Skip to main content

De Wild Nuus - Aug 2019

Page 1

Augustus/August 2019

Jaargang 28 No 4 Webtuiste: www.dewildtnuus.co.za

Foto: http://www.awesomesouthafrica.co.za


2

De Wildt Nuus

Augustus 2019


Augustus 2019

3

De Wildt Nuus

INHOUDSOPGAWE Lief en leed 3 Redaksiebrief 4 Strikverwydering 5 DWHM Veiligheidstatistiek 6 Landbousake (2) 8 Foto’s in De Wildt Nuus 9 DWBV nuus 10 Alternatiewe behandeling (10) 11 Christus leer die mens dmv gelykenisse(4) 12 Huldeblyk 13 Jongspan 14

Rate en wenke 15 VLU nuus 18 De Wildt se eie mark 19 Eskom-kragsepie 21 TLU vra vir staking van plaasmoorde 23 Belangrike datums 25 Gebrek aan geskiedskrywing 27 Oupa en ouma van die jaar 28 Kobus en Corné Oosthuyzen 29 Stokperdjies 30

LIEF EN LEED

Siek

• Ellen Teixeira • Louis Steyn • Joanie Maritz • Malie Prins • Adrie Venter • Ilse Terblanche • Frankie Jv Rensburg

Oorlede

• Oom Daniel Johannes Terblanche (Yvonne Janse van Rensburg se vader) Aanval en roof

Yvonne Janse van Rensburg is helder oordag by haar huis (Hornsnek) aangeval en beroof; waarskynlik vanaf bank na onttrekking agtervolg tot by haar woning. Toe sy by haar hek stilhou, het drie mans met vuurwapens uit ’n motor haar bestorm en rondgegooi; haar hond wat nadergehardloop het en een van hulle wou aanval, is doodgeskiet. Hulle is weg met haar hele handsak en die inhoud daarvan, onder andere haar vader se begrafnisgeld en al haar kaartdokumente. Laasgenoemde is gelukkig deur ’n werker elders opgetel en haar kaarte is gelukkig veilig terug. Ons meld hierdie tragiese voorval om maar weer ons lesers te waarsku: Weet maar nou dat jy in ’n misdadigerparadys woon en dat jy te alle tye meer as net wakker moet loop. Ons medelye met Yvonne.

Daniel Johannes Terblanche Gebore 19 Junie 1928 Oorlede 27 Julie 2019

ADVERTEER IN DE WILDT NUUS Voorblad in kleur Agterblad in kleur Volblad binne in kleur Volblad binne in swart en wit Halfblad binne in swart en wit Kwartblad binne in swart en wit Agste blad binne in swart en wit Klein in swart en wit

R1150.00 R1020.00 R 865.00 R 605.00 R 350.00 R 265.00 R 180.00 R 105.00

082 879 6969

RAAM DIT Vir die raam van foto’s, sertifikate en kunswerke Faan 072 538 5678

WOONSTELLE te huur by Zilkaatsnek, afrit 3 Marina 072 136 1109


4

Augustus 2019

De Wildt Nuus REDAKSIELEDE Manie Lemmer - 082 879 6969 (Voorsitter) Rachel Rossouw (Sekretaresse) De Wildt Helpmekaar Maatskappy Adele du Toit - 071 843 8185 Douw van Wyk 073 833 2105 De Wildt Boerevereniging Hanna Scribante 083 417 4699 De Wildt VLU Georgie Louw - 082 374 6879 Addisionele lede Sannie Lemmer - 082 879 6969 Jan Lemmer 083 256 8266 Marguerite Nel 082 774 2517 Magriet van Heerden 072 092 6460 Kobie Opperman - 076 482 8513 Eugene van Staden 073 367 4787 Gertie van Staden 073 091 6035 Drukker: APK Wonderboom 012 527 0513 Wonderboom@apk.co.za

De Wildt Nuus Bankbesonderhede: Rekeningnaam: De Wildt Nuus ABSA Brits Rekeningnommer: 9337490973 Verwysing: Adverteerder se naam + Junie 2019 (noem telkens die naam van die betrokke maand). Epos betalingsbewys manie.lemmer@dewildtnuus.co.za Advertensiegeld moet asb vooruitbetaal word, maw sodra die advertensie versoek of gewerf word. Dankie vir julle moeite. Kontakpersone vir advertensies en grafiese ontwerp: Manie Lemmer Advertensie-ontwerp: R100 Veranderings op bestaande advertensies: R50 ADVERTENSIES IS VOORUITBETAALBAAR Die artikels in die De Wildt Nuus is nie noodwendig die produk van die redaksie nie, maar van individue. Daarom vereenselwig die redaksie hom ook nie noodwendig met alle uitsprake/menings in die artikels nie.

REDAKSIEBRIEF Manie Lemmer Liewe lesers So vlieg die tyd verby;“tempus fugit” (die tyd vlieg) het die Romeine van ouds gesê en dit beleef ons nog deur al die jare. Ek dink net dat die tyd sielkundig vinniger vlieg vir bejaardes as vir kinders. Laat ons hoor wat dink ons lesers, maar deesdae dink ek nog oor die Kersfees wat “pas” verby is en feitlik sonder agtergekome tussenpose trek ons al in die agtste maand, pas vier maande voor die volgende Kersfees. Daarom moet ons die ander Latynse spreuk in die Woord, nl “Carpe diem”, koop die tyd uit, maw benut elke oomblik positief en kreatief, toepas terwyl ons nog die geleentheid het. Daarom lê ek en Sannie ook weer klem in ons godsdiensartikel oor mense se gegewe talente, waarmee ons moet woeker en wat ons ten volle moet benut en aanwend, en nie wegsteek en begrawe nie, al is dit hoe gering. Die agste maand bring ons gelukkig nader aan die nuwe seisoen, die Lente en dit stem ons almal tot dankbaarheid en opgewondenheid. Ons vra weer dat ons lesers gerus hulle menings oor artikels moet lug, anders sal ons nie weet of dit byval vind of vir lesers onaanvaarbaar is nie. Daarvoor het ons ’n briewebus in ons blad, benut dit asseblief. Die redaksie het ook met ’n nuwe rubriek, nl vir die Jongspan, begin met twee interessante bydraes en ons redaksiesekretaresse het self vir hierdie rubriek verantwoordelikheid aanvaar. Ons verwag ook goeie belangstelling en deelname in hierdie rubriek. Kinders, benut en geniet hierdie deel van ons kontreiblad, soos ook die res daarvan! Omdat ons blad wat reeds voor die stigting van ons plaaslike inwonersmaatskappy. Die De Wildt Helpmekaar Maatskappy in 2000 bestaan het, graag al die belangrike nuus van ons gebied en ons gemeenskap na ons lesers wil uitdra, is ons blad noodwendig dus ook ’n spreekbuis vir die DWHM, maar die blad is beslis nie soos sommige gerugte (of soos die ou mense sou sê; die “rumoere oor die wind” dit wil hê) deur die Maatskappy oorgeneem nie. Die verspreiders van hierdie gerugte het dit blykbaar self uitgedink om eie motiewe te pas en dit word werklik betreur. In die blad kan lesers weer ’n verskeidenheid leesstof vind, onder andere ook die berig oor die funksie van DWHM vir ons senior burgers waar ook die nuwe Oupa en Ouma vir die Jaar aangewys is. Ons blad se sperdatum vir artikels is spesiaal ’n week

lank uitgestel om vir die uitgestelde funksie van 31 Julie voorsiening te kon maak. Hier leer ons weer ’n les: Jarelank publiseer ons belangrike datums van gebeure in hierdie gebied, maar daarvoor het ons jaarliks vooruitbeplande datums vanaf die verskeidenheid instansies en organisasies betyds nodig, Dan kan oorvleueling van datums en funksies verhoed word, waar DWHM nou die funksie moes uitstel agv ’n opedag wat reeds aan die begin van die jaar deur die VLU De Wildt-tak gereël was. Voorsitters van alle organisasies in ons gebied word weer vriendelik versoek om nou reeds aan die nuwe jaar 2020 se beplannning te werk, sodat datums betyds aan die betrokke direkteur van kommunikasie, nl Douw van Wyk, besorg kan word ten einde vooruit reeds oorvelueling uit te skakel; dis die rede waarom die woord kommunikasie beklemtoon moet word. Ons is ook nog in die tyd van veldbrande, wees asb versigtig en tref die nodige voorsorgmaatreëls in terme vn die betrokke wet. Daar is ’n verbod waarvan almal kennis moet neem en maak seker dat jy ’n lid van ons plaaslike Brandbeskermingsvereniging is. Die kantoor van DWHM kan jou daaroor inlig. Die woordjie “Helpmekaar” in die naam van ons inwonersvereniging spel dit duidelik uit dat ons mekaar moet help en dus ook moet saamwerk. Ek dink weer hier aan die prentjie van die twee donkies wat aan ’n tou vas is en elkeen in ’n ander rigting na ’n baal voer, elk aan sy eie kant, probeer reik. Omdat hulle twee in verskillende rigtings trek, hou hulle mekaar weg van die voer af, waar, indien hulle saam na eenkant toe sou trek, hulle eers die een baal en daarna die ander baal sou kon bereik. Laat ons as een span mense saamwerk, want dan kan ons telkens ons doel en ook ons einddoel bereik. In een van ons vorige bedeling se embleme lees ons “Eendrag maak Mag”. Toets dit maar: Dit werk en is die moeite werd. Ons versoek ook weer dat lesers vir ons advertensies en/of donasies werf, want sonder hierdie bydraes kan ons nie ons blad gereeld kosteloos aan ons lesers voorsien nie. Lesers se hulp sal op prys gestel word, soos ook ons adverteerders se ondersteuning. Geniet hierdie nuwe uitgawe en groete tot Oktobermaand


Augustus 2019

De Wildt Nuus

5

STRIKVERWYDERING Douw van Wyk

De Wildt Brandbeskermings Vereniging neem deel aan die“Save the Magaliesberg Species snare removal weekend”. Op 7 Junie 2019 sluit die De Wildt BBV aan by die “snare removal weekend” aan die suidekant van die Magaliesberg digby Hekpoort. Ons slaap oor by Nyoka Ridge Vulture Restaurant en vure word vroeg aangesteek, tente word opgeslaan en ’n kenmekaar volg waar almal ontmoet en bekend raak. Teenwoordig van De Wildt is Douw en Ruben van Wyk, Andrew Wallace en sy seun Johan, en David Procter. Die dames van Singatha Conservation Research Fund (https:// singatha.org/) gee vir ons ’n oorsig van die goeie werk wat hulle doen om navorsers, grondeienaars en gemeenskappe bymekaar te bring om bewaring te bevorder. Om ’n lekker braaivleisvuur word verder gekuier en musiek gemaak en vroegaand staan almal tente en slaapplek se kant toe vir ’n nag wat beloof om heerlik koel te wees. Die rondrol in die slaapsakke op die kampbedjies en bibberkoue verseker egter dat daar nie veel geslaap word nie. Agter in die bakkie maak Andrew en Johan ’n pa-en-seun-bed en probeer wegkruip vir die koue. 05:30 op Saterdagoggend is ons uitgeslaap en vasgevries met die temperatuur wat skuins onder -4°C draai. Die ryp lê wit oral om ons en lanklaas was ’n warm koppie koffie en beskuit so welkom. Na ’n kort oorsig van die dag se beplanning deur dr Paul Bartels, vaar die span van 16 stuks die berg in. Ons is ’n groep van manne, dames en kinders tussen 10 en 70 jaar oud wat die tog aandurf. Teen die steil helling en in die gras wat lank genoeg is om ’n groot mens te verswelg, sprei ons uit om soveel moontlik van die berg te ondersoek. SUKSES! Die eerste strik word so rondom 10:00 gevind. Dit is ’n strik gemaak van 8mm staalkabel wat gestel is om waarskynlik die groter wild soos koedoes en ribbokke te vang. Genadiglik is die strik leeg en ons is baie dankbaar daarvoor. In die volgende 3 ure oor ’n area van 10ha word ’n verdere 11 strikke gevind en verwyder, met geen wild wat daarin verstrengel is nie. Ons vat die roete terug na die basis en hou nabetragting. Van die

strikke is gevind waar Brandy, die luiperdwyfie wat toe swanger was met 3 welpies, in 2014 uit ’n soortgelyke strik gered en suksesvol terug in die natuur besorg is.Met trots voel ons dat hierdie ’n baie suksesvolle uitstappie was en dat ons deel is van die teenvoeter teen die wrede praktyk van strikke. Dan sirkel die aasvoëls af na hul eetplek by Nyoka en ons het die ongelooflike voorreg om hierdie manjefieke diere van nader te beskou. Hulle is so groot soos ’n laerskoolkind en die gesuis van hul vlerke wanneer hulle opstyg laat ons in verwondering. Baie dankie aan Paul Bartels en sy Nyoka Ridge Vulture Restaurant wat vir ons die oornaggeriewe beskibaar gestel het, WESSA, en almal wat betrokke was by hierdie ervaring. Ons wil vorentoe moontlik ’n soortgelyke aksie in ons deel van die berg van stapel te stuur. Meer nuus hieroor volg binnekort.

De Wildt Brandbeskermingvereniging Fire Protection Association

Vuur en Vlam! / All Fired up!

Alle inwoners van De Wildt word vriendelik uitgenooi na die DWBBV gemeenskapsvergadering, Saterdag 24 Augustus, 8:30 vir 09:00 te Laerskool Vissershoek All residents of De Wildt are cordially invited to the DWFPA community meeting, Saturday 24 August, 8:30 for 09:00 at Laerskool Vissershoek Voorlopige agenda Preliminary agenda Opening en verwelkoming Opening and welcome Agtergrond en geskiedenis Background and history Doel en mandaat Purpose and mandate GUFPA AJV 2019/05/18 GUFPA AGM 2019/05/18 Bewerings en gerugte Allegations and rumours Lidmaatskap oop vir alle inwoners Membership open to all residents 2019 Brandseisoen benadering 2019 Fire season approach Ander Other Stuur asb. punte vir bespreking na bravozero@dewildt.cc Please forward any points for discussion to bravozero@dewildt.cc


6

Augustus 2019

De Wildt Nuus

DWHM STATISTIEK Veiligheid/Safety

Jan 38 18 18 17 19 24 40 Feb 35 21 37 21 23 19 49 Mrt 48 15 35 28 21 23 54 Apr 57 11 29 21 18 25 75 Mei 47 34 23 24 22 49 111 Jun 60 34 16 23 25 41 101 Jul 45 31 26 28 17 52 Aug 54 18 29 21 15 90 Sep 14 20 31 33 17 50 Okt 26 18 23 21 27 58 Nov 26 15 39 43 32 61 Des 8 17 34 48 20 26 Totaal 458 252 340 328 256 518 430 DWBBV 2014

2015

Brande

2016

2017

2018

2019

Jan 0 1 0 0 0 0 Feb 0 4 0 0 0 0 Mar 0 4 0 0 0 3 Apr 0 2 0 1 0 0 Mei 0 11 0 5 0 7 Jun 19 13 0 11 10 10 Jul 20 39 5 16 29 0 Aug 16 14 27 20 32 0 Sep 21 7 18 20 12 0 Okt 10 5 8 2 6 0 Nov 0 10 0 1 0 0 Des 0 3 0 0 0 0 Totaal 86 113 58 76 89 20


Augustus 2019

7

De Wildt Nuus

DWBBV 2014

Aantal hektaar

2015

2016

2017

2018

2019

Jan 0 2 0 0 0 Feb 0 45 0 0 0 Mar 0 90.5 0 0 7.35 Apr 0 25.6 2.5 0 0 Mei 0 338.65 22.52 0 42.4 Jun 74.48 119.14 478.5 125.7 179.14 Jul 587 196.63 52.41 614.3 910.15 Aug 103 405.87 389.31 651.67 1549.27 Sep 377 102.33 208.41 673.81 1269.94 Okt 66.5 49.83 152.28 50.9 79.66 Nov 0 1552.94 0 13.5 0 Des 0 119.21 0 0 0 Totaal 1207.98 3047.70 802.41 2507.70 3934.72 228.89


8

Augustus 2019

De Wildt Nuus

LANDBOUSAKE (2) Grond

Leon Weber - landboukonsultant

In die vorige artikel oor grond is die fisiese eienskappe van grond bespreek wat die potensiaal, gebruiksaanwending en kwaliteite betref. Die ander aspek van grond, wat die kwaliteit, vrugbaarheid en potensiaal bepaal, is die chemiese eienskappe van grond. Grond is verweerde rots wat oor eeue deur erosie en verwering deur suurstof, water en sure afgebreek is tot baie fyn partikels. In die proses word die minerale of voedingstowwe weer beskikbaar gestel wat deur plante gebruik kan word om te groei en te produseer. Die voedingselemente wat beskikbaar gestel word, is: Makro-elemente: Fosfor (P) of fosfate, kalium (K), kalsium (Ca), magnesium (Mg), swael (S), natrium (Na) en Mikro-elemente: sink (Zn), koper (Cu), yster (Fe), mangaan (Mn), molibdeen (MO), Boor (B), selenium (Se), ens. Hierdie voedingselemente moet in sekere hoeveelhede en verhoudings tot mekaar voorkom in die grond om deur plante opgeneem te word om te groei en te produseer. Stikstof (N), een van die belangrikste voedingselemente, kom eintlik nie vanaf die eroderingsproses van die rots af nie, maar deur die fermentering van plantmateriaal (wortels, stingels en blare), dieremis en ook vanuit die lug (bv. deur peulplante). Kompos en mis bevat al die plantvoedingselemente (mis in kleiner hoeveelhede en kompos in nog kleiner hoeveelhede) in presies die regte verhouding tot mekaar. Die beskikbaarheid of toeganklikheid van die voedingselemente vir die plante word bepaal deur die hoeveelheid daarvan in die grond, die verhouding daarvan tot mekaar en die suurheidsgraad van die grond soos weerspieël deur die pH van die grond. Om nou te bepaal hoe vrugbaar grond is, moet die grond ontleed word deur ‘n geregistreerde grondontledingslaboratorium. Nvirotek in Hartbeespoort is die naaste en een van die bestes laboratoriums. Die standaard monsteringsmetode wat ek aanbeveel en toepas, is die volgende: Versamel ‘n monster van die hele grondprofiel vanaf die oppervlakte tot ongeveer 20–25cm diepte verteenwoordigend oor die hele land, meng dit goed en bied ongeveer 1kg aan vir ontleding. Moenie die grond in ‘n kunsmissak of beesleksak versamel nie, maar gebruik ‘n skoon en onbesoedelde sak. Meng ten minste tien submonsters (hoe meer, hoe beter) verteenwoordigend oor die hele land of selfs tuin. Versamel monsters altyd diagonaal of in die rondte en nie saam uit die plantrigting nie. Dien dit in by Nvirotek en vra vir ‘n standaardontleding: pH (H20), P (Bray 1), K, Ca, Mg, Na en S). Koste beloop ongeveer R220. Die uitslae kan vir 5 tot 10 jaar gebruik word, indien daar goed rekord gehou word van die bemesting toegedien en oeste afgehaal. Vertolking van grondontleding: U kan my naam as konsultant ook aandui op die vorm dan kry ek ook ‘n afskrif (en GEEN kommissie nie!!). Die syfers in die grondontledingsverslag moet nou vertolk word. ‘n Landboukundige kan help maar die volgende riglyne geld: pH (H20) Suurheidsgraad. Die pH wissel van 1 (baie suur) tot 14 (baie alkalies – brak). Neutraal is 7. pH (H20)-lesing <5 kan reggestel word met landboukalk. Kry net kundige advies oor die soort kalk (dolomities of kalsities), omdat dolomities MgCO3 bevat. Feitlik alle grane, groente en plante verkies ‘n pH(H20) van 6–7,5 wat die suurheidsgraad is waar al die voedingselemente die beste beskikbaar en opneembaar is vir die plante. Party plante (bv proteas) verkies ‘n suurder grond. Fosfaat (P) Bray 1: 0 - 10 mg/kg laag 10 - 20 mg medium 20+ hoog

Kalium (K) Grondtipe Sandgrond Leem Kleigrond

Laag Medium 0–40mg/kg 0–80 mg/kg 0–150 mg/kg

Hoog 40–80 mg/kg 80–120 mg/kg 150–300 mg/kg

80+ mg/kg 120+ mg/kg 300+ mg/kg

Kalsium (Ca) Grondtipe Sandgrond Leem Kleigrond

Laag 0 – 100mg/kg 0 – 200 mg/kg 0–400 mg/kg

Medium 100 – 200 mg/kg 200 – 400 mg/kg 400–1000 mg/kg

Hoog 200+ mg/kg 400+ mg/kg 1000+mg/kg

’n Beter metode om die hoeveelhede hoofvoedingselemente, K, Ca, Mg en Na te evalueer sonder om na die klei-inhoud te kyk om die persentasies (%) soos wat op die verslag verskyn te gebruik, naamlik: Element Laag Medium Hoog Te hoog Kalsium (Ca) < 55% 55 – 65% 65 - 85% 85% < Magnesium (Mg) < 15% 15 – 25% 30% + 30% < Natrium (Na) < 1% 1 – 3% 3 – 6% + 6% < Kalium (K) < 3% 3 – 6% 6 - 8% 8% < Kalsium is die vriendelike element en kan nie maklik te hoog wees nie, bv. 85 % is nog aanvaarbaar. Magnesium wat te hoog is kan die opname van kalium nadelig beïnvloed. Te hoë fosfate kan die opname van kalium, sink en kalsium negatief beïnvloed. Natrium is ’n nadelige element wat grond besoedel, toksies kan wees en grond se vogbeskikbaarheidvermoë nadelig beïnvloed. Hoe laer die Na-syfer hoe beter - verkieslik onder 3 %. Natrium kom in ons water voor, veral in skemawater. Kry landboukundige advies met die bestuur van natrium. OPGESOM die voedingselemente moet voldoende en in balans wees om maksimaal benut te kan word en te produseer. Moet dus nie net sommer enige kunsmismengsel of te veel dieremis toedien nie dit kan die balans versteur met nadelige gevolge en onnodige onkoste. Indien die grondontleding nou toon dat die pH korrek is en dat daar voldoende elemente in goeie balans in die grond is, kan nou bemes word met die hoeveelheid voedingselemente wat verwyder gaan word met die beplande oes of gewas. Die verwyderingsyfers of onttrekkingsyfers van al die gewasse is bekend vir bv die hoeveelheid stikstof (N), fosfaat (P), kalium (K) per ton graan, vrugte, groente of hooi. Indien fosfaat byvoorbeeld laag ontleed, kan addisionele P aanvullend tot die P wat verwyder gaan word, bemes word. Fosfaat is dikwels ‘n probleem want ons land se grond is van nature laag in fosfaat. Stikstof word gewoonlik nie ontleed nie omdat die ontleding baie wisselvallig kan wees afhangend van die stadium van verrotting van plantreste, die hoeveelbeid vog in die grond, ens. As handreël die volgende: Baie vars ingewerkte droë plantreste gee ‘n negatiewe stikstofstatus - bemes dus meer stikstof as benodig vir die opbrengsmikpunt. Vars ingewerkte groen plantreste (groen bemesting) gee ’n beter stikstofstatus. Peulplante lewer addisionele stikstof aan die opvolggewas - dit wissel wel baie - akkerbone, lupiene en lusern gee baie stikstof, sojabone minder en droëbone feitlik geen stikstof. Geruste grond wat vir ’n seisoen nie geproduseer het nie en skoon gehou was, gee ook meer stikstof vir die opvolggewas. Vervolg op bladsy 9


Augustus 2019

9

De Wildt Nuus

LANDBOUSAKE - vervolg

Om nou ’n bemestingsprogram saam te stel, moet die volgende gedoen word: 1. Ontleed die grond en evalueer die ontleding. 2. Bepaal wat die onttrekkingsyfers van die gewas sal wees teen die opbrengs wat beplan word. Hier is ‘n voorbeeld: Mielies onttrek per ton graan N +- 15 kg, P +- 4 kg, K +- 4,5 kg. Vier 10 ton mielies onder besproeiing sal ten minste 150 kg N, 40 kg P en 45 kg K bemes moet word as daar nie tekorte in die grond is nie. ’n Belangrike eienskap van die plantvoedingstowwe is dat fosfaat (P) glad nie in die grond inloog met water nie - dit moet dus voor plant of met plant in die grond ingewerk of geplaas word (Verkieslik 10 cm en dieper). Kalium (K) en stikstof (N) kan bo-op die grond toegedien en met water ingewas of ingeloog word. Stikstof loog dieper en vinniger as kalium. Gewoonlik word al die fosfaat, ten minste 50 % van die kalium en 30 % van die stikstof voor of met planttyd toegedien. Die balans van die stikstof en kalium kan as topbemesting toegedien word. Dit word vertrou dat hierdie ’n aanduiding gee van hoe grond se vrugbaarheidstatus chemies geëvalueer kan word wat ook die potensiaal aandui en dat korrek te werk gegaan sal word om korrek en nie onnodig en onekonomies te bemes nie om die beplande oesopbrengs te bereik. Ek verneem graag van behoeftes waaroor ek kan skryf en lesers is welkom om my telefonies te skakel by 083-3267181.

Foto’s in De Wildt Nuus De Wildt Nuus ontvang bydraes uit die gemeenskap en ons is dankbaar daarvoor. Soms is die foto’s egter ongelukkig nie bruikbaar nie omdat dit byvoorbeeld uit fokus, of die beligting swak is. Ons wil graag alle foto’s plaas en het dit goedgedink om vir lesers ’n paar fotografieriglyne te gee. Hier is ’n paar wenke om beter foto’s neem sodat dit geskik is vir drukwerk: • Sorg dat die beskikbare ligbron (venster, deur, ens) van agter die fotograaf kom sodat dit op die onderwerp skyn. ’n Baie ou fotografietruuk is om na jou handpalm te kyk en dit rond te draai tot jy die helderste lig daarop kry. Dit sal die posisie wees waar jou onderwerp staan. • Probeer om nie in direkte sonlig te neem nie, en ook nie waar daar skadu en sonlig (soos onder ’n boom met min blare) gelyktydig is nie. Dit veroorsaak skaduwees op die persoon of onderwerp. Soek liewer vir ’n “soliede” skadugedeelte en gebruik die handpalmtegniek vir die helderste lig. Indien die lig te swak is gebruik die kamera/selfoon se flits, maar oppas vir te naby staan aangesien dit die persoon se gelaat kan “uitwas”. • Oppas vir besige agtergrond en dat ’n paal of boom nie op die foto bo die persoon se kop “uitgroei nie”. • Hou die kamera/selfoon stil! Neem liewer ’n paar foto’s en vergroot die foto op jou selfoon/kamera om seker te maak die onderwerp is in fokus. Oefen hierdie paar wenke en sien die verskil in jou foto’s. - Bron: Shoot Photography


10

Augustus 2019

De Wildt Nuus

Ledewerwing

TLU SA het vanaf die begin van 2019 ’n bemarkingspan aangestel en hulle het sedertdien reeds 1300 nuwe lede en vriende van TLU SA gewerf. Daar is groot waardering vir elke lid se bydrae.

LWO Werkgewersorganisasie

Daar is ’n werklike behoefte onder boere as werkgewers om deurlopend aan arbeidswetgewing te voldoen. TLU SA het ’n samewerkingsooreenkoms met die LWO Werkgewerorganisasie gesluit ten einde ’n praktiese en koste-effektiewe oplossing vir lede te bied. Om nie aan wetgewing te voldoen nie, is nie onderhandelbaar nie en dit kan ernstige gevolge inhou vir jou boerdery. Die LWO is in die posisie om hierdie besigheidsrisiko koste-effektief en op ’n professionele wyse namens lede aan te pak. Die samewerkingsooreenkoms behels dat TLU SA ’n R 500.00 verwysingskommissie verdien wanneer TLU SAlede by die LWO aansluit. Die voordeel is tweeledig deurdat dit die boer se besigheid beskerm, maar ook bydra om TLU SA as organisasie te versterk. Navrae: Telefoon: 0861 101 828, E- pos: info@lwo. co.za.

Kragdag – 8 tot 10 Augustus 2019

TLU SA is hierdie jaar deel van die Landbou Ekspo by Kragdag 2019 wat by Diamantvallei langs Kleinfontein oos van Pretoria aangebied word. Lesings, uitstallings en stalletjies by die dosyne! Daar sal iets vir elkeen in die gesin wees om te doen. As jy graag ’n spesifieke landbou-uitstaller daar wil besoek, stuur gerus vir Lynette by 012 804 8031 die besonderhede sodat hulle genooi kan word om uit te stal . Uitstallers kan registreer by kragdag.co.za. Besoekers kan ook reeds aanlyn registreer om die dag gratis by te woon. Lees meer hieroor by www.kragdag.co.za.

TLU SA Kongres 18 en 19 September 2019

Die kongres vind op 18 September te die WNNR gebou plaas en die tema is “Volhoubare Landbou-produksie: Uitdagings en geleenthede.” Op 19 September vind die “in camera-sessie” by die TLU SA gebou plaas. De Wildt Boerevereniging volgende vergadering: 27 Augustus 2019 te De Wildt 4x4 om 19:00 vir 19:30.

p o o Te K

7 ha. , 0 3 s bad, a m a l e p l w y s reas, Leefst a f e e l ns. ,3 e s , r e e k m k pka erho d n e 6 slaa o h store, 0 000 2348 1 R3 50 5 6 : 082 y b a i k Alic a t n o K


Augustus 2019

11

De Wildt Nuus

Alternatiewe behandeling (10) Vergiftiging

Dr Marius Potgieter (Kruiedokter en pastorale berader)

Alhoewel die menslike liggaam wonderlik geskape is om gifstowwe uit te dryf, word die gifstowwe in die huidige tydvak onhanteerbaar vermenigvuldig; die liggaam kan meestal nie meer vergiftiging behartig nie – dit kan tot allerlei siektetoestande, selfs kanker, lei. Twee redes waarom dit vererger word: • Die akkumulatiewe effek van al die klein bietjies toksiese elemente wat ons inkry – oor jare word dit ’n ondraaglike las vir die lewer, die niere en al die organe wat geraak word. • Die sinergistiese effek – verskillende gifstowwe wat met mekaar kombineer, kan selfs duisend maal sterker as die oorspronklike gifstowwe wees. Giftige stowwe – in kos: Daar is baie gifstowwe in verskillende kossoorte: • groente en vrugte wat die meeste gifstowwe (veral insekdoders) opneem, is: aarbeie, aartappels, appels, appelkose, groenbone, kersies, komkommer, koring, pepers (groen en rooi), perskes, seldery, spanspek, spinasie, sojabone en klein sampioene. Probeer organiese kosse eet of maak jou eie tuin; • diere word ingespuit met antibiotiese middels en dikwels ook hormone vir groei en beter melkproduksie. Verminder diere-proteïne in jou dieet; • aasdiere (soos vark, kreef, oesters, mossels en enige skulpvis) eet enige iets en absorbeer allerlei gifstowwe (Levitikus 11 is nog altyd van toepassing). Die sogenaamde “doods-ensieme” is neweprodukte wanneer sulke diere doodgaan en die mens kan daardeur vergiftig word; • kunsmatige kleursel of geursel is chemies met hoë reaktiewe

molekules wat die DNS sodanig kan beïnvloed dat dit mutasies en kwaadaardige veranderings kan veroorsaak. Giftige stowwe – skoonmaakmiddels: Huishoudelike skoonmaakmiddels is oor die algemeen giftig. Die dampe en kiemdodende skoonmakers word ingeasem en deur die vel opgeneem. Onder andere word allergieë, aandag-afleibaarheidsindroom (ADHD), asma, vervroegde menstruasie, sensitiwiteit vir allerlei chemikalieë en probleme rondom immuniteit aan chemiese blootstelling gekoppel. Daar is baie veilige middelle wat gebruik kan word maar mense is meestal nie daarvan bewus nie. Vergiftiging - bestraling: Bestraling (X-strale en atoombestraling) kan skade aan die DNS veroorsaak en sodoende die toename van mutasies en kanker verhoog. Al die bestraling wat ‘n mens deur jou lewe ontvang akkumuleer en is nooit onskadelik nie. Daar is ook elektromagnetiese besoedeling wat baie meer subtiel die delikate stelsels van die liggaam benadeel: (ouer rekenaarskerms, elektriese komberse, elektriese horlosies en –radios op die bedkassie, elektriese haardroërs, Wi-Fi, ens.) Heelwat navorsing dui op nadelige uitwerking van selfone veral op jonger kinders wie se skedels nog dun is. Vergiftiging – negatiewe emosies: Negatiewe emosies is emosies wat nie verwerk word nie en wat negatiewe denkpatrone en negatiewe woorde tot gevolg het. Waak oor jou denke; jy moet jou emosies ervaar en verwerk sodat daar positiewe invloed kan wees.


12

De Wildt Nuus

|Augustus 2019

Christus leer die mense dmv gelykenisse (4) Manie en Sannie Lemmer

Lees Mattheus 25: 14 - 30 en Lukas 19: 11 - 27 Hierdie keer kyk ons na die gelykenis van die heer wat aan sy diensknegte in een geval in Mattheus aan elk volgens sy vermoë ’n aantal talente of goue muntstukke gegee het en in Lukas weer ’n gelykenis van ’n man wat op ’n ver reis gegaan het en aan sy diensknegte elk ’n gelyke bedrag ponde (’n muntstuk uit ons land se vorige geldbedeling) gegee het om daarmee handel te dryf totdat hy sou terugkom. In ons verklarende Bybel word ’n talent as ongeveer gelykstaande aan £20 (20 pond uit ons land se ou bedeling wat met die desimalisasie in die jare 60 van die vorige eeu gelykstaande was aan R2.00 en ’n pond van Lukas se verhaal was ongeveer £4, ongeveer R8.00. In huidige terme is die verskille in waarde tussen die ou ponde en die hedendaagse Rand sekerlik nie meer soos toe die desimalisasie ingestel is nie. In die verklarende Bybel van 1957 in ons besit word ons vertel dat die twee gelykenisse wat in gedeeltes van die twee evangelies beskryf word, nie dui op een en dieselfde gelykenis of verhaal nie. Die boodskap wat ons uit die twee gelykenisse leer, is egter ongeveer dieselfde. Ons moet onthou dat Christus gelykenisse vertel het om sy boodskappe duidelik vir die mense wat na Hom geluister het, te stel. Nou vra ons wat ons uit hierdie gelykenisse leer: Die eerste feit is die man wat op reis gaan, in die geval van Lukas se gelykenis op ’n ver reis. Christus was besig om aan sy dissipels in verband met Sy koms na die aarde en die hemelse koninkryk te verduidelik dat Hy sou weggaan en sy diensknegte of werknemers sou agterlaat met geld in hul hande waarmee hulle kon werk om dit meer te maak. Veral die gelykenis in Lukas dui duidelik op die feit

dat die man, dit verwys na Christus, ver weggaan en eers lank daarna sou terugkom; hulle moes vir hul talente verantwoordelikheid neem en dit nuttig gebruik. Mattheus se gelykenis gee dieselfde boodskap. Tov die mense aan wie die talente toevertrou was het hul onderskeie take van hul heer ontvang , soos ook ons die opdrag van Hom ontvang het om heen te gaan en die boodskap oral uit te dra. Vir ons is hier ook ’n ander boodskap ingesluit: Alle mense op aarde ontvang nie almal dieselfde aantal talente nie en almal se vermoëns is ook nie eenders nie. Elkeen ontvang egter wel minstens een talent, al is dit slegs een. Dit dui ook vir ons daarop dat ons nie kan verwag dat alle mense presies dieselfde prestasies en bydraes tot ons gemeenskappe kan lewer nie, maar elkeen het wel een of meer vermoëns waarmee gewerk kan word. Vandaar dan ook die boodskappe elders in die Woord dat elkeen sy/haar talente of gawes moet aanwend in diens van Hom wat jou verlos het; almal saam se gawes bring goeie resultate, soos die een ledemaat van ons liggaam nie alleen kan optree nie, maar al die ledemate saam een liggaam vorm, waar elke ledemaat sy taak verrig. ’n Paar aspekte is vir ons belangrik om te onthou: Christus, ons Here, kom weer terug op die wolke en Hy sal van elkeen vra wat ons met ons gawes en talente gedoen het. Vir diegene wat daarmee gewerk het en dit benut het, wag die kroon van verlossing en die ewige lewe, maar vir diegene wat lui was en weggeskram het van die opdrag wat hy/sy van die Here ontvang het, wag ewige straf. Laat ons hierdie Verlosser loof, wat vir ons aan die kruis gesterf het en weer opgestaan het om aan die einde vir die laaste oordeel terug te keer.

Briewebus Trots op die polisie Vroegoggend van 28 Junie 2019 het skelms die deur by die eetkamer oopgebreek. Niks is vermis nie. Radiobeheer het dadelik die polisie gekontak en die insident gerapporteer. Vroegmiddag het twee polisiebeamptes my besoek en die verklaring afgeneem. Hulle skakel my die Saterdag en maak ’n afspraak. Twee speurders besoek my toe en terwyl hulle hier is, arriveer twee ander beamptes wat vingerafdrukke kom neem. Toe hulle loop, sê ek vir hulle dat ek hulle hoof gaan skakel en vertel van die goeie diens wat ek ontvang het. Baie dankie aan die persone wat my kom sien het en my geskakel het. Ek waardeer dit regtig. - Georgie Louw


Augustus 2019

13

De Wildt Nuus

HULDEBLYK - Anton Olivier (seun) “Oom Bokkie Olivier van Juncta-haarkappers, gebore Jacobus Johannes Olivier op 18 Junie 1939 is oorlede op 22 Mei 2019. Hy is gebore in George en het in Pretoria-Noord begin werk by Junctahaarkappers in 1963. In 1965 het hy Juncta-haarkappers gekoop en voortgegaan om die besigheid te bedryf onder dieselfde naam. In 1996 het Solomons die hele besigheidsentrum in Gerrit Maritzstraat gekoop en Juncta moes skuif na die Giesenberg-gebou in Ben Viljoenstraat. Hier het oom Bokkie tot laat in 2018 nog hare gesny. Haarkappery was sy absolute passie en hy het hom ten volle daarin uitgeleef. Oom Bokkie het in Oktober 2018 ’n ernstige virusinfeksie opgedoen en is vir 2 maande in Eugene Marais Hospitaal behandel. Hy het, na hy uit die hospitaal gekom het, baie gesukkel om te loop en kon nie voortgaan om te werk nie. Oom Bokkie se skoondogter, Yolanda Olivier, ’n gekwalifiseerde mans- en dameshaarkapster, bedryf Juncta-haarkappers steeds baie suksesvol. Ons is dankbaar dat die gevestigde familiebesigheid kan voortgaan. Oom Bokkie is op 22 Mei 2019 rustig by die huis, in sy slaap, a.g.v. natuurlike oorsake, oorlede. Oom Bokkie laat sy vrou, 4 kinders, 3 kleinkinders en 2 agterkleinkinders agter. Hy was ’n beginselvaste mens, ’n man van sy woord, baie trots en het meer as 50 jaar uitmuntende diens gelewer aan die gemeenskap van Pretoria-Noord en omliggende omgewings. Oudminister Pik Botha het slegs by oom Bokkie hare gesny. Rus in vrede oom Bokkie, ons sal jou altyd onthou. Menige kliënte sal sy afskeidswoorde “pasop dat jou hond jou nie byt nie” met ’n glimlag onthou.”

JACOBUS JOHANNES OLIVIER * 18 JUNIE 1939 † 22 MEI 2019

- Manie Lemmer Ek en Sannie het Bokkie leer ken toe ons ons weer hier in 1970 kom vestig het; hy was van daardie tyd af tot sy oorlye, ons albei se haarkapper en ons sal nie maklik sy vriendelikheid en volgehoue belangstelling vergeet nie. Hy het al sy kliënte met deernis en altyd glimlaggend behandel. Langs hierdie weg bring ons hulde aan ’n vriend wat ons nie ligweg sal vergeet nie. Ons innige meegevoel met sy eggenote, sy kinders en kleinkinders word hiermee bevestig. Ons onthou ook sy opmerking nadat hy ons hare gesny het: Pas-op vir jou honde; hulle sal jou dalk nou nie herken nie.

BRITS MEDIESE NA-URE GROEP PRAKTYK ALGEMENE PRAKTISYNS DR K MICHAEL DR D PIENAAR DR FP SCHOLTZ DR H GROENEWALD

TEL: 012 252 2650/071 846 4424 LIGGING: Brits Apteek (Nel Groep)

SPREEKURE

MAANDAG - VRYDAG 17:00 - 19:00 SATERDAG 17:00 - 19:00 SONDAG 10:00 - 12:00 en 17:00 - 19:00


14

Jongspan Dit is die eerste keer dat hierdie rubriek die lig sien in die DWN. Die redaksiespan poog om die jongklomp ook te betrek by die nuusbrief en wil graag ’n platvorm bied waar hulle ook kan bydra. Daarom nooi ons alle skoolgaande leerders uit die omgewing om vir die Jongspan-rubriek hulle oulike opstelle, praatjies of gedigte te skryf en dit per e-pos te rig aan Rachelle by rgrossouw16@gmail.com. Hierdie week het ons ’n gedig ontvang van Leeann von Stade. Sy is ’n 16-jarige Gr. 10-leerling by Hoërskool Pretoria Noord. Sy sê dat sy haar kreatiewe skryfstyl gebruik om haar emosies uit te beeld, sodat ander mense daarin kan deel. Baie dankie vir jou bydrae, Leeann!

Roses Roses are red Just like my eyes My soul seems to forget There’s a mess going on in my head The petals are soft Grazing against my skin Something’s going on within A feeling I can’t quite describe Thorns prickle my thumbs A fear I must overcome It feels like I’m done Where has my happiness gone It’s scary you know How something so beautiful can hurt me so much It’s soft yet dangerous to the touch Something most too scary to discuss Someday I’ll forget There’s nothing I regret It was fun Even though right now I’m still numb In the future I’ll be okay I can’t wait for that day ~Leeann von Stade

Augustus 2019

De Wildt Nuus

Rachelle Rossouw

Toespraak van Robbie Burger, ’n Gr. 5-leerling by Laerskool Vissershoek. Liewe Eskom Ek rig hierdie skrywe aan julle nie omdat ek regtig lus is nie, maar omdat ek genoodsaak voel dat die ondraaglike situasie in ons huis 100% te danke is aan julle en julle doen of moet ek eerder sê julle nie-doen en late. My naam is Robbie Burger en op 23 Junie 2008 het ek vir die eerste keer lig gesien. Dankie tog dat my twee kykers, hulle noem dit oë, nie afhanklik is van julle kragnetwerk nie, want dan was een dag se lig sekerlik my voorland. Julle sien my situasie sien soos volg uit: Pa is ’n besproeiingsboer dws ons het krag nodig vir ons pompe en spilpunte. Ek kan egter nie in my brief meld wat my pa se verskiklike rympies is as hy vir die 3de keer alles weer moet gaan aanskakel nie, met al julle kragonderbrekings. Ek is bekommerd oor die man, want die taal wat daar nou by sy mond uitkom, gaan veroorsaak dat die kerkraad hom onder tug gaan plaas. Ma is egter ’n hoenderboer met ’n groot slagpale. Ek het haar leer ken as ’n lieflike moeder met ’n sagte hart tot julle op die toneel verskyn het. “Robs weet jy wat kos die kragopwekker die hele dag aan diesel, hulle kan maar net so wel hulle krag in hulle ---- opdruk.” “Ja ma, ek is in Gr 5 en ek het wiskunde hoor.” Oupa, die besadigste en verstandigste man in die hele familie, toon ook nou ander gedragspatrone weens julle nalatigheid, julle sien elke Sondagaand luister Oups op RSG ’n program “dis opera.” Jy sien Oups is nie ’n man wat glo aan die gebruik van kras en kru taal nie, maar jojo, nou die aand toe die krag afgaan met “dis opera” was dit ’n ander storie. Ek en boetie se probleem is nie so groot soos die ander mal mense in ons familie nie, net die volgende, maar asb wat ek nou sê, hou dit asb ’n geheim. Ons is ietwat bang vir die donker, as die krag afgaan, gil en skree ons, dis ’n geskarrel vir ’n flitslig want mens weet nooit, in die donker sluip die duiwel rond. Ek sluit af, kan jy, oom grote Eskom, net jou ou probleempie oplos, dat ons net weer as familie normaal kan wees. Ek dank U.


Augustus 2019

De Wildt Nuus

15

Rate vir verkoue en griep Hier is ‘n paar rate vir die griep- en verkouetyd geleen van www.virseker.co.za. Jou neus is aan die hardloop en jou keel brand elke keer wat jy sluk. Is dit verkoue of griep? Dis soms moeilik om te weet watter een dit is wat jou nou so olik laat voel, maar hoe gouer jy ’n diagnose kan maak, hoe gouer kan jy die regte stappe doen om weer blitsvinnig op die been te wees. Hier is ‘n paar wenke oor wat om te maak wanneer jy siekerig begin voel. Dis griep as… …dit jou absoluut uit nêrens uit tref! Griepsimptome is beslis erger as verkouesimptome en oorval ’n mens onverwags. ’n Seer keel, hoofpyn, koors en ’n seer lyf is kenmerkend aan griep. Gewoonlik voel ’n mens ook ’n drukking om die bors en kan jy ’n hoes ook ontwikkel. Die heel beste medisyne vir griep is ongetwyfeld rus. Dis ook baie belangrik om seker te maak dat jy genoeg vloeistof inneem om dehidrasie te voorkom. Gelukkig het die boere raat om te help met griep. Daar is baie verskillende maniere om dié warm medisynedrankie te maak – maar almal stem saam dat dit werk! Gewoonlik word dit gemaak met ’n basis van hardehout – iets donker soos whisky, brandewyn of rum. Meng kokende water en heuning, of in party gevalle suiker, daar in. Vir ‘n ekstra dosis Suid-Afrikaanse gesondheid kan jy dit met rooibostee ook maak. Party mense voeg dan ook suurlemoensap en speserye (enige iets

van naeltjies tot kaneel of gemmer) by. Drink die drankie so warm as moontlik en klim dadelik in ’n snoesige bed. As die warm medisynedrankie sy ding doen, behoort jy oornag heelwat van die lam-en-tamheid uit jou beendere uit te sweet. Drink dit elke aand voor bedtyd tot jy weer perdfris en gesond voel. Dis verkoue as… …die simptome meestal bo jou skouers is. ’n Loperige neus, hoes, oë wat heeltyd water, ’n seer keel en ’n geniesery is duidelike tekens van ’n verkoue. Die simptome bou gewoonlik oor ’n paar dae op. Verkoues is aansteeklik vir die eerste twee tot drie dae wat jy siek is, so dis belangrik om dan by die huis te bly en baie te rus. Indien jou verkoue nie beter is na omtrent ’n week nie, moet jy liefs dokter toe gaan. Meeste medisynes wat beskikbaar is, sal slegs help om simptome te verlig. Weereens is die beste raad om seker te maak dat jy genoeg vloeistof inneem en rus. Vitamiene C is ’n gedugte verkoue-vegter, eet naartjies, lemoene en pomelo’s. Knoffel word ook voorgehou as ’n wonderkuur om jou immuunsisteem ’n hupstoot te gee. Maak gemmertee. Die hoofbestanddele is gemmer en heuning, maar baie mense voeg ook suurlemoensap of selfs ’n stukkie suurlemoenskil by.


16

De Wildt Nuus

Augustus 2019


Augustus 2019

De Wildt Nuus

17


18

De Wildt Nuus

Augustus 2019

Skilder met koffie Op 28 Mei 2019 is ons studierigting Kreatiewe en Produktiewe vaardigheid. Georgie Louw is die sameroepster vir die vergadering. Jakarandastreek se nuwe streeksvoorsitster, Lida van Niekerk, en Barbara Nell, ons voormalige voorsitster, besoek ons vandag. Lida is aan die woord en sê dat sy baie tuis by ons voel aangesien sy 15 jaar terug by De Wildt-tak aangesluit het en sy was 4½ jaar lank lid hier. Carlien een van ons lede het haar na die VLU genooi en Patricia van Niekerk het haar genooi om die dag by haar te kom sit. Sy sê dat sy van dissipline en organisasie by Georgie geleer het en hoe dit gedoen moet word. As Georgie, die voorsitster, praat bly jy stil, jy hoes nie, jy nies nie of praat nie onderlangs nie en as jy iets wil sê, steek jy jou hand op en as Georgie jou naam noem, staan jy op en praat dan. Sy hou Spreuke 31:10 aan ons voor. Om daardie knap vrou te word moet ons weet wat maak ons swak – ons vrese, wat maak ons heel - ons God. Wat hou ons staande - ons geloof. Wat maak ons goedhartig - om nie die hele tyd aan onsself te dink nie. Wat maak ons eerlik - ons integriteit. Wat maak ons gedagtes skoon - ons soektog na ware kennis.Waaruit leer ons lewenslesse - uit ons foute. Wat hou ons kop omhoog - ons moed om aan te hou en op te staan as ons geval het. Wat maak ons bevoeg vir alles wat ons doen - ons selfvertroue. Wat maak

ons mooi - ons alles natuurlik en wat maak ons ’n vrou - ons harte. Wie is jy? Jy is volheid vrou – ’n mooi en ’n knap vrou. Kom ons word vroue wat die Here waarlik dien en ons sal die vrugte daarvan pluk ook in ons organisasie wanneer ons met mooi oë na mekaar kyk en verdraagsaam en goedhartig teenoor mekaar optree. Wenke om ’n mooi en knap vrou te wees : vir mooi oë kyk altyd na ander vir hul goeie eienskappe, loop met die wete dat jy nooit alleen is nie en jou so in die VLU kan uitleef. Veronica Gilliland het al ’n kunsskool vir 18 jaar in Eldorette Akasia. Sy werk hoofsaaaklik met kinders maar bied ook kunsklasse aan vir volwassenes. Sy gebruik verskillende mediums. Vir verf met koffie is papier belangrik. Gebruik die voorgeskrewe papier asook riglyne wat in ons jaarprogram gegee word. Sy sê dat sy ook van oorstokkies gebruik maak om oormatige koffie op te suig. Jy kan ook sout gebruik om ’n ander effek te kry. Gebruik growwe sout en nie fyn sout nie. Sy het ook gewys hoe jy met ’n sponsie ’n ander effek kan kry. Sy het gesê dat jy die koffie ’n dag of langer voor die tyd kan aanmaak. As jy verf moet jy redelik vinnig werk want die koffie word vinnig droog. Mary Ann lees vir ons die riglyne voor uit ons jaarprogram. Hierna het van die dames gaan sit en self probeer verf. So ontdek ons ’n nuwe kunsvorm danksy die VLU.

Is ons gesond? Tydens die vergadering kom besoek 4 dames van Synexus Clinical Research ons. Hulle neem ons bloeddruk, toets cholesterol en glukosevlakke. Sommige van die dames is bly oor hul uitslae maar ander geskok. Dit wys net vir ons dat sulke toetse gereeld gedoen moet word. Jy kan ook deelneem aan hulle navorsing. Nadat ’n toestemmingsbrief geteken is, kan jy deelneem vir verdere toetse nl Diabetes, cholesterol, hartsiektes, Emfiseem en osteoartritis. As jy ’n geskikte kandidaat is, word jy by jou huis opgelaai en afgelaai. Indien jy deelneem aan so ’n navorsing is jy deel van nuwe wetenskaplike ontdekkings. Jou deelname en bydrae gaan help dat toekomstige generasies ’n beter en gesonder lewe kan hê. Synexus kan gekontak word per sms. Sms die kode PRESS na 33280 of stuur ’n epos na : contact@synexus.com. Sms-koste beloop R1.50 per sms en gratis Clarissa, ons sameroepster van Gemeenskapsbewustheid, saam met die dame van Synexus. sms’se is nie van toepassing nie. Hulle sal dan terugskakel. Hul webwerf is : www.synexusclinicalresearch.co.za Ons was ook bevoorreg om mev Helène Richter, 2de visevoorsitster van VLU Jakaranda-streek te ontvang. Sy spreek ons ook toe en sê dat sy weet ons ’n ywerige en georganiseerde tak is. Almarie van den Berg, die kompetisiesekretaresse van VLU Jakarandastreek en lid van Wierdaparktak, kom kuier en demonstreer een van die kompetisieartikels vir die komende jaar “Weef op ’n raam”. Baie interessant en leersaam en die lede gaan dit gewis aanpak. Weereens ’n leersame vergadering saam met al ons gaste en lede.

ADVERTEER IN DE WILDT NUUS 082 879 6969


Augustus 2019

De Wildt Nuus

19

DE WILDT SE EIE MARK EN VERKOPE Manie Lemmer

Hierdie mark en verkope vind maandeliks plaas onder aanvoering van De Wildt Helpmekaar Maatskappy en die onlangse gebeure was op 3 Augustus en wel by die terrein van Pinocchio Kleuterskool. Behalwe vir die speletjes vir kinders en stalletjies met allerlei ware, bly die pannekoek en ander eetgoed sekerlik die grootste aantrekkingskrag by hierdie verkopings. Ondersteun asb hierdie fondsinsamelingspogings deur mense wat self nie daarvoor vergoed word nie en deur direkteure van ons inwonersmaatskappy wat die taak vrywillig en sonder vergoeding namens ons germeenskap verrig. Die enkele fototjies toon deel van die verrigtinge.


20

De Wildt Nuus

Augustus 2019


Augustus 2019

21

De Wildt Nuus

NOG ’N EPISODE IN DIE ESKOM- EN KRAGSEPIE Manie Lemmer

Ek sluit maar aan by my jong vriendjie van die Jongspan-rubriek oor sy siening en ervaring van oom ESKOM. Ons het pas weer hierdie week die onbevoegdheid of indien nie onbevoegdheid nie, dan wel moedswillige optrede van ESKOM en sy medetrawante, die dorps-, stads- em metrorade en hulle werknemers beleef. My seun, Jan, het my die aand van 31 Julie geskakel om te sê dat ons alle ligte moes afskakel, aangesien hy toe reeds van vroeg die dag gepoog het om krag (vooruitbetaald) te koop, maar sonder enige sukses, en ons kragbalans was toe reeds feitlik nul. Die stakende werknemers van Tshwane Metroraad het om een of ander rede, wat ’n gewone mens nie sommer kan uitpluis nie, begin staak en die hele stad se busdiens en straatverkeer ontwrig. Oor die radio en ander media vertel elkeen sy eie storie van sy eie kant gesien en ons, die verbruikers van krag wat ons ten duurste moet aankoop, word eenvoudig in die duister gelaat en al skakel jy tot by die metroraadslede van die Burgemeester se uitvoerende komitee en tot by die provinsiale verteenwoordigers van politieke partye, kry jy geen oplossing nie. In ons land het die werkers reeds oorhand begin kry en die barbaarse wyse waarop hulle staking plaasvind, begin ons gewone wetsgehoorsame burgers stadig maar seker keelvol laat word. Kyk maar hoe die stad, eertyds in die sogenaamde onaanvaarbare “apartheids”-era een van ons mooiste stede, binne dae en weke in ’n varkhok of nog erger omskep word. Is dit werklik hoe mense dink dat hulle enigsins van medeburgers simpatie sal ervaar. Laat ons dit duidelik aan die stakers stel: As ’n paar van ons ordelike mense julle hoofde was, sou julle vandag nie meer werk gehad het nie. Geen mense wat hulself beskaafd en “democratic” noem, kan sulke wangedrag duld nie. Ek het nog nie eers by die einde van hierdie episode gekom nie. Jan het tot laat die aand van winkelgroep na winkelgroep gery om krag te kon koop, maar sonder enige sukses en deur die nag moes ons maar so min ligte as moontlik aanskakel ten einde die bietjie krag wat op ons meter oor was, te bespaar. Die hele voorafbetaalstelsel was af of weg. Ek en my eggenote is albei reeds tagtigjariges en sy het boonop verskeie gestremdhede wat haar die laaste tyd opkeil, nl feitlik geen sig nie, geen gevoel in die senuwee-eindpunte (dus ook vingers en voete) nie en ook feitlik immobiel en afhanklik van ’n rolstol of kierie en loopraam.

Om dan nog te weet dat jou veiligheid nou in gedrang begin kom omdat die alarm se battery nie ’n hele dag kan aanhou werk sonder herlaaiing met elektriese krag nie, en die ligte enige tyd gedurende die nag kan doodraak. Hierdie stakers het gesorg dat kantore gesluit word, indien nie gesaboteer nie, en dit pla hulle geensins of die stad tot stilstand kom nie; die mentaliteit van ’n wese sonder begrip en respek en dan word demokrasie deur hulle geëis (we demand). Die episode duur voort en Jan spook nog feitlik die hele volgende dag, nadat ons krag om 07:00 die gees gegee het, om erens krag te kon koop en selfs die betrokke bestuurders en raadslede met oproepe te teister. Met al sy gespook het ons teen 16:00 die middag weer krag gehad, nadat ons moes uitvind dat die slim man wat die voorafbetaalde meters ontwerp het, se sleutelbord ook met krag werk en as die krag af is, werk dit nie, besonder slim uitvindsel. Ons moes ’n elektrisiën kry wat vir ons weer die skakelbord kon aktiveer sodat die nuwe lesing ingesleutel kon word. Kom ons kyk nou weer na die oorspronklike bron van hierdie kraggemors: ESKOM; ons merk pas in die media dat hulle bestuurders waarvan daar sekerlik 50% te veel is, die vermetelheid het om nog verhogings op hulle huidige buitensporige lone te eis, terwyl dit reeds hoër as enige ander plek ter wêreld is. ESKOM is reeds so in finansiële verknorsing dat ons belastinggeld hulle moet red, ek weet nie meer waaruit nie, want elke reddingsboei laat hulle nog verder sink; geen wonder nie as ons verneem dat die voorsitter van die raad wat nou ook waarnemende hoof sal word , eintlik ook steenkool aan ESKOM verkoop. Geld geen landsreël dan vir hulle nie, of luister en lees ek verkeerd? Indien ek die fout maak, bied ek graag my verskoning aan. Nou kry hierdie instansie hul ander vennote in dorpe en stede wat ons nog meer skade wil aandoen as ESKOM self, nl die werknemers van die Metroraad. Sal die Metroraad my ook dae lank tegemoet kom as ek eis dat hierdie ongerief en absolute vrotsige dienslewering end moet kry en/of dat hulle nie meer belastinggeld van my af sal kry nie en gaan die vernielsugtige en rommelstrooiende werknemergepeupel voortaan gekeer word? Ek vra maar net en wonder of politici met groot maandelikse vergoeding of bestuurders en hoofbestuurders my argumente vanuit my klein hoekie wil of kan antwoord.

Dienste en herstelwerk van motors en bakkies

Gawie Rossouw 079 196 5445 Hoewe 1, Patryshoek, Akasia ggmotors89@gmail.com Besigheidsure: Ma-Vry 07:00-17:00


22

De Wildt Nuus

Augustus 2019


Augustus 2019

23

De Wildt Nuus

TLU SA vra dat plaasmoorde gestaak word

- Neem kennis van Pres Ramaphosa se veroordeling van aanvalle Persverklaring/Press release TLU SA het met waardering kennis geneem van President Cyril Ramaphosa se veroordeling van plaasmoorde tydens sy repliek op die presidensie se begrotingsdebat in die parlement, maar dring steeds daarop aan dat hy hom amptelik vir ‘n staking van die aanvalle beywer. Die veroordeling het gekom nadat die leier van die VF Plus, dr. Pieter Groenewald, hom weer gevra het waarom hy plaasmoorde nie amptelik veroordeel nie. TLU SA het ook al op verskeie geleenthede gevra dat die president ‘n amptelike verklaring oor plaasmoorde moet maak. Pres. Ramaphosa het gesê dat hy plaasmoorde in die ver-

lede reeds veroordeel het en sal voortgaan om dit te veroordeel. Hy het verder – in Afrikaans – gesê dat elke lewe in die land gelyke waarde het en dat elke moord en geweldsmisdaad sonder onderskeid veroordeel moet word. “Ons is bly dat die stilte oor plaasaanvalle en -moorde uiteindelik verbreek is,” sê Mnr. Bennie van Zyl, die Hoofbestuurder van TLU SA. “Maar ons sal graag ook wil hoor dat hy ‘n oproep maak dat dit gestaak moet word.” Volgens TLU SA se amptelike Insidente Register het die plaasmoordsyfer begin Julie op 30 vir die jaar gestaan en plaasaanvalle op 217.

TLU SA appreciates President Cyril Ramaphosa’s denouncement of farm murders during his reply on the presidency’s budget debate in parliament, but still wants to hear him officially make a plea for it to stop. The denouncement came after the leader of the VF Plus, Dr Pieter Groenewald, again asked why he’s not officially made a statement about farm murders. TLU SA has also asked on numerous occasions for the president to officially denounce farm murders. Pres. Ramaphosa said that he has denounced farm murders in the past and will continue to do so in the future. He fur-

ther said – in Afrikaans – that every life in the country has equal value and that every murder and violent crime should be denounced without prejudice. “We are pleased that the silence about farm attacks and murders has finally been broken,” says Mr. Bennie van Zyl, General Manager of TLU SA. “But we would also like to hear him call for farm murders to stop.” According to the official TLU SA Incidents Report, 30 farm murders were committed until July this year, with farm attacks on 217 for this year.

ADVERTEER IN DE WILDT NUUS

KRAGDAG 8–10 AUGUSTUS Manie Lemmer

Voorblad in kleur

R1150.00

Agterblad in kleur

R1020.00

Volblad binne in kleur

R 865.00

Volblad binne in swart en wit R 605.00 Halfblad binne in swart en wit R 350.00 Kwartblad binne in swart en wit R 265.00 Agste blad binne in swart en wit R 180.00 Klein in swart en wit

082 879 6969

R 105.00

Hierdie jaarlikse gebeurtenis is werklik iets om te beleef. Ek het dit reeds die afgelope paar jaar bygewoon en kon reeds verskeie kragbesparende wenke en middele aldaar kry. Die KRAGDAG word by Diamantvallei naby Kleinfontein,oos van Pretoria,gehou en meer besonderhede kan by my of by Douw van Wyk bekom word. Ons gaan self die verrigtinge en skou op een van gemelde dae bywoon. Veral vir ons landelike mense is daar ook die voorreg om met die TLU SA se mense te gesels en referate aan te hoor en die talle implemente en apparate wat met krag te doen het, te besigtig. Kyk ook bladsy 10


24

De Wildt Nuus

Augustus 2019


Augustus 2019

25

De Wildt Nuus

BELANGRIKE DATUMS Ons versoek is vir 2019 weer dieselfde. Vir beter kommunikasie en om oorvleueling te verhoed, stuur asb alle belangrike datums van elke organisasie/instansie deur na Douw van Wyk met die oog op kontrole dat daar nie botsings is nie. Dit word dan in hierdie blad geplaas, sodat alle lesers vooruit kan weet wanneer belangrike dinge plaasvind. AFKORTINGS: DSO – De Wildt Sosiale Organisasie, DWBV –De Wildt Boerevereniging, DWHM –De Wildt Helpmekaar Maatskappy, DWN –De Wildt Nuus, JF –Jopie Fourie-terrein, LSV –Laerskool Vissershoek, KK - Kommando Kombuis, MRC - Margaret Roberts Herbal Centre.

Augustus 3 12:00 MRC Anti-aging Cosmetics Afrit 16 24 09:00 DWN-redaksie vir Oktober-uitgawe Afrit 129 27 19:00 DWBV Algemene vergadering De Wildt 4x4

September

7

12:00

MRC 32nd Annual Lavender Festival

Afrit 16

TLU Kongres

Oktober

5

12:00

MRC Fairy Treasure Hunt

Afrit 16

26 09:00 DWN-redaksie vir Desember-uitgawe Afrit 129

November

2

08:30

MRC Annual Christmas shopping day

Afrit 16

5 19:00 DWBV Algemene vergadering De Wildt 4x4

Desember

7

12:00

MRC Christmas gifts from herb garden Afrit 16

16 08:00 Geloftefees JF -terrein

18

08:30

25

MRC Last minute Christmas shopping Afrit 16 MRC Christmas lunch and gin tasting

Afrit 16

Kersdag 31 Oujaarsdag

ADVERTEER IN DE WILDT NUUS Voorblad in kleur

R1150.00

Halfblad binne in swart en wit

Agterblad in kleur

R1020.00

Kwartblad binne in swart en wit R 265.00

Volblad binne in kleur

R 865.00

Agste blad binne in swart en wit

R180.00

Klein in swart en wit

R105.00

Volblad binne in swart en wit R 605.00

082 879 6969

R 350.00


26

De Wildt Nuus

ELZETTE MINNAAR TOERE

Augustus 2019

Tel: 012 546 0770 / 012 565 4883 Faks: 086 628 6146 Sel: 082 761 7115 Epos: info@minnaartoere.co.za Web: www.minnaartoere.co.za

Met sorg gereël vir mooi herinneringe wat n leeftyd hou....!

TOERE VIR DIE VOLGENDE 3 MAANDE 17 - 24 AUG en 25 AUG - 1 SEP NAMAKWALAND & WESKUS, VLUG & LUUKSE BUS KOMBINASIEKuruman Oog, Upington, Augrabies Springbok Kammieskroon Skilpadnatuurreservaat, Garies, Rieldansers by Garies, Lambertsbaai, Voëleiland aandete by Muisbosskerm, Van Rhynsdorp.Vetplante, Niewoudtsville waterval, Matjiesfonteinplaas, Clan-william, Velskoenfabriek, Rooibos teefabriek, Ramskop natuurtuin, Velddrif, Bokkemlaan, Paternoster Cape Columbine, Tietiesbaai, Jacobsbaai Saldanhabaai, Postberg, Kaapstad. Kirstenbosch! Kasteel! Toer met baie hoogtepunte! R10950 pp wat deel. Spesiale aanbod R9950! 9 – 18 SEPT TUINROETE Baie hoogtepunte! Slaap oor by Colesberg, Prins Albert, Oudtshoorn, Knysna, Stormsriviermond, Graaff Reinet, Middelburg. Hoogtepunte: besoek Museum by Prins Albert, proe desertwyn by Soet Karoo, die kleinste wingerd in SA. Meiringspoort, De Rust se winkeltjies, Kangogrotte, Volstruisplaas, daguitstappie na Die Hel (Gamkaskloof), Poskantoorboom en skulpmuseum by Mosselbaai, Outeniqua Power Van en Vervoermuseum, George, Featherbed Natuurreservaat by Knysna,dit behels bootrit, trekkerrit en 3 gang maal, Monkeyland en Birds of Eden, Bloukransbrug waar die rekspronge gedoenword, Port Elizabeth, Graaff Reinet, Kerk, Die Vallei van Verlatenheid, Nieu Bethesda, Uilhuis en donkiekarrit deur die strate, Ongelooflike toer met baie hoogtepounte R 12 250 pp wat deel! 20 – 24 SEPT HAENERTSBURG en MAGOEBASKLOOF, LENTEFEES 27 SEPT–7 OKT OVERBERG EN KAAPSTAD Vlugte LANSERIA-KAAPSTAD-LANSERIA 23 OKT – OKT ORANIA EN SUIDERSTERRE – Interessante roete met Sterrekyk-sessie!

Beste DWN-leser Baie dankie vir u jarelange ondersteuning Neem asb kennis: Ons nuwe Praktyk: BRITS REHAB. is nou geïnkorporeer met BRITS APTEEK Alle Ortopediese voorraad is nou deurentyd beskikbaar Ek sal voortaan beskikbaar wees by die Sessiekamers. U het ’n keuse om u items deur die APTEEK aan te koop of deur ons praktyk


Augustus 2019

De Wildt Nuus

27

ONTSTELLENDE ONTDEKKING DE WILDT SE GEBREK AAN GESKIEDSKRYWING Manie Lemmer

Toe ons op 3 Augustus vind dat ons nog plek in ons blad vir artikels het, het ek begin artikels produseer, aangesien artikels wat vir ons belowe was, nie hul pad na ons toe gevind het nie. Toe ek verder begin nadink, bersluit ek om iets oor die geskiedenis van die trofee vir die Oupa en Ouma van die Jaar van ons gebied vir die blad neer te pen. Ek kan lesers nou die volgende meedeel: Die besluit om sodanige eerbetoning vir ons gebied in te stel, moes in 1996 gewees het, want toe was my ouers, Herman en Marie Lemmer, die eerste ontvangers van hierdie trofee. Daarna was die jaarlikse keuses vir die onderskeie jare: 1997 Fred en Lena le Roux 1998 Cor en Bettie Cornelius 1999 Lappies en Hannetjie Labushagne 2000 Erich en Lore Schiller 2001 Jack Holland en Anna Schutte 2002 Lood en Ans Schoeman 2003 Kallie en Sophie Cornelius 2004 Lourens Fourie en Hannie 2005 Les en Justice Lilienfeld 2006 Chris en Sina van Zyl 2997 Fanie en Babs Kuhn 2008 Hennie en Sarie Vermaak 2009 Gerrit en Trudie de Wet 2010 Hans en Petro Minnaar 2011 Manie en Sannie Lemmer 2012 Trevor en Georgie Louw 2013 Rassie en Bessie Erasmus 2014 Len en Joey Haasbroek 2015 Roelie en Estelle Koekemoer 2016 Gert en Malie Prins 2017 Burt en Elize Terblanche 2018 Manie en Ellen Teixeira 2019 Kobus en Corne Oosthuyzen Gelukkig kon ek al hierdie name op die trofee self vind, maar toe begin my soektog: Wie het die idee van ’n Oupa en Ouma van die Jaar vir ons gebied laat posvat en wie het die wisseltrofee vervaardig? Wanneer presies en by watter vergadering is die eerste keer van so ’n instelling gepraat? Watter van die name hierbo is nie meer met ons nie; daarop kan ek wel ’n paaar noem: Oom Herman en tannie Marie Lemmer, oom Fred le Roux, oom Cor Cornelius, tannie Hannetjie Labuschagne, oom Jack Holland en tannie Anna Schutte, oom Lood en tannie Ans Schoeman, oom Kallie en tannie Sophie Cornelius, oom Les en tannie Justice Lilienfeld, oom Fanie en tan-

nie Babs Kuhn, oom Hennie en tannie Sarie Vermaak, tannie Trudie de Wet, oom Trevor Louw, oom Rassie en tannie Bessie Erasmus, Dit is eintlik soos aangedui ’n ontstellende ontdekking as ’n mens agterkom dat belangrike feite uit ons geskiedenis, veral ons plaaslike geskiedenis, nie na behore in ’n boek of moontlik boeke aangeteken is nie. Hier kan ek oor ’n tydperk van ongeveer 24 jaar, amper so lank as wat ons kontreiblad oud is, nie sommer uit my eie brein-hardeskyf die feite oproep nie. Die redaksie het reeds hieroor gepraat, want ons eie verlede en ons gebied se geskiedenis is wel in ’n paar boeke en bundels opgeteken, soos bv die gedenkbundel oor die Larskool Vissershoek (saamgestel deur Renee Schulenburg). . Ons versoek is nou, kan van ons lesers die vrae oor die instelling van die Oupa en Ouma van die Jaar vir ons gebied beantwoord; indien wel, plaas ons dit graag in ons volgende uitgawe. Ons verneem ook graag staaltjies en vertellinge uit die ryke geskiedenis van ons gebied hier aan die voet van die Magalies. Ons sien uit na ons lesers se bydraes en mag ons nooit ons verlede vergeet nie, want dan sal die toekoms maar vaal wees.


28

De Wildt Nuus

Augustus 2019

Oupa en Ouma van die jaar Suzette Pëtersen

Op Woensdag 31 Julie 2019 is die jaarlikse Oupa en Ouma van die jaarfunksie deur DWHM vir die hele gemeenskap aangebied. Vanjaar is dit by Mystical Woods, afrit 100, gehou en Alida Barnard en haar helpers het voorwaar baie moeite gedoen. Die kos was voortreflik en die vermaak, aangebied deur Michelle Pelser en die Rodeo Girls onder leiding van Lienkie Bayman, was van puik gehalte. Almal het baie gesellig gekuier en litte losgemaak op die dansvloer. Almal teenwoordig het deelgeneem aan die stemming oor wie die Oupa en Ouma van die jaar sal wees. Dit was ‘n kop-

aan-kop wedloop, maar oom Kobus en Corné Oosthuyzen is uiteindelik verkies as die Oupa en Ouma vir 2019/2020. Hulle funksies en verantwoordelikhede is ook deur Douw van Wyk, die seremoniemeester, verduidelik en oom Manie en tannie Ellen Teixeira het die amp oorgegee. Almal het so lekker saamgekuier dat daar besluit is om hierdie jaar ‘n Kersfunksie aan te bied. Die datum van die funksie is 27 November en sal gratis wees vir alle inwoners bo 50. Meer inligting sal met tyd volg, maar daar wag voorwaar ‘n hele klompie verrassings tydens hierdie funksie.

Direksielede A Barnard en A du Toit saam met Kobus en Corné Oosthuyzen.

Spesiale dank aan Bertus en Tienie, eienaars van Mystical Woods, vir die gebruik van die “venue” en vir Pick n Pay Hartbeespoort en Pierre Barnard van Fourways Spares vir die kosskenkings.


Augustus 2019

De Wildt Nuus

29

KOBUS EN CORNÉ OOSTHUYZEN Jan Lemmer Ons ken Kobus en Corné Oosthuyzen as n vriendelike en hardwerkende egpaar en wat betrokke is by hulle gemeenskap. Kobus: Kobus is in Ermelo gebore, het in Volksrust matrikuleer en het by die destydse Volkskasbank begin werk. In die tyd in Natal was Kobus ook na sy Diensplig deeltyds betrokke by die Suid Afrikaanse Weermag se Burgermag en het dan ook daar gevorder tot en met die rang van Kaptein. Daarna was hy vir 16 jaar by die Departement Natuurbewaring werksaam by Hartbeeshoek hier naby Wonderpark. Daarna het Kobus sy eie besigheid Flora RSA begin. Kobus en Corné is woonagtig noord van die Magalies vanaf 1975 en het slegs elke keer bietjie meer wes getrek tot waar hulle nou woon by afrit 137. Kobus was vir baie jare baie betrokke by ons gemeenskap en was dan ook ons eerste Delta Zero. Hy was ook aktief betrokke toe daar destyds onderhandel was met Working on Fire om die span hier in ons gebied te vestig. Saam met sy groot liefde vir plante en natuurbewaring van inheemse plante het Kobus ook ander verskeie verskuilde stokperdjies soos sy allemintige seëlversameling wat hy beoefen van hy 5 jaar oud is. Daar is letterlik duisende seëls en eerstedagkoeverte in sy versameling en nog baie seëls wat hy besig is om te sorteer van baie verskillende lande wat hy in Australië tydens ’n besoek aan sy kinders gekoop het. Corné: Corné is gebore in Kookrus, Distrik Vereniging. Sy was die 5de van 6 kinders waarvan nog net sy en haar oudste sussie leef. Sy het haar skoolloopbaan aan Hoërskool DF Malan voltooi en daarna verskeie diplomakursusse voltooi. Sy het haar “Honours Diploma” deur ITEC in Londen verwerf in “Aestheticienne and Teaching”. Sy het baie studente onderrig en het internasionale diplomas ontvang. Sy het ook n beradingskursus gedoen wat sy baie geniet het en waar sy baie geleer het. Sy is ook ‘n uiters talentvolle skilder. Kobus en Corné Kobus en Corné is in 1974 getroud (45 jaar) en het twee kinders Michael en Suzette. Later het Tanya bygekom en vele ander kinders is deur hulle versorg en help grootmaak uit die liefde van hul hart en hul liefde vir kinders. Hulle is nog steeds Pa en Ma vir die ander kinders wat hul help versorg en help grootmaak het ook en word ook steeds so genoem. Kobus en Corné is geseënd met 7 kleinkinders wat hulle hele lewe is. Corné sê dat sy voel haar doel op aarde is om‘n Ouma te wees. Die oudste het sopas 17 geword en die jongste is 8 jaar oud. Hulle grootste gemis is Suzette en haar gesin wat in Australië woon. Wanneer hulle 4 kleinkinders kom kuier, mis hulle die ander drie nog meer. Vakansies neem die kleinkinders en hul maats die Oosthuyzens se huis en eiendom oor. Daar word gespeel, en visgevang van vroeg tot laat. Hul groot troos is dat Suzette en haar gesin in Australie baie gelukkig is en omring is met goeie vriende en daar word gereeld kontak gemaak met hulle en ook besoek afgelê in

Australië. Michael is aktief betrokke by die Sport wat persone met doofheid beoefen en ook die Sport Instansies vir persone met Doofheid. Michael was voorheen by die Dowe Bloubulspan die afrigter maar het nou gevorder tot afrigter van die dowe Springbok/ Protea Rugby Span. Voorwaar ‘n trotse familie. Kobus en Corne se lewenskeuse in hul eie woorde: Dit is om ons Hemelse Vader lief te hê met ons hele hart! Om Sy Woord na te streef, Hom te volg waar Hy ons ookal lei en Sy liefde en vrede uit te leef teenoor almal met wie ons in aanraking kom. Ons leuse: Om Jonk van hart te bly tot ons Heer ons kom haal. “To stay young at heart”! Dit is myns insiens waar die eer van Oupa en Ouma van die jaar vandaan kom: om erkenning te gee aan persone vir hul onbaatsugtige diens aan hul gemeenskap en tot voordeel van die gemeenskap aan persone met harte van goud! En dit is Kobus en Corne Oosthuyzen!

’n Skildery van Corne Oosthuyzen


30

De Wildt Nuus

Stokperdjies

Augustus 2019

Manie Lemmer

In die artikel oor Kobus en Corné Oosthuyzen lees ons van hulle stokperdjies. Nou wonder ek of daar dan nie ander lesers met interessante stokperdjies is nie en waarom ons nie daarvan in ons kontreiblad kan lees nie. Of is ons bang dat ons besondere metodes dalk deur ander gevolg kan word? Dis tog hoe ’n samelewing kan vorder en ontwikkel, as ons van mekaar leer. Ek onthou hoe een van my oudleerlinge by hul reünie vertel het hoe my liefde vir mooi musiek (veral ligte klassiek en opera) hom aangemoedig het om baie konserte in sy lewe by te woon en om plate of laserskywe te versamel. Hoe het dit gebeur: Ek het die matriekklasleerlinge van my vak, Latyn, jaarliks na ons huis genooi en hulle onder andere getrakteer op van die mooiste musiek wat ek tot beskikking gehad het, Hoewel ek self nie juis kwalifiseer as ’n sanger of koorlid nie, kon ek tog my liefde vir musiek aan my leerlinge oordra. Ek noem nog ’n paar van my eie stokperdjies: Ek het op ’n stadium redelik op fotografie gekonsentreer en selfs my eie foto’s ontwikkel en afgedruk met ’n selfingerigte donkerkamer en die nodige apparatuur. Dié stokperdjie het ook gelei tot ons talle versamelings kleurskyfies van ’n verskeidenheid toere, binnelands en oorsee in minstens 14 lande. Soos Kobus het ek ook ’n redelike seëlversameling, hoewel dit nie behoorlik georden is nie, want my vrye tyd word reeds jare lank met gemeenskapsdiens in een of ander vorm deurgebring. En laasgenoemde diens aan my gemeenskap het op sigself ’n verrykende stokperdjie geword. Juis as gevolg van ons talle toere en rondreisery het teelepelversameling uit al die plekke wat ons besoek het, outomaties deel van my versamelings geword. Talle en talle boeke van uiteenlopende temas en onderwerpe en ook gewone verhale, asook stelle boeke wat die soeke na inligting in ons huis maklik maak; soos tevore al gemeld, koop ek elke nuwe Afrikaanse Woordelys en Spelreëls wat verskyn, aan om my eie kennis op datum te hou, en hierdie stokperdjie sluit ook gewone Afrikaanse woordeboeke, van gewones tot spesifieke woordeboeke soos dié met plekname, ander met antonieme en sinonieme. My boekrakke word al te klein en ek het reeds begin om van die boeke aan my kleinkinders oor te gee, sodat hulle die lees daarvan kan geniet. Boeke oor plante kan ook in verskeidenheid op my boekrakke gevind word. Om mooi plante te versamel en te kweek, maak ook deel van my belangstelling uit. Ek het ’n aantal jare gelede toe ons vanaf Tzaneen (Letaba) hierheen verhuis het, ongeveer drieduisend aalwynplante hierheen vervoer, meeste waarvan ek tydens georganiseerde plantversamelings van die SA Aalwyn- en Vetplantvereniging op verskeie plekke in ons land gaan haal het; dit was gewoonlik waar nuwe damme of ander ontwikkeling die plante in gevaar gestel het en deur ons bewaar kon word. Toe die totale Suid-Afrikaanse aalwyne wat reeds bekend en in boeke beskryf was, op 142

te staan gekom het, het ek op enkele soorte na ’n redelike volledige versameling gehad. Ek het ook van my eie plante se saad gekweek en hulle so vermeerder. Dieselfde geld vir broodbome waarvan ek ook ’n hele paar bymekaar gebring en selfs self gekweek het. Deur die jare het ons ook ’n paar antieke meubels versamel en ons ander meubels bestaan ook hoofsaaklik uit uitgesoekte soorte hout, items wat ons kinders sekerlik lesse in die oorsprong van alles moet neem alvorens hulle dit sal kan waardeer. Dieselfde geld vir skilderye wat ek en Sannie deur die jare aangekoop het vanaf ons eerste jare van onderwys gee. Ons beskik ook oor kunswerke en handewerk van ’n hele paar blinde oudleerlinge by ons skole en ook van die mosaiekwerk van die kreupeles en serebraalgestremdes by Letabaskool, en hierdie handewerk is alles die vrug van Sannie se opleiding van blinde en ander gestremde leerlinge toe ons aldaar by skole vir gestremdes gewerk het. Die orrel en klavier is danksy Sannie se vaardigheid met musiekinstrumente, wat sy nou ongelukkig weens die perifêre neuropatie waaraan sy ly, nie meer kan bespeel nie. Die musiek het ons baie jare saam met ons kinders en ander familie en vriende kon geniet. Sannie beskik ook oor ’n blokfluit en kitaar; die blokfluit het Trevor Louw van een van die state in die suide van Amerika af vir haar saamgebring toe hy daar saam met ’n vriend gereis het. Ek vertrou dat ek hiermee ons lesers se belangstelling kon uitlok sodat ons meer van julle stokperdjies te lees en te hore gaan kom.


Augustus 2019

31

De Wildt Nuus

FRIK VOS SURVEY EQUIPMENT

Agents for new and used land surveying instruments and equipment. Specialises in the repair, service and calibration of land surveying instruments as well as survey work. Merle Street Plot 72B Winternest Akasia Pretoria

082 466 8174 082 451 2217

E-mail: frik@surveyinstruments.net


32

De Wildt Nuus

Augustus 2019


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
De Wild Nuus - Aug 2019 by De Wildt Nuus - Issuu