1 minute read

Ligte uit, water af

Next Article
LITMATIE

LITMATIE

ANAKIN CURTIS

English version is available at diematie.com

Advertisement

Stellenbosch Munisipaliteit het op 13 Januarie ’n kennisgewing uitgereik om inwoners aan te moedig om watergebruik te verminder, weens die voortdurende effekte van beurtkrag.

Die kennisgewing het genoem dat toilette spoel tydens beurtkrag ’n buitensporige hoeveelheid druk op infrastruktuur sit wat nooit bedoel is om gereeld deur die dag aan-en-af gesit te word nie.

“Vir so lank as wat ESKOM beurtkrag vir verlengde tydperke van Vlak 4 of hoër instel, is dit waarskynlik dat hierdie kwessies sal voortduur,” het Stuart Grobbelaar, kommunikasiebestuurder vir Stellenbosch Munisipaliteit, gesê.

Daar is verskeie gebeurlikheidsmaatreëls in plek gestel, insluitend rugsteunkragopwekkers, en -brandstoftoevoer, kontrolering van belangrike bates, laevlak aanpassing op reservoirs en verhoogde kontrolering deur amptenare. Mislukking van rugsteunkragopwekkers mag egter die kanse van afwisselende watertoevoerkwessies verhoog. “Studente moet meer waterwys word – nie net as gevolg van die waterskaarsheid in ons droë streek nie, maar ook weens die nadelige gevolge van beurtkrag. Die aanneming van ’n ‘droogte-agtige kultuur’ word aanbeveel,” het Grobbelaar bygevoeg.

Studente kan onderbrekings en vermorsing by die munisipaliteit aanmeld deur die Let’s Fix It-hulplyn.

This article is from: