courant Wellington
se 1ste keuse
dié
1 Weskus
Gratis • Free
Hugenotestraat 24, Malmesbury
2 November 2016
Uitgawe 394
tel: 022 487 3221
GROOTSTE onafhanklike gemeenskapskoerant in die Wes-Kaap
Talle eerstes vir Groenberg
Dié groep leerders van Groenberg Primêr het onlangs 'n uitstappie na Kaapstad onderneem. Vir talle van dié leerders het dit 'n klomp eerstes opgelewer. Die gemeenskap van Wellington het saamgestaan om die uitstappie se fondse te dek, sodat elke leerder hieraan kon deelneem. Foto: Juliette Pilaar
•'VIND SKOONHEID WAAR JY DIT MINSTE VERWAG'
Vreugde dryf Vaalkat
•Jaomi Zeeman
In Desember sal hy na een van die ander vrywilligers, Janina, se gemeenskap in Malsch, Die plaaslike fotograaf Monrico van Duitsland, vertrek waar hulle Wyk, ook bekend as “Vaalkat”, het breedvoerig sal verslag lewer oor onlangs op ‘n reis na Zambië vertrek hul werk en die toestande by die om daar as ‘n vrywilliger by die St. kinderhuis. Anthony’s-kinderhuis te gaan werk. Monrico sal ook sy reeks foto’s Nadat hy op 7 Oktober uit Welvan die kinderhuis in Malsch ten lington vertrek het, het hy al talle toon stel – alles in ‘n poging om avonture ervaar, mense ontmoet fondse in te samel om die kinderen op verskeie terreine ‘n verskil huis finansieel te versterk en by gemaak. te staan. Die St. Anthony-kinderhuis in “Ons hoop ook om mense te Ndola in die noorde van Zambië, huisves 63 kinders wat wees gelaat, Monrico (in die middel) saam met ander vrywilligers en kinders by die inspireer om meer by sulke inisiSt. Anthony Kinderhuis in Zambië atiewe en instansies betrokke te verstoot of mishandel is. raak,” sê Monrico. Daar is voor die beskikbaarstelling kleinste goedjies en hul gemotiveerde houding Hierdie ervaring is egter nie ‘n eenmalige van anti-retrovirale HIV-medikasie, al soveel as teenoor die lewe is ‘n inspirasie en ‘n uitdaging.” avontuur vir Monrico nie. 168 kinders gehuisves. Volgens Monrico kleef daar in Zambië ‘n “Dit is wonderlik om ‘n klein bydrae in die buiSedert die medikasie aan die publiek beskikbaar is, sterf daar nie meer soveel ouers nie en stigma aan gestremdheid en kinders met enige teland tot ‘n verdienstelike saak te lewer, maar word daar nie meer soveel kinders wees gelaat gebreke word deur die gemeenskap verstoot en hierdie reis het my ook laat reflekteer oor waar soms selfs doodgemaak. ek vandaan kom. Ek besef nou dat liefdadigheid nie. Die St. Anthony-kinderhuis bied ‘n heenkome tuis begin. Ek is seker dat elke mens van siek, Dit beteken egter nie dat die nood daar nie vir hierdie kinders. Hierdie kinderhuis werk ook gestremde of weerlose mense in hul onmiddenog steeds groot is nie. Monrico laat weet uit Zambië dat, ten spyte nou saam met ander liefdadigheidsorganisasies. like omgewing weet. Ons het almal so ‘n groot Hulle versorg die kinders wat uit kinderver- verantwoordelikheid om God se hande te wees van al die armoede en swaarkry, daar nog steeds talle stories en tekens van skoonheid en hoop by kragtings gebore word, terwyl die jong moeders en uit te reik na waar daar nood is,” sê hy. deur ‘n ander organisasie opvoeding ontvang, Monrico hou op 6 November ‘n skerpskertsdie St. Anthony-kinderhuis is. “Mens vind werklike skoonheid soms op die sodat hulle uiteindelik self vir hul kinders kan konsert en motiveringspraatjie by die Breedtsaal om die fondse vir sy uitreik na Malsch en die plekke waar jy dit die minste verwag,” laat weet sorg. Monrico werk nie net as vrywilliger in die kin- St. Anthony-kinderhuis te versterk. Monrico. Die konsert begin om 17:00 en belangstellen“Baie van die kinders in die kinderhuis het derhuis nie, maar is ook besig om ‘n reeks foto’s ‘n gruwelike, gewelddadige agtergrond, maar van die werk en lewe by die St. Anthony-kinder- des kan hom by 078 165 6341 of vaalkatphoto@ gmail.com kontak. die vreugde in hul oë, hul dankbaarheid vir die huis te neem en saam te stel.
NUUS • NEWS
2 November 2016
NUUS • NEWS
2
2 November 2016
•DEKADE BY SENTRUM GEVIER
Jou storie dalk deel van boek
In 2015 het die Santa Shoebox-organisasie op Wellington met die inwoners se hulp hul teiken gehaal om Kersgeskenke aan meer as 750 kinders in die Drakenstein-gemeenskap te kon gee. Vanjaar is hierdie teiken selfs hoër gestel en hoop hulle om die liefde na 800 kinders uit te dra! Santa Shoebox het 15 fasiliteite wat dwarsdeur Wellington, Lady Loch, Voor-Groenberg, Van Wyksvlei, Hillcrest, Mbekweni, Groot-Drakenstein en die landelike omgewing versprei is. Hierdie kinders – by die crèches, Sondagskole, nasorgfasiliteite en ’n projek vir mishandelde kinders – soek almal net ʼn klein bietjie ekstra liefde en welwillendheid hierdie Kersfees, en
ons hoop dat ons met julle hulp 2016 ʼn jaar kan maak wat hulle sal onthou. Kry dus julle kinders, familie, kollegas bymekaar en begin maak daardie beloftes! Gaan na www.santashoebox.org.za om as ʼn skenker te registreer en kies die naam en ouderdom van ʼn kind vir wie jy ʼn skoenboks wil volmaak. Die toegedraaide Santa-skoenboks moet op 11 of 12 November by die Wellington Voorbereidingskool afgelaai word. Vir meer inligting, kontak Ilse wat die koördineerder vir die Franschhoek, Paarl en Wellington-omgewing is. Kontak haar by ilse@flac.co.za of by 083 594 5619.
Breytenbach Sentrum vier 10 jaar met nuwe boek en hulle soek jou storie! Die Breytenbach Sentrum op Wellington beplan om volgende jaar ‘n boek uit te gee wat hierdie instansie se stories, bydraes en identiteit – alles soos gesien deur die oë van verskeie rolspelers, stigterslede, besoekers en die breë publiek – sal weerspieël. Volgens Theo Kemp, uitvoerende bestuurder van die Sentrum, is hierdie projek iets wat die Breytenbach Sentrum se identiteit sal probeer peil. “Die Breytenbach Sentrum is in 2017 10 jaar oud. Die boek-projek is egter nie noodwendig net ter viering van hierdie mylpaal nie – dit is nie iets waarmee ons wil sê: ‘Kyk hoe lyk ons plek, kyk wat doen ons’ nie. Dit moet veel eerder oor mense se gewaarwording rondom die Sentrum gaan. Dit gaan nie oor iets wat ons vir die mense wil kom wys nie – eerder oor wat die mense vir óns ten opsigte van die sentrum en die persepsies, stories, gewaarwordinge en staaltjies daar rondom kan gee,” verduidelik hy. Daar word beplan om die boek tydens 2017 se Tuin van Digters bekend te stel. Die Breytenbach Sentrum wil graag almal wat al ooit die Sentrum besoek het, vroeër in die kantore wat daar gehuisves is gewerk het, kennis oor die geskiedenis van die Sentrum het of op enige ander manier met die Sentrum te doen gehad
Talle voornemende studente het op die Wellington-kampus van die Hugenote Kollege toegesak om meer uit te vind oor die verskeidenheid kursusse, moontlike verblyfopsies en om die kampuslewe te kom beleef. Kampuspersoneel het entoesiasties navrae oor kursusse en die kampus beantwoord en
inlingtingsbrosjures aan leerders en lede van die publiek uitgedeel. Volgens André Pentz (handelsmerkbestuurder van die Hugenote Kollege) is hulle oorweldig deur die positiwiteit van die voornemende studente teenoor nie net die kollege nie, maar ook die ander uitstallings, soos
Leefkerk, ABSA, Eduloan, Seeff, Nedbank en Christelike Lektuurfonds wat tydens die dag teenwoordig was. Dr. Willie van der Merwe het by navraag die volgende gesê: “Ons opedag is die ideale geleentheid vir Graad 11 en 12 leerders om waardevolle inligting te bekom oor studie by
Liefdadigheid:
Monrico van Wyk van Wellington reis deur Afrika en raak kinderlewens aan met sy liefde vir vreugde. Bo is hy tussen al die kinders by die St. Anthony Kinderhuis in Zambië.
Kan jy die slee-klokkies van Kersfees hoor lui?
het, uitnooi om bydraes vir hierdie boek te stuur. “Die bydraes kan informatief wees, maar sommer ook net gewone staaltjies, ervarings, sienings en stories. Ons soek regtig reaksie uit alle gemeenskappe. Die boek gaan oor die mense – enige en alle mense. Dit kan selfs ‘n kind se persepsie, ervaring of storie wees – solank dit eg is,” sê Theo. “Skryf hoe die plek of jou besoek hier jou laat voel het. Skryf hoe die kursus wat jy hier voltooi het jou lewe geraak het. Skryf wat jy saans hoor wanneer jy hier verbyry. Skryf oor jou teaterervarings, die kunsuitstallings wat jy hier besigtig het, die mense wat jy hier ontmoet het en die dinge waarvan jy hier hou of nie hou nie. Skryf wat jy weet, skryf hoe jy voel en skryf soos jy praat,” sê hy. Enige bydraes kan, saam met duidelike kontakbesonderhede en ‘n bondige biografiese oorsig voor 31 Januarie 2017 na zeemans@ telkomsa.net gestuur word. Bydraes mag nie 750 woorde oorskry nie en tekste moet met MS Word versoenbaar wees. Geen korrespondensie sal tussen die skrywers en die Breytenbach-sentrum of hul redigeerders plaasvind nie. Die skrywers van bydraes wat in die boek opgeneem word, sal per e-pos in kennis gestel word. Publikasie van bydraes is geheel en al afhanklik van keuring en die geskiktheid daarvan.
‘n hoëronderwysinstelling en wat dié opedag so spesiaal maak, is dat voornemende studente en hul ouers direk met personeel kan gesels om presies op hoogte te kom van wat die onderskeie studierigtings behels en watter ondersteuning aan studente gebied word.”
Voornemende studente verken Hugenote Kollege
NUUS • NEWS
3
2 November 2016
•GEMEENSKAP REIK UIT
Uitstappie verbly kinderharte
•Jaomi Zeeman Al die leerders van Groenberg Primêr kon onlangs ‘n uitstappie na Kaapstad meemaak – alles te danke aan weldoeners en die samewerking van talle rolspelers in die gemeenskap. Die Wellingtonner Erika Odendaal het, nadat sy ‘n vrou langs ‘n plaaspad ‘n saamry-geleentheid gegee het, verneem dat hierdie vrou se kinders nie ‘n skooluitstappie na Kaapstad kon meemaak nie weens die hoë kostes daaraan verbonde. By nadere ondersoek het Erika agtergekom dat daar altesaam 96 kinders was wat nie die verlangde bedrag vir die uitstappie kon betaal nie en dus by die skool sou moes agterbly wanneer die bus na Kaapstad vertrek. Sy het ‘n beroep op haar Facebook-vriende gedoen om bydraes vir hierdie kinders te maak sodat hulle op die uitstappie kon gaan. Die feit dat sommige van die kinders nog nooit eers buite die grense van Wellington was
nie, het Erika nog meer aangespoor om hulle te probeer help. Die reaksie op haar Facebook-inskrywing was oorweldigend en het meegebring dat elke liewe kind in Groenberg Primêr die uitstappie na Kaapstad kon meemaak – alles te danke aan die skenkings van mense op Wellington. Vir baie van die leerders was dit hul eerste keer in ‘n bus, ‘n eerste keer buite Wellington en ‘n eerste uitstappie na Kaapstad. Sommiges het die uitstappie sommer met kaal voete aangedurf. Niks kon egter hul opgewondenheid en entoesiasme keer nie en hulle het elke oomblik met dankbaarheid en verwondering geniet. Die fotograaf Juliette Pilaar het van hierdie wonderlike storie te hore gekom en aangebied om die uitstappie mee te maak en die dag se gebeure op film vas te lê. Haar pragtige foto’s is ‘n getuienis van hoe die klein gebare van ‘n positiewe gemeenskap ‘n groot invloed in die harte en toekoms van kinders kan bewerkstellig.
Musiekleerders hou konsert
Die musiekleerlinge van Gheta Grobler se musiekskool het Vrydag ‘n konsert in die kerkgebou van die Wellington-Oos-gemeente gehou. Al die leerlinge kon by hierdie geleentheid met hul musikale vaardighede spog. Die musiekleerders, wie se ouderdomme tussen sewe en 18 wissel, neem lesse in verskillende musiekinstrumente en daar is ook ‘n groot groep wat sangonderrig ontvang. Volgens Gheta, wat bekend is vir die blootstelling wat sy aan haar studente gee en haar onderrig in ‘n verskeidenheid instrumente en sang, is die konsert elke jaar vir haar ‘n hoogtepunt. “Dit is so lekker om te sien hoe elke leerling deur die jaar en oor ‘n paar jaar groei in hul spesifieke dissipline. Die grootste bonus is die
selfvertroue wat hulle opbou en hoe hulle al hoe gemakliker word tydens optredes,” sê sy. Behalwe vir die eisteddfod en talle kompetisies waaraan leerlinge van hierdie musiekskool suksesvol deelneem, is daar ook leerders wat jaarliks die internasionale Trinity musiekeksamen aflê. “Daar is vanjaar vier leerlinge wat die gevorderde grade in sang by die Trinity College of London aandurf. Hulle het almal verlede jaar groot welslae behaal,” vertel Gheta. Die verskeidenheid instrumentale items deur kitaargroepe, blokfluitleerders en klavierleerlinge, is deur klassieke en moderne sangitems afgewissel. Dit was ‘n luisterryke konsert wat vir heerlike vermaak gesorg het.
Hou dié courant se Facebook-blad dop vir al jou nuus en gebeure!
courant
NUUS • NEWS
2 November 2016
dié
4
Wat as...
“As” is nie net die oorblyfsels van verbranding nie, dit is ook die stang of staaf waarop rotasie plaasvind. “As” kan ook “ingeval, indien” of “op voorwaarde dat” beteken. Almal in die Wes-Kaap weet dat die fynbos rondom ons soms nodig het om af te brand en “as” te word om die volle potensiaal van die groeikrag wat daarin opgesluit lê, te ontgin. Al hierdie dinge is wonderlike beelde en metafore wat na die naarhede van die lewe deurgetrek kan word. Wanneer ‘n geliefde ou statige gebou soos die Goodnow, wat al vir baie jare die simbool van hoop en die baken van gedeelde kennis, hulpmiddele en opvoeding vergestalt, afbrand, is dit egter moeilik om enige positiewe gevolge in die oorblyfsels en as daarvan raak te sien. Dan soek ‘n mens hard na die “good” in die “now”. ‘n Mens voel magteloos en kwaad vir die onnodige vernietiging, radeloos oor die verlies. ‘n Mens wonder of dít wat ons geliefde Goodnowsaal verteenwoordig het, saam met die gesmelte pype oor die verbrande orrel gedrapeer lê. Maar wat as…? Wat as die Goodnow se as die as of die spil word wat ons na mekaar laat draai? Wat as hierdie skokkende draai in ons dorp se geskiedenis aan nuwe samewerkingsooreenkomste geboorte gee en mense uit verskillende gemeenskappe laat hande vat omdat hulle dalk meer gemeenskaplike belange as verskille het? Wat as dít waarvan die Goodnow ‘n simbool is, soos hoop en opvoeding, iets is wat kan herleef en uit die as kan herrys omdat ons weier dat dit verlore gaan? As ons saam planne maak, saam tot aksie oorgaan, saam bewaar en saam hoop en werk, was die Goodnow se as dalk nie tevergeefs nie.
Goodnow-saal: Van toeka tot nou
Baken van hoop vir talle
Toe
It’s Good News
Dr Marc Blackwell Snr
Your will be done, or... Prayer “should be the most humble expression of submission to the will of the Father in heaven, but too often “it appears to be an attempt to impose our will upon the Almighty.” It is as though we give God our plan and ask Him to place His stamp of approval upon it. We ALL TOO OFTEN focus too much upon our problems and greed for how we wish things were instead of upon praise and glory to God. Our prayer should be “that we may not displease God in any thing we do, nor be displeased at any thing God does.” When His providence or provision or care for us does not line up with our prayers, we can become guilty of the sin of discontentment. This hinders our fellowship with Him as well as our service for Him. Love for God, trust in God and obedience to God bring the peace of God that all things are working together for good - something that affirms are hope in Christ but something that also recognizes that our heavenly Father can and will mold us into the image of Christ. As we pray for His will to be done in our lives - then, at this point we can gladly resign ourselves as bond servants to doing all for His glory and the eternal good of others. Like the prayers of our Saviour, Jesus Christ, we should be found sincerely praying, “Your will be done!” We should be considering the question of how our own desire for God’s glory is above all else. We declare our confidence in God and through humble prayer we find our submission to, His divine providence for today, for times ahead and for eternity.
Geborgenheid is 'n emosie wat die bekende Goodnow-saal by talle ontlok het. "Die lewe sal altyd bros en broos wees en die aangaan daarmee sal altyd lê in die woorde waaraan ons gebonde is, die woorde wat ons deel, die gedagtes wat ons Goodnow-mense maak." Só sê Professor Johan Anker van Wellington se CPUT-kampus. Die Goodnowsaal, wat deel is van die CPUT-kampus en onlangs deur ‘n brand vernietig is, is een van Wellington se bekendste historiese geboue met ‘n unieke storie en ‘n boodskap van hoop. Die geskiedenis van hierdie gebou is met dié van ander historiese geboue uit die Andrew Murray-tydperk vervleg. Die ontstaan van die Hugenote Seminarium, wat vroue wou ophef deur aan hul toegang tot hoër onderwys te bied, het die oprigting van vele van ons dorp se historiese geboue tot gevolg gehad. Hierdie instelling wou ook verseker dat opvoeding in Suid-Afrika gevestig en uitgebrei word. Die Goodnowsaal is een van die bakens van hierdie inisiatief. Kort na die ingebruikneming van Huis Murray in 1875, het daar ‘n behoefte aan ‘n saal as bymekaarkomplek vir spesiale geleenthede ontstaan. Daar was ook ‘n behoefte aan ‘n plek wat as gimnasium kon dien, aangesien die dames in daardie stadium gimnastiek op die agterstoep van Huis Murray moes doen. Een van die Hugenote Seminarium se vroeë onderwyseresse, juffrou E.A. Cummings, het tydens haar langverlof op ‘n oorsese reis vertrek. Tydens hierdie reis het sy per toeval oorkant ‘n onbekende dame wat ‘n boek deur ds. Andrew Murray op ‘n trein sit en lees het, beland. Hulle het begin gesels en juf. Cummings het haar medereisiger van ds. Murray se werk op Wellington vertel. Sy het ook genoem dat daar ‘n behoefte aan ‘n nuwe saal vir hierdie doel ontstaan het. Aan die einde van hul reis het die dame ‘n skenking van £5 vir die saal gemaak. Hierdie gebaar het juf. Cummings geïnspireer om haar daadwerklik vir die totstandkoming van hierdie nuwe saal te beywer. Sy het besef dat daar nie genoeg tyd sou wees om slegs klein bedraggies vir so ‘n saal in te samel nie en dat daar groter planne vir hierdie doel gemaak moes word. Juf. Cummings het haar ma se neef, mnr. Goodnow in Massachusetts, vir ‘n skenking genader. Hy was bekend vir sy ruim skenkings vir opvoedkundige doeleindes en het mettertyd ‘n groot belangstelling in die behoeftes van die Hugenote Seminarium begin toon. Mnr. Goodnow laat trek, met die hulp van ‘n argitek, planne vir
Nou
‘n saal op wat in die behoeftes van die skool sou voorsien en juf. Cummings lê die planne aan ‘n argitek in Suid-Afrika voor. Hierdie argitek, mnr. E. Malherbe, reken egter dat die oprigting van die gebou niks minder as £4 000 sou kos nie – ‘n bedrag wat in daardie stadium nie beskikbaar was nie. Mnr. Goodnow het goedgunstiglik die hele bedrag vir die bou van die saal geskenk. Die houtwerk sou in Amerika vervaardig word en dan na Suid-Afrika verskeep word – ‘n reëling wat groot besparings sou teweegbring. Tydens die verskeping van die kosbare vrag op die Olga R., het dié skip egter by Mouillepunt gestrand. Die meeste van die houtwerk kon gelukkig van die skip gered word en die res het uitgespoel. Andrew Murray en juf. Cummings het die hout by ‘n vendusie van die versekeringsmaatskappy teruggekoop – teen ‘n goedkoper bedrag as wat hul oorspronklik sou betaal en per perdekar na Wellington vervoer. Die soutwater het boonop die ashout (“American ash”) donkerder verkleur en ‘n eikehout-voorkoms daaraan besorg. Daar was sowaar baie geluk by die ongeluk – ‘n teken van hoop. Die Goodnowsaal is in 1886 voltooi en daagliks vir studente- en kulturele bedrywighede gebruik. Andrew Murray skryf soos volg oor dié saal: “I do not speak of its inestimable value in direct connection with all the work of the Seminary and the College, I want to allude to what it has been as a Church home to all our pupils for these many years. Eternity alone will reveal how many throughout South Africa and elsewhere are working for their fellow men in a power to which Goodnow Hall has contributed no little share.” (Bronne: Wellington Museum)
NUUS • NEWS
5
2 November 2016
Wat is ACVV Fyngoud? Aangesien daar so baie verwarring en misverstande in omloop is, wil die bestuur van die Fyngoud-dienssentrum, graag enige onduidelikhede opklaar. Die Dienssentrum ressorteer onder die ACVV, net soos Silwerkruin, en die maatskaplike dienste, maar is nie die ACVV of Silwerkruin nie. Die dienssentrum funksioneer onafhanklik van bogenoemde twee. Hulle samel hul eie fondse in en doen self aansoek vir donasies. Fyngoud akkommodeer alle ouer persone bo 60 jaar wat nog op hulle eie woon en selfversorgend is en belangstel in een of meer van die vele aktiwiteite wat by die dienssentrum aangebied word. Program: Liggaamlike oefeninge (spesiaal vir die ouer persoon) - Maandae en Woensdae; Kunsklasse - om kreatiwiteit by ouer persone te behou - Maandae; Naaldwerk-sessies – waar saamgekuier en breipatrone uitgeruil word - Dinsdae; Bordspeletjies – Donderdae-middae; Kaartspel (kanesta) – Dinsdae- en Vrydaemiddae; Pedikure (Woensdae en Donderdae); Etes (daagliks) - Etes word bedien by die dienssentrum, self-afhaal en indien persoon siek is, word dit deur vrywilligers tuis afgelewer – Saterdae, Sondae en vakansiedae uitgesluit; Maandelikse uitstappies na interessante plekke; Besoeke aan Kunstekaap en teater in Kampsbaai; Elke Vrydag 09:30 vergader almal by die dienssentrum (op die hoek van Bain- en Fonteinstrate) vir ‘n interessante praatjie – of boekvoorlesing deur kundige persone en daarna drink almal gesellig tee en leer mekaar beter ken, veral vir nuwe intrekkers in Wellington. Vrydae is daar ook ‘n mark vanaf 08:30 waar heerlike gebak en vars groente, direk van die Mark aan die mense verkoop word; • As gevolg van siekte en ouderdom is ons ledetal besig om te taan. Die bestuur nooi dus alle nuwe intrekkers uit om op ‘n Vrydag by hullete kom inloer en te sien hoe gesellig die mense verkeer. Waarom alleen en eensaam in jou huis of woonstel sit as jy so baie nuwe dinge kan sien, hoor, of ervaar. Indien daar enige navrae is, kontak gerus Janet Myburg by 021 873 4682/082 850 1197.
Missie:
Om deur ontwikkelingsgerugte maatskaplike welsyns- en ondersteuningsdienste, ouer persone te bemagtig om hulle lewensstandaard te verhoog, hulle lewenskwaliteit te verbeter en sodoende ‘n gesonde gemeenskap te bou
Shop online at www.picknpay.co.za Also at HYPERMARKETS
WEEKEND SAVINGS on st e B
Rainbow Frozen Chicken 4 Drums + 4 Thighs 1.5kg Each
WAS R42.99
R
R
38
PnP Bulk Grabouw Boerewors
PnP Uncooked Bulk Beef Mince
54
R
66
Per kg
Per kg
PnP Fresh Chicken Braaipack 4s or 16s
R
38
90
Per kg
10kg Clover Full Cream or Low Fat Fresh Milk 2 Litre Each
R
21
BUY ANY 2 FOR
80
GET 1 FREE FOR EVERY R150 YOU SPEND
Visie:
Elke ouer persoon geestelik, maatskaplik en liggaamlik goed versorg.
“Like” ons Facebook-blad @diecourant en word deel van die nuus!
b the raai
Fanta, Sprite or Stoney Assorted 2 Litre
R
Spekko Long Grain Parboiled Rice 2kg
WAS R26.99
26
R
18
90
Plus earn
BONUS STIKEEZ EZ
WAS R97.99
WAS R12.99
8 79 PRICES SO LOW YOU WON’T BELIEVE YOUR EYES 219 109
R
FREE APP Keep ‘em
PnP Super Maize Meal 10kg
Pasta Grande Spaghetti or Macaroni 500g Each
when you buy selected products
! dry
90
R
WAS R256
Amarula Cream Liqueur 750ml
R
90
Hunters Dry, Gold, Export or Hard Lemon Cans or Non-returnable Bottles 24 x 330ml Per Case
WAS R135.99
R
Cuddlers Comfort New Born or Value Pack Assorted Per Pack
Ariel Hand Washing Powder Assorted 2kg Each
R
R
117
WAS R149.90
90
WAS R59.99
38
90
Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly.
Excluding George, Jeffreys Bay, Knysna, Mossel Bay, Oudtshoorn, Plettenberg Bay, Camps Bay, Express, Franschhoek Daily and Local stores. Butchery lines not applicable to Bellville, Camps Bay and Lakeside. Promotional stocks are limited. Prices include VAT, where applicable. Smart Shopper terms and conditions apply. No traders. E&OE. Selected products may not be available at all stores. Selected products have been styled for photography. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800 11 22 88. Cellphone rates apply.
PRICES VALID 3 - 6 NOVEMBER 2016 AT PICK N PAY SUPERMARKETS AND HYPERMARKETS IN WESTERN CAPE MMWCHS501
NEW BUYING MONTH STARTS ON THE 6TH
NUUS • NEWS
6
2 November 2016
Studente se harde werk beloon met toekennings Die Drama/Toneel-studente.
Die Breytenbach-sentrum bied jaarliks kursusse in dagsorg, drama/toneel, naaldwerk en rekenaargeletterdheid vir verdienstelike studente aan. By vanjaar se diplomaplegtigheid in die Bordienghuis-teater, is talle studente wat hierdie kursusse suksesvol voltooi het, vereer. Die opleiding en kursusse strek oor ‘n tydperk van ag tot 10 maande en word deur bekwame spesialiste aangebied. Kosie Opperman is verantwoordelik vir rekenaargeletterdheid, Marguerite Scheepers vir die naaldwerk-kursus en Charmaine Rhoda vir die
Bo: Die spreker, raadslid Links bo: Kosie Opperman, Theo Kemp, Marguerite Scheepers, Olivia Ockhuis en Charmaine Rho- Rita Andreas, saam met da. Tweede van bo: Die Rekenaarstudie-studente. Links: Die Naalwerk-studente wat diplomas ont- Charmaine Rhoda, een van die fasiliteerders. vang het. Bo: Dagsorg-studente. “Hierdie geleentheid is elke jaar vir my die die lewens van mense in landelike gebiede strek, dagsorg en leesfassilitering. grootste inspirasie,” het hy gesê. Die dagsorg-kursus word by drie terreine kon as inspirasie vir elke student dien. “Wat julle hier bereik, is ‘n simbool van hoop. “Ek het nog steeds nie ophou droom nie. Ek aangebied, naamlik die Breytenbach Sentrum, wil ‘n kwalifikasie as onderwyser verwerf – net Dit laat ‘n mens glo dat daar antwoorde is op al Butterfly House en Badisa. Rita Andreas, raadslid van die Drakenstein omdat dit ‘n kleintyd-droom van my was. En ek dinge wat ons in ons land bekommer – dat die goeie dinge dalk tog genoeg is om dinge te laat Munisipaliteit, het as gasspreker by die diplo- wil die minister van Landbou word. "My drome dryf my om iets beter te wees. beter gaan.” maplegtigheid opgetree. Die verrigtinge is op ‘n hoë noot met ‘n heerSy het in haar toespraak na al die moontlik- Dit maak nie saak waar jy vandaan kom nie – wat hede verwys en haar boodskap van hoop en die saakmaak is waarheen jy op pad is,” het sy gesê. like ete en gesellige saamkuier afgesluit. Nadat al die studente hul diplomas ontvang najaag van drome met voorbeelde uit haar eie Enige belangstellendes in die kursusse wat by het, het Theo Kemp, uitvoerende bestuurder lewe toegelig. Haar lewensverhaal wat van ‘n nederige van die Breytenbach Sentrum, alle rolspelers die Breytenbach-sentrum aangebied word, kan Olivia Ockhuis by 021 873 2786 kontak. begin as plaaswerker tot ‘n dinamiese bydrae in bedank.
Gholf: Huis Andrew Murray het ‘n baie suksesvolle tweede gholfdag gehou en bedank
al die borge en ondersteuners wat dié dag 'n sukses gemaak het. Die matrikulante en sporthelde wat deelgeneem het, het elkeen ‘n beurt gekry om te vertel wat Huis Andrew Murray vir hul beteken. Sprokiesland Kleutelskool het ‘n paar items gelewer en was te oulik met die liedjie wat hul gesing het. Die wenners is Rivlink. Bo is Karen Petersen, Rivlink (Jules Rivlink, Merle Viljoen, Christo Ross,Kenneth Brink), Heinrich Gabler, oud inwoner van HAM en Mnr. Suid Afrika finalis, Gielie Scholtz van die Beheerraad wie die verrigtinge geopen het en die seremoniemeester Roger Adams. Foto: Alicia Morkel
NUUS • NEWS
7
2 November 2016
Dagboek • Calender
Wellington CLC Matriek-aandklasse by Wellington CLC., Hospitaalstraat. Dinsdae en Donderdae vanaf 18:00 tot 20:00. Navrae skakel 021 864 2418 Bôrdienghuis Teater 3 November: Joshua na die Reën. Kom luister na die nuwe album getiteld - Die wêreld binne my om 20:00. Kostes beloop R125 p/p. Navrae en bespreking by 073 435 1022 of besprekings@breytenbachsentrum.co.za Abbeyfield Vereninging 3 November: Die Abbeyfield Vereniging hou hul Algemene Jaarvergadering om 10:30 by Milnertstraat 2 A (regoor Wellington-verkeersdepartement). Vir enige navrae, kontak mev H Fredericks by 074 706 8386 Bôrdienghuis Teater 4 November: Kom luister na My woordplaneet saam met Chris van Niekerk na die mooiste gedigte om 18:00. Kostes beloop R100 p/p en R60 vir studente en pensionarisse. Navrae en bespreking by 073 435 1022 of besprekings@breytenbachsentrum.co.za Crystall Gate Outreach Ministries 4-6 November: Come and enjoy the Faith to move mountains Tent Crusade. Friday and Saturday at 19:00 and Sunday at 17:30 in Leon Street, Wellington with the Prophetess Elena Groenewald Sarah Theron
11 November: Sarah Theron is te sien in Storm in 'n D-cup. Vind plaas by Die Herberg, Jacobsbaai. Vertoning begin 18:30 vir 19:00. Kostes beloop R250 per persoon wat 'n 3-gang maaltyd insluit. Kaartjies beskikbaar by Sanet 083 633 6262 Die Ontelbare 48 10-12 & 17-19 November: Kom sien die ontelbare 48 met Wessel Pretorius by die Drostdy
Teater. Vir meer inligting skakel 087 943 2459 of stuur 'n epos aan: info@drostdyteater.co.za Opera in the Winelands 11-13 November: Come enjoy opera in the Winelands at Diemersfontein Wine and Country Estate in Wellington, with your host Marcus Desando. For information contact 0027 067 800 or for bookings at arnold@gautengopera.org AKTV - Wellington 12 November: Die AKTV bied 'n treinrit na Kalkbaai an. Kostes beloop R75 per persoon (kinders is welkom, maar al die sitplekke kos R75). Kaartjies is beskikbaar by Wellington Museum 021 873 4710 of Rone Sills by 062 053 3114 Bôrdienghuis Teater 18 November: Kom geniet groot vermaak saam met Soli Philander om 20:00. Kostes beloop R120 per persoon. Navrae en bespreking by 073 435 1022 of besprekings@breytenbachsentrum.co.za Bôrdienghuis Teater 24 November: Fliekaand onder die sterre getiteld Me before You. Roerende film gegrond op die gelyknamige boek deur Jojo Moyes om 20:00. Vertoning is gratis en besprekings is noodsaaklik. Navrae en bespreking by 073 435 1022 of besprekings@breytenbachsentrum.co.za Rendezvous Werfmark 25 November: Kom loer in by die WellingtonWes-mark vanaf 9:00 tot laat namiddag met stalletjies, kuier, werkswinkels, musiek onder die sterre, eetgoed, vermaak, luilekker Kersinkope, speelgoed en nog meer. Huis Andrew Murray 25 November: Wees deel van die Huis Andrew Murray se Kersfees skoenboks-projek. Navrae by 021 873 3834 of info@andrewmurray.org.za
Kerke • Churches
Anglican Church Sunday morning: April to Sept at 08:00; Oct - March at 07:30; Wed. Morning : 09:30 (end Jan to mid Dec); 4 Milner Street, Wellington. Enquiries: 021 873 1425.
NGK Noord-gemeente Sondagoggend om 09:30: MacCronestraat 11, Wellington. Navrae: 021 873 2763.
Joshua Generation Sunday morning 09:00 (English), Sunday evening (Afrikaans) 17:00. Provence, Milner Road. Enquiries: 021 873 6541.
NGK Wellington-Oos Sondagoggend om 9h00 en Sondagaand om 19h00 - h/v Barlinka en Cummingsstraat, Wellington. Navrae : 021 873 2690
Kerk van Macedonië Sondagdiens om 10:00; Groenberg. Navrae: 062 836 1316.
St George's Presbyterian Church Sunday mornings at 09:30 (English); 22 Jan van Riebeeck Street. Enquiries: 021 873 2021.
NEW Sunday morning at 09:00 (English service); HJN Training Centre, College Street, Wellington. Enquiries: 082 355 3280. NGK Moeder-gemeente Sondagoggend om 09:00, Sondagaand-diens - Leefkerk om 19:00. H/v Kerk- en Piet Retiefstraat, Wellington. Navrae: 021
873 1561.
Shofar Sondagoggend om 09:00 Laerskool Hugenote, Kerkstraat 41. Navrae: 021 873 7677. Wellington Christen Familie Kerkstraat 54. Sondagoggende om 09:00 Navrae : 082 876 7353
Geklassifiseerd • Smalls GELUKWENSING CONGRATS RAAI WIE WORD 50??? Mag al jou drome waar word. Jy's 'n vriendin duisend. Bly altyd JY. Liefde: Jou Umlungu's #3041 ----------------------------------Ons eie La Mar Mckenzie is 50! Verjaardae is vol herinneringe, vreugde en drome. Mag jou dag vol nuwe herinneringe wees. - Fredericks-gesin #3042 ----------------------------------Hoop jy het 'n ongelooflike eerste verjaarsdag DE-HEYCO. Mag jy 'n lekker dag spandeer saam familie en maaitjies. Mammie, Dorra en Ouma. #3043 ----------------------------------BERNELEIGH 21!!!!! Baie geluk met jou 21ste verjaardag. Dankie vir die dogter wat jy is. Liefde: Mammie, Ouma, Uncle, Tannie en kinders #3044 ---------------------------------Baie geluk met jou 21ste verjaarsdag. Mag lewensvreugde jou op die pad begroet. God se seënwense. - Antie Rika,Denzil, Marika, Marisca, Henlize en Timrique #3045 ----------------------------------RAAI WIE WORD 70 ?? OP 5 NOVEMBER Wens u 'n geseënde en voorspoedige nuwe lewensjaar toe. Mag die Here u nog vele jare spaar. - Mina en gesin #3046 ----------------------------------Geluk met jou kroonverjaarsdag op 27 Oktober JASLIN (Josie). God se rykste seëninge. Baie liefde - Ma, Pa, Broers en Suster #3047 ----------------------------------RAAI WIE WORD 27 JAAR OUD OP 28 OKTOBER RICARDO LEE-ROY (Buksie) HENKEMAN. Ek is baie lief vir jou. Jy is my oogappel. Jy moet lekker verjaar en wees 'n soet seun. Van: Ouma, Oupa, Jo-Ann en Evangeline #3048 ----------------------------------RAAI WIE IS 60 ????? OP 3 NOVEMBER 2016 Baie geluk met Mammie se verjaarsdag. God se rykste seën. Ons dank God vir u 60 jaar. - Kinders, familie en kleinseun #3049 ----------------------------------JU-HEIN - 7 JAAR OUD 'n Liefdevolle en vreugdevolle lewensjaar word jou toegewens. Bly die oulike seuntjie wat jy is. - Mammie, Daddy, kleinboet Juan en al die familie. #3050 ----------------------------------JAY-DEAN HERRINGS Geluk met jou "Crown Birthday" op 25 Oktober. God se rykste seën word jou toegebid. Van: Ma, Oupa, Lolly, Gino en boeta Giffie #3050 ----------------------------------Geluk met die herdenking
van die geboortedag. Mag die Here jou nog vele jare spaar. Van: Vissie, Chris, Kevin, Chriswin en Kaylim #3051 ---------------------------------Geluk Jay-Dean. Alles wat mooi is vorentoe. Jy moet lekker verjaar. Van: Tietie, Carlo, Fuzlyn, Marchalé, Gershwin, Karlin en Marquite. #3052 ----------------------------------Geluk Jay-Dean met jou 25ste verjaarsdag op 25 Oktober. Stel God eerste in jou lewe. - Fenna, Johaynnen en Lee-Hagen #3053 ---------------------------------WERNER. Geluk met jou geboortedag. Mag die Here jou seën, lei en beskerm. Lekker verjaar. - Die Pietersen, Carolus gesinne, Mulla en Alfredo #3054 ----------------------------------WAYDON BRANDER Op 1 November 2016 is jy twee jaar oud. Ons is baie lief vir jou. Jy is ons sonstraal. - Mamma, Pappa, Nanna, Pa en Ma #3055 Waydon Brander - Baie geluk. Ek is baie lief vir jou en mag Liewe Jesus jou seën en nog vele jare spaar. - Tietie Dienkie #3056 ----------------------------------BRENDA PIETERSEN 5 NOVEMBER Baie geluk op jou verjaardag. Alle voorspoed en mag jou lewe geseënd wees. Baie lief vir jou en lekker verjaar - jou suster Sarah & Herman #3057 ----------------------------------Liewe Ma, baie geluk met Ma se verjaardag. Alles wat mooi is vir die pad vorentoe. - Claudia en Bradley #3058 ----------------------------------Baie geluk! Alles wat mooi is. Mag Jesus u vele jare spaar en al u drome bewaarheid. Klomp liefde - Nicky #3059 ----------------------------------Ons sê baie geluk met u geboortedag. Seën en voorspoed is ons wens. Baie liefde - Chrizaan, Timo, Zenobia, Tristan en Keagan #3060 ----------------------------------RAAI WIE IS 50!!!! OP 3 NOVEMBER JOHN VAN DER BYL Baie geluk met jou verjaardag. Alles wat mooi is. Mag Jesus u nog vele jare spaar en alle drome en wense waar maak. Jou dogter: Johnnic #3061 ----------------------------------SHANELL MULLER 29 Oktober 2016 Baie geluk. Moenie stres vir die eksamen nie, vat dit kalm. Die Here sal jou beskerm. - Jou Ouma Fien #3062 ----------------------------------Shanell Muller - Baie geluk met jou verjaarsdag. Mag die Here jou met vele jare uitspaar. Baie lief vir jou. Van: Tannie Landie en gesin #3063 ----------------------------------EMILE SWARTS - 21!!!!!! on 6 NOVEMBER
Geklassifiseerd • Smalls You are a wonderful blessing, a treasure from above. Your laughter, warmth and special charm, your thoughtfulness and love. Enjoy your 21th birthday. From: Mommy #3064 ----------------------------------ADRIAN DYASON Baie geluk met jou verjaarsdag op 3 November. Mag die goedheid en guns van ons Hemelse Vader u altyd bybly. Behou daardie glimlag en jou vriendelikheid. - Antie Tessa, Michael en kinders #3065 ----------------------------------ALICESTINE NOVEMBER Baie geluk met jou verjaarsdag op 2 November. Stel God eerste in jou lewe. Dankie vir al jou liefde en geduld. - Antie Tessa en kinders #3066 ----------------------------------ALICESTINE & ADRIAN, Baie geluk my kinders met julle verjaarsdae. Mag die Here julle seën. Lekker verjaar. Van: Mammie Linda #3067 ----------------------------------I cherish the warmth of being wrapped by the love given by you. Happy anniversary. From your hubby, Marco #3068 -----------------------------------DE-HANDRÉ SEPTEMBER Dit was jou neënde verjaarsdag op 30 Oktober 2016. Van: Oupa Dappit en ouma Dina September #3069 ----------------------------------DEIDRE RAJAH (1 November) - Baie geluk met jou verjaarsdag. Jy is altyd in ons gebede. - Tannie Fien en Familie "May the good Lord keep and Bless you wherever you go!" #3070 ----------------------------------Baie geluk met jou verjaarsdag. Bly die lieflike mens wat jy is. Mis jou baie. - Landie en familie #3071 -----------------------------------DAVID BOOIS (5 November) - Baie geluk met jou 50ste verjaarsdag. Alles wat mooi is op jou lewenspad. Van: Landie en gesin. #3072 ----------------------------------David Boois - Baie geluk met jou halwe eeu. Moenie so slaap in die bus nie - dit raak groot dae, hou jou besittings styf vas.
- Tannie Fien en familie #3073 ---------------------------------Dawid:5/11/2016 - 50 and Fabulous. Baie geluk en mag God nog 'n 50 byvoeg alles wat mooi is. Jou vriendinne- Ewanda en Elizabeth # 3074
courant
dié
8
NUUS • NEWS
2 November 2016
WELLINGTON SPORT
Tel: 022 487 3221
2 November 2016
Uitslae en Gebeure Results and Events WELLINGTON GHOLF
Bo ontvang Pieter Myburg (Wellington) die beker van Almarie du Toit (Paarl) na Wellington se oorwinning teen die Paarl Willemien Pienaar rol die seisoen se eerste bal, bygestaan deur haar kleinseun, Lionel Hugo, terwyl haar dogter Anna Hugo en seun Pine Pienaar toekyk. Klub.
Rol eerste bal van seisoen op 102
Die Wellington Rolbalklub het hul bane op Saterdag 15 Oktober amptelik vir die nuwe seisoen geopen. Hierdie jaarlikse gebeurtenis, oftewel “Tannie Willemien-dag”, was weer eens ‘n hoogtepunt. Die 102-jarige tannie Willemien Pienaar het oudergewoonte persoonlik die eerste bal vir die
seisoen gerol. Die jaarlikse Hogkinsbeker-wedstryd tussen die Paarl en Wellington se rolbalklubs, het onlangs plaasgevind. Wellington het die Paarl-klub vanjaar uitgestof en met die louere weggestap. Wellington se rolbalklub hou op Vrydagaand 11 November ‘n geleentheid by hul
klubhuis agter Bolandstadion. By hierdie geleentheid kan voornemende spelers met die spel kennis maak en alle belangstellendes word uitgenooi om dit by te woon. Vir meer inligting rakende die Rolbalklub, deelname of lidmaatskap kan Ben Bekker by 083 281 7605 gekontak word.
•DELF ONDERSPIT IN NAELBYT-STRYD
Sterk Hillcrest troef Newtons In ‘n opwindende Newton-sewesrugbytoernooi is die gasheer op dramatiese wyse geklop in die eindstryd teen Hillcrest United in die laaste beweging van die wedstryd. Altesaam 16 spanne het deelgeneem onder andere Roses United, Hillcrest United, Young Hamiltons (Worcester), Never Despair, Wesbank (Malmesbury), Hopefield, Newton Villagers, Ceres, Warriors, Darling, Pniel Villagers, Franschhoek en die gehalte van die wedstryde was deurgaans hoog met slegs twee geelkaarte vir die hele toernooi. Baie nuwe talent is op die dag gesien, maar dit was veral die spoed en die hardloop lyne wat die skare op hulle voete gehad het. Met afrigters soos Neil Papier(oud Boland skrumskakel) en Alshaun Bock (oud-Bolandvleuel) was die vet behoorlik in die vuur en daar die spelstyle kon jy duidelik sien die voorbereiding was behoorlik gedoen. Dit was egter in die uitklop rondes waar die aksie werklik plaasgevind het. In die Bowl finaal was Hopefield die wenners oor Never Despair, en in die Plaat finaal het Pniel Villagers met Franschhoek afgereken. In die halfeindstryd moes Hillcrest met ‘n lustelose Roses afreken en Newtons mos
klaarspeel met ‘n begeesterde Ceres. Dit was egter in die finaal waar die vonke behoorlik gespat het, want Hillcrest het vroeg punte aangeteken en 7-0 voorgeloop. Newton het onmiddellik teruggeslaan met ‘n drie deur die Speler van die Toernooi (Desti Davids). Onmiddellik na rustyd het Granton Marinus en Desti gaan druk om die telling 15-7 in die guns van Newton gemaak. Die telling was skielik 15-14 met Newton met ‘n geelkaart na ontoelaatbare spel. Dit was egter die laaste beweging waar Newton net die bal moes uitskop, Hillcrest het met ‘n aanval begin en dit afgerond met die wendrie.
Eindtelling 21-15. Hillcrest het ook met ‘n totale prysgeld van R8000 en ‘ n prag-trofee weggeloop, Newton kon darem die troosprys van R3500 opraap. Die horde toeskouers is getrakteer op aanvallende spel en rugby wat almal nog aan die praat sal hou vir ‘n lang ruk.
Wellington (72) : Klubkampioenskapstoernooi: Afd. A: F van der Merwe 220, P Sanderson 220, J Janse van Rensburg 227; Afd. B: J Brand 244, S Steenkamp 246, A Bloem 251, D J Janse van Rensburg 251, N Minnaar 251; Afd. C: E Petersen 168, T Solomon 171
KRIEKET Victoriane t Wellington Victoriane 298/5 - Gerhard Janse van Vuuren 102, Ryan Bailey 95) Wellington 153/9 (Junaid Cassiem 41, Warren Groeneveld 36, Dave Small 2/33, Walner Hills 2/33) Victoriane wen met 145 lopies
SKOLE KRIEKET Somerset College 232/9 (M Modhombino 63, J Morris 45, Marcello Perrang 4/51, Joubert van Zyl 3/47) Hugenote 228 (Jayden Fransman 63, Shaun Swanepoel 36, Sam Henderson 3/29 - Somerset College klop Hugenote met 4 lopies
Hillcrest United-bekeruitdeling Hillcrest United hou op 11 November 2016 hul jaarlikse bekeruitdeling in die Wellington-stadsaal. Die geleentheid begin 19:30 en kaartjies beloop R80. Kaartjies is beskikbaar by die bestuur en spelers. Vir meer inligting, kontak Jovan-re Cupido by 073 296 3575 of jovanrewc@ gmail.com.