Skip to main content

De Wildt Nuus - Des 2020

Page 1

Desember/December 2020

Jaargang 29 No 2 Webtuiste: www.dewildtnuus.co.za


2

De Wildt Nuus

Desember 2020

We sell Pure Raw South African Honey direct from the Beekeeper. Come and visit our unique shop in a tranquil setting for bee and honey related products and gifts.

Buzz Café @ The Honey Company • Coffee Shop • Venue • Functions • Day Conference facilities

Buzz hours for shop: Mon-Fri 08h00-16h45 Sat 08h00-13h00 6 Fundus Estate, Herma Ave, R513, Akasia, Pretoria-North Bookings: Jeanne 0827794208 / Berta 0716046726

E-mail: orders@thehoneycompany.net


Desember 2020

REDAKSIEBRIEF

REDAKSIELEDE Manie Lemmer - 082 879 6969 (Voorsitter) Hanna Scribante 083 417 4699 (Sekretaresse) De Wildt Helpmekaar Maatskappy Adele du Toit - 071 843 8185 Douw van Wyk 073 833 2105 De Wildt Boerevereniging Hanna Scribante 083 417 4699 De Wildt VLU Elma Human 082 500 4066 Addisionele lede Georgie Louw - 082 374 6879 Jan Lemmer 083 256 8266 Marguerite Nel 082 774 2517 Magriet van Heerden 072 092 6460 Kobie Opperman - 076 482 8513 David Proctor Linda Proctor 082 922 7904 Eugene van Staden 073 367 4787 Gertie van Staden 073 091 6035 Drukker: APK Wonderboom 012 527 0513 Wonderboom@apk.co.za

De Wildt Nuus Bankbesonderhede: Rekeningnaam: De Wildt Nuus ABSA Brits Rekeningnommer: 9337490973 Verwysing: Adverteerder se naam + Desember 2019 (noem telkens die naam van die betrokke maand). Epos betalingsbewys manie.lemmer@dewildtnuus.co.za Advertensiegeld moet asb vooruitbetaal word, maw sodra die advertensie versoek of gewerf word. Dankie vir julle moeite. Kontakpersone vir advertensies en grafiese ontwerp: Manie Lemmer Advertensie-ontwerp: R100 Veranderings op bestaande advertensies: R50 ADVERTENSIES IS VOORUITBETAALBAAR

Die artikels in die De Wildt Nuus is nie noodwendig die produk van die redaksie nie, maar van individue. Daarom vereenselwig die redaksie hom ook nie noodwendig met alle uitsprake/menings in die artikels nie.

3

De Wildt Nuus Manie Lemmer

Liewe lesers So het ons hopelik aan die einde van inperking gekom en kan ons weer vrylik, maar tog waaksaam beweeg en ook ons blad weer kan laat herleef. Lesers het al ernstig navraag begin doen, maar ons het hulle verseker dat ons blad weer hervat sal word Dit was slegs die Covid-19 wat ’n groot stok in die lewenswiele van mense en so ook van ons blad gesteek. Ons moes al die mooiste mooiste maand, Oktober, verbysteek omdat die corona-swaard oor ons koppe gehang het en sekerlik nog verder sal hang. Met virusse in mense en ook in my rekenaars het dit werklik nou durf en moed gekos om die DWN-wa vorentoe te laat beweeg. Hierdie blad se huidige jaargang sal slegs twee bene hê en nie ses soos tevore nie. Ons vertrou egter dat die nuwe jaar ook weer ons volle gang sal toelaat. Ons het mos hoop, want ons het geloof. Met hierdie boodskap van hoop durf ons weer ons gewilde blad aan, ook in die geloof dat ons genoeg inkomste aan advertensies sal ontvang om ons blad aantreklik en lywig te maak. Onthou om nie slegs te bid nie, maar ook te werk en vir ons advertensies te werf. As almal saambid en saamwerk, sal ons Skepper en Onderhouer sekerlik ons bede verhoor. Dankie aan Douw van Wyk wat ook ’n rekenaardokter is en my rekenaar weer ontvirus het. Ook ons dank aan adverteerders, sommige jarelank en andere nuut. Onthou dan asseblief om ons adverteerders te ondersteun. Hulle bydraes sorg dat ons blad elke keer in die verlede nog gratis by ons lesers besorg kon word en voortaan ons ook help vir vyfhonderd gedrukte kopieë, ’n volledige webwerf by www.dewildtnuus. co.za, verskeidenheid Whatsapp-groepe en ook op Facebook. Ons wys u ook daarop dat daar intussen sedert Februarie ’n hele paar van ons mense oorlede is en waar dit moontlik was en die inligting volledig beskikbaaar was, het ons huldeblyke kon plaas. In die geval van my eggenote het ek self, omdat die inperkingsbegrafnisse menige kennisse en familielede verhinder het om haar begrafnis by te woon, die lywiger huldeblyk moes maak. Sy het jarelank my gehelp om ons blad die lig te laat sien, nie slegs as

seketaresse van die redaksie nie, maar ook deur haar talle artikels wat oor die jare verskyn het en ook as medeproefleser. Daarom is die huldeblyk langer as die gewone en daar verskyn ook die fotoblad uit die begrafnisbrief wat Sannie se lewe oorsigtelik illustreer. Vir hierdie fotoblad se koste .staan ek self in. Behalwe die ander huldeblyke vir Petro Minnaar, Frankie Janse van Rensburg, Piet Lee en Willie Lubbe het ons ook kennis ontvang van Ockie en Elmien Botha se vader, wat in Oktobermaand oorlede is, en van Jacques Fourie se vader, Ben Fourie, wat op 19 Oktober 2020 begrawe is. Ons dink met medelye aan almal wat in hierdie moeilike langdurige tydperk van hulle naasbestaandes aan die dood moes afstaan. Die redaksie was dit eens dat ons blad moet bly voortbestaan, maar daar word steeds ’n beroep op ons lesers gedoen om te help met drie sake, nl Artikels vir ons blad, Advertensiewerwing, Fondsinsameling in die vorm van donasies verkry van goedgesinde individue of besighede. Dan kan ons voortgaan om ons blad so wyd as moontlik gelees te kry. Laat ons dus skouer aan die wiel sit en onthou dat my eie skouer al hoe kleiner en swakker word. Saam kan ons egter baie vermag. My dank ook aan Hanna Scribante wat onderneem het om die sekretaressegedeelte van die redaksienotules te behartig. Welkom aan Elma Human op die redaksie. Soos in al die jare van ons blad se bestaan, sit ons die blad weer voort met ’n verskeidenheid artikels van gereelde bydraes en enkele nuwe skrywers. Geniet die blad wat amper deur die inperking gekelder was. Ons mense in De Wildt laat ons egter nie maklik onderkry nie. Ons lesers toon ook weer hulle meelewing in die komende Kerstyd deur hul name in die blokkiesblad te laat verskyn uit dankbaarheid dat ons Christus se koms na die aarde as Verlosser van sondaars wat glo, kan herdenk en ook met goeie wense aan mekaar die nuwe jaar 2021 kan binnegaan. Geniet ons blad in die vakansie en ontvang ons goeie wense aan almal vir ’n ware Christusfees en ’n voorspoedige nuwe 2021. Ons praat weer in ons nuwe jaargaang se eerste uitgawe in Februarie.


4

Desember 2020

De Wildt Nuus

INHOUDSOPGAWE Redaksiebrief 3 Lief en leed 4 DWHM-jaarverslag 5 DWHM Algemene Jaarvergadering 6 FAK-kranslegging by Jopie Fourie-terrein 7 DWBV nuus 8 DWBV nuus 9 Jopie Fourie-terrein se dak gesteel 11 Ons naaste (2) 12 Huldeblyke 13

Ter herinnering: Sannie Lemmer 14 VLU nuus 15 VLU nuus 16 My Covid-19 inperkingervaring 16 Huldeblyke 17 Huldeblyke 18 Kerswense 19 Alternatiewe behandeling (14) 21 Sandstone Sorgsentrum 22 Akasia/De Wildt Geloftefees 25

LIEF EN LEED

Ons meegevoel met diegene wat leed ervaar het. Beterskapwense aan diegene wat siek was of nog is. Dan is ons ook bly saam met diegene wat lief ondervind of beleef het. Ons wil dit net weer onder u aandag bring dat ons nie onder Lief en Leed nuus kan plaas as iemand dit nie onder ons aandag gebring het nie.

Lief • Jean-Marc en Ingrid Chellin kleinkind • Chris en Mariaan vd Merwe kleinkind • Dr Jannie en Margaret Hugo kleinkind • Chris en Mariaan vd Merwe kleinkind Oorlede • Marie Erasmus • Gerrit de Wet - oudinwoner • Ann Owen se broer • Louise Lee se broer

• Willem Riekert se dogter • Frans du Plooy - oudinwoner • Petro Minnaar - oudinwoner • Rosa Stolz se moeder • Sannie Lemmer • Frankie Janse van Rensburg • Pamela van der Merwe se swaer • Pierre Barnard se pa • Pastor Wally se pa • IP van wyk se broer • Piet Lee - oudinwoner • Christa Schroeder se suster • Ben Fourie - oudinwoner • Willie van Deventer - oudinwoner

CARE CENTRE SORGSENTRUM

SANDSTONE Between Hartbeespoort Dam + Brits on R511

* Algemene bejaardesorg * Alzheimers * Verpleegkundige gedurende kantoorure * 24h Versorging en toesig * Skoon, netjiese en veilige omgewing * Dag-tot-dag versorging ook beskikbaar Besoek ons

Sandstone Sorgsentrum

Kantoor - 082 395 1475 Matrone - 072 767 9500

Hospitaal en siek • Jan Meyer • Tina Breedt • Ina Cloete • Andrea en Els-Marie Wallace • Kobus Oosthuizen • Gys Maritz • Malie Prins • Ina Redelinghuys • Paul Bothma • Toy Coetzer • Johan van Zyl

RESENSIE TOV SANNIE LEMMER SE DIGBUNDEL ABDIKASIE In die Boodskapper, amptelike blad van die Afrikaanse Protestantse Kerk, se uitgawe van Januarie/Februarie 2004 het resensent HF Victor soos volg geskryf: “Die debuutbundel ABDIKASIE van Sannie Lemmer het as tema die mens as balling en gekerkerde in ’n gebroke werklikheid, en die bevrydende, helende ingryping deur die genadige, barmhartige God. Aan hierdie tema word gestalte gegee in digby vyftig oorwegend vrye verse wat gekenmerk word deur spreektaligheid, volgehoue beeldspraak en hegte klankbindinge. Aangrypend is die paradoksale woordontginning in Oomblik van Waarheid: Daar is hulle wat kyk en nooit sien nie Hoor En nooit luister nie. Vir my is sien glo En glo is hiernamaals sien … Ons volk smag in hierdie tyd van geestelike droogte na die lafenis van verkwikkende woorde. So ’n bundel is ABDIKASIE.”


Desember 2020

De Wildt Nuus

5

DWHM-JAARVERSLAG Adéle du Toit ‘n Term wat ons vandag op soveel terreine hoor is “new normal”. Wat is ons persoonlike persepsie wanneer ons hierdie term hoor. Watter emosies word daarmee geassosieer? Indien die oorweldigende emosie een van hulpeloosheid is, gaan ons voel dat ons die slagoffer is, en ons optredes gaan wees van iemand wat net oorleef. Wat moontlik oorhaastige, potensiële negatiewe besluite gaan neem omdat ons voel dat ons geen ander uitkoms het nie. In the case where your perception is governed by a real sense of balance, and that you are able to cope with any situation you find yourself in, your response and the outcome will greatly differ. Today I would like to propose that we redefine the term “new normal”. Let us decide today that this means: • an opportunity to do things better, different yes but better; • use our experiences and what we have learnt to better prepare ourselves for things yet to come; • understand what the real negative outcomes are of this type of threat, and work purposefully to minimize the negative effects; • use our combined experiences to create a lifestyle that equips and not break down Let this be our “new normal”, not as the world would want us to believe, but what we know based on our internal norms and faith principles. Die Covid-pandemie was ‘n tydperk van baie onbekendes. Die vraag is of die persepsie van die onbekende regtig so groot is. Die realiteit is niemand weet wat die dag van more inhou nie, nog nooit het dit enige vrees ingeboesem nie, maar skielik voel almal hierdie onsekerheid in groter intensiteit. Wat van jou? Hoe raak hierdie onsekerhede jou? Researchers have come to realize that the medical risks aside, the greatest risk of the pandemic is the social and emotional impact it has on people. The question is however what are you doing to combat the greatest risk of all, and that is the risk to our emotional well-being? This is something that each and everyone one of us can control, and must manage effectively. In the past it almost happened naturally, now we have to take the time to plan and execute it, just a visit to the local grocery store takes some planning. The one thing we can all agree on is that during this period of lockdown we all were affected. And we all had to find a way to cope, to provide for ourselves and our families, to access other resources to do the basic everyday things – AND WE DID. For some it meant to: • get along WITHOUT certain luxuries, • for others it brought us back to the basics of how important our homes and families are, • finding alternative sources of income, and some are still dealing with this difficult issue, and so much more. ‘n Bykomende aspek wat nie beperk is tot die pandemie nie, is die kwessie rondom fopnuus. Ons het tot op hede al in ‘n groot mate daarmee te doen gekry. Ek is oortuig dat die voorkoms daarvan in intensiteit en reëlmaat gaan toeneem. Dit is elkeen van ons se plig om bedag te wees daarop en te weet wat die nodige voorsorgmaatreëls is. Net soos die maskers, hande was en sosiale afstand, is dit iets wat deel van ons dag tot dag bestaan uitmaak. To prevent us from falling victim to this aspect it is important to keep a few very basic and easy precautions in mind: • Verify all news items If messages are received on social media, verify it for yourself with 2 to 3 independent sources. A principle we are taught from a Biblical perspective. • Do not forward/like or comment on news items indiscriminate-

ly. • Always be aware of searches done on Google, Facebook and the likes. • Search engines are written in logarithms that predict the information you search regularly. And will after a while give you only the items you regularly search for. •There are search engines available as alternatives which ensure that you get a balanced overview of subjects you search for. Dit is 2020; 20 jaar gelede het hierdie gemeenskap saam gekom om die maatskappy te stig, en die hoof doel – om grondgebied te beskerm. 20 jaar later is ons weer hier en die hoof oogmerk is steeds grondgebied. Nou verwys ek nie NET na die grond waarop ons loop en wat deur ons are bruis nie, ek verwys na die grondgebied binne in elkeen van ons. Dit het tyd geword, en die tyd is NOU, om dieper en verder te kyk na wat ons wil bereik met die maatskappy in ons gemeenskap. The time has come to take the one thing we know is a constant in our lives, namely change and make it work for US! The question is how? If you had asked me this question at the beginning of lockdown, I would have given you an academic answer with resource lists and bullet points that would make your head spin. Today my answer is completely different. And it goes like this: the answer is YOU. We all know this one fact, although we do not hear it enough, we are all unique, special and so needed. With a unique blend of talent, temperament, personality, experience, education and training, and a sphere of influence. And what do you have – a spark that can ignite a wild fire. Die tyd het aangebreek dat ons gebruik wat ons het, en dit begin by elke een van ons. Dit het tyd geword om vanuit jou eie raamwerk te vra wat het EK nodig, watter passie is daar wat ek nie uitleef nie en wie deel hierdie passie met my; volgens my professie wat sien ek raak as leemtes en hoe kan ons dit beter doen. Die antwoord is JY. In lyn met ons voorneme om ons eie “new normal” te skep: Your community needs YOU. Starting from tomorrow I invite you to embark with me on a 40day period of quiet mindfulness. The term mindfulness is used in the neuro-physiology discipline to explain the essence of being mindful of everything that influences your life, what emotions you experience, what you would like to be part of, to think on and meditate on the core beliefs and norms that you hold dear. How is this going to work? The 40 days will be broken down into • 8 cycles of 5 days • 4 cycles of 10 days • Or 10 cycles of 4 days, you decide. Each cycle will have a main theme, which you will determine. And the number of days are spent, thinking through this theme, recording your thoughts and insights, looking at scriptures that come to mind or that you have clearer understanding of during this time. For the parents with children, I encourage you to make your children part of this process, the young minds often have ideas and dreams that our older folk are too scared to embark on. Aan die einde van die 40 dae gaan ons AL hierdie inligting saam voeg. Ons gaan hierdie insigte gebruik om ‘n strategie en visie neer te lê vir ons gemeenskap. Een wat spreek van passie en hoop, van ‘n diepe geloof en hoop vir die dag van more. So we invite you to not miss this opportunity to undertake a journey like never before, not focusing on the needs or expectations of others; but on the passionate individuals that you are, coming together to “helpmekaar”.


6

De Wildt Nuus

Desember 2020

DWHM Algemene Jaarvergadering 2020 / DWHC Annual General Meeting 2020 Die De Wildt Helpmekaar Maatskappy het op 21 November 2020 sy algemene jaarvergadering gehou op die Jopie Fourie-terrein by pad 136A. Die vergadering is goed ondersteun ten spyte van die koue en nat weer. ‘n Nuwe mylpaal is ook bereik: die vergadering kon ook virtueel bygewoon word via die stroomdiens Zoom. Several members joined the meeting from the comfort of their homes and offices and the meeting went ahead without any glitches. The chairperson, Ms Adele du Toit, kicked off proceedings with her vision for the next 40 days called. She calls this “40 Days of Mindfulness”. This entails the following possible cycles, each with its own theme. - 8 cycles of 5 days each - 4 cycles of 10 days - 10 cycles of 4 days Example: - Teacher - what did I learn? - Artist - how did it impact my life? Terugrapportering is gedoen oor die werksaamhede van die direksie gedurende 2020 en ook wat elke portefeulje vermag het. 2020 was weliswaar ook vir DWHM ‘n baie moeilike jaar weens al die uitdagings agv Covid-19. Van die hoogtepunte sluit in: - Finansies: Elmien Botha het die finansiële situasie van DWHM baie mooi weer gegee. Daar is gestem oor twee aangeleenthede en die stemmery het geskied deur WhatsApp en het seepglad verloop. - Landbou: Wannie Scribante, direkteur landbousake, is onlangs verkies tot adjunkpresident van TLU SA. Veels geluk aan Wannie, dit is voorwaar ‘n groot eer. - Information and communication technology: Jumbo Technologies installed an internet radio link at Radio control and is supplying RC with free internet. We extend our gratitude towards the internet service provider for this gesture. Also, Infogro is supplying free internet for the office and a sincere thank you to them as well. - Gemeenskapsontwikkeling: Heelwat kos en ander benodigdhede vir ons behoeftige inwoners is deur die jaar ingesamel vanaf verskeie skenkers buite ons gebied. Hierdie skenkings is in samewerking met die Huis van Gebedsbediening versprei onder die behoeftiges.

- Bemarking: ’n Nuwe webblad is op die been gebring en u kan dit besoek by https://dwhm.co.za/. Die Maatskappy se Facebook blad is ook opgeknap en u kan daar baie interessante nuusbrokkies en foto’s gaan bekyk by https://www.facebook.com/dwhmnpo/ - Kantoor en admin: Die minimark is weer in September hervat nadat inperkingsregulasies verslap is. Die mark word nou weer elke einde van die maand gehou en wel by pad 129 en soos altyd is alle inwoners welkom om gratis hul ware en dienste daar te kom aanbied. - Peglerae: John Wesson was involved in many projects within the Magalies biosphere. These include the control of alien invasive plants, bird “atlassing” and the re-establishment of the critically endangered Aloe Peglerae in the mountain where their numbers have significantly decreased due to illegal harvesting etc. - Risikobestuur: Die WOF-span is ontplooi by 46 brande waar bystand verleen is aan lede sowel as nie-lede. Daar is ook hulp verleen by 2 wonings wat gebrand het. Alhoewel die WOF-span nie opgelei is of die toerusting het om struktuurbrande te beveg nie, het hulle onder leiding en toesig van die brandweerdienste tog daar ook hulp verleen. - Dienste en stadsrade: Daar was goeie samewerking met die Tshwane elektrisiteitsafdeling, maar onsekerheid heers oor die pad vorentoe gegewe die politieke situasie in Tshwane en Madibeng. Indien u meer inligting verlang, kontak gerus enige van die direkteure soos hieronder uiteengesit per portefeulje: M1 - Voorsitter - Adele du Toit M2 - Finansies - Elmien Botha M3 - Tshwane en Dienste - Jan Lemmer M4 - Madibeng - Johan van Rensburg (gekoöpteer) M5 - Maatskappysekretaris - Jeanne de Klerk M6 - Landbou - Wannie Scribante (ondervoorsitter) M7 - Bemarking - Vakant M8 - Gemeenskapsontwikkelling - Vakant M9 - Risikobestuur - Vakant L1 - Informasie- en Kommunikasietegnologie - Douw v Wyk P1 - Peglerae - John Wesson

Hulde aan ‘n vriendin Vandag is dit vir my ’n voorreg om hulde te bring aan my groot vriendin – Sannie Lemmer. Vanaf 1967 was ons vriendinne en saam het ons berge versit en baie bereik. Vanaf 1980 – 1989 was ek Voorsitster van die TVLU Pretoria-Noordstreek. Tydens die 9 jaar was sy die sekretaresse. ’n Presidente, mev Ria Kritzinger, het gesê dat die streek die mees georganiseerde streek uit 21 streke is. Sannie het talle boeke vir vergaderingprosedure en tesourierskap geskryf. Die inligting is deur talle streke gebruik. Saam het ons by talle takke vergaderingprosedure-kursusse aangebied. Selfs die W.B.P.V. se nuwe Presidente, mev Magdie de Kock, het by haar geleer. So het Magdie self tydens ‘n funksie wat by my huis was gesê. Sannie het in vele ampte by die tak gedien o.a. as Voorsitster, sekretaresse, tesouriere en skakelbeampte. Sy is ook talle kere tydens Kongres en Streekkonferensies as beste skakelbeampte van die jaar aangewys. Ons het ook saam vir 18 jaar die tak se plakboeke gemaak en die eerste prys tydens konferensies verower. Ek as fotograaf en sy as tikster. Elke maand het ’n lid uit een van Sannie se digbundels ‘n gedig

voorgelees. Lede het dit geniet. Sannie het in 2014 haar 40 jaarknopie as lid van De Wildt-tak ontvang. Sy was nou met afsterwe 46 jaar lid van die tak. In 2016 het die tak besluit om haar as erelid te vereer. Dit was die eerste keer dat dié eer ‘n persoon te beurt geval het. Ek dink aan al die baie somerskole en kongresse wat ons saam bygewoon het. Sy was self tydens ‘n Somerskool by Thipise ‘n spreekster met tesouriere as tema. Sy was die een wat my betig het as ek tydens ‘n kongres wou opstaan om teen ‘n besluit te praat. Sy het geweet hoe om my in toom te hou. Sannie was ook die persoon wat ons tak se koor gestig het. Talle liedjies is gesing wat uit haar pen gekom het. Die koor het talle kere by kongresse, somerskole en kerke opgetree. Vandag mis ek haar en dink aan ’n vriendin wat nie meer daar is nie. Gelukkig is daar baie herinneringe wat haar vriendskap en liefde vir altyd by my sal bly. Ek weet sy rus nou in vrede. Ek sal haar nooit vergeet nie - Georgie Louw


Desember 2020

7

De Wildt Nuus

FAK-kranslegging by Jopie Fourie-terrein Marianda Schlebusch Die nuutgestigde FAK-Noord van die Berg-Kultuurnetwerk lê op 10 Oktober vir Heldedag ’n krans by die Jopie Fourie-gedenkteken (De Wildt, Pretoria-Noord). Die Kruin Voortrekkers, met offisier Nicolette Koukeas en ’n paar Voortrekkers, lê op hierdie terrein ’n krans ter herinnering aan Jopie Fourie se heldedade tydens die Anglo-Boereoorlog. Josef Johannes (Jopie) Fourie is op 27 Augustus 1878 op die plaas Wildebeesthoek, distrik Pretoria, gebore. Met die uitbreek van die Anglo-Boereoorlog, het hy op kommando gegaan. Hy is net bokant die knie gewond wat hom later mank laat loop het. Na die oorlog het hy sy belangstelling in die politiek getoon en die beleid van generaal Louis Botha tot kort

voor die Rebellie trou ondersteun. ’n Groepie Afrikaners het in 1934 besluit om by Nooitgedacht, sowat 40 km noord van Pretoria, waar Jopie twintig jaar tevore op 16 Desember gevange geneem is, ’n Jopie Fourie-monument op te rig. Die gedenkteken van graniet sowat 5 m hoog, is in die vorm van ’n suil wat op ’n voetstuk rus. Op die suil self is die ou ZAR-wapen gegraveer, terwyl op die voetstuk die volgende gegraveer is: Komdt. Jopie Fourie. Gevang met 43 Burgers deur ’n oormag

Unietroepe op 16 Des. 1914. Deur ’n Veldkrygsraad op Pretoria ter dood veroordeel. Die vonnis is aan hom bekend gemaak Saterdagaand om 10 uur, 19 Des. 1914. Doodgeskiet in Pretoria-Sentrale tronk om 5 uur op Sondagmore 20 Des. 1914. Hy het sy lewe opgeoffer vir volk en vaderland. Om begryplike redes is daar in 1964 – 50 jaar na sy dood – besluit om die monument na sy geboorteplaas te verskuif waar die kranslegging vandag plaasgevind het. As erfenisbewaring jou hart warm laat klop – kom sluit gerus aan by ons kultuurnetwerke. Vir die Noordelike streke (Gauteng, Mpumalanga en Limpopo) kontak Marianda Schlebusch by marianda@fak.org.za of 082 551 5806. Vrystaat, Noord-Kaap of Noordwes kontak Jan-Danie Malan by jandanie@fak.org.za of 082 965 7002. Kontak Elizma Smith by elizma@fak.org.za of 082 629 6415 as jy in die Wes-Kaap en Oos-Kaap betrokke wil raak en ’n Kultuurnetwerk help stig.

Dienste en herstelwerk van motors en bakkies

Gawie Rossouw 079 196 5445 Hoewe 1, Patryshoek, Akasia ggmotors89@gmail.com Besigheidsure: Ma-Vry 07:00-17:00


8

Desember 2020

De Wildt Nuus

Dankie aan De Wildt 4x4 De Wildt-bestuur en lede wil graag vir Louis en Alex van der Merwe van De Wildt 4x4 bedank dat ons weer hierdie jaar ons byeenkomste by julle pragtige lapa kon hou. Dankie dat julle hand oop is vir die De Wildt-gemeenskap. Julle word waardeer. Dankie aan Saartjie Schoeman wat gesorg het dat almal se kele nie so droog word van al die praat nie.

De Wildt Boereverenigingbestuur 2021 Tydens die vergadering van 3 November 2020 is daar weer ge-reorganiseer en die bestuur sien soos volg daar uit: Voorsitter: Phil Louw Ondervoorsitter: Gertjie Davel Sekretaresse/tesouriere: Hanna Scribante Addisionele lede: Lood Schoeman, Gert Prins en Wannie Scribante Die voorsitters van die funksionele werksterreine is: Eiendomsreg en arbeid: Wannie Scribante Veiligheid: Phil Louw Ekonomiese volhoubaarheid: Gertjie Davel Omgewingsbestuur: Lood Schoeman RPO (Rooivleis Produsente Organisasie): Gert Prins

Is jy ’n Boer?

Boer jy met grootvee, kleinvee, varke, pluimvee, groente, vrugte, gras of blomme? Jy is ’n boer! Krap jy in die tuin rond en verwerk jy die opbrengs? Dan is jy ’n boer se vriend. En ons, die TLU - De Wildt Boerevereniging, is jou vriend. Die persepsie dat net kommersiële boere, die sogenaamde mega-boere boere is, misken die boer op voetsoolvlak wat elke dag met die natuur worstel en een is met die grond waarop hy bly, en dit waarmee hy besig is, verwerk en verbou. JY, ongeag die skaal van jou onderneming, is ’n belangrike skakel in die voedselketting en die landbou. Daarom is jy vir ons belangrik en wil ons jou uitnooi om die TLU - De Wildt Boerevereniging vergaderings in 2021 by te woon. Sien dit so: Ons het die voorreg dat die Nasionale Ondervoorsitter van die TLU, Wannie Scribante, in ons midde is. Waar gaan jy ’n beter platform kry om jou stem en jou menings te laat hoor? Dis mos wat ons wil hê. Dat die stem van mense op grondvlak gehoor word! Deur die TLU - De Wildt Boerevereniging vergaderings in 2021 by te woon sal jou stem gehoor word, en sal jy die besluitneming op hoër vlak kan beinvloed. Hierdie is dus ’n ope uitnodiging dat jy in 2021 ons vergaderings sal bywoon en jou steun sal toesê aan mense en ’n organisasie wat hulle beywer vir die grondeienaar, die boer, en ons gemeenskap. Kom maak ’n verskil. Ons het jou nodig! Suid Afrika het jou nodig! - Phil Louw, voorsitter De Wildt Boerevereniging


Desember 2020

De Wildt Nuus

9

TLU SA Kongres 2020 TLU SA se eerste virtuele kongres het op 9 September 2020 plaasgevind. Slegs sowat 50 persone het die kongres by TLU SA hoofkantoor bygewoon. Verder het lede landwyd virtueel ingeskakel, hetsy individueel of in groepe soos Boereverenigings, Boere-unies, Distrik Landbou-unies en Streke. Honderd en sewentig benoemde afgevaardigdes vanuit gemelde groepe het stemreg gehad en het per sms gestem. Die proses het seepglad verloop. De Wildt Boerevereniging se lede het by Gertjie Davel byeengekom en die kongres op’n groot skerm TV gevolg. Gertjie Davel en Lee Anne, oom Manie Lemmer, Gert Prins, Lood en Judy Schoeman en Hanna Scribante was teenwoordig. Gertjie, Gert, Lood en Hanna was afgevaardigdes en stemgeregtigtes. Tussendeur is daar lekker gekuier, geëet en gedrink. Om 13:00 na die kongres het almal saam vleis gebraai en gekuier. Wannie het ook later vanaf die TLU SA-gebou by ons aangesluit. Meneer Louis Meintjes het na 10 jaar as TLUSA-president uitgetree. Namens De Wildt Boerevereniging wil ons hom bedank vir sy entoesiasme en harde werk. Meneer Henry Geldenhuis, vorige visepresident wat naby Ermelo boer is as nuwe president verkies en Wannie Scribante as visiepresident. Geluk aan hulle twee, maar ook sterkte met die moeilike taak in uitdagende tye wat voorlê. Dankie aan Gertjie vir die beskikbaarstelling van sy huis, instel van die TV, braaiery, ens, asook vir Lee Anne vir haar aandeel en gasvryheid.

GRONDBESETTINGS

Met die inperkingsregulasies wat ten opsigte van Vlak 1 afgeskaal is, het Plaaswagte groter vryheid van beweging ofskoon daar steeds beperkings tussen middernag en 04h00 van krag is. Dit is derhalwe van veiligheidsbelang dat sodanige werksverhouding met die plaaslike SAPD bewerkstellig word dat landbouveiligheid nie gekompromiteer word nie. In besonder word die aandag daarop gevestig dat onwettige grondbesettings en betreding (insluitend onwettige jag) in verskeie vorms meer algemeen voorkom. Derhalwe word die toepaslike Veiligheidsbulletins wat reeds in hierdie verband uitgereik is, onder lede se aandag gebring. Ten einde enige onsekerheid by SAPD-lede (wat dalk mag aandring op bewys van eiendom) uit die weg te ruim, word aanbeveel dat grondeienaars ‘n gewaarmerkte afskrif van die Titelakte byderhand het.

TLU SA SE HULP AAN BRANDGETEISTERDE GEBIEDE Die reaksie en bydraes was landwyd oorweldigend. Finansiële bydraes, voer, brandstof en vervoer vir voer en ander skenkings, ens het ingestroom. Meneer Bertus van der Westhuizen, TLU SA se Vrystaat-streekvoorsitter het gesê “ons sal voortgaan om boere, of hulle lede is of nie, te ondersteun wanneer hulle dit nodig het. Ons belangrikste taak is om te verseker dat boere veilig en volhoubaar op hulle grond bly om in die landbouvraag van die land te voorsien.”

VEILIGHEIDSBULLETINS

Meer as veertig Veiligheidsbulletins wat ‘n wye verskeidenheid onderwerpe toelig, is sedert vroeg in 2018 versprei. Die onderwerpe wissel van brandbestryding, eerstehulp asook voorbereiding van die plaaswerf, optrede na afloop van ‘n insident asook talle ander toepaslike temas wat van belang vir plaasbewoners mag wees. Van meet af aan was die verdere verspreiding van sodanige Veiligheidsbulletins aan die ontvangers wat lede van TLU SA is, oorgelaat omdat die vertrekpunte was dat die groter omliggende landbougemeenskap ook waarskynlik by die inhoud mag baat. Dit sal waardeer word indien behoeftes wat nog nie gedek is nie, of beter

toeligting van bestaande temas gekommunikeer kan word aan dienste@ tlu.co.za

LANDBOUSEKTOR VOORSORGFONDS (LSVF)

Verwysingsfooi vir TLU SA Die Landbousektor Voorsorgfonds (LSVF) is ‘n privaatfonds met onafhanklike trustees wat ‘n trustee uit die geledere van TLU SA insluit. Ons weet dat elke plaas of landboustruktuur anders is, daarom bied ons ‘n unieke en veelsydige produk. In samewerking met die konsultant se leiding en advies, kan die werkgewer dus sy eie unieke voordeelstruktuur ontwerp. Die LSVF hou tred met veranderende wetgewing en standaarde in die bedryf om seker te maak dat die fonds kompeterend bly en die nodige voordele bied aan die werkgewer en werknemers. Produkte wat die LSVF bied: • Voorsorgfonds (spaargedeelte) • Sterftedekking • Begrafnisvoordeel • Ongeskiktheidsdekking • Dekking vir seisoenale arbeiders • Ongeluks- en liggaamlike verliesvoordeel. • Uitgebreide familie begrafnisdekking Die LSVF word geadministreer deur Sanlam en die beleggingsportefeulje is ook by Sanlam in ‘n gewaarborgde fonds belê, dit bied dus gerusstelling dat die werknemers se fondse en voordele by ‘n betroubare maatskappy geadministreer en belê word. Die LSVF word ondersteun deur die TLU SA en gevolglik is daar ‘n R150-verwysingsfooi per lid betaalbaar vir elke suksesvolle verwysing. Verwysingsfooi word verdeel in drie gelyke dele van R50 elk aan TLU SA, die DLU en die werwer. Vir enige verdere navrae kontak George Dreyer by 082 789 3436 of stuur ‘n e-pos aan george@mecconsult.co.za / support@mecconsult. co.za.


10

De Wildt Nuus

QUALITY COMPOST

Desember 2020

@ R 440.00 PER m³ OR IN 30dm³ BAGS @ R 22.00 PER BAG VISIT OUR WEBSITE AT www.floraRsa.co.za

OR PHONE US 012 504 2158 / 079 896 0032


Desember 2020

De Wildt Nuus

11

Jopie Fourie-terrein se dak gesteel Jan Lemmer Maandag 26 Mei 2020 word ek deur Andrew Wallace gekontak met die volgende: Jopie Fourie-terrrein se afdak se sinkplate is gedurende die nag gesteel asook elektriese kabels beskadig en gesteel. 50 x 5 meter IBR sinkplate is gesteel. Ons haas ons daarheen en sien die geraamte wat staan. Dit het so in die vroëe 1960 gelyk toe die dak besig was om opgesit te word. Dadelik begin ons planne beraam om die sinkplate te her-

stel, ons vra vir geld, die gebou is nie verseker nie, want die terrein behoort aan die Voortrekkers. Ons probeer alle kante toe planne maak. Die skade is ongeveer R30000 tot R35000 wat ons nie het nie. Intussen kom Elmien Botha se seun, Walter Smith en kom doen die elektriese herstelwerk sodat alarm en elektrisiteit kan werk. Andrew Wallace, Donovan van der Schyff en ekself maak plekke reg intussen sodat daar nie net ingestap kan word en die plek verder besteel word nie. Ons besoek ook die perseel gereeld in die nag. Weer maak ons planne en Elmien se man Ockie Botha maak ’n plan. Inkulu Konstruksie waar Ockie werk, haal sinkplate af by ’n perseel en hulle skenk dit vir ons. 20 van die 50 sinkplate word afgelewer na ’n paar dae. Weer word daar planne gemaak, borge gesoek maar ons kom nie reg nie. Almal soek borge en stuur boodskappe uit. Intussen het Bosveldt Stereo ook R5000 geskenk vir die Geloftefees Komitee en is dit oorbetaal. Ons dank hulle ook vir die bydrae. Groot was my verbasing toe Elmien my op Vrydag 18 September kontak en laat weet dat ek vir Willie Roos van die Junior Rapportryers by die Jopie Fourie Terrein moet ontmoet. So gevra en so gedoen. Ek vertel vir Willie die geskiedenis en ons penarie en tot my verbasing sê hy dat die Jakaranda-tak van die Rapportryers van Pretoria die sinke sal skenk en dat dit so binne die vlg week afgelewer sal word. Op Vrydag 26 September 2020 word ek deur Frik Bezuidenhout van TC Marik Housing (Pty) Ltd gekontak en hy my laat weet dat die sinkplate afgelewer word. Dadelik probeer ek planne maak om die sinkplate so gou moontlik op

te sit. Groot was my verbasing toe hy sê dat sy mense op Maandag 28 September 2020 sal kom om die dak op te sit. Ons gee vir hulle van die dakskroewe en wassers wat ons reeds aangekoop het vir die herstelwerk. Ek kon dit amper nie glo nie. Maandag 28 September kom laai Frik se manne die sinkplate by my en begin en op Dinsdag is die nuwe nok ook geskenk deur hulle en is die dak op. Ons is baie dankbaar vir almal wat agter die skerms besig was om dit moontlik te maak dat ons met n nuwe dak kan spog. Die volgende mense moet asb bedank word om die Jopie Fourie-terrein weer reg te kry en te herstel na die kabels gesteel en beskadig is, en waar die afdak se 50 IBR sinkplate gesteel is. Ons dank aan elkeen wat hulle harte en beursies oopgemaak het om hierdie dak te herstel. 1. Inkulu Kontruksie vir 20 sinkplate geskenk (Ockie Botha 082 657 7252) Elmien se man. 2. Walter Smith (082 786 9665) (Elmien se seun) vir die elektriese herstelwerk. 3. Bosveldt Stereo (Graat Pelser 082 893 1041) vir R5000 se skenking vir Geloftefees vir die dek van kostes om dak en ander skade te herstel. 4. Jakaranda-tak van die Junior Rapportryers vir hulle skenking van die sinkplate, skroewe en nok asook vir TC Marik Housing (Pty) Ltd wat die dak kom opsit het. (Willie Roos 079 514 2113 willieroos@gmail.com). Ons bedank ook vir Frik Bezuidenhout (061 506 3275) van TC Marik Housing (Pty) Ltd vir hulle werk. Vlg Frik was alles deur Pieter Smit en Willie Roos van die Rapportryers gereël geskenk en deur Rapportryers betaal. 5. Andrew Wallace en Donovan van der Schyff wat die kombuisgedeelte van die dak herstel het asook van die kante kom herstel het na die inbraak. Ons dank aan elkeen wat hulle harte en beursies oopgemaak het om hierdie dak te herstel. Wonderwerke gebeur vandag nog! Bly positief, moet nooit gaan lê nie en bly glo in die Here, ons God!


12

De Wildt Nuus

Desember 2020

Ons naaste? (2) Manie Lemmer

Lees Mattheus 1: 18 - 25 en Lukas 23: 33 - 49 Wie is ons naaste? Watter voorbeeld het Christus vir ons gestel? In ons vorige uitgawe het ons die gelykenis van die barmhartige Samaritaan aangehaal om te beskryf wie ons naaste is. Hierdie keer kyk ons na die wyse waarop Christus Sy medemense behandel en geag het. Hy het talle siekes gesond gemaak en selfs mense wat reeds dood was, uit die dood opgewek. Wanneer Hy by geleentheid duisende mense na Sy prediking. bejammer het omdat Hy gesien het dat hulle geen voedsel by hulle gehad het nie, het Hy almal met ’n baie klein voorraad brood en vis gevoed en daar het selfs kos oorgebly nadat almal hulle versadig kon eet .Waar ’n wildvreemde vrou in ’n skare mense Sy kleed aangeraak het, het Hy stil gestaan en Sy aandag aan haar geskenk en so is sy genees. Lesers kan gerus as Bybelstudie-onderwerp ’n lys maak van al sodanige gebeure waar Christus onbekende en bekende mense as Sy naaste geag het. Hy het immers soos Hy self sy taak omskryf het as dat Hy na die aarde gekom het om sondaars wat andersins verlore sou wees, te red. In die gelese gedeeltes uit die Woord hierbo sien ons eers weer die gebeure rondom Christus se geboorte, wat ons binnekort weer herdenk. Nou is die tyd wanneer ons soms mense wat geruime tyd uit ons lewens verdwyn het, weer opsoek en hulle as naaste wil ken en behou. Dis ook die tyd wanneer ons aan mekaar geskenke gee uit

dankbaarheid in die eerste plek dat ons deur Christus se geboorte die grootste geskenk moontlik van ons hemelse Vader ontvang het; Ons wil op daardie dag ons dank herbeklemtoon dat ons as sondaars werklik van ’n almagtige God en Vader verlossing en versoening ontvang het deur Sy seun op aarde gebore te laat word en uiteindelik volgens die voorspelling van die profete uit die Ou Testament vir ons aan die kruis te laat sterf. Kyk ons nou na die gebeure by die kruisiging, sien ons weereens hoe Christus medemense geag het. Aan die kruis belowe Hy aan een van die boosdoeners wat saam met Hom gekruisig is, dat hy saam met Hom in die paradys sal wees. Waar vreemde soldate en helpers Sy klere verdeel, vra Hy dat sy Vader hulle sal vergeef, omdat hulle nie geweet het wat hulle doen nie. Hy ag egter nie slegs vreemdelinge nie, maar ook Sy naaste familie en dra sy moeder aan die sorg van ’n dissipel op. As ons dus weer terugkyk na die gedeeltes uit die Woord, weet ons dat ons in die eerste plek in die Tien Gebooie leer dat ons God met ons hele siel en verstand moet liefhê en dan ook ons naaste soos ons onsself moet liefhê. Ons moet dus duidelikheid hê oor wie ons naaste is. ’n Leraar het baie jare gelede in ’n preek vir ons gemeld dat my naaste diegene is wat oor ons pad kom, en nie slegs ons naasbestaandes nie. Ons dank die Here vir Sy Woord wat duidelike riglyne vir ons doen en late aan ons gee. Ons taak is om behalwe die nakoming van gemelde riglyne, ook Sy boodskap van verlossing oral, tydig en ontydig aan ons naaste, uit te dra.


Desember 2020

De Wildt Nuus

13

HULDEBLYK Manie Lemmer

MARIA SUSANNA ELIZABETH (SANNIE) LEMMER * 3 April 1935 † 18 Julie 2020 Na Sannie se oorlye op 18 Julie het ek ’n slothoofstuk by ons lewensverhaal in die boek, Herinneringe en Hoogtepunte in die lewens van Lemmers: Manie en Sannie, wat ek reeds vanaf vyf jaar gelede en nou met meer inspirasie probeer voltooi, geskryf en ek dink dit is maar enkele fasette waar ek haar onthou soos in die betrokke hoofstuk, Sannie se laaste jare van swaarkry en oorlye, gemeld: “Hoewel hierdie hoofstuk heel laaste in ons boek geplaas word, skrywe ek dit nou aan die einde van Augustus, ’n bietjie meer as ’n maand na Sannie se heengaan, terwyl my gemoed nou sodanig is dat ek die afgelope jare se gebeure op skrif kan stel. Ek was tot eergister (21 Augustus) met afrondingsake tov die boedel, testament en eise besig en tuis by Jannie en Sumia by ons kleinhoewe, maar het teruggekeer na my nuwe tuiste by Sandstone Sorgsentrum. Gisteroggend wou ek te midde van taamlike koue weer wat vanaf die Kaap hier saam met my aangeland het, weer begin skryf. Toe ek die deur wat op die stoep uitgaan, oopmaak, hoor ek een van my kollegas hier, oom Johan Olivier, 92 jaar oud, op sy konsertina speel en saam met sy seun wat die oggend vir sy ouers hier kom kuier het, se kitaarbegeleiding verskeie liedjies, onder andere van Koos du Plessis, sing. My kwarantyntydperk na my terugkeer Vrydag, keer toe ongelukkig dat ek self nader aan hulle kon beweeg en ek kon die sang en musiek slegs op ’n afstand aanhoor en waardeer. Dit het my baie laat verlang na my kameraad en eggenote van 60 jaar (26 Maart 2020) se huweliksjare plus die kuiertyd van sewe of agt jaar nog voor ons troue. Waarom juis hierdie insident hier vermeld? Omdat Sannie jare lank, selfs voor ons troue in 1960, klavier of orrel of kitaar gespeel het en daar was baie geleenthede waar ons vriende en ook ons twee seuns saam gesing het, soms selfs liedjies wat sy self geskryf het. Toe ons na my aftrede met pensioen by Die Oord PV3 vir verstandelik erg gestremdes tot 1995 gaan werk het, het Sannie daarin geslaag om hierdie gestremdes juis ook Koos du Plessis se liedere as koor so pragtig te laat sing dat dit gehore (soms ook die ouers) by menige geleentheid tot trane beweeg het, en ook gister vir my. Hoe baie sulke herinneringe saam het ons nie beleef nie? Waar ek nou in ’n terugblik weer vir myself vrae begin antwoord het, kan ek begryp dat Sannie na hierdie lang stryd teen die afbrekende siektetoestande en die langdurige vernedering om feitlik ten opsigte van al haar lewensfunksies gehelp te word, van ’n feitlik onhoudbare las verlig is en sonder pyn by haar hemelse Vader weer kan sing soos sy dit jare lank gedoen het. Sannie het twee digbundels die lig laat sien, Abdikasie en God se trillingsmeter, terwyl ek dit my taak gemaak het om haar derde bundel, Interaksie, lank reeds klaar op skrif gestel, ook te laat verskyn. Omdat die begrafnisblaadjie en die gepaardgaande boekmerk vir ons iets besonders is en ’n spesiale huldeblyk aan Sannie, neem ons dit ook graag in hierdie herinneringe van ons op. Maderí van der Schyff, ons kleindogter, het met my versoeke alles netjies in die blad saamgevoeg, met die kleure van Sannie se bloes as agtergrondkleur van die blaadjie.

Die fotoblaadjie elders in die blad gee werklik ’n geheelbeeld van Sannie se ryk en vol lewe saam met my en gedigte daarin uit haar eie digbundels spreek vanself. Op die boekmerk spreek Sannie se eie gedig vanself, Jou vertrektyd (uit God se trillingsmeter), en ons sien onsself as die toeskouers op die,lughawe met Sannie op vertrek na haar ewige tuiste by “die Man met die lig”. Op die keersy daarvan lees ons die gedig, The Poet, van Chris Lemmer, my kleinneef, wat hy pas ’n maand voor Sannie se heengaan vir hierdie “most valued cousin” van hom geskryf en aan haar opgedra het.” Omdat die begrafnis in die inperkingstyd vir die Covid-19 gehou is, is die sang van die 50 begrafnisgangers vervang met vier liedere, nl Die Oorwinningslied, Heel van vooraf (Lukas Maree), Altyd daar (Juanita du Plessis) en Genade onbeskryflik groot, wat Jannie alles op sy rekenaar opgeneem en op die gepaste tyd voorgespeel het terwyl almal die woorde in die blaadjie in stilte kon volg. By haar begrafnis op 27 Julie het prof Gerrit Smit, rektor van die Afrikaanse Protestantse Akademie en ook ons leraar met be-perkte opdrag, ons vertroos met die boodskap uit Johannes 14: 1 - 8 met die tema Waarom hoef ons nie die dood te vrees nie. Ons jarelange vriend en kollega, dr Dries van der Merwe, het die bedankings gedoen en in sy huldeblyk daarop gewys dat Sannie tereg vermeld kan word as die ideale vrou soos in Spreuke 31 beskryf. Ek glo dat sy saam met my deur baie familie en vriende gemis sal word, maar sy word hierdie rus sonder pyn gegun, ook dank namens ons Redaksie vir baie jare se sekretaresseskap en vir al die jare se artikels uit haar pen.


14

De Wildt Nuus

Ter herinnering - Sannie Lemmer

Sandstone Sorgsentrum


Desember 2020

15

De Wildt Nuus

Elma Human - Skakelbeamte

VLU De Wildt-takaktiwiteite KOEKSISTERS met ’n kinkel

Omdat ons tak geen ander fondsinsamelingsprojek kon hou gedurende die jaar, agv gegrendelde deure, nie... spring ons in en leer koeksisters bak. Kobie Opperman leer ons n vinnige, maklike manier om heeeerlike koesisters te bak! KOBIE SE PLEKKIE, op De Wildt is ook bekend vir heerlike pizzas en vetkoeke.

DE WILDT BIBLIOTEEK BESOEK

Patricia van Niekerk, ’n lid van ons tak, is deel van die vriendelike span dames, wat ’n baie oulike biblioteek beman. Mary Ann du Preez en Elma Human het gaan inloer en nuwe boeke geskenk en sommer met ’n hoop boeke weer huis toe gegaan.

DROOM, GLO en BOU

Dit was ons tema vir 2020. Ons wens almal in die tak en van die gemeenskap om dié tema voort te sit in 2021. Geseënde Kersfees en opwindende nuwe jaar van die VLU DE WILDT-TAK


16

De Wildt Nuus

Desember 2020

VLU De Wildt-tak vergader virtueel tydens pandemie Die VLU De Wildt-tak het tydens die Covid-19-pandemie, soos vele organisasies en besighede, ook virtueel vergader. Die vrou en tegnologie Ons spreker vir die vergadering sou Amorie Langenhoven wees. Sy maak op die ou end vir ons 5 kort video’tjies, waarin sy ons leer hoe om ons slimfone beter te benut en ons versprei dit per WhatsApp aan ons lede gedurende ons virtuele vergadering. Die bome van die jaar: Kremetart – Adansonia Digitae, Boabab, Essenhout – (Ekebergia Capensis), Cape Ash Ons spreker, mnr Pieter vd Westhuisen van Plant-‘n-Palm Kwekery het ons per video-opname toegespreek. Internasionaal Joan Jonker vertel ons van Kanada, waar haar dogter en gesin tans woon. Die natuur is asemrowend en Joan geniet die sneeu baie. Dis veilig en mense is vriendelik, openbare vervoer is baie betroubaar en haar kleindogter Uber sommer na skoolaktiwiteite huis toe. Carlien Retief besoek Ethiopië in 2019. Dis ‘n ou wêreld, waar kolonialisme nie ’n merk gelaat het nie. Dis hoofsaaklik ‘n Christelike beskawing, waar Moslems beperk was. Fantastiese kerke is uit rotse gekap en diep uitgrawings was gemaak. Daar is nog baie primitiewe stamme, wat hulle gesigte verf en skywe in hulle lippe dra. Carlien leer spin soos die vroue en dis die mans se werk om die helderkleurige items te weef. Hulle kalender is hierdie jaar eers op 2013… so eintlik was Carlien vir ‘n tydjie 7 jaar jonger! Mary du Preez besoek Kenia in 2018 en 2019, waar haar seun en sy gesin woon. Die Wêreldbond vir Plattelandse vroue het ‘n hoofkantoor in Nairobi en het in 2017 hul 100ste verjaardag gevier. Niemand loop met geld in hul beursies nie, hulle gebruik die M-PESA stelsel, waar jy met lugtyd van jou selfoon af betaal - vanaf die apteek tot op die straatmark word dit gebruik. Dis tegnologie op sy beste in Afrika!

Elma Human besoek die stad Praag in Februarie 2020. Meeste mense praat Tjeggies of Russies, GEEN Engels nie! Die Aestrologiese horlosie, die enigste ter wêreld, was ‘n hoogtepunt! Uurliks drom mense op die plein saam om na die bewegende figure bokant die horlosie te kyk. Hulle eet Trdelnik (chimney cake), wat soos ‘n reuse, soet stokbrood oor kole gaargemaak word en geniet Svarak (hot wine) op koue wintersdae. Dis ‘n pragtige stad!

My Covid-19 inperkingervaring Deur: Ruben van Wyk, graad 9 leerling aan Die Hoërskool Brits en voorheen WR Joyce koshuisbrak Ek het kort voor die eerste inperking afgekondig is, gevlieg Kaap toe om by my ma in die Strand te gaan kuier vir die skoolvakansie. Op 23 Maart land ek in Kaapstad en my kort vakansie by die see begin voor ek weer die 28ste Maart moet terug vlieg. Almal is baie bly om my te sien en ek en my ouer broer kuier weer lekker saam. Op 27 Maart word Covid-19 vlak 5 inperkings van krag en ek is gestrand in die Kaap want alle vlugte is opgeskort! My ma word ook verplig om van die huis af te werk van die 28ste Maart af. So word my son- en seevakansie en lekker kuier saam met my laerskoolvriende, ‘n toesluitnagmerrie. Ek mag nêrens heen gaan nie. Ek mag nie by vriende gaan kuier nie. Geen vriende mag by my kom kuier nie. Ek mag nie see en strand toe gaan nie. Ek mag nie gaan fliek nie. Ek moet net heeldag by die huis sit! Ek en my broer maak maar die beste daarvan en ons swem maar in die swembad en braai en kuier dik stukke by die huis, terwyl ons die see kan sien en hoor en ruik! Die ander lekker ding is dat daar nie skool is nie, so die vakansie is darem nie so sleg nie. Ek speel maar games op my selfoon, kyk Netflix en Youtube, en hou myself besig wanneer almal werk of met hulle dinge besig is. Maar toe kry ek ‘n pakkie van my pa af… my skoolboeke en al die tuiswerk wat ons onnies kon uitdink vir ons. Skielik is die vakansie wat al klaar nie eers ‘n vakansie is nie, nou ‘n straf, wat kan dan nou erger wees?! Op die 1ste Mei 2020 word vlak 4-inperkings afgekondig. Nou kan ek darem weer my vriende sien. Ek moet nog steeds tuiswerk doen maar ek kan saam met vriende ook tyd bestee. Op 1 Junie gaan ons land na inperking vlak 3 en ons kan darem

meer vrylik beweeg. Dit is nou klaar koud in die Kaap, so ons kan nie in die see swem of eintlik op die strand kuier nie. Op 21 Junie vlieg ek uiteindelik terug huis toe na ‘n vakansie wat veronderstel was om ‘n week te wees, sommer 3 maande lank geword het. By die lughawe is daar baie streng maatreëls en ek moet meer as ‘n uur in die vertreksaal wag. Die vliegtuig waarmee ek terugvlieg is baie leeg met heelwat oop sitplekke rondom my. Mens mag net water drink op die vliegtuig en moet heeltyd ‘n masker dra. Terug by die huis! My pa en my honde is baie bly om my weer te sien. Ek het darem nog ‘n paar dae tuisbly oor voor ons graad 9’s weer die 17de Augustus terug moet gaan skool toe. Die Maandag is ek vroeg al by die skool en val in vir die inskryf en temperatuurmetings en al die nodige voorsorgmaatreëls wat die skool ingestel het. My pa het besluit ek gaan vir eers nie terug koshuis toe nie sodat ek so min as moontlike blootstelling het aan die virus. Vorentoe het ons graad een week skool en dan is ons ’n week by die huis, en so word ons stadig weer gewoond aan skool. Gelukkig het niemand in my familie die virus opgedoen nie en ons is almal nog gesond. Wat hierdie ervaring my geleer het, is dat ek dankbaar gaan wees vir vryheid om te kom en gaan soos ek wil, binne perke. Dit was nie lekker om in die dorp ingehok te wees nie, al was dit in ‘n groot huis met ‘n oop erf. Ek voel baie jammer vir mense wat in woonstelle die tyd moes deurbring, en veral die ouer mense wat nie familie naby het nie.


Desember 2020

De Wildt Nuus

HULDEBLYKE WILLEM PETRUS (WILLIE) LUBBE * 17 Desember 1942 † 12 September 2020 Lesers sal onthou dat daar uit Willie se pen ’n jaar of drie gelede ’n artikel oor sy deelname aan ’n wêreldkompetisie vir tennispelers bo 75 jaar namens RSA in ons blad verskyn het, ’n prestasie waarmee nie baie ander mense kan spog nie. Willie was ook een van my oudleerlinge uit Afrikaans Hoër Seunskool in Pretoria en hy het onlangs nog as deel van hulle 60 jaarreünie-komitee gemelde reünie vir September vanjaar gereël gehad, toe die inperkingsregulasies hulle die funksie na 2021 laat uitstel het. Nou sal hy soos ander maats van sy tyd ook hierdie geleentheid misloop, maar ons glo dat hy reeds in sy ewige tuiste kan ontspan, verlos van alle reëlingdruk. Willie het deur al die jare met my, sy Latyn-onderwyser, kontak behou en het selfs ’n hele paar jaar my en Sannie se finansiële state saam met ons jaarlikse belastingopgawe as ouditeur hanteer. Hy het ook jaarliks my en Sannie se geboortedatums onthou en so ook ons huweliksherdenkingdatum en dan ook gereeld op hierdie datums gesorg vir ’n goeie wenseboodskap van hom en sy eggenote, Marie. Langs hierdie weg, al is ons weens Covid-19 reeds ’n paar maande na sy heengaan, is dit vir my as oudonderwyser ’n voorreg om hulde te bring aan ’n voorbeeldige Matriekleerling en belangstellende vriend met al die kenmerke van ’n gewaardeerde oudleerling. Ek sal hom saam met sy eggenote en ander naasbestaandes, ook sy Matriekmaats van destyds mis en bid hulle ons hemelse Vader se vertroosting toe. - Manie Lemmer

JOHANNA FRANCINA JANSE VAN RENSBURG 13/9/1942 – 18/7/2020 Dit is met swaar harte dat ons afskeid geneem het van Johanna Francina Janse van Rensburg (Frankie), eggenote, Ma, Ouma, vriendin en vele meer. Ons gaan haar mis. Frankie, Johan en kinders, Ruan, Marius en Ingrid, het hulle intrek geneem op De Wildt in Desember 1980 en was deel van die De Wildt-gemeenskap sedertdien. Frankie sal veral onthou word vir haar bydraes gedurende die tyd wat haar 3 kinders skoolgegaan het te Laerskool Vissershoek van 1981 tot 1989. Sy het onverpoos bygedra en gehelp met elke denkbare skool- en sportfunksie en het, saam met ander, die heerlikste pannekoeke, sop en vele meer vir skoolfunksies help voorberei. Frankie was `n gegradueerde bibliotekaresse wat eers by Universiteit van Pretoria se Diskoteek in die Musiek Departement gewerk het. Van daar haar uitgebreide kennis van klassieke musiek. Later het sy by Medunsa se biblioteek gewerk waar die personeel wêreldwyd in mediese publikasies naslaanwerk moes doen om dokters se navrae te beantwoord. As eggenote, Ma, Ouma en vriendin sal sy gemis word, sy was altyd daar vir ons om te help, te troos en om ons die regte pad te wys. Vir haar eggenoot, kinders en kleinkinders is sy nie weg nie, maar leef dit wat sy ons geleer het deur haar voorbeeld en raad voort in ons. Dit is met groot hartseer dat ons afskeid neem, die herinneringe sal altyd daar wees.- Die Janse van Rensburg-gesin.

17


18

De Wildt Nuus

Desember 2020

HULDEBLYKE Piet Lee * 23.02.1953 † 09.10.2020

Ek het Piet Lee vir die eerste keer tydens die Grensoorlog in ‘n geheime kamp in die noorde van die destydse Suidwes-Afrika ontmoet. Hy was een van ’n span deskundiges wat die Weermag bygestaan het in ‘n spesiale projek. Ek het daardie aand om die vuur dadelik van hierdie ou, met sy rustige natuurlikheid gehou. Een van sy kollegas daar, en boesemvriend, Philip Mostert, het vandag spesiaal van die Kaap af gevlieg vir hierdie diens en hy som so op: . “Jy ken hom ook, want sy binnekant was altyd dieselfde.” Piet het self sy gelykmatigheid beskryf as voortsspruitend uit ‘n kinderlike geloof in die Bybel, daarby duidelike oortuigings omtrent sy beginsels, ‘n basiese menslikheid en ander waardes wat so natuurlik uitgeleef is dat mens maklik sy skerp intellek kon miskyk. Piet was ‘n gebore bosvelder in murg en been. Piet was gelukkig om ‘n knap en liefdevolle lewensmaat in die persoon van Louise te kon kry, met wie hy vir byna ‘n kwarteeu getroud kon wees. Piet se groot liefde was die militêre wêreld. gou sy leierseienskappe waar sy leierseienskappe na vore gekom het. Hier by SpesMagte het Piet aan bepaalde operasies deelgeneem en homself gou as ‘n ware kameraad bewys. Laterjare sou hy hierdie belangstelling behou sodat hy op ‘n stadium bevelvoerder van die Wonderboom Kommando geword het, en later tot Kolonel sou vorder. Na sy studies het Piet aan Unisa Tswana gedoseer. As tipiese bosvelder kon hy hierdie taal seker al van kindsbeen af praat. Hy het my vertel hoe hy op ‘n stadium van die ou Tswanas gaan opsoek het, om van hulle tradisionele fabels en legendes op te neem. Hierdie kosbare Afrikana het hy in ‘n reeks boekies in Se-Tswana gepubliseer, waarvan enkeles selfs vir skole voorgeskryf was. Maar ook in Afrikaans was hy bedrewe en kon hy lang gedigte van Afrikaanse digters, soos Boerneef, voordra. Afrikanerskap was absoluut deel van sy wese, en sy land vir hom kosbaar. Vir die mooi natuur van ons land het Piet ‘n groot liefde gehad en Diep in die Berge het hy jarelank in die De Wildt-gebied gewoon. Hy was dan ook trots op sy voorsate, en veral sy Oupa-grootjie wat met die Slag van Silkaatsnek as ‘n held gesneuwel het. Hy was ook lief vir Boeremusiek en ons volksliedjies en hy het dit geniet om konsertina te speel. Gedurende ’n ondersteuningstoer na Engeland trakteer hy en ’n vriend ’n Engelse gehoor op konsertina- en kitaarmusiek met Afrikaanse volksliedjies.

Piet se sin vir humor is by almal bekend. Maar hy het ook ‘n dieper kant gehad. Op die toer in Engeland het Piet ’n vriend by Westminster Abbey getrkateer op ’n lang voordrag van Shakespeare ... in Engels nogal. Sy uithouvermoë is bewys deur deelname aan die Comrades en ander wedlope. Deur die terugslae van die lewe, en spesifiek met latere gesondheidsprobleme het hy steeds vorentoe gebeur – al was dit op krukke. Elke lid van Piet se familie was vir hom belangrik, maar ook het hy sy plaaslike gemeenskap gedien. Op die Kerkraad kon sy wysheid vir jare waardeer word, en so het hy ook lank gedien op die Jopie Fourie Geloftefees-komitee. Sy kleinkinders was vir hom belangrik. En nou, veertig jaar nadat ek vir Piet ontmoet het, staan ons hier om afskeid te neem van hierdie besondere mens; ‘n lewensmaat, broer, oupa, vriend en kameraad, en dank ons die Skepper dat hy ons almal verryk het met hierdie besondere lewe. - Stefaans vd Walt

PETRO MINNAAR * 15 Oktober 1939 † 17 Mei 2020 In die pandemie-periode het ook Petro ons deur die dood ontval en ons betreur ook haar heengaan. As ek moet sê hoeveel jaar ons hulle reeds in ons gebied geken het, sal ek moet raai, maar dis ’n lang tyd sedert Hans en Petro as bestuurspaar van Die Hoekie by ons aangesluit het. Daar het hulle waardevolle gemeenskapsdiens gedoen. en ons onthou ons Lemmer-fees wat met meer as 200 familielede in1999 aldaar gehou is. Ek onthou hulle ook as die twee mense wat jarelank die Snoepie by Laerskool Vissershoek beman en “bevrou” het en my kleindogter, Maderi, het onlangs vertel hoe goed tannie Petro hulle in haar laerskoolloopbaan by die Snoepie versorg het. Saam met Hans het hulle jarelank ook die plaaslike roepradio hanteer en as Hans met sy rustige roepbeurte en die talle verjaardagwense op ’n oggend nie beskikbaar was nie, het Petro vir hom ingestaan. Na hulle af- en uittrede in ons gebied het hulle hul gevestig by die Sandstone Sorgsentrum waar ek saam met Sannie was en nou alleen woon. Ek onthou Petro as vriendelike en gemeenskapsmens en ons sal haar steeds saam met Hans mis. Al het geruime tyd reeds sedert Petro se heengaan verloop, bid ons steeds vir Hans en sy ander naasbestaandes ons hemelse Vader se vertroosting toe. - Manie Lemmer


Desember 2020

De Wildt Nuus

19

De Wildt Nuus en dié inwoners wens al ons lesers ‘n geseënde en vreugdevolle Kersfees en voorspoedige Nuwe Jaar toe DE WILDT BOEREVERENIGING WANNIE EN HANNA SCRIBANTE

EDDIE EN RONEL DAVEY JEAN-MARC EN INGRID CHELIN

FREEWAY-SUPERMARK/

LOOD EN JUDY SCHOEMAN

SKIETFONTEIN-HANDELAAR

MANIE EN ELLEN TEIXEIRA

FAAN EN MARINA NAUDé GERRIE EN MALIE PRINS GERTJIE DAVEL LEE-ANN ROSSOUW

ADELé DU TOIT DE WILDT HELPMEKAAR MAATSKAPPY-DIREKSIE WILLEM RIEKERT BURT EN ELIZE TERBLANCHE

GEORGIE LOUW ERIC EN CHRISTA FOURIE

LEN EN JOEY HAASBROEK GAWIE EN HELENA ROSSOUW TOY EN MARIE COETZER POEN EN ALICIA OLIVIER MANIE LEMMER JAN EN SUMIA LEMMER

JOHN EN JENNY WESSON PEGLERAE CONSERVANCY JOHAN EN ALTA MARAIS DRIES EN HILDA STEYN SAREL EN TERESA VERMAAK

JOHAN J VAN RENSBURG

EVA KOEKEMOER

PAMELA VAN DER MERWE

JAN EN SUSAN NEL


20

De Wildt Nuus

R1 000 R2 000 R2 900

Desember 2020


Desember 2020

De Wildt Nuus

Alternatiewe behandeling (14)

21

OORSPRONG VAN SIEKTES Dr Marius Potgieter (Kruiedokter en pastorale berader) Die grootste meerderheid siektetoestande word deur 2 belang- nikkel kan geweldig skadelik wees vir die liggaam. rike faktore veroorsaak: TE VEEL en TE MIN! TE MIN TE VEEL Daar is soveel tekorte in die liggaamstelsels van die moderne Die mens is wonderlike geskape: die liggaam is instaat om gif- Westerse mense: stowwe te verwerk of uit te skei. Die moderne lewe is egter baie * die meeste mense leef sonder ‘n lewensdoel om hulle te mogevaarlik as gevolg van ‘n oormaat van toksiese stowwe en inv- tiveer en opgewonde te maak. Dikwels is die doelstellings kortloede. Die mees algemene bronne van vergiftiging is: termyn en nie waardegedrewe nie. * algemene negatiewe denkprosesse, trauma en onverwerkte * daar is ook ‘n algemene skreiende tekort aan positiwiteit emosies; dit kan die liggaam tot op die vlak van die DNS vergiftig. en opbouende gedagtes. Die meeste mense leef in vrees – nie Stres lei tot die afskeiding van hormone wat die lewer, niere en noodwendig konkrete bewuste vrees nie. Die huidige tyd (met ander organe kan oorlaai; die beplande paniek) het ‘n uiters nadelige effek op die psige van * gifstowwe in die lug wat ons inasem, in die vloeistowwe wat ons gewone mense. Moenie vergeet nie: emosionele stres is ‘n vorm drink, ons kos, huishoudelike skoonmaakprodukte en kosmetiese van vrees. produkte. Dit word êrens gestoor waar dit stilletjes vermeerder * die moderne lewe met al sy ontwikkeling en vooruitgang maak en een dag kom in een of ander kroniese toestand soos kanker te die lewens van mense net voller en gejaagder: daar is ‘n nypende voorskyn; tekort aan geleenthede vir rustigheid en herstel, vir meditasie en * chemiese medikasie – die newe-effekte word onderbeklemtoon gebed. maar het altyd negatiewe invloed al help dit dalk op ‘n bepaalde * daar is ‘n uiters kommerwekkende tekort aan die nodige nuterrein; triënte wat die mens se liggaam en gees moet voed: die kom* insekdoders en plantdoders wat gemaak word om dood te mersiële mark verkoop verwerkde “kosse”: werklike voemaak; babas wat gebore word, kom met ‘n gemiddeld van 287 dingstowwe word uitgehaal (bv vesels) en giftige middels word chemikalië in die bloed die moderne wêreld binne; bygevoeg (bv allerlei vorme van suiker wat uitgeken kan word * endokrien-ontwrigtende chemikalië in sagte plastiek, buisligte; deur name wat op “–ose” eindig). voerings binne-in blikkieskos; sintetiese steroïede in vleisprodukte * onderlinge verbondenheid, soos in die gesin, en opbouende en estrogeen in melkprodukte en soja-gebaseerde kos; kontak met medemense en veral medegelowiges ontbreek dik* hardlywigheid: sonder daaglikse opelyf kan gifstowwe wat uit- wels; dit beroof die mens van die mees fundamentele aspek van geskei hehoort te word, weer opgeneem word. Dit sluit nadelige menswees, nl. om medemens te wees. bakterieë, fungi en parasiete in; * daar is te min tyd om te hoor wat God se lewensplan vir ons * swaar metale soos lood, aluminium, kwik, kadmium, arseen en elkeen is – dan ploeter ons maar voort!

Sannie Lemmer grendel die aardse deur Sannie Lemmer was vanaf 23 Mei 1972 met hart en siel by die VLU betrokke. Sy het feitlik elke pos op die bestuur van die De Wildttak bekleë: 4 jaar Voorsitster 5 jaar Tesouriere 2 jaar 1e Visie 5 jaar Sekretaresse 1 jaar Addisionele lid 6 jaar Skakelbeampte (Overvaal trofee 2001) Sannie dien ook vir 9 jaar as Streeksekretaresse in die voormalige Pretoria- Noordstreek. Sy skryf en hersien handleidings vir Tesouriere, wat in 21 streke van die TVLU geïmplementeer word. Ook die handleiding “Stelsels in die VLU”, kom uit haar pen. Sy verteenwoordig die TVLU vir 6 jaar op die SA Nasionale Verbruikers Unie. Uiteindelik ontvang sy haar 40 jaar-knopie en sluit haar VLU werksaamhede af. Sy ontvang erelidmaatskap by die tak in 2016. Na ‘n lang siekbed, sterf Sannie gedurende die grendeltyd. Sannie word onthou vir haar talent met die woord, nie net op professionele vlak nie, maar ook in pragtige gedigte. Sy was ’n baie lojale vriendin op wie mens kon staatmaak, sy het altyd haar deel gedoen en sy was iemand met ‘n hart van goud! - VLU De Wildt-tak

RAAM DIT Vir die raam van foto’s, sertifikate en kunswerke Faan 072 538 5678


22

De Wildt Nuus

Desember 2020

SANDSTONE SORGSENTRUM Manie Lemmer

Ek het elders in ons blad melding van hierdie sentrum gemaak, veral omdat dit die plek is waar Sannie haar laaste paar maande versorg was, waar ek saam met haar goeie versorging ontvang het en waar ek besluit het om na haar oorlye as inwoner aan te bly, Ek het met mnr Frans Lombard, die eienaar van die kleinhoewe van sestien hektaar ongeveer tien kilometer buite Brits en geleë aan die suidekant van die snelweg na Rustenburg gaan gesels om

meer van hierdie veilige en aangename heenkome vir bejaardes te verneem. Voor die ekonomiese insinking van die afgelope dekades het hy sy Sandstone Lodge goed aangewend, want veral die mynontwikkeling het vakansiegangers gelok en die huisvesting was altyd redelik vol. Verskeie faktore het tot die herontwikkeling van die geriewe sedert 2014 gelei. Frans se vader het gedurende die periode 2011 tot 2013 addisionele versorging as gevolg van Dementia, benodig en hulle het hom by drie verskillende plekke laat versorg tot sy oorlye in 2013. Die gebeure, saam met die afname in besoekerstal by die “Lodge” het hom laat dink om die infrastruktuur wat reeds bestaan het, gedeeltelik aan te wend vir die versorging van senior burgers. Met herbeplanning is deel van die destydse “Lodge” so ingerig dat daar vir ’n groep bejaardes en/of ander persone met sodanige gebrek dat hulle versorging geverg het, voorsiening gemaak. Op 6 Januarie 2014 is die Sorgsentrum amptelik geopen met Buks Botha as eerste inwoner, wat tans nog hier versorg word. Hy blyk altyd trots te wees op die feit dat hy ook by die kombuis behulpsaam is. Die tweede inwoner wat op 15 Januarie toegelaat is, was tannie Corrie Coetzee, wat ook nog steeds hier woon. Die sentrum se inwonertal het geleidelik gegroei en daar was telkens feitlik elke twee weke nuwe inwoners toegelaat. Die “mondkoerant” en advertensies in die Britspos het die inwoners stelselmatig laat vermeerder. In 2016 is die fondamente van ’n verdere versorgingsvleuel, De Stoepe, met ’n afdeling vir verswakte bejaardes en daaraan gekoppel tweebedkamers met badkamergeriewe en stoepe gegrawe. In Augustus 2017 is hierdie vleuel ingewy, onder andere vir bejaardes wat 24 uur versorging daagliks benodig. Daar was tot onlangs binne die inperkingsperiode 42 inwoners en dit het die afgelope maand weer gedaal tot 37. Om aan lesers te verduidelik watter diens en versorging die swakste inwoners ontvang, noem ek dit graag: Verplegingsdienste

onder leiding van matrones Rose du Plessis en Elise Viviers met genoeg hulppersoneel vir die 24 uursorg per dag; oggendetes, middagetes en ligte aandetes; poeding addisioneel op Sondae, wasgoed, skoonmaak van alle geriewe en persoonlike was waar nodig, ’n alarmklokkie om personeel se hulp te ontbied, veilige omheining met elektroniese hek. Ek het ook verneem hoe die koekaanbieding tydens inwonerverjaardae werk. Ons kry elkeen tydens verjaardae, saam met die middagtee/koffie, ’n snytjie koek (met versiersuiker), voorsien deur die eienaar van die sentrum. Ons kan ons ook daagiks verlustig in die goedversorgde tuine met pragtige blomme en plante wat beurte maak om die plek mooi en vrolik te laat vertoon. Op my vraag waar die naam “Sandstone” vandaan kom, het mnr Lombard gemeld dat sandsteenwonings wat hoofsaaklik in die Vrystaat aangetref word, deur die besondere sandsteen beindruk het en hy het die meeste mure alhier met sandsteenstroke afgerond en so het die naam “Sandstone Lodge” en later ook “Sandstone Sorgsentrum” ontstaan. As lesers wonder of besoekers en voornemende nuwe inwoners alhier welkom ia, kan ek dit bevestig; ons moes natuurlik deur die hele inperkingperiode alle reëls ter beveiliging van almal stiptelik nakom. Vir mense wat nog sodanige heenkome tov hulp en versorging benodig, kan ek Sandstone met vrymoedigheid aanbeveel. Hier het ek die geboue op ’n kleinhoewe gevind en hier is nie verdiepings met talle trappe of hysbakke nie. Alle geboue is op grondvlak en hier kan ons daagliks hoor hoe die verskeidenheid voëls hulle liedere sing en fluit. In die nag hoor ons die waaksame kiewiete en die dreunsang/kwaak van die paddakore en op die naburige plaas sien ons gereeld elande en swartwitpense en ander wildsbokke. Waar ek vanaf ons 50-jaarlange verblyf te Wildebeesthoek, twintig kilometer hiervandaan, nie maklik in ’n veeltal verdiepinggebou sou geaard het nie, het hierdie plek dit vir my maklik gemaak om hierheen te verhuis. Hier was tot onlangs een van ons senior inwoners wat weekliks kort boodskappe uit die Woord vir ons gebring het, maar hy het onlangs weer terugverhuis na Brits. Wanneer sodanige aktiwiteite, ook oefensessies wat onlangs deur matrone Rose vir ons begin is, moet dit in ons eetsaal geskied. Indien lesers ons wil besoek en moontlik ’n fondsinsameling vir ’n vergadersaaltjie waar oefeninge en soms ook optredes deur plaaslike kunstenaars kan plaasvind, kan ek meld dat mnr Lombard daarvoor te vinde is as ons genoeg fondse daarvoor kan insamel. Hy doen reeds baie vir ons as inwoners en ons verwag nie dat hy persoonlik vir sodanige uitbreiding verantwoordelik moet wees nie. Belangstellende lesers vir sodanige projek kan my gerus skakel by sakfoonnommer 082 879 6969. My boodskap aan al ons lesers: ’n Mens beplan jou aftrede en senior lewensfase maklik terwyl jy nog jonger is, maar dit realiseer nie noodwendig volgens jou denke en beplanning nie. As ’n mens gelukkig en geseënd is om oud te word, kan jy moontlik wel versorging op een of ander stadium benodig en dit kan nie maklik in jou jarelange selfstandige woonplek gereël word nie. Later sal ons weer verdere nuus van “Sandstone” instuur vir publikasie in hierdie blad. Kyk ook die advertensie en foto’s tov “Sandstone” elders in die blad


Desember 2020

23

De Wildt Nuus

Vleis en Vleis verwerking Item No Beskrywing

Verpak

Prys / Kg

Varkvleis 1

Heel of halwe Vark (gesny in snitte, en verpak)

2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15

Maer maal vleis (90 / 10) Maal vleis (80 / 20) Boerewors Perske Boerewors Kaas Boerewors Kassegriller (Kaas wors, gerook) Minute Steak Rump Steak Beeskook (Brisket) Bees patties Koue Vleis - Ham Koue Vleis - Meatloaf Koue Vleis - Biltong & Kaas loaf Koue Vleis - Oliveloaf

16

Heel of halwe skaap (gesnit en verpak)

R48 / kg

Beesvleis 500gr of meer 500gr of meer 500gr of meer 500gr of meer 500gr of meer 500gr of meer 500gr of meer 500gr of meer 500gr of meer 6 in pak 500gr of meer 500gr of meer 500gr of meer 500gr of meer

R80 / kg R80 / kg R90 / kg R94 / kg R125 / kg R130 / kg R120 / kg R120 / kg R85 / kg R60.00 R130/ kg R130/ kg R150/ kg R130/ kg

Skaapvleis R110 / kg

Enige wildsvleis of ander kan verwerk word Groente (Alle groente is gaar en reg om warm te maak, en eet) 17 18 19 20 21 22 23 24 25

Spinasie (Slegs gesout) Spinasie (Room en kaas spinasie - Heat 'n eat) Butternut pampoen (Botter en gesout) Patats (Botter en gesout) Groenboontjies met aartappels en uie (geroom en gesout) Groenboontjie bredie (bacon, uie, aartappels, room en sout en peper ) Wortel en Aartappel mash (gebotter en gesout) Tamatie en uie (slegs gekook - geen speserye) Tamatie en uie smoor (kerrie, en speserye)

26 27 28

Bran Karringmelk Beskuit (met of sonder rosyne) Wit Klapper Karringmelk Beskuit Karringmelk beskuit met klapper en cranberries

29 30 31

Groenvye konfyt (Heel vye) Appelkoos konfyt (stukkies vrugte) Pynappel en granadilla konfyt

500gr 500gr 500gr 500gr 500gr 500gr 500gr 500gr 500gr

R15.00 R25.00 R17.00 R17.00 R25.00 R30.00 R17.00 R15.00 R20.00

500gr 500gr 500gr

R55.00 R55.00 R60.00

250gr 250gr 250gr

R20.00 R20.00 R20.00

Beskuit

Konfyt


24

De Wildt Nuus

Desember 2020


Desember 202

De Wildt Nuus

25

DIE AKASIA/ DE WILDT GELOFTEFEES JOPIE FOURIE FEESTERREIN

Beste Geloftefeesvriend

Beste Geloftefeesvriend

UITNODIGING NA DIE GELOFTEFEES TE DE WILDT OP DV 16 DESEMBER 2020 UITNODIGING NA DIE GELOFTEFEES TE DE WILDT OP DV 16 DESEMBER 2020 Vanjaar vind die Akasia/De Wildt Geloftefees vir die 57ste jaar plaas op die Jopie Fourie-Feesterrein op De Wildt. U word hartlik uitgenooi omdie vanjaar se fees op 16 Desember 2020vir bydie te woon. meer m.b.t. die fees. Vanjaar vind Akasia/De Wildt Geloftefees 57steHier jaarvolg plaas opbesonderhede die Jopie Fourie1. Feesterrein WAAR? JOPIE FOURIE-TERREIN op De Wildt. U word hartlik uitgenooi om vanjaar se fees op 16 Desember 2020 Op die R513-pad vanaf Pretoria-Noord na Brits, 3 km m.b.t. wes vanaf Hornsnekpad/M17 by te woon. Hier volg meer besonderhede diedie fees.

WAAR? JOPIE FOURIE-TERREIN 2. 1. PROGRAM 08:00 - 08:40 Vlagparade: Peet Dorfling (Hartland-perdekommando) Sing van die Lied van Jong Suid-Afrika dieRossouw R513-pad vanaf Pretoria-Noord na Brits, 3 km wes vanaf die Hornsnekpad/M17 Kanonsaluut: Op Gawie Voorlaaierdemonstrasie: Werner Theron 2. PROGRAM 08:40 - 08:50 Verwelkoming: Voorsitter Peet Dorfling (Hartland-perdekommando) Sing van die Lied 08:00 -Verkiesing 08:40 vanVlagparade: 08:50 - 09:00 Bestuur vir 2021 Jong van Suid-Afrika 09:00 - 09:20 Samesang en van insameling kontantbydraes t.o.v. onkoste Kanonsaluut: Gawie Rossouw 09:20 - 09:30 Voorhou van Bloedrivier-gelofte: Werner Theron Werner Theron 09:30 - 09:40 Voorhou van Voorlaaierdemonstrasie: Van Riebeeck-gelofte/gebed: Gawie Rossouw 08:40 08:50 Verwelkoming: Voorsitter 09:40 - 10:10 Geleentheidspreker: Gert van Zyl 09:00Hier staan Verkiesing van Bestuur vir 2021 08:50 -Tema: ons – Ligdraers in die duisternis. 09:00 09:20 Samesang en insameling van kontantbydraes t.o.v. onkoste 10:10 - 10:40 Geloftefeesdiens: Ds David Barnard 09:30God is Voorhou 09:20 -Tema: waar jý is. van Bloedrivier-gelofte: Werner Theron Voorhou van Van Riebeeck-gelofte/gebed: Gawie Rossouw 09:30 -Jeremia 09:40 29:1-7 Skriflesing: -Lied 10:10 Liedere: 09:40 476: 1-2Geleentheidspreker: Gert van Zyl Lied 519: 1-4Tema: Hier staan ons – Ligdraers in die duisternis. Geloftefeesdiens: 10:10 -Sing 10:40 10:40 -10:50 van DIE STEM (al vier verse) Ds David Barnard

Tema: God is waar jý is. Skriflesing: Jeremia 29:1-7 Feesgangers word hartlik uitgenooi om vanaf 11:00 heerlik saam te kuier en die dag saam met familie en vriende te geLiedere: Lied 476: 1-2 niet. Lied 519: 1-4 10:40 -10:50 Sing van DIE STEM (al vier verse) 3. WAT BRING ONS SAAM? Eie piekniekmandjie, eetgerei (vure sal op versoek voorsien word), opvou/ kampstoele/-tafels (die terrein beskik nie oor stoele nie). Tee, koffie en koeldrank sal teen ’n klein donasie in bekers teen ’n billike prys beskikbaar wees.

Feesgangers word hartlik uitgenooi om vanaf 11:00 heerlik saam te 4. KLEREDRAG kuier en die dag saam met familie en vriende te geniet.

3.

Tradisionele drag sal meer luister aan die fees verleen! Dra dit asseblief, as u het!

WAT BRING ONS SAAM?

’N GELOFTEFEES OM WEEREENS NIE MIS TE LOOP NIE!

Eie piekniekmandjie, eetgerei (vure sal op versoek voorsien word), opvou/ Kom by hierdie geskiedkundige terrein saam om die gelofte van ons voorouers gestand te doen en die Here te loof vir al kampstoele/-tafels (die terrein beskik nie oor stoele nie). Tee, koffie en koeldrank sal die seëninge. teen ’n klein donasie in bekers teen ’n billike prys beskikbaar wees. Bring u kinders saam sodat hulle nie slegs die gelofte sal voortdra nie, maar ook saam met u kan luister hoe die gelofte ons,4. die latereKLEREDRAG geslagte, as Christene raak.

Tradisionele drag sal meer luister aan die fees verleen! Dra dit asseblief, as u het! Kontakpersone: Gawie Rossouw (voorsitter) Rachelle Rossouw (sekretaresse) Manie Lemmer (bestuurslid) ’N GELOFTEFEES OM WEEREENS NIE MIS TE LOOP NIE! 072 134 1105 072 768 0854 082 879 6969 ggmotors89@gmail.com rgrossouw16@gmail.com lemmer.manie@gmail.com


26

Desember 2020

De Wildt Nuus

Besoek ons gerus vir alle goeie gebruikte korporatiewe kantoormeubels. Len 082 660 8299 · Frans 082 470 0290 · Armand 082 955 3117 Website: www.officecomplete.net

ADVERTEER IN DE WILDT NUUS Halfblad binne in swart en wit R 385.00 Kwartblad binne in swart en wit R 290.00 Agste blad binne in swart en wit R 200.00 Klein in swart en wit

R 115.00

‘Heavy duty’ swart sakke Dr MC Boshoff (BVSc) 083 227 5562 Dr Sune Pretorius (BVSc) 084 880 9434

Pryse

50 sakke – R60.00 40 sakke – R50.00 R110.00 200 sakke – R220.00

20 sakke – R25.00 100 sakke –

Kontak- Melanie Wallace Tel: 0762511650 Whats App: 0825268136


Desember 2020

27

De Wildt Nuus

FRIK VOS SURVEY EQUIPMENT

Agents for new and used land surveying instruments and equipment. Specialises in the repair, service and calibration of land surveying instruments as well as survey work. Merle Street Plot 72B Winternest Akasia Pretoria

082 466 8174 082 451 2217

E-mail: frik@surveyinstruments.net


28

De Wildt Nuus

Desember 2020


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
De Wildt Nuus - Des 2020 by De Wildt Nuus - Issuu