courant
Bekroon: Nommer 1-Streekkoerant
Uitgawe 252
die Gratis • Free
hugenotestraat 24, malmesbury
Hulde aan Nelson Mandela
swartland en weskus
11 Desember 2013
McDonald’s op ons drumpel
tel: 022 487 3221
Wen kaartjies na naweek se Somer-Opskop
•Liebenberg primêr se nuwe prinsipaal sê:
Bou voort op goeie Snoektyd in die kaap
Yzerfontein Classic vier 8 jaar
Die skrywer Sonja Loots van Panorama in Kaapstad terg Weskussers se aptyt op besoek aan die streek met die oog op die 8ste Snoek Classic wat van Vrydag tot Sondag by die Yzerfontein Boothengelklub aangebied word. Loots is die skrywer van boeke soos “Sirkusdiere” en “Spoor”. Lees berig oor die Snoek Classic op die agterblad en sien die Yzerfontein-feesprogram op bladsy 12.
Die nuwe prinsipaal van Liebenberg Primêr op Malmesbury is Janine Adonis, wat tot nou adjunkhoof was by die skool waar 1662 leerders daagliks aanmeld vir hul laerskoolopleiding. “Dis ‘n besonderse voorreg. Ek was nog altyd lief vir uitdagings,” glimlag sy met die courant se besoek aan haar. ‘’Ek ken die dinamika van ons skool en weet wat ons tekortkominge en sterkpunte is. Ons skool het ‘n goeie reputasie en ek is trots om met Liebenberg PS geassosieer te wees. Ons wil die goeie behou en voortbou op dit wat deur my voorgangers aan ons nagelaat is. Die skool moet ‘n plek wees waar kinders welkom en geliefd voel.’’ Sy voel dat een van die moeilikste Janine Adonis uitdagings van ‘n skoolhoof is om ‘n gesonde organisatoriese kultuur te skep en terselfdertyd ‘n positiewe klimaat vir verande ring te bewerkstellig.’’ Adonis (42), ‘n nooi Lategan, is gebore op Malmesbury, waar sy skool gegaan het by St. Thomas Primêr en Schoonspruit Sekondêr. Daarna het sy aan die destydse Skiereilandse Technikon haar vir die onderwys bekwaam met die verwerwing van die kwalifikasie HOD IV (Handel). In 2009 voltooi sy die kursus ACE (Advanced Certificate in Education) in leierskap en bestuur aan die Universiteit van Kaapstad en vanjaar het sy haar B.Ed (Hons) graad in
Leierskap en Bestuur voltooi aan die Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie, ter uitbreiding van haar opleiding. Terwyl sy op ‘n aanstelling in die onderwys gewag het, het sy in die kredietafdeling van die maatskappy Nulaid gewerk, voordat sy in haar eerste onderwyspos by Laurie Hugo Primêr op Moorreesburg begin het. In 2001 sluit sy by Liebenberg Primêr aan as ‘n Graad 6-juffrou en word in 2008 tot die skool se adjunkprinsipaal bevorder. Adonis se man, Richard Adonis, kliëntbestuurder by Tiger Brands, staan ook met een voet in die onderwys as voorsitter van die Christelike Privaatskool Malmesbury (CPM) se beheerliggaam. Die egpaar het twee dogters, Kylin (12) en Leigh (10). Die skool, die grootste primêre skool in die Weskus-Onderwysdistrik, het tans ‘n personeel van nagenoeg 60, wat insluit doserend sowel as nie-doserend. ‘’Ons is kindgesentreerd en glo aan die benadering ‘No Child Left Behind’. Elke rolspeler besef egter ook dat daar nie goeie resultate verwag kan word, as die ouers nie aanboord is nie,’’ verduidelik Adonis. “Ek glo dat sukses slegs deur harde werk behaal kan word, dus moedig ons gedurig ons leerders aan om hul beste te lewer. Ons skoolbestuur en die Skoolbeheerliggaam werk baie nou saam en alle besluite word altyd tot voordeel van die kind geneem,” beklemtoon die nuwe prinsipaal.
2
NUUS•News
11 Desember 2013
•‘besigheidsmodel bestendig’ R600 000
MALMESBURY
R660 000
VERKOOP
MALMESBURY
ALLEENMANDAAT
LIEFLIKE JUWEEL
Slaapkamers 2 Badkamer 1 Motorhuis 1 WEB 253965 Karaktervolle twee slaapkamer huis. Lieflike stoep met pragtige uitsig.
[K] 022 487 3905 HAJIRAH 072 072 4303
PORTERVILLE
R766 000
ALLEENMANDAAT
PORTERVILLE
R820 000
ALLEENMANDAAT
BRING DIE HELE FAMILIE
Slaapkamers 3 Badkamers 2 WEB 309105 Drie slaapkamer huis met ingeboude kaste, twee volledige badkamers. Alleenstaande woonstel, ideaal vir ouma of ekstra inkomste. [K] 022 931 2761 INA 082 921 8316
R985 000
GEWELHUIS IN GOEIE WOONBUURT
Slaapkamers 3 Badkamer 1 Motorhuise 2 WEB 310071 Ruim drie slaapkamer huis met ingeboude kluis, dubbel motohuis en braai. Onderverdeling moontlik. [K] 022 931 2761 INA 082 921 8316
PORTERVILLE
R1 430 000
ALLEENMANDAAT
TWEE VIR DIE PRYS VAN EEN!
Slaapkamers 4 Badkamers 2 Motorhuise 2 WEB 307644 Hierdie huis bevat twee aparte eenhede, elk twee slaapkamers, een badkamer. Oopplan kombuis en leefarea. [K] 022 931 2761 INA 082 921 8316
Kaap Agri, met sy hoofkantoor op Malmesbury, het sy groei van die vorige jaar voortgesit en die waarde van sake het met 22.3% toegeneem tot R5.530 miljard. Wins het met 25.6% toegeneem, na ‘n toename van 30.7% in die vorige boekjaar. Wins vir die jaar is R 129.1 miljoen. Die grootste bydraer was weer eens die Handelsdivisie wat 77.4% van die totale bedryfs inkomste bygedra het. ‘’ ‘n Uitstekende graanseisoen het ook tot gevolg dat die Graan- en Saaddivisie se bedryfs wins 40.4% hoër as die vorige jaar was,’’ het James Matthee, finansiële direkteur, by navraag aan die courant geantwoord. ‘’Verskeie nuwe takke en besighede is gedurende die jaar geopen. Nuwe takke wat sedert die begin van die vorige boekjaar geopen is, het vanjaar reeds 6.1% van die omset bygedra. Kaap Agri is nou in vyf van die nege provinsies aktief.’’ ‘n Finale dividend van 35 sent per aandeel is verklaar, wat beteken dat die totale dividend van 50 sent per aandeel vir die volle jaar 42.9% meer is as die vorige jaar. ‘’Die maatskappy is trots daarop dat hy die afgelope drie jaar daarin kon slaag om sy dividend teen dubbel die groei in wins kon laat toeneem.
Dit is in lyn met die direksie se voornemens om die dividenddekking geleidelik en volhoubaar te verlaag.’’ Sean Walsh, besturende direkteur, het soos volg reageer op die resultate: ‘’Die resultate kan toegeskryf word aan ‘n bestendige besigheidsmodel wat doelgerig toegepas word. Kaap Agri wil betekenisvol wees vir sy kliënte, en alle belanghebbers, en die resultate toon ook dat hulle inderdaad die groeistrategie ondersteun. Mense koop nie slegs van Kaap Agri vanweë die produkte nie, maar ook vanweë dit waarin ons glo. ‘‘Die soliede prestasie skep ‘n stewige fondasie vir groei, en Kaap Agri sal voortgaan om sy besigheid uit te brei – in bestaande markte, maar ook in nuwe gebiede en nuwe produkte.” Kaap Agri se aandeel, wat aktief oor ‘n informele toonbank verhandel, se waarde het sedert Desember 2012 toegeneem met 73%. Luidens Kaap Agri se openbare aankondiging sal sy kernbesigheid steeds die voorsiening bly van produksie-insette in die landbouwaardeketting. Sy voetspoor, infrastruktuur, marktoegang en kennisvlak stel hom egter ook in staat om nuwe en ander besigheidsgeleenthede te ontgin, lui die aankondiging.
Wen kaartjies vir Somer-Opskop
VERKOOP
PORTERVILLE
GARDEN VILLAGE - WESBANK
Slaapkamers 4 Badkamers 2 WEB 305596 Perfekte woning vir die groter gesin. Beslis die moeite werd om na te kom kyk. Onderdakparkering vir tot 6 voertuie. [K] 022 487 3905 HAJIRAH 072 072 4303
Kaap Agri maak R129 miljoen wins
RUSTIGE LEWE IN ‘N PARK
SKOUHUIS
Slaapkamers 4 Badkamer 1 Motorhuis 1 WEB 309988 Vier slaapkamer huis op massiewe 3 443m² erf. SKOUHUIS Saterdag 14 Des 2013, 11h00-15h00, Sondag 15 Des 2013, 14h00-17h00. [K] 022 931 2761 INA 082 921 8316 AANWYSINGS: Volg skouborde vanaf Voortrekkerstraat.
Die tyd vir vanjaar se Bakgat Somer-Opskop het aangebreek. Met ‘n string top-kunstenaars is die Grand Arena by Grandwest Saterdagaand die plek om te wees. Malmesbury se Wicus van der Merwe tel onder die kustenaars wat die tempo gaan aandraai saam met onder andere Suid-Afrikaanse popster Nádine, die gewilde Emo Adams, Snotkop, Gerhard Steyn, Amore, Pierre Roussouw, Andriette Norman, Adam Tas, Manie Jackson, Dillon Lerm en Desmond Wells.
Kaartjies vir die Bakgat-Someropskop kos tussen R130 and R195 en is by Computicket beskikbaar. *Vyf lesers kan elk dubbelkaartjies na die Bakgat Somer-Opskop wen, maar jy sal moet gou spring. Die kompetisie sluit môre (Donderdag) 12:00. SMS jou naam, ouderdom en tuisdorp saam met die naam van jou gunstelingkunstenaar op die lys na 084 8333 813. Die wenner sal môre voor 17:00 verwittig word.
3
NUUS•News
11 Desember 2013
Darling Kunsuitstalling: Kunswerke van drie kunstenaars van Darling se werk is tans in die Brig’s restaurant op Darling op uitstalling. Dit duur tot 23 Desember. Van links na regs staan die drie kunstenaars met van hul skeppings: Raymond Soga (met ‘n Vincent Van Gogh skildery), Rosemary Anne, en Ben Hammann, almal inwoners van Darling. Raymond woon reeds 28 jaar op die dorp.
•saal/gewel val ná 78 jaar
Groot M woel met Malmesbury-eetplek ‘n Moderne McDonald’s-restaurant, soos die een (foto onder) wat onlangs in Goodwood voltooi is, sal eersdaags die plek inneem van die ou Price Cut en Talmut Torah-saal (links) wat vandeesweek op Malmesbury gesloop is. Op die foto links onder (ongeveer 1940’s) is die museum (voor) en die ou Talmut Torahsaal (middel) sigbaar saam met van die ander ou geboue in dié geskiedkundige woonbuurt.
Die sloping vandeesweek van die Joodse Talmut Torah-saal en Price-Cut-gebou op die suidelike oewer van die Dieprivier in Malmesbury is deur McDonald’s voltrek om hul kitskosrestaurant in 2014 daar te open. Die Talmut Torah-saal is, luidens die impakstudie wat deur ‘n konsultant vir McDonald’s gedoen is om die slopingspermit te verkry, in 1935 deur die burgemeester van Kaapstad daar geopen en is gebruik om die Joodse kinders te skool en as gemeenskapsaal te dien. McDonald’s beplan om in Januarie hier te begin bou en in die tweede kwartaal sy deure te open. Die kombuistoerusting is reeds van die buiteland verskeep. Die Amerikaanse kitskosgroep het onlangs hul konstruksiestyl verander en gebruik nou baie ligte staalrame vir hul nuwe restaurante. Dit verhaas die konstruksieproses met tot vier maande en lei tot groot besparings. ‘n Woordvoerder het aan die courant bevestig dat die nuwe gebou nie by die omgewing van dié historiese buurt sal inskakel nie, maar eerder ‘n kontrasterende styl sal hê “soos die Louvre in Parys”.
courant
die
4
Hoe anders as ‘n saluut Hoe meer ‘n mens die “verkeerde” sien, hoe meer raak jy dit gewoond en later, kort voor lank, koop jy ook daarop in. Verkeerd is relatief en dit het maar dikwels te make met die vertrekpunt en oogpunt en male sonder tal ook hoe ver die punte van die oogklappe by jou kop verbysteek. In 20 jaar het baie mure en skanse en vooropgestelde idees vir die mense van Suid-Afrika geval. Wedersydse aanvaarding, sonder om noodwendig te verstaan (want verstaan is altyd moeilik) en wedersydse respek het gegroei en groei nog daagliks om gapings te oorbrug en die “verkeerde” te normaliseer. Die dood van ‘n baie groot man verlede week het die hand-in-eie-boe sem-steek weer aan baie opgedwing in die soeke na die verstaan hoe daardie man - één man - so ‘n groot katalisator kon wees. ‘n Prys het Nelson Mandela betaal om bitter ure, dae, weke, maande, jare en dekades met homself deur te bring. ‘n Prys wat moeilik sigbaar was in sy lewe ná die tronk. Ja, daar was inderdaad sterk-staan dae ná 1990, maar ‘n mens moet wonder of die lang tyd in die tronk Madiba nie eintlik maar net ‘n baie wyser man gemaak het nie. As’t ware ook ‘n (baie lang, toegegee) koelkas-periode was wat hom (onverklaarbaar) haatvry gemaak het. Hy was darem ook al in sy sewentigs toe hy die rol kom speel het. Hoe dit ook al sy, ‘n merkwaardige man wat ‘n formidabele rol vertolk het om die verkeerde en die “verkeerde” hier baie naby mekaar te bring. Hoe kan mens anders as hom hierdie man te salueer!!!
menings•nuus 11 Desember 2013
Streek bring hulde aan ........ Nelson Mandela In al die biblioteke en stadsale in die Swartland is voorsiening gemaak dat inwoners van die gemeenskap vandeesweek in ‘n register kan gaan hulde bring aan oudpres. Nelson Mandela. Op Darling (foto regs en heel onder) het Pieter-Dirk Uys Sondag die eerbetoon teenoor Madiba gelei deur ‘n kers aan te steek en te vertel van sy interaksie met dié waardige leier.
Darling Op Piketberg (foto links) het Nick Scheepers sy hulde aan Madiba betuig langs ‘n foto van ‘n glimlaggende Mandela, ‘n brandende kers en die landsvlag.
piketberg malmesbury
Op Malmesbury (foto links) het die Swartlanders Joseph en Sarah Lewis die geleentheid in die Malmesbury Biblioteek benut om hulde aan oudpres. Nelson Mandela te bring. Op Riebeek-Wes (foto links onder) het Jodine Persens hulde gebring aan Mandela by wyse van ‘n inskrywing in die register in die stadsaal.
Dis goeie nuus
dr. Andrew Bosman
Nalatenskap Ons het die afgelope week oor die radio, televisie en tydskrifte, deeglik kennis geneem van die impak wat oudpres. Nelson Mandela op ons land en die wêreld gehad het. Die Engelse taal gebruik die woord, hy het ‘n ‘‘legacy’’ nagelaat. In I Korinthiërs hoofstuk dertien probeer Paulus die verskillende aspekte van liefde aan ons toon. “Die liefde is lankmoedig en vriendelik, is nie jaloers nie, praat nie groot nie, is nie opgeblase nie, handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, word nie verbitterd nie, reken die kwaad nie toe nie, is nie bly oor die ongeregtigheid nie, maar is saam bly met die waarheid. “Liefde bedek alles, hoop alles en verdra alles.” God is liefde, skryf Johannes. Die eienskappe van vergifnis, geduld en vriendelikheid is aspekte van Jesus Christus se lewe. Deur die krag van die Heilige Gees openbaar Simson buitengewone krag, Salomo openbaar weer wysheid. Dit is genade van God dat ons mekaar kan vergewe, veral waar bloed ook gevloei het. Mandela het mense geïnspireer omdat hy kon vergewe en geduld beoefen. Mag ons in die voetspore van Jesus volg en ook ‘n ‘‘legacy’’ of nalatenskap of voorbeeld nalaat, wat ander sinvol sal inspireer.
Riebeek-Wes
Buiten die genoemde plekke op die foto’s is daar Madiba-huldigingsregisters vir inwoners in Wesbank, Abbotsdale, Chatsworth, Koringberg, Ilingelethu, Kalbaskraal, Yzerfontein, RiebeekKasteel, Moorreesburg en Riverlands in die biblioteek, stadsaal of gemeenskapsaal.
Darling
nuus • news 11 Desember 2013
Andre Claassen, nuwe hoof van Schoonspruit Sekondêr, en sy vrou, Prudence.
Schoonspruit kry nuwe hoof
Die nuwe prinsipaal van Schoonspruit Sekondêr op Malmesbury is Andre Claassen, wat tot nou adjunkhoof was van Hexvallei Sekondêr by De Doorns. Claassen (44) is ‘n boorling van Grabouw wat in Laerskool Elgin en Groenberg Sekondêr was. Hy het sy onderwysopleiding aan die Universiteit van Wes-Kaapland ontvang. Hy het ‘n meestersgraad in natuurwetenskappe en ‘n nagraadse kwalifikasie in onderwysbestuur, volgens Eugene Beukes, voorsitter van Schoonspruit se beheerliggaam. Claassen het sy onderwysloopbaan in 1992 begin aan die Sohnge Onderwyskollege. Hy het in 2003 sy pligte as adjunkhoof van Hexvallei Sekondêr opgeneem. Dié skool het van 2009 tot 2011 toekennings ontvang vir konstante goeie prestasie in die matriek-eindeksamen ((82.3%, 90%, 95.7%), volgens Millicent Merton van die Wes-Kaapse onderwysdepartement in Kaapstad. Hy is ook betrokke by rugby, fietsry, stap en verleen pastorale sorg aan ouers en leerders en bied werksessies in konflikbestuur aan. Sy aanstelling volg op die aftrede van CP van der Merwe (61) na ‘n beroerte vroeg vanjaar. BG Adams (64), wat nou aftree, het sedertdien as skoolhoof waargeneem. “Ek hou van kwaliteit-onderrig sodat daar soveel geleenthede as moontlik aan ons kinders geskep word. Baie kinders wil deesdae universiteit toe gaan, daarom is monitering van onderrig en leer baie belangrik. Schoonspruit is ‘n skool met ‘n ryke tradisie en prestasies op ‘n verskeidenheid van terreine. Ek sien uit na die nuwe uitdaging,’’ het Claassen aan die courant gesê. Claaassen sal hom alleen as superintendent in Schoonspruit se koshuis kom vestig. Sy vrou, Prudence, bly eers aan as departementshoof in Engels by Hexvallei. Hul drie kinders is Wyatt (19), ‘n student aan die UWK, Robin (17), ‘n leerder aan Worcester Gimnasium en Daniel (10), wat tans in Worcester Primêr sy skoolopleiding ontvang.
1 1 8 2 4 0 9 _ 3 9 X 6 _ WC _ 3 . p d f
Pa ge
1
2 0 1 3 / 1 2 / 0 6 ,
6 : 1 9
PM
5
nuus • news
6
11 Desember 2013
Spesiale bril
Jolene Kriel van Laerskool Swartland, wat met Stargardt-oogsiekte gediagnoseer is, ontvang haar spesiale nuwe bril van Jessica Grobbelaar (regs) van Bierman Grobbelaar Oogkundiges op Malmesbury, wat saam met die Malmesbury Lions die bril geskenk het. By hulle staan Kobus Scholtz (links) en Marina van der Merwe (agter) van die Lions. Stargardt’s is ‘n genetiese oogsiekte wat die sentrale visie affekteer en visie met tyd verswak. Dit is gewoonlik in beide oë teenwoordig en word gedurende die eerste of tweede dekade van lewe gediagnoseer Dit is daarom vir Jolene belangrik om ‘n bril te gebruik wat die weerkaatsing uitsny en 100% UV beskermd is.
Jakarandastrate: Die jakarandas staan tans pragtig in St. Thomas-straat op Malmesbury. As ‘n ingevoerde spesie, is jakarandas deur die parlement as ‘onkruid en indringerplant’ geklassifiseer en mag nuwe Jakarandabome nie meer aangeplant word nie.
Ou tradisie in Riebeek kan herleef dié Kersfees ‘n Jare oue kriekettradisie in die Riebeek-Vallei, wat dreig om uit te sterf, kan herleef as daar genoeg belangstelling is. Dit is die jaarlikse krieketwedstryd tussen Riebeek-Kasteel en Riebeek-Wes op 26 Desember, voorheen bekend as ‘’Boxing Day’’ of in Afrikaans genoem Welwillendheidsdag, en het volgens David Wickham “uitgesterf”. “Dis ‘n tradisie wat vir jare in stand gehou is, tot nagenoeg twee jaar gelede. Nou het dit uitgesterf. Laasjaar was daar niks,” het Wickham gesê tydens ‘n gesprek met die courant. ‘’Tot dusver het my beroep op die gemeenskap dat spelers wat bereid is om die tradisie te laat herleef, my kontak, nog geen reaksie opgelewer nie,” het Wickham aan die courant gesê. “Ons is op soek na spelers, ‘n kommentaarspan, krieketuitrusting en ‘n veld. ‘‘Hierdie is my gunsteling Vallei-tradisie. Ek sal dit bitter graag wil laat herleef as die byna histeries-lagwekkende geleentheid wat dit in die verlede was. “Ons het twee jaar terug op die Spesiale Skool (in Riebeek-Wes) se krieketveld gespeel, maar dis nie vanjaar beskikbaar nie. ‘‘Die ou veld van die sementmaatskappy PPC by Allan Zondagh se rugby-akademie is ongelukkig ook nie beskikbaar nie. ‘‘Dinge lyk tans nie geweldig belowend nie,” het Wickham sy teleurstelling verwoord. Volgens Wickham is daar in die gemeenskap voltydse klubkrieketspelers wat vir die tradisionele wedstryd op Welwillendheidsdag betrek kan word, maar “dit sal nie dieselfde wees nie’’. ‘’Ons het in die verlede ‘n Bolandspeler daar gehad, ‘n Engelse graafskapspeler, ‘n vrou – en een jaar was ‘n vrou Speler van die Wedstryd vir haar goeie onderarm boulwerk. “Ons soek eintlik ‘n ou van 58 jaar wat 20 jaar laas klubkrieket gespeel het en nou teen iemand van 20 kom speel. “Dis hoe die tradisie op sy beste in stand gehou word - as ons daardie mengsel van oud en jonk, mans en vroue op dié dag daarvoor byeen kan bring. ‘‘Dit bring onder meer ook die wit en bruin gemeenskappe byeen vir kulturele verskeidenheid. “Ons het laas ‘n mat vir die kolfblad en krieketuitrusting van die Riebeek-Kasteelklub gehuur. “Ons het alles daar gehad; ook ‘n kommentaarspan met hul Australiese en Indiese aksente en selfs trompoppies wat ‘n optog hou, vir die plesierigheid.’’ Mense wat belangstel om die pragtige tradisie in die gemeenskap te laat herleef, kan Wickham kontak by 082 8989 663 of 022-4481163 of mail na david@steelband.co.za vir nog inligting. Verder bied dit die ideale geleentheid om die oortollige kalorieë wat saam met die Kersmaaltyd kom, vinnig af te skud!
7
nuus • news 11 Desember 2013
ACVV bedank die courant, gemeenskap Die ACVV Malmesbury bedank alle donateurs van Swartland-distrik vir die ruim bydraes in terme van kos vir behoeftiges oor die Kersgety. Dit vervul in ‘n baie groot behoefte. Ons bedank die courant, kerke, Bybelstudiegroepe, instansies, besighede en individue vir
Round Table: Die Round Table op Malmesbury het na die ACVV se kos-projek uitgereik en produkte ter waarde van R12 300 vir 75 gesinne aan dié instansie geskenk. Bo is (agter) Wilhelm Bühr, Jacques Basson en Kwas du Toit. Voor is Koch Furstenburg, Kyla Louw, Jaco Louw, Padda van Heerden, Werner van Lill en Tokkie du Toit (ACVV).
Nuwe skoukomitee:
Die Malmesbury-skoukomitee vir die 2014-skou is onlangs ver kies. Die nuwe bestuurslede is: Ben Marais (voorsitter,) Karina Marais (sekretaresse), Niel Fourie (ondervoorsitter), Hein Gonzales (tesourier) en die addisionele lede is Marina Hugo, Koos en Cornéll O'Kennedy, Ané Carstens, Ernst Coetzee, Jaco Louw, Madelein Viljoen, Stefan Basson (snr.) en Oubaas Lesch. In die nuwe jaar sal nog lede gekoöpteer word vir dié komitee, wat jaarliks die skou reël.
hulle bydrae om hierdie projek ‘n groot sukses te kon maak. “Sonder u hulp is hierdie projek nie moontlik nie. Hiermee bedank ons ook al die vrywilligers wat reg deur die jaar behulpsaam was met ons werksaamhede. ‘n Geseënde Kersfees en Voorspoedige Nuwejaar word u toegewens.”
nuus • news
8
11 Desember 2013
Padveiligheid: Die wetstoepassingsbeamptes van die Swartland Munisipaliteit
hou nou gereeld padblokkades om probleemvoertuie uit te skakel en motoriste te motiveer om versigtig te bestuur. Gister is diĂŠ padblokkade buite Malmesbury gehou, waar die burgemeester, Tijmen van Essen en Arthur Adonis hand bygesit het.
..
Toeka se Oes: Op Swart-
bergsvlei naby Yzerfontein is die ou trekkers van gister Saterdag afgestof vir die jaarlikse oesdag wat op die plaas gehou is. Hier verlaat van die veteraantrekker-klublede die werf om saam te gaan oes.
nuus • news
9
11 Desember 2013
Sang weer deel van kersligmark Hoor die Engele sing: Tydens die jaarlikse Kersligmark sorg die AGS-gemeente vir die sang en geestelike vermaak, terwyl stalletjiehouers en kopers na hartelus die vreugde van Kersfees, gee en ontvang vier. Links lewer Ivan en Ingrid Gheysens ‘n geestelike item, terwyl leerders van Laerskool Swartland ook hul bydrae gele wer het (regs). Foto’s: Piet Smith.
Kersfees met Liggies: Jaarliks word Kersfees regoor die wêreld met liggies en vreugde geassosieer en ook op Malmesbury bied die straatligte ‘n weerkaatsing van die Christusfees wat op hande is. Dié ligte is twee weke gelede aangeskakel en daarmee die feesgety amptelik ingelui.
10
nuus • news 11 Desember 2013
Jaarafsluiting:
Tydens die afsluitingsdinee van die Swartlandhospitaal op Malmesbury, was Sharon Jooste, Bianka van der Westhuizen, dr. André Stoffels, Lamiz Allie, Veronica Arendse, Delia Adams, Striza Albertyn (voor), Surita Dickson en Haseem Leech.
Vroeë Kersfees: Leerders van Carnegie House in Riebeek Kasteel het geskenke uitgedeel aan leerders van die Riebeeck Vallei Spesiale Skool. Dit is bruikbare, pragtig toegedraaide bokse vol verrassings. Op die foto links is Ashlee Norrie, Juffrou Claire Howie, Abigail Monson en Mandy Kula.
‘Toewyding en harde werk’ vir TDF
Promosie
Die personeel van TDF Ingenieurswerke op Riebeek-Wes. Links staan die eienaars-egpaar, Frikkie en Debora Thiart by die span. TDF Ingenieurswerke op Riebeek-Wes vier vanjaar sy tiende bestaansjaar. Die besigheid staan onder leiding van die egpaar Frikkie en Debora Thiart, wat ‘n nuwe perseel in Stasieweg aangekoop het en waarheen TDF tans verhuis. TDF doen kontrakteurswerk tot wyd buite die Swartland se grense. Dit sluit in algemene herstelwerk op boerdery-implimente, instandhoudingswerk op silos
vir Kaap Agri, Overberg Agri en Groep 35, asook verskeie kontrakteurswerk-opdragte vir PPC Riebeek-Wes, De Hoek en Saldanha. Oprig van store word gedoen, vervaardiging van bakkies-hysers, parsbakke, kettingkaste, vragmotorbakke, spiraalvoerders, diefwering, ballestrades, skuifhekke en vele meer werk binne en buite die Swartlandse gemeenskap vorm deel van TDF se veelsydigheid. TDF het ‘n personeel van nagenoeg 30, vertel Debora - almal plaaslike inwoners uit die gemeenskap. Debora en hul dogter Janean behartig die administrasie en finansies van TDF Ingenieurswerke. ‘’Die sukses van ons besigheid is te danke aan die toewyding en harde werk van die bestuur en personeel.” Besoek die kantoor van TDF Ingenieurswerke gerus op hul nuwe perseel. ‘’Hiermee wil TDF se bestuur ook gebruik maak van die geleentheid om al ons kliënte te bedank vir hul getroue ondersteuning deur die jaar. “Ons wens u elkeen ‘n Geseënde Kersfees en ‘n voorspoedige Nuwejaar toe.’’
nuus • news
11
11 Desember 2013
Skenk Groot: Jo Dolphin APD op Malmesbury het hul jaar op ‘n hoogtepunt afgesluit met die ontvangs van R80 000, ingesamel deur die Never Despair-rugbyspan tydens ‘n gholf dag. Jo Dolphin is ‘n geregistreerde dagsorgsentrum vir gestremde persone en samel geld in om hul eie gebou op te rig. Bo is van links Francois Jones, Albertus Goliath, Isak Klaasen, Anita Adams (bestuurder Jo Dolphin), Jaco v d Merwe, Cecil Errens, Johann Maarman, Frederick Pieters, Jaques Swarts, Maude Goliath, Elsabe Sheldon en Reginald van die Westhuizen. Groei deur sport:
Mzwandile Stick (middel, gewese SA 7’s-speler), Armin Huyster, Curwin Julius, Nashwin Niemand en Charlton September wat die wellnessday met sport as medium van groei op die sportgronde van Wesbank, Malmesbury, bygewoon het. Die organiseerder, Hillary Balie, het die dag met sport gekombineer met ‘n 5 km-staptog en vermaak.
Kerk hou ontbyt: Die Verenigende Gereformeerde Kerk se gemeente in Jasmynstraat, Wesbank, Malmesbury het ‘n manne-ontbyt gehou. By die ontbyt was voor: Ricardo Kayster en Alie Kayster. Agter staan Archie Daniels en Johan Kamfer.
12
KALENDER • nuus 11 Desember 2013
Yzerfontein-fees kom nou op dreef Die 2013 Yzerfontein-vakansieseisoen het reeds afgeskop en is propvol aktiwiteite vir inwoners en besoekers aan dié dorp. Die program vir die volgende week is: 14 en 15 Desember - Snoek Classic-visvang-kompetisie op Yzerfontein. Beplan jou dag met die gety wat om 7:31 op sy laagste is. Skakel Eduardo by 082 320 3513 met al jou vrae. 14 Desember - Langarmdans van 19:30 tot 24:00 in die gemeenskapsaal teen R50 pp - bring jou eie eet- en drinkgoed. Rose by 081 832 5940 vir navrae.
16 Desember
Bergfietsren; vertrek vanaf die Yzerfontein sportklub - 8:00 tot 11:00. Martin Versfeld: 083 270 7285 Repetisie vir Kersliedere in die gemeenskapsaal van 11:00 tot 13:00. Marie Hamman: 079 580 1223. - Kansa-staptog vanaf 8:00 op die hoofstrand:
Hester du Roubaix: 082 926 2258. - Classic Motorskou vanaf 10:00 by die Yzerfontein sportklub. Jacques: 082 926 9809. - Markdag op De La Rey-plaas R315. I love Yzer: 083 663 3345 - Stranddienste in die Karavaanpark en op Hoofstrand tot 24 Desember. Karen Schrader: 083 453 2336 17 Desember - Konsert vanaf 20:00 in die gemeenskapsaal met Manie Jackson, Wynand en Cheree. Ami Smuts: 072 647 9661. - Repetisie met kersliedere in die gemeenskapsaal van 11:00 tot 13:00. Marie Hamman: 079 580 1223. 18 Desember - Tennistoernooi op die tennisbaan vanaf 8:30. Jean: 082 897 0777. - NG Kerkbasaar in die kerksaal vanaf 9:00. Gideon: 083 628 4508. - Repetisie met kersliedere in die gemeenskap-saal van 11:00 tot 13:00. Marie Hamman: 079 580 1223. - Pannekoekpartytjie vir kinders van 6 tot 12: Kaijaiki Restaurant van 16:00 tot 18:00. Gilda: 082 707 8535.
Dux:
U’Clane November van OJ Erasmus Primêr op Kalbaskraal is aangewys as die skool se Dux-leerder. Hy het die beste gevaar in Lewensvaardigheid, EBW, Natuurwetenskap en Afrikaans Huistaal. ‘Hou so aan harde werk bring sukses’ is die skool se motto. Foto: Abraham Kotella
swartland kalender/diary
Opelug-diens vir Madiba op Darling 12 Desember - ‘n Interkerklike gemeenskap byeenkoms in Durbanweg, Darling-Oos om 19:00 bring hulde aan oudpres. Nelson Mandela. Almal welkom vir hierdie dankdiens vir sy lewe. Diens vir Madiba op Piketberg 12 Desember – Intergeloofsdiens ter nagedagtenis aan oudpres. Nelson Mandela om 18:00 in die Allan Boesak-saal vir die Piketberg-gemeenskap.
Diens vir Madiba op Malmesbury 12 Desember - Die Ekumeniese Forum van Malmesbury hou om 19:30 ‘n kerkdiens in die VKG Malmesbury in Jasmynstraat, Wesbank ter herinnering van oudpres. Nelson Mandela. ‘n Boek met troosboodskappe sal in die voorportaal wees waarin enigeen hulde aan hom kan bring. Kunsuitstalling op Darling Tot 23 Desember – ‘n Kunsuitstalling van drie kunstenaars se werk open om 11:00 by Brigs Barn in die hoofstraat op Darling. Die drie kunstenaars is Raymond Soga, Ben Hamman en Rosemarie Ann. Die uitstalling van skilderye sluit stil-lewes, landskappe en portretstudies in. Kontak Ernestine Soga by 071 792 8644 vir nog inligting. Anti-Dwelmforum vergadering 12 Desember – Die Anti-Dwelmforum in Wesbank, Malmesbury se vergadering in die Calvynse Kerksaal in Proteasirkel is uitgestel
weens die dankdiens van Madiba. Kontak Hennie Klaase by 076 9030 827 of hklaase@telkomsa.net vir nog inligting.
verwacht en almal is welkom. Geen aanddiens. Kontak 073 447 2902 vir nog inligting.
Kersmark op Grottobaai 13 en 14 Desember - Kom geniet die groot verskeidenheid stalletjies met ligte etes, handwerk, koffiekroeg, skilderye en geskenke Vrydag vanaf 16:00 tot 19:00 en Saterdag vanaf 9:00 tot 17:00 en kom kry die laaste Kersgeskenke en eetgoed vir die vakansie. Kontak Linda by 072 3692131 oor die Kersmark of stuur ‘n e-pos aan lindalieben@ telkomsa.net vir nog inligting
Geskenke, Kersliedere by St. Thomas 15 Desember – His Kingdom First Ministries gaan vanaf 17:00 kos, klere, skryfbehoeftes, skoonmaakmiddels en geskenke uitdeel aan kinders by St. Thomas Primêr in Wesbank, Malmesbury. Dit word om 19:00 gevolg deur die sing van Kersliedere by Kerslig.
Piketberg hou Gholfdag 14 Desember - Die Piketberg Gholfklub hou ‘n Gholfdag vanaf 9:00 vir sy gemeenskapsprojekte. Die koste per speler is R200, wat insluit speelgeld, ligte ontbyt en aandete. Kontak Moswin Moore by 0845099306, Clive Dirks by 0712076942, McNieil Cupido by 0719773749 vir inskrywings en inligting. Snoek Classic 14 en 15 Desember - Die jaarlikse Snoek Classic word deur die Yzerfontein Boothengelklub aangebied. Besoek www.yzerboatclub.co.za of kontak Eduardo by 082 320 3513 vir nog inligting. Kerkdiens op Malmesbury 15 Desember - Die AGS Corpus Christi hou om 09:30 hul oggenddiens deur Roderick On-
Kersboom op Piketberg 19 Desember - Dis die 14de jaar dat die Kersgeselligheid vir behoeftige kinders van Piketberg en omgewing plaasvind. Die funksie is daarop gerig om presente aan 1200 kinders tussen 2 en 13 jaar te oorhandig. Die publiek word versoek om geskenke te borg deur dit by Boland Superspar, Shoprite, Calendulastraat 23 of die Bergrivier Munisipaliteit te besorg. Kontak Ray van Rooy by 083 9615 of 022 913 6054 vir nog inligting. Krieket-Derby op Riebeek 26 Desember – Spelers, oud en jonk, manlik en vroulik, word gesoek vir die jaarlikse Boxing Day Krieket-Derby tussen Riebeek-Kasteel en Riebeek-Wes. Buiten spelers word ‘n kommentaarspan, noodhulpspan, krieketuitrusting en ‘n krieketveld benodig. Kontak David Wickham by 082 8989 663 of 022-4481163 of david@steelband.co.za vir inligting of om hulp aan te bied. HSS bied atletiekafrigting 18 Januarie - Hoërskool Swartland bied ‘n atletiekafrigtingskliniek aan vanaf 08:30 – 13:00 op Hoërskool Swartland se velde. Dis vir leerders van graad 4 tot 12, sowel as afrigters. Die koste beloop R60 per atleet of afrigter. Registrasie geskied vanaf 08:00 by die veld. Kalenderinskrywings moet voor 18:00 op ‘n Maandag na redaksie@diecourant.co.za ge-e-pos word vir plasing.
SPORT • news
13
11 Desember 2013
Schoonspruit-konsert:
Die Graad 11- en graad 12-leerders van Schoonspruit Sekondêr het hul jaar van sukses op drama-gebied afgesluit met drie konserte met drie temaprogramme. Die dramaleerders van dié skool het vanjaar weggestap met talle pryse en gaan, onder leiding van hul onderwyser Kobie Jacobs, jaarliks van krag tot krag. Jacobs glo ook dat die drama-produksies elke leerder help om hom/haarself beter te leer ken, asook die wêreld waarheen die leerders op pad is.
14
dienste • SPORT 11 Desember 2013
VACANCY BULLETIN EXCITING OPPORTUNITY FOR PERSONS WHO WANT TO MAKE A DIFFERENCE
DEPARTMENT OF CULTURAL AFFAIRS AND SPORT MUSEUM MANAGER: WHEAT INDUSTRY MUSEUM, MORREESBURG Remuneration: R 170 799 – R 201 195 per annum (Salary level 7) Reference Number: CAS 61/2013 Applications must be submitted online via www.westerncape.gov.za/jobs The WCG is guided by the principles of Employment Equity. Disabled candidates are encouraged to apply and an indication in this regard will be appreciated. 116010
Closing date: 10 January 2014 @ 16:00
smalls & dienste
15
11 Desember 2013 Algemeen General AANDAG! Welkom Meubels soek goeie 2de handse bruikbare meubels. Beddens, kaste, yskaste, sitkamerstelle, ens. Ook op soek na: Kombuisware, bv breekware, ornamente, potte, panne, beddegoed, gordyne, asook mans en vroue winterskoene. Kom besoek ons gerus in Tuinstraat 6, oorkant Cash Crusaders. Kontak 022 487 1547 of 082 851 0915. Dienste Services ALLE HUISEIENAARS LENINGS beskikbaar. Enige bedrag gerugsteun deur miljoene rande. Baie reeds gehelp. Kontak 074 650 6123. Faks: 086 298 3977. ----------------------------FRIDGE REPAIRS at low cost. Free quotes in Malmesbury & surrounding areas. Contact Cliffie 078 213 9857. ----------------------------INDEPENDENT HERBALIFE DISTRIBUTOR - Petra Jardim. Tel: 076 725 7858. CALL NOW FOR A FREE ASSESSMENT. ----------------------------JK SKOONMAAKDIENS - Jou alles in een tuindienste. Sny van grasperke en rante. Snoei van bome en struike. Skoonmaak van beddings. Uitleg van tuine, verkoop en le van gras. Verwydering van tuinvullis. Kontak Jaco vir gratis kwotasies by 083 227 5937. -----------------------------LOOSE WEIGHT the natural way: JS Slim 60 Caps @ R160.00. Cayene Pepper 60 Caps @ R40.00. (Helps speed metabolism). Goodbye Flab Gelatine Caps (120) @ R70.00. (Helps get rid of loose unwanted skin). Hoodia Gordinii Caps (120) @ R140.00. Botanical gel Slimming Caps MSV @ R120.00. Charlene’s Secret Caps (60) @ R95.00. Please contact me for more info, other products and postage options. Email: nss.nerichia@ gmail.com. BBM Pin 2A566BFB. Whatsapp: 073 301 6556.
MELIETA’S KITCHENDaagliks vars gebak: Soet & Sout Platters/ Dosyne. Geleentheidskoeke, kaaskoeke en terte, asook heerlike kosse vir enige geleentheid. www. melieta’skitchen.co.za. 082 589 1785/082 492 4485. ----------------------------SKULD KONSILIDASIE Geswartlys welkom. Ons reël vir slegs een bekostigbare paaiement. 061 460 6669/021 910 4743. -----------------------------SKUUR en Behandel van Houtvloere asook Woodstrippers. Kontak Philip 082 261 0770. -----------------------------YSKASTE HERSTEL: Ons verkoop ook 2de handse kaste met waarborg. Diens en installeer ook lugversorgers. New Freeze, Kerkstraat 18, Moorreesburg. 022 433 3831 / 071 953 1292 of 082 573 1589. Te Koop For Sale 3 VLAK OPVOUBARE roosterstaanders. Geskik vir vleis, wors, hoender en vis. Ideale Kersgeskenk. Skakel 083 458 4055. -----------------------------BAAL ELEVATOR vir klein baler. Maksimum hyshoogte 6,2m hidroliese aandrywing op wiele. Kontak Pieter 083 234 1509 of 022 482 3322. -----------------------------DEFY 4 plaat stoof (wit) 60cm met lou oond. Baie goeie toestand @ R1500.00 (Malmesbury) Kontak 083 282 7696. -----------------------------PETROL houtsaag masjien en banksaag Stihl 08 S @ R2500 vir beide. Weggee prys asook Sleepwa gelisensieerd @ R3200.00. Skakel Hein 072 170 9766. Betrekkings Vacancies VERDIEN EKSTRA as survey assistente. Wonderlike geleentheid. SMS asb u volle naam, tel, faks en/ of epos adres na 074 114 2554 vir meer inligting. Te Huur To Let 3 SLAAPKAMER woning te huur in
Tafelzicht Malmesbury @ R6500.00 ohb per maand. Onmiddellik beskikbaar. Kontak 022 487 1811. Diere te Koop Animals for Sale OPREG ROOI BRUIN Staffie hondjies te koop @ R3000.00 elk ingeënt en ontwurm. Beskikbaar 19/12/2013. Skakel 079 565 8313 - Eileen (Malmesbury) Sterfgeval Obituary
Andrew (Katap) November - God saw he was getting tired and a cure was not to be, so He put His arms around him and whispered, Come with Me. With tearful eyes we watched him suffer and saw him fade away. Although we loved him, we could not make him
stay. A golden heart stopped beating, hard working hands to rest. God broke our hearts to prove to us He only takes the best. RIP dear friend. From all in the finance department at Swartland Municipality.
Kontak Theresa met jou geklassifiseerde advertensies by 022 487 3221.
courant
die
SPORT
tel 022 487 3221
11 Desember 2013
Honderdtalle op Piketberg Piketberg se eerste krieketspan het Worcester United met 75 lopies geklop. Piketberg het die loot gewen en in ‘n snikhete Piketberg besluit om eerste te gaan kolf. Dit was ‘n goeie besluit, want Piketberg behaal 327 lopies met 8 paaltjies plat in sy verpligte 50 boulbeurte. Die aanvangskolwers het die wenpad gebaan met ‘n vennootskap van 200 lopies. Piketberg se kolwers met lopies was Reduwaan Sait 125 lopies (112 balle, 17x4, 4x6), John van der Merwe 114 lopies (197 balle, 15x4, 1x6) en Ronnie Ockhuis 28 lo pies (19 balle,2x4,2x6). Worcester United se C Solomons 2/71, R Nonnies 2/62 en A Mhayi 2/56 het skaflik geboul. Piketberg gaan doen toe veldwerk en boul Worcester United uit vir 253 in 46 boulbeurte. Hul beste kolwers was W Fransman 52 (7x4,1x6), K Lesch 73(9x4, 2x6) en J Amsterdam 41 (3x4, 2x6). Die Piketberg-veldwerkers se hande was die ene bottervingers en dit lewer 10 verbroude vangskote op. Die tuisspan se Harry 3/53, Gergie 3/56 en Boetiekies 2/31 het sake beklink. • Piketberg speel Saterdag tuis teen Vredenburg/Saldanha in hul laaste westryd vir 2013. • Die Piketberg-klub bied Sondag sy jaarlikse ses-aan-‘n-kanttoernooi aan op die Tollie Adams Ovaal. Spanne uit die onderskeie woonbuurte soos Asla, Sevens, Danville en Protea gaan teen mekaar meeding. ‘n Kontantkroeg sal beskikbaar wees. Die verrigtinge sal om 9:00 afskop.
Sport Uitslae/Results:
Malmesbury Gholfklub SATERDAG - Individuele Stableford Piet Basson 39; Tiaan van Lill 39; Thys Esterhuizen 39; Johann Ackerman 38; Ronnie Schwartz 38; Josef de Beer 36; Donato Stelluto 36; Lindsay Meyer 36 Malmesbury Krieketklub Premierliga Malmesbury klop Excelsior met 155 lopies. Malmesbury 254/8 - Llewellyn Koopman 70 Donovan Lalie Dudley 57* en Tevin Timotheus 48. Excelsior 99. Johan Leander 4/36 Divan Robertson 2/19, Devon Smith 3/9.
•talle inskrywings ontvang
Weer lyk goed vir Snoek Classic Die 8ste jaarlikse Snoek Classic met prysgeld van R320 000 word van Vrydag tot Sondag by die Yzerfontein Boothengelklub aangebied. ‘’Die vis is daar en die weer is goed, so alles is op sy kop,’’ het Eduardo Pereira, woordvoerder, gister aan die courant gesê. ‘’Die aksie begin Vrydagaand met die skippers ‘briefing’ en registrasie,’’ het hy gesê. Saterdagoggend en Sondagoggend vanaf 5:00 begin die bote reeds uitvaar om aan die werk te spring. Die wenprys, vir die hengelaar wat die swaarste snoek vang, is ‘n Seacat 465 ter waarde van R230 0000, kompleet met 2 Yamaha-enjins van 40 perdekrag, asook ‘n gegalvaniseerde sleepwa. Daar is nog hope ander pryse wat wag. Volgens Pereira sal die aantal inskrywings weer tot hoogstens 80 bote beperk word. “Daar
is reeds 60 inskrywings, maar ons gaan dit stop by 80,’’ het Pereira gister aan die courant gesê. Die groot uitdaging is Sakkie van Niekerk se rekord vir die swaarste snoek in die geskiede nis van die kompetisie. Hy het dit verlede jaar opgestel deur ‘n meneer van ‘n snoek van 6,44 kg in te bring. Verlede jaar was daar 343 hengelaars op 80 bote, onder wie 16 vroue-hengelaars en 18 ju nior deelnemers. Die swaarste eetbare vis in 2011 was Boetie van Reenen op Fire Bird se geelstert van 4,94 kg. Besoek www.yzerboatclub.co.za of kontak Eduardo by 082 320 3513 of 021-510 5131 vir nog inligting. Daar word per span ingeskryf vir hierdie kompetisie, met R400 per persoon as inskrywingsgeld.
LET WEL: die courant se kantore sluit op 18 Desember en open weer 9 Januarie 2014.
By SWD:
Die Swartlander Hanno Kotze, tans ‘n student aan die Nelson Mandela Me tropolitaanse Universiteit se Georgekampus, het die afgelope week in sy debuut vir SWD se krieketspan onderskeidelik 38 en 23 lopies teen Griekwas op Oudtshoorn aangeteken.
Op wenpad:
Lewyllen Koopman van Malmesbury se krieketspan maak seker dat hy nie sy paaltjie verloor en speel verdedigend vorentoe in die wedstryd teen Excelsior. Hy het in sy kolfbeurt 70 aangeteken in Malmesbury se oorwinning van 155 lopies in die wedstryd.
Johann wen wedren: Die professionele fietsryer van Malmesbury, Johann Rabie (foto links), het Die Burger se fietstoer oor 98 km in ’n tyd van 02:27:04 gewen. Hy het aan die courant gesê hy sal hom voortaan toenemend op bergfietsry toespits.