dié courant 29 Oktober 2014 Bergrivier 295

Page 1

courant

BEKROON: Weskus se 1ste keuse

swartland en weskus

Gratis • Free hugenotestraat 24, malmesbury

Bergrivier

dié

1

29 Oktober 2014

Uitgawe 295

tel: 022 487 3221

Weskus se GEWILDSTE en GROOTSTE Streekblad - Ons BOU saam met GOEIE NUUS

Get ready to paraglide

Porterville is reg vir kunstefees

Piketberg Krieketklub kry toerusting

• MRB-ONTWIKKELING ONDER DIE HAMER

R55.7m vir Paradys Dié stukkie "paradys" kan jou 'n bedrag van R55.7 miljoen (reserweprys) uit die sak jaag. Die Paradyskloof-ontwikkeling van Prospect Park Invest 51 (Pty) Ltd op Moorreesburg kry straks eersdaags 'n nuwe eienaar wanneer dit op 19 November onder die hamer van Rawson Auctions kom. Dit is nie die hele ontwikkeling wat opgeveil word nie, maar slegs die voltooide winkelsentrum wat volgens die mede-eienaar, Mynhard van der Weshuizen, teen die einde van volgende jaar voltooi behoort te wees. Erf 5429 wat hiervoor gehersoneer is, beslaan 31 910m2 wat ook 'n parkeer-area insluit. Tot onlangs kon slegs bevestig word dat 'n Pick 'n Pay "Local"-winkel die ankerhuurder van die sentrum sou wees met 'n huurkontrak van 30 jaar. Intussen is PnP Liquor, Café Dulce, Spur, Alpha Pharmacy, Hattingh Oogkundiges, Wimpy, Steers, Debonairs, Postnet, Crazy Store, Montaque Droëvrugte, PC Consumables, Tuisnywerheid, Clean Machine, Cash Crusaders, ESS Security, Mr Video en Salon de Bron ook by die lys van huurders gevoeg. Met hierdie huurders sal 70% van die beskikbare vloerspasie verhuur wees, wat 'n jaarlikse huurinkomste van R3 564 600 vir die eerste jaar sal verseker. Hierdie bedrag skiet na vyf jaar op tot 'n beraamde R5 071 596. Volgens die veilingsdokumentasie beloop die jaarlikse operasionele kostes R1 315 728. Die beplande sentrum strek oor 7300m² op een vlak met 'n supermark, 42 winkels, restaurante, koffiewinkels en kitskosrestaurante. Van die ander ontwikkelings wat deel vorm van Paradyskloof, maar wat nie deel van die veiling is nie, is onder meer 'n mediese sentrum met 110 beddens en 'n Alzheimerskliniek, 'n boutiek-hotel en spa met 'n warmwater-spa, 44 wooneenhede en 26 woonstelle. Die ontwikkeling is in 2010 van stapel gestuur. Daar is reeds een skouhuis op die perseel van die toekomstige ontwikkeling voltooi. Die veiling vind op 19 November om 12:00 in Rondebosch plaas, onder die vaandel van Rawson Auctions. Pierre de Jager is Van der Westhuizen se mede-vennoot-ontwikkelaar.

Jonty Rhodes sê 'ja' op Malmesbury

Die voormalige Protea-krieketspeler, Jonty Rhodes, het Vrydag op Malmesbury in die kantoor van Binnelandse Sake die knoop deurgehak. Hy en Melanie Wolf, 'n argitek van Onrusrivier, het stil-stil in 'n intieme seremonie mekaar die ja-woord gegee. Hulle het die oggend ook by Kontreispens gekuier. Hier is hulle buite Binnelandse Sake op Malmesbury. Die bruid was as 'n nooi Alston in 1993 die Hoër Meisiekool Paarl se Dux-leerling. Foto: Linda Rossouw

NUUS • NEWS

29 Oktober 2014


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
dié courant 29 Oktober 2014 Bergrivier 295 by DieCourant - Issuu