Die Matie – 13 Maart 2019

Page 1

DieMATIE AGT-EN-SEWENTIGSTE JAARGANG | NO 4

WOENSDAG 13 MAART 2019

TAKING HEALTHY LIVING TO NEW HEIGHTS Henry Le Roux, founder of Organic Calories, makes eating healthy look easy. Read his recipes on page 6. Photo: Sybrandt du Preez

Bom skok niemand nie KATHRYN VAN DEN BERG & ERIN WALLS

N

ooddienste is Maandag na die Eikestad-winkelsentrum ontbied in reaksie op ’n bomdreigement. Dit kom nadat die Stadsaal op Dinsdag 5 Maart ook onder ’n valse bomdreigement deurgeloop het. Alhoewel dit die tweede noodontruiming van dié winkelsentrum in drie maande is, het dit hierdie keer vir ’n ernstiger dreigement tot stilstand gekom. Ná die dreigement is ’n ontruimingsproses onmiddellik onderneem. Lede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD), munisipale wetstoepassing, brandweer, bomspan en nooddienste is almal na die toneel ontbied. Kaptein Natalie Martin het Maandagmiddag bevestig dat die SAPD ’n ondersoek met die bomspan asook die snuffelhonde onderneem het. Die SAPD het alle ingange en paaie na die winkelsentrum versper. ’n Polisiebeampte wat in die parkeerarea oorkant die Checkers-ingang genader is, het die pad met sy voertuig versper. Hy het verduidelik dat die ondersoek “onderweg” was. ADT Sekuriteitsdienste het ’n boodskap op die “Crime Watch” WhatsApp-groep ontvang, waarna ’n wag die polisie van die dreigement in kennis gestel het. “Ons is van die dreigement bewus gemaak en ons plaaslike agente is

op die grond besig om die SAPD te help om die area af te sper,” het Stuart Grobbelaar, kommunikasiebestuurder van Stellenbosch-munisipaliteit, gesê. Hy het bygevoeg dat bomdreigemente ’n “toenemende probleem” is, aangesien daar verskeie oor die afgelope paar maande was. Lisa Visagie, ’n werknemer by Salon Azurelle, het gesê die winkelsentrum word dikwels geteiken. “Dit is die agtste bomdreigement sedert ek hier begin werk het. Die werknemers word opgelei vir hierdie soort situasies en almal het ’n afsonderlike werk om te doen,” het sy gesê. “Ek was besig om my wenkbroue te tint toe die alarm afgegaan het,” het Marco Dean Rothchild, ’n stilis by Salon Azurelle, gesê. “[Hierdie noodontruimings] vat besigheid weg, want afsprake moet óf gekanselleer óf geskuif word,” het hy bygevoeg. Kelly-Robyn Morrey, wat tydens die ontruiming buite die winkelsentrum was, het die toneel as “chaoties” beskryf. Sy het ook aangevoer dat daar afbakenings, verskeie polisiebeamptes en -karre, sekuriteit, brandweerwaens, die bomspan en snuffelhonde was. “Ek dink hierdie dreigement is redelik ernstig. Die vorige keer wat dit gebeur het, het ons aanhou werk en nou moes ons ontruim,” het Wilamina Massdorp, teenwoordig op die toneel, gesê.

YOU’RE INVITED!

A DA M S M A L L T H E AT R E (PREVIOUSLY HB THOM) 15 VICTORIA STREET STELLENBOSCH

Simonsberg wants you to say the ‘F’ 3 word Hello to organic calories with Henry 6 P.H. FAT gets down in Stellenbosch

7

‘DEURnis’: ’n Unieke teater-ervar10 ing

MALLIGHEID BY DIE MALL Nooddienste en polisie is Maandagoggend na die Eikestad-winkelsentrum ontbied nadat ’n bomdreigement gemaak is. Foto’s: Kathryn van den Berg

Ultimate Wild Dogs playing in Germany

HILLSONG CHURCH STELLENBOSCH EVERY SUNDAY: 0 8 : 3 0// 1 0 : 0 0// 1 6 : 3 0// 1 8 : 0 0// 1 9 : 3 0

11


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.