Skip to main content

De Wildt Nuus - Feb 2020

Page 1

Februarie/February

Jaargang 29 No 1 Webtuiste: www.dewildtnuus.co.za

Foto: Good Free Photos.com - Pexels


2

De Wildt Nuus

Februarie 2020

We sell Pure Raw South African Honey direct from the Beekeeper. Come and visit our unique shop in a tranquil setting for bee and honey related products and gifts.

Buzz Café @ The Honey Company • Coffee Shop • Venue • Functions • Day Conference facilities

Buzz hours for shop: Mon-Fri 08h00-16h45 Sat 08h00-13h00 6 Fundus Estate, Herma Ave, R513, Akasia, Pretoria-North Bookings: Jeanne 0827794208 / Berta 0716046726

E-mail: orders@thehoneycompany.net


Februarie 2020

REDAKSIEBRIEF

REDAKSIELEDE Manie Lemmer - 082 879 6969 (Voorsitter) Rachelle Rossouw 072 768 0854 (Sekretaresse) De Wildt Helpmekaar Maatskappy Adele du Toit - 071 843 8185 Douw van Wyk 073 833 2105 De Wildt Boerevereniging Hanna Scribante 083 417 4699 De Wildt VLU Georgie Louw - 082 374 6879 Addisionele lede Sannie Lemmer - 082 879 6969 Jan Lemmer 083 256 8266 Marguerite Nel 082 774 2517 Magriet van Heerden 072 092 6460 Kobie Opperman - 076 482 8513 David Proctor Linda Proctor 082 922 7904 Eugene van Staden 073 367 4787 Gertie van Staden 073 091 6035 Drukker: APK Wonderboom 012 527 0513 Wonderboom@apk.co.za

De Wildt Nuus Bankbesonderhede: Rekeningnaam: De Wildt Nuus ABSA Brits Rekeningnommer: 9337490973 Verwysing: Adverteerder se naam + Desember 2019 (noem telkens die naam van die betrokke maand). Epos betalingsbewys manie.lemmer@dewildtnuus.co.za Advertensiegeld moet asb vooruitbetaal word, maw sodra die advertensie versoek of gewerf word. Dankie vir julle moeite. Kontakpersone vir advertensies en grafiese ontwerp: Manie Lemmer Advertensie-ontwerp: R100 Veranderings op bestaande advertensies: R50 ADVERTENSIES IS VOORUITBETAALBAAR

Die artikels in die De Wildt Nuus is nie noodwendig die produk van die redaksie nie, maar van individue. Daarom vereenselwig die redaksie hom ook nie noodwendig met alle uitsprake/menings in die artikels nie.

3

De Wildt Nuus

Liewe lesers Ek het opgemerk dat Februariemaand die maand van liefde is, maar die aangename fasette van die liefde was beslis deur die drukkersduiwel en al sy trawante werklik oorskadu. Eerstens het my rekenaars albei probleme begin gee en daarna ook die rekenaar se drukker. Daarby het ons ook soos in die Desemberblad berig, besluit om die advertensietariewe te verhoog ten einde die verhoogde drukkoste te akkommodeer. Sommige adverteerders het besluit om in ons Februarieblad en ander selfs vir die nuwe jaar hul advertensies te staak. ’n Verdere teenspoed het ons getref toe my eggenote, Sannie, lang periodes in die hospitaal moes deurbring, wat my werkstyd per dag sekerlik met minstens ses uur verkort het, juis in die tyd wanneer besighede vir advertensies besoek kon word. Kortom: Ons blad is dus meer as ’n maand vertraag, maar ons kon darem daarin slaag om nog ons blad die lig te laat sien.. Die jaar het ook met ’n vaart begin, maar ons poog om by te hou. Lesers kan in ons nuwe uitgawe weer meer lees van ons inwonersmaatskappy, die De Wildt Helpmekaarmaatskappy of DWHM in kort, ons Boerevereniging se nuus en so ook die VLU De Wildt se doen en late, die Jongspanrubriek, verslag oor die Geloftefees by die Jopie Fourie-terrein op 16 Desember 2019, ons gereelde rubriek oor landbousake, en veel ander sake van belang. Met ons opruiming van 50 jaar se bymekaarmaak van goedere en dit boonop vanaf ons nuwe blyplek by Sandstone-sorgsentrum naby Brits, ongeveer 20 km van ons blyplek te Wildebeesthoek, en met Sannie se sigprobleem, word die werk vir my alleen ’n bietjie te veel. Belangstellende artikelskrywers kan gerus met my gesprek voer. Tov advertensies bedank ons ons adverteerders wat ons blad reeds jare ondersteun en ook die Gelofefeesbestuur en DWHM wat vir advertensies gesorg het. Tot op die laaste moes ’n kleuragterblad gesoek word, maar hier is ons blad nou in al sy glorie gereed om deur ons lesers soos gewoonlik van voor tot agter “verslind” te word, Lesers sal onthou hoe Georgie Louw verlede jaar deur geslepe skelms by die regis-

Manie Lemmer

trasiekantoor te Akasia van geld beroof is en dan dink ’n mens dat daar nie meer eerlike mense in ons land bestaan nie, want die misdaad vererger daagliks. Ek het pas verlede week die teendeel beleef: Ek was die vorige dag by Dischem in Wonderpark om medikasie aan te koop . Ek het by die kassiere betaal en die apteek verlaat, Die volgende dag ontvang ek ’n telefoniese oproep vanaf Dischem om my mee te deel dat ek die vorige dag toe ek my kaarte vir betaling uit my sak gehaal het, ’n vyftig Randnoot op die vloer laat val het. Die kameras het getoon hoe die geld val en later is dit deur die skoonmaker teruggebring. Hulle het my telefoonnommer op my apteekbesonderhedelys gekry en my genooi om die geld tydens my volgende besoek te kom afhaal, My groeiende siening dat jy deesdae oral mense moet dophou en dat jy feitlik niemand kan vertrou nie, is deur hierdie gebaar verander en soos ek ook aan die personeellid van Dischem dit gestel het: Ons kan net met lof en verbasing van sulke eerlikheid kennis neem. Alle mense is nie oneerlik nie en ons neem deeglik daarvan kennis. Ons beleef as senior burgers ook steeds die gasvryheid en sorg van ons jonger mense, Ons sien raak hoe Kobie Opperman maandeliks ons ouer mense by haar PLEKKIE onthaal. Ons was skaars in ons nuwe woonplek in die Sandstone-sorgsentrum naby Brits ingeburger toe Kobie en Patricia kom inloer het met hul geskenkpakkies en voorspoedwense. Daarna het Georgie Louw en haar dogter Thea ook met vrugte as geskenk ons kom besoek. Ons beleef dus steeds hoeveel mense daar is wat vir ons omgee. Soveel van ons vriende en familie het daagliks navraag oor Sannie se welstand gedoen en soveel van hulle het besoek afgelê. Sannie het pas ook ’n operasie ondergaan waarin haar galblaas met stene verwyder is en sy sterk vinnig aan ons hoop dat sy binnekort weer by my by die sorgsentrum kan aansluit. Baie gebede en belangstelling van vriende en familie het ons deur hierdie lang krisistyd gedra en ons kan net ons geneeshere en ook ons Groot Geneesheer bedank. Ons het werklik weer die voorreg ervaar om kinders van ons hemelse Vader te wees. Ons groet ons lesers met goeie wense tot die volgende uitgawe in April.


4

Februarie 2020

De Wildt Nuus

INHOUDSOPGAWE Redaksiebrief 3 Lief en leed 4 De Wildt-herinneringe 5 Bekamp Pom-poms 6 Huldeblyke 7 Irritasies vir padgebruikers 8 DWBV nuus 9 Rate en wenke 10 Hoe ons medici en terapeute beleef 11 Wat sê die Skrif alles van my naaste (1) 12

Jongspan 13 Geloftefees 2019 14 Geloftefees 2019 16 Geloftefees 2019 17 VLU nuus 18 VLU nuus 19 Alternatiewe behandeling (13) 21 Landbousake (4) 22 Afrikanerisms 23 Belangrike datums 25

LIEF EN LEED

Ons meegevoel met diegene wat leed ervaar het. Beterskapwense aan diegene wat siek was of nog is. Dan is ons ook bly saam met diegene wat lief ondervind of beleef het. Ons wil dit net weer onder u aandag bring dat ons nie onder Lief en Leed nuus kan plaas as iemand dit nie onder ons aandag gebring het nie.

LEED Siek/ Hospitaal

Jan Meyer Tina Breedt Ina Cloete Sannie Lemmer Andrea en Els-Marie Wallace

Oorlede

Chris Els Eileen Els Herman van Wyk Marie Erasmus Gerrit de Wet

LIEF

• Anna-Marie en Hannes Kemp word weer oupa en ouma van ’n kleindogter • Pierre en Karin Jacobs word oupa en ouma, en Johan word pa van ‘n seun Dawid vd Merwe het sy huis in ’n brand in Hartbeespoort verloor.

ADVERTEER IN DE WILDT NUUS Voorblad in kleur Agterblad in kleur Volblad binne in kleur Volblad binne in swart en wit Halfblad binne in swart en wit Kwartblad binne in swart en wit Agste blad binne in swart en wit Klein in swart en wit

R1265.00 R1125.00 R 950.00 R 665.00 R 385.00 R 290.00 R 200.00 R 115.00

082 879 6969

Oom Joubert en tannie Drienie le Roux het op 19 Desember 2019 hul 66ste huweliksherdenking gevier.

Foto’s in De Wildt Nuus De Wildt Nuus ontvang bydraes uit die gemeenskap en ons is dankbaar daarvoor. Soms is die foto’s egter ongelukkig nie bruikbaar nie omdat dit byvoorbeeld uit fokus, of die beligting swak is. Ons wil graag alle foto’s plaas en het dit goedgedink om vir lesers ’n paar fotografieriglyne te gee. Hier is ’n paar wenke om beter foto’s neem sodat dit geskik is vir drukwerk: • Sorg dat die beskikbare ligbron (venster, deur, ens) van agter die fotograaf kom sodat dit op die onderwerp skyn. ’n Baie ou fotografietruuk is om na jou handpalm te kyk en dit rond te draai tot jy die helderste lig daarop kry. Dit sal die posisie wees waar jou onderwerp staan. • Probeer om nie in direkte sonlig te neem nie, en ook nie waar daar skadu en sonlig (soos onder ’n boom met min blare) gelyktydig is nie. Dit veroorsaak skaduwees op die persoon of onderwerp. Soek liewer vir ’n “soliede” skadugedeelte en gebruik die handpalmtegniek vir die helderste lig. Indien die lig te swak is gebruik die kamera/selfoon se flits, maar oppas vir te naby staan aangesien dit die persoon se gelaat kan “uitwas”. • Oppas vir besige agtergrond en dat ’n paal of boom nie op die foto bo die persoon se kop “uitgroei nie”. • Hou die kamera/selfoon stil! Neem liewer ’n paar foto’s en vergroot die foto op jou selfoon/kamera om seker te maak die onderwerp is in fokus. Oefen hierdie paar wenke en sien die verskil in jou foto’s.


Februarie 2020

5

De Wildt Nuus

DE WILDT-HERINNERINGE Ria Fourie

Ek het nou onlangs die De Wildt Nuus onder oë gekry en met die deurblaai het daar ‘n herinnering losgeruk wat ek graag met julle wil deel. De Wildt. Vroeë sewentigs. My oom Boet en tannie Babs Cronje het verhuis na De Wildt. Ons is genooi om ons vakansie daar te gaan deurbring. Ons was die tipiese middelklas en ons kon nooit see toe gaan vir vakansies nie. Hierdie was dus vir my en my kleinsus regtige vakansie! Ons sou vir twee volle weke gaan. Ons het in Brakpan groot geword. Ja, ek weet. Maar glo my vry, Brakpan was een van die Oos Rand se spogdorpe. My pa het nooit ‘n kar gehad nie. Ons reis na De Wildt het dus met ‘n treinrit begin. Ons moes met die twee groot tasse afstap Schapensruststasie toe en met die trein ry tot by Germiston-stasie. Daar moes ons oorklim op die Pretoria-trein. Die afwagting was groot! By Pretoria-stasie het my niggie Barbara en haar kêrel ons met ‘n Ford Cortina bakkie kom haal. Ma het voor saam met hulle gesit en ons twee dogters agterop saam met die twee tasse. Ons het baie ver gery. Die pad het later stiller geword en ons kon die berg sien. Reg onderkant die toring, het ons ingedraai. Ons was daar! Ek onthou die ooptes, met die berg agter die huis. Tannie Babs het Cronje’s Veldplant Kwekery gehad. Daar was rye en rye verskillende vetplante in kweekhuise. Daar was net soveel wat in die ooptes gestaan het. Sy het regoor die land vetplante versprei. Alles wat ons vandag sien wat so gewild is, het ek as jong dogter leer ken. En sy het elke plant se wetenskaplike naam geken. Ons het gehelp natlei. Ons het in die paadjies tussen die sakkies vol plante gespeel. Ons was bang om in die dam te swem want nie een van ons kon swem nie. Die eerste nag was vir my

‘n skrikwekkende ondervinding. Agt uur sou oom Boet die kragopwekker gaan afskakel. Teen daai tyd moes jy alles klaar gedoen gehad het. As daai ding afgaan, was dit pikswart donker. Ek was bang vir donkerte. Gelukkig was ons so besig deur die dag dat ons maar min wakker geword het snags. Sommige oggende het ons wakker geword met ‘n geweerskoot wat afgaan. Pure stadskind het ons die eerste keer sommer begin huil. Dit was ‘n vreesaanjaende klank! Dit was oom Boet wat ‘n skoot afgetrek het om die bobbejane uit die mielielande te jaag. Dit het ‘n gereelde instelling geword om vakansies soontoe te gaan. Barbara het die boekreeks “Die Skatkis” gehad en ek kon nooit wag om daarheen te gaan om daardie boeke te lees nie. Oom Boet het alles met ‘n ysterhand regeer en ek was maar baie bang vir hom. Die tafel was driekeer per dag ten volle gedek vir ete. En jy het geëet wat daar was. Saans het hy na ete op die stoel langs die radio gaan sit en dan het hy die nuus, die oordenking en die vervolgverhaal geluister. Hy is oorlede en tannie Babs het getrek. Barbara het die plek gekoop waar hulle lank gewoon het en Great Danes en Skotse Terriërs geteel het. Een Sondag in 2001 het ons ‘n familiebyeenkoms gehad op daardie wonderlike plek. Hulle was op pad Amerika toe. Ons het die plek gegroet, geweet ons sal nooit weer daarheen kan gaan nie. Elke keer as ek daar verby ry, wonder ek hoe dit nou daar lyk. Weet die inwoners van die rye en rye veldplante wat eens daar gekweek was. De Wildt het ‘n groot rol in my lewe gespeel. Ek kyk met ‘n lekker hart na die De Wildt Nuus. Dit is is een van my hartsplekke en sal dit altyd bly.

ADVERTEER IN DE WILDT NUUS Voorblad in kleur Agterblad in kleur Volblad binne in kleur Volblad binne in swart en wit Halfblad binne in swart en wit Kwartblad binne in swart en wit Agste blad binne in swart en wit Klein in swart en wit

R1265.00 R1125.00 R 950.00 R 665.00 R 385.00 R 290.00 R 200.00 R 115.00

082 879 6969

RAAM DIT Vir die raam van foto’s, sertifikate en kunswerke Faan 072 538 5678


6

Februarie 2020

De Wildt Nuus

Bekamp Pom-poms DWHM Dit is nou weer die blomtyd vir die Pom-pom-blomme. Dit is die pienkpers blomme wat soos ‘n poeierkwassie lyk en oral langs die pad en in die veld op eiendomme voorkom. Hierdie is ‘n kategorie 1 indringerplant wat beteken dat dit op land en in water deur ALLE grondgebruikers beheer moet word. Indien gevind word dat ‘n grondgebruiker nalaat om hierdie onkruid te bekamp kan ‘n boete van R10 000 en / of tot 4 jaar tronkstraf van toepassing wees. Dit is egter nie die hoofrede waarom ons dit moet bekamp nie. Hierdie onkruid bedreig in werklikheid ons almal se bestaan. Elke plant produseer ‘n geweldige groot hoeveelheid klein saadjies wat baie vinnig deur die wind versprei word. Indien dit nie gekeer word nie, is die hoeveelheid plante op ‘n gegewe stuk grond die volgende seisoen meer as verdubbel. Dit versprei egter ook met risome maw deur wortelsuiers. Een plant kan dus binne ‘n seisoen ‘n groot stuk veld besmet. Wanneer Pom-poms ‘n grasveld besmet, neem dit die veld baie vinnig oor en verloor die veld sy drakrag vir vee en vir wilde diere. So ’n stuk veld is dan later heeltemal waardeloos. Die hoeveelheid veld beskikbaar vir weiding raak dus al hoe minder wat voedselverskaffing belemmer en die verskeidenheid inheemse plante in so ’n gebied begin geleidelik verdwyn. As een grondgebruiker nalaat om die plante te bestry, ver-

oorsaak dit ‘n probleem op elke aangrensende eiendom sover as wat die wind die saad versprei. Hoe kan dit dus bekamp word? 1. Breek die blomme af, plaas in ‘n donker plastieksak en laat ‘n paar dae in warm son lê voordat dit verbrand word. Moet nie net weggooi op die komposhoop nie, aangesien dit slegs die saad verder versprei. 2. Verwyder die hele plant met wortel en al en verbrand. As ‘n gedeelte van die plant agterbly, loop dit weer uit met meer passie as voorheen. 3. Behandel met gif soos Ridder of Roud-up. Hierdie gif bevat glifosaat, ‘n middel wat die chlorofiel in die blare en plante vernietig en die plant gevolglik laat vrek. Dit bly egter nie in die grond agter om ander plante te benadeel nie. Wanneer gif gebruik word: Bespuit slegs die probleem plante en veral die blare van die plant. Doen dit vroeg op ‘n windlose oggend wanneer daar ook nie enige voorspellings vir reën is nie. Sodoende word omgewingskade voorkom en die plant neem die gif makliker op wanneer dit koeler is as wanneer dit warm is. Voeg ‘n kleurmiddel by die gif sodat jy weet waar reeds gif gespuit is. Dit is nou die tyd om die onkruid vas te vat en ons het almal se samewerking nodig om dit in ons gebied onder beheer te kry en dit ook so te hou.

DWHM STATISTIEK Veiligheid / Safety

Jan Feb Mrt Apr Mei Jun Jul Aug Sep Okt Nov Des Totaal

2013 38 35 48 57 47 60 45 54 14 26 26 8 458

2014 18 21 15 11 34 34 31 18 20 18 15 17 252

2015 18 37 35 29 23 16 26 29 31 23 39 34 340

2016 17 21 28 21 24 23 28 21 33 21 43 48 328

2017 19 23 21 18 22 25 17 15 17 27 32 20 256

2018 24 19 23 25 49 41 52 90 50 58 61 26 518

2019 40 49 54 75 111 101 97 82 50 74 62 51 846


Februarie 2020

7

De Wildt Nuus

HULDEBLYKE Manie Lemmer

CHRISTIAAN PHILIPPUS ELS 23.04.1931 † 10.12.2019

GERRIT ABRAHAM DE WET * 05.12.1931 † 04.01.2020

EILEEN LORRETTA ELS 28.05.1935 † 31.2.2019

Gerrit was jare lank deel van ons gemeenskap en het saam met sy eggenote wat hom vooruitgegaan het, oral hul kant gebring. Nou moet ons ook ’n laaste groet aan Gerrit bring en ons doen dit met leedwese. Hy het in talle van ons vorige uitgawes van ons blad artikels gelewer, waarvan ons seker ook sy ervaring as huurmotorbestuurder sal onthou en ook hulle reisbeskrywing toe hulle hul familie in Amerika besoek het, Gerrit was ook ’n kunstenaar in eie reg en hy het maklik feitlik enige taak aangedurf. Ons sal hom nie maklik vergeet nie en dit was interessant om in die begrafnisblaadjie die volgende aanhaling van Ellen Brenneman te lees: “Ðon’t think of me as gone away, My journey’s just begun. Life holds so many facets, This earth is but one.” Ons glo dat Gerrit se laaste reis na die ewige rus by ons hemelse Vader reeds die einde bereik het en dat daar nou vir hom slegs vreugde en blydskap in die hemel is. Langs hierdie weg bid ons as redaksie dat Gerrit se familie en ander vriende die troos van ons hemelse Vader sal ervaar en dat hulle herinneringe van hom altyd mooi en aangenaam sal bly.

Weer eens moes ons afskeid neem van ou vriende wat lank in ons gebied gewoon en die gemeenskap gedien het. Eers het Chris, die versorger van die ander, Eileen wat oënskynlik die siekste van die twee was, ons deur die dood ontval en drie weke later Eileen. Ek weet nie of ons hulle almal geken het en onthou nie, maar ek en hulle het ’n lang pad saam geloop, toe Chris medestigter en direkteur van ons inwonersmaatskappy (DWHM) in 2000 geword het en sy paaie met ons s’n gekruis het, en selfs nog voor 2000 toe hy ook by die stigting van die Krokodilrivier Helpmekaarvereniging betrokke was. Eileen was die stille steunpilaar tuis en ook betrokke by voedselvoorsiening aan behoeftiges as ek dit reg onhou. Ek wonder ook of ons ander inwoners geweet het dat Chris in sy jonger dae lid van die Natalse/Durbanse Mannekoor was. Ek sal Chris onthou as ’n steunpilaar in ons verenigings. Waar hy kon help, was hy altyd beskikbaar. Langs hierdie weg bring ons ’n laaste groet aan hierdie twee vriende en bid graag vir hul familielede en ander vriende die vertroosting van ons hemelse Vader toe.

Dienste en herstelwerk van motors en bakkies

Gawie Rossouw 079 196 5445 Hoewe 1, Patryshoek, Akasia ggmotors89@gmail.com Besigheidsure: Ma-Vry 07:00-17:00


8

De Wildt Nuus

Februarie 2020

Irritasies vir padgebruikers

Op pad R513 en die Silkaatsnek-pad na Brits Manie Lemmer Soos elders in ons blad vermeld, het ons aan die begin van Febru- se kanse om te bly lewe as hulle op pad is na die hospitaal of gearie 2020 na Sandstone Sorgsentrum naby Brits en slegs ongeveer neeshere in Brits. Paramedici sal u kan vertel hoe kosbaar elke een kilometer af van die Silkaatsnek-pad na Brits verhuis en dit is minuut is wanneer dringende mediese sorg benodig word, juis hierdie skuif wat ondergemelde irritasies bykans tot ’n snel- Vir die soveelste keer my versoek (eintlik moet ek sê “demand”, soos sommige betogers dikwels hulle sin kry) aan alle groeiende padwoede kan laat lei. Die eerste irritasie is die R513-pad wat my van my vorige woon- moontlike owerhede wat met die twee paaie te doen het: plek te Wildebeesthoek na ons nuwe woonplek lei. Hierdie pad 1. Verbied alle swaar vragmotors met hulle sleepwaens op die is reeds jare in gedrang agv die smal wydte wat nie tred gehou smal tweebaan R513-pad wat nie breed genoeg is om die gewone het met die al hoe erger wordende verkeer op die pad nie en motoris met sy motor teen die swaar kolosse te beskerm nie nou het die ergste gekom: die swaar vragmotors met lang sleep- 2. Stel vir seker die eerste keer in die geskiedenis van hierdie pad waens waarvan die wydte sodanig is dat hulle nie in ’n eie baan ook snelstrikke en kry die oortreders van die pad af. kan hou nie en hulle dus male sonder tal die verdelende padstreep 3. Verander die T-aansluiting van die R513-pad met die Sillaat oorskry. Ek reis daagliks op hierdie pad en die swaar vrag- kaatsnek-pad na ’n drierigtingstop-pad of maak daar ’n klein sirkel motors maak dit vir enige gewone motoris uiters gevaarlik, want wat motoriste een-een die geleentheid gee om die Silkaatsnek-pad menige keer moet ek selfs tot oor die padskouer uitswaai om nie binne te ry sonder om te vrees om doodgery (of eerder doodgeraaakgestamp te word nie. Ek kan hulle nie anders beskryf nie as jaag) te word deur die vaartbehepte gebruikers van die Silkaatsnek-pad, of rig ’n verkeerslig daar op, indien die beurtkragdenkers potensiële oorsake van mense se dood. Om nie te praat van die spoed waarmee hierdie vragmotors van ESKOM wel die krag het om aan sodanige ligte te verskaf. ry nie. Bring maar die spoedlokvalle na hierdie pad en oortuig Hierdie pleidooi word nie nou die eerse keer gerig nie, maar hierjouself as jy my nie glo nie. Dieselfde spoedaantygings tov hier- die keer doen ek dit met meer erns omdat ek elke dag met onnodige angs hierdie twee paaie binnery. die swaar vragmotors geld ook vir die Silkaatsnek-pad na Brits. Dit bring my by my tweede irritasie; ek moet daagliks by die AS IEMAND KAN HELP OF HELP VEG OM HIERDIE SAAK T-aansluiting van die R513-pad en die Silkaatsnek-pad soms tot REG TE STEL, VERNEEM EK GRAAG VAN ALMAL SODAT 10 minute sit en wag om vanuit die R513-pad die Silkaatsnek-pad ONS UITEINDELIK KAN REëL VIR ’N PETISIE OM DIE HARDbinne te ry en dit vertraag of verhinder siek of beseerde mense HORENDE OWERHEDE TOT AKSIE TE DWING!!


Februarie 2020

De Wildt Nuus

9

Balfour Boere-unie hou HOOIDAG Balfour Boere-unie, deel van TLU SA sentraalstreek het op 16 Januarie 2020 hulle tiende HOOIDAG aangebied op die plaas van meneer Piet Kriek en seuns in Balfour-distrik. Wannie Scribante, Sentraalstreekvoorsitter, het dit ook bygewoon en hy sê dat dit ‘n baie suksesvolle dag was, die beste ooit die afgelope 10 jaar. Byna 1100 persone het dit bygewoon. Toegang was R 100.00 per persoon wat ‘n spitbraai- ete ingesluit het. Twintig skape is vir die geleentheid op die spit gebraai. Demonstrasies is gehou vir die groot boer, middelslag boer en klein boer deur verskillende verskaffers van hooimaaktoerusting, wat die sny, deurligting, hark, baal , laai en vervoer van hooi asook die maak van kuilvoer ingesluit het. Die nuutste trekker in die John Deere-reeks is vir die eerste keer in Suid- Afrika daar bekendgestel. TLU SA het ‘n stalletjie daar gehad en was beman deur Lynette du Plessis, sentraalstreekbestuurder. Mooi so Balfour Boere-unie.

Wannie Scribante (sentraalstreek voorsitter), Bennie van Zyl (hoofbestuurder TLU SA), Jolanie (administratiewe personeellid), Lynette du Plessis (sentraal Streekbestuurder)

LWO werkgewersorganisasie Openbare vakansiedae en wernemers – hoe nou? Die produktiwiteit en finansiële sukses van enige werkgewer se besigheid is afhanklik van verskeie faktore, waaronder werknemers se teenwoordigheid en effektiewe dienslewering in die werksplek ‘n kritiese deel uitmaak. Openbare vakansiedae kan ‘n groot impak op werkgewers hê in gevalle waar werknemers benodig word om besigheidsaktiwiteite voort te sit. Openbare vakansiedae word gereguleer deur die Wet op Openbare Vakansiedae (WOV), terwyl die betaling aan werknemers vir werk gedoen word deur arbeidswetgewing – die Wet op Basiese Diensvoorwaardes (WBDV), ‘n Sektorale Vasstelling of Bedingingsraad se Kollektiewe ooreenkoms, welke ook al van toepassing is op die werkgewer se spesifieke industrie. ‘n Werkgewer is daarop geregtig om sy werknemer te versoek om op ‘n openbare vakansiedag te werk, maar sodanige reëling moet vervat word in die werknemer se dienskontrak aangesien die WBDV nie ‘n verpligting plaas op die werknemer om te werk nie. Hoe werk vergoeding vir dienslewering op ‘n openbare vakansiedag? Suid-Afrika het 12 amptelike openbare vakansiedae. Die WOV bepaal egter dat indien ‘n openbare vakansiedag op ‘n Sondag val, die daaropvolgende Maandag ook sal kwalifiseer as ‘n openbare vakansiedag. Werkgewers moet in gedagte hou dat die berekening van vergoeding met betrekking tot enige openbare vakansiedag dieselfde hanteer moet word, ongeag of die openbare vakansiedag op ‘n Sondag val. Die berekening van vergoeding wat betaalbaar is met openbare vakansiedae kan egter verwarrend wees. Daar is twee scenarios van toepassing:

Scenario 1: Die openbare vakansiedag val op ‘n dag wat die werknemer normaalweg sou werk: • Betaling indien daar van die werknemer verwag word om wel op hierdie dag te werk: dubbel die werknemer se daaglikse loon (ongeag hoeveel ure gewerk word). • Betaling indien daar nie van die werknemer verwag word om op hierdie dag te werk nie: die werknemer se normale daaglikse loon. Scenario 2: Die openbare vakansiedag val op ‘n dag wat die werknemer nie normaalweg sou werk nie: • Betaling indien daar van die werknemer verwag word om wel op hierdie dag te werk: die werknemer se daaglikse loon plus die werknemer se uurlikse tarief vir ure gewerk (neem kennis dat die werknemer ten minste vir ‘n minimum van 4 ure betaal moet word, selfs indien die werknemer vir minder as 4 ure gewerk het). • Betaling indien daar nie van die werknemer verwag word om op hierdie dag te werk nie: geen betaling. Redelike kennisgewing en uitruiling van openbare vakansiedae: Die werkgewer moet werknemers redelike kennis gee indien daar van werknemers verwag gaan word om op ‘n openbare vakansiedag te werk. In terme van die WOV kan ‘n openbare vakansiedag uitgeruil word met ‘n ander dag, maar slegs waar daar met die werknemer ‘n skriftelike reëling getref is vir hierdie uitruiling. Waar ‘n openbare vakansiedag uitgeruil is sal die werknemer slegs dan die normale dagtarief ontvang vir albei dae. Kontak die LWO by 086 110 1828 of info@lwo.co.za om seker te maak werknemers ontvang die korrekte loon wat in lyn is met arbeidswetgewing.


10

De Wildt Nuus

Die legendariese aanbieder van ’n destydse gewilde Springbok Radio-program het in 1989 die boek Boererate - ’n keur van die tradisionele advies wat luisteraars oor die jare vir Smuts se radioprogram ingestuur het - gepubliseer. Die boek is vandag ’n versamelstuk. Hier is ’n paar van die vreemdsoortige en dikwels skreeusnaakse wenke wat deur luisteraars ingestuur is: Fiks (om fiks en gesond te bly): Drink elke derde môre 7 druppels Jeyes Fluid op suiker, en koffie agterna. – Issie van der Schyff van Roossenekal. Wingerdgriep: As ‘n mens gaan partytjie hou, drink gerus ‘n liter melk voor jy gaan. Die ou voggies sal dan nie maklik sy nare uitwerking hê nie. Of eet ‘n blik sardyntjies op. Dit neutraliseer die alkohol in die drank en jy voel nie so sleg nie. – Charmaine de Bruyn van Newcastle. Waterprobleme: Gaan na die slagpale. As dit ‘n vrou is, kry ‘n varkbeer se blaas en as dit ‘n man is, ‘n varksog se blaas. Was die blaas mooi skoon. U eerste urine van die oggend gooi u in die blaas. U kan gebruik maak van ‘n tregter om dit in die blaas te gooi. Bind dit baie goed toe met ‘n toutjie; dit moet nie kan lek nie. Gee dit aan iemand by u in die huis om dit vir u te gaan begrawe, maar u mag nie weet waar hy dit in die erf of waar ook al begrawe het nie. Die dag wanneer die blaas vrot en die water uitkom, sal u in die toilet boer en dit is die einde van u waterprobleme. – Onbekend. Oorpyn: Soek ‘n klein krappie in die rivier. Druk die krap dan

Februarie 2020

dood. Braai die krappie in 1 bottel soetolie uit. Sif deur ’n doekie. Gebruik wanneer nodig. – Welmarie du Preez van Dordrecht. Rumatiek: Jy neem ou transformatorolie en vryf dit goed in elke aand voordat jy gaan slaap. Dit moet spesifiek ou olie wees, omrede die ou olie elektrisiteit bevat. Die transformators word gewoonlik na ‘n sekere tyd vervang met nuwe olie. So die mense kan maar ‘n vriend vra wat by ESKOM werksaam is om ‘n bietjie ou olie te bekom. Al die dorpe het gewoonlik ‘n ESKOM-substasie. Ek wil net noem dat dit ‘n baie skoon olie is en mense hoef nie bang te wees vir hulle beddegoed nie. Hierdie raat kan ek waarborg. – Neels Joubert van Secunda. Asma: 1 zol dagga, ½ bottel jenewer. Neem ‘n groot lepelvol soggens en saans. – Aletta Knoetze, ingestuur deur Iris Harrison-Sagar van Port Elizabeth. Beroerte: 1 groot lepel tiemie, 1 groot lepel wynruit, 1 groot lepel dagga, 1 botteltjie balsem-vita, 1 klein stukkie duiwelsdrek. Kook die kruie in 1½ bottels water tot sterk getrek. Laat afkoel. Gooi in ‘n bottel. Gooi nou die balsem-vita in en ook die duiwelsdrek. Laat staan een dag. Drink ‘n kelkie elke môre. Dit hou ook bloeddruk konstant. – A.S. van Staden van Kensington, Johannesburg. Swanger (dié raat is vir iemand wat nie kan swanger raak nie): 1 bottel ou portwyn, 1 botteltjie bruindulsies, 1 botteltjie wonderkroonessens, 1 botteltjie versterkdruppels, 1 botteltjie fosfirien. Gooi al die botteltjies in die portwyn. Neem 3 maal ‘n dag ‘n halwe kelkievol. Die persoon het nog nie eers die bottel klaar gedrink nie, toe was sy swanger. – D Scharneck van Petit.


Februarie 2020

De Wildt Nuus

11

HOE ONS ONS MEDICI EN TERAPEUTE BELEEF Manie Lemmer Die afgelope paar maande het ons ’n fase in ons lewe beleef waar ons meer afhanklik van ons geneeshere, terapeute en homeopatiese en kruiepraktisyns geword het, seker ook maar deel van ons jare van die ouderdom wat ons egter ook sien as genadetyd wat ons hemelse Vader ons laat beleef. Ons ervaar telkens die vriendelikheid, deernis en bedagsaamheid van die meeste van ons geneeshere en terapeute en wil hulle graag by name noem, dr Francois Scholtz, ons huisarts, dr A Coccia Portugal, onkoloog, dr A Carstens, radioloog, prof HP Meyer, pynspesialis, dr RP Allden, oorspesialis, drs P van der Spuy en J Pauw, oogspesialiste, dr J Nel, internis, dr P Nel Sr, chirurg, dr R Spies, gastroënteroloog, drs R Kusche, GE Pieterson en R Hayden, uroloë, drs C Guldenpfennig en S Pillay, neuroloë, dr LF Wentzel, dermatoloog, dr V van Zyl, tandarts, dr A Dos Ramos-Richter, homeopaat, dr H Potgieter, pastorale berader en kruiedokter, dr S Nana, chiropraktisyn, H van der Walt, I Chelin en R Barnard, terapeute. Sommige van hulle het ons die afgelope maande eers ontmoet, maar ons kan werklik getuig dat dit ’n voorreg is om deur hierdie mense behandel te word. Die paar geneeshere wat ek en Sannie eers sedert September 2019 leer ken het, is by die Kloof Medikliniek werksaam, waar Sannie twee

operasies saam met behandeling ontvang het, Sy het eerstens van erge buikpyn in ’n breukoperasie ontslae geraak en pas weer van kroniese naarheid in ’n galblaasoperasie. Ons het puik en professionele diens van hierdie geneeshere ontvang en hulle skenk aandag wanneer ons kommer het. Hulle kom ook nooit te haastig voor om ’n paar woorde met ons te wissel nie. So ook al die ander gemelde persone wat ons altoos met begrip ontvang en bereid is om na die beste van hul vermoë te help. ’n Mens kry altyd die gevoel en waarneming by hulle dat jy nie maar net ’n nommer is nie, maar werklik ook ’n mens en dit waardeer ons van al hierdie mense wat ons ook graag as ons vriende sien. Ons ander mense vergeet soms dat al hierdie mense ook gesinne het en nog gewone lewens moet lei en dan ook nog lang ure per dag of nag moet werk . Ek wil graag langs hierdie weg dank aan hulle oordra; ons waardeer hulle opreg en wens hulle sterkte met die gewaardeerde werk toe. Ons glo dat hierdie groep mense beslis instrumente in die hand van ons hemelse Vader is om mense te help en bid ook daagliks dat hulle steeds krag sal ontvang om die goeie werk voort te sit.

QUALITY COMPOST

@ R 440.00 PER m³ OR IN 30dm³ BAGS @ R 22.00 PER BAG VISIT OUR WEBSITE AT www.floraRsa.co.za

OR PHONE US 012 504 2158 / 079 896 0032


12

De Wildt Nuus

Februarie 2020

Wat sê die Skrif alles van my naaste? (1) Manie en Sannie Lemmer

Lees Lukas 10: 25 - 37 Weet ons wie ons naaste is? Voorbeeld van die barmhartige Samaritaan Lesers sal onthou hoe ons in ons blad tevore oor gelykenisse besin het. Vanjaar gaan ons kyk wat die Skrif ons oor ons naaste of medemens vertel en ook vereistes in hierdie verband stel. Ons begin by die Wet of Tien Gebooie. Daarin word heelwat klem op ons medemens gelê en in bogemelde gedeelte uit Lukas lees ons die opsomming soos deur die wetskenner as antwoord op Christus se vraag wat in Moses se wet staan. Daarin soos ook in Mattheus 22 sien ons hier die samevatting van die Wet se twee tafels, nl hoe ons God moet liefhê en daarmee saam om jou naaste lief te hê soos jouself. Daar is sekerlik weinig mense wat hulleself haat of as minderwaardig beskou en daarom is dit vir mense baie duidelik wat hiermee bedoel word. Doen aan jou naaste wat jy vir jouself sou doen en moenie aan jou naaste doen wat jy nie aan jouself sal doen nie. Ons moet egter weet presies wie ons naaste is en dit het Christus in die gelese gedeelte in die vorm van ’n gelykenis uiteengesit. Kortom kan ons sê ons naaste is diegene wat op ons pad kom. Nie een van die persone wat ’n draai om die beseerde

man geloop het en hom vermy het, het hom sekerlik geken nie, maar duidelik het hulle nie geweet wat die Skrif as hulle naaste beskou nie. Ook die Samaritaan wat nou nie juis as die Israeliete se vriend beskou kon word nie, want die Samaritane is deur hulle vermy as synde nie mense met wie jy jouself moes meng nie; hierdie man neem die beseerde na ’n herberg en betaal selfs vir sy verdere versorging nadat hy self verder moes gaan. Hierdie verhaal toon duidelik aan ons dat dit nie net jou eie familie of vriende is wat jou naaste is nie, maar wel diegene wat moontlik in een of ander noodsituasie op jou pad mag kom. Ons moet dit altoos in gedagte hou, want dit is een van die voorskrifte volgens die Wet wat ons moet uitvoer. Hoeveel keer het jy dalk ook uitgedraai of verby gehou om hulp van jou kant te vermy? In hierdie ses kort oordenkinge van vanjaar gaan ons poog om oral in die Woord verskillende optredes teenoor en die hantering van ons naaste na te gaan. Gaan kyk gerus waar hierdie voorskrifte en optredes in die Woord beskryf word en toets maar jou eie gesindheid en optrede tov jou naaste waar jy dalk selfs soms onbewus nie die Woord se voorskrifte nagekom het nie.


Februarie 2020

13

De Wildt Nuus

Jongspan

Rachelle Rossouw

Hierdie jaar het afgeskop met ‘n vaart. Die Jongspan is seker ook besig met talle aktiwiteite en/of met die atletiekseisoen. Wel, terwyl ons wag dat almal se penne opwarm vir hierdie jaar het die redaksiespan dit goed gedink om hierdie stukkie uit “Ontdek Lugvaart” deur Dina Kotze te plaas; juis omdat hierdie jaar so vinnig aan die ‘vlieg’ is – ons is al verby Februarie, die maand van liefde. So terloops, indien jy vir jou liefie ‘n gedig of ‘n mooi stukkie skryf, stuur dit gerus vir ons om in die volgende uitgawe te plaas.

Die eerste kragaangedrewe vlug: Die broers Wright Uit “Ontdek Lugvaart” deur Dina Knoetze 17 Desember 1903 … Op die ysige, koue wintermôre was sewe mense byeen op ‘n verlate strand naby die klein dorpie Kitty Hawk in Noord-Carolina, VSA. Vyf was nuuskierige toeskouers. Die ander was twee broers, die jong Wilbur en Orville Wright. Hulle wou hul nuwe vliegmasjien uittoets. Die broers het ure en ure bestee ter voorbereiding van hierdie oomblik. Hulle het eers begin om sweeftuie te bou en so heelwat omtrent die beginsels van vlug te wete gekom. Toe het hulle hul eie masjien gebou en dit ingebou in ‘n nuwe vliegmasjien wat hulle Flyer genoem het. Sou Flyer sy naam gestand kon doen? Daar is al voorheen pogings aangewend om ‘n kragaangedrewe masjien in die lug te laat opstyg maar dit wou nog nooit slaag nie. Die masjien het begin opwarm. Orville Wright het op die vliegmasjien geklim en plat op sy maag gaan lê. Die klompie toeskouers het asem opgehou toe die skroewe begin draai. Flyer het lomp-lomp vorentoe begin beweeg, eers stadig en toe vinniger en vinniger. Opeens het die vlerke gelig! Flyer was in die lug! Twaalf asemrowende sekondes lank het die vliegmasjien in die lug gebly en toe het dit op die sand neergestryk. Later die dag het Flyer daarin geslaag om ‘n afstand van 300 meter af te lê. Al was dit maar ‘n kort afstand, het Flyer sowaar gevlieg en dit op eie krag! Sou daardie vyf toeskouers die dag besef het dat hulle ooggetuies was van een van die grootste oomblikke in die geskiedenis van lugvaart? Uit hierdie eerste kragaangedrewe vlug van die Wright-broers toe ‘n vliegtuig in die lug op is met motorkrag en nie met behulp van gas of warm lug nie - is die moderne lugvaart gebore. Groot oomblikke in die vroeë geskiedenis van lugvaart Die Wright-broers het bewys dat kragaangedrewe vlugte moont-

lik is. Beter vliegtuie is voortdurend ontwerp en gebou. Talle dapper en onverskrokke manne – selfs vroue – het begin vlieg. In daardie eerste opwindende jare van lugvaart is die mensdom se verbeelding aangegryp deur die prestasies van hierdie pioniers. 1903 Die Amerikaanse broers Wright behaal die eerste geslaagde kragvlug by Kitty Hawk 1909 Die Fransman, Louis Blériot, is die eerste mens om oor die Engelse Kanaal te vlieg (Tyd: 37 minute) 1920 Kolonel Van Ryneveld en majoor Brandt van S uid-Afrika onderneem die eerste vlug vanaf Londen na Suid-Afrika. Stort twee keer neer en kom land in hulle derde vliegtuig – Voortrekker. 1927 Charles Lindbergh van Amerika onderneem die eerste alleenvlug oor die Atlantiese Oseaan van New York na Parys in sy vliegtuig The Spirit of St. Louis (Tyd: 33 ½ uur) 1930 Amy Johnson van Brittanje, beroemde vroue-vlieënier, vlieg alleen van Engeland na Australië.


14

De Wildt Nuus

GELOFTEFEES 2019

Februarie 2020 Artikel op bladsy 16

Die Geloftefeesbestuur benodig donasies vir verskeie projekte by die Jopie Fourie-terrein, onder andere ’n klankstelsel, herstelwerk aan de skutmuurtjies by die saal en ingang, ’n eie boorgat en toerusting daarvoor. Donasies kan by die volgende bankrekeningnommer inbetaal word en ondersteuning sal waardeer word: ABSA spaarrekening 9235498972, verwysing: Geloftefees. Die penningmeesteres is Marie Coetzer met sakfoonnr 079 705 1786.


Februarie 2020

De Wildt Nuus

15


16

De Wildt Nuus

Februarie 2020

GELOFTEFEES 2019 Manie Lemmer

Die 56ste Geloftefees is weer op 16 Desember 2019 by die Jopie Fourie-terrein gehou en ten minste 180 feesgangers was teenwoordig om die verrigtinge te geniet en weer op hierdie wyse die gelofte van ons voorsate te herdenk en om die Here te dank vir daardie oorwinning van 1838 en die voorreg om as die nasate van die Trekkers van Bloedrivier ons God te eer. Die verrigtinge het met ’n vlaghysingseremonie onder leiding van Peet Dorfling met ’n paar lede van die Hartland-perdekommando begin en daarna het ’n demonstrasie van ’n voorlaaier deur Werner Theron en Gawie Rossouw Jr gevolg nadat ons eie weergawe van die Trekkers se kanon skote afgevuur het. Daarna is die verrigtinge amptelik deur die voorsitter, Gawie Rossouw, geopen en hy het die feesgangers verwelkom. Onder leiding van orrelis Eddie Davey is volksliedere saam gesing en daarna het die geleentheidspreker, prof Daan Goosen van die FAK aan die woord gekom. Om ons lesers te laat deel in sy boodskap, het ons bestuursekretaresse, Rachelle Rossouw, die volgende kort samevatting van sy rede, die Vryheidstrewe van die Afrikaner, die betekenis van die Groot Trek, geskryf. 2019 is presies 181 jaar gelede wat die Voortrekker-kommando onder leiding van Genl. Andries Pretorius by Bloedrivier die groot Zoeloe-mag van Dingaan verslaan het. Wat was die gevolge van dié oorwinning? Hier volg enkele: Eerstens, sonder die oorwinning by Bloedrivier sou die fisiese voortbestaan van Afrikaners in die noorde van die land bykans onmoontlik gewees het. Tweedens, vanweë Bloedrivier en die sukses wat die Groot Trek as gevolg daarvan was, het ons as Afrikaners eers regtig ’n volk geword. Derdens, vanweë die slag van Bloedrivier is Afrikaners in staat gestel om in die onmiddellike jare daarna een van die mees uitsonderlike dinge te doen waartoe ons as moderne Westerlinge in staat is. Vierdens, sonder genoemde dinge sou die historiese tafel ook nie gedek gewees het waarop die noordelike republikeine in die daaropvolgende dekades hulle twee roemryke vryheidsoorloë teen Groot Brittanje gevoer het nie. Vyfdens, sonder Bloedrivier sou die historiese omstandighede ook nie geskep gewees het waarbinne Afrikaners in die daaropvolgende 20ste eeu die voortreflikste staat, ekonomie, landbou, onderwys, universiteitswese, navorsingsentra, regswese, letterkunde, kunste, musiek, mediese sorg, mynwese, tegniese ontwikkeling, plaaslike owerhede asook die voortreflikste militêre mag in die moderne geskiedenis van Afrika tot stand gebring het nie. Dit bring my by ’n laaste en belangrike gevolg. Dit hou verband met dié goue lyn in ons geskiedenis. Reeds vóór die Groot Trek was dit onder ons voorouers sigbaar. Maar met Bloedrivier en die gebeure wat daarop gevolg het, het dit in helder goud

onder ons mense uitgeslaan. Ons verwys na die idee van vryheid, die dieper motief in ons geskiedenis. Ons voorouers het egter ‘n ander opvatting van vryheid gehuldig. Vir hulle het vryheid eerder na ‘n toestand verwys waarin ons as volk in die verskillende terreine van die lewe tot ons reg kan kom – dit wil sê in terreine soos die militêre, die politieke, die ekonomiese, die opvoedkunde, die universiteitswese, die landbou, die regswêreld, veiligheid, ens. Vry is diegene wat die goeie in elkeen van hierdie terreine kan najaag en hulself so as mense kan verwesenlik. Soos die Voortrekkers tydens hulle donker dekades vóór die Groot Trek word ook ons as Afrikaners vandag uitgedaag om op die uitdaginge van ons eie tyd te antwoord. Dit is uitdagings wat in menige opsig ooreenstem met dié waarvoor die Voortrekkers destyds te staan gekom het. Ons, die nasate van die dapper Voortrekkers, beskik vandag nog oor dieselfde uitsonderlike deugde as waaroor hulle beskik het. Soos ons voorouers beskik ons ook vandag steeds oor uitsonderlike verstandelike vermoëns, oor ’n skeppende verbeelding en oor enorme daadkrag. Daarna het die Geloftediens deur ds Johan Schütte, direkteur van Administrasie van die Afrikaanse Protestantse Kerk, met die tema God bring redding van nuttelose godsdienstigheid gevolg en Rachelle het die volgende kort samevatting gedoen: God bring redding van nuttelose godsdienstigheid! Jesaja 1: 1-20 In hierdie eerste hoofstuk kom skets Jesaja vir ons ’n prentjie van die omstandighede waarbinne hy moes preek. En met die eerste oogopslag, as mens kyk na alles waarmee hulle besig is, lyk dit asof dit baie goed gaan met die kerk. Maar inderwaarheid word ’n nasionale en veral godsdienstige tragedie aan ons geskets. Want dit wat jy eerste sien, was nie die werklike stand van sake nie. Die mooi prentjie is toe al die tyd maar net ’n vroom godsdienstige masker. Die uiterlik vooruitstrewende kerk was binne besig om in dui te stort. Dit herinner mens aan ons Here Jesus se optrede teen die Fariseërs en die Skrifgeleerdes van sy tyd, toe Hy hulle witgepleisterde grafte genoem het. Dit bly maar net merkwaardig dat ons Here Jesus sy hardste woorde, teregwysings en veroordeling rig tot die godsdienstige leiers van sy tyd. Uiterlik het hulle alles in plek. Hulle het Bybelse aanbidding, maar God nie in hulle harte nie. Die Heilige Gees het hulle nie aangevuur nie. Die hoop op die komende Messias het hulle nie opgewek nie. Hulle hou van godsdienstigheid, maar hulle wil nie met die sonde breek nie. Hulle sonde was oop en bloot. Dit was nie een of ander geheime sonde nie. Dit het baie prakties in hulle lewens na vore gekom. Dit bring ons uiteindelik by God se oplossing vir hartelose aanbidding.


Februarie 2020

De Wildt Nuus

17

Geloftefees 2019 - vervolg Dit is merkwaardig om tot by vers 16 te lees en dan sê God nie dat Hy klaar is met Israel nie. Dit is die enigste oplossing. Ons moet na God toe gaan en Hom smeek om ons te reinig in die bloed van ons Here Jesus Christus. Dit is waarvan die hele offerstelsel in die Ou Testament getuig het, maar Israel het so na die letter van die Wet gekyk, dat hulle Christus in dit alles gemis het. Ten spyte van al die offers wat hulle so getrou gebring het, het hulle vergeet dat hulle vuil is en net God hulle reinig. Hulle het vergeet dat hulle ’n Verlosser nodig het. Dat hulle sonde aan ’n Ander oorgedra moet word. Geliefdes, hou op om jouself en God moeg te maak met nuttelose godsdienstigheid. Ons voorouers het in geloof op die Here se uitnodiging reageer en van harte hulle toevlug tot Hom geneem. Wil jy nie vandag dieselfde doen nie? Na die Geloftediens het Manie Lemmer die Bloedriviergelofte voorgelees en daarna Gawie Rossouw Jr die Van Riebeeck-gebed. Die naamlys van inwoners wat sedert die vorige fees in 2018 ons deur die dood ontval het, is deur Manie Lemmer voorgelees. Die volgende Bestuur is vir 2020 olv ds Schutte verkies: Gawie Rossouw (voorsitter) Marie Coetzer (penningmeesteres) Rachelle Rossouw (sekretaresse) Manie Lemmer (hulp-sekretaris) Jan Lemmer Werner Theron Memory Scheepers Evert Scheepers Simeon Scheepers Gawie Rossouw (jnr) Coen Labuschagne Willie Coetzer Eddie Davey Andrew Wallace Alrita Strydom Lesers kan ook op bl 14 foto’s van die verrigtinge bekyk en moenie vergeet om hierdie bestuur met ondersteuning en donasies vir verbetering van ons geriewe by die terrein behulpsaam te wees nie.


18

Februarie 2020

De Wildt Nuus

VLU De Wildt-tak sluit af op ’n vrolike noot Georgie Louw het hierdie jaar ons afsluitingsvergadering op 26 November, by haar op die plaas gehou. Sy het die tak so bederf deur ‘n sanger Chris Coetzer te reël om Kersfees saam met ons te kom vier. Elke lid het ’n R30-geskenkie gebring wat uitgeruil is. Ons gaste was die WBPV se president mev Magdie de Kok, Jakaranda streeksvoorsitter Lida van Niekerk, vise-streeksvoorsitter Heléne Richter en voormalige, streeksvoorsitster Barbara Nell en Tina Ainsley van die Overvaal Nuus se redaksie. Mev Magdie de Kock vertel ons meer van die Wêreldbond van Plattelandse Vroue. Georgie oorhandig aan haar van haar persoonlike versameling teedoeke van die WBPV wat sy deur die jare bymekaar gemaak het. Die tak hou ’n silwermuntlegging ten bate van die WBPV. Wat ‘n wonderlike oggend was vir ons gereël. Georgie het almal baie bederf met lekker drinkgoed, eetgoed en nagereg.

Mev. Magdie de Kock en Georgie Louw

Mev Magdie de Kock

Muntlegging


Februarie 2020

De Wildt Nuus

19

VLU De Wildt-tak besoek Phyllis Robertson-tehuis Op 3 Desember 2019 kuier ons 6 van ons lede by Phyllis Robertson-tehuis en skenk 59 klein bordjies, 48 koppies en pierings asook ’n paar sakke met gordyne en linne aan hulle. Die tak oorhandig ook aan elk van die 58 inwoners ’n geskenkpakkie waarin toiletbenodigdhede, ’n klein geskenkie en koekies verpak is. Van die lede het Sjokoladekoek, melktert, koeksisters en malvalekkers gebring wat ons saam met hulle geniet het tydens hulle teetyd Van links agter: Leana van der Walt, Jady Hewitt die bestuurder, die huismoeder van Phyllis Robertson-tehuis, Carlien Retief, Mary Ann du Preez. Voor is Georgie Louw, Patricia van Niekerk en Trysie Coetzee.

Trysie Coetzee, Patricia van Niekerk en Carlien Retief

Georgie Louw het ’n skootkombersie oorhandig.

VLU OVERVAAL se boekjaar verander

Vanjaar lyk ons boekjaar anders as in die verlede. Dit begin 1 Januarie 2020 en eindig 31 Desember 2020. Ons sien baie uit na die nuwe jaar. Die tema is: Droom, Glo en Bou. Die studierigting wat uitgelig gaan word is : Vandag se Vrou en ons gaan ons toespits op TEGNOLOGIE. Die skrywers van die jaar is Afrikaans : Christel Loots en Engels: Breyten Breytenbach. Die kunstenaar van die jaar is Elizabeth

Kendall ’n VLU lid van Pretoria-streek. Die bome van die jaar is die Kremetart en Ekebergia Capensis (Cape Asch). Die voël van die jaar is die Bromvoël . Omgeeprojek is Onderklere en kouse vir seuns en dogters tussen 10 en 15 jaar. VLU DE WILDT-TAK vergader op Dinsdag 11 Februarie, 17 Maart en 21 April om 09:00 by NG Kerk Wonderpark Berglaan in Amandasig. Nuwe lede is baie welkom.


20

De Wildt Nuus

R1 000 R1 900 R2 900

Februarie 2020


Februarie 2020

21

De Wildt Nuus

Alternatiewe behandeling (13) VERGIFTIGING

Dr Marius Potgieter (Kruiedokter en pastorale berader) Alhoewel die menslike liggaam wonderlik geskape is om gifstowwe uit te dryf, word die gifstowwe in die huidige tydvak onhanteerbaar vermenigvuldig; die liggaam kan meestal nie meer vergiftiging behartig nie – dit kan tot allerlei siektetoestande, selfs kanker, lei. Twee redes waarom dit vererger word: • Die akkumulatiewe effek van al die klein bietjies toksiese elemente wat ons inkry – oor jare word dit ‘n ondraaglike las vir die lewer, die niere en al die organe wat geraak word. • Die sinergistiese effek – verskillende gifstowwe wat met mekaar kombineer, kan selfs duisend maal sterker as die oorspronklike gifstowwe wees. Giftige stowwe – in kos: Daar is baie gifstowwe in verskillende kossoorte: • groente en vrugte wat die meeste gifstowwe (veral insekdoders) opneem, is: aarbeie, aartappels, appels, appelkose, groenbone, kersies, komkommer, koring, pepers (groen en rooi), perskes, seldery, spanspek, spinasie, sojabone en klein sampioene. Probeer organiese kosse eet of maak jou eie tuin; • diere word ingespuit met antibiotiese middels en dikwels ook hormone vir groei en beter melkproduksie. Verminder diere-proteïne in jou dieet; • aasdiere (soos vark, kreef, oesters, mossels en enige skulpvis) eet enige iets en absorbeer allerlei gifstowwe (Levitikus 11 is nog altyd van toepassing). Die sogenaamde “doodsensieme” is neweprodukte wanneer sulke diere doodgaan en die mens kan daardeur vergiftig word; • kunsmatige kleursel of geursel is chemies met hoë reaktiewe molekules wat die DNS sodanig kan beïnvloed dat dit mutasies en kwaadaardige veranderings kan veroorsaak. Giftige stowwe – skoonmaakmiddels: Huishoudelike skoonmaakmiddels is oor die algemeen giftig. Die dampe en kiemdodende skoonmakers word ingeasem en deur die

vel opgeneem. Onder andere word allergieë, aandag-afleibaarheidsindroom (ADHD), asma, vervroegde menstruasie, sensitiwiteit vir allerlei chemikalieë en probleme rondom immuniteit aan chemiese blootstelling gekoppel. Daar is baie veilige middelle wat gebruik kan word maar mense is meestal nie daarvan bewus nie. Vergiftiging - bestraling: Bestraling (X-strale, mammogramme en atoombestraling) kan skade aan die DNS veroorsaak en sodoende die toename van mutasies en kanker verhoog. Al die bestraling wat ‘n mens deur jou lewe ontvang akkumuleer en is nooit onskadelik nie. Daar is ook elektromagnetiese besoedeling wat baie meer subtiel die delikate stelsels van die liggaam benadeel: (ouer rekenaarskerms, elektriese komberse, elektriese horlosies en –radios op die bedkassie, elektriese haardroërs, Wi-Fi, ens.) Heelwat navorsing dui op nadelige uitwerking van selfone veral op jonger kinders wie se skedels nog dun is. Vergiftiging – medikasie Feitlik alle medikasie het newe-effekte wat, veral oor ‘n lang termyn, die liggaam kan vergiftig. Dit beteken nie dat alle medikasie ‘n probleem is nie maar dat onnodige medisyne uitgeskakel moet word. Medikasie behoort slegs in absoluut noodsaaklike gevalle gebruik te word. Per slot van sake maak medikasie nie ‘n mens gesond nie – dit help veral met die simptome. Werklike gesondheid spruit uit ‘n gesonde leefstyl. Vergiftiging – negatiewe emosies: Negatiewe emosies is emosies wat nie verwerk word nie en wat negatiewe denkpatrone en negatiewe woorde tot gevolg het. Waak oor jou denke; jy moet jou emosies ervaar en verwerk sodat daar positiewe invloed kan wees. Vervang die negatiewe met positiewe waarheidsdenke. Die krag van die Woord van die Here word ‘n werklikheid wanneer jy hierdie waarhede vir jouself toeëien.

BRITS MEDIESE NA-URE GROEP PRAKTYK ALGEMENE PRAKTISYNS DR K MICHAEL DR D PIENAAR DR FP SCHOLTZ DR H GROENEWALD TEL: 012 252 2650/071 846 4424 LIGGING: Brits Apteek (Nel Groep)

SPREEKURE

MAANDAG - VRYDAG 17:00 - 19:00 SATERDAG 17:00 - 19:00 SONDAG 10:00 - 12:00 en 17:00 - 19:00


22

De Wildt Nuus

Februarie 2020

LANDBOUSAKE (4)

VEEVOEDING EN VEELEKKE Die voer van veelekke is seker die belangrikste en ook die goedkoopste gedeelte van veevoeding om goeie produksie, reproduksie en gesondheid te handhaaf by alle herkouers. Herkouers sluit in beeste, skape, bokke asook al die wildsbokke maar nie perde, donkies en varke in nie. Al ons land se gronde is fosfaatarm wat tot gevolg het dat al ons weidings ‘n fosfaattekort het in so ’n mate dat die diere nie voldoende fosfaat kan inneem van die veld af om te kan reproduseer, groei en om vleis, melk en wol te produseer nie. Om die fosfaattekort aan te vul, moet herkouers ‘n bietjie addisionele fosfaat gevoer word deur die jaar. Die gerieflikste en effektiefste manier is om fosfaat deur middel van ‘n lek te voer. Dan neem die dier die benodigde hoeveelheid gereeld self in soos wat sy behoefte is. ‘n Tipiese fosfaatlek bestaan uit een tot twee dele veesout gemeng met een deel fosfaat. Die sout maak die lek aanlokliker vir die dier maar beperk ook die inname daarvan. Vee vreet graag sout maar net ‘n beperkte hoeveelheid. Die inname van die lek kan gevolglik ook gereguleer word deur meer of minder sout met die fosfaatgedeelte te meng. Verskeie fosfaatbronne (P) bestaan wat gebruik kan word in veelekke byvoorbeeld enkele bekendes: FOSFAATAANVULLINGS Prys/50 kg % fosfaat (P) Prys/kg (P) Beenmeel R393/50 kg 10 % R78.60 Kynaphos R653/50 kg 21 % R62.19 P12 R463/50 kg 12 % R65.50 P5 R350/50 kg 5 % R140.00 Die fosfaataanvullings bevat gewoonlik fosfaat (P), kalsium (Ca) en ook enkele elemente en mikro-elemente. Die belangrikste komponent wat benodig word is die P. Uit bogenoemde tabel blyk dit dat die goedkoopste lekaanvulling nie noodwendig die goedkoopste uitwerk per kilogram P nie! NB: Moet GLAD NIE superfosfaat of MAP (33) voer nie – dis kunsmis en gevaarlik vir VEE. Die fosfaatlekke moet altyd beskikbaar wees - Die vee sal gaan vreet wanneer en hoeveel hulle behoefte is. Indien vee vir ’n tydperk nie fosfaatlek gekry het nie, sal hulle heelwat meer vreet na toediening totdat hulle southonger en fosfaatbehoefte bevredig is. Hierdie sout/fosfaatlek is noodsaaklik deur die hele jaar deur somer wanneer die gras groen, sappig en makliker verteerbaar is omdat dit dan nog voldoende koolhidrate en proteïene bevat en dus nog smaaklik is en in die winter wanneer die gras minder smaaklik en verteerbaar is. Soos bespreek in vorige artikels, het al die herkouers ‘n grootpens of rumen waarin miljoene mikro-organismes is (fauna en flora) wat eintlik die vesel in die ruvoere (weiding,hooi, strooi en eetbare plante) verteer of afbreek vir die herkouer. Hierdie mikro-organismes moet self ook gevoer word met koolhidrate en proteïene om te oorleef en hulle funksie van vertering te verrig. ‘n Herkouer groei en presteer direk in verhouding met die welstand en toestand van die mikro-organismes in sy rumen. In die somer, wanneer die weiding sag en sappig en maklik verteerbaar is kan die mikro-organismes voldoende voeding uit die weiding kry behalwe voldoende fosfaat om te oorleef, te vermenigvuldig en hulle funksie van vertering te verrig.

Leon Weber - landboukonsultant

In ‘n normale jaar groei die weiding en is sag, sappig en voedsaam deur die somer vanaf die eerste reëns September/Oktober tot in Januarie/Februarie wanneer die gras begin saad skiet en begin verkleur. Tydens saadskiet begin die gras se koolhidrate en proteïene omgeskakel word na vesel of sellulose. Die gras word dan harder en ook moeiliker verteerbaar in so ‘n mate dat die mikro-organismes nie meer voldoende energie en proteïene vir hulle eie behoefte uit die droë weiding kan kry nie. Op dié stadium moet die boer energie en proteïene begin aanvul deur ‘n lek, hoofsaaklik om die mikro-organismes te voer. As die proteïene en energie nie aangevul word nie, verminder die mikro-organismegetalle en hulle aktiwiteit in so ‘n mate dat hulle nie meer die veselryke gras vir die herkouer kan verteer nie. Dit het dan tot gevolg dat die dier al die gewig wat in die somer aangesit is, weer verloor. Gewigsverlies kom voor en vrugbaarheid daal. Die dier kan selfs vrek al is daar nog gras in die veld. Op hierdie stadium moet die boer dan in ongeveer Februarie, wanneer die gras saadskiet, by sy fosfaatlek nog ‘n bietjie energie (koolhidrate) en proteïene voeg om die mikro-organismes te voer sodat hulle hulle werk kan doen. Dit is beslis baie goedkoper om ‘n bietjie aan voer te bestee om die mikro-organismes te voer as om later massas voer te voer om die dier te voer en aan die lewe te hou! Daar is verskeie bronne vir addisionele energie of koolhidrate om die fosfaatlek aan te vul byvoorbeeld: Mielie-, koring-, graansorghummeel, “hominey chop” (mieliekiemmeel) pallard (koringkiemmeel), molassemeel of –stroop om die belangrikstes te noem. Behalwe dat molasse addisionele energie verskaf, het dit ‘n effense purgerende effek op die dier wat die maag ‘n bietjie “los” maak wat baie goed is in die winter met droë weiding. Die mis is dan minder droog. Proteïene kan aangevul word deur byvoorbeeld vismeel, karkasmeel, bloedmeel, oliekoekmeel van sojabone, grondbone en katoensaad asook ‘n nie natuurlike stikstofbron naamlik VOERGRAAD ureum. Indien reg gebruik word, werk ureum in die winterlek baie goedkoper uit en is net so effektief. Die veevoervervaardigers verkoop klaar gemengde somerlekke wat gewoonlik net sout en fosfaat bevat en winterlekke wat sout en fosfaat bevat plus addisionele energiebronne en proteïenbronne wat redelik verskil in prys per kilogram afhangend van die samestelling en kwaliteit van die bestanddele wat gemeng word. Gewoonlik werk hierdie lekke duurder uit omdat die veevoervervaardiger vergoed moet word om die lek saam te stel en te meng, te verpak en nog ‘n bietjie profyt te maak. Die lek kos gewoonlik meer as wat die afsonderlike bestanddele saam kos. Op klein skaal is dit waarskynlik die moeite werd om die veevoervervaardiger se lekke te koop. Op groter skaal kan die boer sy eie lekke self meng en ook in die verhoudings en met bestanddele wat hy verkies en moontlik self produseer byvoorbeeld mieliemeel. Winterlekke wat voergraadureum bevat, is betekenisvol goedkoper as lekke met natuurlike proteïene (vismeel, oliekoeke, ens) en dit is net so doeltreffend. Daar is egter ‘n paar baie belangrike aspekte van lekke wat ureum bevat, wat dikwels verswyg word, wat dringend in gedagte gehou moet word:


Februarie 2020

De Wildt Nuus

- Ureum moet VOERGRAAD wees en nie gewone landbou-ureum vir gewasse nie! - Ureum is giftig en kan dodelik wees as te veel ureum op een slag ingeneem word. Dis belangrik by die samestelling, mengproses en ook by klonte ureum in die lek asook by die voerdery. - Ureum-bevattende winterlekke kan nie reën of water in die lekbak kry nie. Die ureum los op in die water en as ‘n dier dit drink, kan hy vrek. - Die belangrikste van ureum-bevattende lekke wat nie voldoende beklemtoon word nie, is dat die dier elke dag ureumlek moet inneem om dit te kan benut. Die dier neem ‘n paar dae om aan te pas om ureum te kan benut. Word die inname van ureumlek vir ‘n paar dae onderbreek, neem die dier nog ‘n paar dae om die ureum weer te kan benut. Sodoende kry die dier dan gladnie die broodnodige stikstof van die ureum vir ‘n tydperk in nie wat ‘n vermorsing van die ureum is en gevolglik geen groei plaasvind tydens die onderbreking en aanpassingstyd nie omdat die mikro-organismes ook eers weer moet herstel en aanpas by die ureum en begin vermeerder en funksioneer. NOTA: As ‘n ureumbevattende lek gevoer word, moet daar elke dag lek vir die dier beskikbaar wees.

23

Omdat boere se infrastruktuur, bestuurstyl, beskikbaarheid van voer by die boere verskil, is dit nie sinvol om ‘n lekresep en ook mengvoorskrifte te publiseer nie. Dit sal veiliger en voordeliger wees om op aanvraag ‘n lekformule saam te stel vir elke boer wat by sy omstandighede pas. ‘n Ureumbevattende lek moet byvoorbeeld nie meer as een deel ureum en drie dele sout bevat om veilig te wees nie. Hierdie verhoudings kan wel aangepas word van boer tot boer en selfs van jaar tot jaar. Vee moet nie southonger wees as hulle toegang kry tot ureumbevattende lekke nie want hulle mag dan te veel vreet. Voer liewer vir twee dae skoon sout voordat ureumlek gegee word. OM SAAM TE VAT: Die voer van lekke vir herkouers deur die jaar is omtrent net so noodsaaklik vir vee as olie in ‘n motor se masjien! Voer fosfaat en sout in die somer en voeg die nodige energie en proteïene by vir die mikro-organismes by in ongeveer Februarie/Maart deur die winter totdat die vee volbek gras kan vreet na die eerste goeie reëns in die lente. Skakel gerus vir enige hulp, raad of onduidelikheid wat mag voorkom. Lekker boer!

Afrikanerisms often used in South African English slang Supplied by Johan van Rensburg

Afrikanerisms often used in South African English Slang Episode 1 “A careful selection from A to C ” ag man – oh man; antie - an older female authority figure babbelas - hangover (of Zulu origin) bakgat - cool; expression of appreciation for something very well accomplished bakkie - a utility truck, pick-up truck (or a bowl!); used a mainstream word in South African English biltong - dried meat bliksem - strike, hit, punch bioscope, bio, fliek - cinema, movie theatre; defunct elsewhere, it has survived longer in South Africa as a result of the influence of the Afrikaans boer - literally “farmer” in Afrikaans. English-speaking people use the word to indicate an Afrikaans farmer, especially in a derogatory way, like “country bumpkin”, “boorish”; but Afrikaners use it with much pride, indicating a person with a deep love of the soil of Africa, a provider of food. boerewors – a very popular mixed-meat spiced sausage in South Africa. In Afrikaans, literally “farmer’s sausage”, used as a mainstream word in South African English. boerewors roll/boerie roll – the South African equivalent of the hot dog Boet – A term of affection bokkie -a popular term of endearment, comparable to “sweetheart”, “honey”, etc. bosberaad - strategy meeting held outdoors, for example in a game reserve bossies - crazy, whacko, mad bru – From broer; a term of affection see also “bra” and “boet” braai - a barbecue; used a mainstream word in South African English chommie/chomma - a friend


24

De Wildt Nuus

Februarie 2020


Februarie 202

25

De Wildt Nuus

BELANGRIKE DATUMS Ons versoek is vir 2020 weer dieselfde. Vir beter kommunikasie en om oorvleueling te verhoed, stuur asb alle belangrike datums van elke organisasie/instansie so gou moontlik deur na Douw van Wyk met die oog op kontrole dat daar nie botsings is nie. Dit word dan in hierdie blad geplaas, sodat alle lesers vooruit kan weet wanneer belangrike dinge plaasvind. AFKORTINGS: DSO – De Wildt Sosiale Organisasie, DWBV –De Wildt Boerevereniging, DWHM –De Wildt Helpmekaar Maatskappy, DWN –De Wildt Nuus, JF –Jopie Fourie-terrein, LSV –Laerskool Vissershoek, KK - Kommando Kombuis, MRC - Margaret Roberts Herbal Centre. Maart 3 7 18

DWBV Algemene vergadering DWBV Goliat van Gat Pampoenfees DWN redaksievergadering

De Wildt 4x4 Pretoria Boeremark Afrit 119 A du Toit

19:00 vir 19:30 09:00

Mei 5 12 tot 15

DWBV Algemene vergadering NAMPO DWBV Donderdag 14 Mei

De Wildt 4x4

19:00 vir 19:30

Junie 27

DWN redaksievergadering

Afrit 119 A du Toit

09:00

Augustus 13 tot 15 25 29

Kragdag TLU Landbou Ekspo DWBV Algemene vergadering DWN redaksievergadering

Rayton De Wildt 4x4 Afrit 119 A du Toit

19:00 vir 19:30 09:00

Oktober 22 Landboukorrels Boeredag Cullinan Boere-unie saal 31 DWN redaksievergadering Afrit 119 A du Toit 09:00 November 3 DWBV Algemene vergadering en Re-organisasie

De Wildt 4x4

19:00 vir 19:30

Desember 16 Geloftefees Jopie Fourie-terrein 08:00 25 Kersfees 31 Oujaarsdag

ADVERTEER IN DE WILDT NUUS Voorblad in kleur

R1265.00

Halfblad binne in swart en wit

Agterblad in kleur

R1125.00

Kwartblad binne in swart en wit R 290.00

Volblad binne in kleur

R 950.00

Agste blad binne in swart en wit

R200.00

Klein in swart en wit

R115.00

Volblad binne in swart en wit R 665.00

082 879 6969

R 385.00


26

Februarie 2020

De Wildt Nuus

Besoek ons gerus vir alle goeie gebruikte korporatiewe kantoormeubels. Len 082 660 8299 · Frans 082 470 0290 · Armand 082 955 3117 Website: www.officecomplete.net

ADVERTEER IN DE WILDT NUUS Halfblad binne in swart en wit R 385.00 Kwartblad binne in swart en wit R 290.00 Agste blad binne in swart en wit R 200.00 Klein in swart en wit

Dr MC Boshoff (BVSc) 083 227 5562 Dr Sune Pretorius (BVSc) 084 880 9434

R 115.00


Februarie 2020

27

De Wildt Nuus

FRIK VOS SURVEY EQUIPMENT

Agents for new and used land surveying instruments and equipment. Specialises in the repair, service and calibration of land surveying instruments as well as survey work. Merle Street Plot 72B Winternest Akasia Pretoria

082 466 8174 082 451 2217

E-mail: frik@surveyinstruments.net


28

De Wildt Nuus

Februarie 2020

THE ALL NEW COROLLA QUEST Designed with Comfort in Mind, the Corolla Quest Has a Spacious Interior. Now more efďŹ cient than ever, the Corolla Quest also comes standard with air conditioning. Obsessed with Safety.

PRETORIA NOORD TOYOTA Call 012 546 0545

597 Gerrit Maritz Street, Pretoria North

YOUR ONLY INDEPENDENT TOYOTA DEALER IN PRETORIA

www.pretorianoordtoyota.co.za


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
De Wildt Nuus - Feb 2020 by De Wildt Nuus - Issuu