare na my onderwysloopbaan, om van heinde en verre van hierdie oudleerlinge te hoor, en so ook van gemelde oudleerling, 'n oudpredikant, wat my die volgende dag telefonies geskakel het omdat hy my telefoonnommer in ons blad gesien het. Ons kon land en sand met mekaar gesels, ook oor ons ouers wat destyds goeie vriende in Brakpan was en oor gemeenskaplike vriende. Dit is die vreugde van vriendwees en om oral jarelange vriende te hê. So het ek ongeveer 'n maand gelede 'n telefoonoproep van 'n ander oudleerling uit die jare 1960 uit Afrikaanse Hoër Seunskool ook 'n oproep ontvang. Hy het saam met sy eggenote in Februarie 2015 na Australië verhuis waar twee van hul eie kinders ook woon. Hy moes weer na Suid-Afrika kom vir besigheid en hy het vanaf Edenvalle geskakel net om te oor hoe dit met ons gaan. Hierdie oudleerling met wie ons al die jare kontak behou het, selfs toe hy na sy pos as hoof van die Meganiese Afdeling by Jan Smuts-lughawe verskeie ander lugvaartposte in ander oorsese lande beklee het, is reeds baie jare ook 'n leser van ons kontreiblad; hulle lees dit nou via die webtuiste. Verlede jaar het ek ook 'n oproep van 'n ander oudleerling (uit Afrikaanse Hoër Seunskool) ontvang; hy was 'n lektor in Afrikatale en was in my NoordSothoklas en het my juis geskakel toe ek effens moedeloos was oor al die pyne en skete van die ouderdom. So 'n oproep beteken vir 'n mens baie. Hierdie oudleerling het my weer op Radio Pretoria gehoor toe ek op versoek oor genealogie en ons erfenis met ons
Lemmer-familieboek as agtergrond 'n praatjie gehou het. As ons van die talle oudleerlinge praat, onthou ons ook hoe ons as ek reg onthou in 2005 die 50-jarige verjaardag van die Vulekaskool vir Blindes en Dowes op uitnodiging van die blinde oudleerlinge wat eintlik grotendeels die funksie gereël het, ontvang het om as oudinspekteur van die skole vir Blindes saam met my vriend dr Dries van der Merwe (destyds inspekteur vir die skole vir Dowes) en ons twee se eggenotes die verjaardag by te woon. Ons was eregaste en hulle het ons eintlik genooi om vir ons dankie te sê vir die skool waar hulle kon leer om later self in 'n werksituasie te staan, waar hulle baie goeie werk verrig. Dit is deel van die vreugde om soveel vriende oral in ons land te hê. Ons praat nie slegs van oudleerlinge as vriende nie, maar ook van ons talle ander vriende en familielede as vriende. Toe ek onlangs in die hospitaal waarheen ek my eggenote vir hart-sonars moes neem, agv haar balansverloor met haar aan my een arm en my dokumentsakkie in die ander hand, geval het en wel so erg dat ek my neus gebreek het, in dieselfde hospitaal beland het vir 'n neusoperasie, het ek weer die liefde van familie en vriende ervaar. Diegene wat nie self by my kon besoek aflê nie, het telefonies geskakel. Dan besef ons opnuut hoeveel familie en vriende beteken en hoe hulle almal vir jou genesing en herstel hulle gebede laat opgaan. Ons wil graag vir lesers wat nie vriende het of hul vriende waardeer nie: Waardeer jou vriende en familie. Hulle is vir jou baie werd, maar jy moet ook vir hulle 'n vriend wees. Ook ons gemeente van die kerk se lidmate is ons vriende en hulle het almal hul belangstelling getoon in my siekte en genesing. Nog advies aan mense wat nie vriende het nie: Gaan na jou kerk en ervaar daar hoeveel vriende jy daar kan maak. Die mense aldaar weet dat die Here ook van ons verwag om ons naaste lief te hê soos onsself. GENIET EN WAARDEER JOU VRIENDE FAMILIE! WEES SELF OOK 'N VRIEND!
EN
8
De Wildt News
June 2015
Junie 2015
De Wildt Nuus
21
Korttermynversekering: Weiering van uitbetaling van eise op voertuie (vervolg) Johan Venter
ARRIE NEL
APTEEKGROEP Nel Apteek Apteker: Deán Krause
% 012 252-4645 Faks: 012 252-6735
Nel III Apteek
Schoemansville
Apteker: Tania Schmidt
Apteker: Izolde Bester
% 012 252-3010
% 012 253-0304
012 252-3014
012 253-0302
Ifafi Apteker: Christo van Staden
% 012 259-1616 012 259-1743
Brits Mall Pieter van Dyk
% 012 250-2837 Fax: 012 250-0932
Ons lewer persoonlike diens
Net om die geheue te verfris, Korttermynversekering verwys na die versekering van vaste bates/eiendom soos motorvoertuie, huisinhoud, geboue en geboustrukture teen skade waar die kliënt 'n verlies kan ly en daarvoor vergoed wil word. In die vorige uitgawe het ek kortliks die eerste 2 redes verduidelik waarom baie kliënte gefrustreerd raak deur eise wat afgewys word. Onthou, die goue middeweg vir die kliënt is om so eerlik as moontlik te wees dit wil sê van die dag as aansoek gedoen word vir die versekering en tot die dag as daar ge-eis moet word vir skade. Die ander redes waarom eise op voertuie geweier mag word of baie lank neem om deur die versekeringsmaatskappye uit te betaal is: Bestuur onder die invloed – nie getoets op ongelukstoneel Die algemene afleiding wat mense maak is dat versekeringsmaatskappye net 'n eis kan weier agv van dronkbestuur indien die kliënt se alkohol bloedinhoud getoets is op die ongelukstoneel of direk daarna. Dit is egter nie die waarheid nie. As die versekeringsmaatskappy genoeg bewys kan vind om bo redelike twyfel te bewys dat die bestuurder onder die invloed was ten tye van die ongeluk, kan so ’n eis geweier word selfs sonder die bloedtoets. Onthou dat dronkbestuur 'n baie spesifieke uitsluiting is by versekeringsmaatskappye, elke eis is egter uniek en elke insident word volgens meriete behandel en ondersoek. Hou in gedagte dat dit net regverdig is om nugter bestuurders te beskerm teen die negatiewe invloed wat dronkbestuurders se hoër eise veroorsaak ten op sigte van die algemene prys van versekering. Items wat nie bedek/versteek is in 'n voertuig nie Ons moet aanvaar dat daar altyd kriminele op die uitkyk is vir
items wat hulle byvoorbeeld uit 'n voertuig kan steel. Dit is tog net logies dat 'n waardevolle item (rekenaar, beursie, handsak, ens) wat oop en bloot sigbaar in die voertuig is, 'n groter risiko is om gesteel te word en 'n ope uitnodiging vir die krimineel is om in te breek. Dieselfde geld waar 'n waardevolle item oop en bloot in die bagasiebak gesit word ten aanskoue van moontlike kriminele. Wees dus bedag daarop om items so onsigbaar as moontlik in jou voertuig te los as jy uitklim of waardevolle items ongesiens in die kattebak te bêre. Kyk gerus na die definisie van die woord “concealed” in jou poliskontrak om hierdie punt mooi te verstaan. Geen sigbare tekens van geforseerde toegang Dit is reeds algemene kennis dat kriminele al 'n verskeidenheid van maniere gevind het om veral elektroniese toerusting te kortwiek. Dit is maklik vir 'n krimineel om jou afstandbeheerde sluitmeganisme van jou voertuig te neutraliseer wanneer jy die knoppie van die toestel druk, om jou voertuig te sluit terwyl jy wegloop. Kriminele is deesdae daarop gesteld om nie aandag op hulle self te vestig nie en gaan dus nie met geweld in jou motor in 'n parkeerarea inbreek nie. Dit is dus jou verantwoordelikheid om 'n paar sekondes langer by jou voertuig te spandeer en om te voel of jou voertuig wel gesluit is na jy die knoppie gedruk het. Meer en meer versekeringskontrakte sluit dekking uit waar daar “ongeforseerde” toegang tot jou voertuig verkry is. Hierdie is baie basiese informasie, maar slaan gerus ag daarop om jouself baie moeite, frustrasie en geld te bespaar. Maak ook seker dat jy bewus is van die “fyn skrif” en uitsluitings van jou Korttermyn versekeringskontrak. (Johan Venter is 'n Senior Uitvoerdende Finansiële Beplanner met 16 jaar ervaring in finansiële beplanning en advies)
PROFESSIONELE FINANSIËLE BEPLANNING ENKELBEDRAG EN AFTREEBELEGGINGS VIR: • Maandelikse Inkomste • Kapitale Groei • Pensioen en Voorsorgfonds bewarings, voor aftrede AFTREEBEPLANNING, RISIKOBEPLANNING & DEKKING Johan Venter Senior Uitvoerende Finansiële Beplanner Tel: 076 402 4764 Sel: 083 229 3335 johan.venter@momentum.co.za
VEILIG EN BETROUBAAR
June 2015
De Wildt News
HULDEBLYK
Manie Lemmer
Ek onthou ook hoe Schalk toe ons in 1995 en later weer in 2000 die Krokodilrivier Helpmekaarvereniging en ook Visie 2000+ in die plaaslike regering wou laat figureer, saam met my huisbesoek gedoen en pamflette uitgedeel en plakkate oral in die strate aangebring het. Op Schalk kon 'n mens staatmaak; sy gesondheid was jare lank nie na wense nie, maar hy het steeds in ons gebied en sy heil belang gestel. Tydens die roudiens op 23 April het sy kleinkinders ook 'n gedig met die titel A poem from the Grandkids in die blaadjie opgeneem. Ek haal graag enkele strofes daaruit aan: Fighting a downhill battle My grandpa still stayed strong But God must have let him know Now Heaven's where you belong. God take my Grandpa, erase his pain I only ask that You let his spirit remain To inspire us all, to become the best we can be And maybe one day live up to his legacy Wat 'n wonderlike getuigskrif wat Schalk van sy kleinkinders ontvang het! Ons sal Schalk saam met Yvonne, hulle kinders en kleinkinders mis en bid hulle graag ons hemelse Vader se vertroosting toe. Ons het ook verneem van Yvonne se moeder, Mercia, se afsterwe 'n dag voor Schalk, en dink juis ook daarom soveel meer aan Yvonne en wens haar sterkte toe.
ADVERTEER IN DE WILDT NUUS Voorblad in kleur Agterblad in kleur Volblad swart en wit Halfblad swart en wit Kwartblad swart en wit Agste blad swart en wit Klein swart en wit Heel klein (4 reëls)
076 491 1833
9
De Wildt Nuus
VALSE VERWAGTINGS Sannie Lemmer
SCHALK JANSE VAN RENSBURG * 26.12.1943 † 17.04.2015 Nog een van ons jarelange inwoners het ons ontval. Schalk en Yvonne het lank ook hul kant gebring in ons gemeenskap. Hulle was lede van die DWHM toe hierdie inwonersmaatskappy gestig is en Yvonne was ook een van ons redaksielede vir DWN.
Junie 2015
R990 R880 R525 R305 R230 R155 R 90 R 30
Talle kinders by ons land se kinderhuise leef op valse verwagtings in hulle lewens. Dit begin by vakansietye as hulle na vakansie-families gaan. So het ons driemaal op verskillende tye een seuntjie by ons ingeneem. Saam met ons eie twee seuntjies het ons hulle soos ons eie kinders behandel. Hansie , so vier jaar oud, se tande was baie sleg. Hy het hom elke nag aan die slaap gehuil, want hulle moes by die kinderhuis wag vir 'n plek waar na sy tande gekyk kon word. Ek het Hansie dadelik na ons tandarts geneem, sy agtergrond geskets en gevra hy moes tog na die kind se tande kyk en doen wat gedoen moet word. Baie tande moes getrek word, ander gestop. Daarna het Hansie nooit weer saans gehuil van tandpyn nie. Die tandarts se diens was gratis. Hy het sop en roomys en vla geëet tot sy tande gesond was. Die tandpyn was vir ewig weg! Ons tweede seuntjie se naam was Nico. Hy het baie gevloek en ons moes hom daagliks leer om nie meer te vloek nie. Nico moes die volgende jaar groot skool toe gaan, maar hy was nog nie skoolgereed nie. Manie het hom geleer om 'n "s" en "r" te sê. Toe hy dit regkry het hy Manie om sy nek gegryp en gedruk en gesê: Pa, nou kan ek S en R sê. Ek kan nou skool toe gaan. Vir die volgende vier jaar was Nico elke vakansie by ons. Ons was Wildtuin toe, see toe, het rondgetoer na vreemde plekke en Nico was ons derde seuntjie. Toe hy in standerd 2 was, het ons besluit hy word nou te besitlik. Ons het hom nie weer gaan haal nie. In sy plek het ons Louis gekry. Louis het alles bymekaar gemaak om terug te neem koshuis toe. Een keer in die Wildtuin het hy 'n leë blikkie met vyf ertjies daarin gehou. Hy het geweier om dit in die vulliskan te gooi. Dit is syne en gaan saam met hom. Louis was net drie vakansies by ons en toe het ons hom die laaste keer
ADVERTEER IN DE WILDT NUUS
20
Pinocchio Kleuterskool Afrit 78 R513 Schietfontein De Wildt
Vir Baba/Kleuter Gr R/Naskool Rekenaarklasse Elsie - 072 150 3850 Faks: 012 546 4233 elsie.pinskool@yahoo.co.za
teruggeneem koshuis toe. En raai wie kom daar aangedraf na ons toe. Nico, nou in standerd ses. Hy gryp my en druk my vas, so ook vir Manie en sy twee "boeties." Ma, hoekom het julle my nooit weer kom haal nie? Ek was stom. Toe antwoord ek: Nico, ons moet ander kinders ook die kans gee om saam met ons vakansie te gaan hou. Jy het jou beurt gehad. En so het die kinderhuis-seuntjies se vakansies by ons opgehou. Op 'n keer was ons by 'n kermis vir arm kinders. Pakkies geskenke is aan hulle uitgedeel. Hulle kon die hele dag gratis op die springkasteel spring. En het hulle gespring. Elke kind het 'n kaartjie gekry en met daardie kaartjie kon hulle enigiets "koop" wat op daardie terrein was. Toe sien jy arms vol spookasem, roomyshorinkies, pakkies koekies en bottels Coke of ander koeldrank in bottels wat lank kan hou. Ander het pakkies tjippies, of gevlegte koeksisters gekoop. Arms vol goed by die tombola-tafel en een het selfs 'n beertjie gekoop. Vir daardie een dag was hulle gelukkig! Hulle het baie verwag en baie gekry. Was dit dalk valse verwagtings? Wat het dit vir die drie seuntjies van die kinderhuis beteken dat ons hulle vakansietye gaan haal het? Was dit ook dalk valse verwagtings? Die kermis vir die arm kinders wat arms vol goed kon "koop" met een kaartjie wat geknip word elke keer as hulle iets gaan koop het, was dit ook valse verwagtings van die lewe? Glo hulle dat die wêreld hulle iets skuld? Dit wat hulle verwag het en ontvang het was van verbygaande aard. Dit was soos 'n miswolkie op die berg. As die son begin skyn verdwyn die mis voor hulle oë. Ja, dit was valse verwagtings, maar dalk het ons in elkeen se hart 'n plantjie van hoop geplant wat vir ewig sal hou. Hansie se tandpyn is vir ewig weg. Nico het geleer om 'n "r" en 'n "s te kan sê en Louis kon met ons toestemming, sy blikklie met 5 ertjies terug na die koshuis neem...
• Algemene Herstelwerk • Dienste • Ratkaste • • •
en Ewenaars Masjienherbouing Koppelaars en Remme Insleepdiens
G& G
MOTORDIENSTE
Kontak Gawie Rossouw of Gert Venter 012 525 1197 / 072 134 1105 (alle ure)
INSTANDHOUDING VAN ALLE FABRIKAAT MOTORS EN BAKKIES
June 2015
De Wildt Nuus
10
KLUB LEKKERRUS/LIBERTAS
QS-WASSERY 012 504 2023 082 788 1670
Mariëtte Kloppers
012 504 2023 082 788 1670 • Was en stryk van linne en klerasie • Slegs was van linne en klerasie • Slegs stryk van linne en klerasie • Was en stryk van gordyne
R12-00 p/kg
Posbus 1, De Wildt, 0251
R10-00 p/kg R10-00 p/kg
BALLET - 2010 LAERSKOOL GENL HENDRIK SCHOEMAN
R15-00 p/kg
Mariëtte Kloppers Posbus 1, De Wildt, 0251
De Wildt News
Maandag en Donderdag vanaf 13:00
EASY BUILD DE WILDT SHOPPING CENTRE TEL: 087 805 8851/2 FAKS: 086 550 0320 SEL: 082 376 0608 E-pos: easybuild@lantic.net
Vir alle boumateriaal en hardeware Vir vriendelike diens en persoonlike aandag besoek ons by
De Wildt Winkelsentrum
NABOOMSPRUIT (Mookgopong) ± 200 km vanaf Pretoria Kom geniet die Bosveld en die heerlike warm water van hierdie twee private oorde wat behoort aan gekeurde permanente lede van Klub Lekkerrus/Libertas. Al is u nie 'n permanente lid nie, kan u van jaar tot jaar jaarlidmaatskap bekom, maar u aansoek is aan keuring onderhewig. U is welkom om by hierdie twee warmwaterbronne Lekkerrus en Libertas te kom vakansie hou teen bekostigbare tariewe, met kortings van tot 50% in buiteseisoenstye. Spesiale korting vir groepsbespreking. Nota: Gekanselleerde lidbelange vir herverkoop beskikbaar
Fasiliteite beskikbaar: Woonwaterreine met kragpunte en gerieflike ablusieblokke Rondawels en kothuise (“chalets”) Warmwater swembaddens • Rumatiekbaddens Borrelbaddens • Waterglybaan Set-setbaan • Damme vir hengel Saal en konferensiesaal vir troues en funksies
Navrae: E-pos:
Lekkerrus@lantic.net Tel: 014 7439300
19
18
De Wildt News
Hanna Scribante
June 2014
DWBV Nuus
TLU SA Goliat van Gat se grootste pampoen: Op 28 Maart 2015 tydens die Goliat van Gat Fees is 'n totaal van 1023 kg pampoen ingeweeg. Dit is aan Volkshulp 2000 geskenk vir verspreiding onder behoeftige mense in en om Pretoria. Die wenpampoen van 328 kg het 'n hele bakkie vol gelê en is deur die span Fluffy van Montana onder leiding van Hugo Le Roux en Jano Verreyne gekweek.
Haelgeweer Duifjag 2 Mei 2015 Om 06:30 het die jagters al tou gestaan om in te skryf. 62 jagters het opgedaag. Dit was 'n lieflike sonskyndag en die duiwe was baie. Tussendeur is daar lekker gekuier en 'n vleisie gebraai. Dankie aan Gert en Kobus Prins vir die beskikbaarstelling van julle lande. Dankie aan Gert vir die skoonsny om die lande en onder die pragtige boom. Dit word waardeer. Dankie aan Lood Schoeman, Riel Vercuiel en Wannie wat van vroeg af die hek beman het. Oom Roelie, Gertjie en Kobie dit was lekker om julle daar te hê. Baie dankie aan meneer Frik Vos vir die groot donasie. Dit word waardeer. Almal wat daar was het die dag baie geniet.
De Wildt Boerevereniging Vergadering 25 Augustus 2015 te Wildt 4x4 om 19:00 vir 19:30
Junie 2015
De Wildt News
11
DeWildt se fisioterapeut sluit haar praktyk tuis Ingrid Chelin
Beste DeWildtnuus-lesers Ek wil sommer uit die staanspoor baie dankie sê aan almal wat my die laaste 10 jaar vertrou het met hulle skete! Julle het elkeen my lewe verryk en ek hoop ek het darem ook 'n verandering kon bring aan julle lewenskwaliteit. ‘n Bietjie geskiedenis: Ek het op Wildebeesthoek grootgeword. Einde 1984 het ek aan Stellenbosch Universiteit gegradueer en is ook diesefde jaar getroud. Na graduering het ek 'n jaar met spinaal pasiënte by Conradie-hospitaal in Pinelands gewerk. Ek het terloops elke dag trein gery in die goeie ou dae toe dit nog veilig was. Daarna is ek terug Pretoria toe - my man moes sy twee jaar lugmagdiens doen. Toe het ek 'n jaar lank by Garankuwa Hospitaal gewerk. Twee jaar van privaatpraktykwerk het gevolg by onderskeie Meulmed en Eugene Marais hospitale. My dogter is in 1989 gebore en ek het besluit om vir eers net locumwerk te doen. In 1991 is my seun gebore en die locumwerk is verleng tot 1994 toe ek by
Zodiac Dierekliniek Tel: 012 252 1266 Fax: 012 252 6357 31 Carel de Wet weg, Posbus 460, BRITS 0250
Dr GS Scheepers (BVSc) 082 785 1593 Dr Johan Naude 0848470888
E-mail: zdk@vodamail.co.za
Meerhofskool begin werk het. 10 Gelukkige jare het gevolg met baie vervullende werk met die gestremde kinders. In 2004 het ek tuis op Wildebeesthoek 'n praktyk begin. Ek het noodgedwonge ook tuisbesoeke en besoeke aan aftree-oorde gedoen. Na 30 jaar van fisio-wees is my lyf nie meer daartoe in staat om fisies harde werk te doen nie en het ek besluit om my praktyk tuis te sluit. Maar ek wil nog nie my fisio-handskoene finaal ophang nie. In my 10 jaar ondervinding as tuisbesoek-terapeut het ek die behoefte gesien by mense wat ontslaan word uit die hospitaal na groot operasies of ongelukke. Hulle is onseker oor oefeninge, hul huise is nie altyd toeganklik vir hulle behoeftes nie, hulle het nie die regte hulpmiddels nie en die tuishulp of "caregiver" is oorweldig. Ek beplan om so 'n konsulterende rol te vervul as die Here dit toelaat. Van Augustusmaand vanjaar sal ek dan hopelik daardie gaping in die rehabilitasieproses vul. Hou die DeWildtnuus dop vir 'n nuwe advertensie!
ADVERTEER IN DE WILDT NUUS Voorblad in kleur
R990
Agterblad in kleur
R880
Volblad swart en wit
R525
Halfblad swart en wit
R305
Kwartblad swart en wit
R230
Agste blad swart en wit
R155
Klein swart en wit
R 90
Heel klein (4 reëls)
R 30
12
De Wildt News
June 2015
Junie 2015
17
De Wildt Nuus
Die Bek se Padstal
Spaar en Krediet Koöperatief Beperk
Drankwinkel
Reg. 2009/06/25 Oranjekas is 'n koöperatiewe bank en verwelkom aandeelhouers wat deel wil wees van hulle eie selfstandige bankdienste. Oranjekas word gereguleer deur die CBDA (Cooperative Banks Development Agency). Aandeelhouding vereis die opneem van minstens 5 aandele van R100 elk en lidmaatskap van die gemeenskaplike band (“Volksekonomieklub”).
Tel: 012-5041 694 • Faks: 012-504 1478 • EMAIL: diebeksepadstal@webmail.co.za R513 PAD - DE WILDT
Dienste aan gekeurde lede sluit in:
Beleggings · Spaarrekenings · Vaste deposito's
· 48 uur opvraagbare beleggings
· Debietkaart (nasionale en internasionale gebruik)
DIENS MET 'N GLIMLAG KOM LOER GERUS IN !!!
Vars Groente Bewerkte groente en Vrugte Dro‰ë Vrugte Heerlike Biltong Droë Wors Chilli Bites
Finansieringsbehoeftes · Verbandlenings · Motorfinansiering
· Persoonlike lenings · Studielenings · Ander tipe lenings
Korttermynversekering makelaarsdienste · Alle tipe versekering
Rapport elke Sondag
· Bystand met versekeringseise
"Qiwi - Easy Way to Pay" masjien MTN, Cell-C, Vodacom ens Databondels Air time, Elektrisiteit, Internet betalings, Verkeersboetes, Landlyn-telefoonbetalings, VOIP en vele meer!
· Mededingende premies
k e e Br
Ola Roomys / Coke / Beeld en tydskrifte Wyn / Bier / Ciders Houtskool/Braaihout Heerlike Wors / Gepasteuriseerde Tapmelk
! g e w
Oranjekas bied top Bankdiens aan elke aandeelhouer. Sluit nou aan of gouer! Breek weg! Kontak: 086 010 4297, 079 205 1155 kontak@oranjekas.co.za
www.oranjekas.co.za
Bring jou wild!!! Thomas verwerk die vleis en maak vir jou heerlike biltong, droë wors en chilli bites.
16
De Wildt News
Junie 2015
Junie 2015
De Wildt News
13
#7 Raai, Raai, Riepa ... Die pragtige witkoppie op die foto van #7 was byna onmiskenbaar Mnr Peet van der Westhuizen. Baie geluk aan GP Venter wat getrek was uit die talle korrekte inskrywings. Ek het bietjie met mnr Peet gaan gesels om hom beter te leer ken. 1. Hoe oud was Mnr op die foto wat vir die kompetisie gebruik is? Ek vermoed ek was so 2 jaar oud. 2. Wat is die lekkerste/beste ding wat Mnr van Mnr se jongdae kan onthou? Die lekkerste ding in my jongdae was om saam met my Pa Bosveld toe te gaan en om saam met hom in die lande te boer. 3. Mnr nie 'n onderwyser geword het nie, wat sou Mnr dan wou wees? Ek wou bitter graag 'n veearts word maar ongelukkig word net 'n handjie vol gekeur om dit te kan gaan studeer. 4. Wat is Mnr se gunsteling kos en drinkding? Vir gekookte pynappel-hoender sal ek my voortande gee. Ek is mal oor vrugtesappe en drink ook graag Coke en Oros. 5. Wat maak Mnr hartseer in die lewe? Dit maak my hartseer wanneer mense nie tot hul volle potensiaal lewe nie asook om te sien hoe diere mishandel word. 6. Wat is Mnr se gunsteling boek en/of skrywer? Die outobiografie van die All Blacks rugbykaptein, Richie McCaw, met die title The real McCaw. 7. Mnr se gunsteling akteur en aktrise?
#8 Raai, Raai, Riepa
- Josua Brown -
BAIE DANKIE aan S B Ink (Pta Noord), Castle Walk, Nonyane Bush Camp en Budget Framers vir die borg van hierdie uitgawe.
As ek internasionaal moet kies is die akteur Dwayne 'the rock' Johnson en die aktrise Anglina Jolie. Plaaslik in Afrikaans kies ek Bouer Bosch en Leandie Du Randt. 8. Het Mnr ander belangstellings of stokperdjies? Ek stel verskriklik baie belang in musiek. My stokperdjie is om gholf te speel en ek versamel rugbytruie. 9. Watter eienskappe moet Mnr se droomvrou hê? Sy moet sag en liefdevol wees. Sy moet my ondersteun in alles wat ek doen – in goeie en in slegte tye. En natuurlik moet sy 'n liefhebber van diere en sport wees. 10. Wat is Mnr se lewensfilosofie of boodskap aan die Vissies? Leef elke dag ten volle tot eer van die Hemelse Vader. Deur Hom is alles moontlik in die lewe. Moet nooit terugstaan vir enige iemand of iets nie.
WELKOME SKENKING
VIER KOPPE IS BETER AS EEN Nelia Bloem en Johan Brown Op 24 April 2015 het vier van ons graad 7-leerders, Alana Esterhuizen, Natasha Venter, Nicolla Odendaal en Zantoné Bloem, die skool verteenwoordig by die Wetenskap Astro Quiz. Die kennisgewing rakende die kompetisie was so laat ontvang dat hulle net twee dae gehad het om voor te berei vir die toetsing. Dit was egter nie die enigste uitdaging nie, al die werk wat geleer moes word, was in Engels en twee van die leerders moes ook nog aan 'n netbalwedstryd deelneem. Alana sê: “Die vraestel was gemiddeld, sommige vrae was maklik en ander weer meer ingewikkeld. Na die tyd verstreke was, was ek maar bekommerd want ek het nie geweet hoe ons sou vaar nie. ” Natasha sê: “Dit was baie werk wat ons moes leer en daar is soveel druk alreeds op ons met opsommings, huiswerk en toetse, maar op die ou end het ek die werk wat ons moes leer, baie geniet.“ Nicolla sê: “Dit was maar stresvol met al die leerwerk wat ons gehad het, maar gelukkig het ons voor die toetsing 'n kans gehad
om lekker grappies te vertel en te lag, en so van die spanning ontslae te raak. Ons het eers gesukkel om die vrae te antwoord maar toe het Natasha 'n maklike manier voorgestel om die antwoorde te kry.” Zantoné sê: “Ons was eers erg gespanne terwyl die vraestelle gemerk is, maar het mekaar moed ingepraat tot ons weer positief was.” Groot was hulle verbasing toe hulle na die merk van die vraestelle hoor dat hul vierde uit die twee en twintig skole geëindig het! Vir hierdie vier dogters was dit 'n uiterste groot voorreg om ons skool by hierdie geleentheid – waar daar ook baie van die groot, bekende skole betrokke is te verteenwoordig. Dit maak ons opreg trots op julle. Ons wens julle graag voorspoed toe vir die volgende rondte wat op 5 Junie 2015 gehou word. Die dogters bedank ook mnr Peet v d Westhuizen vir sy hulp en die geleentheid om te kon deelneem.
Kom neem deel aan die pret en kom vat 'n raai! Kyk mooi na die foto van een van die personeellede en raai wie hy of sy is. Skryf jou naam, graad en antwoord op 'n stukkie papier en gooi dit in die BORRELBEKKIE Raai, Raai, Riepa – houer wat in die biblioteek is. Elke leerling mag net een raaiskoot waag. Die antwoord en wenner word in die volgende uitgawe bekend gemaak. Leer ons personeel só 'n bietjie beter ken.
NONYANE BUSH CAMP Tel: +27(0)834 755 554 Email: gertnienaber@vodamail.co.za VIR ’N WEGBREEK NET 25 KM BUITE PRETORIA Hoewe 80, Wildebeeshoek De Wildt Werksfunksies, Verjaarsdae & kinderpartytjies, Visvang & wildritte Maak gebruik van ons chalets en/of tente of bring u eie tent en/of karavaan vir ontspanning in die rustige Bosveld-omgewing.
Kos vir die siel: 'n Donateur wat verkies om anoniem te bly, het op Maandag, 4 Mei 2015 ook aan die geestelike voeding van die leerlinge wat daagliks by die skool kos ontvang, gedink. Hy het aan elkeen 'n Bybel gee. Dit is 'n nuwe druk van die 1983 vertaling met 'n abstrakte wit duif op die buiteblad. Die glimlagte was groot want van hulle het nog nooit hul eie Bybel gehad nie. Sommige het selfs erken dat hulle nie eens 'n Bybel in hulle huise het nie. Op die foto is van die leerders wat Bybels in ontvangs geneem het. Ons bedank graag deur Borrelbekkie die donateur vir hierdie ruimhartige skenking.
Die vier uitblinkers van die Wetenskap Astro Quiz vir graad 7's. Vlnr: Natasha Venter, Alana Esterhuizen, Zantoné Bloem en Nicolla Odendaal. Ons is baie trots op julle! Sterkte met rondte 2.
14
Junie 2015
De Wildt News
Mnr en Mej Vissershoek 2015 Spieëltjie, spieëltjie op die rak, wie's die mooiste vissie in die bak? Dit is werklik 'n onregverdige vraag want die antwoord sal moet wees: Ál die Vissies hier in Vissieland! Daar was 'n groot opgewondenheid onder die Vissies op die laaste skooldag, 25 Maart 2015, van die eerste kwartaal. Almal het uitgesien na een van die lekkerste aktiwiteite op ons skoolkalender, naamlik die Mnr & Mej Vissershoek. Nie minder nie as 75 leerders het deelgeneem! Dis mos nou die regte gees, Vissies! Die tema was “Op die plaas” en die verhoog was gepas versier met hooibale, melkkanne, hoenders en 'n windpomp. En geen
Marline du Plessis
opgesmuktheid is by die deelnemers gesien nie – elk was net hulle natuurlike self en dít het ons beïndruk. Daar was vier afdelings nl Mej Vissie (Meisies Gr R-3), Mnr Vissie (Seuns Gr R-3), Mej Vissershoek (Meisies Gr 4-7) en Mnr Vissershoek (Seuns Gr 4-7). Die beoordelaars het presies met dieselfde probleem as spieëltjie gesit. Dit wás baie moeilik om wenners aan te wys. Mnr Johan Venter, een van die beoordelaars het gesê: “Dis die gees waarmee jy deelneem en hou ons môre weer dieselfde kompetisie, wen iemand anders dalk.“ Ek is trots op elke Vissie wat deelgeneem het, wat jou in my oë klaar 'n wenner maak. Ons sê baie dankie aan juf Marline vir die reël van hierdie heerlike aktiwiteit.
Junie 2015
15
De Wildt News
Nie op hul mond geval nie … Johan J Brown Die jaarlikse Welsprekendheid van Laerskool Vissershoek is onderskeidelik op Dinsdag, 12 Mei 2015 vir die Junior leerders van Graad R tot 3 en op Woensdag, 13 Mei 2015 vir die Senior leerders van Graad 4 tot 7, in die skoolsaal gehou. Die verhoog was nostalgies versier met Afrikaanse boeke en letterkunde om te pas by die tema 'Bly kalm en praat Afrikaans'. Dit het die deelnemende leerlinge met groot oortuiging en hope selfvertroue gedoen. Die onderwerpe was eg aan die Afrikaner tradisie(s) of ligweg op Afrikaanse idiome en spreekwoorde gebaseer. Afrikaans as 'n erkende taal se negentigste verjaarsdag is juis op 8 Mei 2015 gevier. Vyf tot ses leerders per graad het deelgeneem en die onafhanklike paneel beoordelaars het voorwaar moes kopkrap om op die wenners te besluit. Die graadwenners was soos volg: Graad R 1. Niël Conradie 2.Emmi Grobbelaar 3. Zania Kleynhans
Graad 1 1. Robbie Burger 2. Elriëtte Fourie 3. Francois Fourie Graad 2 1. Elizari Jacobs 2. Tiaan Henrico 3. Migael Snyman Graad 3 1. Clarissa Barnard 2. Nicola Schleubush 3. Elri Grobler Graad 4 1. Carla Ferreira 2. Mignon de Klerl 3. Karmen Nel Graad 5 1. Jandré Malan 2. Gean Potgieter 3. Darren van Wyk Graad 6 1. Julia Ferreira 2. Fioné Grabie 3. Kiran Labotsky Graad 7 1. Josua Brown 2. Natasha Venter 3. Francois Roodt Onthou gerus van hierdie name want hul gaan weer iewers opduik – of dit nou in die politiek, joernalistiek of vermaaklikheidswêreld is. Hierdie leerlinge is beslis nie op hul mond geval nie.
Wil jy lekker uit eet?
CASTLE WALK Mej Vissershoek: Roné Rudolph, Ziné Jacobs (wenner) en Natasha Venter
RESTAURANT
Mej Vissie, Nicola Schleubush
Die wenners van die Senior-afdeling; vlnr Julia Ferreira, Carla Ferreira, Josua Brown & Jandré Malan.
17 jaar in die Noorde
SONDAG BUFFET-ETE @ R90 PER PERSOON
U gashere Frik en Kiepie
SIEN JOU DAAR! DORANDIA, PRETORIA-NOORD MADELIEFSENTRUM, WINKEL 25 Mnr Vissershoek: Wian Snyman, Mario de Jesus Veiera (wenner) en Gean Potgieter
012 546 9146 Mnr Vissie, Franco Pretorius
Die wenners van die Junior-afdeling; vlnr Niël Conradie, Robbie Burger, Elizari Jacobs & Clarissa Barnard.