Februarie/February 2019 Jaargang 28 No 1
Webtuiste: www.dewildtnuus.co.za Foto: Life is a garden
Kontak ons vir die BESTE Industriële Grassny Dienste, Tuindienste, Algemene Konstruksie en Huishoudelike sowel as Industriële Onderhoud.
Kontak: Kobus Borman 012 – 333 6647 082 490 6716 Epos: kobus@milnex151.co.za rethea@milnex151.co.za
2
De Wildt Nuus
Geloftefees 16 Desember 2018
Kersete vir ons senior burgers
Februarie 2019
Artikel op bladsy 24 en 25
Artikel op bladsy 9
Februarie 2019
3
De Wildt Nuus
INHOUDSOPGAWE Lief en leed 3 Redaksiebrief 4 DWHM Nuus 5 DWHM Veiligheidstatistiek 6 Huldeblyk: Gert Brits 7 Belangrike datums 8 Kersete vir senior burgers 9 Sorg vir jou lewer 10
DWBV nuus 11 Christus leer die mens dmv gelykenisse(1) 12 Rate en wenke 17 VLU nuus 18 VLU nuus 19 Huldeblyke 22 Geloftefees 16 Des 2018 24 Geloftefees vervolg 25
LIEF EN LEED Ons meegevoel met diegene wat leed ervaar het. Beterskapwense aan diegene wat siek was of nog is. Dan is ons ook bly saam met diegene wat lief ondervind of beleef het. Ons wil dit net weer onder u aandag bring dat ons nie onder Lief en Leed nuus kan plaas as iemand dit nie onder ons aandag gebring het nie.
Oorlede
• Tina Breedt se suster • Martie de Villiers • Gert Brits • Barbara van Zyl
Hospitaal/Siek • Clarence Botha • Ciska Henrico • Malie Prins • Adéle du Toit
Lief
• Hettie (Johan v Zyl se moeder ) word op 24 November 92 • Josef en Tina Breedt word oupa/ouma van n dogtertjie • Clarence en Susan Botha – 50 jr getroud • Chris en Marlene Venter – 50 jr getroud • Mariska Pëtersen – 4 Onderskeidings in matriek • Shandri Lemmer, kleindogter van Manie en Sannie, het in Desember 2018 verneem dat sy haar studie by die Regskool (die
BRIEWEBUS WERK SAAM ’n Man loop in die straat af met ’n emmer vol krappies. Kort-kort kruip ’n krappie hoog op in die emmer om uit te klim. Sodra hy amper bo is trek die ander krappies hom af. ’n Vrou loop verby en vra vir die man hoekom die krappies nie uit kan klim nie. Hy sê die ander BOEREKRAPPIES trek die een wat wil uit klim af omdat hulle nie kan saamwerk nie. Georgie Louw
meeste mense ken dit as Law Study) van die Universiteit van Pretoria met sukses voltooi het. Na die verwerwing van LL B in 2017 moes sy twee jaar ’n klerkskap by ’n prokureur deurloop. Hierdie addisionele studie by die Regskool het vir haar ’n volle jaar klerkskap vrygestel en haar klerkskap is nou verby. Sy moet slegs die finale toelatingseksamen aflê om as prokureur toegelaat te word. Sy het reeds ’n pos in Johannesburg aanvaar. • Richard Lemmer, broer van Shandri en kleinseun van Manie en Sannie, is deur sy werkgewer, die Discovery-groep, vir 2018 uit ’n totale getal werknemers van ongeveer 10 000 as een van ’n klein groepie van 64 mees uitstekende werknemers aangewys. As beloning hiervoor vertrek hy, vergesel van sy eggenote Wilmi, ook prokureur en werknemer van Discovery, eersdaags op ’n oorsese toer na Indië (hulle wissel jaarliks die lande waarheen hulle die werknemers stuur). • Maderì Lemmer, dogter van Jan en Sumia en kleindogter van Manie en Sannie, het in Desember 2018 die driejarige B-graad in Ontwerperskuns met spesialisering in Klere-ontwerp aan die Inscape Design College verwerf.
ADVERTEER IN DE WILDT NUUS Voorblad in kleur
R1150.00
Agterblad in kleur
R1020.00
Volblad binne in kleur
R 865.00
Volblad binne in swart en wit
R 605.00
Halfblad binne in swart en wit
R 350.00
Kwartblad binne in swart en wit
R 265.00
Agste blad binne in swart en wit
R 180.00
Klein in swart en wit
R 105.00
082 879 6969
4
Februarie 2019
De Wildt Nuus REDAKSIELEDE Manie Lemmer - 082 879 6969 (Voorsitter) Sannie Lemmer - 071 693 5993 (Sekretaresse) De Wildt Helpmekaar Maatskappy en De Wildt Rampbestuur Gertjie Davel - 082 376 1645 Kobie Opperman - 076 482 8513 Adele du Toit - 071 843 8185 De Wildt Boerevereniging Hanna Scribante - 083 417 4699 De Wildt VLU Georgie Louw - 082 374 6879 Addisionele lede Jan Lemmer 083 256 8266 Marguerite Nel 082 774 2517 Magriet van Heerden 072 0926460 Eugene van Staden 073 367 4787 Gertie van Staden 073 091 6035 Drukker: APK Wonderboom 012 527 0513 Wonderboom@apk.co.za
De Wildt Nuus Bankbesonderhede: Rekeningnaam: De Wildt Nuus ABSA Brits Rekeningnommer: 9337490973 Verwysing: Adverteerder se naam + Februarie 2019 (noem telkens die naam van die betrokke maand). Epos betalingsbewys manie.lemmer@dewildtnuus.co.za Advertensiegeld moet asb vooruitbetaal word, maw sodra die advertensie versoek of gewerf word. Dankie vir julle moeite. Kontakpersone vir advertensies en grafiese ontwerp: Manie Lemmer Advertensie-ontwerp: R100 Veranderings op bestaande advertensies: R50 ADVERTENSIES IS VOORUITBETAALBAAR Die artikels in die De Wildt Nuus is nie noodwendig die produk van die redaksie nie, maar van individue. Daarom vereenselwig die redaksie hom ook nie noodwendig met alle uitsprake/menings in die artikels nie.
REDAKSIEBRIEF Manie Lemmer
Liewe lesers Ons is reeds in die tweede maand van die nuwe jaar 2019 en alle aktiwiteite is reeds in volle swang. Ons sien hoe 2019 moontlik nog vinniger verbysnel as vorige jare. Ons weet egter dat dit die hoeveelheid aktiwiteite is wat die tyd vinniger as ons dink laat verbyskiet. Laat ons dus elke dag ten volle benut en soos die Skrif sê “Carpe diem” (dit is die Latyn vir “Koop die tyd uit”, of letterlik vertaal “Pluk die dag”). As ons dit doen, sal ons met groot vrug elke dag deurbring en geniet, Kyk ons om ons, sien ons met dankbaarhedid die resultaat van ons onlangse goeie reëns. Die gras is groen, die plante en bome juig en dit spoor ons aan om met vreugde ons dagtake te volvoer. In al hierdie dinge sien ons die hand van ons Skepper wat steeds Sy skepping onderhou. Ons dink egter ook aan die boere en gemeenskappe waar die reent steeds weggebly het en waar hulle ingroot nood verkeer. Ons nuwe jaar se blad betree die agt-en-twintigstejaaruitgawes en dit doen ons harte goed dat ons steeds op hierdie wyse na al die jare ons gemeenskap kan dien. Die jongste nuus en allerlei interessante inligting word ons lesers gebied, in hierdie uitgawe onder andere weer ons gereelde rubrieke, nl ’n Godsdiensreeks met die hulp van Sannie en rate en wenke, ook inligting vanaf ons plaaslike inwonersmaatskappy, die De Wildt Helpmelaar Maatskappy, ons plaaslike Boerever-
eniging, die De Widlt VLU. Lesers kan ook lees van ons ons Geloftefees van Desember 2018, van die Kersete wat deur Kobie Opperman vir ons seniors aangebied was. Vanaf Lief moet ons ook oorgaan na huldeblyke vir lesers uit ons gebied wat ons deur die dood ontval het. Ons vergeet ook nie ons advertensies nie; ons moes ongelukkig soos tevore gemeld, ons tariewe vir advertensies verhoog weens die verhoogde drukkoste, maar met genoeg moeite kon ons ook nuwe adverteerders werf saam met bestaande adverteerders wat hul weg oopgesien het om steeds ons blad te ondersteun; daarvoor wil ons graag al ons adverteerders hartlik bedank vir die ondersteuning. Hulle sorg dat 750 kopieë van ons blad elke twee maande ons lesers gratis bereik; uit dankbaarheid kan ons lesers hulle asseblief goed ondersteun. Ons wil Hear 4 Life besonder bedank; hulle het tydens ’n VLU byeenkoms ons blaadjie gesien en ons uit hul eie genader en hulle gaan ons ook in die toekoms gereeld met hul advertensie ondersteun; as jy dus nie meer goed kan hoor nie: hulle is die mense om te besoek. Ons vertrou dat lesers ons blad weer eens interessant sal vind en in die nuwe jaar lekker sal lees. As lesers dit geniet, onthou ook dat donasies altyd welkom sal wees en kan help om ons blad nog uit meer bladsye kan laat bestaan. Groete tot Aprilmaand
Februarie 2019
De Wildt Nuus
5
DWHM NUUS
Hondsdolheid-inentingsveldtog
DWHM doen weer hierdie jaar die jaarlikse hondsdolheid inentingsveldtog in samewerking met die staatsveeartse. Dit geskied die jaar by Die Stal, afrit 35 op 20 en 21 Februarie. Dankie aan Juna en Lezette (M5) wat die perseel tot ons beskikking gestel het hiervoor. Ondersteun die veldtog asb sodat ons voorkom dat hondsdolheid in ons gebied uitbreek wat groot hartseer tot gevolg kan hê. Bring al u honde en katte vir die inenting, of indien daar heelwat diere is wat ingeënt moet word of moeilik vervoer gaan word, kan u ‘n veearts gaan haal en na u huis toe neem om die inenting op u perseel te kom doen. Lig asb u bure en werkers ook in en vra almal om die veldtog te ondersteun. Hondsdolheid is ‘n gevaarlike en ongeneeslike siekte wat aan mense ook oorgedra kan word.
DWHM gemeenskap-sosiale nuus
DWHM is in die proses om ‘n eie webwerf te ontwikkel. Soos dit vorder sal ons meer inligting deurgee daaroor. Intussen kan u by die Facebook-blad aansluit waarop ook inligting gedeel kan word. Die naam van die blad is De Wildt Helpmekaar Maatskappy/Company. DWHM gaan binnekort lugtyd op Bosveldstereo kry. Die datums en tye sal deurgegee word. Dan is daar ook reeds onderhandelings om lugtyd op kykNET te kry. Sodra daar meer inligting hieroor beskikbaar is, sal dit deurgegee word. Die biblioteek vorder fluks en hier is reeds ‘n wye verskeidenheid boeke beskikbaar. Dit is gratis vir almal in die gemeenskap en is elke Donderdag oop. Ons het ‘n hele reeks van die Britannica sowel as die Wêreldspektrum ensiklopedieë beskikbaar vir naslaan. Tydskrifte wat ondermeer vir take gebruik kan word, is beskikbaar teen R2 elk.
DWHM-direksie
Ons wens DWHM direksie sterkte toe met die jaar se uitdagings itv grondgrype, die brandseisoen, veiligheid en verskillende opwindende nuwe projekte wat in die pyplyn is. Douw van Wyk het op 1 Februarie 2019 amptelik die leisels oorgeneem vat by Gertjie Davel as L1 en hoof van kommunikasie. Die portefeulje het ook ‘n bietjie van ‘n afstof gekry en die nuwe portefeulje heet nou: Informasie- en Kommunikasietegnologie. Ons dank en waardering aan Gertjie wat steeds nou betrokke is by die direksie en die nuwe portefeulje. Vir al die goeie werk wat hy al die jare gedoen het en steeds doen vir ons gemeenskap is daar nie genoeg woorde van dank nie. Hy het baie diep spore getrap en om hierdie skoene te vul, is ’n enorme taak. Welkom ook aan Alida Barnard (van?) wat die pos van W0 by Kobie Opperman oorgeneem het. Sy is reeds besig om heelwat projekte en inisiatiewe van stapel te stuur, en ons wens haar baie sterkte en voorspoed toe met alles wat sy aanpak. Adèle du Toit (M1), voorsitter van DWHM, sterk tans aan by haar huis na die ongeluk met Spirit. Ons wens haar ‘n spoedige herstel toe, en hoop om haar gou weer in aksie te sien.
De Wildt-BBV
De Wildt BBV is op 6 Februarie 2019 geoudit deur die departement van landbou, bosbou en visserye (DAFF). Die oudit en gepaardgaande gesprek was baie suksesvol. Knelpunte wat ter plaatse ondervind word, is onder hulle aandag gebring en die versekering is van DAFF verkry dat hierdie kwessies direk na minister Senzeni Zokwana verwys sal word. Dankie aan Suzette (B6) en Andrew (B1) vir hul insette.
6
Februarie 2019
De Wildt Nuus
DWHM STATISTIEK
2013
Veiligheid / Safety
2014
2015
2016
2017
2018
Jan 38 18 18 17 19 24 Feb 35 21 37 21 23 19 Mrt 48 15 35 28 21 23 Apr 57 11 29 21 18 25 Mei 47 34 23 24 22 49 Jun 60 34 16 23 25 41 Jul 45 31 26 28 17 52 Aug 54 18 29 21 15 90 Sep 14 20 31 33 17 50 Okt 26 18 23 21 27 58 Nov 26 15 39 43 32 61 Des 8 17 34 48 20 26 Totaal
458
2013
252
340
328
256
Ongelukke / Accidents 2014
2015
2016
2017
518
2018
Jan 6 3 1 3 4 8 Feb 8 12 11 12 6 16 Mrt 9 11 7 12 13 12 Apr 10 9 8 6 6 7 Mei 7 6 4 7 7 11 Jun 9 5 2 9 4 8 Jul 8 7 13 7 5 14 Aug 16 10 9 3 8 11 Sep 9 5 6 6 8 2 Okt 7 13 6 21 23 8 Nov 10 4 6 9 7 5 Des 4 6 4 8 5 8 Totaal 103 91 77 103 96 110
Februarie 2019
De Wildt Nuus
7
Huldeblyk aan Gert Brits Gertjie Davel
* 21 NOV 1938 † 21 JAN 2019 Weet jy wanneer is dit Ewig te laat..?
Wanneer ‘n man daar in daai houtkis lê en jy staan hier en jy wou nog eenkeer met hom kuier – sy kennis tap of net ‘n grap met hom deel. Hoe ouer ons word hoe vinniger vlieg die tyd. Wetenskaplikes noem dit die SirkadieseTydskaal. Vir ‘n eenjarige kind is ‘n dag nog ‘n dag lank en ‘n jaar ‘n jaar, maar hoe ouer jy word hoe korter word dit. Hulle sê die Dopamine-vlakke in ons brein het ook nog ‘n invloed op ons persepsie van tyd. Maak nie saak hoe ons daarna kyk nie….. die boodskap is: Moenie uitstel nie…!! Oom Gert het na sy aftrede eers behoorlik in rat gekom. Soos Dominee verwys na sy vinnige ritte saam met oom Gert. Toe het hy vir sy medemens begin werk en sy gemeenskap gedien. Omdat hy by Nasionale Intelligensie gewerk het, het hy geweet hoe werk strukture en hoe om te organiseer. Hy was die een wat die Radionetwerk begin het en saam met oom Hannes vd Merwe die radio’s nog geïnstalleer het ook. Hy het die ingange na die kleinhoewes en plase genommer saam met oom Jimmy Cillié en gesorg dat die geel borde met nommers gemaak word by oom Daan van Eck. Hy het die Veiligheidspatrollies begin en twee bakkies gekoop. Die spanspelers is sorgvuldig uitgesoek saam met tannie Lettie en so het die dinge momentum gekry en het die strukture verrys en is dit vervolmaak. Ek sien op die blaadjie is ‘n aalwyn op die agtergrond. Dis nou wel nie ‘n Peglerae nie, maar die bewaring daarvan met die brande, is die moeilikste ding op De Wildt. Om vure in die Magaliesberg te veg, verg ‘n man met “guts”. Hy het dit aangepak met manne soos Jan Ferreira, Wannie Scribante en Jan Grové. Op sy eie het hy die brandkarretjies in stand gehou met Kobus Venter wat gereeld vir hom parte van Johannesburg af saamgebring het tot hy dit oorhandig het aan Johan van Zyl en Christa Nolte. Genoeg dank kan ons nie teenoor al ons oudstryders uitspreek nie. Oom Manie Lemmer het die politieke kant behartig en so het verskeie bakens en monumente tot stand gekom in ons gebied wat De Wildt ‘n unieke plek in die land gemaak het met mense wat omgee. Met dit alles as agtergrond, is een ding seker…… ‘n Groot Seder het geval en met waardigheid. Presies twee maande na sy 80ste verjaarsdag. Met dankbaarheid bring ek hulde aan ’n merkwaardige man. Oom Gert – Ek gaan jou mis en baie ander ook. Die boodskap bly egter – Moenie Uitstel Nie – Maak tyd….
Vir jou medemens en vir jou gemeenskap, maar die belangrikste…. Vir God. Ontwikkel daardie persoonlike verhouding met God. Dit was Sy oorspronklike doel met die Skepping…. Om met jou ‘n persoonlike verhouding te hê. Koester dit sodat jy ook eendag met jou kop op Sy skoot kan lê soos oom Gert nou. Gert se begrafnisdiens is te Brits in die Nederduits Hervormde Kerk deur ds Kobus Cilliers gehou met as skriflesing 2 Timotheus 4: 6 – 8 en daarvandaan is die begrafnisstoet na die plaas van Gert-hulle, waar hy teen ’n rantjie tussen die bosveldbome met ’n uitsig oor die plaasgedeelte waar sy nartjiebome tevore weelderig gegroei het sy laaste rusplek gekry het. Dit was werklik ’n besondere belewenis om hierdie plaasbegrafnis by te woon, waar die groep begrafnisgangers daarna verversings kon geniet. Die redaksie se meegevoel gaan uit na Lettie, haar kinders en kleinkinders. Hulle word die vertroosting van ons Hemelse Vader toegebid en word verseker dat ons Gert saam met hulle gaan mis. Saam met Gertjie groet ons ook ’n merkwaardige man en vriend. - Manie Lemmer
8
Februarie 2019
De Wildt Nuus
BELANGRIKE DATUMS Ons versoek is vir 2019 weer dieselfde. Vir beter kommunikasie en om oorvleueling te verhoed, stuur asb alle belangrike datums van elke organisasie/instansie deur na Douw van Wyk met die oog op kontrole dat daar nie botsings is nie. Dit word dan in hierdie blad geplaas, sodat alle lesers vooruit kan weet wanneer belangrike dinge plaasvind. AFKORTINGS: DSO – De Wildt Sosiale Organisasie, DWBV –De Wildt Boerevereniging, DWHM –De Wildt Helpmekaar Maatskappy, DWN –De Wildt Nuus, JF –Jopie Fourie-terrein, LSV –Laerskool Vissershoek, KK - Kommando Kombuis, MRC - Margaret Roberts Herbal Centre. Februarie
15
18:00
KK Lesing Genl De la Rey
KK
Maart 2 12:00 MRC Seeds for Health Afrit 16 14:00 DWN-redaksie vir April-blad Afrit 129 5 19:00 DWBV Algemene vergadering De Wildt 4x4 TLU/SA Goliat v Gat 22 18:00 KK Gesprek Wynand du Toit KK April 6 12:00 MRC Boosting the immune system DWBV Duifjag
Afrit 16
Mei 4 12:00 MRC Superfoods Afrit 16 14:00 DWN-redaksie vir Junie-blad Afrit 129 7 19:00 DWBV Algemene vergadering De Wildt 4x4 14 tot 17 NAMPO: DWBV 16 Mei Junie
1 7 8
12:00 12:00 14:00
MRC Cookery Class 1 Stocking MRC Cookery Class 2 Health/Vitality DWN-redaksie vir Augustus-blad
Afrit 16 Afrit 16 Afrit 129
Julie
6
12:00
MRC Healthy teas for healthy living
Afrit 16
Augustus 3 12:00 MRC Anti-aging Cosmetics Afrit 16 24 14:00 DWN-redaksievergadering Afrit 129 27 19:00 DWBV Algemene vergadering De Wildt 4x4 September 7 12:00 MRC 32nd Annual Lavender Festival TLU Kongres
Afrit 16
Oktober 5 12:00 MRC Fairy Treasure Hunt Afrit 16 26 14:00 DWN-redaksie vir Desember-uitgawe Afrit 129 November 2 08:30 MRC Annual Christmas shopping day Afrit 16 5 19:00 DWBV Algemene vergadering De Wildt 4x4 Desember 7 12:00 MRC Christmas gifts from herb garden Afrit 16 16 08:00 Geloftefees JF -terrein 18 08:30 MRC Last minute Christmas shopping Afrit 16 25 MRC Chriistmas lunch and gin tasting Afrit 16 Kersdag 31 Oujaarsdag
Februarie 2019
De Wildt Nuus
9
KERSETE VIR SENIOR BURGERS Manie Lemmer
Op 28 November 2018 kon ons gebied se senior burgers weer aansit vir ’n baie lekker Kersete en nagereg en praat nie van al die lekker kuier en gesels nie! ’n Rekordgetal van 83 senior burgers het hierdie saamtrek op uitnodiging van Kobie bygewoon en almal kon met genoegdoening aan die einde van die funksie by Kobie se Plekkie na hul huise vertrek. Die kuier het seker ongeveer drie ure geduur. Enkele foto’s toon van ons senior burgers aan tafel. Ons moet beklemtoon dat Kobie die afgelope jaar reeds maandeliks ’n gratis ete vir ons senior burgers voorsien en dit was telkens lekker om hierdie saamtrekke by te woon. Kobie het reeds hierdie gebruik in die vorige jare gevestig en ons kan haar nie genoeg bedank vir hierdie gasvryheid nie.
Kobie het ook helpers soos Patricia van Niekerk en Christa Fourie, Elsie en Onica, maar die koste word, behalwe vir die borge en skenkings wat sy ontvang vir die etes, se delging word ut haar eie sak gedoen. Ons kan aan enkele borge en skenkers soos Kallie Knoetze en Kroon se Hoenderplaas dink. Vir die betrokke ete het Malanseuns ook plante geskenk. Hierdie weldoeners se goeie gesindheid teenoor ons senior burgers gaan nie ongesiens verby nie en dit word waardeer. Tydens die ete het verskeie senior burgers ook pryse per trekking ontvang, gawes wat met dankbaarheid ontvang is en op prys gestel word. Dit is ook verblydend om te sien dat die De Wildt Nuus deur talle senior burgers met belangstelling gelees word.
10
De Wildt Nuus
Februarie 2019
SORG VIR JOU LEWER (7) Dr Marius Potgieter (Kruiedokter en pastorale berader)
Die lewer is sekerlik een van die belangrikste organe in die liggaam. Ongeveer 500 lewensbelangrike funksies word deur die onaansienlike klier uitgevoer! Dit vervaardig meer as 13,000 chemikalieë en hormone en hanteer meer as 50,000 ensieme an ander samestellings wat die liggaam benodig. Verder verwerk dit alles wat geëet en gedrink word! As jy met jou gesondheid sukkel, kan jy weet dat jou lewer deel van die probleem is. Behandel jou lewer met liefde en respek: Vermy alle gifstowwe sover as moontlik; onthou dat alle verwerkte kosse giftige elemente bevat. Dieselfde geld vir die meeste skoonmaak- en persoonlike produkte wat elke dag gebruik word. Vermy alle gevaarlike vette soos transvette gehomogeniseerde vette, en alle olies en vette wat te warm gemaak was. Moenie bang wees om meer goeie vette in te neem nie – die lewer en die liggaam het dit nodig. Gebruik egter slegs olies wat sonder hitte geprosesseer is (koud gepars) of wat hitte kan verdra soos klapper- en avokado-olie. Vermy (of verminder drasties) alle alkohol. Medisyne het newe-effekte en die lewer ly daaronder; gebruik slegs medikasie as dit lewensnoodsaaklik is. Onthou
dat medikasie slegs die simptoom aanspreek en nie die oorsaak van die probleem nie. Om die lewer te versterk, gebruik melkdissel en perdeblom want dit is kruie sonder gevaarlike newe-effekte. Dit is lewertonikums wat die lewer versterk, energievlakke verhoog, gesonde metabolisme aanhelp en die immuunstelsel versterk. Werk hard - dit is gesond, maar rus genoeg. Jy is nie ‘n masjien nie en die liggaam en die brein moet herstel, veral as jy slaap. Die Bybelse opdrag om een dag uit sewe te rus van AL jou werk is nog steeds van toepassing. Ons Skepper weet immers die beste! Soos die res van die liggaam, word die lewer gehelp deur elke dag oefening te doen; stap elke dag vir ’n halfuur of soveel jy kan. Navorsing wys dat dit gevaarlik is om heeldag net te sit. Sorg dat daar geen haat of wraakgedagtes in jou gemoed is nie - hierdie emosies kan die lewer ernstig benadeel. Leer om almal wat jou op een of ander manier seergemaak het, te vergewe. Fokus op doelstellings wat ooreenstem met jou persoonlikheid en toekomsverwagting. Alle organe word benadeel deur ’n sinnelose leefstyl.
Februarie 2019
11
De Wildt Nuus
Nasionale minimumloon – Landbousektor Die Nasionale Minimum Loon Wet, asook die wysiging aan die Wet op Basiese Diensvoorwaardes en die wysigings aan die Wet op Arbeidsverhoudinge het op 1 Januarie 2019 in werking getree. Werkgewers is nou verplig om ten minste die nasionale minimumloon te betaal. Hierdie bedrag is vasgestel teen R 20 per uur vir alle werknemers in Suid-Afrika, ongeag die bedryf of industrie waarin hulle werksaam is. Die landbou/bosbou en huiswerkersektore het vrystelling ontvang om onderskeidelik 90% en 75% van die nasionale minimumloon te betaal. Dit bereken tot R18.00 per uur vir die landbou/bosbousektore en R15.00 per uur vir die huiswerkersektor. Hierdie vrystelling is geldig vir 2 jaar waarna alle werkgewers minstens die nasionale minimumloon soos aangekondig moet betaal. Werkgewers in die landbousektor moet verder kennis neem dat huiswerkers op ’n plaas geag word as plaas-
werkers en dus die korrekte loon moet ontvang. Hiermee die tariewe van toepassing op die landbousektor: Uurlikse tarief: R 18.00 Daaglikse tarief: R 162.00* Weeklikse tarief: R 810.00** Maandelikse tarief: R 3 507.30*** * Vir werknemers wat 9 ure per dag werk. ** Vir werknemers wat 9 ure per dag werk, 5 dae per week. *** Vir werknemers wat gemiddeld 4.33 weke per maand werk (R 810.00 x 4.33)
De Wildt Boerevereniging-vergadering: 5 Maart 2019 te De Wildt 4x4 om 19:00 vir 19:30.
BRITS MEDIESE NA-URE GROEP PRAKTYK ALGEMENE PRAKTISYNS DR K MICHAEL DR D PIENAAR DR FP SCHOLTZ DR H THERON DR H GROENEWALD
TEL: 012 252 2650/071 846 4424 LIGGING: Brits Apteek (Nel Groep)
SPREEKURE
MAANDAG - VRYDAG 17:00 - 19:00 SATERDAG 17:00 - 19:00 SONDAG 10:00 - 12:00 en 17:00 - 19:00
12
De Wildt Nuus
Februarie 2019
Christus leer die mense dmv gelykenisse (1) Manie en Sannie Lemmer Lees Markus 4: 1 - 20
In Markus 4: 2 lees ons “ en Hy het hulle baie dinge geleer deur gelykenisse en vir hulle in sy lering gesê.........” Al het die Israeliete reeds uit die Geskrifte (Ou Testament), uit mondelinge oorlewering en in die sinagoges geleer van God se Gebooie en van al die profesieë, lyk dit of hulle maar steeds min daarvan verstaan en dus ook nie nagekom het nie. Telkens het Christus die volgende aan Sy luisteraars gesê: Wie ore het om te hoor, laat hom hoor. Christus het in Sy aardse bestaan verskillende moeilike begrippe deur gelykenisse uiteengesit. Hy het gebruik gemaak van gebeure, begrippe, voorwerpe en dinge wat vir hulle as alledaags bekend was, om aan hukle te verduidelik hoe die koninkryk van God werk en waar hulle inpas. In hierdie jaar se Bybelstukkies gaan ons, hoewel die gelykenisse almal sekerlik reeds ook vir ons lesers bekende verhale is, poog om ’n aantal gelykenisse weer eens toe te lig, sodat ons by herhaling ook kan verstaan hoe die koninkryk van God werk. Eerstens vra ons lesers om die gelykenis van die saaier in Markus 1: 1 - 20 te lees. Hier vind ons nie slegs die verhaal van die saaier nie, maar ook die verklaring daarvan sodat die mense kon verstaan hoe die koninkryk van God werk. Ons sien hoe die saaier uitgaan om te saai; hy saai en verloor moontlik selfs van die saad op verskillende plekke en die saad reageer of groei ook in die onderskeie plekke op verskillende wyses. ’n Deel daarvan val langs die pad en die voëls pik dit op. ’n Volgende deel val op ’n rotsagtige plek en hoewel dit dadelik opgekom het, was die grond baie min en die son het dit verskroei en verdroog omdat die wortels nie diepte kon
vind nie. Daarna val nog ’n deel in die dorings wat die saad tussen hulle verstik het sodat geen vrug gedra is nie. ’n Vierde deel, ons glo dit was wel gesaai, val in goeie grond, dit kom op, groei en dra veelvuldig vrug. Die beelde moes vir hulle duidelik gewees het, maar tog het diegene wat dit aangehoor het, nog nie verstaan nie. Ook Sy dissipels wat rondom Hom was, het na die betekenis van die gelykenis gevra. Christus het beklemtoon dat hulle wat daar was, dit gegee was om wel die verborgenheid van God se koninkryk te ken, maar dat na hulle wat buite is, alles deur gelykenisse moes kom. Diegene wat kyk en kyk, en nie sien nie, hoor en hoor en nie verstaan nie, sal hulle nie bekeer nie, sodat hulle sondes nie vergewe sal word nie. Christus verduidelik dan vir hulle die betekenis van die gelykenis: Eerstens moet hulle weet dat God die Saaier is en die fout lê dus nie by die Saaier nie. Lees gerus self die verklaring deur Christus self. Nou verstaan ons die beeld van die pad, die rotsagtige plek en die dorings. Dit is nie die Saaier wat op verkeerde plekke saai nie, maar die “verkeerde plekke” verduidelik slegs hoe die reaksie van die betrokke luisteraars (in die beeld gestel as die plek waar die saad geval het). Alle mense sal nie in die koninkryk van God (ook genoem die hemelse koninkryk) ingaan nie, slegs diegene wat vrug dra, sal gered word. Onthou, ons as verloste Christene het ook die duidelike opdrag van Christus om ook die saad van die Boodskap uit te dra en te “saai”; ons hoef nie die groeiwerk te doen nie, daarvoor sal God self deur Sy Gees sorg en Hy sal die saad laat groei.
Februarie 2019
De Wildt Nuus
Spesiale aanbieding by Kommando Kombuis U word hartlik uitgenooi om die 22ste Maart n spesiale aanbieding deur Spesiale Magoperateur (Recce) Wynand du Toit by te woon. Die lesing word by Kommando Kombuis-restaurant wat in Brits, Noordwes, langs Silkaatsnek op die plaas Hartebeestfontein geleë is gehou. (Slegs 500m van Silkaatsnek Sasol Garage.) GPS koördinate : 25 ‘41´55.5 S 27 ‘52´07.9 E .Die koste beloop R240.00 per persoon wat ‘n heerlike aandete insluit en begin stiptelik om 18:00. Bespreek asseblief voor die 28ste Februarie. Alle besprekings word by Herman 082 789 7665 of per epos: her@mweb.co.za gedoen. Vind ons op Facebook @ “ Kommando Kombuis “
13
14
Februarie 2019
De Wildt Nuus
Die Afrikaanse Protestantse Akademie Registrasienommer: 2002/031756/08 By die Departement van Hoër Onderwys as ’n privaat tersiêre onderwysinstelling geregistreer kragtens die Hoër Onderwyswet van 1997. Registrasiesertifikaat Nr. 1999/HE08/001
Geakkrediteerde Grade BTh vir :
BA vir :
• Predikante
• Onderwys
• Jeugwerk
• Sielkunde
• Berading
• Arbeidsverhoudinge
• Evangelisasie
• Veelsydigheidsberoepe
Nagraadse Onderwyssertifikaat (NGOS) • Seniorfase Gr. 7 - 9 • Verdere Onderrig en Opleidingsfase Gr. 10 - 12
Schola Scripta Basiese kursusse in Latyn vir mense 8 tot 88 jaar KONTAKBESONDERHEDE •E-Pos: bemarking@apa.ac.za • Webtuiste: www.apa.ac.za • Tel: 012 344 3960
Kom studeer by die APA in Afrikaans met ’n visie op die klassieke Christelike tradisie
“Ou Spore - Nuwe Weë”
Februarie 2019
De Wildt Nuus
15
16
De Wildt Nuus
Februarie 2019
Februarie 2019
De Wildt Nuus
17
Koeksoda en gebruike • As jy aangebrande kos vinnig uit ’n kastrol wil verwyder, kan jy dit vul met kookwater waarby twee eetlepels koeksoda gevoeg is. • Asyn of suurlemoen en koeksoda werk beter as Handy Andy is ’n bleik- en ontsmettingsmiddel. • Gooi ’n klein bietjie koeksoda of suurlemoensap by om jellie vinniger te laat stol. • Gooi 1 koppie sout, 1 koppie koeksoda en 1 ketel kookwater in ’n riool wat met vet verstop is. Die vetterigheid los dadelik op. • Hierdie spuitmiddel sal insekte verjaag sonder om hulle dood te maak en is baie veilig in die tuin. Neem 20 Liter warm water, voeg een eetlepel koeksoda en 2 eetlepels Jeyes Fluid by. Vlok een vyfde van ’n steen blouseep in mengsel in en roer goed tot al die bestanddele opgelos is. • Indien troeteldier op die mat geurineer het, gooi koeksoda daarop. Los rukkie en stofsuig soos gewoonlik. Dit sal ook voorkom dat die dier weer daar urieneer. • Kamme sal gou skoon kom as dit ’n rukkie geweek word in warm water waarin 2 teelepels koeksoda opgelos is.. • Koeksoda kan ook aan muf dele gevryf word om af te haal. • Krap die by-angel met ’n mes uit. Maak ’n koeksodapasta en plaas dit op dit steekplek. Dit trek die gif uit. • Maak ’n gevlekte warmfles skoon met 3 eetlepels koeksoda gevul met kookwater. Laat vir 15 minute, spoel en laat om droog te word. • Maak juweliersware skoon deur dit oornag te week in ’n mengsel van koeksoda en asyn. Indien nodig, skrop liggies met ’n ou
tandeborsel. Dit verwyder alle vuilighede sonder om die stene, goud of silwer te beskadig. Moenie perêls oornag week nie - net vir sowat ’n uur. • Om ’n gesnyde pampoen vars te hou, verwyder die pitte en bedek die binnekant met ’n lagie koeksoda. • Om die ou reuk uit bottels te kry, vul met ’n oplossing van water en koeksoda. • Om miere weg te hou, strooi koeksoda of boraks poeier binne kaste en laaie. • Om slegte reuke uit skottelgoedwasser te verwyder – Gooi 4 eetlepels koeksoda onder die onderste rak en sit die wasser op spoel en die masjien vars te kry. • Om te verhoed dat staalwol roes, hou ’n bakkie met water waarin koeksoda opgelos is by die opwasbak en sit die staalwol daarin na gebruik. • Sit ’n bietjie koeksoda in die water om blomme langer vars te hou. • Sit bakkies met koeksoda orals in die huis (veral agter yskas, stoof, onder wasbak, ens.). Die kokkerotte eet dit (en dra dit na hul nes toe). Die vog binne hul lywe maak die koeksoda bruis en laat die kokkerot vrek. • Stowepatats kry ’n mooi kleur as ’n mespunt koeksoda bygevoeg word terwyl dit kook. • Strooi koeksoda in skoene wat sleg ruik – Laat oornag staan. Strooi koeksoda op die aangebrande deel in ’n pot. Maak klam met ’n bietjie water en skrop.
18
De Wildt Nuus
Februarie 2019
Uitstappie na Italiaanse krygsgevangenismuseum Op 13 November vat 13 van ons (9 lede en 4 gaste) die pad Rayton toe om hierdie museum beter te leer ken. ’n Pragtige indrukwekkende ingang en honderd wit kruise begroet ons. ’n Baie vriendelike Italiaanse man groet ons en sê hy is die gids wat die liefdeswerk nou al vir 21 jaar doen. Daar het 94 000 soldate in die oorlog vanaf 1941-1942 geveg. Die museum is in 1943 gestig. Baie van die kruise wat in die tuin staan, is van soldate wat op ander plekke begrawe was en opgegrawe is en hier herbegrawe is. Hier is slegs Italiaanse soldate begrawe. Tydens die oorlog is offisiere Indië toe gestuur en die ander troepe na Suid-Afrika. Hierdie mense het teen die Engelse geveg in die oorlog. Nadat die Duitsers Egipte ingeval en oorgeneem het, is die gevangenes na Suid-Afrika gestuur. Genl. Jan Smuts het gesien hierdie mense is goeie werkers en het besluit dat 900 gevangenes in Suid-Afrika kan bly. My pa het ook 4 van die Italianers gekry wat op sy plaas gewerk het. Ek onthou dat toe ek 9 jaar oud was, kon ek vlot Italiaans praat. Ek onthou vir Juvannie en Bottie en nog 2 wat by ons in die huis gebly het. Van die gevangenes het van Europa met ’n skip gekom wat gesink het. 650 is oorlede en 115 lyke het uitgespoel. Hulle is na Pietermaritzburg gestuur en is saam in ’n groot graf begrawe. Later is hulle opgegrawe en herbegrawe. Daar was selfs ’n sesjarige dogtertjie en haar ma op die skip. Sy was ’n Suid-Afrikaner wat met ’n Italianer van Ermelo getroud was. Die tuin is pragtig met baie wit en rooi rose. Met die baie groen bome weerspiëel dit die vlag van die land. Van hierdie manne het gehelp om Loskopdam, Du Toitskloof-pas, Baines-pas en sir Lowreys-pas te bou. In die museum is pragtige tekeninge deur van die manne gedoen. ’n Groot beeld van die wolf wat die tweeling Romulus en Remus groot gemaak het, pryk ook in die museum. Hulle is in ’n rivier gevind waar hulle ma hulle weggegooi het. Die president van Italië was in 2002 in Suid-Afrika en het die museum besoek en dit as ’n Nasionale monument verklaar. Ons
sien dat van die gevangenes van Zonderwater-gevangenis in hul oranje oorpakke saam met ’n bewaarder in die tuine werk. Ek neem my kans waar en praat met twee van die manne. Die een het 5 jaar tronkstraf uitgedien, maar later sy paroolvoorwaardes verbreek. Nou sit hy weer 5 jaar. Sy familie bly in Eersterus, maar wil nou niks met hom te doen hê nie. Die ander persoon is vir 5 jaar gevonnis. Hy het reeds 3 jaar uitgedien. Hulle sê vir my ek moet nie met hulle praat nie want hulle kan in die moeilikheid kom. Die bewaarder sê vir my dit is reg ek moet nie stres nie. Dit is ’n fantastiese museum om te besoek en meer van ons land se geskiedenis te leer. Hierna vertrek ons na Cullinan en stop by die stasierestaurant. Ons eet heerlik en ons is opgewonde om te hoor dat al die geregte in ’n graaf bedien word. Dankie vir ’n heerlike uitstappie en ons dank aan ons gids wat al so lank na die museum omsien. ’n Pragtige museum om te besoek.
Februarie 2019
De Wildt Nuus
19
VLU De Wildt sluit op internasionale noot af Ons het 2018 se werksaamhede met ’n “bang”afgesluit. Ons is by Carlien Retief se huis en sy is die gasvrou. Carlien dek die lieflikste tafels en die lede kan lekker sit en kuier. Om die internasionale studierigting te behandel is vier lande gekies nl. Holland, Engeland, Hawai en Japan. Lede is in groepe verdeel en elke land moes deur die lede behandel word en uitstallings moes gemaak word van elke land. Lede is mooi aangetrek in die betrokke lande se kleredrag. Ons eet ’n voorgereg van Japan, ’n hoofgereg van Engeland en Holland en nagereg van Hawai. Het julle geweet dat Koning Willem Alexander, ook Claus, George en Frederik heet. Hy is in 1967 gebore. Die dames van Holland sing vrolik aan “Tulips from Amsterdam” en die dames van Hawai doen ’n pragtige Hawaise dans. Elke lid het ’n geskenkie gebring. Ons staan in ’n kringetjie, ruil geskenkies uit en sluit die dag af deur Stille Nag te sing. ’n Wonderlike besige jaar is so afgesluit.
Marie Roux en Trysie Coetzee
Ons projek van die jaar: Phyllis Robertson-tehuis Een van ons lede Lize Venter het ons vertel van die tehuis. Sy het vir ons ’n lys van benodigdhede gebring. Ons lede het besluit op die tehuis omdat hulle werklik baie artikels kort. Ons maak deur die jaar beddegoed, gordyne, komberse, klere en sommer enige benodigdhede wat so ’n tehuis nodig het, bymekaar. Op Woensdag 5 Desember vertrek 8 van ons lede om die artikels te gaan oorhandig. Ons word ontvang deur Jady, die bestuurder, en Benita, die huismoeder. Benita sê sy is 24 uur op diens. Hulle is albei baie in hul skik om te sien wat die dames gebring het. Ons stap deur die baie gange en sien van die inwoners. Almal is in enkelkamers. Daar is 64 inwoners. Die jongste is 18 jaar en die oudste is 73 jaar. Daar is meer mans as vroue. Ons sien ’n jong man wat al verskeie beroertes gehad het. Hy het ’n persoonlike verpleër wat na hom omsien. Die bestuurder noem dat hulle baie waslappe, tandepaste, sjampoe, skeermesse, handeroom, ens benodig. Ons projek vir 2019 sal dus die artikels insluit. Na so ’n besoek is jy weer dankbaar vir dit wat jy in die lewe het en geniet. Ons tel nie elke dag ons baie seëninge nie.
Georgie, Benita, Felicity, Jady en Patricia van Niekerk
20
De Wildt Nuus
Februarie 2019
Februarie 2019
21
De Wildt Nuus
Beste DWN-leser Baie dankie vir u jarelange ondersteuning Neem asb kennis: Ons nuwe Praktyk: BRITS REHAB. is nou geïnkorporeer met BRITS APTEEK Alle Ortopediese voorraad is nou deurentyd beskikbaar Ek sal voortaan beskikbaar wees by die Sessiekamers. U het ’n keuse om u items deur die APTEEK aan te koop of deur ons praktyk Voorspoed vir 2019!
22
Februarie 2019
De Wildt Nuus
HULDEBLYKE Manie Lemmer
Die onverwagte afsterwe van Barrie het sekerlik vir almal van ons as ’n skok gekom. Die een oomblik hoor ons van ’n motorongeluk wat blykbaar nie te ernstig was nie en kort daarna verneem ons van haar ernstige siektetoestand wat binne dae haar dood veroorsaak het. Ons onthou graag hierdie vriendin en gereelde leseres en ondersteuner van ons blad met goeie herinneringe: Sy was altyd so hulpvaardig en vriendelik en haar gesindheid was eintlik aansteeklik. Ek onthou hoe sy elke keer by ons kerk veral tydens sinodesittings by ons kerk getrou diens met die kosbediening gelewer het en hoe sy telkens met entoesiasme aan aktiwiteite deelgeneem het. As ons terugdink aan ons gereelde artikels oor God se raadsplan en oor ons diens aan Hom uit dankbaarheid in ons blad van 2018, was Barrie ’n voorbeeld van diens aan haar Meester. Prof Smit het die roudiens vanuit die APK Wonderboom-gemeente op 20 November 2018 waargeneem en sy skriflesing was uit Romeine 5: 1 -2, 12,13 en 15 met klem op vers 12. Ons sal haar vriendelikheid en glimlag nie maklik vergeet nie en glo dat sy met vreugde haar nuwe ewige lewe binnegegaan het. Langs hierdie weg wil die Redaksie ook weer graag ons innige meegevoel aan al haar naasbestaandes en vriende betuig; die vertroosting en berusting wat slegs ons hemelse Vader kan bied, word vir alle betrokkenes toegebid.
BARBARA MARIA VAN ZYL * 14 Julie 1941 † 15 November 2018
AMC (MARTHIE) DE VILLIERS * 30 Desember 1929 † 7 Januarie 2019 Marthie was ook ’n oudinwoner van ons gebied en die eggenote van Jimmy de Villiers wat enkele maande geledee in 2018 oorlede is. Haar gesondheid was tydens sy begrafnis reeds nie goed nie en nou het sy hom gevolg. Ek onthou ook vir Marthie toe hulle lidmate van my kerk se wyk was en ek jare gelede gereeld by hulle huisbesoek gedoen het. Sy was altyd die vriendelike gasvrou wat ook aan die gebiedsaktiwiteite saam met Jimmy deelgeneem het. Marthie se troosdiens is op 10 Januarie 2019 na die begrafnis in Heatherdale-begraafplaas in die NG Kerk Florandia waargeneem deur ds Cois Pretrius met skriflesing uit Psalm 23. Ons sal Marthie saam met Jimmy onthou as lojale, meelewende en ywerige inwoners van ons gebied. Ons bring ook graag hiermee van ons redaksie se kant vir oulaas ’n groet aan Marthie en ons bede van vertroosting aan haar kinders en alle ander naasbestaandes.
Februarie 2019
De Wildt Nuus
23
24
De Wildt Nuus
Februarie 2019
GELOFTEFEES 16 DES 2018 Manie Lemmer
Ons doen graag verslag oor hierdie 55ste Geloftefees by die Jopie Fourie-terrein. Ons was bevoorreg om ongeveer 200 feesgangers by hierdie fees te ontvang. Ons program het soos gewoonlik met ’n vlagparade olv die voorsitter van die Geloftefeesbestuur begin en daarna is ’n demonstrasie met ’n voorlaaier deur Werner Theron gedoen. Dit was interessant om tydens die demonstrasie te kon sien hoe lank dit duur om ’n voorlaaier na die eerste skoot te herlaai; dit moes baie oefening en vaardigheid van die Voortrekkers geverg het. In die saalafdak wat mooi versier was met memorabilia uit die verlede is die feesgangers daarna byeen om met die sing van volksliedere soos Kent gij dat Volk en andere olv Gawie Rossouw en met begeleiding deur die bekende orrelis en musiekkenner, Eddie Davey, die program verder te voer. Na hierdie hartlike samesang was die geleentheidspreker, Francois van Deventer, aan die woord oor Die goeie nuus van Geloftedag vir Zoeloes, Afrikaners en alle mense en hy het met behulp van ’n rekenaarprogram op die skermmuur sy belangrike boodskap gebring. Francois wys ter inleiding op Ps 78 wat verduidelik waarom ’n gebeurtenis soos Geloftedag belangrik is. Daarom is hierdie feesgangers bymekaar om die gebeure van 180 jaar gelede te herdenk en die Gelofte aan God na te kom. Hy gee weer die geskiedenis van die Groot Trek en die gebeure uiteindelik by Bloedrivier sodanig weer dat dit opnuut vir elke feesganger, kinders ingesluit, baie duidelik ingeprent word. Hy wys dan ook daarop dat Geloftedag ook as gevolg gehad het die kerstening van die Zoeloes en dat dit daarom ook vir hulle van groot betekenis is. Hy wys ook daarop dat ons voorvaders van baie lank gelede ook nie uit die staanspoor Christene was nie en ook hoe die Evangelie na Christus se koms na die aarde in die gestalte van ’n mens, maar wel sondeloos, en terselfdertyd as God en na Sy hemelvaart, na die res van die wêreld versprei het. Ook hoe Jan van Riebeeck as Christen na Suid-Afrika gekom het en hoe die Evangelie alhier verder uitgedra is, maar dat die Zoeloes voor die Bloedrivierslag nog heidene was en eers daarna met die werklike Evangelie gekonfronteer is; vandaar sy stelling dat hierdie slag ook vir die Zoeloes van groot betekenis is. Hy sluit sy boodskap af met die volgende (eintlik onstellende en kommerwekkende) woorde: “Afrikaners het nes die Israeliete van ouds ’n roemryke geskiedenis, maar ons is vandag ’n afvallige volk. Ons moet ons terugbekeer na God wat ons roemryke geskiedenis vir ons moontlik gemaak het. Ons geskiedenis moet ons opwek om weer die eer aan die HERE van die Here te gee en alles wat ons doen, tot sy eer doen.” Francois se volledige toespraak is by my en kan beskikbaar gestel word aan diegene wat dit graag in geheel wil bekom.
Na Francois kom die prediker, ds Ruan Combrink van Betlehem se APK-gemeente, aan die woord. Sy skriflesing is uit Filippense 4: 4 - 9 en die tema van sy preek is Die Held van Bloedrivier. Hy wys daarop dat ons in hierdie land as Boere-Afrikaners van dag tot dag in ’n toestand van angs leef, angs oor ons veiligheid, ons ekonomiese toekoms, ons plase, die toekoms en voortbestaan van ons volk. As Paulus dus sê Verbly jou indie Here, dink ons Paulus kan maklik praat, hy sit nie in ons plek nie. As ons egter besef dat hy hierdie brief aan die gemeente vanuit die tronk skryf, waaruit hy nie veel hoop het om weer te kom nie of indien hy wel daaruit kom, daar waarskylik dieselfde tipe lewe vir hom sou wag wat hy voorheen gelei het. Lees maar hieroor in 2 Korinthiërs 11: 24 - 28. Paulus kon hom wel in die Here verbly omdat hy vrede gehad het ten spyte van sy omstandighede. Hier in Filippense gee hy vir ons raad oor hoe om daardie vrede te besit: Eerstens deur gebed en smekinge: Hier gee hy drie opdragte: Vers 4 Verbly jou in die Here - die eerste reaksie: Blydskap oor Wie in beheer is. Vers 5 Wees vriendelik teenoor almal Moenie dat die situasie getuienis belemmer nie Paulus en Silas bid en sing lofliedere - die tronkbe- waarder se bekering Vers 6 Moenie besorg wees nie, maar bid Wat is ons eerste reaksie in nood? Ons soek oplossings ipv leiding Bid vir die regte sake! Regte inhoud - Jakobus 4 God se koninkryk. Vervolg op bl 25
Februarie 2019
De Wildt Nuus
25
- vervolg van bl 24
Tweedens met danksegging en die regte gesindheid Waak teen die volgende: Om God te verwyt en te dink dat God jou verlossing verskuldig is Die dobbelmasjiengebed waar jy maar aanhou herhaal en dink dat jy darem een of ander tyd iets moet wen Die tipe “outsurance”-gebed waar mense nooit vir iets vra nie en dan as die nood tref, verwag dat die bonus darem uitbetaal moet word omdat hulle hul premies betaal het en nooit geëis het nie. Nou skuld die Here my. Die gemene deler in al hierdie gebede is die fokus op die mens en op”my eie welstand, eer en toekoms”. Die Here verwag van ons gebede met danksegging, want dan verskuif die fokus van my gebed outomaties na God. Nog voor jy vra moet jy al dankie sê vir die geleentheid om te bid. Jy moet ook weet dat jy in nederigheid dankbaar moet wees al is die Here se antwoord nee, want dan is Sy antwoord deel van Sy raadsplan en kom Hy eerste en jou behoefte laaste.
Derdens: Vra bring vrede Die vier belangrike gevolge van die regte soort gebed: God gee vrede, nie noodwendig ’n ja nie Die vrede gaan die verstand te bowe Die vrede bewaar jou hart en sinne Die vrede kom van God in Christus Jesus. Ons is geneig om te glo dat ons volk bestaan agv Bloedrivier en daarom praat mense van die geloftevolk. Ons moet egter begin besef dat die Held van Bloedrivier groter as een volkie is. Ons is nie God se kinders agv Bloedrivier nie, maar Bloedrivier het gebeur omdat daar van God se kinders betrokke was wat in nood verkeer het en wat in nederigheid hulle eie afhanklikheid van God bely het. Hulle het gebid dat die gebeure van daardie dag vir die nageslag van hierdie volk en elke ander volk in hierdie land sal laat weet Wie die ware God is, dat sy Naam oor geslagte heen geëer sal word. Hierdie Voortekkers het in nederigheid neergebuk en hul afhanklikheid getoon, hulle begeerte in gebed en smeking en met danksegging bekend gemaak by God. Vierdens: Tree reg op Dit is die tweede deel van die opdrag: As jy beangs is, bid, vir die res van die tyd: bedink hierdie dinge: Alles wat waar is, eerbaar, regverdig, rein, lieflik, loflik. As jy die genade van God beleef het, en die vrede wat alles te bowe
gaan, in Christus Jesus ontvang het, moet jy mos lewe volgens wat jy in Hom gesien het en indirek in Sy volgelinge en deur sy Woord.
In vers 9 lees ons dat as jy hierdie dinge doen, die God van vrede met jou sal wees. Ten slotte vra ds Combrink die vraag: As ons vandag ’n Bloedrivier moet veg, sal dit wat 180 jaar gelede gebeur het, by ons ook die geval wees? Belangriker nog: Wat gaan ons daaromtrent doen? Toe het die voorlees van die Gelofte by Bloedrivier en die gebed van Jan van Riebeeck deur respektiewelik Bertus du Preez en Douw van Wyk gevolg en daarna is die vier verse van Die Stem uit volle bors gesing. Geskenke is oorhandig en bedankings is gedoen met spesiale verwysing na mev Georgie Louw wat saam met haar wyle eggenoot, Trevor, sedert die inrig van hierdie terrein en eerste Geloftediens in die sestigerjare van die vorige eeu betrokke was en tot onlangs nog lid van die Bestuur was. Volgens tradisie is die lys name van inwoners en feesgangers wat sedert die vorige fees in 2017 oorlede is, deur die sekretaris van die Feesbestuur, Manie Lemmer, voorgelees en vervolgens is die verkiesing van die Feesbestuur vir 2019 deur ds Combrink waargeneem . Die Geloftefeesbestuur vir 2019 is soos volg: Voorsitter Gawie Rossouw (herkies) Ondervoorsitter Bertus du Preez (tevore addisionele lid) Sekretaresse Rachelle Rossouw Penningmeesteres Marie Coetzer (herkies) Addisionele lede Manie Lemmer (tevore sekretaris) Coen Labuschagne (herkies) Marius Louw (herkies) Eddie Davey (in 2018 gekoöpteer) Jan Lemmer Gawie Rossouw (jr) Werner Theron Andrew Wallace Magriet van Heerden (in 2018 gekoöpteer)
26
De Wildt Nuus
Februarie 2019
Februarie 2019
27
De Wildt Nuus
FRIK VOS SURVEY EQUIPMENT
Agents for new and used land surveying instruments and equipment. Specialises in the repair, service and calibration of land surveying instruments as well as survey work. Merle Street Plot 72B Winternest Akasia Pretoria
082 466 8174 082 451 2217
E-mail: frik@surveyinstruments.net
28
De Wildt Nuus
Februarie 2019