courant
• Bergrivier 1Swartland Wellington
dié
13 September 2017
• Free • Gratis
Wes-Kaap se #1
Bou saam met goeie nuus
Uitgawe 437
13 September 2017
•OUD-LEERDER VAN HUGENOTE HOËRSKOOL
Brink nou dekaan van Agri-wetenskap •Jaomi Zeeman Professor Danie Brink het in 1977 aan die Hugenote Hoërskool matrikuleer. Sedert sy skooljare op Wellington het hy talle persoonlike en akademiese welslae behaal. Hierdie leier, akademikus, sportman en natuurliefhebber is onlangs as die nuwe dekaan vir die Fakulteit Agri-wetenskappe van die Universiteit van Stellenbosch aangestel. Prof. Brink neem reeds sedert 2014 in hierdie posisie waar. Sy formele aanstelling in Julie beteken dat hy hierdie fakulteit in sy honderste bestaansjaar sal inlei en selfs sterker sal help posisioneer as ‘n leier op die gebied van landbou-onderrig en navorsing in Afrika. Buiten sy nuwe akademiese kapasiteit is prof. Brink ‘n reënboogforelkenner, ‘n leier op talle fronte, ‘n lid van talle regeringsadviesgroepe en die persoon wat die eerste voorgraadse program in akwakultuur aan ‘n Suid-Afrikaanse universiteit ingestel het. Hy is ook ‘n buiteleweliefhebber en het al meerdaagse kajak-ekspedisies in Chili, Kroasië, Lesotho, Malawi en Suid-Afrika onderneem. Prof. Brink het vanjaar ook vir die tweede keer die Bergrivier-kanomarathon aangedurf. Hy het in 2015 by Maties se kanoklub aangesluit en die “ou manne” het om ingepraat om in 2016 sy eerste Berg aan te durf. Hy het vanjaar tiende in sy ouderdomsgroep geëindig en 'n algehele 58ste posisie beklink. “Die vyf dae alleen in my enkelkano het my kans gegee om te besin oor die talle ooreenkomste tussen my dekaanverpligtinge en die ultramarathon. Albei is byvoorbeeld net haalbaar as jy besliste doelwitte vir jouself stel, deeglik beplan én hard werk om jou mikpunte te bereik,” sê hy. “Mens maak in albei gevalle ook ontsettend staat op die ondersteuning en samewerking van ander, waarsonder jy dit nie sou kon vermag nie,” voeg Brink by. Dié ervarings het hom ook geleer dat ‘n mens altyd moet regmaak vir onvoorsiene én onbekende uitdagings en dat jy eenvoudig aanpasbaar en gereed moet wees om oplossings te soek – anders sink jy dalk net. Brink se verbintenis met die fakulteit strek veel verder terug as die 33 jaar sedert hy in 1984 as ‘n tegniese assistent in die plantteeltafdeling van die Departement Genetika aangestel is. In 1983 het hy sy BScAgric in genetika en dierefisiologie cum laude behaal én die gesogte Paul van der Bijl-medalje ontvang as die fakulteit se beste student. Sy PhD Agric in genetika het in 2004
gevolg na navorsing oor genetiese metodes waarmee die groeikoers van reënboogforelle verbeter kon word. Dié lid van die Wêreld Akwakultuur-vereniging is al deur die Suider-Afrikaanse Akwakultuur-vereniging vereer en was al die Wes-Kaapse landboukundige van die jaar. Hy het ook ‘n US-rektorstoekenning vir sosiale betrokkenheid ontvang, onder meer vir sy ondersoeke na en betrokkenheid by die totstandkoming van talle kleinskaalse akwakultuurprojekte in Suid-Afrika en Namibië. Hy het al gemeenskappe in talle Afrika-lande help oplei en het al op die direksies van talle entiteite gedien. Vir Brink gaan dit oor meer as net die wete dat die boeke klop. “Onder die grootste uitdagings is om ons studente beter te verstaan, te akkommodeer en ten beste toe te rus om hul toekomstige rol in die samelewing te vul,” reken Brink, wat glo dat die landbousektor heelwat onontginde loopbaanopsies vir die jeug inhou. Daarom het hy ook onlangs
samewerking met Agricolleges International bewerkstellig. “Die grootste lekkerte sover was om die suksesse van ons studente, personeel en projekte te kon ervaar en daarin te kon deel,” vertel hy. “Dit sluit in die vreugde van ‘n student wat met moeite wel uiteindelik graad vang, tot die uitmuntende akademiese prestasies en navorsingsuitsette van ander.” Onlangse suksesse soos die eksterne evaluerings van die departemente van voedselwetenskap en hortologie onderstreep die kwaliteit van onderrig en navorsing in dié fakulteit. Hulle word ook deur die jongste hoër onderwys-ranglyste as die beste landboufakulteit in Afrika en onder die vyftig bestes wêreldwyd bestempel. Brink moes die voorreg om klas te gee die afgelope tyd prysgee. “Ek mis die intimiteit van skakeling met studente binne die klasruimte en die wyse waarop mens die persoonlike ontwikkeling van sommige individue kan ervaar en ondersteun,” vertel dié professor vir wie die bywoning van ‘n gradeplegtigheid ‘n besonderse hoogtepunt is. In Maart het die laaste van die meer as 40 nagraadse akwakultuur-studente waaroor hy as studieleier ‘n wakende oog kon hou, gegradueer. Volgens Brink sien hy kans vir die uitdagings van dekaanskap. “Ek het tydens my termyn as waarnemende dekaan, lojale ondersteuning van my kollegas en opbouende advies van belangegroepe ervaar en wil graag daarop voortbou,” sê hy. “Dis veral die koppeling tussen die universiteit en die industrie en spesifieke belange-groepe wat my interesseer.” “Die landbousektor gaan ‘n toenemend belangrike rol in ekonomiese ontwikkeling, ekologiese volhoubaarheid en sosiale welvaart speel. Daarom is toepaslike kundigheid oor landbouproduksiestelsels, dienslewering binne die sektor en regdeur die waardeketting so belangrik, sodat ons kan bybly by die gevorderde aard van die moderne wetenskap, tegnologie en inligtingstelsels en die kompleksiteite van volhoubaarheid, voedselsekerheid, globalisering en klimaatverandering. Landbou-onderrig, vanaf sekondêre tot tersiêre vlak, is dus van kardinale belang vir die skep van geleenthede, die lewering van dienste en die integrasie van kennis om produktiwiteit en volhoubare ontwikkeling te verseker,” sê hy oor hierdie opwindende uitdaging.
NUUS • NEWS
2
13 September 2017
Hugo Rust vier Jongtong
NUUS • NEWS
ATKV kyk blomme: Die plaaslike ATKV-tak het per bus na die Weskus gereis om Links bo: Millique Davids het die mense laat skaterlag met “My ma het ‘n kamera gekry”. Bo: Karlia Saayman sê haar gediggie, “Die Sokkievreter”. Regs bo: Rochelle Lategan dra “My sussie se skêr” voor. Links: Wihen Barnard en Ederick Anderson sing saam. Regs: Lienke Heath sing haar solo, “My favourite things”. Die Laerskool Hugo Rust het op Donderdag 7 September hul tweede jaarlikse Jongtong-fees aangebied. By hierdie geleentheid het al die leerders wat aan die afgelope Paarl Vallei-eisteddfod deelgeneem het, die kans gekry om hul talente aan die ouers en ander belangstellendes ten toon te stel. Volgens Ronel Saayman, onderwyseres en organiseerder van hierdie geleentheid, het hulle verlede jaar met hierdie inisiatief begin. “Ons wou graag ‘n platform skep waar elke kind wat hard gewerk het tydens die eisteddfod die geleentheid kry om hul items weer voor ‘n groter gehoor te lewer. Daar gaan baie tyd en oefening in die voorbereiding vir die eisteddfod in en ouers het nie altyd die geleentheid om al die wonderlike items van al die grade se kinders te sien nie. Met die Jongtong-fees kan almal na ons opkomende sterre kom kyk,” het sy gesê. Die fees se formaat behels dat verskillende ouderdomme en tipe items in verskillende lokale vertoon word. Elke lokaal se program word met
‘n tweede vertoning herhaal. Dit stel elke besoeker en ouer in staat om die hele repertoire van die skool se eisteddfod-deelnemers te kan sien. Die voordragitems het in twee lokale, naamlik vir die Graad R tot Graad 4-leerders en vir die Graad 5 tot Graad 7-leerders plaasgevind. Die sangitems het in ‘n aparte lokaal plaasgevind. Ouers en leerders het opgewonde van een lokaal na die volgende gestap om na die groot verskeidenheid items te kyk en te luister. Die fees het op ‘n hoogtepunt afgesluit toe al die gaste na die groepitems en monoloë in die saal kon gaan luister. “Ons is regtig trots op elke leerder wat so hard gewerk het en die selfvertroue het om hul kultuurtalent op hierdie manier te ontwikkel en te laat groei. Al hierdie dinge sou natuurlik nie moontlik wees sonder die ongelooflike insette van ons onderwysers en afrigters nie. "Ons het nog groot planne vir hierdie Jongtong-fees van ons,” het Ronel gesê.
na die blommeprag te kyk. Hulle het ‘n uitgebreide roete deur Darling, Langebaan en Saldanha tot by Velddrif gevolg en die Weskus se lente-blommeprag geniet.
•VOORBEREIDING VIR FEES
Tuin stal ‘Uitdagend Skeppend’ uit Wellington is besig om sy vere reg te skud vir die komende Tuin van Digters wat op Vrydag en Saterdag, 15 en 16 September, by die Breytenbach-sentrum sal plaasvind. Tydens hierdie geleentheid sal verskeie musikante, skrywers, digters, woordliefhebbers en visuele kunstenaars op feestelike wyse bymekaarkom en saam optree, besin, bespreek, feesvier en skep. As deel van hierdie fees sal die Breytenbach-galery ‘n spesiale uitstalling, wat in pas met die tema vir die Tuin van Digters “Uitdagend Skeppend” genoem word, huisves. Volgens Anne-Ghrett Erasmus, kurator van die galery, beloof die uitstalling om ‘n uitsonderlike ervaring te wees. “Ek is baie opgewonde oor hierdie unieke uitstalling van die kunswerke van ‘n verskeidenheid kunstenaars. Die uiteenlopende werke wat met dieselfde tema verband hou en uit verskillende media bestaan, is regtig besonders,” sê sy. Daar sal ook ‘n tweede uitstalling, in ‘n aparte lokaal, parallel met hierdie uitstalling wees. Hierdie tweede uitstalling is “Bergengel”, die kunswerke van Carina Stander. Carina se nuwe boek sal ook by die fees bekendgestel word en haar kunswerke is illustrasies van die “bergengel” in haar boek. Die geleentheid sal ook die tiende bestaansjaar van die Breytenbach-sentrum vier. Met die opening van die sentrum tien jaar gelede het Breyten Breytenbach sy visie vir die sentrum as volg verwoord: “Dit is ‘n plek van aanhou. Dis nie ‘n plek van opgee nie, maar ‘n plek van aangee.” Anne-Ghrett het hierdie woorde, saam met die tienjarige-viering van die bestaan van die sentrum gebruik en al die kunstenaars wat al in hierdie tydperk by die galery uitgestal het, gevra om kunswerke vir ‘n uitstalling tydens hierdie fees te skep. Daarom het sy besluit om die kunstenaars uit te daag om kunswerke onder die volgende opdrag: “Uitdagend Skeppend, 10 jaar later, 20x20”, te maak. “Uitdagend beteken om die bereidwilligheid te kenne te gee om met iemand mee te ding.
Skeppend verwys weer na makend en vormend, na arbeid. Kunstenaars moes hierdie dinge in ag neem en al die kunswerke is 20cmx20cm groot. Dit is ‘n interessante, maar ook ‘n praktiese konsep aangesien baie mense van ver reis en dit die vervoer van die kunswerke vergemaklik,” verduidelik Anne-Ghrett. “Die kunstenaars wil hiermee nie net saamspan om die sentrum se 10-jarige bestaan te vier nie, maar ook om die frase ‘uitdagend skeppend’ te verbeeld. Nie net dien dit nog altyd as inspirasie vir die galery nie, maar het dit ons strewe geword om tydens elke uitstalling lyf en asem te gee aan hierdie woorde. Manie Rust se woord, ‘uitnemendheid’, wat uitstekend, voortreflik, par excellance beteken, dien ook as inspirasie tot elke uitstalling,” gaan sy voort. Onder die meer as 40 mense wat werke vir hierdie groepuitstalling geskep het, tel van ons land se voorste kunstenaars. Mense soos Andries Bezuidenhout, Marinda du Toit, Nanette Ranger, Hardy Botha, Bibi Slippers, Evette Weyers, Susan BLoemhof, Mitch de Villiers, die plaaslike Ceramic Matters en Eben van der Merwe is maar ‘n paar van die bekende name wie se werke tydens die uitstalling te sien sal wees. Die uitstalling open om 18:00 op Vrydag 15 September. Belangstellendes kan 021-864 2988, 083 415 0002 of galery@breytenbachsentrum. co.za kontak vir meer besonderhede of besprekings.
NUUS • NEWS
13 September 2017
•VEREER DEUR BURGEMEESTER
De Kock ontvang top-toekenning
•Jaomi Zeeman Hester de Kock is ‘n raakvatter wat al vir jare lank aktief aan die plaaslike gemeenskaplewe deelneem en insette op verskillende platforms lewer. Sy is ‘n dagbestuurlid van die WAG/Stopmisdaad organisasie op die dorp en is onlangs vir haar jarelange bydrae en gemeenskapsdiens vereer toe sy ‘n spesiale sertifikaat van die Drakenstein Munisipaliteit (DM) ontvang het. Hierdie sertifikaat is tydens ‘n uithang-dinee aan Hester oorhandig. Volgens James Rhoda van die Drakenstein Munisipaliteit (DM) se Gemeenskapsdiens, is dit deel van die DM se inisiatief om tydens Vrouemaand toekennings aan vroue in elke DM Wyk vir uitstaande gemeenskapsdiens te maak. Die burgemeester, Conrad Poole, het tydens die oorhandiging van die sertifikaat melding gemaak van die diep spore wat Hester oor die jare in die gemeenskap getrap het. “Dit is spore waarin ander gemeenskapslede kan volg. Dit is ‘n voorbeeld wat ons almal kan navolg,” het hy gesê. Hester se betrokkenheid in die gemeenskap strek oor baie jare en sy het al met baie ander prominente gemeenskapslede saamgewerk. Sy was onder andere nou betrokke by wyle Attie Barnard se gemeenskapsinisiatiewe. Sy is ook
Debat:
Hugenote Laerskool se graad 7’s het in ses spanne van drie deelnemers elk teen mekaar meegeding in hul onlangse debatkompetisie. Daar is oor interessante onderwerpe soos “Geld kan nie geluk koop nie”, “Jy moet skuldig voel om goggas dood te maak” en “Televisie is gevaarlik vir kinders” gedebatteer. Op die foto is al die deelnemers, beoordelaars en Andriëtte Smit wat dit gereël het.
al in die verlede deur die ATKV vir haar bydraes vereer. Volgens Francois Theron, voorsitter van WAG/ Stopmisdaad op die dorp, is Hester se kennis en ondervinding onontbeerlik vir hul aktiwiteite in die dorp. “Hester is ‘n aktiewe WAG/Stopmisdaad dagbestuurlid wat ‘n besondere perspektief bied oor die historiese en huidige sake wat Wellington nou raak. As ‘n senior burger is Hester ‘n uitstaande voorbeeld van ‘n entoesiastiese, eerlike en hardwerkende persoon wat hart en siel bereid is om tyd te maak vir Wellington – ‘n voorbeeld vir vele ander. Sy is ook reeds jare lank ‘n getroue deelnemer aan die maandelikse Wellington Forum waar sy ‘n bydrae van onskatbare waarde bly lewer rondom gemeenskapsake. Hester het ook baie jare opgetree as die voorsitter van die Wellington Forum,” vertel Francois oor hierdie raakvat-vrou. Francois vertel dat Hester se goeie voorbeeld hul organisasie geïnspireer het om die kundigheid en ondervinding van ons senior burgers beter te benut. “Ons wil uitreik na ons ouer inwoners. Hulle kan ‘n ongelooflike bydrae in ons gemeenskap lewer en beskik oor kundigheid en kennis wat soveel waarde tot ons gemeenskap kan toevoeg,” sê hy.
Hillcrest kry hupstootjie van anonieme weldoener
3
Terence de Jongh, saam met van die leerders by die ontvangs van die skoolklere. Die kinders van Hillcrest Primêr het onlangs ‘n nie,” sê hy. Jongh vertel dat hulle verskillende skooldraggroot skenking van ‘n anonieme donateur ontvang. ‘n Bekende omroeper van Cape Talk Radio -items vir meer as 100 leerders met die groot het ‘n bedrag van R15 000 aan die skool geskenk skenking kon koop. “Ons het truie, skoolrokke, hemde, onderom tot voordeel van die leerders te gebruik. Volgens die skoolhoof, Terence de Jongh, is klere en skoene gekoop om aan ons leerders wat hulle baie dankbaar vir hierdie onbaatsugtige dit nodig het, te gee,” verduidelik hy. Die verskaffer van hul skooldrag het verder gebaar. “Ons moes besluit of ons boeke of iets meer tot hierdie inisiatief bygedra deur ekstra afslag basies met die geld gaan aankoop. Uiteindelik op die items toe te staan. “Die kinders en onderwysers van Hillcrest is het ons besluit om skoolklere met die donasie te koop. As ons kinders nie die basiese dinge het baie bly en baie dankbaar vir hierdie weldoener wat daagliks nodig is om skool toe te kom nie, se vrygewige gebaar. Dit maak ‘n groot verskil in kan goeie onderrig en opvoeding nie plaasvind baie leerders se lewe,” sê De Jongh.
courant
dié
4
NUUS • NEWS
13 September 2017
Moeders...
Moedersdag is lank reeds vergete en Vrouemaand is verby. Iemand soos Luvo Manyonga se ma, Joyce, maak egter dat ‘n mens nie anders kan as om in verwondering te staan voor die invloed van vroue en ma’s in ons wêreld nie. Die dinge wat ons met moedersmelk en aan moederknie van die lewe leer, maak dat ons nie moed verloor nie. As Joyce die karakter van die vroue en moeders in ons gemeenskap weerspieël, het ons hoop. Onbaatsugtige liefde, harde werk, deursettingsvermoë, geloof dat die goeie sterker is as die slegte, ‘n sagte hart en ‘n reguit rug, nederigheid, diensbaarheid, die vermoë om wonderwerke uit karige bronne op te tower en ‘n breë glimlag – dít is alles deel van Joyce se mondering. Daar is baie vroue (en mans) soos Joyce – mense wat nooit medaljes wen of in die kollig beland nie, maar wat die ruggraat van enige gemeenskap se vooruitgang en mooi stories is. In Wellington is ons gelukkig om talle voorbeelde van sulke mense te sien. Die vroue by die Wamakersvallei Opleidingsentrum dink innoverend, skep infrastruktuur en bemagtig mense om ‘n positiewe verskil in die gemeenskap te maak. Mev. Hester de Kock stel al vir jare ‘n voorbeeld van gemeenskapbetrokkenheid en –diens – iets waarvoor sy onlangs deur die Drakenstein Munisipaliteit vereer is. Die leerders van Hugo Rust vermaak en groei in hul moedertaal (en haar Britse sussie) tydens hul JongTong Fees. Ons moedertaal word ook die naweek tydens die Tuin van Digters deur middel van verskillende kunsvorme gevier. Wellington-Noord se basaartafels het onder die tuisgemaakte produkte van talle vroue gekreun en vir groot feestelikheid gesorg. Die oud-Hugenoter, prof. Danie Brink, se bemoeienis met en kennis van moederaarde, het hom onlangs ‘n dekaanskap by US besorg. Almal ken die ou voorhuis-behangsels met die woorde “Wat is ‘n huis sonder ‘n Moeder?” Mag elkeen hierdie week werk, liefhê, deurdruk en lag soos ‘n super-moeder. En gee ‘n ma ‘n drukkie.
Dis Goeie Nuus
Dr. Andrew Bosman
Maak hierdie dal vol gate
Agab se seun Joram het koning oor Israel geword na sy vader se dood, hierna het die Moabiete afvallig geword teenoor Israel. Joram het vir koning Josafat, die koning van Juda gevra om saam met hom op te trek teen die Moabiete. Hulle het deur die Edom-woestyn getrek en die koning van Edom met hulle saam, na sewe dae se trek deur die woestyn was daar vir hulle en hulle vee geen water om te drink nie. Koning Joram se reaksie was dat God hulle nou in die hand van Mesa die koning van die Moabiete gegee het. Koning Josafat van Juda het egter gevra of hier nie nog ‘n profeet van die HERE is nie dat ons deur hom die HERE kan raadpleeg. Een van die dienaars van Josafat het gesê dat Elisa hier is, hy was Elia se dienskneg. Hulle het vir Elisa laat kom, hy het vir ‘n siterspeler gevra, en die hand van die HERE het op hom gekom. Elisa het gesê dat die Here spreek en sê dat hulle die dal vol gate moes maak. Hulle sal geen wind of reën sien nie maar hierdie dal sal vol water word, en Ek sal ook die Moabiete in julle hand gee. Die volgende more het water van Edom se kant gekom en die dal vol water gemaak.
Dagboek • Diary
Hoe raak ek ontslae van my leesbril? Wellington CLC Matriek-aandklasse by Wellington CLC, Hospitaalstraat. Dinsdae en Donderdae vanaf 18:00 tot 20:00. Navrae skakel 021 864 2418 Wellington-rugbyklub Wellington-rugbyklub se oefeninge vind plaas vanaf 19:30 by die Wellington-rugbyklub, reg langs Boland-stadion. Vir meer inligting kontak Jaco van Deventer 081 488 5457 of Francois Coertze 083 443 3081 'n Leesbril kan of baie gemaklik of baie ongemaklik wees. dié courant het by Dr Frikkie Hartog vir hulp aangeklop om uit te vind hoe om van 'n leesbril ontslae te raak. "Agter die kleur of iris van die oog is ’n lens gelee wat lig fokus om skerp visie toe te laat. Die lens kan van vorm verander en dus beide vir ver, en naby lees akkuraat fokus," verduidelik hy. "Die situasie verander ongelukkig soos mens ouer word. Meeste van ons benodig ’n bril vir lees teen die ouderdom van ongeveer 45 jaar. Die brilafhanklikheid verskil natuurlik afhangend
of ’n persoon versiende of bysiende is. Versiende persone word dramaties deur die veranderinge geaffekteer. Hulle raak al hoe meer afhanklik van ’n bril. Aanvanklik word ’n bril net vir lees benodig, maar “die arms word egter te kort” en binnekort het hulle ook ’n bril nodig vir middelafstand (byvoorbeeld op selfoon sien) en later selfs vir ver byvoorbeeld TV kyk en bestuur," sê Hartog. Volgens hom is ’n multifokale bril effektief om ’n persoon se sig te verbeter vir al die afstande. Moderne tegnologie kan egter bril onafhanklikheid vir baie persone verseker. Die natuurlike lens kan vervang word met ’n plastiese multifokale lens tydens ’n katarak operasie en lens vervanging. Die klein plastiese lens kan vergelyk word met ’n kontaklens. Hierdie multifokale lens laat ’n persoon toe om heeltemal sonder ’n bril te funksioneer vir alle aftstande, insluitend lees. Die ingeplante multifokale lens is permanent en hoef nooit vervang te word nie. Die prosedure is pynloos en word gedoen deur ’n klein 2mm groot opening wat seel sonder enige steke. Dit neem ongeveer 10 minute en narkose word nie vereis nie. Die oog alleen word baie effektief verdoof.
Darling Wildflower Show 14-17 Sept: The 100th Darling Wildflower show will take place at the Darling Sport Club from 09:00 to 17:00. Eldre Strydom or David Coleshill - 022 451 2202 Manne-konferensie 15 & 16 Sept: 'n Manne-konferensie onder leiding van Riekert Botha van RSG-faam word gehou by die Malmesbury NG Kerk se noord-gemeente. Die tema is - Ken en volg jy die ware Jesus. Koste is R200 p/p. Vir enige navrae kontak Jan Steyn by 082 872 4314 of Koot Claassen by 082 524 9001 Wamakersvallei Voortrekkers 16 September: Die Voortrekkers hou 'n lekker dans teen die winterkoue by Laerskool Hugenote. Kaartjies beloop R150 per paartjie. Verrigtinge begin om 18:30 vir 19:00 en die drag is informeel. Koffie, tee, milo en pannekoek sal verkoop word. Welkom om eie eetgoed te bring. Vir navrae kontak Pierre by 084 656 6611 of Danita by 083 462 7356
Two Olives Ministries 16 September: Two Olives Ministries hou 'n Gebedswandel (Prayer walk) om 09:30 in Wellington. Bymekaarkomplek is die tennisbane in Pinestraat. Gelowiges in Jesus Christus word vriendelik uitgenooi om deel te neem. Vir verdere navrae kontak Pastoor Nico Mettler by 082 498 4130. Riebeek Landbouvereniging 16 September: Die Riebeek Landbouvereniging hou skietdag by Swartdam-skietbaan op RiebeekKasteel om 12:00. Kostes beloop R200/skut plus steak-ete en R120 net vir steak-ete. Vir laat inskrywings op die dag tussen 07:15 en 08:00 is die kostes R250. Vir enige navrae kontak Riaan Coetzee by 083 632 8253 Breytenbach Sentrum 26 September: André P. Brink se laaste vrou, Karina Szczurek, gaan haar boek, “The Fifth Mrs Brink” bekendstel om 18:30 by die Breytenbach Sentrum. Besprekings by thebooktraders@gmail.com Laerskool Hugo Rust 13 Oktober: Laerskool Hugo Rust hou 'n "Daknatmaak-aand" vir hulle saal. Kom klink 'n glasie en vul die magie - Luister na staaltjies van toeka tot nou saam met ou bekendes Vir enige navrae kontak : bemarking@hugorust.co.za Silwerkruin ACVV Huis vir Bejaardes 27 Oktober: Silwerkruin hou 'n gholfdag by die Wellington-gholfklub om 09:00. Navrae kontak Melanie by 021 873 1040
Kerke • Churches
Anglican Church Sunday morning: April to Sept at 08:00; Oct March at 07:30; Wed. Morning : 09:30 (end Jan to mid Dec); 4 Milner Street, Wellington. Enquiries: 021 873 1425. Joshua Generation Sunday morning 09:00 (English), Sunday evening (Afrikaans) 17:00. Provence, Milner Road. Enquiries: 021 873 6541. Kerk van Macedonië Sondagdiens om 10:00; Groenberg. Navrae: 062 836 1316 of 074 608 0519 NEW Sunday morning at 09:00 (English service); HJN Training Centre, College Street, Wellington. Enquiries: 082 355 3280. NGK Moeder-gemeente Sondagoggend om 09:00. Sondag-aanddiens Leefkerk om 18:00. H/v Kerk- en Piet Retiefstraat, Wellington. Navrae: 021 873 1561.
NGK Noord-gemeente Sondagoggend om 09:30: MacCronestraat 11, Wellington. Navrae: 021 873 2763. NGK Wellington-Oos Sondagoggend om 9:00 en Sondagaand om 19:00 op die h/v Barlinka en Cummingsstraat, Wellington. Navrae : 021 873 2690
St George's Presbyterian Church Sunday mornings at 09:30 (English); 22 Jan van Riebeeck Street. Enquiries: 021 873 2021. Shofar Sondagoggend om 09:00 Laerskool Hugenote, Kerkstraat 41. Navrae: 021 873 7677 AGS Wellington Dienstye en Junior Kerk : Sondae 09:00 asook 18:00 by Terracestraat 3, Wellington. Kontak: 083 258 8717 of 021 873 3375.
NUUS • NEWS
13 September 2017
5
6
13 September 2017
NUUS • NEWS
Kirsten Vervoer op Darling:
Die span: Die span van Kirsten Vervoer op Darling staan slaggereed om van diens te wees. Bo is JF Kirsten, Irma Conchar, Amanda Andersen, Porche Joubert en JF Kirsten Jnr, oftewel Oubaas.
NUUS • NEWS
13 September 2017
"Diesel is in my bloed"
Kirsten Vervoer is in 1975 deur JF Kirsten op Darling oopgemaak en gaan sedertdien van krag tot krag. Vandag, 42 jaar later, besit en bestuur sy seun JF junior (Oubaas) die suksesvolle besigheid nadat hy in 1993 aangesluit het. “Diesel is in my bloed. Ek het op die perseel grootgeword en kan nie lank wegbly nie,” vertel ‘n passievolle Kirsten. Sy broer Johan is ook aktief betrokke by die tegniese sy van die besigheid. Kirsten Vervoer se bedieningsarea strek tot binne ‘n radius van 150km buite Darling en natuurlik ook Darling self. Geen taak binne hul veld is te groot of te klein nie. Kirsten Vervoer het aanvanklik sand en klip vir alle boudoeleindes verskaf. Hulle dienste het egter oor die jare saam met hul sukses gegroei en verskaf vandag byna alle materiale binne die konstruksiebedryf. Kirsten Vervoer myn én vervoer boonop hul eie sand deur middel van hul SEB-maatskappy, Sibuthatu Mining. Hulle verskaf nie net sand aan die gewone boumark nie, maar ook op ‘n grootskaalse vlak. Hul
dienste sluit verder die verskaffing en vervoer van tuingrond en kompos in. Kirsten Vervoer spesialiseer onder meer ook in ingenieursdienste, die herstelwerk van voertuie, die verwydering van vullis, die uitgrawings van erwe en die verhuring masjinerie, insluitend trekkers, padskrapers, tipwaens en laaigrawe om net ‘n paar te noem. Kirsten Vervoer streef daarna om ‘n volhoubare en betroubare diens en produkte te lewer aan hul kliënte. Hul vriendelike en persoonlike diens met ‘n 24 uur afleweringstyd, laat Kirsten Vervoer uitblink bo die res. By die onderneming, is hulle oopkop oor die diens wat hulle bied en deel graag hul kennis met kliënte wat deur die jare se ervaring binne die industrie opgebou is en hulle in staat stel om uitstaande werk te doen. Kirsten Vervoer het onlangs by hul kantore opknappingswerk gedoen en spog met splinternuwe kantore en konferensiegeriewe. Indien jy ‘n onderneming soek wat kwaliteit vakmanskap en produkte lewer, is jy op die regte plek. Volg hulle Facebook-blad en loer gerus waarmee hulle daagliks besig is.
7
8
courant
NUUS • NEWS
dié
13 September 2017
WELLINGTON SPORT
Tel: 022 487 3221
13 September 2017
•LOVU VRA R5 VIR OEFENING - 'EK DOG HY ROOK SKELM'
Ontmoet die ma agter Lovu - die wêreldkampioen •Jaomi Zeeman Die wêreld se verspringkampioen, Luvo Manyonga, is ‘n boorling van Mbekweni en het ook aan die plaaslike Desmond Tutu Senior Sekondêre Skool skoolgegaan. Die hoeksteen van sy opvoeding, sy vertroueling en grootste ondersteuner, sy ma Joyce, is ‘n vrou wat al vir meer as 14 jaar as huishulp op Wellington werk. ‘n Mens sou nooit kon raai dat hierdie klein, nederige 58-jarige vrou die ma van ‘n lang, atletiese wêreldklas verspringer is nie. “Hy kry sy lengte van sy pa. Ek is maar baie kort,” lag sy. Die vriendelike Joyce is vol lof vir haar werkgewers. “Oe, ek is baie lief vir hulle. Hulle is soos my broer en suster en hulle kinders is soos my eie kinders,” sê sy oor JeanneClaude en Olivia Le Cordeur by wie sy al vir 14 jaar werk.
Skaak:
“Ek sal hulle nooit los nie, hulle is baie goed vir my,” gaan sy voort. Joyce het vir Luvo en sy ouer broer en suster as enigste broodwinner grootgemaak. “Daar was al baie swaar tye. ‘n Mens probeer jou geld so gebruik dat jou mense genoeg kos het. "Dan het Luvo toe hy op skool was kort-kort vir my vir R5’e gevra vir sy ‘practice’. Ek dog daardie tyd hy rook dalk skelm of is besig met verkeerde goed. Maar dan sê hy net ‘mamma, ek wil iets beter vir ons hê’. Dan knyp ek maar die R5’e af,” vertel Joyce. Luvo het hierdie R5’e gebruik om vir treingeld na Stellenbosch, waar hy gereeld gaan oefen het, te betaal. Al die R5’e wat Joyce so oor die jare vir Luvo gegee het, het hom uiteindelik gehelp op sy pad om uiteindelik as die beste verspringer in die wêreld op die podium te klim. Luvo se pad na roem was egter nie altyd ‘n
Die meisieskaakspan van Hillcrest Primêr het onlangs tweede geëindig tydens die Kaapse Wynlande Topskole Skaaktoernooi. By die Westelike Provinsie se Topskole Toernooi het hulle verder presteer deur ‘n algehele vierde plek los te speel. Bo is Cindy Appollis, Hailey Hine (kaptein) en Kiara Bailey. Agter: Dominique Blaauw, Azraa Williams, Tamlynne Davids en Arthur Natus (afrigter)
maklike een nie. Hy het aan tik verslaaf geraak en die pad van verslawing is ‘n swaar een wat Joyce saam met hom moes stap. “My hart was baie seer oor die verkeerde dinge waarmee Luvo deurmekaar was. Ek het baie gehuil en baie gebid. Ek wou hê die Here moes Luvo spaar en ek wou weer my ou Luvo terughê. Ek het baie met hom gepraat in daardie tyd, maar hom nooit verwerp of vir hom geskel nie. Ek was nog steeds lief vir hom en hy het geweet hy maak my seer,” vertel sy oor hierdie hartseer tyd waarin sy aanhou glo het dat haar kind se potensiaal groter as sy verslawing is. Luvo het uiteindelik na Pretoria verhuis waar hy hom voltyds op sy verspringloopbaan toegespits het. Volgens Joyce was dit juis hierdie verhuising wat hom van sy tikverslawing gered het. “Toe hy wegkom uit die plek waar die slegte goed is en waar die slegte mense is wat hom hiermee laat deurmekaar raak het, kon hy die tik los,” sê sy dankbaar. Joyce is ook baie dankbaar vir die afrigters wat Luvo se pad gekruis en hom gehelp het met die regte toerusting en ingesteldheid om sy talent te ontgin. “Al sy afrigters het hom baie gehelp. Sy eerste afrigter is in ‘n motorongeluk dood en dit was vir Luvo baie swaar. "Gelukkig het hy daarna weer ‘n afrigter gekry wat hom baie help,” sê sy. Haar kind is miskien ‘n wêreldkampioen, maar buiten vir die feit dat Joyce van trots wil bars, gaan haar lewe sy gewone gang. Sy woon nog in haar nederige huis en werk nog elke dag as huishulp. “’n Mens moet elke oggend iets hê om voor op te staan. As jy net so by die huis sit, dan word jy oud en siek en dan kry jy pyne. Om te werk hou ‘n mens aan die lewe en gesond,” deel sy haar filosofie. Wanneer Joyce haar telefoon uithaal, wys sy trots foto’s van Luvo, sy broer en suster, sowel as haar vyf kleinkinders.
“Weet jy watse groot voete het Luvo? Hy dra ‘n nommer twaalf skoen!” lag sy. Sy kry trane in haar oë wanneer sy vertel hoe swaar sy soms finansieel gekry het. “Toe ek met Luvo swanger raak, het dit baie sleg met ons gegaan. Ons was baie arm. Ek het gedink ek sal nie vir nog ‘n kind kan sorg nie. Ek het selfs probeer om van die baba ontslae te raak, maar dit het nie gewerk nie,” sê sy hartseer. “Ai, en kyk waar is hy nou. My Luvo was bedoel om hier te wees.” Luvo het Joyce belowe dat sy in 2020 saam met hom na die Olimpiese Spele in Tokyo sal gaan. Hieroor is sy baie opgewonde. “Ek het al met die vliegtuig vir Luvo gaan kuier. Maar die Olympics is baie ver, ek dink ek moet vir Olivia saamvat. Ek is baie opgewonde vir 2020,” sê sy met ‘n groot glimlag. Hoe voel dit om die ma van ‘n wêreldkampioen te wees? “Oe, dit voel baie lekker. Dit maak my baie bly. Ek is so trots op my Luvo,” sê Joyce met ‘n groot glimlag.