Skip to main content

De Wild Nuus - April 2019

Page 1

April 2019

Jaargang 28 No 2 Webtuiste: www.dewildtnuus.co.za

Foto: Silkaatsnek Nature Reserve


2

De Wildt Nuus

April 2019


April 2019

3

De Wildt Nuus

INHOUDSOPGAWE Lief en leed 3 Redaksiebrief 4 DWHM Nuus 5 DWHM Veiligheidstatistiek 6 EVKOM- evaluasie en ander jakkalse 8 Om te eet of nie te eet (8) 10 DWBV nuus 11 Christus leer die mens dmv gelykenisse(2) 12

Dorings in die skoene 16 Rate en wenke 17 VLU nuus 18 VLU nuus 19 Herinneringe van Wynand du Toit 22 Swaar vragmotors op ons paaie 24 Belangrike datums 25

LIEF EN LEED Dit spyt ons om lesers mee te deel dat daar in hierdie uitgawe feitlik geen items gemeld kan word nie, omdat ons bron, nl Gertjie Davel, nie meer as Lima 1 funksioneer nie en daar ten spyte van verskeie versoeke nog nie enige nuus in hierdie verband die redaksie bereik het nie. Dit wat lesers hier sien, is slegs dit wat uit die geheue van die voorsitter van die redaksie kom:

Hospitaal • Sannie Lemmer agv lae broeddruk en hoë kalsiumvlak • Hans Minnaar vir operasie • Henry vd Walt het ‘n hartomleiding gehad en sy vrou Karin ‘n rugoperasie. Karin se ma het ook beroerte gehad.

• Karin Jacobs het gebrand met olie

Hulpversoeke

1. Is daar iemand van die DWHM of van ons lesers wat bereid is om verantwoordelikheid vir die byhou van die Lief en Leed-lys met die oog op versending daarvan elke tweede maand aan die redaksie te aanvaar? 2. Die redaksie het ’n behoefte daaraan om belangstellende lesers op die redaksie te verwelkom en daar is reeds met dank verneem dat Rachelle Rossouw by ons aansluit. Kennis van rekenaar-, proefleeswerk, berigskrywing en advertensie- en donasiewerwing sal ’n aanbeveling wees.

Oorlede • Rassie Erasmus • Willem Momberg Lief • John Wesson is weer oupa. • Manie Lemmer het as raadslid van die Afrikaanse Protestantse

Akademie (kyk ook advertensie op bl 14) die gradeplegtigheid op 13 Maart bygewoon, waar die volgende grade toegeken was: - Baccalaureus Artium (BA) aan 21 studente, waarvan 4 met lof - Baccalaureus Psychologiae (BPsych) aan 2 studente waarvan 1 met lof - Nagraadse Onderwyssertifikaat vir senior en verdere opleiding- en onderrigfases (NGOS) aan 26 studente, waarvan 4 met lof - Baccalaureus Theologiae (BTh) aan 3 studente, waarvan een ’n dame - Verskeie sertifikate aan 21 studente. By dieselfde geleentheid is die rektoraat van die APA deur die uittredende rektor, prof dr JAE Adendorff , aan die nuwe rektor, prof dr GDS Smit, oorhandig en prof Adendorf het op sy beurt van prof Smit ’n spesiale toekenning vir uitsonderlike diens aan die Akademie ontvang en verskeie prestasiebeurse is aan studente oorhandig. Talle ouers en familielede, dosente en raadslede het die geleentheid by die APK-gemeente Moot-sentraal bygewoon. • Manie en Sannie Lemmer is op 26 Maart 59 jaar getroud. • Manie en Sannie Lemmer het saam met vriende wat ook gereelde lesers van DWN is, Pim en Ina Bronkhorst, op 22 Maart die lesing deur luitenant Wynand du Toit by die Kommando Kombuis (Silkaatsnek) bygewoon (kyk beriggie daaroor op bl 21)

Beste DWN-leser Baie dankie vir u jarelange ondersteuning Neem asb kennis: Ons nuwe Praktyk: BRITS REHAB. is nou geïnkorporeer met BRITS APTEEK Alle Ortopediese voorraad is nou deurentyd beskikbaar Ek sal voortaan beskikbaar wees by die Sessiekamers. U het ’n keuse om u items deur die APTEEK aan te koop of deur ons praktyk


4

April 2019

De Wildt Nuus REDAKSIELEDE Manie Lemmer - 082 879 6969 (Voorsitter) Sannie Lemmer - 071 693 5993 (Sekretaresse) De Wildt Helpmekaar Maatskappy en De Wildt Rampbestuur Gertjie Davel - 082 376 1645 Kobie Opperman - 076 482 8513 Adele du Toit - 071 843 8185 De Wildt Boerevereniging Hanna Scribante - 083 417 4699 De Wildt VLU Georgie Louw - 082 374 6879 Addisionele lede Jan Lemmer 083 256 8266 Marguerite Nel 082 774 2517 Magriet van Heerden 072 0926460 Eugene van Staden 073 367 4787 Gertie van Staden 073 091 6035 Drukker: APK Wonderboom 012 527 0513 Wonderboom@apk.co.za

De Wildt Nuus Bankbesonderhede: Rekeningnaam: De Wildt Nuus ABSA Brits Rekeningnommer: 9337490973 Verwysing: Adverteerder se naam + Februarie 2019 (noem telkens die naam van die betrokke maand). Epos betalingsbewys manie.lemmer@dewildtnuus.co.za Advertensiegeld moet asb vooruitbetaal word, maw sodra die advertensie versoek of gewerf word. Dankie vir julle moeite. Kontakpersone vir advertensies en grafiese ontwerp: Manie Lemmer Advertensie-ontwerp: R100 Veranderings op bestaande advertensies: R50 ADVERTENSIES IS VOORUITBETAALBAAR Die artikels in die De Wildt Nuus is nie noodwendig die produk van die redaksie nie, maar van individue. Daarom vereenselwig die redaksie hom ook nie noodwendig met alle uitsprake/menings in die artikels nie.

REDAKSIEBRIEF Manie Lemmer

Liewe lesers Die jaar het al weer tot die kwartmerk gegroei en die herfs en winter is in aantog. Daarom het ons sekerlik binnekort lekker warm leesstof nodig, veral waar ons nie meer Eskomkrag het om ons warm te maak of te hou nie. Kyk asb na my artikel oor ons huidige tragiese gedweë aanvaarding van alles wat ons tans in hierdie land tref, sonder om veel vingers te roer om verandering te weeg te bring. Binnekort kry ons weer geleentheid om wel vingers te roer wanneer stemdag aanbreek, soos GA Watermeyer in “Die Republiek van duisend jaar” dit duidelik stel: Elke hand wat die kruisie maak, is hand wat aan die toekoms raak. Moenie hierdie protesgeleentheid ignoreer of misloop nie. Tot datum kon ons ten spyte van die hoër drukkerskoste steeds kop bo water hou en daarvoor moet ons ons adverteerders die eer gee. Dis hulle, ou en gevestigde adverteerders en ook nuwes, wat ons blad veilig en kosteloos by ons lesers besorg. Lesers kan uit dankbaarheid wel asseblief ons adverteerders ondersteun en aan vriende bekend stel. Behalwe die artikel waarna ek hierbo verwys het, kan lesers weer verneem van nuwe padgevare in ons gebied, van gebeure wat senior burgers se lewe al hoe ondraagliker maak en hoe dit vir hulle makliker gemaak kan word, van die nuwe nuus uit die pen van die vroue van die VLU-tak van De Wildt, van die De Wildt Boerevereniging, alternatiewe mediese behandeling, wenke en rate, asook ons gereelde Godsdiensartikel met klem op die gelykenisse waarin Jesus die koninkryk van die hemel vir die mense beskrywe. In die Lief en Leed verneem u meer van die doen en late van ons plaaslike gemeenskap, ook van ’n leser van wie ons die afgelope maande deur die dood moes afskeid neem. Ons verneem ook meer van die plaaslike Inwonersmaatskappy wat die belange van ons mense behartig en verdedig, omdat hulle ook saam met die twee onderskeie GPF’s

waak oor die veiligheid van ons gebied met noukeurige aantekening van al die insidente in ons gebied. Ons vergeet ook nie die gereelde etes wat Kobie Opperman vir ons senior burgers aanbied nie en ons hoor van ’n nuwe verrassing in die advertensie van die De Wildt Vliegklub. Kyk ook na die artikel oor die praatjie van luitenant Wynand du Toit wat op 22 Maart by Herman Smith se Kommando Kombuis opgetree het. Ons sou ook graag meer van die Laerskool Vissershoek se doen en late verneem, ook van datums tov gebeure by hierdie skool waarop ons hele gemeenskap trots is en tov funksies wat ons saam met die skool kan geniet. Is daar werklik geen leser wat sy/ haar hand aan papier wil waag om vir ons iets op skrif te stel nie? Moet ’n paar mense telkens maar verantwoordelikheid vir die vermaak en inligting van lesers aanvaar? Ons ontvang graag artikels, verhaaltjies, gebeure van lesers op skrif. Moenie oor spelling erg bekommerd wees nie, hoewel ek steeds glo dat elke mens hom/haar moet beywer om korrek te spel en jou nie oor te gee aan die “gemorspos” en swak taal en spelling van die tegnologiese sosiale media nie. Gelukkig pla swak en foutiewe spelling my altyd nog so erg dat ek dit onmiddellik regstel. Wees dus verseker dat jou artikel en/of nuusberig se taal en spelling so goed as moontlik reggestel sal wees wanneer dit in ons blad verskyn. My oproep: Help asseblief. Om ons blad nog verder te versprei, gee dit asb deur na vriende en familie, nadat u dit klaar gelees het; hoe meer lesers ons het, hoe meer baat dit ook ons gemeenskap en ons adverteerders. Geniet die leesstof en onthou om die belangrike datums dop te hou en ons mense te ondersteun. Groete tot Juniemaand


April 2019

5

De Wildt Nuus

DWHM NUUS Hondsdolheid-inentingsveldtog Op 21 en 22 Februarie 2019 is ’n inentingsveldtog teen hondsdolheid in die groter De Wildt omgewing gedoen nadat ’n positiewe geval in die Krelingspostgebied aangemeld is einde 2018. Lede van die Gauteng Veeartsenykunde Afdeling het plaaslik alle honde en katte kom inent teen hierdie dodelike siekte. Die groep veeartse met die hulp van Elize Meyer het as basis vanaf Die Stal gewerk waarheen inwoners hulle diere kon bring vir die inspuitings of ’n veearts kon oplaai wat diere op persele gaan inent het. ’n Hele span werkers het gehelp om dinge glad te laat verloop en om net enkeles uit te sonder, baie dankie aan Elize Meyer wat vooraf die reëlings getref het en alles op die twee dae gekoördineer het asook vir Alida Barnard, Pamela van der Merwe, Manus Stoop en Andruska wat met die admin en vervoer van die veeartse gehelp het. ’n Groot dankie vir Juna en Lizette wat die gebruik van hulle perseel gratis gegee het. ’n Spesiale woord van dank aan Freezeland Food cc wat skenkings gegee het vir die etes en Katy Iraklopoulos van Culverwell Cattle Comp (CCC) wat die etes voorberei het.

’n Totaal van 1170 diere is tydens hierdie veldtog ingeënt. Indien die koste hiervoor bereken word beteken dit ’n geweldige groot besparing vir die gemeenskap. Gewone veeartse se fooi per inenting beloop in die omgewing van R235. Dit sluit nie koste in om na ’n perseel uit te gaan nie. Slegs die inentings alleen het dus ’n besparing van meer as R275 000 beteken. Dit sluit nie enige koste in vir die tuisbesoeke deur die veeartse nie. Hondsdolheid is ’n dodelike siekte wat alle soogdiere, ook mense, insluit. In 2010 is daar wêreldwyd ongeveer 26 000 menslike sterftes aangemeld weens hondsdolheid en in Suid-Afrika sterf sowat 4 uit elke miljoen mense jaarliks daaraan. Dit is ’n siekte wat die sentrale senuweestelsel aantas en ongeneeslik is wanneer simptome eers begin wys. Dit is egter 100% voorkombaar deur huisdiere jaarliks in te ent. Inwoners wat dus nie by die inentingsveldtog kon uitkom nie, word dringend versoek om hulle diere so gou as moontlik na hulle privaat veearts te neem vir die jaarlikse inspuitings.

DWHM “Safe as houses” projek DWHM het met ’n projek genaamd “Safe as houses” BINNE asook BUITE u huis in geval van brand sodat mense kan uit- en afgeskop. Die doel van die projek is om lede en ook inkom om u te kan help. ander inwoners met raad en hulp by te staan om hulle eiendomme veiliger te maak. Hierdie veiligheid strek oor alle dissiplines en sluit in veiliger teen brande en beter sigbaarheid om fisiese veiligheid van die inwoners te verbeter. Hiermee dan ’n aantal wenke in dié verband: 1. Begin nou reeds asb met skoonmaak van brandbane, lyndrade en ook om geboue. ’n Skoon buffersone wat ’n minimum van 3 meter wyd is om geboue en eiendomme is nodig, en dit help boonop met u veiligheid ook. Kontak gerus die kantoor om vir u ’n kwotasie te gee om hiermee behulpsaam te wees. 2. Indien u gassilinders gebruik, maak seker dat dit op ’n veilige plek gestoor word weg van enige vlambare materiaal soos droë gras of blare, struike ens 3. Snoei die bome waarvan takke oor dakke hang, en maak terselfdertyd sommer geute ook skoon. Droë plantmateriaal in geute is ’n ernstige brandgevaar. 4. Merk asb waar u septiese tenks en dreine is vir ingeval ’n brandkar of brandweerwa in u werf moet in beweeg. Ons wil tog nie hê voertuie moet vasval nie. 5. Hou maar altyd ’n tuinslang byderhand en hou dit gekoppel aan ’n kraan. Dit mag dalk net u beste wapen wees in geval van ’n brand. 6. Bystand is baie maklik indien u afritnommer duidelik sigbaar is teen die pad. Dit geld vir bystand deur die brandweer en BBV en ook ambulanse. Verskeie afritte het meer as een subafrit, bv 54Alfa tot 54Hotel2. Kry gerus ’n duidelike bord om ook die subafrit te nommer. Kontak kantoor vir bystand met oprig van borde. 7. Steek sleutels weg vir veiligheidshekke en deure

Kontak Nols 083 653 0874


6

April 2019

De Wildt Nuus

DWHM STATISTIEK 2013

Ongelukke / Accidents

2014

2015

2016

2017

2018

2019

Jan 6 3 1 3 4 8 5 Feb 8 12 11 12 6 16 13 Mrt 9 11 7 12 13 12 Apr 10 9 8 6 6 7 Mei 7 6 4 7 7 11 Jun 9 5 2 9 4 8 Jul 8 7 13 7 5 14 Aug 16 10 9 3 8 11 Sep 9 5 6 6 8 2 Okt 7 13 6 21 23 8 Nov 10 4 6 9 7 5 Des 4 6 4 8 5 8 Totaal

103 91 77 103 96 110 18

Veiligheid / Safety 2013 2014 2015 2016 2017 2018 2019 Jan 38 18 18 17 19 24 35 Feb 35 21 37 21 23 19 36 Mrt

48

15

35

28

21

23

Apr 57 11 29 21 18 25 Mei

47

34

23

24

22

49

Jun

60

34

16

23

25

41

Jul

45

31

26

28

17

52

Aug

54

18

29

21

15

90

Sep

14

20

31

33

17

50

Okt

26

18

23

21

27

58

Nov

26

15

39

43

32

61

Des 8 17 34 48 20 26 Totaal

458

252

340

328

256

518

71


April 2019

7

De Wildt Nuus

Kom Vlieg en Braai saam vanaf 15h00

06 April 2019 Vlieg en Braaidag Rosslyn Microflyers en die Kroon vliegklub in samewerking met De Wildt Helpmekaar Maatskappy nooi alle inwoners van De Wildt vir ‘n sosiale vlieg en braaidag by Kroon Vliegveld op Saterdag 6 April 2019 vanaf 15h00.

Bring jou vleis en koelboks of bespreek n braaipak by Dawie 082 576 2355

X X

Ons sal graag die De Wildt gemeenskap wil ontmoet. Ons ontvang gereeld oproepe van veediefstal of inbrake in die omgewing en glo ons kan waardevol aangewend word in misdaad bekamping in die area. Ons vliegskool het tans 23 studente besig met opleiding en huisves oor die 40 vliegtuie. KOM KYK WAT ONS KAN DOEN ! Bring en Braai of bestel jou braaipak by Dawie 082 576 02355. Demo vlugte beskikbaar vanaf R150. Vir Info skakel: Dawie: 082576 2355 Marius: 083 419 6613


8

De Wildt Nuus

April 2019

EVKOM-EVALUASIE EN ANDER AANVERWANTE JAKKALSE WAT DIE SA WINGERD VERNIEL Manie :Lemmer Ek wil graag my betoog begin deur te bevestig dat ek geensins ’n aktivis wil probeer wees nie, maar dat ek wel ’n realis is wat nie sonder meer deur ander mense se leuens oortuig word en dan alles vir soetkoek opeet nie. Dit wil my al hoe meer lyk of die grootste persentasie mense maar al die skelmstreke en leuens in ons land met Stoïsynse gelatenheid aanvaar. Dit het myns insiens tyd geword om diegene wat ons daagliks met onwaarhede, diefstal en leuens bedien ipv met ordentlike dienste soos dit ’n ordentlike demokrasie betaam, op georganiseerde en ordelike wyse tot stilstand te ruk en hulle te dwing om òf pad te gee òf reg te kom en hul werk behoorlik te doen. Begin ons by die EVKOM-epidemie (die hedendaagse ver- wysing is sommer ook Eskom), weet ons uit talle inligtingsbronne dat die probleem nie gister begin het nie, maar jare gelede toe ons as verbruikers aan buitelanders uitverkoop was en dit sedertdien ook oorgespoel het na nog meer skandale en korrupsie, waarvan beurtkrag een van die kernpilare vorm. Beurtkrag is die kernspreuk van die hedendaagse kragvoorsiener en waarom is dit nodig? Die afgelope week word ons vertel dat daar talle probleme is, maar eintlik word die skuld hoofsaaklik op die oorstromings en storms agv die sikloon in ons buurlande. Ons wetenskaplikes weet gewoonlik vooruit wanneer sodanige siklone in aantog is en verwag kan word. Ek noet natuurlik nie verwag dat daar in hierdie kragvoorsieningsnetwerk (dit behoort eintlik kragvermorsingsnetwerk te wees) iemand sal wees wat enigsins voorbereid kan wees op sodanige storms nie. Hulle is nie eers in staat om al die kos wat hulle op personeel uitgee, en die instandhoudings- en ontwikkelingswerk te behartig nie; hoe sal daar dan iemand wees wat vooruit voorsiening maak vir dit wat kom nie? Kyk maar na die salarisse wat hierdie instansie se personeel en raad ontvang (LW ek sê nie verdien nie). Die sogenaamde kontroleliggaam (NERSA) het pas ongeveer 35% verhoging in die tariewe van EVKOM vir die volgende drie jaar goedgekeur en ons weet dat die tariewe die afgelope meer as tien jaar veel meer as verdubbel het. EVKOM se bewering dat hulle gebrek aan steenkool, water en diesel het wat die beurtkrag noodsaak, kan beslis nie aanvaar word nie. Wie is verantwoordelik vir die aankope en voorsiening van benodigdhede? Voeg by al hierdie probleme ook nog die “nuwe” kragstasies wat eweneens op slinkse wyse aan buitelanders en vreemde elemente teen die hoogste koste toegeken was en nou nog nie na behore werk nie. Wat doen hierdie instansie aan ons land en sy mense? Hulle takel ons stelselmatig af, ons ekonomie en besighede, gewone verbruikers se geduld en geldverliese wat afstorm op moontlike bankrotskap. As inviduele verbruiker het ek reeds die afgelope paar jaar nie minder nie as vier “UPS” (Uninterupted Power Supply)-apparate agv die talle onderbrekings verloor en ek moet die koste self dra. Die beurtkrag en ook tussentydse kragonderbrekings maak dit vir my ’n oneindige werk om die kontreiblad betyds by die grafiese kunstenaar en die drukker te besorg. Terwyl ek gister (19 Maart) en vandag na die sogenaamde beurt van geen krag verby was, met tikwerk aan die artikels begin het, is die krag op albei dae tydens die tyd waarop ek veronderstel is om krag te hê, by drie geleenthede skielik onderbreek, net genoeg om al my werk op die

rekenaar uit te wis. Oefen die mense nou hoe om die krag aan en af te skakel, of wat gaan? Kortom, ons glo nie meer die mense in bevel nie; ons kan nie aanmekaar elke dag die snert wat hulle aan ons opdis, glo nie, want die kern van hulle daaglikse verweer, nl dat korrupsie vasgevat gaan word, realiseer nie. Het lesers die volgende statistiek soos deur Anton Meyer van Pretoria FM op 20 Maart 2019 bereken, gehoor: In 2015 het beurtkrag 186 uur in totaal beloop In 2018 het dit 34.5 uur beloop In 2019 tot datum het dit reeds 55.5 uur beloop (oor 12 dae) Die totale ure van kragonderbrekings beloop oor die betrokke jare hierbo genoem reeds 276 uur of 11.5 dae. Bereken maar self hoeveel man-ure daar in hierdie tyd deur die 16 miljoen werknemers vermors was. Laat ek kortliks vir ons lesers noem watter ander aanverwante ongelewerde of swak dienste aan die lede van hierdie demokrasie gebied word: Kyk ons na die hospitale wil ek nie eers van die meeste van die staatshospitale praat nie, maar wel ook van die private hospitale: Ek gaan een voorbeeld noem: My eggenote was onlangs in ‘n private hospitaal met ’n verblyfkoste van meer as R13 000.00 vir vier dae se hantering; die een hysbak wat ek gereeld moes gebruik, se vloer het nie gelyk met die vloer gestop nie en ek moes soos op ’n trap afklim om die hysbak te betree en daarbenewens het die hysbak telkens wanneer dit tot stilstand moes kom, amper my nek afgeruk as dit met ’n rukslag tot stilstand gepluk is. Ek wil nie eers oor die werklike diens aan die pasiënt deur die verpleegkundige en ander personeel, uitgesonderd die internis, praat nie. Tov munisipale dienste word lesers gewys op dorpe soos Brits waar jy in die strate van slaggat tot slaggat moet worstel, waar die meeste kruisings wat voormalige verkeersligte gehuisves het, nou na gewone stopstrate verander is. Soek jy na die Metropolisie van Tshwane hier in ons gebied, soek jy tevergeefs. Niemand van hulle woon op uitnodiging van ons eie inwonersmaatskappy ’n gebiedsvergadering of GPF-vergadering by nie. Dit lyk of die padskouers en die gereserveerde stroke buite die teerpaaie nie meer enige aandag kry nie. Daar is geen verkeerskontrole nie, want daar is nêrens ’n verkeersman te sien nie en dit is al jare die geval. Ons weet dat die belangrikste paaie alhier provinsiale paaie is, maar dis nie ons as individue se taak om die provinsie te nader nie. Daarom betaal ons belasting aan die Tshwane Metroraad en hulle moet sorg dat die probleem na boontoe deurgegee word. Gevolglik jaag motorfietsryers gedurende naweke, veral op Sondae ons paaie so vol dat jy kwalik by jou eie hek kan in- of uitkom, praat nie eers van die pad self kan gebruik nie. Die nuutste gier is die stigting van al hoe meer besighede, ek glo beslis nie deur iemand van die plaaslike owerhede goedgekeur nie. Hulle tientalle swaar vragmotors, meeste met reuse sleepwaens versper ons gewone mense wat hier woon, se paaie en elders in die blad sal lesers ’n foto sien wat by afrit 156 op die R513 gedurende die afgelope week halfpad binne die teerpad gestaan het, terwyl die bestuurder uitgeklim het om vir homself die hek van ’n selfgemaakte ingang oop te maak. Ons motors moes geduldig wag tot die meneer klaar was met sy ekskursie om die perseel binne te gaan. Wat sal gebeur as dit in die nag plaasvind?


April 2019 vervolg vanaf bl 8

De Wildt Nuus

Ek het nie eers aan die volgende sake geraak nie, want dan sal ek die lesers verveel: Onderwys: Ek praat nie van sommige skole waar daar wel goeie onderwys en opvoeding plaasvind nie, maar van die algemene toestand van die onderwys asook van die skoolgeboue. Ek was self jare lank in die onderwys en ek kan bevestig dat ons ordentlike onderwys bedryf het en dat die skoolgeboue, al het ons oor minder fondse beskik, op gereelde basis in stand gehou was; daar was nie gewag op ’n ongeluk om ons daarop te wys dat geboue instandhouding nodig het nie. Geregshowe en staatsgeboue: Kyk maar hoe dit in sommige van hierdie geboue lyk; ’n mens kry skaam om dit aan iemand van buite ons land te toon. Misdaad en moord: Hieroor hoef ons nie eers veel te sê nie, want feitlik elkeen van ons lesers het al onder die misdadigers se hande deurgeloop en ons verneem feitlik daagliks van moorde wat gepleeg word, en let asb daarop dat dit gewoonlik met gesteelde wapens geskied, nie met gelisensieerde wapens van wetsgehoorsame burgers nie. Dreigende aanwending van ons belastinggeld en pensioengeld van veral staatsdienspensioentrekkers om semi-staatsinstansies, soos die SA Lugdiens, EVKOM, SAUK (SABC) en andere wat agv onbekwame en onbevoegde werknemers en hoofde met onsuiwer eie motiewe reeds op die verdwynpad is, te probeer red. Hierdie pensioengeld behoort nie aan die staat nie, maar aan die betrokke pensioentrekkers wie se eie geldbydraes belê was om uiteindelik eendag vir hulle pensioengeld maandeliks te verseker. Indien die staat dit probeer doen, sal dit sekerlik met hand en tand beveg word, want dit sal as niks anders as diefstal neerkom nie. Nou sal lesers vra: Jy praat maklik, maar wat moet en kan ons doen? Ek ken self nie al die antwoorde nie, maar begin by die volgende (nie noodwendig in belangrikheidsvolgorde nie) 1. Kyk op na ons hemelse Vader, want Hy is steeds in beheer en vra Hom om krag om ook jou eie bydrae tot verbetering en regstelling te doen.

9

2. Sluit aan as lid van die De Wildt Helpmekaar Maatskappy en ander plaaslike verenigings soos die VLU De Wildt, De Wildt Boerevereniging en staan met ons saam om al die ongerymdhede te bestry en seker te maak dat alle onaanvaarbare optredes gereeld aangespreek word. 3. Sluit by TLU SA en ander burgerlike organisasies soos Afriforum aan om ons protesaksies nog meer vlees en bedingingskrag te gee. 4. Staan asseblief saam, want ons ou Unieleuse was Eendrag maak Mag. Alleen en op jou eie sal jy nie iets uitrig nie. 5. Moenie toelaat dat iemand met swak diens wegkom nie; knaag aan hom/haar en sorg dat hulle uit die land se stelsel verwyder word. Deur klein stukkies kaas op ’n slag te verorber, kry ’n klein muisie dit reg om ’n hele blok kaas weg te vreet. 6. Kyk na die nuus en vergewis jouself van wat om jou aangaan; rapporteer en maak beswaar teen die geringste ongerymdhede en hou daarmee vol. ’n Geknaag laat enige misdadiger of luiaard uiteindelik swig. 7. Rapporteer onwettige buitelanders wat in ons gebied woon en wegkruip; ons het hulle nie hier nodig nie. 8. Hou jou eie kant skoon en lewer jou bydrae, maar bedink intussen metodes om die skuldiges wat ons mooi land ondergrawe en besteel, in hul spore te stuit. 9. Dit is binnekort stemdag (8 Mei 2019): Stem op daardie dag vir ’n party wat jy kan vertrou om jou belange te behartig en nie om jou te ondergrawe nie. Onthou ook dat, indien jy nie stem nie, jy die oorsaak is waarom die grootste party in die verkiesing dan wel ’n groter persentasie-meerderheid sal verkry. Maak maar self die somme en kyk of ek verkeerd is en lees weer GA Watermeyer se woorde oor die hand wat die kruisie maak. 10. Moenie volstaan met Genoeg is Genoeg nie en niks daaraan doen nie en versprei enige nuus ivm verdere skandale in ons land se bevelstruktuur in die media, mits die bronne natuurlik eg en korrek verslag gedoen het.


10

De Wildt Nuus

April 2019

Om te eet, of nie te eet nie... (8) Dr Marius Potgieter (Kruiedokter en pastorale berader)

Is vleis goed vir ‘n mens of moet ‘n mens net groente eet? Hoe weet ons watter soort kos die beste vir die menslike gestel is? Die antwoord moet gesoek word in die eienskappe van die spysverteringstelsel en ons moet dit dan vergelyk met die diere om te sien waar ons inpas. Die belangrikste eienskappe van die mens se spysvertering is: • Die tande – is ongeveer ewe lank met klein snytande en plat kiestande; • Die maag – effens verleng met die vorm van ‘n boerboontjie; • Die lengte van die spysvereringskanaal – gemiddeld ongeveer 9 tot 10 meter (dit wil sê ongeveer 10 tot 12 maal die lengte van die persoon. Dit verskil radikaal van die karnivore (die vleiseters) asook die herbivore (planteters) en omnivore (bessie-, wortelen vleiseters). Die mens se verteringstelsel kom feitlik heeltemal ooreen met die wilde sjimpansee wat deel is van die ‘vrugivore’ soos die gorillas, oerang-oetangs en sjimpansees. Hierdie groep eet vrugte en neute maar die wilde sjimpansee eet af en toe ook lewende insekte en rou vleis. Vleis vorm egter net 3% van sy dieet. Dit is heeltemal in orde om vleis te eet en vir sommige mense is dit belangrik vir gesondheid. Die voorwaarde is dat daar MIN vleis geëet word. Die redes hiervoor is

onder meer die volgende: • die eet van baie vleis veroorsaak ‘n toename van nadelige bakterieë in die kolon met tot 1000% en ‘n vermindering van die goeie bakterieë van 90% soos gemeet in die stoelgang; • hoë vleisverbruik verlaag die liggaam se pH-vlak en verhoog die suurvlak wat die risiko vir kanker en osteoporose asook ander gesondheidsrisiko’s verhoog; • navorsing toon dat mans wat vyf of meer maal per week rooivleis as hoofmaaltyd eet, vier maal meer vatbaar is vir kolonkanker en twee maal meer vir prostaatkanker in vergelyking met diegene wat minder as een maal per maand rooivleis eet; Diegene wat wel vleis eet, moet slegs organiese vleis eet om die effek van al die chemikalieë, groeihormoon, antibiotioka, parasiete (in bees en hoendervleis) en toksiese metale (in vis, veral groot vis) te verminder. Verwerkte vleise soos polonie en ander, het gevaarlike middele in en behoort gladnie geëet te word nie. ‘n Vegan-dieet (streng vegetaries) word nie aanbeveel nie, maar ‘n vleis-oorheersde dieet is nog minder aanbeveelbaar. Watter besluite neem jy oor die eet van vleis? Ai, die braairibbetjie...!


April 2019

11

De Wildt Nuus

Europese parlement geskok oor SA-situasie TLU SA - Persverklaring op 20 Maart 2019 Die Europese parlement, wat bestaan uit 751 verkose lede van die Europese Unie, is geskok oor die omstandighede waaronder boere in Suid-Afrika ‘n bestaan moet maak. Lede van die Europese Parlement, insluitend ‘n politieke adviseur, asook ‘n Italiaanse joernalis het vandeesweek besoek afgelê aan Suid-Afrika, as gaste van TLU SA. Die doel van die besoek was om hulle te vergewis oor die stand van plaasaanvalle en -moorde, grondonteiening en die geleenthede vir buitelandse belegging. Die afvaardiging het twee plase in die Cullinan-distrik waar plaasaanvalle plaasgevind en ‘n egpaar op hulle plaas vermoor is, besoek. Deur die nag het hulle deelgeneem aan ‘n plaaswag-patrollie om te verstaan hoe TLU SA se veiligheidstrukture werk en bydra om boere te beveilig. Danilo Lancini, wat die buitelandse afvaardiging gelei het, het sy skok oor die situasie rakende landbou in Suid-Afrika gedeel. Hy kon kwalik sy ongeloof beteuel oor die Suid-Afrikaanse regering se onvermoë om boere te beskerm, die ekonomie te groei en beleggers te lok. Lancini het sy hoop uitgespreek dat die Europese Parlement na afloop van die Suid-Afrikaanse verkiesing in Mei, druk op die regering sal uitoefen om dringend aandag te skenk aan hierdie kwessies.

“Ons is baie tevrede oor die verloop van die ontmoeting,” sê Louis Meintjies, die President van TLU SA. “Met hierdie aksie het ons, ons goeie bande met Europa versterk. Dit is deel van ons internasionale veldtog vir steun en druk uit die buiteland om landbou en boere in Suid-Afrika te beskerm. TLU SA is reeds die afgelope dekade doenig met hierdie veldtog.”

NAMPO 2019

Persone wat nie self die lang pad na NAMPO wil aandurf nie kry hierdie jaar die geleentheid om dit saam met lede van De Wildt Boerevereniging in die gerief van ‘n luukse bus te doen teen slegs R 550.00 per persoon. Die besoek is op Donderdag 16 Mei 2019 . Die plan is om vanaf Laerskool Vissershoek af te vertrek. Voertuie kan ook daar gelos word. Daar is slegs plek vir 30 persone en ’n hele aantal het alreeds bespreek. Om ’n plek te bespreek en teleurstelling te voorkom, kontak Pierre Jacobs by 079 081 4741 of Hanna Scribante by 083 417 6699. De Wildt Boerevereniging volgende vergadering: 7 Mei 2019 te de Wildt 4x4 om 19:00 vir 19:30.

BRITS MEDIESE NA-URE GROEP PRAKTYK ALGEMENE PRAKTISYNS DR K MICHAEL DR D PIENAAR DR FP SCHOLTZ DR H THERON DR H GROENEWALD

TEL: 012 252 2650/071 846 4424 LIGGING: Brits Apteek (Nel Groep)

SPREEKURE

MAANDAG - VRYDAG 17:00 - 19:00 SATERDAG 17:00 - 19:00 SONDAG 10:00 - 12:00 en 17:00 - 19:00


12

De Wildt Nuus

Februarie 2019

Christus leer die mense dmv gelykenisse (2) Manie en Sannie Lemmer Lees Lukas 15: 1 - 32

In die vorige artikel het ons gewys op die saad van geloof wat gesaai word en watter verskeidenheid resultate daar kan wees. Ons het dan ook kennis geneem dat nie alle mense op aarde gered sal word nie, omdat almal wat ore het om te hoor, nie hoor nie. Hier in Lukas 15 verduidelik Jesus weer aan die mense hoe die koninkryk van God (of soos soms elders gestel, die koninkryk van die hemele) werk. Ons lees van verskillende kosbaarhede wat weggeraak het en deur hul eienaars gesoek word, nl onder andere die afgedwaalde skaap en die verlore penning, en daarna selfs ’n verlore seun. Telkens word alle soekpogings na die verlore penning en die verlore skaap daarop gemik om dit wat verlore is, terug te kry. So het Christus ook na die aarde gekom om te red wat verlore is en daarna na Sy opstanding uit die dood en Sy hemelvaart, is die Heilige Gees steeds die Krag agter die soektog en redding van dit wat verlore is, nl siele wat nog nie gered is nie.

Ons lees ook veral in die gelykenis van die verlore seun die gewone menslike reaksie om ontevredenheid te openbaar omdat diegene wat van hul verlorenheid terugkeer na die Here, deur hulle ervaar word as synde .”afgeskeep” deur die Vader. In die gelykenis van die verlore seun sien ons hoe die swaarkry en lyding van die seun hom tot inkeer laat kom en laat besluit om na die Vader terug te keer. Wat is ons eie reaksie? Is ons bly saam met diegene wat gered of gevind is, of veroorsaak menslike jaloesie dat ons dit nie vir hulle gun nie. Laat ons voortaan deel uitmaak van diegene wat met die soek na verlorenes uitreik en die boodskap van die Evangelie na hulle uitdra sodat so veel moontlik mense die boodskap kan hoor en gered kan word. Is ons ook saam met die engele bly as nog ’n verlore mens tot inkeer kom en gered word? Dit is immers hoe gelowiges behoort op te tree.

p o o Te K

7 ha. , 0 3 ad, s b a m a l e p yl as, sw e r Leefst a f e s, 3 le ens. r , e e k m k a pk derho n e 6 slaa o h store, 0 000 2348 1 R3 50 5 6 : 082 y b a i c k Ali Konta


April 2019

De Wildt Nuus

13


14

April 2019

De Wildt Nuus

Die Afrikaanse Protestantse Akademie Registrasienommer: 2002/031756/08 By die Departement van Hoër Onderwys as ’n privaat tersiêre onderwysinstelling geregistreer kragtens die Hoër Onderwyswet van 1997. Registrasiesertifikaat Nr. 1999/HE08/001

Geakkrediteerde Grade BTh vir :

BA vir :

• Predikante

• Onderwys

• Jeugwerk

• Sielkunde

• Berading

• Arbeidsverhoudinge

• Evangelisasie

• Veelsydigheidsberoepe

Nagraadse Onderwyssertifikaat (NGOS) • Seniorfase Gr. 7 - 9 • Verdere Onderrig en Opleidingsfase Gr. 10 - 12

Schola Scripta Basiese kursusse in Latyn vir mense 8 tot 88 jaar KONTAKBESONDERHEDE •E-Pos: bemarking@apa.ac.za • Webtuiste: www.apa.ac.za • Tel: 012 344 3960

Kom studeer by die APA in Afrikaans met ’n visie op die klassieke Christelike tradisie

“Ou Spore - Nuwe Weë”


April 2019

De Wildt Nuus

15


16

De Wildt Nuus

April 2019

DORINGS IN DIE SKOENE VAN SENIOR BURGERS Manie Lemmer

Daar is sekere take en romp slomp wat senior burgers frustreer en irriteer. Van sommiger van hierdie sleurwerk en -take kan jy ongelukkig nie wegkom nie, maar sommige ander word deur ander mense buite jou eie beheer veroorsaak. Ek lig ons lesers graag hieroor in: 1. Gewone sleurwerk wat jou moeg maak en baie tydrowend is: Pille, medikasieverpakking en rekenaarverslae Dit neem my elke twee weke ongeveer 1 tot 2 uur om my en my eggenote se medikasie vir die volgende veertien dae te verpak, netjies per houer vir elke maaltyd om jou relatief gesond en fiks te hou. Min daarvan is gewone mediese voorskrifmedisyne en die meeste is kruie en ander homeopatiese middels wat die moeite werd is om ook jou gesondheid te verhelp. As jy by’n medikus of hospitaal kom, verwag hulle ’n relaas van alles wat jy reeds makeer en wat jou tevore makeer het, en ook van alle moontlike medikasie of alternatiewe behandeling wat jy gebruik of ondervind. Hierdie statistiek moet êrens in die nag op rekenaar bygehou word en dan kan sommige hospitale nie eers meer jou Afrikaanse verslae verstaan nie en moet dit nog vir hulle vertaal word. Berging van al die papierwerk wat jou bereik en wat jy nie sonder meer kan weggooi nie; alles is belangrik, want net môre kry jy dit weer nodig om vyande in ’n kwade wêreld te bestry. Afsprake by medici en ander alternatiewe instansies Hoe ouer ’n mens word, hoe nodiger word dit om by hierdie mense uit te kom. Ons waardeer hul dienste, maar dit hou ons besig Oneindige klomp ritte en gepaardgaande hoë koste As jy hulp nodig het, moet jy dit self gaan haal en dis net moontlik as jy dit per voertuig doen, want so ver loop sal jou bene en knieë nie kan hou nie. Die staat help om jou verder uit te roei deur die brandstofpryse onbetaalbaar te maak. 2. Ander frustrasies veroorsaak deur mense van buite jou beheer: Inkomstebelasting As 85-jarige burger het ek feitlik veertig jaar lank op my destydse onderwysersinkomste byna ’n kwart van my inkomste (afgesien van BTW wat ook later nog meer inkomste vir die staat besorg het) aan die staat afgestaan. Ek het destyds nie daaroor gekla nie, maar ek en my eggenote het jarelank uit addisionele inkomste uit boeke wat deur ons opgestel was, verdere baie ruim bydraes aan die staat moes maak; ons het gevoel ons maak ons bydrae om die land reg en in orde te hou. Nou word steeds minstens 20% van my pensioengeld maandeliks ook deur die staat vir belasting geïn en dit terwyl die afgelope 25 jaar die hele land se infrastruktuur en baie ander staatsverpligtinge in die niet verdwyn het en ons moet sukkel om enigsins gehelp te word. Ons staat kan gerus na ander lande kyk om van hulle ’n voorbeeld te neem van hoe

’n land sy senior burgers behoort te behandel. Ouetehuise en aftreeoorde kry nie meer veel hulp of selfs geen hulp van die staat nie en dit word onbetaalbaar vir senior burgers om enigsins daar versorging te gaan soek. Die staat gee ook nie aandag aan ons vertoë nie; ek het reeds die afgelope paar jaar via die Vereniging van Staatsdienswerknemers ’n skrywe aan die Minister van Finansies gerig oor die nuwe berekening van Inkomstebelasting teenoor die addisionele uitsakuitgawes tov medikasie-aankope en alternatiewe behandeling. Ek weet daar was nou al soveel van hierdie ministers in ’n ry en hulle kry seker nie eers kans om ons skrywes te lees nie, om nie eers van te beantwoord te praat nie. Herhaalde aanmanings oor ons skrywe het steeds op dowe ore geval. My eie uitsakuitgawes enkele jaar gelede was meer as R100 000.00 en ek het ongeveer R9 000.00 van die staat na my belastingopgawe teruggekry. Die res het uit my eie sak gekom. Verstaan lesers nou waarom hierdie saak senior bur-gers tot die uiterste frustrasie lei? Kommentaarversoeke vanaf die staat Hierdie versoeke gaan met feitlik elke nuwe wetgewing of wysiginge gepaard en ons moet byhou om ons self hoegenaamd te probeer beskerm. Die ergste is dan nog dat ons kommentaar meestal blykbaar nie eers gelees word nie en dus eintlik as onnodige leesstof geïgnoreer word. Ek herinner my aan my eie kommentaar oor die “nuwe” wapenwet ’n hele paar jaar gelede en ek is nou bly om te sien dat die Hof wel die betrokke wapenwet ’n bietjie uitmekaar gehaal het en die staat opdrag tot hersiening gegee het. My eie lang kommentaar oor die afskaffing van die Kommando”s was ook geïgnoreer en die misdaad floreer voort. Dieselfde het onlangs met kommentare oor die Grondgrypkwessie sonder vergoeding gebeur. Dreigemente tov onwettige “misbruik” van staatsdienspensioentrekkers se pensioen Die staat het toegelaat dat semi-staatsinstansies in die grond bestuur word en nou soek hulle oral hulp om hulle verder te “help”. Die staat moet daarop gewys word dat die pensioenfonds van die staatsdiensamptenare nie aan die staat behoort nie, maar wel aan die pensioenbydraers. Dit sou niks anders nie as diefstal wees as die staat ons pensioengeld probeer aanwend as reddingsboeie vir instansies wat nie eers een kantoor kan bestuur nie, wat staan nog ’n hele bedryf? Hulle het reeds die bewyse daarvoor gelewer en die staat wil dit nog nie insien nie. So kan ek voortgaan, maar ek volstaan met hierdie paar gedagtes in die hoop dat ek meer mense sal aanmoedig om saam te staan om ’n skeefgetrekte samelewing weer op dreef te kry. Die ligpunt in ons bestaan is die talle kere wat ons as seniors deur verskillende instansies soos ons DWHM, Kobie Opperman en ons kerke se gemeentes bederf word met spesiale onthale. Ons sien dit raak en is dankbaar daarvoor.


April 2019

De Wildt Nuus

17

Sout en gebruike • Gooi 1 teelepel sout in ’n warmwatersak om water langer warm te hou. • Angeliere hou langer in ‘n blompot as jy sout in die water gooi. • As die beetvlek op ‘n kledingstuk is, gooi ‘n bietjie melk op die vlek en laat week in koue soutwater. Was dan in warm seepwater. • As die bloed reeds droog is, week in koue soutwater (een eetlepel sout per liter water). • As die vlek op ‘n kledingstuk is, gooi ‘n bietjie melk op die vlek en laat week in koue soutwater. Was dan in warm seepwater. • As jy aangebrande kos vinnig uit ‘n kastrol wil verwyder, kan jy dit vul met kookwater waarby twee eetlepels koeksoda of sout gevoeg is. • As jy vleisbraai en die brood is klaar – bak vinnig ‘n broodjie deur 500g bruismeel met een blikkie bier en voeg ‘n teelepel sout by. Meng alles saam en bak in ysterpot oor die kole of in die oond. • Asyn en sout aan vleis gesmeer, sal verhoed dat dit gou bederf en vleis sag te maak. • Gebruik gelyke dele kremetart en sout om roesvlekke of kolle uit te haal. • Geklitste eiers met ‘n knippie sout kan vir drie maande gevries word. • Gooi 1 koppie sout, 1 koppie koeksoda en 1 ketel kookwater in ‘n riool wat met vet verstop is. Die vetterigheid los dadelik op. • Gooi bietjie sout in die braaipan om te keer dat die vet spat.

• Gooi dadelik sout op die vlek of gooi witwyn oor die vlek. • Gooi elke aand nadat die finale skottelgoed gewas is, ‘n handvol sout in die afvoerpyp af. Die sout sal langsamerhand in die pyp afbeweeg en dit vry van vettigheidhou. • Gooi ‘n paar ryskorrels in die soutpotjie om te verhoed dat die sout klonterig raak in klam weer. • Gooi sout onder in die asbakkies. Die sout absorbeer die reuk van die sigaretas. • Handdoeke wat hard uit die was kom - veral in brak water. Was jou handdoeke in warm water met seep en gooi ongeveer ‘n handvol sout by (Los die sout op in die water). Moet nie versagter gebruik nie. Spoel die seep goed uit. Spoel weer maar gooi so 2 eetlepels ammoniak of wit asyn in die laaste uitspoelwater. • Koperware kan pragtige blink gemaak word as dit nou en dan met sout en asyn afgevryf word. • Maak jou eie tandepasta van ‘n mengsel sout en bakpoeier. • Maak jou stoof skoon met ‘n mengsel van sout en asyn. • Meng lou water met ‘n handvol sout en 60ml asyn. Borsel matte met mengsel. Dit bring die kleur weer mooi na vore. • Om baddens skoon te maak, meng 2 eetlepels kalk, 2 eetlepels sout en ‘n halwe bottel paraffien. • Om die hare van ‘n besem weer styf te maak, plaas besem in ‘n oplossing van 1 eetlepel sout en 4 liter water.


18

De Wildt Nuus

April 2019

Stomstreke en pryswenners Ons skop die jaar af op 15 Januarie 2019 met ’n vrolike stemming toe daar heerlike stomstreke gespeel word. Rita Fourie sameroepster van Kuns en geskiedenis verras die dames toe sy sê vandag word daar stomstreke gespeel. Woorde soos borstrok, volkspele, mampoer, konsertina, windpomp, toutrek, FAK-liedjies, biltong, paraffienlamp, kettie, trekklavier, blaasbalk en grammofoon moet met behulp van stomstreke aan die lede bekend gestel word. Daar is lekker gelag en geraai. Meestal reg geraai. Hierna verdaag ons vir tee na tafels wat gekreun het van die eetgoed. De Wildt-tak se dames het hul weereens oortref.

De Wildt-tak: Ons pryswenners 2019

Tydens die jaarvergadering op 12 Februarie 2019 het ons die pryse en trofeë uitgedeel aan die lede wat deur die jaar hard gewerk het. Die trofeë is soos volg verower: Leana van Graan: Gebak en Gebottel-trofee asook dame met meeste punte in die tak. Trysie Coetzee: Handvlyt en naaldwerk-trofee. Iris Groenewaldt: Blommebeginners Felicity van Eeden is ook as die Georgie Louw Vonkelvrou-trofee se wenner aangewys. Ons het ook ’n Ope-afdeling. Hier kan ’n lid enige artikel inskryf. Trysie Coetzee is die wenner. Ons is trots op ons lede wat deur die jaar goed gekompeteer en beloon is vir hul harde werk. Daar word ook erkenning gegee aan 12 lede met 100% bywoning. Die lid kon kies tussen ’n VLU-teelepel of ’n -koekvurkie. Ons tak kan ook nou spog met twee lede wie se dogter en skoondogter as lede aangesluit het. Baie welkom aan Monica Niemand, Lize Venter se dogter en Maryna Stoltz, Clarissa Stoltz se skoondogter. Ons is baie bly dat ons twee jong dames as lede bygekry het. Dit was ook vir ons as tak hartseer toe ons die nuus gekry het dat Ansa Pretorius, ’n gewese lid, oorlede is.

Lize Venter en haar dogter Monica Niemand

Maryna Stoltz saam met haar skoonma Clarissa Stoltz


April 2019

De Wildt Nuus

19

Omgewingsbewustheid - Bome van die Jaar Tydens 2019 word die studierigting: Omgewingsbewustheid uitgelig. Deur die jaar behandel ons die boom van die jaar asook die Voël van die jaar.

Maroelaboom/Marula – sclerocarya birrea Die geskiedenis van die maroelaboom gaan duisende jare terug. Daar is argeologiese bewyse dat die boom selfs al 10 000 jaar V.C. ‘n voedselbron was. Scelerocarya birrea, subspesies caffra, is een van Afrika se botaniese skatte. Nie net die vrugte nie, maar ook die neut is ryk aan minerale en vitamine. Dit wemel van legendes rond-om die veelvoudige gebruike van die boom, soos die blare, vrugte, die neut en kerne. Die bekendste hiervan is die vrugte wat olifante ‘mal maak’ wanneer hulle dit eet nadat dit van die boom afgeval en effens gefermenteer het. Die maroela was ‘n steunpilaar in die dieet van Suid-Afrika, Botswana en Namibië in die ou dae. Die maroela (Sclerocarya birrea is ’n medium-grootte boom wat inheems is aan die miombo bosveld van Suider-Afrika en die Sudano-Sahelianreeks van Wes-Afrika. Dis ‘n enkelstam boom met ‘n wye kroon en kenmerkende grys bas. Die maroela groei tot 18 m hoog en word meestal aangetref in oop bosveld. Die vrug van die maroela word gebruik in die bekende Amarula-likeur. Die bome word nie gekweek nie; die vrugte word geoes vanaf wilde bome. Die vrug het ‘n ligte geel skil, wit vleis ryk in vitamien C, en ‘n groot pit. Dit is sappig wanneer dit geëet word. Die sade is ryk aan proteïen en vet en is ‘n belangrike noodkos. Die vrugte word algemeen vars geëet of gebruik in die voorbereiding van sap en alkoholiese drankies. Maroela-olie, wat gemaak word uit die saad, word gebruik as velsorgolie. Dit is ryk in antioksidante en oleïensuur. Die bas word gebruik in die behandeling en voorkoming van malaria. Die gom van die stam word gemeng met water en as en dan gebruik as ink deur sekere plaaslike inwoners. Die bas bring ook ‘n rooibruin kleursel voort wat gebruik word om tradisionele ware te kleur. Die blare word gekou om te help met slegte spysvertering. Die vrugte word beskou as ‘n baie effektiewe insekdoder en gebruik om vee te dip en te beskerm teen bosluise. Die blare kan gekou word om sooibrand te verlig. Die vrug van die maroela het bekendheid verwerf in die film Beautiful People deur Jamie Uys en vrygestel in 1974. Aftreksel van die binne-bas van die maroelaboom kan aangewend word om die pyn wat deur skerpioensteke en slangbyte veroorsaak te verlig.

Appelblaar - Apple- leaf (philenoptera violancea) Philenoptera violancea blom in die lentemaande September en Oktober. Ek ondervind hierdie boom as baie “vriendelik”: die takke steek nie, daar’s nie dorings wat ‘n mens haak, vashou of krap nie. Onder die boom is nie baie afgestorwe takke of ander plante wat daar groei nie, jy kan vry beweeg , sodoende ideaal vir diere om in die skaduwee te rus. Die appelblaarboom hou van diep sandgrond, is gewoonlik eenstammig en vorm ‘n mooi kompakte boom met ‘n ronde, digte kroon tot so 12 m hoog.

Maroela

Die bas is lig en skilfer in redelike klein stukkies af. Blommekleed is gewoonlik ligpers en van veraf sigbaar, selde wit groen peule lyk of die boom vars en nuwe blare het. As al die ou blare afgeval het, gewoonlik in September / Oktober, trek hy sy laventelkleurige lentekleed aan en as jy dan onder die boom staan, hoor jy honderde bye, hommels en ander insekte in die kroon, wat by die ertjie-agtige blommetjies ‘n soetigheidjie soek. Die verlepte blommetjies val af en vorm naderhand ‘n ligpers mat onder die boom. Duikers, steenbokkies en Damara dik-diks vreet graag die blommetjies. Na blomtyd verskyn die liggroen peule wat reguit afhang en aan die boom ‘n heeltemal ander voorkoms gee. Die peule verkleur na strooigeel as hulle ryp word. . Aan hierdie boom se kroon kan jy duidelik die heersende seisoen sien. In die herfs bly die blare nog lank groen tot in die wintertyd, en eers met die eerste ryp, so nie, teen die einde van winter, vergeel die blare, word droog en val af. Baie diere tel dit dan veral in tye van nood op, dit is nog altyd goeie kos. Die blare is eenvoudig, net sag as jong blaar, verhard dan ietwat, is baie stewig en breek nie maklik nie. Selfs die blare wat afval in laat winter bly nog lank “heel”. NUT EN GEBRUIKE in die natuur en vir die mens. Die blomme, peule en blare is goeie voer (soos baie van alle ertjiegewasse, waarvan dit ook familie is). Die afgevalde blare bied kos aan diere, maar ook beskerming aan klein grondbewonertjies en is belangrik vir die organiese aandele in die grond (humus). Mense gebruik potlooddik takke as koustokke (tandeborsels). Groenblare word as trekpleister op pitsere en swere gesit, teen verkoue en TB gekou. Bas en wortels gekook in water gee ‘n tee teen verkoue en borsaandoenings. Blare by melk gevoeg laat dit stol (Himbagebruik vir die maak van omaere, die tradisionele naam vir suurmelk). Van die hout kan lepels gekerf word. As boom in die tuin is dit baie mooi.


20

De Wildt Nuus

April 2019


April 2019

21

De Wildt Nuus

HERINNERINGE VAN WYNAND DU TOIT Manie Lemmer

Dit was my en Sannie se voorreg om op 22 Maart by die Kommando Kombuis van Herman Smith by Silkaatsnek gewese spesiale magoperateur Wynand du Toit en sy eggenote, Frances, te ontmoet en na sy herinneringe uit sy weermagdae en sy ervaringe as gevange soldaat in die tronk in Angola te luister. Hierdie gebeure het in die tagtigerjare van die vorige eeu plaasgevind as deel van ons land se jarelange stryd met die vyande se magte aldaar en in Mosambiek en Namibië. Wynand het die gehoor van ongeveer veertig mense geboei met sy vertelling van sy aansluiting by die destydse weermag en sy spesiale opleiding as een van ongeveer 400 spesiale operateurs (ook bekend as “recces”) . Ons het ongelukkig nie ruimte om Wynand se hele vertelling hier weer te gee nie, hoewel dit sekerlik vir al ons lesrs baie interessant sou wees. Ek wil egter graag wys op die besondere insidente wat sy hele lewe daarna gevorm het, want dit kan vir lesers slegs tot inspirasie dien. Dit kan ook gelees word in die talle boeke wat Wynand reeds die lig laat sien het.

Ervaring binne die tronk in Angola

Daar moes hy worstel om homself binne die tronk weer ’n roetine te laat volg en so het hy by die omstandighede aangepas en voortdurend hoop op vrylating bly behou. Hy het vertel hoe hy in ’n kraak van die betonvloer buite sy sel kon waarneem hoe daar ’n rankplantjie begin groei. Deur die volgende dae het hy ook waargeneem hoe die plantjie telkens ’n rankie begin uitstoot het maar telkens weer verlep het omdat daar geen anker vir die rankie was nie. Hy het toe ’n lang garingdraad uit sy handdoek begin ryg en toe dit lank genoeg was, het hy ’n klein batterytjie daaraan vasgebind en dit na verskeie pogngs tot by die plantjie

kon gooi. Die volgende dag kon hy sien hoe die plantjie se nuwe rankie die garingdraad wat hy styfgetrek en naby die vloer vasgebind het, “omarm” en stelselmatig het nuwe rankies gevorm en toe het Wyand die garingtoutjie hoër onder aan die dak vasgebind en die plant kon met al hoe meer rankies floreer en ontwikkel tot ’n sterk plant met sterk ranke wat tot binne die tronksel gegroei het. Die les: Sien die klein hulpmiddels soos die garedraad raak en maak daarvan gebruik; dit sal jou verder dra.

Ervaring na die jare in die tronk:

Toe Wynand later op ’n stadium moedeloos was en hy van sy lewe ‘n geestesopname moes maak, het hy besef dat hy merkers, groot en klein, kon plaas op verskillende gebeure in sy lewe, Toe het hy gemerk dat die tronkdae eintlik slegs ’n klein merker geverg het, want baie groter gebeure het daarna gevolg wat die merker van die tronk na ’n feitlik onbenulligheid kon verklein. So moet ’n mens jou nie blind staar teen die gebeure wat soms vir jou baie ernstig lyk nie, want jy moet ook ander gebeure in jou lewe raaksien wat veel ernstiger gevolge op jou hele lewensuitkyk kan hê. Van hierdie gebeure is die ontmoeting met sy eggenote, Frances, hulle ervarings tesame en al sy praatjies vir en ontmoeting en samesyn met talle vriende en oudweermagkollegas en ook sy boerderydae tot ver in die Kongo. Ook hulle ervaring in Australië waar hulle in 2017 besoek op uitnodiging kon aflê en aldaar verneem het hoeveel waardering daar in hierdie land is vir hulle veteraansoldate en ook vir die veterane van die SA Weermag, waardering vir veterane wat alles vir hul land opgeoffer het en tans nie meer veel waardering in eie land ondervind nie. Wynand het ook beklemtoon dat jy nooit “klaar” is nie; jy moet aanhou met jou visie, jou doelstellings en take, gering of groot (dit maak nie saak nie hoe klein of hoe groot nie); as sestigjarige sien hy nog vir baie kans, veral om sy herinneringe aan die volk oor te dra en hulle te inspireer om nooit die geskiedenis van ons volk te vergeet of te verwaarloos nie. Ek het hom verseker dat hulle met hul optrede alhier die kontreiblad van April gehaal het , want ons het as gehoor met waardering kennis geneem van sy enorme bydrae tot die lief en leed van ons volk se geskiedenis. Hulle word nog jare van vrugbare arbeid op hul terrein toegewens; hulle verdien ons almal se dank en waardering. Ons dra ook ons dank oor aan Herman Smith en sy gesin wat ons mense elke naweek op goeie boerekos by die Kommando Kombuis trakteer en reeds verskeie aanbiedings soos dié van Wynand by hulle restourant gereël het. Lesers kan hulle gerus ondersteun en skakel by sakfoonnmmer 082 789 7665 vir ’n aangename uitstappie en etes.


22

De Wildt Nuus

April 2019


A[ril 2019

23

De Wildt Nuus

Swaar vragmotors met sleepwaens ’n gevaar op ons paaie Manie Lemmer

Gepraat van voortdurende irritasie vir ons as inwoners! Hier het so pas weer ’n nuwe besigheid by afrit 156 aan die R513-pad begin en met selfgemaakte twee ingange word padgebruikers met ander voertuie deur die swaar vragmotor/s van hierdie eiendom binne ’n landbougebied getreiter. Op die foto kan gesien word hoe die vragmotorbestuurder met die stert van die voertuig dwarsoor die teerpad stilhou om eers die hek te gaan oopmaak en daarna op sy tyd die eiendom binne te ry na “geboue” wat ook nie tot die trots en netheid van ons gebied bydra nie. Dié inligting is reeds ook deurgestuur na ons inwonersmaatskapy DWHM vir verdere hantering en beskerming van ons gemeenskap teen hierdie ongewenste aanslag op die rustige aard van ons landbou-omgewing.

HULDEBLYK

WILLEM JOHANNES MOMBERG * 18 Julie 1928

Oom Willem was ook een van ons lesers en ek het hom ’n hele aantal jare geken, ook saam met hom as ouderling in die Kerkraad van APK Wonderboom gedien. Nadat hulle ’n paar jaar elders gaan woon het, was hulle weer later terug in ons gemeente. Ons het hom gedurende sy laaste siektejare steeds by die kerk gesien en met hom gepraat; hy was altyd ’n blymoedige mens en ’n man van sy woord. Sy gedenkdiens is op 18 Januarie deur ds Johan Greyling in ons kerk gelei met skriflesing uit Ps 67 en in sy roudiensblaadjie het ons ook gesien dat dit wat ons van hom geken het, ook so deur

† 9 Januarie 2019

sy hele gesin ervaar was. Sy ja was ja en sy nee was nee. Langs hierdie weg bid ons ook vir sy eggenote, Marthie, en hulle kinders en ander familie ons hemelse Vader se vertroosting toe. Ons sal oom Willem saam met hulle onthou.


24

De Wildt Nuus

April 2019


April 2019

25

De Wildt Nuus

BELANGRIKE DATUMS Ons versoek is vir 2019 weer dieselfde. Vir beter kommunikasie en om oorvleueling te verhoed, stuur asb alle belangrike datums van elke organisasie/instansie deur na Douw van Wyk met die oog op kontrole dat daar nie botsings is nie. Dit word dan in hierdie blad geplaas, sodat alle lesers vooruit kan weet wanneer belangrike dinge plaasvind. AFKORTINGS: DSO – De Wildt Sosiale Organisasie, DWBV –De Wildt Boerevereniging, DWHM –De Wildt Helpmekaar Maatskappy, DWN –De Wildt Nuus, JF –Jopie Fourie-terrein, LSV –Laerskool Vissershoek, KK - Kommando Kombuis, MRC - Margaret Roberts Herbal Centre. April 6 12:00 MRC Boosting the immune system Afrit 16 DWBV Duifjag Gemeenskapbraai (bl 7) Vliegklub Mei 4 12:00 MRC Superfoods Afrit 16 14:00 DWN-redaksie vir Junie-blad Afrit 129 7 19:00 DWBV Algemene vergadering De Wildt 4x4 14 tot 17 NAMPO: DWBV 16 Mei Junie

1 7 8

12:00 12:00 14:00

MRC Cookery Class 1 Stocking MRC Cookery Class 2 Health/Vitality DWN-redaksie vir Augustus-blad

Afrit 16 Afrit 16 Afrit 129

Julie

6

12:00

MRC Healthy teas for healthy living

Afrit 16

Augustus 3 12:00 MRC Anti-aging Cosmetics Afrit 16 24 14:00 DWN-redaksievergadering Afrit 129 27 19:00 DWBV Algemene vergadering De Wildt 4x4 September 7 12:00 MRC 32nd Annual Lavender Festival TLU Kongres

Afrit 16

Oktober 5 12:00 MRC Fairy Treasure Hunt Afrit 16 26 14:00 DWN-redaksie vir Desember-uitgawe Afrit 129 November 2 08:30 MRC Annual Christmas shopping day Afrit 16 5 19:00 DWBV Algemene vergadering De Wildt 4x4 Desember 7 12:00 MRC Christmas gifts from herb garden Afrit 16 16 08:00 Geloftefees JF -terrein 18 08:30 MRC Last minute Christmas shopping Afrit 16 25 MRC Chriistmas lunch and gin tasting Afrit 16 Kersdag 31 Oujaarsdag

ADVERTEER IN DE WILDT NUUS Voorblad in kleur

R1150.00

Halfblad binne in swart en wit

Agterblad in kleur

R1020.00

Kwartblad binne in swart en wit R 265.00

Volblad binne in kleur

R 865.00

Agste blad binne in swart en wit

R180.00

Klein in swart en wit

R105.00

Volblad binne in swart en wit R 605.00

082 879 6969

R 350.00


26

De Wildt Nuus

April 2019


April 2019

27

De Wildt Nuus

FRIK VOS SURVEY EQUIPMENT

Agents for new and used land surveying instruments and equipment. Specialises in the repair, service and calibration of land surveying instruments as well as survey work. Merle Street Plot 72B Winternest Akasia Pretoria

082 466 8174 082 451 2217

E-mail: frik@surveyinstruments.net


28

De Wildt Nuus

April 2019


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
De Wild Nuus - April 2019 by De Wildt Nuus - Issuu