courant
• Bergrivier 1Swartland Wellington
dié
21 Februarie 2018
• Free • Gratis
Wes-Kaap se #1
Bou saam met goeie nuus
Uitgawe 457
21 Februarie 2018
Die o.19A-krieketspan van Hugenote Hoërskool het die naweek na Malmesbury gereis vir hul interskole kragmeting teen die span van Hoërskool Swartland. Hugenote het eerste gekolf en 117 lopies aangeteken. Hulle boul Swartland uit vir 43 lopies en wen die interskolewedstryd met 74 lopies.
Interskole-sege •'N NUWE LEWE WAG OP 11-JARIGE
Chris kry sy hart
•Jaomi Zeeman Chris Truter van Hugenote Laerskool het Maandag 'n tweede kans op die lewe gekry toe hy 'n hartoorplanting ondergaan het. Chris se familie het op Sondagaand, 18 Februarie, gehoor dat daar ‘n hart vir hom beskikbaar is. Om twaalfuur Maandagmiddag is Chris gereedgemaak vir die hartoorplantingsoperasie. Die hart, wat van Bloemfontein af na Kaapstad gebring is, sou om twee-uur by die hospitaal aankom, maar het weens ‘n vertraging eers om vyfuur gearriveer. Teen 22:30 Maandagaand het sy ma dankbaar laat weet dat Chris se nuwe hart vanself begin klop het. Hy het Dinsdagoggend om 01:45 uit die teater gekom. Volgens Celeste is Chris reeds gedurende die 12de week van haar swangerskap met hom en sy boetie met ‘n hartdefek gediagnoseer. “Om ‘n kind met ‘n aangebore hartdefek te hê, beïnvloed nooit net een lewe nie en om meer as een kind gelyk te kry, het ons omstandighede taamlik gekompliseer. Terwyl ons in die euforie was van die voorreg om vir die eerste keer ouers te word, en boonop van ‘n tweeling, het ons nie die implikasies van Chris se hipo-plastiese linkerhartsindroom besef nie,” sê sy. Chris het al drie uiters riskante chirurgiese hartoperasies oorleef, maar hierdie operasies was nie ‘n
kuur vir die feit dat hy basies met ‘n halwe hart leef nie. “Ons weet dat die lewe ‘n seën is en dat ons elke dag moet laat tel,” sê Celeste. Op 1 Augustus verlede jaar het die Truters se lewe onherroeplik verander. Chris het hartversaking opgedoen en is op ‘n waglys vir ‘n hartoorplanting geplaas. Volgens Celeste was die laaste paar maande ‘n emosionele tyd waarin hulle vir ‘n moontlike geskikte hart moes wag. “Ons weet dat daar iets is wat ons moet doen. Ons moet ons storie deel om mense bewus te maak van al die ander mense wat, net soos ons moes doen, op organe wag. Ons is diep bewus van die tekort aan orgaanskenkers in Suid-Afrika en ons hoop deur ons storie te deel, ons mense sal aanmoedig om orgaanskenkers te word,” sê Celeste. En nou het Chris ‘n hart gekry. “Ons is verwonderd en dankbaar,” het Celeste gesê. Dit is interessant om te weet dat daar ongeveer 4300 Suid-Afrikaners op waglyste vir orgaanoorplantings is. 100 van hulle wag op hartoorplantings. Dit is ook kommerwekkend dat die aantal hartoorplantings in ons land in die laaste 17 jaar met 40% gedaal het. Deur ‘n orgaanskenker te word, iets wat ‘n mens minder as 5 minute neem, kan jy 7 mense se lewens red. Om hiervoor te registreer moet jy jonger as 70 en gesond wees. Belangstellendes kan by www.odf. org.za of 0800 226 611 registreer.
NUUS • NEWS
2
21 Februarie 2018
Wellingtonner skenk boeke aan Brandvlei Pierre-Jean Gerber het onlangs ‘n hele vrag boeke aan die skool op Brandvlei geskenk. Dié Wellingtonner, wat onder andere ‘n hele stoor vol interessante tweedehandse artikels by Malanstasie bedryf, is optimisties oor die positiewe impak wat dit moontlik op die skool kan hê. Pierre-Jean het 1,5 ton boeke by een van sy bure wat in versamelaarsboeke handel, gekoop. “Ek het die boeke gekoop waarvoor hy nie meer plek in sy motorhuis gehad het nie. Daarna het ek nog ‘n vraghouer vol op ‘n veiling gekoop. Ek is maar ‘n sucker vir tweedehandse boeke en by al wat ‘n basaar is, koop ek gewoonlik al die boeke wat niemand wil hê nie,” lag hy. Volgens hom wissel die boeke wat hy in Brandvlei gaan aflewer het van ensiklopedieë, nie-fiksie, fiksie, aktuele onderwerpe tot selfs ou skoolhandboeke en gidse. Dit is alles boeke wat die skool baie nuttig kan gebruik. “Die klein dorpies se skole en jou gewone staatskole is so uitgelewer dat mens eintlik nie ‘n keuse het as om betrokke te raak nie. Dis so belangrik dat elke skool ‘n biblioteek moet hê en ek wens regtig elke skool kan iewers ‘n lokaal of vertrek inrig daarvoor. Dis eintlik so maklik as almal dit net op hulself neem,” sê hy. Pierre-Jean vertel dat die skool baie in hul noppies was toe hulle die boeke ontvang het.
“Die skool was verheug en hul gaan dit uitpak in hul rakke wat redelik leeg is. Hulle gaan ook een van die klaskamers se mure inrig met rakke vir nog meer boeke. Die leerlinge gaan dit gebruik in projekte,” vertel hy. Hy wil ook hierdie skenking met nog skenkings opvolg en beplan om nog boeke na die skool aan te ry. “Ek gaan nog boeke soontoe neem. Ek moet net tyd maak om dit uit te soek in my besige program. Ander behoeftes van die skool sal ook na gekyk word en waar moontlik sal gehelp word,” gaan hy voort. Pierre-Jean hoop dat hierdie inisiatief ‘n aansteeklike een is waar mense met oorvloed hul bronne sal begin deel. “Regoor die wêreld is daar ‘n opbloei in privaat-biblioteke en ek hoop regtig SA kom ook aanboord. Ek het die ou historiese Rynse Kerk in Williston pas gerestoureer en al die binne-mure beklee met boekrakke en dit gaan volgepak word met teologiese boeke, sodat teoloë daar kan gaan navorsing doen. Ek het al baie teologiese boeke bymekaargemaak, insluitende my oorlede Vader se unieke versameling. Regoor die wêreld word kerke, en veral ouer kerke, omskep in massiewe biblioteke en so word dit weer die middelpunt van baie aktiwiteite,” vertel hy entoesiasties. "Ek hoop die aksie is aansteeklik."
Silwerkruin ACVV Huis vir Bejaardes se basaar trek hierdie jaar ‘n nuwe baadjie aan, daar is weggewyk van die normale Saterdagoggend basaar en word dit op ‘n Vrydagaand gehou, die Basaar vind plaas op Vrydag 2 Maart 2018 vanaf 17:00 – 21:00 by Silwerkruin ( Bainsstraat ingang) Al die ou bekendes van ‘n basaar sal weer hul verskyning maak nl. Basaarpoeding,pannekoek,gebakte produkte,wit olifant,groente en vrugte,vetkoeke,boerewors rolle,hand-en naaldwerk,hamburgers en jaffles. Daar is reeds hoenderbraai kaartjies vooraf te koop by Silwerkruin Ontvangs teen R70 per
persoon. Kom maak gerus ook jul vrieskaste vol met ons vleis produkte wat vooraf bestel en afgehaal word. Kom skop lekker jou week- skoene uit en kom ontspan in ons kuiertuin met musiek deur Denise Carstens en Freddie Q,terwyl die kinders kan baljaar in die kindertuin. U ondersteuning en teenwoordigheid sal baie waardeer word om hierdie fondswerwing funksie van ons ‘n sukses te maak. Vir meer besonderhede of enige navrae,kontak gerus vir Melanie by 021 873 1040 gedurende kantoor ure.
Silwerkruin hou basaar
NUUS • NEWS
Interessante vermaak wag by Bôrdienghuis
Wellingtonners kan uitsien na interessante vermaak tydens die volgende paar weke by die Breytenbach-sentrum se Bôrdienhuis-teater. Liefhebbers van die Afrikaanse woordkuns kan hul regmaak vir twee uitsonderlike vertonings wat binnekort hier sal plaasvind. Een jaar na die verskyning van Fotostaatmasjien, Bibi Slippers se bekroonde digbundel, word haar woorde nou ook oorgeklank. Die musikante Willemien en Jude HarpStar het saamgespan om ’n klompie eksperimentele toonsettings van die gedigte te skep wat die teks naboots, oormaak en herinterpreteer. Tydens ‘n vertoning op Sondagmiddag, 4 Maart om 18:00, kan belangstellendes na ‘n program wat Bibi se voorlesing en woordkuns met Willemien en Jude se toonsettings en musikale avonture op die harp en klavier kombineer, gaan luister. Nog ‘n interessante vertoning waarna Wellingtonners kan uitsien, is dié van Francois le Roux, oftewel “die HA!Man”.
Valentynsdag:
Hierdie benaming het ontstaan as gevolg van Francois se spontane manier van musiek maak. Hy tree saam met sy lewensgesellin en ook verhoogvennoot, die Belgiese digter Joke Debaere, op. Wat die gehoor met hierdie HA!-optrede, “Reis na Hier”, kan verwag, is ’n vrye vloei van uitdrukkinge of “items” wat telkens geïmproviseer word. Francois se hoofinstrument is die tjello, maar hy span ook klavier, klein fluite en liggaamsbeweging in om die “HA!” – of innerlike gevoel – in die oomblik uit te druk. By tye neem Joke stelling agter die mikrofoon plaas en begin sy óf voorlees óf spontaan poësie te skep saam met die musiek. Haar woordgebruik is hoogs musikaal en val intuïtief saam met Francois se improvisasie. Die HA!Man se vertoning is Dinsdag, 6 Maart, en begin om 20:00. Belangstellendes kan die Breytenbach-sentrum by teater@breytenbachsentrum.co.za of 021 873 2786 kontak.
Die leerders van Hugenote Laerskool het in die gees van Valentynsdag hulself in wit, rooi en pienk getooi. Die onderwysers is bederf met baie harte en sjokolade.
NUUS • NEWS
• MINIKRIEKET-TOERNOOI
Kannetjies laat paaltjies kantel
Die Laerskool Hugo Rust het op Vrydag 16 Februarie hul jaarlikse mini-krieket toernooi aangebied. Dit is reeds die sesde jaar dat diéskool hierdie toernooi aanbied en vanjaar was beslis ‘n hoogtepunt ten opsigte van deelname, sportmangees en grootte. Volgens Marie le Roux, ‘n onderwyseres wat by die organisasie van die toernooi betrokke is, groei die toernooi jaarliks. “Die gewildheid en hoeveelheid spelers wat aan die toernooi deelneem, het ons vanjaar genoop om die toernooi by ‘n groter fasiliteit aan te bied. Die toernooi het die afgelope vyf jaar by ons eie sportgronde plaasgevind, maar ons het besluit om dit hierdie jaar by die sportvelde van Boland Landbouskool aan te bied om al die spanne te kan akkommodeer,” het sy gesê. Daar het hierdie jaar 21 skole aan die toernooi deelgeneem. “Bykans 1000 kinders en 118 spanne ding hierdie jaar in hierdie groot toernooi met mekaar mee. Die kinders is almal tussen die ouderdomme van 7 en 9 jaar,” het sy verduidelik. Liezl Stassen, die mini-krieket koördineerder van Hugo Rust, en Jenna Wright, hulp-sportorganiseerder by die skool, is dit eens dat hierdie toernooi ‘n wonderlike platform vir jong krieketspelers is om aan deel te neem. “Dit is ‘n voorreg om hierdie geleentheid vir jong krieketentoesiaste van regoor die streek te skep waar hulle nie net kan meeding en deelneem nie, maar ook die waarde van spangees en die genot van saamspeel kan ervaar,” het hulle gesê. Die toernooi is in samewerking met Boland Mini-Krieket gereël. KFC is die amptelike borg van mini-krieket en die Paarl Mall KFC het ter ondersteuning van die ontwikkeling van hierdie sportsoort, as borg vir die toernooi opgetree. Verteenwoordigers van Paarl Mall KFC het reeds op Donderdag 15 Februarie ‘n groot skenking vir die toernooi aan die skool oorhandig. Hulle het die helfte van die toernooi geborg. Delia Davids en Lloyd Teaseale van Paarl Mall KFC het honderde t-hemde, sowel as speltoerus-
3
21 Februarie 2018
ting vir die toernooi aan die skool oorhandig. “Dit is vir ons lekker om op so ‘n manier by die gemeenskap betrokke te wees en terug te ploeg in die jeug. Die ontwikkeling van jong sportmanne en -vroue en skep van geleenthede vir deelname is vir ons belangrik. Met hierdie skenking wil ons ons deel in dié verband doen,” het Lloyd tydens die oorhandiging gesê. Die skool het ook ‘n skenking van koeldrank vir die spelers van Ceres Fruit ontvang. “Ons is baie dankbaar vir die besighede wat ons hande vat om hierdie geleentheid vir ons kinders moontlik te maak,” het Johann Bruwer, skoolhoof van Hugo Rust gesê. Die toernooi was ‘n groot sukses. Ouers, ondersteuners en deelnemers het entoesiasties aan die program deelgeneem en dié jaarlikse instelling geniet.
Hugenote-onnies se hare waai vir CHOC
Bo: Heinrich Gabler Heinrich Gabler het, as deel van sy uitdagings as finalis in die Mnr. SA-kompetisie, die skoolkinders by Hugenote Laerskool uitgedaag om fondse in te samel vir die Childhood Cancer Foundation South Africa (CHOC) wat kinders met kanker ondersteun. “Ek wou graag die leerders van Hugenote Laerskool bewus maak van die organisasie en ook van die feit dat daar baie kinders is wat kanker het,” het Heinrich gesê. Die kinders is uitgedaag om geld vir hierdie organisasie in te samel en hoede ter bewusmaking van die werk wat hulle doen, te dra. As aanmoediging het Heinrich beloof om sy hare af te skeer as hulle ‘n noemenswaardige
Bo: Onderhoof Stephan Hertz bedrag bymekaar kan maak. Die onderhoof, Stephan Hertz, het ook tot die stryd toegetree en beloof om sy hare ook af te skeer indien die kinders daarin kon slaag om R5000 in te samel. Op Vrydag 16 Februarie het die hele skool met hoede op skool toe gegaan en die bedrag van R7100 vir hierdie verdienstelike saak bymekaargemaak. Dit het beteken dat die kinders Heinrich, sowel as die onderhoof se hare kon skeer. “Ons doen dit met ‘n groot glimlag. "Die kinders het ‘n ongelooflike bydrae tot hierdie goeie saak gemaak,” het Heinrich en Stephan laat hoor.
courant
dié
4
21 Februarie 2018
'n Nuwe dagbreek
Ons land se nuwe staatspresident, Cyril Ramaphosa, het in sy staatsrede na ‘n “nuwe dagbreek” vir ons land verwys. Met sy inspirerende “Ons is een nasie. Nou is die tyd vir elkeen om te sê, stuur mý. Nou is die tyd om ‘n nuwe toekoms vir al die mense van Suid-Afrika te bou” toespraak het hy, ten spyte van baie uitdagings, weer die saadjies van hoop onder landsburgers kom plant. ‘n Nuwe dagbreek is sowaar ‘n gepaste beeld om die hoop te laat opvlam. Die oggendstond het mos goud in die mond. En na ons vorige president se donker jare, ken ons die betekenis van die uitdrukking dat as die nag op sy donkerste is, die daeraad naby is. Dit is egter nie net in ons landspolitiek dat daar tekens van ‘n nuwe dagbreek is nie. In ons dorp staan ons bykans elke dag verwonderd oor die nuwe dinge, wonderlike inisiatiewe, positiewe projekte en aktiwiteite van hoop waarmee Wellingtonners besig is. Selfs Dag Zero het al ‘n bietjie aangeskuif omdat ons mense so innoverend water bespaar. Dinsdagoggend, 20 Februarie, was sekerlik een van die mooiste dagbreke vir die Truter-gesin op ons dorp. Hul 11-jarige seun, Chris, is op hierdie dag met ‘n splinternuwe hart uit die teater van die Christiaan Barnard Hospitaal gestoot. Met hierdie hartoorplanting is die wonder van nuwe kanse en moontlikhede aan die gesin geskenk. Nie net het die lang wag op ‘n hart vir Chris tot ‘n einde gekom nie, maar dit het ook die kollig op die wonder van orgaanskenking en die bewusmaking daarvan laat val - iets wat al hoe meer mense hopelik sal begin oorweeg. ‘n Nuwe fase vir Wellington se Museum het ook aangebreek met die opknapping en vernuwing van hierdie baken. Danelene Ruiters is sommer self ‘n stukkie dagbreek met al haar inisiatiewe en projekte waarmee sy landelike mense wil ophef en bemagtig. Die plaaslike Lions help op verskeie platforms om die lig te laat deurbreek. Hulle het onlangs ‘n groot skenking aan Ma’s vir Wellington gemaak en ook blindings aan die Newton Dienssentrum geskenk. Onderwysers en kinders by Hugenote Laerskool samel geld in vir kinders met kanker en Hugo Rust Laerskool skep heerlike geleenthede vir kinders met hul geslaagde mini-krieket toernooi. Dan is daar ook die vrag boeke wat Pierre-Jeanne Gerber aan ‘n skool in Brandvlei geskenk het - iets wat soveel nuwe moontlikhede vir die kinders by dié plattelandse skool sal skep. Mag elkeen hierdie week elke dagbreek waardeer, iewers self ‘n stukkie dagbreek wees en die hele tyd op die dagbreek hoop.
Dis Goeie Nuus
Dr. Andrew Bosman
Wat motiveer ons?
In die boek Handelinge lees ons dat die wat grond of besittings gehad het, dit verkoop en aan die voete van die apostels neergelê het. Nie een van hulle was behoeftig nie, want aan elkeen is uitgedeel volgens wat hy/sy nodig gehad het. So het Barnabas ‘n Leviet gebore in Ciprus ook gedoen. Ananias en sy vrou Saffira het ook ‘n eiendom gehad wat hulle verkoop het, en het ook die geld by die voete van doe apostels neergelê. Hulle het egter ooreengekom om ‘n deel van die geld agter te hou. Petrus het egter aan Ananias gevra waarom het die Satan jou hart vervul om vir die Heilige Gees te lieg en van die prys van die grond agter te hou? Jy kon jou grond behou het, of slegs ‘n deel gebring het. Hulle het dus voorgegee dat hulle alles kom gee, soos baie ander. Toe Ananias hierdie woorde hoor het hy dood neergeval. Jongmanne het gekom en hom uitgedra en begrawe. Sy vrou het later ingekom en Petrus het haar gevra of hulle die grond vir ‘n sekere bedrag verkoop het,? Sy het ja, geantwoord. Hy vra aan haar waarom het julle voorgeneem om die Gees van die Here te versoek? Sy het ook dood neergeval en is saam met haar man begrawe. En ons wat is in ons hart as ons na die Here gaan?
NUUS • NEWS
Rondleiding met kunstenaar by uitstalling Op Saterdag 17 Februarie het Wilna van der Walt, die kunstenaar wie se uitstalling tans by die Breytenbach-galery te sien is, tydens ‘n rondleiding haar kunswerke met kunsliefhebbers bespreek. Wilna se uitstalling, met “Stories van ‘n lewe” as tema, bestaan uit ‘n verskeidenheid skilderye wat die reis na binne ondersoek en uitbeeld. Tydens die rondleiding het sy lig gewerp op die simboliek en betekenis van haar onderskeie werke. “Die skepping van die kunswerke was ‘n psigiese proses. Ek werk met olie omdat dit lekker morsig is en omdat ‘n mens altyd weer daarna kan teruggaan en verander,” het sy gesê. Volgens Wilna het sy aanvanklik intellektuele idees in haar kunswerke laat gestalte kry, maar dit was nie effektief nie. “Dit was eers toe ek intuïtief begin werk het dat die skilderye tot hul reg gekom het. As jy jou intuïsie vertrou, is die resultaat heeltemal ego-vreemd, goed waaraan jy nog nooit gedink het nie,” het sy verduidelik. Volgens Wilna is ons kultuur geneig om op die kognitiewe te fokus en die intuïtiewe te ignoreer.
“Daar moet ‘n balans tussen kultuur en die natuur wees, en dít is wat met hierdie skilderye verbeeld is,” het sy gesê. Wilna se twee boeke, The old woman and the moon en Die zebravis, is as verlengstuk van die uitstalling ook by die galery te koop. Die uitstalling duur tot 9 Maart. Vir navrae kan belangstellendes 021-864 2988 skakel of galery@breytenbachsentrum.co.za besoek. Die plaaslike Lions Klub het onlangs ‘n skenking aan Ma’s vir Wellington oorhandig. Die Klub het R2000 aan die organisasie geskenk as deel van die Lions se “Operation Hunger” projek. Ma’s vir Wellington voed daagliks ongeveer 164 kleuters.
NUUS • NEWS
Danelene trots landelik Danalene Ruiters is ‘n plaasmeisie van Wellington wat baie trots is op haar landelike herkoms. Hierdie suksesvolle landboukundige is ‘n werknemer van AMC Fruit SA en is ook onlangs as ‘n trustee van hierdie internasionale maatskappy se nie-winsgewende Muñoz Foundation aangestel. Danelene is ‘n boorling van die plaas Desperado, buite Wellington en het haar hoërskoolloopbaan aan Bergrivier Sekondêr voltooi. Sy het in 2010 haar BA-graad in plantproduksie aan Elsenburg verwerf en werk sedertdien in die landbousektor. Hierdie klein mensie het ‘n baie groot hart en gebruik haar kundigheid, kennis van landbou en haar liefde vir mense om ‘n verskil in veral landelike inwoners se lewens te maak. Sy woeker met die hulpbronne tot haar beskikking om ‘n ommeswaai in die manier waarop die samelewing na plaaswerkers kyk, teweeg te bring, maar so ook om die beperkende ideale wat hierdie mense vir hulself stel, met ‘n groter visie te vervang. Om hierdie rede het Danelene op Saterdagaand, 17 Februarie, ‘n spesiale Valentynsbal vir plaasmense in die IOTT-saal in Voorstraat gereël. Saam met ‘n vriendin, Ilse Allies, het sy ‘n deftige geleentheid, waar jongmense van die omliggende plase hulself kon uittof en in styl saamkuier, georganiseer. “Ek wou graag met dié inisiatief waarde toevoeg en die jongmense ‘n bietjie blootstelling gee. Sommige van hulle kon nie ‘n matriekafskeid bywoon nie en het nog nooit ‘n deftige geleentheid meegemaak nie. Met hierdie bal kan hulle lekker saamkuier, foto’s neem, versoeke rig, dans en ‘n heerlike ete geniet,” sê Danelene. Sy kon ook, met die hulp van ander, ‘n hele paar aandrokke bymekaarmaak wat sommige van die meisies vir die geleentheid kon aantrek. Danelene se betrokkenheid by die Muñoz Foundation pas haar geesdrif vir kinders, opvoeding en beskermsgesindheid teenoor weerlose mense soos ‘n handskoen. Sy is by baie nuwe projekte wat skoolgereedheid bevor-
5
21 Februarie 2018
der betrokke. So ook by die plaas van igloes vir herwinning by versamelpunte en projekte wat landelike studente met hul studies bystaan. “Ek is ook by ‘n projek van ‘n kliënt in die Verenigde Koninkryk, ‘Emerging Leader’, betrokke. Met hierdie projek wil ons die saadjie van leierskap, deur middel van ‘n program wat oor vier weke op plase gaan uitrol, onder plaaswerkers plant. Elkeen is ‘n leier, partykeer moet mense net die verantwoordelikheid aanleer om daardie deel van hulle te laat groei,” het sy gesê. Verder is Danelene ook by ‘n projek in plakkerskampe betrokke waar hulle die potensiaal van kinderversorgers, sowel as kinders in hierdie areas wil ontwikkel. “Met die Amazing Brains-projek wil ons mense wat kinders versorg, meestal die gogo’s, bemagtig om kinders die maksimum stimulasie tydens hul vroeë ontwikkeling te gee. Dit sal verseker dat hulle sonder te veel agterstande hul skoolloopbane kan aandurf,” verduidelik Danelene. Sy is ook besig om ‘n NGO op die been te bring, Rural and Proud, waar sy op ‘n verskeidenheid vaardighede wil fokus en veral jongmense, vroue en mans uit landelike gebiede wil bemagtig om hul plek in die gemeenskap op trotse en volwaardige wyse vol te staan. “Met hierdie inisiatief wil ek ook op die planeet en ‘n volhoubare lewenswyse, waterbesparing en herwinning fokus. "Ek wil probeer om een projek per maand te doen om veral die jongmense te inspireer om hul drome na te jaag. Daar is soveel sosiale probleme soos drankmisbruik en tienerswangerskappe wat aangespreek moet word,” verduidelik Danelene. Vir haar is dit ook belangrik dat mense in landelike gebiede trots is op hul erfenis en daarom beplan sy om onder andere stories, verhale en resepte uit hierdie gemeenskap in ‘n boek te vervat. “Plaasmense deel altyd wat hulle het. As jy min gehad het en weet hoe om daarmee te werk, sal jy ook weet hoe om baie te deel,” sê hierdie dinamiese jong dame wat trots is op haar herkoms.
Wees altyd aan die voorpunt van die goeie nuus met ons sosiale media. Volg ons Facebook-blad by @diecourant. Kontak ons by 022 487 3221 of stuur 'n epos na jaomi@diecourant. co.za. Besoek ook ons webwerf by www.diecourant.co.za.
Wellington-museum spog met nuwe baadjie
Links is die trotse museum-personeel voor die gebou wat tans opgeknap word. Die Wellington Museum is besig om ‘n nuwe gedaante, in lyn met ‘n meer moderne tyd gees, aan te neem. Verbeterings en opknappingswerk word tans aan die gebou gedoen en die personeel is baie opgewonde oor hierdie nuwe verwikkelinge. Volgens Olivia le Cordeur, kurator van die museum, het die proses van die opknappingswerk reeds in 2017 begin. “Die voorlegging van die verbeterings is reeds in Augustus verlede jaar aan die trusteeraad voorgelê en goedgekeur. Dit behels opknappingswerk, verbeterings aan die gebou, sowel as nuwe idees vir ons handelsmerk,” het sy verduidelik. Die aansig van die museumgebou spog reeds met ‘n vars laag verf en ‘n nuwe, moderne naambord. Baniere wat die erfenis van ons omgewing uitbeeld en besoekers se belangstelling prikkel pryk ook op die sypaadjie buite die museum. Olivia verduidelik dat die opknappingswerk ook na die museum se inligtingstukke en hul sosiale media-platforms deurgevoer sal word.
“Ons facebook-blad sal ook ‘n vernuwing ondergaan en ons gaan ‘n nuwe webblad, besigheidskaartjies en brosjures kry. Ons nuwe logo, wat reeds aan die voorkant van die museum aangebring is, sal op al hierdie items verskyn. Dan is dit ook wonderlik wat ‘n vars laag verf kan verrig. Ons is ook baie opgewonde oor die nuwe baniere op die sypaadjie wat die aandag op die museum vestig,” het sy gesê. Een van die uitstalruimtes in die museum sal binnekort ook met ‘n nuwe voorkoms spog. Dit sal heeltemal oorgedoen word en meer inligting sal tot die uitstalling bygevoeg word. “Ons Afrika Sendeling-versameling sal in die volgende fase opgegradeer word. ‘n Spesiale uitstalhoek vir ons ‘Suid van Markstraat’-tema word ook beplan en eenvormige beskrywingsborde by ons uitstallings is deel van ons vernuwende planne,” het Olivia gesê. Besoekers aan die museum kan uitsien na dieselfde interessante inligting oor Wellington se erfenis - net in ‘n meer gebruikersvriendelike, moderne vorm.
6
21 Februarie 2018
Lions skenk blindings aan Newton-dienssentrum
Die Newton-dienssentrum is baie opgewonde oor die blindings wat hul onlangs vir hul saal ontvang het. ‘n Skenking van die Lions het hierdie droom van die dienssentrum laat waar word en lede van die dienssentrum kan nou weekliks in ‘n veel koeler lokaal vergader. Volgens Jan George, sekretaris van die dienssentrum, is hulle verheug oor die hulp wat hulle op dié tasbare wyse van die Lions ontvang het. “Ons het hierdie saal nie te lank gelede gebou nie en dit is ‘n baken vir ons bejaardes waar ons elke week bymekaar kom en sinvol aan aktiwiteite deelneem. Die Lions het ons al op verskeie maniere bygestaan om hierdie saal maksimaal te gebruik. Hulle het ook al ‘n stoof en ‘n yskas vir ons kombuis geskenk en nou, met die skenking van die blindings, is dit baie lekker om hier te vergader sonder dat die son so warm deur al die vensters skyn,” het hy gesê. Die Newton Dienssentrum het sowat 35 lede en bedien ook lede wat bedlêend is en nie self meer byeenkomste kan bywoon nie. Hulle voorsien lede van een maaltyd per week en maak ook broodjies vir die lede op die oggende wat hulle bymekaarkom. Wanneer ‘n mens na die vol program en aktiwiteite kyk wat die Dienssentrum weekliks
aanbied, besef jy dat “oud” in hulle geval beslis nog nie “koud” beteken nie. “Ons het sangsessies, ons doen Bybelstudie, ons doen oefeninge en dan het ons ook handwerksessies. Ons doen ook siekebesoek aan mense wat nie meer in staat is om die byeenkomste by te woon nie. Al hierdie tafels in die saal het ons self gemaak,” vertel Jan trots. Buiten ‘n klein subsidie wat hulle van die staat ontvang, is hul self vir die onderhoud en uitbou van die sentrum verantwoordelik. “Ons het darem ook ‘n toekenning van die Lotto vir ons werk ontvang en ons verhuur ons saal uit vir funksies om so ook ‘n inkomste te kry,” sê Jan. Tydens die oorhandiging van die blindings het Jan hulde gebring aan die goeie werk wat die Lions in die gemeenskap doen. “Die Lions doen hul naam gestand in die gebare van hulp en ondersteuning in ons gemeenskap. ‘n Leeu het ‘n groot hart en met die skenking van die stoof, die yskas en die blindings het hierdie mense hul groot harte gewys. Dit gaan nie ongesiens verby nie en ons is diep dankbaar. Ons is egter nie net mense wat bakhand staan nie, maar ons woeker saam om ook self ‘n bydrae te lewer om hierdie fasiliteite in stand te hou en uit te bou,” het hy gesê.
NUUS • NEWS
Dagboek • Diary
Wellington CLC Matriek-aandklasse by Wellington CLC, Hospitaalstraat. Dinsdae en Donderdae vanaf 18:00 tot 20:00. Navrae skakel 021 864 2418 Wellington-rugbyklub Wellington-rugbyklub se oefeninge vind plaas vanaf 19:30 by die Wellington-rugbyklub, reg langs Boland-stadion. Vir meer inligting kontak Jaco van Deventer 081 488 5457 of Francois Coertze 083 443 3081 HAM 120 Jaar 24 Februarie - Huis Andrew Murray vier hul 120ste bestaansjaar. Kontak 021 873 3834 met navrae. Silwerkruin Basaar 2 Maart 2018: Hou die datum oop. Silwerkruin hou basaar vanaf 16:00 tot 21:00 Vir enige navrae kontak Melanie by 021 873 1040 Albert Frost 10 March: Albert Frost live at Indie Ale, Porterville. Doors open at 12:00 Pre-sale tickets @ webtickets - R100 Tickets sales through Indie Ale - R120 Darling-familiefees 17 Maart - Die Darling Familiefees word gehou van 09:00 tot laat by die Darling NG-kerk. Talle aktiwiteite soos 'n mark, boeresport, kinderaktiwiteite, kuiertent
en Jo Black om 19:00 XTNFIGFESTIVAL 17 & 18 Maart - 'n Heerlike vyefees word op 17 en 18 Maart op die Uitkijk-plaas, Voor-paardeberg, gehou. Voorafbesprekings beloop R160 per persoon. Daar is beperkte kaartjies by die hek beskikbaar teen R180 per persoon. Om seker te maak jy deel in die vye-pret, bespreek nou by xtnfigfestival@gmail. com Swartland Charity Bikers Braai 6-8 April - Die jaarlikse Swartland Charity Bikers Braai word op die Moorreesburg-skougronde gehou. Voorafskrywings beloop R140. Hektoegang beloop R170 en kenteken R20. Kinders onder 10 is gratis. Voorafinskrywings sluit op 9 Maart. Kontak Francois by 083 956 0606, Erhardt by 082 898 1026 of Herman by 083 568 5020. Pinotage & Biltong Festival 2018 14 & 15 April - Come join in the fun at Perdeberg Winery, Agter Paarl Tickets from www.computicket.com or www.plankton.mobi The Darling Trust 4 May: Black tie dinner and auction with tannie Evita & chef Jenny Morris at Evita se Perron, Darling R950/ticket To book visit : THEDARLINGTRUST.ORG
Kerke • Churches Anglican Church Sunday morning: April to Sept at 08:00; Oct March at 07:30; Wed. Morning : 09:30 (end Jan to mid Dec); 4 Milner Street, Wellington. Enquiries: 021 873 1425. Joshua Generation Sunday morning 09:00 (English), Sunday evening (Afrikaans) 17:00. Provence, Milner Road. Enquiries: 021 873 6541. Kerk van Macedonië Sondagdiens om 10:00; Groenberg. Navrae: 062 836 1316 of 074 608 0519 NEW Sunday morning at 09:00 (English service); HJN Training Centre, College Street, Wellington. Enquiries: 082 355 3280. NGK Moeder-gemeente Sondagoggend om 09:00. Sondag-aanddiens Leefkerk om 18:00. H/v Kerk- en Piet Retiefstraat, Wellington. Navrae: 021 873 1561. NGK Noord-gemeente Eerste en vierde kwartaal begin die dienste om 9:00 en tweede en derde kwartaal is die diens
op Sondagoggende om 09:30: MacCronestraat 11, Wellington. Navrae: 021 873 2763. NGK Wellington-Oos Sondagoggend om 9:00 en Sondagaand om 19:00 op die h/v Barlinka en Cummingsstraat, Wellington. Navrae : 021 873 2690 St George's Presbyterian Church Sunday mornings at 09:30 (English); 22 Jan van Riebeeck Street. Enquiries: 021 873 2021. Shofar Sondagoggend om 09:00 Laerskool Hugenote, Kerkstraat 41. Navrae: 021 873 7677 AGS Wellington Dienstye en Junior Kerk : Sondae 09:00 asook 18:00 by Terracestraat 3, Wellington. Kontak: 083 258 8717 of 021 873 3375 Crystal Gates Outreach Ministries Sondag-oggende om 10:00 en Vrydag-aande om 19:00, te Bergrivierstraat 32, Vanwyksvlei, Wellington. Alle besoekers welkom.
NUUS • NEWS
Newton vuur op alle silinders
Wellingtonners het Valentynsdag op verskeie romantiese maniere gevier. ‘n Piekniekkonsert deur TWEE by Linton Park, ‘n optrede ten bate van Sunfield Home deur Ray Dylan by Kleine Valleij en ‘n konsert deur Kaleidoskoop by Doolhof was maar ‘n paar van die wonderlike romantiese aktiwiteite waaruit plaaslike mense wat hierdie dag op ‘n spesiale manier wou vier, kon kies. ‘n Perfekte somersaand met talle spesiale aanbiedings om hierdie dag van liefde te vier, was die ideale agtergrond vir ‘n heerlike ervaring.
Internasionale 7's-toernooi Vrydag sal daar klipharde rugby op Malmesbury gespeel het in die eerste internasionale sewestoernooi wat deur die Wesbank-rugbyklub se Old Boys aangebied word. Die WP-rugbyunie het onlangs besluit dat alle rugby-aktiwiteite tot 1 Junie 2018 gestaak moet word weens die huidge watertekort. Die nasionale sewes-rugbyspan van Duitsland oefen jaarliks vir 10 dae in Kaapstad, waar Tygerberg-rugbyklub gewoonlik ‘n sewestoernooi aanbied waar die span dan wedstryd oefening kry. Die Wesbank Old Boys-organisasie het hierdie as ‘n geleentheid gesien om sewesrugby met ‘n internasionale geur na Malmesbury te bring. Die Old Boys het met die WP-rugbyakademie kontak gemaak en voorgestel om die toernooi hier aan te bied. Behalwe die nasionale span van Duitsland, sal
7
21 Februarie 2018
van die land se beste sewesspanne soos Maties, Tygerberg, WP-rugbyakademie, Wesbank 7's Dream Team, Darling 7's Dream team, Living Legends en die Rebels ook deelneem. Wedstryde begin 18:00 op die Wesbank-sportgronde. Die Cornal Hendricks-organisasie sal ook Vrydag teenwoordig wees. Indien moontlik, word alle ondersteuners versoek om tweedehandse klere of nie-bederfbare voedsel saam te bring en by die stalletjie van die organisasie af te laai. Hierdie kos en klere sal aan behoeftige gesinne in die plaaslike gemeenskappe uitgedeel word. "Ons sien uit om die spanne op Malmesbury te ontvang. Ons sal ook in die komende week nog nuus bekend maak rakende nog internasionale spanne wat hulle staal op Malmesbury gaan kom wys," laat Ian Adams versigtig die aap uit die mou.
Die bloutrein het behoorlik geloop die afgelope naweek, ná Newton met Good Hopes van Riebeek-Wes afgereken het. Die wedstryd het teen 'n geweldige pas begin en sommer in die eerste minuut het August de Bruyn (slot) oor die doellyn gebars vir 'n drie. Kort hierna het een van die tweeling-blitse, Keanon (vleuel) met spoed en finesse sy teenstaanders in die lug laat gryp. Keaton en Keanon Booysen het weer die skare op hul voete gehad met hul spoed en akkurate hardlooplyne. Die alomteenwoordige Jason Baardman (slot) het na goeie opvolgwerk ook agter die pale gaan kuier en Theo Marinus (losskakel) wat nie 'n voet verkeerd kon sit nie, het soos 'n warm mes deur botter gesny en ook 'n skitter-drie gaan druk. Keaton (heelagter) het hierna sy staal gewys en talle verdedigers laat stilstaan met nog 'n
drie. Die rustydtelling was 35-0 in die guns van Newtons. Good Hopes het in die tweede helfte met 'n groter dringendheid gespeel en Newton frustreer in die verdediging en talle drieë verhoed met desperate lakwerk. Devrulin Abrahams (senter) het die drie van die dag gedruk, nadat hy en Keaton Booysen goed gekombineer het, moes hy 50 nael. Dit het die skare luidkeels laat sing. Die groot uitblinker van die dag was Kido (skrumskakel) wat met sy flinke diens telkemale die teenstaanders op verkeerde voet betrap het. Die eindtelling was 40-5. Die tweede span het met 24-21 gewen en die derdespan met 31-17. Newton speel die naweek teen Pniel se Villagers op Bombelapark en 'n groot opkoms van die toeskouers word verwag.
Agri’s got Talent is ‘n opwindende sangkompetisie wat deur die sagtevrugte-, wyndruif- en tafeldruifbedrywe aangebied word. Dit is ‘n sosiale opheffingsprojek geborg deur HORTGRO, die VinPro Stigting en die Wes-Kaap Departement Landbou. SATI borg die nasorgprogram. Hulle het pas aangekondig dat inskrywings vir hierdie kompetisie nou oop is. Die is vanjaar die vyfde keer dat hierdie gewilde kompetisie die plaaswerf laat dreun. Werkers in die landboubedryf en op plase het soms verborge talente wat nooit op ‘n behoorlike platform tot hul reg kom nie. Met hierdie kompetisie wil die organiseerders dié leemte vul en aan mense in hul bedryf die kans bied om hulle drome op ander terreine as die werkplek te bewaarheid. Voornemende deelnemers kan sangitems in enige genre lewer. “Of jy nou hou van pop, country, rock of klassieke musiek – Agri’s got Talent wil van jou hoor. Hierdie is ‘n fantastiese geleentheid om jou talent ten toon te stel, groot pryse te wen, en jou merk in jou gemeenskap te maak,” het die organiseerders laat hoor. “Het jy ‘n ‘goue’ stem en droom jy daarvan
om ‘n ster te word? Werk jy in ‘n pakhuis, vrugteboord of kelder? Nou is jou kans, want Agri’s got Talent is die geleentheid waarop jy gewag het,” het hul voornemende deelnemers verder aangemoedig om in te skryf. Finaliste sal ‘n week van intensiewe sang-en verhoogopleiding, asook lewensvaardigheidsontwikkeling ontvang. Vir van die vorige wenners, was hul deelname aan hierdie kompetisie ‘n lewensveranderende ervaring. Ayabonga Mhobo, ‘n seisoenale werker van Piketberg en Wellington het die eerste Agri’s got Talent-kompetisie in 2014 gewen en stem saam met die ander wenners. Om in te skryf kan belangstellendes per WhatsApp ‘n klankgreep van nie langer as 3 minute na 082 372 1557 stuur of dit na agritalent@gmail.com e-pos. Jou naam, van, geboortedatum, persoonlike telefoonnommer, die naam van die plaas of pakhuis waar jy werk en die naaste dorp aan die plaas of pakhuis moet die inskrywing vergesel. Die inskrywings sluit 15 Mei 2018. Vir navrae kan Thea van Zyl by thea@hortgro.co.za or 021 870 2900 vir meer informasie gekontak word.
Agris’s got Talent 2018: Goue stem gesoek
courant 21 Februarie 2018
dié
8
NUUS • NEWS
WELLINGTON SPORT
Tel: 022 487 3221
•FIETSTOER KRONKEL DEUR DORP
Groot planne vir Kerkstraat met Epic
Suné en Miranda (Wellington-toerisme), Shandré en Olivia (Wellington-museum), Anne-Ghrett en Francois (Breytenbach-sentrum), Maryke en Thandi (Paarl Post), Jan-Jan du Plessis (Imbuko en Boerevereniging), Catherine (Val du Charron) en Craig (Pizza Vino). Die berede polisie, plaaslike Klopse, die •Jaomi Zeeman Die Absa Cape Epic vind hierdie jaar weer in trompoppies van Hillcrest Primêr, plaasvoertuie, die Wynlande plaas en Wellington is gekies om trekkers, ondersteunende fietsryers, sowel as vanaf 22 tot 25 Maart as gasheer vir hierdie dorpenaars met vlaggies en baniere sal aan die optog deelneem. groot fietswedren op te tree. Die fietsryers sal by die sportgronde deur die Wellington het in die verlede reeds pryse as die beste gasheerdorp tydens hierdie inter- optoggangers ingewag word. Die kleure van die fietstoer is vanjaar rooi en nasionale fietstoer gewen en daarom is die deelnemers en organiseerders opgewonde om geel en daar sal gepoog word om alle ondersteuWellington se gasvryheid weer as deel van die nende hiervolgens te tooi. Die organiseerders van die optog moedig ook alle sakeondernewedren te ervaar. Wellington-toerisme het onderneem om as mings in Kerkstraat aan om hul aansigte in dié die koördineerder vir die versiering van Kerk- kleurskema te tooi. Daar sal ‘n prys vir die straat tydens die Epic op te tree en alle inligting “besgeklede” besigheid of gebou langs die roete rondom hierdie inisiatief kan by hul kantoor in toegeken word. Pryse vir die beste vlot tydens die Hoofstraat verkry word. Die tentedorp vir die optog is ook op die spel. Daar word na vrywilligers gesoek om alle deelnemers sal op die sportgronde van Hugenote Hoër- en Laerskool opgerig word en die bome langs die roete in rooi en geel te tooi. Die plaaslike wynplase sal verskeie toeskouerpunte materiaal hiervoor is by die toerismekantoor teen ‘n vasgestelde bedrag per meter beskikbaar. aanbied. Verskeie pryse wat tydens gelukkige trekkings Toeskouerpunte waar plaaslike fietsry-entoesiaste en ondersteuners van die wedren die inter- gewen kan word sal ook op die terrein gewen nasionale en plaaslike fietsryers tydens die Epic kan word. ‘n Groot prys sal vir die “Fly over”sal kan gade slaan, sluit ‘n hele klomp bekende kompetisie uitgereik word, waar foto’s uit die wynplase in. Diemersfontein en Imbuko sal toe- lug geneem sal word. Vorms hiervoor is by die skouers op 23 Maart akkommodeer, terwyl Wel- toerisme-kantoor beskikbaar. Die Epic se organiseerders moedig alle besigbedacht, Linton Park, Val du Charron en Doolhof op 24 Maart as toeskouerpunte sal dien. Op hede en individue wat aan hierdie inisiatiewe wil 25 Maart sal plase in die Paarl-area hierdie rol deelneem aan om groen te gaan en van herwinbare materiale gebruik te maak. vervul. ‘n Verskeidenheid stalletjies sal op die terrein ‘n Spesiale optog deur Kerkstraat, om die fietsryers te verwelkom en hul aankoms in Wel- beskikbaar wees en daar word ‘n beroep op lington te vier, word ook vir 22 Maart beplan. alle Wellingtonners gemaak om te help om ons Die Wellington-museum sal as vertrekpunt van dorp die besgeklede dorp tydens die fietstoer te hierdie optog dien, vanwaar dit na die Hugenote maak. Enigeen met interessante voorstelle kan Wellington-toerisme by 021 864 1378 skakel. sportgronde sal beweeg.
21 Februarie 2018
Jong fietsryer op die wenpad Charl Swanepoel is ‘n graad 11-leerder aan Hugenote Hoërskool wat sy fiets se speke al vir talle kilometers, oor verskeie wenstrepe en tot op vele podiums laat sing het. Hierdie Wellingtonner is ‘n kranige fietsryer wat elke week ure op sy fiets deurbring en groot drome vir die toekoms het. Vir Charl, wat al sedert sy geboorte op Wellington woon, het die fietsrygogga reeds op ‘n jong ouderdom gebyt toe hul buurman hom genooi het om saam met hulle fiets te ry. “Ons bure oorkant die pad, Oom Jan Slabbert, en sy seun, Wian-Dawid, het die saadjie geplant en my belangstelling in die sport geprikkel. Wian-Dawid is ‘n kranige fietsryer en het al oorsee ook gaan deelneem. Oom Jan het my begin saamneem op rustige ‘coffee-rides’ kort nadat ek my eerste padfiets gekry het,” vertel Charl. Volgens hom is dit ook Jan Slabbert wat hom aangemoedig het om aan sy eerste pretrit deel te neem. “Ek het kort daarna aangesluit by die Yorkshire Cycling Academy waar oom Ian Goetham my onder sy vlerk geneem het en gehelp het met ‘n oefenprogram. Die res is geskiedenis,” sê hy. Charl het sy laerskoolloopbaan aan die Laerskool Hugo Rust voltooi en hy was ook die hoofseun van hierdie skool. Hy was ‘n kranige hokkie-, tennis- en rugbyspeler op laerskool. “Ek was nog altyd liewer vir sport as vir skoolwerk!” lag hy. In die hoërskool het dinge egter ‘n bietjie verander toe hy meer op sy fietsry begin fokus het. “Fietsry verg ontsettend baie tyd, fokus en dissipline. Ek speel egter steeds hokkie by die skool en geniet dit baie. "Ek kry deesdae min tyd om saam met vriende te kuier, aangesien ek bykans elke naweek aan ‘n wedren deelneem en dit verg baie voorbereiding. "Ek speel graag Xbox wanneer die tyd dit toelaat,” vertel Charl oor sy ander belangstellings. Sy harde werk en toewyding het beslis vrugte afgewerp. Wanneer ‘n mens na die lang lys prestasies wat Charl die afgelope drie jaar ingeryg het kyk, getuig dit van sy deursettingsvermoë en wilskrag. Hy het in 2016 tweede geëindig in die WesKaap tydtoetskampioenskap en is in Julie van dieselfde jaar as die beste o.17-fietsryer tydens ‘n Jeugfees in Oudtshoorn aangewys. In 2017 het Charl aan die SA Padkampioenskappe in die o.17-kategorie deelgeneem. Hier het hy ‘n vyfde plek behaal en onder die top 10 deelnemers in die padwedren geëindig. Hy was ook die wenner
in die o.17-afdeling van Vida-liga wedrenne wat deur PPA aangebied is en uit ses wedrenne oor ‘n lang tydperk bestaan het. In 2017 is Charl gekies om aan ‘n program van Backstedt HotChillee, ‘n maatskappy in Europe wat ryers met talent in Suid-Afrika identifiseer, deel te neem. In Desember verlede jaar het hy met die beker as die beste o.17 padfietsryer by die prysuitdeling van Cape Winelands weggestap. Alhoewel Charl hierdie jaar in die Junior-kategorie (o.19) deelneem en van die jongstes in die kategorie is, het hy pas met ‘n 10de plek in die 120km padwedren van die SA Padkampioenskappe in Oudtshoorn teruggekom. Daar was 60 deelnemers waarvan net 41 die wedren voltooi het. Al hierdie prestasies is nie moontlik sonder ure se oefening nie. “Ek oefen ses dae per week, ongeveer 15 ure, volgens ‘n strawwe oefenprogram van my persoonlike afrigter, Barry Austin. Die program word aangepas volgens my wedren-kalender,” sê Charl. Wat motiveer hom om elke dag op sy fiets te klim en nog harder te oefen? “Daar is vir my níks lekkerder as om op my fiets te wees nie. "Selfs na die hardste, moeilikste oefening of wedren kan ek steeds sê dit was my hoogtepunt van die dag. "Goeie resultate motiveer my ook altyd om aan te gaan en net nog beter te probeer wees,” sê Charl. Volgens hom is die grootste struikelblokke wat hy moet oorkom, die balans wat hy tussen sy fietsry en skoolwerk moet handhaaf. “Ek is baie dankbaar as ek eerlikwaar kan sê daar was nog nie groot struikelblokke nie. Daar is mense wat ontsettend baie in my belê met hulp, raad en ondersteuning. Dit is van onskatbare waarde. "Behalwe vir die feit dat dit ‘n baie duur sport is en daar gereeld uitgawes is, was daar nog geen struikelblokke of iets wat my teruggehou het nie. Dit is net nogal moeilik om al die skoolwerk op datum te hou en weer in te haal wat ek gemis het as ek moes weggaan vir fietsry, maar dit is alles die moeite werd,” laat hy hoor. Charl droom daarvan om eendag as lid van die Suid-Afrikaanse fietsryspan oorsee te gaan deelneem. “My langtermyn-doelwit is om ‘n kontrak te kry by ‘n professionele span wat internasionaal deelneem,” sê hierdie gefokuste jongman met die groot drome.