courant
dié
Wellington
Gratis • Free
1
10 Augustus 2016
Hugenotestraat 24, Malmesbury
Uitgawe 382
GROOTSTE onafhanklike gemeenskapskoerant in die Wes-Kaap
tel: 022 487 3221
• NOU BORG VAN EERSTE HOKKIESPAN
Karel smous met hokkie • Jaomi Zeeman
Een van die mees gesogte verskaffers van hokkie-toerusting in die Boland het ‘n florerende besigheid op die been gebring deur klein te begin met 'n groeikoers van 150% die afgelope vier jaar. Karel van Niekerk kon dit regkry. Wat hierdie prestasie egter uitsonderlik maak, is die feit dat hy ‘n matriekleerling is wat hierdie onderneming in graad ag begin het. Volgens Karel het die idee vir sy hokkie-besigheid ontstaan toe hy 14 jaar oud was en sy ma hokkie-toerusting vir sy twee ouer broers gesoek het. “My ma het altyd vir my broers, wat vyf en ses jaar ouer as ek is, hokkie-toerusting van die Kaap af gebring. Sy moes ook dikwels vir hulle vriende van dié toerusting saambring,” vertel hy. “My oudste broer, Michael, is in sy matriekjaar Nederland toe vir hokkie en daar het hy onder andere die Princess-fabriek besoek en meer oor hierdie handelsmerk te wete gekom,” sê Karel. Nadat sy broer hom van hierdie fabriek vertel het en hy ‘n bietjie navorsing oor die produkte gedoen het, het Karel besluit om met die invoerders te praat. “Die invoerders het ingestem om toerusting vir my op besending (“consignment”) te gee. Daarna het ek begin bemark – ek wou graag die handelsmerk in die Boland vestig. Mense hou daarvan om ‘n tendens te volg en ek wou die tendens begin,” vertel hierdie entoesiastiese entrepreneur. Volgens Karel het hy aanvanklik net in sy eie skool bemark, maar vandag bemark hy regoor die Bolandstreek. Die pad na sukses was egter nie altyd sonder uitdagings nie. Die feit dat hy baie jonk was, het moontlike kliënte dikwels onkant betrap. “Almal het gedink ek is te jonk,” vertel Karel. “Tannies het my gebel en half geskrik as hulle met ‘n 14-jarige praat. Ek het egter my produk en handelsmerk goed geken en kon goeie raad gee, asook naverkoopdiens,” sê hy. “Mense skrik nou nog as hulle bel en ek uit ordentlikheid ‘tannie’ sê. Hulle wil nie glo ek is nog ‘n skoolkind nie,” lag hy.
Brul:
Die Laerskool Hugo Rust se Gr 6.2-klas het besluit om hul onderwyser, Charl de Villiers, ‘n groot Lions-ondersteuner, te ondersteun deur hom te verras en te wys hulle staan agter hom en sy span. Die Lions het Saterdag in die eindstryd van die Super-reeks gespeel. Volgens Karel het sy besigheid van krag tot krag gegaan, omdat hy dit kon regkry om sy handelsmerk te vestig, hy billike pryse kon aanbied en hy ‘n betroubare verskaffer kon word. “Ek wou ‘n ‘trend’ vestig. Mense hou daarvan om ‘n ‘trend’ te volg en ek kon dit regkry. Ek het ander skole gekontak en selfs provinsiale spanne van toerusting begin voorsien. Ek het agtergekom dat doelwagter-toerusting nie maklik bekombaar is nie en ‘n verskaffer in Durban gevind wat dit teen billike pryse kon voorsien. Só kon ek nog ‘n belangrike leemte in die mark vul,” sê hy. Op die oomblik is sy grootste kliënte sy eie skool, Hugenote Hoërskool, die Boland-hokkiespanne, laerskole van die Paarl en baie individue. Hy is ook die borg van sy skool se eerste seunshokkiespan. Karel se grootste prestasie tot dusver is sekerlik sy sukses in die entrepreneurskompetisie wat die Wes-Kaap regering verlede jaar vir jong entrepreneurs geloods het. “Mev. Marietjie Barnard van Hugenote Hoërskool het my ingeskryf vir die Helen Zille Young
Entrepreneurs Award. Daar was altesaam 203 inskrywings en ek het algeheel tweede gekom. Dit was ‘n ongelooflike geleentheid en ek het baie geleer,” vertel hy. Karel is baie dankbaar vir die ondersteuning wat hy van sy familie kry. “My ma help met die bestellings, veral as ek in die skool is of as die pakkies afgelaai word. Maar verder moet ek alles self doen – ‘n mens leer maar die beste op die harde manier,” sê hy. Karel het, toe hy sy besigheid begin het, besluit dat hy graag in sy matriekjaar oorsee wil reis met die geld wat hy uit sy besigheid verdien het. Hierdie droom het onlangs ‘n werklikheid geword toe hy en ‘n vriend tydens die Junie-vakansie oorsee gaan toer het. “Ons het Europa toe gevlieg en vir 18 dae deur ag lande gereis – alles op ons eie. Dit was ‘n groot ondervinding en het al die jare se harde werk die moeite werd gemaak,” vertel hy. Oor sy toekomsplanne is Karel baie opgewonde. “Ek gaan volgende jaar B.Rek by Maties studeer, maar ek gaan agente in die skole aanstel – ek wil steeds die eienaar van die besigheid bly,” sê hy. Wat is sy raad aan ander jong entrepreneurs wat ook hul eie besigheid wil begin? “Kyk waar daar ‘n geleentheid is vir produkte wat nie in jou omgewing beskikbaar is nie. Toets jou mark en vestig ‘n neiging met jou handelsmerk. Ken jou produkte sodat jy kan raadgee oor elke aspek daarvan.” Só praat ‘n jong entrepreneur met baie ondervinding.
NUUS • NEWS
10 Augustus 2016
NUUS • NEWS
2
Boland vier vroue in styl en swier
Vrouemaand en Vrouedag is op Maandag 8 Augustus op ‘n baie spesiale manier in die Boland gevier. Die Grande Roche-hotel het gasheer gespeel vir ‘n produksie waar van die land se beste kunstenaars en verhoogpersoonlikhede byeengekom het om hulde aan vroue te bring. ‘n Spesiale Vrouedagvertoning getiteld “Jy is vrou” is teen skemeraand by die Amfi-arena aangebied. Die vertoning is ten bate van die Christelike Lektuurfonds, wat in Wellington gesetel is, en die “Een miljoen Bybels vir een miljoen kinders”-projek aangebied. Hierdie projek het ten doel om vir elke kind
in die land ‘n Bybel in sy eie taal te gee. Kunstenaars soos Heinz Winckler en Sarah Theron het vir musikale treffers gesorg, terwyl die bekende 7de Laan ster, Vinette Ebrahim, en verhoogaktrise Lizz Meiring die gehoor met uitmuntende toneelspel vermaak het. André Pentz van Pentz Gillespie Intenational, ‘n vervaardiger en vriend van kunstenaars, het hierdie produksie geïnisieer om die Christelike Lektuurfonds by te staan. Hy het na afloop van die vertoning ‘n tjek van R20 000 aan Charmaine Engelbrecht, uitvoerende direkteur van dié fonds, oorhandig en beloof dat hierdie Vrouedag-inisiatief ‘n jaarlikse instelling sal word.
10 Augustus 2016
Kersfees kom vroeg vir HAM-leerders
Die leerders van die Huis Andrew Murray het vroeg begin Kersfees vier. Die Huis Andrew Murray Kinderhuis (HAM) het op Vrydag 29 Julie ‘n baie spesiale geleentheid aangebied. Die kinders in hul sorg is met ‘n “Kersfees in Julie” bederf – ‘n inisiatief wat deur Karen Petersen, bemarker en skakelpersoon by HAM, geloods is. “Ek kon dit nie sonder die hulp van ons personeel en die talle vrygewige mense in die gemeenskap doen nie. "Ons kon sowaar vir elke kind ‘n geskenkpakkie saamstel, omdat soveel donateurs gehelp het om ons droom waar te maak,” vertel Karen. “Ons kinders het deurentyd basiese benodigdhede nodig en ons moet dikwels staatmaak op die goedhartigheid van medewerkers en donasies om in hierdie behoeftes te voorsien. "Dit is maar min dat die kinders regtig bederf word en ons wou hierdie ‘n geleentheid maak waar ons sommer ‘n klomp vlieë met een klap
kon bykom,” sê sy. Talle instansies en individue het gehelp om die geskenkpakkies te vul, die eetgoed te verskaf en die vermaak vir die geleentheid moontlik te maak. “Dit was voorwaar ‘n spanpoging,” vertel Karen. Dit was ‘n vrolike geleentheid waartydens al die inwoners en personeel in ‘n pragtig-versierde saal bymekaargekom het vir ‘n heerlike vertoning deur die dramagroep van die Breytenbachsentrum. Hierna is die presente uitgedeel – kompleet met ‘n regte Kersvader. Die kinders kon ook aan heerlike eetgoed smul wat keurig tussen al die liggies en versierings bedien is. Met hierdie inisiatief het die gemeenskap die koue winterweer met hul warm harte verdryf – iets waarvoor elke kind en personeellid by HAM oneindig dankbaar is.
NUUS • NEWS
3
10 Augustus 2016
• STAAN TOU OM HUL KRUISIES TE TREK
Stembusse lok talle kiesers
Wellingtonners het op 3 Augustus in groot getalle by stemlokale opgedaag om hul kruisies in die munisipale verkiesing te trek. Volgens die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) het aktiwiteite by al die stemlokale in die Drakenstein Munisipaliteit vreedsaam verloop. Altesaam 83 666 kiesers het in hierdie munisipaliteit by die stembusse opgedaag. Die DA het die meeste stemme in hierdie munisipale-area ingeoes deur 66% van die totale stemme op hulle te verenig. Die ANC staan in die tweede plek met 22% van die stemme en die EFF en People’s Democratic Movement lê kop-aan-kop in die derde plek met elk net ‘n rapsie meer as 2% van die stem-
me. Volgens gegewens van die OVK is daar in die Drakenstein Munisipaliteit altesaam 250 630 stemme uitgebring (dit sluit alle stemme op alle stembriewe in). Van hierdie stemme was 3623 bederf. Daar is ook 7 van die kleiner partye wat geen stemme in hierdie stemarea kon inoes nie. Volgens ‘n verslag van die vise-voorsitter van die OVK, Terry Tselane, was hiedie verkiesing, ten spyte van baie uitdagings, ‘n suksesvolle, vreedsame een. In die gees van die ontslape Nelson Mandela sluit hy sy verslag met hierdie woorde af: “Met vryheid kom verantwoordelikheid en ek durf nie huiwer nie, want ‘n lang pad lê nog voor.”
Wat die wyke in die Wellington-area betref, lyk die uitslae soos volg:
Wyk 2 3 5 6 7 8 9 10 11 12 18 29 31
Meeste stemme DA 95% DA 81% ANC 55% ANC 82% DA 78% ANC 74% ANC 87% DA 70% DA 80% ANC 87% DA 77% DA 85% DA 50%
2de meeste stemme VF+ 3% ANC 5% DA 34% DA 13% ANC 9% DA 17% EFF 6% ANC 6% ANC 9% PAC 4% ANC 15% ANC 5% ANC 44%
3de meeste stemme EFF 3% EFF 4% EFF 4% SAPCO 3% EFF 6% DA 5% FD 8% ICOSA 4% DA 4% VF+ 2% ACDP 3% EFF 1%
Hugenote deur na Sing in Harmonie Wes-Kaap-finaal Die Juniorkoor van Hugenote Laerskool het op Dinsdag 2 Augustus in Stellenbosch aan die nasionale Sing in Harmonie Laerskole Koorkompetisie deelgeneem. Hierdie kompetisie is ‘n inisiatief van Kyknet, kanaal 146, wat laerskoolkore van regoor die land die geleentheid bied om hul talent ten toon te stel. Tydens Hugenote se deelname is ‘n televisie-opname vir uitsending op 13 November gemaak. Hugenote se koor het ‘n besondere prestasie behaal deur as ‘n finalis in die Wes-Kaap te kwalifiseer. Die finale rondte sal in Durbanville plaasvind.
NUUS • NEWS
10 Augustus 2016
courant Skouer aan die wiel om
dié
4
momentum te behou
Reg, die verkiesing is verby. Almal het hul "vinger-selfies" op sosiale netwerke geplaas en trots aangekondig dat hulle ook hul kruisies getrek het. Die bal was aan ons kant van die baan, nou slaan ons hom terug na die politici en kyk ons wat gebeur. Ja, dit is hulle werk. Ja, hulle weet waarvoor hulle hulself inlaat as hulle besluit om die politiek te betree. Maar dit ook ons plig om hande te vat met ons leiers en hulle die nodige ondersteuning te gee wat hulle nodig het. Dit is so waar dat jy nie altyd almal gelukkig kan hou nie. Soms wonder die uwe self of daar 'n paar siele is wat self weet wat hulle gelukkig gaan maak. As hulle fouteer, moet ons dit vir hulle noem. Nie skree en gil nie, net noem. Gee hulle die kans om dit waar hulle verbrou het, of die bal laat val het, weer reg te maak. Dieselfde gebeur telkemale in dié courant se kantore ook. Ons sal hoor dat daar iets foutief is, maar dan moet ons gaan soek om die fout reg te stel. Sê ons. Praat met ons. Die kommunikasiekanale is daar. Laat waai. Ons is, net soos die politici, hier om ons gemeenskap te dien so goed soos wat ons moontlik kan. Ons bring nie 'n koerant uit weekliks, omdat dit ons werk of ons plig is nie. Ons doen dit, want ons is lief vir ons gemeenskap, ons mense, ons dorpe. Vat ons hand, net soos ons almal ons politici se hande moet vat en help ons bou aan 'n beter toekoms vir almal.
Dis Goeie Nuus Dr Andrew Bosman
In elke nasie, die wat Hom vrees Petrus was deur ‘n Romeinse offisier laat haal in opdrag van ‘n engel wat aan die offisier Cornelius veskyn het. Hy was verbaas dat God ook aan heidene, wat nie Jode was nie, genade bewys het en dat hulle die goeie nuus van die evangelie kon hoor. Cornelius het ‘n groot groep vriende en belangstellendes uitgenooi sodat wanneer Petrus daar kom hulle gereed was om te hoor wat die Here vir hulle wou meedeel. Petrus spreek sy verbasing uit met die woorde dat hy sien dat God geen aannemer van die persoon is nie. Hy sien verder dat die Here uit elke nasie die een wat hom vrees en geregtigheid doen, die Here welgevallig is. Hierdie is nie ‘n vrees soos in bang nie, maar met respek en om eer aan Hom te bring. Petrus begin sy onvoorbereide toespraak met Jesus van Nasaret se koms na die aarde en Sy sterwe en opstanding. Veral hoe God Hom gesalf het met die Heilige Gees en met krag. Hoe Jesus die land deurgegaan het en goed gedoen het, en almal genees het wat onder die mag van die duiwel was, omdat God met Hom was.
Toet-toet vir wyn:
Wellington Wyne het Saterdag ‘n splinternuwe manier van wynaankope aan die publiek bekendgestel. Die terrein van hul Stokeryweg Kelder is in ‘n deurry-fasiliteit omskep waar mense moeiteloos kon wyn koop. ‘n Bestelpunt met ‘n “spyskaart” en inligting oor die verskillende wyne is by die Kelder se ingang opgerig. Van hier kon kopers deurry na ‘n betaalpunt, waarna hul hul aankope by die laaste punt kon oplaai – sonder om een keer uit hul motor te klim. Wellington Wyne gaan hierdie oulike konsep weer op 20 Augustus aan die publiek beskikbaar stel.
Meld veediefstal aan - NVVK doen beroep op landbouers Die Nasionale Veediefstalvoorkomingsforum (NVVK) doen ‘n beroep op alle produsente om veediefstal aan te meld. Dít kom nadat dit aan die lig gekom het dat veediefstal-sake nie aangemeld word nie. Volgens die forum wat verskeie vergaderings landwyd rondom die kwessie bygewoon het, is daar ‘n groot toename in veediefstal. Statistieke Suid-Afrika dui aan dat 36.3% van veediefstalsake in 2011 nie deur die slagoffers aangemeld is nie. Dié syfer het in 2012 na 40,1% gestyg en in 2013 het dit drasties gestyg tot 63%. Die verskynsel is nie in die 2014 slagoffers van misdaad opname geëvalueer nie, maar daar is bevind dat 75% van skaapdiefstalsake in die Vrystaat nie aangemeld word nie.
Selfs dié syfers word bevraagteken, aangesien inligting wat deur die provinsies verskaf is, daarop dui dat die nie-aanmelding van veediefstalsake in so ‘n mate toeneem dat dit in sommige distrikte so hoog as tussen 80% en 85% is. Statistieke Suid-Afrika het in 2015 bevestig dat die nie-aanmeldingskoers tot 67,7% gestyg het. Dié statistieke is aan alle rolspelers in die bedryf beskikbaar gestel en ‘n pleidooi is gelewer vir die aanmelding van veediefstalsake. Daar word sedert Mei 2016 opgemerk dat die aantal veediefstalsake aanhoudend styg en dit is twyfelagtig of meer veediefstalsake aangemeld word en of meer veediefstalmisdade gepleeg word. Sedert Mei 2016 was baie veeprodu-
sente in die veediefstalbrandpunte die slagoffers van hierdie misdaad. Dit is glad nie vreemd om te sien dat groot getalle skape en beeste by produsente gesteel word nie, byvoorbeeld 45 skape in Edenville en 35 skape in Nigel/Devon. In die Nigel/Devon-omgewing word daar snags tussen 3 tot 12 beeste geslag en in die weste van Gauteng en die Noordwes Provinsie word beeste gesteel en boonop oor groot afstande vervoer. Die Nasionale Veediefstalvoorkomingsforum doen daarom ‘n beroep op veeprodusente om aan al die betrokke wetgewing te voldoen en hul vee gereeld te tel. In die brandpunt-gebiede moet vee selfs meer as een keer per dag getel word. Meld asseblief alle veediefstalsake onmiddellik by die naaste polisiekantoor aan.
Hoogtepunte by die Swartland Skou Septembermaand is Moorreesburg weer duidelik sigbaar op die kalender. Dit is weer tyd om te skou. Swartland Skou Moorreesburg wat vanaf 7 tot 10 September by die plaaslike skougronde plaasvind, is die grootste landbouskou in die Wes-Kaap en spog met ‘n motor-, masjinerie- en landbounywerheid-uitstalling van hoogstaande gehalte. Verskeie kampioenskappe vind plaas met nóg ‘n groter verskeidenheid van binne- en buite uitstallers. Daar is hope vermaak vir oud en jonk en natuurlik heerlike smulgeregte by Kafee, Wyntuin, Veepos, Cattle Inn en Swartland Deli/Koffiekroeg. Woensdag – 7 september 2016: Vanjaar se skou skop reeds Woensdag 7 Sep-
tember met ‘n groot ontbyt by Veepos af, terwyl die Motor/Masjinerie en Landbounywerheid-afdelings reg staan vir besigtiging vir die volle duur van die skou. Dié ontbyt is elke dag beskikbaar. Vanaf 08.30 tot 17.30 vind die Nasionale SA Vlaam- en Wes-Kaap Hackneyperd Streekkampioenskappe plaas. Om 11.00 vind die Slaglam-beoordeling plaas en 13:00 begin die Swartland-streek Jeugskou-kampioenskappe – Cattle Inn en Veepos: Beoordeling van hanteerder van wol- en vleisskaap, boer-, angora- en melkbok, pluimvee en vleisbeeste. Saterdag 10 September: Vanaf 08:30 vind die Intervleisras-kampioenskap plaas. Beoordeling op die dag sluit die volgende items is: Nasionale SA Vlaam-
en Wes-Kaap Hackneyperd-streekkampioenskap en WP Saalperd-streekkampioenskappe Om 10:30 is daar vermaak vir die klein span met ‘n optrede deur Tjiff en Tjaff en kulkunstenaar PG Engelbrecht. Verdere optredes vanaf 12:00 sluit Wicus le Roux, Kurt Darren, Demi Lee, Joe Foster, Monique en Arno Jordaan in. Entoesiaste kan vanaf 15:00 nader staan waar ruiters hul staal gaan wys met hul perde: Dit sluit onder meer SA Vlaam wa-spanne van agt in, Saalperd-kampioen-enkeltuig, Hackney groot-kampioensiertuig en vele meer. Moet dit nie misloop nie. Die volledige program kan by die skoukantoor gevind word of besoek www.swartlandskou.co. za.
NUUS • NEWS
5
10 Augustus 2016
Shop online at www.picknpay.co.za
Also at HYPERMARKETS PnP NO NAMETM Frozen Chicken Braaipack 2kg
PnP Bulk T-bone and Club Steak Mixed Pack Per kg
SAVE
WAS 79.99 NOW R69
PnP Bulk Farmhouse Wors Per kg
R
54
PNP NO NAMETM Fresh Chicken Braaipack 5s or 16s Per kg
WAS 47.99 NOW R37
38
90
PnP NO NAMETM Frozen Chicken Braaipack 2kg
PnP Golden Delicious Apples 1.5kg
WAS 13.99 NOW 11.95
WAS 22.95 NOW 16.95 10kg
Tastic Long Grain Parboiled Rice10kg
Jungle Oats1kg
20
WAS 129.99 NOW 107.90
90
Eskort Shoulder or Diced Bacon 200g Each
20
R
Bokomo Weet-Bix 450g
35
80
PnP Long Life Milk Assorted 6 x 1 Litre Per Pack
10kg
Shield Roll-on Assorted 50ml
PnP Super Maize Meal 10kg
R
BUY 2 FOR
25
24
SAVE 5.10
R
Omo Auto Washing Powder 2kg, Liquid 1.5 Litre Assorted or Capsules 14s Each
WAS 59.99 NOW 45.90
PRICE PER NAPPY
WAS R106 NOW R88
BUY ANY 2 FOR
Coca-Cola Regular 2 Litre
WAS 92.99 NOW 77.90
Size 3 Size 4 Size 5 Size 6
Harrier Finest Matured Whisky 750ml
6490
WAS R239 NOW R206 Hunters Dry, Gold, Export or Hard Lemon Non-returnable Bottles 24 x 330ml Per Case
Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly.
36s 34s 32s 30s
– – – –
R2.50 R2.64 R2.80 R3.00
PRICE PER NAPPY
Size 3 72s Size 4 60s Size 4+ 54s Size 5 50s
PnP 2 Ply Toilet Tissue Assorted 9s Per Pack
Huggies Nappy Pants for Boys or Girls Assorted Per Pack
WAS 54.99 NOW 42.90
WAS 119.90 NOW 89.90
PRICES VALID 11 - 14 AUGUST 2016 AT PICK N PAY SUPERMARKETS AND HYPERMARKETS IN WESTERN CAPE
– – – –
R2.22 R2.66 R2.96 R3.20
Huggies Gold Disposable Nappies for Boys or Girls Assorted Per Pack
WAS 189.90 NOW 159.90
Excluding George, Jeffreys Bay, Knysna, Mossel Bay, Oudtshoorn, Plettenberg Bay, Express, Franschhoek Daily and Pick n Pay Local stores. Butchery lines not applicable to Camps Bay, Bellville and Lakeside. Buy-aid cards not accepted at Strand Street. Promotional stocks are limited. Prices include VAT, where applicable. Smart Shopper terms and conditions apply. No traders. E&OE. Selected products may not be available at all stores. Selected products have been styled for photography. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800 11 22 88. Cellphone rates apply.
Super Animals cards are available for online shopping. Super Animals cards not available in Pharmacy, Liquor or Clothing Stores.
MMWCHS111
Albany Superior White Bread 700g
BUY 2 FOR
NUUS • NEWS
6
Bergrivier en Weltevrede meet kragte in derby
Sue-Ann Ranna van Bergrivier trap mooi om nie oor die omkantlyn te trap nie, terwyl Peterina Tilana van Weltevrede na 'n spanmaat soek.
Bergrivier se eerste netbalspan het skoonskip gemaak en Weltevrede met 36-7 geklop.
Jo-Neille Pieterse van Bergrivier laat waai doellyn toe.
10 Augustus 2016
Marvin Loggenberg van Weltevrede systap sy oppnonent.
Wellington Hoërskool ding mee teen Charleston Hill
Amber Sambo, kaptein van Wellington Hoërskool, is reg vir die stryd.
Lee-Shay Jones van Wellington gooi die bal sekuur na ‘n spanmaat in hul wedstryd.
NUUS • NEWS
7
10 Augustus 2016
Geklassifiseerd • Classifieds
Dagboek • Calender
Dankbetuigings Special Thanks
FLORIS SMIT 28.04.1936 22.07.2016 Die Smit Familie: Loretta, Theresa, Sonja, Christiaan, Johann en Lizel wil graag ons opregte dank betuig aan almal wat ons in die tyd bygestaan het. Ds O'Kennedy, Dr E Kritzinger, personeel van Aandskemering, Mossie Begrafnisdienste. Al die gebede, al die skouers waarop ons kon huil, al die bystand, oproepe, die sms'e, blomme, kos, al die mense wat ver gery het. Aan almal baie dankie #2630 Die Bôrdienghuis – Breytenbach Sentrum 11 Augustus - Launch of Emily Hobhouse Kaartjies beloop R120 per persoon. Vir besprekings kontak Jeanne-Mari Gerber by 073 435 1022 of teater@breytenbachsentrum.co.za Mel Botes se Private Investigations - Tribute to Dire Straits - Chapter 2 12 Augustus 2016 om 20:00 by die Upstairsteater, Gouda Hotel, Hoofstraat, Gouda. Kaartjies @ R120 pp Besprekings : Maurene 023 232 0212 / 082 576 3874 Die Bôrdienghuis – Breytenbach Sentrum 13 Augustus - Mallies le Roux en die Besigheidsmanne. Vir besprekings kontak Jeanne-Mari Gerber by 073 435 1022 of teater@breytenbachsentrum.co.za Die Bôrdienghuis – Breytenbach Sentrum 13 Augustus om 11h00 - Emily Hobhouse boekbekendstelling. Eerste 100 gaste wat 'n boek koop ontvang 'n Emily Hobhouse blikbeker. Toegang is gratis - bespreking noodsaaklik. Ligte verversings sal bedien word. Vir besprekings skakel 021 406 3477 / rsvp@nb.co.za Die Bôrdienghuis – Breytenbach Sentrum 20 Augustus - Valiant Swart - Mystic Nagte Kaartjies beloop R120 per persoon. Vir besprekings kontak Jeanne-Mari Gerber by 073 435 1022 of teater@breytenbachsentrum.co.za Die Bôrdienghuis – Breytenbach Sentrum 24 Augustus - Helena Hettema Kaartjies beloop R130 per persoon. Vir besprekings kontak Jeanne-Mari Gerber by 073 435 1022 of teater@breytenbachsentrum.co.za Die Bôrdienghuis – Breytenbach Sentrum 27 Augustus om 13:00 - Gert Vlok Nel met Schalk Joubert. Kaartjies beloop R50 per persoon. Vir besprekings kontak Jeanne-Mari Gerber by 073 435 1022 of teater@breytenbachsentrum.co.za Die Bôrdienghuis – Breytenbach Sentrum
27 Augustus om 19:00 - Adagio : Jy is vrou. Kaartjies beloop R100 per persoon. Vir besprekings kontak Olivia Ockhuis by 021 873 2786 of teater@breytenbachsentrum.co.za Die Bôrdienghuis – Breytenbach Sentrum 16 - 18 Sept - Tuin van Digters Die Bôrdienghuis – Breytenbach Sentrum 29 Oktober - Marc Lottering. Vir besprekings kontak Jeanne-Mari Gerber by 073 435 1022 of teater@breytenbachsentrum.co.za Hervormde Kerk - Gemeente Paarl 28 Augustus om 16:00 - Gesogte kunstenaars soos Johan Bakkes (voorstelling van boek), Lourens Fick (pianis), Spaanse-koor van die Universiteit van Alcala, Tygerberg Kinderkoor, Adri Louw en Johannes Slabbert Navrae : Gwen van Wyk 082 875 8923 of gwenhoney@telkomsa.net Wellington Vereniging van Bejaardes Algemene Jaarvergadering by Milnerstraat 2A, Wellington (regoor Wellington verkeersdept) op 8 September 2016 om 10h30 Navrae : Mev H Fredericks - 0747068386 Darling Wild Flower Show 16 tot 18 September - Darling Gholf Club Adults: R50; Scholars: R30; Seniors:R30 (Friday only) More info: www.darlingwildflower.co.za Wellington Parkrun Every Saturday at 08:00 - rain or sunshine - this free 5km run/walk takes place at Imbuko wines, Wellington. For more info, directions and free registration go to www.parkrun.co.za/wellington. Follow them on Facebook at Wellies Parkrun or Twitter @welliesparkrun. You can alo send an email to wellingtonoffice@parkrun.com or contact Francois Coertze at 083 443 3081. Hokkie-oefening Elke Maandag, Dinsdag en Woensdag van 18:30 tot 20:30 oefen die Paarl-Hokkieklub op die Klein Parys-sportvelde. Navrae by Gavin Cupido (084 520 3714) of Adele Bothma (084 625 8137).
Kerke • Churches Anglican Church Sunday morning: April to Sept at 08:00; Oct - March at 07:30; Wed. Morning : 09:30 (end Jan to mid Dec); 4 Milner Street, Wellington. Enquiries: 021 873 1425. Joshua Generation Sunday morning 09:00 (English), Sunday evening (Afrikaans) 17:00. Provence, Milner Road. Enquiries: 021 873 6541. Kerk van Macedonië Sondagdiens om 10:00; Groenberg. Navrae: 062 836 1316. NEW Sunday morning at 10:00; HIN Training Centre, College Street, Wellington. Enquiries: 082 355 3280.
NGK Moeder-gemeente Sondagoggend om 09:30, Sondagaand om 19:00. H/v Kerk- en Piet Retiefstraat, Wellington. Navrae: 021 873 1561. NGK Noord-gemeente Sondagoggend om 09:30: MacCronestraat 11, Wellington. Navrae: 021 873 2763. NGK Wellington-Oos Sondagoggend om 9h30 en Sondagaand om 19h00 - h/v Barlinka en Cummingsstraat, Wellington. Navrae : 021 873 2690 St George's Presbyterian Church Sunday mornings at 09:30 (English); 22 Jan van Riebeeck Street. Enquiries: 021 873 2021. Shofar Sondagoggend om 09:00l Laerskool Hugenote, Kerkstraat 41. Navrae: 021 873 7677.
Dienste Services
Architectural Building Plans Design & Drawn Up to Approval Johan - 074061 3593 #2620
Gelukwensing Congrats RAAI WIE WORD 11!!! Geluk met jou kroonverjaardag op die 11de Augustus 2016. Hoop jy gaan 'n geseënde dag hê en alles wat mooi is vir jou in die toekoms. Lief vir jou. Van: Pa, Ouma en Oupa #2631 -----------------------------Corne, geluk met jou kroonverjaarsdag. Lekker dag. Van jou twee tannies, niggies en neefs #2632 -----------------------------KEAGAN Witbooi, geluk met jou 12de verjaardag op 11 Augustus. Dankie vir al die vreugde wat jy bring. Lekker verjaar ons liefie kind. Van: Mammie, Timo, Tristan en Zenobia #2633 -----------------------------Baie geluk Mamma se kleinseun met jou verjaardag. Mag die nuwe lewensjaar baie geluk en seëninge bring. Ons is baie lief vir jou. Van : Mamma, Oupa Herman en Johnnic #2634
14 Augustus Baie geluk aan ouma FATIMA VAN DER WESTHUIZEN op haar 90 ste verjaardag. God's rykste seën vir die genade jare wat nog oor is. Van: kinders, kleinkinders en agter-kleinkinders #2635 ----------------------------WILLIZE HART GOLIATH Die 8ste van die 8ste maand. Baie geluk met jou verjaarsdag. Mag die seën van die Here op jou rus. Jy is kosbaar in die oë van die Here. Mag die Here jou gee die begeertes van jou hart. Van jou Peetma. Tannie Fien #2636 ----------------------------MARLON-JOHN CUPIDO Baie geluk met jou 28ste verjaardag op 7 Augustus. Mag die Here jou seën met goeie gesondheid. Dankie vir die koffie wat jy so vir ouma bedien. Baie liefde Ouma Fien #2637 ---------------------------LAUREN JULIA DAMONSE-LE ROUX Baie geluk met jou verjaarsdag die 9de Augustus. Ouma weet dis baie koud en hierdie verjaarsdag het jy 'n man aan jou sy. Mag die Here die stuurman van julle huweliksbootjie wees. Van:Ouma Fien, 5 kinders, 11 kleinkinders en 1 agter-kleinkind Jake #2638 -----------------------------WAYLIN HART Baie geluk met jou kroon verjaarsdag op 7 Augustus. Mag die Here jou altyd in die holte van Sy hand hou. Baie Liefde - Tannie Fien #2639 -----------------------------CURT GREEN Geluk met jou 40ste verjaardag. Mag die Here altyd jou hande wat so aan die hare werk seën en dat daar nooit JIG in die hande sal kom. Liefde - Tannie Fien en familie #2640 ---------------------------
CEE-JAY FARAO Dis jou 4de verjaarsdag my engelkind. Wie sou kon dink jy sou die mylpaal bereik. Jou "go getter attitude" en jou glimlag laat my uitsien na môre. Lief jou altyd Daddy, Mommy. Ethan, Chrissadé en Chrisleigh. #2649 -----------------------------Mamma se oogappel. Happy birthday !!! Mamma is baie lief vir jou - jy is 4jaar oud... net Liewe Jesus se genade wat jou omvou. Baie liefde, Mamma en oupa Herman #2650 -----------------------------CJ toe ek jou die eerste keer sien, was dit deur 'n glasdeur so klein en pap maar tog so pragtig - min geweet jy gaan so vinnig kom groot word as jy huis toe sou kom. Ons het lank gewag vir jou mysie - so baie geluk met jou verjaardag. Alles wat mooi is vir jou en mag Jesus jou nog vele jare spaar en vir jou al jou Frozen geskenke laat kry. Was te mooi toe jy opstaan en vir my smile en se "Ek hou van jou. Mwah my skat jy moet lekker verjaar - Lief vir jou van Nicky #2651 -----------------------------Baie geluk ons poplap met jou verjaardag op 15 Augustus. 4 Jaar oud vandag. Jy is voorwaar ons eie wonderwerkie en die oulikste dingetjie op 2 bene. Lekker verjaar. Tannie, uncle Timo, Tristan, Keagan en Zenobia #2642 -----------------------------MATTEO JAYMEAN BALIE 9 August 2016 I can't believe two years has passed since you came into this world. You are growing up so fast and has been making our lives more meaningful and more colorful for the past 2 years. You are Mommy's little boy, Daddy's little reflection, Uncle's little friend and everyone else's little bundle of joy.Happy 2nd birthday my boy. We love you very much... From: Mommy, Daddy and Mianay #2653
-----------------------------Liefste Teo. Die eerste "birthday boy" van die kleinkinders. Die haan onder die henne. Baie geluk met jou verjaarsdag. Alles wat mooi is vir jou vorentoe. Bly daai dansende, skelme, oulike seuntjie wat jy is. Ons baie liefies vir jou mwaaahz....Sheena, Meez en Reez. #2644 -----------------------------Geluk boeta met jou verjaarsdag baie lief vir jou van Nanna, Uncle Solly, Lee, Atta en Jordan #2645 -----------------------------Congratulations on scoring your 2nd goal in life. You have many more. Auntie Yvenia& and uncle Ben and kid #2654 -----------------------------Wishing you a wonderful second birthday on the 9th of August matteo.We love you very much. From Afthen and Boeta #2655 ------------------------------
courant
dié
8
tel 022 487 3221
NUUS • NEWS
10 Augustus 2016
SPORT
10 Augustus 2016
• BOLAND VAL VAS
Kavaliers getem
Marathon:
Cisce Coetzee, Danie van Zyl en Kobus Oosthuizen van die Wellington Atletiekklub het Saterdag op Riebeek-Wes hul staal gewys in die 31ste PPC Bergmarathon.
Lubelwana first in marathon Some of the country’s top athletes descended on the picturesque Boland town of Riebeeck-West this weekend to take part in the 31st PPC Riebeek Bergmarathon. Anda Lubelwana was first across the 42.2km finish line in a time of 02:32:02. He was closely followed by Siyabulela Mpongwana and Ncedo Makunga in second and third place respectively. Adele Waldron crossed the finish line in a time of 03:17:45 – taking first place in the ladies’ 42.2km race and coming 16th overall. The 21.1km half-marathon was also hotly contested, finally being won by Siviwe Nkombi and Tanya Posthumus. The 10km race was won by Heinrich Wagner. Hosted by PPC and the Swartland Athletics Club, over 2 000 runners took part in the Bergmarathon this year. Supporters from the PPC
plant and local community were out in full force to cheer everyone on – including international cricketer JP Duminy, who participated in the 10km with beneficiaries from his NPO the JP21 Project, former Springbok rugby player Morné Du Plessis, and Runner’s World deputy editor Lisa Nevitt. They were joined by PPC CEO Darryll Castle and other members of the PPC executive team. Heinrich Wagner of Elana Meyer’s Endurocad Development Academy was the first of the team’s three development runners to cross the 10km finish line – their participation having been sponsored by PPC this year. Race veteran Brian Rothman came home to overwhelming applause as he completed his 31st race this year. He is the marathon’s longest standing supporter, having competed each year since the race’s inception. The race, which transforms the quiet town of Riebeeck-West into a bustle of celebration and activity each August, attracted a mix of past competitors and new entrants this year – bringing much needed investment to the community and boosting local tourism. “We’re delighted by another great turnout this year, and thank and congratulate everyone who participated,” said Bernard Venter, PPC Riebeek Factory General Manager. “We’re thrilled that so many people could join us to celebrate 31 years of PPC’s involvement in the Riebeeck-West community, and look forward to building on this partnership well into the years to come.”
Bo: Christopher Bosch (senter) van die Kavaliers skud ‘n verdediger van die Cheetah’s af.
Links: Nico Scheepers word uit die lug gepluk toe hy ‘n bal stewig vasvat. Die Boland Kavaliers het Saterdag hul Curriebeker Premier-liga veldtog afgeskop met ‘n 16-44 nederlaag teen die Vrystaat Cheetahs op die Boland Stadion op Wellington. Die Kavaliers het in die eerste helfte goed rekenskap van hulself gegee en die rustydtelling was 9-10 in die guns van die besoekers. In die tweede helfte het Vrystaat egter die krane oopgedraai en die Kavaliers uiteindelik ore aangesit met vyf drieë teenoor een van Boland. Puntemakers: Boland: Danwell Demas (drie), Nico Schee-
pers (een doelskop en drie strafdoele) Vrystaat: Sergeal Petersen, Raymond Rhule, William Small-Smith, Shaun Venter, Francois Venter (een drie elk), Fred Zelinga (5 doelskoppe en 3 strafdoele). Die Kavaliers speel eerskomende Vrydag om 17:00 teen die Oostelike Provinsie op die Nelson Mandelabaai Stadion te Port Elizabeth. Dié wedstryd word uitgesaai op Supersport. Boland se o.20 span speel eerskomende Vrydag (12 Augustus) teen Grens op die Boland Stadion in Wellington om 15:00.