courant 20 September 2017
dié
• Bergrivier 1Swartland Wellington
• Free • Gratis
Wes-Kaap se #1
Bou saam met goeie nuus
Uitgawe 438
20 September 2017
•VELE BEKENDE GESIGTE IN BOLAND TE SIEN
Digterstuin lok talle
•Jaomi Zeeman Die afgelope jaarlikse Tuin van Digters het vir talle groot vieringe gesorg. Dié fees, wat op Vrydag en Saterdag, 15 en 16 September, by die Breytenbach-sentrum plaasgevind het, het ook verskeie bekendes na die dorp gelok. Onder die groot gebeurtenisse op die fees was die oorhandiging van die Ingrid Jonker-literêre prys, die viering van die Breytenbach-sentrum se tiende bestaansjaar, asook Breyten Breytenbach se verjaardag op 16 September. Die algemene jaarvergadering van PEN Afrikaans het ook tydens die fees plaasgevind. Die Tuin van Digters het op Vrydag, 15 September, met die opening van die “Uitdagend Skeppend”-groepuitstalling in die Breytenbach-galery afgeskop. Meer as 40 bekende kunstenaars het, as deel van die sentrum se tienjarige bestaan, aan hierdie unieke uitstalling deelgeneem. Onder die kunstenaars was ook talle plaaslike kunstenaars, waaronder Elsibe Leerders van die plaaslike Weltevrede Sekondêr het as deel van die Piemp-projek by die Fees opgetree. Hier McGuffog, Mitch de Villiers en is hulle saam met Therese Hulme van die projek, hul onderwyser en skoolhoof. Riaan van Breda. Die galery het gewemel van bekendes soos Yvette en Marius Die Heuwels Fantasties, sowel as Hemelbesem reusagtig soos ons was”, toegeken is. Jonker se Beyers, Bibi Slippers, Andries Bezuidenhout en gemaak. Ander plaaslike stemme wat by die fees dogter, Simone, het die oorhandiging behartig. Danie Marais. Die uitnemende uitstalling sal tot opgeklink het, was dié van die Mengelmoesdig“Hierdie is ‘n wonderlike manier waarop ons 19 Oktober by die Breytenbach-galery te sien ters wat, ondersteun deur die ATKV en LW Hiems- my ma se nalatenskap en haar digkuns kan eer. wees. tra Trust en onder die vlerk van die digter Diana Dit is ‘n voorreg om hierdie prys te oorhandig,” Vrydagaand se verrigtinge het voortgegaan Ferrus, sedert 2012 ‘n poësie-skryfskool by die het sy gesê. Alta van Zyl van Lollos-faam se met ‘n huldiging van Wilma Stockenström Breytenbach-sentrum bywoon. Tydens ‘n “oop “grootmens-musiek”, Tribal Echo se meesleudeur prof. Ronel Foster en toonsettings van mikrofoon”-sessie kon opkomende digters hul rende toonsettings van Adam Small se werk en Stockenström se gedigte deur Laurinda Hof- slag op die verhoog wys. al die kunstenaars wat saam met Riku Lätti en die meyer en Schalk Joubert. ‘n Indringende gesprek oor Breyten Breyten- Wasgoedlyn opgetree het, het hierdie wonderDie sentrum se 10de bestaansjaar is met ‘n bach se invloed op die generasie digters wat ná like gebeurtenis op luisterryke wyse afgesluit. videovertoning deur Cloete Breytenbach, Brey- hom gekom het, besprekings oor debuutbundels Met hierdie fees het die Breytenbach-senten se broer, en ‘n praatjie deur die digter en wat onlangs verskyn het, gesprekke oor Afrikaans trum en ons dorp aan Breyten se woorde gestalte vertaler Daniel Hugo gevier. in Europa, die bekendstelling en bespreking van gegee: “Hier word plegtig afgespreek dat dit Die aand is op ‘n hoogtepunt met ‘n vertoning Carina Stander se “Woordengel” en gelykna- gaan om die sluiting van vennootskappe op absodeur Sjaka Septembir, Gertjie Besselsen en Isa- mige kunsuitstalling, sowel as ‘n gesprek met luut deursigtige en gelyke grond – waar iedereen belle Grobler afgesluit. Saterdag het die feestelik- Bibi Slippers oor haar nuwe bekroonde bundel, haar of sy bydrae sal kan lewer, uit hoofde van hede voortgeduur met leerders van die plaaslike Fotostaatmasjien, was van die interessante dinge vaardigheid of vermoë of potensiaal. Maar Weltevrede Sekondêre Skool se vertoning van hul wat in die Woord- en Akkoordtent tydens die fees veral gaan dit om uitdagende skepping, ‘n ware gedigte wat, onder leiding van Therese Hulme, as plaasgevind het. transformasieproses. Want hierdie is nie ‘n plek deel van die Piemp-projek geskryf is. Die groep Die Tuin van Digters is Saterdagaand op ‘n van opgee of afgee of weggee nie; dit gaan oor het onlangs hul debuut op ‘n splinternuwe cd hoogtepunt afgesluit toe die Ingrid Jonker-prys aangee. Nie om verdeel of opdeel nie, maar om saam met Hunter Kennedy en Pierre Greeff van aan Hilda Smits, vir haar bundel “Die bome deelname en deelwórd.”
NUUS • NEWS
2
20 September 2017
Plaaslike wyne pronk by Nederburg Wynveiling
NUUS • NEWS
Talle vieringe by jaarlikse Tuin van Digters gehou
Die 43ste jaarlikse Nederburg Wynveiling het op Vrydag en Saterdag, 15 en 16 September, plaasgevind en ‘n paar plaaslike wynplase het tussen die top-wyne op die veiling gepronk. Wynentoesiaste van regoor die wêreld het tydens die Veiling op die Nederburg Wynlandgoed toegesak. ‘n Verandering in die formaat van die veiling, ‘n verhoogde belangstelling van privaat wynentoesiaste en rekordpryse vir rooiwyn het vir ‘n positiewe en indrukwekkende veiling gesorg. Vrydag se wynproe van die wyne Julian Johnsen en Emile van der Merwe van wat op die veiling beskikbaar was, Vondeling buite Wellington. was ‘n goeie aanloop tot die uiteinR873 per liter behaal het. Volgens Higgo Jacobs, delike groot veiling wat Saterdag plaasgevind het. voorsitter van die Sommelier Association of South Die plaaslike wynplase wat ons streek op die Africa, was die seleksie van wyne, waaronder ons veiling verteenwoordig het en saam met die land plaaslike wynplase getel het, die beste wat hulle al se topwyne opgeveil is, was Bosman Wyne. ‘n op die veiling gehad het. “Die wynkeuse wat ons Allemintige bykans 8 800 liter wyne het onder op die veiling gehad het, was die beste – iets wat die hamer gekom en meer as R6 miljoen is vir die ‘n huldeblyk aan die keuringskomitee regverdig. uithaler-wyne opgedok. Hierdie komitee het uit vyf Meesters van Wyne en Petrus Bosman van die plaaslike Bosman drie internasionale wyneksperts bestaan,” het hy Wyne was opgewonde oor hul teenwoordigheid gesê. Michael Fridjhon, ‘n internasionaal erkende by hierdie prestige geleentheid. wynkritikus en –beoordelaar, het in sy toespraak “Dit is ‘n goeie tydens die veiling die uitnemende verskeidenplek om te wees – dit heid van kwaliteit wyne wat by die geleentheid is ‘n goeie platform aangebied is, geprys. Hy het klem gelê op die vir ons produkte,” het belangrikheid van langtermyn onderhoubaarheid hy gesê. in die wynbedryf en die industrie uitgedaag om Wat plaaslike hul pogings om die opheffing van hul direkte kopers betref, het gemeenskappe te verskerp – iets waarin plaaslike die Wes-Kaap met wynplase soos die Bosmans reeds ‘n voorloper is. 60% van die algehele Volgens die tradisie is die hoofveiling deur ‘n verkope gedomiliefdadigheidsveiling opgevolg. Hierdie veiling neer. Rooiwyn was het meer as R1 miljoen rand vir die veiling se die gewildste verkbegunstigde projekte ingesamel – fondse wat vir oper met Cabernet die opheffing van gemeenskappe in die groter Sauvignon wat met Kaapse Wynlande aangewend sal word. meer as 21% van Die 43ste Nederburg Wynveiling was ‘n alle verkoopte wyne hutspot van wynentoesiaste, wynkenners en die voortou geneem wynkopers – en ons top plaaslike wynplase het het en Merlot wat ‘n nie ‘n tree teruggestaan vir die beste wyne in ons gemiddelde prys van land nie.
Links: Simone Jonker, Ingrid Jonker se dogter, saam met Lizanne Botha wat gedigte van Jonker getoonset het.
Onder: Die digters wat in die Nuwe Stemme 6 opgeneem is saam met Bibi Slippers en Charl-Pierre Naudé.
Bo: Die kunstenaar Yvette Weyers saam met haar ewe bekende man, die akteur Marius Weyers.
Bo: Alta van Zyl van “Lollos”-faam sing grootmensmusiek.
Bo: Die plaaslike Klopse het besoekers aan die fees in die binnehof vermaak.
NUUS • NEWS
3
20 September 2017
•BESPROEIINGSMETODES IN DROOGTETYD ONDERSOEK
Boere raak waterwys in landbou •Jaomi Zeeman ‘n Groot hoeveelheid plaaslike boere, sowel as boere van omliggende streke het op Donderdag 14 September ‘n inligtingsdag oor effektiewe besproeiing in tye van waterskaarste bygewoon. Hierdie inisiatief is in samewerking met VinPro, Netafim en Winetec aangebied en was daarop gemik om boere te bemagtig om waterbesparing in hul boerderymetodes effektief toe te pas. Die dag het afgeskop met ‘n praatjie deur André Roux, voormalige Direkteur van Volhoubare Hulpbronbestuur by die Departement van Landbou in die Wes-Kaap. Hy het lig gewerp op die stand van waterbronne in die Berg- en Breërivier en die langtermynplanne van watervoorsiening in hierdie gebiede belig. Sy vooruitskouings ten opsigte van hierdie waterbronne was ook insiggewend. “Benjamin Franklin het gesê: ‘When the well is dry, we learn the worth of water.’ Dit is waar ons nou is – ons gaan nou met die waterskaarste die werklike waarde van water begin besef,” het hy gesê. Volgens Roux het die Wes-Kaap spesiale uitdagings ten opsigte van watervoorsiening aangesien die wintermaande, met die hoogste reënval, die minste vraag na water het. Die feit dat die watervraag in die droë somermaande die hoogste is, vereis dat ons ons water
band hou, bespreek. Dr. Myburgh het ook die aanwending van nuwe satelliet-tegnologie, waarmee boere die vordering en toestand van elke blok op hul grond kan monitor, as voordelige hulpmiddel in die droogte voorgehou. "Hy het ook wenke gegee oor hoe besproeiingswater beter benut kan word. “Boere kan gratis op die Fruitlook-webtuiste inteken Die sprekers dr. Phillip Myburgh en André Roux saam met Han- en sodoende baie nuttige no van Schalkwyk van VinPro en Willem Botha van Net��K inligting oor hul blokke bekom. Deur hierdie bron op verskeie maniere moet stoor om in hierdie kan hulle weeklikse opdaterings van die groeibehoefte te voorsien. Die huidige droogtetoestande plaas ekstra -parameters van hul wingerd en vrugtebome kry. "Dit kan ‘n beduidende vermindering in druk op hierdie bronne. “Die damme in ons gebied het nou amper kostes en ‘n toename in opbrengs bewerksteldie helfte minder water as dieselfde tyd verlede jaar. Dit dwing ons om anders na ons bronne, verbruik en boerderymetodes te kyk,” het hy gesê. Dr. Phillip Myburgh het by Roux aangesluit in sy oorsig oor die wingerdstok se wateropname en verbruik deur ‘n seisoen. Hy het die invloed van droogtetoestande op wingerde en vrugtebome, sowel as die verskillende besproeiingsmetodes wat hiermee ver-
Donateurs by HAM-funksie
Bo is Dr. Elna von Schlicht (Uitvoerende Burgemeester van Kaapse Wynland Distriksmunisipaliteit), Regardo Scholtz (Bestuurder van HAM), Karen Petersen (Bemarking & Befondsing), Jandré Arangies (Isipani Construction), Lynne Haefele (New Kidz on the Block), Karen Nel (Old Mutual), Marisa Buffone (Business Consultant/Volunteer), Ernst Zeeman (DGB Foundation), Danie Theart (Voorsitter van Beheerraad) en JC Muller (Sonlia). Die Huis Andrew Murray Kinder- en Jeugsorgsen- Ek is trots om deel te voel van hierdie instansie. trum (HAM) het op Donderdag 14 September Hulle skep en dra by tot ‘n kwalitatiewe gemeenhul algemene jaarvergadering en ‘n donateurs- skap en omgewing,” het sy gesê. Dr. von Schlicht het die gemiddelde profunksie gehou. Tydens hierdie geleentheid het hul ‘n terugblik op ‘n baie produktiewe jaar met fiel van kinders in die Wynland-area en die die verering van hul kinders, sowel as hul dona- probleme wat onder die jeug gevind word, belig. Ten midde hiervan het sy die positiewe rol wat teurs gekombineer. Die aand het met heerlike vooraf-versna- ‘n instansie soos HAM speel om hierdie bose peringe en saxofoon-musiek afgeskop. In sy kringloop teen te werk, geprys. “Wat kinders nodig het is respek, geloof – verwelkomingstoespraak het Regardo Scholtz, bestuurder van HAM, sy trots en dank teenoor spiritueel en geloof in hulself, geleenthede, elke kind, personeellid, donateur en beheer- ondersteuning, liefde, geld en geborgenheid. Dít raadslid uitgespeek. Ds. Jan Hendricks, onder- is alles dinge wat HAM aan kinders bied, maar -voorsitter van die beheerraad, het hierby dinge wat natuurlik nie moontlik is sonder die aangesluit toe hy die sukses van HAM aan die ondersteuning van die gemeenskap en donasamewerking van verskeie instansies en mense teurs nie,” het sy beklemtoon. Die res van die aand is gaste op die ongelooftoegeskryf het. “Ons kan terugkyk op ‘n goeie jaar, omdat like talente van HAM se kinders getrakteer. HAM mense hande gevat het om te help om die beste se koor, dramagroep, dansgroep en sangers het moontlikhede vir ons kinders te skep. Ons moe- uitstekende vertonings gelewer. Kinders wat nie moeg word om goed te doen nie, want die gedurende die jaar presteer het, is ook op speoes gaan met ‘n gejuig ingesamel word,” het hy siale wyse vereer. Die finansiële oorsig van die bedrywighede gesê. Danie Theart, voorsitter van die beheerraad by HAM het van goeie bestuur, kreatiewe idees het op hierdie goue draad van samewerking in en ruim skenkings uit die gemeenskap en van donateurs getuig. Om hierdie rede het HAM ‘n sy toespraak voortborduur. “Dit is ons doel om besluite te neem wat tot hele paar donateurstoekennings aan mense wat voordeel van ons kinders sal wees. Ons pro- hulle in die jaar bygestaan het, gemaak. “Sonder die ondersteuning van hierdie beer hulpbronne beskikbaar stel en dié tot ons beskikking gebruik om in die toekoms werk vir donateurs, mense wat ons help om boorgate te sink, mense wat help om vir ons kinders nuwe ons kinders te skep. "Dit is alles te danke aan die samewerking matrasse en beddegoed te kry, mense wat help van die gemeenskap en die oop harte en hande om ons badkamers oor te doen, mense wat ons gholfdag borg en mense wat kontant-donasies van ons donateurs,” het hy gesê. Een van HAM se graad 6-leerders het sy gedig, maak, sal ons nie aan ons kinders die beste sorg “Ons is die soort mense”, waarmee hy ‘n interne moontlik kan gee nie. "Ons is ongelooflik dankbaar teenoor elke gedigkompetisie gewen het, aan die gaste voorgedra, waarna dr. Elna von Schlicht, uitvoe- donateur en bring vanaand hulde aan hul bydrae rende burgemeester van die Kaapse Wynland in ons kinders se lewens,” het Karen Pietersen, Distriksmunisipaliteit, die gaste toegespreek het. bemarker by HAM, gesê. Die aand is met ‘n heerlike ete en geselligheid “As iemand wat in Wellington grootgeword het, is HAM deel van my verwysingsraamwerk. afgesluit.
lig – iets wat beslis tot voordeel van elke boer aangewend kan word,” het hy verduidelik. Willem Botha van Netafim het die boere oor die optimale benutting van besproeiingswater toegespreek. Verskillende besproeiingsmetodes en alternatiewe besproeiingstelsels is onder andere bespreek. “Die belangrikste dinge wat ons met besproeiing in gedagte moet hou, is om verdampingsverliese te probeer verminder, afloop te voorkom, om nie mikrospuite teen te hoë druk te laat loop nie en om gereeld onderhoud op die mikrospuite te doen,” het hy gesê. Die laaste spreker, Hanno van Schalkwyk van VinPro, het alternatiewe wingerdpraktyke wat in droogtetoestande toegepas kan word, bespreek. “Indien die droogte voortduur, sal ons nie ‘n ander keuse hê as om ander wingerdpraktyke te ondersoek nie. "Dit is nou die tyd om vernuwend hieroor te dink,” het Hanno gesê.
courant
dié
4
20 September 2017
Dit gaan oor aangee
Breyten Breytenbach, wie se wortels diep in Wellington lê, se woorde het die afgelope naweek weer tydens die Tuin van Digters in ons dorp ge-eggo. Sy wens vir die Breytenbach Sentrum, en ook vir ons dorp, is dat dit ‘n plek van uitdagende skepping sal wees – dat daar vennootskappe op absoluut deursigtige en gelyke grond, waar elkeen haar of sy bydrae sal kan lewer, gesluit sal word. En dat mense se vaardighede, potensiaal en vermoë die deurslag in ons vooruitgang sal wees. “Want hierdie is nie ‘n plek van opgee of afgee of weggee nie; dit gaan oor aangee. Nie om verdeel of opdeel nie, maar om deelname en deelword,” sê Breyten. As ‘n mens kyk na al die dinge wat elke week in Wellington gebeur, is Breyten se wens besig om waar te word. Mense se vaardighede, potensiaal en vermoë word nie net ontwikkel nie, dit word ook tot die voordeel van die gemeenskap aangewend. Hiervan is die kursusse en suksesse van die studente by die Wamakersvallei Opleidingsentrum ‘n sprekende voorbeeld – dít is hoe ‘n mens “aangee”. Die afgelope Tuin van Digters was ‘n groot sukses en het aan vennootskappe op absoluut deursigtige en gelyke grond gestalte gegee. Die gepaardgaande kunsuitstalling is ‘n konkrete bewys van uitdagende skepping – iets wat ook na die gemeenskap aangegee word. Tydens ‘n samekoms van boere om planne ten opsigte van waterbesparing in die droogte te beraam, het deelname, deelword en die aangee van kennis met die opsie van “opgee” afgereken. Die verering van die sekretaresses van ons dorp en die suksesse van ons jong roeiers en die Roses rugbyspan, is alles tekenend van deelname en vaardighede wat erken en aangegee word. Mag elkeen hierdie week iewers ‘n vennootskap sluit, die gelyke grond met die mense in ons gemeenskap vier, uitdagend skep, nooit opgee of weggee nie, deelneem en deelword. En ‘n bietjie van dít waarmee jy toebedeel is, aangee.
It’s Good News
Dr. Marc Blackwell Snr
God offers you courage and con�dence
“God is our refuge and strength, a very present help in trouble.” Psalm 46:1 is a positive statement about the help of the God of this universe for every soul and particularly His comfort to the heart of every believer. THE PROTECTION OF GOD IS PROMISED “God is our refuge.” The place of safety and security is found in the loving care of God, Who has promised to be with His own (Isaiah 43:2), to go before His own (Isaiah 45:2), and to be the refuge for His own (Psalm 91:2). GOD upheld Joseph in Pharaoh's palace, protected Daniel in the den of lions, the Hebrew children in the fiery furnace, and supported Paul in trials, troubles, and perils of life during his fruitful ministry. He is our refuge, as well! THE POWER OF GOD IS PLEDGED “God is our...strength.” God has all power in heaven and earth, and He offers His power to His people (Acts 1:8; Philippians 4:13). God gave Noah power to build the ark of safety, and Joseph power to overcome evil. He gave Moses power to deliver the children of Israel from Egyptian bondage, David the power to overcome Goliath, and Elijah the power of fire to consume the offering. The power of the Lord is unlimited and He is your strength! God is “… a very present help in trouble!”
NUUS • NEWS
Opleidingsentrum hou diplomaplegtigheid
Bo: Die top-studente, Diana Andrews (tuisversorging), Debbie Gerber (beste vordering) en Jeanné Venter (kindersorg) saam met pastoor Freddie Green, raadslid Lorraine Willemse, burgemeester Conrad Poole en Elsabe Lintveld, sentrumbestuurder. Die Wamakersvallei Opleidingsentrum het op Woensdag 13 September hul diplomaplegtigheid in die moedergemeente se kerksaal gehou. Studente, familielede en gaste het hierdie geleentheid bygewoon. Talle eregaste, waaronder verskeie raadslede, asook Conrad Poole, burgemeester van Drakenstein Munisipaliteit, het die studente se prestasies gevier. Poole het in sy toespraak hulde gebring aan die personeel en studente by die Opleidingsentrum. Hy was vol lof vir die werk wat by Wamakers gedoen word en die positiewe bydrae wat dit in die gemeenskap lewer. “Opoffering bring beloning. Wamakersvallei Opleidingsentrum is ‘n plek waar hierdie woorde waar word – dit is ‘n baken van lig en hoop. Dit bemagtig nie net die mense van ons gemeenskap nie, maar die studente wat ‘n kursus hier voltooi, gaan weer uit om ander te bemagtig. Hier word een fase van diensbaarheid gebind om weer ‘n volgende fase daarvan te ontlont,” het hy gesê. Die Opleidingsentrum akkommodeer ongeveer 300 studente per jaar wat in vier kwartaallikse innames registreer. Die kursusse is 8 weke lank en dek ‘n wye veld van vaardighede. Poole het die belangrikheid van die aanwending van hierdie vaardighede in die breër gemeenskap beklemtoon.
“Elke student moet hom- of haarself afvra wat sy nou met die kennis wat hulle opgedoen het, gaan maak. Hoe gaan jy die regte en voorregte wat saam met jou kwalifikasie kom, gebruik? Julle is leiers en het almal ‘n plek om in die gemeenskap te vul – gaan vind dit, gebruik dit en leef dit uit,” het hy die studente aangemoedig. Hy het die studente ook gemaan om realisties oor die uitdagings op hul pad te wees. “Begin jou reis, maar wees realisties oor jou doelwitte en die probleme langs die pad. Moenie bang wees nie – vrees is deel van die pakket. Teenspoed is ‘n realiteit. Neem risiko’s, wees toegewyd aan jouself. Stel doelwitte,” het hy afgesluit. Die studente wat die kursusse suksesvol voltooi het, het almal hul diplomas ontvang. Die verskillende kursusse wat aangebied en voltooi is, is ‘n kursus as salonassistent, ‘n blitskokkursus, ‘n kursus in kindersorg en ‘n kursus in tuisversorging. Alle studente moes ‘n praktiese gedeelte by ‘n toepaslike instansie as deel van die kursus voltooi en die studente wat die tuisversorgingkursus gedoen het, het ‘n eed van diensbaarheid afgelê. Die top-studente in elke kursus is ook tydens die plegtigheid vereer.
NUUS • NEWS
20 September 2017
Ken mekaar:
Linton Park-wynlandgoed het op Donderdag 14 September ‘n gesellige kuiergeleentheid aangebied. Hulle het verteenwoordigers van hul buurplase, gastehuise en plaaslike besighede genooi om by hul elegante proelokaal hul nuwe wyne te kom proe, aan hul vonkelwyn te teug, heerlike eetgoed te geniet en bande te smee. Bo is Kobus Smit (Hatch Communication), Jannie Bosman (Bosman Family Vineyards), JG Auret (Linton Park-wynmaker), Susan Kits (Linton Park) en Herman le Roux (Linton Park).
Villamar bederf toegewyde sekretaresse
Plaaslike sekretaresses en persoonlike assistente is, in die gees van Sekretaresse Dag, op Donderdag 14 September deur die Villamar-restaurant buite Wellington bederf. Sekretariële personeel van ‘n verskeidenheid plaaslike besighede en instansies is genooi om ‘n heerlike oggend van pure bederf te geniet. Ter viering van die groot bydrae wat hierdie dames in die alledaagse gang van ons dorp se ekonomie en die gladde verloop van ons besighede lewer, kon hulle vir ‘n paar uur van hul lessenaars ontsnap om aan die heerlike kos
van ‘n internasionaal gekwalifiseerde sjef weg te lê. Lucar Marra, ‘n Wellingtonner en ook die sjef by Villamar, het elk van die vier gange wat aan die sekretaresses voorgesit is, aan hulle verduidelik. Die gedekonstrueerde gin en tonic, ‘n ontbytmuffin met ‘n eiergeel wat vir 55 minute teen ‘n spesiale temperatuur gaargemaak is, drie soorte pastas en ‘n heerlike soet olyf-verleiding as nagereg is met vonkelwyn en ander plaaslike wyne gekomplimenteer. Die gesellige saamkuier, lekker gesels en ‘n paar ure van bederf vir die dames was ‘n bonus tydens hierdie vrygewige inisiatief.
5
6
20 September 2017
Wamakersvallei begin met nuwe kursus met kinders
Die Wamakersvallei Opleidingsentrum het onlangs ‘n splinternuwe kursus geloods. Hierdie kursus fokus op kinderveiligheid en word in samewerking met ander instansies en kundiges aangebied. Volgens Elsabé Lindtveld, bestuurder van die Opleidingsentrum, is die inisiatief vir hierdie nuwe kursus ‘n uitvloeisel van hul bestaande kindersorgkursus. “Ons gevestigde kindersorgkursus is baie gewild en omvattend, maar daar is tog sekere aspekte ten opsigte van kinderveiligheid wat eintlik ‘n spesialisveld is en spesifieke opleiding vereis. Die identifisering van hierdie behoefte het tot ons nuwe kursus gelei,” verduidelik sy. Die nuwe kursus word in samewerking met ValCare en Ramyaka, beide nie-winsgewende organisasies wat op gemeenskapsontwikkeling fokus, ontwikkel en aangebied. Jolanda van der Lingen, verhoudingsbestuurder by ValCare, en Sonja Olivier, bemarkingskoördineerder by Ramyaka, is nou by die fasilitering van die kursus in kinderveiligheid betrokke. “Ramyaka is ‘n nie-winsgewende organisasie wat in gemeenskappe ingaan en behoeftes bepaal. Ons neem die infrastruktuur wat reeds in gemeenskappe beskikbaar is in ag en gebruik die bronne wat reeds beskikbaar is om sekere leemtes of behoeftes aan te spreek. Dit is ook presies wat ons met ons betrokkenheid by hierdie kursus gedoen het – ons het gesien hoeveel kleuterskole en crèches daar in baie landelike gebiede is en besef dat die mense wat hierdie onbaatsugtige diens in hul gemeenskappe lewer nie altyd bemagtig is ten opsigte van ‘n baie belangrike aspek soos kinderveiligheid nie. Daarom dan die inisiatief vir hierdie nuwe kursus,” verduidelik Sonja.
Volgens Jolanda van ValCare fokus hul betrokkenheid veral op bemagtiging, kapasiteitsbou en om ‘n platform vir impak-befondsing te skep. “Ons het lede wat by ValCare geregistreer is en almal het ‘n gemeenskaplike doelwit om saam ‘n pad te stap om ‘n verskil in ons gemeenskappe te maak. Ons doen kapasiteitsbou-opleiding vir al die organisasies waarmee ons ‘n verhouding het. Wamakersvallei Opleidingsentrum is by ons geregistreer en ons help soek hulle na opleidingsvoorsieners. Hierdie kursus fokus op die bemagtiging van mense wat met kinders werk,” sê Jolanda. Elsabé, bestuurder by die sentrum, is baie opgewonde oor die inhoud van die nuwe kursus in kinderveiligheid. “Die kursus rus die studente toe met algemene veiligheidswenke en noodhulpvaardighede. Dit leer hulle ook om op te let na dinge waarna hulle in die omgewing moet kyk wanneer hulle met kinders werk. Crèches moet byvoorbeeld goedkeuring by die brandweer en gesondheidsinspekteur kry. In hierdie kursus gee ons vir hulle al die toepaslike beleide, leer hulle hoe om ‘n noodplan saam te stel en bemagtig hulle ten opsigte van veiligheid en gesondheid,” sê sy. Jolanda van ValCare tree as die fasiliteerder van die kursus op en Sonja het deur middel van Ramyaka befondsing van Nedbank bekom, ‘n instansie wat ook die skenking van belangrike items soos brandblussers vir crèches moontlik gemaak het. “Die operasionele goed by die dienslewering van crèches in ‘n gemeenskap, is net so belangrik soos die opvoedkundige goed. Met hierdie kursus sien ons toe dat hierdie twee dinge saamwerk. Dit is ons verantwoordelikheid om te help om so ‘n sukses te bewerkstellig,” sê Elsabé.
NUUS • NEWS
Bo: Hierdie leerders van Pauw Gedenk op Wellington het by die onlangse Wellingtonse Kultuur vereniging se Kultuurfees presteer. Die graad R-leerders is Caitlyn David (cum laude), Cady Jacobs (cum laude), Kaiika Kabimm (goud), Caitlyn Liebenberg (cum laude), Mattea Gouws (cum laude) en Amarah Solomons (cum laude). Links: Die graad 2-deelnemers het soos volg presteer: Miche Grootboom (cum laude), Sinothando Aderu (cum laude) en Grace Paulse (cum laude).
Die graad 3-leerders se prestasies is soos volg: Gabby Jackson (cum laude), Mischke Botha (cum laude), Aqeelah Gilfallan (cum laude), Cay-Dee Cupido (cum laude), Caitlin Adams (cum laude) en Conner Daniels (cum laude).
Die graad 1-deelnemers is soos volg: Colelyn Fortuin (cum laude), Meake Adams (goud plus), Hope Smith (goud plus), Lee-Shayne Louw (goud plus), Charla-Jade Mackay (goud), Orayo Maso (cum laude) en Llibo Bikauri (cum laude).
NUUS • NEWS
Fees van kore gehou
Dagboek • Diary
Wellington CLC Matriek-aandklasse by Wellington CLC, Hospitaalstraat. Dinsdae en Donderdae vanaf 18:00 tot 20:00. Navrae skakel 021 864 2418 Wellington-rugbyklub Wellington-rugbyklub se oefeninge vind plaas vanaf 19:30 by die Wellington-rugbyklub, reg langs Boland-stadion. Vir meer inligting kontak Jaco van Deventer 081 488 5457 of Francois Coertze 083 443 3081 Breytenbach-sentrum 26 September: André P. Brink se laaste vrou, Karina Szczurek, gaan haar boek, “The Fifth Mrs Brink” bekendstel om 18:30 by die Breytenbach-sentrum. Besprekings by thebooktraders@gmail. com Veterane Expo 30 September: Die Tafelberg Erfgoed Versamelaars hou hul Veterane Expo by Delvera (R44 Stellenbosch-Klapmuts). Verrigtinge begin om 08:00 tot 16:00. Vir enige navrae skakel Mariette by 082 670 7637 of epos na tafelberghc@gmail.com Darling ttu Enduro 30 Sept - 1 Oct: Come enjoy the 24 hour Darling ttu Enduro !Khwa ttu, R27 West Coast Road from 10:00 -10:00. For further information contact Eldre Strydom at 022 451 2202 or info@darlingttu.co.za Yzerfontein Ope Galjoen Derby 30 September: Kom wees deel van die jaarlikse Yzerfontein Galjoen Derby. Kostes beloop R180 p/p en R90 vir deelnemers jonger as 18 jaar, wat 'n gholfhemp insluit. Vir enige navrae, kontak Gawie Steyn by
Die Charlotte Cupido Kerkkore-fees is ‘n jaarlikse instelling in Wellington wat al vir dekades lank aankom. Hierdie gewilde koorfees sal hierdie jaar op Donderdag 21 September plaasvind. Volgens Herman Bailey, organiseerder van die Fees, sal daar nege verskillende kerkkore van verskillende denominasies aan die koorfees deelneem. “Hierdie koorfees word reeds vir die afgelope 18 jaar in Wellington aangebied en is ‘n groot deel van ons dorp se kultuur en erfenis,” sê hy.
Joshua Generation Sunday morning 09:00 (English), Sunday evening (Afrikaans) 17:00. Provence, Milner Road. Enquiries: 021 873 6541. Kerk van Macedonië Sondagdiens om 10:00; Groenberg. Navrae: 062 836 1316 of 074 608 0519 NEW Sunday morning at 09:00 (English service); HJN Training Centre, College Street, Wellington. Enquiries: 082 355 3280. NGK Moeder-gemeente Sondagoggend om 09:00. Sondag-aanddiens Leefkerk om 18:00. H/v Kerk- en Piet Retiefstraat, Wellington. Navrae: 021 873 1561. NGK Noord-gemeente Sondagoggend om 09:30: MacCronestraat 11, Wellington.
Die fees sal in die Wellington-stadsaal gehou word en begin om 19:30. Toegang is gratis, maar ‘n kollekte sal opgeneem word. Die opbrengs van hierdie kollekte sal aan ‘n verdienstelike saak geskenk word. “Die afgelope paar jaar is ‘n bydrae gemaak vir die Kersete vir hawelose persone in ons dorp met die geld wat ons tydens die koorfees ingesamel het,” sê Bailey. Alle belangstellendes word uitgenooi om ‘n hierdie heerlike aand van koorsang uit die vallei te kom geniet.
083 379 6044 of gsteyn@wcaccess.co.za Hillcrest United 9 Oktober: Die Hillcrest United hou hul Algemene Jaarvergadering. Alle geregistreerde spelers en -klublede, bestuurslede, spanbesture en belangstellendes word uitgenooi. Verrigtinge begin om 19:00 te Hillcrest Primêr Skool - Wellington. Inligting rondom hierdie vergadering in plaaslike koerante asook Hillcrest Facebook-blad sal volg. Vir meer inligting kontak Jovan-re Cupido – 073 296 3575
Eisteddfod: Die volgende leerders van Hugenote Hoërskool was bekerwenners by
die Paarlvallei-eisteddfod 2017. Voor: Philip Grobler (beste sang: 16 jaar); Jonathan Coleman en Ansoné van Eeden (beste afrikaanse tweespraak). Agter: Erin Slamet (beste prosa: Graad 12 addisionele taal); Lumé Koorts (beste prosa: huistaal) en Almé Engelbrecht (beste visuele kuns: Graad 12).
Bôrdienghuis Teater 11 Oktober: Die Wellington Boekklub bied aan ‘n gesprek met Etienne van Heerden oor sy nuwe boek. Laerskool Hugo Rust 13 Oktober: Laerskool Hugo Rust hou 'n "Daknatmaak-aand" vir hulle saal. Kom klink 'n glasie en vul die magie - Luister na staaltjies van toeka tot nou saam met ou bekendes Vir enige navrae kontak : bemarking@hugorust.co.za Swartland Soiree 14 October: an Evening of beautiful classical piano music paired with wines from Kloovenburg at 18:30 at the corner of Station and Sending streets, Riebeek West. R200 per person. For any further enquiries, please contact Stephen Cousins at winelands.pianist@ gmail.com Silwerkruin ACVV Huis vir Bejaardes 27 Oktober: Silwerkruin hou 'n gholfdag by die Wellington-gholfklub om 09:00. Navrae kontak Melanie by 021 873 1040
Kerke • Churches
Anglican Church Sunday morning: April to Sept at 08:00; Oct March at 07:30; Wed. Morning : 09:30 (end Jan to mid Dec); 4 Milner Street, Wellington. Enquiries: 021 873 1425.
7
20 September 2017
Navrae: 021 873 2763.
NGK Wellington-Oos Sondagoggend om 9:00 en Sondagaand om 19:00 op die h/v Barlinka en Cummingsstraat, Wellington. Navrae : 021 873 2690 St George's Presbyterian Church Sunday mornings at 09:30 (English); 22 Jan van Riebeeck Street. Enquiries: 021 873 2021. Shofar Sondagoggend om 09:00 Laerskool Hugenote, Kerkstraat 41. Navrae: 021 873 7677 AGS Wellington Dienstye en Junior Kerk : Sondae 09:00 asook 18:00 by Terracestraat 3, Wellington. Kontak: 083 258 8717 of 021 873 3375 Crystal Gates Outreach Ministries Sondag-oggende om 10:00 en Vrydag-aande om 19:00, te Bergrivierstraat 32, Vanwyksvlei, Wellington. Alle besoekers welkom.
Leerlingraad: Hugenote Hoërskool se leerlingraad vir 2018 is soos volg: Farron
Eland, Marco Joseph, Antonio van der Westhuizen, Hannah Bezuidenhout, Carly Apollis, Alexandra Gerber, Suzaan Janse van Vuuren, Madell Vlok, Kayla Walters, Danielle Burger, Carlo Joseph. Agter: Naomi Wilson, Reinard Reitsma, Thomas Linnegar, Damian Adendorff, Francois Marais, Janrè Smit, S.W. Malan, Anneli Brink, De Villiers Brink, Tristen Fox en Hanél Loubser.
courant
8
NUUS • NEWS
dié
20 September 2017
WELLINGTON SPORT
Tel: 022 487 3221
20 September 2017
Visser, Prinsloo blink uit by kanomarathon
•IN GOLD CUP-WEDSTRYDE
Roses wen Boland se kampioenskap
Die plaaslike Roses United-rugbyklub het die afgelope naweek groot welslae in die Boland Top 8-rugbykampioenskap, wat deel van die Gold Cup-kampioenskap vorm, behaal. Hulle het tydens die finaal van hierdie kompetisie teen die gedugte span van Robertson Town te staan gekom en hulle geklop om as wenners uit hierdie kampioenskap te tree. Roses United is al vir baie jare deel van die plaaslike rugby-kultuur. Die klub is in 2000 gestig toe die voormalige Roslins- en Rosebuds-klubs saamgesmelt het. Die spelers kom uit plaaslike woongebiede, asook uit die breër Drakenstein-gemeenskap en sluit ook studente van CPUT in. Dit is nie die eerste keer dat die Roses uitstekend presteer in provinsiale rugbykampioenskappe nie. Hul prestasie-rekord sluit onder andere sewe kampioenskaptitels in die Boland-liga, sowel as ‘n sesde plek in die Community Cup-kompetisie in. Roses se nuutste kampioenskapstitel Saterdag, dié van die Gold Cup, is ‘n uitsonderlike prestasie. Hulle het saam met 14 provinsiale
Foto: Cape Town Sport Photography Bartho Visser, ‘n leerder van Hugenote Hoërskool, het die afgelope naweek weer in ‘n kanomarathon presteer toe hy saam met sy spanmaat, Chris Prinsloo, ‘n plek op die podium van die Breederivier-kanomarathon losgeroei het. Die Breederivier-kanomarathon bestaan uit twee skofte wat oor twee dae afgelê word. Die wegspring is gewoonlik in Robertson, maar die wedvaart het hierdie jaar in Bonnievale begin. Die tweede skof begin by die Drew-brug halfpad tussen Bonnievale en Swellendam en eindig by die Kam’Bati-oord in Swellendam. Die skofte is gewoonlik beide 30km lank, maar die tweede skof moes hierdie jaar as gevolg van lae watervlakke na slegs 17km verkort word. Die 16-jarige Bartho, wat onlangs uitstekend tydens die Bergrivier-kanomarathon presteer het, het op Saterdag en Sondag, 16 en 17 September, saam met sy spanmaat ‘n algehele derde plek in hierdie groot kanomarathon behaal. Hulle het verder presteer deur die eerste o/18’s oor die wenstreep te wees en sodoende die junior titel in te palm. Bartho se spanmaat, Chris, is net ‘n jaar ouer as hy. Hulle is ‘n gedugte span wat hierdie jaar ook die Westelike Provinsie se K2sprint-kampioene is. Hulle gaan later vanjaar ook die Visrivier-kanomarathon in Cradock aandurf. Bartho en Chris roei al twee jaar saam en vaar uitstekend in kompetisies. Volgens Bartho was die naweek se welslae op
die Breederivier nie sonder uitdagings nie. “Dit was ‘n uitsonderlike uitdaging. Daar was so min water dat ons tydens die eerste skof omtrent 30 keer uit ons kano moes klim en dit oor die klippe moes dra. Ons het ook baie keer vasgesit en moes dan noodgedwonge uitklim. My bene was moeër as my arms,” vertel hy. Hierdie uitdagings, sowel as die sterk kompetisie, het Bartho en sy spanmaat egter net aangespoor om hul beste te doen. “Die sterk kompetisie het ons gedryf om nie vas te kyk in die moeilike omstandighede nie. ‘n Mens se brein kan baie vermag met jou liggaam en ons het gefokus gebly,” sê Bartho oor hul sukses. Hierdie jaar se algehele derde plek is ‘n uitsonderlike prestasie, veral as ‘n mens in ag neem dat daar altesaam 95 deelnemers was. Bartho en Chris het verlede jaar vir die eerste keer aan dié wedvaart deelgeneem en toe ‘n twintigste plek behaal het. Dit beteken dat hulle hul prestasie van 2016 met 17 plekke verbeter het. Hulle het boonop as die beste juniors uit die stryd getree. Die wenner van die marathon, Stuart MacLaren, was vol lof vir Bartho en Chris se goeie vertoning. “Die juniors het vandag baie goed gedoen. Miskien het hul ligter gewig hul gehelp in die lae watervlakke. Dit was egter wonderlik om te sien hoe hulle in sulke moeilike omstandighede uitstekend vaar,” het hy gesê.
89
Wellington
165
kampioenspanne en “Wild Cards”, wat deur SARU vir die toernooi genooi is, om die titel meegeding. Hierdie prestasie is die beloning op die span se harde werk, deursettingsvermoë, goeie spanwerk en getroue oefening. Roses United oefen elke week van Maandag tot Donderdag onder die wakende oë van hul afrigters, Franzel September, Danie Roman, Clemen Lewis en Adiel Cassiem op die Pelikaanpark-stadion. Alhoewel ‘n tekort aan oefen- en speelgeriewe, sowel as aan oefenapparate soms ‘n struikelblok en uitdaging vir hierdie span is, laat hulle hulle nie hierdeur onderkry nie. Hulle fokus daarop om jong spelers ‘n geleentheid te bied en te help ontwikkel en glo daaraan om te alle tye ysere dissipline te handhaaf – iets wat hulle hierdie jaar as die provinsiale kampioene uit die stryd laat tree het. Wat die Roses se doelwitte vir die toekoms betref, wil hulle graag so ver as moontlik in die Gold Cup-kompetisie vorder en ‘n kampioenspan vir die komende jare probeer bou. Met hul wagwoord van “fokus en dissipline”, is hierdie drome nie onwaarskynlik nie.
105
R
R
R
Viceroy Makoya + Deposit 750ml
Ballantines Scotch Whisky 750ml
Hunters Dry or Hunters Gold Value Pack 12 x 440ml
234
R
99
R PRICES VALID 19 - 25 SEPTEMBER 2017 AT PICK N PAY LIQUOR STORES LANGEBAAN, MALMESBURY, VREDENBURG, WELLINGTON, SABLE SQUARE AND CERES STORES.
BUY 2 FOR
Olof Bergh Brandy 375ml
Liquor not for sale on Sundays in Malmesbury and Wellington. Buy-aid cards not accepted at the following stores: Vanderhof, Northmead, Rosettenville, Elspark, Hoedspruit, Stanger, North Beach and Sharon Park. Promotional stocks are limited. Prices include VAT, where applicable. Smart Shopper terms and conditions apply. No traders. E&OE. Selected products may not be available at all stores. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800 11 22 88. Cellphone rates apply. FRGTHS6225
99
R
Count Pushkin Vodka + Deposit 750ml
95
R
Windhoek Draught Cans Windhoek Draught NRB 24 x 330ml
Tant Sannie se Melktert Cream Liqueur 750ml
LOAD YOUR DISCOUNTS VIA THE APP OR KIOSK
Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly. FRGTHS6225_VRENDENBURG.indd 1
2017/09/15 2:50 PM