Skip to main content

Die courant wellington 7 sept 2016 386

Page 1

courant Wellington

se 1ste keuse

dié

1 Weskus

Gratis • Free

Hugenotestraat 24, Malmesbury

7 September 2016

Uitgawe 386

tel: 022 487 3221

GROOTSTE onafhanklike gemeenskapskoerant in die Wes-Kaap

•JAMES SEDGWICK AFRIKA SE ENIGSTE

‘Geheime hekke’ nou oopgegooi

Roger Jorgensen, plaaslike jenewer-distilleerder, maak die eerste unieke vermengde botteltjie whiskey in die mikro-distilleerdery. •Jaomi Zeeman Die James Sedgwick-distilleerdery, vir jare reeds ‘n bekende landmerk op Wellington, het besluit om sy hekke vir die publiek oop te maak. Dit is die enigste kommersiële whisky-distilleerdery in Afrika en die tuiste van die internasionaal bekroonde reeks Three Ships en Bain’s Cape Mountain Whisky. Volgens Simon Dicks, Sedgwick se handelsmerkbestuurder, het hulle reeds ‘n paar jaar gelede aan die idee van ‘n proe-lokaal en toere deur die distilleerdery begin dink en werk. “Andy Watts, ons meester-distilleerder, is ‘n Wellingtonner in murg en been en hy is ongelooflik lief vir en lojaal teenoor dié dorp en die publiek,” sê Simon. Die distilleerdery se lojaliteit aan die plaaslike gemeenskap blyk duidelik uit die feit die plaaslike media en rolspelers uit die gemeenskap van die heel eerste eregaste was wat die voorreg gehad het om die lokale te besoek. Mense wat ‘n plek vir die proeë en toere bespreek, kan uitsien na ‘n unieke ervaring waar gasvryheid, vakkundige kennis, interessante feite, ‘n pragtige uitsig en ‘n ongelooflike sensoriese ervaring smaakvol gekombineer word. Toergroepe word tot 10 mense op ’n keer

beperk om ’n persoonlike ervaring te verseker en sal op Vrydae en Saterdae om 10:00 en 14:00 aangebied word. Besoekers kan die passie en vakmanskap van Suid-Afrikaanse whiskies verken, die kuns van whisky-maak verstaan, leer van die ryk geskiedenis van die distilleerdery wat oor 130 jaar strek en sommige van die wêreld se beste whiskies proe. Inligting rondom die persoonlike aandag wat met die distilleerproses gepaard gaan en interessante feite, soos dat die wasem teen die groot vensters se alkoholinhoud al teen 8% gemeet is, sal besoekers verstom. By hul aankoms sal gaste ’n whiskey-kelkie geniet, gevolg deur ’n leersame video-opname. ’n Kundige gids sal ’n begeleide toer per voet aanbied waartydens gaste eerstehands die verskillende stadiums van die proses kan ervaar, van die rou materiaal tot die distillering en veroudering. Terug in die proekamer sal die gids ’n proe van drie whiskies gepaar met vyf disse aanbied wat die gaste in staat sal stel om in hul eie tyd te verken hoe die geure van sekere disse die aromas van elke whisky komplementeer. Die James Sedgwick-distilleerdery is reeds gewoond aan vele lofbetuigings en toekennings, is as die Best Brand Innovator aangewys in Whisky Magazine se 2011- Icons of Whisky,

asook as die Best International Whisky Distillery op die New York International Spirits Competition van 2015. Die koste van die toere beloop R350 per persoon. Die reeks Suid-Afrikaanse whiskies sal aan die einde van die toer gekoop kan word. Whiskies wat in beperkte hoeveelhede bekend gestel is, en slegs by die distilleerdery beskikbaar is, sal van tyd tot tyd te koop aangebied word om die uitsonderlike ervaring tuis te kan voortsit, of as ’n spesiale geskenk. ‘n Baie interessante toevoeging tot die toere is die model van ‘n mikro-distilleerdery wat in die proe-lokaal staan. Hier kan gaste deur ‘n rekenaarprogram hul eie vermengde whiskey maak wat dan in ‘n klein botteltjie gebotteleer en in ‘n spesiale boksie met die James Sedgwickhandelsmerk as aandenking, huis toe geneem kan word. Besprekings kan by www.webtickets.co.za gedoen word. Geen bespreking kan by die distilleerdery self gedoen word nie. Vir meer inligting, kontak die James Sedgwick-distilleerdery by 072 415 3440 of info@ jamessedgwickdistillery.co.za, of besoek www. bains.co.za en www.threeshipswhisky.co.za.

NUUS • NEWS

7 September 2016


NUUS • NEWS

2

7 September 2016

•GROOT REÜNIE BEPLAN

HAM vier 118 jaar

Fyngoud:

Fyngoud Dienssentrum het ‘n besoek gebring aan Hugenote Tonnel. Hier staan hulle in die portaal wat na die sy tonnel lei.

CPUT kroon sy mooistes: Die kro-

ning van Mnr & Mej CPUT Wellington Kampus 2016 het plaasgevind die afgelope Woensdag by ‘n glans geleentheid te Bergkrone, net buite Bainskloof. Hier is mej CPUT 2016, Raven Bezuidenhout (tweedejaar student in kantoorbestuur). Links is Mnr CPUT 2016, Jason-Lee le Cordeur (3de-jaar B.Ed). Saam met hulle is een van die beoordelaars Shawn Viljoen, 1ste Prins in mnr Junior Suid-Afrika 2016.

Huis Andrew Murray Kinderhuis (HAM) is hierdie jaar 118 jaar oud. Volgens hul bemarkingshoof, Karen Petersen, wil hulle hierdie jaar graag ‘n reünie hou waarheen alle oud-inwoners uitgenooi word. “Ons wil nou al begin regmaak vir ons groot 120ste verjaardagviering oor twee jaar. "Om dit reg te kry, wil ons probeer kontak maak met al ons oud-inwoners oor al die jare en hulle ook weer in aanraking bring met mekaar,” sê Karen. Die oud-inwoners Morné Brand en Heinrich Gabler (onlangse mnr. SA-finalis), het dit goedgedink om te help om al die oud-inwoners na die

eerste HAM-reünie te nooi. “Hiermee wil hulle probeer om weer die drade van vriendskap en familie op te tel, sodat daar verhoudinge gebou kan word en ‘n groot viering vir die 120ste verjaardag van HAM beplan kan word,” verduidelik Karen. Die eerste HAM-reünie vind op Saterdag 24 September om 16:00 tot 22:00 by Huis Andrew Murray-sportveld plaas. Heinrich Gabler sal as gasspreker optree. ‘n Koffie-, wyn-, kosstalletjie en vermaak is ook vir die dag gereël. Kontak asb vir Karen Petersen, 021 873 3834 / info@andrewmurray.org.za, vir meer inligting.

Drakenstein vier boomplantdag

Charleston: Marshall Moses (hoofseun), Elzke Arendse (hoofmeisie), die skoolhoof van Charleston Hill Sekondêr, DC Newman, Munadia Kalamdien (onder-hoofmeisie) en Jade Davey (onder-hoofseun). Die Drakenstein Munisipaliteit het Nasionale Boomplantdag op 1 September by die Newton Sportgronde gevier. Onder die gaste en genooides was verteenwoordigers van verskillende plaaslike skole, verskeie rolspelers uit die gemeenskap en talle raadslede van die Munisipale Raad. Die nuwe burgemeester van die Drakenstein Munisipaliteit, Conrad Poole, het die verrigtinge geopen, waarna Oliver Ryder die geleentheidstoespraak gelewer het.

Na afloop van al die formaliteite het Poole die eerste boom van die seremonie op die terrein geplant. Hy het die inheemse waterbessieboom geplant – ‘n boom wat baie goed in die omgewing sal aard. Hierna het die verskillende skole elk ‘n beurt gekry om ‘n boom te kies en te plant. Die bome behoort binne die volgende paar jaar heerlike koelte langs die Newton Sportgronde te verskaf – iets wat baie welkom sal wees by hierdie kern van gemeenskapsbedrywighede en sportbyeenkomste.


NUUS • NEWS

3

7 September 2016

•ORGANISASIE KRY NUWE SKOPKRAG

Poskantoor maak skoon Links: Francois Booysen, Berenice Jacks, Zolile Skwatsha, Ronnie Apollis (Posmeester), Amanda Mtshokotsha en John Denver druk besig met die skoonmaak-proses.

•Jaomi Zeeman Die Wellington-tak van die poskantoor het, soos talle ander poskantore dwarsoor Suid-Afrika, op 31 Augustus letterlik huis skoongemaak. Volgens Ronnie Apollis, die plaaslike posmeester vir die afgelope 10 jaar, is hierdie aksie ‘n inisiatief van die nuwe hoof uitvoerende-beampte van die poskantoor, Mark Barnes. “Poskantore landwyd gebruik ‘n lente-skoonmaakdag om die organisasie se herlewing te vier. "Die poskantoor het nou ‘n nuwe era betree wat op die kliënt en winsgewendheid fokus, en ons poskantoorwerkers help almal op Lentedag skoonmaak aan die Wellington-tak,” sê Apollis. “Ons werknemers maak ons pragtige historiese gebou se ingange mooi. Ons gaan die deure skuur en vernis, die tralies verf en buite om die gebou ook skoon en netjies maak. En my mense is opgewonde om deel te wees van hierdie opknapping – hulle koop 100% in op die idee en is baie gemotiveerd.

"As ‘n mens mos in ‘n netjiese omgewing werk, is jy sommer trots op wat jy doen. Dit sal weer die werkpeil laat styg,” vertel hy trots. Die eerste mylpaal wat vir die poskantoor die moeite werd is om te vier, is die Reserwebank se goedkeuring vir Postbank se aansoek om ‘n volwaardige banklisensie. Die finale aansoek moet volgens wet binne 12 maande voltooi wees. Die volgende stappe sluit in goedkeuring van die Postbank se bestuursraadslede, die registrasie van Postbank as ‘n maatskappy met sy eie struktuur en direksie, die formalisering van die verhouding tussen die SA Poskantoor en Postbank en oordrag van besigheid van die SA poskantoor na die nuwe maatskappy. Die SA Poskantoor het 1500 takke landwyd en al Postbank se dienste en produkte is by elke poskantoor beskikbaar. Danksy dié dekking het die bank die potensiaal om plattelandse en afgeleë plekke beter te bedien.

Die poskantoor se diensstandaarde en inkomste is in die afgelope jare ernstig deur stakings en arbeidsonrus geknou. Die tweede mylpaal om te vier is die ondertekening van ‘n ooreenkoms met al die erkende vakbonde in die poskantoor om salarisse en diensvoorwaardes van 2014 tot 2017 vas te maak. Dié ooreenkoms bring alle arbeidsgeskille uit die verlede finaal tot ‘n einde en bring ‘n nuwe era van stabiliteit na die SA Poskantoor. Die derde mylpaal wat met die skoonmaakinisiatief gevier word, is ooreenkomste met finansiële instellings wat die SA Poskantoor toegang gee tot die kapitaal wat nodig is om skuld uit die verlede te betaal en sy dienste op standaard te bring. Volgens Apollis is die poskantoor ook besig om sy produkreeks op datum te bring. Hulle het onlangs geregistreerde e-pos bekend gestel. Dit voldoen aan al die vereistes wat die wet aan geregistreerde papierpos stel, maar is geriefliker en meer in pas met hedendaagse behoeftes. Die poskantoor is ook van plan om meer dienste beskikbaar te stel wat die posdiens ‘n goeie pasmaat vir internet-aankope maak. Een daarvan is ‘n toepassing vir slimfone waarmee kliënte dadelik kan sien waar hulle pakkie in die posstelsel is. Apollis, wat aan die einde van volgende jaar as posmeester aftree, voel dat hierdie inisiatief ‘n hoogtepunt is. “Dit is die bewys van ‘n ommeswaai en die terugkeer na normaliteit. Ons mense is gemotiveerd. Enige hulp of idees uit die gemeenskap is natuurlik ook welkom. Ons streef na uitnemendheid en ons kan dit nie alleen doen nie,” sê hy.

Grassnyer verlig take

Bo: Die nuwe grassnyer gaan die onderhoud van Victoria Park vergemaklik. Bo is Liaquet Ahmed van Build It en Tharina Schweidler van die ATKV by die grassnyer. Victoria Park, wat onlangs deur ‘n uitgebreide gemeenskapsprojek opgeknap is, het ‘n welkome hulpmiddel tot haar onderhoud ontvang. Rolspelers in die gemeenskap het weereens hande gevat om by te dra tot ‘n nuwe grassnyer vir die park. Sedert die opknapping van die park sien die grasperke baie beter daaruit. Dit verg egter meer gereelde onderhoud en daarom het die park nou ‘n eie grassnyer om hierdie taak te help vergemaklik. Die ATKV het besluit om ‘n bedrag wat hulle van die munisipaliteit ontvang het vir hierdie doel te oormerk. Liaquet Ahmed, eienaar van die plaaslike Build It-tak, het aangebied om die uitstaande bedrag vir die groot grassnyer te borg.


courantAlles kom altyd

dié

4

ook tot 'n einde

Die lewe loop wye draaie met 'n mens. Gewoonlik in sirkels. Lekker wye sirkels, maar tog kom die begin en die einde gewoonlik bymekaar uit. As jy 'n kind is, wil jy groot word, sodat jy alles kan doen wat so lekker lyk. As jy op laerskool is, wil jy hoërskool toe, want daar gaan dinge darem lekker. In die hoërskool wil jy weer net universiteit toe gaan, want dan begin jou lewe mos nou eintlik. Op universiteit wil jy jou studies voltooi sodat jy tog net kan begin werk en jou eie geld begin maak. Staan jy in jou loopbaan, dan swoeg en sweet jy van dag tot dag, van maand tot maand, van jaar tot jaar. Jy slaan oor na outomaties en stoom maar net voort. So gaan jou lewe stukkie vir stukkie by jou verby. So mis jy soveel geleenthede en soveel lekkertes van die lewe. As ons altyd na iets in die toekoms mik, gaan daardie toekoms altyd net in die toekoms bly. Matrikulante begin nou gereedmaak vir hulle finale eksamens. Skooljare word gegroet. Op laerskool is die Graad 7's besig om hul laaste wintersport vir die skool te speel en groet hulle ook hul maats van die afgelope sewe jaar. So draai die wiel en hy hou net aan met draai. Hy kry vinnig momentum en hy rol vinnig onder jou uit. Moenie hoop vir môre nie, benut elke dag en leef dit voluit.

It’s Good News

Dr Marc Blackwell Snr

Entrusting your soul to Christ by faith I Peter 1:3 “Blessed be the God and Father of our Lord Jesus Christ, who according to His abundant mercy has begotten us again to a living hope through the resurrection of Jesus Christ from the dead, to an inheritance incorruptible and undefiled and that does not fade away, reserved in heaven for you, who are kept by the power of God through faith for salvation ready to be revealed in the last time.” Are you one who trusts in Christ? Are you spiritually anchored in God’s faithfulness? Paul, the Apostle was convinced that: “He who has begun a good work in us will complete it until the day of Jesus Christ’s” return. Do you agree with Paul? What about the promises of Christ Himself? Do you remember that He said, “And this is the will of Him who sent Me, that everyone who sees the Son and believes in Him may have everlasting life; and I will raise him up at the last day.” Did you come to Christ by faith? Are you one, of so many, who received Christ by faith? Are you entrusting your soul to Christ by faith? Are circumstances making you feel insecure or somehow distant or separated from your Lord? Paul wrote the Romans: “Who shall separate us from the love of Christ? Shall tribulation, or distress, or persecution, or famine, or nakedness, or peril, or sword? … Yet in all these things we are more than conquerors through Him who loved us. For I am persuaded that neither death nor life, nor angels nor principalities nor powers, nor things present nor things to come, nor height nor depth, nor any other created thing, shall be able to separate us from the love of God which is in Christ Jesus our Lord.” What a wonderful Lord and Saviour - you have!

NUUS • NEWS

7 September 2016

Waterblommetjies... in die Boland...

Bo: Die potte is beoordeel deur onder andere Francois Viljoen en Alta Priem. By die Windmeulkelder het die potte geprut in die waterblommetjie potjiekoskompetisie. Bo is Burnett Swanepoel, Almarie Schmidt, De Villiers Schmidt, Mia Lubbe en Sean Whittaker.

Links: Tilla Viljoen, Christello Hollander en Charmaine Fourie hard aan die kook.

Pauw Gedenk spog nou met nuwe tegnologie Die Pauw Gedenkskool het onlangs ‘n splinternuwe rekenaarprogram in hulle rekenaarsentrum begin gebruik. Volgens die skoolhoof, Julius Williams, is hierdie nuwe program ‘n aanwins vir die skool wat op alle terreine na die beste streef. “Ons het reeds ‘n wonderlike program waarin ons ons leerders se wiskunde vaardighede oefen en verbeter. Hierdie nuwe program, ‘Reading Eggs’, fokus meer daarop om die leerders aan te moedig om te lees en om hulle engelse taal- en begripsvaardighede te bevorder,” sê hy. Die Wes-Kaapse Onderwysdepartement het skole in die vallei gesoek waar hulle hierdie nuwe rekenaarprogram kon toets en Pauw Gedenkskool as een van sy eerste proefskole vir hierdie inisiatief geïdentifiseer. “Die program is ontwikkel deur die Click Foundation en die fokus val veral op graad R en Vileen Viljoen (onderwyseres), Julius Williams (skoolhoof) en Ashanty Albertus graad 1,” verduidelik Williams. (fasiliteerder) in die rekenaarsentrum. “Hierdie organisasie voorsien die program Hierdie nuwe program, wat in pas is met alle nuwe tegnologie, aan ons, maar hulle het ook ‘n voltydse fasilteerder by ons skool is slegs ‘n week gelede by die skool geïmplimenteer, maar die aangestel wat ons help om dit te implimenteer en te bestuur. Elke leerder het ‘n unieke gebruikerskode en elkeen se vordering word resultate is reeds sigbaar. “Dit is ongelooflik hoe vinnig die kinders die konsep snap en individueel aanlyn gemonitor,” sê hy. Volgens Williams moes die onderwyspersoneel ook ‘n oplei- vinnig hulle reeds in so ‘n kort tydjie kon vorder. Engels is baie van dingskursus in die gebruik en toepassing van die program bywoon. ons leerders se tweede taal en die program gaan van die veron“Die onderwysers en kinders is almal ewe opgewonde oor hierdie derstelling uit dat dit die gebruikers se eerste taal is. Tog verstaan ons kinders dit 100% en kan selfs ons graad R’e reeds ‘lees’ met program,” sê hy. “Die kinders is in ekstase en baie geïnteresseerd in hierdie die woordherkenningspeletjies wat deel van die program vorm,” nuwe manier van leer. Die program se fokus is audiovisueel vir sê Williams. “Ons wil regtig ons kinders ‘n voorsprong in die lewe gee en maksimum leer. Die kinders sien nie net die werk op ‘n interessante manier voor hulle nie, hulle het ook oorfone op waarin hulle hierdie is ‘n wonderlike stuk gereedskap wat dit vir ons moontlik die opdragte hoor en wat hul luistervaardighede help ontwikkel.” maak.”


NUUS • NEWS

5

7 September 2016

Wildsfees groot sukses Die jaarlikse Wildsfees wat deur die Wellington-Oos Gemeente, in samewerking met die gemeente van Middelburg-Kaap aangebied word, was hierdie jaar ‘n reuse-sukses. Dit is die vyfde keer dat hierdie twee gemeentes saamspan om dié geleentheid aan te bied. Saam met al die wildsvleis was daar talle ander heerlike lekkernye, kinderaktiwiteite en skreeusnaakse vermaak. Families, plaaslike ondersteuners en gemeentelede, maar ook die gaste van Middelburg het elke oomblik geniet. Foto's: Lindie Janse van Rensburg

Shop online at www.picknpay.co.za

Also at HYPERMARKETS

58

R 26% OFF

39

29% OFF

90

PnP Tenderised Steak Per kg

PnP Uncooked Lean Beef Mince Per kg

69

R

PnP NO NAMETM Fresh Chicken Thighs and Drumsticks Per kg

34

Eggs for Africa Medium Eggs 18s

30% OFF

20

R

90

SAVE

PnP NO NAMETM Frozen Chicken Braaipack 1.8kg

30% OFF

19

90

20% OFF

87

90

BUY 2 FOR 30% OFF

38

R

Jungle Oats 1kg

Tastic Long Grain Parboiled Rice 2kg

5990

Fair Cape Eco-Fresh Long Life Milk Assorted 6 x 1 Litre Per Pack

Jacobs Krönung Regular or Mild Instant Coffee 200g or Regular 250/300g Refill (Excluding Decaf) Each

24% OFF

VALUE PACK PRICE PER NAPPY R2.63 R2.22 R2.31 R2.41 R2.63

– – – – –

23% OFF

Cadbury Dairy Milk Chocolate Slab Assorted 150g (Including Bubbly)

115

90

Cuddlers Comfort Disposable Nappies Value Pack Assorted Per Pack

15% OFF

118

R

BUY ANY 3 FOR

30% OFF

22

80

Lifebuoy Soap Assorted 175g

38% OFF

38

Ariel Auto Washing Powder 2kg Assorted, Liquid 1.5 Litre Assorted or Capsules 15s Each

Carling Black Label Cans 24 x 330ml or Non-returnable Bottles 24 x 340ml Per Case 13% OFF

179

R

Get Double Points

90

Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly.

PRICES VALID 8 - 11 SEPTEMBER 2016 AT PICK N PAY SUPERMARKETS AND HYPERMARKETS IN WESTERN CAPE Excluding George, Jeffreys Bay, Knysna, Mossel Bay, Oudtshoorn, Plettenberg Bay, Express, Franschhoek Daily and Pick n Pay Local stores. Butchery lines not applicable to Camps Bay, Bellville and Lakeside. Buy-aid cards not accepted at Strand Street. Promotional stocks are limited. Prices include VAT, where applicable. Smart Shopper terms and conditions apply. No traders. E&OE. Selected products may not be available at all stores. Selected products have been styled for photography. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800 11 22 88. Cellphone rates apply. MMWCHS324

37

90

BUY ANY 2 FOR

Three Ships Select Whisky 750ml

Size 2 44s Size 3 52s Size 4 50s Size 4+ 48s Size 5 44s

20% OFF


NUUS • NEWS

6

7 September 2016

Groot makietie by Skaapkopfees op Clanwilliam

Regs: dié courant skaapkop- en countryfees is Saterdag by een van die Weskus se mees skouspelagtige aandvenues buite Clanwillaim gehou. 'n Paar honderd mense het saamgekuier Bo: dié courant se skaapkop en country-fees is weer bygewoon deur Laurie Terblanche (links) en Tommy Moolman (naasregs) van Tomi's Abattoir en Maria en Chester Williams. Inlas: Draad Botha het die gaste vermaak met sy vertolking van stories van Tolla van Merwe (wat in die nabygeleë Clanwilliam gewoon het.

Wellington en Van Wyksvlei hou eerste derby Basaar:

Die NGnoordgemeente op Wellington het die naweek weer behoorlik basaar gehou. Regs is Flip Hugo, Schalk Brazen, André Wessels en Vossie Jansen van Vuuren.

Daar word seker gemaak dat die punte-telling aan die wenkant bly.

Daar was allerlei lekkernye en vele aktiwiteite vir die kinders. Hier is Lee-Lemio Johannes, Ju-wayne Franus en Helna Groenewald.

Links bo - Amber Titus van die o.11-netbalspan maak seker die doel bring punte vir haar span. Bo: Jaydon Mouton probeer die bal afrokkel met Lucan Sampson en Dalagno Visaie wat hulle spanmaat ondersteun. Links bo: Niks stuit my nie... ek is op pad pale toe.

Bo: Carlize Groenewald, Lunay Laubscher, Esna Wessels en Louisa Marra het die koekies verkoop.


NUUS • NEWS

7

7 September 2016

Dagboek • Calender

Geklassifiseerd • Smalls Dienste Services BOU VAN NUWE HUISE – EPM Pty Ltd. NBRC geregistreer. 084 230 1639 ansleyehrenreich@ gmail.com. Boukoste vanaf R6000/m² #2781 ----------------------------ANGELO BESPROEIING Probleme met onkruid in u agterplaas en tussen pavement – Skakel Andy by 078 817 9476 #2769 -----------------------------

Gelukwensing Congrats

Depressie- en Angsondersteunngsgroep 14 September met Louis Rautenbach wat gesels oor die onderwerp : Gender en Seksualiteit Navrae : Petro Greeff by 021 873 4688 VLV Wellington 15 September - Sirkeldag byeenkoms - om 9:30 vm - 'n vertoning deur Petro van den Heever. Almal is welkom Navrae : Karen 082 448 0690 Die Bôrdienghuis – Breytenbach Sentrum 16 - 18 Sept - Tuin van Digters Die Bôrdienghuis – Breytenbach Sentrum 29 Oktober - Marc Lottering. Vir besprekings kontak Jeanne-Mari Gerber by 073 435 1022 of teater@breytenbachsentrum.co.za Hervormde Kerk - Gemeente Paarl 28 Augustus om 16:00 - Gesogte kunstenaars soos Johan Bakkes (voorstelling van boek), Lourens Fick (pianis), Spaanse-koor van die Universiteit van Alcala, Tygerberg Kinderkoor, Adri Louw en Johannes Slabbert Navrae : Gwen van Wyk 082 875 8923 of gwenhoney@telkomsa.net Wellington Vereniging van Bejaardes Algemene Jaarvergadering by Milnerstraat 2A, Wellington (regoor Wellington verkeersdept) op 8 September 2016 om 10h30 Navrae : Mev H Fredericks - 0747068386 Darling Wild Flower Show 16 tot 18 September - Darling Gholf Club Adults: R50; Scholars: R30; Seniors:R30 (Friday only) More info: www.darlingwildflower.co.za Yzerfontein Sport Recreation Club 1 October - October Fest. From 11h00 until late. Free entrance, family fun and jumping castle for kids Enquiries : 022 451 2819 Robertson Wine Valley

14 - 16 October - Wine on the River with activities such as cheese & olive tasting, themed tutored wine tasting, free shuttle service (saturday), tractor rides, boat cruises. Children u/18 free enterance. Tickets at the gate Contact : 023 626 3167 / wineonriver.com Bridge House Mile 12 January 2017 at Val de Vie Estate Contact : Martine Bauer 083 263 6997 / Martine. mediavine@gmail.com or Michelle Tricky T 071 869 0628 / michelle@trickyt.co.za Wellington Parkrun Every Saturday at 08:00 - rain or sunshine - this free 5km run/walk takes place at Imbuko wines, Wellington. For more info, directions and free registration go to www.parkrun.co.za/wellington. Follow them on Facebook at Wellies Parkrun or Twitter @welliesparkrun. You can alo send an email to wellingtonoffice@parkrun.com or contact Francois Coertze at 083 443 3081. Hokkie-oefening Elke Maandag, Dinsdag en Woensdag van 18:30 tot 20:30 oefen die Paarl-Hokkieklub op die Klein Parys-sportvelde. Navrae by Gavin Cupido (084 520 3714) of Adele Bothma (084 625 8137). Helderberg Music Society The Helderberg Music Society hosts light-classical music on a regular basis – 10 live concerts and two recorded ones per year. The monthly concerts takes place on Sunday afternoon at 16:00 in the Talani Lounge. They offer a wide variety of instruments and voices for R280 per month (pro rata after June) plus R15 at the door. Recorded concerts are free. Contact Olga Maray at 021 855 3752 or email wmarsay@wordonline.co.za. Kontak ons op 'n Maandag voor 17:00 by 022 487 3221 met jou kalenderinskrywings of e-pos na izelle@diecourant.co.za.

Kerke • Churches Anglican Church Sunday morning: April to Sept at 08:00; Oct - March at 07:30; Wed. Morning : 09:30 (end Jan to mid Dec); 4 Milner Street, Wellington. Enquiries: 021 873 1425. Joshua Generation Sunday morning 09:00 (English), Sunday evening (Afrikaans) 17:00. Provence, Milner Road. Enquiries: 021 873 6541. Kerk van Macedonië Sondagdiens om 10:00; Groenberg. Navrae: 062 836 1316. NEW Sunday morning at 10:00; HIN Training Centre, College Street, Wellington. Enquiries: 082 355 3280. NGK Moeder-gemeente Sondagoggend om 09:30, Sondagaand om 19:00. H/v Kerk- en Piet Retiefstraat, Wel-

lington. Navrae: 021 873 1561. NGK Noord-gemeente Sondagoggend om 09:30: MacCronestraat 11, Wellington. Navrae: 021 873 2763. NGK Wellington-Oos Sondagoggend om 9h30 en Sondagaand om 19h00 - h/v Barlinka en Cummingsstraat, Wellington. Navrae : 021 873 2690 St George's Presbyterian Church Sunday mornings at 09:30 (English); 22 Jan van Riebeeck Street. Enquiries: 021 873 2021. Shofar Sondagoggend om 09:00l Laerskool Hugenote, Kerkstraat 41. Navrae: 021 873 7677.

REQUEL FLINK, geluk met jou agste verjaarsdag op 9 September. Dankie vir al die vreugde en liefde wat jy bring. Lekker verjaar, mamma se liefie kind. Van : Ma, Pa, oumas, oupas en sussie #2772 ----------------------------SUSANNA JANUARIE (Ouma Sannie) 'n Geseënde 88 op 8 September. Baie geluk met u verjaardag. Ons is baie lief vir Ma. Lekker verjaar. Van: kinders, kleinkinders en agter-kleinkinders #2773 ---------------------------LEE-SHANDRÉ ANUSCKHA ISAACS Four years on the 6th of September. Congratulations big girl as you celebrate your birthday. Happy.. happy birthday. Lots of love. From: Ritsa, Hillario & Brunic #2774 ----------------------------KYK WIE WORD 4 Donay, baie geluk met jou verjaarsdag. Mag daar nog vele jare wees vir jou en jy moet jou dag geniet. Die Pietersen familie, mis jou baie. Liefde: Ouma, Tesnick, Ant Pellie, Nashwill, Gleanda, jou pa en Rolene #2775 ----------------------------Raai wie is 40!!! Baie geluk my lief met jou verjaarsdag. Mag God jou nog vele mooi jare spaar. Dankie vir jou liefde en omgee. Liefde: Rolene #2776 -----------------------------

aai word ses op 08 September. Baie geluk Anneke van Reenen met jou geboortedag. God se rykste seën en ek hoop jy geniet jou dag. Liefde Mammie, Pa, Anja en Vinteau #2784 ----------------------------Baie geluk op jou sesde verjaardag. Van Ouma Sussie, Maxwell, Casey-Lee ---------------------------Baie geluk met jou verjaardag, Anneke. Van : Ouma Kelly en tannies ---------------------------06 September 2016 We feel so proud to see how much you has grown to become such a fine young lady. On your birthday, we wish that more love and blessings will come on your way. Happy Birthday! From Brendon,Brenda and sisters #2787 --------------------------NIKLAAS SMITH Baie geluk op jou verjaardag. God se rykste seen. Liefdegroete: Jenine en Vincent, Antie Kelly en die res van die familie

Memoriums In Memoriam MARIA SAMSON – 4 September Ma, baie geluk met Ma se 90ste verjaardag in die hemel. Dink nog elke dag met liefde en verlange aan ons moeder. Sal altyd in ons harte voortleef. Van : Goliath gesin #2781 ---------------------------STEFANUS CAREL DYASON – 1 September 2012. Dit is nou 4 jaar gelede wat jy van ons weg is, en dit voel soos gister. Ek as oudste dogter , Elizabeth Solomons, verlang baie na pa #2782 ---------------------------TROVAUGHN EDWARD PETERS 9 September 2001 was jy skielik uit ons lewens geruk. Alreeds 15 jaar. Dink nog steeds aan jou, soms met 'n glimlag, soms met 'n traan. Mis jou oneindig. Verlangende ouers,

Geklassifiseerd • Smalls Pearly en Herbert en susters #2783 CONSTANCE BOLTNEY (Antie Joy) 9 September. Antie Joy - 4 jaar gelede het jy ons skielik verlaat. Ons harte is nog seer, maar berus ons by ons Hemelse Vader dat jy veilig is in sy arms. Ons sal jou grappies nooit vergeet nie. Mis jopu baie. Van: Pearly en gesin #2788


courant

dié

8

tel 022 487 3221

NUUS • NEWS

7 September 2016

SPORT

7 September 2016

•WELLINGTON PRIMÊR SE NUWE SPORTVELD INGEHULDIG

Skole hou eerste van vele derby’s Wellington Primêr en Van Wyksvlei Primêr het die naweek geskiedenis gemaak deur die eerste derby tussen hierdie twee skole te hou. Volgens Winston Apollis, skoolhoof van Wellington Primêr, is dit heel gepas en baie spesiaal dat hierdie twee skole as vennote in dié inisiatief betrokke is. “Ons vier hierdie jaar ons 30ste bestaansjaar by Wellington Primêr en ons wou iets uitsonderliks aanpak om dié mylpaal te gedenk,” sê hy. “Ons skool is die laaste skool wat 30 jaar gelede as onderwysinstansie deur die Onderwys Departement in Wellington gebou is. Nou, 30 jaar, later het die departement vir Van Wyksvlei Primêr vir die gemeenskap gebou. "Dit is mos net logies dat ons twee skole nou hande vat en ons kinders hierdie geleentheid bied. "So vier ons die passie vir onderrig wat albei skole dryf,” vertel hy. Riaan Ross, skoolhoof van die nuwe Van Wyksvlei Primêr stem saam. “Dit is vir ons ‘n eer en ‘n voorreg om deel te wees van hierdie inisiatief. As ‘n nuwe skool wil ons ons leerders dieselfde blootstelling gee as

wat ander kinders in die gemeenskap het. Ons leerdertalle is ‘n bietjie kleiner as dié van Wellington Primêr, maar hierdie derby is die begin van die smee van hegte bande. Dit gaan vir ons oor blootstelling en deelname,” sê hy. Die feestelikheid is afgeskop met die inhuldiging van Wellington Primêr se nuwe sportveld. Die onderwysers en afrigters van beide skole het gesellig saamgekuier om hierdie nuwe verbintenis op gepaste wyse te open. Vrydag het die netbal-, sowel as die seuns- en dogters-sokkerspanne met mekaar meegeding en Saterdag het die o/13-netbalspanne en al die rugbyspanne mekaar die stryd aangesê. Die talle stalletjies met heerlike eetgoed is deur ouers van verskillende graadgroepe beman en daar het deurlopend ‘n gesellige atmosfeer geheers. Toeskouers en ondersteuners het hul spanne entoesiasties aangemoedig. “Hierdie is Wellington Primêr en Van Wyksvlei Primêr se eerste derby – van hier af kan ons net voortbou op die bande wat hier gesmee word. Dit gaan definitief ‘n jaarlikse instelling word,” sê Apollis.

Die spanne van Van Wyksvlei en Wellington Primêr het Vrydag en Saterdag in hul eerste derby kragte gemeet. Die nuwe sportveld van Wellington Primêr is ook by die geleentheid ingehuldig.

Cavaliers without captain for rest of season

Draf:

Dié atlete van die Wellington-atletiekklub het Saterdag op Riebeek-Kasteel aan die halfmarathon deelgeneem wat deel uitmaak van die NG-kerk se jaarlikse lentefees. Bo is Byron February, Owen Smith en Norman Smith. Owen is gekies vir die Boland-span wat aan die SA-landloopkampioenskappe op George gaan deelneem.

The Boland Cavaliers will be without their captain Ryan Nell for the remainder of the 2016 Currie Cup season. Nell sustained a fracture in the lower part of his leg this past Friday, during Boland’s 25-22 win over the Steval Pumas at the Boland Stadium in Wellington. Nell will be out of action for at least 2 months. Utility back Gerrit van Wyk will also miss at least two weeks of Currie Cup rugby due to concussion. Van Wyk, who was on the receiving end of a dangerous elbow charge during the Pumas clash (as decided by the match referee Marius van der Westhuizen), should be ready for Boland’s next home match against the Blue Bulls on 23 September. While a number of players will be assessed in terms of their fitness-levels today, several key players should available for selection for Thursday’s (8 September 2016) away match against Griquas. Zandre Jordaan (loose-forward, calf strain), Basil Short (prop, flu), Sergio Torrens (wing, quad strain) and Jovelian de Koker (scrum-half, groin

strain) should all be in contention for Thursday’s match in Kimberley, but unfortunately the fitness of fullback Nico Scheepers is still in doubt. Scheepers is currently nursing an ankle strain and will be assessed today. SCORERS: BOLAND CAVALIERS vs STEVAL PUMAS BOLAND CAVALIERS – Tries: Adriaan Carelse, Robbie Louw, Shaun Adendorff. Conversions: Theuns Kotze (2). Penalty: Kotze. Drop Goal: Kotze. STEVAL PUMAS – Tries: Kevin Luiters, Frankie Hern, Leighton-Ray van Wyk, Renaldo Bothma. Conversion: Francois Brummer. UPCOMMING FIXTURES: THURSDAY 8 SEPTEMBER 2016 - Griquas vs Boland Cavaliers, Kimberley (Kick-off: 19:00) FRIDAY 23 SEPTEMBER 2016 - Boland Cavaliers vs Blue Bulls, Wellington (Kick-off: 15:00) FRIDAY 30 SEPTEMBER 2016 - Western Province vs Boland Cavaliers, Newlands (Kick-off: 19:10)


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Die courant wellington 7 sept 2016 386 by DieCourant - Issuu