3 minute read

Stranddans jy vir my die Cederberge oor

Next Article
Menlo(varia)fees

Menlo(varia)fees

deur Erna Cloete

Die meeste van ons dink net aan dans as ons die dansbane van die Graad 10 bal, Parkiebal, Jeugbal of Matriekafskeid trotseer. Daar is egter 'n klein uitgesoekte groepie in ons geledere wat leef vir dans! Hulle is nie net passievol daaroor nie, maar toets hulle liggame op die maat van musiek tot die absolut uiterste. Dans verskaf aan hulle 'n manier om uiting te gee aan hulle emosies.

Advertisement

Ek het met 'n paar lede van hierdie uitgesoekte groepie gepraat en 'n vraag of twee aan hulle gerig om ons meer touwys te maak oor hierdie unieke kuns wat hulle beoefen.

Dans is nie vir sissies nie, dit neem tyd - baie tyd! Chris-Marié en Alana wen beslis hierdie stryd met die 21 uur per week wat hulle aan oefening bestee. Colette is kort op hulle hakke met die 15 uur per week wat sy oefen! Dit is behoorlik bloedsweet – al daardie ure op die dansvloer is vir seker baie meer intensief as 'n gymsessie of twee! Die genres van hierdie onderskeie dansers wissel van hip-hop, ballet en jazz tot moderne danse en ritmiese gimnastiek - elkeen met sy eie styl en unieke danspassies. Menlopark spog met dansers wat Suid-Afrika al regoor die wêreld gaan verteenwoordig het en ook die hoogste sport tuis bereik het met fenomenale prestasies: Johané doen haar deel en dans in Kroasië en Hongarye in die Dance Star kompetisie; Nadine het al in Florida en New York, Suid-Afrika se naam hoog gehou; Chris-Marié het by die World Championships in Italië haar stempel afgedruk; Colette het 'n beurs gewen om haar vaardighede by die American Academy of Ballet in New York te gaan slyp; Lieze het reeds haar "final associate exams" of meer bekend as haar "teachers" geslaag; James het al 'n silwertoekenning ontvang in Formation Style dans by die SABOD; en Gizelle was deel van die beste dansgroep in Gauteng by die South African Dance School in 2016!

Elkeen van hierdie dansers se ongelooflike passie en liefde vir wat hulle doen het my opgeval. "Dans is vir my 'n manier om myself sonder woorde uit te druk" - volgens Lieze, die dryfkrag agter haar dans. Chris-Marié beplan om Suid-Afrika volgende jaar te gaan verteenwoordig by die Statebondspele en beskou dit as haar motivering om aan te hou oefen. Nadine: "Ek het nie dans gekies nie, dans het my gekies". Sy sal graag eendag haar eie dansskool wil open en verklaar trots dat dans 'n vlam in haar aangesteek het wat nooit uitgedoof sal word nie.

'n Mens weet nooit nie, dalk eindig een van hierdie Menloparkers op as die nuwe Michael Jackson en werk 'n splinternuwe “Moonwalk” uit of selfs 'n nuwegeslag Patrick Swayze of Jennifer Lopez wat die silwerskerms rooi verf met hulle danspassies.

Daar is 118 onderwysers by die sk ool.

Dans oorspan alle kulture, van die vreesaanjaende voetestamp van begeesterde Zoeloe-krygers tot die grasieuse sweef van balletdanseresse op die verhoë van konsertsale. Dit is 'n vorm van ontspanning, maar ook van kommunikasie - dit inspireer die danser sowel as die toeskouer. Dit lei ons na 'n wonderwêreld, weg van die hier en nou.

'n Wysgeer het eenmaal opgemerk: “We can't always choose the music life plays for us, but we can choose how we dance to it!”

This article is from: