Skip to main content

De Wildt Nuus - Des 2019

Page 1

Desember/December 2019

Jaargang 28 No 6 Webtuiste: www.dewildtnuus.co.za


2

De Wildt Nuus

Desember 2019

We sell Pure Raw South African Honey direct from the Beekeeper. Come and visit our unique shop in a tranquil setting for bee products and gifts.

Buzz CafĂŠ @ The Honey Company Coffee Shop Venue Functions Day Conference facilities

Buzz hours for shop: Mon-Fri 08h00-16h45 Sat 08h00-13h00 6 Fundus Estate, Herma Ave, R513, Akasia, Pretoria-North, E-mail: orders@thehoneycompany.net Jeanne 0827794208


Desember 2019

REDAKSIELEDE Manie Lemmer - 082 879 6969 (Voorsitter) Rachelle Rossouw 072 768 0854 (Sekretaresse) De Wildt Helpmekaar Maatskappy Adele du Toit - 071 843 8185 Douw van Wyk 073 833 2105 De Wildt Boerevereniging Hanna Scribante 083 417 4699 De Wildt VLU Georgie Louw - 082 374 6879 Addisionele lede Sannie Lemmer - 082 879 6969 Jan Lemmer 083 256 8266 Marguerite Nel 082 774 2517 Magriet van Heerden 072 092 6460 Kobie Opperman - 076 482 8513 David Proctor Linda Proctor 082 922 7904 Eugene van Staden 073 367 4787 Gertie van Staden 073 091 6035 Drukker: APK Wonderboom 012 527 0513 Wonderboom@apk.co.za

De Wildt Nuus Bankbesonderhede: Rekeningnaam: De Wildt Nuus ABSA Brits Rekeningnommer: 9337490973 Verwysing: Adverteerder se naam + Desember 2019 (noem telkens die naam van die betrokke maand). Epos betalingsbewys manie.lemmer@dewildtnuus.co.za Advertensiegeld moet asb vooruitbetaal word, maw sodra die advertensie versoek of gewerf word. Dankie vir julle moeite. Kontakpersone vir advertensies en grafiese ontwerp: Manie Lemmer Advertensie-ontwerp: R100 Veranderings op bestaande advertensies: R50 ADVERTENSIES IS VOORUITBETAALBAAR

Die artikels in die De Wildt Nuus is nie noodwendig die produk van die redaksie nie, maar van individue. Daarom vereenselwig die redaksie hom ook nie noodwendig met alle uitsprake/menings in die artikels nie.

3

De Wildt Nuus

REDAKSIEBRIEF Liewe lesers Hier in Desembermaand kan ons juig en die Here loof vir Sy groot genade en uitkoms tov welkome reëns; by my meter kon ek die afgelope week (sedert 8 November) neerslae soos volg meet: 42 mm, 40 mm, 32 mm en 30 mm. Ons kan nou saam met die ganse natuur hier in ons gebied juig en vrolik wees, want ons gebede is verhoor en plante wat reeds as dood gereken kon word, kan dalk nou weer na ’n lang droogte herleef. Ons het egter ’n nog belangriker gebeurtenis waaroor ons jaarliks fees vier en ons hemelse Vader dank vir sy groot genade en raadsplan om die mens van sy sonde te red deur sy Seun, Jesus Christus, na die aarde te stuur om hier eeue gelede aan die kruis te laat sterf en so diegene wat glo, se sonde op Hom te neem en vir alle gelowiges redding en die ewige lewe te bewerk, iets wat ons as sondige mense nooit uit eie verdienste kon verwerf nie. Daarom bly Sy geboorteherdenking jaarliks by hernuwing vir ons as mense die beklemtoning van God se liefde vir ons,. Om genoeg advertensies vir hierdie uitgawe te kry, was weer eens werklik ’n senutergende proses. Adverteerders wat skielik in Desember aan die einde van ’n jaar verkies om eers weer in die volgende jaar te adverteer, veroorsaak vir die advertensiewerwers, wat eintlik maar uit die voorsitter van die redaksiekomitee bestaan, groot frustrasie en kommer. Ons was nietemin weer so geseënd dat ons na aan die teiken van 28 bladsye met 4 kleurbladsye kon eindig, en dit wel met behulp van ons lesers se ondersteuning met hul blokkies Kers- en Nuwejaarswense. Ondersteun asb ons adverteerders en toon so ons waardering vir hulle bystand en belangstelling. Die redaksie het ook besluit om in die nuwe jaar 2020 vanaf die Februarie-uitgawe die advertensietariewe met 10% te verhoog en dit word reeds in hierdie blad as ons nuwe advertensiegeld aangedui,

Manie Lemmer

Hierdie verhoging kom na ’n hele paar jaar en word ongelukkig genoodsaak deur verhoogde drukkoste. Ons landbouskrywer, Leon Weber, is gelukkig weer gedeeltelik op die been na ernstige siekte en hospitalisasie, en sy bydrae kan weer gelees word. Ons dank gaan ook aan Laerskool Vissershoek wat weer op spesiale versoek van ons sekretaresse vir ons hulle nuus besorg het.en ons Jongspan-rubriek sal sekerlik binnekort meer belangstelling geniet. Tydens ons vorige redaksievergadering is die moontlikheid geopper om ook ’n rubriek, Nuus vanuit die buiteland (en ook elders in ons land), te begin, want ons blad geniet ook die aandag van heelwat lesers uit ander lande en ook elders in ons land wat dalk lus het om vir ons nuus te skryf; ons hoor graag van hierdie lesers, van wie sommge uit ons eie woongebied na die buiteland verhuis het. Ons bring ook weer vir ons lesers nuus van ons plaaslike inwonersmaatskappy, nl De Widlt Helpmekaar maatskappy (DWHM afgekort), die Boerevereni- ging en die VLU De Wildt-tak. Lesers kan hulself geredelik gesond hou deur die advies van dr Potgieter, kruiedokter en pastorale berader te volg en in ons godsdiensartikel lees ons by herha- ling van die volvoering van Sy raadsplan in die geboorte van Jesus Christus. In hierdie Kerstyd dink ons veral ook aan ons siek vriende en familie en bid almal spoedige genesing of ten minste beter omstandighede toe. Waar ons nou die einde van 2019 vinnig nader, rig ek graag my persoonlike dank aan al ons lesers, adverteerders en ons redaksielede vir nog ’n jaar se goeie samewerking en ondersteuning. Almal word ’n geseënde Kerstyd en voorspoed in die nuwe jaar toegebid, en veral ook veilige en vreedsame vakansiereise en/of tuisverblyf met ’n blad vol leesstof. Groete tot Februariemaand


4

Desember 2019

De Wildt Nuus

INHOUDSOPGAWE Redaksiebrief 3 Lief en leed 4 Bek-en-klouseer 5 ’n Ketting van kleur 5 DWHM Nuus 6 Schietfontein gemeenskapsbiblioteek 7 DWBV nuus 8 DWBV nuus 9 DWBV nuus 10 Alternatiewe behandeling (12) 11

Christus leer die mense dmv gelykenisse(6) 12 Jongspan 13 Groete van Vissershoek-leerders 16 Groete van Vissershoek-leerders 17 VLU nuus 18 VLU nuus 19 Landbousake (3) 21 Akasia/De Wildt Geloftefees 22 Kerswense 23 Belangrike datums 25

LIEF EN LEED

Ons meegevoel met diegene wat leed ervaar het. Beterskapwense aan diegene wat siek was of nog is. Dan is ons ook bly saam met diegene wat lief ondervind of beleef het. Ons wil dit net weer onder u aandag bring dat ons nie onder Lief en Leed nuus kan plaas as iemand dit nie onder ons aandag gebring het nie.

LEED Siek/ Hospitaal Gert Prins Malie Prins Gys Maritz Eileen Els Chris Els Sannie Lemmer Jaco Pretorius Jansie Swanepoel Chris Venter Frankie Jv Rensburg

Oorlede

Dave Bothma

LIEF

VERHUIS

Donovan Smit is gekies om in 2020 aan die 7srugbytoernooi in Dubai deel te neem as deel van ‘n SA-span. Hy is aangewys as speler van die jaar vir 2019.

Poen en Alicia Olivier het die gebied verlaat en woon nou in Midrand. Lammie en Lucea Breet verlaat Patryshoek, voorlopig na ’n kleinhoewe naby Wonderpark. Ons wens hulle voorspoed toe.


Desember 2019

5

De Wildt Nuus

Regering versuim weer pligte met bek-en-klouseer, sê TLU SA Mediaverklaring

Die aankondiging dat Eswatini (Swaziland) die derde buurland is om vleisinvoere van Suid-Afrika te verbied, te midde van ’n nuwe geval van bek-en-klouseer wat in die Molemole-distrik in Limpopo uitgebreek het, voorspel weer baie slegte nuus vir die landbou-uitvoerbedryf. Botswana en Zimbabwe het ook reeds ’n verbod op vleisinvoere van Suid-Afrika geplaas. Die bedryf probeer steeds herstel na die vorige uitbreking van die siekte in die Vhembe-distrik in Februarie vanjaar, toe die uitvoerverbod dele van die wilden vleisbedryf lamgelê en die wolprys skerp laat daal het. Hoewel die regering in Mei aangekondig het dat daardie uitbreking onder beheer is, kon Suid-Afrika die Wêreld Dieregesondheidsorganisasie nie oortuig om die land as bek-en-klouseervry te verklaar nie. Volgens TLU SA se inligting is die onlangse geval in ’n voerkraal opgetel nadat die betrokke bees by ’n veiling aangekoop is. Die departement is nog besig met toetse om die oorsprong te bevestig. “Dit is duidelik dat die maatreëls wat ingestel is om bek- en klouseer te voorkom, nie voldoende is of afgedwing word nie,” sê Mnr Louis Meintjies, die president van TLU SA. “Die verantwoordelikheid daarvoor lê by die staat, wat dus ooglopend die soveelste keer nie sy werk doen nie, met die gevolg dat produsente en die ekonomie daaronder ly. “Ons doen ook ’n ernstige beroep op afslaers van vee om seker te maak waar die diere vandaan kom en dat hulle gesond is,” sê Mnr Meintjies. “Nalatigheid of verslapping van waaksaamheid kan tot groot katastrofes lei.” TLU SA wil graag van produsente wat as gevolg van bek-en-klouseer verliese ly, hoor. Stuur inligting na admin@tlu.co.za.

’n Ketting van kleur Alida Barnard

’n Gemeenskap word gevorm en gevou volgens die insae van sy mense. Hy vorm deel van ’n melodie wat oor berge basuin en op die wind ry. Hy word die ketting wat mense bind. Maar ’n gemeenskap kan slegs sterk wees, as sy mense hom toelaat om sy reis te onderneem met passie! De Wildt is so ’n gemeenskap. Ons is gevorm uit verskillende aanslae van die lewe. Ons word saam gegiet in ’n unieke tregter wat met goud beslaan is. Ons lief en leed weef ons inmekaar in. Ons menswees maak van ons ’n edelsteen. En dit is die rede hoekom ons ketting nie net gevorm word as ’n enkellopende metaal nie, maar as ’n sterk geweefde diamant! Mag hierdie Kersfees ons oë ophelder met die glans van geluk, sodat ons reënboë van voorspoed op ons eie voorstoep vind. Mag ons die akkerboom wees wat eeue lank die aanslae van die natuur weerstaan en sterker word. Mag kinders onder ons speel, beskutting vind en met die geritsel van die blare saamsing. Mag ons as Afrikaner-boerevolk, saam om kampvure sit en luister na die jakkals se gehuil. Want daarin lê ’n boodskap van eenheid en vriendskap wat lewens verryk. Aan die einde van die dag, as sterre beloftes bied van blinker môres, sal ons vind ons is wel voëls van anderse kleure maar ons dra dieselfde vere. Neem dus hierdie Kersseisoen en maak dit jou eie!

ADVERTEER IN DE WILDT NUUS Voorblad in kleur Agterblad in kleur Volblad binne in kleur Volblad binne in swart en wit Halfblad binne in swart en wit Kwartblad binne in swart en wit Agste blad binne in swart en wit Klein in swart en wit

R1265.00 R1125.00 R 950.00 R 665.00 R 385.00 R 290.00 R 200.00 R 115.00

082 879 6969

RAAM DIT Vir die raam van foto’s, sertifikate en kunswerke Faan 072 538 5678


6

Desember 2019

De Wildt Nuus

DWHM ALGEMENE JAARVERGADERING 2019 DWHM Die Algemene Jaarvergadering van die maatskappy het plaasgevind op 16 November 2019 te Jopie Fourie-terrein. Die vergadering het in ’n baie positiewe gees geskied en besprekings was sinvol. Daar is tydens hierdie vergadering eerder vorentoe gekyk as na die verlede en die volgende sake van belang word deurgegee: 1. Ledegeld bly dieselfde en word nie verhoog nie. 2. BBV-lidmaatskap bly voorlopig deel van DWHM lidmaatskap maar gelde word eers teruggehou in ’n afsonderlike rekening totdat duidelikheid verkry is oor ’n aantal kwessies sowel as BBV ledegeld vir 2020. 3. Die Brand– en Veiligheidportefeuljes word saamgevoeg as Risikobestuur. 4. Ter wille van beter kommunikasie oor verskillende sake gaan daar gekyk word om die wyke opnuut saam te stel en te verminder in 2020. 5. Daar gaan gepoog word om minder WA-boodskappe te stuur deur inligting te kombineer waar moontlik. 6. ’n Projek om “Ons eie plekkie” ’n realiteit te maak waar inwoners kan kuier, die kliniek kan kom staan sowel as die biblioteek en nog meer, sal in die komende jaar aandag geniet. 7. Mynbou en ander aktiwiteite gaan goed dopgehou word en opgetree word waar nodig. Sonder hierdie aksies

is daar later nie meer ’n gemeenskap oor vir wie brande of veiligheid belangrik is nie. 8. Daar gaan gekyk word om ’n Waterberaad te hou aangesien daar ernstige waterprobleme oor die gebied ondervind word en ’n ernstige bedreiging vir die hele gemeenskap is. 9. Almal word gevra om die fluitjie-projek te ondersteun. Fluitjies kan teen R10 elk by die kantoor gekry word vir almal insluitend werkers om te gebruik tydens noodsituasie. Direksie 2020 M1—Voorsitter—Adéle du Toit M2—Finansies en Admin.—Elmien Botha M3—Tshwane en dienste—Jan Lemmer M4—Madibeng—Johan Jv Rensburg (gekoöpteer) M5—Maatskappy Sekretaris—Jeanne de Klerk M6—Landbou—Wannie Scribante M7—Bemarking—Juna Niemann M8—Risikobestuur—Sal iemand koöpteer L1—Informasie– en kommunikasietegnologie Douw van Wyk P1—Peglerae—John Wesson W0—Gemeenskap en maatskaplike ontwikkelling Alida Barnard

DWHM STATISTIEK Veiligheid / Safety

Jan Feb Mrt Apr Mei Jun Jul Aug Sep Okt Nov Des Totaal

2013 38 35 48 57 47 60 45 54 14 26 26 8 458

2014 18 21 15 11 34 34 31 18 20 18 15 17 252

2015 18 37 35 29 23 16 26 29 31 23 39 34 340

2016 17 21 28 21 24 23 28 21 33 21 43 48 328

2017 19 23 21 18 22 25 17 15 17 27 32 20 256

2018 24 19 23 25 49 41 52 90 50 58 61 26 518

2019 40 49 54 75 111 101 97 82 50 74

733


Desember 2019

7

De Wildt Nuus

Schietfontein gemeenskapsbiblioteek DWHM Gedurende 2018 het lede van die gemeenskap ’n behoefte aan ’n biblioteek onder DWHM se aandag gebring. Die dorpsbiblioteke is ver en vir party van die inwoners moeilik bereikbaar. Aanvanklike spasie is bekom by die Schietfonteinkompleks en die gemeenskap is gevra vir skenkings. Die reaksie was oorweldigend. Boekrakke is geskenk gekry en boeke stroom steeds in. Hierdie konstante stroom boeke wat steeds inkom sorg dat daar altyd weer iets nuut op die rakke is vir ons gereelde besoekers. Daar is selfs goeie kwaliteit tweedehandse tydskrifte wat gekoop kan word vir ’n minimale bedrag. Die reaksie vanuit die gemeenskap om die biblioteek te kan gebruik, het ook alle verwagtinge oortref. Dit het ’n gereelde weeklikse kuierplek geword vir sommige van ons inwoners en die dames wat hulle diens gratis aanbied om te help om dinge glad te laat verloop, sorg gereeld vir iets saam met die koffie of tee. Elke Donderdag is daar ’n heerlike gemoedelike stemming ten spyte van hitte, stof en seer rûe. Ons boekrakke kreun onder die hoeveelheid boeke en daar sal moontlik binnekort nog rakke bekom moet word. Vakboeke wat slegs beperk uitgeneem sal word, word nou gratis beskikbaar gestel aan studente wat dit kan gebruik. Ons is ook nou in die posisie om ander biblioteke wat ’n gratis diens aan minder bevooregtes en rehabilitasie-

sentrums bied, te kan ondersteun met ’n karton of twee boeke uit die ekstras waarvan ons het. Op hierdie wyse word die goedgunstige bydraes van die gemeenskap gebruik om selfs buite ons grense opbouende werk te kan doen. Bybels wat geskenk word, word deur die bank gratis gegee aan enige persoon wat dit nodig het. Hiermee wil ons elkeen bedank wat op enige manier betrokke geraak het by die Schietfontein gemeenskapsbiblioteek: Elkeen wat iets geskenk het; boekrakke, boeke, tydskrifte, meubels. Jeffrey vir die spasie wat ons tans nog gebruik vir die biblioteek. Elkeen wat kom saam kuier en kom boeke uitneem. En seker die belangrikste: Margaret Hugo, Patricia van Niekerk en Yvonne Jv Rensburg wat sonder vergoeding kom help en regdeur Desember beskikbaar gaan wees omdat hulle dit geniet. Dit toon dat wanneer ons saamwerk sonder verskuilde agendas en tot voordeel van mekaar en die gemeenskap, ons meer kan vermag as wat ons self kon voorsien.

Dienste en herstelwerk van motors en bakkies

Gawie Rossouw 079 196 5445 Hoewe 1, Patryshoek, Akasia ggmotors89@gmail.com Besigheidsure: Ma-Vry 07:00-17:00


8

De Wildt Nuus

Dankie aan De Wildt 4x4 De Wildt bestuur en lede wil graag vir Louis en Alex van der Merwe van De Wildt 4x4 bedank dat ons weer hierdie jaar ons byeenkomste by julle pragtige lapa kon hou. Dankie dat julle hand oop is vir die De Wildt-gemeenskap. Dankie aan Saartjie Schoeman wat gesorg het dat almal se kele nie so droog word van al die praat nie. Dankie aan Sandra vir al haar vriendelikheid elke keer as sy gebel word.

TLU SA kongres 18 en 19 September 2019 TLU SA Sentraalstreek wen weer Sentraalstreek het weereens hierdie jaar die trofee verower as beste streek. Baie geluk aan Lynette du Plessis, sentraalstreekbestuurder en Wannie Scribante sentraalstreekvoorsitter. Kongresverslag: Tydens die Boereverenigingvergadering van 5 November 2019 het Phil Louw verslag gelewer. Dankie aan hom vir sy puik verslag. Lees kongresverslag op bladsy 9.

Desember 2019

De Wildt Boerevereniging bestuur 2020 Tydens die vergadering van 5 November 2019 is daar weer ge-reorganiseer en die bestuur is net so herkies naamlik: Voorsitter: Wannie Scribante Ondervoorsitter: Gertjie Davel Sekretaresse/tesouriere: Hanna Scribante Addisionele lede: Phil Louw, Lood Schoeman en Gert Prins. Die voorsitters van die funksionele werksterreine is: Eiendomsreg en arbeid: Wannie Scribante Veiligheid: Phil Louw Ekonomiese volhoubaarheid: Gertjie Davel Omgewingsbestuur: Lood Schoeman RPO (Rooivleis Produsente Organisasie) Gert Prins Die voorsitter vir die veiligheidswerksterrein se pos was nie gevul nie, maar dankie aan Phil Louw wat aangebied het om dit intussen te doen en De Wildt Boerevereniging by Sentraalstreek te gaan verteenwoordig en al die vergaderings by te woon.


Desember 2019

De Wildt Nuus

9

TLU-kongres 2019 Phil Louw se verslag tydens die DWBV-vergadering op 5 November 2019 “Niks is ooit seker nie!” volgens prediker 11:1. Wat sê: “Waag soms ‘n kans met ‘n belegging. Wie weet, dit verras jou dalk nog eendag.” • Maar moenie al jou eiers in een mandjie sit nie. Versprei dit oor ‘n paar plekke, want ‘n mens weet nooit watter teëspoed jou nog in hierdie land kan tref nie. • Want net soos jy nie weet hoe lewe in ‘n vrou, wat verwag, se buik ontstaan nie, net so min verstaan ‘n mens die werk van God. Net so min verstaan jy wanneer Gees en Liggaam bymekaar kom. • Saai in die oggend, maar ook in die aand, want jy weet nooit watter van die twee gaan opkom nie. Dit laat my dink aan die seuntjie wat gebid het dat die Springbokke die wêreldbeker moet wen. Waarop sy Ma hom gewys het dat hy darem vir die ander span ook moes gebid het. Toe bid hy: “Liewe Jesus, laat hulle ook darem punte kry, al verdien hulle dit nie, maar alleen uit genade.” Amen. Voorsitter, al het ek dit nie verdien nie, baie dankie vir die geleentheid wat my gegun is om die 2019 TLU Konres van 18 September te kon bywoon. Ek waardeer my insluiting opreg. Die storie van hoop van Anette: “Die Mossie van Bethulie,” wat daartoe gelei het dat generaal Smuts dit op die “Sent”-muntstuk laat aanbring het, herinner ons nie net aan die TLU se Manifes nie, maar ook ons medeverantwoordelikheid: Maak keuses; Neem besluite; en Handel. Carpe Diem – Gryp die dag / die geleenthede aan, was die boodskap van die dag. Mnr Louis Meintjies het gedurende sy Presidentsrede ons herinner dat ons moet oplet en luister na “die Tyd en Geleenthede” waarna Prediker verwys en dat ons die lewe moet geniet voordat dit te laat is. Die hoofpunte van sy rede het die volgende ingesluit: 1. Dat die kommersiële boer nie alleen verantwoordelikheid kan aanvaar vir die land se voedselsekerheid nie. 2. Dat die regering se fokus op Partysekerheid en politieke gewin gerig was, daarom die klem op grondhervorming. 3. Dat die TLU en die boer se grootste uitdaging oplossings was wat volhoubaar is. 4. Hy het gesê dit was nodig om die ANC se beleid bloot te lê mbt hulle paralelle bestaan. 5. Hy’t die verskille tussen die kommersiële en bestaansboere uitgelig en het beklemtoon dat laasgenoemdes nie die oplossing vir voedselsekerheid is nie. 6. Die vraag na Landbougrond was nie so groot soos vir grond weens verstedelikking nie. Die ontvolking van die platteland en toestroming na die stad was ‘n groot probleem vir die regering. 7. “Kos oppi tafel” was vir almal ewe belangrik en noodsaaklik. 8. Dat die TLU ‘n dinamiese organisasie is wat gedurigdeur vernuwe, en dat die huidige fokus die vernuwing van Denke, Doen, Gerigte Fokus en die werwing van ‘n addsionele 2000 lede ingesluit het. 9. Beplande veldtogte om mense meer bewus te maak van die TLU en sy werksaamhede dmv “social media” het deel van die werkswyse geword.

10. Plaasmoorde was onaanvaarbaar! Dit is ook deur ander lande en Nederland bekragtig, en die bewusmaking in die buiteland bly noodsaaklik. 11. Die Kragdag en Boere Mediasuksesse is ook uitgelig. Asook die stigting van ‘n Korporatiewe Bank waarvoor 200 aandeelhouers benodig word wat ten doel het om boere te help met insetkostes. 12. Almal is van die TLU Welsynslessenaar herinner tov versekering en persoonlike versekeringsbehoeftes. 13. Daar was ‘n oproep dat Veiligheidskomitees instand gehou moet word, en dat gemeenskappe o.a. ook vir hul eie veiligheid verantwoordelikheid moet aanvaar. 14. Waterskaarste was ‘n groot uitdaging. Heelwat is reeds gedoen deur samewerking en meer effektiewe waterverbruikmetodes om besparing mee te bring, vis-à-vis onder andere besproeiing. 15. Die voorgenome nuwe belasting op landbougrond was ‘n bedreiging vir boere se bestaansreg wat teengestaan moes word. 16. Die Jongboere se toetrede tot die voorgrond, hul inisiatiewe, projekte, energie en toewyding is raakgesien en is baie verblydend. 17. Die sukses van Suid Afrika lê ook in die sukses van die Kommersiële Boer. 18. Bly of Ry? Hierdie vraag is op baie se lippe. Hy’t gesê die toekoms sal in die volgende 5 jaar bepaal word want in dieselfde tyd sal die bevolking van 55 tot 80 miljoen mense aangroei. Juanita Vorster, ‘n Veranderingskundige, het ‘n begeesterde aanbieding gedoen oor die praktiese benutting van tegnologie. Sy het kongresgangers uitgedaag met: 1. Watter tegnologie bestaan? 2. Wat is beskikbaar? 3. Wat is moontlik? 4. Wat is volhoubaar? Ook in die toekoms? Wat duidelik was, is dat ‘n groeiende gesondheidsbewuste wêreld en samelewing van die boer gaan eis om verantwoording te doen oor sy insette, produksie en/of verwerkingsprosesse. Daarom was dit belangrik dat die boer moes kennis neem van die TOE vs die NOU vs die DAN en hoe tegnologie ‘n groter rol in die bestuur van voedselproduksie gaan speel in die toekoms. Ulrich Joubert ‘n bekende ekonoom het die vergadering toegelig oor die ekonomie met ‘n Landbou Fokus en die volgende beklemtoon: 1. Die inflasiekoers wat laag bly. 2. Die effek van die wêreld se rentekoers wat tussen 1 – 0,1% is. 3. Hoekom SA aantreklik is as ‘n beleggingsbestemming. 4. Hy’t beklemtoon dat SA steeds beleggingsgeleenthede bied nieteenstaande die heersende ekonomiese klimaat omdat die rentekoers op plaaslike beleggings steeds tussen 6- 8% opdis teenoor die 0,5 - 1,5% elders in die wêreld, en ook omdat dit maklik is om jou geld weer terug te stuur na die land van herkoms. Dr. Philip Theunissen, ‘n Rekenmeester en Landbou-ekonoom het geldsake bespreek en die verhouding tussen Hulpbronne, Kapitaal, Arbeid, Entrepreneurskap, Bates, Rente, Kapitaal en Kapitaalwins toegelig.


10

De Wildt Nuus

Desember 2019

-vervolg vanaf bladsy 9

Rentmeesterskap is ‘n integrale deel van ons mensewees, en sal ons almal seersekerik eendag verantwoording moet doen vir dit wat aan ons toevertrou was. Ek sal ons lede aanraai om meer as een “slim” rekenmeester te raadpleeg alvorens jy ‘n besluit neem hoe om jou hard verdiende geld te bestee. Terence Corrigan, ‘n Projekbestuurder by die SA Instituut vir Rasse-aangeleenthede, het ‘n mens rede gegee om na te dink oor die politieke klemverskuwings mbt eiendomregte, ekonomiese groei, die geskiedkundige impak van van aparte grondbesit en regte, ensomeer. Hy’t die volgende aspekte en gevolge aangeraak: 1. Die behoud van eiendom en eiendomregte as ‘n integrale deel van ekonomiese groei. 2. Die ontaarding of verlaging van eiendomsregte mbt die regte van besit of eienaarskap. 3. Die “1912 Baseline” van die ANC se beleid mbt eiendom en grondbesit. 4. Die effek en impak van kolonialisme en die ontwikkeling van Afrika deur blankes. 5. Die ontginning van rykdom en weelde, asook die uitbuiting van die swart bevolking deur blankes. 6. Alhoewel Mandela en Mbeki bereidwillig was en begin het om alternatiewe tov die kommunistiese idiologieë te oorweeg, het die ANC Linkses vs die Plunderaars hierdie vordering gekelder. 7. Hy’t beklemtoon dat sodra die reg tot eiendomsreg nie meer bestaan nie, dan belemmer dit beleggingsvertroue en word dit ‘n

teenvoeter vir enige beleggingsoorwegings. 8. LW: Hy’t beklemtoon dat 80% van alle Suid-Afikaners gematigde mense is en wil dat eiendomsregte behoue bly. Een van die hoogtepunte ten tye van die afsluiting was die oorhandiging van die Fondsinsamelingprojekte wat sowat 2 jaar gelede deur die Devon Boere Unie geinisieer is. Hierdie jaar het Devon R624,123, Suikerbos Rand R150,000 en die Jongboere R30,000 aan TLU oorgedra. Dit wys net wat moontlik is as ons boere saamstaan.


Desember 2019

De Wildt Nuus

11

Alternatiewe behandeling (12)

DIE “STERK MANNE WAT KROM WORD” Dr Marius Potgieter (Kruiedokter en pastorale berader)

Dit is die naam wat die Prediker in hoofstuk 12: 3 gebruik om die beenstelsel van die bejaarde mens aan te dui. Dit is egter nie slegs bejaardes wat al hoe meer aan osteoporose ly nie – selfs jonger mense het probleme met beendigtheid en meegaande probleme. Die meeste mense dink dat die beendere dood is, maar dit is heeltemal verkeerd: dit is lewende materiaal wat voortdurend verweer en weer opgebou word. Met osteoporose is daar algaande ‘n verlies van minerale asook die proteïen-matriks van kollageen. Daar is allerlei voeding nodig vir die beenbou onder invloed van hormone soos estrogeen en progesteroon. Wat is die risikofaktore vir osteoporose? Die volgende mag ‘n rol speel: *swak dieet; *gebrek aan oefening; *tekort aan progesteroon. Hoe kan osteoporose gekeer of verminder word? Die volgende is belangrik: *Eet diere-proteïen maar nie te veel nie; ‘n volwassene het nie meer as 40 tot 60 gr vleis per dag nodig nie. Meer as dit kan suurvormende afvalprodukte veroorsaak; dan moet dieliggaamkalsium uit die bene gaan haal om as buffer die suurvlak van die bloed te balanseer. *Eet kalsiumryke kos soos groen groente (spinasie; brokkoli, kool, boerkool, ens.). Dit bevat ook van die ander mine-

rale wat die beenstelsel nodig het. Pasop vir melkprodukte: dit het nie die beste opneembare kalsium nie en is saamgestel vir ‘n dier en nie ‘n mens nie. *Sorg dat daar genoeg maagsuur is vir vertering; ouer mense se maag skei nie meer soveel maagsuur af as vroeër nie. Drink ‘n eetlepel rou, ongefiltreerde appelasyn (nie helder nie) in water voor elke ete. *Pasop vir kalsium-aanvullings! As daar nie genoeg magnesium, vit D3, vit K en boron daarmee saam gebruik word nie, kan dit nie deur die liggaam opgeneem word nie en kan dit in die are en op die hartkleppe geplak word – met ernstige gevolge. *Ander aanvullings help om been te bou: mangaan, sink, koper, silikon, vit B6, folaat en vit C. Kruietee van ‘n mengsel van perdestert, salie, lusern, hawer en peperment, is ryk aan minerale vir beenbou. *Weefselsoute Calc fluor (nr 1), Calc phos (nr 2) en Silica (nr 12) kan help met die absorpsie van kalsium. *Oefening soos stap, fietsry, tennis, gewigoptel en op springmat spring maak ook been sterk. Hou die sterk manne regop! Elkeen kan iets doen om gesonder te word en te bly; moenie selfbejammerend jouself as ‘n prooi van die onafwendbare sien nie!


12

De Wildt Nuus

Desember 2019

Christus leer die mense dmv gelykenisse (6) Manie en Sannie Lemmer Lees Lukas 2: 1 - 20 Die wondergeboorte van ons Verlos- ser wat later talle mense sou leer deur middel van gelykenisse Deur die loop van 2019 het ons tevore reeds in 5 gedeeltes klem laat val op sommige gelykenisse, verhale wat Christus aan die mense vettel het om aan hulle die werking van die hemelse koninkryk te verduidelik, lesse wat die toehoorders sekerlik lank sou kon onthou en wat hulle aan sy lippe laat hang het. Dit word bewys deur die reuse skares wat oral om Hom vergader het. Hy het soos Hyself gesê het, gekom het om te soek en te red wat verlore is. Kyk maar in Lukas 19 na Sy antwoord aan die Fariseërs oor sy tuisgaan by Saggeus, die tollenaar. Dit is interessant om te weet dat agt-en-dertig gelykenisse opgeteken is en dat sestien daarvan oor die mens se gesindheid oor geld en stoflike dinge gehandel het. In ’n kerkjaarboek van vanjaar lees ons onder andere die volgende: “God se herskeppingswerk deur Christus is wêreldomvattend en omspan die hele lewe en daarom is ons gesindheid jeens die stoflike dinge van groot belang vir ons godsdienstige lewe.” Christus het as mens gekom om onder mense te woon, maar Hy is ook God wat die leefwyse van die mense ook self kom ervaar het. Daarom kon Hy met sy goddelike wysheid die mense, die skynheilige en selfvoldane Fariseërs inbegrepe, leer waar hulle gedwaal het en hoe slegs Hy, Seun van God, hulle van hul sonde kan bekeer en hulle sodoende gered kan word. Ons het probeer aantoon hoe God se raadsplan deur die Ou

Testament ontvou het en hoe profete, rigters en ander leiers God se volk telkens gewys het op hul verkeerde weë en hulle gemaan het om na God terug te keer. Die volk is deur God gestraf, selfs talle deur skielike en onverwagse dood en ook deur verskeie ballingskappe. Hy het egter telkens weer Sy genade betoon en diegene wat na Hom teruggekeer het, as deel van Sy volk aanvaar. Nou gaan ons weer Kersfees herdenk, nl die geboorte van die Verlosser wat op vele plekke in die Ou Testament as deel van God se raadsplan tot redding van gelowige mense uit hul sonde voorspel is. Hierdie geboorte sou lei tot Christus se uiteindelike doel in die raadsplan, nl Sy kruisiging en opstanding en daarna Sy hemelvaart vanwaar Hy weer sal kom om te oordeel oor almal. Vanaf Sy geboorte was hy verneder, as ons dink aan Sy geboorte in ’n nederige deel van ’n herberg en dit alles het Hy as die wil van Sy Vader vrywillig beleef om nl te soek en te red wat (andersins) verlore sou wees. Om ’n mens se geheue telkens te verfris, kyk of jy dalk ’n lys kan maak van al die plekke waar God in die Ou Testament telkens Sy volk weer genadig was, al het hulle hul rug op Hom gedraai, en ook waar oral in die Ou Testament Christus se koms voorspel was. Laat ons dan ook almal vanjaar nie maar net vrolik wees en onbewus slegs partytjies hou nie; laat ons eerder met ons geskenke aan mekaar ook die Here dank vir die grootste onverdiende geskenk wat Hy ons as mense ooit kon gee, nl verlossing van die sonde en ’n ewige lewe.


Desember 2019

13

De Wildt Nuus

Jongspan

Rachelle Rossouw

Ons wil graag die skoolgaande leerders uit die omgewing uitnooi om vir die Jongspan-rubriek te skryf. Die redaksiespan poog om die jongklomp ook te betrek by die nuusbrief en wil graag ‘n platvorm bied waarhulle ook kan bydra. Enige opstelle, toesprake, gedigte of oulike kopkrappers is welkom. Stuur asb vir my ‘n epos na rgrossouw16@gmail.com om jou stukkie skryfvernuf in die volgende uitgawe die lig te laat sien. In die vorige uitgawe was ons sommer bietjie lus vir ‘n woordspeletjie in die vorm van ‘n blokkiesraaisel uit die Bybel (1953). Kon jy dit voltooi? Die antwoorde verskyn hieronder. aan loer gerus of jou antwoorde reg is. Ons maak in volgende jaar weer so!! Aan al die Jongspan-lesers: Geniet die vakansie! As jy te veel tyd op jou hande het hierdie vakansie, gryp gerus ‘n boek om te lees - dalk is jy dan volgende jaar bietjie slimmer... Wie weet!

Antwoorde vir Oktober se Blokkiesraaisel AF 1. Aser 2. Gad 4. Simeon 5. Ruben 6. Dan 10. Josef

DWARS 3. Issaskar 7. Juda 8. Levi 9. Benjamin 11. Sebulon 12. Naftali

Deur Leoné Malan, Graad 6 Laerskool Viisershoek Kunswedstryd kreatiewe skryf

Ek is 100% plaasnooi! Een van my gunsteling items is ‘n kruiwa. Jy sien, ‘n kruiwa is baie veeldoelig. Ek laai sommer enige iets daarin.

ADVERTEER IN DE WILDT NUUS Voorblad in kleur Agterblad in kleur Volblad binne in kleur Volblad binne in swart en wit Halfblad binne in swart en wit Kwartblad binne in swart en wit Agste blad binne in swart en wit Klein in swart en wit

‘n Kruiwa met sy vrag!!

R1265.00 R1125.00 R 950.00 R 665.00 R 385.00 R 290.00 R 200.00 R 115.00

082 879 6969

My liefste bruin brakkie is so ‘n item en sy kom sommer alreeds as sy die kruiwa se geluid hoor. Sy spring self in en soms maak ek ‘n hemelse bed vir haar in die kruiwa. Dan is haar landing ook murgsag in die kruiwa. Sy besoek droomland dan blitsvinnig, terwyl ek haar soos ‘n dienskneg gedwee in die kruiwa stoot. Die ander honde staar dan met verlangende blink ogies na ons. Ek weet net waarom: jaloesie! Ek het al probeer om al vyf ons hondjies in die kruiwa te vervoer en dis nou vir jou ‘n vrag vol! Gelukkig is die pogings meestal net van korte duur. Dan is dit weer net my vierpootpellie as my kruiwa se vrag!


14

De Wildt Nuus

Desember 2019


Desember 2019

De Wildt Nuus

ART CLASSES, WORKSHOPS and EVENTS presented by renowned Professional Artists and Tutors

Franci and Cindy du Plessis

15


16

De Wildt Nuus

Desember 2019

Groete van al die Vissershoek-leerders!

Ons plant bome! Omdat ons as Vissershoek-kinders die natuur baie liefhet, het ons gevoel dat ons weer ’n paar bome wou plant. Dit is gedoen omdat ons almal slim genoeg is om te weet dat die aarde gebuk gaan onder aardverwarming en dat bome hierdie “siekte” van ons planeet se medisyne is. Mnr Gerhard de Jager het by die stad Tshwane vyf Essenhout bome of soos hulle in Engels bekend staan “Cape Ash” bome as ‘’n skenking gekry. Oom Pierre du Plessis het dit vir ons gaan haal by Booysens Kwekery. Ons het opgedeel in groepe en vyf van hierdie bome geplant waar daar in ons skool se tuin bome was wat al gevrek het van ouderdom. So ons het al bome wat nie meer kon bydra tot die aarde se gesondheid nie, met nuwes vervang. Hierdie Essenhoutbome is immergroen en word tot 15m hoog wanneer hulle volgroei is. Tans het ons ’n watertekort by die skool maar die kinders spring fluks is in bring water van hul huise om elke dag die bome water te gee. Oor ’n paar jaar gaan hulle vir ons alreeds lekker koelte gee in hierdie warm somers. Dankie aan al die kinders, onderwysers en BL-lede wat hiermee gehelp het.

Ons leiers vir 2020!

Soos dit ons tradisie is elke jaar het ons weer hierdie jaar 10 leiers gekies. Eerstens baie geluk aan hulle en baie sterkte vir die jaar wat voorlê. Baie geluk ook aan hul gesinne met hierdie groot prestasie. VLNR - Gerrie Oosthuizen (Hoofseun);Clarence Botha; Richardt Beytell; Jay Milleham; Tiaan Henrico; Elrie Louw (Hoofdogter); Hantonè du Plessis; Leonè Malan; Liza Vorster; Jana Botha


Desember 2019

17

De Wildt Nuus

Groete van al die Vissershoek-leerders! Ons lees lekker onder die boom Omdat ons skool so in die natuur geleë is, kan ons mos nou in stilte onder die boom na ‘n storie luister wat Juffrou vir ons lees. Waar in die wye wêreld sien mens dit nog? Ons kinders is regtig so bevoorreg!

Merietetoekennings Seniors Dux leerder 2019 - Fransie Burger Veelsydigste Leerder van die jaar - Fransie Burger Hoofseun - Gerrie Oosthuizen Hoofdogter - Elrie Louw Victor en Victrix Ludorum 2019 Fransie Burger en Edie van Zyl Senior atleet Dogters Edie van Zyl Senior Atleet Seuns Phillip Olivier Landloop Dogter van die jaar Jandri Both Landloop Seun van die jaar Dean Both Netbalspeelster van die jaar Hantonè du Plessis & Jana Botha Rugbyspeler van die jaar Kevin Erasmus Sagtebalspeelster van die jaar Hantonè du Plessis Krieketspeler van die jaar Fransie Burger Sportvrou van die jaar Edie van Zyl Sportman van die jaar Fransie Burger Welsprekendheid Robbie Burger Kultuurleerder van die jaar Leonè Malan Senior Diamant Trofee Leonè Malan

Merietetoekennings Juniors Dux leerder van die jaar Anemie Henrico Veelsydigste leerder van die jaar Marnè Schoeman Victor Ludorum Bonolo Malatse Victrix Ludorum Melandri van Wyk Seunsatleet van die jaar Bonolo Malatse Dogtersatleet van die jaar Melandri van Wyk Dogterslandloper van die jaar Anemie Henrico Welsprekendheid Anemie Henrico Kultuurleerder van die jaar Marnè Schoeman Diamant Trofee Miandri Ysel


18

De Wildt Nuus

Desember 2019

Omgewingsbewustheid: Ons leer meer van bye Martie Marx, ons sameroepster van Omgewingsbewustheid, stel ons spreker Jeanne de Klerk van The Honey Company voor. Sy kom met ons oor bye en heuning praat. Haar skoonpa het die besigheid 60 jaar tevore as ’n stokperdjie-byeboer begin toe hy nog ’n skoolhoof was. Haar man Tinus het dit 28 jaar tevore oorgeneem en dit bedryf as Magalies-byeboerdery. In 2006 stig hy The Honey Company wat ’n filiaal van Magalies boerdery is. Die besigheid is tweeledig waarvan bestuiwing en kaste met bye wat uitverhuur word na plekke waar daar gewasse is soos bv aalwynplaas, sonneblom-, aarbei-, uie-, kersieboorde, appels- perskeboorde, en in die bosveld waar die blinkblaar-wag-’n-bietjie en ander doringbome blom. Dit is die hoofbron van inkomste van die besigheid en dan die ander deel van die besigheid, die heuning. Jy kry verskillende soorte heuning afhangende waar die kaste staan. Almal het seker gehoor van die heuning wat so ’n paar jaar gelede van China af ingebring is wat nie eintlik regte heuning is nie maar suikerstroop. Op die etiket staan “irradiated” of bestraling en as jy die Country of origin lees sien jy dis nie Suid-Afrika nie. Goeie regte heuning kan by die boeremark of by byeboere self gekoop word. Rou heuning kan gebruik word om wonde te genees. Al die heuning wat hulle in hulle winkel verkoop is suiwer, rou heuning. Dit is nie gefilter of verhit nie. Daar kan soms nog klein stukkies was in heuning wees. Jy kry verskillende heuning soos bv. vloeibare heuning in bottels, versuikerde heuning wat alreeds begin versuiker het, dan kry jy heuningkoek wat redelik skaars en baie gewild is. Enige rou heuning versuiker. Wild flower en Macadamia heuning versuiker vinnig. Sitrus- en avokadoheuning neem langer om te versuiker. Gebruik heuning in plaas van suiker in jou kos, koffie ens. Avokadoheuning is bv nie so soet soos sonneblomheuning nie. Die medisinale gebruik van heuning Heuning bevat baie antioksidante. Hoe donkerder die heuning is hoe meer antioksidante bevat dit. Heuning is anti-inflammatories, antisepties, antibakteries

en ’n natuurlike antibiotika. Gebruik rou heuning vir oop wonde en veral vir brandwonde. Heuning versterk jou immuunstelsel, verlaag jou cholesterol en bloedsuikervlakke. Uit die byekaste haal hulle ook propolis. Dit is ’n donker swart korrelrige residu wat baie goeie medisinale waarde het. Dit help vir enige iets. Propolis is ’n harsagtige stof wat bye van die blomknoppe en groeipunte van plante versamel om hul korf waterdig, steriel en infeksievry te hou. Hulle verkoop ook produkte van Simply Bee en byewas. Hulle het ’n teetuin met ’n lokaal wat gebruik kan word vir klein funksies. Die winkeltye is weeksdae van 8uur tot kwart voor vyf en Saterdae van agt uur tot een uur. Op Dinsdag 12 November 2019 besoek 12 lede The Honey Company. Patricia van Niekerk het die uitstappie vir ons gereël. Ons kuier heerlik by pragtige gedekte tafels in hulle nuwe lokaal. Mnr Tinus de Klerk kom praat met ons oor die bye en wat hulle boerdery alles behels. Ons geniet ’n heerlike suurlemoen en heuningdrankie Daar is heerlik gesmul aan die heerlikste quiche met gebraaide sampioene, klein tamaties, slaai en brood. Die dames kon nie wag om in hulle pragtige winkeltjie te snuffel en te koop nie. Dankie Jeanne en Tinus dat julle ons meer van bye bewus gemaak het. Mag The Honey Company van krag tot krag gaan.


Desember 2019

De Wildt Nuus

19

Kuns en geskiedenis: Noot vir Noot Vandag speel ons Noot vir Noot. Elmar en Annelie stap die saal in met klanktoerusting, rekenaar en ’n mikrofoon. Voor die vergadering het Rita Fourie die sameroepster van die dag gevra dat elke lid R5.00 moet saambring. Die dames word in twee spanne verdeel en word die Koeksisters en die Melkterte genoem. Daar is ses kategorieë waarvan een kategorie op ’n keer gekies kan word vir die speletjie nl Kunstenaar, Liedjie, Klassiek, Flieks en Tv, Geestelik en Uit die oude doos. Groot besluite moet geneem word deur elke span om te besluit watter kategorie word gekies. ’n Heerlike speletjie volg en dit is nogal goed om te sien hoe goed die dames hulle musiek ken. As die span korrek geraai het word R5.00 in die bussie gegooi. Die fondse gaan op die ou end vir die tak. Lede het dit so geniet en het op die einde gevra dat hulle nog 2 speletjies wil speel. ’n Heerlike oggend met musiek en die speletjie wat elke lid geniet het. Dankie Rita vir jou reëlings. Dit was groot pret.

Elmar en Annelie, die aanbieders van Noot vir Noot.

DIE WAARDE VAN BEWARING VAN DE WILDT-NUUSBLAAIE Manie Lemmer Ek is tans besig om my ou kopieë van ons kontreiblad kronologies te herverpak, omdat ek stadig maar seker moet gereedmaak vir verhuising na ’n kleiner woonplek of dan wel afskaling van alle bewaarde items in ons huis. Toe kom ek weer af op ’n enkele eksemplaar van Oktober 2008 en lees op bladsy 6 al die belangrike besluite van die negende Algmene Jaarvergadering van ons inwonersmaatskappy (DWHM). Ek lees van die samevoeging van organisasies onder die vleuels van DWHM; dit kan dalk van waarde wees as mense wat nou graag weer verskillende aktiwiteite probeer verdeel en afsonderlik laat funksioneer, hierdie hele relaas op bladsy 6 en 7 wil lees. Verder lees ek van Gertjie Davel se Oproep om Samewerking in dieselfde uitgawe. Hierdie brokkie nuus is slegs bedoel om lesers se belangstelling en nuuskierigheid te prikkel. Ons blad bly deel van ons geskiedenis.


20

De Wildt Nuus

Desember 2019


Desember 2019

De Wildt Nuus

21

LANDBOUSAKE (3) Grond

Leon Weber - landboukonsultant

Daar is omtrent nie een huishouding in die De Wildt-gebied of dit ‘n huis, ‘n kleinhoewe of ‘n plaas is wat nie een of ander plaasdier het wat gevoer moet word nie. Van ‘n hanslam, wat nou ‘n skaap geword het of ‘n melkkoei of ‘n varkie of ‘n bees of skaapkudde - almal moet gevoer word. Met die voer van plaasdiere moet voorsiening gemaak word vir twee kategorieë vee wat verskillende voedingsbehoeftes het naamlik: HERKOUERS: Dit is alle diere wat herkou (beeste, skape, bokke en feitlik al die wildsoorte). Herkouers kan baie laer kwaliteit en goedkoper voere benut soos gras, hooi, strooi, groente, blarereste, ens - alle voere wat vesel bevat. Veselryke voere is ook altyd goedkoper. Die herkouer bevat ‘n grootpens waarin miljoene mikro-organismes (mikro fauna en flora) voorkom wat die vermoë het om vesels (sellulose), wat vir mense onverteerbaar is, te verteer en beskikbaar te maak vir die dier as proteïne en koolhidrate om van te leef en te produseer (melk, vleis en wol, ens). NIE-HERKOUERS Die vark is die enigste nie-herkouer plaasdier. Die vark het ‘n spysverteringstelsel soortgelyk aan die mens wat ook nie vesel, kan verteer nie. Die vark en die mens moet net proteïenryke en koolhidraatryke voedingstowwe inneem en ‘n beperkte klein hoeveelheid vesel. Dit is gewoonlik die duurder kosse in vergelyking met gras, hooi, ens wat herkouers vreet. Die vark sal byvoorbeeld feitlik net kosse soos grane (mielies, koring) groente, vrugte, ens kan eet en nie hooi en veselryke kosse nie. Die verskillende plaasdiere asook ouderdomme en funksie het verskillende vlakke van proteïne nodig. VOORBEELDE VAN GEMIDDELDE PROTEïENBEHOEFTES VAN VERSKILLENDE PLAASDIERE PLAASDIER % PROTEïEN IN RANTSOEN Volwasse koei 10 % Kalf wat groei 12 % Lakterende koeie 12 – 17 % Skaapooi 10 % Skaaplam 12 % Lakterende ooi 12 % Skaapram 9% Varksog 9 % Lakterende sog 13 % Varkbeer 9% Groeiende varkies 13 % GEMIDDELDE PROTEïENINHOUDE VAN ‘N PAAR ALGEMENE VOERE VOER RU PROTEïEN % Vismeel 60 %

Grondbone oliekoekmeel 45 % Soja oliekoekmeel 45 % Katoensaad oliekoekmeel 40 % Geelmieliemeel 10 % Hawer graanmeel 11 % Hominey Chop (mieliekiemmeel) 11 % Mieliesemels 9 % Koringsemels 11 % Lusernhooi (jonk gehooi) 15 % Lusernhooi (met blomme gehooi) 12 % Weiding lente (groen, jonk) 10 % Weiding winter droog (soetgras) 7 – 8 % Weiding winter droog (suurgras) 4 – 5 % Erasgrostishooi (goed bemes, jonk gehooi) 13 – 14 % Erasgrostishooi (swak bemes, ryp gehooi) 7% Bloubuffelhooi 8 % Smutsvingerhooi 9 % Grondbonehooi 9 % Koringstrooi 4 % VOER RU PROTEïEN % Mieliestronke 5 % Sorghumhooi (stronke) 5% Sojaboonhooi 5 % Tefhooi 8 % Deur dus net droë veldweiding te hê, kan ‘n groeiende kalf, ‘n groeiende skaaplam of ‘n melkkoei nie daarop produseer en kondisie behou nie. Dit benodig addisionele proteïen wat deur ‘n aanvullende rantsoen voorsien moet word of ‘n goeie lek (in die volgende uitgawe sal lekke volledig bespreek word). Op groen weiding in die lente is dit wel moontlik om beperkte groei en produksie te bewerkstellig. VARKE ‘n Droë sog en ‘n beer sal met 10 % proteïene oorleef maar sodra die sog lakterend word en die klein groeiende varkies soog, benodig sy tenminste 13 % proteïene. Groente-afval het wisselende proteïenvlakke maar is gewoonlik onvoldoende vir groeiende varke. Neem kennis dat ‘n vark nie meer as 10 – 15 % vesel kan vreet nie. Om enige plaasdier dus aan te hou moet gekyk word na sy voedingsbehoeftes en in die besonder proteïenbehoefte en die voeding moet by dié dier se behoefte aangepas word vir resultate en ook om die dier nie te laat swaar kry nie. Hou gerus u plaasdiere aan op die werf of agterplaas maar neem kennis van die spesifieke voedingsbehoeftes en begin betyds met veral proteïenaanvullings of proteïenbevattende voere om aan die proteïenbehoefte van elke kategorie dier te voldoen. Vir enige advies skakel my gerus by 083-3267181.


22

De Wildt Nuus

Desember 2019

AKASIA/DE WILDT GELOFTEFEES: 16 DESEMBER 2019 (56 STE JAAR) 1. WAAR? JOPIE FOURIE-TERREIN Op die R513-pad vanaf Pretoria-Noord na Brits, 3 km wes vanaf die Hornsnekpad/M17 2. PROGRAM 08:00 - 08:30 Vlagparade olv Peet Dorfling (Hartland-perdekommando) Kanonsaluut olv Gawie Rossouw Voorlaaierdemonstrasie: Werner Theron 08:30 - 08:35 Verwelkoming en bedankings: Voorsitter 08:35 - 08:45 Samesang olv orrelis Eddie Davey en insameling van kontantbydraes tov onkoste 08:45 - 09:15 Geleentheidspreker: Prof Daan Goosen, Akademia Tema: Die vryheidstrewe van die Afrikaner: Die betekenis van die Groot Trek. 09:20 – 10:00 Geloftefeesdiens: Ds Johan Schütte, Direkteur APK Tema: God bring redding van nuttelose godsdienstigheid! Skriflesing: Jesaja 1 Liedere: Gesang 263:1-4 10:05 - 10:15 Voorhou van Bloedrivier-gelofte: Manie Lemmer Voorhou van Van Riebeeck-gelofte/gebed: Gawie Rossouw Jr 10:15 - 10:25 Sing van DIE STEM (al vier verse) 10:25 - 10:30 Vorige feesgangers gedurende die afgelope jaar oorlede 10:30 - 10:45 Verkiesing van Bestuur vir 2020 (57ste jaar-fees) 10.45 - 11:30 Boekie Jopie Fourie – Die saad is in die grond en boekmerke en sleutelhouer/botteloopmakers as aandenkings beskikbaar vir aankope/bestelling 11:30 - 12:00 Nuwe bestuur ontmoet mekaar Feesgangers word hartlik uitgenooi om vanaf 11:00 heerlik saam te kuier en die dag saam met familie en vriende te geniet 3. WAT BRING ONS SAAM? Eie piekniekmandjie, eetgerei (vure sal op versoek voorsien word), opvou/kampstoele/-tafels (die terre in beskik nie oor stoele nie). Tee, koffie, koue koeldrank en beskuit sal teen ’n klein donasie en bekers teen ’n billike prys beskikbaar wees. 4. KLEREDRAG Tradisionele drag sal meer luister aan die fees verleen! Dra dit asseblief, as u het! 5. ’N GELOFTEFEES OM WEER EENS NIE MIS TE LOOP NIE! Kom by hierdie geskiedkundige terrein saam om die gelofte van ons voorouers gestand te doen en die Here te loof vir al die seëninge. Bring u kinders saam sodat hulle nie slegs die gelofte sal voortdra nie, maar ook saam met u kan luister hoe die gelofte ons, die latere geslagte, as Christene raak. Kontakpersone: Gawie Rossouw (voorsitter) Sakfoon 072 134 1105 E-pos ggmotors89@gmail.com

Manie Lemmer Sakfoon 082 879 6969 E-pos lemmer.manie@gmail.com

Rachelle Rossouw (sekretaresse) Sakfoon 072 768 0854 E-pos rgrossouw16@gmail.com


Desember 2019

De Wildt Nuus

23

De Wildt Nuus en dié inwoners wens al ons lesers ‘n geseënde en vreugdevolle Kersfees en voorspoedige Nuwe Jaar toe DE WILDT BOEREVERENIGING WANNIE EN HANNA SCRIBANTE FAAN EN MARINA NAUDé GERTJIE DAVEL EN LEE-ANN KOBIE OPPERMAN GERRIE EN MALIE PRINS ERIC EN CHRISTA FOURIE GEORGIE LOUW

DRIES EN MARGUERITE NEL EDDIE EN RONEL DAVEY JEAN-MARC EN INGRID CHELIN LEN EN JOEY HAASBROEK LOOD EN JUDY SCHOEMAN MANIE EN ELLEN TEIXIERA ADELé DU TOIT DE WILDT HELPMEKAAR MAATSKAPPY

TOY EN MARIE COETZER LAERSKOOL VISSERSHOEK EN PERSONEEL

POEN EN ALICIA OLIVIER MANIE EN SANNIE LEMMER JAN EN SUMIA LEMMER JOHAN EN FRANKIE J VAN RENSBURG PAMELA VAN DER MERWE

WERNER EN CHRISTA SCHROEDER SAREL EN TERESA VERMAAK LAMMIE EN LUCEA BREET JERRY EN ALET COETZER

JOHNNY EN NOLENE SCHOEMAN

JOHAN EN LYNETTE GOUWS

PEGLERAE CONSERVANCY

WERNER EN NEELTJE LOUW

JOHNNY EN ELSIE WALLACE KOBUS EN CORNé OOSTHUYZEN GAWIE EN HELENA ROSSOUW

RITA ROSSOUW RUBEN EN NATALIE GOUWS JOHAN EN ALTA MARAIS


24

De Wildt Nuus

Desember 2019


Desember 2019

25

De Wildt Nuus

BELANGRIKE DATUMS Ons versoek is vir 2020 weer dieselfde. Vir beter kommunikasie en om oorvleueling te verhoed, stuur asb alle belangrike datums van elke organisasie/instansie so gou moontlik deur na Douw van Wyk met die oog op kontrole dat daar nie botsings is nie. Dit word dan in hierdie blad geplaas, sodat alle lesers vooruit kan weet wanneer belangrike dinge plaasvind. AFKORTINGS: DSO – De Wildt Sosiale Organisasie, DWBV –De Wildt Boerevereniging, DWHM –De Wildt Helpmekaar Maatskappy, DWN –De Wildt Nuus, JF –Jopie Fourie-terrein, LSV –Laerskool Vissershoek, KK - Kommando Kombuis, MRC - Margaret Roberts Herbal Centre. Desember 7 12:00 MRC Christmas gifts from herb garden Afrit 16 16 08:00 Geloftefees JF -terrein 18 08:30 MRC Last minute Christmas shopping Afrit 16 25 MRC Christmas lunch and gin tasting Afrit 16 Kersdag 31 Oujaarsdag

ADVERTEER IN DE WILDT NUUS Voorblad in kleur

R1265.00

Halfblad binne in swart en wit

Agterblad in kleur

R1125.00

Kwartblad binne in swart en wit R 290.00

Volblad binne in kleur

R 950.00

Agste blad binne in swart en wit

R200.00

Klein in swart en wit

R115.00

Volblad binne in swart en wit R 665.00

R 385.00

082 879 6969

BRITS MEDIESE NA-URE GROEP PRAKTYK ALGEMENE PRAKTISYNS DR K MICHAEL DR D PIENAAR DR FP SCHOLTZ DR H GROENEWALD

TEL: 012 252 2650/071 846 4424 LIGGING: Brits Apteek (Nel Groep)

SPREEKURE

MAANDAG - VRYDAG 17:00 - 19:00 SATERDAG 17:00 - 19:00 SONDAG 10:00 - 12:00 en 17:00 - 19:00


26

De Wildt Nuus

Desember 2019

Besoek ons gerus vir alle goeie gebruikte korporatiewe kantoormeubels. Len 082 660 8299 · Frans 082 470 0290 · Armand 082 955 3117 Website: www.officecomplete.net

Dr MC Boshoff (BVSc) 083 227 5562 Dr Sune Pretorius (BVSc) 084 880 9434

Beste DWN-leser Baie dankie vir u jarelange ondersteuning Neem asb kennis: Ons nuwe Praktyk: BRITS REHAB. is nou geïnkorporeer met BRITS APTEEK Alle Ortopediese voorraad is nou deurentyd beskikbaar Ek sal voortaan beskikbaar wees by die Sessiekamers. U het ’n keuse om u items deur die APTEEK aan te koop of deur ons praktyk


Desember 2019

27

De Wildt Nuus

FRIK VOS SURVEY EQUIPMENT

Agents for new and used land surveying instruments and equipment. Specialises in the repair, service and calibration of land surveying instruments as well as survey work. Merle Street Plot 72B Winternest Akasia Pretoria

082 466 8174 082 451 2217

E-mail: frik@surveyinstruments.net


28

De Wildt Nuus

Desember 2019


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
De Wildt Nuus - Des 2019 by De Wildt Nuus - Issuu