April 2021
Jaargang 30 No 2 Webtuiste: www.dewildtnuus.co.za
Binne: De Wildt Biblioteek Vroue Landbou-Unie-nuus Landbousake De Wildt Boerevereniging-nuus Foto: John Wesson
2
De Wildt Nuus
April 2021
INHOUDSOPGAWE Lief en leed 4 Redaksiebrief 3 De Wildt Biblioteek 5 Bederfpakkies vir gesondheidswerkers 5 Ons reis deur Pretoria 7 DWBV nuus 8 DWBV nuus 9 Betaal jou geloftes (2) 11 Dames, dames... 12
Huldeblyke 13 Huldeblyke 14 VLU nuus 16 VLU nuus 17 Landbousake 18 Jongspan 19 Rate en wenke 20 Alternatiewe behandeling (16) 21 Sandsteen-stoepstories 22
LIEF EN LEED Ons meegevoel met diegene wat leed ervaar het. Beterskapwense aan diegene wat siek was of nog is. Dan is ons ook bly saam met diegene wat lief ondervind of beleef het. Ons wil dit net weer onder u aandag bring dat ons nie onder Lief en Leed nuus kan plaas as iemand dit nie onder ons aandag gebring het nie. Hospitaal en siek
Oorlede
• Oom Lou van Niekerk • Elize Meyer
• Rina Grabie • Piet Redelinghuys • Ann van Dyk • Malie Prins • Ruann en Lisa Strauss se babaseun • Helena Rossouw se broer • Jaap Venter
Lief • Gawie en Rachelle Rossouw het ’n babadogtertjie • Chris en Mariaan vd Merwe kry ’n kleindogter
Die sesde Raad van die Afrikaanse Protestantse Akademie
Die Afrikaanse Protestantse Akademie, die tersiêre inrigting waar onder andere leraars van die Afrikaanse Protestantse kerk opgelei word, het weer hul jaarlikse promosieplegtigheid op 17 Maart vanjaar gehou. As gevolg van die Regulasies en vereistes tov die Covid 19-probleem kon slegs ’n gedeelte van die studente vir hul grade en diplomas in persoon ontvang, nl BA met 16 graduandi en B TH met 3 graduandi. Die res van die toekennings is in absentia aan 100 suksesvolle studente toegeken: Nagraadse Onderwyssertifikate vir die Senior en Verdere Opleiding- en Onderrigfases (NGOS).
Vir enige navrae tov studie aan hierdie Akademie, kontak gerus die volgende telefoonnommer 012 344 3960/1/2 of e-pos info@apa.ac.za. Hier is ’n foto van die lede van die sesde Raad vir hierdie Akademie wat by ’n promosieplegtigheid geneem is. Ons gebied se eie inwoners op gemelde Raad is onder andere prof Gerrit Smit, Rektor en ook leraar met beperkte opdrag by Wonderboom-gemeente van die APK, derde van links voor op die foto en ouderling Manie Lemmer van dieselfde gemeente, heel links voor op die foto.
April 2021
3
De Wildt Nuus
REDAKSIEBRIEF
REDAKSIELEDE Manie Lemmer - 082 879 6969 (Voorsitter) Hanna Scribante 083 417 4699 (Sekretaresse) De Wildt Helpmekaar Maatskappy Adele du Toit - 071 843 8185 Douw van Wyk 073 833 2105 De Wildt Boerevereniging Hanna Scribante 083 417 4699 De Wildt VLU Elma Human 082 500 4066 Addisionele lede Georgie Louw - 082 374 6879 Jan Lemmer 083 256 8266 Marguerite Nel 082 774 2517 Magriet van Heerden 072 092 6460 Kobie Opperman - 076 482 8513 David Proctor Linda Proctor 082 922 7904 Eugene van Staden 073 367 4787 Gertie van Staden 073 091 6035 Karin Polden 081 299 1994 Maderi van der Schyff 071 606 7238 Drukker: APK Wonderboom 012 527 0513 Wonderboom@apk.co.za
De Wildt Nuus Bankbesonderhede: Rekeningnaam: De Wildt Nuus ABSA Brits Rekeningnommer: 9337490973 Verwysing: Adverteerder se naam + Desember 2019 (noem telkens die naam van die betrokke maand). Epos betalingsbewys manie.lemmer@dewildtnuus.co.za Advertensiegeld moet asb vooruitbetaal word, maw sodra die advertensie versoek of gewerf word. Dankie vir julle moeite. Kontakpersone vir advertensies en grafiese ontwerp: Manie Lemmer Advertensie-ontwerp: R100 Veranderings op bestaande advertensies: R50 ADVERTENSIES IS VOORUITBETAALBAAR
Die artikels in die De Wildt Nuus is nie noodwendig die produk van die redaksie nie, maar van individue. Daarom vereenselwig die redaksie hom ook nie noodwendig met alle uitsprake/menings in die artikels nie.
Manie Lemmer
Liewe lesers Ons land en ons eie omgewing aan die voet van die Magaliesberg is tans in ’n groot mate in alle skakeringe van groen en vol anderskleurige blomme en plante. Ons hemelse Vader het ons met buitengewone goeie reëns geseën. As ons daaroor juig en die pragtige natuur bewonder, wil ons lof, eer en dank aan ons Skepper en Onderhouer betuig, want sonder Hom en Sy talle wonderwerke kan niks bestaan en behoue bly nie. Is ons dankbaar genoeg, of aanvaar ons alles maar as vanselfsprekend? Wat ’n voorreg om een van Sy kinders te wees en te weet dat Hy Sy wil oor ons laat geskied, as ons ons planne en voornemens na Hom toe bring. Die einde aan die inperking is steeds nog nie in sig nie en dit bemoeilik die voorbereiding van ons blad, veral as selfs die telefone ons in die steek laat en ESKOM aan die ander kant sorg vir beurtkrag met die klem op die KRAG wat talle kere nie bestaan nie en aan ons te koop aangebied word. Al die leë beloftes tov ons elektriese kragvoorsiening en die frustrerende inperking dra sorg dat ons sukkel om advertensies te kry en om ons artikels vir ons lesers op skrif te laat verskyn. Ons rekenaars en drukkers begin ook op groot skaal die gees te gee as gevolg van die wisselende beurtkrag en ook die onbeplande en onaangekondigde kragonderbrekings. Dit laat ook die “UPS”-apparate nie meer al die skokke verduur nie en elke paar maande moet ons op eie koste laat herstel, nie op staatskoste en dié van ESKOM s’n.nie. Ons kan oor baie meer dinge kla, maar dan sal ons blad net ’n klagteblad word. Ons sal egter met klagtes volhou om te let op die gepaste spreekwoord van sommige mense in ons land. Hulle sê as die kind in die doekesak op sy ma se rug nie huil nie, hy van honger sal omkom. Ons sal dus aanhou huil en kerm. Ons verwelkom twee nuwe lede op ons redaksie, nl Maderi van der Schyff wat reeds in ons vorige blad bedrywig was en nou ook Karin Polden wat selfs ’n nuwe rubriek of twee wil begin. Lesers kan maar kyk na ’n vrouerubriek wat saam met dié van De Wildt VLU seker tot die genot van veral ons dameslesers kan bydra. Sy het ook vir die kinders ’n verrassing wat hulle ’n rukkie besig kan hou. My dank aan redaksielede wat maar geduldig per e-pos en telefone met my en ander redaksielede moet kommunikeer omdat die Covid-regulasies ons weerhou van redaksievergaderings. Dit herinner ons aan die gesegde (wat seker eeue voor “General Motors” nog ’n “Boy Scout” was), nl “As Moses ’n komitee was, het die Israeliete seker vandag nog in Egipte gesit.” Gebrek aan voldoende inkomste laat ook ons
adverteerders swaarkry en ek doen weer eens ’n beroep op ons lesers om die adverteerders te ondersteun en ook asseblief nuwe adverteerders te werf. Adverteerders kan reken op duisende lesers met die infasering van ons blad op ’n aantal “Facebook” -groepe saam met ons eie webwerf. Ons nuus bereik selfs lesers oorsee en in ons ander provinsies. As lesers wil help om ons blad in stand te hou, kan julle gerus met ons blad in die hand besighede en vriende om ’n donasie nader as hulle nie wil of kan adverteer nie. So lank ons egter met ons blad kan volhou, sal ons so maak, so lank ons op die ondersteuning van ons lesers kan staat maak. Waar ons weer die herfsseisoen en die koue winter tegemoet gaan, kan ons al weer truie en ander warmmaakgoed begin uithaal en regkry om ons teen die komende koue te beskerm. Onthou, die strategie van sommige verkopers is om die wintersklere vir eers gebêre te hou en dan kort voor die winter met nuwe hoër pryse aan te bied. Koop betyds aan. Benewens al die ander leesstof probeer ons tog ook om interessante en wetenswaardige leesstof in hierdie uitgawe van ons blad aan te bied sodat ons lesers nie onkant en oningelig gevang word nie. Ons vra lesers se geduld met die uitgawetyd en datum van ons blad; ons moet met Co- vid-regulasies, waaronder inperking en swak diens uit omtrent alle oorde kompeteer. Ons poog egter steeds om die blad telkens aan die begin van Februarie en daarna van elke tweede maand aan lesers te besorg. Lesers word ook vriendelik versoek om ons te laat weet of die getal harde kopieë (gewone ge- drukte uitgawe) van die blad voldoende is en dus ook of julle die digitale weergawe verkies. Ons moet die drukwerk probeer verminder omdat die drukwerk jaarliks verhoog word. Hier is intussen ook van ons personeel en inwoners oorlede, onder andere ons een matrone, Elize Viviers, en ook ’n etenstafelgenoot van my, Louis de Swardt, asook die 99jarige vader van matrone Du Plessis. Elders in die blad is huldeblyke ter nagedagtenis van matrone Viviers, oom Piet Meyer, en so ook van ons gebied se inwoners, Piet Redelinghuys, my direkte buurman by ons kleinhoewe waar my seun-hulle nog woon, en ook vir Malie Prins, Ons groet hulle vir oulaas. In die plek van Elize kon ons gelukkig die dienste van matrone Sophia Rohlandt bekom en ons vertrou dat sy nog lang diensjare alhier sal geniet. Geniet die lees van hierdie uitgawe tot die volgende een aan die begin van Junie.
4
April 2021
De Wildt Nuus
Besoek ons gerus vir alle goeie gebruikte korporatiewe kantoormeubels. De Wildt tak – R566 pad, Plot 66 A ● Tshwane China Mall h/v Zambesi & Moloto pad, Winkel 127, Vlak UG. Len 082 660 8299 · Frans 082 470 0290 · Armand 082 955 3117 Website: www.officecomplete.net
CARE CENTRE SORGSENTRUM
SANDSTONE Between Hartbeespoort Dam + Brits on R511
Dr MC Boshoff (BVSc) 083 227 5562 Dr Sune Pretorius (BVSc) 084 880 9434
* Algemene bejaardesorg * Alzheimers * Verpleegkundige gedurende kantoorure * 24h Versorging en toesig * Skoon, netjiese en veilige omgewing * Dag-tot-dag versorging ook beskikbaar Besoek ons
Sandstone Sorgsentrum
Kantoor - 082 395 1475 Matrone - 072 767 9500
April 2021
5
De Wildt Nuus
De Wildt Biblioteek Elma Human
Manie Teixeira woon al 22 jaar in De Wildt omgewing. Hy begin so 10 jaar gelede met die boeke woeker. Toe hulle Die Koskas oorgeneem het, het hulle die behoefte na leesstof raakgesien. 2 jaar gelede was Manie en Ellen gekies as Oupa en Ouma van die jaar en dit was hulle taak om iets te skep, wat die gemeenskap sou geniet: ‘n BIBLIOTEEK. Eers was daar net ‘n tafel met ‘n klompie boeke, vandag is daar ongeveer 5000 storieboeke en heelwat ander nie-fiksie boeke op hulle rakke. Naas de Villiers het die eerste rak geskenk en later het Manie nog ’n klomp rakke as skenking ontvang. Vandag is al die rakke stampvol! Gedurende die grendeltyd het besoekers soms bokse vol boeke uitgeneem om die eensame ure korter te maak. Onthou dit is ‘n gratis diens en die dames is almal baie vriendelik en help graag. Soms drink hulle ‘n koppie tee saam met die besoekers en kuier gesellig in die sithoekie. Die biblioteek word ook deur mense benut, wat nie in die area woon nie. Ander biblioteke was tot onlangs toe nog gesluit en dit was vir my, as besoeker, ‘n wonderlike uitkoms om ‘n paar lekker boeke in die hande te kon kry! Die biblioteek val onder De Wildt-helpmekaar en Suzette Petersen hanteer die biblioteek se belange. Yvonne Janse van Rensburg, met haar netjiese handskrif, hanteer die uitleenregister en sy herstel ook beskadigde boeke. Patricia van Niekerk en Margaret Hugo is deel van die span, wat met groot liefde die boeke organiseer en kliënte help. Riekie Bredell het onlangs by hulle aangesluit. BEHOEFTES: ‘n Trollie (enige iets met wiele) Boekrakke Skoon papier en kleefband
Patricia v Niekerk, Manie Teixeira en Yvonne Janse v Rensburg
Gert Klopper neem boeke uit, Yvonne teken dit aan
Bederfpakkies vir gesondheidswerkers Lede van die VLU De Wildt-tak het bederfpakkies aan Lofdal Versorgingsoord se personeel, en ook dr Brink en Vennote by Pretoria-Noord Mediese Sentrum geskenk. Dit is deel van die VLU se projek om mediese personeel in die Covid-19-pandemie te ondersteun. Op die foto is Joan Jonker, Martie Marx, Mary du Preez en Carlien Retief wat pakkies pak om afgelewer te word.
6
De Wildt Nuus
R1 000 R2 000 R3 000
Februarie 2021
April 2021
7
De Wildt Nuus
ONS REIS DEUR PRETORIA
Karin Polden
As kind het ons gesin oor naweke almal in die kar gebondel en deur Pretoria gereis. Vandag doen min mense dié besienswaardige toer saam met hulle gesinne en van die juweeltjies raak vergete. Ons het gewoonlik ook van bo in Sinoville tot by die Wonderboom gestap, bietjie asem geskep en dan teen die berg opgeklim na die waterval en die fort. Die opwinding van die klim teen die steil Magaliesberg en die beloning van die uitsig van daarbo was onbeskryflik. Jy kon tot in die verte sien. Die lug was skoon en die witkruisarende het net hier naby jou gedraai. Ons het ook graag na die Uniegebou gegaan en met die onbeperkte energie wat net ’n sorgelose kind kan hê, die torings uitgeklim, want as jou pa jou soek, kan jy van bo af wegkruipertjie met hom speel. Ons het draaie gehardloop oor die onbeperkte grasperke en rats teen die terrasse uitgeklouter. Wanneer jy by die parkeerarea staan, kan jy die Monument, Unisa, die Telkomtoring, Loftus, die middestad en as jy gelukkig was, Tukkies sien. Die Kerkplein met oom Paul se statige gestalte, ou Raadsaal, die Munt en ander pragtige geboue staan vandag nog net so imposant soos toe dit ontstaan het. My pa het vir ons vertel dat die rede waarom die beelde op en om die plein hoede gedra het, is dat oom Paul geglo het dat ’n vrou se hoof bedek moes word en toe kry almal kappies. Dan is die Krugerhuis, Helde-akker en Bosmanstraat se kerk beslis ’n besoek werd. Die Dieretuin is ’n ander hoogtepunt vir die jong klomp. Hulle bied oorslaapaande aan wat nogal opwindend is. Luister na ’n jakkals se roep, ’n leeu se brul en al die ander nagdiere te midde van die stad se naggeluide. Besoek Sammy Marks-plein met al sy stalletjies, asook die staatsteater. Melrose-huis regverdig beslis ’n besoek en moenie die stasie vergeet nie. Ons het gewoonlik ’n hele dag bestee by die Voortrekkermonument en museum. Ek onthou hoe ons teen die ronde trappe opgehardloop het om te sien wie eerste bo kon wees. Die ou mense het natuurlik hygend agterna gesukkel. Die twee forte is ook besoek, want hulle is onlosmaaklik deel van Pretoria se
geskiedenis. By die Swartkop Lugmagmuseum is al die vliegtuie van nader beskou en daar is groot drome gedroom oor wanneer ons eendag self sal kan vlieg. My suster se seun het toe ons almal se droom bewaarheid en is tans besig met sy helikopteropleiding vir die lugmag. Loftus het natuurlik ook ’n onuitwisbare indruk nagelaat. My ma het ons sonder vrugte saam met my pa daarheen laat gaan, want sy het geweet ons kom met ’n sak vol nartjies terug. Daardie jare kon jy nog die spelers met nartjies gooi. Dus was daar nie ’n tekort aan verversings nie. Ek moet ook net noem dat ’n nartjie teen die agterkop nie al te lekker is nie! Oom Jannie Smuts se plaas in Irene is ook ’n besoek werd, asook die Pioniers- en Willem Prinsloo Landboumuseum. Dus my mede-Suid-Afrikaners, sou die kinders weer vra wat daar is om te doen, pak ’n piekniekmandjie en gaan op ’n reis deur die verlede. Indien ek enigsins ’n historiese plek in Pretoria oorgeslaan het, vra ek verskoning. Moenie dat hierdie juwele vergete raak nie en hou ons geskiedenis lewendig. Ek vertrek nou tot volgende keer, want ek moet op reis gaan na ander opwindende plekke.
Dienste en herstelwerk van motors en bakkies Gawie Rossouw 079 196 5445 Hoewe 1, Patryshoek, Akasia ggmotors89@gmail.com Besigheidsure: Ma-Vry 07:00-17:00
8
De Wildt Nuus
April 2021
Sonneblomtyd - Voëljagtyd Phil Louw per dag gejag word. Te danke aan beter reënval as die vorige jaar in groot dele van Vir veiligheid by so ‘n duifjag is die skiet-rigting baie belangrik en ons land, staan die sonneblom met mooi groot koppe op die geld die “skiet blou lug” reël. Geniet dus die jag van duiwe tussen lande. Maar ongelukkig is die eienaars van al die sade nog nie bedie sonneblomme. Los maar eers die tarentale uit tot en met paal nie. Is dit die boer se oes, of die duiwe se kos wat so mooi Mei. Onthou om te alle tye veilig en verantwoordelik op te tree groei op die lande? in die jagveld. Natuurlik wil die jagters sorg dat die sonneblomme die boer se En dit is presies wat die De Wildt Boerevereniging en sy vriende oes bly deur vroegoggend lekker tussen die duiwe in te vaar met gedoen het. Drie Saterdae agtermekaar, met die vergunning die haelgeweer. Maar met elke plesier kom daar tog ‘n verantwoordelikheid. Die verantwoordelikheid is om seker te maak dat van Gert Prins en Seun, is daar belê in die duifjagvreugde en die versekering van ‘n bietjie groter oes vir die boer. Dit was ook ‘n ons te alle tye binne die wet bly. kenmekaargeleentheid, asook die erkenning van die vaardigheid Wat die oes betref, geld die volgende: Duiwe word gesien as van die manne. Die aantal leë doppies versus die aantal duiwe diere wat skade veroorsaak. Daarom mag enige skut in die dag (‘n halfuur voor sonop tot ‘n halfuur na sononder) op enige plaas, wat geskiet is het sy eie storie vertel en as aansporing vir die skut gedien om net nog ‘n keer te probeer. met toestemming, duiwe jag. Gebruik honde net om die voëls Maar dit was ook ‘n geleentheid om fondse vir ’n goeie doel in wat jy geskiet het, te gaan haal. te samel en ons kan nie nalaat om ieder en elk wat by die reëlings Maar tussendeur die duiwe sien jy dalk ‘n tarentaal of ‘n fisant. betrokke was, en dié wat deelgeneem het aan die duifjag, hartlik Wat doen jy nou? Wel, tarentale en die meeste ander jagvoëls is te bedank vir hulle aandeel nie. Dit was voorwaar weereens gewone wild volgens Natuurbewaring. Daarom mag ons hulle een van daardie onthoutye en ‘n goeie teenvoeter vir die Covideers skiet nadat die jagseisoen oopgemaak het. Jy moet in besit inperkings. wees van ‘n jaglisensie, asook skriftelike toestemming om op die Mooi loop tot ons weer ontmoet en weer so maak. plaas te mag jag. Daar mag ook net ‘n sekere hoeveelheid voëls
April 2021
9
De Wildt Nuus
Minimumloon 1 Maart 2021 Ten spyte van verskeie rolspelers uit die landbou se aanduidings dat die verhoging van die minimumloon vir plaaswerkers nie deur die landbou geabsorbeer kan word nie, is dit deurgevoer. TLU SA en ander rolspelers het intussen ‘n dispuut daarteen verklaar. Die landbousektor se minimumloon vir plaaswerkers sal
vanaf 1 Maart 2021 gelykstaande wees aan die nasionale minimumloon van 2021 wat R 21.69 per uur beloop. Werkgewers in die landbou moet verder kennis neem dat huiswerkers op ‘n plaas geag word as plaaswerkers en dus die korrekte loon moet ontvang. Die huiswerkersektor se minimumloon verhoog van 1 Maart 2021 na R 19.09 per uur.
Veiligheidsuitgawes TLU SA het ‘n lys saamgestel van noodsaaklike uitgawes wat elke huishouding in Suid-Afrika van belasting behoort te kan verhaal: • Veiligheidsmure; • Sekuriteitskameras; • Elektriese omheining; • Alarms; • Lemmetjiesdraad; • Waghonde; • 24-uur monitering en gewapende reaksiedienste; • Huisversekering;
•
Ander tuissekuriteitsmaatreëls en toerusting; en uitgawes verwant aan onderhouding van boge- noemde items.
Die lys sal aangevul word soos wat TLU SA terugvoer ontvang oor bykomende veiligheidsuitgawes. Enigiemand kan hierdie petisie deur TLU SA se platvorm ondersteun deur ’n e-pos direk aan Minister Mboweni te stuur by hierdie skakel: https//www.tlu.co.za/vryheid-van-misdaad/
De Wildt Boerevereniging se volgende vergadering: 25 Mei 2021 te De Wildt 4x4 om 19:00 vir 19:30.
De Wildt Boerevereniging duifjag
De Wildt Boerevereniging se jaarlikse duifjag is weer goed ondersteun en die ‘jagters’ het die dag geniet.
10
De Wildt Nuus
QUALITY COMPOST
April 2021
@ R 490.00 PER m³ OR IN 30dm³ BAGS @ R 24.50 PER BAG VISIT OUR WEBSITE AT www.floraRsa.co.za
OR PHONE US 079 896 0032
April 2021
De Wildt Nuus
11
BYBELSTUDIE 2021
Betaal jou geloftes (2) Manie Lemmer
Ek herinner lesers graag aan my versoek ten opsigte van samewerking in stelselmatige Bybelstudie. As ons ons Bybels nie na behore van voor tot agter deurlees nie, verval ’n mens maklik in strikke van verkeerde interpretasie van enkele individuele teksverse. Die Here het dit so beskik dat ons sy Woord volledig in ons eie taal beskikbaar het en dit is daar om deur ons gelees te word. Hy openbaar Homself aan ons in hierdie Woord, maar ons kan dit slegs duidelik en in geheel verstaan as ons dit self deurlees en ook as ons gereeld deur predikers ingelig word. Daarom word ons ook in die Woord daarop gewys word hoe belangrik byeenkomste van gelowiges is, maar net so belangrik is ons eie stelselmatige Bybelstudie. Laasgenoemde kan baie vrugbaar gedoen word as ons ons kerk se jaarboeke aankoop en gewoonlik ’n paslike tema in die dagstukkies uiteengesit vind ten einde al hoe meer ons kennis van die Woord te verbeter. In die Ou Testament word deur die profete gewys op die gebrek aan kennis van die Woord. Ons lees ook hoe God se volk dikwels hul God vergeet het omdat die heidense volke rondom hulle se afgodediens vir hulle al hoe aantrekliker
begin word het. Iets wat ’n mens nie kan begryp nie, is hoe hierdie afgodediens hulle selfs tot menseoffers laat wend het; dit toon hoe maklik mense, steeds verlei deur die satan, maklik hulle sondige begeertes bevredig in plaas van in dankbaarheid hul God te dien en te vereer. ’n Beroep word dus steeds op ons lesers, ook diegene wat “toevallig” ons blad te lese kry, kry uself sover om die Woord gereeld, dit wil sê daagliks, te bestudeer en ook die kinders daarin te skool, sodat hulle van kleins af weet Wie ’n sondige mens, en dit sluit alle mense in, kan verlos en dit boonop sonder enige verdienste aan ’n mens se kant. Al wat nodig is, is om te glo in Christus wat die finale offer namens alle sondaars wat glo, aan die kruis gebring het, en natuurlik dan ook daarna ’n lewe van dankbaarheid vir hierdie verlossing lei. Hoe sal ons hierdie Waarheid weet of leer sonder die geskrewe Woord en hulle wat hierdie Woord vir ons verduidelik? Lesers word weer genooi om te bevestig wat die Woord vir ons sê en ook wat daarin van ons verwag word.
12
De Wildt Nuus
Dames, dames...
April 2021
Karin Polden
Teen die tyd wat die wasgoed op die lyn hang en die huis aan die kant gemaak is, gaan maak ‘n koppie tee en gaan sit ‘n oomblik en ontspan. Hier is vir jou ’n “inkleurwerkie” om te ontspan! Vanaf die volgende uitgawe sal ons kyk na maklike resepte en patrone om ons gesin deur die winter vol en warm te hou. - Vrouegroete
April 2021
13
De Wildt Nuus
HULDEBLYKE
Manie Lemmer
OOM PETRUS (PIET) JACOBUS MEYER * 14.08.1921 † 23.02.2021
Toe ek verlede jaar gedurende Februarie hier by Sandstone Sorgsentrum ingetrek het, was een van die eerste ander inwoners wat ek hier ontmoet het, oom Piet. Hy het saam met ’n hulp stadig in die gang van ons blyplek geloop vir oefening. Dit was verbasend om te merk met watter ferm hand die oom my gegroet het. Verlede jaar en tot kort voor sy dood op amper 100-jarige leeftyd het ek dikwels by hom ingeloer om te hoor hoe dit gaan, want sy kamer was skuins oor myne in dieselfde gang. Aan die begin van die jaar het hy op ’n keer geval en daarna nie dikwels uit sy bed gekom nie. Ek het hom nooit hoor kla nie en net na die val het hy gesê dat sy arm seer is. Soos sy glimlag op die foto was hy altyd vriendelik en sy glimlag was werklik opvallend. Ek glo die Here se genade is die rede vir oom Piet se deurgaanse blymoedigheid. Ons kon dit beleef om verlede jaar sy 99 jaar te gedenk en nou moes my ander vriende hier by die sorgsentrum saam met sy dogter, matrone Rose du Plessis, hom vir oulaas groet juis toe ek self ongelukkig elders met ander verpligtinge besig was. Oom Piet is op 2 Maart na ’n diens waargeneem deur ds Erik Oosthuizen (NG Kerk Voentoe) met skriflesing uit Ps 119: 145 – 149 in die Langberg-begraafplaas ter aarde bestel. Hiermee groet ons as personeel en inwoners van hierdie sorgsentrum hom ook in ons kontreiblad en bid steeds sy familielede en ander vriende die vertroosting van die Here vir wie hy ook geken en gedien het, toe. Ons sal hom saam met sy naasbestaandes mis, veral as voorbeeld van volgehoue blymoedigheid op so ’n hoë ouderdom.
MALIE PRINS * 04.05.1948 †11.03.2021
Nog ’n bekende inwoner van ons gebied sedert 1974 is deur die dood van ons weggeneem. Sy en haar eggenoot Gerrie soos ek hom ken, het van hul aankoms alhier hul kant in ons gemeenskap gebring. Hulle was teenwoordig by al die geleenthede waar ons gemeenskap se belang en samewerking benodig was. Pannekoek- en koekbak was onder andere een van Malie se waardevolle bydraes by ons funksies. Ek onthou hoe ons jare gelede gereeld ’n Bybelstudiebyeenkoms gehou het en hoe die Prins-gesin ook hulle meelewing getoon het by hierdie byeenkomste waar my eggenote, Sannie, gewoonlik die voorbereiding vir die studie gedoen het, omdat ek destyds in my daaglikse werk as inspekteur redelik voltyds daarmee besig was en die hulp van Sannie waardeer het. Toe ons in 1995 die Krokodilrivier Landelike Raad se verkiesing moes loods, was Malie saam met Gerrie goeie ondersteuners en ook toe ons in 2000 die De Wildt Helpmekaar Maatskappy gestig het, was Malie ook weer die stille ondersteuner van Gerrie wat een van die stigters-bestuurslede was. Ook by die plekke waar Malie nadat haar kinders selfstandig was, gewerk het, het sy dit by die betrokke skole met ywer gedoen. Ons lees ook in die Groeteblaadjie by die diens op 18 Maart in die NG Kerk Krokodilrivier, Brits, hoe baie Gerrie en hulle kinders en kleinkinders vir haar as ideale Ma waardering en liefde betuig het, nadat ook die leraar, ds Pieter Badenhorst op gepaste wyse die bekende gedeelte uit Spreuke 31 gelees het. Ons weet dat Malie ’n lang en pynlike stryd met haar siekte gestry het, maar ons weet ook dat sy haar nou in die veilige en pynlose ewige lewe in die hemel bevind en dit is ons troos en dié van haar naasbestaandes saam met wie ons haar vir oulaas groet en Malie, ’n geliefde inwoner, sal mis.
Nota: Ek het wel verneem van drie ander inwoners wat onlangs oorlede is, maar weens die spertyd sal huldeblyke vir Ann van Dyk, Japie Venter, en Rina Grabie volgende keer verskyn indien naasbestaandes intussen hulle rou/begrafnisblaadjies by my kan besorg.
14
April 2021
De Wildt Nuus
HULDEBLYKE
PIETER REDELINGHUYS * 12.02.1935 † 24.02.2021 Nog ’n senior burger van ons gebied en my eie jarelange buurman is deur die dood van ons weggeneem. Die laaste paar maande het ons kennis geneem as hy agv siekteprobleme soms selfs in die hospitaal beland het, maar was ons tot onlangs gerus dat dit weer met hom beter gaan. Sy tyd hier op aarde was sekerlik afgemeet en skielik moes ons verneem dat hy vanuit ons gebied by Wildebeesthoek weggeneem is. Ons was wel jarelank bure, maar ons het nie baie oor en weer gekuier nie; wat egter belangrik was en is, is die sekerheid dat ons bure langs ons het op wie ons kan staatmaak. Andersins het ons hulle oral gesien waar ons gebiedsfunksies aangebied het. Veral Ina se snuisterye en handewerk het altyd hulle plek by verkopings gevind en Piet was aan haar sy. Hulle gereelde beantwoording van die roepradio het ons altyd laat weet dat hulle op hul pos is. Ek lees ook in die begrafnisblaadjie hoe baie Piet en Ina se kinders en kleinkinders hulle ge-eer en waardeer het. Ons sal hom saam met Ina en al hierdie ander naasbestaandes mis en met hierdie laaste groet dra ons hulle graag almal weer aan ons hemelse Vader op in ons gebede en bid steeds vir vertroosting en goeie herinneringe. Dit is ook goed dat Ockie en Elmien nog hier by die kleinhoewe is om Ina by te staan. Van Piet is op 4 Maart van uit die Gereformeerde Kerk van Akasia afskeid geneem met ’n diens deur ds Johan Nel en as skriflesing Jesaja 46:4 “Ook tot in julle ouderdom is Ek die Here, tot in julle grysheid sal ek julle dra. Ek het julle gemaak en Ek sal julle vashou, julle dra en red.” Ons berus saam met die naasbestaandes in die wete dat Piet in ’n ewige lewe sonder pyn en siekte die Here kan loof en prys.
ELIZABETH (ELIZE) CATHRINA VIVIERS * 25 APRIL 1962 † 6 FEBRUARIE 2021 Dit gebeur nie dikwels dat ’n mens se werk of beroep jou lewe eis nie. Elize het nog ’n paar dae voor haar oorlye die oggend aan my gemeld dat sy olik voel en die volgende dag het sy nie werk toe gekom nie. Ek self was daarna meer as ’n week nie by die Sorgsentrum nie, maar het verneem dat sy steeds siek is en daarna ook in die hospitaal opgeneem was, Toe ek teruggekeer het, het ek verneem dat sy oorlede is. Toe ek hier na ’n plek wou kom kyk om my eggenote wat veelvuldige siekteprobleme ervaar het en totale versorging benodig het, was dit matrone Elize wat my en my seun alhier te woord gestaan het. Ons het dit ervaar dat sy die inwoners wat hier versorg word, se belange en versorging op die hart dra. Ek is hier sedert Februarie 2020 en het na my eggenote se oorlye op 18 Julie 2020 hier aangebly en het deurgaans goeie versorging deur die personeel, ook van matrone Du Plessis en al die ander personeel geniet. Vir my as inwoner was Elize altyd vriendelik en besorg en dit was werklik vir my ’n skok toe ek verneem het dat sy oorlede is. Ek bring graag namens die inwoners van Sandstone Sorgsentrum ’n laaste groet aan Elize en ook ’n handdruk van meegevoel aan haar eggenoot, kinders, kleinkinders en ander familie. Ons mis haar soos julle sekerlik haar ook mis.“
Manie Lemmer
April 2021
De Wildt Nuus
15
16
April 2021
De Wildt Nuus
Elma Human - Skakelbeampte
BOME VAN DIE JAAR: Soetdoring en Spekboom Pieter vd Westhuisen, van Plant en Palm Kwekery, het ons kom toespreek oor die 2 bome wat aangewys is vir hierdie jaar nl:
Marianne Dirker deel met ons spekboomresepte en demonstreer ‘n lekker slaai met spekboomblaartjies in. Sy skenk ook aan al die gaste teenwoordig ‘n spekboomplantjie. By haar is Jeannette Pelser.
Vachelia Karoo of Soetdoring: Die boom kom reg oor suidelike Afrika voor en kan tot so hoog as 30m groei. Dit is immergroen met ‘n klein geveerde blaartjie. Blomtyd is in die somer, wanneer die bome oortrek is met helder geel blomhofies. Die boom groei vinnig, maar is geneig om in baie nat toestande om te val. Indien dit gestut word, sal dit weer herstel. Gebruike vir die mens: Die gom is vroeër met water verdun, gekook en as kleefmiddel gebruik. Die rooi kleur van die binnebas was gebruik om leer mee te kleur. Dit het ook medisinale waarde. Wanneer die bas gekook word, kan die aftreksel as mondspoelmiddel gebruik word vir keelseer, mangels en sproei. Dit help ook vir maagkrampe en diarree. Blomme en peule, asook afgekapte takke is eetbaar vir diere en kan as wintervoer gebruik word. ‘n Aftreksel kan aan diere gegee word as teenmiddel teen Murea en wilde tulpvergiftiging. Portulacaria Afra of Spekboom Die boom kom oorspronklik vanaf die oostelike kusgebiede, maar word nou regdeur die land aangeplant. Die klimaatsverandering het die kollig op spekbome geplaas. Daar word beweer dat die plant ‘n uitstekende vermoë het om CO2 uit die lug te verwyder. Menslike gebruike: Kan as ‘n lekker digte heining aangeplant word. Dit word as voer vir diere gebruik. Dit bevat nie baie proteiene nie, maar voeg vog by bv ruvoer. Kan by slaai gevoeg word vir ‘n lekker suur smakie, kan pesto en blatjang daarmee kook.
ADVERTEER IN DE WILDT NUUS
Petrina v Niekerk maak interessante ruikers met spekboomtakkies
Voorblad in kleur Agterblad in kleur Volblad binne in kleur Volblad binne in swart en wit Halfblad binne in swart en wit Kwartblad binne in swart en wit Agste blad binne in swart en wit
R1265.00 R1125.00 R 950.00 R 665.00 R 385.00 R 290.00 R 200.00
April 2021
17
De Wildt Nuus
Elma Human - Skakelbeampte
AFSKEID VAN OUD-VOORSITSTER, LEANA VD WALT Leana was 8 jaar deel van die tak. Sy was 5 jaar die sekretaresse en die afgelope 3 jaar, die voorsitster. Sy is ‘n fantastiese kok en sy bottel enige groente of vrugte, waaraan jy kan dink. Sy is ook ‘n baie veelsydige persoon, wat hierdie jaar 21 kompetisie-artikels ingeskryf het en so vir die 8ste opeenvolgende jaar die trofee vir die meeste deelnamepunte verower het. Ons neem afskeid van haar tydens ‘n gesellige kuier by die Honey Company. Ons eregaste was die voorsitster van die Jakarandastreek, Lida van Niekerk, die 2 visevoorsitsters nl Helene Richter en Belinda Buitendag asook Diana Keulder, die streek se skakelbeampte. Ons ontvang elkeen ‘n kershouer van Leana af. Sy het dit gemaak van herwinde plastieklepels. Ons groet haar met ‘n houtboksie vol briefies en die pragtige VLU-roos.
Leana vd Walt, Lida van Niekerk, Mary Ann du Preez, Belinda Buitendag, Diana Keulder en Helene Richter
VLU e-konferensie 2021 Op 11 Maart vind ons eerste e-konferensie op Youtube plaas. Die Covid-situasie bring mee dat soveel meer dames die glansgeleentheid kon bywoon. Elma Human van De Wildt-tak open met skriflesing uit Psalm 50:15 “Roep my aan in die dag van benoudheid, Ek sal jou uithelp en jy sal aan my eer gee”. Sy getuig hoe sy ervaar het dat die Here met haar was tydens ‘n zipline-ongeluk, die afgelope Desembervakansie. Die spreker, Annelise de Jager, het ‘n paar praktiese wenke gegee oor maniere om die tema van die jaar uit te leef nl: Vroue gee die pas aan. Jy moet na jouself omsien, om al die balle in die lug te kan hou. Ons is baie trots op die prestasies, wat ons dames behaal het: Carlien Retief: Koeksisters eerste plek-trofeewenner Sjokolademikrogolfkoek 2de plek Martie Marx: Sjokolade mikrogolfkoek 3de plek Petrina v Niekerk: Gemengde media (handvlyt) 2e plek Elma Human: Prosa 1ste plek trofeewenner, ‘Dot art’ 3de plek Trysie Coetzee se geborduurde teenet en Elma Human se foto-inskrywing, dring deur na die kongres.
Trysie Coetzee en Elma Human
Carlien Retief en Martie Marx
18
April 2021
De Wildt Nuus
LANDBOUSAKE LANDBOUKALK OF LANDBOUGIPS OF NIKS
Die boer wonder dikwels en daar word soms aanbeveel dat sy grond landboukalk of landbougips benodig. Een of albei van die twee produkte is soms dringend nodig om die grond produktief te maak om die maksimum benutting van die grond se inherente vrugbaarheid en bemesting te verkry. In dieselfde asem moet dit ook genoem word dat een of albei van die produkte die grond kan benadeel en selfs onproduktief kan maak as dit onnodig, verkeerdelik of te veel van toegedien word. Die volgende riglyne kan die boer help om die regte besluit te neem om die grond te verbeter en nie onnodige kostes aan te gaan nie. Die besluit of een of albei van die produkte nodig is, kan slegs geneem word met die ontleding van die grond. Slegs een monster versamel op 10 – 20 plekke in die land, 0 – 25 cm diep, kan die boer in staat stel om die regte besluit te neem. ‘n Standaardontleding wat ongeveer R250 sal kos, sal die volgende inligting verskaf, soos uitgebeeld in hierdie denkbeeldige voorbeeld.
Leon Weber - landboukonsultant
geneem word of dit dolomitiese – of kalsitiese kalk moet wees. Dolomitiese kalk bestaan uit kalsiumkarbonaat en magnesiumkarbonaat terwyl kalsitiese kalk slegs uit kalsiumkarbonaat bestaan. Uit die voorbeeld van die ontleding ontleed die kalsium te laag naamlik 53 % (Die norm is 60 – 70 %) en die magnesium te hoog naamlik 39 % (die norm is 20 – 30 %). Slegs kalsitiese kalk moet hier toegedien word. Dolomitese kalk sal die pH(H20) ook verhoog, maar die wanbalans van teveel magnesium sal nog verder versleg deur magnesium toe te dien wat die grond nog minder bruikbaar sal maak. Landbougips bestaan uit kalsiumsulfaat wat nie Ph(H20) beïnvloed nie, baie kalsium in die grond plaas asook swael. Verder help gips om natrium, wat ‘n nadelige element in die grond is, en wat slegs met gips en water uit die grond uitgeloog (gewas) kan word. In die voorbeeld is die natrium (Na) 4.4 % terwyl die norm minder as 3 % is. Deur gips toe te dien, sal dit die natrium (Na) verminder deur dit te help uitloog en kalsium wat buitendien laag ontleed, aan te vul. Gips sal die magnesium (Mg) ook verminder wat in hierdie voorbeeld ook te veel is. In hierdie voorbeeld sal een ton kalsitiese kalk/ha plus een ton landbougips die grond aansienlik verbeter wat sal lei tot beter benutting van voedingstowwe en kunsmis met hoër opbrengste.
X Die Ca, K, Mg en Na verskil tussen sand-, leem- en kleigronde. Die % van hierdie elemente is belangrik om die verhouding van die elemente tot mekaar te bepaal. Die pH of suurheidsgraad van die grond strek van 1 tot 14 met 7 as neutraal. pH word ontleed op ‘n wateroplossingsmetode of ‘n kaliumchloriedmetode. pH(H20) van water is gewoonlik +- 1 eenheid hoër as pH(KCl)-kaliumchloried, met ander woorde pH(H20) = 6 sal waarskynlik pH(KCl) = 5 ontleed. Hoë reënvaldele se gronde neig meer om suur te wees en sandgronde is ook deurgaans suurder as leem- of kleigronde. pH en die status en verhoudings van (P) ander nutriënte (fosfaat = (P), kalium (K), kalsium (Ca), magnesium (Mg), natrium (Na) en swael (S) kan slegs met ‘n grondontleding bepaal word. In die voorbeeld is die pH(H20) = 5.6 wat aandui dat die grond te suur is. Met ‘n pH(H20) tussen 6 – 7.5 is al die voedingselemente in die grond die meeste beskikbaar en opneembaar vir die plant. Met ‘n pH(H20) laer as 6 of hoër as 8, is die elemente of voedingsstowwe baie minder opneembaar en kan die plant nie die kos in die grond of bemesting toegedien, opneem nie. Kalk moet dus in die grond toegedien word by Ph(H20) van 5.6 om die pH van 5.6 na +-6.5 te verhoog. Die besluit moet nou
Die regte soort kalk en ook landbougips is dus soms noodsaaklik maar slegs as die grond te suur is en as die kalsium tot magnesiumverhouding in die grond nie reg is nie en die natrium (Na)-inhoud te hoog is. Indien die pH(H20) 6 – 7.5 was, die kalsium (Ca) 60 – 70 % en die magnesium (Mg) 20 – 30 % was, en die natrium (Na) onder 3 % was, was dit gladnie nodig om kalk of gips toe te dien nie. Gronde se samestelling verskil aansienlik en is dit nie altyd so maklik om te vertolk as die voorbeeld wat bespreek is nie, maar dieselfde beginsels moet toegepas word om die pH(H20) reg te stel en om die nutriënte, kalsium, magnesium en natrium te balanseer. Die ontleding help ook om te bepaal hoeveel fosfaat (P) en kalium (K) bemes moet word vir ‘n spesifieke opbrengsmikpunt. Droëlande moet ontleed word ten minste eenmaal en 3 – 4 jaar om seker te maak wat die pH is en wat die status en verhouding van al die ander elemente is. Besproeiing slegs elke 2de jaar is voldoende. Boere is welkom om met my in verbinding te tree om ‘n grondontleding te help vertolk. LEON WEBER B Sc (Agric) B Inst (Agrar) 083 3267181
April 2021
19
De Wildt Nuus
Jongspan
Karin Polden
Idiome
Ons is baie keer onseker of ons ons hande (of soos Oupa laggenderwys “voorvoete” sou sê) behoorlik gewas het. ’n Goeie onthoumanier is om die alfabet op te sê terwyl jy was; onthou ook om genoeg seep te gebruik. Kom maats, laat ons woeker en werk met idiome en gee so sprankel met ons skryfwerk. Verbind die nommers op die prentjie en kleur in. Watter dier is dit en in watter land kom hy voor?
Gedig deur ’n vriendelike tannie: EK KAN .. Ek kan my sê sê EN op my voete dink! Ek is nie op my bek geval nie – so ’n bek moet jêm kry! Ek sal my man staan En nié die hasepad kies nie! Ek staan nie meer met ’n bek vol tande nie, my broek bewe nie EN ek het murg in my pype! Ek het nie ’n bang haar op my kop nie Ek praat kaalkop die waarheid! So gesê, so gedaan!
20
April 2021
De Wildt Nuus
Boererate vir krampe Jy kry ´n kramp as jou spiere skielik saamtrek en die pyn kan ´n paar minute duur. Sport, swem in koue water, swak na die spiere en ´n gebrek aan sout of ander minerale veroorsaak krampe. Krampe kom gewoonlik in die bene, voete en hande voor. Swem in baie koue water, swak bloedsirkulasie na die spier, sout- en ander mineraaltekorte en wanbalanse is ook algemene oorsake. Suurstoftekort, rookgewoontes, passiwiteit, artritis, dehidrasie, hitte-aanvalle en verkalkte are kan ook faktore wees. Kinders ondervind dikwels spier- en beenpyne wat as groeipyne bekend staan. Chroniese spierkrampe dui dikwels op ´n tekort aan magnesium. Trek die betrokke ledemaat reguit deur dit op- of afwaarts te buig. Masseer die aangetaste dele asook die hele omliggende deel. Vir tekorte probeer aanvullings van kalsium, magnesium, kalium, yster, Vitamiene B, C en D en seewiertablette. Vitamien E is goed vir krampe wat na oefening of in die aand voorkom en is baie doeltreffend vir die verbetering van die bloedsomloop, veral in die geval van verkalkte are. Spreek jou dokter indien jy bedags krampe kry terwyl jy aktief is. Boererate • Week ‘n lap in koue water en sit op jou maag. Dit sal verligting bring. • Drink ‘n eetlepel soetolie saam met ‘n sterk koppie koffie. • Meng 1 eetlepel asyn en 1 eetlepel soetolie en drink. • Drink ‘n bietjie sterk suikerwater. • Trek naeltjies in kookwater en drink so elke drie of vier uur ‘n bietjie vir verligting. • Trek gemmer in kookwater wanneer jy maagkrampe het en drink elke vier uur ‘n bietjie daarvan. • Laat trek 1 teelepel kruienaeltjies in 1 koppie melk en drink. • Meng 2 liter water met 2 eetlepels heuning, 1 eetlepel fyngekapte gemmer en 1 eetlepel gemaalde kaneel. Hou in die yskas en drink gereeld ‘n bietjie daarvan.
Februarie/February 2021
• Gebruik pietersielie by jou kos as jy gereeld maagkrampe kry. • Vir krampe in die bene, sit op ‘n koue vloer. Sit so dat die been aan die koue vloer raak. • Smeer kanferolie aan die plek waar die krampe voorkom. • Indien jy krampe in jou bene het: Neem 2 eetlepels brandspiritus, 2 eetlepels terpentyn, 1 eetlepel paraffien, 1 koppie asyn, die geel van 1 eier en 1 koekie kanfer wat baie fyngemaak is en gooi in ‘n glasbak. Meng goed en laat die mengsel dan staan vir 10 minute. Smeer aan bene. • Meng ‘n halwe bottel asyn met twee teelepels fyngemaakte duiwelsdrek, skud goed en smeer aan. Duiwelsdrek is die gomhars van skermblomme. (www.boererate.co.za) Let Wel: Dié boererate word op eie risiko gebruik. - Redaksie
ADVERTEER IN DE WILDT NUUS
Jaargang 30 No 1Webtuiste: www. dewildtnuus.co.za
Scribante-plaas, Silkaatsnek
BROILER - NOVA/AFGRI LAYER - NOVA/AFGRI PIG - NOVA DOG FOOD
We deliver
Spesiale aanbiedings op meer as 5 sakke van sekere produkte
JOHAN - 082 433 2260 wildfeeds1@gmail.com
Plot 36, Krylingspos, De Wildt (old ride on police station)
Voorblad in kleur Agterblad in kleur Volblad binne in kleur Volblad binne in swart en wit Halfblad binne in swart en wit Kwartblad binne in swart en wit Agste blad binne in swart en wit
R1265.00 R1125.00 R950.00 R 665.00 R385.00 R290.00 R200.00
April 2021
21
De Wildt Nuus
Alternatiewe behandeling (16)
GESONDE KRUIE-TONIKUMS Dr Marius Potgieter (Kruiedokter en pastorale berader)
‘n Tonikum is ‘n nie-giftige, natuurlike middel wat die vermoë het om die liggaam oor die algemeen te versterk wanneer dit gereeld oor ‘n tydperk geneem word. Anders as die medies-farmaseutiese medikasie wat ‘n baie spesifieke aksie teiken, sien die natuurlike geneeskunde die ideale geneesmiddel as die een met die breedste spektrum. Om die effek van so ‘n tonikum te ervaar, moet ‘n mens dit elke dag vir ten minste twee maande neem. Die resultate sal nie altyd baie opsigtelik wees nie maar dit sal veroorsaak dat sekere gesondheidsrisiko’s verminder of dat daar meer energie sal wees. Die volgende is goeie tonikums: Gemmer: bevorder spysvertering, stimuleer immuniteit, verminder inflammasie. Knoffel: beheer hoë bloeddruk, verlaag cholesterol, is antibioties en werk kanker teen. Groentee: verlaag cholesterol, verbeter vet-metabolisme, werk kanker teen. Ashwagandha: algemene opbou, verhoog manlike libido, beskerm teen stres. Astragalus: bou weerstand teen siektes, bevorder immuniteit van kankerpasiënte. Cordyceps: verbeter stamina, verhoog denkkrag, verbeter seks, verleng die lewe. Dong quai: bevorder bloedsomloop, bou spiere, bevorder produksie van bloed, help met menstruasie van vroue.
Ginseng: bevorder hormonale werking, bevorder energie, verhoog weerstand teen siektes, goed vir die gesondheid van die vel, spiere en been. Maitake: werk kanker teen, bestry virusse, bevorder immuniteit, beheer hoë bloeddruk, beheer diabetes. Melkdissel: beskerm die lewer en is ‘n hulpmiddel vir chemo-pasiënte. Reishi: bevorder immuniteit, is anti-inflammatories, beskerm die lewer en verhoed die vorming van gewasse. Siberiese ginseng: bevorder immuniteit en beskerm teen stres. Oorweeg dit om met een of twee tonikums te begin en dit vir twee maande getrou te gebruik; toets en kyk hoe dit jou lewe affekteer.
ADVERTEER IN DE WILDT NUUS
Februarie/February 2021
Jaargang 30 No 1Webtuiste: www. dewildtnuus.co.za
Dank aan ons adverteerders en hul ondersteuners. Voorblad in kleur Agterblad in kleur Volblad binne in kleur Volblad binne in swart en wit Halfblad binne in swart en wit Kwartblad binne in swart en wit Agste blad binne in swart en wit
R1265.00 R1125.00 R 950.00 R 665.00 R 385.00 R 290.00 R 200.00
082 879 6969
Scribante-plaas, Silkaatsnek
BROILER - NOVA/AFGRI LAYER - NOVA/AFGRI PIG - NOVA DOG FOOD
We deliver
Spesiale aanbiedings op meer as 5 sakke van sekere produkte
JOHAN - 082 433 2260 wildfeeds1@gmail.com
Plot 36, Krylingspos, De Wildt (old ride on police station)
22
De Wildt Nuus
April 2021
SANDSTEEN-STOEPSTORIES
Manie Lemmer
Hier is ’n nuwe subrubriek wat poog om ook die Sandstone Sorgsentrum se personeel en inwoners te betrek. Ons hoor graag kommentaar. In hierdie maand se blad sien u twee huldeblyke wat verband hou met hierdie sentrum waar ek tot einde April woonagtig is, nl dié vir oom Piet Meyer, gewese inwoner alhier en een vir matrone Elize Viviers wat weens Covid-19 oorlede is. Hieronder kan lesers ook drie ander berigte van goeie gebeure by die sentrum lees:
EGPAAR BY SANDSTONE 69 JAAR GETROUD Oom Johan en tannie Johanna Olivier het op 29 Maart hulle 69ste huweliksherdenking gevier. Op die foto hierby is hulle te sien. Oom Johan speel nog konsertina, hoewel minder as tevore toe hy en sy seun saam musiek gemaak het en as dansorkes bekend en gesog was. Hy het ook die Saterdag daarna in die Boeremusiekprogram van Pretoria FM opgetree. Dis nie aldag dat ons inwoners so ’n hoë buiging op ’n radiostasie maak nie. Tannie Johanna (87) loop wel met behulp van ’n apparaat en oom Johan (94) meestal slegs met die hulp van ’n kierie. Wanneer daar hier by ons sentrum gesing word, kan oom Johan ook nog met sy harde en goeie stem die ander sangers en sangeresse voorgaan. Hulle woon reeds geruime tyd by Sandstone na jare se verblyf in Villieria, Pretoria.
VERRASSINGSBESOEK UIT DUITSLAND Drie jaar gelede het Erica Deacon, 83-jarige moeder van ’n seun wat tans in Duitsland woon en werk, die voorreg gehad om saam met haar kinders en ander familie hier in Suid-Afrika haar 80ste verjaardag te vier en hierdie seun van haar, Philip Coetzee, toe reeds woonagtig in Duitsland, het gesorg vir ’n pragtige fotoalbum wat ek self met belangstelling kon besigtig toe sy onlangs by die sorgsentrum ingetrek het.
NOG ’N INWONER WORD 90 As ’n mens na Bets Kruger kyk en jy sien nog ’n regop dame wat nog flink kan loop en gesels,wonder jy of jy vir haar tannie moet sê. Bets woon reeds as ek dit korrek het, reeds sedeert 1974 in Pretoria en daarna in Brits. Behalwe hierdie mylpaal van 90 jaar het sy en haar familielede, almal toe reeds bo 80, verlede jaar in een van hulle se Kombi gaan blomme kyk in Namakwaland, sonder enige toergids of ander hulp. Dit wil gedoen wees.
Verlede Saterdag toe ek oor haar navraag gedoen het, toe sy nie na die eetsaal gekom het nie, het ek verneem dat sy kuiermense het. Sonder dat sy enigsins daarvan geweet het, het Philip nadat sy hom drie jaar gelede laas gesien het, skielik hier opgedaag. Haar gesig het gestraal van blydskap toe sy my dié Saterdagmiddag laat meegedeel het dat hulle die volgende dag weer saam met ander familie gaan kuier. Philip het toe hy nog hier in Suid-Afrika was, eers as werknemer van SASOL en later as toergids opgetree. Hy het sy eggenote, as lid van ’n groep Duitse toeriste, ontmoet en hulle het daarna as egpaar In Duitsland gaan woon en werk. Hy werk tans by ’n Farmaseutiese Firma in die omgewing van Frankfurt waar hulle onder andere navorsing doen oor die Corona-virus. Hy het eers Kaapstad toe gegaan om sy siek dogter te besoek en daarna hierheen gekom om sy ma te verras. Hy het weer die Maandagoggend teruggekeer Kaapstad toe en daarna sou hy weer die “lug” vat terug na Duitsland. Ons is bly om hierdie inligting met ons lesers te deel.
April 2021
23
De Wildt Nuus
Vleis en Vleis verwerking Item No Beskrywing
Verpak
Prys / Kg
Varkvleis 1
Heel of halwe Vark (gesny in snitte, en verpak)
R50 / kg Beesvleis
2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13
Maer maal vleis (90 / 10) Maal vleis (80 / 20) Boerewors Perske Boerewors Kassegriller (Kaas wors, gerook) Rookworsies (Cabbanossie) Minute Steak Rump Steak Beeskook (Brisket) Bees patties Beestong (0p bestellings) Beesstert (ox tail)
500gr of meer 500gr of meer 500gr of meer 500gr of meer 500gr of meer 500gr of meer 500gr of meer 500gr of meer 500gr of meer 6 in pak per kg per kg
R85 / kg R85 / kg R95 / kg R100 / kg R130 / kg R135 / kg R110 / kg R125 / kg R85 / kg R60.00 R90 / kg R120 / kg
14
Heel of halwe skaap (gesnit en verpak)
R120 / kg
15 16 17 18 19 20
Groente (Alle groente is gaar en reg om warm te maak, en eet) Spinasie (Room en kaas spinasie - Heat 'n eat) 500gr Butternut pampoen (Botter en gesout) 500gr Patats (Botter en gesout) 500gr Groenboontjies met aartappels en uie (geroom en gesout) 500gr Wortel en Aartappel mash (gebotter en gesout) 500gr Tamatie en uie smoor (kerrie, en speserye) 500gr
R25.00 R17.00 R20.00 R25.00 R17.00 R17.00
Skaapvleis
24
April 2021
De Wildt Nuus
FRIK VOS SURVEY EQUIPMENT
Agents for new and used land surveying instruments and equipment. Specialises in the repair, service and calibration of land surveying instruments as well as survey work. Merle Street Plot 72B Winternest Akasia Pretoria
082 466 8174 082 451 2217
E-mail: frik@surveyinstruments.net