Skip to main content

Augustus 2014

Page 1

36

De Wildt News

August 2014

sê alles

DE WILDT N S UU EW

Julie/July 2014 Jaargang 23 No. 4

E-pos: manie.lemmer@dewildtnuus.co.za Webtuiste: www.dewildtnuus.co.za

Aasvoël gefotografeer deur W Nieser vir VulPro

DESIGN & MANUFACTURING OF JEWELLERY

JEWELLERY AND WATCH REPAIRS DIAMONDS AND GEMSTONES GOLDSMITH ON PREMISES VALUATIONS Tel: 012 546 2226

Shoprite Shop 3 (opposite Wimpy) Ben Viljoen St, Pta north

elfrika@vodamail.co.za

Fax: 012 546 8196 Cell: 083 235 3138

Die Here sal jou altyddeur lei; Hy sal in jou behoeftes voorsien. Jesaja 58:11


2

De Wildt News

REDAKSIELEDE Manie Lemmer - 082 879 6969 (Voorsitter) Sannie Lemmer - 071 693 5993 (Sekretaresse) De Wildt Helpmekaar Maatskappy en De Wildt Rampbestuur Gertjie Davel - 082 376 1645 Kobie Opperman - 076 482 8513 De Wildt Boerevereniging Hanna Scribante - 083 417 4699 De Wildt VLU Georgie Louw - 082 374 6879 Addisionele lede Trevor Louw 082 374 1645 Jan Lemmer 083 256 8266 Eugene van Staden 073 367 4787 Gertie van Staden 073 091 6035 Bladuitleg en tikwerk Daleen van Manen - 072 953 0071 Drukkers: Maxxi Press Tel: 084 208 1278

De Wildt Nuus Bankbesonderhede: Rekeningnaam: De Wildt Nuus/News Standardbank, Wonderpark Takkode: 016145 Spaarrekeningnr: 038247518 Verwysing: Adverteerder se naam + DWN April 2012 (noem telkens die naam van die betrokke maand). Epos betalingsbewys manie.lemmer@dewildtnuus.co.za Advertensiegeld moet asb vooruitbetaal word, maw sodra die advertensie versoek of gewerf word. Dankie vir julle moeite. Kontakpersone vir advertensies en grafiese ontwerp: Daleen van Manen Advertensie-ontwerp: R100

Veranderings op bestaande advertensies: R50 ADVERTENSIES IS VOORUITBETAALBAAR Die artikels in die De Wildt Nuus is nie noodwendig die produk van die redaksie nie, maar van individue. Daarom vereenselwig die redaksie hom ook nie noodwendig met alle uitsprake/menings in die artikels nie.

August 2014

REDAKSIEBRIEF

Belangrike datums

Geagte lesers Ons het in Junie gemeld dat die einde van die winter in aantog is en nou begin ons die lente reeds waarneem. Dankie tog, die ergste koue is verby en almal kan weer juig oor nuwe lewe en geesdrif wat die lenteseisoen vir ons bied. In ons nuwe blad is daar weer 'n verskeidenheid leesstof: Ons moes weer afskeid neem van 'n inwoner en 'n oudinwoner, Georgie van Niekerk en Rita Schalkwyk en huldeblyke tov hulle verskyn, terwyl ons treur oor die heengaan van hierdie twee vriendinne. Terwyl hierdie redaksiebrief geskryf word, is pas 'n berig ontvang dat 'n oudinwoner van ons gebied, oudlanddros Roelf van der Merwe, op 12 Julie oorlede is. 'n Ander i n w o n e r, t a n n i e H a n n e t j i e Labuschagne, is in hierdie maand 90 jaar oud en saam met haar naasbestaandes wens ons haar graag geluk en goeie gesondheid toe. Ons het in ons gebied ook 'n besondere mens in die persoon van Margaret Roberts; sy het op 24 Junie in 'n onderhoud op Ontbytsake ons as medeinwoners trots laat voel, so asof ons deel het in al haar prestasies, publikasies en bydrae tot die gesondheid van die mensdom. Die antwoord van Aecom op die voorsitter van die redaksie se beswaarskrif word geplaas, aangesien dit te laat ontvang was vir plasing in die Junie-uitgawe. Laerskool Vissershoek sorg weer vir interessante nuus en ons sien uit na die De Wildt-fees in November. Die De Wildt Boerevereniging sorg vir 'n besondere uitstappie op ons eie Magaliesberg met sy Peglerae aalwyne. Ons gereelde bydrae uit die Woord is ook hier en so ook ander artikels om ons gedagtes te prikkel. Dankie ook aan nuwe adverteerders en ook ons bestaande ondersteuners; u ondersteuning sorg vir die gratis

35

De Wildt Nuus

Augustus 2014

AFKORTINGS: DWVBF - De Wildt Vori-bergfees; DWN - De Wildt Nuusredaksie; DSO - De Wildt Sosiale Organisasie; JFFK - J Fourie-terrein Feeskomitee; DWBV - De Wildt Boerevereniging; LSV - Laerskool Vissershoek; DWHM - De Wildt Helpmekaar Maatskappy. Aug

Manie Lemmer

2

08:00 vir 10:00

J & A verkope

Afrit 129

2

18:00

Kaas en wyn geleentheid

Tutuwedzo

16

08:00 vir 10:00

J & A verkope

Afrit 129

19

19:00

DWHM-direksie

Kantoor

19

17:15

Geloftefeesbestuur

Afrit 129

21

19:00

DWN-redaksie (Okt-uitgawe)

Afrit 129

26

verspreiding van die 850 kopieë van ons blad onder seker minstens 2000 of meer lesers en vir die webwerf waar die hele wêreld die blad kan lees en wel in vol kleur. Ons voorblad sal voortaan gereeld 'n reeks inheemse voëls en/of ander diere saam met die betrokke advertensie bevat en die naam van die voël en/of dier sal ook vermeld word. Tov die artikel oor die Polonieaangeleentheid plaas ons 'n brief van 'n buurvrou saam met ons verduideliking van ons optrede in die vorm van die betrokke artikel in die Junie-uitgawe. Ons het ook kennis geneem van die skrywe van die De Wildt Helpmelkaar Maatskappy wat aan alle lede gestuur was en sal mettertyd na gesprek met die direksie van die Maatskappy ons optrede verduidelik sodat elke leser en lid van die Maatskappy kennis sal kan neem van die agtergrondfeite. Intussen gaan ons voort met ons besware teen die voorgenome stortingsterrein en ander sake wat ons as gemeenskap se vreedsame en rustige landelike atmosfeer wil vertroebel. Die Lemmers en sekerlik ook ander beswaardes teen die stortingsterrein se kommentaar is reeds aan Aecom besorg en sodra die Omgewingsimpakstudie voltooi en ons voorgelê is, sal lesers weer oor ons finale kommentaar en siening ingelig word. Lekker lees

Sept

DWBV vergadering

30

08:00 vir 10:00

J & A verkope

30

08:30

DWBV vergadering en Boeredag

4 6

LSV Gholfdag 08:00 vir 10:00

10-11

Okt

Afrit 129

TLU-kongres 19:00

DWHM-direksie

Kantoor

20

08:00 vir 10:00

J & A verkope

Afrit 129

3

SKOLE SLUIT 08:00 vir 10:00

13

J & A verkope

Afrit 129

SKOLE HEROPEN

15

19:00

DWN-redaksie (Des-uitgawe)

Afrit 129

21

19:00

DWHM-direksie

Kantoor

21

17:15

Geloftefeesbestuur

Afrit 129

25

08:00 vir 10:00

J & A verkope

Afrit 129

29

10:00

Senior Burgertee

1

08:00 vir 10:00

J & A verkope

1

18:00

Kaas en wyn geleentheid

4

19:00

DWBV

DW 4x4

De Wildt-fees 2014

LSV

7 en 8

Des

J & A verkope

16

13

Nov

Afrit 129

Afrit 129

15

08:00 vir 10:00

J & A verkope

Afrit 129

15

14:00

DWHM AJV

LSV

29

16:00

Kersboom/Jaarafsluiting

2

19:00

DWHM-direksie

Kantoor

2

17:15

Geloftefeesbestuur

Afrit 129

6

08:00 vir 10:00

J & A verkope

Afrit 129

10 16

SKOLE SLUIT 08:00

Geloftefees 51

25

Kersfees

31

Oujaarsdag

JF-terrein


34

De Wildt News

August 2014

Augustus 2014

3

De Wildt Nuus

INHOUDSOPGAWE Redaksiebrief Lief en Leed Beoogde stortingsterrein Kommentaar op Stortingsterrein! Nou poloniefabriek! Markte en feeste Ons Senior burgers Margaret Roberts Immanuel - God met ons (4) Finansiële beplanning Huldeblyk Huldeblyke DWBV Nuus LSV Borrelbekkie

2 3 4 6 7 9 11 13 14 15 16 16 17

LSV Borrelbekkie LSV Borrelbekkie LSV Borrelbekkie Die blonde matroos Jou plek is leeg Verskoning DWBV Nuus VLU Nuus VLU Nuus De Wildt Plaasfees Die paaie in ons omgewing Artikels, advertensies, Possak en Lief en Leed Bedreiginge van buite ons gebied Belangrike datums

18 19 20 21 23 24 25 26 27 28 29 30 31 35

Lief en Leed

Ons meegevoel met diegene wat leed ervaar het. Beterskapwense aan diegene wat siek was of nog is. Dan is ons ook bly saam met diegene wat lief ondervind of beleef het. Ons wil dit net weer onder u aandag bring dat ons nie onder Lief en Leed nuus kan plaas as iemand dit nie onder ons aandag gebring het nie.

In die hospitaal • Alet Coetzer - nierstene • Lena Breedt - hoë bloeddruk • Roelie Koekemoer • Hannatjie Labuschagne • Ansie van der Merwe se moeder

Siek • Ans Schoeman is siek en woon nou by haar dogter. • Tersia Breedt

Oorlede • Rita Schalkwyk • Georgie van Niekerk • Alta Prinsloo se suster • Chris Thirion • Oudlanddros Roelf van der Merwe, ’n oudinwoner • Ansie van der Merwe se vader • Babs du Toit • Sophie Grobler, ’n oudinwoner

Verlaat De Wildt • Rick en Agatha Esterhuizen • André en Sarie Neuhoff (van die Cheetah-sentrum)

Lief Richard Lemmer, kleinseun van Manie en Sannie, het in Junie 2014 aan al die vereistes vir die graad LLB voldoen en ontvang hierdie graad van die Universiteit van Pretoria op 4 September. Hy is tans werksaam in Johannesburg by 'n prokureursfirma. Sy suster, Shandri, het vanjaar vir dieselfde kursus ingeskryf en reeds een agste van die kursus met sukses voltooi.

Dankie Elsie 'n Opregte dankie vir Elsie van Pinocchio Kleuterskool. My jongste een is in haar laaste jaar by Elsie. Volgende jaar gaan sy groot skool toe. Maar my kinders is nie net van nou af by haar nie. My oudste was van die dag wat Elsie Pinocchio Kleuterskool oopgemaak het, daar. Met al die jare saam kan ek net dankie sê vir Elsie. Sy het my kinders help grootmaak. Vir hulle dissipline geleer en hulle trane afgevee as hulle seergekry het. My oudste was een van die hardkoppigste kinders in haar skool, my waaghalsie het gesorg vir haar grys hare en my meisiekind wat allerhande dinge aanvang, insluitende hare sny by die skool. Sy gee hulle gesonde kos, en 'n lekkertjie elke nou en dan. Sy reël vir vermaak, leer hulle alles wat hulle nodig het vir groot skool en sorg dat hulle baie aktief speel. Sy leer hulle struktuur deur haar daaglikse program. Sy is altyd bereid om 'n ma uit te help, soos my meisiekind se hare in 'n ballerinabollatjie maak omdat mamma vergeet het. Ek en Elsie het al 'n paar keer koppe gestamp, maar sy bly steeds die persoon wat my die meeste gehelp het om my kinders groot te kry. As dit nie vir haar was nie, sou ek nooit my kinders kon ‘potty train’ nie. Sy het 'n spesiale gevoel vir kinders en kan met die grootste geduld 'n kind help wat sukkel met 'n spesifieke probleem. Party oggende het ek my kinders by haar afgelaai met die grootste verligting dat hulle nie meer my probleem is nie. Elsie dankie vir al die jare se oppas, geduld en hulp. Sonder jou sou ek dit nie kon reg kry nie. Jy is 'n ster! Sumanda Maritz


4

De Wildt News

August 2014

BEOOGDE STORTINGSTERREIN Manie Lemmer In die Junie-uitgawe kon lesers die kommentaar van die Lemmerfamilietrust lees en die Lemmers het onderneem om ook die antwoord van die Projekspan wat die ondersoek doen, se kommentaar of antwoorde te publiseer. Die onderstaande antwoorde is ongelukkig te laat vir publikasie in die Junie-blad ontvang en dit word nou hier vir lesers gegee. Agv die groot getal bladsye moes slegs die kernwoorde van die kommentaar deur die Lemmer-familietrust by elke kommentaar van die projekspan aangedui word en moes die lettergrootte drasties verklein word ten einde die volledige kommenstaar te kon plaas. Re: Kommentaar op die beoogde Multisand Stortingsterrein Die projekspan vir die beoogde Multisand stortingsterrein wil hiermee graag die volgende kommentaar lewer op u brief, gedateer 12 April 2014. Kommentaar 1: Sandspruit Kommentaar deur Projekspan Die Sandspruit het sy oorsprong in die Magaliesberg in die suidelike gedeelte van die oorspronklike plaas Wildebeeshoek 310JR vanwaar dit in 'n noordelike rigting vloei. Dit kruis die R566 net wes van die Rosslyn industriële gebied waarna dit in 'n noordwestelike rigting vloei. Die Sandspruit vloei net na KwaMosja, in die Nooitgedacht dam in. Kommentaar 2: Die spruit wat by Middelwater begin wat tans ook deur die mynboubedrywighede se water voordeel trek se naaste punt aan beplande stortingsterrein is 683.76 meter. Kommentaar deur Projekspan: ’n Vleilandstudie word tans gedoen om die oorsprong, belang en funksie van die bestaande vleiland te bepaal. Hierdie studie sal in die omgewingsimpakstudieverslag bespreek word, asook saam met die omgewingsimpakstudieverslag vir publieke kommentaar beskikbaar gestel word. Kommentaar 3: Besoedeling en watervoorsiening Kommentaar deur Projekspan: Ons wys graag daarop dat die omgewing impakstudies vir die voorgestelde Multisand stortterrein tans in ’n beginstadium is en dat die geologiese, geohidrologiese en geotegniese ondersoeke nog nie onderneem is nie. Verwysings na internasionale standaarde vir die ontwikkeling en bedryf van stortterreine, soos aangepas vir Suid-Afrikaanse omstandighede, is vervat in die vereistes wat onderskeidelik deur die Departemente van Waterwese en Omgewingssake neergelê is. Aanvaarbare risiko's word gebaseer op wetenskaplik navorsing en die Suid-Afrikaanse standaarde is daarop gemik om binne ’n aanvaarbare verwagte risiko vir gebeurlikhede, onder andere storms en vloede, voorsiening te maak. Alle oppervlakwater wat op stortingsterreine versamel, word na opvangdamme gekanaliseer en word volgens die vereistes van die Departement van Waterwese nie toegelaat om die terrein te verlaat alvorens dit aan waterkwaliteitstoetse, soos deur die Departement voorgeskryf, voldoen nie. Kommentaar 4: Watertekort en verbandlenings Kommentaar deur Projekspan: Streng standaarde word onderskeidelik deur die Departement van Waterwese en Departement van Omgewingsake gestel wat voorkom dat grondwater of oppervlak water besoedel raak tydens die ontwikkeling en bedryf van stortterreine. As deel van die omgewingsimpakstudie word daar van ’n reeks bestaande en nuwe boorgate gebruik gemaak om die huidige stand en kwaliteit van grondwater en oppervlak water te bepaal. Soos met alle ander elemente van die omgewingsimpakstudie, word daar eerstens bepaal wat die risiko's vir waterbesoedeling is indien ’n stortterrein op die verkose terrein ontwikkel sou word. Tweedens word bepaal watter voorsorgmaatreëls getref kan word om die risiko's tot ʼn aanvaarbare vlak te beperk indien die stortterrein ontwikkeling wel geïmplementeer sou word. Die standaarde vir stortterreinbelyning wat van toepassing is op ’n Klas B stortterrein (soos beplan vir die Multisand ontwikkeling) is gedurende Augustus 2013 deur die Departement van Omgewingsake by wyse van Regulasie 636 van die “National Environmental Management: Waste Act (59/2008)” geproklameer. Die vereiste stortterreinbelyning kan diagrammaties soos volg voorgestel word: Die Departement van Waterwese vereis dat alle stortterreine ontwerp word deur geregistreerde professionele siviele ingenieurs met bewese ervaring in ontwerp van stortterreine. Die ontwerp vir elke fase van die ontwikkeling, wat voortdurend aan die nuutste standaarde moet voldoen, word dan aan die Department van Waterwese voorgelê vir goedkeuring alvorens daar met konstruksie begin mag word. Die konstruksie word dan deur die geregistreerde professionele siviele ingenieur gemonitor en ʼn sertifikaat van goedkeuring moet uitgereik word alvorens die terrein in bedryf gestel mag word. Stortterrein moet vervolgens bedryf word aan die hand van standaarde wat in die Departement van Waterwese se “Minimum Requirements for Waste Disposal by Landfill, 2nd Edition 1998” neergelê is, asook in die bedryfspermit wat deur die Departement uitgereik word. Die vereistes sluit onder meer in dat, behalwe vir oppervlak watermonsters, watermonsters ook sesmaandeliks van ’n reeks stroomop en stroom-af boorgate geneem moet word om te bepaal of daar enige tekens van waterbesoedeling voorkom. Resultate van die water moniteringstoetse word

dan aan die Departement van Waterwese voorgelê en indien daar enige tekens van grondwaterbesoedeling teenwoordig is, word daar van die lisensiehouer vereis om die situasie reg te stel. Dit kan onder andere meebring dat enige sel wat besoedeling veroorsaak uit bedryf geneem en gerehabiliteer word. Aangesien vloeistof (water) die medium is waardeur besoedeling versprei word, sal besoedeling deur sodanige sel voorkom word indien geen verdere water toegelaat word om die bestaande vullis binne te dring nie. Na finale sluiting en rehabilitasie van ’n stortterrein bly die lisensiehouer vir ’n periode van 30 jaar verantwoordelik om steeds water monitering uit te voer as deel van die lisensiehouer se aanspreeklikheid vir enige besoedeling wat daar na sluiting van die terrein mag wees. Dit is verder belangrik om daarop te let dat Interwaste, as ’n interne bestuursmaatreël, ’n bepaalde bedrag (bereken as die pro-rata koste vir progressiewe rehabilitasie van die stortterrein) van die inkomste van elke ton vullis wat gestort word in ’n rehabilitasiefonds belê. Sodanige rentedraende rehabilitasiefonds word jaarliks geoudit om te verseker dat die nodige kapitaal beskikbaar is om progressiewe rehabilitasie te doen, soos en wanneer onderskeie selle van die stortterrein tot volle kapasiteit gevul word. Kommentaar 5: Wyse van kennisgewing Kommentaar deur Projekspan: As deel van die wetlik voorgeskrewe proses volgens die NEMA: OIS regulasies van 2010 asook ander wetgewing soos die wet op Promosie van Toegang tot Inligting (Wet No 2 van 2000) het AECOM die volgende stappe geneem om alle “Belanghebbende en Geaffekteerde Partye” (Interested and Affected Parties) te identifiseer en ’n breedvoerige naamlys met kontakbesonderhede op te stel: Persoonlike kontak is gemaak en besoeke is op 5 Desember 2014 gebring aan grondeienaars aangrensend tot die Multisand eiendom om die grondeienaars in te lig oor die projek. ’n Koerantadvertensie is in die plaaslike koerant, Brits Pos, geplaas op 21 Februarie 2014 (Sien afskrif in Aanhangsel A). ’n Verdere koerantadvertensie is in die streekskoerant, Beeld, geplaas op 18 Februarie 2014 (Sien afskrif in Aanhangsel B). Afskrifte van die “Voorlopige bestekopnameverslag” is by die volgende lokale gelaat vir publieke insae: • Die Bek se Pad Stal, R513, 012 Visserhoek • Tshwane Gemeenskapsbiblioteek, Sammy Marks Square, Hv Kerk Straat and Prinsloo Straat, Pretoria. Onmiddellik nadat AECOM bewus geword het van die bestaan van die De Wildt Helpmekaar Maatskappy, is ’n vergadering met 10 verteenwoordigers van die maatskappy belê vir 12 Maart 2014. Tydens die vergadering is daar ook verwys na ’n voorgestelde opedag waarvoor daar tussen die onderskeie partye op ’n geskikte datum en lokaal ooreengekom is. Elektroniese afskrifte van die “Draft Scoping Report” is daarna op 25 Februarie 2014 aan verteenwoordigers van die De Wildt Helpmekaar Maatskappy beskikbaar gestel, en ’n afskrif van die konsep notule is beskikbaar gestel vir kommentaar. Vergaderings soortgelyk aan die wat met die De Wildt Helpmekaar Maatskappy gehou is, is op dieselfde datum ook met ander belangegroepe in die omgewing gehou. Die opedag is volgens ooreenkoms op Saterdag 12 April 2014 gehou. Hoewel nie in lyn met die normale formaat van ʼn opedag nie, is daar aan die versoek van die De Wildt inwoners gehoor gegee en die beplande opedag is omskep in ’n vergadering waartydens die publiek geleentheid gehad het om vrae te vra rakende die voorgestelde stortterrein projek. Die skrywe waarop daar in hierdie inligtingstuk gereageer word is by die geleentheid amptelik aan AECOM oorhandig. Dit is verder belangrik om daarop te let dat die ontwikkelaar, Interwaste (Edms.) Bpk., op die Johannesburgse Aandelebeurs gelys is en dus aan beleggers verantwoording doen oor die wyse waarop sodanige projekte geïnisieer, geïmplementeer en uiteindelik bedryf word. Soos op die Interwaste Webwerf (www.interwaste.co.za) aangedui, onderskryf Interwaste aan die volgende internasionale standaarde deur akkreditasie: ISO 9001; wat standaarde stel vir effektiewe kwaliteitsbeheer. ISO 14001; wat omgewingsbestuur standaarde stel wat elke faset van Interwaste se bedryf beheer om sodoende te verseker dat negatiewe impakte op die omgewing tot die minimum beperk word. ISO 18001; wat die internasionale bedryfsgesondheid en -veiligheids standaarde stel. Kommentaar 6: Landelike gebied Kommentaar deur Projekspan: Die omgewingsstandaarde wat deur Departement van Waterwese en Departement van Omgewingsake gestel is vir die ontwikkeling en bedryf van stortterreine maak voorsiening vir beskerming van die omgewing. Daar is ongelukkig ’n tendens dat wetgewing strenger op die privaat sektor as op plaaslike owerhede toegepas word, met die gevolg dat stortterreine wat deur plaaslike owerhede bedryf word dikwels nie aan die voorgeskrewe omgewing standaarde voldoen nie.

Augustus 2014

De Wildt Nuus

33


32

August 2014

De Wildt News

Foto’s en bydraes vir DWN Indien u ’n bydrae vir die De Wildt Nuus wil lewer, let asseblief op die volgende vereistes: • Stuur asseblief foto’s in groot formaat en moet dit nie verklein nie, anders is die gehalte te swak vir gebruik. • Stuur teks in Word-formaat of in die eposprogram. Epos bydraes na manie.lemmer@ dewildtnuus.co.za

- Redaksie

DE WILDT NUUS Advertensietariewe Voorblad kleur.... R900 (borgskap) Agterblad kleur.... R850.00 Promosieblad ..... R700.00 Volblad ................ R480.00

Halfblad .............. R280.00 Kwartblad .......... R210.00 Agsteblad ........... R140.00 Klein ................... R 80.00

Augustus 2014

De Wildt Nuus

Dit lei op sy beurt daartoe dat die algemene publiek ʼn wanpersepsie van die professionele en omgewings sensitiewe bedryf van stortterreine het. Hoewel die vestiging van ’n streekstortterrein (soos die voorgestelde Multisand projek) ’n belangrike bydrae tot effektiewe munisipale dienslewering maak, bied dit uit ’n omgewingsoogpunt ’n prakties haalbare manier om terreine wat nadelig deur mynbouaktiwiteite geraak word, te rehabiliteer. Mynbou, soos industriële ontwikkeling, is ’n noodsaaklikheid vir vooruitgang van die land in sy geheel. Die realiteit is egter dat minerale wat gemyn is nie beskikbaar is om uitgrawings te rehabiliteer nie en die wetenskaplike ontwikkeling en bedryf van stortterreine is gevolglik een van die min haalbare opsies vir totale rehabilitasie van sulke areas. Daar word verwag dat die Multisand myn se oorblywende leeftyd 25 jaar is, wat beteken dat die myn progressief deur wegdoening van vullis gerehabiliteer word. Deur die stortterrein tot ’n natuurlike landvorm te ontwikkel sal verseker dat die stortterrein tydens bedryf en met deurlopende rehabilitasie by die heuwelagtige omgewing inskakel. Voorbeelde waar rehabilitasie van oppervlakmyne suksesvol uitgevoer is deur die ontwikkeling en bedryf van stortterreine, bestaan in SuidAfrika. Kommentaar 7: Waardedaling van eiendomme Kommentaar deur Projekspan: Die stelling dat eiendompryse in die omgewing sal daal weens die vestiging van ’n wetenskaplik ontwikkelde en bedryfde stortterrein sal ondersoek moet word gedurende die omgewingsimpakstudie. Behalwe vir voordele ten opsigte van rehabilitasie van die areas wat deur mynbouaktiwiteite geraak is, skep die nabyheid van ’n stortterrein wat goed bedryf word ook die geleentheid vir klein besighede en die algemene publiek in die omgewing om op ’n omgewingsaanvaarbare manier van vullis ontslae te raak. Informele materiaal herwinning (“scavenging”) word nie op enige van Interwaste se stortterreine toegelaat nie. Interwaste is egter uit ’n omgewingsoogpunt ʼn voorstaander vir bronskeiding van herwinbare materiaal en sal uit die aard van hulle bedryf ’n bydrae wil maak om sodanige projekte in die De Wildt omgewing van stapel te stuur. Kommentaar 8: Lug- en ander besoedeling, allergieë en siektes Kommentaar deur Projekspan: ʼn Volledige lugkwaliteitstudie (“air quality study”) maak deel uit van die omgewingsimpak studie-proses wat vereis word vir lisensiering van die stortterrein. Lugkwaliteitstudies is gebaseer op data van soortgelyke bestaande stortterreine om te bepaal wat die risiko van lugbesoedeling is, en ook watter maatreëls in plek gestel kan word om sodanige risiko's tot die minimum te beperk. Onttrekking en verbranding van stortterrein gasse (bv. metaangas) is onder andere ’n meganisme wat reeds suksesvol by Suid-Afrikaanse streeks stortterreine gebruik word (Durban, Ekurhuleni), met die verdere opsie om die metaangas as ’n bron van energie aan te wend. Lugwerende sproeiers word ook suksesvol aangewend om reuke tydens die aflaai en kompaktering van vullis te beheer. \Die wydte van buffersones (die afstand tussen die naaste vullis sel en die grens van die terrein) word uiteindelik bepaal deur die resultate van die lugkwaliteit studie. Daar word van die lisensiehouer vereis dat geen vullisstorting binne die voorgeskrewe buffersones gedoen word tydens bedryf van die stortterrein nie. Die vereiste standaarde vir die bedryf van stortterreine word omskryf in die Departement van Waterwese se “Minimum Requirements for Waste Disposal by Landfill, 2nd Edition 1998”. Onder andere word vereis dat vullis daagliks in ’n gedefinieerde area gestort, gekompakteer en met ’n grondlaag bedek word. Oop vure vir verbranding van vullis word ook verbied en stofbeheermaatreëls, soos die gebruik van ’n waterkar as stofbeheer op ongeplaveide toegangsroetes, is ʼn verdere vereiste vir die effektiewe bedryf van ’n stortterrein. Kommentaar 9: Boorgatbesoedeling Kommentaar deur Projekspan: Soos vroeër aangedui, word streng standaarde onderskeidelik deur die Departement van Waterwese en die Departement Omgewingsake gestel wat voorkom dat grondwater of oppervlakwater besoedel raak tydens die ontwikkeling en bedryf van stortterreine. Verwys asseblief na die vorige uiteensetting van maatreëls wat in plek gestel word om water besoedeling te bekamp. Kommentaar 10: Toevoerpaaie, verkeer, padbesoedeling Kommentaar deur Projekspan: Die omgewingsimpakstudie sluit onder andere ’n verkeersimpakstudie in. Sodanige studie ondersoek bestaande verkeers patrone gebasseer op verkeerstellings. Die kapasiteit van bestaande toegangsroetes word dan bepaal met inagneming van die impak wat addisionele verkeer vanaf die verwagte vullisbronne op die verkeer sal hê. Die verkeersimpakstudie bepaal uiteindelik die geskiktheid van bestaande toegangsroetes en waar nodig word vereistes gestel vir opgradering van aansluitings- en / of toegangsroetes. In terme van verkeerspatrone is dit belangrik om daarop te let dat vullisinsamelingsvoertuie stortingsterreine meestal buite spitstye besoek omrede insameling soggens tussen 7 en 8 begin en vullis eers teen laat oggend afgelaai word. Dienste in die middag is ook reeds afgehandel tydens spitstye omrede vullisinsamelingsvoertuie teen daardie tyd reeds by depots terugbesorg word. Stortterreineienaars het beheer oor vullistrokke wat van die terrein gebruik mag maak en is dus in staat om as deel van die terrein se gebruiksreëls te vereis dat alle voertuie wat van die stortterrein besoek van nette voorsien is om te voorkom dat

5

vullis van voertuie afwaai of gestort word. Sodanige maatreëls word ook reeds baie suksesvol deur Interwaste toegepas op verskeie terreine wat deur hulle bedryf word. Wielwasfasiliteite word ook baie effektief tydens reën seisoene gebruik om modder van voertuigwiele te was voordat dit die stortterrein verlaat. Sodoende word voorkom dat modder en vullis wat aan voertuig se wiele mag vassit, op die openbare paaie gemors word. Kommentaar 11: Affektering van Groen gordel, suid van terrein Kommentaar deur Projekspan: Soos bo vermeld is Interwaste gesteld op bewaring van die omgewing en sal die beoogde stortterrein op ʼn professionele en verantwoordelike manier ontwikkel en bedryf word. Kommentaar 12: Stropers en “plakkerskamp” Kommentaar van Projekspan: Die teenwoordigheid van enige persone wat informele herwinning op ʼn stortterrein doen skep nie alleen ’n bedryfsprobleem nie (vullis kan nie gekompakteer en bedek word nie), maar dit skep ook ’n bedryfsrisiko vir die operateur. ’n Onlangse insident, waar ’n vrou wat onwettig op ’n munisipale stortterein was, haar been verloor het weens ’n vragmotor wat haar getref het, het daartoe gelei dat ’n aanseinlike skadeverghoedingseis teen Interwaste geslaag het. Interwaste is dus nog meer gesteld daarop om nie informele herwinning op hulle stortterreine toe te laat nie. Informele herwinning op stortterreine word suksesvol deur Interwaste voorkom deur beton palissade omheinings aan te bring en ’n sekuriteitsmaatskappy voltyds op terrein te hê om toegang te beheer en persone wat onwettige op die terrein is onmiddellik van die terrein te verwyder. Die bestaande Interwaste FG stortingsterrein by Olifantsfontein is ’n tipiese voorbeeld van waar sodanige maatreëls suksesvol toegepas word. Kommentaar 13: Bekamping van misdaad, water- en toiletgeriewe vir stropers Kommentaar deur Projekspan: Soos bo vermeld laat Interwaste nie informele herwinning op hulle stortterreine toe nie en word daar streng beheermaatreëls in plek gestel om ongemagtigde toegang tot hulle storttereine te beheer. Daar sal dus nie ’n behoefte aan water en sanitasie vir informele herwinnaars of “plakkers” wees nie. Kommentaar 14: Brommers,vlieë, muise en rotte Kommentaar deur Projekspan: Soos voorheen verduidelik is die daaglikse kompaksie en bedekking van vullis met ¹n grondlaag een van die beheermaatreëls wat gebruik word om vlieë, brommers, muise en rotte te beheer. Deur toegang tot vullis as die voedselbron te beperk, word die risiko vir die uitbreek van ’n muis en rot plaag beperk. Dit voorkom verder die behoefte om gif as plaagbeheer te gebruik, wat uiteindelik tot die dood van ander wild en voëls in die omgewing kan lei. Aangesien vullis selfs reeds ’n week oud kan wees wanneer dit op die stortterrein afgelaai word, kan daar verwag word dat vlieë na die aktiewe bedryfsarea (waar vullis afgelaai, gekompakteer en bedek word) aangetrek word. Dit word egter effektief op ander stortterreine beheer deur die gebruik van sisteme soos “Red Top” vlieëvangers. Omrede die grootte van die aktiewe bedryfsareas tot die minimum beperk word, is dit haalbaar om vliegbeheer in die aktiewe bedryfsarea toe te pas. Die daaglikse kompaksie en bedekking van vullis word met behulp van swaar konstruksie toerusting gedoen (27 ton vulliskompakteerders, laaigrawe, trokke en stootgrawe) en vereis dus nie onnodige groot getalle werkers op die stortterrein nie. Kommentaar 15: Soektog na 'n geskikte terrein Kommentaar deur Projekspan: Die voorgestelde terrein is gekies aan die hand van ’n omvattende terreinidentifiseringsondersoek. ’n Afskrif van die terrein identifiserings-verslag is ingesluit in die “Draft Scoping Report” wat beskikbaar is vir publieke insae en kommentaar. Ooreenkomste met grondeienaars waar stortterreine ontwikkel word is meestal onderhewig aan die suksesvolle lisensiëring van die stortterrein en is dus nie enige aanduiding dat die geselekteerde terrein ontwikkel sal word, ongeag die bevindinge van die omgewings- impakstudie of uitslag van die lisensieaansoek nie. Die projekspan wil laastens graag van die geleentheid gebruik maak om die skrywer(s) van die bostaande dokument te bedank vir die waardevolle insette en onderneem dat bogemelde kommentare tydens die omgewingsimpakstudie in aanmerking geneem sal word. Sluitingsopmerking: Interwaste is van mening dat bekommernisse soos in hierdie skrywe uitgewys wel deur die professionele en omgewingsensitiewe ontwikkeling en bedryf van ’n stortterrein suksesvol aangespreek kan word. As bewys daarvan rig Interwaste ’n uitnodiging aan lede van die De Wildt gemeenskap om ’n besoek aan die Interwaste FG stortterrein by Olifantsfontein te bring, waar die aanvaarde bedryf van stortterreine gedemonstreer word. Interwaste sal die nodige logistieke reëlings tref en vervoer voorsien indien die behoefte vir sodanige besoek sou bestaan. Vriendelike Groete Johan Hayes Vir AECOM SA (Pty) Ltd


6

De Wildt News

Possak (vervolg)

August 2014

Kommentaar op Stortingsterrein! Nou Poloniefabriek! Selenta Jansen van Vuuren Die mense het nie die fabriek opgerig nie, hulle gebruik ’n vleisverwerkingsfabriek, hulle het nie blykbaar ’n kleinhoewe gekoop nie, hulle het die kleinhoewe gekoop. Inwoners is welkom om in Garankuwa te gaan kyk hoe hulle dit doen voor hulle kommentaar lewer. Hierdie mense probeer om dinge op die regte manier te doen volgens die wetlike kanale. Gaan kyk asb wat hulle doen, ek dink julle sal verbaas wees om te sien wat al alles daar gebeur het. Dit stink nie want daar sal nie afval wees nie. Die vleis wat hulle kry is die vleis wat hulle gebruik, so voor julle enige verdere kommentaar lewer, kry asb jul feite ook agtermekaar. Gaan kyk wat hulle doen en maak kennis met die mense, hulle is nie onaardig nie, net gewone mense soos ek en jy. Hulle gaan ook nie op die perseel verkope doen nie, hulle maak net hulle produkte en die verkope gaan na die winkel Kommentaar deur Manie Lemmer (by skrywe van Selenta Jansen van Vuuren hierbo oor die Poloniefabriek) Ek haal graag aan uit die notule van die Redaksievergadering van 23 Junie 2014: “7.1.4 Tov die artikel deur mev Lemmer “Stortingsterrein! Nou Poloniefabriek” maak mnr Davel beswaar en mev Scribante meld ook dat sy 'n brief van 'n leser saamgebring het wat daarteen beswaar maak. Volgens mnr Davel was die betrokke artikel nie tydens die vorige vergadering vermeld nie, maar die betrokke notule bewys die teendeel. Mev Scribante het wel tydens die vergadering gemeld dat daar blykbaar nie enige beswaar teen die mense is nie, maar die voorsitter se siening was steeds dat die inwoners nie vooraf daaroor ingelig was nie en dus op een of ander wyse soos gemelde artikel ingelig moet word. Mnr Davel en mev Scribante meld albei dat hulle geen probleem met die betrokke verpakkingseenheid van Polonie in ons gebied het nie en dat die eienaar/s van die nuwe opset ook teen die artikel beswaar gemaak het. Die voorsitter onderneem om by die skrywe van Selenta Jansen van Vuuren verskoning aan te bied vir enige skade wat die betrokke mense agv die artikel mag ondervind het. Hy sal egter ook daarby die aanvaarde prosedure

in Garankuwa en ook aan bestaande verskaffers. Ek dink ook nie dit is regverdig dat ons hulle vergelyk met die stortingsterrein nie. Dan kan ons maar ook kyk na ander besighede in ons omgewing, is hulle wettig? Verder word daar ook werkskepping gedoen, die mense van MeatGood gebruik ook baie van ons eie mense in die omgewing, hulle help ook by Laerskool Vissershoek met die sopkombuis waar hulle aan die skool maandeliks kos skenk vir die 36 kindertjies wat elke dag ’n bord kos kry. Daarvoor sê ons groot dankie vir hulle - daar is nog mense wat omgee. So, wat ek eintlik wil vra/sê: Maak kennis met die mense, hulle is vriendelik en baie behulpsaam en hulle probeer regtig om almal in die omgewing ook gelukkig te maak. Hulle is hier om te bly en hulle wil graag in die gemeenskap betrokke raak. vermeld tov enige vreemde optrede of voorneme van optrede wat die inwoners mag raak en veral wanneer dit gaan om die landelike aard en titelaktewysiging van persele, wat sedert Januarie 2000 met die stigting van die DWHM en al die jare sedertdien blykbaar slegs tot onlangs soos volg was: (i) Enigiemand wat hoor van 'n moontlike bedreiging van die rustigheid en aard van die gebied, het dit onmiddellik onder die aandag van DWHM gebring wat vinnig vasgestel het wat aangaan en die inwoners of lede dadelik ingelig het. (ii) Indien gesamentlike optrede van die Maatskappy nodig was, is inwoners in 'n vergadering byeengeroep ten einde modus operandi te bespreek of verder te beplan. Mense wat nie vergaderings kon bywoon nie, is na behore oor ons plaaslike radio ingelig en daar was nie enige bespiegelinge daaroor nodig nie, omdat ingeligte mense nie oningeligte vrae vra nie. In die onderhawige geval het DWHM nie sy lede of die inwoners alhier, teenstrydig met die aanvaarde beleid, daaroor ingelig nie en dit was die rede waarom die betrokke artikel wel geplaas was. Te danke daaraan is en word lesers nou in nabetragting wel daaroor ingelig, maar die feite wat ons volgens die skrywer moes ondersoek, was beslis nie die taak van die redaksie nie.”

Phillip van Rensburg Ortopedies Professionele Ortotis / Protetis

MONTANA

Gwarrieboslaan 32 Wonderboom Pr 8700818

Professionele voetanalise & evaluasie Binnesole vir alle tipe seer voete Spesifieke Diabetiese binnesole Kunsbene, Drukkouse en Rolstoele Ortopediese skoeisel & 25 jaar ondervinding Medies ingekontrakteerde tariewe Voormalige Lektor (TUT) Universiteit van Tshwane.

012 543 3020/082 927 1267

Sunday Carvery "Kings of Pretoria" Rice, Afval/Tripe, Curry Beef Stew, Mikes Fried Chicken, Roast Beef, Pork, Lamb, Pumpkin, Beans, Spinach, Onion Rings, Carrots, Mash, 8 different salads, Pumpkin cakes, Optional desert, in house wine specials, R98, Pensioners R 70, and children 1/2 price Bookings essential Call Monday- Saturday - Different in house specials.

Jan / Marthie 012 548-6836

Augustus 2014

De Wildt Nuus

31

BEDREIGINGE VAN BUITE ONS GEBIED Manie Lemmer Dit gebeur talle kere dat in ons gebied “ewe onskuldig” iets gebeur sonder dat dit ons ontstel. Toe die inwonersmaatskappy in 2000 gestig is, het al die betrokke inwoners saamgestem dat hierdie maatskappy ons gebied moes beskerm teen onnodige en kwaadwillige “ontwikkeling”. Ons gebied is steeds landelike gebied en ons weet dat ons nie ontwikkeling altoos kan of moet keer nie, maar ons is tog verantwoordelik om ons gebied so ver moontlik landelik te hou. Daarom woon ons hier, om die rustigheid in

die “skadu van die Magaliesberg” te geniet en om die bietjie Fauna en Flora wat nog oorgebly het, te beskerm. As enigiemand dus bewus word van enige verandering, al mag dit onskuldig lyk, bring dit asseblief onder die aandag van die Maatskappy waarvan ek steeds lid is, sodat die feite dadelik ondersoek en onder ons as lede se aandag gebring kan word. So kan ons almal saamstaan en nuwe ontwikkelaars as hulle bona fides in orde is, verwelkom of as die teendeel bewys kan word, gewys kan word op die onaanvaarbaarheid van hul voornemens.

Ons beskerm ons mense Voorsiening en installasie van elektroniese sekuriteitstelsels. Elektriese heinings, alarms, hek- en motorhuisdeurmotors, binnekringtelevisie, interkoms asook toegangsbeheerstelsels. Ons is van De Wildt vir die beskerming van De Wildt. Meer as 13 jaar in die bedryf. Kontak ons gerus vir gratis advies en kwotasies. Rassie Van der Merwe: 082 413 0482 Faks: 086 236 0053 E-pos: sales@miosaone.co.za

Spesiale aanbod DDS sisteem R4500


30

August 2014

De Wildt News

ARTIKELS EN ADVERTENSIES Manie Lemmer Ons blad bestaan uit 'n verskeidenheid artikels en ook advertensies. Die artikels word deur talle skrywers besorg en die advertensies moet een-een deur die redaksielede gewerf word. Die advertensies is die geldbron wat die blad gratis by ons lesers besorg. Dit is egter kommerwekkend dat al hoe meer mense van artikels gebruik maak om “gratis advertensie” binne die betrokke artikel te verkry. Ons het dit tot datum toegelaat, maar ons medewerkers moet begrip

hê vir die feit dat ons fondse moet in om die blad die lig te laat sien. Ons laat slegs kennisgewings en promosie binne artikels toe vir ons plaaslike organisasies, maar sal in die toekoms verplig wees om sodanige artikels wat blote “gratis” advertensies is, na die skrywers terug te verwys. Dit sal waardeer word as ons medewerkers voortaan by die korrekte reëling bly.

ONS POSSAK EN LIEF EN LEEDKOLOM Ek bring graag weer ons possak en die Lief en Leedkolom onder ons lesers se aandag: Die possak is daar om lesers se briewe te ontvang en te verneem waarmee u tevrede of ontevrede is; sê dit vir ons in 'n skrywe aan die redaksie en nie in ander vergaderings nie, ons sal dit waardeer. Ek wil ook weer herhaal: Ons redaksielede is nie betaalde joernaliste van 'n koerant nie en daarom kan ons nie rondreis om al die Lief en Leed-berigte uit te snuffel nie. Lesers het gemerk hoe ek elders in die

blad verskoning moes aanbied vir 'n foutiewe berig. Help ons asseblief met die korrekte feite op skrif telkens wanneer daar 'n sterfgeval, ongeluk, hospitalisasie, verhuising of prestasie vermeld moet word. Ons as redaksie en ander lesers wil graag saam met die betrokkenes ween of juig en so deel wees van u leed of lief en u samewerking en hulp sal waardeer word. Die versamelpunt vir laasgenoemde is Georgie Louw en haar telefoonommer verskyn in die redaksielys op bl 2.

Brits/Pretoria-Noord pad (R513), Afrit 36, De Wildt 084 341 4816 - Elanie van der Merwe

• Gebreekte mielies • Lusernbale • Lusernpille • Hoenderkos • Geel meel • Heel mielies

• Pebbles • Voerbakke ens • Perdevoer • Hondekos • Katkos • Voëlsaad • Varkgroeimeel

Augustus 2014

7

De Wildt Nuus

Markte en feeste Rina Bester

LEKKER LEEF FEES

ALMAL SE MARK@PIONIERS

Saterdag 30 Augustus vind die Duck & Dine LEKKER LEEF FEES plaas vanaf 09:00-14:00. Daar sal 'n teetuin en 'n biertuin wees asook baie kindervermaak. Toegang is gratis, maar vrywillige donasies word gevra van toiletware of 'n finansiële bydrae ten bate van Huis Hermon tehuis vir verswakte bejaardes, die De Wildt kosprojek, die Ebenhaeser Kinderhuis en die DPS Kinderhuis. Duck & Dine is 'n gevestigde Trou en Funksie Venue in Akasia, Pretoria. Ons spesialiseer in troues maar doen ook funksies van enige aard. Die fees bied die volgende: Kos, Kuns, Vermaak, Ronald MacDonald, Gesigverf, Mini Trou Expo/Michael Ferguson Designs, Lewendige Musiek (Ilana van Wyk), Biertuin en Skuurdans vanaf 19:00. Vir meer inligting kontak Rina Bester by 0711106907.

Op die eerste Sondag van die maand vind Almal se Mark@Pioniers by die Pioniersmuseum in Silverton plaas. Oudhede, kuns, handwerk, plante, lekker kos soos pap-en-kaiings, melkkos en pannekoek word verkoop en daar word lewendige vermaak aangebied. Navrae Rina by 0711106907.

KAAS-EN-WYN FUNKSIE Ons het 'n glansryke kaas en wynfunksie op Saterdag 2 Augustus om 19:00 by Tutuwedzo (op die Laerskool Vissershoek pad) teen R100 per persoon of R200 per paar en dit sluit 'n wynproe en musiek deur Theonette Vogt in. Dit is deel van die aanloop na die De Wildt Fees van 78 November wat vanjaar heeltemal 'n gedaanteverwisseling ondergaan. Ondersteun ons asb met hierdie fondsinsamelingprojek en laat weet my as jy belangstel om kaartjies te bekom. Ek is tot bereid om dit by jou te besorg! Daar is 'n beperkte hoeveelheid kaartjies beskikbaar so moenie wag nie. Kontak Rina Bester by 0711106907.

BREIPROJEK Ons brei projek vir die fees is aan die gang. Gebruik 5mm breinaalde met dubbelbreidraad en sit 30 steke op. Brei 50 rye en heg af, maar laat 'n 20cm draad aan waarmee die blokkie vasgewerk word. Ek het wol beskikbaar as iemand nodig het.

BOEREFEES Op 9 Augustus vind Wagpos Hoërskool se Boerefees plaas met heelwat landbouverwante uitstallings asook 'n jeugskou. Karlien en Bobby van Jaarsveld is die hoofvermaak die aand. Toegang beloop R20 per persoon tot 14.00 en daarna R80 per persoon. Navrae Rina by 0711106907.

AARBEIFEES Op 12-13 Sept is dit weer tyd vir die NG Kerk Brits se Aarbeifees. Navrae Rina by 0711106907.

Zodiac Dierekliniek Tel: 012 252 1266 Fax: 012 252 6357 31 Carel de Wet weg, Posbus 460, BRITS 0250

Drs. GS Scheepers (BVSc) 082 785 1593

BONANZA COUNTRY MARKET Nog lekker markte in ons omgewing is die Bonanza Country mark by die Bonanza Karavaan Park. Van ons omgewing se inwoners is daar betrokke en daar is lewendige vermaak deur ons plaaslike country sangers. Navrae aan Ansi Gimesi 0767814620 en die mark is vanaf 09:00 - 14:00.

E-mail: zdk@vodamail.co.za


8

De Wildt News

August 2014

Augustus 2014

29

De Wildt Nuus

Die paaie in ons omgewing Manie Lemmer Ons is dankbaar vir die groot verbetering in die Schietfontein-De Wildt-pad, maar daar is nog talle gebreke wat sekerlik nie langer maar net aanvaar kan word nie. Kyk maar na die hoë walle in die kante van die R513-pad, wat reeds ongelukke veroorsaak het, die gate in die draai vanuit die R513-pad na die Silkaatsnek-pad en die hobbels naby afrit 16 in die R513-pad. Dit is die toestand van die paaie wat aandag moet kry. Daar is egter ook die “pynplekke” wat nou lank reeds pla: 1. Die T-aansluiting van die R513-pad by die Hornsnek-pad, hierdie aansluiting verg behoorlike aandag, want die verkeer raak veral saans so erg dat 'n mens nie meer vanuit die R513 in die

Hornsnekpad kan inkom nie. Die oplossing hier en ook by die T-aansluiting aan sy ander kant is drierigting-stopstrate of sirkels of die veel duurder verkeersligte. 2. Die T-aansluiting van die R513-pad by die Silkaatsnek-pad, dit duur soms baie lank om hoegenaamd in die Silkaatsnekpad na Brits te kan indraai, die verkeer laat jou net nie toe om in te kom nie; die ander alternatief is “ kanse neem” en die gevolge dra. Waarom kan'n drierigtingstop of sirkel of die duurder verkeerslig nie hier die oplossing vir ons as padgebruikers bring nie? Moet hierdie leemtes dan ad infinitum verduur word of wil die betrokke mense dan nie maar hierdie berig raaklees en die nodige doen nie?

Pinocchio Kleuterskool

R700 R1 300

Afrit 78 R513 Schietfontein De Wildt

Vir Baba/Kleuter Gr R/Naskool Rekenaarklasse Elsie - 072 150 3850

R2 150

Faks: 012 546 4233 elsie.pinskool@yahoo.co.za

Adverteer in DE WILDT NUUS Kontak 082 879 6969

KELLY's DOPPIES VERSKAFFER VAN KLAAR GEBAKTE TERTDOPPIES, ROOMHORINKIES & TERTKORSE KLEIN DOPPIES: R50 vir 100 KOLWYNTJIE GROOTTE DOPPIES: R30 vir 25 ROOM HORINKIES: R30 vir 3dosyn / R260 vir 30dosyn TERT KORSE: R17 per kors / R30 vir 2 korse

083 635 6697 / neva@mighty.co.za


28

August 2014

De Wildt News

De Wildt Plaasfees Rina Bester

Die De Wildt Plaasfees vind van 7-8 November by Laerskool Vissershoek plaas. Die fees het 'n nuwe baadjie aangetrek en ek wil baie graag ons nuutste feesnuus met die lesers deel. Op 2 Augustus het ons 'n spog kaas-en-wyn funksie by Tutuwedzo, op die skoolpad, om 19:00 en 'n R100 kaartjie sluit 'n wynproe en musiekvertoning deur Theonette Vogt in. Daarbenewens is daar ook 'n paar lekker verrassings vir ons gaste. Ons feesvermaak gaan fantasties wees en die Vrydagaand 7 November is Etha en Dalene Genis ons sterre op die verhoog en hanteer Etha ook vir ons die mnr en mej De Wildt-kompetisie. Saterdag 8 November skop ons af met die trail run, bergfietswedren en pretloop en om 09:00 begin ons vermaak met Maruche Smith. Van10:00 tot 13:00 tree die Rodeo Girls Line Dancers met 6 sangers op, en na hulle is Country- legende, Billy Forest, en Dalene Genis aan die beurt. Daarna volg Pieter Naude, Jennifer Zamudio en DJ

De Wildt Nuus

9

Ons Senior burgers Hannetjie (Johanna F C) Labuschagne (Schoeman) Gebore 2 Aug 1924

Ossewa sluit die fees vir ons af. Almal wat nog verder wil kuier skuif dan na ons watergat oorkant die skoolterrein toe. Ek GROOT ASSEBLIEF 'n beroep op individue en besighede wat kans sien om 'n donasie te gee, of as borg op te tree vir ons fees, om my of die maatskappykantoor asb te kontak. Ons uitgawes is geweldig groot en ons wil baie graag 'n fees bied waarop ons almal as De Wildt-inwoners trots kan wees. As jy weet van 'n besigheid wat bereid sal wees om ons te ondersteun, kan jy ook die besonderhede deurgee. Ons wins met die fees word weer in die gemeenskap en ons kinders teruggeploeg. Enige bedrag, al is dit hoe gering, sal 'n verskil maak en hoog op prys gestel word. Ons gaan ook vanjaar weer ons minderbevoorregte kinders betrek, maar gaan meer konsentreer op die kinders in ons onmiddellike omgewing. Kontak Rina by 071 110 6907 vir meer inligting. Facebook: De Wildt Plaas Fees.

Ingrid Chelin Fisioterapeut/Physiotherapist PR: 7225245

Augustus 2014

) 126 De Wildt, 0251

Tel: 012 504 2168 Sel: 082 681 0928 R513 Brits/Pta-Noord Pad, Afrit 156 Wildebeeshoek

As jy nie na my toe kan kom nie, kom ek na jou toe!!!

Nana Steyn Dit het my lank geneem om 'n artikel oor my ma te begin skryf, want ek kan 'n hele boek oor haar skryf! Sy is in Pretoria gebore en het groot geword hier in Vissershoek, by afrit 95 waar Graceland vandag is. Sy was in Vissershoek Laerskool en een van haar briefies is ook in die monument voor die skool toegemessel. My pa en ma het mekaar deur die “opsitkers” in die Landbou Weekblad ontmoet. Hulle het vir mekaar begin skryf, toe kom kuier hy vir ’n naweek. Was glo liefde met die eerste oogopslag. Toe kom kuier hy weer ’n week en die einde van die week het hy die jawoord gevra. Reëlings vir die troue is begin en ’n paar dae voor die troue het my pa weer kom kuier. Hulle is 9 Oktober 1948 getroud. Hulle was onafskeidbaar en ’n wonderlike voorbeeld van ’n gelukkige huwelik. Ons as kinders kan nie aan een dag dink wat ons hulle hoor stry het nie. My ouers het na hul troue ’n huis in Pretoria-Noord gekoop en in 1964 het ons Vissershoek toe getrek na my pa die huis klaar gebou het. Tot groot blydskap van ons almal. Daar is 3 kinders uit hul huwelik gebore, my ouboet Jan Labuschagne, dan ek Nanna Steyn en 14 jaar na my, my laatlamboetie Neels Labuschagne wat reeds oorlede is. My Ma het 9 kleinkinders en 8 agterkleinkinders. My ma is ’n baie besonderse ma en ouma, soos almal wat al baie jare die pad saam haar geloop het, altyd sê: daar is net een ouma Hannetjie. Met haar liefde en sagte persoonlikheid is sy net ’n voorbeeld vir almal van ons. Sy lewe dit regtig uit dat sy ’n kind van God is, haar hele lewe spreek daarvan. Ek het haar regtig nog nooit iets slegs van enige iemand hoor sê nie. Sy is met alles so tevrede en dankbaar vir enigiets wat iemand vir haar doen of gee. Al sien en hoor sy baie sleg, stel sy nog in alles en almal om haar belang. Sy vra uit en onthou dit, sy is dol oor die sport op televisie, al sit sy teen die kassie en gebruik die vergrootglas om die telling te kyk. Sy wil nog steeds werk, skil gereeld nog vir my groente en maak my man se toebroodjies vir werk. Dit vergeet sy nie, hy mag nie sonder kos gaan werk nie. Net die liggaam wil nie meer saamwerk nie, sy is soos my

kinders altyd sê: net vol liefde en ’n voorbeeld en sy wil altyd weet waar hul is en wat hul doen. Ons kan na 90 jaar sê ons het wonderlike tye saam met ’n wonderlike ma, ouma en oumagrootjie gehad, en bid vir nog ’n hele paar jaar meer. Ek wil vir my Hemelse Vader dankie sê dat ons as gesin na oupa se heengaan, haar by ons kan hê, haar elke dag geniet met ’n grappie en ’n dankie altyd gereed. Ek wil ook vir my man, Louis, en my kinders baie dankie sê, want vir hulle is niks te veel om vir haar te doen nie. Hulle hanteer haar met soveel liefde. Vir Erika wil ek en pappa baie dankie sê,dat jy altyd bereid is om na ouma te kyk en te bederf as ons êrens moet gaan. Ons waardeer dit baie, ouma veral, vir al jou drukkies en soentjies. Groot dankie aan almal wat so gereeld vir haar kom kuier met ietsie lekkers wat sy baie waardeer. En laaste aan my ma, ’n groot dankie vir al haar liefde. Uit ouma Hannetjie straal net een woord, en dis liefde!


10

August 2014

De Wildt Nuus

R12-00 p/kg

Mariëtte Kloppers

Posbus 1, De Wildt, 0251

R10-00 p/kg R10-00 p/kg

BALLET - 2010 LAERSKOOL GENL HENDRIK SCHOEMAN

R15-00 p/kg

Mariëtte Kloppers Posbus 1, De Wildt, 0251

27

Margaret Troskie - Skakelbeampte

012 504 2023 082 788 1670 • Was en stryk van linne en klerasie • Slegs was van linne en klerasie • Slegs stryk van linne en klerasie • Was en stryk van gordyne

De Wildt Nuus

Vroue Landbou-Unie Nuus

QS-WASSERY 012 504 2023 082 788 1670

Augustus 2014

Maandag en Donderdag vanaf 13:00

EASY BUILD DE WILDT SHOPPING CENTRE TEL: 087 805 8851/2 FAKS: 086 550 0320 SEL: 082 376 0608 E-pos: easybuild@lantic.net

Vir alle boumateriaal en hardeware Vir vriendelike diens en persoonlike aandag besoek ons by

De Wildt Winkelsentrum

KUNS EN KLEUR Op 24 Junie 2014 is die VLU van De Wildt bekend gestel aan 'n besondere kunstenares tydens hul studierigting Kuns en Geskiedenis. Alrisa Lombard het op 53 jarige ouderdom begin skilder. Sy het na 'n seer tyd in haar lewe 'n kursus bygewoon waar sy geleer het dat daar gesondmaking in kreatiwiteit van enige aard is. Dit is opmerklik dat haar skilderye baie emosie weergee deur hande wat geskilder word, items op die skildery wat 'n hart vorm en kleurgebruik. Primêre kleure is geel, rooi en blou. Hiervan kan enige ander kleure geskep word. Om van komplementêre kleure in die agtergrond van 'n skildery gebruik te maak, gee diepte daaraan. Kleure kan ook gebruik word om emosie te skep; so gee geel 'n warm en lewendige gevoel. Pers en blou is koel kleure en kan hartseer oordra. Waar geel en pers egter saam gebruik word, gee dit 'n ryker gevoel. Betekenis van ander kleure is byvoorbeeld: Oranje - Passievol, suiwerend, oestyd, vuur. Pers - Koninklik, priesterskap, krag. Groen - Nuwe lewe, groei, vars. Pienk - Liefde, versorging, vroulik, romanties, teer, sensitief, hoop. Hoe dieper die pienk, hoe meer energie en passie. Pienk kalmeer woede, verwaarlosing en aggressie, maar te veel van hierdie kleur kan swakheid uitbring bv ooremosioneel, benodig pal ondersteuning en onvolwassenheid. Gebruik saam met donker kleure, soos donkerblou, donkergroen, swart of grys, bring meer sterkte en sofistikasie. Turkoois - Dis 'n mengsel van blou en groen en het 'n kalmerende effek. Dit word ook geassosieer met energie, wysheid, kreatiwiteit, emosionele balans, vreugde, geduld, varsheid, en vroulikheid. Hierdie predikantsdogter het baie ysters in die vuur. Sy is baie by die versorging van haar Ma ( Christine van Wyk Toere) betrokke. Onlangs het sy ook 'n teehuis met skilderye, geskenke en onthaalplek vir sowat 30 persone La Vie Classique, geopen.

Iris Groenewald, Carine van Rooyen, Margaret Troskie en Alrisa Lombard

Verskoning: Foutiewe beriggewing Sannie Lemmer Hiermee bied ek verskoning aan vir die foutiewe beriggewing in die Junie 2014 uitgawe van De Wildt Nuus ivm die skakelbeampte, Margaret Troskie wat as skakelbeampte van die jaar aangewys is. Die wisseltrofee is deur Jakarandastreek en nie Overvaalstreek nie, toegeken. Verskoning ook aan diegene wat daardeur geraak is. Die reggestelde berig moet soos volg lui: SKAKELBEAMPTE PRESTEER Die Vroue Landbou-Unie, De Wildttak, se skakelbeampte, Margaret Troskie is tydens Jakarandastreek se konferensie aangewys as skakelbeampte van die jaar 2013. Die skakelbeampte van die streek met die meeste berigte asook foto's wat gepubliseer is kom in aanmerking vir hierdie wisseltrofee. Margaret het ook 'n plakboek van al haar berigte en foto's saamgestel as deel van haar voorlegging. Margaret, die redaksie van De Wildt Nuus wens jou geluk met hierdie prestasie. Dankie dat ons gereeld van jou bydraes ontvang vir plasing in ons blad.


26

De Wildt News

August 2014

Vroue Landbou-Unie Nuus Margaret Troskie - Skakelbeampte

Goeie nuus vir kinders Orna van der Merwe is met hierdie projek van geloofsontwikkellingsbediening betrokke by laerskole, kleuterskole, junior kategese in verskillende kerke en eendag-uitreike. Spesiale projekte sluit in om gestremde en getraumatiseerde kinders met God se Woord te bedien. Die projek is in 1994 begin toe Godsdiens uit skole geneem is. Vrywilligers word verwelkom en opleiding word tydens werkswinkels gedoen. Enigeen kan ’n vrywilliger word. Hierdie praktiese kinderevangelisasie is ouderdomsgerig. Kinders wil nie net stilsit nie; daar word gesing, speletjies gespeel, poppekas gehou, Bybelstories gelees en gesing. Die projek word ook nou in Welkom aangebied. Iris Groenewald, Orna van der Merwe en Mary-Ann du Preez. Orna het gevra dat ons sal bid dat kinders se harte ontvanklik sal wees.

De Wildt Nuus

Augustus 2014

MARGARET ROBERTS 'n Stil maar besondere mens ‘n Mens wonder of al die inwoners van ons gebied altyd bewus is van besondere mense wat in ons gebied werk en woon. Toe ek een Saterdag in Junie 2014 na Ontbytsake op die Kyknet-afdeling van die TV-netwerk kyk, sien ek skielik 'n bekende mens, Margaret Roberts, wat as gas in die program opgetree het. Ek het weer bewus geword van hierdie besondere dame wat miskien nog meer bekend is buite ons gebied en nie slegs buite ons gebied nie, maar wêreldwyd. Haar kennis van veral kruie en haar liefde vir haar medemens deur te probeer omsien na almal se goeie gesondheid het my weer eens opgeval. Langs hierdie weg wil ons maar net ons waardering uitspreek vir die groot werk wat sy doen en vir al die navorsing en boeke en ander geskrifte uit haar pen. Ons sien besondere mense raak en ons het met trots gekyk na haar besonder treffende optrede in hierdie program en wel in puik Afrikaans. - Manie Lemmer

KLUB LEKKERRUS/LIBERTAS

Kortliks vanuit kongres 14 en 15 Mei 2014 Kongres is geopen met die vaandelparade van vyf streke. Dit was ’n pragtige geleentheid met 55 takke teenwoordig. Liefdadigheid: Sweetpakke, wat deur lede geskenk is, is aan die SAVF oorhandig. ’n Skenking is ook aan Broken Wings gemaak. Mev Le Roux het ontstellende inligting deurgegee aangaande die skade wat berokken word deur die skaliegasontwikelling. Boodskappe van Barbara Steenkamp en mev Du Toit aan die dames was om baie te lag en te onthou dat hulle uitsonderlik is, soos God ons gemaak het.

NABOOMSPRUIT (Mookgopong) ± 200 km vanaf Pretoria Kom geniet die Bosveld en die heerlike warm water van hierdie twee private oorde wat behoort aan gekeurde permanente lede van Klub Lekkerrus/Libertas. Al is u nie 'n permanente lid nie, kan u van jaar tot jaar jaarlidmaatskap bekom, maar u aansoek is aan keuring onderhewig. U is welkom om by hierdie twee warmwaterbronne Lekkerrus en Libertas te kom vakansie hou teen bekostigbare tariewe, met kortings van tot 50% in buiteseisoenstye. Spesiale korting vir groepsbespreking. Nota: Gekanselleerde lidbelange vir herverkoop beskikbaar

Fasiliteite beskikbaar: Woonwaterreine met kragpunte en gerieflike ablusieblokke Rondawels en kothuise (“chalets”) Warmwater swembaddens • Rumatiekbaddens Borrelbaddens • Waterglybaan Set-setbaan • Damme vir hengel Saal en konferensiesaal vir troues en funksies

Navrae: E-pos:

Lekkerrus@lantic.net Tel: 014 7439300

11


12

August 2014

De Wildt News

Die Bek se Padstal Drankwinkel

Tel: 012-5041 694 • Faks: 012-504 1478 • EMAIL: diebeksepadstal@webmail.co.za R513 PAD - DE WILDT

DIENS MET 'N GLIMLAG KOM LOER GERUS IN !!!

Vars Groente Bewerkte groente en Vrugte Dro‰ë Vrugte Heerlike Biltong Droë Wors Chilli Bites

Ola Roomys / Coke / Beeld en tydskrifte Wyn / Bier / Ciders Houtskool/Braaihout Heerlike Wors / Gepasteuriseerde Tapmelk

Rapport elke Sondag "Qiwi - Easy Way to Pay" masjien MTN, Cell-C, Vodacom ens Databondels Air time, Elektrisiteit, Internet betalings, Verkeersboetes, Landlyn-telefoonbetalings, VOIP en vele meer! Bring jou wild!!! Thomas verwerk die vleis en maak vir jou heerlike biltong, droë wors en chilli bites.

De Wildt Nuus

Augustus 2014

Hanna Scribante

25

DWBV Nuus

MAGALIESBERGSTAP 24 Mei 2014 te De Wildt 4x4 Die opgewondenheid was groot soos die stappers vanaf voor 7 uur die oggend by De Wildt 4x4 begin arriveer het en almal was bly om mekaar te sien. Om 07:30 het die stap begin met David Scribante as stapleier. Hy moes kort kort die groep van 23 stilmaak sodat die wilde diere soos rooibokke, sebras, elande, blouwildebeeste en kameelperde nie die hasepad kies nie, want almal het lekker gekuier soos daar gestap is. Die uitsig bo-op die voetheuwels van die Magaliesberg was asemrowend. Lood Schoeman en Willie Smit het by die lapa agtergebly en het later die vuur aan die gang gekry en wors gebraai. Toe almal na 12 uur by die lapa aankom kon daar gesmul word aan die heerlike worsbroodjies. Dankie julle twee! Almal was dit eens, dit was 'n lekker uitstappie en almal het dit baie geniet. Die volgende BOEREDAG is op 6 September 2014.


24

De Wildt News

August 2014

VERSKONING AAN MNR JOHAN FREYSEN EN SY FAMILIE EN VRIENDE Manie Lemmer Wanneer die Lief en Leed-nuusbrokkies geplaas word, word sover moontlik gepoog om korrekte inligting te bekom. In die Junie-uitgawe waarvoor ek volle verantwoordelikheid en aanspreeklikheid aanvaar, is per abuis verkeerdelik gemeld dat mnr Freysen in 'n motorongeluk “oorlede is”. Toe ek die betrokke uitgawe se redigering gedoen het, was ek nie daarvan bewus dat die oorlede ingeglip het nie en het dit ook nie kon korrigeer nie. Hy was inderdaad slegs in 'n ongeluk betrokke. Toe die eerste blad in die hande van lesers gekom het, is ek dadelik ingelig oor die fout. My stappe van regstelling was soos volg: 1. Ek het dadelik versoek dat die regstelling oor ons plaaslike radio geskied en Pamela van der Merwe het dit so hanteer en my verskoning aangebied; 2. Ek het mnr Freysen persoonlik telefonies geskakel en verduidelik wat gebeur het en my

DE WILDT NUUS Advertensietariewe Voorblad kleur.... R900 (borgskap) Agterblad kleur.... R850.00 Promosieblad ..... R700.00 Volblad ................ R480.00 Halfblad .............. R280.00 Kwartblad .......... R210.00 Agsteblad ........... R140.00 Klein ................... R 80.00

• Algemene Herstelwerk • Dienste • Ratkaste • • •

en Ewenaars Masjienherbouing Koppelaars en Remme Insleepdiens

G& G

MOTORDIENSTE

Kontak Gawie Rossouw of Gert Venter 012 525 1197 / 072 134 1105 (alle ure)

INSTANDHOUDING VAN ALLE FABRIKAAT MOTORS EN BAKKIES

verskoning aangebied; 3. Ek het die res van die kontreikoerante wat nog nie versprei was nie (bykans 500) persoonlik met die hand gekorrigeer voordat dit verder uitgedeel is. 4. Ek het ook onderneem om hierdie verskoning in die Augustus-uitgawe te plaas. Ek wil u graag daarop wys dat ek presies weet watter verleentheid dit vir 'n mens is as jy lees dat jy reeds oorlede is terwyl jy nog springlewendig is. Dit het my 'n jaar of drie gelede oorgekom om “nadoods” 'n merietetoekenning van Brailledienste (die organisasie van blindes wat hulle leesstof in braille produseer) te ontvang. Ek het lesers destyds daaromtrent en ook oor die gebeure daarna in ons blad ingelig. Johan, wees verseker van my en die redaksie se opregte verskoning oor hierdie voorval.

Augustus 2014

De Wildt Nuus

13

IMMANUEL – GOD MET ONS (4) Nader tot God en Hy sal tot julle nader Sannie Lemmer

In Jak 4: 8 Lees ons “Nader tot God, en Hy sal tot julle nader, reinig die hande julle sondaars, en suiwer die harte, julle dubbelhartiges!” * Omdat ek nie 'n teoloog is nie, weet ek net dat Jakobus praktiese wenke gee aan volgelinge van Christus. Daarom het ek na die begin van hoofstuk 4 gegaan en begin lees. Ek het 'n byskrif in my Bybel geskryf: Toets jou begeertes. Verder het ek ook geskryf: Eiebelang en begeertes teenoor God se belange. Met dit in gedagte kyk ons wat daar in die Bybel staan. Die vraag word gevra: Waarvandaan kom oorloë en vegterye onder julle? Die antwoord: Van julle welluste wat in julle stryd voer. Julle begeer en julle het nie, julle pleeg moord en is naywerig en julle kan niks verkry nie. Julle het nie omdat julle nie bid nie. Julle bid verkeerd. Egbrekers en egbreeksters, weet julle nie dat die vriendskap van die wêreld vyandskap teen God is nie? Of meen julle dat die Skrifte vergeefs sê: Met jaloersheid begeer die Gees wat in ons woon? Maar Hy gee groter genade, daarom sê Hy: God weerstaan die hoogmoediges, maar aan die nederiges gee Hy genade. * In die eerste gedeelte sien ons hoe die mens afdwaal. Die mens sondig. Die duiwel heers oor die mens. In die volgende gedeelte lees ons van die genade van God. Wat moet ons as sondaars doen? Vers 7: Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug. * Lees dit maar weer 'n keer: weerstaan die duiwel en hy sal van julle wegvlug. So genadig is God teenoor ons, sy kinders wat berouvol is. En dan kom ons by die belangrike gedeelte. Vers 8: Nader tot God, en Hy sal tot julle nader. * Ons moet eerste na God teruggaan, dan sal God na ons toe kom. God is heilig, God is groot, God is ons Hemelse Vader, en daarom moet ons ons voor God verneder en God sal ons

verhoog. Ons moet eers wys dat ons hartseer is oor wat ons verkeerd gedoen het: Weeklaag, treur en ween. Ons word ook aangespreek om nie van mekaar kwaad te praat nie. As jy jou broer oordeel, is jy nie 'n dader van die wet nie, maar 'n regter. Een is die Wetgewer, Hy wat mag het om te red en te verderf. Maar, jy, wie is jy wat 'n ander oordeel? * Dan kom ek terug by die gedagte: Toets jouself aan hierdie hele gedeelte in Jakobus 4. Doen jy dinge in jou eie belang, volg jy jou eie kop en vergeet van God, OF Lewe jy om God te verheerlik, te eer, te aanbid en te wys dat jy dankbaar is vir Sy genade om jou te red? God drieënig is heeltyd by ons. Ons moet na God teruggaan, dan sal God na ons toe kom.


14

De Wildt News

Finansiële Beplanning Doeltreffende behoorlike beplanning is haalbaar vir feitlik almal. Dit handel oor 'n beginsel- en prioriteitbesluit en moet eenvoudig en maklik verstaanbaar wees. Beplanning vir 'n individu of getroude paar behoort te bestaan uit: Doodsdekking, Ongeskiktheidsdekking, Inkomstebeskerming, Kritieke siektedekking en Aftreebeplanning. Doodsdekking: Die fokus moet wees om alle skuld te kan aflos, voorsiening te maak vir boedelkoste, verblyf waar nodig en om 'n maandelikse inkomste na te laat vir jou eggenoot en gesin. 'n Mens hoor gereeld die opmerking van 'n man of vrou dat hy/sy nie geld wil nalaat vir die eggenoot se volgende man of vrou nie. Dit is egter juis die lewensmaat wat sonder inkomste nagelaat word, veral as daar kinders is, wat die rouproses moet kortknip, romanse en liefde opsy moet skuif en baie gou weer moet trou of saamwoon ter wille van finansiële oorlewing. Dit het die geskiedenis al oor en oor bewys. Ongeskiktheidsdekking: Hier is die fokus weereens op die aflos van skuld, dan om kapitaal te hê om toegerus en ingerig te word vir die potensiële ongeskiktheid en om 'n maandelikse inkomste te kan hê vir versorging en lewenskoste. Inkomstebeskerming: Dit is dekking wat voorsiening maak vir inkomste wanneer jy as gevolg van siekte of fisiese inkorting, slegs vir 'n tydperk of permanent, nie in staat is om inkomste te genereer nie. Dit is nie slegs vir besigheidseienaars en profesionele persone bedoel nie, aangesien feitlik alle werknemers slegs beperkte siekverlof toestaan waarna inkomste gestaak mag word. Sekere beroepe kwalifiseer egter nie vir die voordeel nie. Kritieke siekte: Die voordeel betaal 'n enkelbedrag uit by die diagnosering van 'n kritieke siekte soos bv. kanker, hartaanval, hartomleiding, beroerte en verskeie ander fisiologiese siektes. Die meeste van die eise by groot versekeringsmaatskappye vind vir dié voordeel plaas. Sulke geld word deesdae gewoonlik aangewend vir mediese rekeninge, rehabilitasie en rekonstruksie aangesien mediese

August 2014

Johan Venter Senior Uitvoerende Finansiële Beplanner

fondse gewoonlik nie voldoende hiervoor voorsiening maak nie. Die kapitaal kan ook baie suksesvol en doeltreffend aangewend om die verlies aan inkomste a.g.v die siekte, aan te spreek. Ons is geneig om ons voertuie goed te verseker maar nie ons liggame nie… Aftrede: As jy nie voortydig sterf nie gaan jy oud word, dit is 'n baie sterk, onbetwiste wet van die lewe. Dit is hoogs aan te beveel om spesifiek voorsiening te maak vir 'n maandelikse kapitale inkomste by aftrede by wyse van 'n maandelikse bydrae tot 'n annuiteit, 'n behoorlike betroudare belegging of pensioen. Bitter min mense kan suksesvol aftree sonder sodanige voorsiening. Die korrekte metode van beplanning is om, waar daar werknemersvoordele soos pensioen en voorsorgfondsvoordele is, dit in ag te neem by beplanning en om daarvolgens die tekorte aan te vul. Doen behoorlike beplanning saam met 'n kundige finansiële adviseur om 'n struktuur daar te stel en ook om die behoefte te bepaal. Al die nodige dekking hoef nie op een slag uitgeneem te word nie. Begin klein en bekostigbaar en laat dit oor tyd aanpas om by jou doelwit en behoefte uit te kom. Dit is ook belangrik om geld vooraf reg te benoem en om gesprekke te hê en besluite te neem oor hoe geld bestuur en aangewend gaan word na dood, ongeskiktheid of aftrede, om sodoende die doel te bereik waarvoor die voorsiening gemaak is. Indien die besluite nie vooraf geneem word nie, word sulke geld gewoonlik onoordeelkundig verkwis. Daar is net twee tipes mense. Dié wat verantwoordelik is tov finansiële beplanning en dit wel aanspreek en dié wat nie verantwoordelik is nie en dit nie aanspreek nie. Mense wonder soms of hulle alleen moet beplan of saam met hul lewensmaat. Die antwoord is dat dit seker beter is om saam te beplan, maar as jou maat nie belangstel of gesteld is daarop nie, doen dit alleen, solank dit net gedoen word.

PROFESSIONELE FINANSIËLE BEPLANNING ENKELBEDRAG EN AFTREEBELEGGINGS VIR: • Maandelikse Inkomste • Kapitale Groei • Pensioen en Voorsorgfonds bewarings, voor aftrede AFTREEBEPLANNING, RISIKOBEPLANNING & DEKKING Johan Venter Senior Uitvoerende Finansiële Beplanner Tel: 076 402 4764 Sel: 083 229 3335 johan.venter@momentum.co.za

VEILIG EN BETROUBAAR

Augustus 2014

De Wildt Nuus

23

Jou plek is leeg Gerrit de Wet

Sy was iemand wat op haar stil en rustige manier baie mense beïnvloed het. Agter daardie rustigheid was ’n Trudie wat baie dryfkrag gehad het. Benewens baie ander dinge het sy in ’n stadium ’n vervoerbesigheid gehad met ses groot Nissan-voertuie wat vervoerwerk tussen Noord-Transvaal en Johannesburg gedoen het. Trudie het altyd die Woord gebring en mense bearbei, soos die keer toe ons in Durban die hele personeel skoonmakers in die woonstelblok na die Here gebring het. Tydens ’n diens by ’n Indiërkerk het ek gesien hoe ’n sangoma al haar duiwelsgoed weggooi en huilend haar hart aan Jesus gee. So was daar baie mense wat by Jesus uitgekom het. Tog jammer dat wanneer mens hieroor getuig, party mense stil bly. Dit was net so iets van agter die skerms, en nou is Trudie nie meer by ons nie. Vir my is die huis en die wêreld skielik leeg, maar daar is tye wat dit voel of sy langs my is. Haar laaste half jaar was sy nie gesond nie. Ons het dit maar stil gehou en aangegaan, maar die kinders sê nou hulle het vermoed iets was verkeerd. Uit respek vir hul moeder het hulle stil gebly want ’n klomp vrae sou haar dalk ontstel. Iewers in Maart 2014 het sy op ’n keer vir my gesê sy wou iets met my bespreek. Sy het in my oë gekyk en gesê: “Mannetjie, ek wil jou nie ontstel nie, maar ons is altwee wedergebore kinders van die Here en ek weet jy sal verstaan wat op my hart is.” Sy het nie gehuil nie of bedroef geraak toe sy die volgende sin vir my gesê het nie: “Ek is nou moeg vir die lewe op hierdie aarde en ek wil na my Vader toe gaan. Daar is ’n huis vir my en daar is ’n gesonde liggaam wat vir my wag.” Na haar dood het ons voor in haar Bybel haar weergawe van die Wedloop gekry waar sy in Februarie 2014 geskryf het. Tim 4:6-8. “Wat my betref, nou het die tyd gekom dat ek moet gaan. Ek het in die wedstryd my beste gedoen. Die afstand wat ek op die baan moes hardloop, het ek afgelê en by die wenstreep gekom. Ek het dwarsdeur op die Here bly vertrou. In die Hemel

wag daar vir my die kroon, die prys wat toegeken word aan dié wat in die regte verhouding met God geleef het. Dit is nie net ek wat dit sal kry nie, maar ook almal wat met liefde en verlange uitgesien het dat Hy moet terugkom.” So het Trudie gelewe en so het sy gegaan. My hart is so stukkend, maar met al die liefde van Trudie se kinders hier naby my, en my kinders in Johannesburg, Teresa, my dogter, wat van Amerika gekom het, en haar nog kon besoek in die hospitaal en met haar kon gesels, is ek die Here baie dankbaar. Trudie, jy was ’n reuse faktor in my lewe. Jou plek is leeg hier by my, maar jou teenwoordigheid is sterk. Ek mis jou baie, maar eendag sal ons weer saam wees en stap soos ons met al ons vakansies gedoen het. Tot dan my lief gaan ek hier aan tot die dag wanneer ek ook sal weet my tyd het gekom, en die wenstreep is voor my. Ek verwag jou daar anderkant die wenstreep. Ek gun jou alles wat jy nou beleef. Liefde tot ons weer ontmoet. Gerrit Naskrif: Baie dankie vir almal se belangstelling en simpatie. Baie dankie De Wildt Nuus vir julle huldeblyk in die Junie-uitgawe. Dit is presies soos Trudie dit sou wou gehad het.


22

De Wildt News

August 2014

Nel Apteek Apteker: Deán Krause

% 012 252-4645 Faks: 012 252-6735

Nel III Apteek

Schoemansville

Apteker: Tania Schmidt

Apteker: Izolde Bester

% 012 252-3010

% 012 253-0304

012 252-3014

012 253-0302

% 012 259-1616 012 259-1743

15

ROELF VAN DER MERWE * 04.01.1942 † 12.07.2014

APTEEKGROEP

Apteker: Christo van Staden

De Wildt News

HULDEBLYK

ARRIE NEL

Ifafi

Augustus 2014

Brits Mall Pieter van Dyk

% 012 250-2837 Fax: 012 250-0932

Ons lewer persoonlike diens

Ons het met skok verneem van 'n oudinwoner van ons gebied en vriend van ons gemeenskap se oorlye op 12 Julie in die ouderdom van 72 jaar. Roelf wat saam met sy eggenote Marie 'n aantal jare gelede hul intrek hier geneem het as ek reg onthou, toe hy nog landdros in Brits was, was binne 'n kort tydjie deel van ons gemeenskap alhier en hulle het saam hul kant gebring om die gemeenskap op al die onderskeie gebiede te dien. Marie was ook tot hul vertrek na Oostelike Pretoria redaksielid van die De Wildt Nuus. Ons het in die Beeld van 16 Julie gelees watter groot waardering Roelf se regskollegas vir hom gehad het en die President van die Prokureursorde van die Noordelike Provinsies, dr Llewelyn Curlewis, het hom beskryf as “'n besondere juris wat altyd sy menslikheid behou het ondanks die grusame besonderhede wat hy moes aanhoor”. Roelf het sy loopbaan as hofklerk in Vereeniging begin en later in Pretoria as aanklaer gewerk. Hy was ook bevorder tot hoofklerk van die destydse Prokureur-generaal (PG), nou bekend as die Direkteur van openbare vervolging. 'n Voormalige prokureurgeneraal het Roelf as “getroue dienaar wat sy pligte met trots uitgeoefen het” bestempel.

NONYANE BOSKAMP Plot 80, Wildebeeshoek, De Wildt (afrit 119 op die R513)

Kom ervaar egte gasvryheid! Nonyane Boskamp is 'n afsondering van elke dag se gejaag waar elkeen die natuur van die bosveld kan geniet en net lekker ontspan om 'n kampvuur. Daar is 5 verskillende boksoorte om te besigtig en bring gerus jou visstok saam! Nonyane bied akkommodasie vir selfsorg met 'n volledige ingerigte kombuis of kom ervaar egte bosveld kookkuns wat deur ons aangebied word op versoek. Die boskamp beskik oor 'n 2-bed en 4-bied chalet, reeds opgeslaande 4-man tent en karavaanstaanplek genoeg vir 3 karavane. Elke eenheid word voorsien met eie stortgeriewe. Dagbesoekers is baie welkom.

0834755554

lizyinafrica@gmail.com

In ons gebied het Roelf ook sy stempel afgedruk toe hy met grondwette van sommige van die plaaslike organisasies behulpsaam was en as gereelde lid vergaderings met sy teenwoordigheid vereer het. In die gedenkblaadjie word Roelf 'n mensemens genoem en sy kinders spreek hul waardering uit dat hulle sulke ouers soos Roelf en Marie kan hê. Waar Marie, haar kinders en kleinkinders nou sonder Roelf hul pad vorentoe moet loop, wil ons hulle verseker van ons opregte meegevoel en van ons bede dat Roelf se nagedagtenis hulle altyd sal bybly. Ons sal hom saam met julle mis, veral wanneer ek verjaar; hy was altyd getrou met sy telefoniese gelukwensing, wat getoon het hoe hy sy vriende onthou en onderskraag het. - Manie Lemmer


16

De Wildt News

HULDEBLYKE

August 2014

DE WILDT BOEREVERENIGING TLU SA DE WILDT BOEREVERENIGING

Georgie Louw, voorsitster VLU De Wildt

Rita Schalkwyk De Wildt neem met hartseer afskeid van ’n vriendin, Rita Schalkwyk. Rita was haar hele lewe ’n harde werker en het haar man vir jare verpleeg. De Wildt het ’n baie besonderse mens verloor en haar afsterwe laat ’n groot leemte in die VLU. Haar plekkie is leeg, maar in ons harte sal ons haar altyd onthou.

Georgie van Niekerk Dit is met hartseer dat lede van die VLU De Wildt-tak van ’n baie geliefde lid moes afskeid neem na sy na ’n ernstige siekbed oorlede is. Al was Georgie nie lank ’n lid nie, het sy haal deel in die tak bygedra. Altyd vriendelik en op haar plek. Ons gaan haar mis.

BOEREDAG, vind Saterdag 6 September 2014 by Afrit 152 B op die R 513 (PretoriaNoord/Brits pad) plaas. Tyd: 08:30 tot 13:00, waarna De Wildt Boerevereniging u uitnooi vir middagete. Die toegang is gratis, maar besprekings is noodsaaklik want daar is 'n beperking op die bywoning. Kontak Hanna Scribante by 083 417 4699 of Lynette du Plessis by 012 804 8031 om plek te bespreek. PROGRAM: LWO - arbeidsake. Gauteng RPO – wetgewing van toepassing op rooivleisprodusente en nuwe verwikkelinge in die bedryf. Veediefstalaangeleenthede – SAPD Gauteng Veediefstaleenheid. Weiding en voeding Praktiese demonstrasie – kleinveehantering – vashou van diere, versorging van pote, onthoring, stert knip, inspuitings, brandmerke ens.

Augustus 2014

De Wildt Nuus

Die blonde Matroos Sannie Lemmer Vandag luister ek na “Die blonde matroos” wat oor Radio Pretoria gespeel word en ek dink aan 1957/ 1958 jare gelede toe hierdie liedjie 'n treffer was. Op daardie stadium het ek vir graad 1 skoolgehou by Rand Collieries Laerskool in Brakpan. Later het die skool se naam verander na Harmonie Laerskool. Daar was een jaar 'n paar dogtertjies met dieselfde naam: Catharina. Twee se noemname was Cathy en Ina. Net daar besluit ek dat hierdie klein blondekoppie se naam ook verkort moet word. Ek roep haar om voor by my te kom staan en sê toe: Van vandag af is jou naam Rina. Ons doop jou Rina. En so het Rina haar nuwe skoolnaam gekry vir ewig en altyd. Op 'n dag ontdek ek dat dié kind kan sing. Sy hou goed noot en sing uit volle bors. Rina, kan jy nog ander liedjies ook sing? vra ek. Ja, juffrou. Ek ken DIE BLONDE MATROOS. Nou kom staan hier voor in die klas dan sing jy vir ons DIE BLONDE MATROOS. En daar trek Rina weg. Sy sing uit volle bors. Sy bly op die noot. Toe sy by die woorde“sy kla oor haar noodlot” kom, sing sy “sy kla oor haar tweeling”... Ek moes my lag bedwing. Rina kan sing en sy kan noot hou. Sy sluit af met die laaste

sin, AS wat meer kan sy gee, ipv AG wat meer kan sy gee. En toe sy klaar is toe buig sy so ewe vir haar gehoor. Ek begin hande klap en die res van die klas volg my. Pouse neem ek Rina na ons teekamer. Ek het 'n juweeltjie ontdek, kondig ek aan. Rina kan sing dat die biesies bewe. Rina kom staan langs my. Rina gaan vir al ons onderwysers 'n liedjie sing. DIE BLONDE MATROOS. En daar trek sy weer weg in volle vaart op die noot. Toe sy kom by “sy kla oor haar tweeling” kon sommige onderwysers nie hulle lag hou nie. Rina gaan voort tot die einde waar sy haar slotreël sing: As wat meer kan sy gee, en toe buig sy weer. En wat 'n luide handegeklap volg. Rina het geglimlag, toe hard gelag en toe rooi in haar gesiggie geword. Toe red ek haar. Kom, dit is pouse. Gaan haal jou broodjie en gaan speel tot die klok lui. Was dit mooi Juffrou, vra sy. Pragtig my liefie. Dit was baie mooi! En toe kry ek sommer trane in my oë. Rina het my dag gemaak en ek het haar dag gemaak. Ek wonder wat sy alles vir haar ma en pa gaan vertel het. Ek wonder ook waar sy haar vandag bevind. Lewe sy nog…

J & A VERKOPE/SALES Afrit 129, Wildebeesthoek, De Wildt (R513) GPS: S25º40'08.”E28º00'25.86"

UIT-DIE-HAND VERKOPE - VEILINGS - RUILHANDEL Wil u iets verkoop? Soek u na iets? Wil u iets verkoop? Soek u na iets? Wil u iets ruil vir iets anders? ? – ons hanteer ruilhandel (barter). Ons het tweeweeklikse veilings en daaglikse uitdie-hand verkope. Enigiets wat u nie wil hê nie kan u na ons verkoop/veiling vloer toe bring op 'n daaglikse basis. Indien u na werk in die week goedere wil inskryf, kan u ons skakel en ons wag vir u maar nie later as 19:00 nie. Ons haal en lewer af teen 'n fooi. Ons hanteer ook die 'Jy Bring Ons Verkoop' beginsel as dit by motorvoertuie, bote, karavane, treilers, motorfietse ens. kom. Bring net alle toepaslike dokumente saam. Ons soek ook huismeubels; ys- & vrieskaste; huishoudelike wares, gereedskap, werkwinkeltoerusting, voertuie, karavane, bote, trekkers, implemente en mooi skoonma's. Inskrywings word daagliks ingeneem. Waar reserwepryse nodig is, word van die eienaar van die goedere verwag om teenwoordig te wees wanneer sy/haar goedere opgeveil word. Kommissie word op 'n glyskaalbasis bereken. Hoe hoër die verkope, hoe laer die %. Is u eiendom verkoop? Ons reël 'n veiling op u perseel om van u los goed ontslae te raak indien dit te veel is om te skuif na ons perseel. Ons bedank graag diegene wat ons ondersteun. Ondersteun u gemeenskap. Bring goed! Sien u daar! Ons volgende veiling is op Sat 2 Augustus 2014 om 10:00 stiptelik. Verdere veilings op 16 en 30 Augustus. Toekomstige datums sal gepubliseer word. Kyk ook bladsy 35 van De Wildt Nuus.

Navrae: 081 7799 614 (kantoor) - 072 3510 776 (navrae)

21

072 865 6613


De Wildt News

20

August 2014

Augustus 2014

17

De Wildt News

#3 Raai, Raai, Riepa ... -Adriaan van DeventerDie baba op foto #2 was niemand anders nie as meneer Johan Brown. Baie geluk aan Myrné Grobler wat korrek geraai het. Ek het bietjie met hom gaan gesels om hom beter te leer ken. 1. Hoe oud was mnr op die foto wat vir die kompetisie gebruik is? Ek was 11 maande oud en het pas begin loop. 2. Waar het mnr groot geword en gematrikuleer? Ek is op Louis Trichardt (nou Makhado) gebore en ons het heelwat rondgetrek omdat my pa in die polisiemag was. Ek het op Pietersburg (nou Polekwane) gematrikuleer aan die Hoërskool Pietersburg. 3. Wat het mnr na skool gaan doen? Ek het onderwys by NKP in Pretoria gaan studeer en later ook personeelbestuur deur TUT en Wits. 4. Hoe lank is mnr al by Laerskool Vissershoek? Ek het eers middel verlede jaar hier kom aflos, dit sal dus nou 'n jaar wees. 5. Is mnr getroud en het mnr 'n gesin? Ja, ek's getroud met Marike. Ons het 3 seuns, 'n Ouboet in die Hoërskool en die tweeling hier by Laerskool Vissershoek. 6. Mnr se gunsteling drankie? Vyf Rose se Suurlemoentee. 7. Mnr se gunsteling film? Mag ek net een sê? As ek uit die ouer films mag kies sal Out of Africa altyd my gunsteling bly. Meer onlangs sal ek gaan met War Horse en 12 years a slave. Maar 'n MOET vir alle onderwysers om te kyk is Mr Holland's opus. Ek kyk en geniet komedie ook maar verkies eerder films wat 'n 'dieper storie' bevat. 8. Mnr se gunsteling akteur en aktrise? Robin Williams en Sandra Bullock. (Ja, hulle val ook hier en daar uit die bus met 'n minder suksesvolle film maar hul veelsydigheid is

#3 Raai, Raai, Riepa 3 Onthou om ook in te skryf vir #2 Raai, Raai, Riepa en deel te neem aan die pret! Dalk is jy die volgende wenner. Kyk mooi na die foto van een van die personeellede en raai wie hy of sy is. Skryf jou naam, graad en antwoord op 'n stukkie papier en gooi dit in die BORRELBEKKIE Raai, Raai, Riepa – houer wat in die biblioteek is. Elke leerling mag net een raaiskoot waag. Die antwoord en wenner word in die volgende uitgawe bekend gemaak.

BAIE DANKIE aan S B Ink (Pta Noord), Castle Walk, Nonyane Bush Camp en Budget Framers vir die borg van hierdie uitgawe.

AGTERSTEVOOR EN ONDERSTEBO DAG

briljant.) 9. Mnr se gunsteling kleur? Nou moet ek seker weer net een kies? Maak dit dan blou. Gelukkig is daar mos baie skakerings! 10. Wat is mnr se motto in die lewe? Moet ek wéér net een uitsonder? (Grappie!) To make a difference in someone's life you don't have to be brilliant, rich, beautiful or perfect. You just have to care enough and be there.

ONS VERWELKOM...

NONYANE BUSH CAMP Tel: +27(0)834 755 554 Email: gertnienaber@vodamail.co.za VIR ’N WEGBREEK NET 25 KM BUITE PRETORIA Hoewe 80, Wildebeeshoek De Wildt Werksfunksies, Verjaarsdae & kinderpartytjies, Visvang & wildritte Maak gebruik van ons chalets en/of tente of bring u eie tent en/of karavaan vir ontspanning in die rustige Bosveld-omgewing.

Dié vriendelike gesiggie behoort aan me Jené Duvenhage. Sy is 'n onderwysstudent by AROS en is ons nou behulpsaam in die Junior Departement. Sy's 'n groot aanwins en die liefde wat sy vir kinders het, straal onmiskenbaar uit haar uit. Baie welkom by ons, Jené.

As 'n fondsinsameling het die Graad 7 leerders op Vrydag, 30 Mei 2014, die leerlinge die geleentheid gebied om al hul kreatiwiteit aan die dag te lê en met snaaksighede vorendag te kom. Die maklikste was natuurlik om net jou warmbaadjie om te keer maar moet nie glo dat dit is waar dinge ge-eindig het nie! Hoede, hemde, broeke, kouse, dasse, brille – die idees was legio. Die Graad 7's sê dankie vir almal se deelname en ondersteuning want dit was sommer groot pret.

Jessy Smal

60's SOKKIE WAS COOL!

Soos elke jaar word fondse benodig om afskeid te hou vir die graad sewe(tjies) wie se Laerskool loopbaan so ampertjies op 'n einde is. Vir hierdie doel het die Sosiale komitee 'n 60's Sokkie op 16 Mei 2014 vir al die senior leerders in die saal aangebied. Die grys asbes was skaars herkenbaar na dié spannetjie se harde werk met die versierings. Die 60's tema het sommer vir groot opwinding en die oulikste uitrustings gesorg- natuurlik ook omdat daar oulike pryse was vir die gepasgekleedste seun en dogter. Aan oorspronklikheid was daar geen tekort nie en die kies van die wenners, géén maklike taak nie. Ten einde het Michael Keet (gr 5) en Mari Grobbelaar (gr 7) met die pryse van die aand weggestap. Namens die Sosiale komitee en al die graad 7's bedank ek graag almal vir die ondersteuning en besonder almal wat behulpsaam was om van die aand 'n sukses te maak. Sien julle by die volgende sokkie! (Natuurlik sal ons met die geld wat ingesamel word vir die skool ook 'n geskenk koop.)


18

August 2014

De Wildt News

AL DIE REGTE SKUIWE Johan Brown Die skaak vir 2014 is afgehandel en as organiseerder is ek werklik trots op hoe goed die seuns en dogters hul van hul taak gekwyt het. Ons O/11 span het bestaan uit die volgende leerders: Duan van Deventer, Ronaldo Freitas Concalves, Johan Hough, Julia Ferreiera, Anje Rudolph, Ian Brits, Francois Theron, Michael Keet en Ryan Botha. Die volgende leerders het vir ons O/13 span gespeel: Japie Venter, Aneska Esterhuizen, Kaitlyn Mon, Mario De Jesus Vieira, Hanno Brown, Donovan Smit, Stephan Potgieter en Josua Brown. (Jeandré Clark het ook vir die O/13's gespeel tot voor sy besering en Tiaan Clark was 'n staatmaker by die O/11's tot en met sy afsterwe.) Die skole in die liga teen wie ons deelneem was Akasia Primary School, Haakdoorn Primary School, Laerskool Danie Malan, Laerskool Rachel de Beer, Laerskool Theresa Park, Laerskool Voortrekker Eeufees en Orchards Primary School. Ons is dus by wyse van spreuke die kleinste vissie in die haaitenk – nogtans moes daar met ons twee spanne rekening gehou word! Alle spanne het op Woensdagmiddae by Laerskool Rachel de Beer vergader waar ons in hul lapa twee wedstyde per week gespeel het. Ek bedank ook graag alle ouers wat ons met vervoer behulpsaam was. Mario, Duan en Johan het ook op 24 Mei 2014 aan die Ope Skaak Toernooi (aangebied by Theresapark Laerskool) deelgeneem waar Mario 'n algemene 6de plek in Tshwane-Wes verower het. Mooi Mario! Baie dankie leerders vir jul lojaliteit en goeie sportmangees tydens die wedstryde. Julle het ons Vissies se naam hoog gehou!

19

De Wildt Nuus

JAMBLIKKE, VISBLIKKE, DRIE BY DRIE ... Johan Brown Die leerlinge (seker ouers!) van Laerskool Vissershoek het weer gewys dat hul harte ook vir hul medemens wat nood het, oop staan. Die bekende liedjie sê drie by drie, maar die Vissies het heelwat méér as drie blikkies en ander onbederfbare voedsel versamel om te kon bydra tot Bosveld Stereo 107.5 FM se Blikkiesfees. Dit het ook mooi saamgeval met OMGEE-week waar een van ons skool se waardes (Kyk berig in Borrelbekkie van Februarie 2014) uitgeleef word. Op die foto agter staan Mariekie Prinsloo (Gr 7) en Nichelle Grobler (Gr 5). Voor is v.l.n.r Antoinette Koen (Gr 2), Bea Botha (Gr 4), Eben Botha (Gr 6), Lehetia van Zyl (Gr 3), Aniké Pretorius (Gr R) en Franco Dippenaar (Gr 1). Baie dankie aan almal wat gehelp het!

Japie Venter (Kaptein), Aneska Esterhuizen en Kaitlyn Mon – van ons skool se staatmakers by die skaak.

WISKUNDE-OLIMPIADE Sumia Lemmer

Ons eie twee Einsteins - Alanna Esterhuizen en Bea Botha.

Augustus 2014

Die beste twee leerders in hoofrekenkunde in grade 4 – 7 het op Woensdag, 4 Junie 2014 aan die TshwaneWes distrik se Hoofrekenkunde kompetisie gaan deelneem. In hierdie kompetisie word akurate berekeninge binne die kortste moontlike tyd vereis. Die kompetisie is baie straf tussen die leerders van die 15 skole wat verteenwoordig word en ons is opreg trots op elke Vissie wat puik presteer het. Twee van ons leerlinge, Bea Botha (gr 4) en Alanna Esterhuizen (gr 6) dring dan ook deur na die volgende rondte van die kompetisie. Geluk en sterkte word hul toegewens. Die ander kleine Einsteins wat deelgeneem het was Michnette du Plessis, Duan van Deventer, Meandri Grobbelaar, Roné Rudolph, Alish Hardy en Mikyla Nel. Dankie dat jul ons skool se naam hoog gehou het – ons maak volgende jaar weer so.

LANDLOOP NUUS Dit is weer tyd vir Landloop en ons gee graag die volgende datums deur: • 25 Julie 2014 by L/S Vissershoek • 1 Augustus 2014 by TUT aangebied deur L/S Simon Bekker • 8 Augustus 2014 by H/S Tuine aangebied deur L/S Tuine • 15 Augustus 2014 by L/S Queenswood

NETBAL FINALE LIGAUITSLAE O/13

Eindig derde in die liga O/12 Eindig derde in die liga O/11 Eindig vierde in die liga O/10 Eindig vierde in die liga

RUGBY O/13 Eindig tweede in die liga O/11 Eindig eerste in die liga O/09 Eindig eerste in die liga

Wil jy lekker uit eet?

CASTLE WALK RESTAURANT 17 jaar in die Noorde

SONDAG BUFFET-ETE @ R90 PER PERSOON

U gashere Frik en Kiepie

SIEN JOU DAAR! DORANDIA, PRETORIA-NOORD MADELIEFSENTRUM, WINKEL 25

012 546 9146


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Augustus 2014 by De Wildt Nuus - Issuu