32
De Wildt News
August 2015
sĂŞ alles
DE WILDT N S UU EW
E-pos: manie.lemmer@dewildtnuus.co.za Webtuiste: www.dewildtnuus.co.za
Augustus/August 2015 Jaargang 24 No 4
Tragies en frustrerende munisipale dienste - bl 5
DESIGN & MANUFACTURING OF JEWELLERY Cell: 083 235 3138
JEWELLERY AND WATCH REPAIRS DIAMONDS AND GEMSTONES GOLDSMITH ON PREMISES VALUATIONS De Oude Muragie Centre
Shoprite Shop 3 (opposite Wimpy) Ben Viljoen St, Pta North Tel: 012 546 2226 Fax: 012 546 8196
elfriko@vodamail.co.za 1 Joh 1:9 As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe.
Shop 7 Cnr of Braam Pretorius & Veronica Street Magalieskruin Tel: 012 548 9585
De Wildt News
2
August 2015
REDAKSIELEDE Manie Lemmer - 082 879 6969 (Voorsitter) Sannie Lemmer - 071 693 5993 (Sekretaresse)
De Wildt Nuus
31
Digkuns in ons midde
REDAKSIEBRIEF
Liewe lesers Dankie tog; die ergste koue van die winter is De Wildt Helpmekaar Maatskappy agter die rug. Veral vir ons ouer mense raak en die koue nie slegs gevaarlik nie, maar baie keer De Wildt Rampbestuur lastig. Ons aanvaar dit egter en sien uit na die Gertjie Davel - 082 376 1645 koms van die lente en die somer. Soos daar Kobie Opperman - 076 482 8513 nie 'n afdraende sonder 'n opdraende kan De Wildt Boerevereniging wees nie, so kan daar nie slegs goeie en Hanna Scribante - 083 417 4699 aanvaarbare seisoene sonder die minder aanvaarbare wees nie. Genoeg van die De Wildt VLU seisoene en die klimaat. Georgie Louw - 082 374 6879 Ons spook en spartel steeds om kop bo water te hou en tog vir ons lesers al die beskikbare Addisionele lede nuus deur te gee, want ons word beperk deur Trevor Louw 082 374 1645 die klein getal adverteerders en/of die Jan Lemmer 083 256 8266 relatief klein ondersteuning deur middel Marguerite Nel 082 774 2517 van donasies. Ons laat ons egter nie onder Magriet van Heerden 072 0926460 kry nie en gaan voort om ons lesers so veel Eugene van Staden 073 367 4787 moontlik leesbare en interessante leesstof Gertie van Staden 073 091 6035 sonder koste vir die lesers te bied. Dank weer aan gereelde adverteerders en Drukkers: Acuprint ook aan nuwes wat elke keer bygevoeg kan elizas@acuprint.co.za word. Hulle verdien om deur ons lesers ondersteun te word. Ons vind in hierdie uitgawe onder andere 'n artikel oor borskanker en in hierdie opsig Bankbesonderhede: wil ek graag 'n eie ervaring met lesers deel: Ek Rekeningnaam: De Wildt Nuus/News het op 1 Julie die aand in die Woord uit Standardbank, Wonderpark Johannes 17 gelees hoe Jesus vir sy dissipels Takkode: 016145 gebid het omdat Hy hulle lief gehad het en vir Spaarrekeningnr: 038247518 Verwysing: Adverteerder se naam + hulle omgegee het, en daarna in 'n DWN April 2012 (noem telkens die gepaardgaande uiteensetting die volgende naam van die betrokke maand). opmerking “Dit is die pasiënt wat genees is Epos betalingsbewys wat eer aan die geneesheer bring”. In die manie.lemmer@dewildtnuus.co.za verlede het ek in die jaar 2000 ervaar hoe 'n Advertensiegeld moet asb vooruitbetaal geneesheer die instrument in die hand van die word, maw sodra die advertensie groot Geneesheer was om my van die swaard versoek of gewerf word. Dankie vir julle moeite. van kanker te genees. Kontakpersone vir advertensies en Nou het ons weer op 1 Julie die goeie nuus grafiese ontwerp: ontvang hoe die betrokke span geneeshere na Manie Lemmer 'n jaarlange behandeling wat gevolg het op fyn Advertensie-ontwerp: R100 diagnose en daarna 'n doelgerigte relatief klein Veranderings op bestaande operasie, ook weer deur hulle toewyding in advertensies: R50 hul mediese beroep, my eggenoot Sannie se ADVERTENSIES IS kanker in haar bors genees het. Sy moet nog VOORUITBETAALBAAR medikasie neem maar dis weer eens slegs voorkomend. Die artikels in die De Wildt Nuus is nie noodwendig die produk van die redaksie Ons skryf nie die genesing slegs aan die nie, maar van individue. Daarom vereenselwig die redaksie hom geneeshere toe nie, maar bring aan hulle hulde wat hul lewens daagliks wy aan die ook nie noodwendig met alle uitsprake/menings in die artikels nie. aandag en bestudering van die toestand van
De Wildt Nuus
Augustus 2015
Manie Lemmer hul pasiënte. Ons kan ook meld dat ons eie huisarts, homeopaat en terapeut ook almal in hierdie kategorie val: Hulle sal alles vir hul pasiënte opoffer en gee vir ons om. Ons moet ons geneeshere en hul personeel waardeer en dank vir hulle aandeel aan daaglikse hedendaagse “wonderwerke” wat die Here steeds voor ons oë laat plaasvind; daarvoor dank ons Hom ook elke dag en bid vir ons medici vir daaglikse krag en insig. In ons blad kan lesers ook ons reaksie op die finale Impakevalueringsverslag tov die beoogde stortingsterrein by Multisand lees. Daar is ook 'n ope brief aan mnr Mantashe van die ANC en lesers hoef nie bekommerd te wees dat ons blad ons nou in die politiek begeef nie; ons wil hiermee slegs beklemtoon hoe belangrik voedselvoorsiening in ons land is en hoe ons boere tans moet stry om kop bo water te hou ter wille van die inwoners van Suid-Afrika. As ons die skrywe nie plaas nie, wonder ons onder hoeveel medemense se aandag dit sou kom. Die skool in ons gebied het ook presteer en lesers kan in die middelbladsye van die kinders se prestasie en ander nuus lees. Die verval in ons land moet ons nie tot aanvaarding dwing nie; daarom kan lesers ook meer lees oor die tragiese toestand van die munisipale dienste in Brits, wat maar slegs 'n duplisering van talle ander dorpe en stede is, en hoe ons daarteen moet stry. Ons vertrou dat ons blad weer eens vir ons lesers interessant sal wees en dat dit lesers sal aanmoedig om positief probleme (waaronder ook siektes) aan te pak. Geniet die blad tot by die volgende uitgawe in Oktober 2015 en ook die komende welkom seisoene.
NET WAT NODIG IS
LUISTER, MY KIND
Sannie Lemmer
Len Haasbroek
Ten spyte van al hul ellendes, dat hul in ingehokte huise woon en die sonder hokke bly hoop dat hul sal bly leef die sonlig van hul droom. Ons almal bly in die land van hoop. Ons hoop dit reën die son skyn weer, die oes is groot, ons kinders ry veilig, hul lewe gelukkig. Ons vergeet van hoop op God en God sal ons alles gee - nie in oorvloed nie net wat nodig is om te oorleef. (Uit haar bundel INTERAKSIE)
ADVERTEER IN DE WILDT NUUS
Luister, my kind... Die een winter na die ander blaai ons om, na elke winter sal somer weer kom. Herfs word die blare droog en val op die grond. As lente kom, bot weer die bome en warrelwinde strooi die goudbruin blare oral oor die velde rond. So my kind, het ons lewens ook seisoene – soms sonskyndae, soms donker wolke en reën. Dan kom die winterdae, die koue en die wind en die nag, my kind... Die nag wat ons weer met die stof van die aarde verbind. En dan my kind – die basuingeklank na 'n slaap 'n oogwink lank, breek die laaste en beste seisoen waar Satan geen kwaad meer kan doen. Die grafte gaan oop – die regverdiges staan op, op die wolke sien elke oog ons ENIGSTE HOOP. In 'n oogwink word die regverdiges verander om Jesus in die lug te ontmoet – geen tyd word verspil om die goddelose te groet. Luister, my kind... Die laaste seisoen begin op hierdie uur – 'n seisoen waar vrede en vreugde vir ewig sal duur... (Uit sy bundel Goue Rafels 1)
30
De Wildt News
August 2014
Augustus 2015
Wat elke vrou van borskanker behoort te weet Dr M Antonia Coccia-Portugal - MC(I.M)
Wie kry dit? 'n Vrou kan borskanker ontwikkel in enige stadium van haar volwasse lewe – selfs so vroeg as in haar twintigs. Een uit 15 vroue sal die siekte ontwikkel.
Wat is borskanker? Borskanker word nie noodwendig beperk tot 'n knop in die bors wanneer dit ontdek (gediagnoseer) word nie, hoewel dit in die algemeen die eerste teken van die siekte is. Om die waarheid te sê, dit is nie die knop wat doodmaak nie, maar wel die verspreiding van kankerselle na ander dele van die liggaam. Hierdie verskynsel staan bekend as metastase.
Borskanker – 'n doodsvonnis? Borskanker is 'n versameling van siektes. Sommige gevalle is meer aggressief as ander. Die tipe en verloop van die siekte verskil van pasiënt tot pasiënt, vergelykbaar met die variasie wat in vingerafdrukke bestaan. Die diagnose van borskanker is nie 'n doodsvonnis nie, maar sal verskil in die impak wat dit op individuele mense sal hê. Sommige borskankerpasiënte kry nooit 'n terugkeer van hul siekte nie, terwyl ander met slegs geringe behandeling jarelank met hul siekte kan saamleef – selfs vir dekades.
Hoe word dit behandel? Daar is drie hoofarms van behandeling: chirurgie, radioterapie en mediese behandeling (wat chemoterapie, hormoonterapie en geneterapie kan insluit). Chirurgie en radioterapie is lokale behandeling, terwyl chemoterapie sistemiese behandeling is wat via die bloedstroom of spysverteringskanaal toegedien word. 'n Kombinasie van die behandeling sal in die meeste gevalle toegepas word.
Moet mens noodwendig jou bors verloor? Nee. Oorsese studies het getoon dat masektomie (verwydering van die bors) geen oorlewingsvoordeel inhou vergeleke met 'n lumpektomie (verwyder van 'n knop) nie. Klein gewasse (knoppe) kan verwyder word met goeie kosmetiese resultate. Hierdie benadering is minder skendend vir die pasiënt. Met vooruitgang in chemoterapie, hormoonterapie en genetiese behandeling is dit deesdae selde nodig om 'n masektomie te doen. 'n Masektomie behoort nooit as eerste behandeling
aangebied te word nie. Die prosedure word beperk tot baie spesifieke gevalle. Wat gebeur as die knop te groot is? Daar is 'n goeie kans dat sommige kankerselle alreeds deur die bloedstroom versprei het na ander dele van die liggaam (been, longe of lewer). Hierdie kankerselle wat afgedwaal het (mikro-metastase), kan nie altyd met beskikbare toetse soos x-strale of skanderings opgespoor word nie. Met 'n groot gewas is daar meer as 70% kans vir mikrometastases. Sistemiese behandeling behoort dan toegedien te word om die gewas te krimp en terselfdertyd die kankerselle buite die grense van die bors te dood. As die gewas genoegsaam gekrimp het, kan dit verwyder word met goeie kosmetiese resultate wat veel mindeer trauma en skending van die pasiënt tot gevolg het.
Wat die doel van 'n Bors Sentrum? Die Bors Sentrum bied 'n multidissiplinêre spanbenadering tot borskankerbehandeling. Chirurge en onkoloë kombineer hul kundigheid om oor spesifieke behandeling vir elke pasiënt te besluit, met die vaardighede van die patoloog, radioterapeut, radioloog en plastiese chirurg tot hul beskikking. Al die faktore wat die uitkoms vir 'n individuele pasiënt se siekte kan voorspel, word in berekening gebring om die heel beste behandeling te verseker.
Wie moet die Bors Sentrum besoek? Enigeen met 'n mammogram wat tekens van kwaadaardigheid toon. Enigeen met familielede met borskanker. Vroeë diagnose is baie 'n belangrike deel van genesing. Enige persoon met blywende knoppe in die bors wat ongemak, pyn of enige kommer veroorsaak. Selfs persone sonder klagtes behoort roetine mammogramme te ondergaan.
Dr M Antonia Coccia-Portugal Dr Coccia-Portugal is 'n wêreldbekende en -erkende onkoloog en in haar spreekkamer kan bewyse van haar besondere kwalifikasies en eretoekennings gesien word. Haar woorde aan ons toe ons haar dankie sê, was "Ek geniet elke dag my werk." (Manie Lemmer)
3
De Wildt Nuus
INHOUDSOPGAWE Redaksiebrief Lief en Leed Tragiese munisipale dienste Ope brief aan Gwede Mantashe Magaliesberg a Biosphere Reserve ‘Antie, my ma gevra om te leen...’ Seniorburgerete Seniorburgerete DWBV Nuus LSV Borrelbekkie LSV Borrelbekkie
2 3 5 6 9 11 12 13 14 15 16
LSV Borrelbekkie DWBV Nuus VLU Nuus VLU Nuus Ons God is ’n God van hoop (4) Jongste nuus oor die stortingsterrein Dit kon ek gewees het Belangrike datums Wat elke vrou van borskanker behoort te weet Digkuns in ons midde
17 18 22 23 25 27 28 29 30 31
WEN HIERDIE SKILDERY Prosedure: Hierdie skildery is aan die Redaksie geskenk as deel van insameling van fondse vir ons blad. Skryf in teen R50.00 per inskrywing en gee twee antwoorde per e-pos (lemmer.manie@gmail.com): 1. Wie is die skilder? 2. In watter jaar is die skildery aan die Redaksie geskenk? Die wenner is die persoon wat die twee vrae korrek beantwoord, en indien daar meer as een korrekte inskrywing ontvang word, sal deur loting die enkele wenner van die skildery bepaal word. Indien nie minstens 10 inskrywings ontvang word nie, sal die proses in die Augustus-uitgawe herhaal word. Redaksielede mag nie deelneem nie. Tot op datum was daar nog geen reaksie nie!
LEED Hospitalisasie Estelle Koekemoer Sannie Lemmer Josef Breedt Vic Bravery Oorlede Tannie Sienie Thirion Rassie Erasmus se jonger broer Annelie Coetzer se vader LIEF • Dr Jannie en Margaret Hugo word oupa en ouma. • Eric en Christa Fourie se seun is getroud. • Roelie en Estelle Koekemoer is oupa en ouma 2015. • Louis en Nanna Steyn word oupa en ouma. • Josef en Tina Breedt word oupa en ouma. • Sarel en Teresa Vermaak word oupa en ouma. • Johnny en Elsie Wallace word oupa en ouma. • Evert en Memory Scheepers se dogter, Anika, vertrek na Amerika om SA in ballet te verteenwoordig.
Lief en Leed Ons meegevoel met diegene wat leed ervaar het. Beterskapwense aan diegene wat siek was of nog is. Dan is ons ook bly saam met diegene wat lief ondervind of beleef het. Ons wil dit net weer onder u aandag bring dat ons nie onder Lief en Leed nuus kan plaas as iemand dit nie onder ons aandag gebring het nie.
4
De Wildt News
August 2015
29
De Wildt Nuus
Augustus 2015
Belangrike datums Die redaksievoorsitter het met ontsteltenis verneem van twee vorige datums waarop verskillende instansies in ons gebied botsende aktiwiteite het, met ander woorde: Op dieselfde datum vind aktiwiteite plaas waar van inwoners verwag word om dit by te woon en geen mens kan homself in twee verdeel nie. Waar moet jou lojaliteit nou wees? Wat is die rede vir die dubbelaktiwiteite op dieselfde datum? Gebrek aan koĂśrdinasie in ons beplanning. Ons versoek was vir 2015: Stuur asb die datumbeplanning vir 2015 so gou moontlik vir plasing, maar dit moes gestuur word eers nadat almal onder leiding van die inwonersmaatskappy (die direkteur verantwoordelik vir Kommunikasie is Gertjie Davel) die datums so gerangskik het dat daar nie botsings is nie; dit is tog nie so moeilik nie. Dan kan ons altyd uitsien daarna om waar moontlik aktiwiteite van alle instansies te ondersteun. Die versoek het steeds in sommige gevalle op dowe ore geval. AFKORTINGS: DWVBF - De Wildt Vori-bergfees; DWN - De Wildt Nuusredaksie; DSO - De Wildt Sosiale Organisasie; JFFK - J Fourie-terrein Feeskomitee; DWBV - De Wildt Boerevereniging; LSV - Laerskool Vissershoek; DWHM - De Wildt Helpmekaar Maatskappy.
Aug
Sept
R800
Okt
18
19:00
DWHM Direksievergadering
25
19:00
DWBV Algemene vergadering
De Wildt 4x4
27
19:00
DWN redaksievergadering
Afrit 129
TLU- Kongres
1-2 22
19:00
DWHM Direksievergadering
20
19:00
DWHM Direksievergadering
22
19:00
DWN redaksievergadering
28
10:00
DSO Senior Burger Tee
Afrit 129
Landboukorrels Boeredag
R1 450 R2 450
Nov
Des
3
19:00
DWBV Algemene vergadering
14
12:00
DWHM AJV
24
19:00
DWHM Direksievergadering
28
14:00
Jaareindfunksie en Kersboom
16
07:00
Geloftefees
De Wildt 4x4
Jopie Fourie-terrein
ADVERTEER IN DE WILDT NUUS Voorblad in kleur Agterblad in kleur Volblad swart en wit Halfblad swart en wit
R990 R880 R525 R305
Kwartblad swart en wit Agste blad swart en wit Klein swart en wit Heel klein (4 reĂŤls)
Kontak 082 879 6969
R230 R155 R 90 R 30
August 2014
De Wildt News
28
DIT KON EK GEWEES HET... Sannie Lemmer Vieruur elke middag sien ons hulle staan. In die middedorp is die bushaltes en taxi- staanplekke. Hulle vertrek op 'n sekere tyd na verskillende buitewyke waar hulle woon. As jy voor staan, is jou kans goed om gou 'n plek op die bus te kry. Daarom is die rye laaaank. Dit lyk soos 'n kronkelende slang vanaf elke bus. My huishulp ry ook met een van daardie busse. Haar kinders moet maar sien om alleen klaar te kom by die huis. Hulle sorg self vir een broodjie vir die dag. Hulle stap ver tot by die bushalte. Vanmiddag word hulle weer op dieselfde aflaaipunt afgelaai en moet alleen terugstap huis toe. Hulle ma kom saans na sewe eers by die huis. Dan kook sy vir hulle kos as die krag nie af is nie, anders eet hulle maar brood. As ons huishulp by ons huis aankom, glimlag sy altyd. Sy vra hoe dit met Ouma gaan. Moet Ouma nie dalk 'n pilletjie vir die pyn drink nie.
Dan vra ek hoe dit met haar kinders gaan. Ouma weet, soos dit met al ons kinders gaan. As die ma nie daar is nie, lê hulle voor die TV en speel met hulle selfone. Ons hoop maar hulle slaag matriek en kry werk. Dit is nou vyfuur die middag. Ons ry weer by die bushaltes en taxistaanplekke verby. Ry op ry staan hulle nog steeds en wag om 'n plek in die bus te kry. Dit lyk of die rye nie korter word nie. Later sal hulle maar moet wag vir die tweede bus om te kom. Hulle lag en gesels oor die dag se werk. Hulle bespreek die"specials" by die winkels. Dis baie goedkoper as by hulle woonplekke. Hulle is min gepla. Elkeen wag haar/sy beurt geduldig af. Al wat hulle vrees, is geweld of dat hulle geld van hulle weggeneem word. En toe ek hulle so sien staan dink ek: Dit kon ek gewees het! Dis net God se genade wat ons en hulle bewaar.
WILSON SE AFSTERWE Eugene en Gertie van Staden
ADVERTEER IN DE WILDT NUUS
Wilson Masibiye is op 65-jarige ouderdom op 11 Julie op De Wildt by afrit 90 oorlede. Hy was jarelank oorlede tannie Lieze Jooste se regterhand en ook die hulp vir almal op die perseel. Ons mense wat ook hier woon, se harte is seer want ons het 'n goeie man verloor, iemand wat liefde geken en deur hom laat vloei het. Op die foto in die agtergrond is tannie Lieze se hond wat reeds in Februarie deur Wilson begrawe is. Wilson en hierdie hond was albei 11 jaar deel van hierdie perseel waar tannie Lieze lank ook saam met haar oorlede eggenoot, oom Frans, gewoon het.
Pinocchio Kleuterskool Afrit 78 R513 Schietfontein De Wildt
Vir Baba/Kleuter Gr R/Naskool Rekenaarklasse Elsie - 072 150 3850 Faks: 012 546 4233 elsie.pinskool@yahoo.co.za
Augustus2015
De Wildt Nuus
5
TRAGIESE EN FRUSTRERENDE MUNISIPALE DIENSTE IN BRITS Manie Lemmer
Ek is nie 'n inwoner van Brits of Madibeng nie, maar omdat ons tussen Pretoria-Noord en Brits woon en ons geneesheer en apteek in Brits is, besoek ons hierdie dorp op gereelde basis. Omdat ons kontreikoerant ook tot in Brits adverteer en dit ook in Brits gelees word, voel ek my geregverdig om kommentaar te lewer op die verval in hierdie dorp. ’n Mens val in die strate van die dorp werklik van een slaggat na die ander; verkeersligte wat nie meer werk nie, word eenvoudig met 'n gewone “stopstraat” van ouds vervang en die ligte self word nie herstel nie. Wanneer die wit strepe in die strate “per ongeluk” dalk oorgeverf word, het ek dit selfs beleef dat die streep bo-oor 'n gat in die pad geverf word. Die netheid van die dorp, veral in die besigheidsgedeelte, laat ook veel te wense oor. Ons hoor ook oor die radio en lees in die ander media van mense uit die omliggende woongebiede gedurig aan die betoog is oor die swak munisipale
dienste, soms so erg dat inwoners van gebiede soos Sonop se toegang tot Brits deur die betogers versper word. Het sommige van ons Suid-Afrikaners so gewoond geraak aan swak dienste dat dit niemand behalwe sommiges in die omliggende woongebiede, die toestande in die dorp Brits maar gelate aanvaar? Ek kan dit nie glo dat kiesers van Brits hierdie toestand aldus aanvaar en niks daaromtrent doen nie. Mense, reël protesvergaderings en rig beswaarskrifte op daaglikse basis aan die sogenaamde dorpsraad. Hou aan met knaag tot hulle wegloop of iets daadwerkliks doen om u dorp weer die aangename dorp van voor die “nuwe demokratiese regering” te maak. U betaal belasting wat in wie se sakke beland? Dit word nie meer doeltreffend vir behoorlike munisipale dienste aangewend nie. Of gaan ons wag tot alles afgebreek en vervalle is en dan probeer regmaak? Hierdie kort artikel is werklik 'n oproep op die inwoners van Brits om op te tree.
Bestuursprobleem by Eskom groter as geldprobleem Persverklaring deur die TLU SA
• Algemene Herstelwerk • Dienste • Ratkaste • • •
en Ewenaars Masjienherbouing Koppelaars en Remme Insleepdiens
G& G
MOTORDIENSTE
Kontak Gawie Rossouw of Gert Venter 012 525 1197 / 072 134 1105 (alle ure)
INSTANDHOUDING VAN ALLE FABRIKAAT MOTORS EN BAKKIES
TLU SA is verheug oor die feit dat Nersa voorlopig geen verdere tariefverhoging aan Eskom toegestaan het nie. Aan die ander kant is dit onaanvaarbaar dat Eskom met meer beurtkrag dreig as gevolg van daardie weiering. “Die feit is dat die hierdie weiering van Nersa Eskom nie in 'n finansieel slegter posisie gelaat het as voorheen nie. Dit is nie asof Eskom nou 'n klomp geld verloor het wat hy gehad het nie. Dis tariewe en inkomste wat hy nog nooit gehad het nie, en om nou meer beurtkrag te wil instel, kan nie anders gesien word nie as afpersing om sy sin te kry, en dit op koste van die verbruiker,” sê mnr. Louis Meintjes, President van TLU SA.
“Die feit dat Nersa sê dat Eskom se aansoek nie behoorlik voorberei was nie, dui weer eens op die onbekwaamheid van die Eskom bestuur. Hulle kan nie eens 'n voorlegging behoorlik opstel nie. As Eskom eerder aan sy bestuursprobleme aandag gee, sal sy finansiële probleme dalk eenvoudiger opgelos word as om vuisvoos verbruikers verder uit te buit met buitensporige tariewe. Hulle behoort nie eens die geleentheid te kry om 'n nuwe voorlegging aan Nersa voor te berei voordat hulle bestuur vervang is met bekwame mense nie,” sê mnr. Meintjes. “Die landbou, die land en die ekonomie kan nie 'n verdere elektrisiteitstariefverhoging bekostig nie, en die land kan ook nie langer onbekwame bestuurspraktyke by die by die energieverskaffer wat die monopolie besit, bekostig nie.”
6
De Wildt News
August 2015
Ope brief aan Gwede Mantashe LOUIS MEINTJES, PRESIDENT: TLU SA “Hierdie skrywe sal waarskynlik nie elders onder al die lesers van De Wildt Nuus gekom het nie. Dit word geplaas om daarop te wys hoe ernstig ons is oor volgehoue voedselvoorsiening aan die inwoners van die RSA en oor die stryd wat gevoer word om dit te probeer bewerkstellig" - Manie Lemmer
Augustus 2015
De Wildt Nuus
27
JONGSTE NUUS OOR
DIE STORTINGSTERREIN Manie Lemmer
In die lig van die ooreenkoms wat TLU SA in sy besit het met u handtekening daarop (waarna later in die skrywe meer volledig verwys sal word), waarin u die reg op ons kultuurbeskerming onderskryf het, rig ons hierdie skrywe aan u in ons kultuurtaal, wat ook ’n wettige landstaal van die land is. Dit was my twyfelagtige voorreg om namens TLU SA, die landbouorganisasie wat al vanaf 1897 (dus nog voordat daar ’n gedagte van ’n ANC was) in diens van die boere en landbou in Suid-Afrika staan, u Afrikaanse beraad by te woon. Ter wille van die rekord is dit nodig dat ek u tog voorsien van my indrukke van die beraad, veral in die lig daarvan dat u gevra het vir voorstelle. My eerste voorstel sal wees dat ’n behoorlike sakelys opgestel moet word waaroor gesprek gevoer moet word. So ’n oop gesprek rafel uit deurdat die beperkte tyd in beslag geneem word deur instansies wat graag hulle goeie hoedanighede op rekord wil plaas. Dit is seker teen hierdie tyd gemene saak dat dit nie goed gaan met Suid-Afrika nie. Ten spyte van allerhande regeringsbeloftes ly die land onder werkloosheid, misdaad, korrupsie, gebrekkige dienslewering, kragonderbrekings, dalende onderwysstandaarde en nog vele meer, wat die land se ekonomie laat stagneer, en wat lei tot swak graderings deur gesaghebbende graderingsagentskappe. Bekwame en gesaghebbende ontleders voorspel dat die land tussen twee en vyf jaar van nou af ’n ongekende krisis gaan beleef. Terwyl dit die realiteit is, verdoesel u dit met die oogklappe van u politieke retoriek, soos verwoord in die Freedom Charter, die NDR en die ANC se “Strategy & Tactics” – ’n soort politiek wat ander lande al ten gronde gerig het. By die beraad het u die Freedom Charter op ’n baie hoër vlak gestel as die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika. Is u nie besig om die burgers van die land daardeur te mislei nie? Waarom sê u nie reguit en onomwonde waarheen u die land neem nie. Sê reguit en eerlik dat u u nie steur aan die land se Grondwet nie, maar dat u u laat lei deur ’n revolusionêre partydokument, wat dateer uit die “struggle”-tyd waarin mense omgekom het? Waarom is u nie openlik oor die NDR en die Strategy & Tactics nie, sodat mense kan weet waarheen u op pad is nie? Dit is immer niks anders nie as politieke bedrog? Die tweede voorstel rondom so ’n beraad is dat u moet besluit watter hoed u dra as u so ’n gesprek aanlê. Dalk sal u u kan herinner dat ek u gevra het wie nou werklik in beheer van die land is? Watter status het u as hoofbeampte van die ANC om so ’n gesprek aan te lê? Beteken dit dat die ANC besluite maak? Maak die SAKP die beleid en besluite? Cosatu en die vakbonde? Of het die President en sy kabinet as regering van die land ook nog iewers inspraak in beleid- en besluitneming? Van die ander kant gesien: vir wie moet die burgers en die kiesers tot verantwoording roep vir die gemors wat ek hierbo aangestip het? U antwoord dat “almal in beheer” is, is onaanvaarbaar en in terme van ’n demokratiese bestel belaglik. Die ANC het die stemme gekry: nie die SAKP of Cosatu nie. Die ANC stel die regering saam, en dié behoort die verantwoordelikheid op hom te neem. Nou word verwarring gekweek deur die verantwoordelikheid van die een na die ander te verplaas, sodat uiteindelik niemand verantwoordelik is nie. Tydens die beraad het ek dit aan u gestel dat dit wil voorkom of die SAKP in wese in beheer is, in die lig van die groot aantal ministers wat Kommuniste is. U sarkastiese antwoord dat ons weer net die Rooi Gevaar sien, is tiperend van iemand wat nie die argument kan voer op
grond van feite nie, maar deur snedigheid en vernedering punte wil aanteken. Die feit is dat die Kommunisme ’n ideologie is wat uitgedien is in die res van die wêreld. TLU SA het noue kontakte met Georgië. Daardie land lek nou nog sy ekonomiese wonde van die vernietigende effek van die Kommunisme onder die Sowjet-Unie. Dit is soms goed om oogklappe te verruil vir ’n wyer visie, en te leer uit die lesse wat ander al uit dure ervaring geleer het! Ek stel dit duidelik en ondubbelsinnig aan u dat u beleidsrigting en veral die toepassing daarvan vir Suid-Afrika net armoede gaan skep. Wat die land nou nodig het, is eerlikheid. Juis dit ervaar ons nie, hetsy van die regering, die ANC of enige van sy vennote nie. Aan die een kant meld u by die beraad dat u die boere nodig het aangesien landbou ’n sleutelbedryf is. Net daarna dreig u ons met grondgrype en onwettige grondbesettings. Is u nou al skoon ’n propagandis vir die EFF se beleid? Skep u daarmee die klimaat vir verdere geweld en onrus in die land, en is dit u bedekte opdrag dat boere van die plase verdryf moet word, al is dit deur besettings en selfs plaasmoorde? U is besig om die klimaat hiervoor te skep! Maar as u so bekommerd is oor die landbou, waarom dan al meer en meer stremmende wetgewing op die wetboek plaas? Tans is daar al meer as 16 wette op die tafel wat landbou gaan strem. Trouens, nie net landbou nie: wette wat private besitreg oor ’n wye spektrum insluit en wat uiteindelik ekonomies katastrofale gevolge vir die land gaan inhou. As u weer wil gesels, laat ons oor die ekonomie gesels. Ek wil nie weer met u oor politiek praat nie, want ons sal bly by mekaar verby praat. Ekonomie is realiteit: laat ons dit ’n slag op tafel sit! Indien u erns het met die toekoms van Suid-Afrika sal u besef dat daar met boere gepraat moet word oor kos en die verskaffing daarvan en dat al die ander geykte retoriek wat so vrylik gebruik word en wat veroorsaak dat beleggersvertroue geskend word nie tuishoort by enige verantwoordelike instansie nie. Ek kan ook nie met u oor kultuur praat nie. Ek het u tydens die beraad gewys op die dokument wat deur u persoonlik onderteken is nadat u destydse jeugleier skuldig bevind is aan haatspraak, waarin u die Afrikaner die reg op sy kultuur- en gemeenskapslewe erken het. U het daardie dokument, met u eie handtekening en al, by die beraad van die tafel af gevee. As ek praat van toekomstige gesprekke, sê ek dit eintlik met huiwering. Dit is nodig dat daar oor die toekoms gepraat moet word, en dat die verlede agtergelaat moet word. Maar as u handtekening in u eie woorde en optrede niks beteken nie, en as u selfs ’n geskrewe ooreenkoms nie die papier werd maak waarop dit geskryf is nie, wat help gesprekke? Waarom sal ons enige mondelinge stelling, ooreenkoms of onderneming ernstig neem as ons u nie eens kan vertrou met u handtekening op skrif nie? Dit is eweneens politieke bedrog! Intussen moet u kennis neem dat ons boere in die land is om te bly. Ten spyte van u, die Regering, die ANC, die SAKP, Cosatu of wie ook al se vyandelikhede teen ons, sal ons voortgaan om ons roeping, waarvoor ons ’n passie het, uit te leef. Dit is om te boer, en om selfs toe te sien dat u elke dag kan smul van die vette wat die boere produseer. Ons het nie ons grond gesteel nie. Ons was nooit deel van die koloniale stelsel nie. Ons is inheems aan Afrika, ’n stam wat hier gebore en gevorm is tot uniekheid, net soos enige ander stam. Daarmee sal ons voortgaan, ongeag of u ons ’n regmerkie daarvoor wil gee of nie. Dis ons reg, wat ons sal bly opeis!
Ek is pas meegedeel dat al die kommentaar, my en Jannie s'n inkluis, op die Finale Impakevalueringsverslag aan die einde daarvan as bylaes aangeheg sal word en dat gemelde verslag dan aan die besluitnemers voorgelê sal word. Ek wonder of die besluitnemers alles raak gaan lees, want hierdie verslag wat ons pas in Junie volledig nagegaan het met die oog op ons kommentaar elders in hierdie blad, behels voordat die laaste kommentaar aangeheg word, na aan 1000 (eenduisend bladsye). Ek het dit deurgelees maar die bladsye is nie van voor tot agter genommer nie; ek moes die getal dus skat of al die moeite doen om dit dit tel. Die verslag kom indrukwekkend voor en dit is netjies gedoen, maar ek weet nie hoe die besluitnemers wel 'n besluit kan neem as hulle nie die verslag van voor tot agter gelees het nie.
Ek raai dat hulle eenvoudig na die “conclusion” van die verslag gaan kyk en met hierdie enkele gedagtes van die ondersoekspan daaroor besluit. Ek hoop dat my afleiding verkeerd is, maar as dit uiteindelik die resultaat is, kon die besluit maar net so wel uit die staanspoor geneem gewees het, sonder om ons, die inwoners, se kosbare ure met lang kommentare en vergaderings op te gesaal het. As dit so gaan gebeur dat besluit word sonder om kennis van die kommentare en besware te neem, was die hele oefening van meer as 'n jaar lank niks anders as oëverblindery nie. Ek maak nie wilde bewerings nie, maar grond my siening op talle ander voorbeelde van vele onlangse gebeure in ons land, alles behalwe die elemente van ware demokrasie.
PROFESSIONELE FINANSIËLE BEPLANNING ENKELBEDRAG EN AFTREEBELEGGINGS VIR: • Maandelikse Inkomste • Kapitale Groei • Pensioen en Voorsorgfonds bewarings, voor aftrede AFTREEBEPLANNING, RISIKOBEPLANNING & DEKKING Johan Venter Senior Uitvoerende Finansiële Beplanner Tel: 076 402 4764 Sel: 083 229 3335 johan.venter@momentum.co.za
VEILIG EN BETROUBAAR
26
De Wildt News
August 2015
Augustus 2015
De Wildt Nuus
7
8
De Wildt News
August 2015
God verlos diegene wat op Hom hoop
APTEEKGROEP Nel Apteek Apteker: Deán Krause
% 012 252-4645 Faks: 012 252-6735
Nel III Apteek
Schoemansville
Apteker: Tania Schmidt
Apteker: Izolde Bester
% 012 252-3010
% 012 253-0304
012 252-3014
012 253-0302
Apteker: Christo van Staden
% 012 259-1616 012 259-1743
De Wildt Nuus
25
ONS GOD IS ’N GOD VAN HOOP (4)
ARRIE NEL
Ifafi
Augustus 2015
Vir Augustusmaand gaan ons na drie gedeeltes kyk waarin ons kan sien dat God diegene verlos wat op Hom hoop. Om te hoop is ook om te vertrou. Lees Hebr 11:1. 1. 1 Kron 5:20 "want hulle het God aangeroep in die oorlog en Hy het hulle verhoor, omdat hulle op Hom vertrou. Dit handel oor die kommando van Israel en Juda wat oorlog moes voer teen hulle vyande: die Hagareners, Jetur, Nafis en Nodab. Hierdie kommando van Israel en Juda het hulle vyande oorwin omdat hulle op God vertrou het. 2. Ps 22: 2,5,6 en 31 Hierdie Psalm is 'n gebed van Dawid. In vers 4 vra hy: "HERE maak my U weë bekend. Leer my U paaie." In die volgende verse sien ons hoe die volk op God vertrou het en dat God hulle elke keer gered het. Vers 5 "Op U het ons Vaders vertrou, hulle het vertrou, en U het hulle uitgered." Vers 6 "Hulle het U aangeroep en het ontvlug. Op U het hulle vertrou en nie beskaamd gestaan nie." Vers 31 " 'n Nageslag wat Hom dien, dit sal vertel word van die HERE aan die volgende geslag."
Vertrou ons op die Here? Of vertrou ons op onsself, ons geld en ons goed? Dit kan in een oomblik van ons weggeneem word. Ons moet ons kinders leer om die pad van die Here te volg en Hom te vertrou. Ons God is 'n God van hoop. Loop self dié pad want so toon jy aan jou kinders en volgelinge dat jy self op God vertrou. 3. 2 Kor 1:10 Hierdie gedeelte handel oor die brief wat Paulus aan die Korinthiërs geskryf het. Paulus en sy volgelinge vertrou op God. Hulle is verlos van die doodsvonnis wat oor hulle uitgespreek is. Hulle het op God vertrou en gehoop op die verlossing. Paulus lê klem daarop dat jou "ja" jou ja moet wees en jou "nee" nee. Die Christene van Korinthe staan vas in hulle geloof. Daarvoor bedank Paulus hulle. Vra jouself af of jou "ja" vir God jou "ja" bly? Of is jy dalk 'n ja/nee of nee/ja mens? Vertrou op God alleen. God sal uit genade jou sondes verlos. Jy kan op God alleen vertrou. Staan vas in julle geloof soos die gelowiges in die Bybel ook vas gestaan het en op God vertrou het.
Brits Mall Pieter van Dyk
% 012 250-2837 Fax: 012 250-0932
Ons lewer persoonlike diens
Sannie Lemmer
072 865 6613
24
De Wildt News
August 2015
Augustus 2015
De Wildt Nuus
9
Magaliesberg proclaimed a World Biosphere Reserve by Unesco
After nearly a decade of lobbying and sustained efforts by a small committee of dedicated environmentalists, the Magaliesberg has been declared a World Biosphere Reserve. The announcement was made today (9 June) in Paris by the International Coordinating Council of the Programme on Man and the Biosphere (MAB). This is a Unesco programme that aims to build a supportive and sustainable relationship between people and their environments. In effect, this means a specific focus on safeguarding natural ecosystems through innovative approaches to economic development. The World Network of Biosphere Reserves, which Magaliesberg now joins, counts 631 biosphere reserves in 119 countries. “We are delighted with this final acknowledgement of the unique nature of the Magaliesberg and the powerful contribution it is making to our country, to the ecosystem services in Gauteng and the North West and the communities it nurtures over an extensive area,” said Paul Fatti, chair of the Magaliesberg Biosphere Initiative Group (MBIG) that has been lobbying authorities since 2007 to support the establishment of the Biosphere. Vincent Carruthers, past chair of MBIG and renowned author of “The Magaliesberg”, the most authoritative study of the mountain range, said that this announcement was the culmination of a campaign that began in 2006. “I'm most grateful there is now international recognition of this great mountain range that has witnessed the whole span of life, from its very origins,” he said. “The Magaliesberg is almost 100 times older than Mount Everest and half the age of the earth, a unique treasure for us in this part of Africa.” Officials from South African environmental authorities were also at the MAB meeting in Paris when the announcement was made. “The Magaliesberg Biosphere will be formally registered by Unesco and the Department of Environmental Affairs in October,” added Carruthers, who is chair of the Magaliesberg
Biosphere Not-for-Profit Company. “But before that happens we need to appoint a Board of Management for the Biosphere.” The Board will be made up of representatives of 16 interest groups who are involved one way or another in the Magaliesberg. These include bodies involved in conservation, education, tourism, culture/historical activities, business and religion. The Magaliesberg is under intense pressure from urbanisation and has lacked the support of a strong regulatory framework to back its status as a Protected Area. “Our hope is that this recognition by a world body and the renewed local focus it will put on the Magaliesberg, will energise initiatives towards greater protection and balanced and sustainable use,” said Fatti who was at Unesco in Paris for the announcement.. “This is the duty the Board of Management will be taking on.” The Magaliesberg Biosphere Reserve covers almost 358 000 ha - 58 000 making up the core area, 110 000 ha the buffer area and 190 000 ha the transition area. Besides the range's unique biomes - the Central Grassland Plateaux and the sub-Saharan savannah - it has a very rich biodiversity. The Aloe Peglerae and Frithia pulchra are unique to the area which has 443 bird species, almost half the total bird species of Southern Africa. In its report recommending that the Magaliesberg join the exclusive club of World Biosphere Reserves, the International Advisory Committee for Biosphere Reserves, noted: “The area is endowed with scenic beauty, unique natural features, rich cultural heritage value and archaeological interest with the Cradle of Humankind, which is part of the World Heritage Site with four million years of history.” South Africa now has eight Biosphere Reserves. Besides the Magaliesburg, the Gouritz Cluster was also declared a Biosphere Reserve by Unesco today (Tues). Vincent Carruthers, 082 411 8033 : vcms@mweb.co.za
10
August 2015
De Wildt Nuus
R12-00 p/kg
Mariëtte Kloppers
Posbus 1, De Wildt, 0251
R10-00 p/kg R10-00 p/kg
BALLET - 2010 LAERSKOOL GENL HENDRIK SCHOEMAN
R15-00 p/kg
Mariëtte Kloppers Posbus 1, De Wildt, 0251
23
Margaret Troskie - Skakelbeampte
012 504 2023 082 788 1670 • Was en stryk van linne en klerasie • Slegs was van linne en klerasie • Slegs stryk van linne en klerasie • Was en stryk van gordyne
De Wildt News
Vroue Landbou-Unie Nuus
QS-WASSERY 012 504 2023 082 788 1670
Augustus 2015
Maandag en Donderdag vanaf 13:00
EASY BUILD DE WILDT SHOPPING CENTRE TEL: 087 805 8851/2 FAKS: 086 550 0320 SEL: 082 376 0608 E-pos: easybuild@lantic.net
Vir alle boumateriaal en hardeware Vir vriendelike diens en persoonlike aandag besoek ons by
De Wildt Winkelsentrum
WATER: STELSELS EN NETWERKE Jacques de Kock van Valvomatic CC is al gesout daarin om vinnig op te tree wanneer daar 'n waterkrisis opduik. Sy buitengewone gespesialiseerde veld van werk behels die instandhouding en diens van die outomatiese hidrouliese klepbeheerstelsels, wat bestaan uit beheerkleppe en loods beheereenhede. Die eenhede word gebruik om reeds gesuiwerde water binne pyplyne en reservoirs te beheer. Met betrekking tot die Suid-Afrikaanse waterreserwes en die gehalte daarvan (rioolvuil en besoedeling), kan hy nie kommentaar lewer nie en stel voor dat werklike statistieke verkry moet word by instansies wat dit daagliks navors, bv Departement van Waterwese. Dit is Jacques se ervaring dat daar in die Gautenggebied, waar hy betrokke is, baie moeite gedoen word om te verseker dat hierdie stelsels betroubaar en in goeie werkende toestand bly om waterverlies te beperk en sodoende beskikbare reserwes te beskerm. Hy is wel bewus daarvan dat daar in Noordwes en Mpumahlanga negatiewe voorvalle was, as gevolg van swak bestuur en instandhouding van suiweringswerke. Bestaande netwerkpype in meeste van die verspreidingsnetwerke van woongebiede bestaan uit asbes-sement pyp wat nou al baie verouderd is. Die jare se diens begin hul tol eis agv slytasie. Die watervloei veroorsaak dat die sementbestandeel die pypwand uitloog, dus al swakker word en dat hulle die einde van hul leeftyd bereik. Koste vir die vervanging met UPVC of HDPE van 'n totale netwerk-stelsel is astronomies hoog. Tot dusver is die hoofwaterverskaffer aan Gauteng, Rand Water, se watergehalte, nog nooit onder verdenking nie. Hulle gebruik hoofsaaklik groot diameter staalpyplyne met pompstasies wat die water van hul laerliggende suiweringswerke na Johannesburg pomp. Daarvandaan graviteer die hoof/massa toevoerlyne na Pretoria se groot stoor
reservoirs by Iscor/Heights, Klapperkop en Garsfontein. Hierdie pyplyne verkeer onder baie hoë druk, aangesien Pretoria baie laer bo seevlak is as Johannesburg – in sekere gevalle tot 350 meter en laer. Neem in ag dat daar vir elke 10 meter hoogteverskil 'n druktoename van 100 kPa of 1 Bar is. Dit bring mee dat die hoof-toevoerlyne na ons Pretoria reservoirs toegerus moet word met baie spesiale outomatiese hidrouliese beheer-kleppe, wat die oortollige druk moet vernietig, en dan ook die vol watervlak in die reservoirs moet beheer. Hierdie groot opgaarreservoirs versprei dan die water na meer as ongeveer 170 reservoirs in Pretoria; ook meestal deur middle van gravitasie. Hierdie ongeveer 170 reservoirs voer dan weer water na al die verspreidingsnetwerke van die dorpsgebiede, wat ook in verskillende sones afgebaken word. Dit is nodig om elke sone te voorsien met sy eie toevoerklepstelsel, watermeters en dikwels ook outomatiese drukbeheerstelsels. Wanneer 'n hoërliggende dorpsgebied se water deur middel van 'n grensisoleerklep (tussen hoë en lae druk sones), met of sonder drukverminderaar gekoppel word, as gevolg van vandalisme, ens, sal die laerliggende gebied se drukwaarde aansienlik styg, wat dikwels pypbarste sal veroorsaak in hulle netwerk. Dit sal sekerlik vir die lesers interessant wees om te verneem dat Jacques-hulle, as subkontrakteurs, met hul reeks outomatiese hidrouliese beheerklepstelsels, by die Tshwane Stadsraad en hulle raadgewende ingenieurs, asook die hoof-kontrakteurs, betrokke is by die nuwe Annlin Reservoir. Dit is 'n loods-hidro-elektriese skema wat die toevoerdruk na die nuwe reservoir gaan benut om krag op te wek en in die Stadsraad se kragnetwerk ingevoer sal word. Hierdie loodsaanleg sal nie 'n baie groot bydrae kan lewer aan kragvoorsiening nie, maar sal gebruik word om die toepassingwenslikheid al dan nie, van soortgelyke stelsels landwyd te beproef.
22
August 2015
De Wildt News
Vroue Landbou-Unie Nuus Margaret Troskie - Skakelbeampte
Jeugdag Fakkelloop Die Voortrekkers is 'n kultuurbeweging wat die moderne Afrikaner, in besonder sy jeug, bemagtig om as positiewe Burgers en konsekwente Christene suksesvol te wees. Hulle het dit nou wel nie soos die Voortrekkers van ouds kaalvoet gedoen nie, maar die KranskopVoortrekkerkommando het op Jeugdag, 16 Junie, Kranskop net buite Modimolle uitgeklim. Die opwinding onder die jongklomp was groot en hulle het vroegoggend al koulik reggestaan om op die beestrokke te klim waarmee hulle in 'n konvooi die 19 km berg toe sou ry. Die kinders het om die beurt 'n brandende fakkel van die dorp tot by die berg gedra en die voertuie het teen 'n stadige pas gevolg. Die plaaslike verkeersdepartement en 'n groep van die Christian Bikers-motorfietsryers het die groep vergesel. Die sanggroep Beeskraal het hulself agterop een van die trokke tuisgemaak en vir musiek en 'n ligte luim gesorg. Sowat 120 mense het die uitdagende bergklimmery meegemaak en Kranskop se steiltes getrotseer. Dit het die groep sowat 'n uur geneem om tot bo te klim en nog 'n uur tot onder, waar die braaivleisvure gewag het. Vrygewige borge het vir vleis, lemoene en selfs 'n helikopter gesorg sodat mooi lugfoto's geneem kon word. Die groep se ywerige bergklimmery het selfs die televisienuus gehaal en 'n insetsel daaroor is uitgesaai. 'n Seremoniële Voortrekkervlag wat sigbaar was van die N1, is gehys. (Met erkenning aan Ronèl van Jaarsveld)
Brokkies uit Streeksvergadering Junie 2015 •Terugvoer wat ontvang is oor die konferensie, was alles positief. • Die jaarlikse gholfdag, wat van die begin af 'n wenresep was, het weer suksesvol afgeloop. Elke jaar word 'n begunstigde benoem waarheen die wins gaan. Goedere sal maandeliks aangekoop word vir Wolmer Tshwane Outreach uit die R36 000.00 wat aan hul geskenk word. •20 Nuwe lede het aangesluit in Jakaranda streek. • ’n Kompetisie word uitgeskryf vir 'n nuwe streeksvaandel; die “werk en wen” moet behoue bly. Dit moet visueel treffend wees en maklik vervoer kan word en die beeld wees van die VLU van vandag. Dit kan in enige medium wees en die wenner moet dit betyds klaar hê sodat dit ingewy kan word by volgende jaar se konferensie.
ADVERTEER IN DE WILDT NUUS Voorblad in kleur
R990
Kwartblad swart en wit
R230
Agterblad in kleur
R880
Agste blad swart en wit
R155
Volblad swart en wit
R525
Klein swart en wit
R 90
Halfblad swart en wit
R305
Heel klein (4 reëls)
R 30
Augustus 2015
De Wildt News
11
“ANTIE, MY MA GEVRA OM TE LEEN...” Sannie Lemmer
Oom Sias Odendaal het sy plaas aan die Freddiesmyne verkoop. Hy het egter die woonhuisstore en landerye uitgehou om te verhuur. Hy het vir hom 'n dubbelverdiepinghuis op Odendaalsrus gaan bou. Die enigste op die dorp. Hy was ryk. Met die myne wat skagte begin sink het en begin myn het vir goud, het mense van oor die land daarheen gestroom. Daar was geen woonplek nie. Die myn het vir hulle blanke werkers huisies gebou in 'n kamp. Swart werkers het in kampongs gewoon. My pa wou nie dat sy vrou en kinders in een van daardie kampe woon nie. Hy het toe oom Sias se plaas en huis en stoorplekke gehuur. So het ons weer soos voorheen begin boer. Koeie vir melk wat ons kon verkoop, skape, beeste en varke wat ons kon slag. Ons het koring en mielies geplant. Daar was een woonstel op die plaas en is gou verhuur. Toe stroom die huurders na ons toe. Ons het al die store skoongemaak en geverf en begin verhuur. So het dit gebeur dat daar 'n Engelsman en sy vrou en vier kindertjies in die klein stoorkamer ingetrek het. Die eerste aand is daar 'n klop aan die agterdeur. Daar staan 'n blondekop seuntjie. Hy kyk na my ma en vra: Antie, my ma gevra om te leen "one candle". My ma gaan spens toe, bring die kers en die kind verdwyn. Die volgende aand is die seuntjie weer daar. My ma vra sy naam. Hy sê: Freddie. Freddie val sommer weg en vra: Antie my ma gevra om te leen " two cups op sugar:” M y m a m a a k t o e d i e t w e e k o p p i e s v o l s u i k e r. En so het ons elke aand op Freddie gewag om te kom leen. Seep vir die wasgoed, salt, vegetables, en die snaaksste goed denkbaar.
My ma het vir hulle gratis 2 liter melk per dag gegee. Aan die einde van elke maand het Freddie gekom met 'n groot kartondoos met al die geleende goed daarin. As hy dit klaar uitgepak het, staan hy effens terug en vra: Antie, my ma gevra om te leen "one candle". En dan het hulle weer daagliks kom leen. Na nege maande kom sê die Engelsman dat hulle gaan trek. Hulle het nou 'n huisie in die kamp gekry. Ons kinders begin toe wonder by watter huis gaan hulle nou leen. Arme Freddie gaan dalk weggejaag of gevloek word. Ja, so het die mense na die Vrystaatse myne gestroom. Sommige het mooi huise laat bou. Ander het maar kamers gehuur om te kan oorleef, want daar was werk en meer geld as op ander plekke in die land. Dankie tog vir die Antie - dis nou my ma - wat nooit vir Freddie gevloek het of weggejaag het nie. My pa het altyd vir ons kinders gesê: Werp jou brood op die water en dit sal na jou terugkom in die vorm van mosbolletjies. Ons het nie eintlik geweet wat dit beteken nie en het hom dikwels gevra wat beteken dit. Dan sê hy net: Doen goed aan ander mense, dowes, blindes en kreupeles. Die Here sal dan ook aan julle goed doen. Baie keer as my pa dorp toe gegaan het, was daar gestremdes op straat wat gesit en bedel het. Hy het in elkeen se blikkie geld gesit en vir my ook gegee om in die blikkie te sit. Miskien is dit die rede waarom ek en Manie ons hele lewe bestee het om gestremdes te leer en vir hulle om te gee. Hoe sal ons weet?
Zodiac Dierekliniek
ADVERTEER IN DE WILDT NUUS
Tel: 012 252 1266 Fax: 012 252 6357 31 Carel de Wet weg, Posbus 460, BRITS 0250
Dr GS Scheepers (BVSc) 082 785 1593 Dr Johan Naude 0848470888
E-mail: zdk@vodamail.co.za
Voorblad in kleur
R990
Agterblad in kleur
R880
Volblad swart en wit
R525
Halfblad swart en wit
R305
Kwartblad swart en wit
R230
Agste blad swart en wit
R155
Klein swart en wit
R 90
Heel klein (4 reëls)
R 30
12
De Wildt News
August 2015
SENIORBURGERETE 10 JUNIE 2015
Augustus 2015
De Wildt News
KLUB LEKKERRUS/LIBERTAS
NABOOMSPRUIT (Mookgopong) ± 200 km vanaf Pretoria Kom geniet die Bosveld en die heerlike warm water van hierdie twee private oorde wat behoort aan gekeurde permanente lede van Klub Lekkerrus/Libertas. Al is u nie 'n permanente lid nie, kan u van jaar tot jaar jaarlidmaatskap bekom, maar u aansoek is aan keuring onderhewig. U is welkom om by hierdie twee warmwaterbronne Lekkerrus en Libertas te kom vakansie hou teen bekostigbare tariewe, met kortings van tot 50% in buiteseisoenstye. Spesiale korting vir groepsbespreking. Nota: Gekanselleerde lidbelange vir herverkoop beskikbaar
Fasiliteite beskikbaar: Woonwaterreine met kragpunte en gerieflike ablusieblokke Rondawels en kothuise (“chalets”) Warmwater swembaddens • Rumatiekbaddens Borrelbaddens • Waterglybaan Set-setbaan • Damme vir hengel Saal en konferensiesaal vir troues en funksies
Navrae: E-pos:
Lekkerrus@lantic.net Tel: 014 7439300
21
20
De Wildt News
August 2015
Augustus 2015
De Wildt News
13
SENIORBURGERETE 10 JUNIE 2015 Manie Lemmer Wanneer die senior burgers na 'n funksie in die De Wildt-gebied genooi word, kan jy maar weet dis iets wat jy nie moet misloop nie. Dis die plek waar die dames van De Wildt Helpmekaar Maatskappy elke jaar wondere verrig en waar elke senior burger op luisteryke wyse getrakteer word. Hierdie keer was ons weer by Cussonia Crest en verskeie aspekte maak dit 'n onvergeetlike ervaring: Eerstens die pragtige versierings en die heerlike kos olv Kobie Opperman. Dan volg die aankondiging van die Oupa en Ouma van die jaar, alles gelei deur seremoniemeester Gertjie Davel. Die musiek en sang deur Kobus Ras. Die aanmekaar gesels waarvan 'n mens nie genoeg kan kry nie. Ook die besondere gedagtes wat aan ons deur Phil Louw oorgedra is. Ek beklemtoon slegs die “uittrede” van oupa en ouma Haasbroek met Len se besondere gedig- en onthouvermoë; ons sal hulle nog lank onthou. Die verrassing van die dag: Nuwe 2015 oupa en ouma Roelie en Estelle Koekemoer. Roelie het spesiaal versoek dat ek sy en sy eggenote se groot dank oordra aan die gemeenskap vir die vertroue in hulle om hulle hierdie eer aan te doen. Ons sien uit na hulle “regeringstermyn”, hulle moet net nie regsmense ignoreer nie . Ons plaas ook Phil, voorsitter van DWHM, se gedagtes soos hy dit aan die aanwesiges oorgedra het.
Oupa en ouma 2015 Roelie en Estelle Koekemoer Dit is sake wat ons almal raak en wat ons nie maklik sal vergeet nie; dit was deel van ons menswees. Lesers sal uit die foto's kan aflei dat ons gemeenskapsfunksies uit die boonste rakke kom en jaarliks groot hoogtepunte alhier is. Dank van al die senior burgers aan almal wat deel gehad het aan hierdie aangename funksie.
Phil Louw Ek wil julle graag bietjie terug vat op die pad na die gouejare van die 50's, 60's en 70's en die goeie ou dae in herinnering roep. Maar laat my toe om eers te sê dis 'n voorreg om saam met 'n paar “Golden Oldies” vandag hier te kuier. Dankie dat julle moeite gedoen het om hier te wees om dit ook 'n onthou dag vir ander te maak. As ons van die goeie ou dae praat dan weet ek uit die staanspoor dat elkeen van ons 'n eie verhaal het om te vertel, ook a.g.v. ons belewenisse. En tog raak dit met die tyd vergete, nes die stofspoor van 'n mens wat ook op die maan getrap het. Die kiekies en skyfies van die verlede lê en stof opgaar want ouma se “brag album” is nou sommer op haar selfoon beskikbaar. Maar onthou julle “His Masters Voice” wat jy met die slinger moes opwen, die “seven singles” en langspeelplate? Wat van die melodieë, liedjies en musiek wat die “Jive, Rock & Roll, Cha-cha, Charlestone” en langarmdanse tot gevolg gehad het? Onthou julle nog al die Afrikaanse saamsingliedjies wat in die motor gesing is op pad dorp toe of met vakansie? Onthou julle nog hoe daar weekliks volkspele gedoen is, en hoe lekker dit was om te dans? Kultuur en kerk het hand aan hand geloop. En so gepraat van kultuur, onthou julle hoe daar “opgedress” is om na die staatsteater toe te gaan. Spesiale geleenthede het geëis dat jy nie net jou beste voetjie voorsit nie, maar jou beste ook aantrek. Vandag sou baie sê die vere maak nie die voël nie, daarom is slenterdrag die norm, sien ons dit in ons kerke, by die teater, en selfs by spesiale geleenthede. Mode is mode, en as mens bietjie teruggrawe in tyd dan word ons herinner aan die wye rompe, halternekrokke, “pencil skirts”, en klein-middel-lyfies wat van ons goue oues hier al van vergeet het. Maar ons sal ook die “Duck Tail” en “Hippie” era onthou, en ons eie blommetjiekinders met hul stywe broekspype, “bell bottoms”, ensovoorts. Uiteet was, dink ons vandag, destyds goedkoop. 'n “Mixed grill” was 'n voorkeur dis en 'n melkskommel 'n moet. Ek't onlangs die spyskaart wat by Pretoria stasie in die 70's gegeld het onder oë gehad, en jou wrintiewaar jy kon vir 'n rand of twee smullekker
eet. Vandag kos 'n koppie koffie by die Wimpie R16. Daarmee kon 'n Ma, Pa en 6 kinders 'n feesmaal in 1970 gehad het. In 1971 het 'n nuwe Volkswagen Beetle R1 500 gekos en 'n Chev Kommando R3 500. As jy op die myn gewerk het was 'n Cortina Big 6, 6 kinders en 'n 6 pack die standaard. Ons welaf mense het Valiant's, Studibakers, en Amerikaanse Ford's en Chevrolet's gery. 'n Ordentlike bakkie kos vandag R300 000+ g'n wonder ons hunker na die goeie ou dae nie. 'n Rand is nie meer die Rand van die verlede nie. As jy nog 'n versteekte Pond of twee iewers in 'n kassie of onder die bed het, kan jy R19 daarvoor kry. Die skaap wat jy vir R5 gekoop het kos vandag R1,000 plus. Jip, en 'n speenkalf kos deesdae maklik R5,500. Maar nouja, ons verdien lankal nie meer minder as R1,000 per maand nie. Onthou julle hoe goedkoop die lekkernye by die kafee was? Man, 'n mens het sommer 'n skoppie vol lekkers vir min geld gekry. En so sal elkeen kan onthou wat vir hom of haar die lekkerste was uit die verlede. Maar wat vir my uitstaan van die 60's is die Vryheid van beweging en gesonde lewenstyl. Ons kinders het ongehinderd buite gespeel, gaan kuier, kattekwaad aangevang, mekaar en ander poetse gebak. Ons was as gesinne meer afhanklik van mekaar en het meer dinge saam gedoen. Tegnologie en 'n groter fokus op individualiteit het ietsie daarvan kom steel. Maar ek is seker, nes ons, sal hulle ook eendag praat van die goeie ou dae. Vriende, Nes die goue jare, het ons die goue oues onder ons, ons karakters, korrelkoppe en 'n verskeidenheid wonderlike mense. Dis mos wat die lewe interessant maak, die uniekheid van elke individu. Maar ons het ook gemeenskaplike belange, daarom behoort ons bymekaar. Ons is in die eerste plek na die beeld van God geskape, ons is ook Sy verteenwoordigers op aarde, en daarom het ons 'n medeverantwoordelikheid vir mekaar en De Wildt. Baie dankie vir elkeen van julle wat erns maak met hierdie roeping en wat al die pogings om De Wildt 'n beter plek te maak om in te bly ondersteun. Ons waardeer julle almal.
14
De Wildt News
Hanna Scribante
August 2015
DWBV Nuus
TLU SA Jaarkongres 2015: Die Kongres vind hierdie jaar op 1 en 2 September plaas. Die tema is “Eiendomsreg onder die soeklig.” Vyf van De Wildt Boerevereniging se lede gaan vanjaar weer die kongres bywoon. Dankie vir hulle bereidwilligheid en opoffering. Ons sal in die volgende De Wildt Nuus verder berig.
Plaaspraatjies: Die program wat TLU SA aanbied op ASTV, Plaaspraatjies, het al die 12de episode opgeneem. Verskeie rolspelers en verteenwoordigers van bedryfsorganisasies het al aan die program deelgeneem, en hulle het groot waardering dat TLU SA hulle op so 'n wyse betrek. Dit gee TLU SA 'n ander aansien. ASTV, en dus Plaaspraatjies, word op die Open View HD
dekodeerder gesien. Hierdie dekodeerder is tans op 'n spesiale aanbod by Game en kan gekoppel word op die DSTV-skottel. Daar is geen verdere maandelikse intekening betrokke nie en is gratis.
Augustus 2015
19
De Wildt Nuus
Die Bek se Padstal Drankwinkel
Tel: 012-5041 694 • Faks: 012-504 1478 • EMAIL: diebeksepadstal@webmail.co.za R513 PAD - DE WILDT
Pretoria F M: Wat bekend was as Radio Pretoria is nou Pretoria FM. TLU SA se tweeweeklikse program op Dinsdagoggende is nou geskuif na Maandagaande. Die formaat bly steeds dieselfde en word aangebied deur Marianne Breytenbach.
De Wildt Boerevereniging volgende vergadering: Dinsdag 25 Augustus by De Wildt 4x4 om 19:00 vir 19:30. Tema: Versekering vir Boere.
APK WONDERBOOM SAAL TE HUUR TROUES, VERJAARDAE, VERGADERINGS, ENS DIE SAAL BESKIK OOR VOLDOENDE RUIMTE VIR 400 PERSONE MET TAFELS EN STOELE VIR ELK EN DIE HUURGELD VAN R2 000 SLUIT GEMELDE AMEUBLEMENT IN ALLE WEEKSDAE BEHALWE SONDAE. 'N KOMBUIS MET PUIK APPARAAT EN TOERUSTING IS BY DIE HUURGELD INGESLUIT EN TAFELDOEKE, EETGEREI EN BREEKGOED KAN OOK BYKOMEND GEHUUR WORD. 'N TERUGBETAALBARE DEPOSITO VAN R2000.00 WORD MET BESPREKING VERLANG, EN GEMELDE DEPOSITO WORD TEN VOLLE OF GEDEELTELIK TERUGBETAAL AAN DIE EINDE VAN U FUNKSIE AFHANGEND VAN DIE TOESTAND EN HANTERING VAN DIE SAAL EN KOMBUIS MET AMEUBLEMENT EN ANDER ITEMS.
KONTAK EVERT RODERIGUES 082 700 2450 of OUDERLING JAN NEL 084 585 8247
DIENS MET 'N GLIMLAG KOM LOER GERUS IN !!!
Vars Groente Bewerkte groente en Vrugte Dro‰ë Vrugte Heerlike Biltong Droë Wors Chilli Bites
Ola Roomys / Coke / Beeld en tydskrifte Wyn / Bier / Ciders Houtskool/Braaihout Heerlike Wors / Gepasteuriseerde Tapmelk
Rapport elke Sondag "Qiwi - Easy Way to Pay" masjien MTN, Cell-C, Vodacom ens Databondels Air time, Elektrisiteit, Internet betalings, Verkeersboetes, Landlyn-telefoonbetalings, VOIP en vele meer! Bring jou wild!!! Thomas verwerk die vleis en maak vir jou heerlike biltong, droë wors en chilli bites.
18
Augustus 2015
De Wildt News
#8 Raai, Raai, Riepa ...
Augustus 2015
De Wildt News
15
- Josua Brown -
Die pragtige baba op foto # 8 is niemand anders nie as juffrou LeeAnn Rossouw! Baie geluk aan LB Botes wat korrek geraai het. Ek het bietjie met haar gaan gesels om haar beter te leer ken. Die foto wys dat Juf nog altyd 'n bos pragtige hare gehad het. Hoe oud was Juf op die foto wat vir die kompetisie gebruik is? Jip, ek's gebore met 'n bos hare. Ek moes so ongeveer 6 maande oud gewees het. Waar het Juf groot geword en gematrikuleer? Ek het in Vereeniging in die Vaaldriehoek groot geword en ook daar gematrikuleer. Hoe lank is Juf al by Laerskool Vissershoek? Dit is my derde jaar. As Juf nie 'n onderwyseres geword het nie, wat sou Juf dan wou wees? Ek sou 'n haarkapster wou wees. Juf is altyd vriendelik, gaaf en opgewek. Hoe kry Juf dit reg? Dis vir my lekker om 'n glimlag op iemand se gesig te sit en al hoe ek dit kan doen is as ekself glimlag. Wat of waar is Juf se gunsteling vakansieplek? 'n Warmwaterbron naby Musina met die naam Tshipise. Juf se gunsteling film? Pad na jou hart. Dit was 'sweet'.
#9 Raai, Raai, Riepa
BAIE DANKIE aan S B Ink (Pta Noord), Castle Walk, en Nonyane Bush Camp vir die borg van hierdie uitgawe.
Vissies kán Engels spel! Shanika Pretorius en LeandriGrobbelaar En Juf se gunsteling boek of skrywer om te lees? Enige boek van Francine Rivers. Het Juf enige stokperdjie of ander belangstellings? Ek hou van lees en om goedjies te maak vir my huis en tuin. Sommer enige snuisterytjies. Wat is Juf se lewensfilisofie of boodskap aan die Vissies? Met die regte gesindheid en om altyd positief te probeer wees, kan jy baie bereik in die lewe. Elkeen moet dit geniet om 'n Vissie te wees!
Muntlegging vir ons waarde-tuin
Onthou om in te skryf vir #9 Raai, Raai, Riepa. Dalk is jy die volgende wenner. Kyk mooi na die foto van een van die personeellede en raai wie hy of sy is. Skryf jou naam, graad en antwoord op 'n stukkie papier en gooi dit in die BORRELBEKKIE Raai, Raai, Riepa – houer wat in die biblioteek is. Elke leerling mag net een raaiskoot waag. Die antwoord en wenner word in die volgende uitgawe bekend gemaak.
NONYANE BUSH CAMP Tel: +27(0)834 755 554 Email: gertnienaber@vodamail.co.za VIR ’N WEGBREEK NET 25 KM BUITE PRETORIA Hoewe 80, Wildebeeshoek De Wildt Werksfunksies, Verjaarsdae & kinderpartytjies, Visvang & wildritte Maak gebruik van ons chalets en/of tente of bring u eie tent en/of karavaan vir ontspanning in die rustige Bosveld-omgewing.
Verantwoordelikheid, een van ons skool se ses waardes, is op Vrydag, 26 Junie 2015, op 'n prettige wyse op die aantreeblad uitgespel. Verskeie van die grade versamel al weke lank aan 'bruingeld' en het met houers wat bottels, emmers en skottels ingesluit het, opgedaag om hul ondersteuning aan dié projek te bied. Eendag gaan ons spog met 'n waarde-tuin. Nie net sal dit die skoolterrein help verfraai nie maar die waardes sal ook daagliks op 'n tasbare wyse duidelik sigbaar wees vir al die leerlinge. Die skool se ses waardes word elk deur 'n spesifieke kleur verteenwoordig: Rooi - Omgee Geel - Respek Groen - Verantwoordelikheid Blou - Betroubaarheid Pers - Goeie burgerskap Oranje - Regverdigheid
Op 11 Mei 2015 het vier graad 6 Engelse slimkoppe, Leandri Grobbelaar, Ziné Jacobs, Kiran Labotsky en Shanika Pretorius, aan die Spelling Bee kompetisie deelgeneem. Almal het baie hard geoefen om die 1284 Engelse woorde op die voorgeskrewe lys te kon spel. Daar was vier spanningsvolle rondtes vir die leerders. Dit was vir ons 'n groot voorreg om deel te neem en die woorde wat ons verkeerd gespel het sal ons vir die res van ons lewens onthou! Baie geluk aan Ziné wat algeheel vierde gekom het. Ons is trots op jou! Dankie ook vir die beste Engelse juffrou op aarde, juf Malan. Dit was baie lekker.
Leandri Grobbelaar, Kiran Labotsky, Shanika Pretorius & Ziné Jacobs.
Vissies blink uit by ATKV Spelathon (Afrikaans) Julia Ferreira Op 18 Mei 2015 het vier leerders van graad 6 & 7; Natasha Venter, Roné Rudolph, Iain Brits en Julia Ferreira, die skool verteenwoordig by die gesogte spelkompetisie. Elke graad het 'n lang lys spelwoorde gekry wat vooraf geleer moes word. Die Vissies was duidelik gespanne, aangesien dit die eerste keer was wat daar aan so 'n kompetisie deelgeneem is. Nietemin was almal positief en baie opgewonde. Baie dankie en geluk aan al die deelnemers, veral Natasha wat vierde geëindig het. Dankie vir juf Anri vir haar hulp en ondersteuning en die geleentheid om dit te kon bywoon. Volgende jaar gaan ons net “Hoër Streef!” en bakgat spel.
Iain Brits, Natasha Venter, Julia Ferreira & Roné Rudolph.
Wees gegroet ...
Ons neem afskeid van tannie Malie Prins wat die afgelope ses maande in die finansiële kantoor afgelos het. Ons sal tannie baie mis maar gun u dit om nou u aftrede te gaan geniet. Dankie dat tannie ook altyd “'n Bok vir sports“ was! Dit is soos ons tannie sal onthou.
16
Augustus 2015
De Wildt News
'n Goeie skaakseisoen
Lede van die o/13-span (onder) en o/11-span (bo) hard aan die konsentreer.
Johan J Brown
As organiseerder is ek werklik uiters trots op hoe goed die spanne hul van hul taak gekwyt het ten spyte daarvan dat ons bykans nooit oefentyd gehad het nie. Baie dankie vir jul almal se positiwiteit, lojaliteit en goeie sportmangees. In die liga neem ons deel teen Akasia Primary School, Haakdoorn Primary School, Laerskool Danie Malan, Laerskool Rachel de Beer, Laerskool Theresapark, Laerskool Voortrekker Eeufees, Princess Park Primary School en Orchards Primary School. Baie van hierdie skole maak van professionele en/of buite-afrigters gebruik en dit maak ons leerlinge se deelname en prestasie net soveel meer besonders. Uit die nege skole eindig die 0/11 span derde in die liga en die 0/13's sesde. Dit is meer as genoeg rede om julself op die skouer te klop. Die spanne is as volg: O/11: Jaun-Dee Smit, Iain Brits, Johan Hough, Carla Ferreira, AJ Venter, Henzo van Zyl, Karl Conradie en Llewellyn Coetzee. O/13: Mario De Jesus Vieira, Donovan Smit, Julia Ferreira, Stephan Potgieter, Hanno Brown, Anjé Rudolph, Renaldo Freitas Concalves, Francois Roodt, Jaundré Lourens, Josua Brown, Ryan Botha en Frikkie Feldman. Johan Hough het op 23 Mei 2015 die afdeling vir 0/11 seuns in die Distrik gewen en daarmee gekwalifiseer vir die Gauteng proewe in Brakpan. Pragtig gedoen, Johan – jy's 'n ster!
Wil jy lekker uit eet?
CASTLE WALK RESTAURANT
DAAR'S WATER!
17 jaar in die Noorde
Augustus 2015
Netbalmeisies geniet hul sport Anri Malan Vanjaar se netbal seisoen het sommer al vroeg in Februarie afgeskop met 'n heerlike en baie leersame netbalkliniek by die skool aangebied deur tannie Erika Steyn. Die dogters en juffrouens leer sommer baie nuwe tegnieke en oefeninge aan en ons kon sien hoe dit deur die seisoen ontwikkel het. Ons o/10 - o/13 netbalspanne speel wedstryde teen vyf ander skole. Die liga is egter net vir die o/11 - o/13. Ons pronk hierdie jaar met nuwe beffies – baie sigbare lemmetjie groen – en pragtige eerstespanklere! (Baie dankie vir Köhler Auto vir die borg van die eerstespan se klere.) Die o/11's en o/12's eindig vierde in die liga en die o/13's vyfde. Ons het hard en getrou geoefen maar moes ongelukkig 'n paar keer les opsê. Des te meer rede vir ons om volgende jaar nog meer gemotiveerd te wees om beter te vaar. Monigue Ohldag, reserwe van die o/13's spreek graag haar dank soos volg uit: “Al was ek reserwe en het net een wedstryd gespeel, het ek dit deurgaans geniet om my span te ondersteun. Vir my persoonlik was dit super heerlik, omdat dit my eerste keer was om in 'n netbalspan te speel en die span het my aanvaar. Dankie aan almal wat geglo het ek kan!” Zoe Wolmarans sluit soos volg af: “Die seisoen was fantasties! Ons sal definitief alles wat ons geleer het in die hoërskool kan gebruik. Die ervaring was 'amazing'. Ek wil graag dankie sê vir die hele span en al die juffies.”
Die o/13 Netbalspan: Vlnr Agter: Jennifer Borman, Zoe Wolmarans,Roné Rudolph en Monique Ohldag. Voor: Natasha Venter, Zantoné Bloem en Nelka Erasmus. Monika Meyer was afwesig toe die foto geneem is.
WEB VAN BEDROG “Jok is soos 'n bok, wat jou in die gesig skop. Die waarheid maak jou vry, om 'n goeie lewe te lei.“
SONDAG BUFFET-ETE @ R95 PER PERSOON
U gashere Frik en Kiepie
SIEN JOU DAAR! Die Hoof, personeel, leerlinge & BL bedank graag deur Borrelbekkie die eienaars van Tutuwedzu vir hul groothartigheid om voortaan water aan die skool te voorsien vir die besproeïng van die tuine, nelbal- en rugbyvelde.
17
De Wildt News
DORANDIA, PRETORIA-NOORD MADELIEFSENTRUM, WINKEL 25
012 546 9146 Die talentvolle akteurs van 'Web van bedrog.'
-Maryke Geertshuis-
Soos in vorige jare was ons weer so bevoorreg dat 'n talentvolle groep akteurs van Produksies 2000, in Aucklandpark, Johannesburg, ons skool op Vrydag, 29 Mei 2015, kom besoek het. Die toneelstuk met die naam Web van bedrog was toonkrullekker opgevoer en die sentrale tema het oor eerlikheid gehandel. Die doel van die produksie is die bewusmaking van leuns onder die eenderse sosiale groepe en in die skoolopset. Op die vraag “Wat is die inspirasie vir julle produksies?“ is soos volg geantwoord: “Die skole wat ons besoek skryf idees en temas neer. Daaruit word gekyk wat is die temas wat die meeste in aanvraag is en 'n produksie word daarvolgens geskryf en saamgestel. “ Toe gevra is of hulle hul werk geniet is uit een mond geantwoord: “Natuurlik! Altyd! Dit is waarvoor ons lewe.” Johny Klein vertolk die rolle van Boris en mnr Pratt, Liesel Nel dié van Dorothy en Evita, die rolle van Juf Snodegrass en Jessica word deur Liz-Marie Botha vertolk en Jaun Wein was die smous, Johnnie en mnr Whang. Dankie vir die heerlike oggend. Ons sien nóú reeds uit na 2016 se vertoning.