courant
tel: 022 487 3221
swartland en weskus Uitgawe 222
die
Bekroon: Nommer 1-Streekkoerant
15 Mei 2013
hugenotestraat 24, malmesbury
Waterblommetjies in die Swartland....
Waterblommetjies! Die seisoen vir dié gewilde Bolandse dis is vanjaar vroeg met die warmer weer. Op Altus Gildenhuys se Rhenostervlei buite Riebeek-Wes het hulle reeds 2 weke gelede begin oes in die 14 damme op die plaas. Hier is, van links Renaldo Dempers, Elroy Witbooi en Jaco Frans gister aan die pluk.
•PIKETBERG EN SCHOONSPRUIT SLAAGS
Interskole in Wesbank
Hoewel Schoonspruit Sekondêr die afgelope twee jaar as oorwinnaars uit die stryd getree het in die FNB Classic Clashes-kragmeting teen Hoërskool Piketberg, meen Vos de Jager, die afrigter van Schoonspruit, Piketberg is vanjaar die gunsteling. ‘’Man, dit is ‘n baie 50-50-wedstryd, maar kyk jy na Piketberg se vertoningslys vanjaar, is hulle die gunsteling.’’ Die wedstryd in die Wesbank-stadion word Saterdagaand oor televisie gebeeldsend. Die Piketbergers het nog net een wedstryd verloor - teen die Franse span Tarbes - maar hier in die Wes-Kaap reeds afgereken met ‘n paar groot name soos Hoërskool Swartland, Wesbank, Charlie Hofmeyr en Durbanville. ‘’Wat vir my insiggewend is vanjaar, is dat ons twee skole geen kennis van mekaar het nie. Dit gee ‘n ander dimensie aan die wedstryd. In die Hoërskool Piketberg se vertoningslys tot dusver vanjaar lyk soos volg: Hopefield: wen 62-0 Wesbank: wen 38-3 Charlie Hofmeyr: wen 31-16 Fairmont: wen 33-14 Swartland: wen 22-21 Marmande (Frankryk): wen 25-17 St Foy le Grande (Frankryk): wen 34-12 Tarbes (Frankryk): verloor 24-15 Durbanville: wen 14-13 Vredendal: wen 71-5
verlede het ons saam proewe gespeel en was saam by die St. Stithians-week, maar vanjaar het dit nie weer gebeur nie. So die spanne is redelik onbekend vir mekaar,’’ sê De Jager. ‘’Ons weet nie waar hulle sterkpunte is nie, en hulle weet nie waar ons sterkpunte is nie. Hulle probeer gewoonlik met die voorspelers oorheers.’’ Schoonspruit se pak voorspelers verskil nie veel van verlede jaar nie, maar die agterlyn het ‘n paar jong spelers wat verlede jaar nog vir die o.16’s uitgedraf het. Schoonspruit het die afgelope Saterdag ‘n oefen- en spanbousessie gehad, maar oefen vandeesweek net soos gewoonlik. ‘’Ek wil nie te veel druk op die kinders sit nie,’’ sê De Jager, maar gee toe dat die ‘’wedywering, soos elke jaar, groot is tussen die twee skole, in netbal en rugby’’. Schoonspruit het, ondanks De Jager se beskeidenheid, vanjaar ook nog net een wedstryd verSchoonspruit Sekondêr se vertoningslys tot dusver vanjaar lyk soos volg: Hawston Sekondêr: wen 22-12 HS Waveren: wen 24-5 HS Tygerberg: verloor 45-29 Wesbank Sekondêr: wen 48-0 HS Swartland: wen 24-22 HS Weston: wen 22-19 Weskus Kollege: wen 57-3
loor, teen Hoërskool Tygerberg, en ook reeds afgereken met Hoërskool Swartland en Wesbank Sekondêr. Barno van der Westhuizen, kaptein van Piketberg, sê in sy boodskap vir die dag se program: ‘’Schoonspruit is altyd ‘n gedugte span en ek weet dit gaan weer eens ‘n harde stryd op die veld wees. Dan aan my span: Boys, 18 Mei wys ons weer eens dat ons ‘guts’ het. Ek weet ons kan dit op die einde van die dag deurtrek, want ek glo in elkeen van julle.’’ Schoonspruit was die afgelope ses jaar vier keer aan die wenkant, terwyl Piketberg twee keer gewen het.
Rugbyprogram: A-veld: 09:40 - o.15A, 10:40 - Oud-studente, 11:25 - o.13A, 12:15 - o.19B, 13:30 -Bekendstelling van spanne, 14:00 - Hoofwedstryd. B-veld: 09:00 - o.19C, 10:10 o.11A, 11:00 - o.14A, 12:00 - o.16A. Netbalprogram: Baan 1: 09:00 - o.14A, 09:45 - o.15A, 10:30 - o.16A, 11:15 - o.17A, 12:00 - o.19A. Baan 2: 09:00 o.16B, 09:45 - o.14B, 10:30 - o.15B.
Televisie: ‘n Televisie-opname word van die wedstryd gemaak wat Saterdagaand om 21:30 op Supersport 1 uitgesaai word, luidens Supersport se programrooster. Die afgelope ses jaar het soos volg verloop: 2007: Piketberg wen 12 - 10 op Malmesbury 2008: Schoonspruit wen 41 – 15 op Piketberg 2009: Schoonspruit wen 32 – 20 op M’bury 2010: Piketberg wen 32 - 29 op Piketberg 2011: Schoonspruit wen 24 - 8 op M’bury 2012: Schoonspruit wen 16 - 3 op Piketberg