1 minute read

Ontmoet die mense van Wyk 2

Wyk 2 se raadslid is Hentas Kotze wat in Wellington-Oos woonagtig is. Hy was voorheen deel van die laer- én hoërskool se beheerliggame, asook die kerkraad. Raadslid Kotze is baie lief vir sport en is ook by die Wellington Atletiekklub betrokke. Hy is ‘n Demokratiese Alliansie-raadslid.

Wyk 2 is ‘n baie uitgebreide wyk wat eintlik uit vyf woonbuurte bestaan, naamlik Wellington-Sentraal, Wellington-Oos, Wellington-Suid, Ranzadale en Berg-en-Dal. Daar is omtrent 9 000 inwoners in Wyk 2, en die wyk se karakter lê daarin dat dit ‘n bekende dorp is met ‘n pragtige uitsig oor die berge.

Advertisement

Die Hugenote Laerskool en pre-primêre skool “Domsies”, asook die Boland Rugbystadion en Victoriapark word in Wyk 2 aangetref. Die historiese en bekende geboue in Kerkstraat is veral gewild onder besoekers.

Wyksprojekte sluit in betrokkenheid by die ACVV wat help met hulpbehoewendes, en ondersteuning aan die Silwerkruin Ouetehuis. Vir 2019/2020 is ‘n 10-punt wyksprioriteite-lys saamgestel en aandag word gegee aan die opgradering van parke, die skoonmaak en omheining van sekere areas, en die oprig van kameras vir veiligheidsdoeleindes.

Wyk 2 spog met bekende inwoners soos oudpolitikus Johan

von Wielligh, en advokaat Koos le Roux, voormalige Speaker en huidige lid van die Burgemeesterskomitee, wat nou al drie termyne op die Drakenstein Munisipale Raad dien.

Ander bekendes in die wyk sluit in Henry Schemper, wat onlangs die tuig as hoof van die Hugenote Laerskool ná 18 jaar neergelê het, asook sakeleiers wat al jare in die gebied bedrywig is.

This article is from: